nn 11 4 web issuu

12
ELLISRAS SCRAP METALS VAT nr.: 4910236803 Heavy Industrial Area, Ellisras. E-mail: [email protected] Tel/Fax: 014 763 4533 Cell: 083 371 2031 E&OE Trading hours: Mon- Fri 07h00 - 17h00 / Sat 07h00 - 12h00 UNBEATABLE NEGOTIABLE PRICES FOR DIRT COPPER - ALUMINIUM - STEEL - BRASS - STAINLESS - CAR BODY’S ETC. AVAILABLE - I BEAMS - CHANNELS - PIPE - TUBING - CONVEYOR BELT - STEEL CABLE Krokodille is nou oral Jasper Raats ([email protected]) “Ek het so twee weke gelede die eerste krokodil gesien en toe sê my werkers vir my hulle het vroeër twee gesien,” so vertel CP van der Walt wat op die Springbokvlakte langs die Nyl boer. Ander boere wat stroomop langs die Nyl woon het ook glo krokodille gesien in hierdie rivier waar hulle nog nooit voorgekom het nie. Dit lyk egter of die krokodille nog nie hul weg verder stroomaf gevind het nie. Ken du Plessis van die plaas Moorddrift buite Moko- pane het tot op hede nog geen krokodille of krokodil aktiwiteite in sy dam gewaar nie. Maar ander damme in die omgewing is ook nou al deur dié groot reptiele geïnfiltreer. Nico Kruger van PropRite Eiendomme in Mookgophong sê die Frikkie Geyserdam naby die mineraalbaddens het ook nou ‘n hele spul krokodille in - almal van so on- geveer 2m en kleiner. Vroeër het die Beat- koerant ook gewaarsku dat daar krokodille in die Donkerpoort Dam naby Modimolle opgemerk is. Lesers het ook aan Noordelike Nuus vertel dat hulle al meer as een keer krokodille by die inloop van Doorndraai Dam opgemerk het. Die krokodil wat CP in die Nyl gesien het was ook sowat 2m lank. Volgens Tiaan Rabie van Bouncy Croc krokodilplaas naby Mookgophong is krokodille van hierdie grootte nogal parmantig. “Op 2m raak krokodille soos tieners, hulle is geslagsryp en gefrustreerd omdat hulle nog opsy moet staan vir die groot krokodille. Hulle toets hulle vermoëns en hulle krag teen alles en almal,” sê hy. Rabie se observasie strook met die string krokodil aanvalle waarop Noordelike Nuus sedert die begin van die jaar verslag gelewer het. Die aanval op ‘n jong dame in Hoed- spruit, die pa en seun wat op ‘n plaasdam ook naby Hoedspruit aangeval is en die hengelaar wat by Rust te Winter in sy tent aangeval is was almal slagoffers van krokodille van ongeveer 2m. Die Potgietersrus Distrik Landbou-unie het verlede week ‘n waarskuwing gerig aan boere langs die Nyl. “Wees asseblief ekstra versigtig en laat weet as julle dalk krokodille opmerk,” het die organisasie in ‘n e-pos gesê. Die DLU vermoed die skielike versprei- ding van krokodille na waters waar hulle nog nooit voorgekom het nie kan te make hê met die onlangse vloede. Die moont- likheid bestaan dat krokodille tydens die vloede uit teeldamme ontsnap het.

Upload: helena-raats

Post on 09-Mar-2016

330 views

Category:

Documents


60 download

DESCRIPTION

Limpopo-based community newspaper for Lephalale & Mokopane.

TRANSCRIPT

Page 1: Nn 11 4 web issuu

ELLISRAS SCRAP

METALS

VAT nr.: 4910236803 Heavy Industrial Area, Ellisras. E-mail: [email protected] Tel/Fax: 014 763 4533 Cell: 083 371 2031

E&OETrading hours: Mon- Fri 07h00 - 17h00 / Sat 07h00 - 12h00

UNBEATABLE NEGOTIABLE PRICES FORDIRT COPPER - ALUMINIUM - STEEL - BRASS

- STAINLESS - CAR BODY’S ETC.AVAILABLE - I BEAMS - CHANNELS - PIPE - TUBING

- CONVEYOR BELT - STEEL CABLE

Krokodille is nou oralJasper Raats ([email protected])

“Ek het so twee weke gelede die eerste krokodil gesien en toe sê my werkers vir my hulle het vroeër twee gesien,” so vertel CP van der Walt wat op die Springbokvlakte langs die Nyl boer.

Ander boere wat stroomop langs die Nyl woon het ook glo krokodille gesien in hierdie rivier waar hulle nog nooit voorgekom het nie.

Dit lyk egter of die krokodille nog nie hul weg verder stroomaf gevind het nie. Ken du Plessis van die plaas Moorddrift buite Moko-pane het tot op hede nog geen krokodille of krokodil aktiwiteite in sy dam gewaar nie.

Maar ander damme in die omgewing is ook nou al deur dié groot reptiele geïnfiltreer. Nico Kruger van PropRite Eiendomme in Mookgophong sê die Frikkie Geyserdam naby die mineraalbaddens het ook nou ‘n hele spul krokodille in - almal van so on-geveer 2m en kleiner. Vroeër het die Beat-koerant ook gewaarsku dat daar krokodille in die Donkerpoort Dam naby Modimolle opgemerk is.

Lesers het ook aan Noordelike Nuus vertel dat hulle al meer as een keer krokodille by die inloop van Doorndraai Dam opgemerk het.

Die krokodil wat CP in die Nyl gesien het was ook sowat 2m lank. Volgens Tiaan Rabie van Bouncy Croc krokodilplaas naby Mookgophong is krokodille van hierdie grootte nogal parmantig.

“Op 2m raak krokodille soos tieners, hulle is geslagsryp en gefrustreerd omdat

hulle nog opsy moet staan vir die groot krokodille. Hulle toets hulle vermoëns en hulle krag teen alles en almal,” sê hy.

Rabie se observasie strook met die string krokodil aanvalle waarop Noordelike Nuus sedert die begin van die jaar verslag gelewer het. Die aanval op ‘n jong dame in Hoed-spruit, die pa en seun wat op ‘n plaasdam ook naby Hoedspruit aangeval is en die hengelaar wat by Rust te Winter in sy tent aangeval is was almal slagoffers van krokodille van ongeveer 2m.

Die Potgietersrus Distrik Landbou-unie het verlede week ‘n waarskuwing gerig aan boere langs die Nyl. “Wees asseblief ekstra versigtig en laat weet as julle dalk krokodille opmerk,” het die organisasie in ‘n e-pos gesê.

Die DLU vermoed die skielike versprei-ding van krokodille na waters waar hulle nog nooit voorgekom het nie kan te make hê met die onlangse vloede. Die moont-likheid bestaan dat krokodille tydens die vloede uit teeldamme ontsnap het.

Page 2: Nn 11 4 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 11 APRIL 2014

Oupa Sarel oorlede‘n Bekende historikus en voormalige onder-wyser in Limpopo, mnr. Sarel Lee (87), is Sondagoggend in Pretoria oorlede.

Hy is op 15 Junie 1926 op die plaas Waterkloof in die destydse Ellisras gebore en het aan die Hoërskool Nylstroom gematrikuleer. Hy verwerf ‘n BA-graad en Hoër Onderwys-diploma aan die PU vir CHO en Potchef-stroomse Onderwyskollege en begin sy onderwysloopbaan in 1949 aan die Messina Middelbare Skool.

As onderwyser was hy betrokke by verskeie historiese verenigings. Hy was ‘n dryfkrag in die opknapping en restourasie van die Pietersburgse Konsentrasiekamp-kerkhof en die Pionierskerkhof op Ellisras, waar verskeie van sy voorsate begrawe is. Hy was ‘n kundige oor die pioniers van Limpopo en het saam met ander liefheb-bers van geskiedenis moeite gedoen om die grafte van baie van hulle op te spoor. Hy het navorsing gedoen oor die konflik tussen die Boere en Engelse in die Pietersburg- en Soutpansberggebied tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Hy intensiewe genealo-giese navorsing gedoen oor die Lee-familie.

