noordkaapnk 20140129

12
Tel (053) 831 2331 Woensdag 29 Januarie 2014 www.noordkaap.co.za GRATIS Die Diamantstad se koerant Ruan Bruwer GEEN geldinsamelingspoging is ooit te klein nie. Selfs iets soos ’n koekverkoping kan maklik gering geskat word, maar dit het tot die R113 000 bygedra wat vir liefdadigheid bymekaarge- maak is. Dit is hoeveel Técara Wood- bridge se geldinsamelingsprojek vir Kovsies se jool opgelewer het. Dié oud-Kimberliet is ’n joolkoningin-finalis. Sy is ’n tweedejaarstudent in menslike bewegingswetenskap aan die Universiteit van die Vrystaat (UV). Altesaam R84 750 (75% van die totaal) gaan aan die St Teresa- hospice in Kimberley – Wood- bridge se keuse van begunstigde organisasie. “Ek het op Hospice besluit aangesien daar soveel mense is wat sukkel om vir familielede te sorg as hulle terminaal siek is. Hospice is nie ’n regeringsorga- nisasie nie en kan dus nie op geldelike hulp van die staat staatmaak nie.” Volgens haar het sy van kleins af gereeld saam met haar pa na die hospice gegaan om ondersteuning aan pasiënte te betoon en dit het haar geraak. Haar ouma Magda is boonop ’n suster daar. “Ek het gesien hoe die mense daar weens siekte swaarkry. Dit het beslis ’n rol in my keuse van my begunstigde vir die geldinsamelingsprojek gespeel.” Met die hulp van haar gesin en vriende het hulle gereeld oor naweke verkope in winkelsen- trums gehou, ’n diamond rush aangebied en selfs op GWK-vei- lings voertuie se vensters gewas. “Dit het baie Saterdae geneem om die geld in te samel. Ons moes baie hard werk en leer hoe om verwerping te hanteer.” Sy erken dit was moeilik om vir mense geld te vra, maar haar dryfveer was dat sy iets sou kon teruggee. Die kroningsbal vind op 14 Februarie plaas waar die finaliste ook sal hoor wie die meeste geld ingesamel het. Woodbridge, wat in 2012 aan Kimberley Girls’ High gematri- kuleer het, was verlede jaar die beste eerstejaarstudent met kollektelyste (wat die meeste geld in Januarie se geldinsame- lingspoging vir jool ingesamel het). Marilyn Burrow, die bestuur- der van die Kimberley-hospice, sê dit is die eerste keer dat ’n individu geld vir hulle ingesa- mel het. “Dis ’n wonderlike poging deur haar en ons weet sy het hard gewerk. Ons is dankbaar en ingenome dat sy ons gekies het.” ) SMS-stemme tel gedeeltelik om die joolkoningin te bepaal. Om vir Woodbridge te stem (tot 11 Februarie) SMS jool8 na 34877 teen R2 per SMS. Kovsie help Kby-hospice DIE hele Woodbridge-gesin het verlede jaar hand bygesit met kol- wyntjieverkope om geld vir haar joolprojek in te samel. Van links is Técara, Herbert (haar pa), Venessa (haar ma) en Reagan (haar sussie). Foto: Verskaf Ruan Bruwer ’n LIKKEWAAN, iets wat ’n mens net in die veld of dieretuin verwag, het verlede week sy opwagting in Beaconsfield gemaak. ’n Inwoner van dié woonbuurt het Woensdag ’n likkewaan in hul erf gewaar en die Dierebeskermingsver- eniging (DBV) gekontak wat egter onsuksesvol was om dit op te spoor. Vrydagoggend is die likkewaan weer gesien, dié keer nie ver van daar nie in een van die Eugenie- woonstelblok se woonstelle. Moontlik onwetend van die gevaar wat ’n likkewaan inhou, is dit gevang en in komberse toegedraai totdat die DBV opgedaag het. Heinrich van Deventer, bestuurder van die hondehokke en voertuie by die Kimberleyse DBV, het die likkewaan in ’n hok binne die voertuig gesit, maar kort voor lank besef dit het ontsnap en onder die voertuig se sitplek ingeklim. Hy gee toe dit was ’n vreesaan- jaende rit tot by die DBV nadat hy dít besef het. Volgens Mario van der Westhui- zen, inspekteur van die DBV, is likkewane redelik algemeen in hierdie geweste en hy moes al heelwat van hulle vang. “Een ding van ’n likkewaan is dat hy nie maklik los as hy eers gebyt het nie,” het hy gesê. Sy naels hou ook ’n groot gevaar in en sy kragtige stert kan ’n mens baie seer maak. Met behulp van personeel toegerus met ’n vangnet, dik handskoene en komberse is die likkewaan met moeite onder die sitplek uitgehaal en kort daarna in die Rooifontein-na- tuurreservaat vrygelaat. Buurt in rep en roer HEINRICH VAN DEVENTER van die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV) met die likkewaan wat verlede week in ’n woonstel in Beaconsfield gevang is. Inlas: Die likkewaan was duidelik nie baie tevrede dat hy ’n wyle in ’n klein hok moes deurbring nie en het met aggressiewe optrede sy mis- noeë te kenne gegee. Foto’s: Ruan Bruwer

Upload: noord-kaap

Post on 23-Mar-2016

276 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Noordkaapnk 20140129

TRANSCRIPT

Page 1: Noordkaapnk 20140129

Tel (053) 831 2331 Woensdag 29 Januarie 2014 www.noordkaap.co.za GRATIS

Die Diamantstad se koerant

Ruan Bruwer

GEEN geldinsamelingspoging isooit te klein nie. Selfs iets soos’n koekverkoping kan maklikgering geskat word, maar dithet tot die R113 000 bygedra watvir liefdadigheid bymekaarge-maak is.Dit is hoeveel Técara Wood-

bridge se geldinsamelingsprojekvir Kovsies se jool opgelewerhet. Dié oud-Kimberliet is ’njoolkoningin-finalis. Sy is ’ntweedejaarstudent in menslikebewegingswetenskap aan dieUniversiteit van die Vrystaat(UV).Altesaam R84 750 (75% van die

totaal) gaan aan die St Teresa-hospice in Kimberley – Wood-bridge se keuse van begunstigdeorganisasie.“Ek het op Hospice besluit

