aptytwekker jan feb mrt 2015

20
A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd, Malmesbury, 7300 [email protected] Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200 www.agscorpuschristimalmesbury.co.za Jan. / Feb. / Mrt. 2015 ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker ppetiser ppetiser ppetiser ppetiser NUUS VAN HERDERSPAAR WAAR KRY JY JOU OPINIES UNFORGIVENESS VRIENDSKAP DVD HOEKIE AL BRUIS DIE JORDAAN FOTO NUUS THE ICE CREAM PRAYER ONS STEL BEKEND SOEK DIE ANTWOORD SLAANKRAG IN LOFPRYSINGE LAAT JULLE LIGGIES SKYN Foto: Annelie Botha

Upload: janette-smit

Post on 07-Apr-2016

250 views

Category:

Documents


15 download

DESCRIPTION

Maandlikse Nuusblad Geestlike Pitkos

TRANSCRIPT

Page 1: Aptytwekker Jan Feb Mrt 2015

A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd,

Malmesbury, 7300 [email protected]

Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200

www.agscorpuschristimalmesbury.co.za

Jan. / Feb. / Mrt.

2015

ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker

ppetiserppetiserppetiserppetiser

♦ NUUS VAN HERDERSPAAR

♦ WAAR KRY JY JOU OPINIES

♦ UNFORGIVENESS

♦ VRIENDSKAP

♦ DVD HOEKIE

♦ AL BRUIS DIE JORDAAN

♦ FOTO NUUS

♦ THE ICE CREAM PRAYER

♦ ONS STEL BEKEND

♦ SOEK DIE ANTWOORD

♦ SLAANKRAG IN LOFPRYSINGE

♦ LAAT JULLE LIGGIES SKYN

Foto: Annelie Botha

Page 2: Aptytwekker Jan Feb Mrt 2015

2

Nou kan ons nie meer twyfel nie – ons is midde in die harde werklikheid van ‘n nuwe jaar! Die pas versnel vir ons almal. Die druk laai op vir elkeen van ons! Net één Bron vir ons almal om te tap vir krag en vir energie en vir wysheid en uithou en aanhou! Hy wat gesê het:

“Kom na My toe almal …” ( Mat. 11:28)

Jesus die Christus!!! Terwyl die jaar nog jonk is, wil ek graag die volgende aan ons lesers voorhou: Daar is 'n groot verskil tussen: 1. Om jou eie planne te maak en dan die Here te vra om dit te seën. 2. Of om op die Here te wag en by die Here te hoor wat jy moet doen en dan dit te doen. Laasgenoemde sal regtig die seën van die Here wegdra! In die verlede het vele die fout gemaak om die jaar in te storm met baie planne en gedagtes. Goeie planne, maar dit was nie van die Here nie. Die Here het iets anders in gedagte gehad, maar Hy is nie geraadpleeg nie.

Op die ou end het baie van die planne misluk en was die volle seën van die Here nie daarop nie.

Laat ons tog leer uit die foute van die verlede. Moenie die Here vra om iets te seën wat ons eie planne is terwyl die Here iets baie beter vir ons het. Moenie dat ons, ons self belas en moeg maak met goed wat nie van die Here is nie, terwyl ons die planne wat van die Here kom nie gevolg het nie. Net dit wat van die Here is, anders beweeg ons nie. Past. Piet & Susan Smit

Nuus van die Herderspaar

Page 3: Aptytwekker Jan Feb Mrt 2015

3

(Stefan Joubert)

