aptytwekker apr mei 2015

20
April/Mei 2015 ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker ppetiser ppetiser ppetiser ppetiser NUUS VAN HERDERSPAAR NUUS VAN HERDERSPAAR NUUS VAN HERDERSPAAR NUUS VAN HERDERSPAAR ALLES IS VERGEWE THOMAS WAS AFWESIG BE CONFIDENT IN HIS MEDICINE DVD HOEKIE DIE VERWRONGE BEELD FOTO NUUS FOTO NUUS FOTO NUUS FOTO NUUS ONS STEL BEKEND SLAANKRAG IN LOFPRYSINGE DIE GEHEIM VAN GELUK SOEK DIE ANTWOORD GAWES VAN GOD Ps. 125:1 “Die wat op die Here vertrou, is soos die berg Sion wat nie wankel nie, maar bly vir ewig.” Op Kasteelberg naby die grot. Foto: Piet Smit A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd, Malmesbury, 7300 Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury www.agscorpuschristimalmesbury.co.za [email protected] Tel: 022-487 2200

Upload: janette-smit

Post on 21-Jul-2016

244 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Geestlike Pitkos, Maandlikse Nuusblad

TRANSCRIPT

Page 1: Aptytwekker apr mei 2015

April/Mei

2015

ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker

ppetiserppetiserppetiserppetiser

♦ NUUS VAN HERDERSPAARNUUS VAN HERDERSPAARNUUS VAN HERDERSPAARNUUS VAN HERDERSPAAR

♦ ALLES IS VERGEWE

♦ THOMAS WAS AFWESIG

♦ BE CONFIDENT IN HIS MEDICINE

♦ DVD HOEKIE

♦ DIE VERWRONGE BEELD

♦ FOTO NUUSFOTO NUUSFOTO NUUSFOTO NUUS

♦ ONS STEL BEKEND

♦ SLAANKRAG IN LOFPRYSINGE

♦ DIE GEHEIM VAN GELUK

♦ SOEK DIE ANTWOORD

♦ GAWES VAN GOD

Ps. 125:1 “Die wat op die Here vertrou, is soos die berg Sion wat nie wankel nie, maar bly vir ewig.”

Op Kasteelberg naby die grot. Foto: Piet Smit

A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd, Malmesbury, 7300

Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury www.agscorpuschristimalmesbury.co.za

[email protected] Tel: 022-487 2200

Page 2: Aptytwekker apr mei 2015

2

Liewe leser, jy moet nóú ‘n keuse maak. Jy mag nie omdraai en Jesus se liefdes aanbod van die hand

wys nie. Neem Hom aan en word gered!

DEUR PASTOOR PIET EN SUSAN SMIT

NUUS

VAN DIE

HERDERSPAAR

T erwyl ek hier skryf, dink ek aan die komende Paasnaweek. Op die Christelike kalender is dit die grootste fees wat ons as Christene vier en gedenk. Die wêreld maak baie van Kersfees. Maar vir ons wat Hom ken en verstaan waarin lê ons redding, besef die ontsettende belangrikheid van die Paas gebeure. Daarsonder géén redding!

V ele boeke is al geskryf en navorsing is gedoen rondom die kruisgebeure. Baie befaamde predikers het oor hierdie onderwerp magtige boodskappe gepreek, maar dit kan nooit reg laat geskied aan wat regtig vooraf gegaan het en dan daardie dag op die kruis gebeur het nie. Toe die Seun van God die kulminasie van Sy sending na die aarde bereik het. Jesus het aarde toe gekom om te kom sterf vir die sonde van die mens.

N og nooit is soveel pyn en foltering deurgemaak deur die onskuldige om die skuldiges te bevry.

Na regte moes óns daar gehang het vir ons oortredinge en sonde voor God. Maar op die kruishout het Jesus in ons plek gesterf. Hy die Regverdige vir ons die sondaars wat niks van Sy genade verdien het nie. Daar het Hy die volle prys betaal vir die sonde van die mens; vanaf die eerste sondedaad wat Adam en Eva gepleeg het in die Tuin van Eden tot by die heel laaste sondedaad wat iemand nog moet pleeg. Christus het ten volle vir alles op die kruis, klaar betaal. Toe Jesus in Joh. 19:30 sê: “Dit is volbring,” was Sy werk om ons te bevry, afgehandel.

D ie onbeskryflike dankbaarheid wat jou aangryp in die lig van wat Christus Jesus vir ons gedoen het aan die kruis, kan geen mens onaangeraak laat nie. Dit noop jou om ‘n keuse te maak. Óf jy neem dit aan en omhels dit met alles wat in jou is soos die boetvaardige gekruisigde, óf jy verwerp dit soos die mede-gekruisigde wat met Jesus gespot het (Luk. 23: 39 – 43).

Page 3: Aptytwekker apr mei 2015

3

Ek sluit graag aan by ’n verhaal wat ek verlede jaar in JUIG tydskrif ook gedeel het: In ‘The Capitol of the World’ vertel Ernest Hemingway die verhaal van ’n seun

genaamd Paco wat na ’n woordewisseling met sy pa wegvlug. Die pa soek orals in Spanje na sy kind, maar sonder sukses. Uiteindelik plaas hy in die dagblad El Liberal in Madrid ’n advertensie met die woorde: “Paco, meet me at Hotel Montana. Noon Tuesday. All is forgiven.” Toe daag 800 seuns met die naam Paco op daardie Dinsdagmiddag by die hotel op!

