aptytwekker nov/des 2013

20
A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd Malmesbury, 7300 [email protected] Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200 www.agscorpuschristimalmesbury.co.za November/Desember 2013 ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker ppetiser ppetiser ppetiser ppetiser NUUS VAN HERDERSPAAR LIEFDE BY DIE KERK (1) MOENIE PASSIEF ……. BONUS OF 13DE TJEK AL BRUIS DIE JORDAAN KINDERKERK HOEKIE FOTO NUUS ONS STEL BEKEND DIE SKEPPER SE DIEET ADVERTENSIES Foto: Past. Piet Smit Want kyk, die winter is verby, die reëntyd is oor, dit het verby gegaan. Hooglied 2:11

Upload: janette-smit

Post on 09-Mar-2016

261 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Maandlikse Nuusblad, Geestlike Pitkos

TRANSCRIPT

Page 1: Aptytwekker Nov/Des 2013

A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd

Malmesbury, 7300 [email protected]

Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200

www.agscorpuschristimalmesbury.co.za

November/Desember

2013

ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker

ppetiserppetiserppetiserppetiser

♦ NUUS VAN HERDERSPAAR

♦ LIEFDE BY DIE KERK (1)

♦ MOENIE PASSIEF …….

♦ BONUS OF 13DE TJEK

♦ AL BRUIS DIE JORDAAN

♦ KINDERKERK HOEKIE

♦ FOTO NUUS

♦ ONS STEL BEKEND

♦ DIE SKEPPER SE DIEET

♦ ADVERTENSIES

Foto: Past. Piet Smit

Want kyk, die winter is verby, die reëntyd is oor, dit het verby gegaan. Hooglied 2:11

Page 2: Aptytwekker Nov/Des 2013

2

Mat. 24:13 – “Maar wie volhard tot die einde toe …” Gal. 6:9 – “En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.”

Die einde van die jaar is waarlik in sig! Mens staan weereens verstom dat tyd ons lewens grootliks bestuur en oorheers. Ons is magteloos daarteen. Net God is buite tyd en ruimte.

Nou is die versoeking groot om sommer die pas so bietjie stadiger te maak. Nee, geliefdes, alles behalwe. Wanneer ek aan ‘n wedloop deelneem, sprint ek gewoonlik die laaste 100 meter omdat ek weet daarna kan ek rus en is alles verby. My skoonseun, Dirk Havenga se styl was toe hy nog deelgeneem het: “As ek klaar is, wil en nie nog één tree kan gee nie.”

Met hierdie in gedagte, wil ek jou aanmoedig om die laaste stukkie van 2013 klaar te

maak. ONS ALLERBESTE VIR DIE HERE JESUS TOT DIE EINDE TOE! Die nood van die uur wek ons daartoe: Die vele siele in ons

omgewing wat nog ongered is en nog nie gehoor gegee het aan die roepstem van Jesus! Ons moet hulle bereik eer dit te

laat is. Ons het ‘n getuienis taak teenoor elke mens wat ons pad kruis. Elke mens moet ons beter agterlaat. Ons het ‘n enorme en ontsaglike (soms

voel dit, dis net te groot) volhardende voorbiddings taak. Voorbidding vir ons gemeente, siele, siekes, die land, die ekonomie, die regering, teen korrupsie ens.

Laat ons eindpoging gekenmerk wees met ‘n ongekende gedetermineerdheid om Jesus Koning te maak net waar ons beweeg.

Past. Piet & Susan Smit

Nuus van die Herderspaar

Page 3: Aptytwekker Nov/Des 2013

3

“By ons kerk is daar baie liefde,” sê iemand. “Almal druk mekaar en groet mekaar vriendelik.”

Is dit regtig die liefde waarvan die Bybel praat en is dit ál wat die Here onder ons as Sy kinders soek wat liefde betref? Onthou, drukkies en groet, kan later ook maar net ‘n gewoonte word sonder inhoud ...

Drukkies, soentjies en vriendelikheid is pragtig op die oog af as dit met suiwer motiewe gedoen word en spreek van liefde. Maar as dit net daar bly, dan skiet dit ver te kort aan wat die Bybel van ons as Jesus se dissipels verlang. Dan raak dit die tong-liefde waarvan 1 Joh. 3:18 praat as dit sê: “My kinders laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.” Of goedkoop voorportaal-liefde wat my niks kos nie.

