‘n brief van die eerstejaars-huiskomiteelid boekies 1... · 5 blikkies kos. spaarvarkie met r30...

16

Upload: doanbao

Post on 29-Apr-2019

247 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: ‘n Brief van die Eerstejaars-Huiskomiteelid Boekies 1... · 5 Blikkies kos. Spaarvarkie met R30 in (vir JOOL) Vitamienaanvulling ... Finansies HK-lid, Salome Hamman ingehandig kan
Page 2: ‘n Brief van die Eerstejaars-Huiskomiteelid Boekies 1... · 5 Blikkies kos. Spaarvarkie met R30 in (vir JOOL) Vitamienaanvulling ... Finansies HK-lid, Salome Hamman ingehandig kan

ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS

‘n Brief van die Primaria

Liefste Eerstejaar! Hoe opgewonde is ek nie om die meisie te ontmoet wat besig is om hierdie te lees nie. Hier sit jy, so onseker oor wat die toekoms mag bring, so verward en vol emosies oor die dag van môre, maar tog opgewonde en selfversekerd! Ek was presies net daar waar jy is, met soveel vrae wat in my hart dwaal het ek Potch toe gekom en vandag is daardie vrae meer as net beantwoord! Ek is

opgewonde om jou te sien groei van ʼn meisie tot ʼn vrou, om vir jou raad te gee en bystand te bied. Hierdie 3 jaar was die beste 3 jaar van my lewe sonder om eers te huiwer. Dis hier waar ek die man ontmoet het saam wie ek die res van my lewe wil spandeer, dis hier waar ek my strooimeisies gekry het en dis hier waar ek myself gevind het. Oosterhof is meer as net ʼn

koshuis, meer as net ʼn plek met 4 mure. Dit is hier waar ons tot die oggendure hartsake kan deel, trane van hartseer en trane van blydskap

huil. Dit is ʼn plek waar ons onvoorwaardelik lief het, sonder enige pretensie en voorgee het ons mekaar lief, net lief. Sterkte met hierdie laaste bietjie van matriek-wees. Jesus het ʼn besonderse pad wat Hy met jou gaan stap en ek is opgewonde saam met jou! Al my liefde

‘n Brief van die Eerstejaars-Huiskomiteelid Liewe Eerstejaar van Oosterhof Dameskoshuis! Eerstens wil ek net sê: welkom by die familie! Ons is opgewonde om

jou onder ons vlerke in te neem en jou tuis te laat voel, want dit is immers nou huis! My gebed vir jou is dat jy elke oomblik sal geniet; elke ding wat jy doen, met passie en oorgawe sal doen; vriendinne en vriende sal maak wat jou lewe gaan verryk; jouself sal vind en jou talente uitleef; jou identiteit sal versterk en bevestig in Jesus Christus en bowenal, Die Here se naam verheerlik waar ook al jy gaan en wat ook al jy doen. Ons is bevoorreg om jou in ons koshuis te hê en ek weet dis 'n voorreg om in Oosterhof te wees. "It's not how big the house is. It's how

happy the home is." Ons is 'n familie en ons is hier om jou met ope arms in te neem by Oosterhof. "Being a family means you are a part of something very wonderful. It means you will love and be loved for the rest of your life. No matter what." Baie liefde

‘n Brief van die huisouers

Baie welkom aan al ons nuwe inwoners! Dit is vir my en my vrou 'n bron van groot opgewondenheid om julle by Oosterhof te verwelkom. Weliswaar trek julle nie in Oosterhof se gebou in nie, maar Oosterhof bestaan uit sy inwoners waar elke individu belangrik is. Wees verseker dat ons as huisouers werklik julle ouers weg van die huis af wil wees. Ons wil graag meewerk om Oosterhof 'n plek te maak waar jy veilig, tuis en geborge voel. Ons beskou die inwoners as deel van ons huisgesin waar ons saamwerk en na mekaar omsien. Baie sterkte met die matriek eindeksamen en lekker uitrus voordat jy 'n nuwe opwindende fase van jou lewe in 2017 begin.

