nn 8 7 issuu

8
LEPHALALE - Die kroning van Mej Bosveld is elke jaar ‘n groot gebeurtenis en hierdie jaar se spogfunksie met die “Out of Africa”- tema het gesorg vir ‘n stampvol gehoor by die Mogolklub funksiesaal verlede Vrydag. Lephalale skoonheid Malinda du Plessis, ‘n leerder by Hoërskool Ellisras, het met die titel as Mej Bosveld weggestap, terwyl die pragtige Talitha Bothma as eerste prinses gekroon is en Zheree Havenga kan spog met die titel as tweede prinses. ‘n Nuwe kategorie wat hierdie jaar bygevoeg is, is die Mej Bosveldnooi titel wat deur Cherese Visser gewen is. “Hierdie titel is uitsluitlik vir ‘n meisie wat in Lephalale woon en sy sal ook verantwoordelik wees vir gemeenskapwerk in die dorp,” het Lenie Pieterse, ‘n organiseerder van die kompetisie, verduidelik. “Die groot wenner is Mej Bosveld, maar haar pligte is meerendeels rondom die Bosveldfees gesentreer, terwyl die Mej Bosveldnooi vir die tydperk van haar kroning ‘n verantwoordelikheid teenoor Lephalale as dorp het.” Volgens Pieterse was die kompetisie tussen die meisies baie straf hierdie jaar. “Die standaard was ongelooflik hoog en dit kon veral tydens die onderhoude met die deelnemers gesien word.” “Ek was baie dankbaar dat ek nie hierdie jaar ‘n beoordeelaar was nie, want ek sou beslis nie tussen die meisies kon kies nie!” Feestyd in die Bosveld Marie Seegers, beskermvrou van die fees, Talitha Bothma (eerste prinses), Malinda du Plessis (Mej Bosveld), raadslid Jan Marakalala wat ingestaan het vir die burgemeester, Doktor Ndlovu (bestuurder in die kantoor van die burgemeester), feesorganiseerder Johan Koekemoer, Cherese Visser (Mej Bosveldnooi) en Zheree Havenga (tweede prinses) tydens die opening van die Bosveldfees Woensdagoggend.

Upload: helena-raats

Post on 04-Aug-2016

264 views

Category:

Documents


9 download

DESCRIPTION

Limpopo-based community newspaper for Mokopane and Lephalale.

TRANSCRIPT

Page 1: Nn 8 7 issuu

LEPHALALE - Die kroning van Mej Bosveld is elke jaar ‘n groot gebeurtenis en hierdie jaar se spogfunksie met die “Out of Africa”-tema het gesorg vir ‘n stampvol gehoor by die Mogolklub funksiesaal verlede Vrydag.

Lephalale skoonheid Malinda du Plessis, ‘n leerder by Hoërskool Ellisras, het met die titel as Mej Bosveld weggestap, terwyl die pragtige Talitha Bothma as eerste prinses gekroon is en Zheree Havenga kan spog met die titel as tweede prinses.

‘n Nuwe kategorie wat hierdie jaar bygevoeg is, is die Mej Bosveldnooi titel wat deur Cherese Visser gewen is. “Hierdie titel is uitsluitlik vir ‘n meisie wat in Lephalale woon en sy sal ook verantwoordelik wees vir gemeenskapwerk in die dorp,” het Lenie Pieterse, ‘n organiseerder van die kompetisie, verduidelik.

“Die groot wenner is Mej Bosveld, maar haar pligte is meerendeels rondom die Bosveldfees gesentreer, terwyl die Mej Bosveldnooi vir die tydperk van haar kroning ‘n verantwoordelikheid teenoor Lephalale as dorp het.”

Volgens Pieterse was die kompetisie tussen die meisies baie straf hierdie jaar. “Die standaard was ongelooflik hoog en dit kon veral tydens die onderhoude met die deelnemers gesien word.”

“Ek was baie dankbaar dat ek nie hierdie jaar ‘n beoordeelaar was nie, want ek sou beslis nie tussen die meisies kon kies nie!”

Feestyd in die Bosveld

Marie Seegers, beskermvrou van die fees, Talitha Bothma (eerste prinses), Malinda du Plessis (Mej Bosveld), raadslid Jan Marakalala wat ingestaan het vir die burgemeester, Doktor Ndlovu (bestuurder in die kantoor van die burgemeester), feesorganiseerder Johan Koekemoer, Cherese Visser (Mej Bosveldnooi) en Zheree Havenga (tweede prinses) tydens die opening van die Bosveldfees Woensdagoggend.

