aptytwekker julie augustus 2014

20
A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd, Malmesbury, 7300 [email protected] Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200 www.agscorpuschristimalmesbury.co.za Julie /Augustus 2014 ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker ppetiser ppetiser ppetiser ppetiser NUUS VAN HERDERSPAAR NIKS BEHALWE MANNA NIE JOU TAAL WYS JOU HART FORGIVENESS AL BRUIS DIE JORDAAN AS JOU HOOP VERDWYN FOTO NUUS ONS STEL BEKEND SLAANKRAG IN LOFPRYSINGE KWALITEIT LEWE Foto: Piet Smit Herfs in Wellington!

Upload: janette-smit

Post on 31-Mar-2016

254 views

Category:

Documents


15 download

DESCRIPTION

Maandlikse Nuusblad Geestlike Pitkos

TRANSCRIPT

Page 1: Aptytwekker julie augustus 2014

A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd,

Malmesbury, 7300 [email protected]

Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200

www.agscorpuschristimalmesbury.co.za

Julie /Augustus

2014

ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker

ppetiserppetiserppetiserppetiser

♦ NUUS VAN HERDERSPAAR

♦ NIKS BEHALWE MANNA NIE

♦ JOU TAAL WYS JOU HART

♦ FORGIVENESS

♦ AL BRUIS DIE JORDAAN

♦ AS JOU HOOP VERDWYN

♦ FOTO NUUS

♦ ONS STEL BEKEND

♦ SLAANKRAG IN LOFPRYSINGE

♦ KWALITEIT LEWE

Foto: Piet Smit

Herfs in Wellington!

Page 2: Aptytwekker julie augustus 2014

2

Kan daar iets wonderliker op hierdie aarde wees as die gevoel om iemand na die Here te lei? Veral as mens die persoon ken en daar al vir jare vir hom of haar gebid is. En dan op ‘n dag kom die deurbraak!

Kyk net na hierdie mooi woorde in Joh. 1:43 – “En hy het hom na Jesus gelei.” Dit vertel die verhaal van Andreas wat sy broer Petrus van Jesus vertel het en hom aan Jesus gaan voorstel het.

Andreas was oorspronklik een van Johannes die Doper se volgelinge. Maar toe laasgenoemde hulle aan Jesus voorgestel het en hulle ‘n hele dag by Jesus aan huis deurgebring het, was daar geen keer aan Andreas om Jesus self te volg nie. So wonderlik was dit om Jesus te ken en in sy teenwoordigheid te wandel dat hy net eenvoudig nie hierdie goeie ding wat met Hom gebeur het, vir homself kon hou nie. Hy móés net vir iemand van Jesus vertel! Dus, so gou as moontlik, sy eie broer, Petrus.

Kyk weer na hierdie mooi woorde: “En hy het hom na

Jesus gelei.” Nét dit …

Dis ál wat ons moet doen. Ons moet net mense na Jesus toe lei. Nie jare se klasse bywoon en onderwerp aan die ingewikkeldste leringe nie. Nét na Jesus toe lei. Ons moet mense net aan Jesus voorstel. O, die eenvoud van die evangelie!

Is dit nou so moeilik? Nee! Maar daar is tog ‘n “trick.” Daar is tog iets wat verskriklik noodsaaklik is en waarsonder dit nie sal werk nie. Wat? Andreas het vir Jesus geken! Kyk na Joh. 1:40 – “Hy (Jesus) sê vir hulle (Andreas en nog ‘n persoon): Kom kyk. Hulle het gegaan en gesien waar Hy tuis was en dié dag by Hom gebly.”

‘n Hele dag saam met Jesus aan huis sê alles! Hulle het Hom, dit is Jesus, leer ken.

Jy moet eers self die Here Jesus leer ken en dan kan jy ander aan Hom voorstel!

Gaan vertel dat Jesus red!

Past. Piet Susan Smit

Page 3: Aptytwekker julie augustus 2014

3

"Die mense van ander afkoms wat saam met die Israeliete getrek het, het 'n onweerstaanbare lus vir vleis gekry, en toe het die Israeliete self ook begin kla en gesê: "As ons tog net vleis gehad het om te eet! Ons onthou nog die vis wat ons in Egipte verniet kon eet, ook die komkommers, waatlemoene, prei, uie en knoffel. Maar nou wurg ons. Daar is niks behalwe hierdie manna voor ons nie!"" "Moses sê toe vir die Here: "Waarom behandel U my so sleg, waarom is U my nie goedgesind nie, dat U die verantwoordelikheid vir hierdie hele volk op my gelaai het?"" "Vir die volk moet jy (dit is Moses) sê: Reinig julle vir môreoggend, dan sal julle vleis eet. Die Here het gehoor hoe julle kla en sê: 'As ons tog net vleis gehad het om te eet; in Egipte was dit vir ons goed!' Die Here sal vir julle vleis gee, en julle sal eet! Julle sal nie net een dag of twee of vyf of tien of twintig dae eet nie, maar 'n hele maand lank, totdat julle daarvan naar word en daarvan walg, omdat julle die Here wat by julle is, getart het, en Hom verwyt het met die woorde: Waarom is ons tog uit Egipte

