aptytwekker mrtapr 2014

20
A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd, Malmesbury, 7300 [email protected] Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200 www.agscorpuschristimalmesbury.co.za Maart/April 2014 ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker ppetiser ppetiser ppetiser ppetiser NUUS VAN HERDERSPAAR WAT AS JY DIE DAG J0U ... STOP BEFORE YOU TAKE ... AL BRUIS DIE JORDAAN DIE SKEPPER SE DIEET FOTO NUUS ONS STEL BEKEND STILBLY PRAAT OOK DEUR GOD OMSLUIT ADVERTENSIES Uitsig vroeg oggend vanaf Kasteelberg na Riebeek Kasteel se kant toe. Foto: Piet Smit

Upload: janette-smit

Post on 06-Mar-2016

235 views

Category:

Documents


6 download

DESCRIPTION

Maandlikse Nuusblad Geestlike Pitkos

TRANSCRIPT

Page 1: Aptytwekker mrtapr 2014

A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd,

Malmesbury, 7300 [email protected]

Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200

www.agscorpuschristimalmesbury.co.za

Maart/April

2014

ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker

ppetiserppetiserppetiserppetiser

♦ NUUS VAN HERDERSPAAR

♦ WAT AS JY DIE DAG J0U ...

♦ STOP BEFORE YOU TAKE ...

♦ AL BRUIS DIE JORDAAN

♦ DIE SKEPPER SE DIEET

♦ FOTO NUUS

♦ ONS STEL BEKEND

♦ STILBLY PRAAT OOK

♦ DEUR GOD OMSLUIT

♦ ADVERTENSIES

Uitsig vroeg oggend vanaf Kasteelberg na

Riebeek Kasteel se kant toe.

Foto: Piet Smit

Page 2: Aptytwekker mrtapr 2014

2

In die vorige Aptywekker het ek met u gedeel my verwagting vir 2014: Dat te midde van swaarder wordende tye is daar die gedagte dat hierdie jaar vir ons ‘n oes jaar gaan wees.

Dis dan ook presies wat ons tans beleef. Soveel nuwe mense besoek ons dienste en van oral is daar belangstelling. Verlede week was ek bevoorreg om te aanskou hoe 9 mense hulle hart vir die Here gee tydens huisbesoeke. Dis mense wat ek bloot net opgevolg het wat ons dienste besoek het of in ons kerk was vir ‘n funksie.

‘n Seisoen hou nie verewig aan nie. Seisoene kom en gaan. Dis soos ‘n brander wat ‘n branderplankryer op die regte moment moet vat - nie te vroeg en nie te laat. Ons moet dus besef as gemeente dat ons hierdie seisoen nie deur ons vingers mag laat glip nie.

Daar is baie gebid vir hierdie tyd. Ons het almal se samewerking en gebed nodig om die momentum so lank as moontlik te behou. Bid spesifiek vir die oes elke dag.

Jou gebed is die benatting van die oes op die land. (1 Kor. 3:6, 7) Jou teenwoordigheid by elke

diens is van groot belang. A crowd draws a crowd. (Past. Peet Venter het destyds gesê: “As jy twee motors het, kom met twee motors kerk toe.”)

Kom met verwagting kerk toe, in gebid, bereid om diens te lewer. Almal se hande is nodig om die oes in te samel.

Jou liefde en vriendelikheid is deurslaggewend teenoor almal in ons dienste en elke ander plek. (Onthou die vyand trag ook om die seisoen kort te knip deur iemand wat aanstoot neem.)

“Kinders van die Here, praat van die Here.” Vertel vir ander wat in ons dienste gebeur. Nooi die laaste mens wat jou pad kruis.

Spr. 10:5 – “Hy wat in die somer wegbêre, is ‘n verstandige seun; hy wat vas slaap in die oestyd, is ‘n seun wat skande maak.”

Nou is nie ‘n tyd om vas te slaap,

maar om die oes in te bring!