H oe honger is mense nie vir vergifnis nie! God het ons gemaak om te

smag na sy hemelse aanraking. Die kerkvader Augustinus skryf tereg in sy outobiografie: “Here, U het ons vir Uself gemaak en ons hart is rusteloos totdat dit rus vind in U!” Daar’s ’n God-nood diep in ons verpak. Ons honger en dors na die Here, al wil ons dit nie aldag erken nie. God gee nooit op met ons nie. Hy hou altyd ons binne sy genade-visier. Die Here ken ons koördinate. Sy hemelse GPS is haarfyn ingefokus op ons doen en late.

J esus is God se Een-Man soekgeselskap hier op aarde. Hy is

dag en nag op die hakke van sy Vader se verlore eiendom. Hy is ook op die hakke

van God se kinders wat op slegte afdraaipaaie uithang. Wanneer Jesus ons naam en adres het, dan moet ons maar weet: ons kan hardloop, maar nie weghardloop nie. Ons kan vlug, maar nie wegvlug nie. Ons kan kruip, maar nie wegkruip nie.

G od wil ons naby Hom hê. Hy het ons geskep én herskep vir koinonia,

gemeenskap, met Hom en mekaar. Hy het vir ons plek gereed gemaak by Jesus se fees wat tot ’n ewigheid anderkant die dood aanhou. Daarom dat ons om elke hoek en draai in die Bybel hoor: “Alles is vergewe!” Jesus se sterwe in ons plek onderstreep dit met hoofletters. Hy oorstroom ons lewens met genade. Gaan staan met bedelaarshande voor Christus, dan stap jy vry daar weg. Hande vol ewige lewe, oorvloed en genade is dan joune.

N og goeie nuus is dat God nie ’n kwotastelsel vir vergifnis het nie. Ons

het nooit so ver geval dat Jesus ons nie kan vang in sy genadegreep nie. Jesus se nuwe vergifnis formule volgens Matteus 18 is sewentig maal sewe. Ad infinitum. Oneindig. Vir altyd en aanhoudend! Hy hou nooit boek as dit by vergifnis kom nie. Hy tel nie hoeveel keer ons Hom al om vergifnis kom vra het nie.

N atuurlik het ons nie ’n lisensie gekry om droog te maak nie. Maar as ons

wel die slag die pad byster raak, dan kan ons weet Jesus spesialiseer in struikelendes soos ons. Hy bring genadebedelaars se saak voor God graag in die reine. Hy maak die boeke toe. Hy begin elke keer oor en voor. Daarom dat daar soveel dringende notas en **** “advertensies” regdeur die Bybel wat ons na Christus toe nooi. Hoor asseblief weer: “Alles is vergewe!” »

DEUR

STEFAN JOUBERT

AllesAllesAlles IS VERGEWEIS VERGEWEIS VERGEWE

Ons honger en dors na die Here, al wil ons dit nie aldag erken nie.

Page 4: Aptytwekker apr mei 2015

4

Thomas was baie lief vir die Here Jesus. Hy het al sy familie vaarwel gesê en altyd saam met Hom en die ander dissipels gegaan as Hy op die sy reise na verskillende dorpe gegaan het om vir die mense te preek en hulle siekes gesond te maak. Nou was hulle harte baie seer want die slegte mense het die Here Jesus gekruisig en begrawe. Thomas was seker baie moedeloos, hy het seker gevoel hy is nie eers lus om vanaand kerk toe te gaan nie. Die ander dissipels het maar getrou op die gewone tyd bymekaar gekom. Hulle het die deure toegesluit omdat hulle bang was vir die mense wat hulle Meester doodgemaak het. Hulle harte was ook baie seer en hulle was seker baie moeg want hulle het seker nie eers geslaap van bekommernis nie. Maar hulle het gevoel hulle wou nie ontrou wees nie, as dit tyd was vir hulle kerk dan moes hulle daar wees. Skielik, hier staan die Here Jesus tussen hulle! Hulle kon nie hulle oë glo nie want al die deure is dan toegesluit! Met Sy liefdevolle, mooi oë kyk Hy vir hulle, steek toe sy hande oor hulle uit en sê: “Vrede vir julle!” O was hulle nie bly nie! Hulle het seker eerste gedink: “Ag, waar is arme Thomas tog! Hy sal so sleg voel omdat hy nie sy Meester gesien het nie! Waarom was hy tog nie vanaand hier gewees nie! Kan

julle dink hoe seer sy hart was toe die ander dissipels vir hom vertel dat hulle die Here Jesus gesien het. Ek dink hy was baie kwaad vir

homself en het gese: “ Ek sal nooit weer afwesig wees

nie, want kyk wat het ek nou verloor.