In Engels sê hulle sommige mense is “opinionated.” Hulle het sterk menings oor sake en spreek dit graag uit. Wel, ons almal het opinies van ons eie. Ons spreek dit dalk nie aldag luidkeels uit nie, maar ons het menings oor enigiets vanaf die politiek tot sport. Wat van ’n belangrike vraag: Hoe vorm jy jou opinies? FEIT: Navorsing toon aan dat meer as 80% mense se opinies gevorm word deur die media van die dag. Dit wat ons daagliks lees en kyk, bepaal ons denke. Die skokker is dat die meeste gelowiges se menings sterker beïnvloed word deur media en deur hul omgewings as deur die Woord van God. FEIT: ekerk se onlangse navorsing oor die Bybel onder Afrikaanssprekende gelowiges (gaan kyk op ons webblad) het bevind die Bybel is meestal ’n stiltetydboek wat slegs gelees word vir persoonlike stigting. Die Bybel word veels te min saamgevat na die sg. “regte lewe” en as gesaghebbende padkaart hier benut. FEIT: As die meeste van jou opinies gevorm word deur dit wat jy daagliks lees, kyk of luister, dan skuld jy jouself dringend ’n goeie nuwe opinie. Ek praat van God se Woord. Die Here se koersaanduidings in die Skrif moet jou denke primêr vorm en slyp. Sy Gees wil jou leer van nederigheid en self-opoffering, nie van arrogansie, woede en self-gelding, soos wat die media jou gedurig leer nie. Die Gees wil jou leer dat die doel van jou lewe nie is om te dink en op te tree soos die res nie. ’n Goed-geleefde lewe en ’n God-gerigte lewe is een waar ander ’n beter uitsig het op God danksy jou nabyheid. En waar die trane op ander se wange afgedroog word omdat jy vir hulle omgee. So ’n lewe neem vorm aan wanneer jou opinies en jou hart in die hande van die hemelse Pottebakker is.

Waar kr� jy jou opinies?Waar kr� jy jou opinies?Waar kr� jy jou opinies?Waar kr� jy jou opinies?

Page 4: Aptytwekker Jan Feb Mrt 2015

4

"And when ye stand praying, forgive, if ye have ought against any: that your Father also which is in heaven may forgive you your trespasses" (Mark 11:25). Jesus had just made those marvelous, thrilling, amazing, astounding statements recorded in Mark 11:23 and 24. (And no one has ever yet plumbed the depths of those statements.) But at the same time - at the same scene - and with the same breath - Jesus said, "And when ye stand praying, forgive...." If there is an air of unforgiveness about you, your faith won't work! Your prayers won't work! Unforgiveness is the only hindrance to faith that Jesus ever

mentioned. Therefore, the subject of unforgiveness must be of primary importance. (If my prayers and my faith don't

work, the area of unforgiveness would be the first place I'd examine in my life.)

However, I never permit unforgiveness about anyone to enter into my mind at all. I refuse to think about anything evil. I refuse to be resentful toward anyone. No matter what they have done to me - no matter what they have said about me - I will not permit it to affect me. Confession: My prayers work. My faith works. I do not permit unforgiveness into my being. I refuse to have ought against anyone.

Kenneth E. Hagin

Unforgiveness

Page 5: Aptytwekker Jan Feb Mrt 2015

5

Vriendskap (3)

Vraag:Vraag:Vraag:Vraag:

Kan jy Kan jy Kan jy Kan jy

vir my vir my vir my vir my

vyf vyf vyf vyf

mooi mooi mooi mooi

van van van van

goeie goeie goeie goeie

vriende vriende vriende vriende

noem?noem?noem?noem?

(past. Piet Smit)

Job 6:14 – “Vir die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend, ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar.”

Net om jou gedagtes te verfris: Job, die vroomste en rykste man van die Ooste is deur die Satan in sy liggaam aangetas en sit oortrek met sere op die ashoop en krap homself met ‘n potskerf. Sy drie vriende verneem van sy toestand en kom besoek hom. Dan sit hulle vir 7 dae in stilte en bekyk sy toestand om dan los te trek met ‘n hoogdrawende redevoering; iets wat klink soos ‘n filosofie lesing op universiteit. In plaas dat hulle simpatiseer of op ‘n manier vir Job troos in sy uur van nood, vind hulle net fout en breek om af in sy gemoed. Vir alles wat hy sê om homself te verdedig het hulle net ‘n antwoord terug en vind hulle ‘n rede vir sy toestand. Dis sy sonde en ongeregtigheid wat gemaak het dat hy sit waar hy homself

bevind.

Die arme Job weet later nie meer hoe om homself te verweer nie as hy sê (Job 6:14): “Vir die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend, ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar.”

