fst309 etiese en regsaspekte vir fisio-terapeute

34
FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO- TERAPEUTE Mr. A.P. Frewen UV [email protected] June 13, 2022

Upload: alta

Post on 11-Jan-2016

62 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE. Mr. A.P. Frewen UV [email protected]. September 24, 2014. KONTAK BESONDERHEDE. DOSENT:Adrian Frewen KONTAK BESONDERHEDE: E-pos: [email protected] [email protected] Meld naam, sel nr en navraag - PowerPoint PPT Presentation

TRANSCRIPT

Page 1: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

FST309ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

Mr. A.P. Frewen

[email protected]

April 21, 2023

Page 2: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

KONTAK BESONDERHEDE

• DOSENT: Adrian Frewen

• KONTAK BESONDERHEDE:

– E-pos: [email protected]

[email protected]

– Meld naam, sel nr en navraag

» Ek sal so gou moontlik u navraag beantwoord

Page 3: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

ALGEMENE INLIGTING

• STUDIE MATERIAAL

• U studiemateriaal vir hierdie module is nog nie beskikbaar nie. U sal wel in kennis gestel word sodra dit beskikbaar is. Die “slides” van vandag se lesing bevat voldoende inligting vir toets- en eksamen doeleindes.

• Aan die einde van elke hoofstuk, onder “samevatting”, is wat van jou verwag word om te weet van daardie hoofstuk.

Page 4: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

ALGEME INLIGTING

• Onderwerpe wat beoog word om behandel te word in hierdie module, sluit in die volgende:

– Toestemming tot behandeling

– Aanspreeklik van praktisyns

– Regte van praktisyns

– Regte van pasiente

– Pasient se reg op privaatheid

– Mediese rekords

Page 5: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

KURSES INDELING – FEBRUARIE 2012

• Hoofstuk 1:

– Inleiding oor die Suid-Afrikaanse regsisteem

• Hoofstuk 2:

– Die invloed van die Grondwet

• Hoofstuk 3:

– Siviele aanspreeklikheid

• Hoofstuk 4:

– Die reg op privaatheid» ‘n volledige program vanaf Augustus 2012 sal later beskikbaar gestel

word

Page 6: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

Hoofstuk 1:

INLEIDING TOT DIE REGSISTEEM IN SUID-AFRIKA

Page 7: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

INLEIDING

• Baie van julle wonder seker wat die reg te doen het met ‘n fisioterapeut?

• Die antwoord is baie duidelik: u werk met mense meestal in kwesbare toestande verkeer en derhalwe loop u die risiko van aanspreeklikheid en regskomplikasies, en daarom is ‘n basiese kennis van die reg noodsaaklik.

• Hou in gedagte dat enige mediese of terapeutiese prosedure waar u aan die liggaam van ‘n pasient raak ‘n skending van sy reg op vryheid en fisiese integriteit is en neerkom op ‘n kriminele oortreding genaamd aanranding, TENSY die pasient toegestem het daartoe (of dit ‘n optrede was in ‘n noodgeval)

Page 8: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

• Om dit meer duidelik te stel: jy is deurlopend besig om ander aan te rand en dit is net hul toestemming wat hul verhoed om stappe teen u te neem! Die reg stel sekere perke daar vir geneeskundige en aanvullende beroepe en daardeur word regsekerheid vir beide praktisyns en pasiente daargestel.

• NB!ONTHOU:

HOU ASB DIE KONSEP VAN TOESTEMMING IN GEDAGTE DEUR DIE LOOP VAN HIERDIE MODULE AANGESIEN DIT EEN VAN DIE MEES BELANGRIKE ASPEKTE VAN MEDIESE/TERAPEUTIESE INGREPE IS IN SOVERRE DIT DIE REG BETREF!

Page 9: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

• Die Reg is primer gemoeid met die beskerming van ‘n persoon, sy lewe, persoonlikheid, liggaamlike integriteit, gesondheid, eer en waardigheid.

• Die pasient se toestemming, (of noodbehandeling in belang van die pasient en sonder sy medewete), verhoed dat eise teen die praktisyn ingestel word.