Page 2: Nn 8 7 issuu

2 Noordelike Nuus / Northern News 8 JULY 2016

Deur Martie Le Grange ([email protected])

MOKOPANE – Die dorp se inwoners is besig om verantwoordelikheid vir hul dorp te neem en het onlangs saamgewerk om dele van die dorp op te gradeer en parke op te knap.

Die “Mokopane in Krisis” projek is onlangs deur die Mokopane Besigheidskamer geloods na die werkers van die Mogalakwena munisipaliteit gestaak het en daar geen dienste aan inwoners gelewer is nie. Nadat die noodsaaklike dienste deur die gemeenskap en sakelui self onder die faandel van hierdie projek gelewer is, het die besigheidskamer die geld wat na die oorgebly het aangewend om die dorp se vervalle parke op te knap.

Wyk 31 en 32 se raadslede, Yolandi Coetzee en Korny Dekker, het verf geskenk om vyf parke se speeltoerusting mooi helder te verf, terwyl Yolande onderneem het om die swaaie se sitplekke heel te maak.

Die Adopt-a-Spot veldtog was oorspronklik ‘n Mogalakwena Munisipaliteit veldtog om besighede en inwoners aan te moedig om eienaarskap van sekere areas in die dorp te neem. Verskeie instansies het al ingespring en begin om vervalle areas skoon te maak en te herwin tot voordeel van die hele dorp en gemeenskap.

Ander individue en besighede wat ook aan die Adopt-a-Spot veldtog deelneem en areas aangeneem het, sluit onder meer in:

- Steven le Roux wat die Slegtkamp Sirkel se parkie aangeneem het.

- Educor wat sal waak oor Bokkedorp se

Mokopane vee voor sy eie deur

Die park in Hoogestraat wat vroeër dié week eerste deur die verfkwas bygekom is as deel van ’n gesamentlike inisiatief om die dorp se parke op te knap.

parkie.- Die Waterberg Christen Sentrum wat

beide ingange van die dorp behartig.- Silverfern wat die verkeersirkel in

Pretoriusstraat onderhou asook die ingang na Chroompark op die hoek van Thabo Mbeki en JG Strydom.

- MGM Motors wat die onderhoud op die hoek van Dudu Madisha en Nelson Mandela Rylaan behartig.

- Potties Paints het verf geborg vir die park in Kerk straat.

- Destiny Alive knap die suidelike blok van Geyserstraat tussen Thabo Mbeki en Hoogestraat op oorkant die Mokopane Laerskool.

LEPHALALE - Lephalale mayor, Jack Maeko, introduced a contractor on that will implement a R1,296 000 electrification project to will supply power to 72 households at Ga-Maeteletja village in Lephalale. This is in addition to the startr of the Phahladire electrification project where 400 houses will receive electricity. On the photo is Mayor Maeko at the sod-turning ceremony at Phahladira village on 28 June.

Electrification project for villages

LEPHALALE – A man, working as a pipefitter at the Medupi power station, died after he fell 63m from the Unit three boiler at the site on Tuesday.

Eskom issued a statement confirming the incident in which Croatian national, Adam Grgic, who worked for IDS Industry Service and Plant Construction South Africa, a sub-contractor of Mitsubishi Hitachi Power Systems Africa, died.

Man falls to his death at Medupi projectA full investigation into the incident

where Grgic fell from the 63m level to ground level at around 09:00 on Tuesday is being conducted in conjunction with relevant authorities.

Eskom and its Project contractors have called for safety stand downs and will implement a programme of re-inductions and safety training before getting the construction employees back to work.

Obituary: Tom KnightMOKOPANE - Tom Knight, a well-known and loved farmer from Mokopane, has died at the age of 78.

He passed away peacefully with Wendy by his side.

Tom and Wendy had retired to Howick in KwaZulu-Natal seven years ago, after farming on their property outside Mokopane since 1961. Initially, Tom farmed with citrus and crops, then crop farming only and finally with cattle.

Tom was a wonderful family man who loved farm life and his cattle. Fishing and hunting were other favourite past times of his. Tom will be missed by all who knew him.

Page 3: Nn 8 7 issuu

8 JULIE 2016 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za

HPG trek huisbrekers vasLEPHALALE – Die ouens van Heritage Protection Group (HPG) rus nie op hul louere nie en het verlede week weer twee verdagtes in Lephalale vasgetrek wat vermoedelik betrokke is by huisbrake in Lephalale en Thabazimbi.

Die twee Zimbabwiese burgers was vermoedelik betrokke by 'n huisroof in Thabazimbi vroeër hierdie jaar waartydens ‘n polisieman by sy huis aangehou en beroof is. Die HPG-span het spore vanaf die toneel gevolg en die geroofde vuurwapens teruggekry waar dit in die bosse versteek is, maar die skuldiges het hul reeds uit die voete gemaak.

Volgens Elmari Silvestri, ‘n woordvoerder van HPG, is die verdagtes verlede week in Lephalale aangekeer waar hul verbind word met nog huisbraak sake.

HPG is ‘n private instansie wat op geldelike donasies van die publiek en besighede staatmaak vir hul voortbestaan, indien enigiemand ‘n donasie wil maak is hul welkom om met HPG in verbinding te tree by [email protected].

3

Deur Martie Le Grange ([email protected])

MOKOPANE – Die koeël wat vir ’n tienerseun (16) bedoel is, het genadiglik sy teiken gemis nadat vier rowers hom en sy ma helder oordag voor die oprit van hul huis in Bezuidenhoutstraat beroof het.

Valerie Byliefeldt en haar seun, KC, het Saterdagoggend omstreeks 11:20 die noue ontkoming gehad en sê hulle is dankbaar dat God hulle gespaar het.

“Ons was op pad om lone af te gee toe ek in my motor se truspieëltjie ’n man gewaar wat skuins oorkant die pad in ons rigting beweeg,” het ‘n getraumatiseerde Byliefeldt gesê. “Ek het dadelik ongemaklik gevoel en my seun probeer waarsku wat besig was om aan die passasierskant in te klim.”

Sy sê hierna het alles blitsvinnig gebeur en voordat sy haar kon kry is sy en haar seun van duisende rande se lonegeld beroof. KC sê hy wou ten alle koste sy ma beskerm en het om die kar gehardloop en een van die verdagtes met die vuis bygedam. Die verdagte was egter gewapen en het ’n skoot in KC se rigting afgevuur.

Hy het gemis en intussen het van die ander mans sy ma in haar kar probeer oorrompel. “Don’t shoot, take the money,” het die angsbevange Valerie geskree, terwyl ’n pistool ook op haar gerig is. Sy sê die rower het toe die pistool se sneller getrek en sy het ’n klikgeluid gehoor, maar geen skoot het afgegaan nie.

Dit is toe dat sy die geld vir een van die rowers gegee het. Die rowers het toe gevlug na ’n donkerkleurige motor wat ’n ent van die huis af

Noue ontkoming vir ma en seun

geparkeer was met ’n verdagte agter die stuur. Byliefeldt sê die motor is deur die mans gestoot om aan die gang te kom toe dit nie onmiddellik wou vat nie en een van die verdagtes het besluit om eerder te voet te vlug.

Byliefeldt het dadelik SOS Sekuriteit en die polisie geskakel. “Ons is so dankbaar teenoor ons Hemelse Vader om nog te leef,” sê sy. Haar broer, Pieter Grobbelaar, is ook in 2009 in ’n gewapende roof doodgeskiet.

Valerie bedank SOS Sekuriteit en die polisie vir hulle flink optrede en behulpsaamheid. ’n Soektog na die rowers het egter niks opgelewer nie. Die polisie se ondersoek duur voort.

Bo: Valerie Byliefeldt en haar seun KC (16) is deur ’n groot beproewing na ’n gewapende roof wat helder oordag plaasgevind het.

Van die vermoedelik gesteelde items wat teruggevind is deur HPG.

Security company nabs suspectLEPHALALE – A suspected burglar was nabbed by quick acting security officers at Marapong Tops Spar on Wednesday morning.

“We received a burglar alarm signal at about 02:01 in the morning and our security guards at the shopping centre went to investigate,” said Francois Roets of Monster Security.