weg?" - Numeri 11:4-6; 11; 18-20

Persoonlik sou ek baie geloofsarmer gewees het as ek nie dié gedeelte gelees het nie. Daarom wil ek dit graag met jou ook deel. Dit is oorspronklik in Engels geskryf en ons het dit in

Afrikaans vertaal. Die volledige verwysing na die betrokke gedeelte is aan die einde van die Midweek beskikbaar. Net soos wat elke stadium van liggaamlike ontwikkeling spesifieke gevare en probleme meebring, hou die

verskillende stadiums van geestelike groei ook sekere gevare en hindernisse in. Die jong Christen is dalk ywerig om die Here te dien, maar het nie genoeg geestelike kennis nie. Die ouer gelowige beskik dalk oor baie kennis, maar sy geesdrif het verflou.

Ek voel al vir 'n geruime tyd dat een van die spesifieke gevare vir die Christen wat besig is om geestelik volwasse te word, is die versoeking om sy seëninge as vanselfsprekend te aanvaar.

(Vervolg )

(Ingestuur deur Sonnet van Meyeren)

Page 4: Aptytwekker julie augustus 2014

4

As jy God werklik wil ken en ‘n lewe van

oorgawe wil leef, bid dan die volgende

gebed met jou hele hart:

“Hemelse Vader, ek kom na U in die

Naam vanvan die Here Jesus!

U Woord sê: “Elkeen wat die Naam

van die Here aanroep, sal gered word

(Rom 10:31). Ek roep U aan! Vergewe

my die sonde wat tussen my en U staan.

Ek het berou daaroor, want dit het U

Heilige Naam onteer. Was dit weg met

U bloed, Here Jesus.

Here Jesus, ek nooi U as die Here van

my lewe, kom in my lewe om die beheer

van my lewe oor te neem en my te

wederbaar tot ‘n nuwe skepsel.

U Woord sê: As julle wat sleg is, weet

om goeie gawes aan julle kinders te

gee, hoeveel te meer sal julle

Hemelse Vader julle die Heilige Gees

gee aan die wat Hom bid:” (Luk.

11:13).

Ek vra U ook om my nou te vervul met U

Heilige Gees en dat dit sal word soos

strome van lewende water wat uit my

binneste kom (Joh. 7:38) terwyl ek U

prys! Ek verwag om in tale te spreek

soos die Gees aan my gee om uit te

spreek

(Hand. 2:4)”

Begin om God te prys. Spreek die

woorde en klanke wat die Heilige Gees

aan jou gee - nie jou eie taal nie. Jy

moet jou eie stem gebruik. God sal jou

nooit forseer om te praat nie. Aanbid

God elke dag in tale. Jy sal nooit weer

dieselfde wees nie!

Skakel in by ‘n Geesvervulde-Woord-

gemeente - nie ‘n kerk wat uit skeuring

ontstaan het nie. Laat jou doop in water

(Mark 16:16, Hand. 2:38) en word deel

van God se familie!

Ons sal graag vir u

behulpsaam wil wees!

Skakel gerus vir past. Piet Smit

022-487 2200

Oorgawe gebed

SIMPATIESIMPATIESIMPATIESIMPATIE met al die families met

die afsterwe van hul geliefdes:

♦ Seun van Susan Archer

♦ Pa van Ernestine Yallapa & Dot Fredericks

♦ Sanet Templar se man, Dave

♦ Edna Balie

♦ Tallie van Dyk

Page 5: Aptytwekker julie augustus 2014

5

Die gemiddelde persoon op straat (en op die internet) se taal is deurtrek met negatiewe terminologie. Onlangs lees ek juis van ’n navorser wat gaan kyk het na 558 prominente terme vir emosies in Engels. Hy bevind dat 62% van hierdie terme negatief is, met slegs 38% positief. Ons praat negatief omdat ons negatief dink. Nog ’n studie wat ek raakgeloop het bevind dat mense langer tyd spandeer aan negatiewe dinge as aan positiewe gebeure. Toe ’n groep mense fotos van sowel goeie as slegte gebeure gewys is, het hulle veel meer tyd spandeer aan die negatiewes. Ekself merk gereeld op dat wanneer mense koerantartikels op die internet lees dat die negatiewe artikels die meeste afgelaai word. Slegte nuus en slegte stories is meer klewerig as goeie verhale.

Hoe roei ons negatiwiteit uit? Wel, ons vat Paulus se woorde in

Filippense 4:8 ernstig op en ons doen dit. Hy skryf hier dat ons alles wat waar, eerbaar, reg, suiwer, mooi en lofwaardig is moet bedink. Die rede? Dan sal die regte woorde kort op die

hakke van ons gedagtes begin volg. Reg dink lei tot reg kyk en tot reg praat. Om die regte gedagtes in God se teenwoordigheid aan te leer, lei tot ’n nuwe woordeskat wat oorloop van blydskap, lof en vreugde. Dan eers word ons magneties vir die Here. Niemand wil te veel

tyd in die geselskap van swartgalliges en negatiewe mense deurbring nie. Taal propvol lof en hoop eer God en bou ander mense op.

Onthou: die taal wat jy praat, verklap alles oor die roetes van jou hart! Dink en praat Filippense 4:8 agterna en nuwe lewe begin gebeur in jou eie omgewing!

oOo

Jou Taal Wys Jou HartJou Taal Wys Jou HartJou Taal Wys Jou HartJou Taal Wys Jou HartJou Taal Wys Jou HartJou Taal Wys Jou HartJou Taal Wys Jou HartJou Taal Wys Jou HartJou Taal Wys Jou HartJou Taal Wys Jou HartJou Taal Wys Jou HartJou Taal Wys Jou Hart

(Stefan Joubert)(Stefan Joubert)(Stefan Joubert)

Page 6: Aptytwekker julie augustus 2014

6

EEEE lke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel.

Hoekom?

Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse.

Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop.Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd. Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees? Laat hoor van jou en ons sal jou help.

Past. Piet Smit

WIL JY GEDOOP WORD?

VORIGE KEER SE ANTWOORD

Aan Barnabas is gesê: ”As jy wat ‘n Jood is, soos ‘n heiden leef ...” (Gal. 2:14) Die volgende persone het die antwoord verskaf: Dorothy de Klerk, Paul Cloete, Franci Hugo. Baie mooi!

HIERDIE KEER SE VRAAG

Gee die name van twee van Dawid se susters. Sms jou antwoord met jou naam na: 073 447 2902.

SOEK DIE ANTWOORDSOEK DIE ANTWOORDSOEK DIE ANTWOORDSOEK DIE ANTWOORD

Page 7: Aptytwekker julie augustus 2014

7

Forgive

I’m sure everyone been wronged at one time or another. Because of this, we all have a decision to make. We can either let that wrong affect us the rest of our lives and cause us to sit down and wallow in pity. Or we can get up, wipe ourselves off, forgive and keep going.

“Be gentle and ready to

forgive; never hold grudges. Remember,

the Lord forgave you, so you must forgive others” (Colossians

3:13, TLB).

That’s the choice we have to make, and it is never too late to make the right choice!

You cannot expect any change or real growth in your life until you forgive and let go. Give it all to God. Do not pick up that load of anger, resentment, hurt, shame,

guilt or whatever it may be that you have been struggling with.

It’s not easy to forgive when you have been treated badly or abused in some way, but it is necessary. We have no choice if we want our Heavenly Father to forgive us of our wrongdoings.

You do not have to suffer the rest of your life for past mistakes or for other’s past mistakes. Your past does not have to be your future. God is a restorer and He will restore

all that you have lost if you will seek Him and believe His Word.

Confession: I choose to forgive. I choose to let go of that person or that situation completely. I forgive by faith and by an act of my will and refuse to be influenced by my feelings. I am free.

oOo

(Jerry Savelle)

Page 8: Aptytwekker julie augustus 2014

8

(Vervolg vanaf Junie)

Dit het my getref dat Jesus nie van die kruis af opgestaan het nie, maar wel uit die graf. Om Sy opstandingslewe ten volle deelagtig te word nadat ek met Hom gekruisig was, moes ek ook met Hom in die doop begrawe word. Dit was die 19de September 1943. Wat ‘n heuglike dag!

