marketstraat 145, fairland 011 678-4591/2 … · 2014-06-19 · marketstraat 145, fairland 011...

8
Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 21 nr 19 12 Junie 2014 Vinkie Vinkie Laerskool Fairland GELUKKIGE VADERSDAG AAN AL ONS PAPPAS! BELANGRIKE DATUMS 5 – 13 Junie Eksamen 18 Junie Fotodag – Eerste stel sport- en kultuurfoto’s 21 Junie Gr. 7-fondsinsameling 24 Junie Seniorkoor – Jakkie Louw en Cansa 27 Junie Skool sluit om 11:00 – Rapporte word om 10:45 in registerklas uitgedeel UIT DIE HOOF SE KANTOOR Met die eksamen so te sê agter die rug, lê daar ‘n heerlike langnaweek van rus vir die leerders voor. Vir die volgende twee weke gaan die akademie normaal voort en sal daar nuwe leerstof in die klasse aangebied word. Baie sterkte aan die netbal- en rugbyspanne met die uitspeelwedstryde. Lewer net julle heel beste en hou ons skool se naam hoog. Ons verwelkom Karen Brits wat waarneem in die plek van Tina Theunissen. Ons glo jy sal sommer gou weer tuis voel. VERJAARSDAE Baie geluk aan die volgende personeel wat hierdie week verjaar: Johanette Judels - 07 Junie Retief Swart - 10 Junie (Voorsitter: Finansiële Komitee) Ons glo en vertrou dat jul nuwe lewensjaar voorspoedig en baie geseënd sal wees! OUD-LEERDERS PRESTEER Baie geluk aan die volgende oud-leerders wat opgeneem is in die onderskeie Cravenweek- en Academy XV-spanne: Justin Brandon - Hoërskool Monument Stephan Annandale - Helpmekaar Kollege Stefan Moolman - Hoërskool Monument Ons is voorwaar trots op julle! REDAKSIE Ons het ‘n wilde wintersweek agter die rug. Genadiglik het ons leerders die toestemming gehad om hulle sweetpakke te kon dra op die yskoue dae, veral laas Vrydag, wat ‘n rillertjie was, weergewys. Soos elke jaar die tyd, word ons van vooraf bewus gemaak van die nood by ons medemensies. Die noodtoestande in die platinumindustrie, het baie van ons eie mense in akute tekort beland. By ons skool probeer ons elke jaar om aan die hand van een of ander vrywillige projek, die hand

Upload: others

Post on 27-May-2020

7 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 … · 2014-06-19 · Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 Jaargang 21 nr 19 12 Junie 2014 Vinkie Laerskool Fairland GELUKKIGE VADERSDAG

Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 21 nr 19 12 Junie 2014

Vinkie Laerskool FairlandVinkie Laerskool Fairland

GELUKKIGE VADERSDAG AAN AL ONS PAPPAS!

BELANGRIKE DATUMS5 – 13 Junie Eksamen18 Junie Fotodag – Eerste stel sport- en kultuurfoto’s21 Junie Gr. 7-fondsinsameling24 Junie Seniorkoor – Jakkie Louw en Cansa27 Junie Skool sluit om 11:00 – Rapporte word om 10:45 in registerklas uitgedeel

UIT DIE HOOF SE KANTOORMet die eksamen so te sê agter die rug, lê daar ‘n heerlike langnaweek van rus vir die leerders voor.Vir die volgende twee weke gaan die akademie normaal voort en sal daar nuwe leerstof in die klasse aangebied word.Baie sterkte aan die netbal- en rugbyspanne met die uitspeelwedstryde. Lewer net julle heel beste en hou ons skool se naam hoog.Ons verwelkom Karen Brits wat waarneem in die plek van Tina Theunissen. Ons glo jy sal sommer gou weer tuis voel.

VERJAARSDAEBaie geluk aan die volgende personeel wat hierdie week verjaar:Johanette Judels - 07 JunieRetief Swart - 10 Junie (Voorsitter: Finansiële Komitee)Ons glo en vertrou dat jul nuwe lewensjaar voorspoedig en baie geseënd sal wees!

