aptytwekker 2013

10
A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd Malmesbury, 7300 [email protected] Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200 www.agscorpuschristimalmesbury.co.za Januarie 2013 ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker ppetiser ppetiser ppetiser ppetiser NUUS VAN DIE HERDERSPAAR WAAG TEENSTRYDIGE GEDRAG TIME TO GET SERIOUS LATEST CANCER INFORMATION DIE GEE VAN TIENDES STRES IS NOOIT GRATIS NIE SAL JOU NAAM GEVIND WORD FOTO NUUS AL BRUIS DIE JORDAAN DIE SKEPPER SE DIëET WIL JY GEDOOP WORD? ONS STEL BEKEND SOEK DIE ANTWOORD OORGAWE GEBED EPOS INVALGEDAGTES INKLEUR PRENT ADVERTENSIES 2 H oe goed is die Here vir Sy gunsgenote, vir die wat voortdurend Sy aangesig soek en in Sy gebaande weë wandel! As gelowiges is ons so geseënd! Kyk wat het die Here vir ons gedoen! Dwarsdeur die vorige jaar het die Here ons gedra tot binne in 2013! Laat ons God altyd die eer gee vir alles wat goed en mooi is in ons lewens, ongeag hoe klein! Mag 2013 vir ons elkeen ‘n fantastiese jaar wees op elke terrein. Mag die Here vir ons gee die begeertes van die hart in oorvloed! Mag ons Sy wonders beleef elke dag! Mag daar geen tekort wees in elke fasset van ons lewens! Ek wil elkeen uitdaag dat jy net jou beste vir Jesus sal gee. Dat jy in die intimeste verhouding met Hom sa lewe. Mag jy voortdurend in gebedmet die Here opgekoppel wees. Mag jou dankbaarheid groot wees. Van dankbaarheid gepraat: Dink net; elke keer wat jy kan eet, is dit ‘n wonder- werk, want daar is mense wat nie het nie of in ‘n siekte toestand verkeer dat hulle nie in staat is nie. As jy ‘n dak oor die hoof het, is dit ‘n wonderwerk, want daar is mense wat nie so bevoorreg is nie. As jy ‘n yskas het, is dit ‘n wonderwerk, want derduisende het dit nie. En so sal ek kan aangaan. Kom ons maak dit ‘n jaar waar ons mekaar inspireer en aanmoedig met ons voorbeeldige gedrag! NUUS VAN DIE HERDERSPAAR NUUS VAN DIE HERDERSPAAR NUUS VAN DIE HERDERSPAAR NUUS VAN DIE HERDERSPAAR Trap oor die lyn om jou beste vir Jesus te gee vir 2013!

Upload: janette-smit

Post on 28-Mar-2016

251 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Maandlikse nuusblad

TRANSCRIPT

Page 1: Aptytwekker 2013

A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd

Malmesbury, 7300 [email protected]

Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200

www.agscorpuschristimalmesbury.co.za

Januarie

2013 ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker

ppetiserppetiserppetiserppetiser

• NUUS VAN DIE HERDERSPAAR

• WAAG • TEENSTRYDIGE GEDRAG • TIME TO GET SERIOUS • LATEST CANCER INFORMATION

• DIE GEE VAN TIENDES • STRES IS NOOIT GRATIS NIE • SAL JOU NAAM GEVIND WORD • FOTO NUUS

• AL BRUIS DIE JORDAAN • DIE SKEPPER SE DIëET • WIL JY GEDOOP WORD? • ONS STEL BEKEND • SOEK DIE ANTWOORD • OORGAWE GEBED • EPOS INVALGEDAGTES • INKLEUR PRENT • ADVERTENSIES 2