Ons vind dit in die dae van Absolom, die seun van Dawid wat langs die pad na die poort van die stad Jerusalem die mense wat gekom het vir ‘n hofsaak, ingewag het. Aan elkeen uit Israel het hy gesê:

· 2 Sam. 15:3 - “Kyk, jou saak is goed en reg, maar van die koning se kant sal niemand jou gehoor gee nie.”

· 2 Sam. 15:4 – “Mag hulle my as regter van die land aanstel, dat elkeen wat ‘n geskil

of regsaak het, na mý kan kom, dan sal ék aan hom reg laat geskied.”

· 2 Sam. 15:5 – “En elke keer as iemand nader kom om voor hom te buig, steek hy sy hand uit en gryp hom en soen hom.”

Wat het agter sy optrede gesit? Wat was sy ware motief? 2 Sam. 15:6 – “Op dié manier het Absolom … die hart van die manne van Israel gesteel.” Sy eintlike doel met sy valse soene, drukkies en mooi woorde was om die volk agter hom te kry, sodat hy sy vader Dawid se regering omver kon werp. Maar só mag ons as ware kinders van Jesus nie doen nie. Ons drukkies en soentjies moet opreg uit ons hart kom (met geen bymotief), omdat ons uit God gebore is (1 Joh. 3:14; 4:7, 8) en die liefde van God in ons harte uitgestort is (Rom. 5:5) en dus ander opreg kán lief hê.

GEBED

Hemelse Vader, opnuut wil ons, ons harte ondersoek en naspeur met watter motiewe ons ander by die kerk druk en soen. Maak

ons opreg Here met geen bymotiewe. Al is dit selfs ons gebruik, moet dit uit ons hart

kom, omdat ons aan U behoort. Ons bid dit in die kragtige Naam

van Jesus Christus! Amen! (Past. Piet Smit ) Vervolg

Page 4: Aptytwekker Nov/Des 2013

4

“E“E“E“E k het die Here gevra om groot dinge in my lewe te doen,” sê sy. “Tog lyk dit nie asof daar veel gebeur nie,” gaan sy moedeloos voort. “Het jy al ooit die regte geloofsaad in die Here se landerye gesaai?” vra ek. “Wat bedoel jy?” vra sy verbaas. “Dit help nie om die Here te vra om jou te gebruik as jy nie bereid is om jou gebede in geloofsaksies te omskep nie nie. Geloof wat nie oorgaan tot dade nie, help niks.” Sonder die regte geloof-saad in die Here se landerye (wat ook ’n geskenk uit sy hand is volgens 2 Korintiërs 8:10), is daar niks in Sy hand waarmee Hy kan werk nie. Te veel mense sit hulle lewens om in geestelike wagkamers. Hulle wag passief op gebedsverhorings. Dit is nie wat Psalm 130-131 bedoel met wag op die Here nie. Om reg te wag op die Here is om jou geloof aktief in die hemelse landerye uit te strooi. Vat maar daardie weduwee in Markus 12:41-44 wat letterlik haar laaste sente aan die Here se diens weggee.

Op daardie einste oomblik verander haar sente egter in lewende hemelse saad. Soveel so dat Jesus sê: “Voorwaar Ek sê vir julle sy het meer gegee as al die ander.” Praat van impak! Hierdie weduwee kon ’n ander roete gevolg het. Sy kon vir haarself gesê het die Here het haar verlaat. Of dat niemand meer vir haar omgee nie. Of sy kon, soos vele mense, bloot net gebid het sonder om iets te doen. Maar toe gaan saai sy haar laaste twee muntstukke in die Here se saailande. In ’n hemelse oogwink het dit ewige vrug gedra. Jesus was so aangegryp deur haar geloofsdaad dat haar storie deel geword het van die Bybel! Wat sal die Here nie deur jou eie lewe doen as jy gereeld ’n bietjie geloofsaad in sy landerye gaan uitstrooi nie.

Anoniem

Moenie passief in geestelike wagkamers rondsit nie.Moenie passief in geestelike wagkamers rondsit nie.Moenie passief in geestelike wagkamers rondsit nie.Moenie passief in geestelike wagkamers rondsit nie.

