proagri

32
ProAgri ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer Maart / March 2012 Nr / No 145 ISSN 1042–1558 Gratis Maak kuilvoer van gras en mielies Gewasproduksie: Saad gee die deurslag Weerstaan onkruiddoderweerstand John Deere: ’n Droom met sakesin AgriTrader Dieregesondheid | Veilings | Meganisasie | Veeboerdery

Upload: smart-publishing

Post on 10-Mar-2016

260 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Tegnologie vir die boes

TRANSCRIPT

ProAgriProAgritegnologie vir die boertechnology for the farmer

Maart / March 2012Nr / No 145

ISSN 1042–1558

Gratis

Maak kuilvoer vangras en mielies

Gewasproduksie:Saad gee die deurslagWeerstaan onkruiddoderweerstand

John Deere:’n Droom met sakesin

AgriTraderDieregesondheid | Veilings | Meganisasie | Veeboerdery

In hierdie uitgawe

Redakteursbrief

Inhoudsopgawe / Contents

Voorblad

Business-to-Business:

Agriculture

October to December 2011

39 222

average copies per month

“Die eerste maand van 2012 spog met diehoogste verkoopsyfer van trekkers vir ’n

Januariemaand in die afgelope 30 jaar!Trekkerverkope van 790 eenhede in Januarie isbyna 85% hoër as die verkope van 428 eenhedewat in Januarie verlede jaar aangemeld is.”

So het ons ’n paar weke gelede op www.proagri.co.za berig. En is dit nou nie ’nlekker begin vir ’n jaar nie? Ek glo die 124trekkers wat die groep boere van Schweizer-Reneke aangekoop het, het sekerlik bygedra totdie formidabele wegtrek, maar dit bly goeienuus dat boere bereid is om in die toekoms tebelê.

Dit stuur ook ’n sein na maatskappye uit ombetrokke te bly en te belê in landbou in Suid-Afrika. Daarom bly dit onrusbarend om diegemengde boodskappe van regeringskant te kryoor grond en grondhervorming. In die staats-rede word daar geskimp dat grond onteien moet word, agterna vertel die ministerdat sy nie in nasionalisering glo nie, maar dr Pieter Mulder se feite oor die geskiede-nis van grondbesit word van die tafel af gevee.

Dit is tyd dat die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee (wat in wese verant-woordelik is vir regeringsbeleid) besluit wat vir hulle belangriker is: politieke retoriek of brood en botter vir die land en al sy mense.

ProAgri deel hierdie maand weer waardevolle inligting oor ’n verskeidenheid vandienste en produkte in die landbouwêreld. Landboumaatskappye spog met ’n hoëvlak van kundigheid en professionele diens. Gebruik dit en… boer slim!

Annemarie Joubert > [email protected]

2

7

13

www.proagri.co.za ProAgri 145 – Maart / March 2012 1

By PANNARse Extra-vanganzaword daarmoeite gedoen omnie net inligting tegee nie,maar ookalles mooite maak.

Gewasproduksie2 PANNAR: Laat die beste saadtegnologie vir jou werk4 Kruidjie-roer-my-nie – Onkruiddoderweerstand

Meganisasie7 John Deere: Die droom is ’n gesonde sakebesluit

Veeboerdery13 Wat van die wurms wat wegkom?17 Staalmeester: Die veelsydige kuilvoerkampioen

Gereeld19 Veilings25 Genegids27 AgriTrader

M A S S M E D I A S P E C I A L I S T SSMARTPUBLISHING

Tel: 012-342-5141Posbus 32123, Glenstantia, 0010

www.smartpublishing.co.za

Redakteur ProAgri en ProAgri.co.zaAnnemarie Joubert > [email protected]

VerkoopbestuurderAnneke Claassen > [email protected]

AdvertensienavraeMarlien van der Westhuizen > [email protected]

Senior bemarkerStefan van Wyk > [email protected]

AgentskappeCarmel Ann Singh > 079-515-8708 [email protected]

AgriTraderMariëtte van Dyk > [email protected]

Uitleg & grafikaEsta van Niekerk

TaalversorgingMediadienste

Rekeninge & intekeningPaula MacMavis > [email protected]

GedruktemediabestuurderSuzanne Rall [email protected]

Sakebestuurder George [email protected]

Die ProAgri-span

Teken in op ProAgri.Skakel Paula by 012-342-5141.

Slegs R120vir 12 uitgawes.

Gewasproduksie

Laat die beste saadtegnologie vir jou werk

ProAgri 145 – Maart / March 20122www.proagri.co.za

Die beste wat die wêreld kan bied virjou boerdery. Dit is wat PANNAR se

belofte van globale tegnologie – plaaslikeprestasie beteken.

PANNAR is daagliks en in elke opsigstewig in Suid-Afrikaanse landbou gewor-tel, maar put uit internasionale ervaring,plasmamateriaal en kundigheid om onseie boere ’n groot verskeidenheid pro-dukte van die hoogste gehalte metmededingende opbrengste te bied.

PANNAR se slimkoppe is deurlopendbesig om vir die boer beter opsies te ontwikkel en tydens die maatskappy seafgelope produkextravaganzas was boereopgewonde oor die goeie nuwe kultivarswat PANNAR hulle bied.

Spring weg met die beste, gedugtewitmieliebastersPANNAR se toonaangewende witmielie-pakket is die veelsydigheid self met kon-vensionele, stronkboorderweerstandige,Roundup Ready® en stapelgeenbasters.Dit bied die gesonde risikoverspreidingwat die grondslag vir vooruitstrewendeboerdery vorm.

PAN 6Q-445B is die afgelope drieseisoene die top kommersiële baster indie LNR en PANNAR se nasionale proewe.Wenkenmerke van PAN 6Q-445B is sterkmeerkoppigheid, sterk kompensasiever-moë, wye gebiedsaanpasbaarheid en stabiliteit.

Die volgende nuwe witmieliebastersis ook beskikbaar:PAN 5Q-649R (Nuut!): Hierdie baster metsy Roundup Ready-onkruiddoderver-draagsaamheid word gekenmerk deur sytopprestasie en stabiliteit in die Noord-wes-Vrystaat en Noordwes-gebied. Dithet ’n baie goeie staanvermoë, sterkmeerkoppigheid en spruit min. PAN 5Q-649R is geskik as toevlugsoordby die BR-basters.

PAN 5Q-751BR (Nuut!): Hierdiemedium-vinnige stapelgeenbaster wordgekenmerk deur sy topprestasie, sterkmeerkoppigheid en goeie agronomieseeienskappe. Dit is in dieselfde klas asPAN 5Q-433B. Dit presteer uitstekend indie Noordwes-Vrystaat en Noordwes-pro-duksiestreke. Dit beskik oor goeie stabi-liteit, spruit min en presteer uitstekendop sandgrond.

PAN 6Q-745BR (Nuut!): Hierdiestapelgeenbaster in die mediumgroeiklasbied sowel stronkboorderweerstand asRoundup-onkruiddoderverdraagsaam-heid. Dit is die stapelgeenweergawe vanPAN 6Q-445B en is baie goed aangepasvir al die produksiestreke. Die sterkmeerkoppige baster het ’n hoë opbrengs-potensiaal en uitstekende stabiliteit. Ditkan met vertroue as die hoofaanplantinggebruik word.