H oe goed is die Here vir Sy gunsgenote,

vir die wat voortdurend Sy aangesig soek en in Sy gebaande weë wandel! As gelowiges is ons so geseënd! Kyk wat het die Here vir ons gedoen! Dwarsdeur die vorige jaar het die Here ons gedra tot binne in 2013! Laat ons God altyd die eer gee vir alles wat goed en mooi is in ons lewens, ongeag hoe klein! Mag 2013 vir ons elkeen ‘n fantastiese jaar wees op elke terrein. Mag die Here vir ons gee die begeertes van die hart in oorvloed! Mag ons Sy wonders beleef elke dag! Mag daar geen tekort wees in elke fasset van ons lewens! Ek wil elkeen uitdaag dat jy net jou beste

vir Jesus sal gee. Dat jy in die intimeste verhouding met Hom sa lewe. Mag jy voortdurend in gebedmet die Here opgekoppel wees. Mag jou dankbaarheid groot wees. Van dankbaarheid gepraat: Dink net; elke keer wat jy kan eet, is dit ‘n wonder-werk, want daar is mense wat nie het nie of in ‘n siekte toestand verkeer dat hulle nie in staat is nie. As jy ‘n dak oor die hoof het, is dit ‘n wonderwerk, want daar is mense wat nie so bevoorreg is nie. As jy ‘n yskas het, is

dit ‘n wonderwerk, want derduisende het dit nie. En so sal ek kan aangaan. Kom ons maak dit ‘n jaar waar ons mekaar inspireer en aanmoedig met ons voorbeeldige

gedrag!

NUUS VAN DIE HERDERSPAARNUUS VAN DIE HERDERSPAARNUUS VAN DIE HERDERSPAARNUUS VAN DIE HERDERSPAAR

Trap oor die lyn om jou

beste vir Jesus te gee vir

2013!

Page 2: Aptytwekker 2013

3

Jonas Hanway was die grap van

die jaar in Londen in 1750. Een

keer tydens 'n reënbui in Londen

het hy 'n snaakse kontrêpsie

bokant sy kop oopgemaak.

Hierdie gedoente het later as 'n

sambreel

bekend geraak.

Almal het hom

gespot oor

hierdie patent

wat volgens

diegene wat dit

gesien het nooit

sou werk nie. Nou ja, vandag lag

niemand meer as jy 'n sambreel

bokant jou kop oopmaak op 'n

reënerige dag nie. Inteendeel, die

grap is eintlik op jou as jy in die

reën sonder 'n sambreel beland.

Mense wat dit waag om soms

belaglik te lyk, is diegene wat dit

regkry om die wêreld 'n beter plek

te maak, of wat ander se lewens

diep aanraak. Vra gerus vir Noag

wat dit gewaag het om 'n ark in

die woestyn te bou. Dink net wat

mense agter sy rug kwytgeraak

het. Hulle het sekerlik vir mekaar

gesê "Noag het dit verloor..."

totdat die groot waters gekom het.

Toe het niemand

meer gelag nie. Waag jy soms 'n paar verrassende dinge in die Here se Naam? Of is jy te bang vir die "publieke mening?" Wel, as jy nie bereid is om 'n dwaas vir Christus te wees nie,

is die grap dalk op jou. Wees bereid om saam met Paulus tot 'n skouspel (ek bedoel nie die Huisgenoot-soort nie!) vir die wêreld gemaak te word (1 Korintiërs 4), anders gaan jy dalk jou ganse lewe op die pawiljoen deurbring en die heeltyd wens jy was op die speelveld van die Here. Nee, jy hoef nie groot te gaan nie... klein dingetjies, soos om jou tyd en kragte te gee by 'n nedersetting, 'n ouetehuis, of 'n hospitaal, is dalk net die regte manier om van die pawiljoen af te klim. O ja, onthou om dit in Christus se Naam te doen!

WAAG Stefan Joubert

4

Lees

Filippense 3: 12 – 24

“Julle moet julle daarop

toelê…om as verloste

mense te lewe” (12).

