noordkaapnk 20141022

12
Tel (053) 831 2331 Woensdag 22 Oktober 2014 www.noordkaap.co.za GRATIS Die Diamantstad se koerant André Botha ’n KRISIS weens ’n tekort aan bloed dreig in Kimberley en dit met die Desemberva- kansie om die draai. Minstens 77 eenhede bloed moet gemid- deld daagliks in die stad geskenk word, maar in dié stadium is die diens gelukkig indien hy 50 eenhede kry, sê Magda Tesner, skakelbeampte van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) in Kimber- ley. Sy sê dié tekort kom in alle bloedgroepe voor. Landwyd moet 3 000 eenhede bloed daagliks geskenk word, maar dié teiken word nie behaal nie. Dit kan veroorsaak dat te min bloed beskikbaar is wanneer operasies uitgevoer word. In Desember, wanneer baie mense met vakansie weg van die huis is, word ook minder bloed geskenk en dit is juis in dié tyd dat die vraag weens motorongelukke toeneem. Tesner sê matrieks wat gewoonlik bloed skenk, mag nie nou skenk nie weens die komende eindeksamen. Skole lewer gewoonlik ’n groot bydrae tot die algehele volume bloed wat geskenk word. Sy doen ’n dringende beroep op mense om te gaan bloed skenk. Bloed in die O-groep is veral belangrik, omdat dit vir mense in alle bloedgroepe gegee kan word. Mense moet aan die volgende vereistes voldoen om te mag bloed skenk: ) Hulle moet gesond wees. Dit beteken hulle moet goed voel en aan normale aktiwiteite kan deelneem. Mense moet ’n chroniese toestande soos diabetes kan ook as “gesond” beskou word indien hulle daarvoor behandel word en die toestand onder beheer is. ) Moet ouer as 16 jaar wees. ) Meer as 50 kg weeg. ) Bloeddruk onder 180 sistolies (eerste getal) en onder 100 diastolies (tweede getal), en bo 100 sistolies en 60 diastolies. ) Polsslag tussen 50 en 100 slae per minuut. ) Hemoglobienvlak (ystervlak) 12,5 g/dL of hoër. Die keuringsvlak is hoog – mense met ’n laer ystervlak is nie noodwendig buite aanvaarbare perke nie. ) Mag nie in die voorafgaande 56 dae bloed geskenk het, of plaatjies in die voorafgaan- de 30 dae, nie. ) ’n Gebalanseerde maaltyd of versnapering moet in die vier uur voor skenking ’n moet. Krisis dreig oor tekort Bloedvoorraad moet met Desember om draai aangevul word SUSTER DULCIE DEMAS van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) in Kimberley trek die bloed van Martin Molusi van Kimberley, ’n gereelde bloedskenker. ’n Krisis dreig in Kimberley weens te min skenkings. Foto: André Botha

Upload: noord-kaap

Post on 06-Apr-2016

284 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Noordkaapnk 20141022

TRANSCRIPT

Page 1: Noordkaapnk 20141022

Tel (053) 831 2331 Woensdag 22 Oktober 2014 www.noordkaap.co.za GRATIS

Die Diamantstad se koerant

André Botha

’n KRISIS weens ’n tekort aan bloed dreigin Kimberley en dit met die Desemberva-kansie om die draai.Minstens 77 eenhede bloed moet gemid-

deld daagliks in die stad geskenk word,maar in dié stadium is die diens gelukkigindien hy 50 eenhede kry, sê Magda Tesner,skakelbeampte van die Suid-AfrikaanseNasionale Bloeddiens (SANBD) in Kimber-ley.Sy sê dié tekort kom in alle bloedgroepe

voor. Landwyd moet 3 000 eenhede bloeddaagliks geskenk word, maar dié teikenword nie behaal nie. Dit kan veroorsaak datte min bloed beskikbaar is wanneeroperasies uitgevoer word.In Desember, wanneer baie mense met

vakansie weg van die huis is, word ookminder bloed geskenk en dit is juis in diétyd dat die vraag weens motorongelukketoeneem.Tesner sê matrieks wat gewoonlik bloed

skenk, mag nie nou skenk nie weens diekomende eindeksamen.Skole lewer gewoonlik ’n groot bydrae tot

die algehele volume bloed wat geskenkword.Sy doen ’n dringende beroep op mense

om te gaan bloed skenk. Bloed in dieO-groep is veral belangrik, omdat dit virmense in alle bloedgroepe gegee kan word.Mense moet aan die volgende vereistes

voldoen om te mag bloed skenk:) Hulle moet gesond wees. Dit betekenhulle moet goed voel en aan normaleaktiwiteite kan deelneem. Mense moet ’nchroniese toestande soos diabetes kan ookas “gesond” beskou word indien hulledaarvoor behandel word en die toestandonder beheer is.) Moet ouer as 16 jaar wees.) Meer as 50 kg weeg.) Bloeddruk onder 180 sistolies (eerstegetal) en onder 100 diastolies (tweede getal),en bo 100 sistolies en 60 diastolies.) Polsslag tussen 50 en 100 slae per minuut.) Hemoglobienvlak (ystervlak) 12,5 g/dL ofhoër. Die keuringsvlak is hoog – mense met’n laer ystervlak is nie noodwendig buiteaanvaarbare perke nie.) Mag nie in die voorafgaande 56 dae bloedgeskenk het, of plaatjies in die voorafgaan-de 30 dae, nie.) ’n Gebalanseerde maaltyd of versnaperingmoet in die vier uur voor skenking ’n moet.

Krisis dreig oor tekortBloedvoorraadmoet met Desember om draai aangevul word

SUSTER DULCIE DEMAS van die Suid­Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) in Kimberley trek die bloed van Martin Molusi vanKimberley, ’n gereelde bloedskenker. ’n Krisis dreig in Kimberley weens te min skenkings. Foto: André Botha

Page 2: Noordkaapnk 20141022

2 NOORDKAAP, WOENSDAG 22 OKTOBER 2014

*Thank U Rewards Programme is only available in South Africa, Namibia, Swaziland and Lesotho. E&OE.