Groenmielie eksklusief van PANNAR SC 701 (Nuut!): Al hoe meer boere rekenop die bemarking van groenmielies vir

daardie welkome kontantvloei-inspuiting.PANNAR bemark nou Suid-Afrika segroenmielie sonder gelyke eksklusiefonder lisensie van Seed Co in die RSA enNamibië. Die baster is ook gewild asbraaimielie en as babamielie (‘babycorn’). Dit het ’n lang raklewe, langkoppe, smaaklike, groot pitte en is diegewildste groenmielie vir kopers(smouse) en tuiniers. Dit is ook ideaal as’n kuilvoerbaster in hoëpotensiaaltoe-stande. Vir groenmielies word dit teen 25-35 000 plante per hektaar aanbeveel.

Staatmaker geelbasters oortref joustoutste verwagtingsPANNAR se geelbasterreeks met verskil-lende groeiseisoenklasse bied optimalerisikoverspreiding. Die YieldBoost™-swamdoderspuitprogram is ʼn kostedoel-treffende bestuursinset wat die produk-siedoeltreffendheid van die ultravinnigeen medium-vinnige mieliebasters kanverhoog.

Die PAN 6Q-308B reeks mediumgroei-seisoenbasters vorm ’n gedugte pakketvir die hoof-geelmielie-aanplanting opdroëland. Dit word vanjaar aangevul deurPAN 6Q-408B, waarin boere reeds sterkbelangstel. In die ultravinnige reeks isPAN 3Q-740BR die toppresteerder onderbesproeiing in die LNR se proewe. Die ultravinnige pakket word nou aangevulmet ’n nuwe konvensionele baster:

PAN 3Q-222 (Nuut!): Hierdie basterpresteer goed onder besproeiing in al dieproduksiestreke. Op droëland is dit goedaangepas vir die oostelike Hoëveld enKwaZulu-Natal en dit moet teen ’nplantestand van minstens 15% hoër asdie tipiese mediumgroeiers geplant word.Dit het ’n baie goeie staanvermoë enlewer hoëgehalte graan met ’n rooi kleur.Dis die ideale baster om in die toevlugs-oord aan te plant. Die YieldBoost™-swamdoderspuitprogram word aanbeveelvir optimale produksie.

Koring: Goed begin is oesgewinPANNAR bied ’n volledige droë-land-kultivarpakket vir die Vry-staat, asook twee nuwewenner-besproeiingskultivars.PANNAR se kultivars handhaaf dieafgelope twee jaar uitstekendeprestasie in die LNR-proewe in dieverskillende produksiegebiede.Die twee nuwe lente-tipe kulti-vars, PAN 3471 en PAN 3478,vaar uitstekend onder besproei-ing en gaan ’n omwenteling in diemark veroorsaak. Albei die kulti-vars het hulleself onderskei methoë en stabiele opbrengste enbeskik terselfdertyd oor goeiesiektebestandheid, bak- en maal-gehalte. Dis beslis ’n wyse keusein die besproeiingsboer sepakket:

PAN 3471 (Nuut!): PAN 3471

was die afgelope twee seisoene die top-presteerder in die LNR-Kleingraaninsti-tuut se proewe vir vroeër plantdatums indie warmer streke, sowel as later aan-plantingsdatums in die koeler streke.

PAN 3478 (Nuut!): Hierdie kultivar het’n hoë opbrengspotensiaal onder besproeiing en is wyd aangepas. In dieLNR-KGI se proewe vir die oostelikeHoëveld het PAN 3478 met sowel vroeëas later plantdatums oor die afgelopetwee jaar koning gekraai.

Graansorghum: ongeëwenaardMeer as 30 jaar oud, is die PANNAR-sorghumteelprogram een van die oudstesmet ’n kiemplasmabank wat oor diewêreld versamel is. Die LNR se resultatevan die afgelope jare bevestig die PANNAR-pakket se uitnemendheid as diebeste pakket in die mark. Die pakket sluit’n bittersorghum in.

PAN 8909 (Nuut!): Die toppresteerderin die LNR-proewe oor twee seisoene, isspesifiek geskik vir die maalbedryf. Ditbeskik oor uitstekende opbrengsstabiliteiten gebiedsaanpasbaarheid. Hierdiebaster met sy egalige groeiwyse gradeerGL en het goeie maaleienskappe. PAN8909 het goeie staanvermoë, algemeneblaarsiekteverdraagsaamheid en ver-draagsaamheid teen aarbrand. Dit isgrootsadig met goeie skepelmassa.

Sonneblom: Ons sonskyn in joubeursiePANNAR neem sedert 1976 aan die LNRse nasionale kultivarproewe deel en hetvir ses-en-twintig jaar agtereenvolgendbasters in die top vier posisies. In tienseisoene het PANNAR die eerste posisieen in baie gevalle drie posisies uit dieeerste vier behaal. PANNAR is een vandie eerste maatskappye in die wêreld met'n hoë-oleïensuursonneblomnavor-singsprogram en om basters met weer-

Gert Jansen van Vuuren (mielieteler) en Hanlie Geldenhuys (landboukundige) hetboere se aandag gevestig op nuwe goedpresterende geelmieliebasters soos PAN 3Q-222.

3ProAgri 145 – Maart / March 2012

Boere kom kyk om te koopPannar se Extravaganza op Delmas is vanjaar weergoed bygewoon deur boere uit die oostelike, sentraleen noordelike streek wat ernstig is oor kennis wat hulleproduksie kan verbeter.

Links: Oom Jaap Coetzer (regs) en syseun, Buks, van Balfour sê hulle plant aljare lank PANNAR-saad want die mieliespresteer goed in hulle gebied. “PANNARhet homself bewys daar by ons,” sê oomJaap. Die Coetzers het 1 120 ha ondermielies en na hulle besoek aan die Extravaganza oorweeg hulle dit ernstigom van PAN 6Q-308B oor te skakel nadie nuwe PAN 6Q-408R-geelbaster watin die ontwikkelingsproses is.

Links: Willem Groothof ry elke jaarvan Settlers af om PANNAR se Ex-travaganza op Delmas by te woon.Hy het ’n gemengde boerdery metsonneblom, sorghum, mielies enBonsmaras. “Dit is belangrik om dieinligting oor die nuwe kultivars hierte kom kry,” sê hy. Die inligtingbeïnvloed beslis sy besluite oor dievolgende seisoen se aanplantings.Hy wag nou net saam met dieander sonneblomboere dat iemand’n plan met die duiwe ook maak!

Regs: Die Glintzers van Middelburg sêhulle is van die min skaapboere wat indie Middelburg-distrik oorgebly het.Rudi (regs) en sy seun, Karl, het veral belanggestel in die voergewaspakket enhulle sal graag wil oorskakel na die Vat5-saadmengsel, maar dan sal hulle eershulle besproeiingstelsel moet opgra-deer. Hulle sê 90% van die besluit oorkultivarkeuse gaan oor die prestasievan die produk en dit is die inligtingwat hulle by die Extravaganza kry.

Interessante paadjies tussen die mielies deur het boere vanjaar na inligting-sessies geneem waar hulle na hartelus kon vrae vra.

Praat met PANNAR – ons is aan dieboer se kant en daar is ’n PANNAR-man naby jou. Hoofkantoor: 033-413-9500; [email protected].

stand teen IMI-onkruiddoder (Clearfield®

Production System) te bemark.PAN 7080 (Nuut!):Dié nuwe generasie

baster is die afgelope drie jaar die top-presteerder in PANNAR se nasionaleproewe. Die baster kombineer uitste-kende opbrengspotensiaal met ’n wyeaanpasbaarheid en word vir alle son-neblomproduksiestreke aanbeveel. Dit isbestand teen alle huidige rasse van bruinroes (Puccinia helianthi).