In ‘n besige straat, ry `n voer-tuig feitlik teen `n man se agterste stamper. Die vrou wat bestuur probeer by hom ver-by-steek. Haar mond gaan oop en toe, en hy ver-moed, met ‘n glimlag, sy is besig om hom te vloek. Met ‘n frons tussen haar oë klou sy die stuurwiel met albei han-de vas. Net toe hy die straat wil oor-steek, verander die groenlig na oran-je toe. Hy kon waag om aan te hou ry, maar hy hou stil, soos dit betaam. Die vrou agter hom lê behoorlik op die toeter en haar mond spalk oop en toe soos sy op hom skel. Sy is nog met haar tirade besig, toe ‘n man aan haar toe venster

klop. Dit is ‘n poli-sieman. Sy het nooit gemerk ‘n polisiemotor ry ag-ter haar nie. Hy laat haar uitklim. Hy neem haar polisie-stasie toe waar hulle, haar vinger-afdrukke en ‘n foto, van haar neem,. Sy word opgesluit. Na ‘n paar uur kom ‘n polisie-man haar haal. Terug in die aan-klagkantoor wag die man wat haar in hegtenis geneem het op

haar. Hy sê: “Ek is baie jammer oor die misver-stand, maar sien, ek het direk agter jou gery. Terwyl jy so op die man voor jou skreeu en vloek en jou toeter blaas, het ek die plakker agter op jou motor gelees: ‘Wat Sou Jesus Doen?’ en die plakker op jou

stamper, ‘Kies Lewe’ en die plakker op jou nommerplaat: ‘Volg My’, en ook nog die Christene se vis-embleem op die bagasie-bak. Jy het so teenstrydig met al die plakkers opgetree dat ek aanvaar het jy het die motor gesteel.” Ander moet nie net hoor ons is Christene nie. Hulle moet dit ook sien.

TEENSTR

YDIG

E

GEDRAG

Ret

ha V

an D

er M

erw

e

Page 3: Aptytwekker 2013

5

Kenneth Copeland

O God, thou art

my God; early will I

seek thee.... I [will]

remember thee upon

my bed, and meditate

on thee in the night

watches.

– Psalm 63:1,6

If you're going to live in

divine health, there are

going to be mes when

you'll have to be

downright extreme

about the Word of God.

Times when you may

be facing a sickness so

severe that you need

more than just a few

moments in the Word

and a quick prayer to

receive your healing.

I want to tell you, in

very prac cal terms,

what I would do in a

situa on like that.

The moment I woke up

in the morning, before

I did anything else, I'd

take Communion. I'd

say, "Lord, I dedicate my

body all day today to the

service of my Lord Jesus Christ. I take

Jesus' pure blood shed for me."

Then I'd put the devil in his place.

I'd say, "I rebuke you, Satan. You're

not going to put any sickness and dis-

ease on me today. Regardless of the

symptoms, regardless of what my

body thinks about it, by the power of

Jesus through His Spirit, I have over-

come this sickness because He that is

within me is greater than he that is in

the world."

Then, all day long, I'd thank God

for my healing. I'd choose some

teaching tapes that would fill my

mind and my spirit with the

anointed Word of God, and I'd lis-

ten to them throughout the day. In

the a&ernoon, I'd praise God and

receive Communion again to re-

mind myself that the blood of Jesus

is in my veins, that I'm part of

God's family.

You don't have to wait un l the

second Sunday of each month or

whatever to receive Communion.

Jesus just said, "As o%en

as you do this, do it in re-

membrance of Me." And if

you're facing a serious a+ack of the

devil, you need to remember Him all

day and all night. You need to consid-

er Jesus un*l thoughts of Him push

(Continued on page 7) Tim

e to G

et Serious

6

AFTER YEARS OF TELLING PEOPLE CHEMOTHERAPY IS THE ONLY WAY TO TRY AND ELIMINATE CANCER, JOHNS HOPKINS IS FINALLY START-ING TO TELL YOU THERE IS AN ALTERNATIVE WAY …

1. Every person has cancer cells in the body. These cancer cells do not show up in the standard tests until they have multiplied to a few billion. When doctors tell cancer patients that there are no more cancer cells in their bodies after treatment, it just means the tests are unable to detect the cancer cells be-cause they have not reached the detectable size.

2. Cancer cells occur be-tween 6 to more than 10 times in a person's lifetime.

3. When the person's im-mune system is strong the cancer cells will be de-stroyed and prevented from multiplying and forming tu-mors.

