afkondigings 10 junie 2012

2
10 JUNIE 2012 KWARTAALTEMA | Dien! VANDAG SE EREDIENSTE BELANGRIK OM TE WEET OGGENDDIENS Vakante Leraarspos | Tydens 'n Kerkraadsvergadering gehou op 28 Mei 2012 is besluit dat die gemeente voortgaan om die vakature van die vierde leraar te vul. 'n Pre-advieskomitee bestaande uit 12 persone is aangewys om die proses te bestuur. Die pos word in die Kerkbode geadverteer en gemeentelede kan ook gelegitimeerdes nomineer. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 30 Junie 2012. Maak asseblief die proses deel van u voorbidding. Ons sien die beroepingsproses as 'n geestelike reis van God met die gemeente. Nominasievorms en meer inligting is beskikbaar by die info-toonbank na die diens. U kan ook die kerkkantoor skakel by 012 348-1245 of 'n epos stuur aan [email protected]. 09:00 | KERKGEBOU Immanuel van Tonder Leef in die kragveld van die Drie-Enige-God! GESINSDIENS 09:00 | GESINSKERK Peet Crous [Doop] Gert-Louis Gouws [Gerrie en Louise] word vanoggend gedoop. Baie welkom aan al die familie en vriende! KLEUTERS 09:00 | JEUGSENTRUM AANDDIENS 17:17 | KAPEL Powerhour Kategese 17 Junie 2012 | Grootgroep na die diens in die Gesinskerk. 18:30 | KERK Fay van Eeden Mythbusters-reeks VOORBIDDING | Mite #3: As ek net bietjie meer geglo en gebid het, dan. . . Aletta van Jaarsveld, Lynnwood Oord 44, Lynnwood ernstig siek in Zuid Afrikaanse Hospitaal. VOLGENDE SONDAG Frans Mohr, Willow Village 74, Spitskopweg, Die Wilgers, 012 807 7371 en Gerda Pretorius, Villa Chateaux 20, Kings Highway 466, Lynnwood, 012 348 8294 – ma oorlede. Begrafnis was Vrydag. OGGENDDIENS - Vadersdag 09:00 | KERKGEBOU Fay van Eeden Johan en Lidia Jooste en gesin, Hesteleenstr 625, Garsfontein, 012 998 9166 en Stephan en Annalie Heyns en gesin, The Ring 21, Lynnwood, 012 361 9365 – Johan en Annalie se ma oorlede. Begrafnis was gister. GESINSDIENS 09:00 | GESINSKERK Doret Müller KLEUTERS Eloff Diederichs, Glenwood Park 605, Ilkeyweg 74, Lynnwood Glen, 082 568 3861 – siek. 09:00 | JEUGSENTRUM AANDDIENS 17:17 | KAPEL Lynnwoorde [Julie-uitgawe] | handig asb bydraes by die kerkkantoor in of epos dit na [email protected]. Foto's moet verkieslik in .jpg-formaat wees. Alle bydraes is welkom! Sluitingsdatum 25 Junie 2012. Powerhour 18:30 | KERK Immanuel van Tonder Mythbusters-reeks Mite #4: Seks = sonde Baie welkom aan alle besoekers en nuwe intrekkers. Ontmoet asb die predikant na die diens by die liturgiese ruimte en meld asb aan by die info-toonbank. 24/7 CHRISTEN WEES | EENWEES | DIEN | LIEFDE | VIER

Upload: ng-lynnwood-gemeente

Post on 06-Mar-2016

225 views

Category:

Documents


7 download

DESCRIPTION

Afkondigings 10 Junie 2012

TRANSCRIPT

Page 1: Afkondigings 10 Junie 2012

10 JUNIE 2012

KWARTAALTEMA | Dien!

VANDAG SE EREDIENSTE

BELANGRIK OM TE WEET

OGGENDDIENS

Vakante Leraarspos | Tydens 'n Kerkraadsvergadering gehou op 28 Mei 2012 is besluit dat die gemeente voortgaan om die vakature van die vierde leraar te vul. 'n Pre-advieskomitee bestaande uit 12 persone is aangewys om die proses te bestuur. Die pos word in die Kerkbode geadverteer en gemeentelede kan ook gelegitimeerdes nomineer. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 30 Junie 2012. Maak asseblief die proses deel van u voorbidding. Ons sien die beroepingsproses as 'n geestelike reis van God met die gemeente. Nominasievorms en meer inligting is beskikbaar by die info-toonbank na die diens. U kan ook die kerkkantoor skakel by 012 348-1245 of 'n epos stuur aan [email protected].

