is television infecting your life

1
Volksrust Recorder - Nuus 5 Desember 2014 Recorder 5 1Joh. 1:7 Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde. Die donker hou vir baie mense ‘n vrees in omdat daar soveel onheil in die nag skuil en dit is soveel erger wanneer jy nie mooi kan sien nie. Donker beteken dat jy nie mooi om jou kan sien nie en dat jou pad ook nie so duidelik is nie. Daar is baie negatiewe assosiasies met donker. Baie aanvalle geskied in die donker en baie ongelukke gebeur ook in die donker. Die antwoord is om altyd in God se lig te wandel want dan sal daar nooit donker wees nie. 1Joh. 1:5 En dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie. Wanneer jy in God se lig inbeweeg dan verdring God se lig jou vrese en duisternisse. Is God se beskerming meer effektief in die dag wanneer dit lig is AS IN DIE NAG wanneer dit donker is? NOOIT, maar tog is dit hoe kinders van die Here soms reageer! Die Here beskerm net so goed in die nag as in die dag want daar is nie duisternis by Hom nie. 1Pet. 3:12 Want die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed. Die Here sien nie Sy kinders net as die son opkom nie! Sy oog is ALTYD op Sy kinders! Ps. 91:1-5 Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou. Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes. Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ‘n skild en pantser. Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie. Verdiep uself in in die Here se Woord midde in hierdie lewensstryd. Omhels en vertrou God se Woord. Ps. 119:105 U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad. As u die getuienis van die Heilige Gees het dat u ‘n kind van God is (Rom. 8:16), soek dan God se lig op en wandel daarin. Ef. 5:8 Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here—wandel soos kinders van die lig. Die dag wanneer Jesus Christus aangeneem word (Joh. 1:12) dan word daardie mens uit die duisternis uitgehaal en het hy/sy in God se lig gekom. 1Pet. 2:9 Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig. U en my taak is om in die lig van God se Woord te lewe sodat ‘n wêreld wat in duisternis verkeer die lig van Jesus in ons kan sien sodat dit hulle na Hom sal trek. Matt. 5:14 Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie. As u dalk voel of u in stik donkerte verkeer en u sien geen lig nie, soek dan God se lig op wat in Sy teenwoordigheid en in Sy kosbare Woord is. Vlug na die Here Jesus Christus en Hy sal u vry maak en Sy teenwoordigheid sal die duisternis verdryf. Joh. 8:12 En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê. Soek die Lig van die wêreld op, Jesus Christus, en volg Hom. ‘n Geseënde week word u toegewens. Ds. Jan Keyser I can’t quite remember where I saw this statistic … but it went something like this. The average American watches approximately 7 years of television in his or her lifetime. I would imagine that the average South African probably watches just as much television. I don’t know about you, but I find that a horrifying statistic. What would you do if you had an extra 7 years (61 320 hours)? I know what I would do. I would try and become more significant and less ambivalent, sloth-like and uninspiring. I would make every breath I take count. I would: - Spend that time reading more (if I read a book a month I would have read 84 books in 7 years) - Spend more quality time with my daughter. Be more of a daddy than a father (actually having dinner at a table and communicating must be more fulfilling and relationship building than watching TV, surely?) - Spend more time writing (let’s say I write 500 words an hour … 7 years would translate to 30 660 000 words. That’s a lot of books) - Spend more time exercising and looking after my health (On a 6km run I burn around 500 calories. I’d have burned 30 660 00 calories. We’ve all been given 86 400 seconds a day. What are you doing with yours? Desember is hier – die jaar is uiteindelik verby en dis tyd vir die groot familiesaamtrek! Party mense sal ’n meevallertjie, ’n bonus of ’n 13de tjek kry, of toegang kry tot daardie spesiale spaarrekening waarin hulle heeljaar gespaar het. Nie almal is egter so gelukkig om ’n meevaller te kry nie, en die druk om vir die hele familie geskenke te koop en aan al die feestelikhede mee te doen, kan die minder gelukkiges vinnig diep in die skuld laat beland. Paul de Kock en Sampie Marais, finansiële adviseurs van Sanlam, sê vir die meeste mense is dit baie lekkerder om nou iets te koop, as om later die voordele van hul spaardissipline te geniet. En met al die “feestyd-winskopies” in die winkels is dit vir baie mense moeilik om bietjie na te dink oor hoeveel krediet hulle regtig kos. “As ons aan die werklike koste van kredietaankope herinner kon word elke keer wanneer ons koop, is die kanse goed dat baie van ons mooi sal dink voordat ons ’n krediet- of winkelkaart gebruik. En as mens onmiddellik die resultate kon sien as kredietbesteding met die spaarvoordele van daardie bedrag vergelyk kon word, sou ons miskien heel opgewonde raak oor die spaarvooruitsigte,” sê Paul en Sampie. Hulle sê nie alle skuld is “slegte” skuld nie. “Goeie” skuld soos ’n studentelening of ’n verband op ’n nuwe huis, binne jou finansiële perke, is die moeite werd om te oorweeg. Indien jy egter skuld aangaan om jouself met inkopies te beloon omdat almal dit doen, hou jy eintlik jouself terug. Hulle sê die eerste stap om te kan spaar en nie op skuld te leef nie, is om ’n basiese begroting op te stel en skuld te verminder. “Indien jy nie ’n finansiële plan het nie, sal jou begroting en bestedingsgewoontes heel waarskynlik nie goed bestuur word nie. Sanlam se navorsing toon dat mense wat professionele finansiële advies inwin, groter sukses met hul finansiële beplanning behaal as mense wat nie advies vra nie. ’n Adviseur kan jou help met die opstel van jou begroting én ’n plan om jou skuld te bestuur,” sê Paul en Sampie. Hulle sê ’n finansiële plan is net so belangrik vir mense wat ’n meevaller kry. Die grootste voordeel van ’n meevaller is dat jy daarmee jou spaargeld ’n hupstoot kan gee sonder om elders geld te moet afknyp. Dit is raadsaam om hierdie addisionele besteebare inkomste te gebruik om eers jou duur skuld af te betaal. Kredietkaarte, winkelkaarte en persoonlike lenings het gewoonlik hoër rentekoerse. Hulle sê as jy nie seker is hoe jy jou meevaller kan belê of gebruik om skuld af te betaal nie, sal dit jou baat om met ’n professionele finansiële adviseur te gesels wat ’n behoorlike ontleding van jou persoonlike omstandighede kan doen. Kontak Paul de Kock by 017 735 2484 of 082 553 2195 of Sampie Marais by 034 315 2491 of 083 253 5778 vir deskundige advies. Sanlam is ‘n Gelisensieerde Verskaffer van Finansiële Dienste Feestyd en skuld hoef nie hand aan hand te gaan nie Change Your Story With Jacques de Villiers Is Television Infecting Your Life? www.jacquesdevilliers.co.za In God se Lig