Sojabone: ’n Wye keuse uit ’n enkelebronDie PANNAR sojaboonprogram het in1977 begin met die evaluering van soja-boonkultivars uit die buitewêreld.Sedertdien het baie vooruitgang inagronomiese eienskappe en opbrengs,asook die insluiting van Roundup-onkruiddoderweerstand, plaasgevind.PANNAR is aan die voorpunt van nuweontwikkeling en die markleier in Suid-Afrika. Die afgelope twee jaar lewerPANNAR-kultivars die top-prestasie inelk van die produksiestreke, asook diealgehele beste prestasie.

PAN 1664R: PAN 1664R was dieafgelope twee seisoene die top-presteerder in die LNR se nasionaleproewe, met die beste algeheleprestasie in koel, matige en warm pro-duksiestreke. Uitstaande opbrengs sta-biliteit en wye gebiedsaanpasbaarheidmaak dit PANNAR se gewildste kultivar.

Rooigespikkelde bone: voordeligeeienskappe vir knap boerePANNAR se droëboonpakket kombineer’n wye keuse van voordelige eienskappevir die knap boere in al die produk-siestreke. Hierdie volledige pakket ver-laag die tradisionele risiko watdroëboonproduksie as ’n gewas met‘hoë risiko, maar hoë inkomste’ geken-merk het.

’n Toppresterende rooigespikkelde-boonpakket bied uitsonderlike opbrengsprestasie en stabiliteit. Diepakket bied ’n kultivar vir alle produk-sie-omstandighede, van ’n hoë inset,gemeganiseerde bedryf tot die lae inset,bestaansboerdery.

Klein wit inmaakboon PAN 123 (Nuut!): Dit is ’n nuwe bekend-stelling en die top inmaakboon in dieLNR se meerjarige droëboonproewe(2008-2011). Dit lewer uitstekendeprestasie in al die vernaamste inmaak-boon-produksiestreke. Dit is ’nwenkombinasie met uitstaande opbrengspotensiaal, siekteweerstand enpitgehalte. Saadproduksie sal gekoördi-neerd met die inmaakbedryf plaasvindom geleidelike inskakeling van hierdieopwindende kultivar te verseker.

ProAgri 145 – Maart / March 20124 www.proagri.co.za

Gewasproduksie

Onkruiddoderweerstandbiedendheid is’n verskynsel wat die afgelope jare

al hoe meer in die kleingraanproduksie-areas van Suid-Afrika voorkom.

Onkruiddoderweerstandbiedendheidword gedefinieër as die vermoë van ’nonkruid om bespuiting met die geregi-streerde dosis onkruiddoder te oorleefen voort te plant, waar die wilde tipevan die onkruid sal vrek. Waar weer-standbiedendheid ’n paar jaar terugslegs beperk was tot die Wes-Kaapsekleingraanproduksiegebiede (Swartlanden Rûens), is daar oor die laaste paarseisoene ook gevalle van weerstand-biedendheid uit die somerreënvalstreekgerapporteer. Besproeiingsgebiede isegter die gebiede wat van die grootsteprobleme die afgelope paar seisoenebeleef het.

Onkruide wat weerstandbiedendheid-sprobleme in kleingraanproduksie ge-biede toon, is onder andere; wildehawer, raaigras, kleinsaad-kanariegras en ramenas. Dit is nie dieenigste onkruide wat weerstandbiedend-heidsprobleme veroorsaak nie, maarslegs die enigste onkruide wat reedswetenskaplik gerapporteer is as onkruid-

doderweerstandbiedend. Van die anderprobleemonkruide sluit in predikantsluis,wilde bokwiet en hondebossie.

Tot onlangs was die mees doeltref-fende manier om onkruide te beheerdeur middel van die toediening vanchemiese middels. Ondanks die feit datweerstandbiedendheid wyd verspreid inSuid-Afrika voorkom, is dit egter ook sodat onkruiddoders net so goed werk aswat hulle toegedien word en daar kannie verwag word dat onkruiddodersmoet kompenseer vir wanpraktyke enswak omgewingstoestande nie. Dit isdaarom belangrik om eers vas te stel ofdie toedieningspraktyke en omgewings-toestande reg was tydens bespuiting,voordat onkruiddoderweerstand dieskuld gegee kan word vir swak onkruid-beheer.

Faktore wat aanleiding kan gee totswak onkruidbeheer:Swak omgewingstoestandeLae humiditeit is ’n goeie voorbeeld vanswak omgewingstoestande. Lae humi-diteit benadeel die aktiwiteit van dieonkruiddoders. Indien dit reën binne ’nsekere tydperk na ’n onkruiddoderbe-

spuiting, kan die onkruiddoder van dieblare van die onkruid afgewas word enso aanleiding gee tot swak beheer. In-dien die wind waai tydens bespuitingkan dit ook daartoe lei dat die onkruid-doder weggewaai word van die gewaswaarvoor dit bedoel is en dat slegs dieminimum onkruiddoder op die teiken beland, met die gevolg dat die onkruidnie voldoende beheer word nie.

Verkeerde of foutiewe spuittoerus-ting en kalibrasies wat verkeerd gedoen wordDie aktiwiteit van onkruiddoders kan netdoeltreffend wees as die dit korrek toege-dien word met funksionele spuittoerus-ting. Verstopte spuitkoppe kan veroor-saak dat sommige rye van die gewas watbespuit word nie voldoende onkruiddoderkry nie. Deur die spuittoerusting korrekte kalibreer, word verseker dat die kor-rekte dosis onkruiddoder toegedien word.Dit is ook belangrik om te onthou dat allespuittenke goed uitgewas moet word naelke bespuiting. Dit voorkom kontami-nasie van onkruiddoders wat die volgende keer in die spuittenk gebruikword.

Mini Peake STS

* Hidrosta�es vierwielaangedrewe * Voor-gemonteerde spuitbalk van 19 – 28 m * Vryloophoogte van 2 - 2,2 m* Vlekvryestaalspui�enks 1 500 l (enkel) 2 800 l (dubbel)

Woodspec Engineering Cliff 083-702-0050

of Donald 083-701-0810

[email protected]

Plaaslik ontwerp en vervaardig vir Suid-Afrikaanse

behoe�es. Veeldoelige Peake Equipment werkesels

vir bespui�ng van gewasse en saadmielie-ontpluiming.

Beide masjiene is nou ook met vierwielstuur beskikbaar.

SPESIALE BESTELLINGS MOONTLIK

Peake DTS MK3.A

Peake Equipment: “InFront and Over the Top”

www.peakeequipment.co.za

Kruidjie-roer-my-nie:OnkruiddoderweerstandbiedendheidLNR-Kleingraaninstituut, ’n Instituut van die Veldgewas Divisie, Privaatsak X29, Bethlehem, 9700

Hestia Nienaber

ProAgri 145 – Maart / March 2012 5www.proagri.co.za

Ongeregistreerde mengselsOngeregistreerde mengsels (meng vanonkruiddoders, insekdoders, swamdo-ders, plantvoedingstowwe en hulpmid-dels) kan antagonisme veroorsaak. Ditbeteken dat ’n sekere hoeveelheid akti-witeit van een of meer van die kompo-nente ingeboet kan word.