Past. Piet & Susan Smit

Page 3: Aptytwekker mrtapr 2014

3

“I’ve outlived my usefulness.” So het Bill Knight sy lewe opgesom in ’n onderhoud. Hy was al baie oud en eensaam. Toe besluit hy om Amerikaanse soldate wat uit Irak teruggekeer het by ’n plaaslike lughawe te verwelkom. Net dit. Hierdie eenvoudige stukkie omgee het kort voor lank wyd bekend geraak. Vele ander bejaardes het sy voorbeeld begin volg. Bill Knight se opregte handdruk waarmee hy terugkerende soldate verwelkom het, het vir baie mense sinoniem geword met omgee. Later het selfs George Bush, die eertydse Amerikaanse president hom ontmoet. Ook daar is ’n dokumentêre film oor hom en ander ouer persone gemaak wat

soldate gaan verwelkom het. Wanneer dit lyk of jou persoonlike nuttigheidswaarde verstryk, is daar altyd nog ’n kans om die teendeel te bewys. Jesus het op ’n dag gesê dat nie eens die kleinste daad van deernis, soos om ’n beker koue water aan een van sy profete te gee, ongesiens by God verbygaan nie. Nooit is een van ons in God se oë te oud, te arm, te eensaam, of te nutteloos om vir een ander persoon iets te beteken nie. Ons kan teen een daad van deernis per keer in die Here se Naam ander dien.

$$$

Wat as jy die dag jou nuttigheidswaarde verloor?

Joh 3:21 - “Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is”. Waarheid en gehoorsaamheid is ‘n tweeling. Geen mens kan in die waarheid wees en aan God ongehoorsaam wees terselfdetyd nie. Om aan God gehoorsaam te wees is om in die waarheid te wees. Dit is hoekom Jesus die Weg en Waarheid genoem word, want dis onmoontlik om aan God gehoorsaam te wees sonder Jesus. Hy is die

weg tot God se hart, maar Hy is ook die weg van gehoorsaamheid. Geen mens kan ‘n volgeling van Jesus wees en terselfdetyd in ongehoorsaamheid aan God leef nie. (Riekert)

(Stefan Joubert)

Page 4: Aptytwekker mrtapr 2014

4

As jy God werklik wil ken en ‘n

lewe van oorgawe wil leef, bid dan

die volgende gebed met jou hele

hart:

“Hemelse Vader, ek kom na U in

die Naam vanvan die Here Jesus!

U Woord sê: “Elkeen wat die

Naam van die Here aanroep, sal

gered word (Rom 10:31). Ek

roep U aan! Vergewe my die

sonde wat tussen my en U staan.

Ek het berou daaroor, want dit het

U heilige Naam onteer. Was dit

weg met U bloed, Here Jesus.

Here Jesus, ek nooi U as die

Here van my lewe, kom in my

lewe om die beheer van my lewe

oor te neem en my te wederbaar

tot ‘n nuwe skepsel.

U Woord sê: As julle wat sleg is,

weet om goeie gawes aan julle

kinders te gee, hoeveel te meer

sal julle Hemelse Vader julle die

Heilige Gees gee aan die wat

Hom bid:” (Luk. 11:13).

Ek vra U ook om my nou te vervul

met U Heilige Gees en dat dit sal

word soos strome van lewende

water wat uit my binneste kom

(Joh. 7:38) terwyl ek U prys! Ek

verwag om in tale te spreek soos

die Gees aan my gee om uit te

spreek

(Hand. 2:4)”

Begin om God te prys. Spreek

die woorde en klanke wat die

Heilige Gees aan jou gee - nie jou

eie taal nie. Jy moet jou eie stem

gebruik. God sal jou nooit forseer

om te praat nie. Aanbid God elke

dag in tale. Jy sal nooit weer

dieselfde wees nie!

Skakel in by ‘n Geesvervulde-

Woord-gemeente - nie ‘n kerk wat

uit skeuring ontstaan het nie. Laat

jou doop in water (Mark 16:16,

Hand. 2:38) en word deel van

God se familie!

Ons sal graag vir u

behulpsaam wil wees!

Skakel gerus vir past. Piet Smit

022-487 2200

Oorgawe gebed

Page 5: Aptytwekker mrtapr 2014

5

For every creature of God is good,

and nothing to be refused, if it be

received with thanksgiving: For it is

sanc�fied by the word of God and

prayer. 1 Timothy 4:4-5

Have you ever wondered why on earth

we pray over our food? I pray over mine

because I have to eat it!

I don’t pray over my meals because

my denomina�on or religion says

that’s what I should do. I don’t have a

denomina�on. If you do it just be-

cause religion or tradi�on says to,

you’ll wind up saying grace and pray-

ing for Jesus’ sake.

Jesus said whatever you ask the Fa-

ther in My Name, He will give it to

you. He didn’t say anything about

praying for His sake. I don’t pray for

Jesus’ sake. I pray for my belly’s sake!

The Word of God says our food is

sanc�fied by the Word, by

thanksgiving and by prayer.

I pray over my food because I have to

eat it. It’s right to do, and I’ve eaten

all over the world in all kinds of plac-

es. I’ve eaten stuff that I didn’t have

any idea what it was. And I didn’t

want any more of it, either!

