hoofstuk 22 jacobus hendrikus van rensburg (f5) (1821...

6
Jacobus Hendrikus van Rensburg (die tweede) Opdatering Vordering 25 50 75 95 Hoofstuk 22 Jacobus Hendrikus van Rensburg (f5) (1821 - 1893)(Die tweede) Oriëntasie Jacobus 1 (die tweede) was die vyfde kind van Jacobus (die eerste) en Hester Janse van Rensburg. Hy is gebore in 1821 in die Distrik Riversdal en word bykans 72 jaar voordat hy in 1893 in die Bloemfontein distrik oorlede is. Jacobus was ’n boer. Toe Jacobus 21 jaar oud is, trou hy met die 16-jarige Elizabeth 2 Nel. Sy is in 1826 gebore en word 48 jaar oud voordat sy in 1874 oorlede is na ’n huwelik van 31 jaar. Jacobus en Elizabeth het 7 kinders gehad. Na Elizabeth se dood trou Jacobus, toe hy 53 jaar oud is, met die 46-jarige weduwee Johanna 3 Rood (geb. Mouton). Sy is in 1828 gebore en word 69 jaar oud voordat sy in 1898 oorlede is. Sy was voorheen getroud met Jan Daniel Rood. Genealogiese gegewens f5 JANSE VAN RENSBURG, Jacobus Hendrikus: *Riversdal Dist. Wyk (destyds) Kafferskuilrivier 26.8.1821 4 ; Swellendam 30.9.1821 5 ; Bloemfontein Dist. Weltevrede 1.8.1893 6 . xRiversdal 9.1.1843 7 : NEL, Elizabeth Johanna Maria: *4.7.1826 8 ; Swellendam 24.8.1826 9 ; Hertzogville Dist. Helpman 17.9.1874 10 ; #Hertzogville Dist. Helpman 11 . Dogter van Gert Petrus Nel en Sophia Catharina Vrey 12 . xxBloemfontein 22.2.1875 13 : MOUTON, Johanna Maria: *Kaapkolonie 16.12.1828 14 ; Graaff-Reinet 13.6.1829 15 ; Hoopstad Dist. Klippan 28.8.1898 16 . Dogter van Johannes Paulus Mouton en Martha Jacoba Lubbe. [Sy xBloemfontein 18.8.1851 17 : ROOD, Jan Daniel: *c. 1831 18 ; Cradock 16.10.1831 19 ; Vrystaat 24.7.1873. Seun van Cornelis Johannes Daniel Rood en Anna Maria Smit 20 .]

Upload: others

Post on 17-Jan-2020

19 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Jacobus Hendrikus van Rensburg (die tweede)

Opdatering Vordering 25 50 75 95

Hoofstuk 22

Jacobus Hendrikus van Rensburg

(f5) (1821 - 1893)(Die tweede)

Oriëntasie Jacobus

1 (die tweede) was die vyfde kind van Jacobus (die

eerste) en Hester Janse van Rensburg. Hy is gebore in 1821 in die Distrik Riversdal en word bykans 72 jaar voordat hy in 1893 in die Bloemfontein distrik oorlede is. Jacobus was ’n boer. Toe Jacobus 21 jaar oud is, trou hy met die 16-jarige Elizabeth

2 Nel. Sy is in 1826 gebore en word 48 jaar oud

voordat sy in 1874 oorlede is na ’n huwelik van 31 jaar. Jacobus en Elizabeth het 7 kinders gehad. Na Elizabeth se dood trou Jacobus, toe hy 53 jaar oud is, met die 46-jarige weduwee Johanna

3 Rood (geb. Mouton). Sy is

in 1828 gebore en word 69 jaar oud voordat sy in 1898 oorlede is. Sy was voorheen getroud met Jan Daniel Rood.

Genealogiese gegewens f5 JANSE VAN RENSBURG, Jacobus Hendrikus: *Riversdal Dist. Wyk (destyds) Kafferskuilrivier 26.8.1821

4;

≈Swellendam 30.9.18215; †Bloemfontein Dist. Weltevrede 1.8.1893

6.

xRiversdal 9.1.1843

7: NEL, Elizabeth Johanna Maria: *4.7.1826

8; ≈Swellendam 24.8.1826

9; †Hertzogville Dist.

