aptytwekker janfeb 2014

10
A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd, Malmesbury, 7300 [email protected] Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200 www.agscorpuschristimalmesbury.co.za Januarie/Februarie 2014 ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker ppetiser ppetiser ppetiser ppetiser NUUS VAN HERDERSPAAR MATERIALISM IN CHRISTIAN … KLIP IN DIE BOS IS JY ‘N WENNER AL BRUIS DIE JORDAAN DIE SKEPPER SE DIEET FOTO NUUS GEBED IN AKSIE MENSE HET GROOT WAARDE ADVERTENSIES 2 Aan elke leser wil ek uit my hart ‘n baie geseënde nuwe jaar toewens, soos wat ek dit vir myself begeer! Mag die Here Jesus jou hand neem en jou wonderbaarlik lei en leer! Mag dit vir jou ‘n jaar vol van Sy heerlikheid wees! Geliefdes, die nuwe jaar het vir ‘n groot deel van die gemeente begin met ons Middernagdiens, waar ons in diepe afhanklikheid voor die Here gestaan het in die wete, nét die Here kan ons help en dra wat 2014 betref. Ek wil dit weer verklaar: Ons wil op niks anders vertrou nie as net die Here. Een van ons lidmate, sus. Katriena Mouton het vir my ‘n mooi SMS boodskappie gestuur en ek wil dit met jou deel: When we look back and wonder how we ever made it through 2013, we realise it’s not because we’ve been clever, but because God has been wise. Not because we’ve been strong, but because God has been mighty. Not because we’ve been consistent, but because God has been faithful. 2013 is history; we experienced joy and sorrow. We were wise and silly in some of our choices. In all of this, God was kind and watched over us. May He protect and bless us in 2014 that lies ahead of us! May the blessings of the Lord shower over us!” Alhoewel die Bybel aan ons voorhou dat die laaste dae swaar tye sal wees (2 Tim. 3:1) is daar tog ‘n gevoel van optimisme en verwagting in my hart wat die nuwe jaar betref. Daar is ook volgens die Bybel seisoene soos o.a. saaityd en oestyd. Ons as gemeente het baie gesaai t.o.v. Woord, bearbeiding van siele, finansies, selgroepe ens. Ons kan nou ook ‘n oes verwag. En dis presies my verwagting. Gal. 6:7 leer dat wat jy saai sal jy maai. Ek verwag dat n.a.v. die vele saad wat ons in die grond het, daar in hierdie jaar vir ons ‘n groot oes op die land sal wees! 1 Kor. 3:6 – “Ek (Paulus) het geplant, Apollis het natgemaak, MAAR GOD HET LAAT GROEI.” My verwagting is en so ook elkeen se verwagting moet van die Here wees; Hy verleen die groeikrag en gee die wasdom. Terwyl ons almal soos altyd hard vir die Here gaan werk, is ons oë op die Here vir dit wat Hy gaan doen in 2014! Verwag saam met my ‘n groot oes! Pastoor Piet & Susan Smit

Upload: janette-smit

Post on 07-Mar-2016

288 views

Category:

Documents


6 download

DESCRIPTION

Maandelikse Nuusbrief

TRANSCRIPT

Page 1: Aptytwekker janfeb 2014

A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd,

Malmesbury, 7300 [email protected]

Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200

www.agscorpuschristimalmesbury.co.za

Januarie/Februarie

2014

ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker

ppetiserppetiserppetiserppetiser

♦ NUUS VAN HERDERSPAAR

♦ MATERIALISM IN CHRISTIAN …

♦ KLIP IN DIE BOS

♦ IS JY ‘N WENNER

♦ AL BRUIS DIE JORDAAN

♦ DIE SKEPPER SE DIEET

♦ FOTO NUUS

♦ GEBED IN AKSIE

♦ MENSE HET GROOT WAARDE

♦ ADVERTENSIES

2

Aan elke leser wil ek uit my hart ‘n baie geseënde nuwe jaar toewens, soos wat ek dit vir myself begeer! Mag die Here Jesus jou hand neem en jou wonderbaarlik lei en leer! Mag dit vir jou ‘n jaar vol van Sy heerlikheid wees!