4. When a person has cancer it indicates the person has multi-ple nutritional deficiencies. The-se could be due to genetic, en-vironmental, food and lifestyle

factors.

5. To overcome the multiple nutritional deficiencies, chang-ing diet and including supple-ments will strengthen the im-mune system.

6. Chemotherapy involves poi-soning the rapidly-growing can-cer cells and also destroys rap-idly-growing healthy cells in the bone marrow, gastro-intestinal tract etc, and can cause organ damage, like liver, kidneys, heart, lungs etc.

7. Radiation while destroying cancer cells also burns, scars

and damages healthy cells, tis-sues and organs.

(Continue next month)

LATEST CANCER INFORMATION from Johns Hopkins

Page 4: Aptytwekker 2013

7

the thoughts of that sickness right out

of your mind.

That night before bed I'd receive

Communion again, then I'd praise

myself to sleep. If I woke up in the

night, I'd reach over and get my

Bible and read all the healing scrip-

tures and make the devil sorry he

woke me.

When the devil launches a serious

a.ack against your body, don't

mess around. Get serious

about the Word. Put yourself

under its constant care and it will

take good care of you.

(Continued from page 5)

Time to Get Serious

Deel 1 A. WAT IS TIENDE

INLEIDING. In die Tuin van Eden het die Here alles aan die mens gegee en onderwerp om te benut en te geniet, behalwe EEN boom wat die Here vir Homself gereserveer het. Dit was heilig aan die Here en niemand kon daarvan pluk nie. Deur ongehoorsaamheid en van die verbode vrug te neem, het die mens die guns en seën van die Here verloor, en sy eie val bewerkstellig.

EEN TIENDE van die mens se inkomste is ook onaantasbaar en heilig aan die Here. Hierdie goddelike instelling het sy oorsprong by Abraham die

vader van die gelowige, en is in stand gehou deur die eeue, beide in die Ou en Nuwe Testament.

B. ABRAHAM, geloofsvader en vriend van God, het tiende gegee. JACOB, vader van die waalf stamme van Israel, het getrou een tiende afgegee van alles wat God hom gegee het MOSES, volksleier, het die gee van tiendes endosseer en aanbeveel. NEHEMIA, die Goewerneur wat Jerusalem se mure herbou het, het ook stoorkamers laat bou in die huis van die Here om die tiendes in te samel.

(Continued on page 13)

DIE GEE VAN TIENDES (E.J. Smith Le Roux)

8

“Jy stres heeltemal verniet.”

Hoeveel keer hoor jy nie sulke

uitdrukkings nie. Ongelukkig is

dit nie die waarheid nie.

Niemand stres ooit verniet nie.

Trouens, die prys van stres is

buitensporig hoog. Dit maak

mense van die binnekant af

siek. Dit lei tot angstige,

gejaagde harte. Stres is altyd

dodelik — letterlik en figuurlik.

Dit omvorm gewone mense in

bekommerde, gejaagde mense

wat geen lewensgeluk meer ken

nie. Daarom dat ons Jesus

ernstig moet opneem as Hy in

die Bergrede sê dat

bekommernis nie een enkele uur

tot ons lewe kan byvoeg nie.

Inteendeel! Ons moet ook by

Jesus hoor God sorg vir ons.

Regtig! Hy wat vir die mossies

kos aandra en die veldblomme

in koninklike kleure tooi, hou ons

lewens in Sy magtige hand vir

tyd en ewigheid. Hy sorg en

versorg. Hy gee vir ons meer as

wat ons kan bid of dink, soos

wat Paulus se gebed vir die

Efesiërs ons keer op keer

herinner. Laat hierdie goeie

nuus vandag en môre ‘n

gesonde stres-breker in jou lewe

wees. Laat dit hemelse

medisyne vir jou aardse stres-

pyne wees. Onthou, jy het ‘n

Vader wat vir jou sorg! Hoor dit.

Glo dit. Beleef dit.