aangesien daar soveel mense iswat sukkel om vir familielede tesorg as hulle terminaal siek is.Hospice is nie ’n regeringsorga-nisasie nie en kan dus nie opgeldelike hulp van die staatstaatmaak nie.”Volgens haar het sy van

kleins af gereeld saam met haarpa na die hospice gegaan omondersteuning aan pasiënte tebetoon en dit het haar geraak.Haar ouma Magda is boonop ’nsuster daar.“Ek het gesien hoe die mense

daar weens siekte swaarkry. Dithet beslis ’n rol in my keusevan my begunstigde vir diegeldinsamelingsprojek gespeel.”Met die hulp van haar gesin

en vriende het hulle gereeld oornaweke verkope in winkelsen-trums gehou, ’n diamond rushaangebied en selfs op GWK-vei-lings voertuie se vensters gewas.“Dit het baie Saterdae geneem

om die geld in te samel. Onsmoes baie hard werk en leerhoe om verwerping te hanteer.”Sy erken dit was moeilik om

vir mense geld te vra, maarhaar dryfveer was dat sy ietssou kon teruggee.Die kroningsbal vind op 14

Februarie plaas waar diefinaliste ook sal hoor wie diemeeste geld ingesamel het.Woodbridge, wat in 2012 aan

Kimberley Girls’ High gematri-kuleer het, was verlede jaar diebeste eerstejaarstudent metkollektelyste (wat die meestegeld in Januarie se geldinsame-

lingspoging vir jool ingesamelhet).Marilyn Burrow, die bestuur-

der van die Kimberley-hospice,sê dit is die eerste keer dat ’nindividu geld vir hulle ingesa-mel het.“Dis ’n wonderlike poging

deur haar en ons weet sy hethard gewerk. Ons is dankbaaren ingenome dat sy ons gekieshet.”) SMS-stemme tel gedeeltelikom die joolkoningin te bepaal.Om vir Woodbridge te stem (tot11 Februarie) SMS jool8 na 34877teen R2 per SMS.

Kovsie helpKby-hospice

DIE hele Woodbridge­gesin het verlede jaar hand bygesit met kol­wyntjieverkope om geld vir haar joolprojek in te samel. Van linksis Técara, Herbert (haar pa), Venessa (haar ma) en Reagan (haarsussie). Foto: Verskaf

Ruan Bruwer

’n LIKKEWAAN, iets wat ’n mensnet in die veld of dieretuin verwag,het verlede week sy opwagting inBeaconsfield gemaak.’n Inwoner van dié woonbuurt het

Woensdag ’n likkewaan in hul erfgewaar en die Dierebeskermingsver-eniging (DBV) gekontak wat egteronsuksesvol was om dit op te spoor.Vrydagoggend is die likkewaan

weer gesien, dié keer nie ver vandaar nie in een van die Eugenie-woonstelblok se woonstelle.Moontlik onwetend van die gevaar

wat ’n likkewaan inhou, is ditgevang en in komberse toegedraaitotdat die DBV opgedaag het.Heinrich van Deventer, bestuurder

van die hondehokke en voertuie bydie Kimberleyse DBV, het dielikkewaan in ’n hok binne die

voertuig gesit, maar kort voor lankbesef dit het ontsnap en onder dievoertuig se sitplek ingeklim.Hy gee toe dit was ’n vreesaan-

jaende rit tot by die DBV nadat hydít besef het.Volgens Mario van der Westhui-

zen, inspekteur van die DBV, islikkewane redelik algemeen inhierdie geweste en hy moes alheelwat van hulle vang.“Een ding van ’n likkewaan is dat

hy nie maklik los as hy eers gebythet nie,” het hy gesê.Sy naels hou ook ’n groot gevaar

in en sy kragtige stert kan ’n mensbaie seer maak.Met behulp van personeel toegerus

met ’n vangnet, dik handskoene enkomberse is die likkewaan metmoeite onder die sitplek uitgehaal enkort daarna in die Rooifontein-na-tuurreservaat vrygelaat.

Buurt in rep en roer

Tel (053) 831 2331 Woensdag 29 Januarie 2014 www.noordkaap.co.za GRATIS

HEINRICH VAN DEVENTER van die plaaslike Dierebeskermingsvereniging(DBV) met die likkewaan wat verlede week in ’n woonstel in Beaconsfieldgevang is. Inlas: Die likkewaanwas duidelik nie baie tevrede dat hy ’n wylein ’n klein hokmoes deurbring nie en het met aggressiewe optrede symis­noeë te kenne gegee. Foto’s: Ruan Bruwer

Page 2: Noordkaapnk 20140129

2 NOORDKAAP, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014

Kry Kby reg vir verkiesingDIE verkiesing kom vinnig nader en dit word onder Kimberliete seaandag gebring met Cope, die amptelike opposisie in die Noord­Kaap, wat die eerste party was om sy plakkate aan lamppale aante bring. Die ANC en DA het albei Saterdag hul swaargewigte hiergehad omonderskeidelik hul verkiesingsveldtog en premierskandi­daat in die provinsie bekend te stel. Foto: Ruan Bruwer

Pure onkunde?ÓFdie SAUK is nie baie lief virdie Noord­Kaapse premier,Sylvia Lucas, nie, óf die werk­nemers hier weet nie heelte­mal hoeomhaar naam te spelof hoe sy lyk nie. Hoe ook al,op verlede week se Afrikaan­se televisie­nuusbulletin ishaar naam op die skerm ver­toon terwyl dit eintlik kapt.Allan Roebuck, eienaar vanPhakalane Airways wat verle­de week nuwe vlugte vanKimberley na Upington,Springbok, De Aar, Kuruman,Sishen, Calvinia en Lanseriaaangekondig het, was watgepraat het. Minder as sesmaande gelede is die premierse naam as Slyvia gespel (fo­to hiernaas) op dieselfde ka­naal (SABC2) se programMorning Live. Maar dit is nienet die SAUK wat skuldig isnie. Die Sondagkoerant CityPress en radiostasie Ofmhet voorheen haar vanverkeerdelik as Lukas ge­skryf.