Oom Sarel word oorleef deur sy vrou Emmie, met wie hy 61 jaar getroud was, sy kinders Magriet, Wikus, Tiaan en Basie, drie skoondogters, agt kleinkinders en een agterkleinkind. Sy begrafnis vind 11 April in Pretoria plaas. Die teraardebestelling sal om 10:00 in die Heatherdale-begraafplaas begin en die verrigtinge sal deur een van sy kleinseuns, ds. Jan-Louis Lee van die Gereformeerde Kerk Bothaville, gelei word. ‘n Troosdiens sal om 12:00 in die Gerefor-meerde Kerk Wonderboom-Suid volg volg, waartydens ‘n ander kleinseun, ds. Hannes Lee van die Gereformeerde Kerk Lady-brand, as prediker sal optree.

2

Die dokument is by ‘n vorige werkswinkel in Augustus 2013 op die tafel geplaas maar is deur landbouorganisasies wat wit- en swart boere verteenwoordig verwerp.

“Ons het verneem dat minister [Gugile] Ntwinti by Afasa (African Farmers Associa-tion of South Africa) se 2013 kongres gemeld het dat hulle hul nie moet steur aan die do-kument nie - “ek terg julle net bietjie,” het hy blykbaar aan lede gesê. Ons was dus verbaas toe die dokument weer Maandag bespreek word,” sê TLU SA hoofbestuurder Bennie van Zyl.

“Ek het tydens Maandag se werksessie hieroor uitgevra en 'n afgevaardigde se antwoord was dat ons, ons kapitalistiese aanslag moet laat vaar omdat ons nou onder ‘n nuwe dispensasie is. Ek wou by hom weet of ons dan nou ‘n sosialistiese staat geword het, waarop hy my nie geantwoord het nie.”

Van Zyl meen dat die dokument groot gevaar inhou vir die vryemarkstelsel in die land. “Hoewel die dokument ‘n doodskoot vir landbou is, is daar veel meer in gedrang. Die geveg gaan nou oor die beskerming en bevordering van beleggings en bates. Dit wil voorkom of die Staat besig is om homself te posisioneer om dit te ontneem."

Volgens van Zyl maak die grondwet daar-voor voorsiening dat die Staat bates mag ontneem as dit in die belang van die land is. “Die grondwet gee wel in Art 25 (1) die reg om bates te ontneem en daar word niks genoem van vergoeding nie. In Art 25 ( 2) word van onteiening gepraat en is daar wel melding van vergoeding. Ons het reeds in die verlede voorbeelde hiervan gesien toe boere se water-en ook mineraal regte ontneem is. ‘n Konstitusionele hof het bevind dat die grond-wet voorsiening maak dat boere nie hiervoor

LEPHALALE - Die Waterbergdistrik is amptelik tot rampgebied verklaar toe dié status op 28 Maart in die staatskoerant geproklameer is. Hierdie proklamasie gee aan boere geleentheid om aansoek te doen vir finansiële hulp van die nasionale ramp fonds.

By ‘n vergadering wat verlede week by Ag-ri-Lephalale se kantore gehou is, is boere ge-maan om ‘n volledige opname van die skade wat hulle weens die vloede gely het te doen. ‘n Brief met ‘n gedetailleerde uiteensetting van die skade met koste skatting moet voor 16 April by Agri-Lephalale kantore of by TLU-Lephalale of die Waterraad ingedien word. Die aansoeke sal dan via die plaaslike muni-sipaliteit aan die nasionale department ges-tuur word. Hoewel skade aan oeste uitgesluit word, kan boere wel eis vir die verlies van vee, wild, eiendom en toerusting. Die voor-sitter van Agri-Lephalale, Francois van der Berg het egter gewaarsku, dat dit ‘n tydsame proses kan wees omdat die departement elke aansoek eers volledig sal ondersoek.

The South Africa Red Cross Society will over the next two month assist 705 families in the Lephalale area affected by the recent flooding.

The International Federation of Red Cross and Red Crescent Societies have released 165,035 Swiss francs (around 1.8-million Rand) from their Disaster Relief Emergency Fund which will enable the provincial Red Cross Society to distribute over 3000 blan-kets, 705 hygiene material Kits, 1410 food parcels, over 750 mosquito nets and provide psychosocial support to the emotionally af-fected communities.

As part of relief and prevention Red Cross will embark on an awareness campaign focusing on Malaria and Cholera and target-ing farms along the different rivers in the area. Companies who would like to assist the Red Cross in this devour can contact the provincial manager, George Mamabolo on 0722805540 or 0712135555.

Gronddokument kan doodskoot vir Landbou wees

vergoed hoef te word nie. In die verlede was dit ‘n verhandelbare bate, tans is die Staat die bewaarder daarvan en is die voormalige eienaar nie vergoed nie. Dit is vir ons duidelik dat ‘n verskeidenheid beleidsdokumente , konsepwette en wette die lig sien wat die be-ginsel van privaat besitreg direk en indirek op n manier aantas.”

In ‘n verklaring wat hierdie week uitgereik is het Agri SA sy steun vir die ideaal van verblyf sekerheid en plaaswerker-bemagtiging herbevestig. Die organisasie het dit egter onomwonde gestel dat “die voorgestelde beleid fundamenteel gebrekkig is en realisties gesproke nie geïmplementeer kan word nie. Die ontneming van grond sonder vergoeding is onregverdigbaar en diskrimineer teen die landbousektor vis-a-vis ander sektore. Geen boer kan bekostig om die waarde en gebruik van 50% van sy/haar plaas te verloor nie. Dit is Agri SA se standpunt dat indien hier-die beleidsvoorstelle geïmplementeer word dit tot ernstige ontwrigting van voedsel- en veselproduksie sal lei. Die voorstelle is ook onduidelik of die grondverdeling verpligtend sal wees en of boere ‘n keuse in dié verband sal hê. Agri SA het dit duidelik gestel dat hy die verpligte toepassing van só ‘n beleid sal teenstaan, indien nodig tot in die konstitusio-nele hof.”

Volgens Agri SA het die minister by die vergadering gesê dat sy departement oor die volgende 12 maande voort sal gaan om met belangegroepe oor die beleid te beraadslaag. Hy het onder andere gesê dat dit nou ‘n klas-aangeleentheid eerder as ‘n rasse-aangeleen-theid is aangesien wit en swart kommersiële boere hul besware teen die beleidsvoorstelle in sy huidige vorm aangedui het. Die de-partement onderneem om ‘n verslag oor die

werkswinkel saam te stel en dit mettertyd onder belanghebbendes te sirkuleer.”

Intussen het AfriSake se uitvoerende hoof, Cornelius Jansen van Rensburg, Woensdag gesê dat boere is nie net grondeienaars nie, maar ook sakemanne. "Indien hierdie beleid aanvaar sou word, skep dit die regsraamwerk vir die Staat om die bates van enige sake-onderneming onder die werkers van daardie onderneming te verdeel, nie net plase nie. Indien dit moontlik sou word, is geen bate meer veilig nie."

AfriSake berig dat daar meer as 13 wette, wetsontwerpe en beleidsdokumente is wat eiendomsreg drasties inperk en wat SA duur te staan gaan kom.

Wat sê die dokument?In die dokument word voorgestel dat eienaars 50% van hul grond kan behou terwyl arbeiders op die oorblywende 50% eienaarskap kan verkry. Grondverdeling word bereken in verhouding tot werkers se bydrae tot die ontwikkeling van die plaas, gebaseer op die aantal jare wat hulle op die plaas gewerk het. ‘n Belegging- en ontwikkelingsfonds (trust) sal geskep word wat verteenwoordigend van aandeelhouers in die grond moet wees. Die vergoeding wat die regering vir hierdie herverdelings reëling betaal, sal nie aan die huidige grondeienaars uitbetaal word nie maar in die trust betaal word vir die bemagtiging van plaaswerkers se deelname aan die boerdery. Die uitgangspunt hiervoor is dat grondeienaars reeds voldoende voordeel ontvang het vanweë sogenaamde “uitbuitende lone” en hulle eie bevoordeling in die verlede.