Geliefdes, die nuwe jaar het vir ‘n groot deel van die gemeente begin met ons Middernagdiens, waar ons in diepe afhanklikheid voor die Here gestaan het in die wete, nét die Here kan ons help en dra wat 2014 betref. Ek wil dit weer verklaar: Ons wil op niks anders vertrou nie as net die Here. Een van ons lidmate, sus. Katriena Mouton het vir my ‘n mooi SMS boodskappie gestuur en ek wil dit met jou deel: When we look back and wonder how we ever made it through 2013, we realise it’s not because we’ve been clever, but because God has been wise. Not because we’ve been strong, but because God has been mighty. Not because we’ve been consistent, but because God has been faithful. 2013 is history; we experienced joy and sorrow. We were wise and silly in some of our choices. In all of this, God was

kind and watched over us. May He protect and bless us in 2014 that lies ahead of us! May the blessings of the Lord shower over us!”

Alhoewel die Bybel aan ons voorhou dat die laaste dae swaar tye sal wees (2 Tim. 3:1) is daar tog ‘n gevoel van optimisme en verwagting in my hart wat die nuwe jaar betref. Daar is ook volgens die Bybel seisoene soos o.a. saaityd en oestyd. Ons as gemeente het baie gesaai t.o.v. Woord, bearbeiding van siele, finansies, selgroepe ens. Ons kan nou ook ‘n oes verwag. En dis presies my verwagting. Gal. 6:7 leer dat wat jy saai sal jy maai. Ek verwag dat n.a.v. die vele saad wat ons in die grond het, daar in hierdie jaar vir ons ‘n groot oes op die land sal wees! 1 Kor. 3:6 – “Ek (Paulus) het geplant, Apollis het natgemaak, MAAR GOD HET LAAT GROEI.” My verwagting is en so ook elkeen se verwagting moet van die Here wees; Hy verleen die groeikrag en gee die wasdom. Terwyl ons almal soos altyd hard vir die Here gaan werk, is ons oë op die Here vir dit wat Hy gaan doen in 2014! Verwag saam met my ‘n groot oes!

Pastoor Piet & Susan Smit

Page 2: Aptytwekker janfeb 2014

3

For Christians to choose not to provide for their Children before they can provide for themselves, Or truly needy relatives is to deny the faith and become worse than an unbeliever. 1 Timothy 5:8,16. It’s the responsibility of grown children, not the state or an insurance company, to take care of their parents and relatives in their old age or illness.

Mark 7:9-13 Christ even when on the Cross dying for sins of the world, took the time to entrust His Mothers welfare to one of the Disciples. John 19:26-27. Children who grow up getting most of what they want have a predicable future. They will misuse credit, Default credit, and their debts, and be poor employees. They normally function as irresponsible members of their family and society. They will be quick to blame others about misfortunes.

Parent and Grandparents who spoil children out of love should realize that by overindulging them, they are performing acts of child abuse. This spiritual mistreatment might result in as long term

personal and social damage as the worst physical abuse.

Training our children about money and possessions begins at birth. Prov. 22:6. For better or for worse we are their tutors, every hour of the day. Parents must be more concern about Television advertising, we can develop our children’s decision making skills by asking them on the spot what an advertisement is saying? how important do you think these things are to God?

Surrounded by so much unbiblical instructions about money, we parents need strong allies. We need to teach our children the emptiness of materialism in a memorable way. God’s Word is the only true way to direct us to drink from the water of live. Rev. 22:17 Money cannot buy salvation. Riches won’t help on the day of Judgement, but, only right living can save you from eternal death. Prov. 11:4.

TRAIN YOUR CHILD WHILE HE IS YOUNG, AND HE SHALL NEVER DEPART FROM IT.

AMEN

Materialism In Christian Families (Susan Chalmers)

4

As jy God werklik wil ken en ‘n lewe

van oorgawe wil leef, bid dan die

volgende gebed met jou hele hart:

“Hemelse Vader, ek kom na U in die

Naam vanvan die Here Jesus!

U Woord sê: “Elkeen wat die

Naam van die Here aanroep, sal

gered word (Rom 10:31). Ek roep

U aan! Vergewe my die sonde wat

tussen my en U staan. Ek het

berou daaroor, want dit het U heilige

Naam onteer. Was dit weg met U

bloed, Here Jesus.

Here Jesus, ek nooi U as die Here

van my lewe, kom in my lewe om

die beheer van my lewe oor te

neem en my te wederbaar tot ‘n

nuwe skepsel.

U Woord sê: As julle wat sleg is,

weet om goeie gawes aan julle

kinders te gee, hoeveel te meer

sal julle Hemelse Vader julle die

Heilige Gees gee aan die wat

Hom bid:” (Luk. 11:13).