5000OFF

PAMPERS

2000OFF

LADIES SHOES

2000OFF

MENS & LADIES DENIMSKIDS FASHION DENIMS

1000OFF

Get it on credit + also earn Thank U Points!*

Let’s meet up jetonline.co.za

NEW JET STORE IN

SHOP 14, BARKLEY ROAD SHOPPING CENTRE,

221 BARKLEY ROAD,GALESHEWE,

KIMBERLEY,NORTHERN CAPE

11512/E

Offers valid 4 days only, from 29 October – 1 November 2014, while stocks last.

OPENS 29 OCTOBERGALESHEWE

DIE stofstorm en reën verlede week in Kimberley was nie plesierig nie, maar dit hetpragtonele tot gevolg gehad. Hier buig die reënboog ná die reën sierlik oor die stad.

Foto’s: Charné Kemp

DIEACVV seOnsHuis­tehuis vir bejaar­des inBeaconsfieldhet sy 70ste verjaar­dagmet ’n partytjie vir die inwoners ge­vier. Die tehuis is op 14 Oktober 1945in ’n huis in Rosestraat gestig. In 1958is die gebou in Ariadne­rylaan betrek.Die tehuis se doelwit is om ouer mensese regte te bevorder en algehele versor­ging uit ’n holistiese benaderingmoontlik te maak. Altesaam 43 semi­verswakte en 30 verswakte bejaardesword hier versorg. Verskeie diensteword aangebied. ’n Winkel met ge­bruikte klere is ook op die perseelwaar­by behoeftige inwoners van die omge­wing, sowel as inwoners van die tehuis,baat vind. In vrolike luim is van links,voor: Mieta Reed (die tehuis se oudsteinwoner wat 101 jaar oud is), en FaanWilken; agter: Sanet Groenewald (be­stuurder), Annatjie Botha (wat die in­woners se hare versorg), Sarie Vosloo,Maria Neethling en Gideon Viljoen.

Foto: André Botha

Skouspel ná die reën

Vier tehuis se verjaardag

THE Knights of DaGama, Council 15, Ho-ly Family, of the Cath-olic Church willpresent their annualSpring Breakfast thisSunday.Everyone is invited

for breakfast in the StMary’s CathedralHallafter Mass.The entrance to the

hall is in CurreyStreet near the Kim-berley Club.The cost is R35 per

person for a breakfastof eggs, sausage, toma-toes, toast and mush-rooms with tea, coffeeor juice. The event isheld inaidof fundrais-ing for the church’scouncil.Tickets will be

available at the dooror email [email protected] orsend an SMS to 076-019-6313 to reservetickets, with yourname, contactnumber and numberof tickets you want.

DERTIEN verdagteswat na bewering in-woners geterroriseerhet, is die naweek inhegtenis geneem toeverskeie eenhede vandie polisie inGaleshe-we en Kagisho toege-slaan het.Lt. Sergio Kock, po-

lisiewoordvoerder, sêdie verdagtes is tus-sen 17 en 29 jaar oud.Beslag is onder

meer gelê op 13 mes-se, vyf skaapskerre,’n tuisgemaakteswaard, nege Okapi-messe en ’n tuinvurk.

Jongesvas

Breakfastserved

Page 3: Noordkaapnk 20141022

NOORDKAAP, WOENSDAG 22 OKTOBER 2014 3

23 OKTOBERAndré Markgraaff, oud-Springbok-afrigter,

-Griekwa-afrigter en -leerling van dieHoërskool Diamantveld, tree as koördineren-de spreker op die skool se manne-aand op.

Saam met hom is Willie le Roux, Spring-bok- en oud-Griekwa-rugbyspeler, Izak vander Westhuizen, voormalige Cheetah-speleren oud-Diamantvelder, Willie Britz, Leeus-speler en oud-Diamantvelder, Hawies Fourie,Griekwa-afrigter, en Peter Engledow,Griekwa-hulpafrigter.

Die manne-aand word in die Horseshoe Inngehou. Dit kos R250 per persoon of R2 500 pertafel van tien mense. ’n Kontantkroeg is opdie geleentheid beskikbaar. Die drag isnetjies informeel.

Bel Ina Olivier by 082-440-3303 om plek tebespreek.

25 OktoberDie Afrikaanse Christelike Vroue-

vereniging (ACVV) in Kimberley bied ’nvroue-oggendteeparty saam met Elma Postma(Dezi van 7de Laan en Bea van Binnelanders)met haar eenvrouvertoning, Trousseau, aan.Die party is in die ACVV-gebou op die hoekvan Longstraat en Hollandweg. Dit begin om09:45 vir 10:15. Die kaartjies kos R110 per

persoon.Bel die ACVV-kantoor by 053-831-5815 vir

plekbespreking.

31 OktoberDie Hoërskool Adamantia se jaarlikse

Plaaswerfaand word by die skool aangebied.Dit kos R175 per persoon.

Skakel 053-833-3557 vir kaartjies.

8 November’n Bonsai-skou word van 08:00 tot 14:00 op

die Monument-Spar se terrein aangebied.Rig navrae aan Freddie van der Linde by

083-259-9354.

15 en 16 NovemberDie Hoërskool Noord-Kaap se sportkantoor

bied sy ses-aan-’n-kant-kriekettoernooi,bekend as die Springbok Pub Six-a-sideTournament, aan. Sakeondernemings eninstansies skryf spanne in wat in die sosialetoernooi met mekaar meeding.

’n Nuutjie vanjaar is Fast Five, ’n netbal-wedstryd, wat ook die vroue betrek, wat uitvyf spelers in ’n span bestaan.

Die Vrydagaand word ’n spitbraai-ete virdie spelers en hul gades gehou en dieSaterdag ’n potjiekoskompetisie. ’n Biertentmet sangers is vanjaar ’n verdere nuutjie.

Inskrywings het reeds gesluit.Bel Gustav Burger by 076-703-7223 of Magda

Myburgh by 082-809-4366 vir inligting.) Indien jy ’n geleentheid aanbied, stuur dieinligting aan Noordkaap. Plasing is gratis.Indien dit die Woensdag wanneer die koerantbeskikbaar is, geplaas moet word, moet ditNoordkaap die vorige week voor Vrydag om10:00 bereik. E-pos inligting na [email protected] of SMS dit na 45533.Begin SMS’e met “NK”.

