@agri desember 2011 • januarie 2012

40
@agri Jou no.1 aanlyn tydskrif Noord-Kaap Suid-Vrystaat Uitgawe 2 • Des 2011 | Jan 2012

Upload: lees-agri

Post on 12-Mar-2016

263 views

Category:

Documents


8 download

DESCRIPTION

Uitgawe 2: Desember 2011 | Januarie 2012

TRANSCRIPT

Page 1: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

@ a g r iJou no.1 aanlyn tydskrif

Noord-Kaap

Suid-Vrystaat

Uitgawe 2 • Des 2011 | Jan 2012

Page 2: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

Sportron. It's time to start your own business now! Supplement your income or work full time, work with products and people that support

good health, financial security and personal development. Interested? Sms your name and number to 072 3511 258 and we will phone you!

Professionele fotograaf vir alle geleenthede. Kimberley en omgewing. Skakel Carine Beylefeld by 083 4535 253.

Kindervermaak by partytjies: gesigverf, ballonne vou, nar en Minnie Muis en ander lekker pret. Kimberley en omgewing.

Skakel Carine Beylefeld by 083 4535 253.

Vanderkloofdam en omliggende gebied: eiendomme, inligting of besprekings vir akkommodasie of ander geleenthede.

Skakel Ethel van der Walt by 082 6071 194.

Kayak op die Vanderkloofdam of die Oranjerivier. Groot pret! Ideaal vir familiefees of spanbou. Kontak

Ethel van der Walt by 082 6071 194.

Gholfafrigting in Jan Kempdorp vir leerders van Graad 1 tot 7.Aanleer van vaardighede en jongste tegnieke. Nie nodig omtoerusting aan te koop. Afrigting vir seniors ook aangebied.

Skakel Nico Schmahl by 072 179 1570.

Anoesjka Botes Fotografie - vir die neem van troufoto's, baba-, kinder- en gesinsfotos. Skakel 082 316 2092 of stuur e-pos na

[email protected]. Britstown/De Aar/Vosburg-distrikte.

Garsonhein Rottweilers. Opreg geregistreerde Rottweiler-hondjies. Ingeënt, ontwurm en gemicrochip. Groot bouvorm, seun van Australië-kampioen in 2007. Skakel Mariëtte Swanepoel van

Jacobsdal by 082 4370 659.

Louis Botha Fotografie. Kimberley. Skakel Louis vir enige foto's - troues, kinders, familie, sport of gesellighede by 082 494 6783.

Stuur 'n e-pos na [email protected].

CBlivé

FOTOGRAFIE

urger053 591 0761 • 083 708 3974

Laat my toe om jou mooiste dagse herinneringe met 'n kamera vas te lê.

Kleiner advertensies soos hierde kos R60. Stuur u inligting na [email protected]

Tupperware – jou lewenslange kombuisvriend. Baie voorraad beskikbaar. Skakel Tania Wiid

by Plooysburg by 082 457 2708.

Lavender Landscaping – garden design, maintenance, water features and irrigation. No job too far to travel for.

Contact Irma Müller at Modder River on 083 633 0133 or send an email to [email protected].

Page 3: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

Redaksie

Dagboek

Alfa en Omega

Hoë koringopbrengstelaat produsente glimlag

Mielie-oessyfers was effe oorskat

Goeie bestuur en samewerkingis die sleutel tot sukses

Ramphulp is toegeken aan provinsies

Katoenproduksie neem plaasliktoe, maar wêreldwyd af

Rektor van NWU isLandboukundige van die Jaar

Invloed van mynbou wek kommer

Desember 2011 • Januarie 2012

23

4

6

8

10

13

14

16

18

19

20

22

25

26

30

30

32

37

@agriClivé Burger - Redakteur 083 708 3974 [email protected]

Stephan Vorster - Grafiese [email protected]

Die volgende uitgawe van @agri verskyn 1 Februarie 2012.