The guards found two suspected burglars, who had presumably forced their way through the front door to gain entry, inside the shop while they were busy taking cigarettes. “One suspect was apprehended and detained inside the shop but the other suspect managed to make a quick get-away.”

Some of the goods were recovered but the second suspect who got away was still in possession of some cigarettes. “We are positive that he will be apprehended soon and will be assisting the police wherever we can.”

Boere se waterrekeningeTLU SA het ’n tyd gelede ’n dispuut met die departement waterwese verklaar oor waterrekeninge wat uitgereik word aan boere. TLU SA se dispuut spruit daaruit dat:- Die fakture wat departement waterwese uitreik nie korrek is nie, en in baie opsigte gebrekkig is.- Waterwese se watergebruik fakture dui nie aan hoe die bedrag verskuldig bereken is nie.- Watergebruik fakture word uitgereik vir waterverbruik waar daar glad nie eers water beskikbaar is nie.- Watergebruik fakture word uitgereik sonder om aan te toon hoe die hoeveelheid waterverbruik gemeet is.- Die rekeninge spesifiseer ook nie watter dienste gelewer is nie.- Die dispuut word jaarliks met herbevestig. TLU SA het onlangs weer ’n regsopinie van ’n senior advokaat wat in waterreg spesialiseer gekry, wat bevestig dat ons dispuut op goeie gronde staan.

TLU SA gaan binnekort hierdie lys van landbouers wat deel van die dispuut is sluit. Ons versoek almal wat reeds deel van die dispuut is om u besonderhede te herbevestig by [email protected].

Page 4: Nn 8 7 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 8 JULY 20164

By Morakhu Kekae (morakhunoordnuus.co.za)

MAROTENG – Local activist, Brian Kekana, donated blankets to children to help them cope with the cold. The Life for One organization was created in 2014 by Nicholas Bambo and Brian Kekana. The group donated nearly 300 blankets to hospitals, charities and schools and is set to donate 1000 more according to Kekana.

“These blankets will warm them up this winter. The smile on their [the children's] faces tell me that they appreciate it. Imagine the comfort we can provide just to make their rooms feel like home,” says Bambo.

The group recently dropped off 55 blankets at Siyaya Charity in Maroteng. Each blanket donated has a customised message attached that the recipient can

Giving back to the communityread. “It really connects the donor to the cause and makes children feel special,” he said.

Members donated 30 blankets to Mokopane Hospital in Mahwelereng on 29 June. There are 18 schools and 14 home care charities earmarked for blankets. Kekana started his volunteering work with Gift of The Givers in 2014 which is a major disaster response NGO. He travelled to Thailand after a massive storm to help affected people.

“Gift of the Givers taught the basics of humanity and passion to help people in need,” added Kekana.

Bambo said the community helped the initiative to be a success. “Community members also handed out blankets. It was day that the community came together as one. We’d love to see much of this cause being a success,” he said.

By Morakhu Kekae ([email protected])

MAPELA - Hall Core Waters and Mapela Traditional Council unveiled the first solar pump water system in the area on Friday. CEO of Hall Core, Jason Robertson, said the water pump is solar powered and it will pump water into 50 000 litre tank which is distribute to the village.

“Solar pumps are an energy efficient, environmentally friendly way to pump water for domestic and commercial purposes, including agricultural and residential irrigation and livestock watering. Solar pumps can have a lifespan of roughly 20 years,” said Robertson.

According to Robertson, solar-powered water pumps cut down on waste because it’s based on natural cycles. “The panels gives the most pumping power on the sunniest day. In SA one thing thats for free is the sun, so we can use it to our advantage,” said Robertson.

Kgoshi David Langa, of the Mapela traditional house said the solar pumps are designed to provide water to the community and they intend to install it at other villages around Greater Mapela.

“We are happy to have this method in use, it will help the community to have access to clean water, improve the agriculture sector in the community. Mapela is rich with a good soil,” said Langa.

A farmer, David Langa, said the new method will

First solar pump system unveiled

help the local economy and provide environmental solutions. “This system will assist in providing water that will boost sustainable agriculture and help to produce healthy, fresh locally-produced food,” he said.

This system can provide 20 000 people with water everyday to the government requirement of 50 litres per day per person and Hall Core aims for 50 000 people in greater Mapela, said Robertson.