‘n Uitgebreide finale konsepdokument wat 50% van boere se grond aan plaaswerkers wil bemaak is verlede Maandag tydens ‘n opvolg werksessie by die department van landelike ontwikkeling en grondhervorming bespreek is.

So kan jy eis vir vloed rampskade

R1.8 million for flood victims

Page 3: Nn 11 4 web issuu

11 APRIL 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 3

LEPHALALE - The national police commis-sioner, Riah Phiyega, and the Deputy Minis-ter of Police, Maggie Sotyu, launched the provincial community outreach programme in Marapong last Tuesday. More than 4000 people gathered at the Marapong sports grounds to attend the event aimed at reach-ing out to communities in order to promote a better working relationship with the police.

The commissioner and deputy minister also visited the Phigelelo High School. Phiyega told learners that the partnership between the school and the police will in future be strengthened. She then introduced a team of police who have adopted the school and assured learners that their days of fearing for their lives at school have ended.

The visit at school afforded the learners an opportunity to voice their concerns and issues ranging from the abuse of drugs, bringing dangerous weapons at school and gangs were some of the issues discussed. Head girl, Caroline Lebogo pleaded with the police to make regular-unannounced visits to the school. “We have a prob-lem of high rate of teenage pregnancy at this school. Many of our girls bunk school, especially during month end because employees from Medupi power station come and lure them

Be careful at ATMsBanks warned that people should be very careful of drawing money at ATM’s after hours, especially when there are other people loitering around ATM machines.

Representatives from both FNB and Absa in Mokopane this week told delegates to the Mokopane Community Policing Forum that people should not trust strangers who offer to help them and that they should avoid draw-ing money at ATM’s alone after hours.

“There is no security at our ATM’s over weekends,” Elsabé Nel from FNB told forum members. “So don’t trust someone preten-ding to be a security guard at our ATM’s over the weekend.”

Lenie Fourie from ABSA’s main branch recommended that elderly people and wom-en come to the bank’s ATM’s during business hours. “We always have a host on duty to assist people at the ATMs during banking hours.”

Both bank representatives thanked the police for their visibility at banks.

No banking for asylum seekersAsylum seekers from other countries complained that banks won’t let them open bank accounts at a Business Fo-rum Meeting in Mokopane on Tuesday. This followed visible policing command-er, Lt.Col. Isaack Mantjane’s recom-mendation that they deposit their money into bank accounts rather than keep it at their shops.

Elsabé Nel from FNB explained that the law currently prevents banks from opening accounts for assylum seekers as their status in the country cannot be verified by the Department of Home affairs. She said accounts can, how-ever, be opened for refugees and legal imigrants. Foreigners who hold work and residence permits can also open accounts as long as all their documenta-tion can be verified by the department of home affairs.

She explained that many foreigners try to open accounts with study permits. “We cannot open accounts for students or people who only have holday visas,” she said.

Nelie Fourie from Absa Bank confirmed Nel’s explanation.

Plaas identifikasie belangrikBoere in die Lephalale omgewing word gevra om seker te maak dat plaasnommers duidelik op hekke sigbaar is.

Die plaasnommers is uitgereik om dit vir nooddienste makliker te maak om vinnig op nood te reageer. Daar is weer ‘n versoek gerig dat die nommers ook op dakke geverf word. Volgens die voorsitter van die Landelike Veiligheid Forum, Hardus van Emmenis, het die vloede in Maart dit weer onder hulle aan-dag gebring hoe belangrik plaas identifikasie is. “Dit is belangrik dat plase ook vanuit die lug geïdentifiseer kan word,” het hy gesê. “‘n Alternatief sou wees om die presiese koördi-nate van die plaas byderhand te hê.”

Toy gun hijackers caughtLEPHALALE - Four suspects were arrested last Thursday and appeared in the Lephalale magistrate’s court on charges of motor vehicle hijacking and armed robbery.

The suspects are accused of hijacking a company vehicle in front of Absa bank. They allegedly pointed a gun at the driver who was about to park the vehicle and enter the bank to deposit money. The driver soon realised that the weapon was a toy gun.

When he confronted the suspects they threw him from the vehicle and drove off with an undisclosed amount of money. Lephalale police were able to track the suspect down with the help of CCTV-camera footage from cameras installed at the bank. A fifth suspect is still at large.

Police commissioner visits Marapong with money and then impregnate them. This has to stop and the police must come to our rescue,” Lebogo said.

Her concerns were echoed by the deputy minister Sotyu who, when speaking to the crowd at the stadium, warned learners against Satanism and encouraged coopera-tion between the police, educators and par-

ents to safeguard children. “It is disgrace to hear that older people dangle money in the faces of our children and entice them into having unprotected sex with them. We are pleading with our youth not to fall for that, you need to love yourself more than money,” an overwhelmed Sotyu said.

Speaking in her native Pedi, General Phi-yega said the police realised that safety, se-curity, peace and order cannot be police issues only. “Every nation that seeks peace, order, stabil-ity, safety and security must come together and share respon-sibilities for all citizens to live in harmony. Somebody, somewhere, somehow, knows some-thing about crime,” she said.

Boere gemaan om weer by die BBV aan te sluit LEPHALALE - Met die winter wat stadigaan naderkruip moet boere weer voorsorg tref vir die komende veldbrand seisoen.

Kommer dat die plaaslike brandbe- skermingsvereniging (BBV) in Lephalale onaktief geraak het, is Dinsdag by ‘n brandbeskerming vergadering tussen die munisipaliteit en wyksleiers van die landelike veiligheid (LV) forum bespreek.

Die Nasionale Wet op Veld en Bos-brande van 1998 is een van die min wetgewings wat jou outomaties as skul-dig sien tot jy onskuldig bewys word, sou jou bure skade ly oor ‘n brand wat op jou plaas uitbreek. Hoofstuk twee van die ‘brandwet’ bepaal egter dat grondei-enaars of gebruikers daarvan wat lede van ‘n BBV is as onskuldig beskou word totdat daar in ‘n siviele saak bewys is dat hulle skuldig is. Dit is daarom uiters belangrik dat boere aansoek sal doen om aan die vereniging te behoort. Die aansoek is gratis en vorms kan van LV wyksleiers verkry word.

By Dinsdag se vergadering is Pieter du Plessis, wyk voorsitter van die Steen-bokpan-omgewing aangewys as voorsitter van die landelike arm van die BBV. Hy maan boere wat reeds aansoek gedoen het om her aansoek te doen aangesien daar nie tans duidelike bewyse is van wie lede is al dan nie.

Pieter du Plessis is aangewys as voorsitter van die landelike arm van die BBV.

Page 4: Nn 11 4 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 11 APRIL 20144

www.atsold.co.za

Hecametohavemypast forgiven,

yougetapurpose for livingandahome in Heaven

TheBibletellsusthat

cametodothreethings.

HaveahappyEaster

Jesus Christ

Geagte redakteur, ‘n Mens hoor altyd van ander mense se motorprobleme toe hulle by die vulstasie die verkeerde brandstof gekry het en jy wonder by jouself hoe hulle nie kon agterkom nie.

Wel, ek het onlangs geleer hoe maklik so iets gebeur. ‘n Nuut-aangestelde brandstof joggie steur hom min aan jou versoek vir R200 se Diesel en 5km verder gaan staan jou ou staatmaker in die pad soos ‘n steeks donkie.

Die enjin is so dood soos ‘n mossie en na-

Will en Anje Kiesling wat sowat twee weke gelede op hulle plaas in die Swartwater distrik vermoor is, is verlede Donderdag vanuit die Volle Evangelie-kerk in Mokopane begrawe.

Die diens het egter skaars begin toe die polisie die Ma van die verdagte (‘n familielid van die Kieslings) uit die kerk geneem het vir ondervraging.

Sy het die polisie gevra of sy eers die ver-rigtinge kan bywoon, maar haar versoek is geweier. Na aanleiding hiervan het Noorde-like Nuus die volgende brief van Anje se broer, Jan Schallies ontvang.

Geagte redakteurHiermee wil ek graag my algehele misnoeë, hartseer en woede uitspreek oor die insident gedurende die begrafnis diens van my sus-ter, Anje Kiesling en haar man Will.

