kaapse aftreefonds vir plaaslike regering nuusbrief april ......in vorige nuusbriewe het ons...
TRANSCRIPT
1
Kaapse Aftreefonds vir Plaaslike Regering Nuusbrief April 2011 Volume 44 Fondsregistrasienr: 12/8/32689/2
BESTE LID Die Algemene Jaarvergadering het ‘n paar weke gelede plaasgevind, en ek was baie bly om die fantastiese opkoms van beide lede en raadslede te sien. Die raadslede was spesifiek geïnteresseerd in die jongste verwikkelinge, aangesien hulle nou ook by die Fonds kan aansluit. Dit was bemoedigend om te kan rapporteer dat al die harde werk wat in die beleggings en oudit‐arenas gedoen is, begin om vrugte af te werp, en dat lede nou daarby begin baat. Ek is ook bly om aan te kondig dat ons ‘n nuwe Buigsame Portefeulje vir ons lede 50 jaar en ouer bekendgestel het. Onthou asseblief dat dit ons verantwoordelikheid is om jou (sover moontlik) na ‘n goeie aftrede te lei, so enige ondersteuning wat ons kan bied sal net ‘n plesier wees. Geniet die verdere lees!
Groete Brian William Shepherd Voorsitter
‘N BAIE SUKSESVOLLE 14DE JAARVERGADERING Mnr. Brian Shepherd, die voorsitter van die Fonds, was bly om te rapporteer dat die Fonds sy groei in beleggingsopbrengste volgehou het. Die Fonds het netto opbrengste van 17.3% getoon in die Trustee Verstekportefeulje, en 7% in die Kapitaalbeskermingsopsie. Hy het ook terugvoer gegee oor die ekonomiese vooruitsigte, en het beklemtoon dat die Fonds se lidmaatskap met 11% tot 29 789 lede gegroei het soos op 30 Junie 2010. Indien jy ‘n afskrif van die voorsitter se rede wil hê, besoek asseblief ons webtuiste by www.caperf.co.za of kontak die oproepsentrum by 021 943 5306. Bestuur behou Ons wil graag vir mnre. Shepherd en Mokweni gelukwens met hulle herverkiesing as voorsitter en ondervoorsitter van die Raad van Trustees. Die voorsitter en ondervoorsitter word elke jaar na die AJV deur die Raad van Trustees verkies. As gevolg van die tyd wat dit neem om ‘n trustee op te lei, was die Raad van Trustees genoodsaak om die dienstermyn vir trustees vanaf 4 tot 5 jaar te verleng. Dit kom ooreen met die dienstermyn wat op plaaslike owerhede van toepassing is, en sal bydra tot die behoud van kennis in die Raad.
2
HOEKOM MOET JY ALTYD JOU SALARISSTROKIE NAGAAN? Maak seker jou bydraes word wel afgetrek In ‘n onlangse studie het ‘n lid by ‘n munisipaliteit begin werk en die Nuwe Lid‐vorm vir die Kaapse Aftreefonds voltooi. Die munisipaliteit het egter nooit die bydraes van die lid se salaris afgetrek nie. Die lid het nooit sy salarisstrokie nagegaan nie, en het dus nie besef dat hy nie tot die Fonds bydra nie. ‘n Paar maande later is hy in ‘n ongeluk by die werk oorlede. Aangesien die Fonds geen bydraes ontvang het nie, was daar geen sterfte‐ of begrafnisvoordele vir die lid nie. Dit het groot finansiële probleme vir sy gesin geskep. Een van die vereistes van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes is dat elke werknemer ‘n salarisstrokie moet ontvang. Dit is ‘n baie belangrike dokument, maar baie mense liasseer dit sonder om die inligting daarop na te gaan.
Ons wil jou graag aanmoedig om jou salarisstrokie elke maand na te gaan. Moet asseblief nie huiwer om ons te kontak indien jy jou pensioen‐inligting wil nagaan nie. Indien jy meer wil lees oor salarisstrokies en die minimum‐vereistes, besoek die Suid‐Afrikaanse Departement van Mannekrag se webtuiste by www.labour.gov.za. HOE VERGELYK JOU FONDS SE KOSTES MET DIÉ VAN DIE RES IN DIE BEDRYF? Die trustees het die Aktuaris versoek om die vlak van bydraes en kostes met tipiese markpryse in die bedryf te vergelyk. Die Aktuaris het die kostes vergelyk met ‘n opname wat Sanlam Werknemervoordele regoor die bedryf gedoen het.
Wel gedaan – jy spaar meer as die gemiddelde lid in die mark! Bydraes: Terwyl die gemiddelde werkgewer‐ en lidbydraes 9.8% en 5.8% van salarisse was, beloop bydraes tot hierdie Fonds tans 18% (werkgewer) en 9% (lid) van jou salaris, waarvan ‘n groot gedeelte van jou werkgewerbydraes vir aftrede aangewend word. Dit beteken dat jy meer as die gemiddelde werknemer vir aftrede spaar. Die Sanlam Werknemervoordele‐opname 2010 bevestig dat baie Suid‐Afrikaners nie genoeg vir aftrede spaar nie, aangesien die gemiddelde lid (na aftrekkings van risikopremies en kostes) slegs 12.17% spaar. In teenstelling is jou Fonds se voorsieningsvlak meer as die kritiese vlak van 15% vir alle kategorieë.
Wel gedaan – jy betaal minder as gemiddeld vir jou Fondsadministrasie! Administrasiefooie: Die opname het getoon dat die gemiddelde administrasiefooi in die bedryf 0.9% is. Soos op datum van die Fondswaardasie was die administrasiefooi 0.83% – jy betaal dus minder.
3
Wel gedaan – jou sterfte‐ en ongeskiktheidsvoordele is beter! Risikovoordele: Soos jy weet, voorsien die Fonds jou van ‘n keuse van versekerde sterfte‐ en ongeskiktheidsvoordele. Die gemiddelde kontant enkelbedrag wat in 2010 deur pensioenskemas vir sterfgevalle en ongeskiktheid uitbetaal is, was 3.3 en 2.6 keer die jaarlikse salaris. In vergelyking voorsien jou Fonds 4.8 keer die jaarlikse salaris vir sterftevoordele en 3.6 keer die jaarlikse salaris vir ongeskiktheidsvoordele. Die risikovoordele wat deur jou Fonds voorsien word, is dus aansienlik meer vergeleke met dié van ander fondse. Om op te som: die Aktuaris het gemerk dat as gevolg van faktore soos onvoldoende staatsvoordele, ekonomiese onsekerheid, MIV en hoër lewensverwagting, is dit noodsaaklik vir alle Suid‐Afrikaners om sorgvuldig te beplan en om doelwitte te stel sodat hulle goed versorg bly op hul oudag.
OPSOMMING VAN GEBEURE IN PLAASLIKE MARKTE EN VOORUITSIGTE Plaaslik het die rand versterk teenoor die Amerikaanse dollar en het die R6.70/VSA$ merk oorskry, met buitelandse beleggers se volgehoue belangstelling in opkomende markte. Verbruikersvertroue het die hoogste vlak in twee jaar bereik in Desember 2010, maar swak groei in die eiendomsmark en werkloosheid was steeds ‘n bekommernis. Gedurende die laaste kalenderjaar het die FTSE JSE Alle Effekte Indeks met 19% gestyg, met Industriële aandele wat die beste presteer het gedurende die jaar. Internasionale aandele, soos verteenwoordig deur die MSCI Wêreld, het slegs met 0.5% in randterme gestyg, as gevolg van die beduidende sterk rand. Ten spyte van ‘n swak vierde kwartaal het die Alle Effekte Indeks ‘n opbrengs van 15% gedurende die jaar gelewer, en het beter gevaar as kontant (soos gemeet deur SteFI) wat ‘n opbrengs van 6.9% gelewer het. In vooruitskouing lyk die vooruitsigte vir plaaslike aandele slegter, met inflasie en rentekoerse wat baie laag is en finansiële markte wat aan die begin van ‘n opwaartse neiging staan. Plaaslike aandele is nie meer goedkoop nie – veral as ‘n mens na een maatstaf kyk: die vergelyking tussen Prys en Verdienste, relatief tot die geskiedenis. Die feit dat die rand gedaal het tot onder R7 vir die VSA dollar dra te veel gewig, veral gesien in die lig van verbruikers se koopkrag. As gevolg hiervan het die vooruitsig vir internasionale bates verhoog – spesifiek internasionale aandele, eerder as effekte of kontant. Wees egter versigtig vir voorspellings en vooruitsigte! Die internasionale ekonomie verwag fundamentele veranderinge, wat gevolge kan hê wat moeilik is om te voorspel. Een sekerheid is dat skommelinge en onsekerheid hier is om te bly.