Ongeregistreerde tenkmengsels isseker een van grootste oorsake vanswak chemiese beheer. Dit is belangrikom te probeer om altyd die etiketaan-bevelings te volg.

Grootte van onkruide tydens toe-dieningHoe groter die onkruid, hoe moeilikerword dit beheer as gevolg van vermin-derde opname deur die groter hout-agtige plante. Die onderste blare vangroter plante word oorskadu deur dieboonste blare en dit kan dus onkruiddo-derbedekking benadeel. Onkruiddo-deretikette dui die korrekte blaar-stadiums aan waartydens bespuitingsmag plaasvind.

WeerstandbiedendheidIndien die bogenoemde faktore aange-spreek was en onkruide word steeds niedoeltreffend beheer nie, is dit moontlikdat onkruiddoderweerstandbiedendheiddie oorsaak is. In so geval is dit nood-saaklik om u rekords na te gaan om tebepaal hoeveel seisoene die spesifiekeonkruiddoder al gebruik word en teenwatter dosisse dit toegedien word.Daarom word dit ook aanbeveel dat ugetrou rekord hou van watter middelsgebruik is en teen watter dosisse dittoegedien is. Indien u onseker is of ditregtig weerstandbiedendheid is kan u ditlaat toets by die LNR-Kleingraaninstituut.

Hoe word weerstandbiedendheidvoorkom?Weerstandbiedendheid word vertraag ofvoorkom deur die volgende maatreëls tevolg:• Onkruiddoders moet met mekaar

afgewissel word om so te voorkom dat dieselfde onkruiddoder jaar na jaar op die onkruid gebruik word.

• Pas gewasrotasie toe indien moontlik.Dit is die faktor wat wêreldwyd as diegrootste oplossing vir weerstandbiedendheid voorgehou word. Gewasrotasie veroorsaak dat verskillende onkruide, in die verskillende gewasse wat verbou word, voorkom en ver-skillende onkruiddoders met verski-llende metodes van werking gebruik kan word.

• Moet nooit ongeregistreerde mengsels maak nie. Hou ten alle tye by die etiketaanbevelings. Let op na die middels waarmee die onkruiddo-der meng-baar is en onthou om die gere-gistreer-de byvoeg-middels by die onkruid-doders te voeg.

• Hou rekord van onkruiddoders wat gebruik word, asook die dosis waarteen dit gespuit word.

• Die produsent moet

Vir verdere inligting kontak gerus virHestia Nienaber by 058-307-3420 of e-pos [email protected]

gereeld die lande monitor, sodat weerstandbiedende kolle betyds raakgesien en uitgeroei kan word, byvoorbeeld met behulp van kolbespuiting.

• Sorg ten alle tye dat die onkruiddo-der op die regte blaarstadium toegedien word.

• Sorg dat die regte dosis altyd gebruik word. Te hoë dosisse en te lae dosisse kan weerstandbiedende onkruide selekteer.

• Sorg dat die spuittoerusting korrek gekalibreer is en dat die persoon watverantwoordelik is vir die spuitprosesweet wat hy/sy doen.

• Volg altyd die onkruiddoderetiket se aanbevelings.

7ProAgri 145 – Maart / March 2012www.proagri.co.za

’nGroen trekker – dit is die droomvan elke seun wie se kop plaas en

boerdery toe staan. So ’n edele droomkan ’n mens ook nie onbepaald onder-druk nie, het Manuel da Costa van Manjoh Ranch tussen Nigel en Delmas,agtergekom.

Manuel en sy broer, Johnny, het indie 1970’s begin boer en Manjoh Ranchin 1985 tot stand gebring. Soos elke intelligente jongman was dit Manuel sedroom om ’n John Deere-trekker tebesit en sommer vroeg-vroeg wou hyeen aanskaf.

Die destydse OTK, wat toe pas Del-mas-koöperasie oorgeneem het en dieJohn Deere-agent was, het gereken dathierdie beginnerboer nog nie sterk genoeg gestaan het dat hulle hom metbefondsing kon help nie. Manuel moesvan sy John Deere-droom afsien en ’nander soort trekker koop.

Soos dit enige trotse jongman betaam, was Manuel ontevrede met diedestydse OTK se afwysing – so ontevrede dat hy destyds gesê het hysou nou nooit ’n John Deere-produkaanskaf nie.

By hierdie besluit het Manueldekades lank bly staan – ook omdat hygevoel het dat hy lojale ondersteuningverskuldig was aan die mense wat homdestyds toe wel aan ’n nuwe trekkergehelp het.

Intussen het die wiel gedraai. Die DaCostas het Manjoh Ranch uitgebou tot’n reuse modelboerdery wat in 2008 as

die Landbouskrywers se Boerdery vandie Jaar in die Gautengstreek aangewysis.

Manjoh Ranch se landerye strekvandag van horison tot horison en sluit’n voerkraal, ’n Beefmaster-stoetery, ’nmeule en ’n droëboneverpakkingsaan-leg in. Hierdie voorspoed, vertelManuel, is te danke aan baie onder-steuning wat die boerdery oor die jaregeniet het. “Belangrikste is die seënvan die Here, maar medeboere,studiegroepe, boere-verenigings, geor-ganiseerde landbou, familielede enwerknemers het almal meegehelp omManjoh Ranch te help tot waar onsvandag is.”

Met die verloop van jare, vertelManuel, het hy darem ryper, wyser enminder heethoofdig geword. Algaandehet hy besef dat gesonde sakebeginselsnêrens geïgnoreer kan word nie. Ditsou destyds nie ’n gesonde sakebesluitvan die verskaffer gewees het om homas jong, onbewese boer te befonds om’n John Deere te koop nie, het hy laterbesef.

Maar hy het ook besef dat dit ’ngesonde sakebesluit sou wees om op tehou nuk en wel John Deere-produkte tebenut. Hierdie keer sou sy oorwegingnie die blote lekkerte wees om ’n groentrekker te besit nie, maar gesondesake-oorwegings: ’n John Deere-werk-tuig is ’n betroubare, lonende bate watdie boer help om sy werk doeltreffendte doen, wat stewig gerugsteun word

deur noukeurige, kundige diens en watna jare se werk maklik weer teen ’ngunstige prys van die hand gesit kanword, sê Manuel.

Daarom het Manjoh Ranch JohnDeere-knaktrekkers vir grondvoor-bereiding en John Deere-selfloopspuitevir plaagbeheer aangeskaf en is nognie een oomblik spyt oor die besluitnie.

En boonop is John Deere steedsdeksels mooi om enige boer – hoeveelouer en wyser ook al – se bloed steedste laat bruis.

Buitendien moes Manuel aanpas bysy kleinseun, Matthew (9) wat geenander geskenke as John Deere-speel-goed begeer nie. Tot sy skoolkosblik is’n John Deere-kosblik en dit sou darembaie naar gewees het as Oupa agterge-bly het.

Manjoh Ranch het intussenoorgeskakel na verminderde bewerkingwaar groot trekkers se rol minderbelangrik word, maar spuite s’n meer belangrik. “Die grootste voordeel vanverminderde bewerking is vogbewa-ring,” sê Manuel “en vog kan jy niekoop nie.”