I was in one place one �me when

they came out and honored me at

4:30 in the morning. So they came

and took me to the breakfast they

had prepared. I sat down in front of

something green on my plate. I had

no earthly idea what it was. I looked

at it and thought, I’m not going to eat

this. I’m going to fast right now.

The Spirit of God said, What does My

Word say?

“I knew You would ask me that. The

Word of God says when you’re out in

the field, eat whatever is set before

you. It also says no deadly thing will

hurt you. And it says the food is sanc-

(fied. OK, I know, I know. I got the

message. I got the message.”

Then He added, That means do it

with a smile on your faithful face.

So I did, and then I went on a fast the

next day.

When you pray over your food, do it in

faith and simply follow what the

Apostle Paul said in 1 Timothy and

receive it with thanksgiving. Jesus

broke Satan’s power to contaminate

your food. Praying in faith over your

(Continued on page 14)

Stop! Before You Take Another Bite (Kenneth Copeland)

Page 6: Aptytwekker mrtapr 2014

6

VORIGE KEER SE ANTWOORD

Die volk wat eerste vir Israel aangeval het na hulle uittog

uit Egipte was Amalek (Exod. 17: 8-13).

Suster Zelda Roberts het die antwoord voorsien. Pragtig!

HIERDIE KEER SE VRAAG

Watter evanglie vertel van die twee persone wat saam met Jesus gekrusig is, maar vertel nie dat een van hulle gered is nie?

SOEK DIE ANTWOORDSOEK DIE ANTWOORDSOEK DIE ANTWOORDSOEK DIE ANTWOORD

EEEE lke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel.

Hoekom?

Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse.

Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop.Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd. Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees? Laat hoor van jou en ons sal jou help.

Past. Piet Smit (022-487 2200)

WIL JY GEDOOP WORD?

Page 7: Aptytwekker mrtapr 2014

7

Stan Gerlach moes ’n afskeidswoord by ’n vriend se begrafnis iewers in Kalifornië lewer. Aan die einde van sy kort toespraak het hy vir die aanwesiges gesê dat geen mens ooit seker is wanneer God jou die dag kom haal nie. Hy het toe bygevoeg: “At that moment, there’s nothing you can do about it. Are you ready?” Toe gaan sit Stan skielik. Net daar voor almal sak hy inmekaar en sterf. Skaars het Stan vir die begrafnisgangers gevra of hulle gereed is om die lewende God te ontmoet, toe sterf hy met hierdie einste woorde op sy eie lippe. So vertel Francis Chan, wat vroeër sy leraar was, in een van sy boeke. Daar kom ’n dag dat ons elkeen ons laaste asemteug moet uitblaas. Dan eindig alles. Of nie! Wat dan? Het jy al hieroor nagedink? Of dink jy die lewe aan dié kant is ewigdurend? Leef jy so dat elke asemteug van jou goeie asem in jou longe is waarmee jy God verheerlik? Moenie enige asem mors nie. Laat jou asem tel. Maak Christus groot in alles wat jy dink, doen en sê. Dan haal jy goed asem. Dan sal jou laaste asemteug aan hierdie kant van die graf die beste een ooit wees.

oOo

Moenie Jou Asem Mors(Anoniem)

Het jy geweet ‘n palmboom is die

enigste boom wat die sterkste storm kan oorleef. Wanneer ‘n

sikloon ‘n eiland tref word wonings en ander plante verwoes - maar die palmboom bly staan.

Die palmboom buig laag tydens die storm, maar hy knak nie. Die sap in die stam van die

palmboom maak hom buigbaar, al ooit gewonder hoe jy die storm

in jou lewe oorkom het, dis omdat jy God se

palmboompie is en gevul is met

Sy LIEFDE, GENADE, KRAG en met Sy GEES.

Wanneer jy gebuk gaan onder moeilike omstandighede onthou God tel jou weer op, Jesus gee

die vermoeide krag en omdat Sy krag binne in jou is sal jy altyd

staande bly en sal jy elke storm oorleef, staan sterk palmboom van God.

(Ingestuur deur Elize Kilian)

Page 8: Aptytwekker mrtapr 2014

8

(Vervolg vanaf Februarie)

Hierdie wonderwerk, gevolg deur baie ander, het die Here in my spreekkamer gedoen. Meer en meer het ek die waarde van gebed geleer. Ek het gesien dat as ek met my pasiënte oor hulle siektetoestand praat en hulle hul sake met God en mens regmaak, die genesing in die meeste gevalle outomaties volg. Wanneer die mens gewillig word om sy trotse hart te verneder dan ontvang hy hulp van God. Hy het beloof om aan die ootmoediges genade te skenk.

