ruimtelike ontwikkelingsraamwerk (ror) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike...

74
MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 1 RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) RUIMTELIKE VOORSTELLE OPGESTEL DEUR: CK RUMBOLL & VENNOTE RAINIERSTRAAT 16 MALMESBURY TELEFOON: 022-4821845 FAKS: 022-4871661 E-POS: [email protected] KONTAK PERSONE: MNR. BERTIE VERSTER ME LOUNA DU TOIT MNR QUINTON BALIE ME CARISSA PIETERS

Upload: lamanh

Post on 26-Feb-2019

223 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 1

RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK

(ROR)

RUIMTELIKE VOORSTELLE OPGESTEL DEUR: CK RUMBOLL & VENNOTE RAINIERSTRAAT 16 MALMESBURY TELEFOON: 022-4821845 FAKS: 022-4871661 E-POS: [email protected] KONTAK PERSONE: MNR. BERTIE VERSTER ME LOUNA DU TOIT MNR QUINTON BALIE ME CARISSA PIETERS

Page 2: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 2

INHOUDSOPGAWE Bladsy AFDELING I: Inleiding 5 1.1 Inleiding 5 1.2 Agtergrond 5 1.3 Definisie: Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk 6 1.4 Studiegebied 6 1.5 VISIE Stelling 6 1.6 Beplanningsraamwerke 7 AFDELING II: Ontwikkelingsprofiel 14 2.1 Inleiding 14 2.2 Nasionale Groei 14 2.3 Wes-Kaapse Groei 14 2.3.1 Oppervlakte 15 2.3.2 Bevolking 15 2.4 Metropolitaanse Uitbreiding 15 2.4.1 Blaauberg Groei 16 2.4.2 Tygerberg Groei 17 2.5 Weskus Behoefte 17 2.6 Munisipaliteit Swartland 17 2.6.1 Bevolkingsprojeksies 17 AFDELING III: Omgewingskarakter, Beboude en Onbeboude Omgewing 19 3.1 Streeksomgewingkarakter en beeld 19 3.2 Visie vir publieke oopruimte 20 3.3 Raamwerk komponente 20

Algemene Riglyne: 22 Ingangspoort 24 Bewegingsnetwerk 26 Publieke Nodusse 29 Publieke Fasiliteite/ Sosiale Foci 31 Ekonomiese Foci 34 Groen Ruimte 36

3.4 Publieke oopruimte raamwerk vir elke dorp 38 AFDELING IV: Infrastruktuur & Gemeenskapsfasiliteite 39 Kwessies 39 Doelwit 39 Strategieë 39 Aksieplanne 39

Page 3: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 3

AFDELING V: Behuising & Landbou 41 Kwessies 41 Doelwit 41 Strategieë 41 Aksieplanne 41 AFDELING VI: Ekonomiese Ontwikkeling & Toerisme 44 Kwessies 44 Doelwit 44 Strategieë 44 Aksieplanne 44 AFDELING VII: Gesondheid & Welsyn & Openbare Veiligheid 46 Kwessies 46 Doelwit 46 Strategieë 46 Aksieplanne 46 AFDELING VIII: Opleiding, Kapasiteitsbou & Kommunikasie 48 Kwessies 48 Doelwit 48 Strategieë 48 Aksieplanne 48 AFDELING IX: Sport, Rekreasie & Natuurgebiede 49 Kwessies 49 Doelwit 49 Strategieë 49 Aksieplanne 49 AFDELING X: Volume 2 van ROR 51 BYLAES BYLAE A: Beplanningstandaarde 52 1. Inleiding 52 2. Werkswyse 52 3. Grondgebruikskategorieë 55

Page 4: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 4

BYLAE B: Beplanningsriglyne 57 1. Inleiding 57 2. Beplanningsterminologie 57 BYLAE C: Biostreek Beplanning 67 1. Inleiding 67 2. Ruimtelike beplanningskategorieë 67 BYLAE D: Grondindelings 71 1. Inleiding 71 2. Grondindelings vir Swartland Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk 71 BYLAE E: Publieke Deelname 73

KAARTE, FIGURE, TABELLE & FOTOS Kaart 2.1: Nasionale opset 14 Kaart 2.2: Wes-Kaapse konteks 15 Kaart 2.3: Blaauwberg/ Tygerberg-Noord Uitbreidings 16 Kaart 2.4: Weskus ligging 17 Figuur B2.1: Aktiwiteitskorridor 55 Figuur B2.2: Aktiwiteitsas 56 Figuur B2.3: Aktiwiteitstraat 57 Figuur B2.4: Dorpsnodus 58 Figuur B2.5: Plaaslike nodus 59 Figuur B2.6: Oopruimte netwerk 60 Figuur B2.7: Stedelike randgebied 61 Figuur B2.8: Verdigting 62 Figuur B2.9: Gemengde gebruike 63 Figuur B2.10 Biosfeer model 67 PLAN 1: LIGGINGSPLAN VAN DIE STUDIEGEBIED PLAN 2: BIOSFEER KATEGORIEë VIR STUDIEGEBIED PLAN 3: LANDBOU GRONDPOTENSIAAL PLAN 4: NATUURLIKE PLANTEGROEI BINNE STUDIEGEBIED

Page 5: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 5

AFDELING I: INLEIDING 1.1 INLEIDING Die daarstel van die Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (ROR) vir Swartland Munisipaliteit spruit vanuit die Geïntegreerde Ontwikkelingsbeplanningsproses. Artikel 25 van die Munisipale Stelselswet, 2000 (Wet 32 van 2000), maak dit verpligtend vir alle munisipaliteite om Geïngegreerde Ontwikkelingsplanne (GOP’e) vir hul regsgebiede op te stel. Artikel 26 van die Stelselswet bepaal dat een van die kernelemente van ‘n GOP, ‘n Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (ROR) moet wees. Die ROR dokument is as volg saamgestel: VOLUME 1: ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE VOLUME 2: RUIMTELIKE VOORSTELLE VIR WYKE

WYK 1: Koringberg, Moorreesburg, Misverstanddam WYK 2: Ruststasie en landelike gebied aangrensend tot Moorreesburg WYK 3: Riebeek Kasteel, Riebeek-Wes en PPC dorp WYK 4: Yzerfontein, Jakkalsfontein, Grotto, Ganzekraal, gedeelte van Darling en Dasseneiland WYK 5: Darling en landelike gebied tussen Darling en Malmesbury WYK 6: Abbotsdale, Chatsworth, Kalbaskraal, Riverlands WYK 7: Malmesbury-Sentraal WYK 8: Malmesbury en landelike gebied WYK 9: Malmesbury-Suid en -Wes (Ilinge Lethu en Wesbank) WYK 10: Malmesbury-Wes (Schoonspruit)

1.2 AGTERGROND Met die tot standkoming van die nuwe bedeling ten opsigte van plaaslike bestuur in Suid-Afrika het wetgewing gemeenskappe baie meer inspraak in plaaslike bestuur gegee. Hierdie aksie staan bekend as die Geïntegreerde Ontwikkelingsbeplanningsproses en word verwoord in ‘n Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP). So ‘n GOP is reeds vir Munisipaliteit Swartland se regsgebied opgestel en word jaarliks hersien aan die hand van die gemeenskap se insette tot die munisipale begroting. Baie van die voorstelle in die GOP aangaande prioriteite of belangrike projekte het egter ruimtelike implikasies en vandaar die behoefte vir ‘n Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (ROR) waarvolgens die ruimtelike ordening van grondgebruike volledig verder ondersoek word. Die ROR spruit dus voort uit die GOP. Met die daarstel van die GOP is daar tydens werkswinkels met die gemeenskap ‘n visie asook ‘n missie vir die studiegebied geformuleer terwyl ‘n SWOT-analise (sterkpunte/ swakpunte/ geleenthede/ bedreigings) ook deurloop is. Vanuit hierdie proses is daar sekere KWESSIES soos van toepassing op die ROR geïdentifiseer. Die ruimtelike kwessies is volgens ses van die GOP Sektorale Prioriteitsareas geklassifiseer, om sodoende eenvormigheid te bewerkstellig, naamlik: INFRASTRUKTUUR & GEMEENSKAPSFASILITEITE BEHUISING & LANDBOU EKONOMIESE ONTWIKKELING & TOERISME GESONDHEID EN WELSYN & OPENBARE VEILIGHEID OPLEIDING, KAPASITEITSBOU & KOMMUNIKASIE SPORT EN REKREASIE & NATUURGEBIEDE

Page 6: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 6

Die verdere motivering om bestaande GOP sektorale prioriteite te gebruik, is dat befondsing vir projekte in die ROR, slegs beslag kan vind in die GOP, met ander woorde daar kan slegs binne die GOP begroot word vir projekte van die ROR. Volgens die Plaaslike Regering Munisipale Strukture Wet (Wet 27/ 1998) is Munisipaliteit Swartland as ‘n Tipe B Munisipaliteit geklassifiseer met die Weskus Distriksmunisipaliteit as Tipe C Munisipaliteit. Die nuwe munisipale gebied omvat die 10 wyke soos reeds uiteengesit. 1.3 DEFINISIE: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) Die Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (ROR) het ten doel om:

Die ruimtelike beplanning met gepaardgaande ontwikkeling oor die volgende 20 jaar formeel te rig, te stuur en te koördineer

Die GOP ruimtelik in te lig Openbare besteding strategies te rig Rigting en vertroue aan die privaatsektor te verskaf ten opsigte van investering Nasionale en provinsiale departemente se goedkeuring te bekom vir plaaslike beplannings- en beleidsbeginsels

Vir die daarstel van die ROR en meer spesifiek die vooruitbeplanning in die ROR, sal dit nodig wees om eerstens aandag te gee aan algemeen aanvaarde beplanningstandaarde (aangeheg Bylae A) asook beplanningsriglyne soos geformuleer vanuit die kwessies en projekte (aangeheg Bylae B). 1.4 STUDIEGEBIED Die studiegebied omvat die totale munisipale gebied soos saamgestel uit die genoemde 10 wyke. In oppervlakte beslaan die studiegebied 3700 vierkante kilometer wat sowat 12% van die Weskus streek uitmaak. 1.5 VISIE STELLING ‘n Beplanningsvisie stelling is vir die betrokke regsgebied geformuleer om die Swartland Munisipaliteit se bona fides ten opsigte van toekomstige beplanning duidelik te stel. Die beplanningsvisie lees as volg:

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ONDERNEEM OM MET SINVOLLE VOORUITBEPLANNING ‘N VOLHOUBARE GEïNTEGREERDE LEEFOMGEWING VIR AL SY INWONERS TE SKEP

Plaaslike owerhede word al meer op hulself aangewese vanweë gedelegeerde bevoegdhede asook klein begrotings wat jaarliks meer prioriteite moet aanspreek. Daar is dus nie ‘n ander keuse as om dorpe optimaal te laat funksioneer nie. Die rol wat beplanning binne hierdie nuwe strukture moet speel, is dus uiters belangrik en dit dan die rede vir die formulering van ‘n visie om so rigting aan te dui. Hierdie visie het ten doel om alle toekomstige beplanning vir die volle

Page 7: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 7

regsgebied op ‘n sinvolle en volhoubare basis te hanteer asook alle moontlike hulpbronne te integreer en so optimaal te benut. 1.6 BEPLANNINGSRAAMWERKE 1.6.1 Geïntegreerde Ontwikkelingsplan Soos reeds genoem is die GOP vir die regsgebied reeds saamgestel. Die GOP het ten doel om deur middel van publieke deelnemingsprosesse die gemeenskap inspraak te gee in die beplanning en bestuur van die regsgebied. Dit is dan hier waar die Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (ROR) direk sy beslag vind as uitvloeisel of verlengstuk van die GOP. Vanuit die GOP is as VISIE gestel: ‘n Bemagtigde, samehorige en vooruitstrewende gemeenskap in ‘n kwaliteit omgewing. Deur middel van die ruimtelike ontwikkelingsbeplanningsproses word die gemeenskap dan juis bemagtig om met sinvolle vooruitbeplanning welvaart na die omgewing te lok asook te vestig en sorg te dra dat ‘n kwaliteit omgewing gewaarborg en tot stand gebring kan word. As MISSIE is gestel: Die fasilitering van effektiewe gemeenskapsdeelname om ‘n vooruitstrewende, gesonde en

verenigde gemeenskap daar te stel, geskoei op die volgende waardes: - Bekostigbaarheid - Deursigtigheid - Volhoubaarheid - Behoud van die landelike karakter - Volle gemeenskapsbetrokkenheid Die Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (ROR) moet daartoe bydra dat hierdie Missie verwesenlik kan word en is dit dan veral ten opsigte van die daarstel van ‘n vooruitstrewende deelnemende gemeenskap, volhoubaarheid asook die behoud van die landelike karakter waar die Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk ‘n rol behoort te speel. Alle ruimtelike kwessies is dan volgens die GOP prioriteitsareas ingedeel soos reeds genoem. 1.6.2 Geïntegreerde Ontwikkelingsplan: Weskus streek Die GOP vir die streek is reeds onder toesig van die Weskus Distriksmunisipaliteit voltooi en word sorg gedra deur die plaaslike owerheid dat beoogde aksieplanne binne die Swartland Munisipale-gebied, die streek-GOP ondersteun en komplimenteer. As VISIE staan die streek-GOP ‘n beter kwaliteit lewe vir al sy inwoners voor wat behels dat alle aspekte rakende gemeenskapslewe asook fasiliteite aandag moet kry. 1.6.3 Biostreek Beplanningsraamwerk vir die Wes-Kaap provinsie Die genoemde raamwerk is deur die Weskaap Provinsiale Administrasie daargestel om as riglyn vir veral distriksmunisipaliteite asook plaaslike owerhede te dien vir die uniforme en volhoubare bestuur van ons hulpbronne. Dit

