swartland gazette 13 may 2014

8
Swartland LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT Year 12 • 13 May 2014 | Tel. 022 482 3817 [email protected] bolandgazette.co.za | bolandgazette.mobi Twis onder bure oor boerbokke LIZETTE SMIT KALBASKRAAL – Sommige inwoners sê die boerbokke pla niemand nie en het simpatie met die boerbok-eienaar vir wie die bokke sy brood en botter is. Ander inwoners erken dat hulle die polisie ge- vra het om die bokke te verwyder omdat hulle dink die diere hou ’n gesondheidsrisiko in. “Ons bly in dieselfde straat as hierdie man met sy bokke en kan nie meer die stank uithou nie. Ons kinders word siek omdat hulle tussen bok- ontlasting moet speel,” het ’n ontstelde inwoner verlede Woensdag gesê. Die verkeers- en wetstoepassingsdienste van die Swartland-munisipaliteit het op verkiesings- dag, Woensdag 7 Mei, sowat 15 boerbokke gelaai wat na die Atlantis-skut vir bewaring geneem is. Philip Humphreys, die direkteur van besker- mingsdienste by die Swartland-munisipaliteit, het gesê die bokboer het in die verlede verskeie kere waarskuwings en boetes ontvang. Die eienaar van die bokke, bekend as Johnny, het deurgaans nie ’n woord gesê of enige emosie getoon terwyl sy bokke opgelaai was nie. Volgens ’n gemeenskapsleier, Henry Haas, verstaan die bokboer glo nie veel nie en sal hy nie verstaan waarom sy bokke opgelaai en weggeneem is nie. Volgens inwoners woon hy in ’n gewone woon- buurt tussen ander huise met sowat 40 boerbok- ke wat saans op die erf toegemaak word. Bedags wei hulle op ’n oop stuk veld oorkant die huis, maar hou volgens die polisie dan ’n gevaar vir motoriste in omdat hulle in die straat kan beland aangesien die stuk veld nie omhein is nie. ’n Inwoner het bogenoemde as onsin afgemaak en bygevoeg dat almal van Johnny en sy bokke bewus is en dit deel van die sjarmante platteland- se atmosfeer van Kalbaskraal is. Haas het gesê die inwoners respekteer die wet, aangesien dit chaos sal wees as almal net doen wat hulle wil. Hy het egter opgemerk dat die wetstoepassers dalk eers aan die inwoners moes verduidelik wat hulle doen en waarom, voordat hulle opgetree het omdat die mense nie verstaan wat aan die gang is nie. May Groenewaldt, ’n besorgde inwoner, is van mening dat die polisie eerder op onwettige drankhandel en dwelmhuise moet toeslaan voor hulle die boer se bokke wegneem. Groenewaldt vertel dat Johnny werklik vir sy bokke omgee en grond nodig het om die bokke aan te hou. Sy sê Johnny kan nie Afrikaans of Engels verstaan nie. Sover haar kennis strek het hy geen kennis- gewing in sy eie taal van wetstoepassing se voor- neme om die bokke te verwyder ontvang nie. In- dien hy nie kennis in sy eie taal gekry het nie, is dit volgens haar ongeldig. Inwoners het namens die bokboer seker ge- maak hulle weet hoeveel bokke gelaai is en hulle vergewis van die prosedure om die bokke weer terug te kry. Humphreys het gister bevestig die bokke is by die Atlantis-skut en dat dit die eienaar se verant- woordelikheid is om die voorgeskrewe tariewe te betaal indien hy die bokke wil terughê. “Die boodskap aan die publiek moet baie dui- delik wees – Swartland het nou genoeg gewaar- sku en sal ons loslopende en probleemdiere skut.” Die verkeer- en wetstoepassingsdienste het op verkiesingsdag 15 boerbokke na die Atlantis-skut geneem ná inwoners glo oor die teenwoordigheid van die bokke in ’n woonbuurt gekla het. FOTO’S: LIZETTE SMIT Inwoners help Johnny, die bokboer (met blou kopdoek), tel hoeveel bokke die wetstoepas- sers opgelaai het. DA wen loshande in die Swartland VERSLAGSPAN Buiten drie stemlokale in die Swartland, het inwoners verlede Woensdag met ’n oorweldigende persentasie vir die DA gestem. Amptelike syfers dui aan dat die DA provinsiaal 12 587 meer stem- me as dié van die ANC verwerf het. Dié Swartland-verkiesingsuit- slae sluit die Riebeek-Vallei, Mal- mesbury, Moorreesburg, Darling, Yzerfontein, Koringberg, River- lands, Chatsworth, Kalbaskraal, Abbotsdale en verskeie stemloka- le op plase in. Dit dui verder aan dat 67,9% van die kruisies vir die DA vir provinsiale vlak getrek is met 65,9 % vir nasionaal. Die ANC het by drie lokale meer stemme as die DA gekry. By die Moorreesburg-gemeenskapsaal het die ANC meer as dubbel die hoeveelheid stemme as die DA ge- kry. By die Thusong-Sentrum en Illingelethu Sekondêre Skool op Malmesbury, het die ANC provin- siaal 1 265 stemme meer as die DA gekry. Gerugte bestaan egter dat inwo- ners van Illingelethu weens vrees vir moontlike intimidasie by ’n ty- delike stemlokaal in Wesbank gaan stem het. By hierdie stemlokaal het die DA 1 528 van die provinsiale stem- me getrek met die ANC 272. Die ANC het in die Swartland- streek altesaam 8 239 stemme (26,7%) gekry. Die syfers dui ook aan dat stem- lokale op plase oorweldigend in die guns van die DA gestem het. Die EFF het in die streek nasio- naal 1,2% van stemme verwerf, die ACDP 1,1% en partye soos Co- pe, die UDM en ander partye moes die oorblywende stemme, sowat 5%, gesamentlik, deel.