Unique Jacobs

HULLE het mekaar jare gelede op laerskoollaas gesien en nou het sy duisende kilome-ters gereis om hom na sy matriekafskeid tevergesel.

Cira Olivier en Wesley Herman hetkontak verloor toe sy en haar gesin naNieu-Seeland geëmigreer het toe sy net negejaar oud was.

Sowat twee jaar gelede het hy haar op diesosiale netwerk Facebook opgespoor enhulle het weer hul vriendskap hervat.

Hulle het ’n rukkie op Facebook gesels enWesley het besluit om Cira na sy matriek-afskeid te nooi.

Herman was nie seker of Cira sou instemnie, maar hy het geweet hy wil nie saammet iemand anders gaan nie.

“Ek weet nie wat ek sou gedoen het as synee sou gesê het nie. Ek het nie so vergedink nie.”

Hulle was albei in die Noddy’s Educare-kleuterskool en leerlinge aan die Kimber-ley- Junior Skool.

Cira het nie dadelik ingestem nie, enmoes dit eers met haar ouers bespreek.

Nadat hulle ingestem het, het die gesin aldie pad van Greymouth in Nieu-Seelandgereis.

Hulle was ’n maand in Suid-Afrika en heteers by familie in Pretoria gekuier endaarna Kimberley toe gekom sodat sy haar

vriend se afskeid kon bywoon.Dit het dié leerling van die Hoërskool

Noord-Kaap se aand besonders gemaak.“Dit was ’n baie genotvolle aand. Dit was

lekker om haar weer te sien.”

Cira kom al die padvanNS vir afskeid

WESLEY HERMAN se vriendin, Cira Olivier,het al die pad van Nieu­Seeland gekom omhom na sy matriekafskeid te vergesel.

Foto: Verskaf

DIE Christel Armstrong­breigilde inKimberley het Saterdag ’n sukses­volle geldinsamelingsteegesellig­heid gehou.Netmeer as R2 000 is in­gesamel, tesame met onder meervele bolle wol, breigoed en sweet­pakke. Die projek is in 1986 begin entot nou is meer as 21 000 nuwe win­terartikels aan instansies wat metbehoeftiges werk, geskenk. Vanlinks is JulieWeyers, PeggyWilding,Carol van den Brink en Margaret Or­ton. Foto: Verskaf

YVONNE ERASMUS is vandees-week die wenner van Noordkaap endie Diamond Pavilion ShoppingMall se Soek-en-wen-kompetisie.

Sy kan haar R200-geskenkbewysby die sentrumkantoor gaan afhaal.

Deelnemers moet seker maakhulle gee die kompetisie-antwoord(die bladsynommer waarop die logoverskyn), asook hul naam en van.

Indien dié besonderhede nie daaris nie, kan hulle nie vir dietrekking in aanmerking kom nie.

Die logo is die een waarin ’nklein diamant verskyn, nie die logowat as deel van die sentrum seadvertensie verskyn nie.

Hou volgende week se uitgawevan Noordkaap vir die volgenderonde van die kompetisie dop.

Wen geskenkbewysmet logo

Page 4: Noordkaapnk 20141022

4 NOORDKAAP, WOENSDAG 22 OKTOBER 2014

ELKEEN kan ’n positiewe verskilin ander mens se lewe maak. Eenvan die (maklike) maniere om ditte doen is deur bloed te skenk.Noordkaap berig vandeesweek

oor die Kimberley-kantoor vandie Suid-Afrikaanse NasionaleBloeddiens (SANBD) wat ’n tekortaan bloed het.Aansienlik minder bloed word

geskenk as wat noodsaaklik is.Dit beteken ’n lewensgevaarlikekrisis, want sonder bloed kanbaie operasies nie uitgevoerword nie.Boonop kom Desember vinnig

nader, ’n tyd waarin nog groterdruk op die bloeddiens geplaasword.In Desember is baie gereelde

bloedskenkers weg met vakansie,maar dit is ook die tyd waarindie meeste bloed benodig word.Ongelukke neem in die vakan-

sietyd toe, veral oor die Kers- enNuwejaarstyd.Skoolkinders wat gewoonlik ’n

stewige bydrae maak, skryf noueksamen en kan dus nie bloedskenk nie.Dit alles dra tot die tekort aan

bloed by.Indien jy jou bydrae wil maak,

is dit dus nou die ideale geleent-heid.Dit vereis net ’n klein bietjie

van jou tyd, maar daarmee kanjy help om ’n lewe te red.Wie weet – dit kan dalk een

van jou geliefdes wees wie selewe gered word.Voordat jy dus voortgaan om

jou vakansieplanne te beraamgaan maak eers ’n draai by diebloeddiens. Of doen dit net voor-dat jy in die langpad val.Dit maak nie saak wanneer nie

– gaan doen dit net.

Ver soekmaak jou kortsigtigHannes Noëth

DIE oom krap tussen die goed op die tafelrond. Hy loop van vertrek tot vertrek diehuisie deur. Hy skuif aan boeke, voel met syhande oor die sitkamerbank.Hy loer in die kombuis op die mikrogolf-

oond. Hy soek.Wat soek jy, vra Tannie. Weer my bril,

kom die antwoord.“Ai, die gesoek maak my moedeloos.”“Dit is waar dit gister was,” sê sy, “en

vanoggend, en môre weer gaan wees: aan dietou om jou nek.”“My werklik,” antwoord hy soos elke keer.“Ek soek dit altyd so ver, dan hang dit reg

voor my.”Die gesprek tussen die oom en tannie is

eintlik skreeusnaaks. Dit gebeur keer opkeer. Hy soek sy bril. Sy sug, want dit hangop sy bors, reg voor hom.Dit is nogal oulik wanneer ’n mens dink

aan hoe baie ons oplossings daar ver soek,hoe baie ons soek na antwoorde wat nienaby is nie.Baiekeer is die oplossing reg voor ons,

soos die oom se bril op sy bors. Ons dinksoms so diep, beplan onsself moedeloos, dan

is die oplossing sommer hier by ons.Ons soek en soek, ons kyk na dinge wat

ons nie het nie, vra na wat ons nodig het,begin by dit wat ons kortkom. Dit help nogalom te begin met dinge wat jy het en wat totjou beskikking is. ’n Mens moenie altyd soekna omstandighede ver van en anders asjoune nie. Bekende beproewings, uitdagingsen seënings is dikwels makliker hanteerbaar.’n Bril op die bors is nou wel heeltemal

anders as lewensomstandighede, maar diebeginsel is dieselfde: Die antwoord is meestalnader as wat jy dink, die uitkoms is dikwelsnie so ver nie.Dikwels moet jy net jou oë oopmaak en jou

verstand gebruik om by die antwoord uit tekom. Beskou ’n situasie nugter, oordink dit’n bietjie van nader – dalk, net dalk, kom jyop die punt dat jy sê: “Werklik, hier is dieantwoord toe al die tyd reg onder my neus.”Soms is die antwoord baie, baie naby.