Page 8: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 8

verskaf dan ‘n raamwerk vir die afbakening van biostreke soos geskoei op biostreek beplanningsbeginsels. Baie belangrik is ook dat dit riglyne verskaf waarvolgens die hele provinsie se grondgebruike geklassifiseer word en wel deur middel van die Ruimtelike Beplanningskategorieë (RBK’e). ( Sien Bylae C) 1.6.4 Witskrif: Volhoubare Kusontwikkelingsbestuur Beleidsprogram vir Suid-Afrika Die beleidsprogram soos genoem is opgestel vir die hele kusgebied van Suid-Afrika en is onder beskerming van die Departement van Omgewingsake en Toerisme. Provinsie Wes-Kaap is tans besig met die opstel van regulasies ter implementering van die program. 1.6.5 Provinsie Wes-Kaap: Kussone Beleid Genoemde konsep grondgebruik en geïntegreerde bestuursbeleid is daargestel om die unieke karakter van die kusgebiede te beskerm asook die sosiale en ekonomiese voordele gesamentlik aan te spreek en te bestuur. Die kusbeleid is gebasseer op die biostreek beplanningsbeginsels waarvolgens die behoeftes van die ekologiese prosesse met dié van die gemeenskappe geïntegreer word om sò dan die kusgebiede volhoubaar te kan laat ontwikkel. 1.6.6 Groenskrif: Bewaring en volhoubare gebruik van Suid-Afrikaanse biologiese diversiteit Suid-Afrika is een van drie lande wêreldwyd met die hoogste voorkoms van bio-diversiteit met sowat een miljoen spesies. Die Groenskrif spreek die integrering van bewaring en beplanning aan ten opsigte van genetiese diversiteit, spesie diversiteit en ekosisteem diversiteit waar die beginsels vir die integrasie van bio-diversiteitsbewaring en grondgebruiksbeplanning neergelê word. 1.6.7 Weskus Substreek Struktuurplan/ Weskus Distrik: Ruimtelike Plan Die Weskus Substreek Struktuurplan asook die Ruimtelike Plan vir die Weskus Distrik het ordelike ruimtelike ontwikkeling van die regsgebied van die Weskus Distriksmunisipaliteit ten doel. Verder maak dit voorsiening vir Biostreekbeplanning voortspruitend uit UNESCO se MAB-program (“Man and the Biosphere”) waarvolgens biostreke vir die provinsie afgebaken is en waarbinne gepoog moet word om volhoubare ontwikkeling te bevorder. Biostreke is geskoei op die konsep van Biosfeer Reservate en staan die konsep op drie bene naamlik volhoubare ontwikkeling, bewaring en wetenskap. Daar moet dus gepoog word om in die mens se behoeftes te voorsien sonder om die natuur te beskadig. Die biostreke soos afgebaken strek oor munisipale grense en sal dit die taak van die betrokke munisipaliteite wees om toe te sien dat die biostreek gesamentlik en volhoubaar bestuur word. ‘n Biosfeerreservaat bestaan uit ‘n kerngebied (natuurreservate), buffersones (gebiede van beperkte ontwikkeling) en oorgangsones (landbou/ stedelike ontwikkelings). Op hierdie manier kan bestaande natuurreservate tesame met areas waar natuurlike plantegroei voorkom soos die hoërliggende dele (pieke van berge), landbougebiede asook dorpsontwikkeling in een oorkoepelende sisteem saamgebind word. Die dokument is geskoei op die Ruimtelike Beplanningskategorieë waarvolgens die hele weskus streek in die breë gekategoriseer is. Verdere gedetaileerde planne sal dus hierdie kategorieë moet implimenteer asook verfyn. Aangesien Munisipaliteit Swartland se regsgebied oor ‘n groot gedeelte van die substreek strek, is dit belangrik om wyer te kyk na dit wat die natuurlike omgewing kan bied en dan die moontlike koppeling daarvan aan ‘n groter netwerk van reservate en bewareas. ‘n Gedeelte van die regsgebied (westelike gedeelte) maak reeds deel uit van die Weskus Biosfeer Reservaat. (Sien Bylae C vir meer inligting rakende biosfeer beplanning). Die Riverlands natuurreservaat net suid van Malmesbury, vorm deel van die oostelike kern van genoemde biosfeer reservaat en strek deur middel van korridors regdeur tot teenaan die see en verder noordwaarts tot by die Weskus Nasionale Park.

Page 9: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 9

1.6.8 Verstedelikingstrategie: Weskus Distriksmunisipaliteit Die daarstel van ‘n verstedelikingsraamwerk vir die Weskus Streek spruit regstreeks uit die GOP vir die streek en spreek die volgende aspekte aan: Behuising Landbou Dienste Instroming en verstedeliking Progessiewe ontwikkeling Werkskepping Ekonomiese groei Streeksekonomie Toerisme Bewaring Besoedeling Water Genoemde strategie is as basis gebruik om die onderskeie dorpe in rangorde te klassifiseer. 1.6.9 Weskus Ekonomiese Ontwikkelingstrategie/ Ekonomiese Ontwikkelingsraamwerk Die Weskus Ekonomiese Ontwikkelingstrategie soos opgestel vir die Weskus Streekontwikkelingsraad asook die Ekonomiese Ontwikkelingsraamwerk (Weskus Distriksmunisipaliteit) het die ekonomiese opheffing van die streek in die geheel ten doel. 1.6.10 Wet op Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfsreg, 1997 – Wet No. 62 van 1997 (ESTA) Die Grondhervormingsprogram van die Departement van Grondsake bestaan uit drie sub-programme:

Herverdeling van grond ten gunste van minderbevoorregtes en armes Restitusie van grondregte aan slagoffers van gedwonge verskuiwing Opgradering van grondbesitregte met as doel die bevordering van sekuriteit van grondbesit vir almal (ESTA –

Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfregwet, 62 van 1997) Die Departement van Grondsake bied ‘n aantal toekennings en dienste ter ondersteuning van die grondhervormingsprogram aan. Toekennings van toepassing op die Tierfonteinomgewing is:

Vestigings- / grondverkrygingstoekenning behels ‘n maksimum van R16 000,00 per begunstigde huishouding, vir gebruik vir die aankoop van grond, die bevordering van grondbesitregte, beleggings in infrastruktuur en bouverbeteringe en omheinings, in oorleg met begunstigingsplanne

Plaaslike owerhede kan ook grondverkrygingstoekennings verkry vir die daarstelling van landbouverhuringskemas vir inwoners van dorpe en landelike nedersettings

Toekennings is daarop gemik om hulp aan, onder andere die volgende persone, te bied:

Mense sonder grond wat toegang tot grond en vestigingsgeleenthede wil bekom Plaasarbeiders en hul gesinne wat hul vestigingsomstandighede en grondbesitvoorwaardes wil verbeter Huurarbeiders en hul gesinne

Page 10: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 10

Huishoudings met ‘n gemiddelde inkomste laer as R4 500,00 per maand (meerderheid in Tierfontein) kwalifiseer vir die toekennings. Die Departement van Grondsake het egter beperkte fondse en daarom moet projekte geprioritiseer word. Dit impliseer dat sommige aansoeke moet oorstaan of dat slegs ‘n gedeelte van die R16 000,00 toekenning voorsien kan word. Die toekenning kan onder andere gebruik word om:

Landelike grond te bekom vir residensiële doeleindes, landbouproduksie en kleinsake ontwikkeling Grondbesitregte te verseker, op te gradeer en te registreer Huis- en grondverbeteringe aan te bring deur die voorsiening van basiese infrastruktuur soos water, sanitasie,

vullisverwydering, interne paaie, bo-strukture en omheinings (grootmaat infrastruktuur vir paaie, water en sanitasie word nie deur die vestigingstoekenning gedek nie en toegang daartoe moet deur middel van ander programme verkry word)

Kriteria vir die prioritisering van projekte:

Potensiële begunstigdes moet verkieslik minderbevoorreg / arm wees. Nasionale diversiteit en geografiese verspreiding sal in ag geneem word Spoed en doeltreffendheid van projekte Lewensvatbaarheid en standhoudendheid van projekte

1.6.11 Wes-Kaapse Konsepbeleid vir die implementering van langtermyn verblyfsekuriteit vir plaaswerkers Die visie van die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap is dat alle plaaswerkers in staat moet wees om hulle permanent te kan vestig. Volgens die beleid behoort alternatiewe vestigingsopsies beskikbaar te wees om permanente vestiging te bevorder en te fasiliteer in ooreenstemming met plaaslike behoeftes en omstandighede. Die uitvoering van vestigingsopsies behoort by te dra tot volhoubare landelike-, landbou en gemeenskapsontwikkeling in die Wes-Kaap. Die behoefte word ook uitgespel om landelike beplannings- en ontwikkelingsinisiatiewe op provinsiale vlak te koördineer. Om dit te bereik moet teiken begunstigdes asook sleutel rolspelers op grondvlak by die besluitnemingsproses betrek word. Die beleid streef na die daarstelling van “op-die-plaas” en “buite-die-plaas” vestigingsopsies (in hierdie geval dan “op-die-hoewe” en “buite-die hoewe”) om Wes-Kaapse plaaswerkers en hulle afhanklikes in staat te stel om die verskillende verblyf-, behuising- en subsidie voordele en -regte wat tot hulle beskikking is ten volle te benut tesame met die verduideliking van hoe en waar hierdie geleenthede vervul kan word. Die beleid is gerig op die verskeidenheid van verblyfsbehoeftes van die Wes-Kaapse plaaswerkergemeenskap. Dit behels dat alle plaasbewoners, insluitend permanente-, termyn-, huis-, kontrak- en seisoenwerkers en hulle afhanklikes gedurende hulle dienstermyn en na aftrede, afgesien van waar hulle tans woon, verblyfvoorkeure met betrekking tot “op-die-plaas” en “buite-die-plaas” behoort te geniet. Die beleid sal vestigingsopsies daarstel om verblyfsregte wat deur ESTA aan plaaswerkers voorsien word, te fasiliteer en om die verkryging van grond en behuising meer toegangklik te maak vir die betrokke plaaswerkers. Verder streef die beleid daarna om die boeregemeenskap bewus te maak van die vestigingsopsies en hoe om dit uit te oefen. Dit erken ook die kort- en langtermyn vermoëns van plaaslike owerhede om dorpe / landboudorpies te finansier en te bestuur. Vestigingsopsies vir plaaswerkers word in twee modelle verdeel, naamlik:

Page 11: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 11

“Op-die-plaas” opsies “Op-die-plaas” opsies is beskikbaar vir plaaswerkers wat tans op die plaas woon en in die toekoms daar sal woon, as gevolg van persoonlike voorkeur of omdat omstandighede dit vereis. Die opsie van onderverdeling van die plaas sal vestiging, met die gepaardgaande reg van eienaarskap fasiliteer. Verder sal sodanige onderverdeling die verkryging van langtermyn sekuriteit deur die benutting van regeringsfondse fasiliteer. By die onderverdeling van die plaas moet die volgende in ag geneem word:

Dit moet die belange van beide die plaaswerkers en eienaars in ag neem. Die beoogde ontwikkeling op die onderverdeelde gedeeltes moet koste effektief en uitvoerbaar wees, met die

benutting van bestaande behuising, paaie en dienste waar moontlik. Die volhoubare benutting van landbou hulpbronne moet verseker word en die kadastrale fragmentasie van

grond vir landboudoeleindes en die “verstedeliking” van landelike gebiede moet sovêr moontlik vermy word. In gevalle waar onderverdeling nie moontlik of ‘n onmiddelike behoefte is nie kan verblyfregte versterk word deur middel van ‘n notariële akte van serwituut of ‘n huurkontrak wat teen die titelakte van die grond geregistreer word. Bykomende meganismes sluit in: Opstel van ‘n formele behuisingskontrak tussen die plaaseienaar en die plaaswerker Omskrywing van die monetêre waarde van die behuisingsvoordeel Instelling van minimum standaarde vir plaaswerker-behuising deur plaaslike owerhede “Buite-die-plaas” opsies “Buite-die-plaas” vestiging kan gefasiliteer word deur middel van twee tipes vestiging: In ‘n bestaande dorp of ‘n nuwe landelike dorp, waar albei openbare nedersettings is onder die jurisdiksie van ‘n

plaaslike owerheid In ‘n landbou dorpie wat ’n private nedersetting is vir die uitsluitlike behuising van die plaaslike

plaaswerkergemeenskap wat binne ‘n landbougebied geleë is. In die lig van die hoë koste vir die stigting en instandhouding (veral die bestuur daarvan) van nuwe landelike dorpe, asook die fiskale beperkings op plaaslike owerhede, het die ontwikkeling van nuwe dorpe beperkte toepassing in die Wes-Kaap. ‘n Verdere aspek wat deeglike aandag sal moet geniet is die impak van sulke nedersettings op die omgewing waarbinne dit beplan word. In Tierfontein se geval is sulke dorpe vir vestiging reeds relatief naby beskikbaar in Abbotsdale, Llinge Lethu en Riverlands en sal die skep van verdere dorpe nie haalbaar wees nie. 1.6.12 Wes-Kaapse Konsepbeleid vir die vestiging van landbouhoewes in die stedelike soomgebied Die visie van die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap is dat toegang tot grond in die soomgebied van stedelike areas sowel as landelike dorpe, asook die benutting daarvan, tot volhoubare landbou- en stedelike ontwikkeling sal bydra. Die beleid het ten doel om geleenthede vir aspirant boere te skep om grond in die stedelike soomgebied te bekom en landbouhoewes daar te ontwikkel en om aan te dui hoe plaaslike owerhede die benutting van hierdie geleenthede kan bevorder. Die omvang van die beleid as volg: Reageer op die verskeidenheid van landbougrond behoeftes in die soomgebiede van Wes-Kaapse dorpe Streef daarna om die volhoubare benutting van landbougrond en -hulpbronne in die stedelike soomgebiede te

verseker Integreer die behoeftes vir landbougrond met ander grondgebruiksbehoeftes in die soomgebiede

Page 12: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 12

Inkorporeer oorwegings vir omgewingsbestuur by grondgebruikbeplanning in die soomgebiede Die tipe ondernemings wat deur die beleid voorsien word, is kommersiële, projekgebaseerde en gemeenskapsboerdery ondernemings. Laasgenoemde twee tipe ondernemings val binne die gebied van die grondhervormingsprogramme. Landbouhoewes op openbare grond kan gevestig word op bestaande of nuwe munisipale meentgrond of op bestaande of onderverdeelde gedeeltes van staats-, provinsiale of munisipale grond. Wat grond in privaatbesit betref kan landbouhoewes gevestig word op bestaande of onderverdeelde gedeeltes van plase. Nie-boerdery grondgebruike behoort volgens die beleid nie toegelaat te word op hoewes in die soomgebied nie en plaaslike owerhede moet die onderverdeling van grond in hierdie areas baie noukeuring monitor en kontroleer. Om die verstedeliking in die soomgebiede te voorkom, behoort plaaslike owerhede vestigingsregte op landbouhoewes te beperk in ooreenstemming met die voorwaardes wat van toepassing is op landbougrond in landelike areas. 1.6.13 Malmesbury Plaaslike Struktuurplan Reeds in 1985 is daar ‘n Plaaslike Struktuurplan slegs vir Malmesbury opgestel. Dit is reeds in 1989 goedgekeur en is dus grootliks verouderd. Met die nuwe benadering tot geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning verander die hele wese van struktuurplanne soos dit bekend was. Sekere voorstelle is egter steeds van krag en word as deel van die Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk geïnkorporeer. 1.6.14 Darling Struktuurplan ‘n Struktuurplan is in 1998 vir Darling opgestel waarvolgens riglyne vir die toekomstige beheer, bestuur en moontlike herstrukturering van die aanwending van hulpbronne binne Darling neergelê is en wel op so ‘n wyse dat die orde van die gebied sowel as die algemene welvaart van die gemeenskap bevorder word. Uitbreidingsrigtings van elke grondgebruik is vir ‘n 20 jaar tydperk bepaal met in ag neming van die bewaring van die natuurlike en beboude omgewing. Die voorstelle soos in genoemde struktuurplan vervat, word ten volle as deel van die ROR geïnkorporeer. 1.6.15 Yzerfontein & Omgewing Ruimtelike Plan Gedurende 2000 is daar ‘n Ruimtelike Plan vir Yzerfontein en Omgewing voltooi waarvolgens ruimtelike vraagstukke geïdentifiseer is en word die voorstelle ter oplossing daarvan asook die voorstelle vir vooruitbeplanning by die Swartland ROR geïnkorporeer. 1.6.16 Malmesbury – Atlantis Ruimtelike Plan (MARP) ‘n Dokument, Malmesbury – Atlantis Spatial Plan (MARP) is deur die Weskus Distriksmunisipaliteit opgestel en alhoewel slegs op ‘n gedeelte van die landelike gebied van die studiegebied van toepassing, word die belangrikste aspekte kortliks aangespreek. Behalwe die dorpe Abbotsdale, Chatsworth, Kalbaskraal en Riverlands wat binne die studiegebied van die MARP val, is daar ook die Tierfontein-gemeenskap wat onder Munisipaliteit Swartland resorteer. Hierdie dokument (MARP), wat reeds deur die Weskus Distriksmunisipaliteit goedgekeur is, spreek die gebied tussen Malmesbury en Atlantis aan en is ‘n beleidsdokument wat die toekomstige beplanning en bestuur van die genoemde landelike gebied formuleer.