Wat ‘n skok was dit nie oor die wrede, ongevoelige wyse waarop die sogenaamde

Wie kwalifiseer vir spesiale stemmeGeagte RedakteurDie Nasionale verkiesing op 7 Mei is voor ons deur en dit is belangrik dat kiesers sal weet dat daar op 5 of 6 Mei ‘n spesiale stem uitgebring kan word.

Die geleentheid word geskep vir kiesers vir wie dit moeilik of onmoontlik is om stem-lokale op 7 Mei te besoek. Daar moet egter tussen 7 en 17 April 2014 aansoek gedoen word om ‘n spesiale stem.

Wie kwalifiseer? Indien ‘n voornemende kieser in die buiteland gaan wees of om enige ander goeie rede nie op 7 Mei sal kan stem nie, maar wel op 5 of 6 Mei sal kan stem, kan aansoek gedoen word om ‘’n spesiale stem uit te bring. Indien u aansoek goedgekeur word, sal u u stemlokaal op 5 of 6 Mei kan besoek om te stem.

Voornemende kiesers vir wie dit nie moontlik is om ‘n stemlokaal te besoek as gevolg van gevorderde ouderdom of enige ander rede bv. ‘n hoogswanger vrou, kan aan-soek doen dat die OVK personeel die persoon tuis besoek. Die kieser sal dan tuis sy of haar stem op 5 of 6 Mei kan uitbring.

Wat die nasionale verkiesing op 7 Mei betref kan kiesers by enige stemlokaal stem solank hulle geregistreer is. Indien ‘n kieser binne sy of haar provinsie is, sal hy of sy 2 stembriewe ontvang en toegelaat word om ‘n provinsiale sowel as ‘n nasionale stem uit te bring. ‘n Kieser wat buite sy of haar provinsie is, sal net ‘n nasionale stem kan uitbring. Kiesers wat in die land sal wees op 7 Mei, kan nie aansoek doen om ‘n spesiale stem nie.

Kiesers wat gebruik wil maak van hierdie geleentheid moet tussen 7 en 17 April 2014 aansoek doen op die korrekte vorm by die OVK-kantoor agter die Lephalale Munisi-paliteit. Indien u hulp benodig kontak die DA se Astrid Basson (082 822 9027) of Sybil Nieuwoudt (078 7861689), ons help graag.- Astrid Basson

Remi Burger en Daniel Botha beide van Lephalale is op 22 Maart in die huwelik bevestig. Remi se ouers is Meisie en Kas Bezuidenhout en Daniel se ouer is Christine Botha van Bloemfontein.

Briewe aan die RedakteurKieslingmoord: Verdagte se Ma tydens begrafnis ondervra

polisie opgetree het deur die Ma van die kind [verdagte in die moordsaak], voor al die roubeklaers in die kerk uit te kom haal en dit nadat sy gepleit het om net die diens te kan bywoon. Maar sy is dit geweier, en wegge-neem asof sy die skuldige is.

Dit was absoluut barbaars. Dit wys ook weereens hoe eenvoudig die sogenaamde regsisteem werk. Ek kan myself nie in die minste voorstel hoe daardie vrou, moet voel om nie haar geliefdes se afskeid te kon by-woon nie en dit oor ‘n verrotte geregsisteem wat veronderstel is om kamstig die wet op 'n menslike manier toe te pas.

Ek hoop en wens dat elke amptenaar wat betrokke was met die besluit en optrede, die-selfde tragedie in hul families sal deurgaan en ook dan nie mag afskeid neem van hul geliefdes nie. Mag hul bietjie gewetes wat hul kamstig het, hulle pla vir ewig!

Dankie aan hulle wat hul plig gedoen het.- Jan Schallies

dat jy die motor huis toe sleep en daar kyk of die fout nie ‘n vuil brandstof filter is nie, besef jy jou diesel ruik vandag net soos petrol. Die strokie bevestig jou vrees. Jy het R200 se loodvrye petrol in jou dieseltenk.

So ‘n woordjie van waarskuwing aan ons lesers: maak seker die pompjoggie gooi die regte brandstof in jou motor!

Ek wil wel baie dankie sê aan Koos Nel van El Auto wat die helfte van die herstel-koste aan my dieselpomp betaal het.- Diesel donkie se baas

Maak seker as jy brandstof ingooi

Huweliksklokkies

Kom kyk die fosiele en veteraneDie Piet Potgieter Monument tehuis bied op 3 Mei weer hul jaarlikse Veteraanmotorskou op die tehuis se terrein by Rabestraat 59 aan.

Die dag se verrigtinge begin reeds om 08:00 met die Fossils wat deur die dag vir vermaak gaan sorg. Die Fossils het in 2005 weer bymekaargekom en musiek begin maak na 35 jaar. Die groep bestaan uit Willem Branders en Ian vd Linde wat al van skooldae af saam musiekmaak. Na hul eerste CD getiteld “Time Tattoo” is die manne lus vir nog baie jare van musiek.

Vir navrae kan die Piet Potgieter Tehuis geskakel word by 015 491 6314/5.

Page 5: Nn 11 4 web issuu

11 APRIL 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 5

Mokopane Noodforum nooi u vriendelik uit na ons Gemeenskap Projek bekendstelling.

Kom ons vat hande

en maak ‘n

verskil in

ander se

lewens.

Reserveer voor/op 14 April 2014Eulogia 082 434 1711Noodforum 015 491 2506Estelle 015 004 [email protected]

Datum : 16 April 2014Plek : Hulp en Hoop Gemeenskapskerk

H.F Verwoerd Straat, 18Tyd : 18h00 vir 18h15

Ons wil ‘n verskil maak en armoede bekamp

deur werk te skep. Kom dink SAAM hoe

ander te help hulself te help.

Sizes range from:

11.34m² up to 20.47m²

Prices range form:

R1 630.00 pm

to R4 000.00 pm

OFFICES TO LET

CONTACT US TODAY!Braam 073 578 6435Chris 076 432 8445Anita 082 330 2097

Agente:Melanie 083 307 4476Jolene 082 909 1270

Tel: 014 763 4040 Faks: 014 763 3319www.heliumproperties.co.za

Different offices to rent:

The Lephalale Enterprise Development Centre was launched last Tuesday at an event held at the Mogol club in Lephalale. The Centre is a joint initiative of the Anglo American Sebenza Fund, Mitsubishi Hita-chi Power Systems Africa (MHPSA), Shanduka Black Umbrellas(SBU) and Exxaro Coal, and focuses on the enterprise and supplier development of black owned businesses in the region.

The centre will enable the partners to combine their respective strengths, expertise and resources to provide assistance and support to small, medium and micro-sized enterprises (SMMEs) in the Lephalale community that are more than 51% black-owned with SBU focu-sing on businesses that are 100% black owned.

SBU will operate an incubator providing subsidised infrastructural support, on-going mentoring and training to 100% black owned businesses. The SBU incubator within the Lephalale ED Centre is the eighth incubator which SBU now operates around the country.

MHPSA and the Sebenza Fund are providing equity finance, loans and mentorship to support start-ups or expanding businesses referred to the hub. Exxaro (Grootegeluk Mine) will provide enterprise and supplier development opportunities within its supply chain to

Hyundai Mokopane is onlangs aangewys as die land se nommer een handelaar op dié maat-skappy se kliëntediens tevredenheid indeks vir kleiner handelstakke.

“Hierdie gradering,” verduidelik Hyundai Mokopane se bestuurder - Werner van Vuuren, “is gebaseer kliënte grade-rings op verkoopdiens van voertuie wat by ons gekoop is of deur ons werkswinkel gediens of herstel is.”

Hyundai Suid-Afrika bel elke kliënt kort na ‘n transaksie en bepaal dan kliënte se tevredenheid met die handelaar op grond van kliënte se te-rugvoer op ‘n lys van 22 vrae wat aan hulle gestel word.

Hierdie toets het Hyundai Mokopane met lof geslaag deur 100% gradering deur sy kliënte vir die laate vier maande te be-haal. Verlede jaar het die tak ‘n kliëntediens tevredenheidgradering van 98% vir die jaar gehandhaaf vir nuwe verkope en net oor die 95% vir werkswinkeldiens.