Die tsunami in Japan sal ‘n beduidende invloed op markte hê en ons sal verder hieroor in ons volgende nuusbrief rapporteer.
HET JY GEWEET?
Ons wil jou die geleentheid bied om persoonlik vrae aan ‘n Fondsverteenwoordiger te rig – Vind uit wat die antwoord op sekere vrae is
Die beregter bevestig die noodsaaklikheid om jou spaargeld vir aftrede te bewaar
4
In vorige nuusbriewe het ons beklemtoon hoe belangrik dit is om jou pensioengeld vir aftrede te bewaar. Wanneer jy jou pensioengeld gebruik om skuld af te betaal, jou huislening te betaal of dit uitgee wanneer jy bedank, sal dit baie moeilik wees om daardie aftreevoorsiening weer op te bou. Kan jy van R1 140 per maand lewe? Dit is die huidige staatspensioen. In ‘n onlangse beslissing het die Waarnemende Pensioenfondsberegter, dr. Elmarie de la Rey, die slaggate van vroeë onttrekking van pensioenvoordele bekend gemaak. In hierdie spesifieke geval het ‘n werknemer vir 27 jaar vir ‘n maatskappy gewerk. Hy het aan verskillende projekte gewerk en is elke keer afgedank sodra ‘n projek afgehandel is, net om weer in diens geneem te word vir ‘n nuwe projek.
Nadat hy finaal afgedank is, was hy nie tevrede met sy klein pensioenuitbetaling nie en het ‘n klagte by die Pensioenfondsberegter ingedien. Met die ondersoek van die saak het dit vorendag gekom dat hy op drie geleenthede voordele uit die fonds onttrek het. Die fonds het elke keer sy voordele uitbetaal ingevolge fondsreëls en voorskrifte van die Pensioenfondswet.
In haar beslissing het die Waarnemende Pensioenfondsberegter beklemtoon dat ‘n lid se voordele in ‘n vastebydrae‐fonds nie deur die diensjare by die werkgewer beïnvloed word nie. Op grond hiervan is die klagte verwerp.
Dit beklemtoon die noodsaak om jou pensioenkapitaal vir aftrede te bewaar. Raadslede kan nou by jou Fonds aansluit Die Fonds is oorval deur versoeke van munisipaliteite wie se raadslede by die Kaapse Aftreefonds wil aansluit. Die goeie nuus is dat die Fonds dít nou moontlik gemaak het. Raadslede wat nie tans ‘n lid van ‘n fonds is nie, mag nou by jou Fonds aansluit. Hierdie besluit is geneem as deel van ‘n wyer strategiese doelwit om die Fonds se lidmaatskapbasis te vergroot.
Gedurende die munisipale verkiesing in Mei 2011 sal die Fonds ‘n kommunikasieveldtog van stapel stuur om raadslede in te lig oor die opsies wat aan hulle beskikbaar is. Moet asseblief nie huiwer om met ons in verbinding te tree indien jy meer inligting benodig nie.
Het jy jou risikovoordeelkategorie gedurende Maart 2011 verander? Soos jy reeds weet, kan jy jou risikovoordeelkategorie in die Fonds voor 31 Maart elke jaar verander. Dit word toegelaat indien jy jou kategorie buite die polisvoorwaardes wil verander. In sekere omstandighede kan jy jou kategorie gratis verander. Kontak asseblief die oproepsentrum indien jy meer inligting verlang. Indien jy van vanjaar se opsieperiode gebruik gemaak het, sal die veranderinge van 1 Julie 2011 geldig wees. Wanneer jy jou kategorie verander het, sal jy ‘n amptelike kennisgewing van die Fonds ontvang. Hou asseblief in gedagte dat die Fonds se huidige versekeraar (Metropolitan) dalk
5
verdere mediese bewyse kan benodig indien jy jou dekking in die Fonds verhoog. Indien jy om welke rede ook al nie die kennisgewing teen Julie vanjaar ontvang het nie, kontak ons asseblief onmiddellik. Let wel: ‘n Administrasiefooi van R100 is van toepassing wanneer jy jou risiko‐dekkingskategorie buite polisvoorwaardes verander.