Page 13: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 13

Die MARP streef daarna om ordelike ontwikkeling asook die algemene welvaart van die gemeenskappe binne die studiegebied te bevorder. Die MARP ondersteun: Behoud van die huidige landelike karakter Verhoogde verskeidenheid van landbouverwante grondgebruike insluitende toerisme Onderverdeling van landbougrond om kleiner-produksie eenhede te skep wat onderworpe moet wees aan die

bestaande riglyne van die Departement van Landbou Duidelike onderskeid tussen ‘klein plaaseenhede’ ( 20-40 ha), ‘landbou hoewes’ (5-10 ha) en ‘ekstensiewe

residensiële hoewes’ (Tierfontein val tussen-in met sy hoewes wat wissel in grootte tussen 15 en 20 ha) Verhoogde produktiwiteit Vestiging van nuwe boere Vestiging van verenigings soos die Tierfontein Kleinhoewe Vereniging om gemeenskapsdeelname in plaaslike

ontwikkelingskwessies te verseker asook die daarstel van grondgebruik- / soneringsriglyne. Die vereniging moet verder as waghond optree insake teenstrydige grondgebruike en ook as koördineerders vir plaaslike opgraderingsprojekte

Landbousone I sonering vir ‘klein plaaseenhede’ Goedkeuring van fasiliteite soos toeristefasiliteite en plaasstalletjies as vergunningsgebruike onder Landbousone I Nodus ontwikkeling gepaardgaande met bestaande interseksies op die N7 Hierdie dokument speel ‘n belangrike rol in die munisipale gebied, wat die genoemde landelike gebied insluit. 1.6.17 Tierfontein Beleidsraamwerk Die Tierfontein Beleidsraamwerk is deur die Weskus Distriksmunisipaliteit aanvaar as beleidsdokument vir die toekomstige ontwikkeling van die Tierfonteinarea. Tierfontein val tans onder jurisdiksie van die Munisipaliteit Swartland en het die Raad die genoemde beleidsraamwerk oorgeneem om dan die toekomstige ontwikkeling van die area daarvolgens te hanteer. 1.6.18 Soneringsplan vir Misverstanddam Genoemde plan (opgestel deur Departement Waterwese en Bosbou) streef na die integrering van bewaring, ontspanning en ontwikkeling om sodoende die optimale gebruik deur almal te verseker. Dit ken aktiwiteit- en ontwikkelingsones toe aan die wateroppervlakte asook omringende areas van die dam se opvanggebied. Die plan word hoofsaaklik gebruik om privaat asook publieke ontwikkelingsaansoeke binne die opvanggebied te beoordeel. Die plan sluit ook alle staatsgrond binne die uitkooplyn in. Die soneringsplan word ondersteun deur die bestuursplan vir die dam waardeur gepoog word om die doelwitte van die soneringsplan te koördineer en te implimenteer. 1.6.19 Misverstanddam Struktuurplan Die Struktuurplan is in opdrag van die Weskus Distriksmunisipaliteit opgestel en die hoofdoel van die plan is om ordelike en volhoubare ontwikkeling te verseker deur middel van ruimtelike ontwikkelingsriglyne. Dit neem die sosiale, ekonomiese en omgewingsimpakte in ag en sluit alle grond binne die opvanggebied van die dam in. Belangrik om daarop te let dat die plan geen regte aan grondeienaars toeken of wegneem nie. Die struktuurplan word deur die betrokke owerheidsinstansies gebruik om grondgebruik- en ontwikkelingsaansoeke te evalueer asook te help met besluitneming.

Page 14: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 14

Opsommend: Die GOP tesame met die Ruimtelike Plan vir die Weskus Distrik asook die ander genoemde beplanningsdokumente, bepaal die breër streekskonteks waarbinne Munisipaliteit Swartland funksioneer en verdere beleidsplanne in die toekoms opgestel kan word. Alle bestaande inligting en goedgekeurde beplanningsinisiatiewe word dus geïntegreer. Dit kan, tesame met die insette van die onderskeie gemeenskappe binne die regsgebied (GOP en ROR publieke deelname prosesse), saamgesnoer word tot een omvattende Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (ROR) waarbinne alle ruimtelike aspekte of kwessies aangespreek kan word.

AFDELING II: ONTWIKKELINGSPROFIEL 2.1 INLEIDING Beplanning en veral dan geïntegreerde beplanning, word binne ‘n groter konteks aangepak en staan elke aksie binne die raamwerk van die groter wêreld waarbinne dit pas. Die Munisipaliteit Swartland se regsgebied kan dus nie as ‘n eiland op sy eie groei nie en is dit nodig dat daar aan die groter konteks aandag gegee word om so die ontwikkelingstendense vas te stel asook die impak daarvan op die studiegebied. So is daar tans internasionale riglyne (Biosfeer Beplanningsbeginsels soos later behandel) waaraan aandag gegee moet word en pas die beplanning dus by die internasionale konteks in. 2.2 NASIONALE GROEI Die nasionale bevolking wat tans op byna 44 miljoen mense geraam word, groei teen een miljoen mense per jaar wat ‘n groeikoers van 2,27% verteenwoordig. Teen ‘n norm van vier persone per gesin (en een erf per gesin) kom dit neer op 250 000 erwe per jaar (of 685 erwe per dag!) wat addisioneel landswyd benodig word. Die stedelike / landelike verdeling is tans 66% teenoor 34%.

KAART 2.1: NASIONALE OPSET 2.3 WES-KAAPSE GROEI Die Wes-Kaap waarbinne die studiegebied geleë is, is een van die nege (9) provinsies van Suid-Afrika en word daar vervolgens aan die provinsiale opset aandag gegee.

REPU BLIEK VAN SUID -AFRIKA

M ALM ESBURY

Page 15: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 15

KAART 2.3: WES-KAAP LIGGING IN VERHOUDING MET S.A.

2.3.1 Oppervlakte Naas die Noord-Kaap (29,7%) en die Oos-Kaap (13,9%) is die Wes-Kaap en die Vrystaat gesamentlik in die derde plek met 10,6% van die nasionale oppervlakte. Slegs twee provinsies is oppervlak gewys dus groter as die Wes-Kaap. 2.3.2 Bevolking Die Wes-Kaap met ‘n bevolking van 4,3 miljoen mense verteenwoordig ongeveer 9,8% (amper een tiende) van Suid-Afrika se totale bevolking. Die metropool alleen het sowat 2,8 miljoen mense. Die Wes-Kaap se bevolking groei tans teen 90 000 mense per jaar. Dit verteenwoordig ‘n groeikoers van 2,1% per jaar wat net onder die nasionale groeikoers is. Teen die norm van vier persone per gesin verteenwoordig dit sowat 22 500 erwe per jaar waarvoor daar voorsiening gemaak moet word. Die huidige tekort aan residensiële erwe word egter tans geraam op sowat 170 000 erwe en hierdie getal neem dus jaarliks toe met ‘n addisionele 22 500 erwe soos genoem. 2.4 METROPOLITAANSE UITBREIDING Daar word voorspel dat die bevolking van die Kaapse Metropool, wat tans op ongeveer drie miljoen staan, gaan verdubbel tot ses miljoen teen die jaar 2020. Vir doeleindes van hierdie studie is die metropolitaanse uitbreiding afsonderlik gehanteer ten opsigte van die twee administrasies binne die regsgebied van Munisipaliteit Kaapstad, tewete Blaauwberg (aan die hand van die Blaauwberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk) en Tygerberg (Durbanville-area) aangesien genoemde twee administrasies die naaste aan die studiegebied geleë is. Dit sal dus die grootste impak ten opsigte van toekomstige ontwikkeling hê. Soos op kaart 2.4 gesien kan word, kan die toekomstige uitbreiding van hierdie twee gebiede basies net in ‘n noordelike rigting (Munisipaliteit Swartland) geskied.

WES-KAAP

MALMESBURY

Page 16: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 16

KAART2.4: BLAAUWBERG/ TYGERBERG AREAS MET UITBREIDINGSRIGTINGS

2.4.1 Blaauwberg groei Die bevolking van die totale Blaauwberg-gebied staan tans (2000) op 170 000 mense waarvan sowat 42% in en rondom Atlantis woon. Die huidige groeikoers word op 2,8% per jaar geraam wat ‘n geprojekteerde bevolking van 257 000 mense vir die jaar 2015 laat. Die huidige behuisingswaglys staan op 10 000 gesinne wat 10 000 residensiële erwe verteenwoordig. Die jaarlikse groei vir residensiële erwe word beraam op 22 000 en omgeskakel na oppervlakte sal daar saam met die behoefte vir kommersiële ontwikkeling 1800 ha benodig word tot die jaar 2015. Al uitbreidingsrigting beskikbaar hiervoor is die vakante grond tussen Blaauwberg en hierdie studiegebied. 2.4.2 Tygerberg groei Die huidige bevolking (2000) vir die Tygerberg-area word geraam op 54 000 mense wat gaan groei tot 115 000 mense in die jaar 2015. Die huidige groeikoers vir ontwikkeling is tussen 4% en 6% per jaar, maar dit is die verwagting dat genoemde koerse sal afplat tot 2,7%. Daar bestaan reeds ‘n ooraanbod ten opsigte van kantoor akkommodasie en die

MELKBOSSTRAND

BLOUBERGSTRAND

DURBANVILLE

KAAPSTAD

MILNERTON

TABLE VIEW

BLOUBERG MUNISIPALE GEBIED

ATLANTIS

MAMRE

PAROW BELLVILLE

DELFT

ELSIES RIVIER

MFULENI

KHAYELITSHA

GOODWOOD

ROBBENEILAND

OOSWES

SENTRAAL

SUID

KUS

NOORD

N1

N2

STADTYGERBERG

MALMESBURY

Page 17: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 17

Tygerberg-area is ook omring met goeie landbougrond aan die noordekant. Om hierdie rede word daar tans gepoog om deur middel van die nodige vooruitbeplanning stedelike kruip te beperk deur middel van invulling asook die verhoging van ontwikkelingsdigthede binne bestaande ontwikkelde gebiede. 2.5 WESKUS BEHOEFTE Die bevolking vir die Weskus waarvan die Munisipaliteit Swartland se gebied ‘n integrale deel uitmaak, staan tans (2000) op 246 000 mense wat ‘n persentasie van 5,9% van dié van die Wes-Kaap verteenwoordig. Die Weskus maak verder sowat 4,95% van die Wes-Kaap se behoefte uit ten opsigte van residensiële erwe wat 8300 erwe verteenwoordig.

KAART 2.5: LIGGING VAN DIE WESKUS STREEK 2.6 MUNISIPALITEIT SWARTLAND Die groeikoers wat gebruik word om die bevolkingsamestelling te bepaal is verkry uit historiese tendense soos beskikbaar uit die vorige sensusverslae, maar ook dan soos aangepas ten opsigte van die huidige tendense asook die groeikoerse van die ander genoemde areas (nasionaal asook meer plaaslik). Die algemene groeikoers, soos vir die studiegebied bereken, is 2,13% tot die jaar 2005 en 2,17% tot die jaar 2020 wat laer is as die nasionale groeikoers (2,27%) soos genoem, maar net hoër as die groeikoers soos van toepassing op die Wes-Kaap (2,1%). Dit dui daarop dat die Munisipaliteit Swartland se gebied ietwat vinniger groei as die grootste gedeelte van die Wes-Kaap. Blaauwberg en Tygerberg-Noord groei egter nog vinniger. 2.6.1 BEVOLKINGSPROJEKSIES Om bogenoemde feite in perspektief te stel ten opsigte van die bevolking vir die studiegebied, is dit nodig dat daar na die detail ten opsigte van bevolkingsyfers gekyk word. Die geprojekteerde bevolkingsyfers verskaf ook ‘n beeld van die toekomstige bevolkingsamestelling en dui veral aan wat die impak van soveel meer mense op die studiegebied gaan wees. Hierdie impak kan dus sinvol beplan en bestuur word. Die totale bevolking vir die Munisipaliteit Swartland staan tans (2000) op 64 979 mense en word daar beraam dat hierdie getal oor vyf jaar op 72 342 te staan gaan kom en oor 20 jaar tot 99 825 gaan groei. Laasgenoemde syfer verteenwoordig 34 846 (54%) meer mense as tans waarvoor daar binne die studiegebied vir al hul behoeftes voorsiening gemaak moet word. Teen ‘n gesinsgrootte van vier lede per gesin verteenwoordig die voorafgaande syfers

WESKUS DISTRIK

KMG

MALMESBURY

Page 18: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 18

1841 meer erwe in die volgende vyf jaar en 8712 meer erwe in die volgende 20 jaar. Tesame met die voorsiening van residensiële erwe moet skole, besighede, kerke, ontspanning, welsynsorg, ingenieurs-, medies- en veiligheidsdienste ook aangespreek word. Die groeikoers soos gebruik vir doeleindes van vooruitbeplanning vir die volgende 20 jaar is geraam op ‘n gemiddeld van 2,17%. Die rede vir die laer groeikoers wat gebruik word vir die komende jare (2,17%) teenoor die huidige groeikoers (4,9%) is omrede die verwagte groei in lyn gebring is met die res van die Wes-Kaap se groei. Alhoewel die studiegebied dus drasties gegroei het oor die afgelope vier jaar is die aanduiding dat hierdie groei reeds afgeplat het en is dit hoogs onwaarskynlik dat die studiegebied teen ‘n hoër koers as die twee aangrensende Administrasies (Tygerberg en Blaauwberg) sal groei. Die totale regsgebied het teen amper 5% (4,9%) oor die afgelope 4 jaar gegroei. Soos reeds genoem is die regsgebied se groeikoers hoër as die van die Wes-Kaap en kan dit daaraan toegeskryf word dat veral Malmesbury se swart bevolking drasties toegeneem het oor die genoemde tydperk, maar dan ook as gevolg van staatsgesubsideerde behuisingsprojekte wat redelik onlangs voltooi is in die onderskeie dorpe en wat aanleiding gegee het tot verstedeliking. Die uitdaging lê nou daarin dat hierdie verwagte bevolking sinvol geakkommodeer en bestuur sal moet word om so die hulpbronbasis van die gebied (veral dan die landbou- en toerismewaarde daarvan) te beskerm asook te bewaar.

Page 19: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 19

AFDELING III: OMGEWINGSKARAKTER, BEBOU- DE EN ONBEBOUDE OMGEWING 3.1 STREEKSOMGEWINGSKARAKTER EN BEELD Malmesbury, as primêre dorp met sy verwante dorpe en nedersettings is grotendeels geleë binne die landbouarea bekend as die ‘Swartland’ van die Weskaap en vandaar dan ook die naam van die munisipaliteit. Die Swartland bied ‘n verskeidenheid panoramas wat wissel van golwende koringlande tot geometriese wingerde bespikkel met eeue-oue wynplase en opstalle, sowel as omringende berge wat kontrasteer met laagliggende valleie en riviere. Die huidige Swartland streeksidentiteit is ‘n samestelling van sy landskap, landbou-erfenis, mense, instellings en geskiedenis. Alles dra by tot ‘n sterk landelike atmosfeer – en tot goeie redes waarom die beskerming van die streekskarakter met sy unieke dorpe, landbou, see- en natuuraktiwiteite van spesiale belang is. Oor die laaste drie dekades het dorpe periodes ondervind van vinnige ekonomiese en tegnologiese groei met gepaardgaande veranderings in die landskap – ‘n neiging wat sal voortduur oor afsienbare tyd. Terwyl groei werksgeleenthede en groter kulturele verskeidenheid skep, is die resultate hoofsaaklik minder verblydend gesien in die omgewing waar dit ontvou het as : Onderverdelings wat nie faktore soos topografie in ag geneem het nie Verlies van landbougronde en oop ruimtes Onsimpatieke argitektuur en strukture Verkeersprobleme en ‘n oorvloed van swart teer Konflik tussen voetgangers en voertuie Kommersiële lintontwikkeling en reklameborde wat oorheers Sekuriteitsheinings, telefoonpale, maste en satellietskottels Minimale landskapering Menige van die nuwe ontwikkelings (veral in die sestigerjare) was teenstrydig met die historiese vestigingspatrone, het fragmentasie geskep, die streek sowel as dorpe se eiesoortige karakter benadeel en gevolglik die landelike lewenskwaliteit. Praktiese oplossings vir die probleme bestaan wel, maar vereis vernuwende denke en koöperatiewe vindingrykheid tussen verskeie groepe – owerhede, beplanners, besigheidsleiers, ontwikkelaars, inwoners en boere – om aan toekomstige geslagte ‘n volhoubare en aantreklike landelike erfenis na te laat. Terselfdertyd vereis dit ook ‘n sterk en goed gefundeerde beleid, ‘n definitiewe dorpsgrens, ‘n publieke oopruimte raamwerk eie aan elke dorp en duidelike opgraderings-, bewarings- en ontwikkelingsriglyne. Die kern tot die oplossing is die vestiging van estetiese- / bestuurskomitees wat raadsbesluite effektief kan inlig.

Page 20: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 20

3.2 VISIE In lyn met die oorhoofse visie en missie van die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) vir die Malmesbury streek is die VISIE vir die Publieke Oopruimte Raamwerk soos volg :

Die behoud van die landelike omgewingskarakter van die Swartland (Malmesbury)- streek, tesame met die

behoud en versterking van die eiesoortige identiteit van elk van die onderskeie dorpe en die skep en ontwikkeling van kwaliteit omgewings vir elke dorp.

Dit word gedoen om aan toekomstige geslagte ‘n volhoubare en aantreklike landelike erfenis na te laat. 3.3 RAAMWERK KOMPONENTE Die belangrikste bates van die Swartland – Malmesbury streek is vervat in die raamwerk komponente. Dié bates, naamlik die natuurlike omgewing, landbou-erfenis, mense, instellings en geskiedenis sluit onder andere die volgende in: Wildernis areas van omliggende berge en riviere: Kasteelberg, Paardeberg, Dassenberg; Bergrivier en Dieprivier

met sytakke Saailande, wynlande en wingerde Oorblywende fynbos Die Dieprivier wat strek vanaf die Kasteelberg oorsprong om ‘n natuurlike skakel te vorm tussen Malmesbury,

Abbotsdale, Kalbaskraal en baie verder, die Atlantiese Oseaan Landskap van historiese en kulturele geboue, plekke, parke, bakens, uitsigte sowel as die netwerk van paaie wat die

streek en die sosiale strukture verbind Stedelike randgebied wat ‘n beperking stel op dorpskruip Baie van hierdie komponente soos die berge, rivier, plase en historiese strukture is onvervangbare nasionale bates en bestempel die streek se eiesoortige karakter. Vir hierdie rede moet beleidspunte / riglyne en aksies geformuleer word wat die komponente verhef, beskerm en bevorder. Die karakter, die detail van die dorpe en enige beoogde veranderings moet dus sorgvuldig oorweeg word. Beleid wat dorpskarakter aanspreek moet so geformuleer word om harmonieuse en inpasbare verhoudings met die omvattende raamwerk komponente te skep.

Page 21: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 21

RAAMWERK ELEMENTE Raamwerk komponente bestaan elk uit een of meer van die volgende elemente : Vertikale elemente • bome • plantegroei • lae mure • kolomme • terasse • geboue • ingangstrukture • tekens, inligtingsborde en reklame Horisontale oppervlaktes • plaveisel • teer • gruis • sand • gras • plantegroei Publieke meublement • sitbanke • tafels • speeltoerusting • publieke kuns • water elemente • handelstalletjies • rotse Publieke dienste • waterpunte • publieke toilete • vullisdromme • publieke telefone • straatligte Belangrike oorwegings ten opsigte van die ontwerp, afwerking en plasing van oopruimte elemente is as volg: Behoud van die streeks – sowel as unieke dorpsidentiteit Behoud van die oorhoofse bepaalde ontwerp (tema) en afwerking vir publieke meublement en oppervlakte

behandeling vir elke spesifieke dorp Sterk kontrolering van alle tekens en reklame Sterk oorweging van beskikbare en toekomstige onderhoudsbronne Plasing van alle elemente in konteks van die oorhoofse dorpsraamwerk

Page 22: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 22

‘n Streekskarakter en identiteit kan bewaar en geskep word deur openbare meublement, tekens en reklame elemente sò te ontwerp dat dit kan dien as basis vir alle dorpe in die Malmesbury streek om ‘n eiesoortige dorpsidentiteit te skep. Die volgende gedeelte omskryf algemene beginsels en riglyne wat van toepassing is op alle raamwerk komponente sowel as om in meer detail te kyk na elke komponent. Genoemde riglyne dien as rigtingswysers vir beleidsformulering. Daar moet ook in ag geneem word dat alle riglyne dinamies is en van tyd tot tyd hersien moet word om aan te pas by veranderende omstandighede:

ALGEMENE RIGLYNE

Die volgende is van toepassing in ‘n mindere of meerdere mate op alle komponente : Behoud van die landelike en streekskarakter Skepping van ‘n unieke dorpsidentiteit en publieke areas wat dié identiteit simboliseer Gebruik sover as moontlik van endemiese of inheemse plantegroei en ander materiale (bv. rotse / klip / hout, ens.) Aanplanting van publieke areas - met die beskikbare onderhoudsbronne in gedagte sowel as waterbesparing Gebruik van toepaslike skaal en komposisie van oopruimtes en verwante elemente Gebruik van toepaslike plaaslike argitektoniese styl in die beboude omgewing Verteenwoordiging van plaaslike kultuur in publieke kuns waar moontlik Elemente en tekens moet sterk en maklik leesbaar wees Gebruik en plasing van alle elemente om ‘n veilige en gemaklike publieke area te skep wat toegang en geleentheid

bied aan alle publieke aksies Gebruik en plasing van alle elemente om ‘n gemaklike mikroklimaat te skep Voorsiening van publieke dienste bv. waterpunte vir informele handelaars, publieke toilette, ens. Betrekking van die plaaslike gemeenskap sovêr as moontlik in die skepping en onderhoud van oopruimtes bv. in

boomplantings programme (skool, ens.) Dit is uiters belangrik dat die skepping van publieke oopruimtes deel vorm van die eerste fase van die konstruksie

van alle ontwikkelings wat die publiek betrek Beleid moet geformuleer word om die ontwikkeling en onderhoud van kwaliteit publieke areas en begroening deur

die privaatsektor ‘n voorwaarde van ontwikkeling te maak; Beleid moet geformuleer word om die opstel van ‘n landskaperingsplan ‘n voorwaarde te maak vir alle ontwikkeling. Gepaardgaande met die bogenoemde riglyne is die volgende riglyne gemik op die ruimtelike samestelling en elemente van publieke oopruimtes : Ontwikkeling van ‘n uniforme materiaal-/ skakeringskeuse en patroon vir plaveisel en harde oppervlaktes Gebruik van ‘n verandering in oppervlakte materiaal, patroon en grondvlak om verskillende areas van konsentrasie

en beweging te identifiseer bv. beveiliging van voetgangerkruisings die ontwikkeling van ‘n openbare meublementreeks, met ‘n gepaste tema, wat uniforme ontwerp en verspreiding

bevorder

Page 23: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 23

Die volgende is riglyne ten opsigte van die plasing of opgradering van geboue omliggend aan oopruimtes, bv. publieke fasiliteite, sosiale of ekonomiese foci : Geboue moet positief skakel met omliggende oopruimtes Alle infrastrukturele behoeftes moet so ontwerp en afgewerk word om multi-funksioneel te wees in gebruik, bv.

parkering kan funksioneer as publieke plein vir spesiale mark dae, feeste, ens. geboue moet geleë wees op die grens van oopruimtes om die ruimtelike definiering van bestaande of nuut

geskepde oopruimtes te bevorder ‘n beleid moet geskep word ten opsigte van inligtingsborde, geverfde tekens teen mure sowel as ander vorms van

reklame om ‘n eenvormigheid te verseker sowel as die karakter en identiteit van die dorp te behou die gebruik van kolomme, onderdak deurgangroetes en afdakstrukture op die voor fasade van geboue moet

aangemoedig word om ‘n menslike skaal op die straatfront te bevorder sowel om as beskutting te dien teen weertoestande bv. skadu teen son, reën, ens.

Page 24: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 24

KOMPONENT INGANGSPOORT OMSKRYWING

‘n Ingangspoort word geskep vir die hoofingange by elke dorp. Dit verkondig aan die besoeker die dorp se naam en verteenwoordig gewoonlik simbolies die unieke eienskap, identiteit, karakter of geskiedenis van die dorp. Dit dien ook as verwelkomingspunt. .

ELEMENTE ‘n Ingangspoort kan verskeie vorme aanneem, onder andere een of

meer van die volgende:

Page 25: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 25

‘n Groep bome of ‘n beplante area Geboude strukture (enkel of aan weerskante van die pad) ‘n Naambord (wat gepaard kan gaan met reklame) ‘n Unieke landvorm of landskap bv. ‘n natuurlike poort gevorm

deur berge ‘n Spesifieke element of publieke kunswerk bv. ‘n standbeeld ‘n Verandering in pad oppervlakte of materiaal ‘n Kaart van die dorpsuitleg RIGLYNE Tesame met die algemene riglyne moet die volgende beginsels in ag

geneem word met die skepping van ‘n ingang: Elemente en tekens moet sterk en maklik leesbaar wees sowel

as van toepaslike skaal, ontwerp en afwerking Verskillende ingange kan varieer na gelang van

gebruiksintensiteit en ligging bv. primêre en sekondêre ingange ‘n Dorpskaart moet duidelik wees en alle publieke fasiliteite

aandui KONSEPTE Die volgende illustreer verskillende tipes ingangstrukture:

KOMPONENT

BEWEGINGSNETWERK

Page 26: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 26

OMSKRYWING ‘n Bewegingsnetwerk sluit in alle vervoerroetes sowel as voetgangerroetes. Primêre vervoerroetes is veral belangrik omdat dit gewoonlik die hoofpad deur ‘n dorp insluit en die dorp met ander dorpe in die streek verbind. Vanuit ‘n voetganger se perspektief is dié roetes ook belangrik omdat meeste van die publieke fasiliteite, sosiale foci en ekonomiese bedrywighede langs dié roetes konsentreer en gevestig is. Soos die geval met meeste dorpe, is die hoofpaaie onnodig wyd en veroorsaak gevolglik verskeie probleme soos onder andere: Afbreek aan die kompakte skaal van die dorp se karakter ‘n Geraas sowel as voetganger veiligheidsprobleem weens hoë

spoed en verkeersprobleme van deurgangsverkeer, veral swaar voertuie

Estetiese afbreek aan dorp se beeld en die skepping van ‘n oninterresante omgewing met ‘n oorvloed van teer oppervlaktes

Skepping van ‘n ongerieflike mikroklimaat bv. hitte weerkaatsing vanaf teer en geen skadu bome

Skepping van areas wat geen sosiale interaksie bevorder nie; Gepaardgaande afbreek aan plaaslike besigheidsaktiwiteite Skepping van ‘n onaantreklike omgewing vir toerisme

ELEMENTE Bewegingsroetes sluit paaie en padreserwes sowel as sypaadjies (fiets- en wandelroetes) in.

Page 27: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 27

RIGLYNE Geïntegreerde Sisteem Een van die mees belangrikste komponente van ‘n publieke oopruimte of ‘groen’ raamwerk is bewegingsroetes omdat dit die dorpstruktuur deurvloei en integreer en sodoende ‘n groen ‘web’ vorm, wat verskeie groen ruimtes en publieke areas aaneenskakel in ‘n enkele sisteem. Dié ‘web’ bevorder leesbaarheid van die dorp se uitleg, sowel as toeganglikheid tot alle publieke, sosiale en besigheidsfasiliteite. Die verspreiding van oopruimtes deur middel van die ‘web’, deur die hele dorpsarea het ook onpebaalde waarde ten opsigte van estetika en die skepping van ‘n kwaliteit dorpsomgewing.

Straat Behandeling

Page 28: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 28

Boomaanplanting Alle strate moet voorsien word van ‘n boomaanplantingsprogram

en alle nuwe strate moet so ‘n program as deel van hulle konstruksiefase hê

Enkellaan boomplanting van sekondêre en plaaslike strate moet op die windkant geskied;

Langs primêre paaie moet dubbellaan boomplanting plaasvind Vervoerroetes Padbelynings en veral diè van hoofpaaie, kan ontwerp word om

spoed te verminder sowel as interessantheid te skep en veiligheid aan voetgangers te verleen

Behandeling van die padoppervlakte met verskeie materiale of patrone kan voetganger veiligheid bevorder sowel as straat karakter skep

Wydte van die pad moet funksioneel wees en nog steeds die dorpskarakter behou

Cul-de-sac paaie in residensiële gebiede moet gesien word as sosiale nodusse en so behandel word ten opsigte van uitleg, materiaalkeuse en beplanting

Voetgangerroetes Voetgangerroetes moet tesame met straatboomplanting geskiet Wydte van voetpaaie moet gemaklik wees vir fietse sowel as

gestremdes

Page 29: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 29

KOMPONENT

PUBLIEKE NODUSSE

OMSKRYWING Publieke nodusse verteenwoordig die areas in ‘n dorp waar

mense konsentreer en bymekaarkom. Die ligging van dié areas hou sterk verband met en is geïntegreer met die bewegingsnetwerk sowel as die verspreiding van publieke fasiliteite, sosiale foci en besigheidsbedrywighede. Publieke nodusse sluit die volgende in : Markarea / markplein Parkeerareas Aansluitings / voetgangerkruisings Oopruimtes geassosieer met geboue soos binnehowe,

kolomme, ingangsareas, buite-areas ens. Pop areas benodig vir publieke dienste bv. publieke telefoon

areas ens.