Upload: jacques-de-villiers

Post on 20-Dec-2015

27 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

I can’t quite remember where I saw this statistic … but it wentsomething like this.The average American watches approximately 7 years of television in his or her lifetime. #changeyourstory

TRANSCRIPT

Page 1: Is Television Infecting Your Life

Volksrust Recorder - Nuus 5 Desember 2014 Recorder 5

1Joh. 1:7 Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed vanJesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.Die donker hou vir baie mense ‘n vrees in omdat daar soveel onheil in die nag skuil en dit is soveel erger wanneerjy nie mooi kan sien nie. Donker beteken dat jy nie mooi om jou kan sien nie en dat jou pad ook nie so duidelik isnie. Daar is baie negatiewe assosiasies met donker. Baie aanvalle geskied in die donker en baie ongelukke gebeurook in die donker. Die antwoord is om altyd in God se lig te wandel want dan sal daar nooit donker wees nie. 1Joh.1:5 En dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternisis in Hom nie. Wanneer jy in God se lig inbeweeg dan verdring God se lig jou vrese en duisternisse. Is God sebeskerming meer effektief in die dag wanneer dit lig is AS IN DIE NAG wanneer dit donker is? NOOIT, maar togis dit hoe kinders van die Here soms reageer! Die Here beskerm net so goed in die nag as in die dag want daar isnie duisternis by Hom nie. 1Pet. 3:12 Want die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed. DieHere sien nie Sy kinders net as die son opkom nie! Sy oog is ALTYD op Sy kinders! Ps. 91:1-5 Hy wat in dieskuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. Ek sal tot die HERE sê: Mytoevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou. Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger,van die verderflike pes. Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ‘n skild en pantser.Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie.

Verdiep uself in in die Here se Woord midde in hierdie lewensstryd. Omhels en vertrou God se Woord. Ps. 119:105U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad. As u die getuienis van die Heilige Gees het dat u ‘n kind vanGod is (Rom. 8:16), soek dan God se lig op en wandel daarin. Ef. 5:8 Want vroeër was julle duisternis, maar nou isjulle lig in die Here—wandel soos kinders van die lig. Die dag wanneer Jesus Christus aangeneem word (Joh. 1:12)dan word daardie mens uit die duisternis uitgehaal en het hy/sy in God se lig gekom. 1Pet. 2:9 Maar julle is ‘nuitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig diedeugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig. U en my taak is om in die lig vanGod se Woord te lewe sodat ‘n wêreld wat in duisternis verkeer die lig van Jesus in ons kan sien sodat dit hulle naHom sal trek. Matt. 5:14 Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie.As u dalk voel of u in stik donkerte verkeer en u sien geen lig nie, soek dan God se lig op wat in Sy teenwoordigheiden in Sy kosbare Woord is. Vlug na die Here Jesus Christus en Hy sal u vry maak en Sy teenwoordigheid sal dieduisternis verdryf. Joh. 8:12 En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie Myvolg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê. Soek die Lig van die wêreld op,Jesus Christus, en volg Hom. ‘n Geseënde week word u toegewens. Ds. Jan Keyser