NOORDKAAP gee steeds aandrie lesers die geleentheid ommet die vergunning vanSter-Kinekor elk met vierfliekkaartjies beloon te word.Dit is net verstommend hoe

min mense weekliks daarvoorop die web gaan inskryf. Soasof lesers van hierdiepublikasie nie eintlik fliek-gangers is nie. Wie sal nounie drie vriende wil saamvatom verniet te gaan fliek nie?In alle geval, die fliekgids

word weekliks in Noordkaapgeplaas. Ongelukkig word dieweeklikse gids, wat inligtingvir vertonings van Vrydae totDonderdae insluit, eers op ’n

Woensdag deur Ster-Kinekoruitgestuur, wat dus te laat virpublikasie is.Om die fliekgids tot die

volgende Woensdag te sienbesoek www.noordkaap.co.zaof www.sterkinekor.com.Om ’n kans te staan om een

van drie wenners van vierfliekkaartjies te wees besoekwww.noordkaap.co.za en soekdie skakel “Kompetisies”bo-aan die blad. Hier sal jysien wat om te doen om deelte neem.Let wel: Die kaartjies geld

nie die eerste week van ’nnuwe rolprent se uitreikingnie.

Fliekkaartjiesweerweggegee

NOW SHOWING ATSTER-KINEKOR THEATRES

SHOWTIMESFRIDAY 24 JANUARY

- THURSDAY 30 JANUARYSHOWS, PRICES AND TIMES SUBJECT TO CHANGE. NEW RELEASE - NO COMPLIMENTARY

TICKETS (*) FOR ONE WEEK FROM DATE OF RELEASE UNLESS OTHERWISE STATED

MORE WAYS TO BOOK

TicketLine082 16789

Standard rates apply. Free minutes do not apply.

sterkinekor.com /sterkinekortheatres APP @sktheatres

Follow us

NORTH CAPE MALL

FROZEN - 3D ˛ ßFri, Sat: 9:15, 11:45, 14:15, 17:15, 19:45, 22:15Sun: 9:15, 11:45, 14:15, 17:15, 19:45Mon,Wed,Thu: 9:15, 11:45, 14:15, 17:15, 19:45Tue: 9:15, 11:45, 14:15, 17:15, 19:45, 22:15

——————————————————————————————————

FAAN SE TREIN ¸˛Fri, Sat: 9:30, 12:15, 14:45, 17:30, 20:00, 22:30Sun: 9:30, 12:15, 14:45, 17:30, 20:00Mon,Wed,Thu: 9:30, 12:15, 14:45, 17:30, 20:00Tue: 9:30, 12:15, 14:45, 17:30, 20:00, 22:30

——————————————————————————————————

JACK RYAN: SHADOW RECRUIT˛

Fri, Sat: 10:00, 12:30, 15:00, 17:45, 20:15, 22:45Sun: 10:00, 12:30, 15:00, 17:45, 20:15Mon,Wed,Thu: 10:00, 12:30, 15:00, 17:45, 20:15Tue: 10:00, 12:30, 15:00, 17:45, 20:15, 22:45

——————————————————————————————————

WOLF OF WALL STREET˛

Daily: 9:00, 12:45, 17:00, 20:45——————————————————————————————————

STUUR GROETE AANMANNETJIES ROUX ˛ ¿Fri, Sat: 9:45, 12:00, 14:30, 18:00, 20:30, 22:50Sun: 9:45, 12:00, 14:30, 18:00, 20:30Mon,Wed,Thu: 9:45, 12:00, 14:30, 18:00, 20:30Tue: 9:45, 12:00, 14:30, 18:00, 20:30, 22:50

——————————————————————————————————

SCHUKS!YOUR COUNTRYNEEDSYOU ˛Fri, Sat: 9:15, 11:30, 14:00, 16:45, 19:30, 22:00Sun: 9:15, 11:30, 14:00, 16:45, 19:30Mon,Wed,Thu: 9:15, 11:30, 14:00, 16:45, 19:30Tue: 9:15, 11:30, 14:00, 16:45, 19:30, 22:00

Dit is netverstom­mend hoeminmenseweekliksinskryf . . .Wie salnou niedrievriendewil saam­vat omverniet tegaan flieknie?

Page 3: Noordkaapnk 20140129

NOORDKAAP, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014 3

All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.

s ma ov Re e

Lowest Price Guaranteed or we’ll BEAT it*

Exchange or Return - NO PROBLEM!

With SO MUCH VALUE, why shop anywhere else!

*See www.game.co.za for terms and conditions

With so much value, why shop anywhere else?

Prices apply to Game Kimberly store only.

29 January - 02 February 2014We reserve the right to limit quantities. View this catalogue online at www.game.co.za

R

19Blossom LiteMedium FatSpread Tub1kg

Country FreshIce Cream 2lt "TTPSUFE

3290each

Clover FullCream Or LowFat FreshMilk 2l

1790each

White GrapesBox 1.5kg

per box

R

20

1790per pack

Yellow ClingPeaches 500g

R

55per bundle

Save 9.88

2990per kg

Egte Braaiwors

Lean Beef Mince

4990per kg

Frozen ChickenLeg Quarters5kg

R129

per pack

Watermelon

each

R

29

3990per kg

Pork Pack

includesOnions 3kg,

#VUUFSOVU LH BOE

Potatoes 3kg

LargeEggs 30’s

3190per tray

Koot al 46 j. deelvan byeenkoms

Ruan Bruwer

IN sy spierwit safaripak hetKoot Neethling, die aankon-diger van die HoërskoolDiamantveld se kleure-atle-tiekbyeenkoms sedert 1967,die stem van die geleent-heid geword.

Verlede Woensdag enDonderdag het Neethling(73) oudergewoonte weeragter die mikrofooningeskuif om by die skoolse byeenkoms as aankondi-ger op te tree.

Hy het in 1964 by Dia-mantveld begin skoolhou.

“Man, die onderwyserwat dit (aankondigings)altyd gedoen het, is in 1966weg en ek is toe dievolgende jaar gevra om dierol oor te neem. ’n Kollegahet vir my gesê ek het ’nlekker stem. Dis genade datdie stem tot nou so mooigehou het,” vertel hy.

Neethling het sedert 1967net ’n enkele kleurebyeen-koms, in 2012, weens griepmisgeloop. Hy sê solank sygesondheid hou, sal hyaanhou met hierdie taak.

Die byeenkoms hetvolgens hom nog elke jaarsedert 1967 plaasgevind, almoes hulle soms ’n volgen-de dag terugkom om ’nnommer of twee af tehandel.