Gaan leef in die saailande van die Here!Gaan leef in die saailande van die Here!Gaan leef in die saailande van die Here!Gaan leef in die saailande van die Here!

Page 5: Aptytwekker Nov/Des 2013

5

As jy bevoorreg was om ‘n beroep te kon beoefen deur die jaar, is jy inderdaad baie bevoorreg in hierdie land van ons, want bykans 40% van ons land se mense word beskou as werkloos.

Dis geen reg, maar ‘n voorreg as jy aan die einde van die jaar ‘n bonus of dertiende tjek kan ontvang. Eer God daarvoor deur aan Hom ‘n tiende ook daarvan

te gee. Die Here Jesus moet altyd eerste wees in alles wat ons doen!

Mal 3:10 – “Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie.”

oOo

BONUS OF DERTIENDE TJEK

VORIGE KEER SE ANTWOORD

Die name van die bekende 5 Filistynse stede (1 Sam. 6:17): Asdod, Gasa, Askelon, Gat en Ekron.

HIERDIE KEER SE VRAAG

Daar is iemand koning gemaak in Israel voordat Saul koning gemaak is. Normaal weg sê ons altyd dat Saul die eerste koning van Israel was. Tog was daar iemand koning voor hom. Is daar iemand wat weet?

SOEK DIE ANTWOORD

Page 6: Aptytwekker Nov/Des 2013

6

(Vervolg vanaf Sept./Okt. )

My arme moeder was

desperaat. Alhoewel sy destyds nie ‘n ware Christen was nie, was sy tog steeds soekende na die God van die Bybel. Sekere vriende van haar het egter die Here geken, en in haar droefheid het sy hulle gevra om vir haar sterwende seun te bid. Die Here in sy groot liefde, het hulle gebede beantwoord, en skielik het ek vinnig begin beter word. In die drie daaropvolgende maande het my gewig met sewentig pond vermeerder. ‘n Wonderwerk het gebeur en ek was spoedig van al my kwale genees.

In plaas van om aan God die eer en dank te bring, het ek gesê: ,,Wat ‘n wonderlike ding is die natuurgenesing!” Ek het die wêreld begin dien soos nooit tevore nie en ook baie sukses behaal. Op drie en twintig jarige ouderdom was ek die bestuurder van ‘n gesondheids-inrigting waar ek ‘n personeel van vyftien blankes onder my gehad het. Ek het ook begin om artikels oor bestuurtegniek te skrywe wat destyds in verskillende tydskrifte gepubliseer is.

In my hart was ek tog baie bekommerd oor ander mense wat ly. Het ek dan nie genoeg ondervinding daarvan gehad nie? Ek het tot die oortuiging gekom dat ek self ‘n geneesheer behoort te word om andere te help. Dus het ek dadelik met my studies begin en na ‘n paar jaar begin praktiseer as natuur-

geneeskundige spesialis. Daarmee het ek vir tien jaar in Johannesburg volgehou.

Gedurende hierdie jare van sukses het ek aangehou deelneem aan die plesiere van die wêreld, veral dans. In my vroeë jeug het ek deur vier of vyf dansskole gegaan. Ek het selfs die voorreg gehad om met prinsesse te dans. Verder het ek baie ander sportsoorte op professionele wyse geleer. Hieraan het ek al my tyd en krag gewy.

Die uur het egter aan-gebreek dat die Here my sou wys dat ek nie sonder Hom kon lewe nie, en nog minder sterwe. Dit was in 1938. Die Here het naamlik toe-gelaat dat baie teleurstellings en smarte weer oor my toesak. Ek kan nie op al die besonderhede ingaan nie, maar kortliks net dit: Ek het al my geld verloor, my vader het gesterf, my moeder was siek tot die dood toe, die jong dame met wie ek wou trou, het my eenkant toe gestoot vir iemand anders, en ek het weer siek geword. My suster was reeds al ‘n jaar in Engeland, en ek was baie eensaam.

Die man deur wie se handelswyse ek al my geld verloor het, het boonop baie skuld op my naam gemaak. Daarna het hy verdwyn en vir die eerste maal in my lewe het ek ‘n dagvaarding gekry, en toe nog een en nog een, tot ek soms tot agt in een week ontvang het! Ek

(Vervolg op bl. 15)

AL BRUIS DIE JORDAAN

Page 7: Aptytwekker Nov/Des 2013

7

Uitgawe 3 Kinderkerk Hoekie

A.G.S Corpus Christi

Ons Ons Ons Ons RRRR....AAAA....AAAA....SSSS vir Jesusvir Jesusvir Jesusvir Jesus

3 November 2013

Ons weet hoe om ‘n hyskraan te bou. Met die

strooitjie hefboom het ons ‘n vol coke blikkie

met water op getel.