Upload: boland-gazette

Post on 09-Mar-2016

262 views

Category:

Documents


6 download

DESCRIPTION

Swartland gazette 13 may 2014

TRANSCRIPT

Page 1: Swartland gazette 13 may 2014

Swartland

LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT Year 12 • 13 May 2014 | Tel. 022 482 [email protected]

bolandgazette.co.za | bolandgazette.mobi

Twis onder bure oor boerbokkeLIZETTE SMIT

KALBASKRAAL – Sommige inwoners sê dieboerbokke pla niemand nie en het simpatiemet die boerbok-eienaar vir wie die bokkesy brood en botter is.

Ander inwoners erken dat hulle die polisie ge-vra het om die bokke te verwyder omdat hulledink die diere hou ’n gesondheidsrisiko in.“Onsbly indieselfde straat ashierdiemanmet

sy bokke en kan nie meer die stank uithou nie.Ons kinders word siek omdat hulle tussen bok-ontlasting moet speel,” het ’n ontstelde inwonerverlede Woensdag gesê.Die verkeers- en wetstoepassingsdienste van

dieSwartland-munisipaliteithetopverkiesings-dag, Woensdag 7Mei, sowat 15 boerbokke gelaaiwat na die Atlantis-skut vir bewaring geneemis.Philip Humphreys, die direkteur van besker-

mingsdienste by die Swartland-munisipaliteit,het gesê die bokboer het in die verlede verskeiekere waarskuwings en boetes ontvang.

Die eienaar van die bokke, bekend as Johnny,het deurgaans nie ’n woord gesê of enige emosiegetoonterwylsybokkeopgelaaiwasnie.Volgens’n gemeenskapsleier, Henry Haas, verstaan diebokboer glo nie veel nie en sal hy nie verstaanwaarom sy bokke opgelaai enweggeneem is nie.Volgens inwonerswoonhy in ’n gewonewoon-

buurt tussen ander huise met sowat 40 boerbok-ke wat saans op die erf toegemaak word. Bedagswei hulle op ’n oop stuk veld oorkant die huis,maar hou volgens die polisie dan ’n gevaar virmotoriste inomdathulle indie straatkanbelandaangesien die stuk veld nie omhein is nie.’n Inwonerhetbogenoemdeasonsinafgemaak

en bygevoeg dat almal van Johnny en sy bokkebewusisenditdeelvandiesjarmanteplatteland-se atmosfeer van Kalbaskraal is.Haashet gesê die inwoners respekteer diewet,

aangesien dit chaos sal wees as almal net doenwat hulle wil. Hy het egter opgemerk dat diewetstoepassers dalk eers aan die inwonersmoesverduidelik wat hulle doen en waarom, voordathulle opgetree het omdat diemense nie verstaanwat aan die gang is nie.

MayGroenewaldt, ’n besorgde inwoner, is vanmening dat die polisie eerder op onwettigedrankhandel en dwelmhuisemoet toeslaan voorhulle die boer se bokke wegneem. Groenewaldtvertel dat Johnny werklik vir sy bokke omgeeen grond nodig het om die bokke aan te hou. Sysê Johnny kan nie Afrikaans of Engels verstaannie. Sover haar kennis strek het hy geen kennis-gewing in sy eie taal vanwetstoepassing se voor-neme om die bokke te verwyder ontvang nie. In-dien hy nie kennis in sy eie taal gekry het nie,is dit volgens haar ongeldig.Inwoners het namens die bokboer seker ge-

maakhulleweet hoeveel bokke gelaai is enhullevergewis van die prosedure om die bokke weerterug te kry.Humphreys het gister bevestig die bokke is by

dieAtlantis-skut endat dit die eienaar se verant-woordelikheid is om die voorgeskrewe tariewete betaal indien hy die bokke wil terughê.“Die boodskap aan die publiek moet baie dui-

delik wees – Swartland het nou genoeg gewaar-sku en sal ons loslopende en probleemdiereskut.”

Die verkeer- en wetstoepassingsdienste het op verkiesingsdag 15 boerbokke nadie Atlantis-skut geneem ná inwoners glo oor die teenwoordigheid van die bokkein ’n woonbuurt gekla het. FOTO’S: LIZETTE SMIT

Inwoners help Johnny, die bokboer (met blou kopdoek), tel hoeveel bokke die wetstoepas-sers opgelaai het.

DA wenloshandein dieSwartlandVERSLAGSPAN

Buiten drie stemlokale in dieSwartland, het inwoners verledeWoensdag met ’n oorweldigendepersentasie vir die DA gestem.Amptelikesyfersduiaandatdie

DA provinsiaal 12 587 meer stem-measdiévandieANCverwerfhet.Dié Swartland-verkiesingsuit-

slae sluit die Riebeek-Vallei, Mal-mesbury,Moorreesburg,Darling,Yzerfontein, Koringberg, River-lands, Chatsworth, Kalbaskraal,Abbotsdale en verskeie stemloka-le op plase in. Dit dui verder aandat 67,9% van die kruisies vir dieDA vir provinsiale vlak getrek ismet 65,9 % vir nasionaal.DieANChetbydrie lokalemeer

stemme as die DA gekry. By dieMoorreesburg-gemeenskapsaalhet die ANC meer as dubbel diehoeveelheid stemme as die DA ge-kry. By die Thusong-Sentrum enIllingelethu Sekondêre Skool opMalmesbury, het dieANCprovin-siaal 1 265 stemmemeer as die DAgekry.Gerugte bestaan egter dat inwo-

ners van Illingelethu weens vreesvirmoontlike intimidasieby ’n ty-delike stemlokaal in Wesbankgaan stem het.By hierdie stemlokaal het die

DA1 528 vandie provinsiale stem-me getrek met die ANC 272.Die ANC het in die Swartland-

streek altesaam 8 239 stemme(26,7%) gekry.Die syfers dui ook aan dat stem-

lokale op plase oorweldigend indie guns van die DA gestem het.Die EFF het in die streek nasio-

naal 1,2% van stemme verwerf,die ACDP 1,1% en partye soos Co-pe, dieUDMenander partyemoesdie oorblywende stemme, sowat5%, gesamentlik, deel.