OUD-LEERDERS PRESTEERBaie geluk aan die volgende oud-leerders wat opgeneem is in die onderskeie Cravenweek- en Academy XV-spanne:Justin Brandon - Hoërskool MonumentStephan Annandale - Helpmekaar KollegeStefan Moolman - Hoërskool MonumentOns is voorwaar trots op julle!

REDAKSIEOns het ‘n wilde wintersweek agter die rug. Genadiglik het ons leerders die toestemming gehad om hulle sweetpakke te kon dra op die yskoue dae, veral laas Vrydag, wat ‘n rillertjie was, weergewys. Soos elke jaar die tyd, word ons van vooraf bewus gemaak van die nood by ons medemensies. Die noodtoestande in die platinumindustrie, het baie van ons eie mense in akute tekort beland. By ons skool probeer ons elke jaar om aan die hand van een of ander vrywillige projek, die hand

Page 2: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 … · 2014-06-19 · Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 Jaargang 21 nr 19 12 Junie 2014 Vinkie Laerskool Fairland GELUKKIGE VADERSDAG

2

uit te steek na mense in nood. Vanjaar wil ons graag weer so maak. As daar enige van julle is wat graag ‘n bydrae wil maak, ons versamel nuwe kombersies vir kleuters en jong kinders, m.a.w. kniekombersies of die groterige babakomberse. Alle skenkings is vrywillig en kan by juf. Mariëtte of juf. Anita se klasse ingehandig word.Dan wil ons graag vir ons pa’s en oupas ‘n heerlike Vadersdag toewens. Baie dankie dat julle so mooi na ons kyk en dankie dat ons na julle kan opkyk as hoof van ons gesinne. Ons hoop dat elkeen van julle Sondag tot in die afgrond in bederf sal word!Aan al die mammas, geniet die laaaang naweek! Julle verdien dit na twee weke se eksamenskryf!Erika

AKADEMIETweede Kwartaal Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Vr. 13 Junie Wiskunde Wiskunde Wiskunde Wiskunde

NB!! Vanaf 17 Junie tot wanneer die skool sluit op 26 Junie gaan dit normale skooldae wees met nuwe leerwerk.Die skool sluit om 11:00 op 27 Junie en rapporte word om 10:45 in die registerklasse uitgedeel.

KULTUURREVUEDie oefenprogram vir Woensdae 18:00 - 20:00 is soos volg:

DATUM 18:00-19:00 19:00-20:00

18 Junie Dansgroep Dansgroep

WoensdagoefeningeDit sal die laaste oefening vir die kwartaal wees. Volgende kwartaal se rooster sal na die vakansie beskikbaar wees.KostuumgeldBaie dankie aan al die ouers wat so positief gereageer het op ons versoek vir die inbetaling van kostuumgelde. Alle gelde moes teen VRYDAG 5 JUNIE inbetaal gewees het. As u nog nie betaal het nie, vra ons dat u dit asb. so gou moontlik doen. Baie dankie vir u begrip.BorgskappeIndien enigiemand belangstel om ‘n bladsy of dalk die hele program te borg, kan u direk met Erika skakel by [email protected]. Daar sal ongeveer 1000 programme gedruk word.SATCHOns herinner al die SATCH-leerders aan die oudisies wat op Saterdag 14 Junie in ons skoolsaal plaasvind. Dit begin reeds om 09:00 die oggend, maar daar sal ‘n program aan u gestuur word wat presies vir u sal sê wanneer u kind deelneem. Die program sal ook op die School Communicator