Vroeër in hierdie getuienis het ek vertel van ‘n sagte stroom wat vir omtrent drie dae deur my gevloei het toe ek in Januarie 1939 Johannes 6:54 gelees het. Daar het ek ‘n heerlike openbaring van die lewe in die bloed van Christus ontvang. Die oomblik toe ek uit die doopwater opgeklim het, het ek weer presies dieselfde ondervinding gewaar as by die wedergeboorte. Weereens het ‘n stroom soos sagte elektrisiteit vir omtrent drie dae en nagte aanhoudend deur my gevloei! Toe word dit vir my duidelik dat 1 Joh. 5:6,8 nie alleen op Christus as hoëpriester en offerlam van toepassing was nie, maar ook op my: ,,en daar is drie wat getuig op die aarde die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig.” Die eerste keer het die Heilige Gees met die bloed getuig. Dit was sy krag wat deur my gevloei het. Meer as drie en ‘n half jaar later het die Heilige Gees

op dieselfde wyse met die water getuig. Hoe het dit nie die noodsaaklikheid van die waterdoop na ware bekering vir my bevestig nie! Ek kan nooit vertel van al die seëninge wat daarna my deel geword het nie. Dit was asof my gehoorsaamheid aan die Woord van God die hemel bokant my ontsluit het. Dikwels bid ons te veel met ons lippe, en te min deur gehoorsaamheid en onderwerping aan sy Woord. Ek het waarlik ondervind dat vanaf daardie dag die Here my baie dinge geskenk het wat ek vir jare in die gebed gevra en nooit ontvang het nie, ook ‘n volmaakte huwelik!

‘n Paar maande later het die Here Jesus Christus, die Doper in die Heilige Gees,

Aan die einde van my besondere persoonlike inplanting in die kruisiging van my Meester in 1942, het ek die vreugde en vrede van die Here ondervind soos nog nooit tevore nie. (Vervolg September )

AL BRUIS DIE JORDAAN(Deur: Tant Sannie de Ferriers)

... my in die Heilige Gees en

vuur gedoop.

Page 9: Aptytwekker julie augustus 2014

9

'n Skatryk man kom by die huis en vind dat sy vrou se tasse gepak is. Aanvanklik dink hy dat sy hom wil verlaat en dat sy van hom wil skei. Maar toe hoor hy:

"Ek is baie siek en gaan hospitaal toe. Ek het bloedkanker en het dit vir jou weggesteek."

Die man was verpletter. Hy het by die hospitaal gekom, skryf hy 'n blanko tjek uit waarin die spesialis enige bedrag kon invul. Hy pleit bewoë: "Skryf enige bedrag daarin! Doen enigiets solank jy net my vrou kan gesond kry! Ek sal betaal!"

Die spesialis antwoord: "Ek kan niks vir haar meer doen nie." Binne 7 dae is sy vrou oorlede. Die man was gebroke. Hy't niks meer gehad om voor te leef nie. Hy het sy goed begin uitdeel, want dit het niks meer vir hom beteken nie. Sy lewe het geword soos 'n hawelose seilboot op die oseaan; sonder anker, sonder roer en sonder 'n seil.

WAT SÊ HIERDIE WARE

GEVAL VIR ONS?

DAAR IS GOED WAT NIE MET GELD GEKOOP KAN WORD NIE.

Nie ál die geld van daardie skatryk man kon sy vrou se gesondheid terug koop nie. Hoe dikwels mors ons sulke mooi en kosbare dinge op. Ons laat glip dit deur ons

vingers om dit nooit ooit terug te kry nie. Toe ons dit moes waardeer, opgepas en gekoester het, het ons nie die waarde daarvan besef nie: Huwelike, verhoudinge, vriendskap, gesondheid, 'n goeie naam ...

AS JY HOOP VERLOOR, HET JY ALLES VERLOOR

Kyk net wat se patetiese man het hierdie vernuftige sakeman geword; die oomblik toe hy sonder hoop is. Hy wat eens 'n sakeman onderneming suksesvol kon bestuur, het 'n tragiese bejammerenswaardige figuur geword.

ALLES OP AARDE IS

SLEGS TYDELIK Jesus het dit mos vir ons al lankal gesê (Mat 6:19): "Moenie vir julle

skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;"

Dus, moenie jou hoop stel op aardse en tydelike dinge nie. Dis alles bestem om tot niks te kom. Ons gaan op die ou end alles verloor. Ek en jy gaan tot selfs hierdie aardse lewe verloor!

Stel jou lewe op die dinge daarbo. Daar waar Jesus is (Kol. 3:1-3). Hy's ons hoop en ons verwagting. Wie Hom ken, sal verewig lewe (Joh. 11:25)!

oOo

(Past. Piet Smit)

Page 10: Aptytwekker julie augustus 2014

10

FOTO-NUUS

Moedersdag diens

11 Mei 2014

Dr. Lemmer du Plessis

27 tot 29 Maart 2014

Nuwe

Jeugkomitee

word

voorgestel

Dr.

Lemmer

du Plessis

het ons

weereens

kom seën

met die

Woord.

Bo: Elke kind het ‘n

ruikertjie vir hul Moeder

gaan aansteek.

Onder: Elkeen wat nie meer

‘n moeder gehad het nie, kon

‘n kersie vir haar kom

aansteek.