Afgri op Delmas is Manjoh Ranch senaaste John Deere-agent. “Hulle ver-staan die boer en gee goeie diens, sêManuel en dit is ’n gesonde sakebegin-sel om gunstige pryse, puik JohnDeere-produkte en goeie diens wathulle bied, tot voordeel van onsboerdery te benut.”

“As dit nie vir Roundup Ready-tegnologie was nie, sou ons nie winsgewend met sojabone kon boer nie,” sê Manuelda Costa van Manjoh Ranch naby Nigel, “en as dit nie vir betroubare, doeltreffende spuite soos hierdie 4630-self-loper van John Deere was nie, sou ons nie daardie saadtegnologie kon benut het nie.” Ewe ingenome met die JohnDeere-spuit is Alber Viljoen, wat in beheer van Manjoh Ranch se lande en plaagbeheer is.

Die droom is ’n gesonde sakebesluit

John Deere:Meganisasie

8 ProAgri 145 – Maart / March 2012 www.proagri.co.za

Passievol oor spilpunte!By SENTER 360 is spilpunte vir ons ‘n passie. Juis daarombou ons nie net ‘n sterk en taai struktuur nie, maar onsbestee ook heelwat tyd en aandag aan die klein besonderhede wat ’n groot verskil in jou alledaagse lewekan maak.

STRUKTURELE STABILITEITSENTER 360 benut vakwerkysters van pyp wat ligter as die algemeen gebruikte hoekysters is. ‘n SENTER 360 het sodoende twee stelle vakwerkysters meer per toring wat sorg dat die struktuur ontse�end sterk is enbuitengewone weerstand teen stormwinde kan bied.Langer basisbalke 4,5 m (5,8 m vir die hoë-profielmasjiene), toringstu�e, stabiliseringstawe en diagonaledra by tot dié uitsonderlike standvas�gheid.

INNOVERENDE BEHEERPANEEL REEKSDie beginsel van eenvoudige modulêre ontwerp wordook op ons beheerpaneel reeks toegepas. Die basiese beheerpaneel, met direkte millimeter toedieningsver-stelling, kan teen ‘n minimale koste deur verskillendevlakke van outoma�sering en kommunikasie opgradeerword.

“LAASTE SPUIT” OPLOSSINGDie laaste spuit is geneig om verstop te raak. Ons het egter met ‘n innoverende dog eenvoudige oplossing vorendag gekom om die laaste spuit deurlopend skoonhou. SENTER 360 spilpunte word standaard toegerus met die drukgereguleerde Senninger I-Wob sproeier wat op hangpype gemonteer is. Dit verseker uitstekende waterversprei-ding in selfs die uiterste klimaatstoestande.

SWAARDIENS RATKAS EN MOTORSDie aandrywing van die SENTER 360 spilpunt bestaan uit ’n standaard swaardiens wielratkas, met ’n gra�s opsionele vyf jaar waarborg wat deur die UMC “Power Saver” motorratkas -kombinasie aangedryf word.* Termes en voorwaardes geld

SENTER 360

Tel: +27(18) 469-1331 • E-pos: [email protected] • www.senter360.co.za

[email protected]

Ons beskerm JOU en JOU EIENDOM

• Videowaarneming• Geen Internet nodig• 100% onafhanklik van Eskom

SPILPUNTE • TREKKERS • SKURE • HUIS • DIERE • WERKTUIE • HEININGS

Ons hou ’n

OOG op jou plaas!

www.proagri.co.za

Refugia is die verskynsel dat ’n deelvan die wurmbevolking buite die dier

“skuil” en nie aan dosering blootgestelword nie, of dat ’n gedeelte van diekudde nie gedoseer word nie, sodat diewurms waarmee hulle besmet is bloot-stelling aan die middel vryspring.

Sekere tye van die jaar (somer-maande in die geval van haarwurm indie somer-reënvalgebied) is slegs sowat3% van ’n wurmbevolking binne-in dieskaap. Gereelde dosering het dan ’n relatiewe “klein” invloed op die ontwik-keling van weerstand. Daarenteen isbaie parasiete tydens die wintermaandein die skape – as hipobiotiese (oorwin-terende) larwes – en kan ’n enkeledosering weerstand geweldig “versnel”!

Die bestuur van refugia is baie belangrik by die verwisseling van kampena dosering om seleksie vir weerstandte voorkom/of te verlaag.

Hoe vroeër jy hiermee begin – metander woorde, hoe minder weerstanddaar reeds is, hoe beter. Indien jy reedsweerstand teen al die beskikbare mid-dels het, maak dit dus nie regtig sin omhierdie parasiete as sodanig op jouplaas te probeer “bewaar” nie! Ook hierbegin ons dan met die woorde: Ken joustatus!Die toepassing van refugia in die praktyk:• Moenie alle skape gelyktydig behandel

en in ’n skoon kamp plaas nie! (Diesogenaamde “dose and move”-stelsel).

• Doseer hulle met ’n kortwerkendemiddel en sit hulle dan terug in diekamp waar hulle was (“dose andleave”).

• Of skuif hulle na die nuwe kamp vir ’ntydperk (afhangende van die tipeparasiete wat voorkom asook dieeiertelling – EPG) en doseer dan eersnadat daar “voldoende” refugia in dienuwe kamp “geskep” is!

• Laat ongeveer 10% van die kudde

ongedoseer om “goeie” wurms te“saai”. Heelwat navorsing moet nogvolgens my mening hieroor gedoenword omdat ons nog nie seker is wat-ter 10% skape gelos behoort te wordnie! Ongelukkig het die 10% besteskape in ’n trop in meeste gevallegoeie weerstandbiedendheid endaardeur baie lae eiertellings. Gevolg-lik kan hulle bydrae tot refugia danbaie gering (te laag) wees om ’n ver-skil te maak. Daarenteen is die risikoweer baie hoog as jy die swaksteskape los, aangesien van hulle kanvrek as gevolg van parasietbesmet-ting en die boer dan onnodige skadely...

• Hou twee troppe saam, maar doseerhulle uitmekaar uit (prakties moontlikby meerpaarstelsels, of sonar enverdeel die dragtige ooie in vroeg- enlaat dragtig volgens dekdatums of volgens die grootte van die fetusse).

• TST (Targeted Selected Treatment) ofGeteikende Selektiewe Behandeling:Gebruik die FAMACHA© - stelsel en die“vyf-punt-toets”/Sterkaart©.

Hierdie praktyke het juis hulle ontstaante danke aan weerstand en is ontwikkelas weerstandbevegters. Deur hulle tegebruik word net die diere wat werklikerg besmet is en nie daarmee kansaamleef nie, gedoseer. Daar is danaltyd genoeg skape “in refugia” oor omdie weiding van “vatbare” parasiete tevoorsien.

Persoonlik is ek nog nie oortuig of ditprakties toegepas kan word op groterekonomiese eenhede nie, of dat dievoordeel die koste en moeite werd isnie. Die vraag is of die besparing in

doseerkoste die ekstra koste aan arbeiden bestuur regverdig?

Ek voel ook dat dit gevaarlik is om asenigste grondslag te gebruik om tebesluit of jy moet doseer al dan nie,omdat dit te laat in die siklus van diewurm gedoen word en die “skade” danreeds aangerig is! Ek verkies dus omhulle eerder as moniteringstelsels saammet miseiertellings te gebruik, as omhulle alleen te gebruik in besluitnemingom te doseer al dan nie!