Ek vra U ook om my nou te vervul

met U Heilige Gees en dat dit sal

word soos strome van lewende

water wat uit my binneste kom (Joh.

7:38) terwyl ek U prys! Ek verwag

om in tale te spreek soos die Gees

aan my gee om uit te spreek

(Hand. 2:4)”

Begin om God te prys. Spreek die

woorde en klanke wat die Heilige

Gees aan jou gee - nie jou eie taal

nie. Jy moet jou eie stem gebruik.

God sal jou nooit forseer om te

praat nie. Aanbid God elke dag in

tale. Jy sal nooit weer dieselfde

wees nie!

Skakel in by ‘n Geesvervulde-

Woord-gemeente - nie ‘n kerk wat

uit skeuring ontstaan het nie. Laat

jou doop in water (Mark 16:16,

Hand. 2:38) en word deel van God

se familie!

Ons sal graag vir u

behulpsaam wil wees!

Skakel gerus vir past. Piet Smit

022-487 2200

Oorgawe gebed

Page 3: Aptytwekker janfeb 2014

5

Almal sê vir mekaar geseënde

Kersfees en wens mekaar ‘n

voorspoedige nuwejaar toe. Selfs

banke en klerewinkels doen dit

deesdae met ‘n algemene SMS.

Wanneer jou verjaarsdag aanbreek,

dan weergalm goeie wense ook. Maar

wie het al twee weke nadat hulle jou

‘n geseënde Kersfees toegewens het

gevra of dit gebeur het? Het jy toe die

Christuskind se ware vrede ontdek

soos wat elke SMS jou toewens? Het

iemand wat goeie wense oor jou vir

die nuwejaar uitgespreek het al laat

weet hulle bid steeds dat daardie

wense waar sal wees in jou lewe?

Wanneer ouers vir hulle kinders wat

reeds werk of studeer iets sê soos:

“Ry veilig,” dan bel hulle gewoonlik

later, of stuur ‘n SMS, om te hoor of

die kinders wel voorspoedig gereis

het. Bedoelende, hulle volg hulle

goeie wense op met die regte dade.

Maar omtrent niemand doen dit wat

mekaar sulke lewensveranderende

dinge toewens soos: “Mag al jou

drome in die nuwejaar waar word”

nie. Wag, ek sê nie mense is

skynheilig as hulle goeie wense met

mekaar deel nie. Dit is regtig ‘n mooi

gebruik! Wat ek wel sê, is dat ons as

navolgers van die Here dit ernstig

genoeg moet bedoel om hierdie

wense op te volg deur verdere

woorde en dade van omgee. Moenie

wag dat ander dit eers aan jou doen

nie. Volg Jesus se Goue Reël na in

Matteus 7:12. Dit wat jy wil hê ander

moet aan jou doen, moet jy eerste

aan hulle begin doen! Dink net hoe jy

die wind uit mense se seile sal haal

as jy hier in die tweede week van

2014 ‘n opvolg SMS of telefoon

oproep aan hulle stuur om te hoor of

die wense wat jy oor hulle afgebid het

besig is om te gebeur. Of as jy

daardie einste wense nogmaals

herhaal en hulle verseker dat jy hulle

gereeld aan die Here sal opdra om dit

te bewaarheid.

Stefan Joubert

Klip in die bos:

Goeie wense is nie genoeg in 2014 nie

6

VORIGE KEER SE ANTWOORD

Ons lees in Rig. 9:6 van Abimeleg wat koning was in Israel nog voordat Saul koning geword het. Tannie Magriet Smit het ook ‘n goeie antwoord gegee: “Die eerste Koning van Israel was die Here (1 Sam. 8:7).” Kom ons neem dit ook as reg. Pragtig tannie!

HIERDIE KEER SE VRAAG

Watter volk het eerste vir Israel aangeval na hulle uittog uit Egipte?

SOEK DIE ANTWOORDSOEK DIE ANTWOORDSOEK DIE ANTWOORDSOEK DIE ANTWOORD

EEEE lke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel.

Hoekom?

Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse.

Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop.Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd. Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees? Laat hoor van jou en ons sal jou help.

Past. Piet Smit

WIL JY GEDOOP WORD?

Page 4: Aptytwekker janfeb 2014

7

God sê: .. My kind die foute wat jy gemaak het, bepaal nie wie jy is nie ... Wie jou gemaak het bepaal wie jy is ...