Links: Hier word vir

die nuwe

koster,

Elsabé v/d

Westhuizen en

haar man,

Henk gebid.

Welkom!

Nuwe Koster - 11 Mei 2014

Emiriti - 4 Mei 2014

Soos altyd het die Emiriti ons

bekoor met hul sangtalent.

Past. Tommie Ferreira

het die Woord bedien.

Opgradering van klank - 1 Mei 2014

Regs: Hier is past.

Pietie Strydom

en sy span

besig om die

vloer oop te

sny om die

nuwe “snake’

te lê. Wat ‘n

groot werk!

Regs: Roxaan Harker, Catherine &

Esra Pinto en Ryan Timotheus.

Page 11: Aptytwekker julie augustus 2014

11

Gesinsdiens - Sondagaand 18 Mei 2014

Almal moes “sportklere” aantrek.

Links bo is Florina Erasmus en links onder

is Wilma Ravens. Onder is groep foto.

Doopdienste - 11 Mei / 8 Junie 2014

Katriena Adams

Johanna Losper

Die Kinderkerk

het heerlike wors-

brooidjies voor die

diens verkoop.

Past. Dawid

Combrink

bedien ons

gedurende

Pinkster

2014.

P

i

k

s

t

e

r

D

i

e

n

s

t

e

Maretha Walters Vicky v/d Walt

Karlien Matthee

Page 12: Aptytwekker julie augustus 2014

12

MET ‘N DOELMET ‘N DOELMET ‘N DOELMET ‘N DOEL

Onthou, elke fout wat u in hierdie uitgawe mag vind,

is daar geplaas met ‘n doel. Daar is diegene wat altyd

soek vir ‘n ou foutjie. Ons wil graag almal bedien en hulle nie teleurstel nie!!!

oOo

VARS ORGANIESE HOENDERS

Plaashoenders (Free Range)

wat organies gevoed word.

Geen hormone en antibiotika.

Plaas u bestelling en dit word tuis

af gelewer.

Kontak Cecilia Hoon

073 4388 949

[email protected]

Belgiese Jongdames

besoek gemeente

Twee Belgiese

dames het ons

gemeente saam

die Ghysens ook

van België

besoek.

Bo van links na regs: Roxanne Harker, Catherine

Pinto, Katrina Mouton,

Nellie Menroor, Elsabé v/d

Westhuizen, Paul Cloete.

Bo in middle: Magrieta van Rooyen en

Joyce Jasson.

Toewyding

18/05/2014

Bo: Jaco & Annaline

Van Zyl se kinders is

toegewy aan die

Here.

Altaarwerkers 18/05/2014

⇒ Venter & Susan Archer

verhuis na Namibie.

⇒ Morne & Yolandi Uys

het ‘n baba ryker geword.

2/6/2014.

⇒ René Morris verhuis na

die Kaap.

Voorstelling

18/05/2014

Vanaf links: Christelle

Mouton, Johanna Losper en

Danie & Petro Muller

Page 13: Aptytwekker julie augustus 2014

13

♦ WAAR IS BROER GEBORE? Vredenburg ♦ WATTER SOORT WERK DOEN BROER? Onderwyser ♦ BEOEFEN BROER ’N SPORT? Nee ♦ WAT WAARDEER JY DIE MEESTE IN DIE GEMEENTE? Saamstaan, gasvryheid, vriendelikheid & liefde van die gemeente.

♦ WIE IS JOU ROLMODEL INDIEN ENIGE? Pastoor Piet Smit ♦ WIE IS BROER SE GUNSTELING GOSPEL SANGER Juanita du Plessis ♦ WAT IS JOU GROOTSTE GETUIENIS? Ek was geskiet en het dit oorleef.

♦ WAT IS JOU GUNSTELING GEREG? Kerriekos ♦ HOE ONTSPAN BROER? Kyk tv ♦ WAT SOU JY GRAAG WOU DOEN INDIEN MOONTLIK? Valskerm Spring ♦ WAARVOOR IS JY BAIE DANKBAAR? Vir my vrou & kind.

♦ WAT BEGEER BROER NOG VAN DIE HERE? ‘n Huis

♦ WAT FRUSTREER VIR BROER DIE MEESTE? Stad se verkeer.