I can’t quite remember where I saw this statistic … but it wentsomething like this.The average American watches approximately 7 years of televisionin his or her lifetime.I would imagine that the average South African probably watchesjust as much television.I don’t know about you, but I find that a horrifying statistic.What would you do if you had an extra 7 years (61 320 hours)?I know what I would do. I would try and become more significantand less ambivalent, sloth-like and uninspiring. I would make everybreath I take count. I would:

- Spend that time reading more (if I read a book a month Iwould have read 84 books in 7 years)

- Spend more quality time with my daughter. Be more of adaddy than a father (actually having dinner at a table andcommunicating must be more fulfilling and relationshipbuilding than watching TV, surely?)

- Spend more time writing (let’s say I write 500 words an hour… 7 years would translate to 30 660 000 words. That’s alot of books)

- Spend more time exercising and looking after my health (Ona 6km run I burn around 500 calories. I’d have burned 30660 00 calories.

We’ve all been given 86 400 seconds a day.

What are you doing with yours?

Desember is hier – die jaar is uiteindelik verby en dis tyd vir die groot familiesaamtrek!Party mense sal ’n meevallertjie, ’n bonus of ’n 13de tjek kry, of toegang kry tot daardiespesiale spaarrekening waarin hulle heeljaar gespaar het. Nie almal is egter so gelukkigom ’n meevaller te kry nie, en die druk om vir die hele familie geskenke te koop en aan aldie feestelikhede mee te doen, kan die minder gelukkiges vinnig diep in die skuld laatbeland.Paul de Kock en Sampie Marais, finansiële adviseurs van Sanlam, sê vir die meestemense is dit baie lekkerder om nou iets te koop, as om later die voordele van hulspaardissipline te geniet. En met al die “feestyd-winskopies” in die winkels is dit virbaie mense moeilik om bietjie na te dink oor hoeveel krediet hulle regtig kos.“As ons aan die werklike koste van kredietaankope herinner kon word elke keerwanneer ons koop, is die kanse goed dat baie van ons mooi sal dink voordat ons ’nkrediet- of winkelkaart gebruik. En as mens onmiddellik die resultate kon sien askredietbesteding met die spaarvoordele van daardie bedrag vergelyk kon word, souons miskien heel opgewonde raak oor die spaarvooruitsigte,” sê Paul en Sampie.Hulle sê nie alle skuld is “slegte” skuld nie. “Goeie” skuld soos ’n studentelening of ’nverband op ’n nuwe huis, binne jou finansiële perke, is die moeite werd om te oorweeg.Indien jy egter skuld aangaan om jouself met inkopies te beloon omdat almal dit doen,hou jy eintlik jouself terug. Hulle sê die eerste stap om te kan spaar en nie op skuld teleef nie, is om ’n basiese begroting op te stel en skuld te verminder.“Indien jy nie ’n finansiële plan het nie, sal jou begroting en bestedingsgewoontes heelwaarskynlik nie goed bestuur word nie. Sanlam se navorsing toon dat mense watprofessionele finansiële advies inwin, groter sukses met hul finansiële beplanningbehaal as mense wat nie advies vra nie. ’n Adviseur kan jou help met die opstel van joubegroting én ’n plan om jou skuld te bestuur,” sê Paul en Sampie.Hulle sê ’n finansiële plan is net so belangrik vir mense wat ’n meevaller kry. Diegrootste voordeel van ’n meevaller is dat jy daarmee jou spaargeld ’n hupstoot kan geesonder om elders geld te moet afknyp. Dit is raadsaam om hierdie addisionelebesteebare inkomste te gebruik om eers jou duur skuld af te betaal. Kredietkaarte,winkelkaarte en persoonlike lenings het gewoonlik hoër rentekoerse.Hulle sê as jy nie seker is hoe jy jou meevaller kan belê of gebruik om skuld af te betaalnie, sal dit jou baat om met ’n professionele finansiële adviseur te gesels wat ’nbehoorlike ontleding van jou persoonlike omstandighede kan doen.Kontak Paul de Kock by 017 735 2484 of 082 553 2195 of Sampie Marais by 034315 2491 of 083 253 5778 vir deskundige advies.

Sanlam is ‘n Gelisensieerde Verskaffer van Finansiële Dienste

Feestyd en skuld hoefnie hand aan hand te

gaan nie

ChangeYourStory

With Jacques de Villiers

Is Television Infecting Your Life?

www.jacquesdevilliers.co.za

In God se Lig