swartland gazette 9 sept 2014

8
Swartland LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT Year 12 • 9 September 2014 | Tel. 022 482 3817 [email protected] bolandgazette.co.za | bolandgazette.mobi Top-plaaswerker vanjaar ’n vrou LIZETTE SMIT GROENRIVIER - Die wenner van die gesogte Swartland Plaaswer- ker van die Jaar-kompetisie is Theodora Robinson van Goedge- dacht in die Riebeek-distrik. Die sertifikaat-oorhandiging is verlede Vrydag op die plaas Groenri- vier buite Riebeek-Wes gehou, waar die finaliste van die kompetisie saam met Alan Winde, die Wes-Kaapse mi- nister van landbou, toerisme en eko- nomiese ontwikkeling, Johann Ha- gen van Shoprite en die uitvoerende burgemeester van die Swartland- munisipaliteit, Tijmen van Essen, middagete kon geniet. Die Swartlandse deel van hierdie kompetisie, wat landswyd gehou word, word geborg deur die Swart- land Wyn- en Olyfroete, Shoprite en die departement van landbou. Winde het in sy toespraak gesê dat elke plaaswerker wat ingeskryf het, ongeag of hulle met die prys huis toe gaan of nie, ’n wenner is en alle wer- kers aangemoedig om volgende jaar in te skryf. Hy het gesê die plaaswerker-kom- petisie is deel van die Wes-Kaapse re- gering se doel om inwoners trots op landbou te maak. Verlede jaar se wenner, Levi Rode, het hierby aangesluit en plaaswer- kers aangemoedig om trots te wees op wie hulle is en waar hulle vandaan kom. “Mense kan neerhalend oor plaaswerkers praat, maar as hulle die yskas oopmaak, sien jy ons daar binne,” het hy spottenderwys gesê. Robinson (27) is op ’n plaas in Por- terville gebore, en werk as finansiële klerk op Goedgedacht. Tydens ’n on- derhoud met haar, wat tussen die hoofgereg en nagereg gehou is, het sy vertel hoe straf die kompetisie is en hoe uitdagend sy die onderhouds- vrae gevind het. Ten spyte hiervan moedig sy alle plaaswerkers aan om vir die kompe- tisie in te skryf. Robinson sê sy reik altyd na hoër hoogtes en vertel hoe hierdie kompe- tisie nóg ’n manier is om daar te kom. Sy is selfversekerd wanneer sy gesels oor wat sy dink moontlik die deur- slag gegee het sodat sy die kompetisie gewen het. “Ek is ’n baie gemaklike mens en kan in enige situasie aan- pas. Ek is buigsaam en stres nie mak- lik nie.” In haar onvoorbereide toespraak ná sy as wenner aangewys is, het sy vertel van ouers wat haar streng grootgemaak het en hoe sy vandag die vrugte van dié dissipline pluk. Sien nog wenners van hierdie kompe- tisie op bl. 2. Die Swartland se plaaswerker van die jaar is Theo- dora Robinson van Goedge- dacht. Links is Jo- hann Hagen van Shoprite, wat een van die borge vir die kompetisie was, en regs is Wes-Kaapse mi- nister van land- bou, toerisme en ekonomiese ont- wikkeling, Alan Winde. FOTO: LI- ZETTE SMIT Gabrie en Lené Loubser van Moorreesburg was ook by die Swartland Skou wat die afgelope naweek op Moorreesburg gehou is. Hulle albei is baie lief vir diere en Gabrie het hierdie kalf gemaklik hanteer. FOTO: NICOLE CLOETE Swartland Skou vir almal! Swartland Skou vir almal!

Upload: boland-gazette

Post on 03-Apr-2016

293 views

Category:

Documents


10 download

DESCRIPTION

Swartland gazette 9 sept 2014

TRANSCRIPT

Page 1: Swartland gazette 9 sept 2014

Swartland

LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT Year 12 • 9 September 2014 | Tel. 022 482 [email protected]

bolandgazette.co.za | bolandgazette.mobi

Top­plaaswerkervanjaar ’n vrouLIZETTE SMIT

GROENRIVIER - Die wenner vandie gesogte Swartland Plaaswer-ker van die Jaar-kompetisie isTheodora Robinson van Goedge-dacht in die Riebeek-distrik.

Die sertifikaat-oorhandiging isverledeVrydag opdie plaasGroenri-vier buite Riebeek-Wes gehou, waardie finalistevandiekompetisiesaammetAlanWinde, dieWes-Kaapsemi-nister van landbou, toerisme en eko-nomiese ontwikkeling, Johann Ha-gen van Shoprite en die uitvoerendeburgemeester van die Swartland-munisipaliteit, Tijmen van Essen,middagete kon geniet.Die Swartlandse deel van hierdie

kompetisie, wat landswyd gehouword, word geborg deur die Swart-land Wyn- en Olyfroete, Shoprite endie departement van landbou.Winde het in sy toespraak gesê dat

elke plaaswerker wat ingeskryf het,ongeag of hulle met die prys huis toegaan of nie, ’n wenner is en alle wer-kers aangemoedig om volgende jaarin te skryf.Hy het gesê die plaaswerker-kom-

petisie is deel vandieWes-Kaapse re-gering se doel om inwoners trots oplandbou te maak.Verlede jaar sewenner, LeviRode,

het hierby aangesluit en plaaswer-kers aangemoedig om trots te weesopwiehulle isenwaarhullevandaankom. “Mense kan neerhalend oorplaaswerkers praat, maar as hulledie yskas oopmaak, sien jy ons daarbinne,” het hy spottenderwys gesê.Robinson (27) is op ’n plaas in Por-

terville gebore, enwerkas finansiëleklerk op Goedgedacht. Tydens ’n on-derhoud met haar, wat tussen diehoofgereg en nagereg gehou is, hetsy vertel hoe straf die kompetisie isen hoe uitdagend sy die onderhouds-vrae gevind het.Ten spyte hiervan moedig sy alle

plaaswerkers aan om vir die kompe-tisie in te skryf.Robinson sê sy reik altyd na hoër

hoogtes en vertel hoe hierdie kompe-tisienóg ’nmanier isomdaar tekom.Syisselfversekerdwanneersygeselsoor wat sy dink moontlik die deur-slaggegeehetsodatsydiekompetisiegewen het. “Ek is ’n baie gemaklikemens en kan in enige situasie aan-pas.Ek isbuigsaamenstresniemak-lik nie.”In haar onvoorbereide toespraak

ná sy as wenner aangewys is, het syvertel van ouers wat haar strenggrootgemaak het en hoe sy vandagdie vrugte van dié dissipline pluk.Sien nog wenners van hierdie kompe-tisie op bl. 2.