Page 2: Swartland gazette 13 may 2014

Swartland Gazette News - Nuus Tuesday 13 May 20142

Launch of stampsfeaturing the Big Five“Exudingpower,graceandbeauty, theBigFive group ofmammals remains a firm fa-vourite among tourists and philatelistsalike.

No matter how many times these animalsappear on ourstamps, they al-ways attract at-tention and arestill among themost popular top-ics for thematiccollectors,” saysJohan van Wyk,head of the SAPost Office’s phi-lately division atthe launch of theBig 5 stamp issueon 9 May 2014.The Big Five stamps feature the illustra-

tions of both first and second prize winnersof the South African Post Office’s 2013 post-cardillustrationcompetition.Thestampissueconsists of an airmail postcard-rate self-adhe-sive stamp booklet and five postcards featur-ing oil paintings of the Big Five by the firstprize winner, Marius Trollip, and a B4 ratestamp sheet and first day cover, featuring wa-

ter colour paintings by second prize winnerAnnetjie Esterhuizen.TheBigFive, consisting of the lion, leopard,

buffalo, rhino and elephant have appeared onvarious South African stamps in differentstyles and formats. Among these are the 1996

additional val-ues to the defin-itive issue, anda set of self-ad-hesive stampsissued in 2006featuring pho-tographs byKoos van derLende. In 2008, aset of airmailpostcard ratestamps were is-sued featuringcartoon-style

drawings by cartoonist Dr Jack, while a setof Big Five stamps issued in 2010 feature art-work by Denis Murphy.The Baby Big Five stamps, issued in 2012,

feature artwork by wildlife artist Alan Ains-lie. These stampsare available at all post offic-esandonwww.virtualpostoffice.co.zaatR7.30each and R60,50 for the booklet. The first daycover sells atR39,50and thepostcardsatR6,25.

Goeie nuus vir die Swartland-wyndistrikVolgensHannovanSchalkwykvanVinpro,dieverteenwoordigende organisasie vir sowat3 600 Suid-Afrikaanse wynprodusente en kel-ders, kan die wynbedryf ’n gemiddelde groottewyndruifoesvangoeiegehalteverwagvir2014.Daar word vir die Swartland-distrik hoër

produksie van besonderse gehalte voorspelweensdie goeie grondvogtoestande indiehoof-saaklik droë landgebied.Die nuutste produksietendense voorspel dat

die opkomende seisoen onthou salword vir dienat winter en lente, gevolg deur ’n uitsonderli-ke sterk groeiperiode.Produsente en kelders se tydsberekening

met bespuitings, lowerbestuur en oes is tot diemaksimum beproef, maar alle aanduidings isdat dit ’n goeie kwantiteit en kwaliteit jaar salwees.

Vinpro meld dat die wyndruifoes vir 2014op 1 459 696 ton geraam word volgens die jong-ste skatting van 30 April se SA wynbedryf-in-ligting en -stelsels (Sawis). Dit is 2,6 % laer asdie rekord 2013-oes.Van die algemene opmerkings wat gemaak

is, is dat daar baie min watertekort-simptomeoor die algemeen was en droëland-blokke hetdie hitte baie goed hanteer. Die druifgehaltewas ook baie goed, met hoë sure (veral appel-suur)wat aan die begin van die seisoen gemeetis.Verhalings was beduidend beter, ook in die

droëland-gebiede, wat weer eens dui op goeievogvoorsiening en gevolglike groter korrel-groottes.Witwyne vertoon vars en vrugtig en rooiwy-

ne beloof omaromaties enbaie elegant tewees.

Dié groepie omgewingspraktisyns is onlangs by die Weskus Distriksmunisipaliteit aangestel. Hullesal voortaan by verskeie kantore in die streek werksaam wees. Van links is Inge Herman (Moorrees-burg), Chantell Bonn (Clanwilliam), Philida Boer (menslike hulpbronne), Latasha Fransman (Moor-reesburg), Letitia Williams (Velddrif) en Haley Hermanus (Moorreesburg). Agter is Carlo Mentoorwat in die afdeling finansies aangestel is.

MeetDarling’snew CPF

An Imbizo todiscuss polic-ing and crimepreventionmatters hasbeen arrangedfor22MayattheDarling CivicCentre at 19:30.All members

of the commu-nity are encou-raged to attendand to meettheir new CPFand the newStation Com-mander.

Page 3: Swartland gazette 13 may 2014

Swartland GazetteNews - NuusDinsdag 13 Mei 2014 3

Plakkers terug op ChatsworthLIZETTE SMIT

CHATSWORTH – Dieselfde groepmensewat inMaartprivaatgrondbuite Chatsworth sonder sukseswou beset, het verlede week ’nstuk van die heining uitgehaal enplakkershutte daar opgerig.

Tony Ormonde, die bestuurder enhuurder van die grond wat aan CapeLifestyle Investments behoort, hetverledeweekgesêhyweetniewatdietoedrag van sake is nie aangesien diepolisie en die Swartland-munisipali-teit hul glo onttrek het.

“Ek weet nie wat aan die gang isnie,” het hy moedeloos gesê.

Ormonde het gesê hy is bewus vanverskeievergaderingswatglotussendie Swartland-munisipaliteit en diebetrokke mense gehou is, maar dat

hy nie weet wat en óf daar enige be-sluite geneem is nie.

Joggie Scholtz, die munisipale be-stuurder van die Swartland-munisi-paliteit, het by navraag erken datdaar ’n gesprek tussen die munisipa-liteit en 2 000 inwoners van Du Noonplaasgevind het.

Volgens Scholtz het dié mense nabewering 21% aandele in Cape Life-style Investments gekoop, maar datdietransaksieomverskeieredespro-blematies is. Eerstens is die grondvir landbou gesoneer en tweedens-word daar daarom geen dienste soosriool, vullisverwydering en elektri-siteit gelewer nie.