DIE Oriental­gebou opdie hoek van De Beers­weg en Carrstreet is in1905 deur die Italiaansemeesterbouer ArchieBocciarelli opgerig. In dievroeë 1900’s het dietremlyn wat die midde­stad met Kenilworth, toe’n woonbuurt vir die DeBeers­werknemers, ver­bind het, in De Beerswegvoor die gebou verbyge­loop. Die gebou het oordie jare heen verskillendeondernemings gehuis­ves. Hoewel die grond­verdieping oor die jareheen veranderings aandie buitekant ondergaanhet, is die boonste vlakfeitlik onveranderd. Diegewelmet die standbeel­de van twee vroueweerskante het onge­skonde gebly. Die gebouis op 21 Augustus 1992tot nasionale gedenk­waardigheid verklaar na­dat omvattende restou­rering onderneem is omdiegebou tot sy volle glo­rie te herstel. Die land­droshofgebou troon nouoor die gebou. Die ou fo­to dateer van die 1960’stoe die gebou ondermeer ’n verfwinkel en ’nvrouehaarkappery ge­huisves het. Foto’s: AndréBotha en die AfricanabiblioteekB

ehousyouwêreldsesjarme

Karin Muller

ONS werk vir ’n besige rekenmeestersfirma.So besef ons tussen die gewoel en gewerskafdeur met ’n skok ons het in meer as driejaar nie Basedag gevier nie. Ons is beslisdankbaar vir ons baas, maar om die vieringdaarvan ’n verrassing te hou is ’n perd van’n ander kleur.Om die baas se dagboek uit te boek was

nie so eenvoudig nie. Ek het ’n uur seafspraak vir ’n “nuwe kliënt”, mnr. Els,sonder ’n telefoonnommer, opsygesit.Daar was nog ’n krisis – die baas moes

die Vrydag mediese toetse ondergaan. Hymag toe net droë roosterbrood, gekookteeier en hoender of vis eet. My moed het inmy skoene gesak. Ons kon nie dat die baasdroë brood eet terwyl ons koek eet nie.Ons het besluit op KFC-hoenderboudjies,

maar dit het by my gespook. Ek het heimlikgewonder of mosterdsaadjies en peperkor-rels deel van die dokter se voorskrifte van“geen saad of pitte” is.Netnou hou hulle hom langer in die

hospitaal weens ’n paar pitte wat ék aanhom gegee het. Dit sou kaal, droë hoender-

boudjies moes wees. Hoe minder kruie, hoebeter.Die baas het later by my kantoor ingeloer

en gevra ek moet mnr. Els se afspraak skuif.Ek het swaar gesluk.“Onthou asseblief om die telefoonnommer

by te skryf. Dit is makliker as afsprakegeskuif moet word,” het hy bygevoeg.Ek het weer gesluk. Hoe verduidelik ek die

spesifieke mnr. Els bestaan glad nie?“Ek maak so. Jammer.”Met ’n gesukkel kon ons eindelik ’n uur

aan Basedag afstaan.As ek kyk hoe ons met sperdatums,

studieverlof, kliënte-afsprake, die ontvangervan inkomste, onverwagte mediese toetse endie baas se oorvol dagboek moet kompeteervir een uur se samesyn verstaan ek waaromons net elke skrikkeljaar Basedag vier.Hopelik laat dit ons besef dat ons hom baie

waardeer.

Waardeer base nie net dan

Tekort aanbloed kritiek

Page 5: Noordkaapnk 20141022

NOORDKAAP, WOENSDAG 22 OKTOBER 2014 5

FOKUS OP DUTOITSPANWEG

DIE huis in Dutoitspanweg184 waar Salon Belgrave nouis, het oor die jare heenverskillende inwoners gehad.’n Beskrywing van hoe die

huis in sy vroeë jare was,word gegee in ’n koerantad-vertensie in 1926 waarin diehuis te koop aangebied is.Die destydse eienaar, ’n

mev. M.F. Varris, hetsommer ook haar meubels tekoop aangebied wat ’n menslaat vermoed sy het beplanom Kimberley te verlaat.Volgens die beskrywing het

die huis ’n wye ingangspor-taal gehad. Daar was drieslaapkamers, ’n ontvangsver-trek, eetkamer met vuurherd,’n ontbytvertrek, kombuis,spens en badkamer. Daar

was twee huiswerkerkamersen ’n motorhuis in die groottuin. Die huis het staalplafon-ne en boonop elektriese ligte.In die advertensie word ookvan die pragtige roostuinevertel. Die huis word as ’n“uitstekende eiendom in ’nwaardevolle ligging” beskryf.Daarby is ’n verskeiden-

heid meubels te koop aange-bied, waaronder ’n klavier,sitkamerstel van eikehout,teetafel, bedstel van eikehout,kaarttafel, Carlton-stoof enskilderye.Die huis is deur J.T.

Vigne’s Sales opgeveil.Volgens die Africana-biblio-

teek het Varris minstenssedert 1914 in die huisgewoon.

Huis het ryke geskiedenis

DIE koerantadvertensiewaarin die huis waarin Sa­lon Belgrave vandag is, in1926 te koop aangebied is.