Page 10: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

Voor ons aangaan met spesifieke bepalings en aspekte van die reg, is dit nodig om ‘n algemene begrip en

kennis van die Suid-Afrikaanse reg en howe te verstaan

Voor ons aangaan met spesifieke bepalings en aspekte van die reg, is dit nodig om ‘n algemene begrip en kennis van die Suid-Afrikaanse reg

en howe te verstaan

Page 11: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

DIE SUID-AFRIKAANSE REGSISTEEM EN DIE BELANG DAARVAN VIR FISIOTERAPEUTE

• Suid-Afrikaanse reg is slegs gedeeltelik gekodifiseer – – D.w.s: nie alle regsreels word in wette vervat nie, maar sekere

ongeskrewe reels geld ook (gemene reg)• Gekodifiseerde reg = statutere reg (wetgewing)

– Wet op Nasionale Gesondheid; Grondwet• Ongeskrewe reg = gemene reg

– bv. moord

(WAAROM IS DIT BELANGRIK OM TE WEET???)

Page 12: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

• Die reg (gemene reg & wetgewing) word verdeel in 3 afdelings:

• Privaatreg

• Publiekreg

• Formele reg

Page 13: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

• PRIVAATREG

– Reguleer verhoudings tussen onderdane (regsubjekte)

– Doel om die privaatbelange van individue te beskerm

Page 14: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

• PUBLIEKREG

– Reguleer verhoudings tussen die owerheid (in sy hoedanigheid van gesag) teenoor die onderdaan, of tussen staatsorgane (provinsiale regerings; munisipaliteite)

– Doel om openbare belang te beskerm

Page 15: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

• FORMELE REG

– Reguleer die prosedure waarvolgens hofsake aanhangig gemaak word en mee gehandel word

Page 16: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

Hierargie van howe in Suid-Afrika

Grondwetlike Hof

Hoogste Hof van Appel

Hoe Howe

Laer Howe

Streekshof

Distrikshof

Hof vir Klein Eise

Page 17: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

• Grondwetlike hof:

– slegs grondwetlike aangeleenthede

– beide straf- en siviele sake

• Hoogste Hof van Appel

– slegs appelle van sake wat reeds beslis is (maw een van die partye is ongelukkig met die uitkoms van die saak)

Page 18: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

• Hoër howe

– Hof van eerste instansie (maw: jy kan ‘n eis in hierdie howe instel), maar hoor ook aan:

• Appelle of hersienings van die laer howe

– Enige sake rakende persone wat in die land woon of is, en enige sake waarvan die oorsaak in SA ontstaan het

Page 19: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

• Laer howe• DISTRIKSHOF

– Siviele sake: slegs tot en met R100 000 (tensy alle partye toestem)

– Sekere sake is uitgesluit• STREEKSHOF

– Siviele sake: R300 000

• Hof vir klein eise– Vinnige, goedkoop toegang to ‘n hof– Slegs siviele sake wat nie R12 000 oorskry nie– Geen regsverteenwoordiging toegelaat nie

Page 20: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

SAMEVATTING:(Hoofstuk 1)

– Verduidelik waarom dit belangrik is vir ‘n praktiserende fisioterapeut om kennis van die reg te dra

– Wat verhoed dat ‘n pasient ‘n klag van aanranding teen jou aanhangig maak?

– Kan alle reels en regulasies in wetgewing gevind word?

– Ken en verstaan die 3 afdelings waarin die reg verdeel kan word, en wanneer en/of waar elk gebruik word

– Ken die hierargie van howe in RSA

– Weet watter hof sal jy nader vir ‘n spesifieke geval

Page 21: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

Hoofstuk 2:

DIE INVLOED VAN DIE GRONDWET OP DIE MEDIESE BEROEP

EN/OF

FISIOTERAPEUTE

Page 22: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

INVLOED VAN DIE GRONDWET

• BELANGRIKSTE ARTIKELS

– 9: Gelykheid

– 11: Lewe

– 12: Vryheid en Sekuriteit

– 13: Privaatheid

– 27: Gesondheidsdienste, kos, water en maatskaplike dienste

– 28: Kinders

– 32: Toegang tot Inligting

– 33: Billike Administratiewe Aksie

– 35: Gearresteerde, aangehoude en beskuldigde persone

– 37: Noodtoestand

Page 23: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

INVLOED VAN DIE GRONDWET

• Artikel 9: Gelykheid

• Verbied onbillike diskriminasie

• Voorbeelde van onbillike praktyke in gesondheidsorg:– Onderwerp persone aan mediese eksperimentering sonder hul

ingeligte toestemming

– Onbillike weerhouding / weiering van toegang tot gesondheidsdienste

– Weiering om nood mediese behandeling aan persone of spesifieke groepe persone te verskaf