Die Swartland seplaaswerker vandie jaar is Theo-dora Robinsonvan Goedge-dacht. Links is Jo-hann Hagen vanShoprite, wat eenvan die borge virdie kompetisiewas, en regs isWes-Kaapse mi-nister van land-bou, toerisme enekonomiese ont-wikkeling, AlanWinde. FOTO: LI­ZETTE SMIT

Gabrie en Lené Loubser van Moorreesburg was ook by die Swartland Skou wat die afgelope naweek op Moorreesburggehou is. Hulle albei is baie lief vir diere en Gabrie het hierdie kalf gemaklik hanteer. FOTO: NICOLE CLOETE

Swartland Skou vir almal!Swartland Skou vir almal!

Page 2: Swartland gazette 9 sept 2014

Swartland Gazette News - Nuus Tuesday 9 September 20142

IEMASaccountsare open

PRICE VALID 8-14SEPTEMBER 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS

Promotional stocks are limited. Prices inlcude VAT.Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE.

1188606_200x98

Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho, Express, Franschhoek Daily, Monte Vista and Kenridge. smart shopperpoints will still apply in Express and Franschhoek Daily stores, Monte Vista and Kenridge stores.

Buy Aid Cards not accepted at the following stores: Inland: Vanderhof, Northmead, Rosettenville and Elspark.Northern Region: Hoedspruit KZN: Stanger and North Beach. Western Cape: Strand Street.Visit www.picknpay.co.za, or call 0800112288. Cellphone rates apply.

Golden RayCooking Oil2 Litre

2390

SAVE R4

Groot bederf virwynliefhebbersLIZETTE SMIT

MALMESBURY - Wynliefheb-bers het nou drie eksklusiewenuwerooiwyneomtegenietenvir hul privaatkelders aan tekoop. Om alles te kroon komhierdie besonderse wyne vanwingerdevanTheTwoTowers-plaas buite Darling en Amos-kuil buite Malmesbury.

Diewyn dra die Terra de Bron-enkelwingerd-reeksnaam onderdieSpiceRoute-vaandelenistansslegs by die Spice Route-proelo-kaal in die Paarl beskikbaar.Die Terra de Bron 2009 Swart-

land Syrah, Terra de Bron 2012DarlingSyrah,TerradeBron2012Swartland Mourvedre en SpiceRoute Amos Block 2014 Sauvig-nonBlancisverledeWoensdagbyAmoskuil aan uitgesoekte ledevan diemedia bekend gestel, watooglopend baie beïndrukmet diewyne was.Charl du Plessis, die wynma-

ker by die Amoskuilkelder, watook gereeld op sy fiets op Swart-landse paaie opgemerk word, sêdié wyne is ’n unieke reeks watvrygestel word en ongetwyfeldvir ’n niche-mark bedoel is.Die wingerde op die Two To-

wers-plaas is aan die koel, suid-westelike gedeelte van die plaasgeleëwaar dieAtlantieseOseaanop die horison gesien kan word.Hierwordhoofsaakliksauvignon

en semillon asook rooi variëteitesoos syrah gepant. Du Plessis hetgesê hul volgende eksperimentsal met granache noir en grana-che blanc op Two Towers wees.Amoskuil het weer tipiese

warmSwartland-weerwat ideaalvir mourvédre, maar ook syrahis.DuPlessishetgesêdiekwaliteit

van grond in die Swartland is ui-ters belangrik vir die vervaardi-ging van goeie wyn. Om dié redeis slegs 98 hektaaruit die 400 hek-taaropAmoskuilmetwingerdge-plant. Interessante inligting isook hoe die oudste sauvignonblanc-blok in Suid-Afrika in 1965op Amoskuil geplant is.

Wynmaker Charl du Plessis en dieeienaar van Amoskuil, Charles Back,in gesprek op Amoskuil buite Mal-mesbury. FOTO: LIZETTE SMIT

Plaaslike GPF die besteMALMESBURY - Die Malmesbury-gemeenskapspo-lisiëringsforum (GPF) onder leiding van CynthiaSlingers het onlangs die toekenning vir die besteGPF in die Paarlstreek ontvang.Die Malmesbury-slagofferondersteuningspro-

gram vir die slagoffers van misdaad het dietoekenning vir die beste program in die Paarl-klus-ter gekry.

Die Plaaswerker van die Jaar-wenners is verlede Vrydag by ’n deftigeete by Groenrivier buite Riebeek-Wes aangewys. In die tegnieseoperateur-afdeling is Christiaan Smith die naaswenner (Keurbosch),Jacobus Lewies (Panorama) die wenner en Carools Booise (Orgde Rac) die tweede naaswenner. Saam met die wenners is JohannHagen (links agter) van Shoprite en die Wes-Kaapse minister vanlandbou, toerisme en ekonomiese ontwikkeling, Alan Winde.

FOTO’S: LIZETTE SMIT

Die algemenewerker vandie jaar-wenners is, van links, GeraldSwartz(tweede naaswenner, Org de Rac), Edwill Hector (wenner, Org deRac) en Jerobean Jansen (naaswenner, Kloovenburg).

In die trekkerdrywer-afdeling, van links, is Tommy Kruger (Klooven-burg) die naaswenner, Jerieve Lambrechts (Franki’s Vineyard) diewenner en Arrie Fortuin (Org de Rac) die tweede naaswenner.