Polisiewoordvoerder, Hennie duRand, het verlede week bevestig datdie polisie ook onttrek het. “Daar isin Maart twee sake van betredingteen die intrekkers gelê wat altwee

kere nie vervolg is nie,” het hy gesê.Scholtz het ook bevestig dat die

staatsaanklaer aanduiding gegee hetdat die intrekkers nie vervolg salword nie.

Die betrokke staatsaanklaer, adv.Mochipa Seroto, het gesê die saak isnie uitgegooi soos beweer nie en dathy geen verdere kommentaar oor dieaangeleentheid gaan gee nie. Hy hetgesê daar bestaan ’n verstandhou-dingtussenhomendiepolisieoordiébetrokke aangeleentheid.

Du Rand het gesê die saak is uit hulhande en dat dit siviel van aard is.

Scholtz het bevestig dat die muni-sipaliteit tans teen Cape Lifestyle In-vestments optree aangesien diegrond teenstrydig met die sonering-skemaregulasies aangewend word.

’n Geslote vergadering is Vrydagtussen die betrokke partye gehou.

Mense het onlangs hul intrek op privaat grond net buite Chatsworth geneem en verskeie plakkershutte opgerig.FOTO: LIZETTE SMIT

Die Gazette-span spogmet nuwe gesigDie Swartland Gazettehet ’n nuwe verslagge-wer. Nicole Cloete het op8 Mei by die Gazette be-gin werk en sal tydelikvir die volgende viermaande in CharlotteLesch se plek inneem.

Charlotte is tans metkraamverlof en sal van-deesweek haar tweedeseun in die wêreld ver-welkom.

Nicole isoorspronklikvan Atlantis, en siendaarna uit om die Swartland semense beter te leer ken en beplan

om vir haar dienstyd-perk op Malmesbury tewoon.

Nicole het ’n grootliefde vir gemeenskaps-nuus en het in die verle-de vir twee Media24 pu-blikasies gewerk, Wes-kusnuus op Atlantis,Eikestadnuus op Stel-lenbosch en het ook ge-werk vir Impact 24/7Nuus, ook in Atlantis.

Hartlik welkom in dieSwartland, Nicole!

Kontak Nicole op 022 482 3817of [email protected]

Nicole Cloete.FOTO: LIZETTE SMIT

Twee dood in ongeluk op N7MALMESBURY – Abdul Jamah is opdie toneel dood ná ’n ongeluk watteen skemer 6 Mei op die N7 oorkantdie gholfbaan gebeur het.

Nog ’n insittende,JamaMohamad,is twee dae later dood. Albei oorlede-nes het in Jakarandastraat opMalmesburygewoonenisinSomalië

gebore.Die bestuurder van die ander mo-

tor wat in die botsing betrokke was,het geringe beserings opgedoen. Al-bei motors was op pad uit die rigtingMoorreesburg na Malmesbury.

Die ondersoek na die oorsaak vandieongelukisnognieafgehandelnie.

Tweemense is ver-lede week dood in’n ongeluk op dieN7 regoor diegholfbaan. FOTO:AMBER GOOSEN

Page 4: Swartland gazette 13 may 2014

Swartland Gazette News - Nuus Tuesday 13 May 20144

Dit bly onsverantwoordelikheidVerlede week is ons stembusse toe omdat ons’n sê wil hê in hoe ons regeer word. In dieWes-Kaap het meer as die helfte van die bevolkingwat gestemhet, vir dieDemokratieseAlliansiegestem.Dit kan beteken dis ’n stem téén korrupsie

wat die armes verarm en ’n handjievol mense,watditwaarskynliknieverdiennie,oponeerli-ke wyse ryker laat word en meer mag laat be-kom.Dit kan ’n stem wees téén paaie wat nie in

stand gehou word nie en infrastruktuur watuitmekaar val.Dit kan ’n stemwees téén toenemende omge-

keerde rassisme en ten gunste daarvan datmense op grond van meriete werk kry en omgeen ander rede nie.’n DA-stembeteken uit die aard van die saak

nié dat ons van bogenoemde gevrywaar is nie,want mens bly mens en geld praat hard.Dit is waarom ons verantwoordelikheid nie

by die stembusse eindig nie, maar ons steeds’n wakende oog moet hou oor diegene wat inregerende posisies aangestel is.Die president, ministers, raadslede, burge-

meesters is nie óór ons aangestel nie, maar iseerder dienaars van die mense of servants ofthe people.Hulle is daar omdiewelsyn van ál diemense

in hul wyk, distrik, streek, land op die hart tedra. Hulle is veronderstel om te lei deur hulvoorbeeld.Ons weet instinktief hoe ’n regte en opregte

leier moet wees, laat ons nét met dit tevredewees.

Gehoorsaamheid enGehoorsaamheid enSaligheidSaligheidPASTOOR PIET SMIT

’n Gelowige vra my die volgende vraag: Ge-hoorsaamheid is mos vir God baie belangrik.As ek nou nie in alles presies gehoorsaam isnie, want ’n mens is mos nie volmaak nie,sal dit nou beteken dat ek die hemel mis?ANTWOORD:Die gevolge van jou ongehoorsaamheid of

gehoorsaamheid raak net daardie spesifiekeaspek.As jy byvoorbeeld ongehoorsaam is aan ’n

saakwat seën tot gevolghet, sal jynet daardieseën verbeur, maar dit raak nie jou saligheidnie.Soweet ons dat die gee van die Here se tien-

de ’n groot seën inhou (Mal. 3:10).Sou ek in gebreke bly om dit te gee, mis

ek die “vensters van die hemel oormy geopenen die oorvloedige seën” maar ek mis nie diehemel nie.Dis wel moontlik dat iemand gehoorsaam

kan wees aan die gee van die Here se tiende,maar neem nie Jesus aan as sy Verlosser enSaligmaker nie (Joh. 1:12), dan sal hy die seënvan die gee van die Here se tiende ontvang,maar saligheid mis!Waarom ’n ongehoorsame kind van God

wees, as ek liewer ’n gehoorsame kind vanGod kan wees?

