jacobsdal primêre skool · web viewalle bestellings (met kontant ingesluit) kan elke dag by...

7
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 15 10 – 17 Mei 2019 OUERS: EKSAMENROOSTER: Ouers moet asseblief kennis neem van die eksamenrooster wat by die nuusbrief ingesluit is. WINTERSDRAG: Ons wag vir die verskaffers (Chrystal Enterprises) om ons wintersdrag klaar te maak. Ons sal u dadelik in kennis stel as dit gekom het. Wintersdrag is vanaf Maandag, 13 Mei verpligtend. Ons sal leerders verskoon wat nog vir hulle klere wag. FAKTOTUMPOS: Ons herinner belangstellendes daaraan dat aansoeke vir die pos op Vrydag, 17 Mei sluit. ASBESHUIS: Tenders word hiermee ingewag vir ‘n drieslaapkamer asbeshuis wat onmiddelik beskikbaar is. Die huis is opgebreek en is op die terrein vir besigtiging beskikbaar. Tenders sluit op 31 Mei 2019. SEÑOR CHEF-PROJEK: Ouers moet asseblief kennis neem dat ons ‘n bietjie vroeër begin met die SEÑOR CHEF-PROJEK om koshuiskinders meer geleentheid oor naweke te gee om hulle produkte te verkoop. Elke leerder in die skool (nie net die oudste en enigste nie) het ‘n pamflet en 3 bestelvorms ontvang. Alle bestellings (met kontant ingesluit) kan elke dag by juffrou Linette Carbutt ingehandig word. Bestellings en betalings sluit op Maandag, 3 Junie en geen laatbestellings sal aanvaar word nie. Indien u ‘n elektroniese betaling doen moet die bewys van betaling die bestelling vergesel en só op die bestelvorm aangedui word. Groot pryse kan deur die leerder wat die grootste bestelling plaas, asook die klas wat die meeste verkoop, gewen word! Daar is ook ‘n gelukkige trekking vir al die leerders wat iets verkoop het. KOM ONS MAAK ‘N GROOT SUKSES VAN HIERDIE PROJEK!! RUGBY- EN NETBALAFSLUITING / WILDSVEILING: Hierdie funksie word uitgestel na 18 Julie 2019 as gevolg van onvoorsiene omstandighede. Die jagpakkette wat al beskikbaar is sal op volgende week se nuusbrief geadverteer word. HLS BEKENDSTELLINGSDAG: Ons graad 7-klas besoek Landboudal op Vrydag, 17 Mei. Leerders sal met ‘n bus geneem en weer teruggebring word. Sorg asseblief dat julle baie netjies lyk en die korrekte skooldrag aan het. Hou ons naam hoog! “JAKKIES GOT TALENT”: Jakkies Opwaarts Sentrum bedank al die leerders vir hulle deelname. Hulle het ‘n wins van R6000.00 gemaak. Baie dankie aan die volgende borge: Suné Oosthuizen, Jacobsdal Slaghuis en Spar D6 CONNECT: Nuusbriewe sal slegs tot aan die einde van Mei uitgedruk en aan ouers gestuur word. Daarna sal ouers dit op d6 Connect (swart “logo”) of op ons webtuiste kan kry.

Upload: others

Post on 22-Jan-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewAlle bestellings (met kontant ingesluit) kan elke dag by juffrou Linette Carbutt ingehandig word. Bestellings en betalings sluit op Maandag, 3

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 15 10 – 17 Mei 2019OUERS: EKSAMENROOSTER:Ouers moet asseblief kennis neem van die eksamenrooster wat by die nuusbrief ingesluit is.

WINTERSDRAG:Ons wag vir die verskaffers (Chrystal Enterprises) om ons wintersdrag klaar te maak. Ons sal u dadelik in kennis stel as dit gekom het. Wintersdrag is vanaf Maandag, 13 Mei verpligtend. Ons sal leerders verskoon wat nog vir hulle klere wag.

FAKTOTUMPOS:Ons herinner belangstellendes daaraan dat aansoeke vir die pos op Vrydag, 17 Mei sluit.

ASBESHUIS:Tenders word hiermee ingewag vir ‘n drieslaapkamer asbeshuiswat onmiddelik beskikbaar is. Die huis is opgebreek en is op die terrein vir besigtiging beskikbaar. Tenders sluit op 31 Mei 2019.

SEÑOR CHEF-PROJEK: Ouers moet asseblief kennis neem dat ons ‘n bietjie vroeër beginmet die SEÑOR CHEF-PROJEK om koshuiskinders meer geleentheid oor naweke te gee om hulle produkte te verkoop. Elke leerder in die skool (nie net die oudste en enigste nie) het ‘n pamflet en 3 bestelvorms ontvang. Alle bestellings (met kontant ingesluit) kan elke dag by juffrou Linette Carbutt ingehandig word.Bestellings en betalings sluit op Maandag, 3 Junie en geen laatbestellings sal aanvaar word nie. Indien u ‘n elektroniese betaling doen moet die bewys van betaling die bestelling vergesel en só op die bestelvorm aangedui word. Groot pryse kan deur die leerder wat die grootste bestelling plaas, asook die klas wat die meeste verkoop, gewen word! Daar is ook ‘n gelukkige trekking vir al die leerders wat iets verkoop het.KOM ONS MAAK ‘N GROOT SUKSES VAN HIERDIE PROJEK!!