So, wat sê hy eintlik: “Nou maar as dit dan so is dat ek volgens julle nie meer die Here so mooi dien nie, nie meer so op standaard is nie; dan verwag ek dat júlle as my vriende ten minste by my sal staan. Dat julle nie nou julle rug op my sal draai nie. In hierdie vreeslike toestand waarin ek myself bevind, het ek so ontsettend julle morele ondersteuning nodig.”

Is dit nie ook maar wat ons almal verlang in die tyd wanneer ons seergekry het, swak is, moedeloos is, ‘n slegte ding oorgekom het nie? Dan het ek en jy nie ‘n klomp filosowe om ons nodig wat alles wil ontleed nie. Mense wat met oorsaak en gevolge ons net nog verder in ‘n put in praat nie. Nee,

ons het dan vriende nodig wat ons met deernis en liefde sal bystaan:

• “Ek staan by jou my vriend, maak nie saak wat gebeur.”

• “Ek is hier vir jou.”

• Jy’t al erger dinge as dit deurstaan.”

• “Dit sal ook verbygaan.”

• “Kan ek vir jou bid?”

Hierdie drie sogenaamde vriende van Job: Bildad, Elifas en Sofar, is ‘n goeie voorbeeld van hoe ons nié ons vriende moet bystaan in ‘n tyd van krisis nie.

Kyk net hoe sterk vertaal die Bible for Basic English hierdie vers (Job 6:14): “He whose heart is shut against his friend has given up the fear of the Ruler of all.”

As iemand my vriend is, staan ek by hom of haar al het hy of sy wát gedoen. Selfs al dien hy of sy nie meer die Here nie. My vriend, bly my vriend.

einska

ppe

einska

ppe

einska

ppe

einska

ppe

Page 6: Aptytwekker Jan Feb Mrt 2015

6

“Watch how I do it,” sê Jesus in Matt. 11:28. Ja, ons kan maar weer in die gewoonte kom om te vra: Wat sou Jesus doen? Kyk na Hom en volg sy voorbeeld in alles. Hy is sagmoedig en nederig van hart, volg genade en waarheid, barmhartigheid en liefde vloei uit Hom – dit is die gesindheid waarmee ons ook deur die lewe moet gaan. Hoe doen Jesus dit? Hy stop by siekes, Hy onderrig mense, Hy kuier by sondaars, Hy

deel kos uit, Hy bid vir mense, Hy stel belang in hulle nood en behoeftes, Hy vergewe, Hy bly gehoorsaam aan die Vader tot die dood. “Kom ontdek watter

vreugde dit bring om te leef soos God wil hê jy moet leef. Dis nie moeilik om so te leef nie; om die waarheid te sê, as jy so begin leef, sal jy

agterkom hoe lekker die lewe regtig kan wees.” (Matt. 11:29-30, Die Boodskap)

~ Wilna Botha ~

W W J D

As ek om hulp roep

sê U:

“Hier is

Ek,” Jes. 58:9

Page 7: Aptytwekker Jan Feb Mrt 2015

7

DVDDVDDVD

I, John, take you, Ellen, to be my wife. To have and to hold. To honor and to treasure. To be at your side through sorrow and joy, in sickness or health. To love you and to cherish you for always. I promise this from my hart. With my soul. As long as we both shall live. This is my promise to you!

Kom word deel van die Brighton familie se lief en leef. Beleef hulle wel en weë en hoe die familie se wêreld skielik tot stilstand kom wanneer Ellen Brighton gediagnoseer word met Alzheimer se siekte toe sy op die kruin van sukses van haar beroep was. Kom sien eerstehands hoe God met hierdie familie werk en hoe hulle daarmee moes deel.

As ek hierdie DVD moet klassifiseer op ’n skaal van 1-10 gee ek dit ’n 11. Nie alleenlik leer ’n mens watter groot rol liefde in ’n gesin speel nie, maar ook hoe God ‘n mens kan dra in tye van seer en blydskap. Hoe hy lewens kan verander waar ’n mens dit die minste verwag.

Resenseer: Ann-Beth Ps. Dames moenie die sneesdoekies vergeet nie. ’n Tranetrekker van die eerste water!