Die eerste I Love Yzermark het op 4 Mei by Vygevallei Padstal plaasgevind. Die mark is goed ondersteunten spyte van die koue weer. Besembos se Izak Labuscagne en Judite Strydom, het opgetree omdie besoekers te vermaak. FOTO: NADINE LE ROUX

Kaartjie-wennersKaartjie-wenners

Die wenners van die Swartland Gazetteen McLaren sirkus-kaartjies se SMS-kompetisie is Jackie van der Poll, Har-dus Dippenaar, Pieter Hanekom, LouiseMeyer en Naomi Retief. Veels geluk!

Sulke optrede by rugby moet gestraf wordSulke optrede by rugby moet gestraf wordDierugbywedstryd tussendie spannevanWes-bank-rugbyklub en Never Despairs voorverle-de Saterdag op Malmesbury was inderdaad ’nwonderlike ervaring.Die spanning en geesdrifhet hoog geloop soos dit ’n ware derby betaam.Die atmosfeer was gelaai en mens kon die

spanning tussen die toeskouers aanvoel.Goeie rugby is deur al vier spanne van die

onderskeie klubs gespeel en het verder tot diedag se sukses bygedra.Wat egter ontstellend was en ’n demper op

die dag geplaas het, was toe ’nWesbank-spelerná die tweede drie aanlê pale toe vir die doel-skop en hy vanuit die skare met ’n voorwerp

teen die rug getref word. Die speler moes me-diese behandeling ontvang.Sulke optrede kan ongelukkig nie by wed-

stryde geduldwordnie.Wie ookal die skuldigeboef was, moet teen opgetree word en ongeluk-kig bly dit ’n ope vraag watter klub se onder-steuner dit was.Ek vertrou die aangeleentheid sal met Bo-

land opgeneem word en dat die klub waaraandie skuldige behoort, gepas teen hom/haar saloptree.Die skuldige behoort totaal vanallewedstry-

de geskors te word.ISAK ADAMS, Malmesbury

KONTAK ONS

AdvertensiesAdvertensies

TT: 022 482 3817 / F: 022 482 3817 / F: 022 482 3818: 022 482 3818E: carol.dejager@media24E: [email protected]

Carol de Jager

Swartland Gazette is een van sewe Gazette-titelswat deur Boland Media uitgegee word en is ‘n lid

van Media24. Altesaam 15 850 kopieë word weekliksin Darling, Malmesbury, Moorreesburg, Piketberg,

Porterville, Riebeek-Kasteel, Riebeek-Wes enYzerfontein versprei.

Lizette SmitTT: 022 482 3817 / F: 022 482 3817 / F: 022 482 3818: 022 482 3818E: lizetE: [email protected]@media24.com

Geklassifiseerd en adminGeklassifiseerd en admin

TT: 022 482 3817 / F: 022 482 3817 / F: 022 482 3818: 022 482 3818E: natalie@swartlandgazE: [email protected]

Natalie Tenn

RedaksieRedaksie

TT: 022 482 3817 / F: 022 482 3817 / F: 022 482 3818: 022 482 3818E: charlotte.lesch@mediaE: [email protected]

Charlotte Lesch

Vroue Landbouvereniginglede-Piketberg saam met stappers van die dorp het op 7 Mei die WomanWalk The World stap aangedurf. Die inisiatief vind jaarliks plaas om vroue in die landbougemeenskapte ondersteun en ook om vroue met mekaar te verbind. Die vroue het ’n prettige dag gehad en saldie stap kwartaalliks aandurf. Nuwe lede is baie welkom en kan Nicoline Brown bel vir meer inligtingby 082 477 0665

Teleurgesteld oorTeleurgesteld oorafwesige spanafwesige spanDieWhiteSpirits rugbyklubsebestuurenspe-lerswasdiep teleurgestelddatRedCornersnieop 3 Mei vir hul wedstryd opgedaag het virdie derde kragmeting van die seisoen nie.Volgens die voorsitter van Red Corners, het

sy spelers glo die rugbywedstryd tussen Wes-bank en Never Despair op dié dag gaan by-woon.WhiteSpirits is tansdievoorloper insyafde-

ling en sal op 17 Mei teen Mighty Spears vanDe Grendel te staan kom.

KAROOLS MAARMANMalmesbury

Die bekende Christine Capendale het op 6 Mei ’ntipiese High Tea by die Charlie Noble Restaurant bydie Mykonos Casino op Langebaan aangebied watdeur vroue van die Weskus, Swartland en regoor dieSkiereiland bygewoon is. Die Mykonos Casino biedgereeld soortgelyke geleenthede aan. Hou die Gazettedop vir die datum van die volgende geleentheid. Vanlinks is Sarilize Schwulst van Mykonos, Louise Visser,Capendale en Frieda Kotze.

FOTO: HELENE MEISSENHEIMER

Dis alweer tyd virdie BollingersDieeerste ronde inskrywingsvirdieBol-linger Exceptional Wine Service toeken-ning vir 2014 is oop. Wynliefhebbers enprodusentekan inskryf voor 31Mei 2014.Kandidate kan die registrasievorm ophul tuisblad aflaai by www. wineservi-ceaward.co.za.

Page 5: Swartland gazette 13 may 2014

Swartland GazetteNews - NuusTuesday 13 May 2014 5

15 Mei) Huis Môrelig Seunskoshuis, Moorrees-burg bied aan Manie Jackson om 19:00 vir19:30 by LDU.Vir besprekings, bel Hanette Groenewald by022 433 1275/082 326 7134 of [email protected]) Swartland Drankforum-vergadering om14:00 by Bloues-klubhuis. Bel Henfre Brand by082 703 8666 vir meer inligting.) ’n Werksessie van die Malmesbury Anti-Dwelm en Alkohol Forum (MADAF) word om19:30 in die Calvynse kerksaal opMalmesburygehou. Alle belangstellendes en mense wat be-sorg is oor dié probleme in die gemeenskap iswelkom. Navrae by Hennie Klaase by076 903 0827.