Verlede Woensdag is diebyeenkoms deur reën in diewiele gery en moes dit dievolgende dag gehou word.

Volgens hom worddieselfde nommers asdestyds vandag nog opatletiekbyeenkomsteaangebied. Hy is vanmening die standaard hetgestyg met atlete watverder kan gooi en springen vinniger kan hardloop.

“Ek is nie ’n kenner nie,maar ek kon sien dieafstande en tye wat noubehaal word, is beter asdestyds. Veral met spies-gooi het beter tegnieke ’nrol daarin gespeel.”

Hy het nie net opDiamantveld se kleureby-eenkoms as aankondiger

opgetree nie, maar was virlank ’n instelling op dieKimberley-skolebyeenkomsen provinsiale byeenkom-ste.

“Dit was vroeër jarestandaard om in ’n witt-hemp hierdie werk teverrig. Ek het toe vir my ’nwit safaripak gekoop en sokom ek elke jaar hierheen.

“Die kinders en liefde viratletiek is wat my jaarlikshierheen teruglok.”

Hy reken die sing-songsse ou tradisionele liedjieshet plek gemaak virmoderne musiek en daarskort niks met die gees nie.

KOOT NEETHLING, soos wat duisende leerlinge hom oorbykans 50 jaar sal onthou, is weer agter die mikrofoon asaankondiger op die kleure­atletiekbyeekoms van die Hoër­skool Diamantveld. Foto: Ruan Bruwer

EVIN HOWELL van Pretoria het in Desember by sy oupa en oupa kom kuier en virKersfees ’n speeldinggekrywatborrels blaas.Hiermeehethybosgegaan langsoumase swembad en was in ’n wêreld van sy eie. Foto: Karin Howell

DIE eerste foto’s hetbegin arriveer in Noord-kaap se fotokompetisie.Dankie aan dié wat diefoto’s ingestuur het enook dat hulle die foto’sdie verlangde groottegemaak het en die byskrifvolledig was. Noordkaapplaas vandag ons eerstefoto. Stuur gerus vir onsjou plaaslike foto. Dit kaniets vreemds, buitenge-woons, snaaks, interes-sants of sommer net mooi

wees. Onthou, die gehaltevan die foto is nie ’nvoorvereiste nie. Dit isnet van groot belang datdie foto nie kleiner as500 KB is nie. Stuur ook’n volledige byskrif (watop die foto gebeur, waaren wanneer jy die foto

geneem het, wat dieomstandighede daarvan isen wie daarop is; indiendit ’n groepfoto is, meldaan wie almal op die fotois) met die foto.

Stuur die foto per e-posna [email protected]. Elke maandein-de kies ons ’n wenfotomet ’n prys wat ’nR350-geskenkbewys vandie Diamond PavilionShopping Mall vir diefotograaf beteken.

Page 4: Noordkaapnk 20140129

4 NOORDKAAP, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014

Ras nié diemotiefEEN van die onderwerpe inSuid-Afrika wat party mense baievinnig laat regop sit, is dié vanplaasmoorde. Sekere dele van diebevolking is oortuig spesifiek boereop plase (veral wit mense) isteikens en dat baie van die moordedeur wraakgedagtes gemotiveerword.Interessante statistieke is Sondag

in Rapport gepubliseer waarvolgensStatistieke Suid-Afrika (SSA)aandui 81% van moorde in die landword in swart huishoudingsgepleeg. Volgens die Suid-Afrikaan-se Polisiediens (SAPD) is 16 259mense in 2013 vermoor.In SSA se opnames is bevind

daar is jaarliks 16 000 huishoudingswaarin ’n moord gepleeg word.

Sowat 13 000 van die slagoffers isswart.Die opvatting – dat die wit

rasgroep ’n groter teiken as andergroepe is – is deur Frans Cronjé,uitvoerende hoof van die Suid-Afri-kaanse Instituut vir Rasse-aange-leenthede, verwerp.Die SAPD se moordsyfers wat

tussen rasse onderskei, word sedert2009 nie meer bekend gemaak nie.Dít kan iemand onraad laatvermoed. Boere, van watter ras ookal, is net ’n makliker teiken en soutog enige booswig se eerste teikenwees, ongeag die ras van dieboer(e).Dit is moeilik om te glo aanval-

lers kies hul slagoffers op grondvan velkleur nie.

GEBEURTENISSE op 29 Januarie indie geskiedenis: 1934 – Oos-Londen seAfrikaanse gemeenskap kry sy eiehoërskool, die Hoërskool Grens.1940 – Onder leiding van dr. D.F.

Malan en genl. J.B.M. Hertzog word diestigting van die Herenigde NasionaleParty of Volksparty aangekondig.1959 – Die Disney-rolprent Sleeping

Beauty word die eerste keer uitgereik.1990 – Buitelandse nuusspanne kom

in afwagting op die moontlike vrylatingvan die ANC-leier, Nelson Mandela, inSuid-Afrika aan.1996 – Jamie Uys, Suid-Afrikaanse

rolprentmaker, sterf in die ouderdomvan 75 jaar.2011 – Fanus Rautenbach, Suid-Afri-

kaanse radio-omroeper en skrywer, sterfop 83 jaar.

Geboortes op die dag:1840 – Anton Tsjechof, Russiese

skrywer wie se tekste steeds in landesoos Suid-Afrika opgevoer word (sterf

in 1904).1945 – Jannie Barnard, Springbok-los-

skakel bekend as Twinkle Toes vanweësy vernietigende breekslae (sterf in1985).1945 – Tom Selleck, Amerikaanse TV-

en rolprent-akteur bekend vir sy rol inMagnum PI.1954 – Oprah Winfrey, Amerikaanse

televisie-aanbieder, aktrise en vervaardi-ger.1979 – Mfuneko Ngam – voormalige

Protea wat in sy tyd as een van dievinnigste boulers in die land gereken is.1984 – Natalie du Toit, vorige Suid-

Afrikaanse Olimpiese swemmer.