♦ WAT IS VIR JOU DIE MOOISTE MENSLIKE EIENSKAP? Liefde & Eerlikheid

oOo

ONS STEL BEKENDONS STEL BEKENDONS STEL BEKENDONS STEL BEKEND

Hierdie maand gesels ons met

Johann Huysamen

Page 14: Aptytwekker julie augustus 2014

14

Een van die areas waar Jesus deur Sy Heilige Gees besig is om Sy Bruid te herstel, is juis op die gebied van lofprysinge en aanbidding. Daarom gaan ons saam stap vir stap ‘n studie maak oor lofprysinge en aanbidding SOOS DIT OORSPRONKLIK WAS EN SOOS DIE HERE VERLANG DAT SY BRUID HOM MOET LOOF EN PRYS IN HIERDIE EINDTYE.

My innige gebed is dat jy aan die einde van hierdie boekie nie net lofprysinge en aanbidding beter sal verstaan nie, maar dat jy met vreugde en blydskap jou God sal bedien met lofprysinge en aanbidding in Gees en Waarheid! Dis belangrik om heel eerste te besef dat die Heilige Gees hiervoor nodig is.

Kom ons lees Jes. 61:1 & 3: Die Gees van die Here Here is

op My omdat die Here my gesalf het... Om vir die treurendes in Sion te beskik, dat aan hulle gegee word sieraad vir as,

vreugde-olie vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n

verslae gees.

Dis dus so dat die salwing van die Heilige Gees nodig is om die Here waarlik te prys en ‘n verslae hart te verander in ‘n jubelende hart.

Paulus sê in Ef. 5:18 & 19: Spreek onder mekaar met

psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle harte tot eer

van die Here.

Voor Sy kruisiging, opstanding en verheerliking sê Jesus in Joh. 7:37 tot 39 dat die Heilige Gees nog nie gekom het nie, omdat Hy nog nie verheerlik was nie. Maar op Pinksterdag is die belofte van die uitstorting van die Heilige Gees vervul. Die mense wat tot dan nie die Here geloof het nie, het ‘n nuwe vreugde in hulle harte ontdek. Die stroom van lofprysing het begin vloei. Hulle het God begin prys in ander tale en te spreek oor die groot dade van God. (Hand. 2:11)

Ons wat vandag lewe as God se wedergebore kinders, is ook in die bedeling van die Heilige Gees, daarom behoort lofprysinge ook uit ons te vloei!

(Vervolg )

Moenie dronk word van wyn nie - daarin is losbandigheid,

maar word met die Gees vervul.

(Dr. James Van Zijl)

Page 15: Aptytwekker julie augustus 2014

15

Jannie staan hartseer eenkant agter die groot ou boom op die skoolgronde. Hoe kan die lewe so wreed wees. Eers gaan sy pappa weg en los hom en mamma alleen. Later moes hulle uit hulle huis met die mooi tuin en groot swaai trek en bly nou in ’n klein woonstelletjie tussen baie ander mense.

Mamma moet nou elke dag werk om vir hom te sorg en hy moet by die kwaai ou tannie in die woonstel langsaan bly tot sy terugkom. Hy hou niks van die tannie nie. Sy sit en rook een sigaret na die ander en ek mag niks doen nie. Heeldag net in ’n hoekie sit want mamma kan nie bekostig om my in ’n nasorg te sit nie.. Dit alles omdat pappa nie meer omgee nie. Hy en ’n ander tannie het meer as ’n jaar gelede al vêr weggetrek. Hy het nog nie eens ’n briefie geskryf of gebel met sy verjaarsdag nie.

En nou, nou moet hy die spottery van die kinders in sy klas ook nog verdra omdat hulle ’n bietjie arm is en sy pa hom weggegooi het. Net gister weer het Pietie hom weer gepootjie toe hy verby hom gestap het. My knie het baie gebloei. Ek het maar vir mamma

gesê dat ek geval het. Ek wil nie nog vir haar hiervan

ook sê nie. Sy dink ek hoor nie hoe sy snags lê en huil nie.

Jannie sukkel om die trane te keer. Die lewe is so wreed. Mamma sê ek moet vir Liewe Jesus vra om die seer weg te vat, want Hy is baie lief vir kindertjies. Maar as liewe Jesus dan so lief is vir kindertjies hoekom laat Hy al hierdie goed met my gebeur. Hy

skop skop na ’n klippie wat voor hom lê. “En as jy hier alleen staan, ou groot man” vra ’n sagte stem hier reg langs hom. Jannie ruk soos hy skrik. Hy het nie die oom gehoor of gesien kom nie. Waar sou die oom vandaan kom? Ek het hom nog nooit voorheen hier gesien nie. En sy stem is so

sag en so vriendelik. Niemand het al ooit so mooi met hom gepraat nie. “Jannie, jy mag maar vir my vertel wat dit is wat jou hartseer maak. Ek luister graag. Veral na kindertjies se hartseer.” Jannie skrik nog groter. Hoe ken die oom my naam. Ek het hom nie gesê nie.

(Vervolg)

Laat julle liggie skyn.