17 Mei) Die Wes-Kaapse Sierduif-kampioenskappevind om 10:00 tot 15:00 in Malmesbury se stad-saal plaas. Bel Johnny by 083 748 4872 virmeerinligting.

17 May) The next Malmesbury Aglow meeting is atthe Malmesbury House of Prayer at 15:00. Thespeaker is Lavina Surtie from Goodwood.Everyone is welcome. Refreshments will beserved.Enquiries: Elaine Walker 072 590 6636.

31 Mei) Moorreesburg Koringberg Toerismekan-toor bied aan: Bootsale/kattebak-verkope opdie museum-terrein. Bel Hermien by022 433 1072 vir meer inligting.) Die jaarlikseVoortrekkerSopdansbeginom19:00 vir 19:30 in die Malmesbury stadsaal.Toegang is R80, R50 vir hoërskoolkinders enkinders is gratis. Kaartjies sluit aandete,brode, konfyte, sop en nagereg in. Bring eiedrinkgoed en glase.

1 Junie) I LoveWeskus-mark byVygevallei Padstal(R27). Kontak [email protected] virinligting. Uitstaller-navrae welkom.

Toutrek-oefentye) Malmesbury Senior-toutrekspan oefenDinsdae en Donderdae vanaf 19:00 tot 21:00tussen die Ou Tronk en die HoërskoolSwartland se rugbyveld.Almal is welkom om te kom oefen, nuwetrekkers ook. Bel Gert by 083 656 2960.

TOP-BEMARKER: Natalie Tenn het dit weer ge-doen! Natalie is die ontvangsdame en in be-heer van geklassifiseerde advertensies by dieSwartlandGazette se kantoor opMalmesbury.Sy is pas aangewys as Boland Media se be-marker vir die maand vir geklassifiseerde ad-vertensies vir April. Sy het in Februarie ookdie beste in haar afdeling presteer. BolandMedia is ’n afdeling van dieMedia24-koerant-groep. FOTO: LIZETTE SMIT

Page 6: Swartland gazette 13 may 2014

Mr. Yunis solved my financial,business and marriage problems.

I am Mrs. Chantel Kocks. Ithank Mr. Yunis for solving my

financial problems that Isuffered with for over 5 years.

Mr. Yunis gave me the powerfulmagic ring for luck to win lotto,powerball, casino. First time Iplayed I won R1.2m jackpot. Iused my money to pay off my

debts, loans, opened up abusiness and bought a bakkie.

Thank you Mr. Yunis forchanging my life.

Call Mr. Yunis on

031 824 6669

and change your life.

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

IN MEMORIAM

1015

Adams Johannes(Vissie) Vandag 13 Mei isdit reeds 1 jaar dat God joutot hoërdiens geroep het.Dit voel nogsteeds soonwerklik, maar ons berusons by God se werke. Dievermisting is groot en dieleemte sal nooit geruil kanword nie. Mis jou baie.Van jou vrou, kinders,kleinseun en skoonseun.

ADAMS JOHN14/05/1953 - 18/11/2013.U eerste verjaarsdag wegvan ons. Ons mis u elkedag. Die verlange is groot.Van: Janey, Juan, Cody,Shirna, Moorrees, Sherice& Morechia.

Faro Sarie [Nee Bawa]15-05-1954 - 11-10-2013Dit is jou eerste verjaars-dag weg van ons. Hoegraag wil ons geluk sê,maar die Here het n beterplek vir u gevind. Daar iselke dag 'n traan vir hoe jyuitgesien het om 60 teword. Ons wil graag 'ndrukkie gegee het, wantdie verlange raak al gro-ter!! Van Atta,Leraar Hen-dricks,Kato,Johanna(Kana)

Dear MOM “Your armswere always welcoming.You showed how much youcared, Your heart werealways filled with endlesslove. That we were blessedto have shared”

Dit is ons eerste Moeders-dag en Mammie se 60steverjaarsdag,hoe graag ver-lang ons as kinders om ditmet mammie te deel maarGOD het n hoor roeping virmammie gehad.Ons harteis nog gebroke en mammiese stem is stil,maar slegstyd kan die pyn,verlangeen seer genees.Vaarwel totons weer ontmoet. Vanverlangende kinders,Sylvia, Charmaine, Petro,Angelo,skoonseuns,klein-kinders en peetkinders.

GELUKWENSINGS

1030

Raai wie word 60 op19/5/2014? Baie gelukmy vrou met jou 60steverjaarsdag. God ryksteseëninge. Van jou manOuboet, kinders, klein-kinders en skoondogter.

PERSOONLIKE

DIENSTE

KINDERVERMAAK

1405

ASPATAT PARTYTJIES:Springkastele, watergly-bane, kindertafeltjies & -stoeltjies te huur. Kontak:084 607 5658.

BOETIE EN SUSSIESPRINGKASTELE -Waterglybane en verskei-denheid springkastele tehuur. Skakel Nelia073 6102 810.

TJ'S SPRINGKASTELESpringkastele en watergly-baan te huur. KontakTheresa 082 497 3383.

TE KOOP

ALLERLEI

1655

Antieke skoolbankie,akkerhout @ R400. TVkassie @ R150. SoliedeAluminium leer, 8m @R1 300. Dakwaaier, witmet kontrole - R400.0224333745/0845124985

BRAAI-KAGGELHOUTPortjackson hout, 1 000stukke @ R600. Gratisaflewering. 072 800 9963.

Pak van 50 ou Koerante@ R25 en Ongedruktekoerantpapier rolle @ R30per rol te koop bySwartland Gazette kantoorof skakel Natalie by022 482 3817.