Verder is ek bietjie “versigtig” vir dieslagspreuk van “leave the best and treatthe rest” omdat die “best” gewoonlik dieskape met baie lae MET (miseiertellings)is en in die praktyk nie voldoende refu-gia tot gevolg kan hê nie!

Hierdie is baanbrekerswerk, maar ekglo dat daar nog baie navorsing hieroorgedoen moet word alvorens ons dit metvrymoedigheid kan gebruik!Dinge om in ag te neem by die uitwerkvan die DOSEERGEDEELTE van jou PRODUKSIEPROGRAM:• ’n Doseerprogram is slegs ’n riglyn en

moet aanpasbaar wees by die boer seomstandighede.

• ’n Doseerprogram moet deel uitmaakvan ’n boer se totale bestuurspro-gram.

• Vir ’n doseerprogram om suksesvol tewees, behoort dit op ’n duidelik sigbare plek vertoon te word.

• Voordat ’n doseerprogram opgestelkan word, moet daar eers bepaalword:

– watter wurmsoorte voorkom en, – of daar weerstand teen enige wurm-

middelgroepe bestaan (METRED).• Parasietbeheer lê nie net in ’n

Wat van die wurms wat wegkom?Refugia (afgelei van “refugees” = vlugtelinge of ontsnaptes)deur dr Dave Midgley van Dave Midgley Consultancy

97%

3%

Sekere tye van die jaar is slegs sowat 3% van ’n wurmbevolkng binne-indie skaap.

Vee &

veilin

gs

ProAgri 145 – Maart / March 2012 11

Foto: Leon Kruger - LNR

doseerkan nie! Die weidingstelsel,byvoedingsbeleid en algemene bestuursprogram moet ook in ag geneem word.

• Veilige weidings, soos oesreste, moetin die beheerprogram gebruik word,om die wurmlewensiklus so ver doen-lik sonder die gebruik van wurmmid-dels alleen, te onderbreek.

• Eenvoud is van kardinale belang bydoseerprogramme.

• As algemene riglyn word die tyds-berekening (wanneer om wat tedoseer) vir ’n doseerprogram bepaaldeur:

– bestuursfaktore (vir streke en indiwiduele boerdery), en

– die seisoenskommelings in dievoorkoms van die verskillende para-siete (fenologie).

’n 10-puntplan om parasiete enparasietweerstand te bestuur1.Werk saam met ’n veearts ’n wurmbe-

heerstrategie uit.2.Gebruik doeltreffende kwarantyn-

prosedure om te verhoed dat jy weer-standige parasiete “invoer”.

3.Toets vir wurmweerstand.4.Dien wurmmiddels korrek en doeltref-

fend toe.5.Gebruik middels slegs wanneer nodig

en dan as deel van ’n totale strategie.

6. Vermy hoërisikostrategieë.

7. Kies die regte middel vir die geteikende probleem/parasiet.

8. Handhaaf/“bewaar” ’n vatbare bevolking wurms op die plaas.

9. Verminder jou afhanklikheid van doseermiddels alleen.

10.Gebruik verskillende middels na mekaar (in opeenvolging) of in kombinasie.

Kom ons som op:• Weerstand is ’n feit. • Weerstand kos die

skaapbedryf miljoenerand elke jaar.

• Weerstand is geneties –oorgedra van geslag na geslag.

• Ons moet die nuwe pro-dukte anders bestuur omte verseker dat ons al die beskikbarewurmmiddels so lank as moontlik kangebruik.

Ondersoek alle gevalle waar weerstandvermoed word deeglik en meld posi-tiewe gevalle by jou veearts aan, asook

Vir meer inligting skakel gerusregstreeks met die skrywer [email protected].

by die medisynemaatskappye wie seprodukte ter sprake is.

Kwakkeel is ’n duidelike teken van oormatigewurmbesmetting.

Foto: Leon Kruger - LNR

12 ProAgri 145 – Maart / March 2012 www.proagri.co.za

www.proagri.co.za ProAgri 145 – Maart / March 2012 15

Vee &

veilin

gs

Volgehoue produksie regdeur die jaaris die strewe van ’n wakker jong

melkboer van Kokstad, Antony Adam.Dit kry hy reg deur in die geilte van diesomer se groei kuilvoer te maak om syplaas se voervoorsiening regdeur diewinter te rek.

Maar sonder die regte werktuie iskuilvoerproduksie vol probleme. Antonyplant droëlandmielies en kuilvoerkon-trakteurs is geneig om die neus op tetrek vir die lae tonnemate wat daar tekerf is. Dit bring mee dat hy selde ’nkontrakteur kon vind om sy kuilvoerpresies op die regte tyd te kom sny, endit het natuurlik die gehalte van die kuil-voer benadeel.

Die beste raad is om dit self te doen,het Antony besef. Maar selfdoen isafhanklik van die beste, betroubaarstemasjinerie en boonop maak Antony kuil-voer van mielies, sowel as gras en voer-sorghum, wat òf twee masjiene òf ’nveelsydige kuilvoerkerwer vereis.

Hy het ’n studie van verskillende kuil-voerkerwers gemaak en uiteindelik op JF Stoll besluit om die volgende redes:• Die JF Stoll is ’n toonbeeld van doel-

treffende eenvoud. Dit het alles watdie boer nodig het sonder onnodigetierlantyntjies wat jou in die steek kanlaat.

• Dit is veelsydig met omruilbare koppevir mielies en gras, wat die boer diebeste benutting van gewasse bied enhom volkome onafhanklik van kon-trakteurs maak.

• Dit het ’n vernuftige ontwerp met ’n“UpperCut”-rotorkerwer, wat betekendat materiaal ’n reguit pad deur diekerwer volg en nie eers ’n draai deursy pens hoef te maak soos metgewone kerwers nie. Dit betekenbeter werkverrigting met minder enjinkrag, en ’n langer lewe. Boonopis die drom oop onder sodat enigevreemde materiaal uitval en nie deur

die masjien gaan omdalk uiteindelik in joubeeste se kuilvoer tebeland nie.

• Die kerwer kerf skoonen presies sonder ommateriaal te skeur enjy kan die snitlengtespresies verstel om jousmaak te pas.

• Die JF Stoll is ’n logie-se masjien en dit isbaie maklik om methom te werk.

• JF Stoll word deurStaalmeester verskaf,wat die boer nie netdie beste masjien biednie, maar ook diebeste kundigheid enmees toegewydediens.

Met die JF-Stoll is dit ’n geval van diemasjien wat vir die boer werk; nie dieboer wat vir die masjien werk nie. Virelke hardwerkskof van 10 tot 12 uur,bestee Antony minder as ’n uur daaraanom die kerwer te ghries, sy lemme teslyp en dalk geringe verstellings temaak.

Antony vertel dat dit sowat twee totdrie uur neem om die mieliekop af tehaal en die grasopteller aan die JF-Stollse monteer, maar hy is seker dat ’nmens dit baie gouer kan doen as jyregtig haastig is.

Toe daar drie lemme gebreek het(nie as gevolg van ’n fout aan diemasjien nie), het Staalmeester blitsvin-nig nuwe lemme voorsien en dit hetminder as 30 minute geneem om dienuwe lemme te monteer.