Page 3: ‘n Brief van die Eerstejaars-Huiskomiteelid Boekies 1... · 5 Blikkies kos. Spaarvarkie met R30 in (vir JOOL) Vitamienaanvulling ... Finansies HK-lid, Salome Hamman ingehandig kan

ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS ‘n Oosterhof dame staan volgens hierdie waardes: O - Oorspronklikheid O - Opregtheid S – Sukses T – Trots E – Entoesiasme R – Respek H – Hoflikheid O – Ondersteuning F – “FUN”tasties

Jou nuwe huis, Oosterhof, is ‘n plek waar jy jouself kan wees! Oosterhof se leuse is:

Die manskoshuis, Soetdorings, is die koshuis waarmee ons sleep vir die termyn 2016/2017 en ons sleepnaam is “rOEkelOOS” Ons tel nie 1,2,3 soos ander mense nie! Ons tel 1,3,7! Oosterhof het 6 gange: Vivace, Crescendo, Joviaal, Finesse, Charisma en Kaleidoscope.

Koshuislied

Op die PU Kampus in die Wes-Transvaal klink die mooiste naam in ons eie taal! Oosterhof, jou naam dra ons altyd met ons saam, want dit roep in ons gees om

altyd trou te wees. In kameraadskap gee ons alles, om ‘n toekoms hier te bou. Beseël met ideale, glo

in God en in jouself.

YES JA OOSTERHOF!

PRAKTIESE REëLINGS: Registrasie en Oriëntering Die R&O–program word jaarliks op die NWU-Pukke aangebied en behels die Registrasie van jou as eerstejaar en Oriëntering t.o.v. die Universiteit en Koshuislewe. Die program gaan jou as eerstejaar help om so spoedig moontlik in te skakel en om tuis te voel in jou nuwe omgewing. Hier volg net ‘n paar algemene rëelings i.v.m R&O 2017. Meer spesifieke programme en reëlings sal binnekort aan jou gekommunikeer word.

14 Januarie 2017 begin Registrasie en Oriëntering Jy kan vanaf Vrydag (13 Januarie) tussen 14:00 en 18:00 asook Saterdag (14 Januarie) tussen 06:00 en 12:00 intrek. Klerepakkette word op 14 Januarie betaal en ontvang. Begin vroegtydig vitamiene drink. Dit is 'n lekker besige tyd wat voorlê

Page 4: ‘n Brief van die Eerstejaars-Huiskomiteelid Boekies 1... · 5 Blikkies kos. Spaarvarkie met R30 in (vir JOOL) Vitamienaanvulling ... Finansies HK-lid, Salome Hamman ingehandig kan

ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS

Hieronder volg vêrdere inligting aangaande jou verblyf in Oosterhof:

Kamers Jy het die volgende tot jou beskikking in jou enkelkamer: Lessenaar & stoel, boekrak, bed, aansteekbord, verwarmer en ‘n rekenaarpunt. Jy kan die volgende saambring vir jou kamer (elektriese toestelle is opsioneel)

‘n Kombinasieslot vir Slot vir jou Ekstra Wasgoedmandjie en jou kamerdeur kasdeur peuselhappies wasgoedseep Yskas Eie beddegoed Leeslamp Snippermandjie Mikrogolfoond Eie eetgerei Wekker Kamerversierings Broodrooster Waaier Badprop en Boeke en handdoek skryfbehoeftes

Muurproppe Strykyster Toiletware Hangers Haardroër/Krultang/ Laptop Drukspykers Skoppie en besem Straightener (Opsioneel) Vaddoeke/Lappie

Klerasie tydens R&O Bring asseblief die volgende saam: 2 x Wit T-hemp met moue Ou klere vir die vrugtefees ‘n Lang blou denim Snaakse klere – Vir koshuisaksies 2 x ‘n Swart kortbroek 2x paar wit sokkies Kerkklere Sonskerm en vitamienes Swart/navy rekkies vir jou hare Gemaklik tekkies/tommies Swemklere (T-hemp en broek) Swemhanddoek ‘n Dineerok – Jy kan sommer jou matriekafskeidsrok of Cocktail-rokkie bring

Benodigdhede tydens R&O Bring die volgende asseblief saam op die 14de Januarie in een A4-koevert. Slegs die mediesefonds kaart afskrif moet so gou as moontlik vir my ge-e-pos word na [email protected] asseblief.

**Oorspronklike matrieksertifikaat en twee afskrifte daarvan **Gesertifiseerde afskrif van jou ID **6 x ID foto's **Afskrif van jou mediesefonds kaart NWU-PUK-gids 5 Blikkies kos Spaarvarkie met R30 in (vir JOOL) Vitamienaanvulling Sonblok Medikasie **Al die klere soos uiteengesit by “Klerasie tydens R&O” Notaboekie en pen ‘n Hoendertjie wat jy om jou vinger of nek kan dra (Enige iets kreatief wat jou TROTS vir die koshuis uitbeeld) – Daar gaan klein hoendertjie-borsspeldjies beskikbaar wees teen R20 Gumboots vir JOOL-week (swart) Pak rubber-rekkies en groen papier Sporttoerusting (Indien jy het) Musiekinstrumente (Indien jy het) Pointers (balletskoentjies) en tutu (Indien jy het – vir eerstejaarskonsert)

Page 5: ‘n Brief van die Eerstejaars-Huiskomiteelid Boekies 1... · 5 Blikkies kos. Spaarvarkie met R30 in (vir JOOL) Vitamienaanvulling ... Finansies HK-lid, Salome Hamman ingehandig kan

Finansies

ELEKTRONIESE BETALINGS KAN NOU AL GEMAAK WORD EN ONS RAAI U AAN OM EERDER VROEGTYDIG U BETALING OP HIERDIE MANIER AF TE HANDEL.

Opsie 1: EFT (Electronic Fund Transfer/ Internet oorbetaling) Bewys van betaling moet uitgedruk word en met die dag van eerstejaarsontvangs saamgebring word sodat dit by die Finansies HK-lid, Salome Hamman ingehandig kan word. Hierdie bewys van betaling moet ook elektronies aan die betrokke penningmeester (Finansies HK-lid) se epos gestuur word na: [email protected] Bankbesonderhede van die NWU: Naam van rekening: NWU Diverse Bank: ABSA Rek tipe: Tjekrekening Rek nr.: 670 642 313 Verwysing: Oos_Studentenommer Opsie 2: Kontantbetaling by die koshuis Gelde word betaal by die koshuis met aankoms. Dit kan kontant of per tjek (Tjeks moet asb. soos volg uitgemaak word aan: Noordwes-Universiteit, dit mag nie aan die koshuis uitgemaak word nie. Namibiese en buitelandse tjeks word ongelukkig nie aanvaar nie) betaal word in die aangewese lokaal by die koshuis. Dring asb. aan op ʼn kwitansie aangesien dit dien as bewys van betaling. Opsie 3: Kontant & Bankkaartbetaling Gelde word betaal by kassiere in gebou F1 in Lovers Lane met die Eerstejaarsontvangs. ʼn Kwitansie word vir u uitgedruk en moet dan by die koshuis ingedien word as bewys van betaling. Ons raai u aan om nie die prosedure te volg nie aangesien die rye lank is en om vir kassiere te vra om twee kwitansies uit te druk aangesien u die een gaan indien by die koshuis en dan self nie ʼn bewys het nie. Opsie 4: Heffing op studenterekening Hierdie vorm word geteken by die koshuis met aankoms waar die gelde op die studenterekening gehef sal word. Alle beurshouers (NSFAS ingesluit) moet hierdie vorm teken, mits anders gestel deur beursooreenkoms. Eerstejaarspakkette vir 2017 Totaal Opsies A: Basiese Pakket R 2230 -Koshuiskas R 850 -Klerasie* R 1380 Opsies B: Basiese Pakket + R 2400 Eerstejaarsdineekaartjie -Koshuiskas R 850 -Klerasie* R 1380 -Eerstejaarsdineekaartjie R 170 Opsies C: Basiese Pakket + JOOL-kaartjie R 2610 + Oorpak -Koshuiskas R 850 -Klerasie* R 1380 -JOOL-kaartjie R 180 -Oorpak (Ovie vir JOOL) R 200 Opsies D: Basiese Pakket + Oorpak R 2430 -Koshuiskas R 850 -Klerasie* R 1380 -Oorpak (Ovie vir JOOL) R 200 Opsies E: Volle Pakket R 2780 -Koshuiskas R 850 -Klerasie* R 1380 -Eerstejaarsdineekaartjie R 170 -JOOL-kaartjie R 180 -Oorpak (Ovie vir JOOL) R 200

Page 6: ‘n Brief van die Eerstejaars-Huiskomiteelid Boekies 1... · 5 Blikkies kos. Spaarvarkie met R30 in (vir JOOL) Vitamienaanvulling ... Finansies HK-lid, Salome Hamman ingehandig kan

*Klerasie

Item Totaal R 1380

1 x Polarfleece Baadjie 1 x Skort 1 x Ondersteunershempie 1 x Oosterhof Keppie 1 x JOOL Ovie 1 x Rugsak 1 x Paar Oosterhofsokkies 1 x Sleephempie 1 x Oosterhof Informele hempie kostes te dek. Wat is koshuiskas?

ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS Wat is ʼn intrekkerpakket? ’n Intrekkerspakket behels ’n kombinasie van studente-aksies wat elke voornemende eerstejaarstudent kies om aan deel te neem. Nie een van hierdie aksies is verpligtend nie, wat beteken dat studente slegs betaal vir dit waarin hulle wil en gaan deelneem. Die onderskeie intrekkerspakkette maak dit ook vir studente moontlik om met slegs een betaling die betrokke

Koshuiskas is ’n eenmalige bedrag wat deur voornemende koshuisinwoners betaal word wat hul deelname aan verskeie studente-aksies (sport, kunste, JOOL, instandhouding, opedag, ens.) deur die jaar wil verseker. Wat word by klerasie ingesluit? Let daarop dat elke koshuis sy unieke klerasiepakket spesifiseer (bv. 2 gholfhemde, 1 broek, 2 paar kouse, reënbaadjie, rugsak, ens. Wat is die doel van die oorpak (Ovie tydens JOOL)? Die oorpak moet vir veiligheidsredes (Beroepsveiligheid en gesondheid-wetgewing vereis dit aangesien daar gesweis word tydens die bou van die JOOL-vlotte) deur elke persoon wat die JOOL-plaas betree, gedra word. Oorpakke kan wel gekoop word sonder om JOOL-kaartjies te koop of om aan JOOL deel te neem, aangesien die oorpakke ook vir ander geleenthede benut gaan word. Wat behels JOOL? JOOL behels nie net studentepret en plesier nie. JOOL het ook ’n sterk sosiale bewustheidsonderbou: “Jou Onbaatsugtige Opoffering vir Liefdadigheid”. Jou JOOL-kaartjie verseker nie net jou deelname aan hierdie onvergeetlike studentebelewenis en energieke prosessie nie; dit gee jou ook toegang tot die JOOL-plaas. Nie net eindig die vlotoptog hier nie; dit is ook die plek waar twee polsende rock-konserte die laaste twee aande, asook ʼn vuurwerkvertoning op die Vrydagaand, aangebied word. Wat is Eerstejaarsdinee? Die Eerstejaarsdinee is ’n swierige en eksklusiewe spoggeleentheid vir eerstejaarstudente. Hier kan hulle hul beste voetjie voorsit en mekaar beter leer ken. Hierdie dinee is jaar na jaar ’n besliste hoogtepunt en is ’n absolute moet-bywoon vir voornemende eerstejaars!

Page 7: ‘n Brief van die Eerstejaars-Huiskomiteelid Boekies 1... · 5 Blikkies kos. Spaarvarkie met R30 in (vir JOOL) Vitamienaanvulling ... Finansies HK-lid, Salome Hamman ingehandig kan

ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS

Bykomende Inligting

Indien jy verkies word om deel te neem aan die Eerstejaars-konsert, sal ‘n ekstra R100 gehef word vir die aankoop van konsert-kostuums en benodigdhede. (Betaalbaar in kontant na oudisies gehou word en die groep gekies is) Die NWU-PUK het sy eie dagboek wat beskikbaar is. Dit is ‘n baie handige boek, want dit bevat alle belangrike datums en inligting rakende die NWU-PUK onder andere telefoonnommers, kampuskaart, roosters ens. Dit word sterk aanbeveel, maar is glad nie verpligtend nie. Die dagboek beloop ongeveer R100.

Besoek gerus Oosterhof Dameskoshuis se amptelike Facebook-blad https://www.facebook.com/NWU-Pukke-Oosterhof-Dameskoshuis-165014310304206/?fref=ts vir meer inligting rakende die studente-lewe in Oosterhof, inwoners en ander inligting aangaande die koshuis. Moet asseblief ook nie huiwer om die Huiskomitee of Koshuisouers te kontak indien daar enige navrae is nie. Nicola Botha – 079 517 6925 / [email protected] Groete

Page 8: ‘n Brief van die Eerstejaars-Huiskomiteelid Boekies 1... · 5 Blikkies kos. Spaarvarkie met R30 in (vir JOOL) Vitamienaanvulling ... Finansies HK-lid, Salome Hamman ingehandig kan

ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS Agter (van links na regs): Karla Jooste - JOOL, Fin JOOL en Instandhouding - 0848533224

Salome Hamman – Finansies, Borge en Klerasie - 0734026009

Chanette Bester – Primaria, Seniors en Tug - 0826728427 Carle Geldenhuys – Onderprimaria, Akademie en SJGD - 0742054444

Chane Fourie – Kunste, Sekretaresse en Bemarking - 0729549964

Voor (van links na regs): Elizmari Rootman – Sport - 0718616608 Leandri Zietsman – Werwing en Argief - 0826069774 Selina Masetle – Studentebelange, AKSA en Kommunikasie - 0747776068

Nicola Botha – Eerstejaars en Sosiaal - 0795176925 Huisouers: Prof. Rickus en Anna Fick – 0836001149 Carle Geldenhuys My gunsteling herinnering van my eerstejaar is toe ons na die vrugtefees terugstap koshuis toe in die lekker son en deur die sproeiers! Nicola Botha Ek onthou hoe ek in R&O elke dag tydens ete langs iemand anders gesit en net gesels en gesels het en nooit alleen gevoel het nie! Salome Hamman My gunsteling herinnering was toe ons in die oudit gesit het tydens SR-bekendstelling – Dis waar ek my trots vir NWU-Pukke gekry het!

Chane Fourie Die lekkerste herinnering was toe ek elkeen van my beste vriendinne ontmoet het! Karla Jooste Ek onthou hoe ons in die reën langs ons JOOL-vlot geloop het en so trots gevoel het saam met ons sleepkoshuis! Elizmari (Anna) Rootman Met eerstejaarskonsertoefening het dit begin reën en ons almal het mal gegaan en gedans op die gras!

Page 9: ‘n Brief van die Eerstejaars-Huiskomiteelid Boekies 1... · 5 Blikkies kos. Spaarvarkie met R30 in (vir JOOL) Vitamienaanvulling ... Finansies HK-lid, Salome Hamman ingehandig kan

ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS

A letter from the Primaria

Dear first year! How excited am I to greet the girl who is busy reading this! Here you are, so

unsure of what the future may bring, confused and full of emotions over tomorrow but still so excited and confident! I was exactly where you are now. With so many questions on my heart I came to Potchefstroom and

today all of those questions are more than just answered! I am excited to see you grow from a girl to a lady, to give you advice and to stand by you. The past 3 years were the best years of my life! It is here where I met the

man I want to spend the rest of my life with, it is here where I met my bridesmaids and it is also here where I found myself. Oosterhof is more

than just a hostel, more than just a place with 4 walls. It is here where we can share our hearts with each other in the early hours without any

pretentiousness. We can just love each other! It is a place where we can love each other unconditionally! Good luck with the last bit of being matric! Jesus has a special path that He wants to walk with you and I am excited with you! All my love A letter from the First Year’s House Committee Member

Dear First Year of Oosterhof Ladies Residence

Firstly, I would like to say: welcome to the family! We are excited to take you in under our wings and to make you feel at home because this is home! My prayer for you is that you will enjoy every moment; do

everything with passion and excellence; make friends that will enrich your life; discover yourself and show your talents; strengthen and establish your identity in Jesus Christ and above all, glorify The Lord's name wherever you go and with whatever you do. We are privileged to have you in our hostel and I know it is an honour to be in Oosterhof. "It's not how big the house is. It's how happy the home is." We are a family and we are here to accept you into Oosterhof with arms wide open! Lots of love