“ Kinders, hier is ‘n baie mooi les in opgesluit. Dit betaal om getrou op jou pos te wees. Dikwels bly ‘n kind sommer van die skool af weg vir ‘n geringe rede. Miskien lyk dit na reën, miskien het jy effens hoofpyn of tandpyn of maagpyn of voel ‘n bietjie moeg, en dan bly jy sommer tuis en dink: “Ag dis net een ou daggie, dit sal nie juis iets maak nie. “ Ander draai dikwels stokkies en sê: “Waarom kan ek nie ook ‘n bietjie lekker tuisbly vandag nie!” Weet jy, dikwels doen kinders dit en net op daardie dag word miskien iets baie belangrik behandel in die skool waaroor meer as een vraag van die eksamen sal gaan. As jy nou afwesig was en jy kom daardie vrae op die eksamenpapier teë, sal jy nie in ‘n groot benoudheid wees nie? Dit mag die oorsaak wees dat jy druip! Hoe sal jy nie huil en jouself

verwyt nie, maar dan is dit te laat. Sorg liewer dat jy elke dag op jou skoolbank sit en as die eksamen kom sal jy ‘n groot beloning kry.

Storie tyd .....

THOMAS

was

AFWESIG

Joh.20:24,25 - En Thomas was nie saam met hulle toe Jesus

gekom het nie. Die ander dissipels sê toe vir Hom: “Ons

het die Here gesien.”

Page 5: Aptytwekker apr mei 2015

5

Sommige kinders bly so maklik weg van die kerk of Sondagskool of kinderkrans en dit is net so gevaarlik. Net juis in daardie sondagskoolklas of kerkdiens wat jy mis, sou miskien ‘n geseënde boodskap wees wat die Here

Jesus spesiaal stuur om jou aan te moedig en te help op die pad na die lieflike hemelland. Deurdat jy toelaat die die ou duiwel jou sommer vir ‘n geringe ou

dingetjie terughou mag jy miskien daardie kans vir altyd verloor.

Onthou Thomas se groot teleurstelling en sorg dat jy elke dag by die skool is en dat jy nooit ‘n sondagskool of

kerkdiens mis nie.

Uit die boek van Tant Sannie de Ferriers KOM ONS VERTEL STORIES

Inkleur prentjie

Page 6: Aptytwekker apr mei 2015

6

HHHH aving done all,

to stand.

Stand....

Ephesians 6:13-14

As you put God’s prescrip�on for

health (Proverbs 4:20-24) to work in your

life, don’t be discouraged if you don’t see

immediate results. Although many &mes

healing comes instantly, there also are

&mes when it takes place more gradually.

So don’t let lingering symptoms

cause you to doubt. A*er all, when you go

to the doctor, you don’t always feel be+er

right away. The medica&on he gives you

o*en takes some &me before it begins to

work. But you don’t allow the delay to

discourage you.

When you take God’s medicine you

are really “trea�ng” your spirit, which is

the source of supernatural life and health

for your physical body.

So release that same kind of confi-

dence in God’s medicine. Realize that the

moment you begin to take it, the healing

process begins. Keep your expectancy

high and make up your mind to con�nue

standing on the Word un�l you can see

and feel the total physical effects of God’s

healing power.

When the devil whispers words of doubt

and unbelief to you, when he suggests

that the Word is not working, deal with

those thoughts immediately. Cast them

down (2 Corinthians 10:5). Speak out loud

if necessary and say, “Devil, I rebuke you. I

bind you from my mind. I will not believe

your lies.” Then say for your own hearing

and benefit something to confirm your

faith like, “God has sent His Word to heal

me, and His Word never fails. That Word

went to work in my body the instant I be-

lieved it. So as far as I am concerned, my

days of sickness are over. I declare that

Jesus bore my sickness, weakness and

pain, and I am forever free.”

Then, “having done all,

to stand. Stand…” un&l your

healing is fully manifest (Ephesians 6:13-14).

Steadfastly hold your ground. Remember,

your confidence is in God’s Word, His

medicine...not in your symptoms. »

Be confident

in

HIS Medicine

DEUR GLORIA COPELAND

Page 7: Aptytwekker apr mei 2015

7

DVDDVDDVD

Word WIE God jou gemaak het.

’n Moet kyk vir man en vrou. Waar was God? Waar was God toe ek Hom nodig gehad het! ! Ek haat God! Ek glo nie Hy bestaan nie. Ek het na Hom geroep en Hy het nie gekom nie. Dit was die uitroep van die een vrou vir wie ek moes gaan bid. Ek het getwyfel of ek moet gaan en die Here gevra wat ek moet doen. Die Here het geantwoord: Al het jy jou eie skape, moet jy gaan. Almal behoort aan My en jy is my dienskneg en as hulle na jou vra, hunker hulle na My en moenie meer van jouself dink as wat jy behoort te dink nie, Engelsman. Vir die eerste keer in my lewe staan ek sprakeloos. Weet ek nie wat om vir hierdie vrou te sê nadat ek haar verhaal aangehoor het nie en ek dink by myself: “Oh God what do I tell this woman?” en God sê vir my om aan haar sê: My kind, Ek het al jou trane opgevang in ’n glas hier in die hemel ......... Later sê ek vir haar: Ek gee jou permissie om die God wat ek dien te haat sodat jy kan leegloop van jou haat en jy die kapasiteit kan hê sodat Hy jou met Sy liefde kan volmaak. Mense, mense, julle moet hierdie DVD kyk. Dit is soos die Engelsman sê: “Beyond your wildest imagination.” Toe ek opsoek was na ’n DVD om ’n resensie oor te skryf het ek herhaaldelik voor “Word wie God jou gemaak het” tot stilstand gekom. Dit het seker so vier keer gebeur, toe moes ek maar kopgee, want duidelik wou die Here hê ek moes hierdie verhaal onder julle aandag bring. En, ja, soos gewoonlik, hou maar die snesies byderhand. »