Deut. 28

1 Kor. 3:18 - 20

1 Tim 4:13 - 16

1 K

or. 1

3

Gal. 5:22

Page 8: Aptytwekker Nov/Des 2013

8

Onthou, elke fout wat u in hierdie uitgawe mag vind,

is daar geplaas met ‘n doel. Daar is diegene wat altyd soek

vir ‘n ou foutjie. Ons wil graag almal bedien

en hulle nie teleurstel nie!!!

MET ‘N DOELMET ‘N DOELMET ‘N DOELMET ‘N DOEL

Namens die Bestuursraad

bedank ek elkeen van ons

broers en susters vir ‘n

wonder l ike jaar van

saamdoen vir die Here! Jou

bydrae vir die werk van die

Here materieel sowel as

geestelik, word opreg

waardeer. Jou mooi positiewe gesindheid het gemaak dat ander

aangemoedig is.

My mooiste wense vir ‘n ongeëwenaarde Kersseisoen en 2014 in

Jesus Christus! Pastoor Smit

Bo: Die link na ons facebook

blad.

Bid

sonder

ophou!

Page 9: Aptytwekker Nov/Des 2013

9

Terwyl jy die Here loof en prys, veg Hy die oorlog vir jou. Lofprysing en aanbidding is een van die sterkste wapens wat God aan die mens gegee het. Die vyand kan dit nie hanteer nie. Dit maak die Here dinamies teenwoordig. Lof en aanbidding sit jou onmiddellik in ‘n geloofs-atmosfeer. Vrees en bekommernis vlug wanneer ons die Here begin loof en prys. Dit landseer jou soos ‘n vuurpyl in ‘n Goddelike wentelbaan. Wanneer jy Jesus loof en prys, vergeet jy van jouself en jou eie-ek. In die Ou Testament was dit verbode om met ‘n lang gesig in die teenwoordigheid van die koning te kom. God woon onder die lofsange van sy Israel (Ps. 22:4).

(Past. Hansie Smit)

SIMPATIE

Ons innige meegevoel aan Fatima v/d Westhuizen

&

familie met die afsterwe van huar man (Pieter)

&

kinders se pappie en oupa.

Toewyding - Mark. 10:13 -16

Stefnay Leander

29 September 2013

Johane v/d Westhuizen

13 Oktober 2013

Page 10: Aptytwekker Nov/Des 2013

10

FOTO-NUUS

Rozanne Visagie was die Gaspreekster en

sanger.

Lente Tee - 7 September 2013

Anina Cloete was die seremonimeester

van die oggend.

Magrieta van Rooyen by een van die punte.

Venter & Susan Archer, die organiseerders. Uitstekende skattejag!

Almal smul baie lekker aan die worsbroodjies.

Dankie! Hierdie span het die beste

“gees” gehad en 2 rolls gewen.

Die Stadsaal was vol mooi

dames met ‘n lente hoed.

Skattejag - 28 September 2013

Om te begin moes hul ’n ballon opblaas en stukkend sit, voor hul kon begin.

Hennie Smit, ons braaier vir die dag.

Page 11: Aptytwekker Nov/Des 2013

11

Sangmiddag op Gouda 6 Oktober 2013

Watter fees in die Here was dit nie!! Verskeie sang groepe van Porterville het opgetree.

Die Roberts gesin saam Past. Smit het ook opgetree.

Doop - Matt. 28:19 (8 September & 13 Oktober 2013)

Na die boodskap het paartjies weer die huweliksbelofte teenoor mekaar afgelê.

Aanbieder: Johan Smit

& nie Johan Stemmet !

Twee spanne het teen mekaar deel geneem.

Noot vir Noot - 13 Oktober 2013 Huweliksdiens - 20 Oktober 2013

Vanaf links: Elsabe v/d Westhuizen , Brandon Mouton, Gerswain Isaacs en

Tina v/d Westhuizen.