Foto: Africana-biblioteek

André Botha

DUTOITSPANWEG, een van die langstestrate in Kimberley, huisves van die stad sebekendste bakens en vertel vele stories oordie geskiedenis.Dit is ’n straat waarin oor die jare heen

inkopies gedoen is, waar inwoners bioskooptoe gegaan het, boeke by die biblioteekgeleen het, ’n drankie of twee gedrink het enook in gewoon het.In die onderste deel van die straat, tot

waar dit by Mainstraat aansluit en metCarringtonweg kruis, het van die stad sevooraanstaande inwoners teen die einde vandie 19de eeu en die begin van die 20ste eeugewoon. Die meeste van dié huise hetbehoue gebly en huisves vandag ’nverskeidenheid ondernemings.Dutoitspanweg is een van Kimber-

ley se oudste strate en was diebelangrikste skakel tussen New Rush(Kimberley se eerste naam in dievroeë delwersjare) en die diamant-myne van Dutoitspan en Bultfontein(waar Beaconsfield eers as dorpontwikkel en later ’n woonbuurt vanKimberley geword het).In Richard Oliver se boek A Decade

of Memories beskryf hy diestraat in die beginjareas ’n nou straat,stowwerig en toeonder klippe enslaggate (sommige

dinge verander nie . . .)Die eerste poging om die pad gelyk te

maak was in 1877. Die pad is ook breërgemaak op versoek van die inwoners en ookdie talle ondernemings in die straat.Dit was ’n bedrywige straat en ’n trem-

spoor het die stadsaal van Kimberley metBeaconsfield se stadsaal verbind.By die Halfway House, op die grens tussen

Kimberley en Beaconsfield (toe ’n apartedorp), het die tremspoor verdeel met ’n spoorwat na Alexanderfontein (nou die JackHindon-offisiersklub in die weermagbasis)geloop het.Die straat is in 1928 geteer – lank voor

byvoorbeeld Longstraat wat in die 1960’s nog’n grondpad was. Die twee bekendste bakensin Dutoitspanweg is die St. Cyprian-katedraalen die Kimberley-klub waar diamantmagnatesoos Cecil John Rhodes en Barney Barnatograag gekuier het. Daar was ook bekendeondernemings soos Gowie’s Corner, Hender-sons (die eerste tak van dié winkelgroep engestig deur R.H. Henderson, later ’n burge-meester van Kimberley), Spence’s Shoe Store,Kimco (bekende fotografiewinkel wat reedsin 1880 begin het en steeds bedryf word), dieopenbare biblioteek (nou die Africana-biblio-teek) en Bargains Unlimited.

Stories so baiesoos straat lank is

DIE Kimberley­klub in Dutoitspanweg waar glo in die 19de eeu soms meer miljoenêrs opeen plek was as enige ander plek in die wêreld. Foto: André Botha

GOWIE’S CORNER was een van die bekendste winkelgeboue in Kimberley. Dit moes swigvoor ontwikkeling, maar het behoue gebly toe dit by die Groot Gat heropgerig is.

Foto: Africana-biblioteek

Page 6: Noordkaapnk 20141022

6 NOORDKAAP, WOENSDAG 22 OKTOBER 2014

André Botha

DIE Kimberley

House in Dutoit-spanweg was dievoorloper van die

Harry OppenheimerHouse.

Die behoefte aan

’n fabriek waardiamante inKimberley geslypkan word, het tot ’nbesluit in 1928 geleiom só ’n fabriek opte rig.

Op ’n direksiever-gadering van DeBeers in dié jaar isbesluit De Beers souself ’n gebou daar-voor oprig, en dieKimberley House isgebou op ’n perseelwat aan De Beersbehoort het.

D.W. Greatbatch,wat talle vanKimberley sebekendste geboueontwerp het, wasdie argitek. W.J.Tredrea het diebouwerk gedoen.

Dit is in 1929voltooi en aan dieKimberley DiamondCutting Companyoorhandig.

Dié maatskappywas in 1933 een vandie slagoffers vandie depressie en isgelikwideer. Diegebou is deur DeBeers oorgeneem.

In 1935 is dit aandie Diamond Corpo-ration verkoop.

Die gebou is tot in1974 as ’n diamant-sorteringskantoorgebruik, waarnabedrywighede na diepas voltooide HarryOppenheimer Houseverskuif is waar ditsteeds is.

Die KimberleyHouse huisves noudie De Beers-pensi-oenfonds.

Diamantfabriek opgerig

FOKUS OP DUTOITSPANWEG

THE CORNER, een vanKimberley se bekendstegeboue, het volgensoorlewering maar altydsedert die vroeë 1900’s ’noptiese onderneminggehuisves.

Die gebou is in 1907 deurPercy George Croxfordopgerig. Dit is in 1992 totnasionale gedenkwaardig-heid verklaar.

André van der Merwe hetin Julie 1983 in die geboubegin werk toe die praktykas Van Der Heim, Slossberg& Maré-oogkundigesbekend was.

Later het dit Van derMerwe en Maré-oogkundi-ges geword terwyl Van derMerwe in vennootskap metHardy Maré was.

Van der Merwe het aandie einde van 1989 Maré seaandeel gekoop en dieonderneming het Van der Merwe-oogkundi-ges geword.

“My praktyk is deel van ’n groep onaf-hanklike en hoogs opgeleide optometristevir wie dit belangrik is om ons opleiding enkennis uit te brei om beter sorg aan onspasiënte te kan gee.

“Dynamic Vision bestaan uit ’n groep vanmeer as 100 oogkundiges landwyd. My werk

behels nie net optiese hulpmiddels soos bril-en kontaklense nie, maar ook om na diegesondheid en behoud van pasiënte se oë envisie om te sien.

“Ek het verskeie nagraadse kursussegedoen wat deur die New England Collegeof Optometry in Boston hier aangebied is,asook die Graduate Institute of Optometryhier in Suid-Afrika,” sê Van der Merwe.

Oë eeu al hier bekyk

DIE indrukwekkende St. Cyprian­katedraalin Dutoitspanweg is een van Kimberley sebekendste bakens. Foto’s: André Botha

’n DEEL van Dutoitspanweg. Die Africana­biblioteek (regs) spog met een van diegrootste versamelings Africana in die wê­reld. Die gebou het van 1887 tot 1983 diestadsbiblioteek gehuisves.