In die junior bestuur-afdeling is Anna Wilschut (Goedgedacht) dietweede naaswenner, Theodora Robinson (Goedgedacht) die wenneren Maria Franse (Panorama) die naaswenner.

In die afdeling vir administratiewe personeel het Christo Somersdie sertifikaat namens die naaswenner vanRiebeek Kelder, JonathanvanderMerwe, ontvang. Pelokazi Twaku vanMiddelpos is diewenner.VanderMerwehet ook in sy afwesigheiddie sertifikaat vir die persoonmet die beste potensiaal ontvang.

Page 3: Swartland gazette 9 sept 2014

Swartland GazetteNews - NuusDinsdag 9 September 2014 3

Landbou bespreekLIZETTE SMIT

MOORREES-BURG - Swaarge-wig-ekonome en ’npolitikus het ver-lede Vrydag ’n ge-wigtige onder-werp by die land-bouseminaaraangepak.

Die onderwerp virbespreking by dielandbouseminaarwat in die GrootTent op die skouter-rein gehou is, was“Die ekonomiesevooruitsigte virlandbou in SA en diefokus op die imple-mentering van die nasionale ontwikke-lingsplan”.

Die seminaar is goed bygewoon en dievraetydensdiepaneelbesprekinghetgeduiop Swartlanders se lewendige belangstel-ling in die toekoms van landbou.

Johan Kirsten, ’n kenner op die gebiedvanlandbou-ekonomie,DaveMohrvanOldMutual, en Alan Winde, die Wes-Kaapseminister van landbou, toerisme en ekono-mieseontwikkeling,het toesprakegegeeenlater vrae uit die gehoor beantwoord.

Kirsten het in sy toespraak gesê meerkommersiëleboereisnodigendatdiénuweboere ondersteuning en subsidies van diestaat sal moet kry.

Hy het gesê dat uitvoere moet groei, vee-arts- en snykundedienste moet verbeter,maar bygevoeg hoe rompslomp (red tape)landbou doodmaak.

Sy gevolgtrekking is dat daar beter same-werking tussen die privaat- en landbousek-tore moet wees en het ’n beroep gedoen opeenheid in landbou.

WindehetbyKirstenaangesluitensaam-gestem dat rompslomp aangespreek moetword. Hy het oor die belangrikheid van ar-

beidsverhoudingegepraatenbygevoeghoehy glo die Afrika-kontinent ons nuwe markis.

Hy het afgesluit deur die gehoor aan temoedig om te dink hoe landbou oor 50 jaarsal lyk, wat nou die risiko’s is en hoe dituit die weg geruim kan word.

Dave Mohr het gesê Suid-Afrika moet letop wat in die res van die wêreld aangaanen nie te inwaarts gefokus moet wees watdie ekonomie betref nie.

Hy het grafieke gewys wat daarop dui datSA se grootste uitvoere - goud, platinum,ystererts en steenkool - ’n afname toon,Suid-Afrikaners se koopkrag sedert 2011gedaal het en die petrolstasies 10% minderpetrol verkoop as gevolg van die styging indie petrolprys. “Ons eet meer kitskos enminder biefstuk,” het hy inkopie-neigingsopgesom.

Mohr het ’n donker prentjie geskildervan die SA-regering se begrotingstekortwat nou onaanvaarbaar hoog is, die voor-uitsigte van die rand wat onseker is, maarten slotte bygevoeg hoe die SA-verbruikerrentekoersverhogings kan verwag, maargelukkig nie skokke nie.

Die kenners wat verlede Vrydagoggend aan die paneelbespreking van dielandbouseminaar op Moorreesburg deelgeneem het, is van links, JohanKirsten, minister Alan Winde, Dave Mohr (Old Mutual) met Chris Burgessvan Landbouweekblad wat die gesprekke gelei het. FOTO: LIZETTE SMIT

Kunstenaar laat skildery virborskanker-pasiënte opveilLIZETTE SMIT

RIEBEEK-KASTEEL - Die bekende plaaslikekunstenaar Solly Smook het een van sy kuns-werke geskenk om te help om geld vir vrouemet borskanker in te samel.

Pink Lady Appels is tans besig met hul jaar-likse projek om geld vir dié doel in te samel.

Liza Matthews, die bemarkingsbestuurderby TopFruit, het Donderdagmiddag by die amp-telike skenking van Smook se kunswerk, gesêdie geld wat deur die veiling van die kunswerkingesamel sal word, vir die vervoerkoste vanborskankerpasiënte aangewend sal word.

Pink Lady Appels het met nadere ondersoekvasgestel dat daar vroue is wat met borskankergediagnoseer is en na die Tygerberg-hospitaalvirbehandelingmoetgaan.Hulleversuimegterdikwels om vir behandeling te gaan as gevolg

van die astronomiese vervoerkoste.“Baievanonspasiënteenhulgesinne leefvan

staatstoelaes, wat maar net ongeveer R1 200 permaand is. Vervoer na die hospitaal kos dikwelsR150 vir ’n enkele besoek. Dit laat hulle met ’nmoeilike keuse tussen genoeg kos op die tafelvirdiegesinofvervoervirbehandeling.”sêpro-fessor Justus Apffelstaedt, hoof van die Tyger-berg-borskliniek.

Smook het van hierdie projek gehoor, PinkLady Appels gekontak, en aangebied om eenvan sy skilderye te skenk.

Dié unieke skildery word tans by The Galleryop Riebeek-Kasteel uitgestal en sal tot 24Oktober daar besigtig kan word. Besoekwww.galleryriebeek.co.za om ’n aanbod temaak. Die reserweprys is R24 000. Navrae kangestuur word aan Astrid McLeod [email protected] of 083 653 3697.

Astrid McLeod, kurator van The Gallery op Riebeek-Kasteel, saammet kunstenaar Solly Smook en Liza Matthews,die bemarkingsbestuurder by TopFruit. Agter hulle is Solly se kunswerk Journey, wat hy vir ’n goeie doel geskenkhet. FOTO: LIZETTE SMIT

Page 4: Swartland gazette 9 sept 2014

Swartland Gazette Leader - Hoofartikel Tuesday 9 September 20144

Jou diere, weesverantwoordelikDie welsyn van baie diere in die Swartland salenige diereliefhebber slapelose nagte gee. Daaris diere wat, sodra die oulike baba-hondjie-sta-dium verby is, verwaarloos en mishandelword, moet honger ly en onnodig sterf.

Troeteldiere moet dikwels buite, in wind enweer, sonder enige beskutting lewe. Teefhondekry werpsel na werpsel ongewenste hondjieswat sogenaamde probleemdiere word wanneerhulle op straat beland.

Die konsep wat die DBV en talle welsynorga-nisasies vir diere by mense wil tuisbring, isdat ’n troeteldier ’n lid van die familie is enom ’n hond of kat te kry, met dieselfde ernsoorweeg moet word soos die toevoeging van ’nmens-baba.

Welsynorganisasies deel duisende rande sehondekos aan behoeftiges uit, die SwartlandDBV loods suksesvolle sterilisasie-projekte enwetstoepassers in samewerking met die DBVhet vanjaar honderde honde die ewigheid inge-help omdat hul eienaars hulle nie meer wouhê of nie vir hulle kon sorg nie. Binnekort salnóg ’n sterilisasie-projek in Illingelethu ge-loods word wat ’n paar honderd diere hoop salgee vir ’n beter lewe.

Wat egter nodig is, is dat mense verantwoor-delikheid vir hul diere neem. Dink mooi vóór’n troeteldier aangeskaf word. Aartappelskilleis nie geskikte hondekos nie. Honde is tropdie-re wat floreer op die liefde en aandag van syofhaarmense-familie.Hoeonsons troeteldierebehandel, spreek boekdele oor ons samele-wing.

UITKOMSTE TEENUITKOMSTE TEENDIE DOOD (3)DIE DOOD (3)PASTOOR PIET SMIT

Ps. 68:21 – “God is vir ons ’n God van verlossin-ge, en die Here het uitkomste teen die dood.”

In 1 Kon. 17 lees ons van drie gevalle waardie dood mense in die gesig gestaar het. Hiervolg nog ’n geval:Die Weduwee van SarfatToe die droogte net aanhou en aanhou, droog

die spruit Krit ook later op. Wat nou? Weerstaar Elia die dood in die gesig, maar die Herehet uitkomste teen die dood!

Die Here praat weer met hom en beveel homom buitekant Israel te gaan na ’n weduwee vanSarfat in Sidon.

Daar gekom, lyk dit half onmoontlik dat daaruitkoms kan wees, want sy self is klaar so ver-arm en geruïneer deur die droogte dat sy slegs’n handvol meel oor het en ’n bietjie olie. Netgenoeg vir haar en haar seun vir nog een maal-tyd en dan het sy verwag dat hulle sou sterf(1 Kon. 17:12). Maar die Here beskik dat diemeelnieopraakendieolie indiekruikniemin-der word nie.

Heb. 13:8 sê: “Jesus Christus is gister en van-dag dieselfde en tot in ewigheid.“ Hy kan ookvir my en jou vandag dieselfde wonderwerkdoen!

Dié vroue is verlede Donderdagoggend by die Damesvonkelontbyt by die jaarlikse Swartland Skouop Moorreesburg afgeneem. Hier is hulle te sien saam met die spesiale gas vir die dag, BrümildavanRensburg. Van links staanAltaSlabber, JanineDiedericks, Adri vanHeerden, VanRensburg (gasspre-ker), Michelle Schreve, Madeleine Coetzee en Elda Kitshoff. FOTO: LIZETTE SMIT

Goeie nuus vir Malmesbury se diere!Goeie nuus vir Malmesbury se diere!Die DBV het fantastiese nuus vir Malmesbury!

Dit steek almal dwars in die krop om mishan-delde en onversorgde diere op straat te sien.Die groot probleem is eienaars wat nie dieresteriliseer nie en sodoende ruk getalle nethanduit.

Om ’n wesenlike verskil te maak aan dierese kwaliteit van lewe is sterilisering van kardi-nale belang om ongewenste werpsels tot ’n mi-nimum te hou.

Die Swartland DBV het ’n baie suksesvollesteriliseringsprogram in Darling voltooi waarmeer as 1 000 honde en katte gesteriliseer is.

Ons beplan nou om met behulp van Lotto-geld ’n soortgelyke program in Illingelethu aante pak.

Ons is baie opgewonde om aan te kondig datdie finale reëlings nou in plek is vir ons projekom te begin. Ons het R100 000 ontvang van Lot-to wat ons in staat gaan stel om sowat 300 dieretesteriliseer.Diesteriliseringssalslegsvirdie-re in Illingelethu wees en sal verniet aan dieeienaars van troeteldiere aangebied word wat’n vrywaringsvorm invul.

Illingelethu is meestal ’n Xhosa-sprekendegemeenskap in Malmesbury.

Ons projek word ondersteun deur Swart-land-munisipaliteit se wetstoepassingsbeamp-tes, wat met behulp van hul Xhosa-sprekendewetstoepassers die gemeenskap gaan inlig, die

teken van die vorms behartig en die diere naen van die sterilisasie-lokaal vervoer.

Die Swartland DBV bedank Philip Hum-phreys, die direkteur van beskermingsdiensteen Neville Mathys, hoof van Wetstoepassing,vir hulle volgehoue ondersteuning met die pro-jek.

Die ongelooflike verskil wat dit in Darlinggemaak het en wat eerstehands deur hulle er-vaar is, het hulle opgewonde gemaak oor dieIllinghulethu-projek. Die impak wat so ’n pro-jek het op ’n gemeenskap, is van onskatbarewaarde.

Om die beste resultate te bereik met ons be-perkte geld, gaan ’n inligtingsfase van stapelgestuur word op 18 September. Soos met enigeprojek is dit belangrik dat die gemeenskapmoet verstaan hoekom dit belangrik is enwaarom dit gedoen moet word. Dit gee ook diewetstoepassers en DBV ’n geleentheid om opgrondvlak na die diere te kyk en ander proble-me aan te spreek. Opvoeding en die gee vaninligting rakende die sorg van diere is een vandie belangrikste fases.

Enigiemand wat die DBV wil help - mensewat beskikbaar is om hul tyd of geld te skenk- kan ons bel. Vir meer inligting oor die projek,kontak Rone Wheatley by 076 734 3853 of e-posby [email protected].

RONE WHEATLEY,Swartland DBV

Die NG kerk in Riebeek-Kasteel het Saterdag’n Lentefees gehou. Die weer het mooi saamge-speel en mense van regoor die Wes-Kaap hetdie fees bygewoon. Daar was lekker eetgoedbeskikbaar en feesgangers kon kies en keur.Hier is Madell Vlok, wat feesgangers saam methaar ma by hul groentetafel gehelp het.

Riaan Jacobs en Emily Brink was ook by diefees en het dit terdeë geniet.

Die SwartlandSkou is Saterdagop Moorreesburgdeur duisendemense van regoordie Wes-Kaap by-gewoon. Die vyfdae lange skou hetiets vir almalgebied en oud enjonk was daar omdit te geniet. Hiergeniet van die ska-pe by die skou ’nietsie om te eet.

Henko en Charl Marais was baie gefassineer metdiegroot trekkersenkonniehelpomopelke trekkerte klim nie.

Ters en Sanet Gunter is al die pad van Bellvillein Kaapstad en komelke jaar omdie skou te onder-steun.

Lentefees opRiebeek-Kasteel

Page 5: Swartland gazette 9 sept 2014

Swartland GazetteGeneral - AlgemeenTuesday 9 September 2014 5

10 September) ElkanaChildcare’sAnnualGeneralMeetingwill be held at the Elkana Childcare Centre,Jasmynstreet, Wesbank at 18:30. RSVP Anet:022 486 4178.

11 September) Die Goue Aar-tehuis vir bejaardes hou syalgemene jaarvergadering in Jakaranda-straat op Wesbank, Malmesbury. Die verga-deringbeginom18:00 indieontspanningsaal.Navrae by 022 486 6240.

17 September) VLV Malmesbury-vergadering begin om09:30 by dieMalmesbury-gholfklub. StephanieGeldenhuys gaan praat oor kwiltwerk en ver-duidelik hoe ommet ’n langarm-kwiltmasjiente werk. Besoekers betaal R20 wat tee en ver-versings insluit. Navrae by Hannalize Louw:082 336 4975.

19 September) Die Geloof Tabernakel se jeug hou ’n piek-niekdans met die bekende Abby, beter be-kendasKoekie,watgastesalvermaak.Deuremaak om 19:00 oop en toegang is R50. Navraeby Willem-Joseph by 078 360 8134.

20 September) ’n Lentedans word by Buffelsfontein Wild-en Natuurreservaat gehou ten bate van dieNSRI op Yzerfontein. Die gewilde KlipwerfDansorkes sal vir skoffelmusiek sorg en daarsal verskeie aanloklike pryse op die spel wees.KaartjieskosR200perpersoonensluit ’n tradi-sioneleWeskus-ete in.Virmeer inligtingof be-sprekings,kontakKarenby083 453 2336ofRudiby 082 498 7330.

28 September) Groote Post CountryMarket at the GrootePost Winery, Darling from 10:00 until 15:00.Contact: Eldré Strydom at 082 877 6677 [email protected].

5 October) I Love Weskus Market at the VygevalleiFarmstall,R27 from10:00until 15:00.Contact:Christéle Breedt at 083 663 3345 [email protected].

11 en 12 Oktober) Schoonspruit Sekondêr hou reünie.Navrae en besprekings by Ester MacQuire by083 422 0862ofCharlesDyansonby083 206 5420.Saterdag is daar ’n ete en dans teenR200. Dragis formeel. Koshuisbesprekings by MagaretTippens kan gedoen word by 079 119 8200.

Page 6: Swartland gazette 9 sept 2014

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

IN MEMORIAM

1015

BOLTNEY ROSINA -19/02/1934 - 09/09/2012Vandag is u reeds 2 jaarweg van ons. So skielik, sogou, is jy weg van onsgeneem. Geen afskiedswoorde is ge-uiter. Daar isnog soms 'n stille traanmet tyd sal ons alles ver-staan. Sal jou nooit ver-geet of ophou dink aan jounie. Liefde: Wilfred, Liana,Marizelle, Leverne, Nikitaen liefling agterkleinkindVincenzo.

CAYLEIGH JOUBERT9 September 2013, terwylander plante die tyd blomwas ons mooiste een kompluk. Dis presies 'n jaar enons almal mis jou vreeslikbaie kan net dink hoe oulikjy nou sou wees, maar onsweet jy was net geleen enis nou pragtig by die HEER.Van PA, MA, Mentoor enJoubert families & vriende.

Lewis Jacob (Jypie)10/09/2004 - 10/09/2014Tien jaar is verby en dievermisting is nogsteedsgroot, maar wat Godgedoen het was welgedaanRus in vrede. Van: VrouliefRoetie, Runeeda & Raivier.

GELUKWENSINGS

1030

Aan 'n lieflik ma, ouma,oumagrootjie. Gelukkige70ste verjaarsdag. Alleswat mooi is vir mammie.God seën. Van huisgesin.

Kyk hoe oulik lyk dieBooysen Drieling!!!Spekvet en gesond.Ma,Pa,ouboet Nico en ouma's isbaie lief en trots op julle.

Raai wie word 2 op9/9/2014? Baie geluk.Van Mammie, Oupa,Ouma, Pa Reggie, Ma Ilse,Tania, Shaun & Shania.