Page 12: Aptytwekker Nov/Des 2013

12

My Heer, toe ek in wit geklee in die doop bad voor U

staan Om gedoop te word in U heilige Naam Toe ek my knieë

voor U buig en ek in die water sak

Het ’n gedagte my na my asem laat

snak Ek het gewonder wat

dit is wat U in my sien

Is ek ooit waardig om U te dien

En toe, toe staan U so ’n bietjie nader Sê: “Kom Ek doop

jou in die Naam van jou Vader

Kyk, my Kind, tot nou toe was jou lewe

’n leuen Daarom doop ek jou ook in die Naam van

my Seun Hiermee spreek ek jou vry, Jy is duur

gekoop

Daardie dag toe Hy vir jou sonde na sy

kruisdood loop Van vandag gaan Ek nog nader aan jou

wees Daarom doop ek jou ook in die Naam van

die Heilige Gees Toe ek opbeweeg

met die trap’ Voel ek U arms om

my terwyl U sê “Kom ons neem dit stap vir

stap En daar in die

binnekamer staan ons twee alleen, ek

en my Heer My wese voel klein en broos, dit maak

eintlik seer

Trane van oorgawe loop oor my wang

Maar tog voel ek effe bang

want ek voel so leeg, so vreeslik leeg

Maar hierop antwoord my Vader: Jou ou lewe het Ek nou weg geveeg

Ek gaan jou vul met ’n nuwe een vol van

My En net daar sak ek op my knieë en sê: Vader bly asseblief

aan my sy My kind, Ek was

maar altyd hier reg langs jou, jy weet.