LEPHALALE - Ferrum Iron Ore (Pty) (FIO) Limited, which was granted mining rights in Lephalale area in 2012, has signed a memorandum of agreement with the municipality stating the mining company’s commitment towards local skills development and local SMME development.

According to the agreement, signed at the end of June, FIO will contribute toward skills development, targeting schools that are performing well in mathematics and science. FIO undertook to establish a technical college in partnership with other stakeholders at Ga-Seleka village. The company will also contribute towards the Mayoral bursary scheme, starting with the 2016 matriculants.

The company agreed to give preference to local jobseekers and will appoint local registered SMME companies, using the municipal SMME data base as a guideline. The company is committed towards skills transfer in particular mining related skills. In consultation with LLM, the mine will appoint a community liaison officer. Other projects which the mine will participate in include phase 5 of the Seleka-Witpoort water scheme project as well as

Ferrum Iron Ore and municipality signs agreement

the bulk water supply from Lephalale to rural areas.The mayor of Lephalale, Jack Maeko, said that the

agreement showed the mine’s commitment towards empowering local people and previously disadvantaged communities. Maeko encouraged other companies to follow suite and sign agreements with the municipality to ensure good working relations that will benefit local rural communities.

Skenk kos vir diere en wen!LEPHALALE – Die Lephalale dierebeskermings-vereniging (DBV) is besig met ‘n lekker kompetisie waartydens inwoners kat- en hondekos, kombersies of enige ander bruikbare items aan die DBV kan skenk en sodoende ‘n inskrywing in ‘n gelukkige trekking kan kry. Wenners van die trekking kan ‘n Golden Rock Spur, Nguni Grill of Junction koopbewys losslaan. Alle donasies kan by die DBV, Talisman Hire of the Engen garage oorkant Lephalale Square ingehandig word.

Parkie kry nuwe leweLEPHALALE – Die gehawende toestand van die parkie in Peerboomstraat kan dalk binnekort in sportvelde vir Laerskool Bosveld Primary se leerders omskep word. Volgens raadslid Astrid Basson het die munisipaliteit die skool se aansoek om ‘n gedeelte van die parkie te huur tydens ‘n raadsvergadering verlede week goedgekeur. “Hierdie besluit sal nie net die skool baat nie maar sal ook beteken dat die skool verantwoordelik sal wees vir die instandhouding en skoon maak van die gebied wat op hierdie stadium net ‘n seer oog is.”

Page 5: Nn 8 7 issuu

8 JULIE 2016 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 5

To advertise, call 015 491 3082 (Mokopane) or 014 763 5132 (Lephalale)

MARKEN – Four people, including a 38-year-old police sergeant, were killed when two vehicles collided on the R518 road near Marken on Saturday.

Lephalale police spokesperson, warrant officer Frans Mokoena, says that the sergeant, who was stationed at Rabasotho in Thembisa Gauteng, was presumably on his way home towards Abbotspoort when he apparently lost control of the double cab vehicle he was driving. “According to our information the vehicle left the road for a short instance and when the driver went back onto the road he collided with an oncoming bakkie.”

The sergeant and two of the occupants of his vehicle passed away on the scene while the driver of the bakkie were transported to Ellisras hospital. “He was declared dead on arrival at the hospital.”

A case of culpable homicide is being investigated.During a similar incident on Tuesday morning at

04:30 the driver of a Volkswagen Polo sustained minor injuries to his legs when he lost control of his vehicle and collided with a tree next to the road near Marken. “The vehicle caught fire and was completely destroyed,” says w/o Mokoena. “Drivers must remember that there are a lot of stray animals and wildlife on the roads around Lephalale and should exercise extreme caution at all times.”

Four people killed in car crash

Juwelier in bedrogsaakDeur Martie Le Grange ([email protected])

MOKOPANE – ’n Bedrogsaak teen ’n voormalige juwelier wat glo juweliersware van verskeie kliënte geneem het en nooit terugbesorg het nie, het uiteindelik na ‘n deeglike ondersoek in die Mokopane streekhof voorgekom.

Die beskuldigde is ‘n jong vrou wat teregstaan op 12 aanklagte wat verband hou met die verdwyning van juwele ter waarde van sowat R500 000. Die saak het Maandag voorgekom en is na 21 Julie uitgestel.