LENSE word gemaak in een van die oogkundige praktykewat oor die jare heen in The Corner in Dutoitspanweg was.Dié foto dateer van die 1940’s. Foto: Verskaf

Page 7: Noordkaapnk 20141022

NOORDKAAP, WOENSDAG 22 OKTOBER 2014 7

PROMOSIE

DIE Isabel Burger-fisioterapeute Ingelyf isin 1994 gestig.

Die praktyk het in 1997 na sy huidigeadres in Dutoitspanweg geskuif.

Die praktyk se naam is in 2010 na I.Burger en M. Viljoen Ing. Fisioterapeuteverander.

Die onderneming bestaan uit ses fisiote-rapeute in ’n dinamiese praktyk wat allefisioterapeutiese dienste aan sy pasiëntelewer.

“Tree asseblief met ons in verbinding vir’n afspraak. Ons vra siekefondstariewe enprivate pasiënte is ook welkom,” nooihulle.

Hulle sê geen doktersverwysing wordbenodig om afsprake met enigeen vanhulle te maak nie.

Puik sorghier gebied

Hardewerkwordbeloon

SCHALK KRUGER en Terina van Schalkwyk van die Hoërskool Ada­mantiamet hul eerbewyse vir leierskap. Kruger het ook eerbewysevir volgehoue prestasie en dienslewering in sy skoolloopbaan enuitstekende leierskap op kulturele gebied ontvang.

SIMONE SCHOEMAN is as die dux­leerlingvir 2014 aangewys.

MELANI MOMBERGmet haar eerbewys virveelsydigheid in gr. 12.

DIÉ leerlinge is die Hoërskool Adamantia sebeste akademiese presteerders in elkegraad. Van links is Simoné Schoeman(gr. 12), Eroné Pretorius (gr. 11), MoniqueSinden (gr. 10), Charlene Sinden (gr. 8) enNorma­Rose Mitton (gr .9). Foto’s: André Botha

DIEHoërskool Adamantia se uitvoerende komitee vir 2015 is van linksWilscaSmith (onder­voorsitter), Martin Visagie (voorsitter), Simone Stoltz (voorsitter) en GlentonWessels (on­dervoorsitter).

MARCO SCIOCATTI en Nadia Britz is as die hoofprefekte van diehotelskool aangewys.

MARTIN VISAGIE het die eerbewys virsportveelsydigheid ontvang.

Page 8: Noordkaapnk 20141022

8 NOORDKAAP, WOENSDAG 22 OKTOBER 2014

Join us and work in an exciting and challenging environment where weexpect and reward performance. If you have Matric/Grade 12, 2 years’ salesexperience and a valid driver’s licence, we would like to hear from you.

For more details and to apply please go to www.wurth.co.za andclick on careers. Have Ref. No. WURTH-KMB01 handy. Closing date:6 November 2014.

Sales RepresentativeIsando branch

Getooi vir matriekafskeid

JACOLIZEVANDEWENTER enBevanSwartvan die Hoërskool Noord­Kaap op die skoolse matriekafskeid. Foto: Verskaf

ADAMSERFONTEIN en Lizay Mantle op dieHoërskool Noord­Kaap se matriekafskeid­geselligheid. Foto: Verskaf

GEERHARDT RAS en Bianca Faber van dieHoërskool Noord­Kaap uitgedos vir die ma­triekafskeid. Foto: Louis Botha

ELLEN KOTZE en Rikus Zwart van die Hoër­skool Noord­Kaap gereed vir die grootsteaand van hul skoolloopbaan. Foto: Verskaf

LAYKEN FINCK op pad na haar matriekaf­skeid. Foto: Verskaf

WAHEED ALEXANDER van die HoërskoolNoord­Kaap hou sy metgesel, Robyn Eve­rett, om die lyf vas..

RYANSIMONS en symetgesel, Jody Isaacs,gereed vir dieHoërskoolNoord­Kaap sema­triekafskeid. Foto: Verskaf

www.humanjobs.co.za Human Communications 113603

Building a world-classdiamond group

Kimberley UndergroundMines JV

Kimberley Underground Mines JV is situated in the city of Kimberley in the Northern Cape.The Mine consists of 3 conventional slushier drift block cave mines.

2014 ScholarshipsKimberley Underground Mine is offering scholarships to selected learners in Grade 10,Grade 11 and Grade 12. The scholarships include partial sponsorship for school fees,textbooks, uniform, stationery and sporting/cultural activities up to a specified amountallocated.

Who can apply? Scholarswho(se): • Reside in the local community and attend a local school• Attained an average mark of 70% in previous exams, with at least 60% in Mathematicsand Science • Parents give consent to participate in the scheme • Display a good balancebetween academic performance and sport/cultural performance • Are recommended by theschool Principal • Are South African citizens.

Applications must be made in writing on the official application form with all supportingdocuments, including: • A copy of ID or Birth Certificate • A copy of most recent results• Parents’ income statement/affidavit of unemployment.

Please NoteChildren of Petra Diamonds employees (A- and B-band only) and non-employees may apply.

Incomplete forms, false information and late applications will not be considered.

A limited number of scholarships are available. The Company’s decision is final and nocorrespondence will be conducted regarding decisions taken.

Application forms can be obtained from the HR Help Desk, Joint Shaft andWesselton. Please send your résumé, with copies of qualifications and ID, [email protected] or fax to 086 719 3238 by no later than28 October 2014. Please note that incomplete application forms and documentationwill not be considered.If you have not heard from us within 30 days of the closing date, please regard your applicationas unsuccessful.

http://www.petradiamonds.com/careers/current-vacancies

Page 9: Noordkaapnk 20141022

NOORDKAAP, WOENSDAG 22 OKTOBER 2014 9

Jannie Hennop

Die jaar 2014 se nek is amper omgedraai entalle jong mense sal volgende jaar koerskies universiteit, kollege of werkplek toe ennie noodwendig binne loopafstand van hulouerhuis nie.Dit beteken dit is tyd om ’n ryding aan te

skaf.Buiten ’n lewendige mark vir gebruikte

voertuie, is daar ook die nuwes wat ’nvonkel in die oog van enige jong mens salbring.