RUGBY- EN NETBALAFSLUITING / WILDSVEILING:Hierdie funksie word uitgestel na 18 Julie 2019 as gevolg van onvoorsiene

omstandighede. Die jagpakkette wat al beskikbaar is sal op volgende week se nuusbrief geadverteer word.

HLS BEKENDSTELLINGSDAG:Ons graad 7-klas besoek Landboudal op Vrydag, 17 Mei. Leerders sal met ‘n bus geneem en weer teruggebring word. Sorg asseblief dat julle baie netjies lyk en die korrekte skooldrag aan het. Hou ons naam hoog!

“JAKKIES GOT TALENT”:Jakkies Opwaarts Sentrum bedank al die leerders vir hulle deelname. Hulle het ‘n wins van R6000.00 gemaak. Baie dankie aan die volgende borge:Suné Oosthuizen, Jacobsdal Slaghuis en Spar

D6 CONNECT:Nuusbriewe sal slegs tot aan die einde van Mei uitgedruk en aan ouers gestuur word. Daarna sal ouers dit op d6 Connect (swart “logo”) of op ons webtuiste kan kry. Ouers het ‘n epos en/of sms ontvang met ‘n unieke “token”-nommer waarmee u moes registreer.Kliek op “register” as u die toepassing oopgemaak het. Voer u “token”-nommer in en skep vir uself ‘n “password”. Kies die gratis opsie heel bo en dan behoort u ons skool se inligting te sien. Onderaan is die volgende opsies beskikbaar:Nuus: Blitsboodskappe wat soos ‘n Whatsapp-boodskap deurkom.Kalender: Ons kwartaalprogram in kalenderformaat.Bronne: Elke week se nuusbrief, asook die kwartaalprogram en buitemuurse rooster. Vorige nuusbriewe van ‘n kwartaal ook by bronne beskikbaar.

News

KOSHUIS:‘n Hartlike woord van dank aan Adri du Toit, haar helpers en die koshuispersoneel, wat met die verblyf van Paarl Gimnasium, gewerk en etes voorsien het. Ons waardeer julle!

LEERDERDEELNAME:GW RUGBY:Baie sterkte aan die volgende seuns wat op Vrydag en Saterdag, 10 en 11 Mei by Eureka aan die GW rugbyproewe deelneem:0/12: Hanru Hugo, JW Roelofse en Ewan Burger0/13: Wianco Ludike en Marius Etzebeth

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewAlle bestellings (met kontant ingesluit) kan elke dag by juffrou Linette Carbutt ingehandig word. Bestellings en betalings sluit op Maandag, 3

RUGBY EN NETBAL:UITSLAE Rugby:

SPAN: KOFFIEFONTEIN: PESCODIA: ROODEPAN:0/8 Wen 14 – 12 @ 0/9B --- ---

0/11B Verloor 35 - 12 Verloor 30 – 0 Wen 22 – 0 0/13B Wen 48 – 5 Wen 29 – 0 Wen 35 – 5

UITSLAE TEEN STAATS

SPAN: NETBAL: SPAN: RUGBY:0/7 Verloor 1 – 0 0/7 Gelykop 0 – 0 0/8 Wen 6 – 0 0/13A Wen 34 – 10 0/9 Verloor 7 – 6

0/10 Verloor 6 – 1 0/11 Wen 7 – 0 0/12 Verloor 12 – 8

0/13A Wen 19 – 8 0/13B Gelykop 4 – 4

WEDSTRYDE VOLGENDE WEEK: [AFSKEURSTROKIE]Die volgende spanne speel op Woensdag, 15 Mei teen Newton op hulle veld/bane:Rugby: 0/9A en B, 0/11A en B en 0/13A en BNetbal: 0/8, 0/9, 0/10, 0/11, 0/12, 0/13A en B. Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul om hulle kinders se vervoer te bevestig. Busgeld van R30 is vooraf betaalbaar.‘n Program word by die nuusbrief ingesluit.

Ouers moet solank kennis neem dat ons 0/7 en 0/8 rugby- en netbalspanne op Saterdag, 18 Mei aan die McDonalds-dag by Newton deelneem.

NETBAL / LANDLOOP:Sterkte aan ons netbalspanne wat op Saterdag, 11 Mei aan die netbaldag op Koffiefontein deelneem. Die bus vertrek om 6:00 vanaf die skool.Sterkte ook aan die 0/12 en 0/13 spelers wat op Vrydag, 10 Mei aan die Vrystaat netbalproewe deelneem.Sterkte aan ons landloopatlete wat op Vrydag, 10 Mei aan die landloopliga in Bloemfontein deelneem.