En dis EK – jou hemelse Vader. Die prys waarvoor iets gekoop word bepaal die waarde van 'n item... En die enigste prys waarmee Ek jou kon koop, was met My lewe..

◊ Kom kyk vir 'n slag na jouself deur My oë. - - Ek ken jou potensiaal,

◊ Ek weet waartoe jy instaat is.

◊ - Ek ken die wenner binne in jou. Ek ken jou mooi hart.

◊ Ek ken jou sagte persoonlikheid.

◊ Ek sien 'n pragtige mens

wanneer Ek na jou kyk..

Dalk was daar dae wat jy gesê het jy glo nie in My nie, maar Ek sê vandag vir jou:

Ek glo in jou!!

Ek wil jou seer wegvat, jou glimlag weer terug sit op jou

gesig. Ek wil jou weer laat glo jy kan. Ek wil jou optel en styf teen My bors vasdruk en vir jou wys Ek beplan vir jou 'n mooi toekoms.

Bly altyd Glo... want dis Hemel op Aarde

saam met God."

∞∞∞∞∞

(Ingestuur deur Elna Huisamen)

God gives HOPE to those who DREAM, GIVES miracles TO THOSE WHO believe,

He NEVER LETS DOWN THOSE WHO trust & HE never leaves those who WALK with HIM!

8

(Vervolg vanaf Desember 2013)

As ‘n mens aan daardie pypleiding verbind word, dan vloei die Goddelike ware lewe in hom in.

Toe sien ek skielik in die Gees dat daardie Goddelike lewe deur Hom na my toe ook vloei, omdat ek geglo het.

Dit was ‘n besondere ondervinding. Ek weet nie hoe om dit in woorde te stel nie. Dit was ‘n geestelike substansie wat deur Hom in my ingevloei het. Dit het beide die eienskap van ‘n ,vloeistof’ (die Bybel vergelyk die lewe van God met water) en van ‘n ,gas’ gehad (God se Woord praat van hierdie selfde lewe as die asem van die Here). Die openbaring was so groot, so Goddelik, dat ek van my stoel opgespring en voor die venster gaan staan het. Wie sou kon bly sit voor so ‘n magtige Saligmaker en God! Dit was asof ‘n ongekende krag deur my wese gevloei het. Ek het besef dat dit die bloed van Jesus, die lewe van Jesus, die ewige lewe was. ,,Soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” (Joh. 3:14,15).

Skielik het dit vir my duidelik geword: Jesus was die hemelse ,,tuinslang” wat met die kruis van Golgota verbind was. As ons deur geloof in Hom onsself ook aan die kruis verbind, dan vloei daardie lewe in ons in.

Vir drie dae en nagte het ek ‘n heerlike gevoel gesmaak, iets soos ‘n sagte elektriese stroom wat deur my vloei. In Lukas 24:49 praat Chistus van ,,krag uit die hoogte”, naamlik die Heilige Gees of Gees van die lewe!

Gedurende dieselfde jaar (1939) het die Here my twee ander belangrike dinge geleer. Soos reeds vermeld, het ek finansieel die bodem bereik. Toe ek al my sake aan die Here oorgegee het, het Hy ook op dié gebied vir my begin onderneem.

Eerstens het Hy my deur sy Woord getoon dat ek tien persent van my inkomste aan sy werk moes gee, sodat Hy die orige negentig persent kan seën. Verstandelik het ek dit aanvaar, maar ek was te bevrees om dit uit te voer, omdat ek so diep in die skuld was. Ek het begin bid, en duidelik het die stem van die Heilige Gees gesê: ,,Vra die Here vir die liefde en genade om gehoorsaam te wees en nieteenstaande jou groot finansiële probleme, op Hom te vertrou.”

Hy het my verhoor, en ek het krag ontvang om my tiende vir sy koninkryk te gee. Daar het ek een van die wonderlikste dinge in my lewe gesien. Van alle kante het God se seëninge na my gestroom. Pasiënte het van oral in die land gekom, selfs van ander dele van Afrika. In vyftien maande het my inkomste vyfmaal verdubbel, sodat ek twee tiendes en selfs drie tiendes

(Vervolg op bl. 15)

AL BRUIS DIE JORDAAN(Deur: Tant Sannie de Ferriers)