TROETELDIERE

1660

CHAMPIONSHIP BREDRottweiler Puppiesavailable mid June Sire –Chanteur De Nero ofLegoin Cuba & DAM -Craffenheim Rexie Cuba –2012 Grand VictoPuppy(SA Champs) 2013Grand Victor Runner up(SA Champs)Rating ofExcellence and multi Vratings Rexi – 2013 GrandVictor V2 Rating of excel-lence All puppies will beregistered and vet checkedRuaan – 083 500 2328Chanel – 060 509 9181.

Rekordtal Bullmastiffhondtjies te koop. KUSAgeregistreerd. Ontwurm.Inge-ent. Micro-chipped.Skakel 079 890 7328.Prys op aanvraag.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

SKOONMAAK-

DIENSTE

1805

MATTE & GestoffeerdeMeubels. Deeglik skoon-maak & Ontsmetting vanmatte en bekleedsel.Droog ± 30min. SkakelPaula 073 393 2373 /022 487 1615.

Ons maak matte skoon!Loop op matte in 10min.Skakel Paul 082 543 0682.

TUIN &

BESPROEIING

1825

ROLL-ON LAWNGratis Aflewering!Gratis Kwotasie!SNY van bome en stryke.Gratis Verwydering!BOUROMMEL, tuinvullisverwydering! Skakel072 800 9963.

HUISVERBETERINGS

BINNE

1835

BLINDINGS/BLINDS.JUST BLINDS - Vir kwali-teit en diens! Vervaardig &herstelwerk van blindings.Vir gratis kwotasies skakelTokkie Bredenhand083 265 5161.

CEGE SMIT BLINDSTrading as JS BLINDS -Vervaardigers van allesoorte blindings,asookenige herstelwerk &veranderings. Derick &Nelia 082 788 7210 /022 487 2394.

CK BLINDS - Verskaffersvan blindings, sonkappiesen Pergolas. Doen herstel-werk. Elsabé 022 487 3948072 126 2394.

ALLERLEI

1845

Fatima – Specialise inpalm reading, businessproblems, financial,marriage and loveproblems. Also court casesand help with selling ofproperty. Phone 061 7931623/email [email protected]/ www.fatimathehealer.webs.com

LANDBOU

ANDER DIERE

2220

HASIMO BOARDINGCATTERY - ExclusiveHoliday accomodation forcats. Quality care and per-sonal attention. Individualruns. To book, phoneDaléne @ 072 525 0725.

VOERTUIE

MOTORS TE KOOP

3025

CHEV AVEO 1.6 LS,2012, 50 000 km, R114 500M/Benz B180 A/T, 2010,87 000 km, Wit, R175 500Hyundai i20 Fluid, 2012,45 000 km, Blou, R145 500CHEV Sonic 1.6 Sedan,2012, 50 000 km, Blou,R145 500.Nissan X-Trail 2.0 H/R,2011, 60 000 km, Silwer,R205 000.Ford Focus 1.6 Sedan,2012, 60 000 km, Rooi,R165 500. Finansieringbeskikbaar!!! Skakel083 440 5158.

JETTA 2, 1600 CSL.Worth roadworthycertificate, R25 000 neg.Contact 076 742 0154.

KerkdiensteAGSRiebeek-Wessebiduurop14Meibeginom19:30.Dieerediensop Sondag 18 Mei, begin om 10:00 en die tema is “Is ek goed genoegvir God?” Navrae by past. Clifton Fredericks by 076 158 5471.

AGS Corpus Christi Malmesbury se erediens op Sondag 18 Meibegin om 09:30 en die tema van die diens is “Lees die tekens’’.Die Sondagaanddiens vind om 18:30 plaas. Navrae by past. PietSmit by 073 447 2902

VOERTUIE GESOEK

OM TE KOOP

3075

DADELIKE KONTANTvir u bakkie of motor.Skakel,sms of whatsappna 0825613291. (nielopende bakkies & motorswelkom).

AANDAG Alle KlienteVOERTUIE dringendgesoek. Ek koop enigegebruikte voertuie vir kon-tant. Skakel 083 464 6960.Doen Bank flosse.

EIENDOMME

WOONSTELLE

TE HUUR

3250

Bachelor woonstel tehuur. Koopkrag. Geenkinders. R2 250 pm + Dep.Beskikbaar 19/5/2014.Skakel 082 373 0347.

Eenslaapkamer woonstelte huur in Moorreesburg.Sentraal geleë. Verkieslikafgetrede persoon. Beskik-baar 1 Junie. 0729048089.

HUISE TE HUUR

3270

Huis te huur - Malmes-bury 6 mnde met die opsieom te verleng @ R4 500pm. Water en krag uitge-sluit. Skakel 076 366 2375.

Ruim 3 slaapkamerskakel huis te huur.Beskikbaar 1 Junie 2014.R4 000 p/m. DepositoR6 000. Skakel Carlo082 920 4586 kantoor ureof Gwennifer by022 772 0460.

Page 7: Swartland gazette 13 may 2014

Swartland GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 13 Mei 2014 7

TBWA\H401238/E

VACANCYBULLETIN

InstructIons to ApplIcAnts: Z83 forms (obtainable from any Government department or www.westerncape.gov.za) must: Be completed in full, clearly reflect the name of the position, name and date of the publication (candidates mayuse this as reference), be signed, accompanied by a comprehensive CV, the names of 3 referees and certified copies of ID,driver’s licence and qualification/s. A separate application form must be completed for each post. Applications without theaforementioned will not be considered. Applications must be forwarded to the address as indicated on the advertisement.No late, faxed or e-mailed applications will be accepted. CV’s will not be returned. Excess personnel will receive preference.Applications, which are received after the closing date, will not be considered.

Further communication will be limited to short-listed candidates. If you have not received a response from the Departmentwithin 3 months of the closing date, please consider your application as unsuccessful. It will be expected of candidates tobe available for selection interviews on a date, time and place as determined by the Department.

As directed by the Department of public service & Administration, applicants must note that further checks will beconducted once they are short-listed and that their appointment is subject to positive outcomes on these checks, whichinclude security clearance, qualification verification, criminal records, credit records and previous employment.