HOOFSTUK 12

JEAN DE FERRIÈRES VERTEL: HEILIGMAKING,

WATERDOOP EN DIE DOPING IN DIE HEILIGE GEES.

Gedurende 1942 het ek

die geheim van heiligmaking leer ken.

Vir ‘n geruime tyd het ongewenste gewoontes, vleeslike drange, tekortkominge en wisselvalligheid in my geestelike lewe my baie gekwel. Ondersoek van die heilige Skrifte, asook die lewensgeskiedenis van manne en vroue wat op ‘n magtige wyse deur God gebruik was, het my oortuig dat so ‘n lewe van

nederlaag, val en opstaan, hoegenaamd nie die wil van God vir sy kind is nie. Daar moes ‘n oplossing wees, maar hoe?

Dank God vir die ondervindings van andere, maar elke Christen moet persoonlik ‘n openbaring van die Here en sy verlossing ontvang. Na baie skriflesing en bepeinsing het ek die sleutel gevind in Romeine 8:13 ,,Want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, MAAR AS JULLE DEUR DIE GEES DIE WERKE VAN DIE LIGGAAM DOODMAAK, SAL JULLE LEWE’.

Dit het vir my duidelik geword dat die Heilige Gees nie alleen die ,,GEES van die LEWE” is nie (Romeine 8:2). Hy tree ook op as ‘n ,,DOOD-STRAAL’ vir die vlees! Dit was die grootste ontdekking van my hele geestelike loopbaan! Ek het begryp dat die Heilige Gees by magte is om die kruisdoding van onse Here Jesus Christus in al sy volheid, op gees, siel en liggaam in my te volbring, deur ‘n proses van geestelike duplisering. Die vleeslike natuur, of ‘oue mens’ word daardeur tereggestel. Hierdie ‘oue mens’ of self-lewe is die bron van al ‘n Christen se sondes, moeilikhede en swakhede.

(Vervolg op bl. 15)

AL BRUIS DIE JORDAAN(Deur: Tant Sannie de Ferriers)

Page 9: Aptytwekker mrtapr 2014

9

Funksionele fiksheid

Mense uit verskillende agtergronde kan fantastiese resultate verkry deur funksionele fiksheid: van professionele atlete wat hul vertoning wil verbeter, tot ‘n ouma wat die trappe na haar kamer makliker wil klim. Funksionele fikshiedskenner Juan Carlos Santana stel dit die beste: “Funksie is ‘n plig of doel van iets - of waarvoor iets bedoel is. Een van die hoofredes waarvoor die liggaam bedoel is, is om struktuur en beweging te verskaf. Daarom is funksionele oefeninge (fiksheid) enige oefening wat die liggaam se struktuur en/of beweging verbeter.’ Daar is by my nie enige twyfel dat funksionele fiksheid die effektiefste oefening en fiksheidsisteem is wat beskikbaar is nie. Ek voel dat dit amptelik as die Funksionele Fiksheid Oefeningprogram gebruik moet word.

Diep-asemhalingsoefeninge

Selfs diep-asemhalingsoefeninge sal die vet-verbrandende metabolisme van jou liggaam verhoog en jou brein ‘n hupstoot gee met ‘n ryk dosis suurstof.

Diep asemhaling bied voordele wat groot verskille aan jou gesondheid maak. Jou longe is groter aan die onderkant as aan die bokant, maar die meeste mense haal deur die ‘bokant’ asem. Ons haal dus eintlik vlak asem soos siek en slapende mense. Leer om ‘uit die maag’ asem te haal. Jy sal weet jy is besig om uit jou diafragma asem te haal as jy sien dat jou maag in en uit beweeg. Indien jou borskas die enigste ding is wat beweeg, lewe jy steeds op ‘n lae vlak van die groot potensiaal van diep asemhaling. Diep asemhaling beweeg en masseer letterlik die sagte inwendige organe in jou ribbekas. Dit laat jou limf toe om van versamelde toksiene ontslae te raak en selfs nog meer toksiene te versamel. Slegs diep asemhaling laat jou toe om van die ‘bonus krag’ van jou laer longe te gebruik. Pasgebore babas haal instinktief diep asem - kyk en leer wanneer jy ‘n baba sien. Later in ons lewe ‘leer’ ons egter hoe om ‘vlak asem te haal’ en ons gevolglik van noodsaaklike suurstof te beroof.