En onthou my liewe kind, Ek het jou lief en dit moet jy nooit

vergeet.

~~~

As ons ons sondes bely

– Hy is getrou en

regverdig.

Hy vergewe ons ons

sondes en reinig ons

van alle ongeregtigheid.

(1 Johannes 1:9)

8 September 2013

Elsabe van der Westhuizen

Page 13: Aptytwekker Nov/Des 2013

13

♦ WAAR IS SUSTER GEBORE? Kaapstad, Elsiesrivier ♦ WATTER SOORT WERK DOEN SUSTER? Sheff By Malmesbury Ouetehuis. ♦ BEOEFEN SUSTER ’N SPORT? Nee ♦ WAT WAARDEER JY DIE MEESTE IN DIE GEMEENTE? Die liefdevolle mense wat omgee.

♦ WIE IS JOU ROLMODEL INDIEN ENIGE? My huisgesin. ♦ WIE IS SUSTER SE GUNSTELING GOSPEL SANGER Hillsongs ♦ WAT IS JOU GROOTSTE GETUIENIS? Dat Jesus vir my uit die dood gered.het.

♦ WAT IS JOU GUNSTELING GEREG? Afvalpotjie ♦ HOE ONTSPAN JY? Met ‘n boek of ek stap. ♦ WAT SOU JY GRAAG WOU DOEN INDIEN MOONTLIK? My eie huis wou hê. ♦ WAARVOOR IS JY BAIE DANKBAAR? Vir die genade wat Hy vir my elke dag gee.

♦ WAT BEGEER SUSTER NOG VAN DIE HERE? Dat die Here my man moet wys hoe lief God hom het.

♦ WAT FRUSTREER VIR SUSTER DIE MEESTE? Valsgeid en leuens.

♦ WAT IS VIR JOU DIE MOOISTE MENSLIKE EIENSKAP? Liefde

oOo

ONS STEL BEKENDONS STEL BEKENDONS STEL BEKENDONS STEL BEKEND

Hierdie maand gesels ons met

Cathleen Karstens

Page 14: Aptytwekker Nov/Des 2013

14

Waarvoor het jy nou weer gewag?

Ongelukkig het die spanningsvolle en kunsmatige aard van volgehoue aërobiese oefeninge gewrigte en kraakbeen verslyt en ernstige chroniese sprtbeserings veroorsaak - teen ‘n hoër tempo as wat enigiemand voorspel het. Nog erger is die feit dat mense wat aërobies fiks is en lae cholestrolvlakket het, net so dikwels hartaanvalle kry soos mense wat nooit oefen nie en slegte cholestrol vlakke het. Dit mag te wyte wees aan die feit dat mense wat gereeld aërobiese oefeninge vir lang periodes doen, ‘n verswakte imuunsisteem het. Hierdie daling in immuunvlakke maak hulle goeie teikens vir infeksies. Ons het oefening nodig vir maksimum gesondheid, maar hoë-spanning aërobiese oefening is nie so goed soos beweer word nie.

Oefening moet die werklike lewe weerspieël

Uit my navorsing is ek oortuig dat die Skepper se voorskrifte vir oefening ooreenstem met weklike lewensaktiwiteite wat betrokke is in

die daaglikse gang van werk en speel. Die mense wat die langste geleef het in die geskiedenis het orals geloop waarheen hulle wou gaan. Hulle het diere en troppe agtervolg, wilde diere te voet gejag, beskuttings gebou en landerye aktief bewerk met tussenposes van rus. Hulle het niks van aërobiese oefening, oefenfietse of oefenmasjiene geweet nie, maar hulle was meesters wanneer dit by

anaërobiese oefeninge gekom het - aktiwiteite wat ‘suurstof-skuld’ veroorsaak deur kort periodes van hoë inspanning. Ten spyte van huidige

modeneigings, hoef ons nie so gespierd te lyk soos die mense wat ons op televisie of op die voorblaaie van tydskrifte sien nie. Enigiemand kan egter baie gesonder wees met ‘n voedingsryke dieet en matige oefening. Ek is nie heeltemal teen aërobiese oefeninge gekant nie, maar as dit jou doel is om jou lewe sonder enige siektes en onnodige gesondheidskomplikasies te lei, is daar sekere oefeninge wat baie beter vir jou algemene gesondheid is.

(Vervolg volgende maand)

DIE SKEPPER SE DIËET

(Jordan S. Rubin)

Page 15: Aptytwekker Nov/Des 2013

15

was ten einde raad en het geen uitweg gesien nie. Ek moes óf selfmoord pleeg, en dit het amper gebeur, óf ek moes uitvind of daar ‘n Opperwese is, en by Hom hulp soek.

Toe het God tot my begin spreek. Dit was of daar skielik ‘n telefoon in my hart gekom het. Hy het vir my gesê dat Hyself die rampe toegelaat het om my van die ewige verdoemenis te red en my na Hom toe te trek.

Daarna het ek vir die eerste maal die Bybel begin lees, vanaf Matthéüs 1. Ek was toe dertig jaar oud. Daardie Bybel het my moeder vier jaar vantevore as geskenk aan my gegee. Ek het dit nie eenmaal oopgemaak nie, omdat ek gedink het dat dit ‘n eenvoudige ou storie-boek was, geskikte leesstof vir onkundige mense. Maar nou, in my benoudheid, het God se Gees dit op so ‘n wonderbare wyse vir my verklaar dat ek dit na ‘n paar weke sonder enige menslike hule verstaan, aanvaar en bemin het.