Helpman 17.9.187410

; #Hertzogville Dist. Helpman11

. Dogter van Gert Petrus Nel en Sophia Catharina Vrey12

. xxBloemfontein 22.2.1875

13: MOUTON, Johanna Maria: *Kaapkolonie 16.12.1828

14; ≈Graaff-Reinet

13.6.182915

; †Hoopstad Dist. Klippan 28.8.189816

. Dogter van Johannes Paulus Mouton en Martha Jacoba Lubbe. [Sy –

xBloemfontein 18.8.185117

: ROOD, Jan Daniel: *c. 183118

; ≈Cradock 16.10.183119

; †Vrystaat 24.7.1873. Seun van Cornelis Johannes Daniel Rood en Anna Maria Smit

20.]

Jacobus Hendrikus van Rensburg (die tweede)

Opdatering Vordering 25 50 75 95

Jeug Jacobus (die tweede) is op Dinsdag 26 Augustus 1821 gebore in die destydse Wyk Kafferskuilrivier van die Distrik Riversdal. (Die rivier is tans die Goukorivier wat by Stilbaai in die see uitmond.) Jacobus se vader het gedeeltes van die plase Drie Kuylen 298 en Hectorskraal 425 in die Albertinia omgewing besit en die gesin het blykbaar gedurende Jacobus se kinderjare afwisselend op die plase gewoon. Jacobus is gedoop te Swellendam op Sondag 30 September 1821.

Gedoopte een Zoon geb. 26 Aug 1821 ouders. Jacobus Hendrik Janse van Rensburg Hester Magdalena Janse van Rensburg

Kafferskuil Rivier get: (getuies) Gert Hendrik Janse van Rensburg Hester Catharina Janse van Rensburg Philippus Rudolphus Janse van Rensburg ‘t kind Jacobus Hendrik

Elizabeth is op Donderdag 4 Julie 1826 gebore as die vierde kind van Gerrit Petrus Nel en Sophia Catharina Vrey. Sy is te Swellendam gedoop op 24 Augustus 1826.

Nel Elizabeth Johanna Maria. Geb. 4 July 1826. Ged. 24 August 1826 ouders. Gerrit Petrus Nel Sophia Cathharina Vry

Getuigen Isak Bartholomeus Nel Susdanna Hendrimna du Plessis Barend Johannes Vry Gerbrecht Maria Bereitenbach

Woonplekke Jacobus en Elizabeth het aanvanklik op Hectorskraal in die omgewing van Albertinia gewoon. In 1866 word die plaas per vendusie verkoop as deel van ’n insolvente boedel. Geen aanduiding kon gevind word van waar hulle toe gewoon het. Mnr. Cicero Rautenbach het navorsing gedoen oor sy familie en sy oupa was Jacobus Johannes Petrus Rautenbach wat getroud was met Jacobus (waaroor hierdie hoofstuk gaan) en Elizabeth se vierde kind, Elizabeth Johanna Maria Janse van Rensburg. Mnr. Rautenbach het vermoed dat daar in 1862 ’n verhuising vanaf Albertinia na die Vrystaat was wat waarskynlik verskeie Janse van Rensburg gesinne asook Lukas Johannes Rautenbach en sy bogenoemde seun Jacobus Johannes Petrus Rautenbach ingesluit het

21. Met

inagneming van die gegewens hieronder, wil dit voorkom asof mnr. Rautenbach die verhuising te vroeg geplaas het. Indien die gegewens oor die kinders nagegaan word, kom dit voor asof al Jacobus en Elizabeth se kinders na die Vrystaat getrek het, behalwe Hester Magdalena wat getroud was met Petrus Herodus Kleynhans en wat in die Riversdal omgewing bly woon het. Om te probeer bepaal nagenoeg wanneer die trek na die Vrystaat plaasgevind het, kan die volgende in ag geneem word:

Jacobus Hendrikus van Rensburg (die tweede)

Opdatering Vordering 25 50 75 95

o Die eiendom in Jacobus se insolvente boedel word in 1866 per veiling verkoop en die boedel word in 1869 finaal afgesluit.

o Die seun Jacobus Hendrikus, trou op Riversdal op 18 November 1868 met Sophia Catharina Kleynhans. o Op 22 Desember 1873 trou die dogter Anna Magdalena met Jacobus Lodewyk Durand in

Bloemfontein. Gerhardus Petrus trou in 1874 te Bloemfontein en Susanna Catharina in 1875 te Boshof.

