iederark september.pdf1 15 september 2013 uitgawe 27/2013 iederark ng kerk miederpark god stel ‘n...

12
1 15 September 2013 Uitgawe 27/2013 IEDERARK NG KERK MIEDERPARK God stel ‘n besonder hoë premie op gehoorsaamheid. ‘Gehoorsaamheid is vir Hom beter as offerande’ 1 Sam 15:22 Sondag 15 September ErediensDoop Kruislig Koffiediens 09:15 17:30 Maandag 16 September Gemeentebestuur Kuier Dinsdag 17 September Woensdag 18 September Donderdag 19 September Vrouebybelstudie 10:00 Vrydag 20 September Skole Sluit Mannebiduur 07:00 Saterdag 21 September Wat gebeur DV die volgende week …. Inhoudsopgawe Kontak ons ..................... 2 Sending Gebedsversoeke 3/4 Verjaarsdae.................... 5/6 Boodskap van Jerry ........ 7 Verwelkoming................ 8 Humor............................ 8

Upload: others

Post on 18-Nov-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: IEDERARK September.pdf1 15 September 2013 Uitgawe 27/2013 IEDERARK NG KERK MIEDERPARK God stel ‘n besonder hoë premie op gehoorsaamheid. ‘Gehoorsaamheid is vir Hom beter as offerande’

1

15 September 2013 Uitgawe 27/2013

IEDERARK NG KERK MIEDERPARK

God stel ‘n besonder hoë premie op gehoorsaamheid.

‘Gehoorsaamheid is vir Hom beter as offerande’ 1 Sam 15:22

Sondag

15 September

Erediens—Doop

Kruislig Koffiediens

09:15

17:30

Maandag

16 September

Gemeentebestuur Kuier

Dinsdag

17 September

Woensdag

18 September

Donderdag

19 September

Vrouebybelstudie 10:00

Vrydag

20 September

Skole Sluit

Mannebiduur 07:00 Saterdag

21 September

Wat gebeur DV die volgende week ….

Inhoudsopgawe

Kontak ons ..................... 2

Sending Gebedsversoeke 3/4

Verjaarsdae .................... 5/6

Boodskap van Jerry ........ 7

Verwelkoming................ 8

Humor ............................ 8

Page 2: IEDERARK September.pdf1 15 September 2013 Uitgawe 27/2013 IEDERARK NG KERK MIEDERPARK God stel ‘n besonder hoë premie op gehoorsaamheid. ‘Gehoorsaamheid is vir Hom beter as offerande’

2

Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers

018-2948197 018-2977926

082 340 7549 083 262 6783

Kerkkantoor

018-2948121

Faks—018-2943900

Sluit by ons aan op

NG Kerk Miederpark

-2-

HOSPITAAL OPNAMES

Wanneer lidmate van die gemeente op-

geneem word in Potch Medi-Kliniek, moet

hulle asseblief by opname duidelik meld

dat hulle lidmate van die NG Kerk Mieder-

park is. Dit maak dit vir die leraars mak-

liker om hulle tydens die weeklikse hospi-

taalbesoeke (Dinsdae en Donderdae) op te

spoor.

BANKBESONDERHEDE:

NG Kerk Miederpark,

ABSA Tjekrek 680 590

591 , Potchefstroom

NG Kerk Miederpark

Sending, ABSA Tjekrek

405 041 9146,

Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za Epos [email protected] Sendingkantoor [email protected] Jeugkantoor [email protected]

Page 3: IEDERARK September.pdf1 15 September 2013 Uitgawe 27/2013 IEDERARK NG KERK MIEDERPARK God stel ‘n besonder hoë premie op gehoorsaamheid. ‘Gehoorsaamheid is vir Hom beter as offerande’