In my spreekkamer het ek neergekniel en my onvoorwaardelik aan Hom oorgegee. Natuurlik het ek nog nie alles begryp nie, maar stap vir stap het die groot waarhede van die saligheidsplan voor my geestesoog ontvou.

Ek sal nooit die groot dag vergeet toe ek ‘n rukkie later, in Januarie 1939, die ware weder-geboorte deelagtig geword het. Ek

het toe reeds Matthéüs, Markus en Lukas deurgelees en was by die sesde hoofstuk van die Evangelie van Johannes.

Tussen die afsprake van die pasiënte het ek altyd vyftien minute oopgelaat sodat ek die Bybel kon lees en iets meer kon leer. Toe ek daardie oggend by die vyf en veer-tigste vers kom, wat sê: ,,Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe en Ek sal hom opwek ”, het ek so ‘n Goddelike openbaring van die grote saligheid van Jesus Christus ontvang, dat my hele lewe verander het!

Vir die eerste maal het ek besef dat dit wat ek altyd gedink het die lewe was, niks anders was as die dood nie. Dit, wat ek die lewe genoem het, was net ‘n dierlike, aardse bestaan. Daar is ‘n aardse, menslike liefde, maar daar is ook ‘n ander liefde, die ware liefde, die hemelse liefde, die liefde van God! Net so bestaan daar ook ‘n ware lewe, ‘n hemelse lewe, die absolute of Goddelike lewe, wat die Bybel noem ,,die ewige lewe”. Hierdie aardse lewe sal verdwyn, maar as die mens daardie ewige lewe ontvang, sal hy vir ewig lewe.

Vir die eerste maal het ek toe verstaan hoe ‘n mens dit deelagtig word. Die Here toon my sy Seun, Jesus Christus, gesimboliseer deur ‘n pypleiding tussen die hemel en die aarde.

(Vervolg volgende maand )

(Vervolg vanaf bl. 6)

AL BRUIS DIE JORDAAN(Deur: Tant Sannie de Ferriers)

Page 16: Aptytwekker Nov/Des 2013

16

In Lukas 10:38-42 lees ons hoedat Jesus en sy dissipels by Martha en Maria kom eet. Martha spring dadelik aan die werk om die ete van ’n leeftyd te kook wat enige Masterchef sal laat bloos. Die Here is immers haar eregas. Spoedig kom sy agter haar suster Maria help nie in die kombuis nie. Tot haar skok sien sy dan dat Maria aan Jesus se voete sit, saam met die ander dissipels. Dadelik vra sy vir Jesus hoe Hy so iets kan toelaat. Vroue se plek is in die kombuis. Hulle moet kos maak terwyl die mans onderrig word. Altans, dit was die stereotipe oor vroue in daardie tyd. Jesus deel dit nie. Hy bring Martha tot stilstand deur haar twee keer op haar naam aan te spreek. As Hy haar onver-deelde aandag het, sê Jesus vir haar dat sy rondskarrel met ’n besorgde en haastige hart. Haar dienende ingesteldheid het haar verander in ’n rustelose, bekommerde persoon. Haar vrede is weg. Sy is heeltyd besig om almal rondom haar te versorg en tevrede te stel sonder om na haar eie geestelike welsyn om te sien. Wat is Jesus se antwoord vir gejaagde mense, soos Martha?

Wel, Hy sê padlangs vir haar net een ding is nodig. Net een! Nee, Jesus hou nie tien stappe of twaalf wette vir geestelike sukses voor nie. Maria het hierdie een ding uitgekies en dit sal nooit weer van haar af weggevat word nie. Wat is dit? Wel, om aan Jesus se voete tot stilstand te kom. Dis om in aanbidding by Hom te kom sit. Net dit! Helaas het baie bidders selfs ook hiervan ’n stuk werk gemaak. Hulle het gebeds-resepte en tegnieke uitgewerk om antwoorde by God te probeer kry. Ware aanbidding is om tot rus te kom by die Here. Dit is om in verwondering aan sy voete te sit. Dit is om oorweldig te wees deur sy heilige teenwoordigheid. Aanbidding gaan net oor die Here. Dit gaan oor vrede in sy teenwoordigheid; nie oor baie woorde, of selfs die regte woorde nie. Hy weet in elk geval wat ons nodig het nog voordat ons gebid het. Gebed is ’n verhouding met die lewende Here. Jesus nooi ons uit tot sulke aanbidding. Hy wink ons nader om tot rus te kom aan Sy voete. Dit is Sy maaltyd wat Hy met ons wil deel!

(Stefan Joubert)

Wees ’n aanbidderWees ’n aanbidderWees ’n aanbidderWees ’n aanbidder

Page 17: Aptytwekker Nov/Des 2013

17

(Gloria Copeland)

Be glad in the Lord, and re-

joice, ye righteous: and shout

for joy.... Rejoice in the Lord, O ye

righteous: for praise is comely for the upright. Psalm 32:11-33:1

Never underestimate the drawing power

of joy. It’s like a blazing fire that cap-

tures the attention of people in darkness.

In fact, in a dream I had many years

ago, God called it “spontaneous

combustion.”