ELEMENTE Publieke nodusse word ruimtelik gedefinieër en ervaar deur die verteenwoordiging, skaal, komposisie en afwerking van elemente soos voorheen beskryf:

RIGLYNE Net soos die bewegingsroetes ‘n publieke groen ‘web’ vorm, so vorm

Page 30: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 30

publieke nodusse areas waar mense byeenkom. Om die konsentrasie effektief en toepaslik te akkommodeer sowel as om plekke wat die eiesoortige “identiteit-van-plek” simboliseer, is die algemene riglyne vooraf beskryf, van toepassing, spesifiek dié gefokus op die ruimtelike samestelling en elemente van publieke oopruimtes.

Page 31: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 31

KOMPONENT

PUBLIEKE FASILITEITE / SOSIALE FOCI

OMSKRYWING Publieke fasiliteite en sosiale foci vorm die struktuur elemente

van ‘n dorp se karakter. Histories het meeste van die dorpe rondom die kerk ontstaan en so dien dié gebou as kern van die dorp se gemeenskapslewe. Tans is daar ‘n neiging na toepaslike kompakte, meerdoelige publieke fasiliteite. Dié neiging plaas groter klem op publieke oopruimtes en skryf voor dat publieke geboue nie hulself afsny van hul omliggende buiteruimtes nie, maar bydra tot die vorming van die ruimtes. Uit ‘n sosio-ekonomiese standpunt is dit dus sinvol om te belê in publieke buiteruimtes wat verband hou met bv. kerke, klinieke, stadsale, biblioteke en die historiese dorpsplein.

Page 32: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 32

ELEMENTE Ten opsigte van die oopruimte raamwerk moet die oopruimtes

geassossieer met publieke fasiliteite en sosiale foci, ruimtelik sowel as simbolies, die lewe en gebeurtenisse van die gemeenskap verteenwoordig. Die oopruimtes word gevorm en ervaar deur die skaal, samestelling en afwerking van elemente.

RIGLYNE ` waar moontlik moet publieke fasiliteite geassossieer wees met ‘n

publieke oopruimte; geboue moet front aan publieke oopruimtes; gemeenskapsfasiliteite wat aan die dorp karakter verleen moet

so ver as moontlik versterk en beskerm word bv. die karakter en leesbaarheid wat ‘n duidelike kerktoring verleen. In hierdie opsig kan gekyk word na hoogte beperkings, ens.

Page 33: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 33

Page 34: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 34

KOMPONENT

EKONOMIESE FOCI

OMSKRYWING Ekonomiese foci sluit in alle kommersiële sowel as industriële

bedrywighede. Dit is belangrik om hierdie gebruik, alhoewel dit meereendeels privaat oopruimtes is, in die publieke oopruimte raamwerk te betrek vir die volgende redes: Die ligging van die dorp se ekonomiese kern in meeste van

die gevalle in die vorm van lintontwikkeling al langs die hoofpad

Die behoefte van diens- en handelsbedrywe aan omliggende oopruimtes vir parkering en buitemuurse aktiwiteite bv. informele handel of sitruimtes vir buitelug- restaurante en koffiewinkels

Page 35: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 35

Dit is weens die bogenoemde redes dat die publieke oopruimte raamwerk kennis moet dra van: Waar ekonomiese foci geleë is Wat hulle buite-ruimtelike behoeftes is Hoe hulle deur middel van die uitleg en ontwerp van omliggende

buite-ruimtes geïntegreer kan word om sodoende ryker en meer diverse publieke areas te skep

Huidiglik, weens werkloosheid en beperkte werksgeleenthede in die formele sektor is daar ‘n behoefte om informele handelaars op ‘n georganiseerde wyse te akkommodeer in die publieke oopruimtes van ‘n dorp se sake kern

ELEMENTE Die verteenwoordiging, komposisie, afwerking en vorm van elemente

in dié ruimtes is uiters belangrik. Dit moet van so ‘n aard wees dat dit verskeie keuses van gebruik bied (sien sketse). Dit kan geleenthede bevorder of teenwerk.

RIGLYNE Die riglyne ten opsigte van die plasing van geboue sowel as

omliggende oopruimtes soos vooraf beskryf, is hier van toepassing :

Page 36: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 36

KOMPONENT

GROEN RUIMTE

OMSKRYWING Die groen ruimtes van ‘n dorp sluit die volgende grondgebruike

in: Skoolgronde Publieke oopruimtes (sonering) Sportvelde Begraafplase Ontspanningsareas / oorde Bewareas Natuurlike verskynels bv. berge ens. Wildernisareas Waterfront / rivieroewer ontwikkelings Rivier korridors, vloedvlaktes en vleie Landbougronde Serwitute Klipgroewe ‘Landfill sites’ of opvul-areas Bogenoemde sluit groen ruimtes binne die grense van ‘n dorp sowel

as buite in. Dit sluit ook in sekere gevalle privaat oopruimtes in, waar dié beskou word as integraal tot die publieke oopruimte raamwerk.

Page 37: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 37

ELEMENTE Die elemente is gewoonlik in parke teenwoordig en is meestal gemik

op ontspanning en bewaring. Tans bestaan daar die behoefte om ook ander gebruike binne die kontek van POR te voorsien soos byvoorbeeld gemeenskapstuine, natuurgebiede asook omgewingsopvoeding. Daar is ‘n definitiewe neiging na ‘n produktiewe landskap sowel as een geëien deur die gemeenskap. Elemente aangebring moet dus aan al hierdie behoeftes voldoen.

RIGLYNE Betrek instellings soos skole, ens. in die skepping van ‘n

geïntegreerde groen oopruimte sisteem deur boomaanplanting al langs hulle grense, waar dit grens aan geïdentifiseerde groen oopruimte gange / korridors.

Page 38: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 38

3.4 ‘n PUBLIEKE OOPRUIMTE RAAMWERK VIR ELKE DORP Die dorpe binne die regsgebied word dus ontleed ten opsigte van die geïdentifiseerde komponente, elemente en gepaardgaande riglyne. Elkeen is ‘n produk van sy natuurlike en menslike geskiedenis. Elkeen het wesenlike waardes, karaktereienskappe en potensiaal wat identifiseerbaar is en beskryf kan word en wat verder as basis dien vir die bepaling van bewarings-, skeppings- en opgraderingsaksies. Dié riglyne soos beskryf, is van toepassing op al die dorpe.

Page 39: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 39

AFDELING IV: INFRASTRUKTUUR & GEMEEN- SKAPSFASILITEITE KWESSIES Bekostigbaarheid Primêre dienste vir almal (ingeslote Gemeenskapsfasiliteite) Landelike infrastruktuur Opvoeding vir almal

D O E L W I T Om die inwoners van die Munisipaliteit Swartland van volle bekostigbare infrastruktuur te voorsien deur tydige vooruitbeplanning STRATEGIEë Kategoriseer infrastruktuur volgens biosfeer ruimtelike beplanningskategorieë Optimaliseer infrastruktuur Stel ‘n Infrastruktuur Raamwerk op (insluitende begrotingskoppeling) om alle dienste in te sluit Hou bestaande dienste/ infrastruktuur in stand AKSIEPLANNE Aksieplan 1 Gebruik die ROR as basis vir die saamstel van ‘n volledige Infrastruktuur Raamwerk ten opsigte van alle siviele dienste. Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit

Raadgewende ingenieurs Begrotingsimplikasies: Begroot vir spesialis hulp Tydsraamwerk: 2002/2003 Boekjaar Aksieplan 2 Stel ‘n 5 jaar Begroting op soos gekoppel aan die Infrastruktuur Raamwerk. Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit Begrotingsimplikasies: Soos vanuit genoemde Begrotingsverslag Tydsraamwerk: 2002/2007 Boekjare

Page 40: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 40

Aksieplan 3 Gedetaileerde beplanning van dorpsuitbreidings moet bestaande infrastruktuur optimaal benut Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit Begrotingsimplikasies: Detail beplanningskostes ten opsigte van spesifieke detail beplanning Tydsraamwerk: Deurlopend Aksieplan 4 Verseker en bestuur ‘n instandhoudingsprogram vir alle siviele dienste Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit Begrotingsimplikasies: Begroot volgens jaarlikse instandhoudingsprogram Tydsraamwerk: Deurlopend Aksieplan 5 Stel programme vir maksimale benutting van bestaande gemeenskapsfasiliteite (bv. gemeenskapsale) op en koördineer. Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit

Gemeenskapsorganisasies Begrotingsimplikasies: Geen begrotingsimplikasies Tydsraamwerk: 2002/2003 Boekjaar en daarna deurlopend

Page 41: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 41

AFDELING V: BEHUISING & LANDBOU KWESSIES ‘n Bemagtigde, samehorige en vooruitstrewende gemeenskap Kwaliteit omgewing Bekostigbaarheid Volhoubaarheid Plaaswerkerbehuising Kleinboervestiging Behoud van die landelike karakter D O E L W I T Om deurlopend en op volhoubare wyse in die behuisingsbehoeftes van die inwoners van die Munisipaliteit Swartland te voorsien deur tydige vooruitbeplanning met behoud van die eiesoortige karakter

STRATEGIEë Bevorder integrasie tussen gemeenskappe Herstel ongelykhede Verhoed dorpskruip Koördineer en bestuur waglyste vir laekoste-behuising Spreek plaaswerker behuising aan Spreek kleinboervestiging aan Bepaal detail vestigingskostes in die onderskeie sentra Stig ‘n Estetiese Komitee/ Komitees om na bewaring om te sien Kategoriseer volgens Biosfeer Riumtelike Beplanningskategorieë Behou en skep kwaliteit omgewings Pas skemaregulasies aan waar nodig om voorsiening te maak vir behoud van ‘n unieke karakter AKSIEPLANNE Aksieplan 1 Implementeer Beplanningsriglyne deur middel van die ROR om integrasie en die herstel van ongelykhede teweeg te bring asook te verhoed dat dorpe ongekoördineerd in die landelike gebiede sal ‘ingroei’. Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit ROR

Page 42: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 42

Begrotingsimplikasies: Geen Tydsraamwerk: 2002/2003 Boekjaar en daarna deurlopend Aksieplan 2 Hou waglyste vir laekoste behuising op datum en beoordeel nuwe uitbreidings en projekte aan die hand van die volhoubaarheid daarvan. Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit Begrotingsimplikasies: Kostes gepaardgaande met staatsgesubsideerde behuising Tydsraamwerk: 2002/2003 Boekjaar en verder deurlopend Aksieplan 3 Bepaal behoefte vir plaaswerkerbehuising in die onderskeie landelike areas en stel ‘n strategie op (vir vestiging op plase asook in sentra) aan die hand van Departement Grondsake/ Departement Landbou en Provinsie Wes-Kaap se riglyne.

Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit Departemente en owerhede soos genoem Boereverenigings Plaaswerker-organisasies

Begrotingsimplikasies: Begroot aan die hand van kosteramings soos deur spesialiste verskaf Tydsraamwerk: 2002/2004 Boekjare Aksieplan 4 Bepaal behoeftes vir kleinboervestiging in onderskeie landelike areas en dorpe en stel ‘n strategie op (vir vestiging op landbou- en meentgronde) aan die hand van Departement Grondsake/ Departement Landbou en Provinsie Wes-Kaap se riglyne.

Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit Departemente en owerhede soos genoem Boereverenigings Plaaswerker organisasies

Begrotingsimplikasies: Begroot aan die hand van kosteramings vir verslae soos deur spesialiste verskaf Tydsraamwerk: 2002/2004 Boekjare Aksieplan 5 Bepaal die impak van die onderskeie kostes (vestiging/ vervoer/ sosiaal ens.) soos van toepassing binne die onderskeie sentra om sodoende die volhoubaarheid van ontwikkeling te kan bepaal.

Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit Konsultante en kontrakteurs betrokke by onderskeie projekte

Begrotingsimplikasies: Geen direkte begrotingsimplikasies Tydsraamwerk: 2002/2003 Boekjaar en daarna deurlopend Aksieplan 6 Ondersoek die instelling van ‘n estetiese komitee/ komitees om die Raad by te staan in besluite oor alle aspekte rakende Bewaringsaangeleenthede. Een komitee kan oorweeg word of afsonderlike komitees vir die onderskeie dorpe afhangende van wat gemeenskappe self verkies. Hierdie komitee/ komitees sal self verantwoordelik wees vir die nodige riglyne vir hul werksaamhede. Verder sal die komitee/ komitees verantwoordelik wees vir die identifisering van bewaringswaardige geboue en strukture, die daarstel van bewaringsgebiede en riglynetesame met daarstel van Spesiale Regulasies volgens SAHRA wetgewing om na die onderskeie Bewaringsgebiede om te sien.

Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit

Page 43: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 43

Stigting Simon van der Stel Belangstellendes vanuit gemeenskappe

Begrotingsimplikasies: Begroot vir spesialis hulp met die opstel van riglyne en regulasies asook administratiewe bystand.

Tydsraamwerk: 2002/2003 Boekjaar en daarna deurlopend Aksieplan 7 Stel detail beplanningsvoorstelle/ beleidsriglyne op vir die bewaringsgebiede soos deur die Estetiese Komitee geïdentifiseer, en skenk veral aandag aan verdere onderverdeling en erfgroottes. Bepaal ook watter dele of elemente binne die bewaringsgebied behoue moet bly.

Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit Stadsbeplanner Konsultante Estetiese Komitee Stigting Simon van der Stel Gemeenskapsforum

Begrotingsimplikasies: Begroot vir spesialis hulp Tydsraamwerk: 2002/2003 Boekjaar Aksieplan 8 Hersien bestaande Skemaregulasies (waar nodig) aan die hand van die beleidsrigtings asook die jongste wetgewing as ‘n opvolgaksie tot die Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk veral ten opsigte van gebruike in die landelike gebiede soos byvoorbeeld die beskerming van hoë potensiaal landbougebiede. Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit

Stadsbeplannerskonsultante Begrotingsimplikasies: Begroot vir spesialis hulp Tydsraamwerk: 2002/2003 Boekjaar

Page 44: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 44

AFDELING VI: EKONOMIESE ONTWIKKELING & TOERISME KWESSIES Bevorder werkskepping Bevorder ekonomiese groei Lok meer toeriste D O E L W I T Om die inwoners van die regsgebied van ‘n gesonde ekonomiese basis te voorsien asook ‘n kwaliteit omgewing deur volhoubare beplanning toe te pas en so die skep van werksgeleenthede asook die uitbreiding van toerisme aan te moedig STRATEGIEë Kategoriseer sakenodusse volgens Biosfeer Ruimtelike Beplanningskategorieë Bevorder dorpsintegrasie Skep gelyke geleenthede Köordineer ‘n toerisme strategie vir die totale regsgebied Ontwikkel ander sektore soos mynbou/ visbedryf as volhoubare werkverskaffers Skep ‘n klimaat wat vestiging van nuwe nywerhede bevorder Skep ‘n klimaat wat vestiging van toeristefasiliteite bevorder AKSIEPLANNE Aksieplan 1 Doen ‘n volledige detail ekonomiese opname van die onderskeie sakenodusse. Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit

Sakekamer Begrotingsimplikasies: Begroot vir spesialis hulp saam met die privaatsektor Tydsraamwerk: 2002/2003 Boekjaar Aksieplan 2 Groepeer sakemanne in ‘n gesprekforum Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit

Sakekamer

Page 45: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 45

Begrotingsimplikasies: Geen Tydsraamwerk: 2002/2003 Boekjaar Aksieplan 3 Stel ‘n ekonomiese strategie saam ter bevordering van die onderskeie nodusse met insette van die privaatsektor en die plaaslike owerheid. Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit

Sakekamer Gespreksforum

Begrotingsimplikasies: Geen Tydsraamwerk: 2002/2003 Boekjaar Aksieplan 4 Stel ‘n Toerisme Strategie saam ter bevordering van die onderskeie nodusse met insette van die privaatsektor en die plaaslike owerheid. . Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit

Toerismeburo’s Sakekamer

Begrotingsimplikasies: Ondersteuningshulp ten opsigte van werkswinkels en administrasie Tydsraamwerk: 2002/2003 Boekjaar Aksieplan 5 Ondersoek mynbou en visbedrywe deeglik en stel ‘n strategie saam vir die volhoubare ontginning daarvan as werkverskaffer in die streek.

Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit Departement Mineraal- en Energiesake Departement Omgewingsake Ander rolspelers

Begrotingsimplikasies: Begroot vir ‘n gedeeltelike bydrae tot die ondersoeke en die opstel van ‘n strategie saam met die betrokke departemente.

Tydsraamwerk: 2002/2004 Boekjare Aksieplan 6 Ondersoek beskikbare nywerheids- en sakegeleenthede (persele, geleenthede en leemtes) en skep ‘n liggaam wat voornemende beleggers behulpsaam is met vestigingsadvies.

Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit Sake Forum

Begrotingsimplikasies: Begroot vir spesialisinsette

Page 46: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 46

AFDELING VII: GESONDHEID EN WELSYN & OPENBARE VEILIGHEID KWESSIES Bemagtigde, gesonde gemeenskap Verenigde gemeenskap Vooruitstrewend in kwaliteit omgewing Bekostigbaar Bekamp misdaad D O E L W I T Om die inwoners van die regsgebied van ‘n gesonde en veilige leefomgewing te kan voorsien deur die tydige daarstel van die nodige gemeenskapsfasiliteite STRATEGIEë Herstel ongelykhede Behou en skep kwaliteit omgewings Beplan genoegsame en volhoubare fasiliteite AKSIEPLANNE Aksieplan 1 Bly op hoogte van gemeenskappe se spesifieke behoeftes deur in noue voeling te bly – ook met die behoeftes van die groter streek sodat reservering van grond vir fasiliteite deurlopend aangespreek kan word. Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit

Gemeenskapsorganisasies Departemente

Begrotingsimplikasies: Geen Tydsraamwerk: Deurlopend Aksieplan 2 Verkry statistiek insake die benutting van elke afsonderlike fasiliteit en stel daarvolgens ‘n rooster saam vir optimale benutting. Gee statistiek deur na die ROR vir die bepaling van ruimtelike behoeftes. Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit

Gemeenskapsorganisasies Departemente

Begrotingsimplikasies: Geen Tydsraamwerk: 2002/ 2003 Boekjaar

Page 47: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 47

Aksieplan 3 Ondersoek ondersteuningstelsels soos bv. die buurtwagstelsel om veiligheid binne die gemeenskappe en woonbuurte te verhoog. Voer deur na die ROR. Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit

Gemeenskapsorganisasies SA Polisiediens

Begrotingsimplikasies: Geen Tydsraamwerk: 2002/ 2003 Boekjaar

Page 48: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 48

AFDELING VIII: OPLEIDING, KAPASITEITSBOU & KOMMUNIKASIE KWESSIES Bemagtigde gemeenskap Vooruitstrewendheid Geletterdheid Vakmanskap D O E L W I T Om die inwoners van die regsgebied te bemagtig deur die voorsiening van en blootstelling aan die nodige opleidingsfasiliteite, akademies sowel as prakties

STRATEGIEë Herstel ongelykhede Bemagtig alle gemeenskappe Inisieer opleidingsprogramme AKSIEPLANNE Aksieplan 1 Identifiseer die betrokkenes. Bepaal opleidingsbehoeftes tesame met die verantwoordelike opleidingsinstansies. Stel opleidingsprogramme/ lokale beskikbaar. Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit

Gemeenskapsorganisasies Departemente

Begrotingsimplikasies: Geen Tydsraamwerk: 2002/ 2003 Boekjaar daarna deurlopend

Page 49: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 49

AFDELING IX: SPORT, REKREASIE & NATUURGEBIEDE KWESSIES ‘n Gesonde gemeenskap Handhaaf ‘n kwaliteit omgewing Bewaar die kultuur historiese erfenis D O E L W I T Om die inwoners van die regsgebied te ondersteun met die nodige sport en ontspanningsfasiliteite asook die bewaringswaardige natuurlike omgewing te beskerm, te bewaar en uit te bou in harmonie met toekomstige dorpsuitbreiding STRATEGIEë Genoegsame Sport- en Ontspanningsfasiliteite Onderskryf en bevorder die Biosfeer Reservaat beginsels Hanteer natuurgebiede volgens die Ruimtelike Beplanningskategorieë Identifiseer bewaringsareas (beboud/ natuurlike plantegroei) vir die dorpe en landelike gebiede waar van

toepassing Vestig ‘n netwerk van oopruimtes en bewaringsgebiede Gedetaileerde bewaringsriglyne vir die Bewaringsareas Dorpsverfraaiing AKSIEPLANNE Aksieplan 1 Ontwikkel en benut bestaande sport- en ontspanningsfasiliteite optimaal. Identifiseer nuwe behoeftes in oorleg met gemeenskap. Ontwikkel ‘n oorhoofse strategie vir die regsgebied.

Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit Sportverenigings Skole Gemeenskapsorganisasies

Begrotingsimplikasies: Begroot vir spesialis hulp asook administratiewe bystand Tydsraamwerk: 2002/2003 Boekjaar

Page 50: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 50

Aksieplan 2 Klassifiseer bewaringswaardige gebiede volgens Biosfeer Ruimtelike Beplanningskategorieë en bepaal die gepaste sonering daarvoor. Ondersoek die moontlikheid van die vestiging van korridors (met inbegrip van padreserwes wat die fauna en flora onderhou) wat met mekaar kan skakel. Ondersteun inisiatiewe soos die Weskus Laagland Fynbos-projek (verwys kaarte soos aangeheg).

Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit Departement van Omgewings en Kultuursake en Sport (DECAS

Begrotingsimplikasies: Begroot vir spesialis hulp Tydsraamwerk: 2002/ 2003 Boekjaar Aksieplan 3 Stel gedetaileerde beplanning van die geïdentifiseerde natuurgebiede saam.

Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit Departement van Omgewings en Kultuursake en Sport (DECAS)

Begrotingsimplikasies: Begroot vir moontlike spesialis hulp Tydsraamwerk: 2002/ 2007 Boekjare Aksieplan 4 Stel gedetaileerde bestuursplanne op vir die genoemde bewaringsgebiede.

Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit Departement van Omgewings en Kultuursake en Sport (DECAS)

Begrotingsimplikasies: Begroot vir spesialis hulp Tydsraamwerk: 2002/ 2007 Boekjare Aksieplan 5 Aanvaar en inkorporeer die soneringsvoorstelle asook die prioriteitprojekte soos vervat in die Dasseneiland Bestuursplan as deel van die Swartland ROR.

Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit DECAS.

Begrotingsimplikasies: Begroot vir prioriteitsprojekte in samewerking met DECAS Tydsraamwerk: 2002/ 2007 Boekjare Aksieplan 6 Stel ‘n strategie op vir die verfraaiing van al die dorpe binne die Swartland Munisipaliteit met inbegrip van volle gemeenskapsdeelname.

Verantwoordelik: Swartland Munisipaliteit Begrotingsimplikasies: Begroot vir projekte in die onderskeie dorpe aan die hand van die strategieë Tydsraamwerk: 2002/ 2007 Boekjare

Page 51: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 51

AFDELING X: VOLUME 2 VAN ROR Volume 2 van die Swartland Munisipaliteit se Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (ROR) volg op Volume 1 en handel oor die detail van die 10 wyke binne die regsgebied en word daar gekyk na ruimtelike voorstelle vir die wyk in die geheel, maar dan ook die spesifieke dorpe binne daardie wyk. Volledigheidshalwe word daar eerstens aandag gegee aan ‘n kort wyksomskrywing vir elkeen van die tien wyke waarna die GOP projekte met ruimtelike implikasies gelys word en wel volgens die prioriteitsareas soos reeds in die GOP geïdentifiseer. Vervolgens word die bevolkingsyfers vir elkeen van die wyke asook dorpe binne die wyke geprojekteer ten einde die verwagte bevolkings asook gepaardgaande benodigde fasiliteite te kan bepaal.

Page 52: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 52

BYLAE A

BEPLANNINGSTANDAARDE & GRONDGEBRUIKSKATEGORIEë

1. Inleiding In die vorige afdelings is daar oorhoofs aandag gegee aan die studiegebied om as beleidsvoorstelle vir die totale studiegebied te dien waarvolgens ontwikkelingsriglyne geformuleer kan word. Vanuit hierdie oorhoofse raamwerk moet daar egter nou gefokus word op die verskillende wyke en word daar in detail gekyk na ontwikkelingsvoorstelle vir elkeen van die wyke en dorpe binne elkeen van die wyke. 2. Werkswyse Beplanning word gedoen aan die hand van standaarde en norme soos algemeen aanvaar binne die stadsbeplanningsberoep en word daar eerstens ‘n oorsig verskaf van hierdie standaarde om dit duidelik te stel hoe die behoeftes in elkeen van die dorpe bepaal is. Om vooruitskattings te kan maak vir elke dorp word die bevolking van daardie dorp geprojekteer oor die aantal jare waaroor hierdie verslag handel ( 20 jaar). Die groeikoerse waarvolgens dit gedoen word spruit uit historiese groei tot datum asook tendense wat waargeneem is. Die groeikoerse soos gebruik wissel dus van dorp tot dorp om ‘n eksakte prentjie van daardie dorp te verseker. Eers wanneer die verwagte bevolking vir ‘n dorp bekend is, kan daar sinvol vir daardie dorp beplan word. Standaarde en riglyne gebruik vir die vooruitbeplanning van die onderskeie dorpe, vertoon dan soos volg vir die onderskeie grondgebruikskategorieë: 2.1 Residensieel Die bevolking van die dorpe soos bo genoem, word weer in gesinne ingedeel om dit te kan koppel aan die aantal huise en erwe. Gesinsgroottes is bepaal aan die hand waarvan die aantal gesinne binne elke dorp bereken is en is daar op die aanname van een gesin per residensiële erf gewerk. Erfgroottes is weer volgens die verskillende inkomstegroepe ingedeel (digthede soos algemeen aanvaar, met ander woorde hoe laer die dightheid hoe groter die erwe) en is die kategorieë soos gebruik, as volg:

Kategorie Digtheid Erfgroottes Hoë digtheid (sluit in HOP-projekte en woonstelle, asook informele behuising)

40 eenhede / ha <250 m²

Medium digtheid (sluit in groeps-/ dorpsbehuising)

15 eenhede / ha 250-600m²

Lae digtheid (groot enkelresidensiële erwe) 8 eenhede / ha >600m²

Page 53: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 53

Die digtheidskategorieë word weergegee as ‘n persentasie van die dorp se bevolking, bv. 50% van ‘n dorp se bevolking woon in lae digtheid wonings. Hierdie persentasie is op verskeie maniere bereken vir die onderskeie dorpe: Deur die fisiese telling van geboue en strukture, insluitende tweede wonings in agterplase en woonstelle in

woonstelblokke. Deur die elektroniese telling van erwe (en die opdeling daarvan in die ondeskeie digthede) met residensiële funksies

as sonerings. Deur die telling van erwe met residensiële funksies as grondgebruike, en ook erwe met meer as een woning. Die aantal erwe addisioneel per dorp benodig, is weer omgereken na oppervlaktes (hektare) om ‘n aanduiding te kry van die hoeveelheid grond benodig vir toekomstige ontwikkeling en uitbreiding. Die persentasie van inwoners woonagtig in ‘n gegewe residensiële digtheidskategorie is dinamies van aard. In streekverband is daar ‘n neiging van groei in die hoë digtheid residensiële kategorie, en hiervoor is daar voorsiening gemaak in die projeksies. Met die persentasie bevolking in die digtheidskategorieë word daar dan oppervlaktes bereken vir die toekomstige residensiële uitbreiding en dit word dan ruimtelik voorgestel. Die residensiële komponent is egter slegs een aspek van ‘n dorp se groei en is daar ook aandag gegee aan al die ander fasiliteite en dienste soos van toepassing op die onderskeie dorpe. Ook hier is die verwagte toekomstige bevolkingsyfers gebruik om behoeftes te bepaal en wel aan die hand van die nodige stadsbeplanningstandaarde en- norme. 2.2 Skole Provinsiale standaarde vir skole sien soos volg daaruit: Laerskole - een vir elke 1000 erwe -1120 kinders Hoërskole – een vir elke 2000 erwe -1200 kinders Kleuterskole - een vir elke 300 erwe 2.3 Besighede Die voorkoms van sakebedrywighede is uiteraard markgedrewe, en die bepaling van grond benodig vir hierdie doel kompleks. Daar kan egter onderskei word tussen die volgende hiërargie van sakesentrums: Sakesentrums Aantal winkels Diensbevolking Grootte Selsentrum 3 - 4 1 200 – 2 000 0,1 ha Woonbuurt 6 - 15 5 000 – 10 000 2 – 4 ha Gemeenskap/ distriksentrum 16 - 40 15 000 – 30 000 4 – 12 ha Streeksentrum 15 - 100 100 000 – 1 000 000 12 – 20 ha 2.4 Kerke Kerkpersele word voorsien vir ongeveer elke 1 000 lede van die bevolking of een perseel vir elke 300 tot 400 woonerwe. Die voorsiening van kerke hang natuurlik ook in ‘n groot mate af van die aantal denominasies teenwoordig in ‘n dorp. 2.5 Sportfasiliteite Een hektaar sportgronde word gewoonlik voorsien vir elke 2300 residensiële erwe. Die groottes van die mees algemene sportvelde sien soos volg daaruit:

Page 54: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 54

Sport Oppervlakte Atletiek Tennis Sokker Netbal Hokkie

1,800ha 0,035ha 1,100ha 0,050ha 0,700ha

By bogenoemde oppervlaktes is oppervlaktes van ander verwante strukture soos paviljoene en parkering nie ingereken nie en hang dit af van die kombinasie van sportvelde waarvoor voorsiening gemaak word. 2.6 Begraafplase Die behoefte aan begraafplase word bereken volgens die bevolkingsprojeksie en ‘n normale sterftesyfer van 1,2% per jaar. Daar kan 2 000 grafte op een hektaar grond voorsien word en daar behoort 2,5 ha/ 10 000 mense gereserveer te word. 2.7 Gemeenskapsfasiliteite Die voorsiening van gemeenskapsfasiliteite word gemeet aan die volgende minimum aantal huishoudings: Tipe fasiliteit Aantal huishoudings Oppervlakte (ha) Mobiele Biblioteek 350 NVT Biblioteek 1800 0.013 Gemeenskapsentrum 4000 0.500 Mobiele Poskantoor 2000 NVT Poskantoor 2000 NVT Mobiele Kliniek 900 NVT Kliniek 900 0.200 Daghospitaal 1800 0.500 Gemeenskapshospitaal 14500 1.500 2.8 Gastehuise Gastehuise het gewoonlik ‘n lae steuringspotensiaal, en kan ook binne sommige residensiële gebiede geakkomodeer word. Dit vervul ‘n belangrike funksie, aangesien dit ‘n dorp kan bemark as ‘n besoekersvriendelike eindpunt. Hersonering van gastehuise moet simpatiek hanteer word, want dit is werkskeppend en moedig toerisme aan. Waar gastehuise in woonbuurte goedgekeur word, moet duidelike riglyne van regte uitgespel word. Beplanningsriglyne, soos op-perseel-parkering, moet gevolg word, om sodoende die ordelike behoud van die woonbuurt te verseker. Die openbare fasiliteite soos restaurante en teetuine is moeiliker versoenbaar met woonbuurte en moet met omsigtigheid hanteer word. Wanneer ‘n aansoek geëvalueer word, moet daar ‘n publieke deelnemings proses gevolg word, wat sodoende aangrensende grondeienaars se regte kan beskerm.