Hierdie gradering is vir 300 transaksies op die verkoopvloer en ongeveer 2500 werks winkel evaluasies.

Werner skryf die tak se sukses toe aan

Black-owned business in Lephalale gets a champion

suppliers that are more than 51% black owned.MD of Anglo American’s enterprise development

arm, Zimele, Hlonela Lupuwana who spoke at the event said “the centre is an important development for the community of Lephalale as it provides entrepreneurs and existing business owners with an opportunity to grow, prosper and most importantly, to become valu-able contributors to the development of the country.”

We know that there are many people here in Le-phalale with sufficient talent to start or grow businesses that will add much needed value, create jobs and im-prove the standards of living. We also know that lack of skills and finance prohibits them from growth. With the new centre, the people of this area will now have access to finance, business planning, training and men-toring, as well as basic business and accounting advice. They will also get access to basic administrative facili-ties such as computers, internet, fax, copier, scanner and meeting facilities. We hope that the community will take full advantage of this opportunity.”

The centre is located at Shop 34B at the Maroela Mile shopping centre, J. Louis Both Avenue.

For more information contact them at tel: 014 763 1820.

Die beste Hyundai tak in die land!Promosie

streng bestuur met ‘n absolute fokus op kliëntediens. “As ‘n mens nie daarop fokus nie, het jy nie ‘n besigheid nie,” sê hy.

Hy het sy personeel geloof vir hul toewy-ding en harde werk en sy dank teenoor hulle en ook Hyundai Mokopane se kliënte uit-gespreek.

Noordelike Nuus wens

Hyundai Mokopane geluk met

hul besonderse prestasie!

Barry Lambrecht van Hyundai Suid-Afrika oorhandig die kliëntediens tevredenheid indeks toekenning aan Werner van Vuuren, Huyndai Mokopane se bestuurder.

Page 6: Nn 11 4 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 11 APRIL 2014

NOTICE IS HEREBY GIVEN IN TERMS OF THE MINERAL AND PETROLEUM RESOURCES DEVELOPMENT ACT (28 OF2002) THAT AN APPLICATION FOR PROSPECTING RIGHTS FOR COAL, PGM’s, CHROME, IRON, COPPER AND NICKEL ON THE FARM: BADEN 90 LR, SITUATED IN THE MAGISTERIAL DISTRICT OF LEPHALALE HAS BEEN LODGED BY BETTER WITH US (PTY) LTD. REF. MP30/5/1/1/2/11734 PR.

INTERESTED AND AFFECTED PARTIES (IAP’s) ARE INVITED TO FORWARD THEIR COMMENTS AND OBJECTIONS TO REGION-AL MANAGER, PRIVATE BAG X 7279, EMALAHLENI, 1035.

FURTHER COMMENTS MAY ALSO BE FORWARDED TO THE DIRECTORS OF BETTER WITH US ENTERPRISE (PTY) LTD AT THE FOLLOWING NUMBER: 083 307 8781.

N.B. YOUR COMMENTS SHOULD REACH THE REGIONAL OFFICE NOT LATER THAN 30 DAYS AFTER THE ISSUE DATE OF THIS ADVERT.

NOTICE OF INTENT TO PROSPECT

NOTICE OF CONSULTATION AND ENVIRONMENTAL MANAGEMENT

PLAN INVITATION TO PARTICIPATENotice is given in terms of Section 10 of Mineral Resources Development Act( act no 28 of 2002)) in order to carry out the following activity:NGOBENI CHARLES CC has applied for a prospecting right in terms of Section 16 of the Minerals and Petroleum Resources Develop-ment Act 28 of 2002. The application covers the farms:DUNA 554 LQ, RUSMYSIEL 577 LQ, NELLY 585 LQ AND (DUIKER-RIVIER 568 LQ, ZOUTFONTEIN 569 LQ) situated in the magisterial district of LEPHALALE, LIMPOPO, the application has been lodged for prospecting of COAL, with DMR Ref LP 30/5/1/1/2/1210511830 PR, LP 30/5/1/1/2/1210511831 PR, LP 30/5/1/1/2/1210511833 PR AND LP 30/5/1/1/2/1210511832 PR

You can be involved in the Public Participation Process by:- sending a fax, email or mail with your name, contact details and concerns/questions relating to the project.- Providing us with the names of additional people that can be contacted.

All correspondence, which should be received on or before 13th APRIL 2014 will be submitted to the DMR. All issues raised during the public participation process will responded to in writing to the Interested and Affected Parties (IAPs).

CORRESPONDANCE MAY BE DIRRECTED TO:PAUL TSHAMANOEMAIL: [email protected] FAX : 086 715 2735

6

Valerie Cilliers ([email protected])

As daar een mens is wat weet hoe die ge-meenskap van Lephalale kan hande vat om iemand in nood te help, is dit Charmain Robbertse. Charmain is die voog van Mi-kayla Robbertse wat op vyf-jarige ouderdom in Desember 2011 deur ‘n Mosambiekse spoegkobra gepik is.

Charmain vertel dat sy toe maar slegs ses maande in die dorp gewoon het, maar dat die gemeenskap hulle dadelik oor Mikayla en oor hulle as gesin ontferm het. “Mikayla sou nooit gewees het waar sy vandag is as dit nie vir die mense was wat ons in daardie tyd so wonderlik bygestaan het nie,” vertel sy.

Charmain wou graag terug gee, “iets soos pay it forward,” verduidelik sy. Dit is waarom sy aanvanklik by verskeie liefdadigheidsak-sies betrokke geraak het. In Augustus verlede jaar het sy en ‘n vriendin, Monique Swane-poel, besluit om kanker pasiënte by te staan en het so die kleingeld vir kanker projek begin. Al hoe meer vroue het hierby betrokke geraak en uiteindelik is die ‘Kupcake’ Care-givers gestig. Vandag bestaan die organisasie uit agt vroue, wat almal die begeerte het om

Die jaarlikse Paasoptog deur die strate van Mokopane, vind plaas op 15 April. Dis ’n geleentheid waar die plaaslike gemeenskap bewus gemaak word van die boodskap van Paasfees - dat Jesus Christus vir ons gekruisig is en dat Hy opgewek is uit die dood.

Dit word uitgebeeld deur middel van vlotte, baniere en strooibiljette wat in die strate uitge-deel word. Die beplande optog vind plaas op Dinsdag 15 April, met die openingseremonie om 11:45 vir 12:00 by die Biblioteekterrei-nin Van Riebeeckstraat, vanwaar die optog sal volg deur die strate van Mokopane. Die afsluitingseremonie vind plaas om +- 13:30 (biblioteekterrein). Christen Kerke en skole in Mokopane is betokke by die reëlings rondom die Paasoptog. Graag nooi ons alle Christen belangstellendes om saam te kom stap. Kom ons as Christene getuig saam!

Navrae: Ds Jacques Erasmus 072 653 9845.

Come take a swing for wildlifeThe Mokopane Rotary Club is hosting a gholf day to col-lect funds for wildlife conservation and anti-rhino poa-ching at the Legend Golf and Safari Resort on May 31.

The format will be a Mystery 2 Ball Better Ball with a 10:00 shotgun start. Entry fees are R650 per player and include a golf cart per 2-ball, breakfast, drinking water and halfway house.

Game drives and spa treatments will also be available.The Rotary Club still has a few greens and tee’s open

for sponsorship which costs R1 000 per hole.For more information and to book contact Simon at

083 261 7160.

Limpopo schools cycling a realityFor the first time in history Schools Cycling is a reality. The Limpopo series for 2014 is presented by Debtsafe PTY (ltd). Schools Cycling South-Africa is growing big and very fast with more than 250 schools taking part leading up to the national Spur Schools Series Final to be held at Bekker Schools near Magaliesburg.

The first of the events will be held at Louis Trichardt Hanglip Forrest on Saturday 12 April followed by races at Stanford Lake College on the 17th of May and Phalaborwa on the 31st of May. The events are set up for High school learners and they compete in the age groups under 13/14, 15/16, and 17/18 years old. Boys and girls race separately in the respective age groups.