Die vrou is reeds in 2014 deur verskeie kliënte van bedrog beskuldig na bewerings dat hulle juweliersware skoonveld verdwyn het nadat dit by haar destydse juwelierswinkel ingegee is.

Tree op teen rondloperbeesteDeur Martie Le Grange ([email protected])

MOKOPANE – Inwoners van die dorp sê hulle is keelvol vir rondloperbeeste wat in woongebiede wei. Baie inwoners wend hulle tot sosiale media om hul misnoeë uit te spreek en voel sterk dat daar strenger opgetree moet word om eienaars van dié beeste te vervolg.

Verskeie ongelukke is al veroorsaak deur beeste wat in die dorp se strate loop en die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV) sê hulle moes al talle kere dié beeste verwyder. “Wanneer die eienaars van die beeste gesoek word as hulle beeste in die woongebiede is en die verkeer belemmer, is hulle nêrens te vinde nie. Tog maak hulle vinnig hulle verskyning wanneer hulle beeste by die DBV opeindig,” sê Marcelle Maritz, bestuurder van die Percy Fyfe DBV. Sy sê dat die gemeenskap dikwels verwag dat die DBV die beeste bloot moet oplaai wanneer hulle rondloop.

“Dit is egter nie so eenvoudig nie,” sê sy en verduidelik dat die verkeersdepartement betrokke moet wees en dat dit soms ure duur om die groot diere op ’n bakkie of waentjie te laai. Sy sê al wat die DBV kan doen in meeste gevalle is om die beeste uit die pad uit aan te jaag.

Daar is selfs mense wat dreig en sê hulle gaan die beeste slag, want hulle hoort nie in die woonbuurte nie. Die verkeersdepartement moes ook al ’n paar keer die DBV ontbied wanneer beeste ’n gevaar vir motoriste inhou.

Nog ’n inwoner van Pretoriusstraat voeg by dat sy gereeld sien hoe die beeste voor die huise aan die gemors in die swart sakke wat weekliks uitgesit word, vreet.

Drie groot beeste is Maandag in een van Chroompark se woongebiede afgeneem. Een het selfs begin vreet aan ’n inwoner se rose. Inlas: Die beeste smul aan die lang gras langs ’n huis in die woongebied.

Matjila to remain in custodyMAHWELERENG – Murder accused Samuel Matjila (55) will remain in custody despite the fact that he was granted bail by the Mokerong magistrate court last week for for his alleged involvement in the murder of Danny Baloyi 12 years ago.

He is also on trial, along with his co-accused, for a second murder case which saw Charles Mgidi losing his life after he was shot and killed at a filling station in Mokopane. Hearing is set for October in the Polokwane high court.

Man dies from smoke inhalationABBOTSPOORT – A man in his thirties was found dead in his house in Abbotspoort after he presumably died from smoke inhalation on Sunday. According to warrant officer Frans Mokoena of the Lephalale police the man made use of a generator which he placed inside his house. “When the police arrived at the scene the house was filled with thick clouds of smoke from the generator.”

Palesa is going to ParisMOKOPANE – Security guard, Palesa Modise, won a 2016 Euro Final soccer ticket courtesy of Coca-Cola. The Euro soccer final will be in Paris, France on 10 July 2016.

The ticket is an all access paid trip to travel Paris. This year is the 50th edition of Euro championship hosted by France and first to have 24 participants.

Derrick de Beer, Coca-Cola marketing manager, said the competition offers a once in the lifetime opportunity to travel Europe and interact with other football fans.

“As an official sponsor of Euro 2016 we want our sponsorship to celebrate fans and bring them closer to the action,” said De Beers.

Page 6: Nn 8 7 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 8 JULY 20166

Page 7: Nn 8 7 issuu

8 JULIE 2016 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 7

Northern News / Noordelike Nuus 8000 copies every week!

Find us on Facebook or Twitter or visit www.noordnuus.co.za for news,

weather, photo's and events

MARAPONG - Die Lephalale Nedbank tak het die afgelope jaar verskeie skenkings aan skole in die omgewing gemaak en onlangs het hul weer gewys waar hul hart lê toe die tak ‘n hele boks vol splinternuwe boeke aan Nelsonskop Primary in Marapong geskenk het.

Boeke geskenk vir leerders

By Morakhu Kekae ([email protected])

MOSHATE – Community members, reported to be from Ward 25, created havoc at the Moshate Tribal Hall recently during a meeting last Friday to discuss the party’s councilor nominations.