(Ann-Beth)

Page 16: Aptytwekker julie augustus 2014

16

Ek is seker hope van ons hoor

daagliks ’n stemmetjie hier bo in ons boonste verdieping. Nee, dit is nie ’n stemmetjie wat vir jou vertel jy het ’n skroef êrens los of jy het nie al jou varkies op hok nie. Hierdie stemmetjie is ’n heel ander Stemmetjie. ’n Stemmetjie wat jou oortuig dat jou hart verstand en siel nie met jou denke en jou aksies saamstem nie. Ja, hierdie stemmetjie het ’n naam. Dit word geïdentifiseer as jou gewete.

Wat is jou gewete en wat is sy funksie. Ek hou daarvan om dit te sien as die Heilige Gees wat binne jou praat. Daardie stemmetjie wat jou waarsku: “Hokaai stop die lorrie!” Die een wat jou aankla met : “Was dit nou regtig nodig of hoe kon jy?” Of dit kan ook jou lewenstyl wees. Die een waaraan jy jouself meet. Wat jou laat besluit waarvolgens jy jou daaglikse lewe lei en wat jy daarin toelaat.

Ek het al baie gewonder oor mense sonder ’n gewete. Altans soos dit vir my wou voorkom. Mense wat sonder om te blik of te bloos ’n ander se brood en botter van hom wegneem. Hoe leef daardie mens met homself wanneer hy vanaand in sy warm

bed klim of voor sy bord stomende kos sit. Hoe leef iemand met homself self saam wanneer hy ’n ander se goed vat of nog erger, iemand se lewe neem. Mense wat kennis gedra het

van ’n ander se uiterste beproewings en nie ’n steen geroer het om hulle te help nie. Veral as dit in sy mag was om dit te doen. Sjoe, mense, waar was die stemmetjie wat hierdie mense moes waarsku wat reg en verkeerd is. Is dit mense wat hul standaarde te hoog of te laag het. Mense wat dink niks en niemand gaan in my pad staan nie. Ek gaan maar net bo-oor hulle loop of uit die weg uit ruim. Is so ’n mens net hard of is hulle God loos? (Vervolg )

(Elsabe v/d Westhuizen)

Page 17: Aptytwekker julie augustus 2014

17

(Anoniem)

Nou die dag lees ek ’n gebed raak wat verbind word met die skryfster van kinderboeke, Margot Benary-Isbert (1889-1979). Sy sou dit volgens oorlewering by ’n onbekende non gekry het. In elk geval, dit het my diep geraak. Ek bid dit graag agterna in Christus se Naam.

Prayer of an Anonymous Abbess:

“Lord, thou knowest better than myself that I am growing older and will soon be old. Keep me from becoming too talkative, and especially from the unfortunate habit of thinking that I must say something on every subject and at every opportunity.

Release me from the idea that I must straighten out other people’s affairs. With my immense treasure of experience and wisdom, it seems a pity not to let everybody partake of it. But thou knowest, Lord, that in the end I will need a few friends.

Keep me from the recital of endless details; give me wings to get to the point.

Grant me the patience to listen to the complaints of others; help me

to endure them with charity. But seal my lips on my own aches and pains — they increase with the increasing years and my inclination to recount them is also increasing.

I will not ask thee for improved memory, only for a little more humility and less self-assurance when my own memory doesn’t agree with that of others. Teach me the glorious lesson that occasionally I may be wrong.

Keep me reasonably gentle. I do not have the ambition to become a saint — it is so hard to live with some of them — but a harsh old person is one of the devil’s masterpieces.

Make me sympathetic without being sentimental, helpful but not bossy. Let me discover merits where I had not expected them, and talents in people whom I had not thought to possess any. And, Lord, give me the grace to tell them so.

Amen.”

Dalk moet ons nie wag tot ons ouer word of voel voordat ons dit begin bid nie. Vandag is presies die regte dag om so te bid.

oOo

Page 18: Aptytwekker julie augustus 2014

18

(Kenneth E. Hagin)

"For the wages of sin is death; but the gift of God is eternal life THROUGH Jesus Christ our Lord" (Rom. 6:23). God contacts men through their spirits. When the Word of God is preached to a sinner who has never heard the Gos-pel and conviction comes upon him, it's not a physical feel-ing - neither is it a mental something, because he may not even understand it - but it's down deep on the inside. The Spirit of God THROUGH the Word of God is contacting the spirit of that sinner! When that man re-sponds to the call of God and the Gospel message, his spirit is born again. His spirit is recreated by re-ceiving eternal life. Receiving eternal life is the most miraculous event in life. It's called the New Birth. It's called the new crea-tion. It is, in reality, God imparting His very nature, substance, and being to our human spirits. It is described in 2 Corinthians 5:17 and 18. The New Birth is God actually giving spiritual birth to a man. And this instantaneous New Birth takes place, not in the body, not in the soul, but in the spirit of man! The spirit of man becomes a brand-new, miracle creation in God! Confession: I am a brand-new, miracle creation in Christ. God gave me the gift of eternal life. He imparted to my spirit His very nature, substance, and being. Re-siding in my own spirit is everything I'll ever need to put me over in life.