(Vervolg volgende maand)

DIE SKEPPER SE DIEET

(Jordan S. Rubin)

Stap

Page 10: Aptytwekker mrtapr 2014

10

FOTO-NUUS

Huwelike

Vrugtefees - 26 Januarie 2014

Bergklim en oorslaap - 31 Januarie 2014

Wat ‘n fees! Ons as gemeente het saam die heerlike vrugte geniet en vergeet van diabetes. Selfs die kinders het gesmul aan die vrugte.

Nege dapper stappers het Kasteelberg aangedurf en oorgeslaap.

Morné & Yolandi Uys

25 Januarie 2014

Mornay & Chienita

Coetzee

15 Februarie 2014

JP & Bianka

Engelbrecht

14 Januarie 2014

Page 11: Aptytwekker mrtapr 2014

11

Gesinsdiens - 16 Februarie 2014

Selverdubbeling - 9 Februarie 2014

Christa Marais Charlene Grobler Rene Venter Magriet Smit

Tuksvye word skoongemaak en die gemeente kon net eet.

Bo: Morgan Leander se huissel verdubbel nou al die 3 de keer. Saam hom op foto is die res van sellede. Van links na regs: Annemarie & Steve Leander, Hennie & Fransin van Zyl, Morgan Leander, Casper & Rita von Rauwenstein, Deidré & Johan Huysamen en Elize Scott.

Oranje was

die kleur

vir die

aand.

Dankie vir

elkeen

wat saam

gespeel

het!

Onder: Paul Cloete met sy sellede. Vlnr: Rebecca Gonsalves, Janette Smit, René Morris, Elsabé v/d Westhuizen, Anina Cloete en kinders, Tina v/d Westhuizen, Paul Cloete en Ryan Timotheus.

Doopdiens - 9 Februarie 2014

Dewald van der Spuy

Page 12: Aptytwekker mrtapr 2014

12

Advertensies

Indien jy wil adverteer

in ons maandelikse Aptytwekker

kontak: 022-487 2200

@ net R25 per maand

FOTO-NUUS vervolg

Links: . Past. Smit het die nuwe lidmate voorgestel vlnr: Charlene Grobler, Mia & Ciske du Toit, Dewald v/d Spuy, Isaac & Rensia Moosa en Rene Venter. Baie welkom by jul nuwe geestelike familie.

Voorstelling - 16 Februarie 2014

HIGHER EDUCATION MINUS THE HIGH COSTS

A better education at a better location

- the local church.

♦ Affordable

♦ Community learning enviroment

♦ State-of-art technoly

♦ Character formation programme

♦ Christian ethos

♦ Accredited degree, diploma and

certificate programmes

email: [email protected]

national hoteline: 08 77 55 77 55

www.cornerstone.ac.za

NUUSBROKKIES

Ons neem afskeid van : Floris & Rosemarie Conradie - verhuis Hennie & Suretha Aucamp - verhuis

Begrafnis Ons simpatiseer met Christa Marais en tannie Magriet Smit wat moes afskeid neem van Hennie Smit. Mag hul in die Here vertroosting kry. Die roudiens was die 17 Februarie 2014.

Prediker Past. Theuns Louw van die Bybelgenootskap het die 2 Februarie 2014 ons bedien met die Woord en ons vertel van die werksaamhede van die Bybelgenootskap. Daar is ook ‘n spesiale kollekte opgeneem vir Bybelverspreiding.

Page 13: Aptytwekker mrtapr 2014

13

♦ WAAR IS SUSTER GEBORE? Malmesbury ♦ WATTER SOORT WERK DOEN SUSTER? Pensionaris ♦ BEOEFEN SUSTER ’N SPORT? Rolbal ♦ WAT WAARDEER JY DIE MEESTE IN DIE GEMEENTE? Die liefde onder mekaar.

♦ WIE IS JOU ROLMODEL INDIEN ENIGE? Niemand nie. Wil maar net Jesus se pad volg. ♦ WIE IS SUSTER SE GUNSTELING GOSPEL SANGER Nie iemand spesifiek nie, hang af in watter stemming ek is. ♦ WAT IS JOU GROOTSTE GETUIENIS? Dat die Here my siel kom red het.

♦ WAT IS JOU GUNSTELING GEREG? Kerrie Afval ♦ HOE ONTSPAN SUSTER? Lees en beoefen my sport ♦ WAT SOU JY GRAAG WOU DOEN INDIEN MOONTLIK? Verpleging wat ek gedoen het, om dit weer te kan doen. ♦ WAARVOOR IS JY BAIE DANKBAAR? Dat ek nog op hierdie ouderdom na mense kan uitreik en ‘n gesonde verstand het en mense kan bemoedig.