PERSOONLIKE

DIENSTE

SPYSENIERING

& LOKALE

1401

VIR BESTELLINGSSamoosas, springrolls,Pasteie ensv.022 486 4933.

KINDERVERMAAK

1405

ASPATAT PARTYTJIES:Springkastele, watergly-bane, kindertafeltjies & -stoeltjies te huur. Kontak:084 607 5658.

BOETIE EN SUSSIESPRINGKASTELE -Waterglybane en verskei-denheid springkastele tehuur. Skakel Nelia073 6102 810.

TJ'S SPRINGKASTELESpringkastele en watergly-baan te huur. KontakTheresa 082 497 3383.

GESONDHEID &

SKOONHEID

1430

GLAMOUR SALON -Voortrekkerstr 95 (InSwartland Gazette Gebou)Spesiale Aanbieding:Akriel Naels . Vingers -R200, Tone - R200 albeimet of sonder Tips. Enigekleur vn jou keuse. SkakelRochell 073 849 8264.

KRUIEKENNER

1435

I Now Believe MiraclesStill Happen - I wouldlike to thank Ngobi for sol-ving my fincial marriagework business & familyproblems that i sufferedfor over 10yrs. I had a badfinancial record, I wasblacklisted & struggling topay for my car & housebond & other acc. Puttingfood on the table was alsoa problem. Sometimeswhen I got my salary,itgoes so fast & then I sitwith nothing. My marriage& business was also fallingapart. We used to shout ateach other over smallthings. People were jea-lous of me at work &home. My son was ondrugs. I was confused.Theday my friend told meabout the Powerful healer.The next week I phonedhim for help & advice.Ngobi took my name, age& gave me the lucky ring &necklace for luck to win ingambling. The day I played,I won the big jackpot. Iused my money to pay offall my debts & boosted mybusiness. My life & familyreally changed completely.(Nathan - Paal) CallNgobi for Help / Advice073 496 7398

SAAMRY-

GELEENTHEDE

1441

Saamryklub vanafBellville na Malmesbury.Maandag tot Vrydag.Verkieslik iemand met eievoertuig. Skakel Bernice083 243 5251.

LENINGS

1445

LENINGS:tot R200 000.Konsolidasie. Dieselfdedag uitbetaling. SkakelFiona 084 222 271.

TE KOOP

ALLERLEI

1655

BRAAI-KAGGELHOUTPortjackson hout, 1 000stukke @ R600. Gratisaflewering. 072 800 9963.

Pak van 50 ou Koerante@ R25 en Ongedruktekoerantpapier rolle @ R30per rol te koop bySwartland Gazette kantoorof skakel Natalie by022 482 3817.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

SKOONMAAK-

DIENSTE

1805

MATTE & GestoffeerdeMeubels. Deeglik skoon-maak & Ontsmetting vanmatte en bekleedsel.Droog ± 30 min. SkakelPaula 073 393 2373 /022 487 1615.

TUIN &

BESPROEIING

1825

ROLL-ON LAWNGratis Aflewering!Gratis Kwotasie!SNY van bome en stryke.Gratis Verwydering!BOUROMMEL, tuinvullisverwydering! Skakel072 800 9963.

HUISVERBETERINGS

BINNE

1835

BLINDINGS/BLINDS.JUST BLINDS - Vir kwali-teit en diens! Vervaardig &herstelwerk van blindings.Vir gratis kwotasies skakelTokkie Bredenhand083 265 5161.

CEGE SMIT BLINDSTrading as JS BLINDS -Vervaardigers van allesoorte blindings,asookenige herstelwerk &veranderings. Derick &Nelia 082 788 7210 /022 487 2394.

CK BLINDS - Verskaffersvan blindings, sonkappiesen Pergolas. Doen herstel-werk. Elsabé 022 487 3948072 126 2394.

ALLERLEI

1845

MOTORHUISDEURE &VEILIGHEIDS-HEKKEInstalleer en herstel alletipes deure, asook "automation". SkakelDerick by 082 804 4550/(022) 487 2394.

LOODGIETERS

1855

HANS DIE LOOD-GIETER!!! Ek doen alles.Werk self. Gratis kwota-sies. Skakel 074 192 9804.

VERVOER &

BERGING

1870

Swartland Mini-Movers Meubelvervoer.Clint 074 381 1111.

LANDBOU

ANDER DIERE

2220

HASIMO BOARDINGCATTERY - ExclusiveHoliday accomodation forcats. Quality care and per-sonal attention. Individualruns. To book, phoneDaléne @ 072 525 0725.

SAKE

DIENSTE

2420

VOERTUIE

VOERTUIE GESOEK

OM TE KOOP

3075

AANDAG Alle KlienteVOERTUIE dringendgesoek. Ek koop enigegebruikte voertuie vir kon-tant. Skakel 083 464 6960.Doen Bank flosse.

DADELIKE KONTANTvir u bakkie of motor.Skakel,sms of whatsappna 082 561 3291.(nie lopende bakkies &motors welkom).

EIENDOMME

WOONSTELLE

TE HUUR

3250

MOORREESBURG– 1Slpkamer woonstel te huurteen R1 800+DEP. Wateringesluit. 1 Bed, Stort,Ooppl Kombuis. OmheindeParkering. Skakel Mnr. N.Abrahams 078 954 0342.

TE HUUR

3205

HOEK ERF TE HUUR.Wagenerstraat. Skakel081 541 3234.

HUISE TE KOOP

3275

HOUSE & PLOT FORSALE - Illingelethu,Malmesbury. 1 Room withbig yard for R45 000.Also a Plot with toilet andelectricity box forR30 000. Contact0722 688 680.

Wesbank 3Slpk Huis ,komb, sitk, badk met ser-vant quarter vir R850 000.Omhein met vibracrete.Skakel 073 513 7827

BETREKKINGS

3600

ALGEMEEN

3680

GESOEK

3601

HUISHULP GESOEKTwee verwysings nodig.Skakel 082 775 4647.

