uit die hoof se kantoor - wordpress.com · fedsas doen ʼn ernstige beroep op ouers wat die beste...

15
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 25 Nr. 4 15 Februarie 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Atletiek: Intercluster-byeenkoms Baie geluk aan ons atlete wat so goed gevaar het tydens die intercluster-byeenkoms. Dankie aan die personeel wat op dié dag ook werksaam was. Skoolvakansiedae Die skool sal gesluit wees op die volgende openbare vakansiedae: Maandag 30 April (Vrydag 27 April Vryheidsdag en 1 Mei - Werkersdag) Vrydag 10 Augustus (9 Augustus Vrouedag) Laerskool Fairland: Waterprojek Baie dankie vir u elkeen se ondersteuning met hierdie projek tot dusver! Vrydag 16 Februarie 2018 om 13:15 is die laaste dag waarop ons leerders en ouers 5 liter geseëlde waterhouers vrywillig skool toe kan bring as deel van die hulpverleningsprojek. Op Vrydagmiddag sal daar ‘n vragmotor van Gift of the Givers die water kom haal om Kaap toe te vervoer. Sokkie Baie dankie aan al die mammas en personeel wat die aand so spesiaal vir ons leerders gemaak het. Personalia Twee van ons leerders is in die afgelope week gehospitaliseer. Ons dink aan Jenna Piek (gr. 3/12) wat nou tuis aansterk en reeds mooi herstel. Ons almal dink ook in besonder aan Anroux Barnard (gr. 5/02) wat in die intensiewe eenheid is as gevolg van ‘n gebarste blindederm. Beterskap liewe maat, ons wens jou ‘n volkome herstel toe! Uit die Vink se nes..... Gielie Hoffmann, ‘n baie bekende motiveringspreker, het onlangs met die personeel kom gesels. Daar is 5 ingesteldhede wat ons kan kweek by ons kinders: Waagmoed Glo in jouself Klem op groei Vasbyt Aanpasbaarheid Kom ons gee aandag aan een van hierdie ingesteldhede in die week wat voorlê!

Upload: others

Post on 12-Jan-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · FEDSAS doen ʼn ernstige beroep op ouers wat die beste belang van hulle kinders en van hulle kinders se skool en opvoeding op die hart het,

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 25 Nr. 4 15 Februarie 2018

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Atletiek: Intercluster-byeenkoms

Baie geluk aan ons atlete wat so goed gevaar het tydens die intercluster-byeenkoms. Dankie aan die personeel wat op dié dag ook werksaam was.

Skoolvakansiedae

Die skool sal gesluit wees op die volgende openbare vakansiedae:

Maandag 30 April (Vrydag 27 April – Vryheidsdag en 1 Mei - Werkersdag) Vrydag 10 Augustus (9 Augustus – Vrouedag)

Laerskool Fairland: Waterprojek

Baie dankie vir u elkeen se ondersteuning met hierdie projek tot dusver! Vrydag 16 Februarie 2018 om 13:15

is die laaste dag waarop ons leerders en ouers 5 liter geseëlde waterhouers vrywillig skool toe kan bring as

deel van die hulpverleningsprojek. Op Vrydagmiddag sal daar ‘n vragmotor van Gift of the Givers die water

kom haal om Kaap toe te vervoer.

Sokkie

Baie dankie aan al die mammas en personeel wat die aand so spesiaal vir ons leerders gemaak het.

Personalia

Twee van ons leerders is in die afgelope week gehospitaliseer. Ons dink aan Jenna Piek (gr. 3/12) wat nou tuis aansterk en reeds mooi herstel.

Ons almal dink ook in besonder aan Anroux Barnard (gr. 5/02) wat in die intensiewe eenheid is as gevolg van ‘n gebarste blindederm.

Beterskap liewe maat, ons wens jou ‘n volkome herstel toe!

Uit die Vink se nes.....

Gielie Hoffmann, ‘n baie bekende motiveringspreker, het onlangs met die personeel kom gesels.

Daar is 5 ingesteldhede wat ons kan kweek by ons kinders:

Waagmoed

Glo in jouself

Klem op groei

Vasbyt

Aanpasbaarheid

Kom ons gee aandag aan een van hierdie ingesteldhede in die week wat voorlê!

Page 2: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · FEDSAS doen ʼn ernstige beroep op ouers wat die beste belang van hulle kinders en van hulle kinders se skool en opvoeding op die hart het,

2

BELANGRIKE DATUMS

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

BEHEERLIGGAAMVERKIESING

Sien hieronder nuttige inligting oor beheerliggaamverkiesing gestuur deur FEDSAS: Oproep om deelname aan beheerliggaamverkiesing 2018 Skoolbeheer in Suid-Afrika is taamlik uniek in dié opsig dat ouers van regsweë meer inspraak het in die onderwys van hulle kinders as in verreweg die meeste wêreldlande. Beheerliggame van openbare skole word kragtens die Skolewet sodanig saamgestel dat ouers op die beheerliggaam altyd in die meerderheid moet wees. Op hierdie wyse het ouers dus wesenlike inspraak in die sake van die skool. Die beheerliggaam bepaal uiteindelik die etos, beleid en algemene rigting van die skool. Dit is ‘n baie verantwoordelike taak wat kundigheid, toewyding en geesdrif verg. Die Skolewet bepaal ook dat beheerliggame se termyn beperk is tot drie jaar, maar die lede is herkiesbaar, mits hulle natuurlik steeds ouers van leerders in die skool is. Die beheerliggaamverkiesings word landwyd in dieselfde tydperk gehou. Vanjaar vind die verkiesings regdeur Suid-Arika in Maart plaas. Getalsgewys is dit die grootste verkiesing in die land met sowat 300 000 mense wat op beheerliggame verkies moet word – die meeste daarvan natuurlik ouers. Ten einde ‘n wettige verkiesing te hê skryf die verkiesingsregulasies voor dat minstens 15% van die skool se ouers tydens sodanige verkiesing moet stem. As die kworum nie behaal word nie, word die verkiesing uitgestel en by die uitgestelde verkiesing geld geen kworumvereiste nie. Dit het al by skole gebeur dat die kworumvereiste nie behaal word nie en dat ‘n klein groepie ouers hulself sodanig organiseer dat hulle hulself dan by die uitgestelde verkiesing tot die beheerliggaam verkies kry. Daardeur kry hulle dan die geleentheid om die totale etos, kultuur of rigting van die skool te verander. Dit het katastrofiese gevolge vir daardie skole gehad want politieke of ander agendas wat niks met die gehalte van opvoeding van kinders verband het nie, vier dan hoogty. FEDSAS doen ʼn ernstige beroep op ouers wat die beste belang van hulle kinders en van hulle kinders se skool en opvoeding op die hart het, om hulself vanjaar verkiesbaar te stel as lede van beheerliggame. Ouers moet ook in groot getalle gaan stem sodat die kworumvereiste behaal kan word en die beste beskikbare kandidate tot hulle skole se beheerliggame verkies word.

Johan Kilian VOORSITTER: BEHEERLIGGAAM

DATUM AKTIWITEIT

ALGEMEEN 12 Maart Beheerliggaamverkiesing

19 Mei VVF-pretloop

15 September VVF-funksie

AKADEMIE 8 Februarie Toetsreeks begin (Gr. 4- tot gr. 7-leerders)

KULTUUR 19 Februarie Interne redenaars ronde 1 gr. 6 en gr. 7

2 – 4 Maart Seniorkoor: Kamp

SPORT 17 Februarie Atletiek: D10-byeenkoms

2 & 3 Maart Atletiek: Gautengkampioenskap (Ruimsig Atletiekstadion)

Page 3: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · FEDSAS doen ʼn ernstige beroep op ouers wat die beste belang van hulle kinders en van hulle kinders se skool en opvoeding op die hart het,

3

REDAKSIE

Ek is ‘n groot voorstander van die “Pay it forward”-filosofie. Ek het al menigmaal ondervind dat ek self die ontvanger van al die seëninge is in so ‘n situasie. Die feit is dat die gewer dikwels meer voordeel trek as die persoon wat aan die ontvangkant is. Die gevoel van genot wat jy ervaar as jy sien hoeveel dit vir die ontvanger beteken is onbeskryflik. Daar is min dinge in die lewe wat ‘n mens so naby aan sy Skepper bring as die wete dat jy iemand anders se lewe verryk het, op watter manier ookal. Dus: eintlik maar “selfsugtig”, want jy kry die voordeel van vreugde ongekend as jy vreugde uitdeel.

Jy moet weet dat jou broodjie wat op die water gewerp was, altyd dividende lewer. Die lewe balanseer dinge altyd uit. Dit wat uitgaan sal iewers weer terugkom na jou toe. Dit geld vir die goeie en die slegte. Al doen ons nié die goeie dade met die doel om iets daaruit te ontvang nie en al is jou intensies onselfsugtig, kan jy verwag om beloon te word vir die manier waarop jy na jou medemens se sieleheil omsien.

Erika

VERJAARSDAE

Baie geluk aan die volgende personeel wat hierdie week verjaar:

Reinier Louw - 22 Februarie

Mag jou nuwe lewensjaar voorspoedig en geseënd wees!

AKADEMIE

Toetsrooster: Eerste Kwartaal 2018 – Finaal

Eerste Kwartaal Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Vr. 16 Februarie Wiskunde Afrikaans Afrikaans Afrikaans

Di. 20 Februarie Tegnologie

Vr. 23 Februarie Engels Wiskunde Wiskunde Wiskunde

Vr. 2 Maart NW NW NW EBW

Vr. 9 Maart Geskiedenis Geskiedenis Geskiedenis Geskiedenis

Di. 13 Maart Geografie

Vr. 16 Maart Geografie Geografie Geografie NW

KULTUUR

REDENAARS

Interne Redenaars 2018

Ronde 1

Die eerste ronde van ons interne redenaarskompetisie (gr. 1 - gr. 5) het op Donderdag 8 Februarie plaasgevind. Dit was sowaar ‘n plesier om na al ons talentvolle sprekers te luister. Ons sien daarna uit om op Maandag 19 Februarie te hoor wat ons gr. 6- en gr. 7-sprekers in die mou voer.

Die uitslae van ons gr. 1 - gr. 5 ronde is soos volg:

TOP 5 VAN Gr. 1 (Alfabetiese volgorde)

Hannah Dercksen Imke Hodgskiss Mieke du Toit Ruben Vorster Stefanie Viviers (graadwenner)

TOP 5 VAN Gr. 2 (Alfabetiese volgorde)

Annabelle Kirstein (graadwenner) Hannah Cogzell Jeanne-Marie Kitshoff Kristian van Gaalen

Page 4: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · FEDSAS doen ʼn ernstige beroep op ouers wat die beste belang van hulle kinders en van hulle kinders se skool en opvoeding op die hart het,

4 TOP 5 VAN Gr. 3 (Alfabetiese volgorde)

Carla Janse van Rensburg Genevieve du Toit (graadwenner) Lika Human Minke Böhmer

TOP 5 VAN Gr. 4 (Alfabetiese volgorde)

Chemené Mentz Eben van Graan Gustav Vorster Mignon Potgieter (graadwenner) Niel Marais

TOP 5 VAN Gr. 5 (Alfabetiese volgorde)

Anika du Preez Jessica Janse van Rensburg (graadwenner) Luané Human Mia le Grange Nicola Bredenkamp

Die interne redenaars skop hierdie week af. Neem asb. kennis dat u kind aan al drie die rondes moet deelneem om vir akademiese toekennings in ag geneem te word. Punte vir al 3 rondes word bymekaar getel. Deelname is vrywillig en leerders skryf self in vir ronde 1 indien hul belangstel. Ronde 1 word gebruik om redenaars vir deelname aan die ATKV-redenaars te identifiseer.

Interne redenaars

LFK: Redenaars Ronde 2: Gr. 4 - 7 (Vrydag 18 Mei) - Onvoorbereid LFK: Redenaars Ronde 3: Gr. 4 – 7 ( Vrydag 27 Julie) – Spanredenaars

Kontak my gerus vir enige navrae in die verband. Juf. Corisa (Kamer 50)

DANS

Dansklasse by juf. Adeline Muller het 5 Februarie begin. Klasse sal voortaan slegs 1 maal per week plaasvind op ‘n Maandag. Onthou dat die klasse gratis is, maar dat jy soos met enige ander aktiwiteit by die skool, elke oefening moet bywoon. Indien jy weens siekte ‘n oefening mis, moet jy ‘n doktersbriefie bring. Dansers sal ook ingeskryf word vir die Fairland Kunswedstryd (LFK) en sal ook die geleentheid kry om by ander kompetisies mee te ding op ‘n vrywillige basis.

Maandae: 14:00 - 14:30 ( gr. 1 en gr. 2) 14:30 - 15:15 ( gr. 3 en gr. 4) 15:15 – 16:00 (gr. 5 – gr. 7)

Inskrywingsvorms is op die Communicator beskikbaar en kan by juf. Erika in Kamer 36 (langs rekenaarklas) ingehandig word. Inskrywings sluit 28 Februarie.

DRAMA

Dramaklasse by juf. Suné Senekal sal op 8 Februarie begin. Klasse is op Donderdae en is ook gratis vir alle belangstellende leerders. Tye is soos volg:

Donderdae: 15:00 - 15:45 ( gr. 3) 15:45 - 16:45 (gr. 4 en gr. 5) 16:45 - 17:45 ( gr. 6 en gr. 7)

Inskrywingsvorms op die Communicator beskikbaar. L. W. Inskrywings sluit op 28 Februarie. Juf. Erika

SENIORKOOR

Ons is opgewonde oor al die geleenthede wat vir ons koorlede voorlê vanjaar, maar ons doen asseblief ‘n beroep op koorlede om baie gedissiplineerd te wees t.o.v koorbywoning. Ons vra asseblief dat u skriftelik verskoning sal maak by juf. Klariké (K.11) (Geelklas gr. R-sentrum) indien daar ‘n geldige verskoning is vir oefeninge wat gemis moet word.

Page 5: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · FEDSAS doen ʼn ernstige beroep op ouers wat die beste belang van hulle kinders en van hulle kinders se skool en opvoeding op die hart het,

5

Belangrike datums vir 2018

2 - 4 Maart: Verpligte koorkamp Alle vorms moet by juf. Klariké ingehandig word so gou as moontlik. Betalings vir die kamp is per EFT en die familikode/koorkamp moet as verwysing gebruik word, soos op die brief aangedui.

Voorlopige datums vir Musiekblyspel

13 en 14 Junie – Repetisies 15 en 16 Junie – Optredes Verdere inligting oor hierdie baie belangrike datums sal volg.

Juf. Chrisné

JUNIORKOOR

10 Maart : Verpligte werkswinkel – inligting volg later

Juf. Melissa

REVUE

Leerders wat belangstel om lid te word van ons skool se twee revuespanne, moet asb. die berig op die Communicator lees om meer inligting aangaande die oudisiedatums en -tye te kry. Aansoekvorms sal op die Communicator geplaas word. Leerders moet die aansoekvorms voltooi en aan juf. Karen Nel oorhandig om

‘n tydgleuf te bespreek vir hul oudisies. Dit moet asb. VOOR/OP Vrydag 16 Februarie ingehandig word. Daar sal ‘n junior- en ‘n seniorspan gekies word van ongeveer 25 - 30 lede per span.

AANDAG ALLE DANSERS en SANGERS!!!

Die eerste rondte van die DANS-oudisies sal op Woensdag 21 Februarie 2018 gehou word. Alle oudisies vind in die saal plaas. Leerders hoef niks voor te berei nie. Trek net lekker gemaklike dansklere aan.

16:00-17:00 - Gr. 1 tot gr. 4 17:00-18:00 - Gr. 5 tot gr. 7

Daarna sal leerders wat die dansoudisies geslaag het, genooi word om deel te neem aan die SANGoudisies op Saterdag 24 Februarie. Tye sal aan julle deurgegee word. Slegs daarna sal die finale spanne per brief aangekondig word. Vir enige navrae, skakel met juf. Karen Nel in kamer 12.

Oefentye

Maandae - SANG: [aanleer van musiek] 16:00 -17:00 juniors en 17:00 – 18:00 seniors Woensdae - DANS: [aanleer van choreografie en danse] 16:00 -17:00 juniors en 17:00 – 18:00 seniors (Dans sal eers in April begin as eerste liedjies aangeleer is.)

Juf. Karen Nel

SPORT

BELANGRIKE TOERDATUMS 2018

Konka-toere: o/9A- en B-spanne Ma. 19 – Wo. 21 Mrt. o/10A- en B-spanne Do. 22 – Sa. 24 Mrt. o/11A- en B-spanne Di. 3 – Vr. 6 Apr. 1ste & 2de spanne Ma. 26 – Do. 29 Mrt.

Netbalkamp: o/11A- & B- tot o/13A- & B-spanne 16 – 18 Mrt. (Camp Discovery)

Oos-Kaaptoer: 17 – 21 Junie

ATLETIEK

Laerskool Fairland se atlete het op Vrydag 9 Februarie aan die inter-clusterbyeenkoms by Ruimsig Atletiekstadion deelgeneem. Uit die 17 deelnemende skole, tree ons atlete as algehele wenners uit die stryd. Baie geluk aan al ons atlete met hierdie welverdiende prestasie.

Die volgende atlete het by hierdie byeenkoms rekords verbeter :

Page 6: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · FEDSAS doen ʼn ernstige beroep op ouers wat die beste belang van hulle kinders en van hulle kinders se skool en opvoeding op die hart het,

6

Elri Coetzer – Dogters o/9 : 60m (08.79 sek.)

Lara Boshoff – Dogters o/10 : 70m Hekkies (14.04 sek.)

Kaili Botjé – Dogters o/12 : 150m. (20.20 sek.)

Anshé Roos – Dogters o/12 : Hoogspring (1.40m)

Euané Theart – Dogters o/13 : 75m Hekkies (12.45 sek.)

Corné de Fouw – Seuns o/13 : 800m. (2min 17.01 sek.) en 1500m. (04min 39.89 sek.)

Baie geluk aan die atlete met hierdie uitsonderlike prestasies.

Spesiale vermelding

Op Dinsdag 30 Januarie, by die Roodekrans Prestige atletiekbyeenkoms, het Lara Boshoff (Gr.4) nie net die toekenning vir beste veld-atleet ontvang nie, maar ook die trofee vir Victrix Lodorum,

Atletiekoefening (Slegs atlete wat deurgaan na D10 oefen)

TENNIS

Tennisligawedstryde – Seniorspanne (Voorlopige ligadatums)

Do. 15 Feb. Seuns A vs Crawford Lonehill (w) Seuns B vs Louw Geldenhuys (w) Wo. 21 Feb. Dogters A vs Louw Geldenhuys (t) Dogters B vs Crawford Sandton (w) Do. 22 Feb. Seuns A vs Crawford Sandton (t) Seuns B vs Heronbridge (w) Wo. 28 Feb. Dogters A vs King David Sandton (t) Dogters B vs TrinityHouse Randpark (w) Do. 1 Mrt. Seuns A vs Montrose Primary (onttrek) Seuns B vs Montrose Primary (onttrek) Wo. 7 Mrt. Dogters A vs Crawford Sandton (w) Dogters B vs BYE Do. 8 Mrt. Seuns A vs TrinityHouse RP (w) Seuns B vs Fontainebleau (t) Wo. 14 Mrt. Dogters A vs Crawford Lonehill (t) Dogters B vs Fontainebleau (t) Do. 15 Mrt. Seuns A vs Jan Cilliers (t) Seuns B vs Bryandale Primary (w)

Oefentye is op die School Communicator beskikbaar.

Uitslae: Seuns B verloor 66 - 15 vs TrinityHouse Randpark Dogters B verloor 42 – 39 vs Rivonia Primary

SWEM

Laerskool Fairland se swemspan het op Vrydag 9 Februarie by Bryandale Primary School aan ‘n swemgala

deelgeneem. Geluk aan ons swemmers wat ‘n algehele 3de plek uit die vier deelnemende skole behaal het.

Oefentye: Kwartaal 1 (Begin Maandag 29 Januarie)

Maandae Woensdae

Juniors 15:00 – 16:00 15:00 – 16:00

Seniors 16:00 – 17:00 16:00 – 17:00

Northcliff Primary se swembad sal gebruik word vir oefensessies. Swemgala-datums: Vrydag 16 Februarie (Bryanston Primary)

Vrydag 23 Februarie (Monument Primary)

Page 7: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · FEDSAS doen ʼn ernstige beroep op ouers wat die beste belang van hulle kinders en van hulle kinders se skool en opvoeding op die hart het,

7

RUGBY

Ons doen ‘n dringende beroep op dié seuns om by die proewe uit te kom! Proewe: SLEGS vir o/8-seuns: (Gaan voort op Maandag 19 Feb.)

Maandag 13:40 – 14:10 Dinsdag en Woensdag 13:10 – 13:40

Die doel van hierdie proewe is om die o/8-vyftienmanspan te kies. Spelers wat nie in hierdie span opgeneem gaan word nie, neem deel aan TAU-rugby wat op 26 Februarie begin oefen.

Belangrike datums

Interne proewe Ma. – Wo.: 19 – 21 Feb. (L/s Fairland) Inligtingsessie Wo. 21 Feb. Vriendskaplike wedstryde Wo. 7 Mrt. vs L/s Hennopspark (t) Di. 13 Mrt. vs L/s Anton van Wouw (t) 20 Mrt. vs L/s Van Riebeeckpark (w) Skeidsregterevaluering - wedstryde Sa. 17 Mrt.

Oefentye: (Vanaf Maandag 19 Februarie)

MAANDAG

o/9A&B / & o/8xv o/10 o/11 3de 1ste & 2de

14:10 - 15:25 B-veld A-veld

15:25 - 16:40 B-veld B-veld A-veld

DINSDAG & WOENSDAG

o/9A&B & o/8xv o/10 o/11 3de 1ste & 2de

13:40 - 14:55 B-veld B-veld

14:55 - 16:10 A-veld B-veld A-veld

TAU-rugby: Maandag 26 Feb. (o/7 asook o/8’s wat nie opgeneem is in die o/8-vyftientalspan nie)

Oefentye Maandae: 13:35 – 14:10 A- en B-veld Dinsdae en Woensdae: 13:00 – 13:35 A- en B-veld

NETBAL

Netbalvaardighede: (slegs leerders wat nie by die atletiek betrokke is nie) Oefentye Maandae: 14:10 – 15:00 (o/10 – o/13) Dinsdae en Woensdae: 13:45 – 14:45 (o/10 – o/13) o/13-oefengroep Maandae: 15:10 – 16:10

Dinsdae en Woensdae: 14:40 – 15:40 Belangrike datums Proewe / Oefeninge begin Ma. 12 Feb. Vriendskaplike wedstryde Wo. 7 Mrt. vs L/s Hennopspark (t) Wo. 14 Mrt. vs L/s Randhart (t) Di. 20 Mrt. vs L/s Van Riebeeckpark (w) Fairland Fast 5 - aandreeks Wo. 11 Apr. Netbalkursus 12 en 13 Apr. (o/10C- & D en o/11C- en D-spanne) Netbalproewe se tye: (o/9- tot o/13-dogters) Maandag 19 Feb. : 14:30 – 16:00 Dinsdag 20 Feb. : 14:00 – 15:30 Woensdag 21 Feb. Sessie 1 – o/10 en o/11: 14:00 – 14:45 Sessie 2 – o/12 en o/13: 14:45 – 15:30

Page 8: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · FEDSAS doen ʼn ernstige beroep op ouers wat die beste belang van hulle kinders en van hulle kinders se skool en opvoeding op die hart het,

8 LET WEL: Op Woensdag 21 Februarie neem die o/9-dogters nie aan die proewe deel nie. Vanaf 26 Feb. is die netbaloefentye soos volg:

1ste Sessie: Maandae: 14:15 - 15:30

Dinsdae en Woensdae: 13:50 - 15:05

Baan 1 Baan 2 Baan 3 Baan 4 Baan 5 Teerbaan Klein teerbaan

o/12A&B o/12C&D o/10A&B o/9A&B o/10C&D o/9C&D o/9-Ont.

2de Sessie: Maandae: 15:30 - 16:45

Dinsdae en Woensdae: 15:05 - 16:20

Baan 1 Baan 2 Baan 3 Baan 4 Baan 5 Teerbaan o/13A&B o/13C&D o/11A&B o/11C&D

JOMO-liga (Voorlopige datums)

Do. 19 Apr. vs BPMS (w) Wo. 25 Apr. vs TrinityHouse Randpark (t) Do. 3 Mei vs Roodekrans (t) Wo. 9 Mei vs Kenmare (w) Wo. 16 Mei vs Helderkruin (t)

Mini-netbal – Oefening begin 26 Februarie (Slegs vir o/6- tot o/8-dogters)

Oefentye o/6 Maandae, Dinsdae en Woensdae : 13:05 - 13:50 o/7 en o/8 Maandae : 13:35 - 14:10

Dinsdae en Woensdae : 13:05 - 13:50

SKAAK

Oefentye (Skaak begin Donderdag 1 Februarie vir gr. 1- tot gr. 7-leerders.) Donderdae: Gr. 1-leerders: Kamer 14 13:30 - 14:20

Gr. 2- en gr. 3-leerders: Mediasentrum 14:00 - 15:00 Gr. 4- tot gr. 7-leerders: Mediasentrum 15:00 - 16:30 EN/OF

Vrydae: Gr. 4- tot gr. 7-leerders: Mediasentrum 13:00 – 14:00 LET WEL: Daar sal voortaan op Donderdae en Vrydae skaakoefening vir die gr. 4- tot gr. 7-leerders aangebied word. Leerders kan een of beide van die klasse bywoon. Uitslae: ‘n Gekombineerde Junior- en Seniorspan het op Maandag 12 Februarie aan ‘n vriendskaplike

wedstryd by TrinityHouse, Randpark deelgeneem. Beide hierdie spanne het hul wedstryde verloor.

ALGEMEEN

VERE-KAS-TYE:

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Kontak vir Thea Kilian ([email protected]) / Debbé Potgieter ([email protected]) vir enige navrae in verband met die Vere-kas. SLUITKASSIES Daar is nog ‘n paar sluitkassies te huur teen R170 per jaar. Belangstellendes kan navraag doen by Adele Ekron in die algemene kantoor.