Ken jouself tot jou eie sproeteHannes Noëth

DIT is ’n ernstige versoek wat sy indie kantoor kom rig. Ons moet diesaak van haar nou mooi aanhooren mooi luister. Sy is wel ses jaaroud, maar sy weet wat sy weet ensy hou nou nie daarvan dat haarma dink sy jok nie.Ook haar ouma dink sy jok. Haar

pa lag vir haar, maar ek moet haarnou mooi uitluister.Sy soek salf vir haar neus. Goeie

salf. Een van haar sproete is weg.Dit was gister nog daar en vanog-gend is dit weg. Haar ma sê dit wassommer ’n vuil kol. Pa antwoordiets oor haar verbeelding. Maar ek

moet haar glo. Haar sproet is weg.“Oom, dit was gister nog daar.”

Nou soek sy salf. Vir haar neus,want haar sproet is weg. Ekprobeer die gesprek rek en vra ofdaar ’n rofie was. Sy staan egtervas. Haar sproet is weg. Sy soeksalf om te keer dat die ander ookwegraak. Ek kyk na die sproetneusvoor my. Hoe kan sy dink opdaardie sproetneusie kort nog ’nsproet? Maar sy weet. Dit is haar

neus en haar sproete. “As julle myken soos ek myself ken, sal julleweet my sproet is weg.”Dit lyk asof sy gaan begin huil.

Sy wil nie hê haar sproet moet wegwees nie, want dit is haar sproet.Ek kon haar nie help om die

sproet te kry nie. Die probleem is:Hoe kry ’n mens nou ’n sproet watweg is? Jy kan nie. Jy moet haarmaar glo en ’n oplossing soek sodatdie ander nie ook wegraak nie.Wat wonderlik is, is sy ken

haarself. Sy weet wie sy is. Sy kentot haar sproete. In haar kinderwê-reld weet sy as hulle weg is.Besproet of nie besproet nie, ek

hoop jy ken jouself.

KIMBERLEY-NUUSFLITSE van dieafgelope week:) Agnes Ntlangula is wel op ’n onseremo-niële wyse deur die ANC uit haar pos asburgemeester van die Sol Plaatje-munisipa-liteit gehaal, maar het darem ’n troosprysgekry toe sy deur haar opvolger, DavidMolusi, as lid van sy burgemeesterskomi-tee aangestel is. Sy kry die portefeulje vanveiligheid en sekuriteit.) ’n Boekhouer van ’n bekende skool inKimberley het verbaas gestaan toe sy ’ne-tolrekening oopgemaak het wat aan dieskool gestuur is. Dit was eintlik vir ’nmaatskappy in Noordwes bestem, maar diekorrespondensie-adres is dié van die skool.“Gaan die een wie se rekening dit is ooitweet hy skuld die geld? Hoe gaan diee-tol-mense ooit die geld verhaal as mensesoos ek, wat verkeerdelik rekenings kry,dit weggooi?” wou die boekhouer, wat niehaar naam genoem wil hê nie, weet.) Die pad tussen Kimberley, Upington enSpringbok het nou heelwat korter geworddanksy die eerste intra-provinsiale lug-diens wat in samewerking met die Noord-Kaapse regering bekend gestel is. Ditbehoort groot ekonomiese en maatskaplikevoordele vir die provinsie in te hou.Die hoop is Phakalane Airways sal ’nvinnige, betroubare en veilige lugdiens aanNoord-Kapenaars verskaf.) Samewerking tussen Cope en kleineropposisiepartye in die nuwe Kollektief virDemokrasie (KD) kan meebring dat Cope’n setel aan een van dié partye toeken.

Naas Cope is die Vryheidsfront Plus, dieACDP en die UCDP deel van die KD.Volgens Fred Wyngaard, Noord-KaapseCope-leier, het kleiner partye in 2009 severkiesing te min stemme getrek om ’nsetel te wen. Hul gesamentlike stemme kanegter ’n ekstra opposisiesetel beteken.) Daar was nie ’n oomblik twyfel oor wie’n vasgekeerde hondjie uit ’n vloedwater-pyp in McDougalweg kan red nie. Ná ao.John Seeley se onlangse dramatieseredding van Kimberleigh, die hond wat indie Groot Gat geval het, was hy eerste indie eienaar se gedagtes.Getrou aan sy aard het Seeley, wat nogmet vakansie was, dadelik ingestem, alwas dit reeds 23:00. Die hondjie, wat laterLucky gedoop is, het in ’n oop afvoergat,sowat 2,5 m diep, geval.) Anthony Kruger het sy kop ontkennendgeskud toe hy aan roof met verswarendeomstandighede en menseroof skuldigbevind is.Kruger is in Januarie verlede jaar ná ’nrooftog in die North Cape Mall deurpolisielede in Carringtonweg aangekeer.Hy word vandag gevonnis.

SKETS: Danie Cronjé

Só maak die weer Minimum MaksimumDonderdag 17 °C 31 °CVrydag 18 °C 32 °CSaterdag 18 °C 32 °CSondag 18 °C 32 °C

Page 5: Noordkaapnk 20140129

NOORDKAAP, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014 5

DIE Hoërskool Ada­mantia het vanjaarsy eerste drieling indie skool se bestaanvan 44 jaar. Aby­Gail, Ricardo en Ro­bynGreybe sit almalin dieselfdegr. 8­klas. Die onder­wysers gaan sukkelom tussen die tweesussies, wat iden­ties is, te onderskei.Van links is Aby­Gail(die oudste van diedrie), Ricardo (so­wat vier minute jon­ger) en Robyn (so­wat ses minute jon­ger as ousus).

Foto’s: Ruan Bruwer

TOM EN CHARLE­NE, die derde envierde lede van dieSinden­gesin, isvanjaar in gr. 8. Hulleis boonop ’n twee­ling. Hul oudste sus­ter, Tanya, was verle­de jaar Adamantiase hoofmeisie eneen van die skool sevoorste akademie­se presteerders.

Een, twee, drie

Page 6: Noordkaapnk 20140129

6 NOORDKAAP, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014

Page 7: Noordkaapnk 20140129

NOORDKAAP, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014 7

NUWE GROEP GESTIG: AlzheimersNoord-Kaap se ondersteuningsgroepword op Donderdag 4 Februarie om

17:30 in die Acaciapark-aftreeoordgestig. Rig navrae aan die Alzheimers-kantoor by 053-831-5815.

Page 8: Noordkaapnk 20140129

8 NOORDKAAP, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014

HET jy ’n slag metwoorde? Of iskreatiwiteit een vanjou eienskappe?