Resensent: Ann-beth

GARY KIESWETTER

Page 8: Aptytwekker apr mei 2015

8

HHHH ier is ‘n algemene voorbeeld: As getroude, werk jy moontlik saam met ‘n aantreklike kollega. Hy of sy is uit die aard

van sy of haar werk, altyd mooi stylvol aan-getrek. By die werk sit die persoon ook net die beste voetjie voor. Die persoon is altyd aangenaam en vriendelik. Verloor nooit sy of haar humeur nie en kom altyd geduldig voor. Luister as jy praat en is simpatiek ingestel teenoor jou probleme en gereed om jou te help.

Maar hier begin die ding; die duiwel kry dit reg dat jy begin vergelyk:

• My vrou / man by die huis is altyd verslons aangetrek.

• Haar / sy werksklere is altyd vuil.

• Gewoonlik is sy / hy tog so onvriendelik.

• Sy / hy het nooit tyd om te gesels nie.

• As ek praat, luister sy / hy nie eens nie.

As die vyand jou eers by die vergelyk-stadium gekry het, gaan hy oor tot die volgende stap. Hy fluister so mooitjies in jou oor:

• Sal dit nie wonderlik wees om by die huis te kom na werk en so ‘n fantastiese vrou / man ontvang jou by die huis nie?

• Om langs so ‘n vrou / man in die oggend wakker te word, moet mos wonderlik wees.

STOP NET DAAR!

Jy weet nie hoe lyk en hoe gaan dit daar by haar / of sy eie huis nie. Hoe bleek lyk sy wanneer die grimering afgewas is en wanneer sy in ‘n gewone huisdra rokkie is nie? Dalk lyk sy dan meer verslons as jou eie vrou ...

Jy weet nie hoe praat sy met haar eie man by die huis nie. Dis so maklik om toneel te speel by die werk en daar ‘n blote vertoon op te sit.

So, bly maar liewer by jou eie lewensmaat. Jy weet ten minste wat jy het. Werk aan jou eie huwelik en maak dit mooi ... en bly bo alles aan God getrou!

GEBED

Here, ek sal nie toelaat dat die vyand dit regkry om my te bedrieg met sy verwronge beeld nie. Ek kies om aan my eie vrou / man getrou te bly!

Amen. »

DIEVerwrongeBEELD

Die duiwel het ‘n subtiele manier om sonde aantreklik te

laat lyk. Hy kry dit dikwels reg om ‘n verwronge beeld

van sonde te skep.

DEUR PASTOOR PIET SMIT

Page 9: Aptytwekker apr mei 2015

9

(Vervolg vanaf Maart)

V ierdens. My moeder het tot op daardie stadium altyd die meisies in wie ek belanggestel het afgekeur en

selfs koud behandel. Soms het haar trane vrylik gevloei, en met ‘n gebroke hart het sy die Here gesmeek om my van een verhouding na die ander te verlos. Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat sy jaloers was, en my nie wou toelaat om te trou nie, omdat sy dan eensaam sou wees. Hoe verkeerd was my oordeel!

Een oggend, in my evange-liesentrum (vroeër my spreekkamers) kon ek duidelik aan my moeder bemerk dat sy iets baie ernstig op haar hart het. Wat was ek verbaas toe sy my daardie môre met trane meedeel dat sy ,,daardie jong evangeliste” innig lief het, en verlang om haar as haar eie dogter te hê! ,,Dit kan alleen geskied as jy met haar trou, my seun,” het sy snikkend gesê. Onder trane het ons mekaar omhels, en ek het erken dat ek ook oortuig was dat Sannie van Graan die Here se volmaakte keuse vir my was. Saam het moeder en ek voor Hom gekniel en gevra vir verdere leiding.

V yfdens. ,,Wat nou van die bevestiging deur die heilige Skrifte?” het ek vir myself gesê. Dit was die

dag wat ek bepaal het dat die Here my die laaste teken omtrent sy wil moes gee. Ek het verwag dat Hy op bonatuurlike wyse ‘n Bybelteks sou aanwys. Ek was juis besig om Spreuke te lees, een hoofstuk elke dag. Ek maak my Bybel die dag oop om te begin, en vind dat dit hoofstuk een en dertig sou wees. Groot was my verwondering oor die wysheid van God. Vanaf die tiende tot die een en dertigste verse handel oor ,,die deugsame vrou.” Die Heilige Gees het my duidelik te kenne gegee dat dit die verlangde leiding uit sy Woord was. Met vrymoedigheid kan ek sê dat hierdie Skrifgedeelte my dierbare vrou se lewe deur die jare heen volkome weerspieël.

Wat meer kon die Here doen om my te oortuig?

Kort daarna, Saterdag 20 Mei, het ek na baie gebed ‘n afspraak met haar gemaak. Ek het die hele saak van die leiding wat ek van die Here ontvang het, gestel, en haar gevra om my vrou te word. ,,Ek sal my Meester vra” was haar antwoord, ,,en is gewillig om te doen wat Hy my sal beveel.”