A letter from the houseparents

Most welcome to every new resident of Oosterhof! It is for me and my wife indeed a source of great excitement to welcome you at Oosterhof. Although we do not move into the residence itself this year, Oosterhof consists of its residents where each and every individual counts. Please be sure that my wife and I want to be your parent away from your home. We want to be part of the important process of creating a place where you will feel safe, at home and provided for. We deem the residents of Oosterhof as part of our family where we work together and care for each other. Good luck with your final exams and we hope that you will have a fantastic holiday. Get a good rest before tackling a new and exciting new phase in your life in 2017.

Page 10: ‘n Brief van die Eerstejaars-Huiskomiteelid Boekies 1... · 5 Blikkies kos. Spaarvarkie met R30 in (vir JOOL) Vitamienaanvulling ... Finansies HK-lid, Salome Hamman ingehandig kan

ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS An Oosterhof lady stands for the following values: O – Oorspronklikheid (Originality) O – Opregtheid (Sincerity) S – Sukses (Success) T – Trots (Proud) E – Entoesiasme (Enthusiastic) R – Respek (Respect) H – Hoflikheid (Courtesy) O – Ondersteuning (Support) F – “FUN”tasties (“FUN”tastic)

Your new home, Oosterhof, is a place where you can be yourself! Our slogan is:

The mens-residence, Soetdorings, is the residence with whom we “sleep” for the term 2016/2017 and our “sleep-name” is” rOEkelOOS” We don’t count 1,2,3 like other people! We count 1,3,7! Oosterhof has 6 corridors: Vivace, Crescendo, Joviaal, Finesse, Charisma and Kaleidoscope.

Residence Song

Op die PU Kampus in die Wes-Transvaal klink die mooiste naam in ons eie taal! Oosterhof, jou naam dra ons altyd met ons saam, want dit roep in ons gees om

altyd trou te wees. In kameraadskap gee ons alles, om ‘n toekoms hier te bou. Beseël met ideale, glo

in God en in jouself.

YES JA OOSTERHOF!

PRACTICAL ARRANGEMENTS FOR REGISTRATION AND ORIENTATION 2017 The R&O-programme is presented annually at the NWU-Pukke and entails the Registration of you as first-year student and Orientation to the University and residence life. The programme is going to help you as first-year to be integrated as quickly as possible and to feel at home in your new environment. The following are a few general arrangements in connection with Registration and Orientation for 2017. More specific programmes and arrangements will be communicated to you soon.

14 January 2017 R&O will commence. You may move in from Friday (13 January) between 14:00 and 18:00 as well as Saturday (14 January) between 06:00 and 12:00. Clothing parcels are paid and received on 14 January. Start taking some vitamins – it is going to be a busy day!

Page 11: ‘n Brief van die Eerstejaars-Huiskomiteelid Boekies 1... · 5 Blikkies kos. Spaarvarkie met R30 in (vir JOOL) Vitamienaanvulling ... Finansies HK-lid, Salome Hamman ingehandig kan

ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS

Below follows further information regarding your residence in Oosterhof:

Rooms You have the following at your disposal in your single room: Desk & chair, bookshelf, bed, pin board, heater and a computer point. You can bring the following for your room (electrical appliances are optional)

Combination lock for Lock for Extra snacks Laundry bag and your room door cupboards washing soap Refrigerator Own bedding Reading Lamp Dustbin Microwave Own cutlery Alarm clock Room decor and crockery Toaster Fan Bath plug and Books and stationary

towel Multiplugs Iron Toiletries Hangers Hair Dryer/Curling Iron Laptop Thumbtacks Broom and drying /Straightener (Optional) cloths

Clothing during R&O Please bring with the following: 2 x White T-shirts with sleeves Old clothes for fruit festival A pair of long blue denim jeans Funny outfits – For social aksies 2 x pairs of black shorts 2x pairs of white socks Chruch Clothing Sunscreen en vitamienes Swart/navy hairbands Comfortable tekkies/Tommies Swimming clothes (T-shirt en short) Swimming towel A formal dress – you can bring your matric farewell dress or cocktail dress

Necessities during R&O Please bring the following documentation with you in one A4 envelope on the 14th of January. Only a copy of the medical-fund card must please be emailed to [email protected] as soon as possible.