Lugversorger /Verkoelingstegnikus:Elektriese Ondervinding &Kode 8 rybewys ‘n verei-ste. Stuur verkorte CV [email protected] faks na 022 487 33 33Sluitings datum: 15 Sept

NAALDWERKSTERBENODIG by Lekkerlap.Skakel Renee 0837663811.

VERLANG POS 60 jaar.Gaste Huis of V-Oord.Enige area. 072 880 6191.

Page 7: Swartland gazette 9 sept 2014

Swartland GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 9 September 2014 7

Popular hotel up for auctionA very popular, long-established WesternCape country hotel will be coming up forauction by silent tender by the WesternCape branch of Rawson Auctions onThursday 25 September at 12:00 in theRawson Property Group’s head office at222 Main Road, Ronde-bosch, Cape Town.

The four star Riebeek Valley Hotel has 28luxuryrooms.ThishasbeendescribedbyTan-ya Jovanovski, franchisee for Rawson Auc-tionsWesternCape,asbeingbothtranquilandstylish and a real retreat from city life.Jovanovski says the hotel is beautifully sit-

ed on a fairly steep slope and has picturesqueviews of vineyards, olive groves and the Ka-steelberg range.The accommodation in this hotel is divided

intothreecategories:5largesuites,18superiorrooms and 5 standard rooms.The spacious suites are said to have old

world charm complemented by modern tech-nology.The 18 superior rooms are fitted out to four

star standard but also have a combination ofolder Swartland features and modern facili-ties.The standard rooms are described as being

slightly smaller but luxurious, comfortableanddecorated in traditionalCape styles. Theyoffer the great advantage of being affordable.The hotel has its own restaurant, The Bish-

ops,which iswell-knownnot only throughoutthe Riebeek Valley but also in Malmesbury,from where people drive regularly to dinehere.Attached toTheBishops is abar. In sum-mer meals are often served out of doors andin winter a log fire in the restaurant createsa cosy atmosphere.Another facility, a large conference centre,

can takeup to250conferencedelegatesorwed-dingguestsand isregularlyusedbymajorcor-

porates for their think-tank sessions. The con-ference centre opens onto a pool terrace andlooks onto the garden’s fountains after whichThe Fountain Room is named.A recommended initial bidding price has

been set by Rawson Auctions and will be re-vealed to genuine clients on application.Jovanovski says this hotel has to be seen to

be appreciated. It is elegant and very wellmaintained, beautifully laid out and operatesto excellent four star standards.“Obviously the hotel will be sold as a going

concern and auditors’ reports will be open forinspection togenuinepotential buyers.These,I believe, will give an excellent idea to thosewithknowledgeof thehotelbusiness justwhatthe potential is here and how it can be furthercapitalised on.”RawsonAuctionsdoesnotchargearegistra-

tion fee to those attending their auctions, butthey do insist on a 5% deposit of the purchase

price being paid on the fall of the hammer aswellasa10%commissionplusVATtoRawsonAuctions itself.For further information contact Tanya Jo-

vanovskion082 411 9599,VictorSchonbornon083 792 4169 or the Rawson Auctions office on021 837 1700,[email protected].

The Riebeek Valley Hotel.

M’bury Museumvier ErfenisdagAs jy ’n liefhebber van die kunste is danis Art @ 1 on Prospect net die plek virjou.Malmesbury Museum beplan ’n kuns-

uitstalling omErfenismaand te vier. Diekunsuitstalling sal van 24 September tot3Oktoberbydiemuseumoopvir besigti-gingweesenbeloof lesers ietsbesonders.Lesers kan die museum besoek vanaf

nege uur in die oggend tot een uur diemiddag. Kommaak ’n draai en “Komeerdie profete in hul eie land.”Kunsliefhebbers en belangstellendes

kan hulself gereed maak vir wonderlikekunstevanbekendesinMalmesbury,on-der andereBea Jonker enElouise deVil-liers.Museum nooi ook ander kunstenaars

in die Malmesbury-area om deel uit temaakvandiekunsuitstallingendiekansom met hul werk te spog.Belangstellendes kan Christine by die

museumkontak by 022 482 2332 of 082 9616181.

Die Guardian Angels for Police Stations-SA (G.A.P.SSA) het 1 September vroue wat werksaam is by diepolisiekantoor op Malmesbury trakteer op ’n oggendvan bemoediging en bederf. Hier is kol. Niels Nilsson,die stasiebevelvoerder, Tijmen van Essen, die burge-meester van die Swartland-munisipaliteit, en past.Marcell Cilliers Mbambe van G.A.P.S.

The eleventh edition of Darling’s intimate and internationally renowned Voorkamerfest was launched onFriday with the unveiling of a special poem, written out on a specially built wall just across the railwayline outside the town. The Hallo Gedig is the handiwork of 43 students from three Darling schools, Vooruitsig,Darling Laerskool and Darling College. In August Afrikaans poet Kirby van der Merwe and Afrikaans rapperJitsvinger (in the back with black shirt) spent two days helping them to compose the poem. The poemhas also been translated to English and isiXhosa. On Friday 6 000 flyers with copies of the poem weredistributed in town. “This is not only for the tourists, but for them, the people of Darling. Next year therewill be a new poem,” said Wim Visser, initiator and producer of the Voorkamerfest. Also at the unveilingwas Swartland mayor Tijmen van Essen. PHOTO: YAËL MALGAS

Page 8: Swartland gazette 9 sept 2014

Swartland

LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT Year 12 • 9 September 2014 | Tel. 022 482

3817SPORT

Moorreesburg leer duur lesseKAREL WILLEMSE

MOORREESBURG - Samoa, dieplaaslikerugbyspan,hetSaterdaghier waardevolle lesse geleer inhulle kragmeting teen Abbots-dale. Die besoekers het die krag-meting 20(13)-14(6) gewen.