‘n Paar dae later het ek ‘n telefoonoproep ontvang: ,,Kom oor vannaand en dan gesels ons verder,” het sy gesê. Hoe het my hart geklop van vreugde toe sy my meedeel dat sy die wil van die Here gevind het en gewillig was om met my te trou!

Op Vrydag, 27 Mei, het ons verloof geraak. ‘n Paar weke later, op Saterdag, 1 Julie 1944 (‘n datum duidelik deur die Here aangewys) is die huweliksband gelê in die teenwoordigheid van die driemaal Heilige God. Dit was ‘n onver-geetlike dag in my lewe, en nooit vir een enkele oomblik, in die jare wat gevolg het, was daar die geringste twyfel in my hart omtrent hierdie stap nie. Ek loof en dank my Heer en Meester daagliks daarvoor! My vroutjie sal nou weer verder vertel.

(Vervolg in Junie)

Al bruis

Die JordaanDie JordaanDie JordaanDie Jordaan DEUR TANT SANNIE DE FERRIERS

Page 10: Aptytwekker apr mei 2015

10

Foto nuusFoto nuusFoto nuusFoto nuusDaar is in Februarie heerlik vrugtefees (1) gehou. Dan het en vertel van die werk in Japan. ‘n Baba (3) is aan die Here toegewy.

In Maart het ‘n groep (4) saam past. Smit op Kasteelberglidmate (5 & 6) met hul kinders is voorgestel. (No.5 van linksDaleen Dolmacht, Norzita Collens. No.7 Leonie & George van Biljon en hul kinders.)

Swartland (7) boere-worsrolle en poeding verkoop ten bate hul weer pannekoek verkoop.

Hoop julle het nou lekker saam ons gekuier. Tot volgnde keer.

Almal het heerlik gesmul aan al die

verskillende vrugte wat daar was.

David & Sue Verwey

Stalletjie by die Laerskool se kermis.

Brandon-Lee & Lynette Mouton se seuntjie

word aan die Here toegewy.

1

4

3

2

7

Page 11: Aptytwekker apr mei 2015

11

Foto nuusFoto nuusFoto nuusFoto nuus Daar is in Februarie heerlik vrugtefees (1) gehou. Dan het Dawid en Sue Verwey (2) van Japan Sending ons kom besoek en vertel van die werk in Japan. ‘n Baba (3) is aan die Here toegewy.

In Maart het ‘n groep (4) saam past. Smit op Kasteelberg gaan oorslaap en wat ‘n belewenis! Dit was volmaan. Nuwe No.5 van links na regs: Anelise & Monique de Bruin, Suzette Bester, Ian & Leoni Gray,

Daleen Dolmacht, Norzita Collens. No.7 Leonie & George van Biljon en hul kinders.) Die Susters het ‘n stalletjie by Learskool worsrolle en poeding verkoop ten bate van ons kospakkie projek. By die museum se Kunsmark (8) het

Hoop julle het nou lekker saam ons gekuier. Tot volgnde keer.

Voorstelling van

nuwe lidmate.

Bergklim & Oorslaap

Stalletjie by die museum.

Stalletjie by die Laerskool se kermis.

6

5

8

Page 12: Aptytwekker apr mei 2015

12

‘n Ou spoorwegman het op ‘n byeenkoms tot bekering gekom, en is gevra om te bid. Hy het ‘n oomblik geaarsel en toe eerbiedig met ‘n bewende maar helder stem gesê: “O, Here, noudat ek die vlag gestryk het, bid ek U, neem my voete van die ruwe spoorbaan af en plaas hulle veilig bo-op die trein van redding. Laat wysheid my handlamp wees en die Bybel my hooflig. Laat die trein gekoppel wees met die sterk skakel van liefde. En, Hemelse Vader, hou alle wissels gesluit wat na sylyne uitdraai, veral die wat lei na ‘n doodloopspoor. O, Here, as dit U wil is, laat elke sinjaal langs die lyne die wit lig van hoop vertoon sodat ek die lewensreis kan aflê sonder om stil te hou. En, Here laat die tien gebooie my rooster wees. En wanneer ek die reis volgens roostertyd afgelê het en in die groot donker stasie van die dood ingetrek het, mag die superintendent van die heelal sê: “Mooi so, goeie en getroue dienaar, kom teken die betaalstaat en ontvang jou loon van ewige geluksaligheid.”. »

INGESTUUR DEUR SAM ROBERTS

Page 13: Aptytwekker apr mei 2015

13

♦ WAAR IS JY GEBORE? Grabouw

♦ WATTER SOORT WERK DOEN JY? Assistent Verpleegster by Aandskemering

♦ HOE SPANDEER JY JOU VRYE TYD? Maak my huis skoon en lees graag.

♦ WAT WAARDEER JY DIE MEESTE IN DIE GEMEENTE? Die omgee vir mekaar.

♦ AS JY ‘N BYBELKARAKTER KON NOOI WIE SOU DIT WEES & WAT SOU JULLE EET & WAAROOR SOU JULLE GESELS?

Jonatan Vrugte Omgee vir mekaar, die liefde en die waardering.

