iederark september.pdf · 4 september roete 12 donderdag 5 september roete 12 vrouebybelstudie...

4
1 25 Augustus 2013 Uitgawe 25/2013 IEDERARK NG KERK MIEDERPARK `U, Here, is my hoop` Psalm 71:5 Sondag 1 September ROETE 12 Erediens Sondagskool Gr 16 Kruislig Koffiediens Tienerdiens Gr 711 09:15 17:30 Maandag 2 September ROETE 12 Ringsitting Dinsdag 3 September ROETE 12 Woensdag 4 September ROETE 12 Donderdag 5 September ROETE 12 Vrouebybelstudie 10:00 Vrydag 6 September ROETE 12 Mannebiduur 07:00 Saterdag 7 September Wat gebeur DV die volgende week …. Inhoudsopgawe Kontak ons ..................... 2 Sending Gebedsversoeke 3/4

Upload: others

Post on 24-Sep-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: IEDERARK September.pdf · 4 September ROETE 12 Donderdag 5 September ROETE 12 Vrouebybelstudie 10:00 Vrydag 6 September ROETE 12 Saterdag Mannebiduur 07:00 7 September Wat gebeur

1

25 Augustus 2013 Uitgawe 25/2013

IEDERARK NG KERK MIEDERPARK

`U, Here, is my hoop`

Psalm 71:5

Sondag

1 September

ROETE 12

Erediens

Sondagskool Gr 1—6

Kruislig Koffiediens

Tienerdiens Gr 7—11

09:15

17:30

Maandag

2 September

ROETE 12

Ringsitting

Dinsdag

3 September

ROETE 12

Woensdag

4 September

ROETE 12

Donderdag

5 September

ROETE 12

Vrouebybelstudie

10:00

Vrydag

6 September

ROETE 12

Mannebiduur 07:00 Saterdag

7 September

Wat gebeur DV die volgende week ….

Inhoudsopgawe

Kontak ons ..................... 2

Sending Gebedsversoeke 3/4

Page 2: IEDERARK September.pdf · 4 September ROETE 12 Donderdag 5 September ROETE 12 Vrouebybelstudie 10:00 Vrydag 6 September ROETE 12 Saterdag Mannebiduur 07:00 7 September Wat gebeur

2

Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers

018-2948197 018-2977926

082 340 7549 083 262 6783

Kerkkantoor

018-2948121

Faks—018-2943900

Sluit by ons aan op

NG Kerk Miederpark

-2-

HOSPITAAL OPNAMES

Wanneer lidmate van die gemeente op-

geneem word in Potch Medi Kliniek, moet

hulle asseblief by opname duidelik meld

dat hulle lidmate van die NG Kerk Mieder-

park is. Dit maak dit vir die leraars mak-

liker om hulle tydens die weeklikse hospi-

taalbesoeke (Dinsdae en Donderdae) op te

spoor.

BANKBESONDERHEDE:

NG Kerk Miederpark,

ABSA Tjekrek 680 590

591 , Potchefstroom

NG Kerk Miederpark

Sending, ABSA Tjekrek

405 041 9146,

Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za Epos [email protected] Sendingkantoor [email protected] Jeugkantoor [email protected]

Page 3: IEDERARK September.pdf · 4 September ROETE 12 Donderdag 5 September ROETE 12 Vrouebybelstudie 10:00 Vrydag 6 September ROETE 12 Saterdag Mannebiduur 07:00 7 September Wat gebeur

3

KONGO VERITAS

Ds Dawie en Naomi

Opleiding op die Wes-Kaapse Platteland Ons het vroeër die maand op uitnodiging VGK gemeentes besoek.

Op Piketberg het ons die kerkraad ont-moet. Hulle eerste groep van 15 het pas Module 1 voltooi, en gaan nou met Modu-le 2 begin, terwyl ‘n tweede groep van 15 pas met Module 1 begin het. Die leraar daar, Ds Walter Philander, is die fasiliteer-der. In die gesprek met die kerkraad was dit gou duidelik dat daar ‘n aangename gees van samewerking en onderlinge broe-derskap bestaan. Van die Kerkraadslede het vertel hoe die opleiding hulle geestelik laat groei het en hulle werk in die wyke positief verander het. Een dame het vertel hoe sy nou anders luister na die prediking en dadelik kan hoor wanneer dit nie die Woord is wat verkondig word nie, maar ander idees. Die opleiding het reeds ‘n groot invloed gehad dat meer gawes in die gemeente na vore kom, waarvoor hulle dan ruimte maak. Een kerkraadslid het ge-vra of hy met ‘n jeugkoor kan begin – dit bestaan tans uit 70 lede. Vieruur Sondagmiddag is dit kategesetyd vir die hoërskoolkinders – en dis ongeloof-lik om sowat 250 kinders te sien wat met vreugde kom deelneem en opgeleide kerk-