Anoniem

Stres is nooit gratis nie

Page 5: Aptytwekker 2013

9

“Net gou die Ouetehuis in Riebeek Wes se nr. in die telefoonboek opsoek om te vergewis ek kom nie weer daar tydens die etenstyd aan nie.” Bergsig, is die naam van die Ouetehuis. Vinnig gly my oë langs die letter b af, maar daar is nie ‘n Bergsig nie. “Wel, miskien is dit onder Tehuis vir Bejaardes.” Ek blaai na die t’s, maar ook daar is nie so iets nie. “Ag, dis seker maar onder, Ouetehuis.” Maar by die o’s vind ek dit ook nie. “Wag so bietjie, miskien is dit onder, Huis Bergsig. Nóú, sal ek dit kry.” Ook nie. Geen Bergsig onder die b’s. “Nou ja, dis nou maar nie daar nie,” laat vaar ek die opsoekery gelate. Op daardie oomblik kom ‘n ander toneel by my op. By die groot wit troon oordeel sal iets soortgelyk plaasvind:

• Open. 20:12 – “En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen.”

• Open. 20:15 – “En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.”

Sien nou die prentjie voor jou oë afspeel. Daar staan Koos van Staden (denkbeeldige naam) voor die troon en sy naam word gesoek in die boek van die lewe. “Kyk onder k vir Koos. My naam moet daar wees, want ek het darem baie kerk toe gegaan.” “Hiers nie so ‘n naam en van nie.” “My naam is eintlik Jakobus. So, kyk asb. onder j. Onthou, ek het groot bedrae geld vir die kerk gegee. My naam sál daar wees.” “Hier is nie so ‘n naam en van nie. Hier is baie Koosse en Jakobusse maar nie ‘n Koos of ‘n Jakobus van Staden van Malmesbury nie.” Nóú weet ek wat’s fout! Kyk asb. onder my van. Kyk onder v. Dis

(Vervolg op bl. 13)

Skrywer:

Piet Smit

10

FOTO-NUUS Kinderkerk opvoering - 2 Desember 2012

Kersliggie Mark - 7 Desember 2012

DOOP - 2 Desember 2012

Joseph Fourie

Ons wil net weereens baie dankie sê vir die Kinderkerk tannies wat so

baie moeite ingesit het om ons kinders so ‘n goeie opvoering te kon

gedoen het.

Hier beeld Geraldine Losper vir

die besige Maria uit.

Die Kersliggie Mark was ‘n groot sukses gewees, wil net baie

dankie sê aan al die hande wat gehelp het.

Page 6: Aptytwekker 2013

11

FOTO-NUUS Toneel opvoering - 9 Desember 2012

Hier speel Roderick die hoofrol van die Tema Brood vir my Broer.

Al die rolspelers vir die rol van “Brood vir my Broer”

Huwelik - 8 Desember 2012

Joseph & Odette Fourie

Hier word die kinders die seen

toegewens vir die nuwe jaar van

kinderkerk.

Kinderkerk 2013

Hiermee wil ons net ons innige

simpatie meedeel aan:

⇒ Jurgens & Marina Hagen wat hul

skoonseun aan die dood afgestaan

het.

⇒ Familie lede van Tannie Corrie

Lewis wat oorlede is.

12

(Vervolg vanaf Desember)

Jesus en die Engele besoek ons.

Ons het die voorreg gehad om

deur die jare ongeveer sewe magtige uitstortings van die Heilige Gees in Sonskynhoekie te hê. Een wil ons in die besonder noem. Dit was Paasmaandagaand. My man en ander helpers moes die Uniale Sondagskoolvergadering bywoon. Weens die baie reën en koue het my stem heeltemal verdwyn en kon ek net fluister. Alles was egter gereël vir ‘n sangleier en ‘n prediker vir die aand. Daar was ongeveer 800 kinders en jongmense van tussen agt en twintig jaar teenwoordig.

Toe die diens begin het, het ek my plek tussen die kinders ingeneem – êrens waar dit ‘n bietjie onstigtelik gegaan het! Die sangleier het hulle pragtig laat sing. My oë was egter op die deur in afwagting op die aankoms van die prediker. ,,Waarom is sy nog nie hier nie?” vra ek myself af.