Elizabeth is op 17 September 1874 oorlede en begrawe op Helpman, die plaas van haar seun Jacobus Hendrikus (Hoofstuk 23). Met inagneming van die gebrek aan fasiliteite vir die hantering van lyke in daardie tyd, is dit heel moontlik dat sy op Helpman was toe sy gesterf het. Daar is nie ’n aanduiding dat Jacobus (die tweede) en Elizabeth op Helpman gewoon het nie en dit is ewe moontlik dat sy oorlede is terwyl hulle daar besoek afgelê het. Dit kom dus voor asof die verhuising na die Vrystaat tussen 1869 en 1873 plaasgevind het. Met die huwelik van die dogter Anna Magdalena met Jacobus Lodewyk Durand op 22 Desember 1873, word aangedui dat sy afkomstig is van Zoutspruit

22. Toe

Jacobus op 12 Februarie 1875 met Johanna Mouton getroud is, was hy ’n boer van Zoutspruit

23. Volgens

mnr. Cicero Rautenbach was Zoutspruit die eiendom van ’n familielid van Jacobus en bestaan die moontlikheid dat Jacobus aldaar gewoon het. Daar is ’n plaas Zoutspruit 574 in die distrik Brandfort. Die oorspronklike plaas is in heelparty plase opgesny, maar op die Landmeter-Generaalkaarte het ’n klein gedeelte as Zoutspruit behoue gebly

24. Dit is egter nie

’n aanduiding van waar Jacobus op die oorspronklike plaas gewoon het nie. Johanna Mouton was tydens die huwelik met Jacobus aangedui as ’n weduwee van Weltevrede in die distrik Bloemfontein

25. Alhoewel hulle in gemeenskap van goedere getroud was en die plaas in Jacobus se boedel

ingesluit is26

, was die plaas deurgaans op Johanna se naam geregistreer. Daar is ’n hele aantal plase met die naam Weltevrede(n) in die distrikte Bloemfontein, Brandfort en Boshof. Volgens die dokumente in die Vrystaatse Argief oor aktes, was die plaasnommer 674 en die plaas is geleë soos op die kaart hierby aangetoon in die Brandfort Distrik in die Wyk Middel Modderrivier

27.

Eiendom Jacobus was in besit van ’n gedeelte van Hectorskraal 425

28. Hy word in 1850 as eienaar

aangedui29

. Teen 1866 het hy 32/96stes van die plaas besit. Blykbaar was die deel wat hy besit het, die noordelike deel van die plaas. Die dokumente wat bekom is, is nie duidelik oor wanneer Jacobus ’n gedeelte (510 morg) van die plaas Lunsklip (Luinsklip) 472

30 by Cornelis

Theodorus Kleynhans gekoop het nie31

, maar dit kom voor asof dit in die 1860’s moes gewees het, want daar was nog geld daarop uitstaande toe die boedel insolvent verklaar is. Soos hieronder aangedui, verloor Jacobus albei hierdie plase toe hy in 1866 insolvent verklaar is en die plase per veiling verkoop word. Daar is nie ’n aanduiding dat Jacobus in die Vrystaat grond besit het nie.

Benaderde ligging van Weltevreden en Zoutspruit

Benaderde ligging van Jacobus se plase

Jacobus Hendrikus van Rensburg (die tweede)

Opdatering Vordering 25 50 75 95

Insolvensie te Riversdal In die Kaapse argief is daar dokumente oor die insolvensie in die tweede helfte van die 1860’s, van ’n Jacobus Hendrikus Janse van Rensburg wat, onder andere, ’n gedeelte van Hectorskraal besit

