muldersdrif gemeente afkondigings 16 januarie 2011
DESCRIPTION
Muldersdrif Gemeente Afkondigings 16 Januarie 2011TRANSCRIPT
Vergadering na erediens ALLE Eredienswerkers
EN belangstellendes
Eredienswerk behels die opneem van kollekte
en uitdeel van stukke asook hulp tydens Nagmaal geleenthede
Stel jy belang om te help?
Kom na vergadering of vir navrae kontak
Anton Steyn 082 785 6657 of die kerkkantoor 079 697 1163
AFKONDIGINGS vir 16 tot 22 Januarie 2011
SONDAG 16 JANUARIE 2011
Welkom by die erediens
Gelei deur ds Kenneth Mckenzie
Welkom terug!!
Ons hoop almal het ‘n welverdiende ruskans gehad
en dat julle die ware Christusfees geniet het saam met
familie en vriende en reg is vir ‘n stampvol 2011…
Teks en tema vir vandag
Teks: Lukas 24: 13-35
Tema: Sien God raak… Verheerlik Hom!
BRING JOU BYBEL ELKE SONDAG!!
Fokustekste
Tweede week ná
Epifanie
1 Korintiërs 1:1-9
Jes 49:1-7; Ps 40:1-11; Joh 1:29-42
Neem asb kennis dat ds Neels
met verlof is tot 30/01/2011
Kontak asb ds Kenneth vir
krisisse of die Kerkkantoor
3jr tot Gr 3
by Adele de Jong in die Kinderkerk
Gr 4 – 10
by Sanette du Plessis in die saal
Januarie Vandag 16 08:30 Erediens Kategese Registrasie: direk na erediens
Maandag 17 19:00 Bestuursforum
Woensdag 19 09:30 Bybelskool 19:00 Bybelskool
Donderdag 20 19:00 Omgeegroepbeplanning
Sondag 23 08:30 Erediens 08:30 JEEP en Kinderkerk 19:00 Week van gebed
GHOLFDAG
Dinsdag 15 Maart Krugersdorp Gholfbaan
IETS OM NA UIT TE SIEN
Week van gebed
23 – 27 Januarie 2011
19:00
Aanbieder:
Ds Anton Mocke
Sondag 30 Januarie
Gebedsimfonie en Nagmaal
Kalender
Verjaardae
‘Mag julle ’n wonderlike verjaardag beleef’
Vandag 16 Januarie 2011 Luan van der Merwe 083 388 4870
Maandag: 17 Januarie Wynand Pienaar 071 606 2985
Dinsdag: 18 Januarie Pieter Cornelius 082 566 4012 Sammy de Beer 084 599 0809 Karin Olls 082 924 8152
Woensdag 19 Januarie Tilly Jansen van Rensburg 082 805 0264 Zack Schickerling 011-678 1006 Nadja van Emmenis 073 231 1277 Deon Victor 072 604 4246 Tanya Brink 082 412 4811
Volwasse toesig is beskikbaar in beide Moederskamer
en Babakamer
Donderdag 20 Januarie Jacques de Jager 082 378 0018 René Eloff 011-659 0278
Vrydag 21 Januarie Nadia du Plooy 011-953 6407 Lucian de Wet 083 260 4785 Estelle Enslin 011-475 1636 Chanel Minnaar 082 862 5524
Saterdag 22 Januarie Hansie van der Walt 082 442 6284 Tiaan Pretorius 071 608 2219
Januarie en Februarie 2011
Tee/koffie onder
lapa vandag...
In die voorportaal is daar sakke met
’n voedsellys wat gebruik kan word om die kos aan te koop. Alles wat op
die lys genoem word, hoef nie
gekoop te word nie, maar elke item kan ’n verskil maak aan ’n honger
maag. Neem asb vandag nog ’n sak.
Baie dankie aan almal wat in die
verlede hierdie projek ondersteun het en
dit weer doen.
Ons het ook baie nood in die
gemeente self.
Kinderklere, kos en nou ook skoolgeld
en skoolbenodigdhede.
NG Welsyn
RAAI WIE?