EPOS INVALGEDAGTE BEDIENING Het jy toegang tot epos fasiliteit? Jy kan elke weeksdag ‘n kort

geïnspireerde boodskap ontvang vanuit die Woord.

Vra vir jou gratis inval gedagte by: corpuschristi@cybersmart. co.za

Page 8: Aptytwekker Jan Feb Mrt 2015

8

“Laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof” - Hebreërs 12:1-2.

Een van God se heerlike gawes aan die mens is dat Hy aan ons die geleentheid skenk om telkens weer nuut te kan begin. Elke nuwe jaar bring nuwe geleenthede en nuwe uitdagings. Ook 'n kans om weer te probeer, om 'n nuwe poging aan te wend om al die drome van gister tot uitvoering te bring.

Terwyl jy na die gesigseinders daar vér staar en wonder wat die komende jaar sal oplewer, staan net 'n bietjie stil en dink na oor die pad wat jy tot hier gevolg het. Dit het heel waarskynlik 'n paar letsels op jou nagelaat. Sekere van die letsels sal gou verdwyn, op sommige plekke was die eina's te diep en sal jy die littekens vir ewig met jou saam moet dra. Maar tog moes jy iets daaruit geleer het.

Baie keer is ons fisiese en geestelik littekens die gevolg van ons eie vrese. Só het ek op my eie probeer fietsry toe ek 6 jaar oud was. Die pad het afdraand geloop vanaf my oupa se huis na die plaashek. As ek dus net my balans kon hou sou ek sonder dat dit nodig was om te trap, met die pad af en deur die oopstaande hek kon ry. Maar die doringdraadheining wat direk langs die pad geloop het, het al meer op my senuwees begin werk. Sê nou maar net ek beland in daardie doringdraad! Die litteken van my vrees is nou nog sigbaar. Watter goeie leerskool in

lewensoriëntering was dit nie! Ek het veel later eers besef dat die oorsaak van my ontmoeting met die aaklige stekelrige doringdraad was omdat die vrees daarvoor my gedagtes só oorheers het dat ek daarin vasgery het – dit het my fokus weggeneem van die pad waarop ek gery het. En my grootste vrees is bewaarheid – deur my eie toedoen.

Dit is ook hoe ons lewens is. Daar is so baie moontlike gevare wat ons bedreig, probleme wat ons moet oorbrug, dat ons geneig is om ons fokus daarop te plaas en weg te kyk van dít wat regtig saak maak. Soos Petrus neem ons ons fokus weg van Christus, ons Leidsman, en plaas ons ons fokus op die storms en probleme van die lewe (vgl Matt 14:28-29). Dit is dan juis dít wat sal veroorsaak dat die storms van die lewe die oorhand kry oor ons gees.

As ons dan hierdie jaar nuut begin, dan moet ons ook ons manier van dink vernuwe. Ons moet ons fokus reg instel, anders gaan hierdie jaar nog net meer littekens op ons nalaat.

Laat ons in die jaar wat voorlê ons oog gevestig hou op Jesus Christus, ons Leidsman en die Voleinder van ons geloof, want Hy wys vir ons die weg aan.

Ruwe storme breek in woede, alles om my heen is nag; tog hou God my in sy hoede - Hy hou oor my heil die wag. Kon ek soms sy hulp nie sien nie, ook sy liefde nooit verdien nie, het sy Gees my steeds gelei; staan Hy my in alles by. (Gesang 253:7). -dw-

(Willem Botha)

Page 9: Aptytwekker Jan Feb Mrt 2015

9

Daarna het ek my in die Here berus en daarvan vergeet. Op Dinsdag, 15 Februarie 1944, het ek ‘n pastoor, wat ‘n vriend van my was, vergesel na die huis van ‘n sekere bejaarde mnr. Van Graan. Dit was sy verjaarsdag. Sy kinders was byna almal lede van die gemeente. Die doel van die besoek was dus nie alleen om hom geluk te wens nie, maar ook om op geestelike gebied ‘n seën te wees. Ons stap in, en ek word voorgestel aan die enigste lid van die gesin wat ek nog nie ontmoet het nie. Dit was hulle derde dogter, Sannie, ‘n voltydse evangeliste wat pas terug was van Zambië. In die maande wat gevolg het, is die ,klousules’ van my ooreenkoms met die Here een na die ander op wonderbare wyse vervul.