Page 5: Aptytwekker janfeb 2014

9

My beskrywing van die oudste fisiese aktwititeit kan in een woord uitgedruk word: s-t-a-p. Selfs voor Eva, is Adam die opdrag gegee om te sorg vir die Here se tuin. Dit was ‘n werk wat nie gedoen kon word sonder om stap nie. Daaropvolgende ontwikkeling van ons spesie het self nog meer stap vereis. As jy elke dag drie kilometer teen ‘n vinnige tempo (en met lang treë en groot armbewegings) stap, hou dit die volgende voordele in: Dit verhoog ensiem- en metaboliese aktiwiteite en kan kalorie-verbranding vir twaalf ure na die tyd verhoog! Moenie tyd mors deur na parkeerplekke naby aan jou bestemming te soek nie - soek ‘n parkeerplek ver weg en stap dan daarheen. Hierdeur slaan jy twee vlieë met een klap - jy bereik jou bestemming én jy kry ook

gesonde oefening in. (En vergeet van die hysbakke en roltrappe, vat die trappe.) Gaan stap op die strand of tot by die winkel op die hoek, moet net nie gemorskos koop vir die pad terug nie. Ry fiets, wandel deur jou woonbuurt

en stap deur die winkelsentrum indien die weer sleg is. Funksionele fiksheid Funksionele fiksheid is ‘n sisteem van oefeninge wat waarlik holisties is. Dit benut

bewegings wat natuurlik is vir die liggaam en verbeter die gesondheid en sterkte van elke spier. Anders as tradisionele liggaamsbou, fokus funskionele fiksheid daarop om die sterkte van die liggaam se binneste te verbeter (dus die buik en die lae rug), wat ook baie van ons belangrike organe huisves.

(Vervolg volgende maand)

DIE SKEPPER SE DIEET

(Jordan S. Rubin)

Stap

10

FOTO-NUUS

Senior Geselligheid - 2 November 2013

Register vir die Toekoms - 10 November 2013

Ons Seniors het by Die Herehuis ‘n Middagete saam geniet.

Elize Killian & Minnie Muller

Gwyneth & Dave Berger

Eugene & Mariaan Erasmus

As iemand enige hulp nodig het oor Aborsie moenie versuim om ons te

kontak nie.

022-487 2200

‘n Opvoering oor ongewensde swangerskap en die keuse van aborsie.

Selle Afsluiting - 24 November 2013

Die Huisselle het almal gesing, opgevoer of gemimiek.

Page 6: Aptytwekker janfeb 2014

11

Besoekende Prediker

17 November 2013 Wat ‘n feestelike geleentheid. Elkeen se bydrae en hulp het dit ‘n groot sukses gemaak. Ons dank elkeen wat kom kos koop het. Die Here seën elke poging wat ons aanwend. Ons prys die Here!!!

Kersliggie Mark - 29 November 2013

Kinderkerk Afsluiting - 1 Desember 2013

Ons kinderkerk het weer ‘n pragtige afsluiting aan gebied. Past. Piet Smit se boodskap nl. Die wysheid van ’n dassie.

David en

Goliat!

Regs en onder is die kinders wat tuusen 98 & 100% bewoning gekry het. Baie geluk aan die ouers wat hulle aangemoedig het.

Michaela Smit het 100% gekry.

Salomé Erasmus Geraldine Losper Cohen Mouton Lawrence Roberts Anrich Cloete

Past. Francios Bredenkamp van New Zealand het ons besoek en die Woord bedien.

Mark 10:13 - 16 Laat die kindertjies na my kom en

verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.

12

FOTO-NUUS vervolg

Franco v/d Merwe

Toewyding - 3 November & 8 Desember 2013

Zoë v/d Westhuizen Wian Bester

Yolandi v/d Merwe het ons met ‘n pragtige lied bedien.

Lynette Swart Merilyn Julies

Doopdiens - 17 November 2013 & 12 Januarie 2014

Liaan Pietersen

Middernagdiens -

31 Desember 2013

HIGHER EDUCATION MINUS THE HIGH COSTS

A better education at a better location

- the local church.

♦ Affordable

♦ Community learning ebviroment

♦ State-of-art technoly

♦ Character formation programme

♦ Christian ethos

♦ Accredited degree, diploma and

certificate programmes

email: [email protected]

national hoteline: 08 77 55 77 55

www.cornerstone.ac.za

Page 7: Aptytwekker janfeb 2014

13

♦ WAAR IS SUSTER GEBORE? Buitekant Springbok op ‘n plaas. ♦ WATTER SOORT WERK DOEN SUSTER? Pensionaris ♦ BEOEFEN SUSTER ’N SPORT? Nee, al sport wat ek beoefen is brei en hekel. ♦ WAT WAARDEER JY DIE MEESTE IN DIE GEMEENTE? Die liefde en die vriendelikheid.