Jy kan ‘n werkswinkel in jou omgewing aanvra Ons doen ons bes om lede goed ingelig te hou – nie net oor voordele nie, maar ook rakende tendense en beleggings in die bedryf. Ons wil jou die geleentheid bied om persoonlik vrae aan ‘n Fondsverteenwoordiger te rig. Indien jy wil hê dat ons jou en ander in jou gebied moet ontmoet, kontak die oproepsentrum en ons sal ons bes doen om dit in te pas by ons volgende besoek in jou omgewing. IS JY OUER AS 50? ‐ ‘n Addisionele beleggingsopsie is nou beskikbaar Die Raad van Trustees hersien die beleggingsopsies vir lede gereeld om te verseker dat die Fonds jou die geskikste beleggings ooreenkomstig marktendense bied. Na die evaluering van die huidige opsies wat beskikbaar is, het hulle besef dat daar 'n behoefte vir 'n meer buigsame produk is. Dit het gelei tot die bekendstelling van die nuwe Buigsame Portefeulje ‐ 'n bykomende portefeulje beskikbaar vir ons lede ouer as 50. Die huidige Kapitaalbeskermingsopsie Portefeulje bly steeds beskikbaar aan lede.
Hoekom het ons ‘n addisionele Portefeulje nodig? Die besluit om fondse aan die Kapitaalbeskermingsopsie of die Trustee Verstek Beleggingsportefeulje (TVBP) toe te wys, was altyd aan jou eie oordeel oorgelaat. Met verloop van tyd het ons egter besef wat die uitdagings is waarmee lede gekonfronteer word wanneer hul die keuse moet maak:
• Sekere lede is nie vertroud met die beleggingsmarkte nie, en vind dit moeilik om ingeligte
besluite te maak. • Hierdie spesifieke opsie is nie buigsaam nie, so die portefeulje kan nie aktief volgens
marktoestande bestuur word nie. • Lede wou die regte tyd vir die mark kies, maar kon dit nie doeltreffend regkry nie aangesien
hulle slegs op sekere tye kon oorskakel. .
HOE OM DIE NUWE BUIGSAME PORTEFEULJE TE VERSTAAN Wat is die doel van die nuwe portefeulje? Die doel van die portefeulje is om die verantwoordelikheid van die batetoekenningbesluit vanaf die lid na 'n beleggingskomitee van professionele mense te verskuif. Hierdie portefeulje is buigsaam en batetoekennings sal van tyd tot tyd aangepas word in ooreenstemming met marktoestande op ’n gegewe tydstip.
6
Hierdie portefeulje sal nie so konserwatief soos die Kapitaalbeskermingsopsie portefeulje(KBO) wees nie, omdat daar meer aandele in die nuwe portefeulje gaan wees en ‘n beleggingskomitee sal die markte dophou en namens jou meer effektiewe skuiwe tussen portefeuljes maak. Dit sal ook aandele bevat.
Kom ons kyk gou weer hoe die Kapitaalbeskermingsopsie (KBO) werk Hierdie portefeulje is in 2007 aan lede bekendgestel, en verskeie verbeterings is oor die afgelope vier jaar aangebring. As jy ouer as 50 is, kwalifiseer jy om aan hierdie portefeulje te behoort en mag jy jou hele lidbelang of ‘n gedeelte daarvan na die portefeulje oorskuif, of terugskuif na die Trustee Verstek Portefeulje (TVBP) onder die volgende omstandighede: • gedurende die maand waartydens jy 50 jaar oud word • op 1 Julie elke jaar • gedurende enige ander 2 maande van jou keuse (binne die Fonds se finansiële jaar).
