9 lewensprosesse en gesondheid (nw) - …t gr... · niere en senuweestelsel, die bloedvat- en...

8
65 9 Lewensprosesse en gesondheid (NW) Die wonder van die menslike liggaam Ons menslike liggaam is niks minder nie as ‘n wonder van God. Ons menslike verstand kry dit nie reg om alles te verstaan oor die liggaam met sy miljoene der miljoene selle, met sy organe soos die hart, die longe, die niere en senuweestelsel, die bloedvat- en spysverteringstelsel. Daar is soveel ingewik- kelde organe, en tog is dit een liggaam, en alles word vanuit die kop, die brein, bestuur. Dit moet nie vir ons vreemd wees dat die Bybel ons liggaam ‘n tempel van die Heilige Gees noem nie. Kom ons kyk na ‘n paar kenmerke van die liggaam: As ons al die fyn aartjies, die paadjies waarin die bloed loop, sou uitsny en aanmekaar las, dan sal dit omtrent 100 000 km lank wees. Ons hart klop omtrent 40 miljoen keer per jaar, en pomp 340 liter bloed per uur. Met oefening kan dit verhoog tot omtrent 400 liter bloed. In ons longe is daar 300 000 miljoen bloedvaatjies. As ons al die longsakkies kon wees soos ‘n halwe tennisbaan. onsuiwerhede uitsif. Die spiertjies wat ons oë help om te fokus, trek 100 000 keer op ‘n dag saam. In elke selletjie van ‘n mens se liggaam is daar ‘n selkern. Daarin is chromosome. Op die chromosome is daar inligting wat die mens se eienskappe, soos die kleur van sy hare en oë, en nog baie, baie ander dinge bevat. As al die inligting wat in ensiklopedieë volmaak! my in my moeder se skoot geweef. Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is, wonderbaar is u werke!” (13, 14). Die wonderlike liggaam

Upload: hahanh

Post on 17-Sep-2018

219 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

65

9 Lewensprosesse en gesondheid (NW)Die wonder van die menslike liggaamOns menslike liggaam is niks minder nie as ‘n wonder van God. Ons menslike verstandkry dit nie reg om alles te verstaan oor die liggaam met sy miljoene der miljoene selle, met sy organe soos die hart, die longe, dieniere en senuweestelsel, die bloedvat- en spysverteringstelsel. Daar is soveel ingewik-kelde organe, en tog is dit een liggaam, en alles word vanuit die kop, die brein, bestuur.Dit moet nie vir ons vreemd wees dat dieBybel ons liggaam ‘n tempel van die Heilige Gees noem nie.

Kom ons kyk na ‘n paar kenmerke van die liggaam:

• As ons al die fyn aartjies, die paadjies waarin die bloed loop, sou uitsny en aanmekaar las, dan saldit omtrent 100 000 km lank wees.

• Ons hart klop omtrent 40 miljoen keer per jaar, en pomp 340 liter bloed per uur. Met oefening kan dit verhoog tot omtrent 400 liter bloed.

• In ons longe is daar 300 000 miljoen bloedvaatjies. As ons al die longsakkies kon

wees soos ‘n halwe tennisbaan.

onsuiwerhede uitsif.

• Die spiertjies wat ons oë help om te fokus, trek 100 000 keer op ‘n dag saam.

• In elke selletjie van ‘n mens se liggaam is daar ‘n selkern. Daarin is chromosome. Op die chromosome is daar inligting wat die mens se eienskappe, soos die kleur van sy hare en oë, en nog baie, baie ander dinge bevat. As al die inligting wat in

ensiklopedieë volmaak!

my in my moeder se skoot geweef. Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is, wonderbaar is u werke!” (13, 14).

Die wonderlike liggaam

66

9.1 Die mens: Bene

Soorte bene

Al die bene in ons liggaam lyk nie eenders nie. Daar is vier verskillende soorte bene in ons liggaam:1. Lang bene, soos wat in arms en bene gevind word.2. Kort bene, soos die pols- en enkelbene.3. Plat bene, soos die ribbe- en bladbene.4. Onreëlmatige bene, soos die werwels van die ruggraat of die kakebene.

Die werk of funksie van bene

Die bene doen ‘n baie belangrike werk in ons liggaam. ‘n Ander naam vir “werk” is funksie. Die bene in ons liggaam het drie belangrike funksies:1. Bene beskerm die sagte organe soos die hart, longe, ensovoorts.

bloedselle.3. Die bene maak die liggaam sterk en gee vorm aan die liggaam. As ons liggaam nie

bene gehad het nie, sou dit pap gewees en sommer inmekaar geval het.

1.

4.

3.2.

brein

rugmurgruggraatvanwerwels

skedel

Die dele wat beskerm word Bene wat beskerm

67

Die verskillende dele van ons geraamte

Die mens se raamwerk van bene word ‘n geraamte genoem. Die geraamte bestaan uit die volgende dele:

1. Die skedel, wat die belangrike en sagte brein beskerm.

2. Die ruggraat bestaan uit ‘n lang string klein, onreëlmatige bene wat ons die werwels noem. Daar is 33 werwels in die ruggraat. Hierdie werwels is byna soos krale aan ‘n garingdraad ingeryg. Die garingdraad wat deur die werwels gaan, is die rugmurg. Die ruggraat hou ons liggaam mooi regop, en dit beskerm ook die baie belangrike rugmurg. Soms breek iemand se rugwerwels in ‘n ongeluk, en sy rugmurg word beskadig. Dan is hy gewoonlik verlam en kan nooit weer loop nie.

3. Aan die ruggraat is daar twee gordels vasgeheg. Die boonste gordel word die skouergordel genoem, en die onderste gordel is die heupgordel.