Een van die lesse wat hulle geleerhet, is dat hulle baie beter na hul eiebalbesitmoetkykenniesoveelomge-keerdebalbesit aandieopponentkanbesorg nie. Hulle het ook geleer dathulleballewat swaargewen is in lyn-stane en vaste skrums nie sommermet bottervingers op die grond kanlaat val nie.Sulke ekstra balle aan jou oppo-

nentmaakdat jymeerlaagvattemoetuitoefenenbaie sekermoetmaakdatjou verdediging 100% is.Dissiplineopdieveldmoetdeuren-

tyd gehandhaafword.As die geleent-heid hom voordoen om punte aan teteken,moetjyditaangryp.Samoahetdrie waardevolle kanse om agter diedoellyn te gaan kuier deur hulle vin-gers laat glip.In die eerste helfte hetAbbotsdalena

willekeur die balle bydie losgemaal ge-wen,wathullediegeleentheidgegeehetomteenaanvallevanstapeltestuur.Diehantering tussen hulle voor- en agter-spelers hetMoorreesburg hoofbrekens

besorg. Moorreesburg se spelerskon net nie aan die gang kom nieenisveralbydieafbreekpuntedeurgoeie spel van die besoekers se los-voorspelers geklop.Ditwas juis ’nbalwatdeuromge-keerde besit gekry is, wat gelei het

tot die besoekers se eerste doel. OBvanRooy (vleuel)enkapteinvanSa-moa het sy span binne trefafstandgehoumet ’nstrafskopenskepskop.’n Skouerloop deur een van Moor-reesburgsespelershet’nekstradriepunte aan Abbotsdale besorg enhierna het ’n skitterende skepskopdeurhulheelagtervanafdiemiddel-lyn en vyftien tree van die kantlynaf, verder sout aan die tuisspan sewonde gevryf.Dietweedehelftehetgevradatdiespan hulle spelpeilmoet lig en ná ’npaar veranderinge by die tuisspan,hetditbaiebetergegaan,veralwaarditbydielosspelenafbreekpuntege-kom het.Die opposisie is beterweggeneemvan die bal af en die enigste sewepunte wat hulle kon bekom, moeseintlik ’ndrievirSamoageweeshet.Abbotsdale het uit ’n losskrum, ophuldoellynweggekom,nadatMoor-reesburgditingeneemhet,endiebe-weging is afgerondmet ’ndrie agterSamoa se doellyn.Baie beter balbeheer en beter

doelgerigte spel aan die kant van die tuis-span het gelei tot Janeill Carolus se driewatdeurdieplaasvervanger-skrumskakelJulian Claasen verdoel is.Ander uitslae:MoorreesburgC (15) - Ab-botsdale C (10); Moorreesburg B (38) - Ab-botsdale B (10).

Heinrich Manuel van Samoa verloor die bal ná ’nsterk lopie Saterdag in hul wedstryd teenAbbotsdale. FOTO: KAREL WILLEMSE

Die Wesbank-rugbyklub het Saterdag teen Saldanhabaai op Wesbank gespeel. Saldanhahet goeie spel gelewer, maar was eenvoudig nie goed genoeg vir Wesbank se spelers nie.Teen halftyd was die telling 34-23 in Wesbank se guns. Hier is Sidwell Diedericks besigom weg te breek met die bal. Saldanha het hard probeer om hul stempel af te druk,maar Wesbank wen die wedstryd met ’n eindtelling van 49-30. FOTO: NICOLE CLOETE

Tennis weer in volle swangMALMESBURY - DieSuid-Boland-tennisliga-wedstryde het Saterdagweer begin.Reën het die vroue en

mans se A-span-wed-stryde inDurbanville enSomerset-Wes gekelder.Die vroue se B-spankon egter vroeër die og-gend hul wedstryd teendie span van Rekreasievoltooi. Hulle verloormetdriewedstrydeteen-oor twee.Op Malmesbury kondieB-mansnie hul voetevind nie en verloor metvyf wedstryde teenoornul teen die sterk spanvan Kuilsrivier.Die C-span wen virBrackenfell 3-2.Vir die tuisspan hetdie jeugdige James Ho-ward, Marais Lieben-berg en Martin Nel huldebuut-wedstryde ge-had.

James Howard van die Malmesbury-tennis-klub is die eerste skoolseun wat vir die mans-liga gekies is. James (14) is ’n leerder by Hoër-skool Swartland. FOTO: LIZETTE SMIT

Boland-rugbyliga-uitslaePremierliga: Wesbank 49 vsSaldanha 30; Vredenburg 21vs Never Despair 21; Villa-gers Worcester 38 vs Haws-ton19;Ceres 30vsRosesUni-ted 25; Delicious 21 vs Ro-bertson 20.Superliga-Wes: Abbots-dale 20 vs Moorreesburg 14;Hopefield 24 vs Darling 21;Piketberg 31 vs Newtons 22;St Helenabaai 41 vs Eagles17; Hillcrest United 24 vsEvergreen Paarl 23.

Menfred Mentoor, Gerswin Pienies, Nieei LaMeyer, Breton Peters, FransinaHendricks en Fredenique Samson van St. Michaels op Abbotsdale het 30Augustus aan die Wes-Kaap-landloopkampioenskappe in George deelge-neem.

Pethrin Owies, ’ngr.6-leerder by SteynvillePrimêr op Piketberg, isopgeneem in BolandKrieket se B-span in syouderdomsgroep.

Gimnaste kry WP-kleure

Die gimnaste van Laerskool Swartland op Malmesbury wat Wes-Kaap-kleure gekry en die Wes-Kaapseprovinsiale en Weskus-distrikspanne gehaal het, is (in geen spesifieke volgorde nie) Sanri Cloete,Anke Horne, Yvonne Bester, Paula-Mari Gerber, Antoinette Malherbe, Danielle Thompson, Danel Visser,Lee-Ron September, Jana Nel, Carla van Zyl, Meagan May, Chloë Lottering, Jana du Plessis, MartineVersfeld, Sagren Papier, Hannes Kristen, Johane Steyn, Jolene Louw, Rumadre Lawrence, Ricco Swane-poel, Mane Visser, Riane Ligthart, Albert Bester en Mariska Coetzee.