geplaas word. U sal ook ‘n oudisie-brief met die nodige reëls ontvang. Maak asb. seker u is bewus van die reëlings. - Juf. JohanetteNEAAlle aanlyn-inskrywings het op 9 Junie gesluit.Dit is krities dat u as ouer hierdie reëling sal respekteer aangesien daar elke jaar ‘n groter groep leerders ingeskryf word en dit administrasie bemoeilik. Dis onmoontlik om tred te hou van watter gelde by die skool en watter direk by die NEA inbetaal is. Met die oog op erkenning vir kultuurpunte (gr. 4 – 7) is dit noodsaaklik om die nodige kontrole te hou.Laerskool Fairland sal dan die inskrywings instuur en die korrekte bedrag in die NEA se rekening oorplaas. Die aanlyn-inskrywings tesame met kontant/of EFT-bewys van betaling in die skool se rekening, moet na Leanie Taljaard gestuur word. Sy sal dan die globale bedrag namens die ouers onder die skool se naam oorbetaal as ons inskrywings.KOORJan Celliers- eisteddfodBeide kore het op Dinsdag 10 Junie hieraan deelgeneem en baie goed gevaar. Die uitslae was soos volg:Seniorkoor: AJuniorkoor: A++ SeniorkoorDonderdae: 14:00 – 15:30 in die saal.Erika Joubert

SPORTNETBALNetbaloefening:Daar sal net oefening vir die o/11A-span wees. Verdere inligting sal aan die spanlede deurgegee word.Jomo-liga (A- en B-spanne):13 Junie - Gautengkampioenskap20 Junie - D10-winterspeleDie o/12- en o/13-netbaldogters speel 13 Junie by EG Jansen, Boksburg.o/11A-netbalspan: WinterspeleVind plaas op 20 Junie by Hoërskool Randburg. Verdere inligting volg later.RUGBYGoue LeeusDie volgende seuns is gekies vir die Goue Leeus-spanne:o/13A-span: Ian Small-Smith (kaptein) Franku MullerDie seuns speel tydens die vakansie in Durban by die Cravenweek vanaf 30 Junie tot 4 Julie 2014.

Page 3: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 … · 2014-06-19 · Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 Jaargang 21 nr 19 12 Junie 2014 Vinkie Laerskool Fairland GELUKKIGE VADERSDAG

3

o/12 A-span: Ruan van Tonder Zack van Zyl Johan Muller Regardt Fourieo/12 B-span: GJ VenterDie seuns speel by die Interprovinsiale-toernooi in Vryheid vanaf 26 - 28 Junie 2014.Baie sterkte aan al die seuns!Rugby-oefentyeOefeningtye:Die onderskeie afrigters sal die tye deurgee aan hul spanne.Ligabepalings 201413 Junie - kwartfinaal17 Junie - semi-finaal20 Junie - finaalDean BenadieTENNISJuniorsTennisoefening: Maandae 16:00 – 17:00 (by Jean – Top 8) Dinsdae Daar sal geen oefeninge op Dinsdae plaasvind nie, as gevolg van netbaloefeninge. Oefeninge sal eers weer in die derde kwartaal begin.LigaLigawedstryde vind in die derde kwartaal plaas. Datums sal in die Vinkie geplaas word sodra dit bekend is.SKAAKOefeningGr. 1: Kamer 22 13:30 – 14:15Gr. 2 en 3: Kamer 25 14:00 – 15:00 Gr. 4 – 7: Kamer 1 15:00 – 16:30Gr. 2-leerders moet in die wagklas wag totdat skaak begin.Alle spelers moet asb. skaakoefening bywoon. Spanne word nou gefinaliseer vir ligawedstryde wat in die derde kwartaal plaasvind.SkaakgroeteAnnemarie HeymansKRIEKETKrieketproeweKrieketproewe vir die o/9- tot tweede span seuns vind plaas op 23, 24 en 25 Junie direk na skool.KrieketvaardighedeKrieketvaardighede vir gr. 1- en gr. 2-leerders vanaf Maandag 9 Junie 13:00 – 13:45. Alle seuns is welkom. Oefeninge vind plaas op Maandae, Dinsdae en Woensdae tot einde van die kwartaal.Micheal Vermeulen

HOKKIEDie hokkieseisoen begin in die derde kwartaal. Spelers moet solank hul mondskerm, “shin pads” en hokkie-stokke regkry vir die seisoen. Onthou die stokke moet heuphoogte wees.ONDERSTEUNERSHEMDE EN –PETTEDaar is nog ondersteunershemde- en pette beskikbaar by Adele Ekron in die kantoor. Ons doen ‘n beroep op ons ouers om asb. ‘n ondersteunershemp en –pet aan te skaf sodat Fairland se ondersteuners duidelik kan uitstaan.

INLIGTINGSENTRUMSANTAM-KINDERKUNSKOMPETISIESluitingsdatum: Op Donderdag 12 Junie moet jou kunsstuk ingehandig wees by juf. Leanie sodat kunswerke betyds na die Kaap versend kan word.WOW-SPELFEES 2014, gr. 1 tot gr. 3Die volgende leerders dring deur na die volgende rondte wat vroeg in die derde kwartaal sal plaasvind. Al die woorde op die spellys moet vir die komende rondte geleer word: Gr. 1 – 200 woorde, gr. 2 – 300 woorde en gr. 3 – 400 woorde. Aangesien daar nog ‘n groot aantal leerders by rondte 2 betrokke is, sal die rondte ook skriftelik van aard wees. Die datum sal in die eerste Vinkie van derde kwartaal bekend gemaak word.Gr. 1:Rico Vosloo Josiah Stroh Joané Vorster Klarissa PretoriusFranco Roos Melissa du Plessis Victor van Blerk Natanya SwartLuan Espach Joof Enslin Nicole de Klerk Mia le GrangeEmma Groeneveld Mattias Suhr Layton van der Merwe Mieke Raubenheimer Isabell-Rose Lemon Jean Taljaard Caitlin Keuler Daniël BooysenJohané van Pletsen Mira Knauff Nicola Bredenkamp Mila ViljoenElri Boshoff Ané Minnaar Jaco vd Walt Gr. 2Anshe Roos Mariné Louw Dawid Wiggett Chris Rothmann Leah Groeneveld Milan Norval JP Reichel Annika DirkerXander Vorster Nicola Nel Marizaan Cloete Lené DysonOswald Auműller Ané van der Westhuizen Emma van der Waal Luke GroeneveldHerman Wessels René Naudé Anneke Bezuidenhout Jeandré MűllerPieter de Klerk Jana Simpson Gardiol Keyter Dezi CoetzerNina Novella Simoné Swanepoel Gabriël van der Westhuizen Deoné BothmaJuané Booysen Connor Kruger Michael Holmes Bianca BezuidenhoutBenno Coetzee Stefan Prins Emmie WannenburgGr. 3:Francois van Zyl Andries de Kock Fouché Maré Chanté SmitCayla van Rooyen Ezaan Husselmann Mia Marais Bea van der WesthuizenDuan Brittion Sebastian Suhr Jessica Goosen Jean Oosthuizen

Page 4: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 … · 2014-06-19 · Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 Jaargang 21 nr 19 12 Junie 2014 Vinkie Laerskool Fairland GELUKKIGE VADERSDAG

4

Laura-Leigh Tuohy Ian van Heerden Juan van der Merwe Kiara PrallPaige Richter Corné de Fouw Jolene Nel Zander MaraisNatalie Dixon Kara Schreuder Euané Theart Simon KillianJane Stewart Sieg Hattingh Liani van Rooyen Caitlin KrugerShani Nortje Emma van der Walt Isabell van de Venter Megan GroblerCayla Schourie Lara LateganGr. 4 – tot gr. 7- leerders skryf hul Wow-speltoetse op Donderdag 19 Junie oor die volgende woorde: Gr. 4 A –L (1 – 247), gr. 5 A – I (1 – 240), gr. 6 A – I (1 – 216) en gr. 7 A – F (1 – 168). Die interne kompetisie sal skriftelik van aard wees weens die groot aantal deelnemers.Baie geluk aan al ons gr.1- tot gr. 3-spellers. Julle het almal baie goed gevaar en ons is trots op elkeen van julle!Onthou: Woorde open wêrelde (WOW) en spel is ‘n fees!Leanie Taljaard

ALGEMEENVERE-KASVere-kastye:

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Vere-klastye gedurende die eksamen:Die Vere-kas sal tydens die eksamen net in die oggende oop wees van 07:10 - 07:40, behalwe vir 11 Junie 2014. Dan sal die Vere-kas gesluit wees.Vere-kasgroeteLillian Ankersmit082 324-5034BOEKINSAMELING VIR BEHOEFTIGE SKOOLWes-Beeld wil graag ‘n projek loods waar kinderboeke vir die Westbury Primary School ingesamel word. Die skool het nie ‘n biblioteek nie. Daar is talle Afrikaanssprekende kinders wat werklik kan baat by kinderliteratuur van goeie gehalte. Derhalwe vra ons as daar ou boeke (van hoë gehalte) by die huis rondlê, of boeke wat nog lekker gelees kan word deur laerskoolkinders en wat in ‘n goeie toestand is, dit na die inligtingsentrum gestuur kan word waar juf. Leanie dit bymekaar sal maak. Afrikaanse sowel as Engelse boeke sal welkom wees. Stuur asseblief boeke voor/op Donderdag 26 Junie.Baie dankie!Corné CoetzeeWes-Beeld

BAIE DANKIEBAIE dankie aan gr. 5/39-leerders en ouers vir my en Leah se klaspartytjie! Ek waardeer dit vreeslik baie!!Julle is ‘n ‘awesome’ klas!! Gaan julle mis!Juf. Tina

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBANDDie beheerliggaam het besluit dat daar vir die volgende vier sportkodes (buiteskoolverband) koördineerders uit die personeel aangestel word. Hierdie persone sal slegs die nodige inligting deurgee. Geen afrigting sal verskaf word nie. • Gholf - Ruan Basson ([email protected])• Swem - Johanette Judels ([email protected])• Avontuursport - Lindsay Stadtlander ([email protected])• Ruitersport - Marli Grobbelaar ([email protected])AVONTUURSPORTAvontuursport is ‘n kombinasie van swem, hardloop en fietsry. Van die byeenkomstes is vir die o/12’s maar die meeste is vir die o/13’s. Die leerders moet inskryf as gemengde spanne van seuns en dogters. Die datums vir die res van die jaar is soos volg: 1. Saterdag 10 Mei om 12:00 by Dabulamanzi Canoe Polo Mini Adventure – Emmarentiadam. Hierdie sal ‘n baie maklike byeenkoms wees. Die spanne mag in 2,3 of 4 ingedeel wees en

ouers is ook welkom om in te skryf. Geen voorbereiding is nodig nie. 2. Hennops Mini-Adventure – Hennops 4x4 Trail – 8 June 20143. Hoërskool Lichtenburg moet nog bevestig vir die provinsiale byeenkoms, maar ons verwag

dat dit die einde van Augustus sal wees. 4. Die SA’s sal by Stanford Lake College wees en dit sal einde September, begin Oktober

plaasvind. Sien asb die webtuiste www.schoolsar.co.za vir inskywingsvorms en ander inligting.

ADVERTENSIESCONSTANTIA SKOOLKLEREOuers kan nou vir Constantia kontak om te hoor of hul reeds die klere ontvang het.Tel.no.: (011) 791-1300Adres: Hoërskoolsentrum, Malibongwerylaan, Robindale, Randburge-posadres: [email protected] leweransier:Sportmans Warehouse:Tel.no.: (011) 431-0406Adres: Heathway Square, Beyers Nauderylaan, Cresta, Johannesburgwebtuiste: www.schoolandleisure.co.za

Page 5: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 … · 2014-06-19 · Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 Jaargang 21 nr 19 12 Junie 2014 Vinkie Laerskool Fairland GELUKKIGE VADERSDAG

5

SUPER SEWES - KAMP (Voorbereidingskamp vir hoërskool)Datum: 9 OktoberKoste: R800 per persoon + R70 busgeldKontak: Ds. Jaco Schoeman (082 411-4080) Wimpie Kritzinger (082 672-3332) Ds. Anton Ferreira (082 495-5968