RUGBY OEFENING:Die 0/8, 0/11 en 0/13 rugbyspanne het op Maandag,13 Mei ekstra oefening op die gewone oefentye. Die 0/8-span oefen nie Dinsdag nie, maar al die ander spanne wel.

CHEETAH WELPIEDAG:Ouers van gr. RR, R en gr 1 kan spannetjies na die dag neem om rugby- en netbal te gaan speel. Volledige inligting is by die nuusbrief ingesluit.

TENNIS:Ouers kan solank kennis neem van die De Aar tenniskliniek wat vanaf 17 tot 20 Junie aangebied word. ‘n Volledige inligtingstuk word by die nuusbrief ingesluit. Ouers skryf direk in en nie deur ons skool nie.Tennisspelers moet onthou dat daar weer op Maandag, 13 Mei gewone tennisoefening is.

ATKV REDENAARS:Baie sterkte aan Mariet du Plessis wat op Saterdag, 11 Mei aan die ATKV redenaarskompetisie deelneem.

NAUTILUS:Graad 4 – 7-leerders wat vir die Nautilus wiskundekompetisie op 25 Mei wil inskryf, kan vanaf Maandag, 13 Mei R180 inskrywingsgeld by die kantoor inbetaal. Sluitingsdatum vir inskrywings: Maandag, 20 Mei om 8:00

WÊRELDKENNIS OLIMPIADE:Leerders wat vir die Wêreldkennis Olimpiade ingeskryf het, moet op Maandag, 13 Mei om 14:30 in die skoolsaal wees om die vraestel te skryf. Baie sterkte!

MOTORFIETSWEDRENNE:Baie geluk aan die volgende leerders wat met die “Good Hope” Kimberley 150cc, 8 myl byeenkoms op 4 Mei goed gevaar het:WJ van Tonder: 3de plek in die Kiddies Pro klasDylan Britz: 4de plek in die Kiddies Pro klasHanno van Tonder: 4de plek in die Kiddies beginnersklas

…………………. PW Tait SKOOLHOOF

GEBEDSLYS:Jannie du Plooy

Justine Rampaleng (oom oorlede)Oom Christi de Wet (hartoperasie)

Burger familie (afsterwe van pa / oupa)Burgert Badenhorst (behandeling)

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewAlle bestellings (met kontant ingesluit) kan elke dag by juffrou Linette Carbutt ingehandig word. Bestellings en betalings sluit op Maandag, 3

Aan alle Gr RR , R en Graad 1 Ouers

Die Welpie dag word deur “Rugby Skills and Netball Skills Development” aangebied. U kan soveel spanne soos u wil inskryf. Elke span moet ‘n spanbestuurder hê, ‘n ouer. Praat asb. met mekaar en kyk of julle spanne bymekaar kan maak. Dis ‘n heerlike dag om saam met familie en vriende te spandeer. Die vaders kan ook ‘n span maak ( 4 lede in ‘n span)Spanne:

Graad RR en R bestaan uit 5 spelers

Graad 1 bestaan uit 7 spelers

Inskrywingsfooi: R70 per kind

Registrasie is vanaf 07:30 – 08:15

Opening: 08:30

Spanne gaan elk 2-3 wedstryde speel.

U as ouers moet dit self reël en kan vir Adéle (082 462 6146) kontak om alle nodige inskrywingsvorms te ontvang. Kerry by die Kleuterskool kan ook gekontak word. Inskrywings sluit 20 Mei. Laat weet asb. vir Adéle indien u spanne inskryf.

AFSKEURSTROKIE: RUGBY EN NETBAL TEEN NEWTON (Woensdag, 15 Mei)

(OUER SE NAAM EN VAN) ___________________________________

SPELER/S SE NAAM EN VAN ______________________________________

EK GAAN MY EIE KIND/ERS NA NEWTON VERVOER:

MY KIND BENODIG VERVOER NA NEWTON:

(MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

Busgeld: R30

SPESIALE AANBIEDING!!1 – 31 MEI 2019

KORT HARE: Kleur en blaas – R300MEDIUM LENGTE HARE: Kleur en blaas – R480

LANG LENGTE HARE: Kleur en blaas – R650

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewAlle bestellings (met kontant ingesluit) kan elke dag by juffrou Linette Carbutt ingehandig word. Bestellings en betalings sluit op Maandag, 3
Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewAlle bestellings (met kontant ingesluit) kan elke dag by juffrou Linette Carbutt ingehandig word. Bestellings en betalings sluit op Maandag, 3
Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewAlle bestellings (met kontant ingesluit) kan elke dag by juffrou Linette Carbutt ingehandig word. Bestellings en betalings sluit op Maandag, 3