Ten laaste was die sang, openingsgebed en selfs die itemme amper verby. Ek was baie bekommerd. Oor en oor sê

ek vir myself: ,,Wat gaan vannaand gebeur? Kyk hierdie kosbare skaar kinders en jongmense.” Ek probeer in my geheue soek vir kinderboodskappies. Ek kon aan niks dink nie behalwe één storie, naamlik: ,,Willie in die Blomtuin”, wat bekering besonder goed verduidelik. Skielik hoor ek die sangleier se aankondiging: ,,As julle jul hande vou, sal tant Sannie vir julle ‘n mooi storie vertel.”

In my benoudheid bid ek saggies : ,,Here Jesus, U weet dat ek geen stem het nie, maar met soveel onsterflike siele teenwoordig mag ek nie faal nie. In U Naam sal ek na die mikrofoon gaan my mond oopmaak, en U sal die stem gee.”

Die kinders kon hulle ore nie glo toe ek normaalweg begin praat nie! Ek lees die Bybelversie en begin die storie-gelykenis vertel. Alles klink so nuut vir myself asof ek dit nog nooit gehoor het nie. Skielik vervul die teenwoordigheid van die Here die hele saal. Ek het dit dikwels in my bediening gesien, maar nooit so intens nie.

Dit het geword soos

(Vervolg op bl. 15)

AL BRUIS DIE JORDAAN (Deur: Tant Sannie de Ferriers)

Page 7: Aptytwekker 2013

13

die hele ding. Kyk tog onder v vir Van Staden. Nóú sal my naam gevind word. Hoe dan anders, my pa was ‘n bekende dominee vir jare op die dorp. En ek self het elke weeksoggend die geestelike epos boodskappie gelees van Piet Smit en dit aan vele gestuur.” ... Wat ‘n konsternasie sal dit nie wees in daardie dag, wanneer mense met diepe hartseer en groot ontnugtering moet kennis neem dat bloot goeie werke nie jou naam verseker in die boek

van die lewe nie. Paulus het gepraat van (Fil. 4:3) “medearbeiders wie se name in die boek van die lewe is.” Hulle was almal bloedgewaste kinders van God. Mense wat hulle sonde bely en laat staan het en die Here Jesus aangeneem en gevolg het. GEBED Vader, was my in die bloed van die Lam. Ek neem U Seun, Jesus Christus aan as my persoonlike Verlosser. Skryf my naam in die boek van die lewe. Ek bid dit Vader, in Jesus se Naam. Amen!

(Vervolg vanaf bl. 9)

MALEAGI, die laaste profeet van die Ou Testament, het ‘n beroep op die volk gemaak en gewaarsku om nie die tiendes terug te hou nie. CHRISTUS het dit her-bevestig in die Nuwe Testament. PAULUS, die groot Apostel,

het die gee van die tiendes aanbeveel by die gemeentes. DIE KERK VAN CHRISTUS het hierdie stelsel as deel van die raad van God gehandhaar tot vandag toe.

(Ingestuur deur Joyce Jasson) (Vervolg volgende maand)

(Continued from page 7)

DIE GEE VAN TIENDES (E.J. Smith Le Roux)

14

Die Bybel beskryf verskeie maniere van vas wat verskil volgens die tipe, tydperk en doel. • Die tien-dae

Daniël-vas is ‘n gewysigde vas met ‘n byna onbeperkte toepassing. Dit is vernoem na die Bybelse Daniël en sy Hebreeuse vriende wat hulle van ryk (en moonlik onrein) vlaie en wyn weerhou het, en verkies

het om groente in plaas daarvan te eet. Die gevoge was ongelooflik.

(Sien Daniël 1:12-15.) Dit is interessant om op te let dat Daniël en sy vriende vir drie

jaar op die dieet gebly het nadat hulle die mense wat gewone kos geëet het, oortref het. (Sien Danël 1:5, 14-16

(Vervolg volgende maand)

DIE SKEPPER SE DIËET (Jordan S. Rubin)

Moenie bekommerd wees nie! Vas en wees

gelukkig.