09:00 | KERKGEBOU

Immanuel van Tonder

Leef in die kragveld van die Drie-Enige-God!

GESINSDIENS

09:00 | GESINSKERK

Peet Crous [Doop]

Gert-Louis Gouws [Gerrie en Louise] word

vanoggend gedoop. Baie welkom aan al die

familie en vriende!

KLEUTERS

09:00 | JEUGSENTRUM

AANDDIENS

17:17 | KAPEL

Powerhour

Kategese 17 Junie 2012 | Grootgroep na die diens in die Gesinskerk.

18:30 | KERK

Fay van Eeden

Mythbusters-reeks

VOORBIDDING |

Mite #3: As ek net bietjie meer geglo en gebid het,

dan. . .

� Aletta van Jaarsveld, Lynnwood Oord 44, Lynnwood – ernstig siek in Zuid Afrikaanse Hospitaal.

VOLGENDE SONDAG

� Frans Mohr, Willow Village 74, Spitskopweg, Die Wilgers, 012 807 7371 en Gerda Pretorius, Villa Chateaux 20, Kings Highway 466, Lynnwood, 012 348 8294 – ma oorlede. Begrafnis was Vrydag.

OGGENDDIENS - Vadersdag

09:00 | KERKGEBOU

Fay van Eeden

� Johan en Lidia Jooste en gesin, Hesteleenstr 625, Garsfontein, 012 998 9166 en Stephan en Annalie Heyns en gesin, The Ring 21, Lynnwood, 012 361 9365 – Johan en Annalie se ma oorlede. Begrafnis was gister.

GESINSDIENS

09:00 | GESINSKERK

Doret Müller

KLEUTERS

� Eloff Diederichs, Glenwood Park 605, Ilkeyweg 74, Lynnwood Glen, 082 568 3861 – siek.

09:00 | JEUGSENTRUM

AANDDIENS

17:17 | KAPEL

Lynnwoorde [Julie-uitgawe] | handig asb bydraes by die kerkkantoor in of epos dit na [email protected]. Foto's moet verkieslik in .jpg-formaat wees. Alle bydraes is welkom! Sluitingsdatum 25 Junie 2012.

Powerhour

18:30 | KERK

Immanuel van Tonder

Mythbusters-reeks

Mite #4: Seks = sonde

Baie welkom aan alle besoekers en nuwe intrekkers.

Ontmoet asb die predikant na die diens by die liturgiese ruimte en meld asb aan by die info-toonbank.

24/7 CHRISTEN WEES | EENWEES | DIEN | LIEFDE | VIER

Page 2: Afkondigings 10 Junie 2012

HIERDIE WEEK SE KALENDER AKTIWITEITE

MAANDAG

Gebedsgroep 09:30 [Kapel]. Kontak: Hanthi Jacobs 012 361 9058/083 293 0263 of Peet Crous 012 361 4219/079 893 5572 met gebedsversoeke. Bybelstudie 19:30 [A21]. Kontak: Johan Jooste 072 555 0300.

DINSDAG

Bybelstudie 08:30 [Koinonia] – Pieter Oosthuizen 012 348 4004/082 579 1125. Bybelstudie 10:00 Gemeentevroue Groep 3 – Pieter Oosthuizen 012 348 4004/082 579 1125. Gemeentevroue Groep 4 09:30 [Kerk]. Riaan praat oor: Die orrel, koning van instrumente. Tabita 14:00 [Gesinskerk] – Selma du Preez 012 361 1626. Bybelstudie 19:00 [Kapel] – Peet Crous 012 361 4219/079 893 5572. Bybelstudie 19:15 [Koinonia]. Spreker: Chris Landman. Tema: Kerk-staat-verhoudinge.

WOENSDAG

Gasvryheidsbediening Komiteevergadering 17:00 [A21]. Jong Volwassenes-omgeegroepe elke Woensdag. Kontak Hannelie 071 356 0261 as jy by 'n groep wil inskakel. Young-couples-omgeegroep 19:00. Meer inligting: Fay van Eeden 083 478 0854.