3

KONGO VERITAS

Ds Dawie en Naomi

Ons vra hierdie week eerstens voorbidding vir die internasionale werk van Veritas, veral in die twee brandpunte: Sirië en Egipte. Hierdie twee lande het amptelik Christen minderhede wat histories minstens vyf eeue langer in daar-die lande is as die M o s l e m geloof. Tans is die onstabiliteit in albei daardie lande deur politieke faktore veroorsaak, waarvan werk-loosheid en korrupsie van die grootste redes in. Ongelukkig beskou fanatici in albei hierdie lande dit as ‘n geleentheid om Christene by te kom. Daar is reeds tientalle kerke in Egipte afgebrand die afgelope drie maande, asook die Bybelgenootskap se kantore en Christelike boekwinkels. Ons het baie min inligting van Sirië, maar dis duidelik dat die Christene ook hier baie swaar ly. Hulle het ons gebede erns-tig nodig. Dan vra ons ook voorbidding vir ons werk in Afrika suid van die Sahara, waarvan die Frans-talige opleiding in die DRK en Burundi deel is. Ons het die 23ste tot die 30ste September ‘n konferensie buite Pretoria waar ons hoop al die lande waar gewerk word, verteenwoordig sal wees. Daar is egter verskeie afgevaardigdes wat sukkel om hulle visums te kry. Bid asb daarvoor. Dankie vir julle voortgesette gebede vir ons en vir ons werk.

MALAWI SENDING

(Pieter Loots)

Bid asb: Vir my ondersteunersgroep wat probleme met gesondheid ondervind: Tannie Huibrecht, tannie Zella se kleindogter, Antionette, Oom Willem se vrou, oom Ferdi se vrou, en my Pa. Bid asseblief vir hulle. Mama Rebecca wat nie gesond is nie. Vir myself om weer tot volle krag te kom. Vir twee vroue uit ons groep wat by ’n nuwe village gaan begin om Bybelonderrig te gee. Dat ons Heer vir hulle die boodskap sal gee wat hierdie village nodig het. Vir die vertaalwerk en vir my om tyd te kry om alles op rekenaar te sit. Vir my nuwe bure, die Fouries wat ’n groot taak het met radio FEBA.

Baie dankie weereens vir die Miederpark groep wat die tuine omhein het. Vandat die bokke en diere nie meer kan inkom nie, kom die tuine so mooi aan.

Ons kan nie groot dinge doen nie, slegs klein dinge

met groot liefde.

Moeder Teresa

SENDING GEBEDSVERSOEKE

-3-

Page 4: IEDERARK September.pdf1 15 September 2013 Uitgawe 27/2013 IEDERARK NG KERK MIEDERPARK God stel ‘n besonder hoë premie op gehoorsaamheid. ‘Gehoorsaamheid is vir Hom beter as offerande’

4

Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde Efesiërs 4:3

-4-

BOTSWANA SENDING

(Jerry en Magda)

Ons dank die Here vir ondersteuners en genadegawes soos Hy mense oprig om Sy Evangelie vir almal te bring. Bid vir:

Leiding en insig om ons werk te hervat in Shakawe Tannie Huibrecht vir haar gesondheid. Erna Dahms vir volkome herstel. B o t s w a n a u i t r e i k voorbereiding

HOSPITAAL SENDING

(Petro)

Vandag is dit die studente van Puk Kandelaar se beurt om die boodskap by Potch Hospitaal se siekes te bring. Bid asb vir hulle. Bid asb vir:

‘n Vrou wat verkrag is. Bid asb vir emosionele gene-sing. Iemand met kanker vir die aanraking van die Here. Die personeel van Potch hospitaal. Al die siekes wat nog nie ‘n ontmoeting met die Here gehad het nie. Dat iemand hulle in hierdie tyd sal help.