Page 8: Aptytwekker 2013

15

Jesaja 6:4 dit beskrywe: ,,En die huis het vol rook geword!” Ek kon soms skaars die Sondagskoolonderwysers rondom my op die verhoog sien.

Ek was net gereed om die uitnodiging vir bekering te gee, toe die Here my geestelike oë oopmaak en ek ‘n leërmag van bose geeste sien wat aan my linkerhand binnestroom. Dit was asof daar nie ‘n muur agter die verhoog was nie. Soos gewone soldate, almal in uniform en gewapend, maar slegs drie voet hoog, het hulle ongehinderd ingemarsjeer. Almal stap in gelid, georganiseerd en doelbewus. Ek was tegelykertyd bewus dat almal een en dieselfde bevel van hulle hoof, Satan, ontvang het.

So vinnig soos die regiment inkom, breek die rye op en elke soldaat gaan na een persoon, staan langs hom en fluister presies dieselfde woorde: ,,Dit is alles waar wat tant Sannie gesê het, maar dit is vir al die ander, behalwe vir jou. Jy is te vas aan jou sonde. Daarvan sal jy nooit verlos kan word nie.” Ek sien hoe elke kind geestelik verlam. Die gesigte

wat so vol hoop en verwagting was, word skielik dof en lyk na verwelkte plante. Uit my siel roep ek: ,,O God, daar is nou nie een wat hom sal bekeer nie! Help, o help nou!”

Skielik gewaar ek ‘n persoon voor my verby kom en hy sit ‘n boekrol in my linkerhand. Sonder om dit oop te maak was ek bewus van wat daarop geskryf staan. My hand met die boekrol skiet vinnig in die lug op en ek hoor myself die inhoud daarvan oor en oor herhaal: ,,En die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde!”

(Vervolg volgende maand )

(Vervolg vanaf bl. 12)

AL BRUIS DIE JORDAAN (Deur: Tant Sannie de Ferriers)

MET ‘N DOEL

Onthou, elke fout wat u in hierdie uitgawe m ag vind, is daar geplaas

met ‘n doel. Daar is diegene wat altyd soek vir ‘n

ou foutjie. Ons wil graag almal bedien en hulle

nie teleurstel nie!!!

Kers-

toneel

op ons

verhoog

16

WIL JY GEDOOP WORD?

Elke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel. Hoekom? Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse. Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop.

Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd. Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees?

Laat hoor van jou en ons sal jou help. past. Piet Smit (022-487 2200)

SOEK DIE ANTWOORD

VORIGE KEER SE ANTWOORD Simri was die korste tydperk koning in Israel. Dit was net vir 7 dae. Ursala Harker en tannie Franci Hugo van Vanrhynsdorp het die antwoord voorsien. Pragtig!

HIERDIE KEER SE VRAAG Met watter ander naam word die dissipel Natanael ook verbind? Sms jou antwoord en skryf: “Soek die antwoord” jou antwoord en jou naam. Sms na 073 447 2902

Page 9: Aptytwekker 2013

17

ONS STEL BEKENDONS STEL BEKENDONS STEL BEKENDONS STEL BEKEND

Hierdie maand gesels ons met

Dehlia Leander

♦ WAAR IS SUSTER GEBORE? Kaapstad ♦ WATTER SOORT WERK DOEN SUSTER? Finansies - Old Mutual ♦ BEOEFEN SUSTER ’N SPORT? Nee, het nie tyd nie ♦ WAT WAARDEER JY DIE MEESTE IN DIE GEMEENTE? Almal se ontferming en liefde al sien hulle nie vir my baie nie

♦ WIE IS JOU ROLMODEL INDIEN ENIGE? Joyce Meyer ♦ WIE IS SUSTER SE GUNSTELING GOSPEL SANGER? Cece Winans ♦ WAT IS JOU GROOTSTE GETUIENIS? Dat ek deur God se genade geboorte kon skenk aan 4 gesonde en pragtige seuns en dat God elke dag oorsien in elke opsig.