DONDERDAG

Bybelstudie 09:00 Lynnwood Oord – Johan Jooste. Tabita 14:00 [Gesinskerk] – Selma du Preez 012 361 1626. Egskeidingsbegeleiding 18:00 [B5]. Kontak Pieter Oosthuizen 012 348 4004/082 579 1125 of Petro Barnard 012 348 1245.

VRYDAG

24/7 T-Tyd in 2012. Christelike Meditasie 07:00 [Kapel]. Kontak: Kosie de Clerk 083 299 7263.

BEDIENINGSNUUS

• Powerhour: 10 & 17 Junie, 17:17 in die Kapel | los die boeke en kom raak vir 'n uur stil.

• Hoërskoolkamp 3 – 5 Augustus | Vir meer inligting kontak Jani 076 313 7212 of Coenraad 082 471 2048.

• Die Wespoort Voedingskema | besoek die gemeente op Sondag 17 Junie 2012. Na die oggenddiens sal die Wespoort handgemaakte produkte te koop wees asook heerlike cupcakes vir R5 elk vir Vadersdag. Bring asb 'n geldjie saam!

• Mabopane |

Ya Bana Village wil u graag help om van sekere her-winbare materiaal [op die lys hieronder] ontslae te raak – u kan dit langs die Mabopane kis buite die kerk se deur plaas, of vir Amanda [082 458 9440] skakel om dit te kom afhaal:

• Africa Exposed Studente Uitreik 9 – 20 Julie 2012 | Studente, matrieks en jong volwassenes se uitreik na Botswana, Zambia, Namibië en Zimbabwe benodig nog borge en donasies: groente, vrugte, vleis, geld, ou klere. Enigiets wat kan help met die uitreik sal waardeer word. Daar is elke Sondag na die oggenddiens 'n koekverkoping vir fondsinsameling. Navrae: Hannes Heyns 072 735 1973.

Karton: papboks grootte-, en kleiner boksies [geen melk-kartonne]; papier: A3/A4 afvalpapier met een skoon kant; metaal- en plastiekbottelproppies; spons: soos dié in verpakkings en medisynehouers; plastiese roomyshouers [1 en 2 liter] met deksels indien moontlik; plastiese deksels [koffieblikke en kleiner blikke]; Pringles skyfie-houers met deksels; legkaarte, bordspeletjies, speelkaarte, ens wat geskik is vir tieners; tydskrifte oor die natuur, voertuie en vaartuie, boerdery, mediese inligting en tuinmaak; leë toilet- en carlton rol rolletjies. Baie dankie vir al u hulp om vreugde en hoop te bring!

• Nuwe Generasie Emboleni uitreik, 25 Junie tot 1 Julie | Die uitreik is hoofsaaklik vir hoërskooljeug, maar enigeen is welkom. Emboleni is 'n gebied net buitekant Badplaas. In die oggende word daar kinderbediening in die gemeenskap gedoen en in die aande het ons 'n Jesus-film uitreik op 'n naburige plaas. Die uitreik word in samewerking met Ds Leon du Toit, plaaslike VGK predikant, wat al meer as 20 jaar in die gebied werksaam is, aangebied. Ons bly in Forever Resorts Badplaas, by die NG kerk se dienswerksentrum. So tussendeur is daar darem ook tyd om in die warm swembad te ontspan of die Superchoob aan te durf. Ons benodig nog 'n kos-ma/pa asook borge vir sommige van die jongmense - indien u kan help kontak asb vir Fay (083 478 0854).

• Kombers-projek | Baie dankie aan almal wat komberse geskenk het. Ons het 129 komberse ingesamel, wat aan verskeie welsynsorganisasies geskenk gaan word.

• Tydens die onlangse Kerkraadsvergadering is die volgende lidmate verkies as kerkraadslede:

Linda Human (Gasvryheid)

Sanri Malan (Teologiese student)

• Die Stadsraad het 'n gedeeltelike kwytskelding van eiendomsbelasting vir bejaardes, liggaamlik/geestelik gestremde persone beskikbaar gemaak. Meer inligting by die info-toonbank.

���� Besoek gerus die info-toonbank in Koinonia na die erediens vir enige navrae.