♦ WAT BEGEER SUSTER NOG VAN DIE HERE? Om tot groter diens vir die Here te wees.

♦ WAT FRUSTREER VIR SUSTER DIE MEESTE? Swak kommunikasie.

♦ WAT IS VIR JOU DIE MOOISTE MENSLIKE EIENSKAP? Om daar te wees vir mekaar.

oOo

ONS STEL BEKENDONS STEL BEKENDONS STEL BEKENDONS STEL BEKEND

Hierdie maand gesels ons met

Joyce Jasson

Page 14: Aptytwekker mrtapr 2014

14

food allows it to minister nourishment

and strength to your body, rather than

pain and sickness. When you re-

ceive it with thanksgiving in Jesus’

Name, it is sanc�fied, set apart for

your use (John 16:23).

So stop right now before you take

another bite of anything. Learn to

pray according to the Word:

“Father, thank You for this food. I

receive it blessed and set apart

for my use according to Your

Word. In Jesus’ Name. Amen.”

(Continued from page 5)

Stop! Before You Take Another Bite (Kenneth Copeland)

Stilbly is ook ’n antwoord. So lui ’n ou spreuk. Inderdaad, stilte praat soms kliphard! Dit is nie jou werk om ’n wandelende “Google” te wees wat altyd binne milli-sekondes ’n opinie oor enigiets of enigiemand in plek het nie.

Leer by Spreuke dat dit wys is om soms net stil te bly. Kies jou woorde altyd met oorleg. Hoe? Wel, weet minstens dat dit dwaas is om te praat as jou humeur begin opvlam. Dan gaan jy die “beste” toespraak ooit afsteek wat jy na die tyd wens jy nooit moes gesê het nie.

Bly stil as jy agterkom jy dink jy’s die enigste een wat reg is, of as jou woorde in skerp lemme verander wat ander rondom jou in repies sny.

Jy vorder op God se roete van geestelike groei as jy leer om minder te praat en meer te luister. Dit is die groeibodem vir nederigheid, soos wat die kerkvader Benediktus baie eeue gelede gesê het.

Nederigheid voor God en tussen ander mense is te hoor in die regte en spaarsamige gebruik van jou tong. Stiller, sagte woorde wat gedoop is in God se genade praat altyd op die regte maniere die hardste!

***

(Anoniem)

Page 15: Aptytwekker mrtapr 2014

15

Die Here het hierdie waarheid verder op ‘n ander manier by my tuisgebring. Ek moes eendag ‘n duplikaat van ‘n sleutel by ‘n slotmaker laat maak. Terwyl ek staan en wag, sien ek hoe hy te werk gaan. Hy het die oorspronklike sleutel aan die een kant van ‘n toestel vasgeskroef en die ongesnyde sleutel aan die ander kant. Toe het hy die masjien aangeskakel. Hy het die ,,gids” op en af oor die groewe van die oorspronklike beweeg. Tegelykertyd het ‘n skerp slypwiel presies dieselfde patroon in die ongesnyde sleutel gesny, totdat beide identies was en dus dieselfde werk kon doen.

Net so sny die Heilige

Gees die beeld van die gekruisigde Jesus in ‘n Christen sodat hy aan sy Meester gelyk kan word (,,saam met Christus gekruisig”). So word die Christen ook ‘n magtige ,,sleutel” in die Hand van God. Fillipense 3:10 sê: ,,Sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding (die gevolg) en die gemeenskap van sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word.”

Gebiedend het die opdrag

in Kollisense 3:5 na my toe

gekom: ,,Maak dood dan julle lede(van die ‘oue mens’) wat op aarde is …” Die wyse waarop ‘n mens dit kan doen het nou vir my heeltemal oopgegaan. Dit moet aanvaar word in die geloof, net soos saligheid, goddelike genesing of enige ander Bybelse belofte! Romeine 6:6 het nou ook ‘n nuwe betekenis gekry: ,,Aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde (die vleeslike natuur) tot niet gemaak sou word (deur die Heilige Gees as ‘n ,doodstraal’) en ons nie meer die sonde sou dien nie.”

Die woord ,weet’ het vir my

lewendig geword. Kennis is anderkant geloof. Kennis is gelyk aan mag. Ek het gevoel soos ‘n persoon wie se vinger reeds op die knoppie van ‘n kragtige masjien is en wag net vir die oomblik om dit te druk en sodoende die toestel aan die werk te sit.