♦ WIE IS JOU ROLMODEL INDIEN ENIGE? Pastoor Piet Smit ♦ WIE IS SUSTER SE GUNSTELING GOSPEL SANGER Romanz ♦ WAT IS JOU GROOTSTE GETUIENIS? Dat die Here my al soveel keer beter gemaak het, toe ek so siek was, en net elke keer opgetel het van onder af.

♦ WAT IS JOU GUNSTELING GEREG? Afval & biltong potjie. ♦ HOE ONTSPAN SUSTER? Lees boeke. ♦ WAT SOU JY GRAAG WOU DOEN INDIEN MOONTLIK? Sou graag nog gewerk het. ♦ WAARVOOR IS JY BAIE DANKBAAR? Dat ek gered is.

♦ WAT BEGEER SUSTER NOG VAN DIE HERE? Dat al my kinders gered sal word.

♦ WAT FRUSTREER VIR SUSTER DIE MEESTE? Mense wat skinder.

♦ WAT IS VIR JOU DIE MOOISTE MENSLIKE EIENSKAP? Liefde

oOo

ONS STEL BEKENDONS STEL BEKENDONS STEL BEKENDONS STEL BEKEND

Hierdie maand gesels ons met

Elize Kilian

14

Mense met gejaagde harte kom net nooit tot rus nie. Haastige harte se eienaars jaag van een dag na die ander. Nooit is daar tyd vir stilsit en niksdoen nie. Daar's altyd nog 'n vergadering om by te woon, of nog 'n dringende afspraak wat wag. Daar's nie tyd vir onbenullige dinge nie. En vir God? Ja, miskien wanneer daar 'n gaping in haastige hart mense se oorvol dagboeke is, sal hulle 'n vinnige kniebuiging in die rigting van die Here maak. Maar dan ook net wanneer dit iewers inpas!

Haastige hart mense reël en reguleer alles in hulle lewens haarfyn volgens hulle dagboek skedules. Hulle frustrasie loop omtrent oor as die verkeer onverwags opdam, of as mense ongenooid by hulle opdaag.

As jy haastige hart siekte het, dan moet jy dadelik 'n hartoorplanting kry. Dan moet jy die Here vra om jou tot stilstand te bring voordat jy jouself doodjaag.

Vir wat is jy so haastig?

Net sodat mense kan sê jy's toe vinnig dood ook? Die Here vra dat jy Hom vertrou om 'n Vader vir jou te wees wat voorsien in al jou behoeftes

(Matteus 6:25-33).

Glo dit, dan kan jy rustiger slaap én minder leef asof alles van jouself afhang.

☼☼☼☼☼

Haastige harte (Stefan Joubert)

Page 8: Aptytwekker janfeb 2014

15

aan sy werk begin gee het. Ek kry skaam om te sê dat ek net drie tiendes gegee het, want Hy is waardig dat mens alles vir Hom kon gee!

Ek het ook die groot les geleer dat die Here ons seën volgens ons gehoorsaamheid. As ons begeer om sy seën op ons werk te behou en dat Hy ons moet bewaar teen die ,,wortel van alle kwaad”, die liefde vir geld, dan moet ons vinnig ons offerhandes vermeerder soos Hy ons inkomste vermeerder. So nie word die geld maklik ‘n strik vir die geestelike lewe.

Die tweede groot waarheid wat ek gedurende 1939 in die Bydel geleer het, was Goddelike genesing. Vandat ek die lewe van Jesus in my gewaar het, het my liggaam ook trapsgewys gesond geword. Ek het verstaan dat Hy die Geneesheer van die siel sowel as die liggaam is, en ek het begin om vir my pasiënte te bid. Ek was heeltemal onkundig omtrent gebed: ek het net altyd met my Hemelse Vader gepraat. Saans as die ander mense gaan slaap het, het ek altyd na die daktuin gegaan van die gebou waar ek gewoon het. Daar het ek rondgestap met my oë opgehef na die hemel, en al my dankbaarheid en probleme, soms met baie trane, aan my God vertel.

Ek onthou die geval van een van my pasiënte wat vir vyftien jaar lank baie ernstig aan maagswere gely het. Hy het ‘n paar operasies en

baie soorte behandeling ondergaan, maar sonder enige sukses. Soms het hy dag en nag hardop geskreeu van pyn. Op hierdie stadium het hy na my gekom en my gevra om vir hom ‘n dieët uit te werk.