♦ NA WATTER MUSIEK LUISTER SUSTER GRAAG? Jimmy Swagart

♦ WAT IS DIE GROOTSTE WONDER WAT DIE HERE AL IN JOU LEWE GEDOEN HET?

Dat Hy my gered het.

♦ WAT BEGEER SUSTER NOG VAN DIE HERE? Dat Hy my geloof sterker sal maak.

♦ WAT SOU JY GRAAG VIR DIE HERE WOU DOEN INDIEN MOONTLIK? Siele wen vir die Here in die gemeenskap.

♦ WAARVOOR IS JY BAIE DANKBAAR? Vir ons as huisgesing wat die Here dien.

♦ WATTER EIENSKAP IN JOU LEWE FRUSTREER VIR JOU DIE MEESTE? Ongeduld.

♦ WAT SIEN JY AS DIE MOOISTE MENSLIKE EIENSKAP? Liefde

♦ WAT LAAT JOU GLIMLAG? Blydskap

♦ WAT SIEN JY AS DIE SIMBOOL VAN CHRISTENSKAP? Kruis

ONS STEL ONS STEL ONS STEL ONS STEL

BEKENDBEKENDBEKENDBEKEND

Hierdie maand gesels ons met

Ursula Harker URSULA, ROXANNE & BRAIN HARKER

Page 14: Aptytwekker apr mei 2015

14

E k is seker jy het hierdie bordspeletjie hordes kere as kind gespeel. Die doel van die speletjie is om eerste by die eindpunt uit te kom, maar

soms is jy gelukkig en jou merkertjie beland gereeld op 'n leertjie en jy vorder vinnig tot by die eindpunt. Maar o wee, met my geluk beland ek kort kort op 'n slangetjie en dan is ek maar weer net waar ek begin het.

Is die lewe nie ook maar so nie? Party mense tref net altyd die goeie geluk, maar ander nie. Die lewe is op en af, en soms gaan dit vir jare klopdisselboom, en dan eendag, uit die bloute tref 'n tragedie of slegte omstandighede jou en dan voel dit of jy reg van voor af moet begin. Dit lyk my ons het nie altyd al die keuses nie, maar dat buite faktore 'n groot rol speel.

PREDIKER 9:11 "Verder het ek in hierdie wêreld gesien: dit is nie die vinnigstes wat die reisies wen nie; nie die sterkstes wat die oorlog wen nie; nie dié met wysheid wat kos het nie; nie die verstandiges wat ryk word nie; nie dié met kennis met wie dit goed gaan nie. Alles word bepaal deur tyd en geleentheid."

Dit sê verseker nie dat God nie in beheer is nie. Maar ek lees hierin raak dat die Bybel voorsiening maak daarvoor dat omstandighede 'n rol speel in ons daaglikse lewe. Die vraag is nie of slegte dinge op jou pad gaan kom of nie, maar of jy bereid is om verder te speel en weer op te staan as jy platgeslaan is. Saam met God kan jy altyd weer begin, as jy wil. »

www.heuning.co.za

Slangetjies Slangetjies Slangetjies Slangetjies &&&& LeertjiesLeertjiesLeertjiesLeertjies

Onthou,elkefoutwatuinhierdieuitgawemagvind,

isdaargeplaasmet‘ndoel.

Daarisdiegenewataltydsoekvir‘noufoutjie.

Onswilgraagalmalbedienenhullenieteleurstelnie!!!

DEUR WILLEM BOTHA

Page 15: Aptytwekker apr mei 2015

15

EPOS INVALGEDAGTE BEDIENING Het jy toegang tot epos fasiliteit? Jy kan elke weeksdag ‘n kort

geïnspireerde boodskap ontvang vanuit die Woord.

Vra vir jou gratis inval gedagte by: corpuschristi@cybersmart. co.za

INGESTUUR DEUR ELSABÉ VAN DER WESTHUIZEN

‘n Handjie vol Jelly Bean lekkertjies… Eenvoudig, kleurvol en soet, herinner ons aan

die redes waarom ons Jesus liefhet:

Rooi is vir Sy bloed wat gevloei het. Groen is vir die gras wat Hy gemaak het. Geel is vir die helder son. Oranje is vir die herfsblare wat val. Swart is vir die sonde wat ons doen. Wit is vir Sy genade wat ons ontvang. Pers is vir Sy uur van hartseer. Pienk is vir ons toekoms saam met Jesus!

Page 16: Aptytwekker apr mei 2015

16

DEUR DR JAMES VAN ZIJL

Slaankrag

in LOFPRYSINGELOFPRYSINGELOFPRYSINGELOFPRYSINGE

(Vervolg vanaf Maart) By ons dienste by die Sentrum is ons beslis stigtelik en eerbiedig - DIS VIR ONS ’N LEWENSWYSE, want ons is deeglik bewus daarvan dat die Heilige Gees van God by ons is en in ons is, en ons kom met BLYDSKAP en VRYMOEDIGHEID maar met eerbied in ons harte. Ons kom met VERWAGTING, en met YWER om Hom te loof en te prys met ons gees, siel en liggaam!