ANGOLA SENDING

(Freddy)

Die dames van Johan Hoogen-boezem se span het elke dag gesit en naaldwerk doen op die stoep. Hul het hul naaimasjiene saamgebring. Hulle het 4 blom-memeisie rokkies gemaak vir Gao – die kinderevangelis. Ook is daar herstelwerk gedoen aan truie wat geskenk is. Die manne het kortsluitings wat ontstaan het op die elektriese drade herstel. Daar is ook ge-bou aan die biblioteek. Freddie het ook in die aand die BOFF kursus met almal be-spreek. Elke aand is afgesluit met heerlike kuiers. BOFF – kur-sus en gebed.

Dankie aan die Vader vir hierdie uitreike waar mense bereid is om te kom werk en die las ligter te maak vir Freddie en Lesley. Bid vir ‘n deurbraak onder die onafhanklike kerke so-dat hulle sal besef wie God is en dat Hy alleen aanbid moet word.

MARELET SENDING Dankie:

Baie dankie aan ons Hemelse Vader, ek pas goed aan. Die temperatuur is beter, dis nie meer so warm nie. Ek word nie meer so vreeslik moeg nie (raak seker gewoond aan die ver stap en trappe klim) en my voete swel nie meer soveel nie. Dankie vir elke kind in my klas en vir my assistent wat dier-baar is.

Bid vir: Bid asb nog steeds vir die werkspermitte. My kamer-maat se werkspermit is af-gewys. Maar sy het ‘n 3 maande visum, so sy kan tot November bly tot sy dit weer moet probeer hernu. My visum verval die 20e, so ek moet my werkspermit voor dit kry. Bid asb nog steeds vir my fa-milie se gesondheid. Ek bid elke dag vir die Here se wapenrusting om hulle. Een seun J in my klas het probleme met fyn motoriese dinge. Hy is in graad 3 maar kan nog steeds nie uitknip nie. Bid asb dat die Here vir my idees sal gee hoe om vir hom te help.

Page 5: IEDERARK September.pdf1 15 September 2013 Uitgawe 27/2013 IEDERARK NG KERK MIEDERPARK God stel ‘n besonder hoë premie op gehoorsaamheid. ‘Gehoorsaamheid is vir Hom beter as offerande’

5

Hy wat vreugde in sy hart dra, sy lewe is ‘n fees

-5-

VERJAARSDAE VAN GEMEENTE – SEPTEMBER 2013 Daan Kershoff 1/9 Wian Visagie 13/9

Grieta Hanekom 1/9 Marinda v Reeuwyk 14/9

Harry Swart 2/9 Cameron Hill 14/9

Charlie Hudson 3/9 Karen Foord 14/9

Melissa Coetzee 3/9 Johan Harms 15/9

Sanet Dippenaar 3/9 Anda Harmse 15/9

Rudi van Rooyen 4/9 Fanie Botha 16/9

Johan Eloff 4/9 Don Berry 16/9

Dalene Fourie 5/9 Theron Jacobsohn 17/9

Ettienne Pretorius 5/9 Pauline vd Merwe 17/9

Jaco Diedericks 6/9 Francois Smith 17/9

Anthea Wiese 6/9 Lina den Heijer 17/9

Quintin Esterhuizen 6/9 Naliza Mouton 17/9

Selwyn Hollamby 6/9 Hans Grobbelaar 17/9

Henk Pretorius 7/9 Boet Potgieter 18/9

July Schoeman 8/9 Casper Nel 18/9

Laurie-May Henrico 9/9 Koos Mynhardt 19/9

Riana Conradie 9/9 Ria Casthanho 20/9

Alet Eloff 10/9 Anika Joubert 20/9

Hannelie Claassen 10/9 Johan Grobler 20/9

Shené Agenbag 10/9 Francois Meyer 20/9

Mariska van Niekerk 11/9 Larumay Bronkhorst 21/9

Lettie van Heerden 13/9 Helen v Niekerk 21/9

Page 6: IEDERARK September.pdf1 15 September 2013 Uitgawe 27/2013 IEDERARK NG KERK MIEDERPARK God stel ‘n besonder hoë premie op gehoorsaamheid. ‘Gehoorsaamheid is vir Hom beter as offerande’

6

Wysheid is gelyk aan twee woorde geduld en hoop

Francis Bacon Sr

-6-

Helgaard van Zyl 22/9 Kelly Nortje 29/9

Lina Cornelissen 23/9 Elmie Wolmarans 29/9

Andries Smith 23/9 Heinie vd Berg 30/9

Susan Erasmus 23/9 Melinda Smith 30/9

Hennie Erasmus 23/9 Cindy Lombard 30/9

Elanie Joubert 23/9 Neels Kershoff 30/9

Charmaine du Toit 24/9 Beverly vd Heever 30/9

Anton Swanepoel 24/9

Dirk vd Westhuizen 25/9

Johan Swart 25/9

Annemarie Swanepoel 26/9

Muriel Coetzee 26/9

Helga Wolliase 26/9

Lynette Ferreira 26/9

Sonja Scheepers 26/9

Daan Coetzee 26/9

Herculene Kotze 27/9

Francois Haarhoff 27/9

Annemarie van Wyk 27/9

Elizca Stemmet 28/9

Willem Nolte 28/9

Maretha Venter 28/9

Suzette Pretorius 29/9

Christo Duminy 29/9

Page 7: IEDERARK September.pdf1 15 September 2013 Uitgawe 27/2013 IEDERARK NG KERK MIEDERPARK God stel ‘n besonder hoë premie op gehoorsaamheid. ‘Gehoorsaamheid is vir Hom beter as offerande’

7

-7-

‘Ek sal jou leer wat die pad van die wysheid is en jou die regte koers laat loop.’

Spreuke 4:11

KRUIS MEDIA UITVERKOPING

DATUM: 6 OKTOBER 2013 PLEK: NG MIEDERPARK –

KRUIS MEDIA

Page 8: IEDERARK September.pdf1 15 September 2013 Uitgawe 27/2013 IEDERARK NG KERK MIEDERPARK God stel ‘n besonder hoë premie op gehoorsaamheid. ‘Gehoorsaamheid is vir Hom beter as offerande’

8

-8-

Die meeste van dit wat ons van die liefde weet, leer ons by die huis

Anoniem

Kom luister na hierdie top gehalte kamerkoor se volle repertoire in die pragtige Potchefstroomse lentetyd. Die koor staan onder die bekwame leiding van Lorette du Toit en Kobus Venter. Die repertoire beloof om die smaak van elke musiekliefhebber te bevredig en sluit werk in deur, onder meer: - Eric Witacre - Niel van der Watt - Rachmaninov - Chris Lamprecht - Knut Nystedt - Pablo Casals - JS Bach - Louis van Rensburg Datum: Dinsdag 17 September Waar: Nuwe Ingenieursgebou (Gebou N1A) op die PUK-Kampus (Claderbanklaan Ingang). Hoe laat: 19:00 Koste: Kaartjies teen R50pp by die deure beskikbaar.

VERKOPING Selgroep 64 beplan om teen einde Oktober ‘n verkoping van tweedehandse items te hou. Dit is eersdaags lente en ons sorteer mos nou ons kaste uit. ENIGE oortollige items sal welkom wees:

klere (ook kinder-en babaklere) Skoene Beddegoed Gordyne Enige breekgoed en kombuisware Ornamente Ensovoorts!

Ons beplan om met die fondse loophulp/loophulpe aan te skaf vir bejaardes in ons ge-meente. Indien u kan help, sal ons dit waardeer as u dit by die kerkkantoor aflewer. Merk dit asse-blief “Sel 64-projek”. U kan dit ook by Dassie Lombaard, Uitsigstr 28 (0845004828 / 018-2932437) besorg. Ons is ook bereid om dit by u af te haal.