’n Mens kan ontspan terwyl jy met ’nJF Stoll werk, vertel Antony. Sy masjienhet in twee jaar nog nie een keer ver-stop nie, maar in die onwaarskynlike

geval van ’n verstop-ping, sorg die Pro-TeC-wrywingkoppelaar datverdere invoer oomblik-lik gestaak word. Dieverstopping kan danmet ’n tru-aksie vanuitdie kajuit verwyderword. As daar werklik’n probleem souvoorkom, kan een per-soon die blaasgeutmaklik kantel om dierotorhuls te bereik.

Omdat die JF Stollmet ’n swaar rotor wat’n vliegwieleffek hetwerk, is daar minderstampe en stote aandie aandryfstelsel enword minder

Die JF Stoll se grasopteller kan woerts-warts vir ’n tweerymielie-snykop geruil word om mieliekuil-voer te maak.

Staalmeester se JF-Stoll FCT 955 Pro Tec:Die veelsydige kuilvoerkampioen

Die JF Stoll Pro Tec se grasopteller tel ’n windryvan 1,8 meter skoon op met geen vermorsing.

Antony Adam van Kokstad is ingenome met syveelsydige Staalmeester JF Stoll FCT 955 Pro Tec-kuilvoerkerwer. Op die oomblik is sy grasoptellervan 1,8 meter aan die kerwer gemonteer omgraskuilvoer te maak, maar binne ’n japtrap kandit met ’n gedugte tweerymieliekop vervang word.

Vir meer inligting oor Staalmeester seveelsydige kuilvoerkampioen, praatmet ’n Staalmeester Produkspesialisby 018-431-0300, of besoekStaalmeester se webwerf bywww.staalmeester.co.za.

trekkerkrag geverg. Met ’n trekker van103 kW handhaaf die FCT 955 lag-lag70 ton per uur. Antony gebruik ’n JohnDeere 6430 van 86 kW. Daarmee kerfhy mieliekuilvoer teen 8 tot 10 km/u engraskuilvoer teen 6 tot 8 km/u. Ditbeteken sowat 100 tot 120 tonmieliekuilvoer per dag teen 35% droë-materiaal.

Hy het nog nie bepaal presies hoeveel graskuilvoer hy per dag maaknie, maar hy is heeltemal tevrede metdie volume. ’n Groot voordeel is dat dieFCT die droë materiaal bo-op die windryen die klammer onderste materiaaldeeglik meng vir ’n eenvormige vogin-houd regdeur die materiaal wat ingekuilword. Dit sorg vir ’n beter gehaltegraskuilvoer en skakel die mufgevaaruit.

JF FCT 955 PRO TEC Kuilvoerkerwers

Hoofkantoor: Kaapstad: Humansdorp:

018-431-2171/2 082-907-4767 082-446-9683

www.staalmeester.co.za

E-pos:[email protected]

FCT 1050 Pro Tec

90 ton/h

FCT 1355 160 ton/h

Presisie kerwers met baanbreker kenmerke• Wydste kerfrotor op die mark

• Enkelrotor snit – metode verminder energie

verbruik met tot 50%

• PRO TEC – die masjien word beveilig teen vreemde

voorwerpe

• Wrywingskoppelaar – word geaktiveer indien

hoё of skielike lading voorkom

• Toegerus met veelmessestelsel – 24/32 lemme

• Wolframbedekte snystaaf – omdraaibaar

• Verstelbare snitlengtes: 8, 16 en 32 mm

• Kapasiteit: tot 80 ton/h

• Kilowatt benodig: 88 – 103 kW

• Elektriese stortgeutbeheer

• Lae instandhouding

• Opsionele toerusting:

• 2.4 m Direktesny-eenheid vir direkte oes van

grasgewasse

• 1.8 of 2.4 m Opteleenheid

16 ProAgri 145 – Maart / March 2012 www.proagri.co.za

17www.proagri.co.za ProAgri 145 – Maart / March 2012

Vee &

veilin

gs

18 ProAgri 145 – Maart / March 2012 www.proagri.co.za

19www.proagri.co.za ProAgri 145 – Maart / March 2012

Ons wil u graag hartlik uitnooi na hierdie Veiling. Die bul aanbod is van hoogstaande gehalte wat beproefde Stoetbulle, jongpotensiële Stoetbulle en ’n groot aanbod van bulle vir kommersiële boere insluit. Omdat dit ons 20ste Veiling is het onsbesluit om ook 20 Spesiale vroulike diere aan te bied. Dit bestaan uit die 2 beste koeie of verse van elke jaargroep vanaf 2000tot 2010. Hierdie vroulike diere is van Nasionale Veiling standaard en is die beste groep diere wat ons nog ooit aangebied het.Bo en behalwe hierdie Top 20 vroulike diere word daar ook 130 SP en Kommersiële vroulike diere aangebied.

“Ons sukses hang af van u sukses met ons gene�ka”Arthur de Villiers Sel: 082-564-8912 Tel: 058-913-2049 Faks: 058-913-1808, Vonkpos: [email protected] Webblad: www.arcadiabonsmara.com

GRATIS VERVOER

Inlig�ngsdagSaterdag,

31 Maart 2012

AG06-160 OP VEILING

AG09-056 OP VEILING AG08-204 OP VEILING

AG07-458 OP VEILING

ARCADIA BONSMARAS20 STE PRODUKSIEVEILING

18 APRIL 2012, 11:00 te Arcadia, Vrede

AANBOD

65 BULLE

150 VROULIKE DIERE

Vee &

veilin

gs

20 www.proagri.co.zaProAgri 145 – Maart / March 2012

www.proagri.co.za ProAgri 145 – Maart / March 2012 21

Vee &

veilin

gs

www.proagri.co.za22 ProAgri 145 – Maart / March 2012

Kontak Besonderhede:Tel: 014-755-3626

Sel: 082-388-2740/1/2/3/4E-pos: [email protected]

31 Maart 2012om 11:00,

Oljaco Krale, Vaalwater

Eerste veiling van die jaar

Oljaco Game Dealers

Die volgende wild sal op die veiling aangebied word:15 Sebras, 8 Buffels, 40 Blesbokke,60 Blouwildebeeste, 20 Elande, 40 Gemsbokke, 4 Kameelperde, 30 Koedoes5 Livingstone Elande, 8 Goue Blouwildebeeste20 Njalas, 4 Renosters, 120 Rooibokke

Gasverkoper: Buffelspan Safaris

www.oljaco.co.za

www.proagri.co.za ProAgri 145 – Maart / March 2012 23

Vee &

veilin

gs

Bostrum

Bonsmara

Inligtingsdag 26 Maart om 15:00

Tema : Is Funksie-, Blup- en Bouvorm-versoenbaar

Vleissentraal Ermelo: 017-819-1106Gustav Trümpelmann: 082-870-8929 Dieter Trümpelmann: 083-634-8483

27 Maart veiling om 11:00 Lydenburg

HDT 08-059 Poena Kuddevaar

(saadgebruik op veiling aangebied)Aanbod:40 bulle120 vroulike diere SP en Kommersieel4 saadgebruike van 2 top poena-bulle

Foto: Nesquick Wereldkampioen

Quatro Veiling

29 Maart 2012Bloemfontein

Aanbod:30 Ramme (stoet & geselekteerd)200 Ooie (stoet & geselekteerd)Sakkie en Vaatjie Nell bied dragtige ooie aan, gedekdeur Nesquick

Kontakpersone:Kobus Lötter 082-432-2393Johny Henderson 082-822-6215Sakkie Nell 082-575-6095Vaatjie Nell 072-459-4059

ProAgriProAgriOns kom na jou toe.