** Original matric certificate ** Certified copy of your ID **6 x ID photos ** Copy of your medical aid card NWU-PUK guide 5 Canned food tins Piggy-bank with R30 in (For RAG) Vitamin supplements Sunscreen Medication All the clothing listed under “Clothing during R&O” Notepad and pen

Page 12: ‘n Brief van die Eerstejaars-Huiskomiteelid Boekies 1... · 5 Blikkies kos. Spaarvarkie met R30 in (vir JOOL) Vitamienaanvulling ... Finansies HK-lid, Salome Hamman ingehandig kan

A little chicken that you can wear around your neck or finger (Anything creative that symbolizes your pride for the residence) – Small chicken-brooches will be available @ R20 each Black gumboots for RAG week A pack of Rubber bands and green paper Sporting-equipment (If you have) Music instruments (If you have) Pointers (ballet shoes) and tutu (if you have – first year concert)

Finances:

TAKE NOTE:

ELECTRONIC PAYMENTS CAN ALREADY BE MADE AND WE ENCOURAGE YOU TO MAKE THE PAYMENT AS SOON AS POSSIBLE AND GET IT DONE.

OPTION 1 : EFT (Electronic Fund Transfer/ Internet banking) Proof of payment must be brought along on the day of arrival and handed in at the Financial House committee member of the residence. This proof of payment must also be send via e-mail toe the Financial house committee member of the residence: [email protected] Banking details of the NWU: Name of account: NWU Diverse Bank: ABSA Account type: Check account Account nr.: 670 642 313 Reference: Oos_student number OPTION 2: FEES ARE PAYBLE AT THE RESIDENCE ON ARRIVALMoney is paid at the residence on the day of arrival. It may be paid in cash or check in the designated room at the residence. (Checks must be made out as follows: North- West University, it may not be made out to the residence. Namibian and foreign checks are not accepted.) Please insist on a receipt as it serves as a proof of payment. OPTION 3: CASH & BANK CARD PAYMENT Money is paid at the cashiers in building F1 in Lovers Lane on the day of arrival. A receipt will be given which has to be handed in at the residence and serves as the proof of payment. We advise you to not follow this procedure due to the fact that the queues are long and you need to ask the cashiers to print two receipts as you need to submit one at the residence and then you won’t have your own proof of payment. OPTION 4: FEES ARE CHARGED TO THE STUDENT ACCOUNT This form is signed at the residence on arrival and then the fees will be charged to the student account. All bursary holders (including NSFAS) should sign this form, unless otherwise stated by the bursary agreement. First Year Package for 2017 Total Option A: Basic Package R 2230 -Residence Fund R 850 -Clothing* R 1380 Option B: Basice Package + First Year’s R 2400 Formal Ticket - Residence Fund R 850 - Clothing* R 1380 - First Year’s Formal Ticket R 170 Option C: Basic Package + RAG-Ticket + R 2610 RAG-Ovie - Residence Fund R 850 - Clothing * R 1380 -RAG Ticket R 180 -RAG Ovie R 200

Page 13: ‘n Brief van die Eerstejaars-Huiskomiteelid Boekies 1... · 5 Blikkies kos. Spaarvarkie met R30 in (vir JOOL) Vitamienaanvulling ... Finansies HK-lid, Salome Hamman ingehandig kan

ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS Option D: Basic Package + RAG-Ovie R 2430 - Residence Fund R 850 - Clothing * R 1380 - RAG Ovie R 200 Option E: Complete Package R 2780 - Residence Fund R 850 - Clothing * R 1380 - First Year’s Formal Ticket R 170 -RAG-ticket R 180 -RAG-Ovie R 200

*Clothing will consist of the following items:

Item Total R 1380 1 x Polarfleece Jacket 1 x Skirt 1 x Supporter Gholfers 1 x Oosterhof Cap 1 x RAG Ovie 1 x Backpack 1 x Pair Oosterhof socks 1 x “Sleep”-shirt 1 x Oosterhof Informal shirt