Page 9: IEDERARK September.pdf1 15 September 2013 Uitgawe 27/2013 IEDERARK NG KERK MIEDERPARK God stel ‘n besonder hoë premie op gehoorsaamheid. ‘Gehoorsaamheid is vir Hom beter as offerande’

9

-9-

Deur moeilike tye groei ons, leer ons en oorwin ons. RC Allen

Lieflike droom – ’n Huldeblyk aan Gé Korsten (Afr./veeltalig) (A) Tenoor Jannie Moolman en bariton Riaan Hunter neem die gehoor op ’n nostalgiese musiekreis met musiek van Gé Korsten. Aangevul met videomateriaal en foto’s word Korsten se verhaal van kindsbeen af tot met sy tragiese dood vertel. Die program sluit treffers soos “Liefling”, “Seeman” en “Lied van die lewe” in, terwyl “Jerusalem”, “Amazing Grace” en “Nessun Dorma” die gehoor sprakeloos sal laat. Klipdrift @ Roots – 90 min. – R100 24 Sept. – 16:00, 25 Sept. – 17:00, 26 Sept. – 12:00, 27 Sept. – 09:30, 28 Sept. – 12:00

Hierdie produksie sal heel moontlik nie weer opgevoer word nie en daarom wil ons net van die geleentheid gebruik maak om vir soveel moontlik aanhangers van Ge Korsten die geleentheid bied om die produksie te sien. Daar sal 5 vertonings plaasvind by die Klipdrift @ Roots saal. Ons het ook die tye so gekies dat nie een van die vertonings in die aand sal plaasvind nie sodat ons bejaar-de mense dit maklik kan bywoon.

Page 10: IEDERARK September.pdf1 15 September 2013 Uitgawe 27/2013 IEDERARK NG KERK MIEDERPARK God stel ‘n besonder hoë premie op gehoorsaamheid. ‘Gehoorsaamheid is vir Hom beter as offerande’

10

-10-

Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade.

Hebreërs 10:24

Christen-Moslem-debat

Prof. James White is een van die voorste Christen gespreksvoerders met Moslems in Amerika. Op Donderdagaand 3 Oktober debatteer hy met een van die voorste Moslem debatteerders, Adv. Yusuf Ismail, oor die betroubaarheid van die Nuwe Tes-tamentiese weergawe van die leerstellings van Jesus Christus; asook die betroubaar-heid van die Koran se weergawe van die leerstellings van Muhammed. Dit behoort baie leersaam te wees vir Christene oor hoe Moslems hieroor dink, asook oor hoe om met Moslems hieroor te praat. Die debat vind om 18:30 in die Ouditorium van die Studentesentrum op die NWU-PUK-kampus plaas. Die gegewens is soos volg:

18:30-20:30: Debat in Sanlam Auditorium, NWU: 1. Is the N.T. a Reliable Record of Jesus' Teachings? 2. Is the Quran a Reliable Record of Muhammad's Teachings?"

Page 11: IEDERARK September.pdf1 15 September 2013 Uitgawe 27/2013 IEDERARK NG KERK MIEDERPARK God stel ‘n besonder hoë premie op gehoorsaamheid. ‘Gehoorsaamheid is vir Hom beter as offerande’

11

-11-

Iemand wat eerlik antwoord, is ‘n ware vriend. Spreuke 24:26

KERKTUIN Die gemeentebestuur is besig met ʼn omvattende projek om die hele voortuin by die kerk oor te doen. Professionele mense is aan die werk wat weet wat hulle doen. Dit neem ongelukkig lank om die reuse projek in fases te voltooi. Ons wil die hele ge-meente uitnooi om saam te werk deur spesifieke plante te skenk. Dalk het jy van die plante in jou tuin wat jy vir ons wil skenk. Onthou net die spesifieke plante word benodig! Bel Annemarie Swanepoel van Tip Top tuine by 082 253 1448 as jy kan help. (Hulle is gemeentelede van Miederpark en doen groot moeite met ons tuine.) By voorbaat dankie!

Plante benodig vir die kerktuin: Mondogras groen groot Mondo Variegata (wit en groen blare) Acorus gold (geel gras) Dietes Grandiflora(wilde iris0 Vlasse (enige kleur) Gaura Pienk(Butterfly bush) Water irisse Wit Varkore Clivias

Page 12: IEDERARK September.pdf1 15 September 2013 Uitgawe 27/2013 IEDERARK NG KERK MIEDERPARK God stel ‘n besonder hoë premie op gehoorsaamheid. ‘Gehoorsaamheid is vir Hom beter as offerande’

12

-8-

Redaktrise: Kommentaar en berigte welkom!

Naomi Scheepers - 0791349256 [email protected]

Die gemeente het swaar getrek onder finansies wat maar net nie wil regkom nie, en die dominee was erg bekommerd oor waar die volgende fondse vandaan gaan kom. En toe kom hy in die stoorkamer af op 'n paar kartondose vol splinternuwe Bybels. Daardie Sondag maak hy 'n afkondiging dat die gemeente dringend fondse nodig het, en dat hy 'n paar mense soek wat bereid sal wees om Bybels van deur tot deur te gaan verkoop. Drie manne steek hulle hande op: Pieter, Jakobus en Jannie. Dominee is in sy noppies - hier het hy twee van die dorp se mees suksesvolle verkoops-manne wat bereid is om die taak aan te pak: Pieter en Jakobus, maar die arme Jannie - hoe dink hy dat hy so 'n taak sou kon aanpak? Jannie is 'n kleinboer, maar die ergste is dat die arme man verskriklik hakkel, en boonop so skaam is dat hy selde 'n woord sê. Maar hy wil nie die kerel in die gesig vat nie, en elkeen kry sy kwota Bybels om te gaan verkoop. Die volgende Sondag kry die verkoopsmanne hulle kans om te kom verslag lewer, en Pieter is eerste aan die beurt. "Almal ken my as 'n goeie verkoopsman", vertel Pieter trots, "en ek het hierdie week twintig Bybels verkoop". Daarmee oorhandig hy die pragtige bedrag van R1200 aan die dominee. "Nie sleg nie!", dink die dominee, en Jakobus kry sy beurt: "As professionele verkoops-man is dit vanoggend vir my 'n groot voorreg om my dienste te kon aanbied. En het nie minder nie as 28 Bybels verkoop gekry, en daarmee vir die gemeente R1680 verdien." "Baie dankie Jakobus!", sê dominee, maar hy kry al klaar 'n naar knop op sy maag, want die arme Jannie is volgende aan die beurt, en hoe moet die kêrel nou voel te midde van sulke voortreflike verkoopsmanne? "Het jy hierdie week enige Bybels verkoop, Jannie?" "J-j-j-j-aaaaaa, d-d-d-d-d-dooominnnnie", stotter Jannie dit uit, en oorhandig 'n dik ko-evert aan die predikant. Hy maak dit oop en begin tel: R19 200 se note peul uit die koevert uit. Sy mond hang oop van verbasing. "Wat het jy gedoen Jannie? Hoe op aarde het jy dit reggekry?" "D-d-d-d-doooominnnnnie, e-e-e-ek w-w-w-weeeet s-s-s-s-self n-n-n-nie m-m-m-mooooi nie", hakkel hy, "m-m-m-m-aaaar ek h-h-h-het n-n-n-net by eeeeeelke h-h-h-h-huis gese: 'W-w-w-w-wil u 'n B-b-b-b-b-byyyybel k-k-k-k-k-k-koooooop vir s-s-s-s-s-s-seeeeestig r-r-r-r-r-r-raaaaand, oooooooof m-m-m-m-m-moet eeeeeek h-h-h-h-h-hier staaaaaan eeeeen d-d-d-d-d-dit vir jou l-l-l-l-l-l-l-l-l-l-leeees?"