Baie mense het ook ’n wanbegrip van die vrees van die Here. Hulle assosieer dit met die emosie van benoudheid en bewing - dis nie hoe ’n mens die Here vrees nie! Hy sê dan

ons moet Hom Hemelse Vader noem (Matt 6:9) en in ’n normale verhouding van wedersydse liefde is daar ’n borrelende vreugde en vryheid tussen ’n vader en sy kind. Dis nie te sê dat die kind nie respek en eerbied vir sy vader het nie. So moet dit wees met ons Hemelse Vader as ons Sy Kind is. Die bybel sê vir ons wat die vrees van die Here is: Die vrees van die Here is om te haat wat sleg is... (Spr. 8:13) Die vrees van die Here IS ’N AFSKU IN SONDE! Begryp jy nou dat jou hele lewe moet getuig van die vrees van die Here (die haat van die verkeerde) en dat dit niks te doen het met vreesagtigheid of valse stigtelikheid nie.! Nou wil ek sê dat lofprysinge en

aanbidding op die oppervlakte lyk na ’n

vrolike, luide handklappery en singery en

rondsrpingery. Tereg is dit ook dit, want

dis hoe die Here ons beveel het om Hom te

loof. (Lees gerus net eers die laaste vyf

Psalms in die Bybel deur, voordat jy verder

lees en jy sal besef wat God se blou-druk is

vir sy kinders hieroor) Maar lofprysing en

aanbidding het talle dieper fassette, en in

die loop van die boekie gaan ek probeer

om soveel as moontlik met jou te behandel.

My gebed is dat hierdie studie jou lewe

gaan verander! (Vervolg Junie)

Weet jy dat die Here

sê ons moet soos

kindertjies word?

(Matt 18:2)

Hoe is kindertjies?

Spontaan, vol vreugde,

huppelend en hulle ken

geen onvergifnis nie.

Page 17: Aptytwekker apr mei 2015

17

DEUR NINA SMIT

O m bly te wees in die Here is maklik wanneer dit met jou goed gaan. As jy God se

liefde soos ‘n mantel om jou kan voel, borrel die loflied sommer vanself oor jou lippe. Maar wanneer jou pad opdraand loop, is dit effe moeiliker. Dink ‘n bietjie aan die moeilikste ding in jou lewe: Miskien is jou man ongelowig; of het hy sy werk verloor; dalk het siekte of ‘n motorongeluk jou gesin getref; miskien is jou tienerdogter swanger! Oor sulke dinge is dit vir ‘n mens tog onmoontlik om bly te wees. Om God in sulke tye te prys, vra iets van ons as Christene. As jy op die oombllik met ‘n krisis in jou lewe te kampe het, as jy daaroor bid en dit vir jou voel asof God swyg, probeer dan om God vir die stuk swaarkry in jou lewe te loof.

In Hebreërs 13:15 praat die skrywer van ‘n lofoffer: “Laat ons dan onophoudelik deur Jesus aan God ‘n offer van lof bring, die lof wat aan Hom gebring word deur die lippe wat sy Naam bely.” ‘n Offer vra altyd iets

van jou. Dit kom nie sommer vanself nie. Dit behels opoffering. D i e e n i g s t e manier waarop jy dit sal kan regkry om God vir jou swaarkry te loof, is om dit deur Jesus te doen. Hy is die Offerlam wat sy lewe gegee het sodat niks jou ooit weer van God sal kan skei nie. Hy sal jou ook help om in jou swaarkry vir God jou lof as ‘n offer aan te bied.

Kom vra Hom sommer nou om dit

te doen! »

Die Geheim Die Geheim Die Geheim Die Geheim

Van Van Van Van

GELUK

Page 18: Aptytwekker apr mei 2015

18

ek glo in jou DEUR CHRISSY DE LANGE

My kind die foute wat jy gemaak het, bepaal nie wie jy is nie... Wie jou gemaak het bepaal wie jy is.. En dis EK – jou hemelse Vader. Die prys waarvoor iets gekoop word bepaal die waarde van 'n item... En die enigste prys waarmee Ek jou kon koop was met My lewe... Kom kyk vir 'n slag na jouself deur My oë. Ek ken jou potensiaal, Ek weet waartoe jy instaat is. Ek ken die wenner binne in jou. Ek ken jou mooi hart. Ek ken jou sagte persoonlikheid. Ek sien 'n pragtige mens wanneer Ek na jou kyk... Dalk was daar dae wat jy gesê het jy glo nie in My nie, maar Ek sê vandag vir jou: Ek glo in jou!! Ek wil jou seer wegvat, jou glimlag weer terug sit op jou gesig. Ek wil jou weer laat glo jy kan . Ek wil jou optel en styf teen My bors vasdruk en vir jou wys Ek beplan vir jou 'n mooi toekoms. Bly altyd GLO... want dis Hemel op Aarde saam met God. »