(Vervolg Mei )

(Vervolg vanaf bl. 8)

AL BRUIS DIE JORDAAN(Deur: Tant Sannie de Ferriers)

“It’s not about how much YOU have of the Holy Spirit but how much the Holy Spirit has of YOU”

Steve Corkill

Page 16: Aptytwekker mrtapr 2014

16

VARS ORGANIESE HOENDERS

Plaashoenders (Free Range)

wat organies gevoed word.

Geen hormone en antibiotika.

Plaas u bestelling en dit word tuis

af gelewer.

Kontak Cecilia Hoon

073 4388 949

[email protected]

God is bo jou om jou te beskerm teen hitte van die son vir die stryd elke dag, ook die singende strale van verleiding en versoeking.

God is agter jou om jou te bewaar teen agteruitgang en jou te versterk om in sy krag steeds voorwaarts te beur.

God is onder jou om jou omhoog te hou en te ondersteun wanneer die stryd jou neerdruk en jy gevaar loop om onder te gaan.

God is voor jou om jou te lei op die paaie van geregtigheid.

God is rondom jou om jou te omsluit met Sy liefde en om jou te beskerm teen sigbare en onsigbare gevare.

God is binne jou om vir jou die weg, die waarheid en die lewe te wees, om te voorsien in jou behoeftes na die rykdom en heerlikheid van Sy genade.

God is vir jou Algenoegsame God in Christus vir jou Immanuel. God by ons.

(Anoniem)

Page 17: Aptytwekker mrtapr 2014

17

MET ‘N DOELMET ‘N DOELMET ‘N DOELMET ‘N DOEL Onthou, elke fout wat u in hierdie uitgawe

mag vind, is daar geplaas met ‘n doel.

Daar is diegene wat altyd soek vir ‘n ou foutjie. Ons wil graag almal bedien

en hulle nie teleurstel nie!!!

oOo

As godsdiens jou moeilik maak om mee saam te leef,dan mis jy

die punt. As jy dink jou vroomheid gee aan jou ’n

lisensie om ongenooid in ander mense se lewens in te storm en

vir hulle te sê net wat jy wil, is jy verkeerd.

Jou godsdienstigheid laat jou definitief nie alleen op die

morele hoëgrond rondstaan terwyl jy afkyk op almal wat nie presies soos jy leef of glo nie.

Jou vroomheid plaas jou ook nie in geestelike kwarantyn sodat jy nie meer behoorlik

weet wat in die wêreld aangaan nie. As dit met jou gebeur, is dit

hoogtyd dat jy uit die

godsdienstige intensiewe eenheid ontsnap.

As jou woorde nie sagter is en jou dade meer liefdevol omdat jy agter Jesus as Heer aanstap nie, dan is jou volgafstand te groot. Loop naby genoeg aan

die Man van Nasaret dat sy stof gedurig op jou eie voete spat.

Loop naby genoeg aan die Here sodat sy liefde vir God en mense afgee op jou. Dan

verander jy al hoe meer in die regte Rigting. Dan volg jy Jesus tot daar tussen al sy gunsteling

mense wat vandag hemelse brood en water benodig.

(Anoniem)

Page 18: Aptytwekker mrtapr 2014

18

The day my eyes opened I realized the sun shines everyday. The beauty of the sunrise in the morning filled my heart with joy.

The magnificent sunset moments in the evening, lifted my spirit.

The fresh breath of falling waters, made me smile inwardly.

Birds humming sweetly took my heart afar to Sweetland and

I rejoiced.

I looked, then I saw, the beauty I never realized as each day

passed. Moments with the nature bonded

me with the Creator . I comprehended the one who

created for He is greater than I. I laughed joyfully as I walked on

the grass and mingled with the nature.

Fresh drops of water touched my feet, the feeling made me

cry of joy. How could I have not seen and known all this beauty before?

Days became sweet to me, nothing else mattered so much

except You. The times we shared together in

our secret place built me. I took heed of Your Word and kept your statutes in my heart so I may

not depart from You. I keep the Word from you so I may do things your way and

be successful. When I opened up to You, You

gave me the reason to live. Life with you is good, so good,

I just have to share it with others around.

Waking up and listening to sweet hymns from the birds makes

my day. Waking up and smelling the fresh

breath of the day, makes me spread my arms and fly.

Waking up and knowing that You have granted me yet another day,

blesses my soul. Take my hand and let me not

depart from You oh Lord. When I gave my heart to You, all things opened up for me.

That’s the day I fell in love with You

(Hope Tshuma )

Page 19: Aptytwekker mrtapr 2014

19

Ons Here Jesus gee hierdie één toets waaraan die wêreld sal weet dat ons ware kinders van God is. Joh. 13:35 – “Hieraan sal almal weet dat julle My dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.”