JUNE – JULY HOLIDAY TENNIS CAMP COME JOIN THE FUN! AND WIN SOME GREAT PRIZES!! WHEN: 30th June – 4th July (5 days) OR 7th July – 9th July (3 days) WHERE: Fairlands Tennis Club 4 levels of play: RED, ORANGE, GREEN and YELLOW AGES: 6 – 13 TIME: 8:00 – 13:00 - (5 hours) COSTS: 1 day @ R200 per child (5 hours) 3 days @ R500 per child (15 hours) Full week @ R850 per child (Special rate) (25 hours)CLOSING OF ENTRIES: 25th June (no exceptions) Register with, Merisa Steyn on 083 651 7826 or [email protected]. Please send your dates you would like to enter on email to obtain your entry form as well as confirmation of entry. Prizes: Tennis Bag, caps, grips and medals.AGE GROUP 1: 10 – 13 years 08:30 – Attendance and welcoming (all ages) 09:00 – 10:00 (with 5 minute water break) Three (3) game situations: 1. Serving and returning, 2. Playing groundstrokes and rallies 3. Approaching the net and passing the net player. 11:00 – 12:00 (with 5 minute water break) Five (5) basic tactics: 1. Consistency 2. Moving the opponent 3. Maintaining good court position 4. Playing to strengths 5. Exploiting the opponent’s weakness 12:00 – 13:00 (all ages) Matches & Fun games JUNIOR CODE OF CONDUCT BASIC COMPETENCIES REPORT of each player

AGE GROUP 2: 6 – 9 years 08:30 – Attendance and welcoming (all ages) 9: 00 – 10:00 (with 5 minute water break) Three (3) game situations: 1. Serving 2. Basic forehand and backhand 3. Volleys 11:00 – 12:00 Five (5) basic tactics: 1. Consistency – what it means and hitting the ball to the same area 2. Moving the opponent – hitting the ball away from your friend, making him move. 3. Maintaining good court position – movement 4. Playing to strengths – where’s my friends strengths? (What is he good at?) 5. Exploiting the opponent’s weakness – what’s my friend’s weakness in the game (what’s he struggling with?) All situations and tactics are learned during play to gain a better understanding. 12:00 – 13:00Matches and fun games

RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOLKlavier // Dromme // Viool // Sang - Beginners tot gevorderd. Berario Ontspanningsentrum.Retha – 081 351-7491

BABA-OPPASSER BENODIGIemand wat voltyds baba kan oppas en huis opruim word benodig vanaf begin Oktober in Ferndale. Verkieslik ouer, Afrikaanse dame. Kontak asb. vir juf. Tina 074 754-7954.

LEERHULP VIR GR. 4- TOT GR. 7-LEERDERSLeerhulp vir gr. 4- tot gr. 7-leerders (individueel en in groepsverband). Skakel Chrissie 076 330-2745 of Reinette 084 589-7068.

BABA-OPPASSER BENODIGEk is op soek na ‘n afgetrede, Afrikaanssprekende dame wat ons 1-jarige dogtertjie in ons eie huis in Weltevredenpark kan oppas vanaf 21 Julie tot 12 Desember 2014. Slegs weeksdae vanaf 06:30 tot 15:00. Salaris onderhandelbaar. Kontak asb. vir juf. Marilet Vosloo by 083 406-7140.

TUINWOONSTEL TE HUURTuinwoonstel: (2 slp, 1 badk, oopplan sit/kombuis) in Floridapark (verkieslik enkellopende persoon). Onmiddellik beskikbaar. R4000 water ingesluit (eie elektrisiteit / gasstoof en -geyser). Dep. R4000. Kontak Chris – 083 283-8267.

Page 6: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 … · 2014-06-19 · Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 Jaargang 21 nr 19 12 Junie 2014 Vinkie Laerskool Fairland GELUKKIGE VADERSDAG

6

Page 7: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 … · 2014-06-19 · Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 Jaargang 21 nr 19 12 Junie 2014 Vinkie Laerskool Fairland GELUKKIGE VADERSDAG

7

Page 8: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 … · 2014-06-19 · Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 Jaargang 21 nr 19 12 Junie 2014 Vinkie Laerskool Fairland GELUKKIGE VADERSDAG

8