Na ‘n paar weke was hy nog net so siek. Ek het die Here gebid om hulp en gesê: ,,Ag Here, ek kan nie sy geld neem en hy word nie gesond nie.” Die Here het my ‘n Bybelversie gegee wat ek vir hom moes gee. Toe ek met hom daaroor praat, vind ek uit dat hy ‘n verkoelde Christen was.

Ek het hom my getuienis vertel en hy is oortuig van sy sondige toestand. Sy hart was vol haat en nyd teenoor ander mense. Ek het hom verder vertel dat, toe ek gaan belydenis en restitusie doen het, na my bekering, en sodoende my vyande ,,uit die tronk van my gedagtes vry laat gaan het”, God my ook uit my angste uitgelei het!

Hy het die waarheid daarvan ingesien, ook dat mens andere kan liefhê as God se liefde in jou hart woon. Hy het dadelik na sy werkgewer en ook na sy familie gegaan en oral verskoning gevra en bely waar hy skuldig was. Deur daardie handelswyse van hom het sy werkgewer se seun en ‘n paar ander mense tot bekering gekom. Drie weke later het hy na my teruggekom volmaak herstel! Jare later het ek hom weer ontmoet en hy was nog steeds gesond.(

Vervolg volgende Maart )

(Vervolg vanaf bl. 8)

AL BRUIS DIE JORDAAN(Deur: Tant Sannie de Ferriers)

16

Are you happy with yourself and are you happy where

you are in life and with what you have right now? To be

content is one of life's greatest assets, it is the first step

to abundant life.

Whenever I'm disappointed with my spot in life, I stop

and think about little Jamie Scott.

Jamie was trying out for a part in the school play His

mother told me that he'd set his heart on being in it,

though she feared

he would not be

chosen..

On the day the

parts were

awarded, I went

with her to collect

him after school.

Jamie rushed up to her, eyes shining with pride and

excitement.. 'Guess what, Mom,' he shouted, and then

said those words that will remain a lesson to me....

'I've been chosen to clap and cheer.'

(Kobus Seegers)

Indien jy wil adverteer in ons maandelikse boekie kontak:

022-487 22 00

@ net R20 per maand

Page 9: Aptytwekker janfeb 2014

17

Gebed is nie 'n doel in sigself nie. Gebed bring ons in 'n verhouding met God ons Vader, Jesus en die

Heilige Gees. Wanneer ons in gemeenskap met Jesus begin leef, sal Hy sy hart vir ons wys en sal Hy ons neem na mense in nood. Die doel van gebed is onder andere om ons te versterk om die Groot Gebod (jy moet die Here jou God liefhê en jou naaste soos jouself) en die Groot Opdrag (gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies) uit te voer. Ons bid nie net om te bid nie. Ware gebed lei altyd tot aksie: om mense se lewens met die liefde en medelye omgee van die Here Jesus in aanraking te bring (touching people's lives...).

☺☺☺☺

18

MET ‘N DOELMET ‘N DOELMET ‘N DOELMET ‘N DOEL

Onthou, elke fout wat u in hierdie uitgawe mag vind,

is daar geplaas met ‘n doel. Daar is diegene wat altyd

soek vir ‘n ou foutjie. Ons wil graag almal bedien en hulle nie teleurstel nie!!!

oOo

MyMyMyMy pa het my geleer jy spreek nie

mense op hulle vanne aan nie. Net as jy ’n korporaal of so iets is, doen jy dit. Mense het name. Gebruik dit. Vermy ook neerhalende byname. Leer by die Here. Hy beskou elkeen wat in Hom glo so belangrik dat Hy ons op ons name aanspreek. Nee, Hy noem ons nie eens sondaars of geredde sondaars nie. Hoor hoe mooi stel 1 Johannes 3:1 dit:

“Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het. Hy noem ons kinders van God en ons is dit ook.” Daar het jy dit. God ken ons persoonlik. Hy gee ons menswaardigheid aan ons terug. In sy oë is ons nie nommer drieduisend miljoen vyf honderd en tagtig, of so iets nie. Ons waarde is uitermate hoog omdat Christus ons duur gekoop het. Kom ons respekteer

ander mense se waardigheid deur hulle hoflik op hulle name te ken. Hierdie soort respek kos ons niks. Dit wys dat ons iets begryp van ander se kosbaarheid. Doen dit ook teenoor mense wat jy as onbelangrik beskou. Immers, die egtheid van jou geloof wys ook in die maniere hoe jy mense hanteer wat nie die lewe se glans-kante ken nie.