Page 9: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · FEDSAS doen ʼn ernstige beroep op ouers wat die beste belang van hulle kinders en van hulle kinders se skool en opvoeding op die hart het,

9

MEDIASENTRUM

MEDIASENTRUM

Baie geluk aan die volgende leerders wat verkies is as medialeiers vir 2018:

Karo Bekker Lean Booyens Deoné Bothma Justine Coulter Pierre de Villiers Annika Dirker Lené Dyson Queon Ernst Megan Fritz Xanté Johnston Claudi Greeff René Naude Nicola Nel Nina Novella Delané Potgieter Kiara Roftopoulos Anshe Roos Inge Schoeman Jana Simpson Mika Theron Kayla van Metzinger

UITBLINKERS VAN DIE WEEK

Rooiklas: Karla le Grange en Liam Ouwenkamp Geelklas: Landi de Jager en Reuben Voogt Persklas: Danielle van Dyk en Juvan Scholtz Oranjekas: Ruach Brits en Kylie le Roux Groenklas: Amé Potgieter en Kihan Greyling Blouklas: Stef Greyson en Logan Joubert

STER VAN DIE WEEK

Gr. 1/14: Olivia Drake Gr. 1/22: Mikhe Müller Gr. 1/24: Isabelle Naborn Gr. 1/25: Johan Bester Gr. 1/26: Kiara Meyer Gr. 1/27: Stefanie Viviers Gr. 2/15: Roxanne Nortje Gr. 2/16: Mieke Jonker Gr. 2/17: Tiffany Pienaar Gr. 2/18: Sean du Plessis Gr. 2/21: Liam Clark Gr. 2/23: Henco Blaauw Gr. 3/12: Theresa Richards Gr. 3/13: Marku Venter Gr. 3/28: Nicola Raftopoulos Gr. 3/29: Christyn v.d. Westhuizen Gr. 3/45: Anita de Bod Gr. 3/46: Duan Marais

GOEIE GEDRAG

Gr. 4/47 Alycia Reid en Ryan Esterhuizen Gr. 4/49 Mila v.d. Merwe en Joshua Liebenberg Gr. 6.34 Herman Goosen en Jessica Meyer

Page 10: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · FEDSAS doen ʼn ernstige beroep op ouers wat die beste belang van hulle kinders en van hulle kinders se skool en opvoeding op die hart het,

10

NASKOOLSENTRUM

Let asseblief daarop dat die naskoolsentrum op hierdie stadium vol is, geen nuwe inskrywings word nou

geneem nie. Indien u dalk u kind/ers se name op ‘n waglys wil sit, kan u gerus vir Marilet Vosloo ‘n e-pos

stuur by [email protected].

Geen leerder/s wat nie ingeskryf is nie, mag net by die naskool aansluit vir ‘n middag nie. Sulke leerders

moet asseblief gebruik van die huiswerkhoekie of die Fairland-stasie.

“SAVE THIS DATE”

UITNODIGING AAN ALLE FAIRLAND PA’S EN OUPAS NA DIE 2018 PA EN SEUN-KAMP. JAARGANG 26.

MANS SONDER SEUNS IS OOK MEER AS WELKOM OM IN HIERDIE HEERLIKE ERVARING TE KOM DEEL .

Hierdie jaar kom ons weer by Koppisol bymekaar. As julle gedink het laasjaar het ons dinge bietjie anders gedoen, hou hierdie spasie dop.

DATUM: 22 - 25 Maart 2018

TYE: Vrydag 14:00 tot Sondagmiddag

PLEK: Klub Koppisol, op die R82 tussen De Deur en Vereeniging

TEMA: Kan ek ‘n “hero” wees? Ek is op soek na ‘n vrywillige aspirantfotograaf wat vir ons ‘n klompie foto’s sal vaslê gedurende die naweek.

Kontak my gerus met enige ander navrae of voorstelle!

Koördineerder Jaco Fourie ([email protected] / 083 6333 944)

VRIENDE VAN FAIRLAND-SPENS Gedurende 2011 het Vriende van Fairland ’n spens begin waar ons van die skool se families, wat in nood verkeer, tydelik help met maandelikse kruideniersware. Die spens was vol verlede jaar na ‘n baie suksevolle omgeeweek waar leerders en hul ouers vrywillig kruideniersware gebring het. Desember is die laaste kruideniers uit ons spens uitgedeel en is daar huidiglik geen kruideniers oor nie. Help ons asseblief weer om gedurende 26 Februarie tot 2 Maart ‘n omgeeweek by die skool te hou deur van die volgende items skool toe te bring en sodoende ons spens te vul vir die behoeftes van 2018. Die lys van behoeftes is in klasverband verdeel om hoeveelhede beter te reguleer. Indien u egter verkies om produkte te bring wat onder ‘n ander graad gelys is, is u baie welkom. Leerders kan alle skenkings na hulle register-klasse neem en dan sal dit alles aan die einde van die week na die spens gestuur word.