The racing is open to all schools and points are given to schools according to the results from each race.

The racing is in the Cross Country (XCO) mountain bike format on a course of approximately 5km per lap. Riders ride to the amount of laps as per age group, the older the rider the more laps in the allowed time.

At this point in time 10 schools have entered. Schools can also enter on race day.

If your school is not registered yet, or for further informa-tion you can contact Johan van Dijkhorst at cel: 082 740 8740.

Interkerklike sonsopkomsdiens (Paas Sondag erediens) by MoorddriftOp Sondag 20 April om 06:00 vind ons gebruiklike Son-sopkomsdiens plaas te Moorddrift. Tydens die geleentheid herdenk Christene van alle denominasies die opstanding van Jesus Christus uit die dood.

Die diens word gelei deur leraars van die dorp, met lof en aanbiddingsgeleenthede.

Die hele gemeenskap word uitgenooi na die besonderse geleentheid.

Jy is natuurlik ook welkom om na die diens agter te bly en saam te kuier, koffie te drink en ontbyt te maak. Onthou jou stoel, kombers en piekniekmandjie!

Met die oggendluggie wat begin byt, die son wat sy kop in die ooste lig, is ons wens dat hierdie diens vir u ‘n baie besonderse ervaring sal wees.

Mag die lyding van ons Here Jesus en die krag van God wat met Sy opstanding duidelik geword het hierdie Paastyd vir almal ‘n verrassende nuwe werklikheid word!

Gebruik die geleentheid en kom jubel saam met ons!Skakel gerus vir Dr Chris Harris by 0823351155 vir

enige navrae.

Nou gaan die ‘Kupcakes’ groot!‘n verskil in ander se lewens te maak. “Ons het nooit gedink dat die projek so groot sal raak nie, met die hulp van die gemeenskap en besighede in Lephalale kon ons ‘n voe-dingskema begin wat kos aan 45 behoeftige gesinne op ‘n maandelikse basis voorsien. Dit sluit die meer as 20 gesinne in wat in twee blanke plakkerskampe in die Lephalale omgewing woon.

Tot dusver het die ‘Kupcakes’ kruideniers-ware en klere ingesamel en dan versprei, maar ‘n paar weke gelede het Solidariteit se Helpende Hand van die groepie vroue te hore gekom en hulle genader om ‘n Helpende Hand tak in Lephalale te stig. “Ons is baie opgewonde oor die moontlikheid om nog meer vir die gemeenskap te doen. Vir elke 15 persone wat ‘n lid van Helpende hand word deur ‘n debietorder van R50 te teken word R10 000 in die Helpende hand ‘Kupcake’ rekening in betaal. Ons kan dan aansoek doen vir die die finansiering van projekte waar daar nood is. Die finansies word deur Helpende hand se ouditeure behartig,” vertel Charmain.

Intussen gaan die ‘Kupcakes’ vanaf Char-main se huis verskuif na ‘n huis wat tans as

deurganghuis gebruik word. “Al agt van ons gaan traumaberading opleiding ontvang om slagoffers van verkragting en gesinsgeweld by te staan. Die ‘Kupcakes’ sal vanuit hierdie deurganghuis verskeie projekte aanpak. “Ons wil byvoorbeeld weeklikse werkswinkels vir behoeftige mense, wat nie werk het nie, aan-bied. Ons is tans op soek na individue wat hierdie mense kan leer hoe om te verf, naald-werk te doen of krale te maak, om sodoende later moontlik hul eie besigheid te begin.”

Op 31 Mei wil die ‘Kupcakes’ ‘n nuwe Guinness wêreld rekord opstel deur ‘n mosaïek bestaande uit 80 000 verpakte voedsel items te maak. “Die vorige rekord is 75 000 en Guinness Book of Records gaan by die geleentheid wees om die rekord waar te neem,” s ê Charmain.

As Helpende Hand-tak gaan die span ook die skooltassie projek aanpak wat ‘n tas en skryfbehoeftes aan elke graad 1 leerder in Lephalale aan die begin van 2015 sal voorsien.

Een ding is duidelik; hierdie agt vroue is nie bang vir harde werk nie en skroom geen-sins om betrokke te raak by mense in nood nie. Vir meer inligting oor hoe jy betrokke kan

raak kontak Charmain by 076 714 5167. Of besoek hulle Facebook bladsy Helpende Hand Kupcake Caregivers.

Die 'Kupcakes' is Lynette Maartens, Monique Swanepoel, Susan Holtzhauzen, Eileen Labushagne, Anjelika van den Berg, Yolanda Kay, Hantie Robbertse en Charmain Robbertse.

Stap saam met die Mokopane Paasoptog

Page 7: Nn 11 4 web issuu

11 APRIL 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za

2014Ongetroud tussen 16 en 24 jaar oud, vroulik, pragtig, goedversorg,

spontaan, mooi persoonlikheid?Voltooi die volgende en stuur die inskrywing aan soos in die reëls verduidelik.

VERKORTEREëLS:1. Stuur 2 foto’s (1 kop en skouers, 1 vollengte) op internet (ons sal dit self print vir beoordeling)

2. ‘n Administrasiefooi van R100.00 moet in die volgende rekening inbetaal word en ‘n bewys daarvan moet inskrywing en foto’s vergesel: ABSA MD Pieterse, Spaar, 917 769 5894.3. Inskrywings sluit die 11de Junie 2014. Die finaliste sal op die laaste17de Junie 2014 aangewys word. Elke finalis sal ‘n volledige inligting brief met die volledige reëls ontvang.4. Dit is ‘n vereiste dat die wenner, sowel as die twee prinsesse vir die BOSVELDFEES 2014 beskikbaar sal wees (9 tot 12 Julie 2014) waar ‘n onvergeetlike ondervinding vir jou wag.5. Drag vir: Onderhoude - NetjiesekantoordragLoop 1 - SportdragLoop 2 - Temadrag- MasqueradeLoop 3 (en Kroning) - Balrokke6. Algemeen: Beoordeelaars is onafhanklik en professioneel en beslissing is finaal. Deelnemers is verantwoordelik vir hulle eie vervoer en verblyf.7. Rig navrae aan: Elize Pieterse 084 245 9992 Lenie Pieterse 084 245 9991

NAAM...................................................................................................................................OUDERDOM........................................................................................................................ADRES.................................................................................................................................KONTAKNOMMER..............................................................................................................E-POS..................................................................................................................................

NA: [email protected]

Mej Bosveld

VRYDAG 4 JULIE 2014 te ELLISRASVIR MEISIES

Meletse: 071 687 6015 Fax: 086 663 6871 E-mail: [email protected]

The ROOF the whole ROOF

And noth ing but the ROOF

MOGOL ROOF TRUSSES

In association withLocally Manufactured

7

Alet van der Walt

Ek en Boeta loop op die werf en kurkproppe en sinkers soek toe Oom Willy se ou bakkie onder die kremetartboom stil-hou. Ek wil hom nog vertel Daantjie het gebel om te sê die visse byt mooi by die Glen Alphine maar hy loer so in die sak vol vis-goeters en skud sy kop.

“Nee kyk, as ek 'n kurkprop sien, dan sien ek 'n poacher en nie 'n visvangery nie.” sê Oom Willy terwyl hy sy voete skoonvee aan die goiingsak by die kombuisdeur. Ek en Boeta loop agter hom die kombuis in want wat 'n kurkprop en 'n poacher met mekaar te make het, dít moet ons weet.

“So kort voor die Groot Droogte gaan koop ek mos vir my tien mooi stoetverse en 'n bul daar anderkant die soutpanne. Oorle Hans het hulle nog vir my aangery. Maar toe kom die droogte en ek sien ek gaan sukkel om alles water te gee en ek besluit kom wat wil, ek verkoop van die ander beeste maar die stoettroppie moet bly want hulle is mos darem 'n belegging in die boerdery. Elke tweede of derde dag gaan pomp ek vir hulle water by die suiping langs die grootpad want daar is nog 'n bietjie mooi veld oor.