Instandhouding

Kar koop kom met groot verantwoordelik-heid vir die gebruiker en ook vir die ouerwat waarskynlik daarvoor moet betaal, dieversekering dra en vir die instandhoudingverantwoordelik is.Onthou, ’n kar se prys maak nie nood-

wendig voorsiening vir koste soos verseke-ring en onderhoud nie.Boonop betaal jy duurder vir versekering

hoe jonger jy is, omdat jy ’n risiko vir dieversekeraar inhou.Om vir die versekeraar te jok oor wie

hoofsaaklik die voertuig gaan gebruiken waar dit geberg gaan word is oneerliken dus verkeerd.Dit kan jou boonop duur te staan kom

sou ’n eis geweier word.

Versekering

Voordat jy jou hart op ’n ryding verloor,vind uit wat die versekering gaan kos, vinduit of ’n versieningsplan by die prysingesluit is en of dit opsioneel bygekoopkan word.Onthou om voorsiening vir goed soos

nommerplate en die registrasie van dievoertuig, wat soms ekstra is, te maak.Doen jou huiswerk wanneer dit by kar

koop kom, want dit kan jou baie verdrieten moeite spaar.

Kar koop nieperde koop

Johann van Tonder

VIR vele mense is ’n luukse sportnutsdie voertuig om na te streef.’n BMW X5, Range Rover, Porsche

Cayenne of Mercedes ML is net dievoertuig om ’n voorstedelike gesin inluuksheid rond te karwei.Vir diegene wat wel so bevoorreg is

om in dié mark te kan koop raak diekeuses by die dag meer.In die Mercedes ML-reeks is vroeër

vanjaar ’n ML400 bygevoeg.Die naam kan misleidend wees. In die

nuwe S-klas-modelreeks is die S400 ’nhibriede motor, maar die ML400 en dieS400 het hoegenaamd nie dieselfde enjinnie.Waar die S400 deur ’n 3,5-liter-V6 in

tandem met ’n elektriese motor aange-dryf word, is die ML400 toegerusmet die 3-liter-V6 met twee turbo-aanja-ers wat ook in die nuwe E-klas te vinde

is.Die enjin vervang die vorige natuur-

lik geaspireerde 3,5-liter-V6 en lewer ’ngesonde 245 kW en 480 Nm teen laerverbruik en emissies wat aan dieEU6-emissie-standaarde voldoen.Die kraglewering geskied oor ’n breë

band, van 1 600 tot 4 000 toere, wat dieML400 ’n lewendige karakter gee metkrag beskikbaar waar ook al in dietoere jy jou bevind.Voorts beteken Mercedes se outoma-

tiese 7G-Tronic-ratkas (sewespoed) diebeskikbare krag bly optimaal en teenekonomiese verbruik beskikbaar.Dit is ’n groot voertuig, maar indien

jou voet swaar raak, duur ’n stormlopiena 100 km/h net 6,1 sekondes. Dietopsnelheid is 247 km/h.) Die Mercedes ML400 4Matic BlueEffi-ciency kos van R849 252. Dit sluit diePremiumDrive-sesjaar- of 100 000 km-in-standhouplan in.

Sportnutse tekus en te keur

DIE vooraansig van Mercedes se ML400. Foto: Verskaf

Vorige uitgawes misgeloop? Gaan na www.noordkaap.co.za

Page 10: Noordkaapnk 20141022

10 NOORDKAAP, WOENSDAG 22 OKTOBER 2014

PERSOONLIKE

DIENSTE

LENINGS

1445

TE KOOP

ALLERLEI

1655

UTILITY RUBBER STAMPS:SAME-DAY SERVICE.TEL./FAX: 053 832 1951.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

ALLERLEI

1845

PLAFONISOLASIE:THERMGUARD LITENK. Koel in somer, warmin winter. SABS. Gratiskwotasies. Skakel 082 3880307 of 053 832 9194.

SAKE

GELEENTHEDE

2415

SWEET, CHOCOLATES,BISCUITS, DRINKS,CHIPS DISTRIBUTION:Start your own business,profitable, successful.Myer 012 547 [email protected]

EIENDOMME

GEMEUBILEERDE

AKKOMMODASIE

3256

UNILOFTSBloemfonteinPretoriaPotchefstroomStudenteverblyfNo.1-studenteverblyfvir die doelgerigtestudentVolledig gemeubileer enmet 24-uur-sekuriteitKONTAK:[email protected] 136 5041Web:www.unilofts.co.za

KLEINHOEWES

3320

ALLES-IN-EEN: 5-ha-kleinhoewe in Ritchie.Groot 4-slk-huis, 2-slk-woonstel, 1-slk-woonstel,groot, toegeboude lapa, 20perdestalle, beeskraal,skaapkraal, 2 lusernlande,4 boorgate. R2,5 m.083 399 0989.

SOEK, KOOP, VERKOOP

Page 11: Noordkaapnk 20141022

NOORDKAAP, WOENSDAG 22 OKTOBER 2014 11

LANDLOOPATLETE van die Hoërskool N.J. Heyns het aan die Suid­Afrikaanse landloop­kampioenskapsbyeenkomsdeelgeneem.ChrisMoore, hul borg, is hier saammetdiegroep.Van links is, voor: Lorenso van derWesthuizen, Tutho Korope, Alex Stafford, LetlhogonoloMoreki, Jean­ClaudeWaterboer, Katlego May en Emile Kock; agter: Shaun Smith, Dalanti­no Afrika, Chris Moore, Olebogeng Mokae, André Roberts, Vincent Links en Nathan Ed­wards. Foto: Verskaf

DIE Hoërskool N.J. Heyns se werkwinkelhou van 27 tot 29 Oktober ’n uitstalling vanartikels wat deur die skool se leerlinge ge­maak is. Die uitstalling is van 08:00 tot13:00. Die artikels is te koop. Dit word in dieskoolsaal uitgestal. Foto: Verskaf

SKOLENUUS

Neem aan byeenkoms deel

DIE Hoërskool Diamantveld se hoofleiers vir 2015 is aangewys. Van links is, voor: Mar­mari Pienaar (sekretaris) en JankeSteenkamp (tesourier); agter: Johan Joubert (onder­voorsitter), Johan Mathee (voorsitter), Joané Deetlefs (voorsitter) en Shandri Erasmus(ondervoorsitter). Foto’s: Verskaf

DIÉ leerlinge van die Hoërskool Diamantveld het ereklereontvang. Van links is Anja Lubbe (lid van die Suid­Afri­kaanseo.15­spanwat in LondenenSkotlanddeelgeneemhet), Hilana Louw (nasionale wenner van die Afrikaans­ekspo: Reisverhaal oor Williston) en Dwayne Botma (lidvan die Suid­Afrikaanse o.19­Rhino­rugbyligaspan).