‘n Groot dankie aan al die ma’s wat so getrou elke maand ook kruideniers-skenkings maak, julle help dat ons begroting elke maand klop! As daar dalk nog iemand is wat op ‘n maandelikse basis betrokke wil raak, kan jul my kontak. By voorbaat baie dankie

Irene Aucamp Spens Koördineerder 0836517230

Page 11: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · FEDSAS doen ʼn ernstige beroep op ouers wat die beste belang van hulle kinders en van hulle kinders se skool en opvoeding op die hart het,

11

Gr. R/07 Koffie Gr. R/08 Suiker Gr. R/09 Tee (Gewoon of Rooibos) Gr. R/10 Langlewe melk Gr. R/11 Poeiermelk of Cremora Gr. R/11A Ontbytgraan (nie Oats nie) Gr. 1/14 Marmite of Bovril Gr. 1/22 Grondboontjiebotter Gr. 1/24 Konfyt Gr. 1/25 Stroop

Gr. 1/26 Geblikte vis Gr. 1/27 Geblikte vleis

Gr. 2/15 Geblikte groente Gr. 2/16 Ingemaakte slaai (boksies)

Gr. 2/17 Ingemaakte vrugte Gr. 2/18 Pasta

Gr. 2/21 Ingemaakte groente Gr. 2/23 “Cup a soup” of pakkies sop of soja

maalvleis (Toppers)

Gr. 3/12 Geblikte sop Gr. 3/13 Oats Gr. 3/28 Ontbytgraan (nie Oats) Gr. 3/29 Beskuit ( Ouma tipe) Gr. 3/45 Rys Gr. 3/46 Enige pasta (nie 2 min “Noodles” nie) Gr. 4/47 Soet koekies Gr. 4/48 “Two min. Noodles”

Gr. 4/49 Blatjang Gr. 4/50 Mayonaise

Gr. 4/51 Olie Gr. 4/52 Tamatiesous

Gr. 5/02 Jellie Gr. 5/05 Aanmaak koeldrank

Gr. 5/39 Beskuit (Ouma tipe) Gr. 5/41 Provitas of soutkoekies

Gr. 5/42 Koekies (soet) Gr. 5/43 Geblikte groente

Gr. 6/03 Langlewe melk Gr. 6/04 Skottelgoedseep

Gr. 6/06 Waspoeier Gr. 6/34 Deodorant (dames)

Gr. 6/37 Langlewe melk Gr. 6/40 Ontbytgraan (nie Oats nie)

Gr. 7/01 Geblikte vleis (Worsies, Bully beef, ens.) Gr. 7/30 Waspoeier

Gr. 7/31 Geblikte vleis Gr. 7/32 Geblikte groente

Gr. 7/44 Geblikte vis

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

SPORT

SWEM Sybrand Strauss (gr. 3/45) het die afgelope naweek deelgeneem aan die Midmar-myl, wat die grootste oop-water swem in die wêreld is. Hy het deelgeneem in die ouderdomsgroep seuns o/13 en het ‘n tyd van 49.27 geswem. Sybrand was tweede van die 8-jariges in Event 6.

KARATE Op Saterdag 10 Februarie, tydens die Vaaldriehoek-kampioenskap van die Tenshinkan Karatefederasie, het Amy Olivier (gr. 4) van Laerskool Fairland en lid van die Tenshinkan-Suid karateklub, haarself goed van haar taak gekwyt. Sy het ‘n eerste plek behaal vir haar kata, sowel as ‘n eerste plek vir kumite (geveg) in die ouderdomsgroep 9 - 10 jaar in die kategorie blou- tot persbelt. Baie geluk Amy! Dit is voorwaar ‘n groot prestasie.

Page 12: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · FEDSAS doen ʼn ernstige beroep op ouers wat die beste belang van hulle kinders en van hulle kinders se skool en opvoeding op die hart het,

12

ADVERTENSIES

RESONANZE MUSIEKSKOOL Begin 2018 reg, begin 2018 met MUSIEK!! Skryf nou in vir individuele musieklesse; viool, kitaar, dromme, sang of klavier, OF ons groepklasse; ‘“Shake it Off”, koor, marimbas en meer!! Resonanze Musiekskool, Berario Ontspanningsentrum, 081 351-7491 / [email protected] FISIOTERAPEUT Fisioterapeut in 8th Avenue, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat en groep-pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386 of [email protected].

SPESIALE AANBOD VIR LAERSKOOL FAIRLAND SE OUERS

Page 13: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · FEDSAS doen ʼn ernstige beroep op ouers wat die beste belang van hulle kinders en van hulle kinders se skool en opvoeding op die hart het,

13

Page 14: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · FEDSAS doen ʼn ernstige beroep op ouers wat die beste belang van hulle kinders en van hulle kinders se skool en opvoeding op die hart het,

14

Page 15: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · FEDSAS doen ʼn ernstige beroep op ouers wat die beste belang van hulle kinders en van hulle kinders se skool en opvoeding op die hart het,

15