Die DiamondPavilion ShoppingMall soek ’nslagspreuk vir

Valentynsdag.Dié slagspreuk sal

op die sentrum seplakkate gebruikword.Verlede jaar se

plakkaat hetbyvoorbeeld diewoorde “Burstingwith love” bevat.Die woorde was

saam met ’n fotovan ’n “ballon vanliefde” wat bars.Hoe korter die

slagspreuk, hoebeter.Dit kan enige

treffende woordspe-ling oor die liefdewees. Die slag-spreuk kan inAfrikaans of Engelswees.Vir die wen-in-

skrywing is daar ’nR300-geskenkbewysvan die sentrum.Stuur jou slag-

spreuk-voorstel voor5 Februarie pere-pos na [email protected].) Van die voorstelletot dusver ontvang(wat almal oorweegword), is: “myhartvlam”, “let yourlove flutter theheart of that specialperson”, “liefdekraai koning” en“borrel oor vanliefde”.

Wenmetwoorde

Page 9: Noordkaapnk 20140129

NOORDKAAP, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014 9

Só skryf jy ditIN die volksmond word gereeld gesê ’ngeleentheid skop af. Maar kan dit werklikafskop? Nee, net ’n sokker- of rugbywedstrydskop af. Ons skryf eerder dit neem ’naanvang of sommer net dit begin.

ELSABÉ BRAND, die Elizabeth Conradie­skool se fisiotera­peut, help Nomtandazo Dibane, ’n gr. 8­leerling wat metbros bene sukkel, uit haar staanraam. Foto: Ruan Bruwer

Juffrou hetBrandende passie

Ruan Bruwer

’n SKOOL wat vanjaar weerlof ingeoes het vir syvlekkelose slaagsyfer,ondanks die leerlinge segestremdhede, is die Eliza-beth Conradie-skool (Elcon).Elcon se matriekklas van

2013 het ’n vierde jaaragtereenvolgens ’n100%-slaagsyfer gehandhaaf.Een onderwyser-terapeut,

wat vroeër in hierdiematrieks se skoolloopbaan ’nbydrae tot hul fisiekeontwikkeling gespeel het, isdie fisioterapeut ElsabéBrand.Dit is vanjaar haar 17de

jaar en laaste jaar by Elcon– sy tree die einde van diejaar af.Soos Elcon se 14 terapeute

na slegs 1 verminder het, hetdie druk op Brand seskouers aansienlik toege-neem.Volgens haar speel ’n

fisieke gestremdheid ’n rolin ’n kind se akademieseprestasie.“Alles begin by emosionele

ontwikkeling. ’n Kind watweens ’n gestremdheid nievan jongs af kon speel enaktief wees nie, het ’nagterstand.“Hoe beter emosioneel

aangepas, hoe hoër kan diebrein funksioneer. Ennatuurlik is daar die fisiekeuitdagings soos ’n kind watsukkel met balans, koördina-sie en iets so eenvoudig soosom ’n pen vas te hou,” hetsy verduidelik.Die geheim is volgens

Brand om die kind altyd indie optimum posisie, soos in’n staanraam, in die klas ofvoor die boeke te hê.Brand sê die leerlingtal in

die skool het oor die jareheen verander van meerfisiek gestremd na meerleergestremd – sy rekensowat 80% van die skool seleerlinge is deesdae leerge-stremd.Sy gee net tot gr. 8 vir

leerlinge fisioterapeutieseoefeninge. Sy sê sy werk metleerlinge met ’n grootverskeidenheid gestremdhe-de in hierdie periodes.Brand is dankbaar vir

twee skoonmakers wat ’nhand hiermee bysit. “Ek kannie meer self kinders uit ’nrolstoel ophelp nie, my rugwil nie meer nie.”Daar is volgens haar altyd

hoop om, ondanks ’n fisiekegestremdheid, steeds matriekte slaag en ’n sukses te wees.Sy vertel van ’n kind wat

breinskade gehad het enonwillekeurig liggaamsbewe-

gings gehad het.“Ons moes hom in die klas

met enigiets byderhandvasbind. Hy het tot gr. 8terapie ontvang. Danksy baiedeursettingsvermoë, beterbalans en koördinasie het hyverbeter en kon hy matriekslaag.“Daar is nog sulke groot

wonders,” aldus Brand.“Met terapie is daar altyd

hoop, al kan jy as fisiotera-peut net help dat die persoonse toestand nie verderversleg nie.“Maar mense moet ook

hulself wil help.”

VRAAG VAN DIEWEEK:Het jy al iets

opgetel en dit virjouself gehou?Gaan stem by

www.noord-kaap.co.za (soekmeningspeilingregs op die voor-blad onder onsjongste uitgawe) oflewer kommentaarop ons Facebook-blad.Verlede week se

vraag:Hoe is jy in gr. 8

ontgroen?– Dit was nogal erg,ek is soms ergverneder: 0%– Ag, nee, dis netpret en maak jounie dood nie: 50%– Deesdae seontgroening iskinderspeletjies:50%Facebook-kom-

mentaar:My sotte-tannie

het vir my gesê ekmoet ’n manlikeen vroulike blaargaan pluk, toe plukek ’n dun en ’n dikblaar. Ons moesook soos boeme-laars na diesokkiejol toeaangetrek het.– Sandra de Klerk

Page 10: Noordkaapnk 20140129

10 NOORDKAAP, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014

PERSOONLIKE

DIENSTE

LENINGS

1445

TE KOOP

ALLERLEI

1655

UTILITY RUBBER STAMPS:SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX:053 832 1951.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

ALLERLEI

1845

PLAFONISOLERING:THERMGUARD LITENK.Koel in somer, warm inwinter.SABS. Gratis kwotasies.082 388 0307 of053 832 9194.

SOEK, KOOP, VERKOOP

Page 11: Noordkaapnk 20140129

NOORDKAAP, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014 11

Ruan Bruwer

KRIEKET word nou wel nie indieselfde asem as sportsoorte soosrugby, perdry, gimnastiek en boksgenoem wat beserings en gevaarbetref nie. Krieket is immers ’n“gentleman’s game”.

En ofskoon daar op die Diamant-ovaal in Kimberley nog nie enigeongevalle deur ’n krieketbalveroorsaak is nie, het veral die witbal (wat in eendag- en T20-wedstry-de gebruik word) al duidelik systempel op ander maniere afgedruk– in die vorm van stukkende ruite.

Die Diamant-ovaal is uniek inSuid-Afrika omdat dit die enigstekrieketstadion in die land in ’nwoonbuurt is waar franchise- eninternasionale krieketwedstrydeaangebied word met wonings net ’nklipgooi van die stadion af.

Die veld is volgens Ben Neeth-ling, stadionbestuurder, in 1976deur De Beers as deel van verskeieontspanningsgeriewe opgerig. Diehuise was toe reeds gebou en ismeestal deur personeel van DeBeers bewoon.

Die veld is nie een van diegrootstes in die land nie. VolgensNeethling is die reguitgrens suid69 m van die kolfkampie, noord73 m, wes is dit 65 m en oos 67 m.

Een van die grenshoue watvroeër vandeesmaand krieketky-kers aan die praat gehad en mondelaat oophang het, was David Miller(Dolphins) se sierlike ses hier teendie Knights wat hy van RyanMcLaren se boulwerk halfpadJohannesburg toe gemoker het.

Die arme McLaren was ook diebouler toe een van die wêreld semees berugte kolwers, ShahidAfridi van Pakistan, hom verledejaar vir ’n ses van 158 m op dieWanderers in Johannesburggeslaan het.

Miller se massiewe ses het oordie kommentaarhokkie aan dienoordekant (wat die hoogste puntin die stadion is) geseil en die balmoes noodgedwonge vervang word

aangesien dit nie weer te voorskyngekom het nie.

Neethling sê ’n nuwe witKookaburra-bal wat in wedstrydegebruik word, kos minstens R1 000stuk. “Daar moet gemiddeld so elkevyfde wedstryd ’n bal vervangword wat uit die stadion geslaan isen nie weer sy weg terugvind nie.

“Mense hou daarvan om dit as ’naandenking te hou. Soms gebeurdit dat werkers ’n bal na ’n paardae iewers in ’n sloot of gat vindnadat dit in ’n vorige wedstrydweggeslaan is.

“Die wedstryd moet aangaan, sodie vierde skeidsregter wil nie telank wag vir die bal om gevind teword nie,” sê Neethling.

Reusagtige sesse deur LootsBosman, terloops die eersteSuid-Afrikaanse speler om ’n100-tal in T20-krieket te moker,Pakistan se Inzamam-ul-Haq enAfridi is drie groot grenshoue opdie ovaal wat Neethling bybly.

Miller s’n is egter die grootstewat hy nog daar gesien het.

Volgens hom en Brian Kidson,vorige direkteur van operasionelebedrywighede van die Griekwa-land-Wesse Krieketraad, is daarnog nooit aan ’n motor skadeaangerig deur ’n krieketbal wathard en ver geslaan is nie. Neeth-ling is verbaas dat ’n bal nog nooitiemand teen die kop getref het nie.

Matthew Cader, ’n seuntjie wattwee jaar gelede in die skare deur’n ses van Graeme Smith op diewang getref is, is die enigste gevalwaarvan Kidson-hulle bewus is.

Die seuntjie het kort daarna ’ngetekende krieketkolf en -hemp vanSmith ontvang.)Gaan na www.noordkaap.co.zavir ’n videogreep van Afridi sereusagtige hou verlede jaar.

Houe trekwyd en syd

DIE mediasentrum aan die suide­kant van die Diamant­ovaal in lynmet die kolfstrook het al ’n paarmaal onder ’n harde krieketbalwatin sy rigting getrek het, deurge­loop, soos hierdie stukkende ruitvertel. Foto’s: Ruan Bruwer

DAVID MILLER van die Dolphins se massiewe ses het maklik oor die kommentaarhokkie aan die noordekant van die veld, wat die hoogste punt in die stadion is, geseil.

Ruan Bruwer

MET van die beste kolwers Sondagop die Diamant-ovaal in aksie saltoeskouers wakker moet wees,want heelwat sesse behoort in hulrigting geslaan te word.

’n Derde T20-wedstryd in dieRam Slam-T20-reeks word dan hieraangebied (die meeste wedstrydewat in die franchise-era aan dieveld toegeken is) met die Titanswat hierheen reis.

Die Titans, veelvuldige wenners

van die reeks, beskik oor van diegrootste mokeraars in die reeks. ’nNaam soos Albie Morkel sal diemeeste boulers in ’n koue sweetlaat uitslaan.

Daar is ook spelers soos FarhaanBehardien, Roelof van der Merwe,Henry Davids en David Wiese (watalmal vir die Proteas in T20-internasionale wedstryde gespeelhet) wat enige dag ’n bouler sesyfers kan beïnvloed.

Vyf spelers hou die gesamentlikerekord vir die meeste sesse (vier

van hulle) in ’n kolfbeurt vir hulfranchise-span in ’n T20-wedstryd.Van hulle is Davids wat vier sessein sy onoorwonne kolfbeurt van 93lopies in 2007 vir die Cobras teendie Knights oor die grens gelug het.Die Knights se Rileen Rossouw hetdit ook verlede jaar teen die Lionsvermag.

Die meeste gesamentlike sesse in’n wedstryd, naamlik 14, is verledejaar op die veld geslaan. DieKnights was vir ses van hulleverantwoordelik en die Lions ses.

Sesse op spyskaart in T20-stryd

Ruan Bruwer

MET huise wat net agter dienoordekant van die Diamant-ovaal in Cassandra geleë is, isdit ’n gegewe dat daar krieketbal-le in hierdie erwe gaan beland.

Die afstand tussen die sypaad-jies voor die huise in LardnerBurkestraat en die grens is niksmeer as 20 m nie.Noordkaap het by die huise in

hierdie straat gaan aanklop omte verneem of ’n krieketbal alooit skade aan hul huise veroor-saak het en of hulle al ’n verlorebal of twee in hul erwe opge-spoor het.

In die Du Plooys se woningskuins oorkant die stadion hetJanine du Plooy van ’n keervertel toe haar kamervensterdeur ’n krieketbal gebreek is.

“Ek kan nie presies onthouwatter jaar dit was nie, seker indie vroeë 2000’s toe Suid-Afrikahet hier gespeel het (die Proteaswas van 2000 tot 2002 jaarlikshier in ’n eendagwedstrydbetrokke).

“Ons het die wedstryd by diestadion gekyk en net my ma wastuis. Ek onthou die een ses watin ons huis se rigting getrek het,maar ek het nie gedink dit souso ver trek om by ons huis uit tekom nie.

“My ma het my pa vreesbevan-ge op sy selfoon gebel om te sêiemand het pas ’n kamervensteruitgeslaan. Sy het gedink dit is’n inbreker.

“Toe sy by die kamer kom, hetsy gesien die inbreker was toe ’nwit krieketbal wat op die vloergelê het,” vertel sy.

Sy het die bal vir haar broergegee wat dit as ’n groot geskenkbeskou het.

Nog ’n gelukkige wat ’nkrieketbal ryker geword het, was

Ettienne Pretorius, wat regoorkant die kommentaarhokkie,wat in lyn met die kolfblad is,woon. Hy het op 6 Oktoberverlede jaar die Sondagoggendvan die kerk teruggekom en ’npotjie voor in sy tuin gemaak.

“Die volgende oomblik het ek’n bal in ons rigting sien kom.Dit het net kort van my in dieerf geval. Ek het die bal gegrypen gehou. Die veldopsigter hetdaarna kom soek en gevra of ekiets gesien het. Ek het enigekennis van ’n vlieënde krieketbalontken.“Shame, hy het seker vir ’n

halfuur na daardie bal gesoek enop en af in die straat op soekdaarna gery,” het Pretorius met’n glimlag gesê. Die Griekwas seGriffin Nieuwoudt was virdaardie monster-ses verantwoor-delik in ’n wedstryd teen dieWestelike Provinsie wat eersge-noemde span gewen het.

Voor Pretorius het Eugene Neltot verlede jaar die tyd sowat 20jaar in die huis gewoon. VolgensNel het hy baie balle, wittes enrooies, deur die jare in die tuinen in die erf “gescore”.

Die laaste van daardie ballewas in 2012 toe Sri-Lanka hierteen die Proteas in ’n eendagwed-stryd gespeel het.

Kolwers looiballe na ‘bure’

ETTIENNE PRETORIUS met ’nkrieketbal wat verlede jaar in syerf geland het van ’n groot seswat deur die Griekwas se GriffinNieuwoudt gemoker is. Die huisis reg oorkant die kolfblad vandie Diamant­ovaal in Cassandra.

Foto’s: Ruan Bruwer

DIÉ krieketbal gaan in EtiennePretorius se toekomstige lapauitgestal word.

HIER kan gesien word hoe naby die wonings in Lardner Burkestraatin Cassandra aan die Diamant­ovaal is.

VIER mense kan elk vyf kaartjies na Sondag seT20-wedstryd tussen die Knights en Titans op dieDiamant-ovaal wen. Die aksie begin om 14:30 en diehekke open om 13:00.Om in aanmerking te kom is maklik.Gaan na www.noordkaap.co.za en soek die skakel

“Kompetisies” bo-aan die blad. Hier sal jy sien hoeom te maak om deel te neem.Jy kan jou tot Vrydag om 13:00 inskryf waarna die

wenners gekontak sal word.

‘Daar moet gemid­deld so elke vyfdewedstryd ’n bal ver­vang word wat uit diestadion geslaan is ennie weer sy weg te­rugvind nie.’– Ben Neethling, sta­dionbestuurder

wenwenwen

Page 12: Noordkaapnk 20140129

12 NOORDKAAP, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014

SportSportDie Diamantstad se koerant

Ruan Bruwer

HOEWEL die Griekwas-Diamante sespelpeil die naweek ’n geringe oplewinggetoon het, het hul teleurstellende seisoenmet twee nederlae tuis teen Gautengvoortgeduur.

In die meerdagwedstryd was daar ’nverbetering in die Kimberliete se kolfverto-ning en sou hulle gereken het ’n teiken van331 lopies om op die laaste dag vir ’noorwinning te jaag sou ’n te hoë teiken virdie besoekers gewees het.

Die Gautengers het egter ’n rapsie meeras 70 beurte benodig om die verlangdelopies met nog ses paaltjies staande aan teteken.

Hulle het teen 4.4 lopies per beurt gekolfom maar net die tweede keer die seisoenaan die wenkant te eindig.

Ligpunte was daar in die eerste kolfbeur-te van die bloedjong Diego Rosier met 68,Patrick Kruger se 43 en Gihahn Cloete se44 lopies en ’n verdere 35 lopies deurKruger in die tweede beurt.

In die T20-reeks wat Sondag albei spannese eerste wedstryd was, het die Griekwasstreepsuiker gekry deur 41 lopies kort vanGauteng se totaal van 181 te val.

Sake het belowend begin in die jaagtogdanksy ’n openingsvennootskap van 79lopies deur Cloete (35) en Gerhardt Abra-hams (47). Op 124/3 met nog 58 lopiesbenodig van 30 balle was ’n sege nog ’nwesenlike moontlikheid, maar ’n reuse-in-eenstorting het meegebring dat die laastesewe paaltjies vir net 16 lopies gekantel het.

Die Diamante speel aanstaande naweektuis teen Namibië.

Oplewingte gering

THE Northern Cape golf players gave anexcellent account of themselves in theage group divisions of the NorthernCape Junior Open played over theweekend.

Over 90 players from the NorthernCape and the Free State teed up at theKimberley Golf Club on Saturday andSunday to play over 54 holes.

This annual stroke play event isdivided into the u.11, u.13, u.15, u.17 andu.19 age groups.

The top seed, Bloemfontein’s Attie vanWyk, ended with a closing round 74, ablistering final nine played in just 33strokes to put him six clear on 222 andearned him the 2014 champion title.

The Kimberley Golf Club’s KeananAysen was joint third on 229. Aysen andHermus Venter ended second and thirdrespectively in the u.19 division.

Leon van Jaarsveld was first in theu.15 division. Remon Rabie and NicoPietersen grabbed the first two spots inthe u.13 division. Boele Delport, DianFourie and Jean Pierre Fourie tookthe top three spots in the u.11division.) This week the KGC hosts the Anna-bell’s betterball Stableford on Wednes-day, the Rossbotes Challenge on Thurs-day and a probable Flamingo CasinoNiner outside of the scheduled onFriday.

Golfersshowskills

THE 14­year­old Joshua Edwards of theNorthern Cape High School tees off atthe first hole at theNorthernCape JuniorOpen played at the Kimberley Golf Clubover the weekend. Photo: Ruan Bruwer