raadslede wat dit aanbied. Op Nieuwoudtville het ons heelwat tyd met die kerkraad spandeer. Daar is werklik

baie behoefte aan opleiding. Bid asb vir hier-die gemeente. Ons het 9 tot 13 September opleiding vir fasi-liteerders, en ds Philander sal een van die fasi-liteerders wees wat vir Module 2 opgelei word. Bid asb vir daardie opleiding.

Franse opleiding in die Kaapse voorstede Terwyl ons in Sasolburg was, het ‘n groep van 70 van verskeie onafhanklike Franssprekende kerke sertifikate vir Module 1 in die Kaap ont-vang. Hulle leraars was die fasiliteerders en Jean-Blaise het hulle opleiding gemonitor. Jean-Blaise en Dawie begin Saterdag die 31ste om sewe van hierdie leraars as fasiliteerders vir Module 2 op te lei. Hulle het almal reeds Module 4 as deelnemer by Jean-Blaise vol-tooi .

MALAWI SENDING

(Pieter Loots)

Baie baie dankie: Mamma Rebekka wat al ’n gruime tyd siek is moes die 28e gaan vir ’n operasie. Soveel mense het vir haar gebid vir genesing. En, die Here het gehoor. Vandag het sy kom getuig by die Bybelstudie: Toe die dokter haar gister ondersoek was daar geen gewas meer nie. Kom ons loof en prys die Here.

“Weet jy, jou geloof is baie groot,” het Jesus haar

toe geantwoord. “Ek sal jou wens waar maak.”

Matteus 15:28

SENDING GEBEDSVERSOEKE

-3-

Page 4: IEDERARK September.pdf · 4 September ROETE 12 Donderdag 5 September ROETE 12 Vrouebybelstudie 10:00 Vrydag 6 September ROETE 12 Saterdag Mannebiduur 07:00 7 September Wat gebeur

4

Selfs nie die diepste see hier op die aarde nie … letterlik niks in hierdie Skepping kan ons ooit van God se liefde skei nie.

(Rom 8:39)

-4-

BOTSWANA SENDING

(Jerry en Magda)

Ons dank ons Vader vir Sy liefde en ontferming. Dankie vir:

Materiaal om huis in Botswana te verbeter.

Bid asb: Dat Magda se pensioen gou sal afgehandel word. Vir my vriend Frans se besigheid wat swaar trek. My skoonsus wat breuk operasie gehad het en nou probleme het met herstel. Ons kerk op Shakawe vir geestelike groei.

MARELET

Dankie: Na ‘n dolle eerste dag, (vir my wat 2 grade in een klas het), gaan dit nou goed in die klas. Dankie vir elke leerder wat teruggekom het en wat ek in my klas het vir hierdie akademiese jaar. Dankie vir wonderlike kol-legas en huismaats. Die een Koreaanse seun wat verlede jaar baie probleme gegee het, pas baie goed aan in die klas en is baie ge-lukkig – Dankie Jesus!

Vra: Bid asb vir krag. Ek slaap nog steeds nie goed nie en raak net moeër by die dag. Die internet by ons huis werk nie op my rekenaar nie (ek weet nie hoekom nie), my foon werk ook nie, so ek voel nogal afgesluit van die wêreld. Bid asb dat ek dit uitgesorteer sal kan kry. Ek het twee seuns in die klas wat baie sukkel. Bid asb vir T en Z.

HOSPITAAL SENDING

(Petro)

Bid asb vir: Die Gideons wat vandag die boodskap by die hospitaal bring. ’n Dame in vroeë 40 wat beroerte gehad het, vir

volkome genesing. Iemand wat geruime tyd sukkel met wond wat nie wil genees en baie pynlik is. ’n Persoon met depressie wat net tonnelvisie het.

ANGOLA SENDING

(Freddy)

Freddie-hulle het ‘n probleem met min mense wat regtig in die “oes-veld” staan. Baie stel belang, maar daar is nie fondse om hul in diens te neem nie. Hul kan baie meer geld elders ontvang. Vertrou en bid asb dat daar geestelike werkers sal kom om vir Freddie-hulle tot hulp te wees. Deur die diens te lewer is daar ook ’n opening om die evangelie te verkondig.