gawes van God DEUR DR KOBUS VAN DER WALT

In die gelykenis oor die goue munstukke in Matteus 25 gaan dit oor die gawes wat God aan die lidmate van sy kerk gee. Wat opval is dat elkeen iets ontvang het. In sy kerk het God niemand oorgeslaan nie. En dit wat jy ontvang het, noem die gelykenis ‘n goue muntstuk. Die gawes wat jy ontvang het om in jou gemeente diensbaar te wees, is iets moois en kosbaar. Jou lewe as lidmaat is nie maar net iets doodgewoon nie. Jy het iets van God ontvang en dit is kosbaar en Hy verwag reaksie. Sommiges het egter met hulle gawes wat hulle ontvang het gaan werk en ander nie. Die werkendes is lewende, diensbare en betrokke lidmate, maar die ander dryf maar net saam met die stroom. Die gawes behels goue muntstukke, maar gaan dit oor groot en aanskoulike dinge”? Nee, die eienaar het maar net sy besittings verdeel. Vir die een gee God die gawe om ordelik administratief besig te wees en ‘n ander het die gawe om die lewe kunstig mooi te maak. ‘n Ander het die bekwaamheid om met ‘n hart vol warmte, mense met gasvryheid, tuis te laat voel. Ander is weer besig om te troos, om te bemoedig, om onderrig te gee of om met geestlike leiding op te bou. Daar was ook diegene wat hulle goue muntstuk gaan begrawe het. Hulle is die saamdrywer in die gemeente wat niks doen nie. Hulle lewe is nog nooit deur God se liefde aangeraak nie. Iemand sonder liefde is bang, lui en vol verskonings - “Ek het dit begrawe”. »

soek die antwoord Iemand word in die Bybel ‘n “ou dissipel” genoem. Wie? Sms die antwoord met jou naam na: 073 447 2902

vorige keer se antwoord Aäron was ouer as Moses (Exod. 7:7). Die volgende persone het almal die regte antwoord verskaf: Ursala Harker, Paul Cloete, Maretha Walters, Zelda Roberts en Dalene Dolmacht..

Pragtig julle!

innige simptie

♦ Bejamin Booysen - vrou oorlede

♦ Anina Cloete - ouma oorlede

♦ Ena Nortjie - broer oorlede

nuus ♦ Geluk met die geboorte van Cobus

en Mari Carstens se dogtertjie.

Page 19: Aptytwekker apr mei 2015

19

DIE PAD HEMELHEMELHEMELHEMEL TOE

“Hemelse Vader, ek kom na U in die Naam vanvan die Here Jesus!

U Woord sê: “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word (Rom 10:31). Ek roep U aan! Vergewe my die sonde wat tussen my en U staan. Ek het berou daaroor,

want dit het U Heilige Naam onteer. Was dit weg met U bloed. Here Jesus, ek nooi U as die Here van my lewe, kom in my lewe om die beheer van my

lewe oor te neem en my te wederbaar tot ‘n nuwe skepsel. U Woord sê: “As julle wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Hemelse Vader julle die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid:” (Luk. 11:13). Ek vra U ook om my nou te vervul met U Heilige Gees en dat dit sal word soos strome van

lewende water wat uit my binneste kom (Joh. 7:38) terwyl ek U prys! Ek verwag om in tale te spreek soos die Gees aan my gee om uit te spreek (Hand. 2:4)” .

Amen!

As u God werklik wil ken en ‘n lewe van oorgawe wil leef, bid dan die volgende gebed met jou hele hart:

OORGAWE GEBED

Skakel in by ‘n Geesvervulde-Woord-gemeente - nie ‘n kerk wat uit skeuring ontstaan het nie.

Laat jou doop in water (Mark 16:16, Hand. 2:38) en word deel van God se familie!

Ons sal graag vir u behulpsaam wil wees! Skakel gerus vir past. Piet Smit - 022-48 2200

wil jy gedoop word?

Elke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel. Hoekom?

Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se

doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse.

Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop. Jy het al probeer

om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou

verskonings verkeerd. Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees?

Laat hoor van jou en ons sal jou help.

past. Piet Smit 022-487 2200

Page 20: Aptytwekker apr mei 2015

20

Regs: Die “link” na ons

facebook blad.

Advertensies

Indien u wil adverteer in ons maandelikse Aptytwekker

kontak: 022-487 2200

@ net R25 per maand per blok

ACVV-KINDERSENTRUM-NASKOOL AFRIKAANSE CHRISTELIKE

VROUE VERENIGING Albaniestraat 2 Malmesbury/Posbus 486, Malmesbury 7299

N.P.O. 003-123/Tel: 022-4823096/Faks:022-4823096

NASKOOL/NASORG

Beste Ouers, indien u belangstel om u kind by ons Naskool in te skryf vir 2015, kan

u ‘n inskrywingsvorm by ons skool aanvra, voltooi en weer aan ons terugbesorg.

Hier volg ‘n paar eienskappe uniek aan onsself wat ons aanbied vir u kind.

Hulp met huiswerk van Gr. R – 7, gekwalifiseerde kinder-assistente, Level 4. Die

hoof ‘n oud onderwyseres met jare onderwyservaring. Uitstekende akademiese

resultate. Internetfasiliteite is beskikbaar vir take. Oop vir vakansiesorg, ruim speel -

area met speelapparaat, waterglybaan, in ‘n netjiese veilige omgewing, kinders ten

alle tye onder toesig, alles binne ‘n moderne gebou en omheinde erf, naby

Laerskool Swartland geleë, wat ook vir funksies verhuur kan word.

Ouers kan reeds skooltye vanaf: 07H00 kinders se Naskoolsakke bring. Middagete

beskikbaar. Vir enige navrae, kan u gerus bostaande nommer kontak of die

skoolhoof: Me. Rose Balie: 079 681 3300

Vriendelike Naskool Groete 022-482 3096

E-Pos: [email protected]