ProAgri word landwyd gratis versprei

ProAgri is in 230 landbouwinkels(koöperasies) beskikbaar. In 454 dorpeplaas die poskantoor ProAgri in boerese posbusse.

Dis maklik. Skakel net vir Paula by 012-342-5141. Die posgeld is R120 vir 12 uitgawes

Lees elke uitgawe op www.proagri.co.za.

Gratis!

Vat een!

Teken in!

Elektronies!!

14 Junie 2012Rustenberg - Stellenbosch

www.proagri.co.za24 ProAgri 145 – Maart / March 2012

Besoek ons webblad:

www.dorpersa.co.za

Posbus 61, Stutterheim 4930Tel 043-683-1330 Sel: 083-272-1255

Epos: [email protected]: www.dohnemerio.org

www.proagri.co.za ProAgri 145 – Maart / March 2012 25

Vee &

veilin

gs

Control aquatic plants with sterile (triploid)

grass carp.

We are the only national approved

supplier of sterile(triploid) grass carp in SA.

Aquatic Weed Control specialise in the

biological control of aquatic weeds since

1991.

We pioneered this protocol in South Africa.

Biological control is the most cost

efficient and effective method in the

control of aquatic weeds.

This service is supplied by

professional scientists with 25 years

experience.

WEED CONTROL IN DAMS

Contact: Aquatic Weed Control:

011- 769-2257 / 082-801-2228

083-633-4665

E-mail:[email protected]

2011 Isuzu FTR 850 LWB F/C C/C met valkant bak.

Zambesi retail park,

Zambesi rylaan,

218 Derdepoort, Pretoria.

Tel: 012-808-1892

Basie: 083-399-7705

Eduan: 082-567-3649

R 526 000(BTW uit)

18 000 km met vol diens geskiedenis

Gebruikte voertuie wat jy met gemoedsrus kan koop

www.proagri.co.za26

500g/ 400 micron PVC @ R25 per m2

650g/ 500 micron PVC @ R42 per m2900g/ 800 micron PVC @ R40 per m2

280g/ 55% shade net @ R9 per m2

Reservoir linings Truck tarps

Earth dam linings

PHONE TODAY! 072 279 3294

www. tatamatarps.co.za

Feed covers

AgriGids

Kontak Jan Abraham Strauss 082-636-1785www.agrishalom.co.za / [email protected]

• Mobiele veekrale • Nekklampe • Mobiele laaibanke • Selfvoerders • Opvou skaalbakke

Contact 021 557 0606 or

[email protected]

or order online at

www.fourlakes.co.za

For more styles,

go to www.fourlakes.co.za

100% waterproofVery comfortable

On promotion for March

or until stock last

Craftsman

Ribble ESK

Tillamook Bay

ProAgri 145 – Maart / March 2012

www.proagri.co.za 27ProAgri 145 – Maart / March 2012

AgriG

ids

Belê in sonenergie vir sakpasoplossings

’n Sonenergie-aanleg skakel die son se energie regstreeks om in

elektriese energie. Vir sonlose tye kan teruggeval word op Eskom of

op ’n batterypak wat bystand kan verleen.

Ideaal vir die afkoeling van hoenderhokke, varkhokke en koeistalle.

“Eie” energie ook vir spilpunte, hamermeulens, melkerye en droging-

stelsels.

Son-elektrisiteit is nie goedkoop nie. Kan deur ’n bank gefinansier en

maandeliks terugbetaal word. Belastingverligting moontlik. Binne ’n

paar jaar is die belegging afgelos en dan is die energie gratis, (byna)

vir altyd.....

Sonenergie vir die sak en die saak

Vir u slim energie-oplossing, skakel Solarvent

by 012-345-1109 of stuur ’n e-pos na

[email protected]

Die son kan koud maak!PV Sonpanele

Foto: “Energiequelle”

(any lengths)

www.proagri.co.za28 ProAgri 145 – Maart / March 2012

AgriGids

Jy kan nie dag en nag jou veedophou nie, maar Faunatrack kan.Met die AcciTag-merker aan 10% van jou kudde, sal die

FaunaTrack-stelsel jou deur boodskappe na jou rekenaar

of selfoon waarsku dat diewe en jakkals se kind besig is

om moles te maak.

Die kontrolestasie kry sy krag deur ’n sonpaneel en het

24-uur toegang tot die Internet.

Kontak Desmund by082-414-3242 of

per [email protected]

Red jou wins!

PRETORIA:Francois Müller:082 900 9472Tel: 012 804 2734/8Faks: 012 804 1871Fakkelstraat 253,SilvertonElektriese omheining: Theo Kruger: 072 621 3807

KROONSTADJan Müller:

082 447 0181Tel: 056 213 1760/5Faks: 056 213 1790

7de Laan nr 11,Industria

KROONSTADProdukte word landswyd afgelewer.

Span jou bates in en kry meer uit!

Alle staal, pype, sink,lemmetjiesdraad en kabels

www.proagri.co.za ProAgri 145 – Maart / March 2012 29

RT-9 IN LINE RAKE Ribbed tyres – three wheels hydraulic lifting and lowering raking width: 560cm

HEAD OFFICE:Tel: 018-431-2171/2E-mail: [email protected]

AREA MANAGERS:Gauteng, Mpumalanga and South Natal

• Eduan Booyens - 082-883-6484North and East Free State, North Natal, South-, Western Cape

• Berning Luyt - 082-907-4767South/West Free State, North-, Western Cape

• Christie Louw - 078-893-6152Eastern Cape

• Faan Greyling - 082-446-9683Limpopo, North West

• Martin Coetzee Jnr. - 082-888-1877

ENOROSSI RAKES

BATRAKE 8-10-12 WHEEL RAKES Hydraulic lift and independent rake wheels reinforced frames.

CADDY 8-10-12 WHEEL RAKES WITH KICKER WHEELSAdjustable working width and hydraulic lift

ER-12 ST EASY V-RAKE Steering wheels and central rak-ing wheels raking width: 740cm. Auto steer closed circuithydraulic system

FINGER WHEEL RAKES With spring suspension and independent changeable raking wheels 4, 5 and 6wheels-three point hitch

Beat our pricesand you get the

rake FREE

• All rakes equipped with kicker wheel– “Central raking wheel”

• Independent spring-loaded wheels• Hydraulic height control• Sturdy and durable construction

AgriG

ids

VERMILLIAN VERFU nuwe dimensie in verftegnologie

Fabriek: 010-5911-010012-335-4218012-335-4124

Eloffsdal: 012-335-0330Elarduspark: 012-345-4273Viljoenskroon: 081-467-2189

SOLAR AIRCON HITTEWEERKAAT-SENDE DAKVERFIsoleer koue, keer uitsettingen inkrimping met nanotegnologie

VERUSTRoesvoorkomingsbehan-deling, roes- en kiemdoder,verf regstreeks oproes, verdunnerbasis

ROOI/GRYSOKSIEDRoeswerende staalon-derlaag, vinnige droging,verdunnerbasis

VEELDOELIGEAKRILIESE PVABinne-/buitemuurverf, roupleistermure, plafonne,5 jaar lewensver-wagting

Sedert 1980 Since

Bk 96/16880/23

Nou R749,99 Nou R229,99

Nou R469,99 Nou R129,99

Spesiale fabrieksaanbiedinge!!!

Volg ons op www.vermillianpaint.com

20l

5l 5l

20l