The nominated candidate for ward 25 is Ruth Tjale and was selected fairly, says Chris Modisha of ANC Waterberg Regional office. Modisha claims people who disrupted the meeting were members of opposition parties and not of the ANC.

The meeting had to be adjourned after a group of protestors expressed concern about

Chaotic display prior the electionsthe candidate list for the August 3 local government elections. Clad in ANC T-shirts, the group stood outside the premises singing and chanting and demanded that the councilor candidate for the ward be renominated. They claim that the regional ANC offices has not heeded their requests in this regard.

One member told Northern News that the dispute started when the branch general meeting (BGM) was terminated in June after the party announced that the nomination process could not be questioned as the nominees had already been confirmed by the senior structure of the ANC. “The community

felt they were deprived of their right to participate in the process as stated in the nomination election process document.”

“The people of Moshate should be led by someone from Moshate,” the protesters shouted.

“We believe that people responsible are both independent candidates who failed to be nominated and those of opposition parties. ANC members understand the code of conduct. We are still investigating the matter and we will write letters to raise our concern to opposition parties involved,” said Modisha.

The meeting is postponed to July 10.

’n Inligtingsvergadering aangaande die Mokolo Krokodilrivier (Wes) Wateroordragskema waarby belanghebbendes, meestal boere, wat deur pypleidings op plase tussen die Krokodilrivier en Lephalale geraak gaan word, is onlangs op Thabazimbi gehou.

Die vergadering is deur NEMAI Consulting, wat namens hul kliënte, die departement van waterwese en sanitasie (DWA) en TCTA, optree, aangebied.

Waterbehoeftes in die Lephalale area sal volgens voorlopige studies die volgende 29 jaar drasties toeneem weens beplande en verwagte ontwikkelings geassosieer met die Waterberg steenkoolvelde. Die DWS het die MKWAP-uitvoerbaarheidstudie uitgevoer om opsies vir die voorsiening in die waterbehoeftes te ondersoek. Die studie behels ‘n wateroordragskema vanaf die Krokodilrivier (Wes) by Vlieëpoort naby Thabazimbi na die Lephalale-gebied. Die infrastruktuur verbonde aan die oordragskema behels die volgende: ‘n Stuwal en onttrekkingswerke by Vlieëpoort; Balanseerdamme, ontslikkingswerke en ‘n hoëdruk-pompstasie; ‘n Drukbreekreservoir; ‘n Operasionele bergingsdam; en ‘n Leweringstelsel wat bestaan uit ‘n gravitasiepyplyn (ongeveer 30 km) vanaf die operasionele bergingsdam na die Steenbokpan-gebied.

Die departement water en sanitasie se inligting is dat die voorgenome petrol-uit-steenkool projek wat op Steenbopan beplan

Mokolo-Krokodil water projek met boere bespreekwas ook nie meer gaan plaasvind nie.

Aangesien implementering van die hele projek oor die volgende 10 jaar sal geskiet, sal gereelde vergaderings met boere gehou word. Een van die grootste probleme wat nog aangepak moet word, is om die impak op sensitiewe areas te identifiseer in ’n korridor van 100m wyd,50m aan weerskante vanaf die middellyn van die pyp. Die pyp wat ongeveer 2m in deursnee is, sal in n serwituut van 40m geïnstalleer word om die groot masjiene wat gebruik word te akkommodeer. Die pyplyn sal oor 170km strek, vanaf Vlieëpoort, in die omgewing van Hanover. Hiervandaan word twee moontlike roetes oorweeg. Die een volg ’n roete verby Paarl en die ander een langs Mecklenburg en sal die Sentrumpad in die omgewing van Zondagskuil en Leeubos bereik.

Indien die pypleiding onder bestaande besproeiingslande moet gaan, sal dit diep genoeg moet wees sodat die bokant van die pypleiding minstens 1,2m onder die grondoppervlakte moet wees.