Eerstens het ek geen poging aangewend om haar ,,te soek nie”. Onbewus van haar bestaan, op huisbesoek, het ek daardie aand na haar ouerhuis gegaan.

Tweedens het dit al hoe duideliker geword dat sy die Here Jesus met ‘n onverdeelde hart lief het. Ja, liewer as enige ander persoon op aarde. Haar lewe was ten volle toegewy aan die wil van haar Meester. Sy

het haar familie, vriende en almal verlaat om die Here in die geloof te volg waar Hy sou lei. Haar enigste ambisie was om siele vir sy koninkryk

te soek. Dit was vir my geestelik verfrissend om hierdie ,,pêrel” se lewe te aanskou. Ek was selfs verbaas en verras om so ‘n

hoë standaard van toewyding in die lewe van ‘n Christenmeisie te ontdek!

Derdens het dit sommer spontaan gebeur dat, terwyl sy met vakansie was, ons twee saam met behoeftige siele moes deel, en vir siekes moes bid. Dit het my die vrymoedigheid gegee om haar te vra om saam met my

van my gewese pasiënte en andere wat ek bearbei het, te besoek.

Saam het ons met hulle oor geestelike, morele

en fisiese behoeftes gedeel en vir hulle gebid. Die Here het genadiglik saamgewerk en wonderwerke het gebeur in die lewens en liggame van persone. Onder andere het ‘n jong Christen, met gesigsverlamming in die hoogste graad, genesing ontvang. Duidelik het die Here my getoon dat, met hierdie diensmaagd van Hom aan my sy, my bediening baie

meer doeltreffend sou wees.

(Vervolg in April)

AL BRUIS DIE JORDAAN(Deur: Tant Sannie de Ferriers)

Page 10: Aptytwekker Jan Feb Mrt 2015

10

FOTO-NUUS

Kinderkerk Afsluiting

30 November 2014

Gospel Sanger & Senior Geselligheid

16 November 2014

Op elke tafel was daar ‘n

gedenk kersie vir ons

seniors wat ons

vooruit gegaan het.

Len Viljoen het

ons met sang &

Woord bedien.

Hy het ‘n spesiale

Kersfees cd aan

elke senior

geskenk.

Bo links: Salomé Erasmus en Geraldine Losper het

100% bywoning sertifikate ontvang. Regs bo het

Tieners ’n lofdans gedoen en bo middel het die

Kinderkerk kinders saam gesing met handgebare.

FEBA Radio

2 November 2014

Bo: Past Franco Abrahams het

aanbidding gedoen oor FEBA

radio.

Die Seniors is bederf met heerlike

eetgoed na die diens.

Die tafels was mooi gedek deur die

susters.

Page 11: Aptytwekker Jan Feb Mrt 2015

11

Musiekblyspel - Gesinsoek, Gevind

7 Desember 2014

Toewyding - 18 Januarie 2015

Bo: Die toneel word uitgebeeld deur die verskeie

akteurs. Onder is die orkes en die sangers wat gesing

en musiek gemaak het. Julle was puik!

Doop

18 Januarie 2015

Bo: Baie geluk aan

Levona Roberts wat

gehoorsaam geword

het aan Mark:16:16

Bo: Ruan & Karlien Matthee bring hul seuntjie om aan die

Here toegewy te word. Jesus seën hom.

Page 12: Aptytwekker Jan Feb Mrt 2015

12

A true story

Last week I took my children to a restaurant. My six-year-old son asked if he could say grace.

As we bowed our heads he said, "God is good. God is great. Thank you for the food, and I would even thank you more if Mom gets us ice cream for dessert. And Liberty and jus-tice for all! Amen!"

Along with the laughter from the other customers nearby I heard a woman remark, "That's what's wrong with this country. Kids today don't even know how to pray. Asking God for ice cream! Why, I never!"