The Department of Health is guided by theprinciples of Employment Equity. Disabledcandidates are encouraged to apply and anindication in this regard will be appreciated.

closing date:6 June 2014

rADIe Kotze HospItAl(West coAst DIstrIct)

Household Aid

remunerAtIon: r 73 044 per Annum

servIce benefIts: 13tH cHeque, employer’s contrIbutIon to tHe pensIon funD, HousIngand medical aid allowance.

requIrements: mInImum requIrement: Basic numeracy and literacy. experIence: Basic cleaningexperience. InHerent requIrements of tHe Job: Ability to operate industrial machinery and equipmentand do hard physical work. • Work shifts, including night duty, weekends and public holidays. • Willingness torotate through components and adherence to loyal service ethics. competencIes (KnoWleDge/sKIlls):Ability to communicate in at least two of the three official languages of the Western Cape. • Knowledge of thecorrect methods of handling and disposal of refuse/waste products. • Ability to operate machines/equipment ina cost-effective manner.

DutIes (Key result AreAs/outputs): Responsible for cleaning and maintaining of hygienic standardsat hospital, within a team. • Effective utilisation and maintenance of equipment. • Responsible for the removalof waste at the facility. • Cost-effective use of cleaning consumables. • Linen, curtain and blind management.• Assist with the serving of meals and refreshments. • Support to Household Supervisor.

enquIrIes: Ms B Smit, tel. no. (022) 913-1175

pleAse submIt your ApplIcAtIon for tHe AttentIon of ms b JosIAs to tHe mAnAger:medical ServiceS, Swartland HoSpital, private Bag X2, malmeSBury, 7299.

EXCITING OPPORTUNITIES FOR PERSONS WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE

DepArtment of HeAltH

PROVINSIALE KLEURE: Netbalspe-lers van Hoërskool Dirkie Uys opMoorreesburg is in die Wes-Bolandnetbalspanne opgeneem. Hulle is,voor van links, Sydney Crow, GizelleKitshoff, CarlaBester, CorindeWaal,Candice Rhodes, Johanna Skippersen Thana Kitshoff. In die middel isCourtney Blom en agter is Lenka deWaal, Anelche Truter, JanineHeynse,Stephany McKrieling, Jaclyn Engel-brecht, Anette Coetzer, AnuschkaOdendaal en Jeanette Coetzee. TinéKitshoff kon nie die fotosessie by-woon nie. Die o.19A-, o.16A eno.14A-netbalspanne van Dirkie Uyshet ook na die tweede ronde vandie Top Skole-netbalkompetisiedeurgedring.

SKAAK: Christiaan Mostert, Barend Mostert, Lee-Marvin van Aarde enWouter Bester van Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg is in die Wes-kus-skaakspan opgeneem wat aan die Wes-Kaap-proewe gaan deel-neem het .

Page 8: Swartland gazette 13 may 2014

Swartland

LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT Year 12 • 13 Mei 2014 | Tel. 022 482 3817 SPORT

Please ensure your application reaches us no later than 30 May 2014.

Cell C Service Provider

Company (Pty) Ltd is looking

for people with drive and

passion, to apply for Cell C

Stores in the Malmesbury and

Ceres areas. The stores will

provide cellular and associated

products and services to our

customers.

ţ 5P CF DSFEJUXPSUIZ BOE IBWF

the required financial resources

ţ5P CF XJMMJOH UP CF BO PXOFS

operator, capable of proactively

marketing the business, the

business concept, its products

and services and, importantly,

yourself

ţ &YQFSJFODF JO UIF

telecommunications industry

will be an advantage, but is

not a prerequisite.

YOU’LL NEED:

For more information

on qualifying, visit:

XXXDFMMD DP [B GSBODIJTFF

-information

Or contact:

Sahesh Siblall

021 935 7098

or 084 777 1919

[email protected]

DOYOUBELIEVEYOUHAVEWHAT

IT TAKESTOBEA

CELL C FRANCHISEE?

10001975E

Boland Rugby Superliga-Wes uitslaeMoorreesburg 19 vs Darling 19; HillcrestUnites 32 vs Mamre 16; Hopefield 21 vs St.

Helenabaai 16; Abbotsdale 18 vs Piketberg9; Evergreen Paarl 11 vs Newton 9.

Die Dorings-rugbyklub van Malmesbury het vir die eerste keer in die geskiedenis van die klub se bestaan’n borg vir rugbytruie gekry. Mouton Transport het Saterdag amptelik die truie aan die eerste span oorhandig.Bo van links is Klasie Pieters (voorsitter van Die Dorings), Salmon Mouton (borg), Jonathan Marthinus (kapteinvan eerste span), Gerrit Booysen (onder-kaptein), Lodewyk Adams (eerste span-bestuurder) en David Adams(eerste span-hoofafrigter). FOTO: LIZETTE SMIT

Bloues en Die Dorings,albei Malmesbury-rug-byklubs, het Saterdag in’neerste ligaBolandunierugbywedstryd op Wes-bank se C-veld kragtegemeet. George Galantvan Die Dorings se twee-de span gooi hier die balvir ’n spanmaat. Die Do-rings se tweede span hethul wedstryd met ’neindtelling van 10-5 ge-wen, terwyl die eerstespan ook hul kragmetingteen Bloues met 17-14gewen het...........FOTO: LIZETTE SMIT

PREMIERLIGA: Never Despair vanMal-mesbury het die afgelope Saterdag opWesbank se rugbyvelde teen RosesUnited van Wellington te staan gekomin ’n Premierliga Boland Unie-rugby-wedstryd. Bo breek James Davids vanSpairs se tweede span weg met diebal. Die eindtelling in dié wedstrydwas 22-6 in Spairs se guns. Die eerstespan het met ’n telling van 15 elk ge-lykop gespeel met die rustydtelling8-6 in Roses se guns. Ander uitslaein dié liga is Wesbank 28 – Robertson30 met die rustydtelling 27-13 in Ro-bertson se guns. FOTO: LIZETTE SMIT