Wie het gesê:
“ “…. As ons die goeie van God
aanvaar, moet ons nie ook
die slegte aanvaar nie?”
Antwoord elders…
Koslys Pasta Soppoeier Olie Grondboontjiebotter Mieliemeel Blikkies vleis, vis, groente Koekmeel Konfyt Suiker Sout Koffie Rys Tee Stampmielies Poeiermelk “Soja-mince” Ietsie lekkers vir die kinders Toiletware: Seep Waspoeier Toiletpapier Sjampoe Tandepaste Tandeborsels
GESOEK:
Kategete vir beide
Kinderkerk en JEEP
Kontak: Adele 083 263 6566
vir kinderkerk
Sanette 076 309 7942 vir
JEEP
of kom sien ons na die erediens!
Koördineerder:
Anita Duif S: 082 411 7015 F: 086 589 9332; E - [email protected]
Ons bid vir . . . SIEKES:
Koot Woest: kanker, chemo behandeling, gaan beter (083 260 2007) Leon van Rooyen: gaan stadig maar seker beter (082 884 2274)
Deon Victor (seun van Ida en Popeye Victor): herstel na motorongeluk, ernstige voet en
beenbesering (072 604 4246)
’n Nuwe Lewe
Baie geluk aan
Ida en Popeye Victor
met die geboorte van ’n kleindogter
op 11 Januarie
Koördineerders:
ANSIE DU PLESSIS : 082 853 6532 RONéL PIETERS : 072 901 2463
Ons LEERMEESTER : - “Nadat Hy die mense weggestuur het, het Hy alleen na die berg toe gegaan om te bid…” Mat 14:23 - “Daarna het Jesus die brood geneem, God daarvoor gedank en dit uitgedeel…” Joh 6:11 - “Dit het hy gesê omdat Jesus die onrein gees beveel het om uit die man uit te gaan…” Luk 8:29
Ons VOLMAG : - “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger… sodat hy kan heers…” Gen 1:26
- “Vrede vir julle!" sê Hy weer vir hulle. "Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook" Joh 20:21 - “Dit verseker ek julle: Wie in my glo, …hy sal nog groter dinge as dit doen…” Joh 14:12
Waarom iemand ANDERS vra om vir jou te bid? - “As daar iemand van julle is wat siek is… moet julle vir hom bid en hom met olie salf…” Jak 5:14
- “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar …sodat … gesond kan word” Jak 5:16 - “Dra mekaar se laste…” Gal 6 :2 - “… twee saam kan weerstand bied. ‘n Driedubbele tou breek nie maklik nie” Pred 4:12
NEEM ASB. VRYMOEDIGHEID OM ENIGE VAN DIE GEBEDSAKSIELEDE TE KONTAK!
(Kontaklyste is beskikbaar in die voorportaal)
Beskikbaar in voorportaal : Gebedsgids – Riglyne vir gebed Vier geestelike wette – riglyne vir verkondiging van evangelie Gebedskaarte – bid vir spesifieke lande se mense Houer vir gebedsversoeke
Antwoord: JOB. Job. 2:10.
Hierdie woorde van Job spreek van geloof en toewyding. So toegewyd aan die Een in wie hy glo
dat hy onder alles met geen woord gesondig het nie. (v.11).
Hy word moedeloos ja, soveel so dat hy wens hy was doodgebore (v.16). Steeds bly hy getrou aan sy God
en draai hy nie sy rug op God nie. Ten spyte van ALLES wat hom tref, aanbid hy steeds sy Skepper.
Hoe maklik is dit nie om lofliedere te sing wanneer dit goed gaan nie? Dan is dit ook maklik om te bid.
Wanneer dit egter nie so goed gaan nie en veral as ons nog boonop, soos Job, ‘n “vroom” lewe lei …. dan is dit
selfs soms moeilik om te bid, of hoe?
Mag God gee dat ons as sy kinders in die gemeente van Muldersdrif Hom so intiem sal leer ken dat ons onder
ALLE omstandighede Hom sal loof vir WIE HY IS en nie vir wat Hy toelaat wat met ons gebeur nie! Kom ons
sien Hom raak in elke situasie, goed of sleg. Praat met Hom daar en dan. Oral. In ons gedagtes as ons tussen
mense is. Sommer hardop as ons alleen is. Nie net tydens ons stiltetyd nie. Dit is verhouding bou! Dit is ‘n
toegewyde gebedslewe. Dit word ‘n lewenswyse! So kan ons ons verbly in die hoop; vas staan in verdrukking;
volhard in gebed. Rom 12:12.
Bly stil en bid !!
Deur Hennie Symington
Skrifgedeelte En net so kom ook die Gees ons swakhede te
hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid
nie, maar die Gees self tree vir ons in met
onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die
bedoeling van die Gees is, omdat Hy
ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges
intree. (Rom 8:26-27) Die Deense filosoof, Kierkegaard het op ʼn keer geskryf: Eers het ek gedink bid is praat. Toe het ek geleer dat dit swyg is. Dit beteken om te luister – nie na jou eie stem nie maar wat God vir jou sê. Die Bybel gee ons opdrag om te bid sonder ophou. Hierdie opdrag is moeiliker om na te kom as die meeste van die meer bekende tien gebooie. Dis onmoontlik sal sommige sê. Maar nie as jou hele lewe in ʼn staat van gebed is nie waar gebed deel van jou opstaan en gaan slaap is. Dit is manier waarop jy die lewe benader of met God omgaan. Om in ʼn staat van gebed te wees beteken egter nie dat jy ure, dae en maande op jou knieë moet deurbring in ʼn woordelikse gesprek met God nie. Dis eerder ʼn leeftyd waarin jy al hoe meer bewus daarvan raak dat God die bron van jou diepste vreugde en heil is. As jy dus voorturend in ʼn staat van gebed is, dan maak dit nie saak dat jy soms praat, soms luister en soms net wag vir God om met jou te praat nie. Jy kan sommer met God gesels terwyl jy aartappels skil of inkopies doen. Natuurlik is daar steeds plek vir jou daaglikse, formele, stiltetyd met God. Ek kan my voorstel hoe God uitsien na daardie spesiale tyd saam met jou waar jy jou gebedslysie stelselmatig deurwerk met Hom.
Hoe praat God met jou? God antwoord jou deur sy Woord, deur mense wat deur die dag met jou in aanraking kom en deur wat met jou gebeur en hoe jy dit hanteer. Dis nie so moelik om aanvaar as jy glo dat God se Gees onder ons kom woon het en elke gebed van ons met groot versigtigheid deurgee aan die Een wat luister. Gebed Here, te midde van die oorverdowende
stemme rondom my, wees U die stilpunt in
my hart. Amen
Krokodilplaas – Nooitgedacht
Het jy al by die Strewers aangesluit? moenie dat daar iets is, wat jou stuit.
Ons is ’n vrolike klomp sowaar, en het ’n lekker program, vir die jaar.
As jy Krokodille wil besoek.
Hier is ’n oulike plek, net hier om die hoek. Ons Strewers het daar gaan kuier,
en met die lekkerste koek en tee geluier. Toe ons wil betaal, toe hoor ons, nee, dis verniet.
Ons moet net die nuwe jaar geniet. Teuns, Anton en Marietjie, hoe sê ons dankie.
Vir julle vergeet ons, ..... nog lank nie. Ons waardeer jul liefde en sorg,
en dat jul so vir die 60 plussers borg. ‘n Wonderwerk kon ons daar aanskou,
hoe ’n klein eiertjie uitbroei, want binne in was ’n krokodilletjie en skilpadjie, mooi opgevou
Daar sien ons toe ’n ekstra mooi verpakte geskenkie van die Here.
Aan Hom kom al die lof toe, en al die ere. Dankbaar kan ons, ons hande vou.
Die Here het ons nog steeds in Genade toegevou.
‘n Hartlike van ons aan jou… Ons vertrou dat ons gemeente vir jou ‘n ware geestelike tuiste sal bied.Ontmoet asb die diensspan in die voorportaal om meer inligting oor die gemeente te kry, of ‘n nuwe lidmaat-pakket af te haal. U kan ook die kerk-kantoor gedurende die week kontak. Onthou om die vorms so gou as moontlik terug te bring sodat julle op ons databasis bygevoeg kan word.
Ons eerste Bring-en-Braai om Nuwe Intrekkers
te verwelkom is op
Sondag 6 Maart om 11 :00 Bring eie vleis en drinkgoed, ALMAL is welkom
Wil jy hierdie jaar betrokke raak by
een van ons portefeuljes?
Het jy ‘n passie wat jy graag wil
uitleef?
Het jy ‘n belofte aan die Here gemaak
om meer tyd aan Sy werk te
spandeer?
Weet jy nie waar jy jou gewig kan
ingooi nie?
Indien jy ”ja” op enige van die vra
geantwoord het, kontak dan asb die
Kerkkantoor op 079 697 1163 of enige van die
bestuursraadlede wie se name op die laaste
bladsy verskyn.
Omgeegroep Kontakpersoon Kontak no Epos adres Dag Tyd
Driefontein /
Swartkops Stefan Rudman 082 567 5586 [email protected] Dinsdae 19:00
Featherbrooke Kobus Nel 083 310 0834 [email protected] Dinsdae 19:00
Honingklip/Steynsvlei Fielie Swanepoel
083 380 4706 [email protected] Wissel 19:00
Renosterspruit /
Lanseria Johan Nell 082 444 2625 [email protected] Vrydae 19:00
Abraham van Wykweg
45, Muldersdrif Ronnie Collatz 011-662 1005 [email protected] Sondae 18:30
Lanseria / North Riding
/ Lammermoor (in
Kinderkerk)
Jacqueline Klem 082 920 6679 [email protected] Donderdae 18:30
Plovers Nest 1121
Featherbrooke Est
(Jong gesinne)
Johan &
Vivienne J van
Rensburg
011-662 2678 [email protected] Donderdae 19:00
Honeydew Martie & Kriek
Badenhorst 010-222 0651 [email protected] Sondae 17:00
Helikia (Jong
Volwassenes)
Charmaine
Joubert 076 544 4406 [email protected] Woensdae 19:00
Bybelskool Ds Neels 083 560 3814 [email protected]
Woensdag
oggende &
aande
9:30
&
19:00
Nuwe selmateriaal beskikbaar by die kerkkantoor
Onthou dat daar ’n direkte verband tussen jou geluk en
jou diensbaarheid is. Hoe meer jy bereid is om vir ander
te doen, hoe gelukkiger mens sal jy wees.
Lees Psalm 36:6
Te koop
Juwele met ’n Boodskap Die “Testimony Jewellery & Décor” reeks:
• Halssnoere en armbande vir groot en klein • Boekmerke, steutelhouers, versierings & geskenke
Skakel Ansie op 082 853 6532 of epos
Dienste
PASTORALE BERADING Geregistreerde berader bied:
• Christelike berading en ondersteuning • Trauma en emosionele pyn • Huweliks- en verhoudingsterapie
• Depressive en die rou-proses Eis terug van jou mediese fonds.
Kontak Susan Eksteen op 076 051 1455 /
011-965 0987
Gilda Harris Fotografie Studio nou oop in Muldersdrif!
Swangerskap-; Baba-; Gesins- en Troufoto’s 083 317 7025 / 082 5677 446
www.ghphotography.co.za email: [email protected]
Herstelwerk aan en/of nuwe grasdakke Kontak Dirk op 082 784 7856
BOEKHOU DIENS Alle boekhou dienste tot met balansstaat - sluit in alle debiteure, krediteure, banke en rekonsiliasies. � Jaareind state – nie net vir maatskappye nie � Aankoop en installasie van Pastel pakkette
� Payroll, UIF, PAYE, BTW Skakel Karin Grové op 082 821 1146
NUTSMAN/HANDY MAN Vir enige herstelwerk aan jou huis soos bv: Waterdigting, fasieborde / geute, verfwerk binne
en buite, bouwerk en plafonne.