Hearing this, my son burst into tears and asked me, "Did I do it wrong? Is God mad at me?"

As I held him and assured him that he had done a terrific job and God was certainly not mad at him, an elderly gentleman approached the table.

He winked at my son and said, "I happen to know that God thought

that was a great prayer."

"Really?" my son asked.

"Cross my heart." Then in a theat-rical whisper he added (indicating the woman whose remark had

started this whole thing), "Too bad she never asks God for ice cream. A little ice cream is good for the soul some-times."

Naturally, I bought my kids ice cream at the end of the meal. My son stared at his for a moment and then did something I will remember the rest of my life.

He picked up his sundae and without a word walked over and placed it in front of the woman.

With a big smile he told her, "Here, this is for you. Ice cream is good for the soul sometimes, and my soul is good already."

~oOo~

(Nico Liebenberg)

Page 13: Aptytwekker Jan Feb Mrt 2015

13

ONS STEL BEKENDONS STEL BEKENDONS STEL BEKENDONS STEL BEKEND

Hierdie maand gesels ons met

Dina Hayini

♦ WAAR IS JY GEBORE? Moorreesburg

♦ WATTER SOORT WERK DOEN JY? Huisvrou

♦ HOE SPANDEER JY JOU VRYE TYD? Tv kyk & boek lees

♦ WAT WAARDEER JY DIE MEESTE IN DIE GEMEENTE? Die liefde & vriendelikheid.

♦ AS JY ‘N BYBELKARAKTER KON NOOI WIE SOU DIT WEES, WAT SOU JULLE EET & WAAROOR SOU JULLE GESELS?

Maria - vis & toebrooidjies - kinderkerke

♦ NA WATTER MUSIEK LUISTER SUSTER GRAAG? Rebecca Moloppe

♦ WAT IS DIE GROOTSTE WONDER WAT DIE HERE AL IN JOU LEWE GEDOEN HET?

Dat die Here my diep uitgehaal het.

♦ WAT BEGEER SUSTER NOG VAN DIE HERE? Liefde vir my kinders.

♦ WAT SOU JY GRAAG VIR DIE HERE WOU DOEN INDIEN MOONTLIK? Ander mense vertel van die Here.

♦ WAARVOOR IS JY BAIE DANKBAAR? Dat ek kan werk, krag van die Here en gesondheid.

♦ WATTER EIENSKAP IN JOU LEWE FRUSTREER VIR JOU DIE MEESTE? Kort humeur.

♦ WAT SIEN JY AS DIE MOOISTE MENSLIKE EIENSKAP? Liefde

♦ WAT LAAT JOU GLIMLAG? As ek iemand groet.

♦ WAT SIEN JY AS DIE SIMBOOL VAN CHRISTENSKAP? Die Bybel.

Page 14: Aptytwekker Jan Feb Mrt 2015

14

EEEE lke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel. Hoekom?

Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse.

Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop.Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd. Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees?

Laat hoor van jou en ons sal jou help.

past. Piet Smit 022-487 2200

WIL JY GEDOOP WORD?

VORIGE KEER SE ANTWOORD

Die Fariseërs het net

gepraat, maar nie

gedoen nie.

(Matt. 23:2)

Zelda Roberts het die

regte antwoord gegee.

Baie mooi!

Sms jou antwoord met jou naam na:

073 447 2902

HIERDIE KEER SE

VRAAG

Wie was die ouer broer;

Moses of Aäron?

SOEK DIE ANTWOORDSOEK DIE ANTWOORDSOEK DIE ANTWOORDSOEK DIE ANTWOORD

ONS KEN GOD NIE SONDER JESUS NIE;

ONS KEN ONSSELF NIE

EENS SONDER JESUS NIE. (Blaise Pascal)

Page 15: Aptytwekker Jan Feb Mrt 2015

15

Wyse Woorde

◊ Elke keer as jy ‘n keuse maak, bepaal jy jou bestemming. Anthony Robbins

◊ Die prys van sukses is harde werk en toewyding aan die taak wat wag, sodat ons sal weet - of ons nou wen of verloor - dat ons ons bes gedoen en ons beste gegee het. Vince Lombardi