oOo

Page 19: Aptytwekker julie augustus 2014

19

Deur jou sintuie voluit te gebruik, kan jy ‘n baie groot verskil aan die kwaliteit van jou lewe maak. Presies hoe waar dit is, het ek agtergekom terwyl ons oorsee getoer het. Omdat ons heel goed geweet het dat dit waarskynlik die eerste en laaste keer sou wees dat ons die dinge om ons sou kon sien en beleef, het ons doelbewus so daarna gekyk asof dit vir die heel laaste keer so sal wees. Ons het al die mooi, vreemde en lekker dinge teen ons vasgedruk vir môre se onthou en weer beleef.

En hoe helder onthou ek dit nie: die opaalglans van die sonop, die see in Venesië, die helderwit sneeupieke van die Alpe, die weerkaatsing van ‘n eeue oue kasteel in die spieël van die silwerblou Montreaumeer, die soet vioolklanke in ‘n klein stegie in die Duitse dorpie Lindau, die onvergeetlike orreluitvoering in ‘n katedraal in Genève, die wit swane op die water in Lucerne, die eerste kennismaking met die werke van kunstenaars soos Van Gogh en Rembrandt, Michelangelo se Dawidbeeld en pieta’s....

Toe ons weer terug was in Suid-

Afrika het ek ‘n verrassende ontdekking gemaak - vir die eerste keer het ek werklik besef in watter wonder mooie land ons woon. Elke lente kyk ek met nuwe verwondering aan die eerste rose in my tuin, elke herfs raak ek stil voor die prag van die Boland se roesbruin wingerde... Elke keer as die oostewind waai, verlustig ek my in die wit wolkewaterval wat teen die helling van die blou Hottentots-Hollandberge afrol... En dit net omdat ek geleer het om na die dinge om my te kyk asof dit vir die heel laaste keer is...

Here, dankie dat ek kan sien en hoor, proe en voel en

ruik. Dankie dat ek alles wat U gemaak het so intens met al my

sintuie kan beleef. Sal U my help om so te lewe asof elke

dag my laaste een hier op aarde is, om die mooi dinge raak te

sien en in my hart te bêre. Maar gee ook dat ek nie so

behep sal wees met dinge dat ek mense uit die oog verloor

nie. Help my om die mense wat U oor my pad stuur raak te sien, lief te hê en te help -

vandag nog, omdat môre dalk te laat kan wees.

Amen

(Nina Smit)

Page 20: Aptytwekker julie augustus 2014

20

BP Atlantic

Verskaffers van GAS en OLIE

asook groothandel DIESEL

Malmesbury Depot Schoonspruitweg 3

P.O. Box 1120 Malmesbury, 7299

Tel: +27 22 482 1967 Fax: +27 22 482 1702

www.bpatlantic.co.za

Vat/BTW reg no: 4770192344 Reg no: 200/026135/07

MMR FINANSIËLE DIENSTE

Adriaan Slabber RFPTM

Onafhanklike Finansiële Adviseur E-Pos: [email protected]

Sel:082 801 1906 Tel: 022 482 1661

Fax: 022 482 2586 Webwerf: www.makelaars.co.za

Drie Gewels Sentrum, Markstraat Malmesbury 7300 Vir betroubare, onafhanklike, Goedgekeurde Finansiële Advies sedert 1992, in Boedel; Aftree; Beleggingsbeplanning, Kortermyn en Mediesefondse

Goedgekeurde Gemagtigde Finansiële Diensteverskaffer FSB Lisensieno. 12017

Bo: Die “link” na ons facebook blad.

ACVV Naskoolsentrum

(Albaniestraat, naby Laerskool)

Aansoeke vir 2014 word nou aanvaar

vir Graad R - Graad 7.

Ons bied aan:

Huiswerktoesig en ‘n veilige omgewing

tot 17:30 op weeksdae.

Vakansie toesig ingesluit.

Navrae 022-482 3096

EPOS INVALGEDAGTE BEDIENING

Het jy toegang tot epos fasiliteit?

Jy kan elke weeksdag ‘n kort

geïnspireerde boodskap ontvang vanuit die Woord.

Vra vir jou gratis inval gedagte by: corpuschristi@cybersmart. co.za