STEPHANIE POTGIETER het Diamantveldse eerbewys vir sportmanskap (meisies)ontvang.

CARLI GROENEWALD het die Jan Auret­eerbewys, dieHoërskool Diamantveld sehoogste eerbewys, ontvang.

NARDUS BOSMAN het die eerbewys virsportmanskap (seuns) gekry.

DIE Hoërskool Diamantveld het op ’n saalbyeenkoms op hul laaste skool­dag formeel van symatrieks afskeid geneem. Die skool se tradisie is nuwegr. 8­leerlinge stap op hul heel eerste skooldag by die voordeur van diehoofgebou in. Daarna mag hulle nooit weer die voordeur gebruik nie tot­dat hulle as matrieks by die deur uitstap. Hier is van links Marius de Vries,Ruhan Smith, Pieter Hattingh, Wilmo Vermeulen en Johan van Heerdennadat hulle by die voordeur uitgestap het. Foto: André Botha

MATRIEKLEERLINGE aan Diamantveld stap hier na die skoolterrein se hoofuitgang in ’n simboliese optog op hul laaste skooldag. Foto: André Botha

Groet vir laas hul skoolGroet vir laas hul skool

www.noordkaap.co.za

Page 12: Noordkaapnk 20141022

12 NOORDKAAP, WOENSDAG 22 OKTOBER 2014

SportSportDie Diamantstad se koerant

André Botha

JODY SCHMIDT van die Hoërskool Dia-mantveld in Kimberley is Saterdag as diebeste veldatleet op die Clover-Grey-Oranje-byeenkoms in Bloemfontein aangewys.Hy was algeheel ook die beste presteerder

op die byeenkoms. Hy het in die hamergooivir seuns o.16 987 punte behaal met ’nskitterende gooi van 48,84 meter.Verskeie ander atlete van Diamantveld

het uitgeblink op dié byeenkoms waaraanvan die land se top-atletiekskole deelgeneemhet. Dit is die grootste skole-atletiekbyeen-koms in Sentraal-Suid-Afrika.Benewens Schmidt se eerste plek onder

die 50 beste atlete het Deneke Prinsloo ookdié lys gehaal. Deneke het ook ’n nuwebyeenkomsrekord verbeter.Diamantveld se atlete het ses goue, twee

silwer- en vyf bronsmedaljes behaal.

Altesaam 1 100 atlete van 28 skole hetdeelgeneem. Die skole sluit in Paul Roos-Gimnasium (Stellenbosch), Kemptonpark,die Afrikaanse Hoër Seunskool en Afrikaan-se Hoër Meisieskool (albei Pretoria) en dieHoër Meisieskool Bloemhof (Stellenbosch).Die atlete wat medaljes gekry het, was:Goud: Ruan Willemse (drie medaljes,

100 m, 200 m en verspring), Deneke Prinsloo(hamergooi), Riaan de Klerk (300 m-hekkies)en Schmidt (hamergooi).Silwer: Jean-Marie Vermeulen (100 m) en

Theo Senekal (hoogspring).Brons: Cheslyn van Wyk (hoogspring),

Benno Meintjies (400 m), Jean-MarieVermeulen (200 m), Surita van Heerden(hoogspring) en Deneke Prinsloo (diskus-gooi).Die span neem Saterdag aan die Hoër-

skool Jim Fouché in Bloemfontein seuitnodigingsbyeenkoms deel.

Diamantevonkel in Bfn

ATLETE van dieHoërskool Diamant­veld het die naweekhul stem dik ge­maak op ’n atletiek­byeenkoms inBloemfontein waarvan die land se top­skole deelgeneemhet. Die atlete het al­mal goue medaljesbehaal. Van links isRuan Willemse (driegoues), DenekePrinsloo, JodySchmidt (aangewysas beste veldatleetop die byeenkoms)en Riaan de Klerk.

Foto: Verskaf

HEINRICH DAUTH (6), ’n leerling aan diePreprimêre Skool Newton, is as Noord-kaap en SuperSport Let’s Play se Sport-ster van die Maand vir Oktober vir syprestasies in landloop gekies.Hoewel Heinrich nog baie jonk is, toon

hy reeds ’n talent vir landloop. Hy hetvroeër vanjaar aan ’n landloopkampioen-skap deelgeneem wat tussen die Grie-kwas, Vrystaat en Noordwes gehou is.In sy afdeling was daar 64 atlete waar-

van hy agtste vir seuns o.8 jaar geëindighet. Daarna het hy aan die LaerskoolNewton se ligawedloop deelgeneemwaarin hy die eerste plek verower het.Op die Hoërskool NJ Heyns se atletiek-

byeenkoms het hy ’n tweede plek inlandloop behaal.Op 30 Augustus het hy in Postmasburg

vir Griekwaland-Wes deelgeneem waar hydie derde plek vir seuns o.8 behaal het –’n uitmuntende prestasie vir ’n bulletjievan ses jaar. Heinrich is ook gekies omop 13 September aan die Atletiek Suid-Afrika- (ASA) byeenkoms in George deelte neem. Hy het die 70ste plek uit 124seuns behaal.Heinrich vind inspirasie by sy twee

ouer broers en sê hy wil ook graageendag Springbok-rugby speel.Heinrich is Noordkaap se laaste

SuperSport Let’s Play-sportster van dieMaand vir 2014.Hy is nou ’n finalis en sal meeding om

die gesogte titel van SuperSport Let’s Playse Sportster van die Jaar-kompetisie watop 7 November op ’n geselligheid inKimberley aangekondig sal word.

Heinrich ’n sterin landloop

HEINRICH DAUTH Foto: Verskaf