– Weiering om redelike gesondheidsdienste aan bejaardes te verskaf

» Hoffman v South African Airways

Page 24: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

INVLOED VAN DIE GRONDWET

• Artikel 11: Lewe

• Beskerm die reg op lewe

» Christian Lawyers Association of SA v Minister of Health and Others

• Alle persone, veral daardie in die gesondheidsberoep of aanvullende gesondheidsberoepe, is verplig om ander se reg op lewe te beskerm

Page 25: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

INVLOED VAN DIE GRONDWET

• Artikel 12: Die reg op vryheid en sekerheid

• Beskerm die reg op vryheid en sekerheid van die persoon

• Artikel 12(2): Elke persoon het die reg op liggaamlike en psigiese integriteit insluitend die reg:– om besluite rakende voortplanting te neem

– op sekerheid van en beheer oor hul liggaam

– om nie onderwerp te word aan mediese eksperimentasie sonder hul ingeligte toestemming nie

Page 26: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

INVLOED VAN DIE GRONDWET

• Artikel 14: Privaatheid

• Beskerm die reg op privaatheid

• NB!! Mediese rekords en inligting = privaat enkonfidensieel

» (Ons sal later in die kurses meer volledig handel met hierdie reg)

Page 27: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

INVLOED VAN DIE GRONDWET

• Artikel 27: Gesondheidsorg, voedsel, water en maatskaplike sekerheid

• Elkeen het die reg tot gesondheidsorgdienste insluitend reproduktiewe gesondheidsorg

• Mag nie weier om noodbehandeling te verskaf nie

» Soobramoney v Minister of Health, Kwa-Zulu Natal

» Minister of Health and Others v Treatment Action Campaign

Page 28: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

INVLOED VAN DIE GRONDWET

• Artikel 28: Kinders

• Beskerm die regte van kinders.

• Elke kind het die reg op basiese gesondheidsorgdienste.

• Kinders onder 6 jaar ontvang tans gratis mediese sorg

Page 29: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

INVLOED VAN DIE GRONDWET

• Artikel 33: Toegang tot Inligting

• Elkeen het die reg op toegang tot:– Enige inligting deur die staat gehou

– Enige inligting deur ‘n ander persoon gehou en wat benodig word vir die uitoefening of beskerming van enige regte

Pasiente het derhalwe die reg op toegang tot hul mediese rekords

» Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting

Page 30: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

INVLOED VAN DIE GRONDWET

• Artikel 33: Regverdige administratiewe optrede

• Artikel 33(1) – reg op administratiewe optrede wat regmatig, redelik en prosedureel billik is

• Artikel 33(2) – geskrewe redes moet verskaf word vir administratiewe besluite wat ‘n persoon se regte nadelig raak

• Artikel 33(3) – wetgewing moet daargestel word om gevolg hieraan te gee

» Wet op Bevordering van Administratiewe Geregtigheid

» Hierdie artikel is van belang veral by staatsinrigtings waar administratiewe besluite geneem kan word, so onthou hierdie artikel indien jy ooit by ‘n staatsinstellling werksaam is

Page 31: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

INVLOED VAN DIE GRONDWET

• Artikel 35: Gearresteerde, aangehoue en beskuldigde persone

• Gearresteerde, aangehoue en beskuldigde persone het die reg tot mediese behandeling op staatsonkoste

• Kontak met en besoek word deur so ‘n persoon se mediese praktisyn van keuse

» Van Biljon and Others v Minister of Correctional Services

Page 32: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

INVLOED VAN DIE GRONDWET

• Artikel 37: Noodtoestande

• Indien ‘n noodtoestand verklaar word mag ‘n aangehoude persoon ‘n mediese praktisyn kies en besoek word deur daardie praktisyn te enige redelike tyd.

Page 33: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

SAMEVATTING:(Hoofstuk 1)

• Ken daardie artikels in die Grondwet wat ‘n groot impak gehad het op die wye mediese, m.a.w. ook op jou as fisioterapeut.

• Hierdie hoofstuk kan as volg gevra word:

– Lys die belangrikste artikels wat ‘n invloed het op die praktisering van fisioterapie.

– Bespreek een van die grondwetlike regte (bv: die reg op vryheid en sekuriteit) vir +- 3 tot 4 punte)

Page 34: FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE