noordkaapnk 20140305

12
Tel (053) 831 2331 Woensdag 5 Maart 2014 www.noordkaap.co.za www.noordkaap.mobi GRATIS Die Diamantstad se koerant Lecrecia Prins ’n VERSOEK van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) dat munisipale kontrakwerkers heeltyds aangestel word, kan nie finaal goedgekeur word nie, omdat die Sol Plaatje-munisipali- teit eers moet vasstel wat die gevolge daarvan gaan wees. Lede van Samwu het ’n optog in die stad se strate gehou en ’n griefskrif aan die munisipaliteit oorhandig waarin hulle ’n verslag eis oor die aanstelling van kontrak- werkers, sowel as die dood van vyf munisi- pale werkers in November 2012 by die Homevale-rioolaanleg. Die departement van samewerkende regering het Vrydag ’n verslag aan Samwu oorhandig oor die ondersoek na die aanstelling van die kontrakwerkers. Sello Matsie, kommunikasiehoof van die munisipaliteit, sê die munisipaliteit moet eers die bevindings en aanbevelings van die verslag bestudeer voordat hy kan besluit. Matsie sê die munisipaliteit het ’n verslag aan die raad voorgelê oor die dood van die vyf werkers by die Homevale-riool- aanleg. “Die verslag wat deur Goolam Akharwa- ray, munisipale bestuurder, ingedien is, was om die raad oor die voorval in te lig. ’n Indiepte-ondersoek is deur die departe- ment van arbeid gedoen.” Kebalepile Khula, provinsiale woordvoer- der van dié departement, sê die ondersoek is verlede jaar voltooi en die bevindings is na die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gestuur. Khula sê die inhoud van die verslag is nie aan die publiek bekend gemaak nie. Samwu-lede het rommel voor die munisi- paliteit se ingang gestrooi toe hulle daar- heen opgeruk het om antwoorde te eis. Die griefskrif is deur David Molusi, uitvoerende burgemeester van die Sol Plaatje-munisipaliteit, ontvang. Molusi het gesê hulle (die munisipaliteit) gaan ’n vergadering met al die belangheb- bendes belê om die sake te bespreek en die verhouding te herstel. Hy het gesê dit moet vasgestel word hoeveel poste benodig word sodat mense aangestel kan word. “Ons kan nie jaar in en jaar uit kontrak- werkers hê nie. “Ons gaan met die vakbonde vergader en die uitdagings wat ons in die gesig staar, bespreek.” Samwu ruk op MUNISIPALE kontrakwerkers het ’n optog gehou oor heeltydse aanstellings, maar die Sol Plaatje- munisipaliteit sê hy moet eers na die gevolge kyk voordat ’n besluit geneem gaan word. Foto’s: Emile Hendricks MUNISIPALE WERKERS is ontevrede omdat kontrakwerkers nog nie heeltyds aangestel is nie. Hier strooi van hulle rommel voor die Sol Plaatje-munisipaliteit se ingang. Bou werk aan Hospitaal is op dreef bl. 2 New Griqua captain leads by example p 12 Nuwe era vir koerant hier bl. 4

Upload: noord-kaap

Post on 21-Mar-2016

336 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Noordkaapnk 20140305

TRANSCRIPT

Page 1: Noordkaapnk 20140305

Tel (053) 831 2331 Woensdag 5 Maart 2014 www.noordkaap.co.za www.noordkaap.mobi GRATIS

Die Diamantstad se koerant

Lecrecia Prins

’n VERSOEK van die Suid-AfrikaanseMunisipale Werkersunie (Samwu) datmunisipale kontrakwerkers heeltydsaangestel word, kan nie finaal goedgekeurword nie, omdat die Sol Plaatje-munisipali-teit eers moet vasstel wat die gevolgedaarvan gaan wees.Lede van Samwu het ’n optog in die stad

se strate gehou en ’n griefskrif aan diemunisipaliteit oorhandig waarin hulle ’nverslag eis oor die aanstelling van kontrak-werkers, sowel as die dood van vyf munisi-pale werkers in November 2012 by dieHomevale-rioolaanleg.Die departement van samewerkende

regering het Vrydag ’n verslag aan Samwuoorhandig oor die ondersoek na dieaanstelling van die kontrakwerkers.Sello Matsie, kommunikasiehoof van die

munisipaliteit, sê die munisipaliteit moeteers die bevindings en aanbevelings vandie verslag bestudeer voordat hy kanbesluit.Matsie sê die munisipaliteit het ’n

verslag aan die raad voorgelê oor die doodvan die vyf werkers by die Homevale-riool-aanleg.“Die verslag wat deur Goolam Akharwa-

ray, munisipale bestuurder, ingedien is,was om die raad oor die voorval in te lig.’n Indiepte-ondersoek is deur die departe-ment van arbeid gedoen.”Kebalepile Khula, provinsiale woordvoer-

der van dié departement, sê die ondersoekis verlede jaar voltooi en die bevindings isna die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG)gestuur. Khula sê die inhoud van dieverslag is nie aan die publiek bekendgemaak nie.Samwu-lede het rommel voor die munisi-

paliteit se ingang gestrooi toe hulle daar-heen opgeruk het om antwoorde te eis.Die griefskrif is deur David Molusi,

uitvoerende burgemeester van die SolPlaatje-munisipaliteit, ontvang.Molusi het gesê hulle (die munisipaliteit)

gaan ’n vergadering met al die belangheb-bendes belê om die sake te bespreek en dieverhouding te herstel.Hy het gesê dit moet vasgestel word

hoeveel poste benodig word sodat menseaangestel kan word.“Ons kan nie jaar in en jaar uit kontrak-

werkers hê nie.“Ons gaan met die vakbonde vergader en

die uitdagings wat ons in die gesig staar,bespreek.”

Samwu ruk op

MUNISIPALE kontrakwerkers het ’n optog gehou oor heeltydse aanstellings, maar die Sol Plaatje­munisipaliteit sê hy moet eers na die gevolge kyk voordat ’n besluit geneem gaan word.

Foto’s: Emile Hendricks

MUNISIPALE WERKERS is ontevrede omdat kontrakwerkers nog nie heeltyds aangestel is nie.Hier strooi van hulle rommel voor die Sol Plaatje­munisipaliteit se ingang.

Bou werk aanHospitaal isop dreef

bl. 2

New Griquacaptain leadsby example

p 12

Nuwe era virkoerant hier

bl. 4

Page 2: Noordkaapnk 20140305

2 NOORDKAAP, WOENSDAG 5 MAART 2014

Charné Kemp

DIE nuwe Mediclinic Gariep in El ToroPark sal ’n ultramoderne hospitaal wees watdie nuutste mediese, rekenaar- en omge-wingsvriendelike tegnologie gaan inspan.Die hospitaal maak op 8 Desember

vanjaar oop om Noord-Kapenaars gesond tedokter. Die Mediclinic Gariep, wat 146beddens het, sal die vyfde grootste Medicli-nic (uit 52 hospitale) in die land wees.Die hospitaal begin vorm aanneem, met

die meeste steen- en pleisterwerk watvoltooi is en die eerste lae verf wat geverfword.Stephan Deetlefs, bestuurder, sê hulle het

vyf nuwe teaters met die nuutste tegnologieingerig. Daar is ’n noodgevalle-eenheid,intensiewesorg-eenheid en ’n hoësorgeen-heid. Sowat 14 spesialiste sal ook spreekka-mers hê.Slegs die ginekologie-, pediatrie- en oor-,

neus- en keelafdeling en oogkliniek bly indie Mediclinic Kimberley-gebou in die stadagter.Die nuwe hospitaal op die hoek van

MacDougall- en Petrusstraat spog mettegnologie waarmee dokters byvoorbeeldbloeduitslae of X-straalplate elektronies uitenige saal op rekenaars kan oproep.Die tegniese spanne kan ook onmiddellik

per SMS in kennis gestel word oor moontli-ke brandgevare of foutiewe masjiene.Rekenaar- en elektriese kabels wordafsonderlik gehou om stoornis te verhoed.Daar is oral inspeksiehokke om pypnetwer-ke te inspekteer. Kringtelevisie word in allegange en openbare gebiede aangebring.Volgens die ambagsman Gert Lamprecht

sal die hospitaal nooit kragonderbrekings hênie.“Daar is Eskom-krag, batterye vir onon-

derbroke kragtoevoer, sonkragpanele enkragopwekkers. Alle ligte werk met LED-gloeilampe.”Sonwaterverhittingspanele sal water vir

badkamers verhit. Mure en dakke isgeïnsuleer om hitte en koue beter tereguleer.’n Spesiale struktuur sal die opgaartenks

van bykans 160 000 liter water dra.Daar is vier afsonderlike sale vir mans en

vroue. Die grootste kamers bevat net vierbeddens, en daar is 17 private kamers. Diehospitaal het ’n WiFi-netwerk, en pasiëntesal platskerm-TV-stelle bokant hul beddenshê.Alle teaters en sale is op die grondvlak

om maklike toegang tussen sale, teaters enondersoekkamers te vergemaklik.Die sale sal hul eie temas – Noord-Kaapse

landskappe en diere, mynbou, San-kultuuren kleurskemas – hê. Die indrukwekkendeingangsportaal het ook ’n koffiekroeg,sitkamer en apteek naas die ontvangsgebied.Die kombuis sal afsonderlike voorberei-

dingsgebiede vir verskillende soorte kos envleis hê. Nog ’n nuutjie is die puree-giet-vorms wat vir verswakte pasiënte gebruikword. Die puree word gekleur en in kosgiet-vorms gegiet wat soos die ware Jakob lyk.Dit kan enigiets van wortels, broccoli ofselfs vleis wees.

Bouwerk aan hospitaal op dreefBouwerk aan hospitaal op dreef

BOUWERK aan die nuwe Mediclinic Gariep vorder fluks. Foto’s: Emile Hendricks

DIE ingangsportaal van die nuwe Mediclinic Gariep van die eerstevlak afgeneem.

DIE badkamers van die pasiëntkamers is gerieflik ingerig.

GERT LAMPRECHT en Denise Coetzee inspekteer die bouwerk aan die nuwe MediclinicGariep.

Page 3: Noordkaapnk 20140305

NOORDKAAP, WOENSDAG 5 MAART 2014 3

GREAT VALUE DEALS!

Fans find out first.

Offers valid from 28 February to 16 March 2014

7894

E&OE

SHOP ONLINE at www.capeunionmart.co.zaFREE delivery on ALL online orders.

Visit www.capeunionmart.co.za or call 0860 3333 29. Stores nationwide. Products subject to availability.All our products are covered by our famous 5-way guarantee, ensuring that you always get the best price and advice along with the fairest return and exchange policy.

MEN’S ARROYO SANDALSCarbon rubber outer soleWashable waterproof leather

NOWR599

NormallyR1199

MEN’S REFLEX 2 WP SHOESSticky rubber outer solesWaterproofEVA midsolesBreathable mesh lining

NOWR699

NormallyR1099

Vibram® trek rubber outsoles forbetter tractionPolyester mesh linings for breathability

MEN’S PHASER INFERNO SHOES

NOWR799

NormallyR1399

Vibram® outsoles for bettertraction and gripAir cushion midsoles for comfort

MEN’S CHAMELEON 2 LEATHER SHOES

NOWR999

NormallyR1499

Air cushion midsoles for comfortMoulded external heel and toecorner for protection

MEN’S REACTOR LEATHER SHOES

NOWR799

NormallyR1399

Rubber outsoles for better tractionNylon mesh linings for breathability

MEN’S EMERGE SHOES

NOWR799

NormallyR999

Pivoting strap that can be wornbehind heelsLightweight Croslite materialsoles for comfort

WOMEN’S CLEO 2 SANDALS

NOWR199

NormallyR299

Rubber outsoles for better gripVersatile removable heel straps

WOMEN’S CARSEY SANDALS

NOWR150

NormallyR275

FOOTWEAR

FRENZYUp to

50% OFF!

Lecrecia Prins

“AS dit nie vir die duiwe was nie, was ekseker al dood.”Só beskryf oom William (Scotch)

Paterson (90) sy liefde vir sy wedvlugdui-we.Oom Scotch neem sedert 1935, toe hy

11 jaar oud was, aan duiwewedvlugte deel.Al die jong seuns in sy buurt (Weseinde)het duiwe gevlieg en hy het ook belanggestel. Hy het hom by die KimberleyHoming Society aangesluit.Vandag is hy steeds ’n aktiewe lid van

dié klub. Oom Scotch sê hy vlieg duiwe,omdat dit vir hom terapeuties is.“Wanneer jy oud word, hou die duiwe

jou kop reg. Daar is baie dinge wat jymoet onthou en dit hou jou fiks. Jy moetjou duiwe kan vang en in die hok sit.“My vrou het altyd gespot ek is liewer

vir my duiwe as vir haar. Wanneer ’nduif nie liefde in sy hok ervaar nie, komhy nie terug nie. Wanneer ek in die hokstap, roep ek hulle en binne ’n paarminute is almal in die hok.”Roelie Steynmann, voorsitter van die

Kimberley Homing Society, sê dit ismerkwaardig om oom Scotch nog soaktief te sien.“Hy is die enigste mens in die wêreld

wat op so ’n hoë ouderdom nog duiwevlieg. Scotch lewe vir sy duiwe. Sy duiwegee hom ’n rede om soggens op te staan.Die laaste tien jaar gaan dit nie meer oorprestasie vir hom nie, maar oor deelname.Oom Scotch teel self sy duiwe. Die duiwewat hy teel, is gesog. Die mense wat al syduiwe gekoop het, het al baie prysegewen.”Oom Scotch sê die geheim van wendui-

we is om net met die beste duiwe enbloedlyne te teel.Oom Scotch was al meer as 11 keer die

klubkampioen van die Kimberley HomingSociety. Dit is onseker hoeveel pryse hyal gewen het, omdat die rekords niebeskikbaar is nie.

Duiwe is sy lewe

OOMSCOTCHPATERSONwat sedert 1935wedvlugduiwe vlieg.Foto: Lecrecia Prins

Gesellig byeen

DIE Griekwas het Woensdagaand die bekendstelling van die Voda­com­bekerreeks en prysuitdeling gehou. Van links is LeanaCoetzee(senior bemarkingsbeampte: GWK), Zane le Roux, Janro van Nie­kerk, Johann Klopper (finansiële direkteur: GWK) en Hillford Clarke.

Foto’s: Emile Hendricks

VAN links is Steph Roberts, Tos Smith (erelid), Burger Schoemanen PJ Vermeulen.

Page 4: Noordkaapnk 20140305

4 NOORDKAAP, WOENSDAG 5 MAART 2014

Nuwe era vir koerantELKEnou en dan is dit nodig om ’n nuwe blaad-jie om te slaan, iets nuuts te probeer doen.En daardie tyd het nou virNoordkaap aange-

breek.Die eerste veranderings sal jy reeds vandees-

week sien indie koerantwat jynou in jouhandevashou.Noordkaapwil Kimberley se koerantwees, ’n

koerantvirKimberlietewat reflekteerhoeKim-berliete leef, speel en werk.Ons ken Kimberliete as vriendelike mense,

betrokke, bedrywig, talentvol, agtermekaarmense. En dit moet in die koerant wys.Daarvoor gaan ons jou hulp nodig kry.Laat weet ons as jy iets interessants doen, as

jy weet van iemand wat iets interessants doen,iemand wat gepresteer het.Uiteraard sal ons alles sif wat ons ontvang.

Ruimte laat nie toe dat ons alles kan plaas nie.Maar laat weet ons eerder van iets wat dalk

nie die koerant haal nie, as om stil te bly ooriets wat wel die koerant sou gehaal het.Die volgende paar maande is die koerant on-

der die leiding van die waarnemende redak-teur, Lecrecia Prins, bygestaan deur AndréBotha en Charné Kemp, Volksblad-joernaliste –al drie getoë Kimberliete met ’n passie vir diestad.Vat ons hande en maak Noordkaap jou koe-

rant.

Karin Muller

DIE volgende paar weke gaan die meeste vanons se roetine stadigaan verander.Jy gaan die motor se sonklappie afslaan

wanneer jy vroeg werk toe ry. Jy gaan die mo-tor se ligte aanskakel.Jy gaan selfs besef dat jy niemeer so gereeld

soos gewoonlik die lugversorger gebruik nie.Nie noodwendig in daardie volgorde nie,maarjy gaan weet: Die seisoen verander.Die winter is op pad. Dalk nie binne die vol-

gende paar dae nie, maar dit is ’n feit: Die so-mer staan einde se kant toe. Waatlemoen enspanspek raak skaars. Die grasperk hoef dalkbinnekort net elke tweedeweek gesny teword.Eersdaags word die lugversorgers op warm

gestel. Kaggelhout gaan in die plek van braai-hout gekoop word. Die plantjies wat jy nievroegtydig met rypdoek toegemaak het nie,gaan doodryp. Dit gaan voel asof die tempera-tuur ’n onbeperkte tyd nie weer gaan styg nie.Maar iewers in jou – tussen jou serp enhand-

skoene en warm koringsakkie – sal jy weet:Die koue gaan nie altyd aanhou nie.In ’n wêreld van onsekerhede is dit een van

die min sekerhede wat ons het.Of die nuus van die komende seisoen jou op-

gewonde of benoud maak, dit is nie regtig nouter sprake nie. Of die seisoen so warm of sokoud gaan wees soos wat dit veronderstel isom te wees, is ook nie nou van belang nie.Die een seisoen is verby. Die volgende een

is op pad. Daarvan kan ons seker wees.Ons wonder gewoonlik wat die toekoms vir

ons, veral vir ons kinders, inhou.

Ons wonder watmet die ekonomiegaan gebeur. Onswonder selfs of onsdie volgende dagelektrisiteit of watergaan hê.Ons wonder dalk

wat ons rugbyspan sewedstryd Saterdaggaan oplewer. Onsekerhede oor jou werk enjou gesin laat jou soms, of gereeld, in die nagrondrol.Miskien is dit die oorsaak van ’n paar nuwe

plooie wat jy nie wou gehad het nie.Ekhet in ’n rypvrye gebied grootgeword. Dit

was ’n groot skok vir my gestel toe ek eers inmy twintigerjare met ryp re doen gekry het.Die winter is nie my gunsteling-seisoen nie.My man spot altyd en sê die Afrikaanse ver-

taling van my naam in ’n Indiaanse gemeen-skap sou “Kombersie in die Somer” geweeshet. Daar is altyd ’n kombers byderhand virdie skraal moontlikheid dat ek miskien gaankoud kry.As die koms van die winter vir jou goeie

nuus is, is dit moontlik dat die koms van diesomer vir jou slegte nuus is.As die koms van die winter jou ineen laat

krimp, soos vir my, is daar tog goeie nuus: Op’n vreemde manier skop ’n soort warmte nesin jou hart om te weet dit is een van die mindinge waarvan jy seker kan wees.En in ’n wêreld van onsekerheid is ’n mens

dankbaar vir elke sekerheid wat oor jou padkom.

Moet nooitophou huppel

Hannes Noëth

AS ek aan daardie dae terugdink, dink ek aanhoe sy gehuppel het. Vandag is sy ’n volwassevrou met ’n huisgesin, ’n beroep en ’n leefwê-reld. In daardie stadium was sy ’n meisietjievan so sewe, dalk agt jaar.Dat haar ouers oorlede is en sy in die kin-

derhuis moes grootword, het haar nie terug-gehou nie. Vandag sal sy vir jou sê haar le-wenspad met al sy draaie en swaaie was virhaar goed.Die lag op haar fyn gesiggie was anders as

die gewone – dit was innemend en opreg.Die rede hoekom ek vandag weer aan haar

dink, is omdat ek met iemand gesels het metwie dit nie goed gaan nie.Ekhet vir haar gevrawat vir haar die ergste

is. Sy het lank gedink – waarskynlik al diestruikelblokke in haar lewe oordink.Haar antwoord het my aan die huppel-kind

laat terugdink. Dit was ontstellend: Die ergstevan alles is dat sy haar lag heeltemal verloor

het. Sy kry nie meer gelag nie. In haar hartis haar lag weg.Haar woorde was: “My hart huppel nie

meer nie”.Tussen haar maatjies sou die huppel-kind

altyd huppel. Ek onthou hoe sy eendag op ’nkamp vir skoolkinders gevra het of ons ’nhuppelkompetisie mag hou.Ek glimlag nou nog as ek dink aan ’n seun

van daardie ouderdom wat haar toegesnouhet: “Kan jy nie ordentlik loop nie? Moet jyaltyd loop en spring-spring?”.As jy vir haar sou vra hoekom sy so huppel,

sou sy net lag en sê, want dit is lekker, ditmaak my lag, ek hou daarvan, of iets soortge-lyks.Wanneer verloor ’n mens jou huppel? Wan-

neer gaan jou lag weg?Daar kan seker baie redes wees en daar kan

seker dinge wees wat swaar op ’n mens druk,maar tog is dit belangrik dat ons lag nie weg-raak nie, dat ons huppel nie verdwyn nie.Mag jou innerlike vandag huppel.Moenie dat iemand of iets jou lag van jou

wegvat nie.

DIE Hoërskool Diamantveld is in 1935 gestig, maar sy hoofgebou dateer uit 1916. Dit hetaanvanklik die Kimberley Teachers’ Training College gehuisves. Nadat die kollege toege­maak het, is ’n Engelse laerskool (Belgravia) in die gehou gehuisves. Met die stigting vanDiamantveld het die skool aanvanklik die ou koshuisgebou van die kollege oorkant diestraat as skoolgebou, sowel as koshuis, gebruik. In 1940 het Belgravia na ‘n nuwe gebouop die hoek vanMemorialweg en Dutoitspanweg verhuis, en Diamantveld het die hoofge­bou betrek. Die foto is omstreeks 1919 geneem, vermoedelik met die amptelike openingvan die kollege. Foto: Africana Biblioteek

NAMATE die skool se leerlingtal toegeneem het, is die skoolgebou aansienlik uitgebreimet twee vleuels weerskante van die hoofgebou en ’n vleuel wat agter die hoofgebouin ’n sirkel uitstrek. Die doringveld voor die hoofgebou is omskep in ‘n tuin, parkeerplekkeen sportvelde. ’n Groter skoolsaal en sportsentrum het ook daartoe bygedra dat die skool­gebou se aansig verander het. Foto: Emile Hendricks

Als gaan verby

Page 5: Noordkaapnk 20140305

NOORDKAAP, WOENSDAG 5 MAART 2014 5

DONDERDAG 6 Maart:) Marinda Engelbrecht, ’nfinalis van kykNET se reeksKokkedoor, is die gas op dieHoërskool Diamantveld sevroue-oggend.

Sy sal van haar ervaringsvertel en ’n kosdemonstrasiedoen. Dit begin om 10:00 indie Cerff-saal van die skool.

Kaartjies is teen R250 bydie skool te kry. Bespreekplek deur 053-833-1528 of082-440-3303 te skakel of stuur’n e-pos na [email protected].) Die gospelsanger LeonGoosen tree om 18:30 in dieNG kerk Dutoitspan op. Dit isgratis, maar skenkings iswelkom.Saturday, 8 March:

) Kimberley’s Idols finalist ofSeason 7, Lefa Pike, performsin Bar 129 at the FlamingoCasino at 21:00. Entry is free.) The Cansa Relay for Lifewill take place in the BigHole parking area. It will runfrom 18:00 until 06:00 the

following morning.Old and new teams can

register at R500 and R300 forschool teams. Spectatortickets for this closed event isavailable at the Cansa office.

Call Jeanne on 082-829-7000or send an email to [email protected] 14 Maart:

) Met ’n Hart vol drome stelDonne Steyn en Alberto ’nkonsert bekend wat as ’nJuanita du Plessis en TheunsJordaan huldeblyk dien.

Kaartjies kos R50 virvolwassenes en kinders jongeras 12 jar kry gratis toegang.Dit is om 18:30 in die Trinity-Methodiste-kerk in Chapel-straat. Bel Aubrey Morris by082-786-1579 of Barry Myburghby 082-783-5595.) Indien jy ’n geleentheidaanbied, stuur die inligtingaan Noordkaap. Plasing isgratis. Indien dit die Woens-dag wanneer die koerantbeskikbaar is, moet verskyn,moet dit Noordkaap dievorige week voor Vrydag om10:00 bereik. E-pos inligtingna [email protected],faks dit na 053-831-4791 of SMSdit na 45533. Begin die SMSmet “NK”.

DIE foto’s stroom invir Noordkaap se fo-tokompetisie.

Dit is belangrik datdie foto nie kleiner as500 KB is nie.

Stuur gerus jouplaaslike foto.

Dit kan iets weeswat vreemd, buiten-gewoon, snaaks, inte-ressant of sommernet mooi is.

Stuur ook ’n volle-dige byskrif (wat be-skryf wat op die fotogebeur, waar en wan-neer jy die foto ge-neem het, wat dieomstandighede daar-van is en wie daaropis). Indien dit ’ngroepfoto is, meldwie almal op die fotois.

Stuur die foto virjou inskrywing [email protected]. Aan dieeinde van elkemaandkies Noordkaap ’nwenfoto.

Die fotograaf vandie weninskrywingontvang ’n R350-ge-skenkbewys van dieDiamond PavilionShopping Mall.

Kiekenwen

ANDREW PETERS het dié foto van ’n naaldekoker op 14 Januarieverlede jaar naby Delportshoop op die oewer van die Vaalrivier ge­neem. Dit was laatmiddag en hy het sy Nokia N73 gebruik.

Foto: Andrew Peters

LINKS: Andrew Peters het dié foto van ’nskoenlapper op 14 Januarie verlede jaar na­by Delportshoop op die oewer van die Vaal­rivier geneem.Ditwas laatmiddag en hy hetsy Nokia N73 gebruik. Foto: Andrew Peters

BO: Die wenner van die fotokompetisie virFebruarie is Peter Odell. Die Kamfersdam sewatervlak veroorsaak dat die goederevrag­spoorlyn van Postmasburg gereeld onderwater is. Foto: Peter Odell

Page 6: Noordkaapnk 20140305

6 NOORDKAAP, WOENSDAG 5 MAART 2014

Carine Beylefeld

DAVID MOELA (49) woon al jare in ’n sinkhuis.In Kimberley, sedert 1980, en voorheen op Ulcoen toe Taung.

Dit is ook in Kimberley waar hy sy vrou, Ceci-lia, ontmoet het en in 1994 met haar getroud is.Hulle het eers in Tambo Square oorkant dieWeseinde-begraafplaas gewoonenwas latervandie grondbesetters wat sinkhuise oorkant Tam-bo Square gebou het.

Hy het vinnig gespring toe die munisipaliteitdié huise begin afbreek het en syne self afge-breek. Daardeur het hy verseker dat sy sinkpla-te ongeskonde gebly het.

Die huis waarin hy en Cecilia nou woon, hethy en ’n vriend in so drie tot vier dae opgerig.Dit het hom R2 400 gekos.

Vier ronde pale word benodig, met tien sink-plate vir die dak en sowat ses per sykant. Hy ge-bruik drie- tot vierduim-spykers en hy maak se-ker dat die spykers goed vasgekap is. Daar wordook deeglik vir gaatjies in die sinkplate gekyk,wat dan geseël moet word.

So ’n huis met nuwe sinkplate kan tot R4 000kos.

Hy sê elke inwoner kies sy eie staanplek virsy huis, maar hy kyk altyd dat die grond waarhy sy sinkhuis gaan bou, nie afdraand lê nie endie plek redelik hoog geleë is, sodat wanneer ditreën, daar nie baie modder is nie en dat waternie deur sy huis kan vloei nie.

Die stowwerige winde en ondraaglike hittevan 40 °C pla hom en sy gesin glad nie. Hy sê as

dit dalk vir hulle warm word, sal hulle buite sit.Water word van Tambo Square aangedra en

hulle het geen elektrisiteit nie, dus gebruik hul-le saans kerse om lig te maak.

Die eenvertrek-sinkhuis word met ’n gordynverdeel waar die een deel dan as slaapkamer

dien en die ander as kombuis en sitkamer ge-bruik word.

Soggens en saans word uit ’n skottel gewas.Daar word tot laataand om die vuur gekuierwaar hulle dan stywepap met melk en vleis eet.Suiker word net gebruik om in die tee te gooi.

Hy sê dit is baie veilig om so tussen die mensete bly en almal help en deel met mekaar.

Vir ekstra geld bou hy sinkhuise vir ander.Hy doen ook los werkies soos die installeringvan besproeiingstelsels, verf- en loodgieter-werk.

Sinkhuis sy tuiste en sy trotsSinkhuis sy tuiste en sy trots

DAVIDMOELA en sy twee seuns, Phenyo enBotlhale, voor hul sinkhuis.DAVID MOELA en sy twee seuns, Phenyo (9) en Botlhale (10), hard aan die werk om ’n

sinkhuis te bou. Foto’s: Carine Beyleveld

Page 7: Noordkaapnk 20140305

NOORDKAAP, WOENSDAG 5 MAART 2014 7

Open24 h urs

YOUR COMMUNITY. YOUR STORIES.

SYNC

/12210

YUM RestaurantCustomer Careline: 0860 100 222

www.kfc.co.za

World hunger day.

Advertorial brought to you by KFC

Do you know a ‘So Good’ Hero in

your community? Your story could

be published and you could win

great prizes.

Send your stories and pictures to

[email protected] by the 15th of

each month. Remember to include your full

name, location and contact details.Visit www.kfc.co.za/legal for Terms and Conditions.

KFC TelKFC Kimberley 2 (Cnr. George & Bulfontein Road)KFC Kimberley 3 (Cnr. Transvaal & Cecil Sussman Street)KFC Monument Heights (Cnr. Macdougal & Memorial Road)

053 832 9607053 831 2255053 832 9554

KFC CUSTOMERS BRING HOPE TOHUNGRY CHILDREN IN SOUTH AFRICA

Last year, KFC customers opened their hearts and their wallets

even wider than before and gave with big spirits to help those less

fortunate than themselves.

This generosity meant that with your help in 2013, we at KFC were

able to raise the huge amount of R26 million in our stores to help

underprivileged children via the KFC Add Hope Initiative. This is a

record, exceeding all our hopes and our target of R16 million!

This year we are hoping to raise R28 million to help us feed

60 000 children each month, and really make a difference to these

children’s lives. Our aim is to help even more children grow, learn

and thrive as a result of the nutritious meals they receive.

It’s you, our KFC customers who deserve the biggest thank you for

your generosity. Our customers understand what a big difference

adding R2 in store can make to the lives of these children.

Adding hope is a precious gift. Let’s do it all over again, together

in 2014.

For more information please visit our website www.addhope.co.za

Charné Kemp

IZAK GELDERBLOM wens dat Kimberlietehuishoudelike afvalmeer ernstig herwin omdatdit noodsaaklik is om die aarde vir die mens senageslag te bewaar.

Hy en sy vrou sit twee Saterdae van elkemaand in El Toropark se park om mense se her-winbare afval te ontvang en dit aan sakemannete gee wat herwinning doen.

“Daar isnet 16huishoudingshierwatherwin.Onsprobeer reeds twee jaaromallehuisgesinnein die buurt aan te moedig om te herwin.

“Onswykskomiteehetdieprojek inApril 2012bekendgestel.Onsdoenherwinningop elke eer-ste en derde Saterdag van die maand in die parkin McDougallstraat. Ons is van 09:00 tot 11:00daar en maak seker mense gooi nie rommel indie waentjies nie.”

GawieViljoenvanWasteWarriors trek sywa-entjie by die park waarin inwoners hul herwin-bare rommel gooi. Gelderblom en sy vrou, Lilli-di, geemenseookraadoorherwinningenbespa-ring. Daar word hoofsaaklik papier en plastiekherwin, maar skoongewaste blikke word ookaanvaar. Die glas word eenkant gehou en virSandy’s Glass vir herwinning gegee. Die geldwatGelderblomvanViljoenvir die rommelkry,word gebruik om die buurt netjies te hou.

“My oogmerke van die begin was om mense

te kry om groen te dink en daarom te herwin.Ek wou ook geld kry om die omgewing skoonte maak en te hou.”

Mense bly maar traag om te herwin. Tog sithy en Lillidi gereeld in die park op hul opvou-stoele en lees boeke. Dit is ook lekker om metmense te gesels. Herwinning hoef nie lelik ofaardig te wees nie.

“Ons het vullisdromme by ons kombuisdeurgesit met die name van die soort materiaal watdaarin gegooi moet word. Dit is al ’n gewoonteom leëhondekosblikke indie laaste skottelgoed-water te was. Dieselfde met leë plastiekhouersof -bottels. Dit is dan skoon en gee geen reukeaf nie. Skille en organiese afval gaan kompos-hoop toe.”

Die Gelderbloms se weeklikse afvalsakke isbaie klein, omdat blikke en bottels reeds herwinis. Die sakke stink ook nie so erg nie. Hy sê diemunisipaliteit spaar geld en werkers het min-der werk. Afvalmaatskappye maak geld uit her-winning en die aarde kan effe asemhaal.

Jy kan ook herwin by:) NG kerk Dutoitspan, hoek van Rose- en Dy-erstraat, Beaconsfield. Bottels en papier. Maan-dae tot Donderdae van 10:00 tot 14:00. Telefoon:053-842-1100.) NG kerk Vooruitsig, Croninweg, Hadison-park.Bottels enpapier.Maandae totVrydaevan08:00 tot 13:00. Telefoon 053-861-1849.

EgpaarmoedigEgpaarmoedigherwinning aanherwinning aan

DIE vullisblikke by Izak en Lillidi Gelderblom se kombuisdeur is duidelik gemerk vir diesoort herwinbare produkte wat daarin geplaas moet word. Foto’s: Verskaf

DIE waentjie waarin herwinbare huishoudelike produkte geplaas word. Dit staan elke eer­ste en derde Saterdag van die maand van 09:00 tot 11:00 by die park in El Toropark.

Page 8: Noordkaapnk 20140305

8 NOORDKAAP, WOENSDAG 5 MAART 2014

MOTORS

DIT voel asof daar skaars ’n blaaskans wasvoordat ’n mens jou vir die nuwe baanren-seisoen moet regskuif. Die nasionalebaanrenreeks word vanjaar weer oor agtrondes beslis met die eerste renne wat opSaterdag 22 Februarie op Zwartkops, netbuite Pretoria, gehou is.Effense slegte nuus vir die baanren-sir-

kus is die verlies van die tweewielers, dieSuperfietse en die kleiner SuperSport-jaers.Die motorfietsmanne het besluit omvanjaar hul eie reeks te hou.Dit beteken hulle gaan nie meer op

dieselfde dag as die motors op die baangesien word nie. Dit is egter nie noodwen-dig sleg vir motorsport in die land nie,want die tweewielers gaan nou in meerklasse met mekaar meeding.Maar terug na die motors. Nuus is nog

maar skraps, maar dit word gesê Audigaan vanjaar weer ’n sterk aanslag op dietitel maak. Vier jaers, onder wie drienuwes, gaan vanjaar agter die stuur van ’nS4 Quattro inskuif.Die kampioen, Michael Stephen, sal die

viertal lei wanneer hy sy visier op ’nvierde titel in klas A van die produksiemo-tors rig. Saam met hom is die Subaru-jaerHennie Groenewald wat hope talent het.Dit is slegte nuus vir Subaru, wantGroenewald het in ’n klein span gereeld opdie podium verskyn. Maar Subaru seslegte nuus is Audi se wins. Die anderjaers in Audi’s is Simon Moss en GennaroBonafede.Ons weet nog nie wat BMW se planne is

nie, en wie vir Subaru in die plek vanGroenewald gaan jaag nie.Ons krap ook kop oor wat die toekoms

van die produksiemotors se klas A-deelne-mers is. Daar was verlede jaar te minspanne en motors wat deelgeneem het. Onshoop die veld kan vanjaar groter wees.

Wiele rol weer

Willem Fritz

AS jy tot onlangs ’n jong petrolkop met ’njeukerige regtervoet was wat ’n prettige ensportiewe ryding vir minder as R250 000gesoek het, was jou keuses taamlik beperk.Tot dusver was daar eintlik net een

alternatief: Suzuki se Swift Sport. Daar isegter nou ’n nuwe speler op die veld . . . Sêhallo aan Chevrolet se Sonic RS wat pasbekend gestel is.Die Sonic RS is die eerste “warm” Chevy

in die B-segment en in sy “borskas” klopChevrolet se globale Ecotec- turbo-aangejaag-de 1,4 liter-petrolenjin wat 103 kW en 200 Nmuitpomp.Die ontwerp-elemente buite is subtiel,

maar doeltreffend. Voor is ’n herontwerptebuffer met reghoekige misligte met chroom-detail.Binne word die sportiewe tema voortgesit

met sportsitplekke oorgetrek in ’n leer-suè-de-kombinasie met RS-letters daaropgeborduur. Rooi stiksels op die sitplekke en

’n stuurwiel oorgetrek met leer is verderekenmerke van dié model. Die stuurwielvertoon netjies met sy moderne ontwerp,plat bodem en RS-letters. Die toereteller iseffens aangepas en spog ook met dieRS-benaming.Die sentrale konsole het ’n blinkswart

afwerking wat ’n gehalte-gevoel skep enaluminium pedale en RS-voetmatjies ronddie prentjie af.Die ervaring agter die stuur kan met een

woord beskryf word – prettig. Die stuur pasmet sy dikte en grootte gerieflik in diehand, is lekker sensitief en bied genoegsameterugvoering oor wat die voorwiele aanvang.Die sesgangratkas skakel sekuur oor met

kort gange waarvan die spasiëring reg issodat ’n mens nie in entoesiastiese bestuurs-toestande die verkeerde rat kies nie.Die Sonic RS is teen R225 300 baie

mededingend geprys. Dit bied ’n welkomealternatief vir kopers wat ’n bekostigbare,sportiewe ryding soek waar die pretfaktordieper as net die oppervlak strek.

Die Sonic RS saldie sak pas

CHEVROLET se Sonic RS. Foto: Verskaf

Verslaggewer

LANK, slank en sommer baie mooi. Dítis hoe ’n mens Mercedes-Benz se nuweS-koepee, die weeldewa wat mettertyddie CL-reeks gaan vervang, kan beskryf.Die nuwe S-koepee sal sy formele

debuut op die Genève-skou hê.Die koepee sal die S-klas se sportiewe

broer wees en oor al die nuwe tegnolo-gie beskik wat die S-klas so indrukwek-kend maak.Een van dié tegno-truuks in die

wêreld van weeldewaens is Mercedes sesogenaamde “Magic Body Control”, ’nstelsel waar kameras die padoppervlak’n entjie vooruit bestudeer en betydsdie vering aanpas. Is die pad hobbelrig,sal hy jou na Comfort oorskakel. Lykdinge mooi gelyk soos op ’n snelweg, sithy hom in ’n fermer verstelling.Die koepee sal ook die S-klas se

“Intelligent Drive”-funksies hê watmaar net ’n sambreelnaam is vir ’n ritsnuttige truuks wat die lewe agter diestuur makliker maak.Dit sluit nou dinge in soos ’n selfrem-

funksie as die blikbrein dink jy gaanteen die ou voor jou bots, en ’n volgaf-standbeheerstelsel.Daar is ook ’n nagsigkamera wat met

infrarooi werk en ’n swartwitbeeld op’n skerm voor jou vertoon. Die kamerakan verder as die hoofligte sien, maarverblind nie die aankomende bestuur-der nie.Die stelsel lees ook padtekens soos

spoed- en gevaartekens en wys dit opdie skermpie.Iets wat die bure nogal twee keer na

jou S-koepee sal laat kyk, is dat daar47 Swarovski-kristalle in elke hoofligis. Die kristalle laat glo die rytjieLED-lampies wat deur die dag skyn,asook die flikkerligte, ekstra helderblink . . .Wat sy voorkoms betref, het die

koepee ’n lang, plat en vloeiendeprofiel.Voor is die sierrooster met die

tradisionele enkele dwars spar en ’ngroot driepuntster getooi, terwyl tweeskerp kepe by die deure ’n horisontaleen opwaartse aksentlyn vorm.Agter het die koepee dieselfde

“hangstert” wat voortaan deel van elkeMerc-sedan en -koepee gaan vorm. Die

nuwe S- en CLA-klas, sowel as die nuweC-klas wat binnekort kom, het almalhierdie hangstert-voorkoms.Binnelangs is dit pure S-klas met

dieselfde paneel- en instrumentuitleg.Die sitplekke het ook, soos in dieS-sedan, uitgebreide masseerfunksiesterwyl ’n Burmeister-klankstelsel tot dieres van jou ontspanning bydra.Aanvanklik sal die S-koepee net met

’n 4,7 liter-V8-enjin met twee turbo’s tekry wees wat 340 kW en 700 Nm sewringkrag bied.Meer inligting sal binnekort bekend

gemaak word. Trek solank die spaarvar-kie nader.

Merc se S-koepeebegeerlikewiele

MERCEDES se nuwe S­koepee.Foto’s: Verskaf

DIEweelderige binnekant vanMercedes­Benz se S­koepee.

Page 9: Noordkaapnk 20140305

NOORDKAAP, WOENSDAG 5 MAART 2014 9

Lecrecia Prins

MET sosiale netwerke wat deesdae ’nvinnige manier van kommunikasie is, hetdie Hoërskool Diamantveld besluit om opdieselfde manier met sy leerlinge en hulouers te kommunikeer.Die skool het verlede week sy nuwe

Facebook-blad bekend gestel.Die leerlinge het positief daarop gerea-

geer.Die skool het voorheen verskeie Face-

book-blaaie gehad wat deur oudleerlingegeadministreer is.Dié een gaan egter intern bestuur word.Ina Olivier, die bemarkingsbeampte van

die skool, sê die doel van die blad is ommeer interaksie van ouers en leerlinge tekry.“Leerlinge kan self foto’s oplaai van

sportbyeenkomste wat hulle bygewoon het.“Dit is ook ’n manier om die papierver-

bruik van die skool te verminder.

Diamantveld wil papierloos word.“Ons stuur reeds SMS-boodskappe.

Tegnologie gaan vooruit en jy moet altydeen tree voor bly.“Ons is nie die enigste skool met ’n

Facebook-blad nie, maar die manierwaarop dit bestuur word, maak ’n verskil.”Volgens Mareth Hugo, skoolhoof, het die

skool besef sosiale media is ’n kragtigekommunikasiemiddel.Die hoop is die skool se handelsmerk

kan op ’n positiewe manier uitgebrei word.“Die Diamantveld-handelsmerk is op

gevestigde waardes gebou.“Ek glo dit is die sleutel tot die hart en

die siel van die kinders.“Ons hoop ons kan deur die sosiale

media ons waardes aan die wêreld tentoon stel.”Lezaan Hughes, ’n gr. 10-leerling aan die

skool, sê die blad is ’n goeie gedagte, wanthulle sukkel soms om inligting oorsportuitslae te kry.Mikayla Slinger, ook in gr. 10, sê die

nuwe blad is awesome en dit laat hullebelangrik voel om deel van die blad tewees.”Die 500ste en 1 000ste besoeker wat dié

Facebook-blad gaan like, kan elk ’ngeskenk van Nashua Mobile wen.

Skool lig hulle in opeie Facebook-blad

VAN links is Mikayla Slinger, Bianca Bronk­horst en Lezaan Hughes van die HoërskoolDiamantveld wat wys hoe opgewonde hul­le oor die skool se nuwe Facebook­blad is.

Foto: Lecrecia Prins

Spog met uitslae ná hernasiening van vraestelle

STEPHAN VAN DERWESTHUIZEN heteen van sy vraestel­le laat hernasien en’nA­gemiddeld­sim­bool verwerf.

WILHELM STASSEN van die Hoërskool Dia­mantveld het sewe onderskeidings in die2013­matriekeindeksamen behaal, maar ditwasaanvanklik nie sodeurdieonderwysde­partement aangeteken nie.

MICHELLE DUPLESSIS spog noumet sewe onder­skeidings in die2013­eindeksamennadat sy ’n matriek­vraestel laat herna­sien het. Foto’s:Verskaf

PHILIP JOHN BADENHORST en Stephanie Potgieter is op ’n glansgeleentheid van dieHoërskool Diamantveld as Mnr. Diamantveld en Mej. Diamantveld aangewys.

Foto: Christelle Groenewald

Page 10: Noordkaapnk 20140305

10 NOORDKAAP, WOENSDAG 5 MAART 2014

PERSOONLIKEDIENSTE

LENINGS

1445

TE KOOP

ALLERLEI

1655

UTILITY RUBBER STAMPS:SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX:053 832 1951.

SAKE

GELEENTHEDE

2415

CHOCOLATE MANU-FACTURING/SWEETDISTRIBUTION/MEDI-CAL AID KITSStart your own bussiness.Succesful opportunities.Myer 012 547 [email protected]

VOERTUIE

BAKKIES/4X2’sTE KOOP/HUUR

3010

2002 KZTE: R79 500.2006 Ranger, d/kaj: R49500. 1995 Courier: R34500. Skakel 072 472 8686.

MOTORS TE KOOP

3025

2006 CORSA: R39 500.1995 Corolla: R29 500.1997 Hyundai: R16 500Skakel: 072 472 8686.

SLEEPWAENS

3040

CATTLE TRAILER: R14500. Cooler trailer, R43000. Fiat 650 tractor, R27000. 072 472 8686.

VOERTUIE GESOEKOM TE KOOP

3075

KONTANT VIR KARRE,bakkies, lorries, kombi's,busse, karavane, trekkers.Alle modelle. Skakel: 071967 0285 WhatsApp.

WOONSTELLETE HUUR

3250

EENMAN- ('BACHE-LOR') WOONSTEL:Water ingesl. Koopkrag.New Park. Parkering. R3300 p.m. plus R3 000 depo-sito. 072 079 2797.

BETREKKINGS

3600

ADMINISTRATIEF

3605

ADMINCOPY/PASTE/DATACLERKS NEEDED: FORINFO SMSNAME/ADDRESS TO: 084904 6873 or e-mail:[email protected]

Page 11: Noordkaapnk 20140305

NOORDKAAP, WOENSDAG 5 MAART 2014 11

DIE Griekwas­bou­ler Alan Kruger watal vir die Knights­franchise krieket ge­speel het, kan eenvan sy span se staat­makers wees in dieprovinsiale driedag­kompetisie wat mô­re in Kimberley be­gin.

Foto: Verskaf

DIE 14-jarigeMelissa Carney vandie HoërskoolNoord-Kaap inKimberley isSuperSport Let’sPlay en Noordkaapse sportster virFebruarie.Melissa, wie se

broer Deon nogverlede seisoen virdie Curriebeker-reeks by dieGriekwas betrokkewas, is ’n kranigeswemmer entweekamp-atleet.Sy het in die

afgelope Midmar-myl, wat as een vandie grootste opewa-terswem-byeen-komste in diewêreld beskouword, haar in dieafdeling vir vroue14 tot 30 jaardeeglik van haartaak gekwyt en indié afdeling algeheel 41ste klaargemaak.Wat die prestasie so besonders maak, is

dat daar bykans 2 000 inskrywings in dievroue-afdeling was.Melissa is ook kookwater wanneer dit by

die swembad kom en sy het op die inter-provinsiale swembyeenkoms, wat eindeJanuarie in Kimberley gehou is, twee gouemedaljes en twee silwermedaljes ontvang.Sy swem by die Flamingo Aquatics-klub

en word deur Gerhard Naus afgerig.) Is jy sportief? Of weet jy van iemand injou skool wat goed in sport is? Werk jyhard by jou skool, in jou gemeenskap of indie gimnasium om jong mense aan tespoor om aan sport deel te neem?Noordkaap en SuperSport se Let’s

Play-kompetisie hoor graag van dieDiamantstad se sportiewe jong mense.SuperSport het die behoefte by jong

mense geïdentifiseer om erkenning te geeaan diegene wat betrokke is by sport, goeddaarin vaar of ander jong mense aanspoorom aan sport deel te neem.Noordkaap en SuperSport se Let’s

Play-sportster van die maand-kompetisiehet pas begin en is oop vir enigeen tussen

6 en 18 jaar oud.Jy kan jouself

benoem of jy kandeur ’n vriend,onderwyser of selfsjou afrigter benoemword. ’n Familie-vriend of iemandwat weet hoe goedjy in sport is, kanjou ook benoem.Van al die

inskrywings watmaandeliks ontvangword, sal een gekiesword as die Super-Sport Let’s Play-sportster van diemaand vir Noord-Kaap.Dié wenner

ontvang ’n Let’sPlay-geskenkpak.Inligting oor die

wenner word ookop Let’s Play sewebtuiste en diekompetisie seFacebookbladgeplaas.

Teen die einde van die jaar word ’nalgehele wenner as Noordkaap se Super-Sport Let’s Play-sportster van die jaaraangewys.Daar is geen twyfel nie elke skool in die

Diamantstad het talentvolle sportmanne en-vroue. Stuur jou benoeming vandag.Benoemings ontvang voor die 20ste van

die maand sal by daardie spesifieke maandse benoemings ingesluit word. Benoemingswat ná die 20ste van elke maand ontvangword, sal na die volgende maand oorgedraword.Die SuperSport Let’s Play-sportster van

die maand-wenners sal van Februarie totNovember gekies word.Benoemings moet die volgende insluit:

naam, ouderdom en ’n kort paragraaf(minder as 200 woorde) van prestasies insport.Inskrywings moet ook die spesifieke

persoon se kontakbesonderhede bevat.Stuur benoemings na super-

[email protected] of [email protected] navrae aan Lynne Landman of

Juanré Viviers by 051-522-9574.

Ster vir Februarie

MELISSA CARNEY Foto: Verskaf

THE Sishen Rugby Club will this yearagain represent the Northern Cape in theannual Community Cup competition thatstarts this weekend.Sishen, who lost all their games in the

group stage of last year’s competition, willthis year again face a tough couple ofchallenges before the knockout stages.Their first game this weekend is an away

fixture against Rustenburg Impala whoboasts of players like the former Griquasfly-half Naas Olivier.Thereafter they travel to Cape Town to

take on the strong club side Hamiltons atGreen Point before playing host to ShumbaFerros and Wesbank in Kathu in the latterpart of March and early April.The complete club fixtures for March are

as follows:8 March: College Rovers (KZN) vs

Welkom (Griffons); Despatch (EP) vs SpringRose (EP); Shumba Ferros (Pumas) vsWesbank (Boland); Mossel Bay Barbarians(SWD) vs Bridgton (SWD); Roodepoort(Lions) vs Bloemfontein Crusaders (FS);Roses United (Boland) vs Brakpan (Valke);Rustenburg Impala (Leopards) vs Sishen(Griquas); Noordelikes (Limpopo) vsKaufela Boksburg (Valke).

15 March: Spring Rose (EP) vs KempstonOld Selbornians (Border); Shumba Ferros(Pumas) vs Rustenburg Impala (Leopards);Bridgton (SWD) vs Despatch (EP); Welkom(Griffons) vs Roodepoort (Lions); Bloemfon-tein Crusaders (FS) vs Eagle Towing Rovers(Griffons); Kaufela Boksburg (Valke) vsRoses United (Boland); Centurion (BlueBulls) vs Noordelikes (Limpopo); Hamiltons(WP) vs Sishen (Griquas); Brakpan (Valke)vs Kaufela Boksburg (Valke); Kempston OldSelbornians (Border) vs Bridgton (SWD);Despatch (EP) vs Mossel Bay Barbarians(SWD); Bloemfontein Crusaders (FS) vsJonsson College Rovers (KZN); RosesUnited (Boland) vs Centurion (Blue Bulls);Sishen (Griquas) vs Shumba Ferros (Pu-mas); Wesbank (Boland) vs Hamiltons (WP);Rovers (Griffons) vs Roodepoort (Lions);Mossel Bay Barbarians (SWD) vs KempstonOld Selbornians (Border); Bridgton (SWD)vs Spring Rose (EP); Roodepoort (Lions) vsJonsson College Rovers (KZN); KaufelaBoksburg (Valke) vs Centurion (Blue Bulls);Wesbank (Boland) vs Rustenburg Impala(Leopards); Hamiltons (WP) vs ShumbaFerros (Pumas); Rovers (Griffons) vsWelkom (Griffons); Brakpan (Valke) vsNoordelikes (Limpopo).

Big challenge ahead

Hannes Nienaber

DIE Hoërskool Diamantveldvan Kimberley se eerste rugby-span het die afgelope naweek’n klinkende sege van 20-11oor Duineveld in Upingtonbehaal.Die span van die Diamantstad

se losskakel, Gerco Nortjé, wasdie besoekers se held op diedag en het altesaam tien puntetot sy span se wentotaal byge-dra.Hy het sy skopskoen aangehad

en was met twee doelskoppe, ’n

strafdoel en ’n skepdoel in diekol.Vir Duineveld het die flank

Erik Jordaan, heelagter, RuanMatthews, en stut StefanHanekom goeie vertoningsgelewer.) Die houvas wat die HoërskoolNoord-Kaap op die HoërskoolSentraal van Bloemfontein opdie rugbyveld gehad het, isverby.Tralies het die houvas wat

Noord-Kaap sedert 2010 op homgehad het, Saterdag op Brand-fort se jaarlikse sportdag

verbreek.Die Tralies was met 20-12 in

die wedstryd baas.Dié oorwinning sal ook die

span se selfvertroue helpnadat hy Maandag teenLandboudal van Jacobsdalmet 19-26 aan die verloorkantwas.Die kragmeting het laat begin

weens vervoerprobleme wat diespan van die Diamantstadondervind het.Die span se bus het weens

gebarste bande twee keer totstilstand gekom.

Die kragmeting is ook tot ’neerste helfte van 24 minute en ’ntweede helfte van 17 minuteverkort.Vir die Tralies het sy stut

Lafras Bekker goed vertoon.Hy het die bal goed gedra,

terwyl hy en Doctor Booysenvan Northerns mekaar in dieskrums opgekeil het.) Hennenman het met sy vleuelMzwake Xalisa aan die voor-punt die Hoër LandbouskoolHendrik Potgieter van Redders-burg met 27-14 geklop. Mzwakehet twee drieë gedruk, met

twee doelskoppe geslaag en ook’n strafskop deur die palegejaag.) Louis Botha het in Jacobsdalsy seisoen met ’n klinkende segevan 32-8 oor Landboudal afge-skop.Die span se losskakel, Ewan

Adams, het ’n driekuns aandrieë behaal en ook ’n persoon-like bydrae van 22 puntegelewer.Vir die wenspan het sy stut

Joseph Dweba en flank VictorMaruping saam met Adamsuitgeblink.

Diamantveld behaal klinkende sege

MAURICE MOLLER of the Northern Cape High School was selected for the Northern Capeprovincial cycling team that participated in the National Road and Time Trial Champion­ships which were held in Durban from 4 to 9 February. Photo: Supplied

Page 12: Noordkaapnk 20140305

12 NOORDKAAP, WOENSDAG 5 MAART 2014

SportSportDie Diamantstad se koerant

Gerdie Karstens

LEAD by example.That is the motto of Wayne Stevens, the

Griquas’ newly appointed captain for thecoming Vodacom Cup competition.

Stevens has a rich history with regardsto captaincy and has many notches on hisbelt when it comes to leadership.

He excelled at school level, captainingGrey College in rugby and cricket in thesame year in 2005.

He also captained the Shimlas in theCity Cup club competition in 2008 and inthe ever popular Varsity Cup competitionin 2010.

He was also at the helm when the FreeState u.21 side were crowned champions ofthe national competition by beating theSharks u.21 side in Pretoria in 2009.

Probably his most notable captaincy wasas leader of the South African Barbarianside that played an English touring side inKimberley in 2012.

“I remember staying over in the Horse-shoe Hotel in 2012 thinking that I wouldnever again play rugby in Kimberley.

“But then again, I never thought that Iwould move to the Eastern Cape and Iended up staying there for four years,”Stevens, who joined the Griquas from theEastern Province Kings, said.

He is one of the newly contracted playersthat has been signed by the Griquas forthe Vodacom Cup competition.

He already proved his worth on therecent tour to the Eastern Cape, where the

Griquas played warm-up games againstHopetown and the Eastern Province.

Even though he has lead many a side inhis rugby career, 25-year-old Stevens isstill humbled by every experience and sayshe has a simple yet effective recipe forsuccess as a captain.

“Lead by example if you want to earnthe respect of the players surrounding you.That is what a good captain does.

“I’m not one for talking much, but Irather lead by example through my gameon the field. It is just how I was raised.”

As captain of Griquas he definitely isn’tplanning to re-invent the wheel.

“For me it is important to keep trackof the traditions that are the Griquas’and not change any of that. That is whyI’ll look to senior players like StephRoberts, Leon Karemaker and Jaco Nepgento help me with the leadership,” Stevensadded.

The tour to the Eastern Cape hadStevens a little nostalgic as he playedmany rugby games for the Eastern Prov-ince in the Nelson Mandela Bay Stadiumin Port Elizabeth.

“The return was bitter sweet. I spentfour years in Port Elizabeth and I getnostalgic whenever I am there.

“But now my focus is on Griquas andI want to give my utmost best on thefield.

“I also dream of playing Super Rugbyone day and if I want to realize thatdream, I have to contribute positively onthe right levels,” Stevens said.

Lead byexampleCaptain shares simple recipe

GRIQUAS ap­pointed WayneStevens as theirnew captain forthe VodacomCupcompetition thatstarts this comingweekend. Photo:

Emile Hendricks

Volg ons oponsFacebookbyNoordaap-Koerant