4. Aan die gordels is daar weer ledemate vasgeheg. Die arms is aan die skouergordel geheg, en die bene aan die heupgordel.

5. Aan die werwels van die ruggraat is ook die ribbekas vasgeheg. Die ribbekas is soos ‘n “hokkie” waarin die sagte hart en die longe beskerm word. Die voorste gedeelte van die ribbekas is die borsbeen. Die werwels vorm die agterste gedeelte van die ribbekas.

Ribbekas van voor Organe wat beskerm word

68

Gewrigte

Ons bene pas netjies teenmekaar. Waar twee bene bymekaar kom, is daar ‘n gewrig. Sonder gewrigte sou ons stokstyf gewees het en sou ons glad nie kon beweeg of buig nie. Klein, sterk “bande”, wat ligamente genoem word, hou die bene naby mekaar vas.

Alle gewrigte is nie dieselfde nie. Ons leer van twee soorte gewrigte:• ‘n koeëlgewrig, en• ‘n skarniergewrig.

‘n KoeëlgewrigWaar die ledemate (arms en bene) aan die gordels (skouers en heupe) vas is, is daar gewrigte wat ons help om in allerhande rigtings te beweeg. Kyk maar hoe jou arm kan beweeg. Dit kan vorentoe, agtertoe, na links, na regs en ook in die rondte beweeg. Hierdie soort gewrig word ‘n koeëlgewrig genoem.

‘n Skarniergewrig‘n Skarniergewrig word by die buigplekke in die elmboë en knië gevind. Hierdie gewrigte werk soos die skarniere van ‘n deur. Kyk maar hoe jou knie kan beweeg. Dit kan op en terug buig, maar glad nie na links, regs of in die rondte nie.

69

Reëls om ‘n gesonde beenstelsel op te bou

1. Eet die regte kos. Melk, vis, vleis, eiers, kaas en groen groente soos ertjies is voedsel wat bene sterk en gesond maak.

2. Speel in die sonskyn. Sonskyn help die liggaam om vitamine D, wat sterk bene bou, te vorm. Maar te veel sonskyn veroorsaak velkanker.

3. Onthou altyd om mooi regop te sit en te loop. ‘n Verkeerde liggaamshouding kan veroorsaak dat jou bene verkeerd ontwikkel.

4. Dra geskikte klere wat goed pas. Veral skoene moet goed pas, anders sal die sagte voetbeentjies verkeerd ontwikkel.

Spiere

, ,,,, bou

70

9.2 Die mens: Spiere

Het jy geweet?

Die gewone naam vir spiere is vleis. Spiere bedek die bene van die liggaam. ‘n Spier is rooi en langwerpig. Spiere is dikker in die middel as aan die punte.

Sonder die spiere sal die bene glad nie kan beweeg nie. Die spiere kom aan die bene vas met senings. Senings is wit, lewendige selle wat baie sterk is, en soos drade lyk. As jy jou voorarm op en af beweeg, kan jy die sening in jou elmboog voel. Jy kan ook ‘n baie sterk en dik sening voel waar jou bobeen aan jou heup vaskom.

Hoe werk ‘n spier?

‘n Spier werk deur saam te trek (styf te word) en te ontspan. Wanneer ‘n spier saamtrek, word dit korter en dikker. Sodra die spier ontspan, word dit lank en maer.

die been. As die spier voor saamtrek, dan ontspan (rus) die een agter die been. So ook as die spier agter saamtrek, dan ontspan die ander een voor.

net bene bene en spiere bene, senings en spiere

bene en spiere

saamtrek

saamtrekontspan

ontspan

71

Wat het ‘n spier nodig om te werk?

Spiere benodig kos en suurstof om te kan werk. Die bloed neem die kos (voedingstowwe) wat ons nodig het, uit die dermkanaal op. Die bloed kry ook suurstof vanaf die longe. Dan neem die bloed die suurstof en voedingstowwe na die spiere.

Afvalstowwe

Terwyl spiere werk, vorm hulle stowwe wat nie nodig is nie. Ons noem hierdie stowwe afvalstowwe. Die afvalstowwe wat gevorm word, is:• koolstofdioksied• water en• soute

Die bloed is nou weer die vervoermiddel. Dit neem die afvalstowwe op, en neem dit na die:• niere,• die longe, en• die vel.

Hierdie organe raak ontslae van die afvalstowwe.

Die hart is ons liggaam se pomp, wat sorg dat die bloed die hele tyd kan beweeg en so by al die spiere en ander dele van die liggaam uitkom.

Bloed laai kos en suurstof op, op pad na die spiere

72

Hoe weet die spiere wat om te doen?

Die brein is aan spiere verbind met fyn draadjies wat ons senuwees noem. Senuwees dra die boodskappe tussen die brein en die spiere. Elke spier het sy eie senuwees wat van en na die brein die boodskappe dra. Die boodskappe beweeg blitsvinnig langs die senuwees, sodat ons sommer dadelik kan doen wat nodig is.

Reëls vir ‘n gesonde spierstelsel

1. Eet kos wat sterk spiere bou. Suiwelprodukte soos melk, kaas en eiers, asook vleis en vis, bou sterk spiere.

2. Neem gereeld deel aan oefening. Onthou ook om altyd op te warm sodat die spiere lekker los is voordat jy hard oefen.

3. Asem vars lug met baie suurstof in.

4. Ontspan en rus nadat jou spiere hard of lank gewerk het.

5. Kweek ‘n regop liggaamshouding aan, dan sal jou spiere nie gou moeg word nie.

, ,, bou,