◊ Hou op om te maak asof die lewe ‘n kleedrepetisie is. Leef hierdie dag asof dit jou laaste dag is. Die verlede is verby en weg. Die toekoms hou geen waarborge in nie. Wayne Dyer

◊ Mense met gemiddelde vermoëns behaal soms uitstaande sukses omdat hulle nie weet wanneer om op te gee nie. Meeste mans behaal sukses omdat hulle vasbeslote is om suksesvol te wees. George Allen

Page 16: Aptytwekker Jan Feb Mrt 2015

16

(Dr. James Van Zijl)

Slaankrag In Lofprysinge

Om die Here te aanbid sonder emosies, is onmoontlik, want ons God is dan ‘n God van Emosie! Ons weet almal GOD IS LIEFDE. En wat is LIEFDE? Dis ‘n emosie! Ons Here se Grootste Gebod aan ons is: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat. (Matt 22:37-40). Kan jy

verstaan hoe satan ook hier probeer om vir ons reg te help deur vir ons te waarsku teen emosionele aanbidding? Nee wat geliefde, om die Here lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand, SLUIT BESLIS JOU EMOSIES IN! Moenie bang wees om dit te wys nie! Ons word geleer om stigtelik en eerbieding in die Here se teenwoordigheid te wees, maar stigtelik en eerbiedig is ‘N GESINDHEID VAN DIE HART, nie of ek met ‘n fluisterstem praat en nie rondkyk nie! Die Here weet hoe my hart lyk en of ek Hom waarlik eerbiedig is, en of ek in die kerk kom ‘n front voorhou. Jy sien, my eerbied vir die Here (wie elke oomblik by my is) kom na vore in my ELKE OPTREDE: hoe ek met my man/vrou saamlewe, my werk doen, my finansies bestee, my gesprekke, my ontspanning, my vemaak - HY WEET VAN ALLES! Hoe kan ek dan nou skielik by die kerk eerbiedig wees en die res van die tyd lewe asof die Here in die kerk agtergebly het. Ek is mos die tuiste (tempel) van God eie Heilige Gees en Hy ken my beter as wat

ek myself ken.

(word vervolg)

Vervolg vanaf Desember

Page 17: Aptytwekker Jan Feb Mrt 2015

17

♦ Louise Flink - Haar neef is in Desember oorlede.

♦ Patrys Conradie & familie - Haar man Joe Conradie

♦ Bob Maartens & familie - Sy vrou Linda Maartins

BYBELKOEK RESEPBYBELKOEK RESEPBYBELKOEK RESEPBYBELKOEK RESEP * 1 k Botter Rigters 5:25 * 2 k Jeremia 6:20 (Suiker) * 6x Esegiel 10:14 (eiers) * 3 ½ k Konings 4:20 (meel) * ½ t Levitikus 2:13 (sout) * 2 t 1 Korinthiers 5:5( bak poeier) * ¼ t elk van 3 wat genoem word in * 1 Konings 10:2 (kaneel, neutmeskaat en gemengde speserye) * 1 k Genesis 24:2 (water) * 1 e Exodus 16:31 (heuning) * 2 k elk van 1 Samuel 25:18 (rosyntjies en vye) * 1 k Genesis 43:2 (Gekapte neute

Metode Verroom botter en suiker. Meng eiers een vir een in. Sif sout, meel, bakpoeier en speserye saam in die suiker mengsel in. Meng heuning en water en voeg by die mengsel. Meng goed. Voeg nou die rosyntjies, vye en neute by. Gooi mengsel in koekpan en bak teen 180 grade tot gaar.

Seenwense! *Hanna*.