Op 'n dag kom ek agter die water hou nie. Ek pomp maar die dam sak al meer en ek begin weer die Lister van sy streke verdink maar die moutertjie loop mooi en as ek daar kom is sy tenkie leeg, so ek weet hy het gewerk. Om die krip sien ek dit is sopnat maar g’n pyp lek nie en daardie krip het ek met my eie hande gebou, hy is so dig soos kan kom.

So gaan dit vir 'n week of drie en ek raak skoon moedeloos want die boorgat begin wind spoeg maar ek kry nie meer die dam vol nie. Op 'n dag sê ek vir die vrou sy moet vir my 'n fles koffie en klompie toebroodjies inpak, ek gaan nou by daardie krip sit tot ek uitvind wat aan die gang is met die water wat so verdwyn. Ek het die heeloggend lek-ker by die kraal gesit en kyk hoe die wilde diere kom drink en eers toe die son begin water trek hoor ek die beeste is naby.

My hart het sommer van lekkerte geklop

Stories uit die Bosveld

Oom Willy en die kurkproppe

toe die troppie so uit die bosse nader gestap kom. Droogte of te not, die spulletjie was pure stoet! Ek sien die versies is amper almal dragtig en my boerdery gaan nou sommer begin mooi vorentoe gaan. Ek kon al in my gedagtes sien hoe die kallertjies saam met hul ma’s loop. Die beeste het dors nader ge-stap en toe begin water drink. Dit is toe wat ek mooitjies die skok van my lewe kry. Eers dag ek my oë bedrieg my want so 'n gesig het ek nog net op 'n pampoenland onder besproei ïng gesien. Dis net water waar jy kyk! So vin-nig as wat die beeste drink, so vinnig spuit die water met sulke boë uit hul pense. Eers toe die water so erg spuit onthou ek weer van die klomp wilddiewe wat so in die omgewing kwaaddoen. Seker gedink hulle kan sommer enige ding skiet.

Die beeste drink en drink en toe ek al re ken die krip moet naby leeg wees lyk dit of almal darem genoeg ingekry het om die ergste dors te les. Ek het hulle net daar in die kraal toegemaak en huistoe gejaag. Die vrou het my gehelp ons visvangtassie uitpak en al wat leef en beef het op die werf gesoek en gegrou en tot daar genoeg kurkproppe was. Met die proppe, 'n knipmes en 'n span-tou is ons terug kraal toe. Daar het ek een vir een die beeste deurgekyk en elke iedere gat toegemaak. Die proppe het mooi stewig gesit en die Lister het weer voorgebly met die pompery. Eers toe die verse ná die winter begin’t kalwe het, het daar hier en daar 'n prop uitgeskiet. Kompleet soos 'n sjampan-jeprop op 'n bruilof.

Mogol rugby pak liga wennersDie Mogol rugbyspanne gaan Saterdag kragte meet teen verlede jaar se Waterberg liga wenners, Northam. Die Tweede span se wedstryd begin om 14:00 en die Eerste span speel 15h:30 op Ellisras Hoërskool se rugbyvelde. Die gemeenskap word gevra om ook die Hoërskool se rugbyspanne wat hulle eerste liga wedstryde teen Naboom Hoër-skool speel te ondersteun. Die wedstryde begin reeds om 08:00 die oggend.

Page 8: Nn 11 4 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 11 APRIL 20148

Notice is hereby given in terms of Section 25(a) (i) and subsec-tion (3) (a) (i) (ii) (b) of Chapter 5 of Municipal Systems Act (Act 32 of 2000) that the draft IDP and Budget for 2014/2015 has been compiled and presented to Council on the 27 March 2014.

This notice serves to invite comments and inputs from the public and stakeholders.

The Draft IDP/Budget is available at the following offices:Municipal Office: Civic centre C/O Joe Slovo and Douwater road Onverwacht (library) Marapong: Marapong libraryThabo Mbeki: Thabo Mbeki libraryGa-Seleka: Seleka Tribal Authority OfficeShongoane: Shongoane Tribal Authority OfficeMokuruanyane: Thusong Centre and Traditional Authority Office

The document can also be accessed through our website at www.lephalale.gov.za.

Written comments can be directed to the office of Municipal manager for attention manager strategic K Motebele on the follow-ing number 014 762 1496.

Enquiries or inputs related to budget can be directed to Me. Maggie Ntwampe at 014 762 1498 and for IDP can be directed to Mr. Frans Mabotja at 014 762 1497.

The closing date for comments and inputs is the 16th May 2014.

LEPHALALE MUNICIPALITYPUBLIC NOTICE

INVITATION FOR INPUTS AND COMMENTS ON THE DRAFT IDP/BUDGET 2014/2015.

ADV. MB MAKGATOACT. MUNICIPAL MANAGER

CIVIC CENTREPRIVATE BAG X 136LEPHALALE, 0555.

Notice number : A57/2013 - 2014Date : 7 APRIL 2014File number : 15/1/7; 5/1/1

Die oprigting en instandhouding van vol-doende infrastruktuur - dit is waarop Piet de Bruyn van B & D Ouditeure sê hy gaan fokus nadat hy onlangs gekies is as die nuwe president van die Mokopane Besigheidskamer.

“Ons dorp beweeg in ‘n groeifase in en dit is belangrik dat daar kapasiteit geskep word vir die nuwe besighede en inwoners wat hulle in Mokopane gaan kom vestig,” sê hy.

De Bruyn sê die besigheidskamer is dikwels die enigste party wat namens die publiek instette lewer wanneer daar gepraat word oor kwessies soos munisipale tariewe, watervoorsiening en infrastruktuur.

Hy is veral bekommerd dat daar reeds te veel vragmotorverkeer deur die dorp vloei en voorsien erge probleme as daar nie ‘n ringpad om die dorp gebou word voordat die nuwe Platreef myn en Anglo Platinum uitbreidings in volle swang is nie.

“Ons gaan sien dat die vragverkeer op ons paaie vir die volgende klompie jare elke jaar gaan verdubbel. As daar nie ‘n verbypad is vir vragmotors nie, gaan dit ons dorp se paaie vernietig,” waarsku hy.

De Bruyn wys daarop dat daar reeds te min beheer oor die vragmotors uitgeoefen

Besigheidskamer se nuwe stuurmanword. “Hulle ry ons sypaadjies en stormwater pype stukkend omdat hulle net waar hul wil van die pad aftrek.” Hy voeg by dat die kruising by Geyser en Thabo Mbeki ‘n “tydbom” is.

“Ons is tans besig om met die munisi-paliteit te praat oor die moontlikheid van ‘n verbypad vanaf die N11 wat dan net voor die tolhek by die R101 (die ou Pietersburgpad) sal aansluit, maar dit is iets waarvoor daar begroot sal moet word.”

Behalwe vir die dringende behoefte aan ‘n pad om die dorp, sê De Bruyn die munisi-paliteit sal ook aandag aan die dorp se rioolaanleg moet gee. “Daar het oor die jare baie verdigting in die ou dorp plaasgevind waar ou burgererwe onderverdeel is en meenthuise opgerig is. Dit saam met nuwe uitbreidings plaas die bestaande stelsel reeds onder druk. ‘n Groter rioolaanleg sal gebou moet word om die verwagte influx van mense te kan hanteer,” verduidelik hy.

Maar hy voel daar is darem ook ligpunte wat gennoem moet word wanneer ‘n mens oor die munisipaliteit praat. Hy wys daarop dat die munisipaliteit se finansiële bestuur op ‘n redelik-goeie standaard is - dalk die beste in die provinsie en hoewel hy meen die mu-

nisipale instandhouding is nie altyd op stan-daard nie, vind daar wel onderhoud plaas.

De Bruyn meen die besigheidskamer se uitdaging is om deur samewerking en gesprekvoering druk uit te oefen om tekort-kominge by die munisipaliteit aan te spreek.

Hy verduidelik dat dit een van die hoofredes is waarom besighede in die dorp aan die besigheidskamer moet behoort. “Hoe meer lede ons het, hoe meer bedingingsmag het ons wanneer ons met die owerhede praat oor kwessies wat op die besigheidsomgewing impakteer.”