Ons het reeds vir mekaar gesê dat blote tongliefde en voorportaal-liefde nie die liefde is waarvan Jesus praat nie. Die liefde wat God onder ons soek is daadliefde – die versorging van mekaar en voorsiening in mekaar se behoeftes. Daar is nog ‘n aspek wat ek graag wil aanraak:

Die Mekaar-verdra-liefde Nie net in die huwelik moet ons verdra, maar ook in ‘n gemeente. Jy kry jou waarlik mense (meestal mense met perfeksionistiese neigings) wat meen ander moet volmaak wees en by die eerste foutjie wat iemand per ongeluk maak, is dit vir hulle onaanvaarbaar. Dan wil hulle hul tassies pak en gaan hulle maar na ‘n volgende gemeente … om daar presies dieselfde oor te kom. En so bly hulle swerwers vir die res van hulle lewe of totdat hulle moeg word vir die “speletjie” om dan maar by die huis te gaan sit en by geen gemeente betrokke te wees en al wat gemeente en predikant te kritiseer. Hulle vergeet dat hulleself is ook nie volmaak nie en dat net Een is volmaak nl. ons Here Jesus. Ons kan slegs strewe na volmaaktheid.

Wat lê ten grondslag van hierdie mense se probleem? Hulle het te min liefde om te kan verdra. 1 Kor. 13:7 sê dat die

liefde “verdra alles.”

1 Kor. 4:12 - “Word ons uitgeskel, ons seën; word ons vervolg, ons verdra dit.” Kyk net in genoemde versie watter ergerlike dinge moes Paulus teen hom verdra!

1 Kor. 9:12 – “... ons verdra alles om geen hindernis vir die evangelie van Christus te veroorsaak nie.”

Efe. 4:2 – “terwyl julle mekaar in liefde verdra.”

Selfs al was Jesus volmaak het Hy ook verdra om Sy Vader te behaag. Heb. 12:3 – “Want julle moet ag gee op Hom wat so ‘n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie.” Mag ons soos ons Here Jesus mekaar verdra tot die einde toe. Ek vra: “Ons wat so maklik drukkies en soentjies in die voorportaal van die kerk uitdeel en mooi woordjies vir mekaar sê. Ja, dis mooi en dis reg. Maar hoe lyk ons liefde wanneer daar misverstand kom, ‘n ongelukkigheid is oor iets, iemand ‘n fout gemaak het? Pak ons dan ons tassies, of is ons gesindheid: “Ek staan by my geestelike familie ongeag, desteenstaande, maak nie saak wat!”

GEBED Here, wek ons harte op tot ongeveinsde

broederliefde, sodat ons mekaar kan verdra onder die moeilikste

omstandighede. Amen.

@@@

(Past. Piet Smit)

Page 20: Aptytwekker mrtapr 2014

20

BP Atlantic

Verskaffers van GAS en OLIE

asook groothandel DIESEL

Malmesbury Depot Schoonspruitweg 3

P.O. Box 1120 Malmesbury, 7299

Tel: +27 22 482 1967 Fax: +27 22 482 1702

www.bpatlantic.co.za

Vat/BTW reg no: 4770192344 Reg no: 200/026135/07

MMR FINANSIËLE DIENSTE

Adriaan Slabber RFPTM Onafhanklike Finansiële Adviseur

E-Pos: [email protected] Sel:082 801 1906

Tel: 022 482 1661 Fax: 022 482 2586

Webwerf: www.makelaars.co.za

Drie Gewels Sentrum, Markstraat Malmesbury 7300 Vir betroubare, onafhanklike, Goedgekeurde Finansiële Advies sedert 1992, in Boedel; Aftree; Beleggingsbeplanning, Kortermyn en Mediesefondse

Goedgekeurde Gemagtigde Finansiële Diensteverskaffer FSB Lisensieno. 12017

Bo: Die “link” na ons facebook blad.

EPOS INVALGEDAGTE BEDIENING

Het jy toegang tot epos fasiliteit? Jy kan elke weeksdag ‘n kort

geïnspireerde boodskap ontvang vanuit die Woord.

Vra vir jou gratis inval gedagte by:

corpuschristi@cybersmart. co.za

ACVV Naskoolsentrum

(Albaniestraat, naby Laerskool)

Aansoeke vir 2014 word nou aanvaar

vir Graad R - Graad 7.

Ons bied aan:

Huiswerktoesig en ‘n veilige omgewing

tot 17:30 op weeksdae.

Vakansie toesig ingesluit.

Navrae 022-482 3096