Kontak Dirk op 083 519 9604
LOODGIETER Loodgieter-werk. Kontak Dewald op 076 758 0650
VAN WYK RAME Kontak ons vir enige raam van skilderye, foto’s, sertifikate en vele meer.
Kontak Vanessa van Wyk op 083 419 3883
Werk gesoek
Bekwame ontvangsdame dringend op soek
na werk Halfdag of voldag. Kontak Veronica
071 581 6511
Vakature
Verpleegkunde personeel Moria, Sentrum vir Bejaardes soek drongend
verspleegpersoneel o.a. Suster, Stafverpleegster en Verpleeghulp vir posisies in aangename
werksomstandighede. Belangstellendes stuur CV aan WJ v/d Merwe op
faks 011-660 3836 of epos: [email protected]
My keuses in 2011
Slaap jy elke aand deur jou eie drome, of leef jy dit bedags met oop oë? Word jou drome ooit waar? Leef jy vandag reeds 'n eerste stukkie van daardie planne uit wat God so onlangs soos gister in jou hart gesaai het? Of sit jy steeds tussen die hooploses en wag op beter dae wat uit die bloute oor julle moet neerdaal? Is jy aktief aanwesig by elke nuwe oomblik van jou
lewe, of beplan jy steeds net hoe jy nog iewers vorentoe gaan aanmeld vir 'n stukkkie speeltyd in die regte lewe? Wel, dan is jy beslis met die verkeerde avontuur besig. Nee, dan mis jy die
enigste avontuur wat daar is.
Die lewe gebeur teen die tempo van een vandag op 'n slag. God het dit vroegdag reeds met
hemelse komplemente op jou voorstoep neergesit. Jy moet vandag net volmaak met al die regte bestandele. Niemand anders gaan dit namens jou doen nie. Jyself moet kies om die
Here lief te hê, en om 'n oop hart en 'n genadige hand vir ander te hê. Jy moet kies om die regte soort lewe pro-aktief te leef. Waag dit! As jy hierdie keuse uitstel tot môre, is jy
alweer 24 uur te laat
Kennisgewingbord
Leraars Ds Neels Kloppers
Sel 083 560 3814 [email protected]
Ds Kenneth Mckenzie
Sel 084 455 3267 [email protected]
Kerkkantoor Administrateur Maryna de Jager Sel 079 697 1163 Faks 086 698 7605 [email protected]
Kerk-SMS 082 851 5163
Admin Assistent: Rensia Swanepoel [email protected]
Musiekleier Sanet Louw
082 824 9388
Dienspersoneel Terrein/ Koster Jack Segomotso
083 548 8263
Helikia – Jong Volwassenes Aksie Leier Jaco Crous: 082 853 5250
Epos: [email protected]
Jeug - Portefeulje Leier Sanette du Plessis
076 309 7942
Bestuursraad 2011
Portefeulje Bestuursraadlid Kontaknommer
Funksionele Portefeuljes
Bemarking & Kommunikasie Vermaak van Wyk 083 419 3883
Erediens Anton Steyn 082 785 6657
Finansiële Bestuur Gerbus Vermaak 082 440 0968
Hulpbron Bestuur Johan Nell 082 444 2625
Bedienings Portefeuljes
Gemeente VAKANT
Getuienis VAKANT
Jeug Sanette du Plessis 076 309 7942
Omgeegroepe Danie Knipe 082 493 3908
Pastoraal Neels van Wyk 082 377 3250
Bestuursforum
Bestuursforum Koördinering Nico Doman 082 568 2120
Inligting Johan Vermeulen 082 464 6820
Strategies VAKANT
Ander kontakpersone
Strewers Anita Duif 082 411 7015
Tegniese ondersteuning Hannes v/d Merwe 011-662 2651
Spyseniering Ferma Bekker 072 958 4757
BANKBESONDERHEDE
Bank ABSA
Takkode 632005
Rekeningnaam NG Kerk Muldersdrif
Rekeningnommer 310580023
LOPENDE REKENING (TJEK)
Wag
vir
foto
Gemeente Besonderhede
Neem asseblief kennis dat die
gemeente geen landlyne het nie, kontak
ons op die selnommers