♦ WAT IS JOU GUNSTELING GEREG? ‘n Lekker kerrie ♦ HOE ONTSPAN JY? Slaap en nogmaals slaap as daar ‘n kansie is. ♦ WAT SOU JY GRAAG WOU DOEN INDIEN MOONTLIK?

Maatskaplike werk ♦ WAARVOOR IS JY BAIE DANKBAAR? Vir ‘n wonderlike familie, skoonfamilie en vriende wat vir ons omgee en so baie ondersteun

♦ WAT BEGEER SUSTER NOG VAN DIE HERE? ‘n Dieper verhouding met Hom en dat Hy vir my sal gebruik as ‘n getuienis tot Sy glorie

♦ WAT FRUSTREER VIR SUSTER DIE MEESTE? Valse en tweegesig mense

18

EPOS INVALGEDAGTE BEDIENING

Het jy toegang tot epos fasiliteit? Jy kan elke weeksdag ‘n kort geïnspireerde boodskap ontvang vanuit die Woord.

Vra vir jou gratis inval gedagte by :corpuschristi@cybersmart. co.za

Oorgawe gebed As jy God werklik wil ken en ‘n lewe

van oorgawe wil leef, bid dan die

volgende gebed met jou hele hart:

“Hemelse Vader, ek kom na U in die

Naam van die Here Jesus! U Woord

sê: “Elkeen wat die Naam van die

Here aanroep, sal gered word (Rom

10:31). Ek roep U aan! Vergewe my

die sonde wat tussen my en U staan.

Ek het berou daaroor, want dit het U

heilige Naam onteer. Was dit weg

met U bloed, Here Jesus.

Here Jesus, ek nooi U as die Here

van my lewe, kom in my lewe om die

beheer van my lewe oor te neem en

my te wederbaar tot ‘n nuwe

skepsel. U Woord sê: As julle wat

sleg is, weet om goeie gawes aan

julle kinders te gee, hoeveel te meer

sal julle Hemelse Vader julle die

Heilige Gees gee aan die wat Hom

bid:”(Luk. 11:13). Ek vra U ook om

my nou te vervul met U Heilige Gees

en dat dit sal word soos strome van

lewende water wat uit my binneste

kom(Joh. 7:38) terwyl ek U prys! Ek

verwag om in tale te spreek soos die

Gees aan my gee om uit te spreek

(Hand. 2:4)”

Begin om God te prys. Spreek die

woorde en klanke wat die Heilige

Gees aan jou gee - nie jou eie taal

nie. Jy moet jou eie stem gebruik.

God sal jou nooit forseer om te praat

nie. Aanbid God elke dag in tale. Jy

sal nooit weer dieselfde wees nie.!

Skakel in by ‘n Geesvervulde-Woord-

gemeente - nie ‘n kerk wat uit

skeuring ontstaan het nie. Laat jou

doop in water (mark 16:16, Hand.

2:38) en word deel van God se familie!

Ons sal graag vir u behulpsaam wil wees!

Skakel gerus vir past. Piet Smit

022-487 2200

Page 10: Aptytwekker 2013

19

KLEUR MY IN

GEE IN BY DIE KINDERKERK (Laerskool kinders en kleuters)

Naam: _______________________Telefoon nr. __________________ 20

SWART SAKKESWART SAKKESWART SAKKESWART SAKKE

Ekstra sterk!

Ekstra sterk!

Ekstra sterk!

Ekstra sterk! Probeer m

y !!!

Probeer my !!!

Probeer my !!!

Probeer my !!!

KontakKontakKontakKontak Hendrik BurgerHendrik BurgerHendrik BurgerHendrik Burger 082 649 4653082 649 4653082 649 4653082 649 4653

Uitstekende diens! Vra Susan Smit

Facebook ICON

Printer te koop !!!

Kerkkantoor het HP Officejet Pro K550

kleur printer wat in onbruik is.

Druk pragtige foto’s, ens.

Nog so goed soos nuut!

Stel jy belang?

Kontak Kerkkantoor 022-487 2200