Page 55: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 55

Die afsonderlike dorpsprofiele word dan vervolgens behandel en aspekte insake die betrokke dorp met alle gepaardgaande ruimtelike voorstelle en planne word aangespreek. Die formaat van die onderafdelings met betrekking tot die onderskeie dorpe is soos volg: GOP prioriteite met ruimtelike implikasies word geïdentifiseer ‘n Bevolkingsprojeksie word getoon Onderskeie grondgebruike en die toekomstige behoeftes verbandhoudend daarmee sal aangespreek word. Daar sal aandag gegee word aan die publieke oopruimte raamwerk van elke dorp.

Oorhoofse Beplanningsvoorstelle sal volg. Hier is eerstens algemene beplanningsvoorstelle, waar die onderskeie grondgebruike se toekomstige areas van ontwikkeling geïdentifiseer word. Tweedens word landskaperingsvoorstelle gemaak wat betrekking het op die landskapering en die verhoging van die estetiese kwaliteite van die dorp. Die Beplanningsvoorstelle moet egter nou met die gepaardgaande kaarte saamgelees word.

3. Grondgebruikskategorieë In die dorpe van Munisipaliteit Swartland word daar van die volgende grondgebruikskategorieë gemaak vir beplanningsriglyne in sones binne die dorpe: Lae digtheid residensiële funksies Kategorie reeds aangespreek in Standaarde. Medium digtheid residensiële funksies Kategorie reeds aangespreek in Standaarde. Hoë digtheid residensiële funksies Kategorie reeds aangespreek in Standaarde. Sakefunksies Hierdie kategorie sluit winkels, supermarkte, openbare motorhawes/ diensstasies in, maar sluit kafees/ hoekwinkels uit. Sekondêre sakefunksies Hierdie kategorie bestaan uit kafees en hoekwinkels, waarvan die bedieningsarea grotendeels op buurtvlak is. Professionele dienste Professionele dienste sluit grotendeels kantore in. Sekondêre professionele dienste Sekondêre professionele dienste is professionele dienste waarvan die steuringspotensiaal baie laag is, sodat dit veral binne ‘n residensiële area geakkommodeer kan word. Hier word professionele dienste voorsien wat ‘n eienaar uit sy huis kan bedryf, maar nie meer as drie persone in diens het nie. Ligte nywerheidsfunksies Ligte nywerheidsfunksies bestaan uit nywerhede wat ‘n lae steuringspotensiaal het. Swaar nywerheidsfunksies Swaar nywerheidsfunksies bestaan uit hinderbedrywe met ‘n hoë steuringspotensiaal.

Page 56: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 56

Institusionele funksies Institusionele funksies sluit inrigtings, en skole/ onderrigplekke in (uitgesluit kerke). Kerke Kerke sluit bedehuise en pastorieë in. Sekondêre opvoedkundige funksies Sekondêre opvoedkundige funksies sluit bv. bewaarskole en naskoolse onderrig in. Dit is opvoedkundige funksies wat kleiner oppervlaktes beslaan en minder persone betrek as ander institusionele funksies. Aftreeoorde Aftreeoorde kan bestaan uit ‘n enkele woonsteltipe gebou, uit losstaande eenhede soos dorps- of groepsbehuising, of skakelhuise. Oorde Oorde bestaan uit vakansie-akkommodasie en huisvesting, en verwante ontspanningsfasiliteite Gastehuise Gastehuise het gewoonlik ‘n lae steuringspotensiaal en kan ook binne sommige residensiële gebiede geakkomodeer word. Owerheidsfunksies Owerheidsones bestaan grotendeels uit eiendom wat in owerheidsbesit is, hetsy die plaaslike-, provinsiale-, of nasionale owerhede. Dit sluit gebruike soos hospitale, klinieke, gevangenisse, polisiestasies en munisipale geboue in.

Page 57: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 57

BYLAE B

BEPLANNINGSRIGLYNE 1. INLEIDING Vanuit die kwessies soos geïdentifiseer het dit duidelik geword dat sekere oorhoofse beplanningsriglyne of beginsels vasgelê moet word. Hierdie ruimtelike riglyne vorm ‘n integrale deel van die Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (ROR) en dra by tot die samestelling van die Raamwerk 2. BEPLANNINGSTERMINOLOGIE Die ruimtelike konsepte met gepaardgaande beplanningsterminologie vereis verdere toeligting alvorens aandag gegee word aan die beginsels soos genoem.

AKTIWITEITSKORRIDOR Die Aktiwiteitskorridor verteenwoordig liniêre sones van ontwikkeling langs die publieke vervoerroetes. So ‘n korridor bestaan dus uit ‘n hoofroete met redelike digte ontwikkeling aan weerskante daarvan wat weer verder ondersteun word deur publieke vervoer. Ontwikkeling langs so ‘n korridor kan voorsiening maak vir gemengde gebruike wat residensiële, kommersiële, besigheids-, industriële en gemeenskapsfasiliteite, insluit. Ontwikkeling langs so ‘n korridor realiseer nie oornag nie, maar moet daar ‘n omgewing geskep word om die korridor toe te laat om met tyd te kan ontwikkel.

FIG. B2.1: ONTWIKKELINGSONES LANGS HOOFROETE

P L A A S L I K E N O D U S

A K T I W I T E I T S A S

N O D U S

A K T I W I T E I T S -K O R R I D O R

N O D U S

A K T I W I T E I T -S T R A A T

Page 58: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 58

AKTIWITEITSAS Die Aktiwiteitsas vorm eerstens die kern van die aktiwiteitskorridor en in die tweede plek verbind die Aktiwiteitsas twee nodusse met mekaar.

FIG. B2.2: HOOF ROETE VAN AKTIWITEITE Tydens die ondersoeke is vasgestel waar nodusse voorkom asook die tipe aktiwiteite wat tans in sulke nodusse plaasvind. Daar is ook bepaal watter nodusse in die toekoms verder uitgebou kan word.

PLAASLIKE NODUS

AKTIWITEITSAS

NODUS

AKTIWITEITS-KORRIDOR

NODUS

AKTIWITEIT-STRAAT

Page 59: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 59

AKTIWITEITSTRAAT Die aktiwiteitstraat word uitgemaak deur ‘n plaaslike pad en is dieselfde as die aktiwiteitsas, maar op laer vlakke van aktiwiteite van toepassing. Die doel van die aktiwiteitstraat is om die tersiêre padnetwerk te versterk.

FIG. B2.3: AKTIWITEITSTRAAT Aktiwiteitstrate sal veral in die groter sentra ‘n rol speel, maar geniet die potensiaal vir sulke strate by die kleiner sentra ook aandag.

PLAASLIKE NODUS

AKTIWITEITSAS

NODUS

AKTIWITEITS-KORRIDOR

NODUS

AKTIWITEIT-STRAAT

Page 60: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 60

DORPSNODUS Dorpsnodusse is nodusse waarbinne ‘n verskeidenheid en samevoeging van funksies (infrastruktuur, gemeenskapsfasiliteite en ekonomiese aktiwiteite) beskikbaar is en wat, as gevolg hiervan, ‘n impak uitoefen op die landelike gebiede waarbinne dit val.

FIG. B2.4: DORPSNODUSSE BINNE DIE STUDIEGEBIED Die dorpe word afsonderlik gekategoriseer volgens die Ruimtelike Beplanningskategorieë soos later bespreek, om die rol van elkeen binne die regsgebied uit te klaar.

RIEBEEK-WES

RIEBEEK KASTEEL

MALMESBURYABBOTSDALE

RIVERLANDS

CHATSWORTH KALBASKRAAL

N7

N7

PAD

SPOORLYN

Page 61: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 61

PLAASLIKE NODUS Plaaslike Nodusse is laer orde interseksies binne die aktiwiteitskorridor of -straat. So ‘n nodus kan ‘n verskeidenheid van laer orde aktiwiteite bevat wat gemik is op die plaaslike behoeftes van die gemeenskap.

FIG. B2.5: ONDERGESKIKTE NODUS AAN HOOFNODUS Soos met die nodusse is ook die plaaslike nodusse vir elkeen van die dorpe geïdentifiseer en word dit later in die dorpe se onderskeie verslae in meer detail aangespreek.

PLAASLIKE NODUS

AKTIWITEITSAS

NODUS

AKTIWITEITS-KORRIDOR

NODUS

AKTIWITEIT-STRAAT

Page 62: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 62

OOP RUIMTESISTEME Die Oopruimte sisteem soos voorgestel is ‘n netwerk van oopruimte sisteme wat sover moontlik met mekaar gekoppel is. Die oopruimtes moet die beboude gebiede asook landelike gebiede komplimenteer en die nodige afwisseling verskaf ten opsigte van die visuele asook ontspanning. Verder voorsien oopruimtes ook die nodige habitatte vir plant- en dierspesies.

FIG. B2.6: NETWERK VAN OOP RUIMTES Elemente wat kan bydra tot die vestiging van so ‘n netwerk van oopruimtes is byvoorbeeld die riviere wat van die dorpe deurkruis asook Kasteelberg by die twee Riebeke. Soos reeds genoem kan padreserwes waar natuurlike plantegroei voorkom, ook dien as korridors veral ook vir fauna wat daarin mag voorkom soos valke en muise.

PLAASLIKE NODUS

AKTIWITEITSAS

NODUS

AKTIWITEITS-KORRIDOR

NODUS

AKTIWITEIT-STRAAT

Page 63: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 63

STEDELIKE RANDGEBIED Die stedelike randgebied is ‘n denkbeeldige grenslyn waarbinne ‘n spesifieke beleid of beheermaatreëls daargestel kan word om stedelike uitbreiding te rig, beperk en bestuur. Dit vorm die grens tussen konvensionele dorpsontwikkeling en die aanliggende landelike area wat weer deur hoofsaaklik landbou georiënteerde, maar ook natuurlike hinterland uitgemaak word. Ontwikkeling buite die stedelike gebiede moet omsigtig en uiters sensitief hanteer word sodat die natuurlike omgewing asook benutbare landbougrond nie opgeoffer hoef te word nie. Stedelike randgebiede word daargestel om byvoorbeeld Kasteelberg te bewaar teen dorpskruip teen die berg op.

FIG. B2.7: STEDELIKE RAND OM BESTUUR TE WORD Stedelike randgebiede se vorm kan ook wissel na gelang van die spesifieke vorm van die dorp, asook sinvolle uitbreidingsrigtings, en is dus nie net ‘n sirkel rondom die dorp nie. So byvoorbeeld kan ‘n bestaande pad die randgebied uitmaak, maar kan ontwikkeling party plekke oor die pad strek en andersins nie eers tot by die pad nie, afhangende van die spesifieke grondgebruike vir daardie areas.

BESTAANDESTEDELIKEONTWIKKELING

STEDELIKEBESTUURS-SONE

LANDELIKE/LANDBOUHINTERLAND

AFGEBAKENDE STEDELIKE RANDGEBIED

Page 64: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 64

VERDIGTING Verdigting is ‘n proses waarvolgens residensiële digthede (soos gemeet in eenhede per hektaar) binne ‘n spesifieke area verhoog word aan die hand van sinvolle beplanning en invulling. Verdigting kan op twee maniere geskied, naamlik: invulling van erwe (onderverdeling) dubbelverdieping- asook skakelwonings groeps- en dorpsbehuising

FIG. B2.8: VERDIGTING DEUR INVULLING VAN ERWE

Foto B.1: HOëDIGTHEID BEHUISING

Page 65: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 65

Onderverdeling is dikwels wenslik om die volgende redes: Waterbeperkings Koste van instandhouding van groot erwe Sekuriteitsredes Bekostigbaarheid Sinvolle benutting van beskikbare dienste

Aansoeke vir onderverdeling moet volgens die volgende riglyne geskied: Riglyne soos van tyd tot tyd deur die raad voorgestel, bv die van Malmesbury opgestel in 1991. Hiervolgens word

voorskrifte vir minimum erfgroottes binne elke buurt in die dorp voorsien Riglyne voorgestel deur inwoners. Die inwoners van Abbotsdale, Riebeek Wes en Riebeek Kasteel het te kenne

gegee dat hulle ‘n minimum erfgrootte van 600m² voorstel in die lae digtheid gebiede van die dorp Heersende perseelgroottes in ‘n buurt moet in ag geneem word wanneer aansoeke geëvalueer word, hetsy kleiner

of groter. Waar daar afgewyk word hiervan moet daar ‘n publieke deelname proses gevolg word deur aanliggende grondeienaars in kennis te stel, ten einde deursigtigheid te verseker

Oorweging kan ook aan onderverdeling gegee word wat afwyk van hierdie norme waar: ‘n Skakelhuis onderverdeel word Erwe aan twee teenoorgestelde kante begrens word deur ‘n straat

Page 66: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 66

GEMENGDE GEBRUIKSONTWIKKELING Gemengde gebruike behels die horisontale en vertikale integrasie van aanvaarbare asook volhoubare residensiële en nie-residensiële grondgebruike binne ‘n spesifieke area. Dit is ‘n bekende feit dat ontwikkelbare grond skaarser raak en dan veral diè binne die dorpsnodusse. Gemengde gebruike kom tans wel op beperkte skaal binne die regsgebied voor waar residensiële gebruike byvoorbeeld bo-op besighede aangetref word, maar hierdie konsep sal beslis meer aandag in die toekoms moet geniet. Daar lê talle voordele hierin opgesluit soos byvoorbeeld dat werksgeleenthede, opvoeding-, sosiale en ontspanningsfasiliteite baie nader aan die woonomgewing gebring kan word. Met die veiligheidsfaktor in ag genome is dit ook voordelig vir die eienaar om byvoorbeeld bo-op sy winkel te kan bly terwyl die sakesentrum ook nie leeg loop gedurende die nag nie.