‘n Administrasiefooi van R350 sal van jou lidbelang afgetrek word vir elke oorskakeling, behalwe as jy op 1 Julie elke jaar skuif. Jy word toegelaat om 25%, 50%, 75% of 100% vanaf jou lidbelang na hierdie portefeulje oor te plaas, of vanaf die KBO‐portefeulje terug te skuif na die Trustee Verstekportefeulje. Dis belangrik om te onthou dat wanneer jy besluit om jou lidbelang of ‘n gedeelte daarvan na hierdie portefeulje te skuif, al jou toekomstige bydraes ook in die portefeulje inbetaal gaan word.
KBO Portefeulje
Buigsame Portefeulje
Trustee Verstek‐ portefeulje
Laer risiko en opbrengste
Hoër risiko en opbrengste
7
Begryp wat jou beleggingsrisiko in die verskillende portefeuljes is Portefeulje Risiko‐ van
kapitaalverlies Opbrengs oor die langtermyn
Aandele blootstelling
Kapitaalbeskermings‐ opsie Portefeulje
Laag Laag Geen (0%)
Buigsame Portefeulje Laag tot medium Laag tot medium Laag (0–56.5%) Trustee Verstek Portefeulje
Medium tot hoog Medium tot hoog Medium tot hoog (Maks 75%)
AKTIEWE PORTEFEULJEBESTUUR IN DIE BUIGSAME PORTEFEULJE ’n Beleggingskomitee, gelei deur Verso Multi‐Bestuur, sal gereeld bymekaarkom om die toekennings tussen die verskillende bateklasse te bespreek, bv. aandele, eiendom, effekte of kontant. Die beleggingskomitee bestaan uit twee lede van Verso en drie onafhanklike lede. Die lede beskik oor beleggingsvaardighede en kennis rakende aandele, effekte, ander bateklasse en ekonomiese aanwysers. Die komitee sal bystand verleen oor batetoekenningbesluite. WIE IS DIE GESKIKSTE OM DIE BUIGSAME PORTEFEULJE TE KIES? Die opsie is geskik vir enigeen wat aftrede nader, asook vir indiwidue van 50 jaar en ouer wat meer konserwatiewe beleggings verkies. Jy sal toegelaat word om 50% of 100% van jou lidbelang na die Buigsame Portefeulje oor te dra, en alle toekomstige bydraes sal in dié portefeulje belê word. Jy sal nie beleggings in al drie portefeuljes gelyktydig kan hê nie. Slegs ’n kombinasie van beleggings in die Trustee Verstek Beleggingsportefeulje en die Kapitaalbeskermingsopsie of ’n kombinasie van beleggings in die Trustee Verstekportefeulje en die Buigsame Portefeulje sal toegelaat word. Bystand vir dié belangrike besluit is beskikbaar Jou finansiële posisie is uniek en dit is belangrik dat jy jou makelaar of finansiële raadgewer raadpleeg om jou in staat te stel om ’n ingeligte besluit te neem. Ons sal egter aanbeveel dat jy in verbinding tree met ’n finansiële adviseur by Verso Beleggingsdienste om jou behoeftes te analiseer deur middel van ’n kontantvloei model. Die trustees het Verso Beleggingsdienste aangestel om jou by te staan om kritiese besluite te neem rakende jou beleggings binne die Fonds. Wat is die proses? Indien jy as lid kwalifiseer, sal jy ’n brief ontvang wat die nuwe Buigsame Portefeulje in detail uiteensit.
Indien jy besluit om jou 50% of 100% van jou lidbelang na die Buigsame Portefeulje oor te plaas, verloop die proses as volg:
8
• Die ondertekende opsievorm moet die Fonds teen 30 Junie 2011 bereik. • ’n Erkenning en bevestiging dat jy besluit het om in die Buigsame Portefeulje te belê, sal in Julie
2011 aan jou gestuur word. • ’n Erkenning SMS sal gestuur word aan daardie lede wat geregistreer het vir die “In Touch” SMS
gerief. • Indien die Fonds nie ’n beleggingtoekenningsvorm ontvang nie, sal jou lidbelang en toekomstige
bydraes voortgaan om in hul huidige vorm belê te word. Vir jou om ’n ingeligte besluit te neem, moedig ons jou aan om die Fonds se oproepsentrum te skakel: tel. (021) 943 5306, of Verso Beleggingsdienste: tel. (021) 943 5301, indien jy ’n konsultant benodig om jou by te staan.