‰ Anoniem ‰

Mense het groot waarde; behandel hulle so!

Page 10: Aptytwekker janfeb 2014

19

Wat sê Jesus, waaraan sal die wêreld weet dat ons Sy dissipels is? Ja, hoe sal die wêreld weet dat ons as gemeente regtig aan Hom behoort? Die enigste bewys wat ek in die Woord vind wat die Here Jesus Self gegee het is die liefdes-toets: Joh. 13:35 – “Hieraan sal almal weet dat julle My dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.”

· Nie ons groot en indrukwekkende modieuse kerkgeboue nie. · Nie ons getalle. · Nie ons geld. · Selfs nie wonders en tekens nie, maar liefde onder die kinders van die Here! Hierdie liefde is nie die tongliefde of die voorportaal-liefde waarmee ons soms baie goed in is. Maar die liefde waarvan die Bybel praat is baie dieper as dit. Daadliefde · 1 Joh. 3:18 – “My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.” · 1 Joh. 3:17 – “Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom?” · Jak. 2:16 – “en een uit julle sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie—wat baat dit?”

Die egte liefde is wanneer ek my broer of suster sien gebrek ly maar deur die Here se genade geniet ek oorvloed, dat ek dan sal uitreik na hom of haar en my hand in sy sak sal steek en vir hulle sal versorg met dit wat hulle nodig het. As ek merk dat my broer se skoene is gedaan en ek weet hy het nie om vir homself ander te koop nie, dat ek hom sal neem na ‘n skoenwinkel en vir hom sal sê: “Kom my broer, kies vir jou ‘n paar wat jy nodig het.” Egte liefde is, wanneer ek agter kom dat die gesinnetjie in die gemeente het bitter min om van te lewe, dat ek vir hulle ‘n sakkie aartappels en vleis en ander kruideniersware sal gaan koop. Of die gemeente sal saamstaan en fondse genereer om die behoeftiges te versorg.

Kan ons net dink hoe sal dit die Vader se hart verbly! Hoe sal dit hulle wat behoeftig is se hart verbly en wanneer die wêreld dit aanskou of dit word rugbaar, hoe hulle sal erken: “Dis kinders van die Here daardie, kyk net hoe sorg hulle vir mekaar!”

GEBED Hemelse Vader, ons praat baie maklik oor liefde dat dit ‘n wonderlike eienskap is. Maar so min kom dit by die uitvoering daarvan - die daadliefde. Help ons Here dat ons by die daad sal kom, want dit is die liefde wat U soek. Amen.

(Past. Piet Smit)

20

BP Atlantic

Verskaffers van GAS en OLIE

asook groothandel DIESEL

Malmesbury Depot Schoonspruitweg 3

P.O. Box 1120 Malmesbury, 7299

Tel: +27 22 482 1967 Fax: +27 22 482 1702

www.bpatlantic.co.za

Vat/BTW reg no: 4770192344 Reg no: 200/026135/07

MMR FINANSIËLE DIENSTE

Adriaan Slabber RFPTM

Onafhanklike Finansiële Adviseur E-Pos: [email protected]

Sel:082 801 1906 Tel: 022 482 1661

Fax: 022 482 2586 Webwerf: www.makelaars.co.za

Drie Gewels Sentrum, Markstraat Malmesbury 7300

Vir betroubare, onafhanklike, Goedgekeurde Finansiële Advies sedert 1992, in Boedel; Aftree; Beleggingsbeplanning, Kortermyn en Mediesefondse

Goedgekeurde Gemagtigde Finansiële Diensteverskaffer FSB Lisensieno. 12017

Bo: Die “link” na ons facebook blad.

EPOS INVALGEDAGTE BEDIENING

Het jy toegang tot epos fasiliteit? Jy kan elke weeksdag ‘n kort

geïnspireerde boodskap ontvang vanuit die Woord.

Vra vir jou gratis inval gedagte by:

corpuschristi@cybersmart. co.za

ACVV Naskoolsentrum

(Albaniestraat, naby Laerskool)

Aansoeke vir 2014 word nou aanvaar

vir Graad R - Graad 7.

Ons bied aan:

Huiswerktoesig en ‘n veilige omgewing

tot 17:30 op weeksdae.

Vakansie toesig ingesluit.

Navrae 022-482 3096