32. Daar is twee aanduiders

dat dit hierdie Jacobus is, nl. die graad van ooreenkoms van handtekeninge van die tyd van insolvensie en die ondertekening in 1891 van ’n testament en die besit van ’n deel van Hectorskraal. Uit die inligting wat verstrek word is dit duidelik dat Jacobus in skuld verval het as gevolg van, onder andere, die verbande op sy eiendom waarvoor hy nie enige metode gehad het om die skuld af te los nie en dus insolvent was. Inderdaad kon die realisering van sy bates slegs vir die delging van ’n gedeelte van sy skuld sorg. Hy was nagenoeg 45 jaar oud toe hy insolvent geraak het. Jacobus meld dat hy sy boedel oorgegee het op 6 Julie 1866. Die trustee van die boedel het aangedui dat die laste teen die boedel £1039.17.6 was. Skulde ten bedrae van £450, insluitende twee verbande, was voorkeureise teen die boedel. Die bates van die boedel is vroeg in November 1866 beraam op £670.9.0, wat 32/96stes van Hectorskraal, 510 morge van Lunsklip en ’n biejie vee, meubels, ens. insluit. Die trustee het aanbeveel dat Jacobus, wat met ’n groot gesin geen heenkome gehad het nie, die bietjie meubels en sy deel van die graanoes behou. Die eiendom is op ’n veiling op 23 November 1866 verkoop. Die grond het £426.11.6 gehaal en die los goedere £35.0.1.

Kerk en gemeenskap Die kerk te Riversdal was die gemeente van Jacobus en sy gesin terwyl hulle in die Kaapkolonie woonagtig was. In die Vrystaat was hulle kerk te Bloemfontein, wat in 1846 gestig is. Die kerk te Brandfort is in 1875 gestig en dit is moontlik dat dit toe Jacobus-hulle se kerk geword het.

Brokkie: Die kerk te Riversdal Die plaas Doornkraal is in Julie 1837 aangekoop as kerkplaas en erwe word opgemeet en verkoop. Die dorp Riversdal word geproklameer op 30.8.1838. Die gemeente is gestig in 1839 met ds. H. A. Moorrees as eerste predikant. Lansaan is ’n foto van die huidige kerkgebou wat omstreeks 1908 voltooi is.

Kennisgewing van die afhandeling van Jacobus se

insolvente boedel in 1869.

Jacobus Hendrikus van Rensburg (die tweede)

Opdatering Vordering 25 50 75 95

Huwelik en gesin Jacobus en Elizabeth het sewe kinders gehad. In die Suid-Afrikaanse Geslagsregisters word die sesde kind, Anna Magdalena, nie aangetoon nie. Sy word egter in beide die sterfkennisgewing en likwidasie-en distribusierekening

33 van Jacobus asook Elizabeth se sterfkennisgewing ingesluit en ’n huwelik vir haar verskyn

in die Vrystaatse huwelikslys34

waarvolgens sy 16 jaar oud was toe sy getroud is. Die kinders is dus soos volg: o Sophia Catharina Jacoba, getroud met Bartholomeus Saayman. o Hester Magdalena, getroud met Petrus Herodus Kleynhans. o Jacobus Hendricus, getroud met Sophia Catharina Kleynhans en daarna met Elizabeth Maria

Geertruida Campher. o Elizabeth Johanna Maria, getroud met Jacobus Johannes Petrus Rautenbbach o Gerhardus Petrus, getroud met Maria Elizabeth Susara Kasselman. o Anna Magdalena, getroud met Jacobus Lodewyk Durand. o Susanna Catharina, getroud met Stefanus Jacobus Grove.

Laaste lewensjare Elizabeth is dan, soos vermeld, op Donderdag 17 September 1874 op die plaas Helpman van haar seun Jacobus Hendrikus (Hoostuk 23) oorlede. Sy was toe 48 jaar oud en was 31 jaar met Jacobus getroud. Vyf maande na Elizabeth se dood trou die 53-jarige Jacobus met Johanna Maria Mouton, wat toe 46 jaar oud was. Johanna is op 16 Desember 1828 gebore en op 13 Junie 1829 gedoop te Graaff-Reinet.