What is a resident package? The resident package includes a combination of student activities which each prospective first year can choose to participate in. None of these activities are compulsory which means that students only pay for that will they will participate in. The different packages also make it possible for students to cover the costs with only one payment. What is residence fund? Residence fund is a once-off amount which is paid by prospective residents who want to ensure their participation in various student activities like sport, arts, RAG, maintenance, open day, etc. What is included in the clothing package? Take note that each residence has their own unique clothing package (ex. 2 golf shirts, 1 short pants, 2 pairs of socks, rain jacket, back pack, etc.) What is the purpose of the overall during RAG? The overall is necessary for safety reasons (Workplace safety and health-legislation requires this due to the fact that people have to weld when building the RAG-float) and should be worn by every person that enters the RAG-farm. The overalls can be bought without the need to buy a RAG-ticket or to participate in RAG because the overalls are used on other occasions as well. What does RAG entail? RAG is not only fun and games; it is a big charity event. Your RAG ticket lets you participate in this unforgettable student experience and energetic parade and also gives you access to the RAG-farm. This is the place where the float parade ends and it is also the place where two rock-concerts takes place on the final two evenings of RAG-week. There is also a firework show on the Friday evening. What is First year’s formal?The first year’s formal is a fancy and exclusive event for first year students. This is an opportunity to get to know the other first years better. This formal is definitely a highlight each year and should not be missed!

Page 14: ‘n Brief van die Eerstejaars-Huiskomiteelid Boekies 1... · 5 Blikkies kos. Spaarvarkie met R30 in (vir JOOL) Vitamienaanvulling ... Finansies HK-lid, Salome Hamman ingehandig kan

ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS

Additional Information

Should you be chosen to participate in the first-years concert, an additional R100 will be asked to purchase concert-costumes and necessities. (Payable in cash after auditions have been held and the group has been chosen) The NWU-PUK has its own diary available. It is a very handy book because it contains all important dates and information regarding the NWU-PUK, amongst others, telephone numbers, campus map, schedules, etc. It is strongly recommended but is not compulsory. The cost is around R100.

Please visit Oosterhof’s official Facebook page https://www.facebook.com/NWU-Pukke-Oosterhof-Dameskoshuis-165014310304206/?fref=ts for information regarding the student life in Oosterhof, residents and others information regarding the hostel. Please do not hesitate to contact the House committee of Resident-parents if you have any questions or enquiries. Nicola Botha – 079 517 6925 / [email protected] Friendly greetings

Page 15: ‘n Brief van die Eerstejaars-Huiskomiteelid Boekies 1... · 5 Blikkies kos. Spaarvarkie met R30 in (vir JOOL) Vitamienaanvulling ... Finansies HK-lid, Salome Hamman ingehandig kan

ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS Back (from left to right): Karla Jooste - RAG, Fin RAG and Maintenance - 0848533224

Salome Hamman – Finances, Sponsors and Clothing - 0734026009

Chanette Bester – Primaria, Seniors and Discipline - 0826728427 Carle Geldenhuys – Deputy primaria, Academics and SRCS - 0742054444

Chane Fourie – Arts, Secretary and Marketing - 0729549964 Front (from left to right): Elizmari Rootman – Sport - 0718616608 Leandri Zietsman – Recruitment and Archive - 0826069774 Selina Masetle – Student interests, AKSA and Communication -

0747776068 Nicola Botha – First Years and Social - 0795176925 House Parents: Prof. Rickus and Anna Fick – 0836001149 Carle Geldenhuys My favourite memory of my first year is when we walked back to the hostel in the sun and through the sprayers after the fruit festival! Nicola Botha I remember how I sat and ate with different girls each meal in R&O and kept on talking and talking and never felt alone! Salome Hamman My favourite memory was when we sat in the auditorium during SR-introduction – There is where I started being proud to be at NWU-Pukke!

Chane Fourie My favourite memory was when I first met all of my best friends that I have now! Karla Jooste I remember how proud I was with our sleep hostel to walk beside our float in RAG. Elizmari (Anna) Rootman With first year’s concert practice, it started raining outside and we just went crazy and started dancing!