I didn’t even know what the term meant

until the next day. When I looked it up

in a dictionary, here’s what I found:

Spontaneous combustion—“the

process of catching fire and

burning as a result of heat gen-

erated by an internal chemical

reaction.”

That’s it! Joy—the process of

catching fire and burning as

a result of heat which

comes from the Holy

Ghost!

It’s time to rejoice, to rise

up out of our exhaustion

and implement the power of

praise. When you do, you’ll enter a

domain of power, freedom and the joy

of the Lord. It’s a domain that’s alive

and shining with the presence of

God.

So throw off those old inhi-

bitions. Take God at His

Word. Leap. Shout. Sing.

Be ready to obey the Spirit

of God. Let yourself catch

fire in the Spirit and never

stop burning!

Scripture Reading: Psalm 100

A Thanksgiving Psalm: On

your feet now—applaud

God! Bring a gift of laughter, sing

yourselves into his presence. Know this:

God is God, and God, God. He made

us; we didn’t make him. We’re his peo-

ple, his well-tended sheep. Enter with

the password: “Thank you!”

Make yourselves at home, talking

praise. Thank him. Worship

him. For God is sheer beau-

ty, all-generous in love, loy-

al always and ever.

***

Page 18: Aptytwekker Nov/Des 2013

18

WIL JY GEDOOP WORD?

EEEE lke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel. Hoekom?

Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse. Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop.Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd.Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees? Laat hoor van jou en ons sal jou help.

Past. Piet Smit (022-487 2200)

Page 19: Aptytwekker Nov/Des 2013

19

BP Atlantic

Verskaffers van GAS en OLIE

asook groothandel DIESEL

Malmesbury Depot Schoonspruitweg 3

P.O. Box 1120 Malmesbury, 7299

Tel: +27 22 482 1967 Fax: +27 22 482 1702

www.bpatlantic.co.za

Vat/BTW reg no: 4770192344 Reg no: 200/026135/07

MMR FINANSIËLE DIENSTE

Adriaan Slabber RFPTM

Onafhanklike Finansiële Adviseur E-Pos: [email protected]

Sel:082 801 1906 Tel: 022 482 1661

Fax: 022 482 2586 Webwerf: www.makelaars.co.za

Drie Gewels Sentrum, Markstraat Malmesbury 7300 Vir betroubare, onafhanklike, Goedgekeurde Finansiële Advies sedert 1992, in Boedel; Aftree; Beleggingsbeplanning, Kortermyn en Mediesefondse

Goedgekeurde Gemagtigde Finansiële Diensteverskaffer FSB Lisensieno. 12017

FSB Lisensieno. 12017

EPOS INVALGEDAGTE BEDIENING

Het jy toegang tot epos fasiliteit? Jy kan elke weeksdag ‘n kort geïnspireerde boodskap

ontvang vanuit die Woord. Vra vir jou gratis inval gedagte by:

corpuschristi@cybersmart. co.za

Page 20: Aptytwekker Nov/Des 2013

20

As jy God werklik wil ken en ‘n lewe

van oorgawe wil leef, bid dan die

volgende gebed met jou hele hart:

“Hemelse Vader, ek kom na U in

die Naam vanvan die Here Jesus!

U Woord sê: “Elkeen wat die

Naam van die Here aanroep, sal

gered word (Rom 10:31). Ek roep

U aan! Vergewe my die sonde wat

tussen my en U staan. Ek het

berou daaroor, want dit het U

heilige Naam onteer. Was dit weg

met U bloed, Here Jesus.

Here Jesus, ek nooi U as die Here

van my lewe, kom in my lewe om

die beheer van my lewe oor te

neem en my te wederbaar tot ‘n

nuwe skepsel.

U Woord sê: As julle wat sleg is,

weet om goeie gawes aan julle

kinders te gee, hoeveel te meer

sal julle Hemelse Vader julle die

Heilige Gees gee aan die wat

Hom bid:” (Luk. 11:13).

Ek vra U ook om my nou te vervul

met U Heilige Gees en dat dit sal

word soos strome van lewende

water wat uit my binneste kom

(Joh. 7:38) terwyl ek U prys! Ek

verwag om in tale te spreek soos

die Gees aan my gee om uit te

spreek

(Hand. 2:4)”

Begin om God te prys. Spreek die

woorde en klanke wat die Heilige

Gees aan jou gee - nie jou eie taal

nie. Jy moet jou eie stem gebruik.

God sal jou nooit forseer om te

praat nie. Aanbid God elke dag in

tale. Jy sal nooit weer dieselfde

wees nie!

Skakel in by ‘n Geesvervulde-

Woord-gemeente - nie ‘n kerk wat

uit skeuring ontstaan het nie. Laat

jou doop in water (Mark 16:16,

Hand. 2:38) en word deel van God

se familie!

Ons sal graag vir u

behulpsaam wil wees!

Skakel gerus vir past. Piet Smit

022-487 2200

Oorgawe gebed