Johanna was ’n weduwee en was voorheen getroud met Jan Daniel Rood, wat oorlede is op 24 Julie 1873

35. Hulle

het nege kinders gehad in ’n huwelik van nagenoeg 22 jaar. Jan Rood was in besit van die plaas Weltevrede(n) 674 in die Brandfort distrik en die plaas gaan na sy dood oor na Johanna Mouton (Rood). Jacobus kom dan ook op die plaas Weltevrede(n) tereg en is daar oorlede. Op 18 Augustus 1891 maak Jacobus en Johanna Mouton ’n testament te Bloemfontein. Hulle benoem die langslewende as erfgenaam asook die kinders aan beide kante vir hulle erfpories vanaf die vader of moeder

36.

Jacobus is op 1 Augustus 1893 oorlede te Weltevreden toe hy 71 jaar en 11 maande oud was

37. Die boedel het

natuurlik sy en Johanna Mouton se bates ingesluit. Nadat die eiendom per veiling verkoop is, is £1926.5.9 verkry. Die kostes is afgetrek en die weduwee erf toe die helfte van die bates, terwyl Jacobus se kinders en kleinkinders (in gevalle waar die kinders oorlede is) die ander helfte erf. Johanna maak op 23 Junie 1894 te Hoopstad ’n testament

38. Johanna is op 20 Augustus 1898 op die plaas

Klippan oorlede in die ouderdom van 69 jaar en 8 maande. Sy bemaak maar goed aan haar en Jan Daniel Roodt se kinders, waarvan agt nog leef toe sy oorlede is

39.

Doop van Johanna

Jacobus Hendrikus van Rensburg (die tweede)

Opdatering Vordering 25 50 75 95

1 Noemnaam onbekend. Gebruik eerste naam.

2 Noemnaam onbekend. Gebruik eerste naam.

3 Noemnaam onbekend. Gebruik eerste naam.

4 TAB FK 2231. SAG 9, Bl. 275 verstrek 21.8.1821, maar dis verkeerd.

5 SAG 9. Bl. 275.

6 VAB MHG R508.

7 SAG 9. Bl. 275.

8 TAB FK 2233.

9 TAB FK 2233. SAG 6, bl. 138 verstrek 24Desember 1828, maar dis verkeerd.

10 VAB MHG N116.

11 Steenkamp, M G J (Marietjie – geb. Janse van Rensburg): Onderhoude.

12 SAG 6. Bl. 137.

13 Botha, G.D. (Neil). OVS Huwelike.

14 TAB FK 2221, SAG 5 bl. 704 en VAB MHG M910.

15 TAB FK 2221.

16 VAB MHG M910.

17 SAG 10. Bl. 7.

18 Afgelei van doopdatum.

19 SAG 10. Bl. 7.

20 SAG 10. Bl. 6.

21 Rautenbach, Cicero. Brief van 10 Julie 1992 aan Marietjie Steenkamp (Hoofstuk 29). Uittreksel in besit van die skrywer.

22 Botha, G.D. (Neil). OVS Huwelike.

23 Botha, G.D. (Neil). OVS Huwelike.

24 Madmappers: Kaart 2826CB. 28⁰45’13.83”S 26⁰16’32.29”O. Mapset: South Africa – AfricaTopo GPS topographic map

series. DVDs 1 en 2. Versprei deur Madmappers. 25

Botha, G.D. (Neil). OVS Huwelike. 26

VAB MHG R508. 27

Madmappers: Kaart 2826CA. 28⁰37’32.02”S 26⁰04’13.83”O. Mapset: South Africa – AfricaTopo GPS topographic map series. 28

Madmappers: Kaart 3421BC. 34⁰14’35.97”S 21⁰29’02.83”O. Mapset: South Africa – AfricaTopo GPS topographic map series. 29

Le Roux, J. G., Niemandt J.J., Olivier, Mariana en Olivier, Ronel. 2004. Bewaarders van ons Erfenis: Riversdal en Mosselbaai.. (Versprei deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika.) Bl. 26 en 27. 30

Madmappers: Kaart 3421BC. 34⁰18’02.00”S 21⁰31’04.78”O. 31

KAB 2/1232. Verw. 88. 32

KAB 2/1232. Verw. 88. 33

VAB MHG R508. 34

Botha, G.D. (Neil). OVS Huwelike. 35

SAG 10. Bl. 7. 36

VAB MHG R508. 37

VAB MHG R508. 38

VAB MHG M910. 39

VAB MHG M910.