Aangesien die serwituut langs provinsiale paaie nie onderhandelbaar is nie, beteken dit dat die pypleiding op boere se plase gebou moet word. Dan is daar nog die Matlabas en Mamba riviere, wat uiters sensitiewe elemente bevat, wat ook oorgesteek word. Aangesien brûe oor hierdie riviere onooglik is, word dit oorweeg om die pypleiding onder die rivierloop deur te tonnel. ’n Stuwal van tussen 4-6m hoog sal by Mooivallei gebou word waar die projek

verskeie grondeienaars gaan beïnvloed. ’n Balanseerdam word in die omgewing van Leeubos beplan, vanwaar dit met drukpompe tot n reservoir op Rooidam gepomp sal word. Hiervandaan loop dit langs Tarentaalpan tot teen die treinspoor tussen Thabazimbi en Lephalale.

Voor hierdie in aanvang geneem word, is daar baie sake wat nog uitgesorteer moet word soos byvoorbeeld die verkryging van grond en kompensasie aan die eienaars.- LIN Media/Die Kwêvoël

Page 8: Nn 8 7 issuu

oordelike uus orthern ewsN NAitblinkerschievers

UBy Morakhu Kekae ([email protected])

BAKENBERG – The long-awaited Chief Mathlaba Soccer Tournament will kick off this year in honour of the legendary icon, the late Chief Dennis Mathlaba, who led the community of Bakenberg from 1977 to 2005.

“Chief loved sports, soccer in particular, people and development. That’s what led to this honorary envisaged event in this priceless and valuable manner,” said Prince Ledwaba of the chieftaincy.

All participating teams in the tournament

By Morakhu Kekae ([email protected])

MOKOPANE – Thousands of little boys dream of becoming professional football stars and Mokopane Destiny Academy prodigies, Ndumiso Chueu (11), Gift Mazinyo (12) and Junior Chiungu (11) are determined make their dreams come true.

“Every day we go to the football grounds in Fourie Street for practice. Football is not just about scoring goals, you have to pass the ball to your teammates so they too have an opportunity to enjoy the game,” says Junior. “The game teaches us sportsmanship, professionalism and discipline.”

Big things are expected from these youngsters in coming months as they will undertake football trials in Peter Mokaba Stadium in Polokwane in August and September. According to the coach, Abu Ike, the trio stand a chance to progress to the selection rounds.

The trio are regarded as the best attacking players by teammates. “These boys are unbelievable," says Ike. "They score goals, make defensive sacrifices and are capable of bettering themselves constantly. They have a great future and I hope the scouters can see these marvelous players.”

Volleyball - Moshate Warriors take the leadMOSHATE – The Moshate Warriors Volleyball Club in action at the recent Limpopo Volleyball Association District Games against the team of the University of Limpopo at Ngoako Ramatlhodi in Polokwane. They now wear the crown after taking the overall lead where they won 2-0.

SASOLBURG – Drie van Ellisras Aquatics se swemmers het verlede week aan die 2016 Sasol Winterkampioenskappe in Sasolburg deelgeneem. Nicolas Louw (11) kom vierde in die 200m rugslag, vyfde in die 100m rugslag/100m vlinderslag, sesde in die 50m rugslag/100m vryslag en kwalifiseer ook vir die Suid Afrikaanse kampioenskappe. Roelof Taljaard (10) kom tweede in die 200m vlinderslag, vierde in die 100m vlinderslag, sewende in die 100m rugslag, agste in die 100m vryslag, negende in die 50m borsslag en kwalifiseer ook vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe terwyl Dean Moss (11) eerste kom in die 200m vlinderslag.

Hulle laat die water spat!

Tournament to honour the chiefwill have to give a moment of silence to show respect for the chief’s legacy. The tournament will be hosted from 15 to 31 December 2016 and 32 teams will participate.

“A core aim is to produce more footballers for professional structures and the national team,” said Ledwaba.

The Chief Mathlaba Soccer Tournament is a non-profit community sports programme.

The focus of the tournament is to promote youth sports participation, increase youth access to health care, talent search and access for education.

The tournament is geared to bring people together and present education and services to the community and identify rural talent from previously disadvantaged communities with opportunity to succeed.

The tournament will have a great prize of R300 000 and all teams reaching quarterfinals will receive soccer equipment to develop the sport further in their communities.

“Soccer is more than just a game, it can play an pivotal role in bringing people together from all walks of life. We are aiming to build a nation,” says Ledwaba.

Little players with big dreams

Mokopane Destiny Academy prodigies, Ndumiso Chueu (11), Gift Mazinyo (12) and Junior Chiungu (11) are determined make their dreams come true.