BEGROTINGSTOESPRAAK Moenie enige oorhaastige besluite neem nie – jou Fonds sal jou op hoogte hou Dit was duidelik uit die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, se begrotingstoespraak op 23 Februarie 2011 dat pensioenhervorming weer aangespreek moet word. Ons het reeds oproepe van bekommerde lede rakende die nuwe voorstelle ontvang. Die twee hoofkwessies wat jou kan raak is die voorstel dat voorsorgfondse uitgefaseer word, en die hersiening van belastingaansporings. Die uitfasering van voorsorgfondse – hoe raak dit jou? Voorsorgfondse laat lede toe om al hul geld uit die fonds te neem met aftrede. Die regering beplan om voorsorgfondse te staak, om te probeer keer dat lede hulle aftreegeld spandeer en dan die las van voorsorg vir aftrede op die staat plaas. Jy is ‘n lid van ‘n voorsorgfonds, en indien wetgewing goedgekeur word, sal jy in die toekoms nie al jou geld as ’n kontant enkelbedrag uit die fonds kan neem nie. Hoekom moet lede nie op hierdie stadium oorreageer nie? Dit is belangrik om te weet dat die regering dit duidelik gemaak het dat huidige regte beskerm sal word, en dat die implementering van die beoogde plan onderworpe sal wees aan deeglike konsultasie met vakbonde en ander belanghebbende partye. Hoekom is hierdie wetgewing nodig in die toekoms? Alexander Forbes het onlangs rapporteer dat omtrent 89% van lede wat gedurende die finansiële krisis afgedank is, hul aftree‐spaargeld as ‘n kontantbedrag geneem het, en dus nie die geld vir aftrede bewaar het nie. Dit beteken dat sommige van hierdie mense ook van die staat afhanklik kan wees vir ondersteuning op hul oudag. Hierdie probleem is glad nie eie aan Suid‐Afrika nie – wêreldwyd word pensioenwetgewing hersien om die las wat pensioenarisse op die staat plaas, te probeer verminder. Hersiening van belastingaansporings Groot verandering aan belastingaansporings wat jy ontvang as jy spaar vir aftrede is aan die kom en behoort gereed te wees teen 1 Maart 2012. Tans is jou bydraes belastingaftrekbaar tot 7.5% van jou aftreebefondsinginkomste, terwyl jou werkgewer namens jou bydra sonder dat jy belasting hoef te betaal op die werkgewerbydraes. Die voorstel is dat jou bydraes en jou werkgewerbydraes in fondse belas gaan word indien dit meer as 22.5% van jou belasbare inkomste beloop.
9
Wat gebeur volgende? Albei hierdie regeringsvoorstelle vir pensioenhervorming moet eers voorgelê word aan Nedlac, die onderhandelingsforum waar die regering, die privaatsektor, georganiseerde arbeid en burgerlike organisasies byeenkom. Die regering het ook beloof om verder oorleg te pleeg. Ons sal jou op hoogte van verwikkelinge hou.
RAAD VAN TRUSTEES Brian Shepherd – Voorsitter Willie Ludik Andreas Mokweni – Ondervoorsitter Sivuyile Mkebe Johan Beukman Edward Scott Annette Cawood André Smith Ian Iversen Frances Snyders Abé Johnson Willem van Gass Jan Koekemoer – Hoofbeampte
Vrywaring Die Kaapse Aftreefonds vir Plaaslike Owerheid aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige verlies, skade of uitgawe wat aangegaan word as ’n direkte oorsaak of gevolg van steun op inligting in hierdie dokument nie. Indien daar enige konflik is tussen die inligting in hierdie dokument en die Reëls van die Fonds, sal die Reëls van die Fonds voorrang geniet. Vertaalde Nuusbriewe Bel asseblief die oproepsentrum by 021 943 5306 indien jy ’n vertaling van hierdie nuusbrief in Engels of Xhosa wil hê. Indien jy jou nuusbrief via epos wil ontvang, stuur asseblief jou besonderhede na [email protected].