FIG. B2.9 VOORBEELDE VAN GEMENGDE GEBRUIKE IN DIESELFDE GEBOU MET HANDEL ONDER EN RESIDENSIëLE EN ANDER GEBRUIKE OP DIE BOONSTE VLAKKE

Page 67: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 67

BYLAE C

BIOSFEER BEPLANNING 1. INLEIDING Provinsie Wes-Kaap het reeds die beginsel van Biosfeer Beplanning, soos onderskryf deur UNESCO se MAB Program, aanvaar. Daarvolgens word die hele provinsie in Biostreke ingedeel op grond van Biostreek Beplanningsbeginsels. So ‘n Biostreek kan oor owerheidsgrense strek om sinvolle geografiese gebiede of gebiede met gemeenskaplike belang, in te sluit. ‘n Voorbeeld hiervan is die Bergrivier wat deur die Wes-Kaap loop. Die totale opvanggebied van die rivier sal van sy oorsprong tot waar dit in die see uitmond as een Biostreek hanteer en beplan kan word. Dit sal egter nodig wees om so ‘n Biostreek asook die areas wat daarbinne val te kategoriseer (Ruimtelike Beplanningskategorieë –RBK’e) waarvolgens ontwikkeling dan gerig en bestuur kan word. Die RBK-kategorieë maak voorsiening daarvoor dat landbouareas (veral dan die plase) en natuurgebiede binne die munisipale grense geakkommodeer kan word. 2. RUIMTELIKE BEPLANNINGSKATEGORIEë Kategorie A:

KERN Onversteurde natuurlike areas van ekologiese en kulturele waarde wat reeds oor bewaringstatus beskik en wat beskerm moet word teen enige veranderings GRONDGEBRUIKE TOEGELAAT: Geen skadelike gebruike A1 Wildernis Areas Statutêre asook onverklaarde wildernis areas wat steeds ongeskonde is en steeds hul oorspronklike karakter behou het. GRONDGEBRUIKE: Elementêre, nie-gemotoriseerde buitelug-ontspanning. A2 Statutêre Bewaringsareas Statutêre bewaringsareas soos byvoorbeeld Nasionale Parke, Provinsiale en Privaat Natuurreservate wat as Oop Ruimte III gesoneer is GRONDGEBRUIKE: Volhoubare buitelug ontspanning, navorsing, omgewingsopvoeding en beperkte volhoubare benutting van die beskikbare natuurlike hulpbronne soos wildvang en oes van blomme.

Kategorie B:

BUFFER Dien as buffer tussen die Kern (A) en die Oorgangsone (C) en dien ook as skakel tussen kernareas GRONDGEBRUIKE: Volhoubare toerisme- en ontspanningsontwikkeling op kleiner skaal B1 Openbare Bewaringsareas Gebiede binne of aanliggend tot openbare statutêre bewaringsareas (bv. Nasionale Monumente, Kontraktuele Nasionale Parke of Plaaslike Owerheid Natuurreservate) wat nie vir Kernstatus kwalifiseer nie.

Page 68: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 68

GRONDGEBRUIKE: Groter verskeidenheid van ontspanningsaktiwiteite, klein openbare oordontwikkelings en volhoubare oes van natuurlike hulpbronne. B2 Private Bewaringsareas Natuurreservate in privaat besit (Oopruimte III) wat bewaringswaardige habitatte of unieke landskappe bevat. GRONDGEBRUIKE: Reeks buitelug ontspanningsaktiwiteite, volhoubare oes van natuurlike hulpbronne en klein, privaat oordontwikkelings. B3 Ekologiese Korridors Bewaringswaardige stroke van natuurlike plantegroei wat verskillende ekosisteme verbind en bydra tot die onderhoud en instandhouding van natuurlike prosesse soos by riviere, migrasie van diere (soos byvoorbeeld die luiperd bewaringsgebied) asook die estetiese kwaliteit van die landskap. B4 Rehabilitasie Gebiede Areas om gerehabiliteer te word soos bewaringswaardige gebiede wat deur landbou, mynbou of bosbou bedrywighede geknou is.

Kategorie C:

OORGANGSONE Hoofsaaklik landbougebiede waar natuurlike hulpbronne onttrek word en voedsel en ander primêre produkte verskaf word ( Oorgangsone 2 ) GRONDGEBRUIKE: Kleinskaal lae impak oordontwikkeling en verwante ontspanningsaktiwiteite C1 Ekstensiewe Landbou Gebiede met natuurlike plantegroei wat as Landbousone I gesoneer is en vir ekstensiewe lae impak boerdery bedrywighede asook byvoorbeeld eko-toerisme, wild boerdery en oes van inheemse blomme benut word. C2 Intensiewe Landbou Landbou gebiede wat as Landbousones I en II gesoneer is soos bewerkte plase en bosbougebiede.

Kategorie D:

DORPSVERWANTE GEBIEDE Intensief ontwikkelde dorps- of stedelike gebiede waar min van die natuurlike omgewing oorgebly het ( Oorgangsone 3 ) GRONDGEBRUIKE: Nodale vestigingspunte met gepaardgaande dienste en infrastruktuur D1 Distriksdorp Kategorie C munisipaliteit hoofkwartiere wat die grootste deel van die distrik se bevolking huisves tesame met die volle spektrum van stedelike grondgebruike en noodsaaklike dienste. D2 Hoof plaaslike dorp Kategorie B munisipaliteit hoofkwartiere wat ‘n groot gedeelte van die distrikbevolking akkommodeer, insluitende hoër orde gemeenskapsinfrastruktuur wat ook mense van buite die dorp bedien, soos hospitale en tersiêre opleidingsfasiliteite.

Page 69: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 69

D3 Plaaslike dorp Dorpe wat voorheen munisipale status gehad het, maar nou deel uitmaak van die Kategorie B munisipaliteit (maar steeds oor ‘n munisipale kantoor beskik). D4 Landelike nedersettings Nedersettings met ‘n beperkte bevolking van plaaswerkers of mense in diens van die landbousektor of nywerheid wat onder jurisdiksie van die Kategorie B munisipaliteit val. Sluit nedersettings in wat geen munisipale status in die verlede gehad het nie. D5 Institusionele nedersettings Ontwikkelingsnodusse binne natuurlike, landbou of bosbou gebiede wat met ‘n spesifieke instelling geassosieer word en waarvan die aktiwiteite met die onmiddellike omgewing versoenbaar is, soos gevangenisse, opleidingsentrums of bosbou stasies. D6 Op die plaas nedersettings Nodusse van meer as 5 huise op plase met gemeenskapsfasiliteite soos skole en kerke. D7 Plaasopstalle Hoof plaasopstalle met gepaardgaande logistiese infrastruktuur soos store, verpakkingsaanlegte en melkerye. D8 Toerisme Fasiliteite Kleinskaal toerisme en ontspanningsgerigte ontwikkeling (gastehuise, plaasstalle) wat bydra tot die ekonomiese basis van die gebied en ondersteunend is tot die landbou produksie en om meer volhoubare grondgebruike daar te stel. D9 Oorde en verwante gebruike Oorde en verwante gebruike, insluitend residensiële behuising in die landelike gebiede, wat bydra tot die stimulering van die ekonomie, menslike welstand verbeter asook natuurbewaringsprogramme ondersteun. D10 Ander geboue Ontwikkeling en strukture waarvoor daar nie in die voorafgaande voorsiening gemaak is nie.

Kategorie E:

INDUSTRIëLE GEBIEDE Industriële areas waar die hoogste intensiteit van menslike bedrywighede voorkom GRONDGEBRUIKE: Nywerheidsverwante gebruike E1 Landbou Industrieë Infrastruktuur en geboue gepaardgaande met die prosessering van landbou- en bosbouprodukte (graansilo’s, wynkelders). E2 Ligte Industrieë Gebiede geoormerk vir ligte nywerheidsaktiwiteite soos klein fabrieke en metaalwerke. E3 Swaar Industrieë

Page 70: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 70

Gebiede vir swaar nywerheidsaktiwiteite soos staalmeule. E4 Onttrekkingsindustrieë Nedersettings en infrastruktuur wat verband hou met veeldoelige hulpbron verbruik en onttrekking soos mynbou.

Kategorie F:

BOGRONDSE INFRASTRUKTUUR + GEBOUE Bogrondse infrastruktuur en geboue soos benodig vir nedersettings asook ekonomiese aktiwiteite GRONDGEBRUIKE: Paaie, spoorlyne, kraglyne, kommunikasie strukture ens. F1 Nasionale Paaie F2 Provinsiale Paaie F3 Hoofpaaie F4 Afdelingspaaie F5 Ondergeskikte Paaie F6 4x4 Roetes F7 Spoorlyne F8 Kraglyne F9 Kommunikasie strukture F10 Damme en reservoirs F11 Ander geboue en Infrastruktuur

Alle grond binne die studiegebied kan dus volgens bostaande kategorieë ingedeel word tesame met die nodige Beplanningsriglyne wanneer meer spesifieke en gedetaileerde voorstelle vir elkeen van die dorpe gedoen word.

FIG. C2.1 : IDEALE BIOSFEER RESERVAAT MODEL MET BIOSFEER RESERVAAT SONES

OORGANGSONE 3

OORGANGSONE 2

OORGANGSONE 1

BUFFERSONE

KERN AREA

Page 71: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 71

BYLAE D

GRONDINDELINGS 1. INLEIDING Hierdie bylae handel oor grondindelings vir die totale regsgebied van Munisipaliteit Swartland soos verskaf deur die plaaslike kantoor van Departement Landbou. Bylae D moet saamgelees word met die grondindelingskaart soos aangeheg aangesien dit die sleutel verskaf tot die verskillende klassifikasies en indelings. Die motivering vir die insluiting van die plan by die ROR is om te kan vasstel waar die verskillende tipes gronde geleë is sodat veral hoë potensiaal gronde uiteindelik vasgemaak kan word ten opsigte van gebruiksregte wat weer in die munisipale dorpsaanlegskema opgeneem kan word. 2. GRONDINDELING VIR SWARTLAND RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK G1: Hoë potensiaal graangebied. Halfverweerde, goed gedreineerde gronde van skis-oorsprong. Golwende tot rollende heuwellandskap. G2: Medium tot hoë potensiaal graangebied. Ondergrond toon steeds matige klei- vorming met stadige interne dreinering. Opbrengs beperkend gedurende baie nat winters. Lae heuwellandskap met liggolwende topografie. G3: Lae potensiaal graangebied. Swak gedreineerde klei-gronde met ‘n hoë geneigdheid tot versuiping. Hoofsaaklik gelykliggende landskap. G4: Hoofsaaklik eoliese (windvervoerde) sande; Soms swak gedreineerd met ‘n lae waterhou vermoeë. Lae potensiaal vir koring maar geskik vir weiding. Word dikwels aangewend vir suiwelboerdery. Soms ook groente. G5: Swak gedreineerde vlakte gebied. Vlak sande met onderliggende klei. Ongeskik vir saaiboerdery. Meestal onder indringerbome soos Rooikrans en Port Jackson. G6: Goed gedreineeerde skisgronde soos G1, maar met lae reënval (±300 mm/jaar). Medium tot hoë potensiaal vir graan. Lae heuwellandskap met lig golwende topografie. G7: Gelykliggende gronde, met matige kleivorming en lae reënval (±300 mm/jaar). Opbrengs is beperkend tydens nat winters. Medium potensiaal vir graan. G8: Vlak gronde wat deur erosie gedenudeer is met hoë brakgeneigdheid. Reënval 250-300 mm/jaar). Lae potensiaal vir graan en is baie gevoelig vir droër winters. G9: Kussande met Kaapse fynbos, - dikwels alkalies.

Page 72: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 72

1. SIMBOLE VIR WINGERD EN VRUGTE V1: Uitsluitlik vrugteboerdery V2: Uitsluitlik wyndruiwe W2: Wyndruiwe saam met graan en vee W3: Wyndruiwe saam met vrugte W4: Wyndruiwe saam met tafeldruiwe en ondergeskikte vrugte W5: Tafeldruiwe uitsluitlik

Page 73: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 73

BYLAE E

PUBLIEKE DEELNAME 1. INLEIDING Aangesien die Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (ROR) geïntegreer word met die Geïntegreerde Ontwikkelingsbeplanningsproses (GOB), dien volledige publieke deelname ook as basis vir die ROR soos by die GOB proses. Prioriteite en projekte soos in die ROR vervat weerspieël die onderskeie gemeenskappe se ruimtelike behoeftes. 2. BEHOEFTE BEPALING Soos genoem moes alle ruimtelike behoeftes van die gemeenskap bekom word en is dit op die volgende maniere verkry.

(a) Status Quo Verslag: Hierdie verslag is aanvanklik (1998) vir die 7 dorpe binne die regsgebied van die destydse Malmesbury Oorgangsraad opgestel (Malmesbury, Abbotsdale, Kalbaskraal, Chatsworth, Riverlands, Riebeek Kasteel en Riebeek-Wes) waar al ses dorpe besoek is vir publieke werkswinkels om genoemde behoeftes te bekom. Die gemeenskap kon ook skriftelike insette lewer.

(b) Swartland Ontwikkelingsprofiel: Genoemde status quo verslag is as basis gebruik vir die daarstel van

die Ontwikkelingsprofiel vir die regsgebied van Swartland soos vereis as deel van die Ontwikkelingsbeplanningsproses. Die Swartland Ontwikkelingsprofiel is uitgebrei om al die dorpe en nedersettings (13 in totaal) van Munisipaliteit Swartland in te sluit. In hierdie dokument is alle behoeftes van die gemeenskap vervat soos ingesamel deur middel van publieke werkswinkels. Vanuit genoemde dokument is alle prioriteite met ruimtelike implikasies versamel wat as basis vir die daarstel van die ROR gebruik is.

3. RUIMTELIKE VOORSTELLE Alle konsep ruimtelike voorstelle soos voortspruitend uit die behoefte bepaling is met die breër publiek getoets en wel deur middel van formele werkswinkels (2 rondtes: November 2001 asook April 2002) soos met die onderskeie gemeenskappe gereël. Genoemde werkswinkels is in wyksverband gereël en tydens hierdie werkswinkels is die konsep voorstelle aan die mense voorgehou (sien bewyse aangeheg). Tyd is ook afgestaan vir vrae en antwoorde asook insette vanaf die gemeenskap self deur middel van kleiner groepe waar elkeen teenwoordig versoek is om ‘n bydrae te maak. Beide raadslede asook amptenare van die Munisipaliteit Swartland het genoemde werkswinkels bygewoon. As gevolg van die tydsverloop is ‘n opdateringsproses ook in Februarie 2002 van stapel gestuur toe die GOP werkswinkels gebruik is om die ruimtelike behoeftes en prioriteite soos versamel te finaliseer. Alle insette is by die dokument bygewerk en is die finale konsep dokument weer aan die publiek en relevante departemente beskikbaar gemaak (kopieë is op strategiese plekke beskikbaar gestel en is daar ook kopieë aan groepe en individue gegee) vir skriftelike kommentaar. Kommentaar is van belangegroepe in Riebeek Wes en Kalbaskraal ontvang asook die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning. Telefoniese goedkeuring is ook vanaf die Departement van Landbou ontvang. Al die kommentaar soos ontvang is met die onderskeie belangegroepe

Page 74: RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) … · munisipaliteit swartland algemene ruimtelike voorstelle

MUNISIPALITEIT SWARTLAND ALGEMENE RUIMTELIKE VOORSTELLE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) VOLUME I

CK RUMBOLL & VENNOTE/ OVP LANDSKAPSARGITEKTE/ SKC ENGINEERS 74

uitgeklaar en is daar ook ‘n vergadering met Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning belê om hul kommentaar te finaliseer waarna al die tersaaklike kommentare in die finale Konsep Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk geïnkorporeer is. Die finale konsep ROR dokument is gedurende Desember 2002 deur die Swartland Raad tydens hul raadsvergadering goedgekeur en kan die Swartland Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk nou volwaardig aan die hand van jaarlikse begrotings van alle betrokke rolspelers binne die regsgebied geïmplimenteer word.