As president, sê de Bruyn, gaan hy hom

beywer vir meer netwerkgeleenthede tussen sakepersone op die dorp en ook met beleg-gers van buite die dorp.

Netbal-doedies sê dankie Laerskool Krugerpark se 0/7 Netbal spanne sê baie dankie aan tannie Erika Bezuidenhout van Eureka Naskool vir die mooi oefenhempies wat sy vir hulle geborg het. Hier is hulle saam met hul afrigters Cornel van Wyk , Corné Schamrel en Juan-Mari Oosthuizen.

Page 9: Nn 11 4 web issuu

11 APRIL 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 9

Notice is hereby given by Lephalale Municipality in terms of the stipulations of Section 75A of the Local Government Municipal Systems Act, 32/2000 of the new proposed tariffs for the consumer services and other charges determined for the 2014/2015 financial term.

Please take note that tariffs for electricity are determined by the National Electrification Regulator South Africa, (NERSA). The tariffs document is available for inspection at the Civic Centre in the Municipal Manager’s office from the date of the publication of this notice (from 11April 2014 to 9th May 2014).

Objections against these tariffs must be motivated and in writing either by hand delivered or mailed/emailed before 09th May 2014, addressed to the Municipal Manager at Private Bag x136, Lephalale, 0555 or email: [email protected] before Friday, 9th May 2014, to be considered in the Council meeting to be held on Tuesday, 27th May 2014.

Members of the community who are not able to write will be assisted by the Communication Officer, Mr Victor Monyepao who can be contacted at 014 762 1412 / 076 155 9622.

LEPHALALE MUNICIPALITY

MUNICIPAL NOTICELEPHALALE MUNICIPALITY - TARIFFS 2014/2015

ADV. MB MAKGATOACT. MUNICIPAL MANAGERCIVIC CENTRE

PRIVATE BAG X 136LEPHALALE, 0555.

DATE : 04 APRIL 2014REFERENCE NO. : 5/8/1 NOTICE NO. : A56/2013/2014

Notice is hereby given in terms of Section 129 (3) of the Municipal Finance Management Act, and Section 21A of the Municipal Systems Act, that the oversight report on the Annual Report 2012/13 is available for inspection at the office of the Municipal Manager, Civic Centre c/o Joe Slovo and Douwater Avenue, Onverwacht or mailed to Private Bag X136, Lepha-lale, 0555, for seven (7) days since date of publication of this notice.

The Oversight Report document will also made available at Civic Centre Library, Marapong Library, Thabo Mbeki Library, Traditional Authority Offices and the office of Communication Officer.

LEPHALALE MUNICIPALITY

NOTICEOVERSIGHT REPORT ON THE 2012/2013 - ANNUAL REPORT

ADV. MB MAKGATOACT. MUNICIPAL MANAGER

CIVIC CENTREPRIVATE BAG X 136LEPHALALE, 0555.

DATE : 04 APRIL 2014REFERENCE NO. : 5/17/3NOTICE NO. : A55/2013/2014

Laerskool Krugerpark se o/11 rugbyspan was die toernooiwenners van die rugbyweek wat tydens die skoolvakansie by Marble Hall Laerskool aangebied is.

Heel regs: Die o/10 rugbyspan het ook as toernooiwenners uit die stryd getree.

Laerskool Bosveld se rugby-spanne het die afgelope vakansie aan die rugbyweek by Marble Hall gaan deelneem om hul voor te berei vir die harde seisoen wat voorlê.

Die o/11-, 1 ste- en 2 de spanne het vanaf 27-29 Maart gaan toer en by die 1ste span het Sebopi Semeo en Christiaan Young medaljes vir goeie spel ontvang. By die o/11-spannetjie het Links Mashabela en Fanie Swanepoel toekennings vir goeie spel gekry.

Die o/9- en o/10 spannetjies het op hul beurt vanaf 31 Maart tot 2 April ook by Marble Hall gaan deel-neem aan hierdie gewilde rugbyweek. Drie van die o/9-spannetjie het medaljes gekry, naamlik Mandré Beukes, Manu van Sev-enter en Erhard Geyser. By die o/10-span is Rynhard Pretorius en Tshegofatso Pitjadi beloon met medaljes vir hul goeie spel.

Krugies oorheers rugbyweek

Bosveld rugbyspanne vertoon goed

Laerskool Bosveld Primary is opgewonde oor die seuns se karakter wat hulle op die bogenoemde toere ten toon gestel het en sien uit na ‘n suksesvolle Rugbyseisoen.

Die Bossie spanne neem eerskomende naweek deel aan die Super 8 Toernooi by Laerskool Pietersburg-Noord.

Hoërskool Piet Potgieter se atlete het hul goed van hul taak gekwyt toe hul die afgelope skoolvakansie aan die Suid-Afrikaanse atletiekkampioneskappe gaan deelneem het. Marnus Uys (middel) het ‘n vierde plek in die 100m behaal en Peter Tau was vyfde in die 800m. Soretha Kruger (regs) was negende in skyfwerp. Ander atlete wat gaan deelneem het was Merieck Griessel (links), Albert Khosana en Khutso Molekwa.

Piet Pot atlete terug van SA's af

Page 10: Nn 11 4 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 11 APRIL 201410

Page 11: Nn 11 4 web issuu

11 APRIL 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 11

Page 12: Nn 11 4 web issuu

oordelike uus orthern ewsN NAitblinkerschievers

U

Hoërskool Piet Potgieter se leerders het die afgelope skoolvakansie die dorp se naam hoog gehou toe hulle op verskeie sporttoere gaan wys het wat in Mokopane se kinders steek.

Die hokkiemeisies het na Volksrust getoer waar die o/16’s drie van hul vyf wed-stryde gewen het teen die spanne van Brits, Witbank teg-nies en Dundee.

Die eerstes het teen Brits en Frikkie Meyer gewen en teen Nelspruit gelykop gespeel, maar ongelukkig teen Volksrust en Witbank Tegnies verloor.

Die rugbyspanne het na Grootvlei getoer waar die o/14 en o/15 A-spanne beide as toernooiwenners uit die stryd getree het. Op die Netbalbane het die o/14 en o/15 meisies ook as wenners opgeëindig en het hulle die trofeë vir Beste Spanne vir die Toernooi ont-vang.

Die eerstespanne was na Sportweni op die Natalse Suid-kus waar die Netbalmeisies drie van hul vyf wedstryde gewen het en die rugbyseuns twee van hul drie wedstryde ook gewen het.

Piet Pot bring die bekers van orals

Die o/15 span wat ook as toernooiwenners uit die stryd getree het is van links voor: Jaco de Lange, Kurt Kruger, SM Venter, Zuriel Diaz, Righardt Drotsky, Ryan Bishop, Bradley Combrinck, (middel) Kgabo Rammusi, SJ van Vuuren, Robert Lightfoot, Andeon van Buuren, Ruben Boshoff, Derick Baloyi, Albert Kgosana, (agter) Cas Badenhorst (Afrigter), Neil Faber, Hancko Viljoen, Eugene van Eck, Ajay Willemse, Renaldo van Wyk, Johnty Darvall, Andries Botha (afrigter).

Die o/14 Netbalspan wat as beste span vir die toernooi aangewys is na hul wintersport toer na Volksrust. Saam met hulle is hul afrigter, Lientjie Venter.

Die o/15 Netbaldogters van Krugerpark was ook toernooiwenners tydens die netbaltoer na Volsksrust die afgelope skoolvakansie.

Die o/14 rugbyseuns wat toernooiwenners was tydens hul rugbytoer na Grootvlei is van links voor: SW Bruwer, Franco du Toit, Dawie Muller, Bean Smith, Xander Oosthuizen, (middel) Teboho Mathala, Deon Smith, CG Kruger, Dries Le Roux, Franco Vos, Heinrich Strydom, (agter) Amo Makinta, Franco Kiesling, Glen Baloyi, Alvin van Niekerk, Ongopotse Tswai, David Human, Rucardo Kruger, Barend Groenewald (k) en Kieron v.d. Merwe (afrigter). Afwesig: Nickie Oosthuizen, Neo Mathatho, George Magongwa, Leslie Venton (Hulpafrigter).