Page 18: Aptytwekker Jan Feb Mrt 2015

18

Oom Gerrie stop voor die tonnel. Hulle klim uit en stap die tonnel binne. In die bek van die tonnel is

dit nog bietjie lig maar hoe vêrder hulle stap hoe donkerder word dit. Jannie wil net begin benoud voel toe hy voel hoe iemand sy hand neem. Hy dog eers dis oom Gerrie, maar toe

hulle naby die tonnel se bek kom sien hy oom Gerrie stap aan die ander kant van die

spoor wat nog deur die tonnel

loop. “So ja Jannie, hier is ons nou by die bek van die tonnel. “

Jannie stap uit in die helder sonlig

en voel dat sy hand nou weer

vry is. Hy voel baie lekker en skielik onthou van die oom op die skoolterrein en die storie van die tonnel. Dan eers besef Jannie dat sy seer weg is en omdat sy seer weg is kon hy Jesus se hand in syne voel en net daar weet Jannie wie die oom op die skoolgrond by hom was. Jesus het daardie dag gekom om sy seer weg te vat soos Hy in die Bybel belowe. Jannie se gedagtes word onderbreek toe oom Gerrie hom meedeel dat hy hom graag iets wil vra. Hy lyk baie ernstig. “Ja, oom. Vra maar.” Oom Gerrie lyk so skuldig soos die dag toe Pietie

hom om verskoning gevra het. “Ek het gisteraand jou ma gevra of sy met my sal trou en sy het ingestem. Hoe voel jy daar oor. Jannie kan nie help om te glimlag nie en dan steek jy sy hand uit en skud blad met hom en knik sy jop. “Dit is reg so oom Gerrie.” Die twee stap terug deur die tonnel, maar hierdie keer is die tonnel helder verlig, want Jesus laat sy liggie skyn en Jannie skiet ’n gebedjie op.

Laat julle liggie skyn. (Anne-Beth)

Page 19: Aptytwekker Jan Feb Mrt 2015

19

As jy God werklik wil ken en ‘n

lewe van oorgawe wil leef, bid dan

die volgende gebed met jou hele

hart:

“Hemelse Vader, ek kom

na U in die Naam vanvan die Here

Jesus!

U Woord sê: “Elkeen wat die

Naam van die Here aanroep, sal

gered word (Rom 10:31). Ek

roep U aan! Vergewe my die

sonde wat tussen my en U

staan. Ek het berou daaroor,

want dit het U Heilige Naam

onteer. Was dit weg met U

bloed, Here Jesus.

Here Jesus, ek nooi U as die

Here van my lewe, kom in my

lewe om die beheer van my lewe

oor te neem en my te wederbaar

tot ‘n nuwe skepsel.

U Woord sê: As julle wat

sleg is, weet om goeie gawes

aan julle kinders te gee, hoeveel

te meer sal julle Hemelse Vader

julle die Heilige Gees gee aan

die wat Hom bid:” (Luk. 11:13).

Ek vra U ook om my nou te

OORGAWE GEBED

vervul met U Heilige Gees en dat dit sal

word soos strome van lewende water wat uit

my binneste kom (Joh. 7:38) terwyl ek U

prys! Ek verwag om in tale te spreek soos

die Gees aan my gee om uit te spreek (Hand.

2:4)

”Begin om God te prys. Spreek die

woorde en klanke wat die Heilige Gees aan jou

gee - nie jou eie taal nie. Jy moet jou eie stem

gebruik. God sal jou nooit forseer om te praat

nie. Aanbid God elke dag in tale. Jy sal nooit

weer dieselfde wees nie!

Skakel in by ‘n Geesvervulde-Woord-

gemeente - nie ‘n kerk wat uit skeuring ontstaan

het nie. Laat jou doop in water (Mark 16:16,

Hand. 2:38) en word deOns sal graag vir u

behulpsaam wil wees!

Skakel gerus vir past. Piet Smit

022-487 2200

Page 20: Aptytwekker Jan Feb Mrt 2015

20

Nagmaal

Rangskikking

deur een van

ons selle

gemaak.

Pragtig!

Advertensies

Indien u wil adverteer in ons maandelikse Aptytwekker

kontak: 022-487 2200

@ net R25 per maand

Regs: Die “link” na ons

facebook blad.

Onthou, elke fout wat u in Hierdie uitgawe mag vind,

Is daar geplaas met ‘n doel. Daar is diegene wat altyd

Soek vir ‘n ou foutjie. Ons wil graag almal bedien En hulle nie teleurstel nie!!!

MET ‘N DOEL