Des 2011 | Jan 2012 1

Kommunikasieprobleme tydensSKA-bodprojek duur steeds voort

Jongman van Douglas presteer in landloop

Waak teen die son se dodelike strale

Tariewe vir advertensies

Landelike veiligheidword voorop gestel

Gesinsbeskermer voldoen in die helegesin se behoeftes

Jongboer van Upington se sukseslê in rosyntjies en druiwe

Giste en swamme inkuilvoer nou só hokgeslaan

Hoë lampersentasie isdie eerste stap virwinsgewende skaapboerdery

Stuur asb hierdie tydskrif na al u vriende en kennisse sodat ons lesertal kan uitbrei. Boonop is daar lekker kontantpryse op die spel. Al wat u moet doen is om die e-pos te stuur na 10 van u

kontakte en te cc.

Die kontanttrekkings van R2 000, R1 000 en R500 sal gedoen word aan die einde van Februarie So waarvoor wag u?

[email protected]

Page 4: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

aarheen is die tyd? As Desember net nog 'n ekstra Wweek gehad het...

Die winkels loop al weer oor van al die mooi goed, duur goed, onnodige goed, geskenkgoed, Kersgoed. En ons land se mense koop – met oorgawe.

Ek verwonder my jaarliks aan hoe mense hul trollies volpak. Televisiestelle, dekodeerders, musieksentrums, stofsuiers, wasmasjiene, stowe, skottelgoedwassers agter op die bakkie. Vir die kinders die nuutste gier – skopfietse, skaatsplanke, televisiespeletjies (noem mens dit nog so?), fietse.

In oorvloed. Dit is vir talle Suid-Afrikaners bonusmaand, en as mens hoor wat sommige mense per maand verdien (dit wat ander skaars in 'n jaar kry) kan mens verstaan hoekom die beursies so boepens staan.

En op Kersdag eet ons mos asof ons nooit weer gaan eet nie. Dan is tyd vir 'n feesmaal uit die boeke – vyf of ses soorte vleise, bakke vol slaaie wat selfs 'n groep honger koshuisseuns nie eens opgeët sal kan kry nie. En dan namiddag word die bakke en bakke nagereg uitgedra. En ons moet van elkeen eet! Lekker!

Ek kan nie anders as om te dink aan diegene wat swaarkry nie. Veral gedurende die feestyd. Kinders verstaan nie altyd dat daar nie geld is nie. Maatjies kry groot geskenke en gaan see toe.

Miskien moet elkeen van ons net een ding uit ons kaste gaan haal hierdie Kersfees en dit vir iemand gee wat dit nodiger het. Of sommer 'n klein geskenkie koop vir die tannie in die ouetehuis wie se kinders dalk ver woon! Ons het so baie...en gee so min.

Net vandag gaan ek my kinders se kaste uitpak en al die speelgoed en klere uithaal wat nie meer gebruik word nie. Ek gaan dit weggee... en iemand se Kersfees ook probeer spesiaal maak.

God se genade vir ons is genoeg. As ons terugkyk op die jaar kan ons net dankie sê vir al die seëninge wat ons ontvang het. Ook in die landbou het daar baie dinge die afgelope jaar gebeur. Ons het droogtes gesien en vloede veral in ons streek wat groot skade berokken het. Vleispryse

het gestyg, graanpryse het steeds gewissel na gelang van wêreldmarkte se bewegings. Daar was uitsprake – positief en negatief.

Goeie nuus is dat koringprodusente uitstekende opbrengste gekry het. Lees gerus wat 'n paar produsente sê. Almal stem saam dat die koeler weer vanjaar 'n groot rol gespeel het.

Ons is ook baie trots op ons twee produsente in Groblershoop en Upington wat vanjaar vir harde werk met toekennings beloon is. Johannes Fourie is 'n toegewyde boer wat suksesvol saam met sy bestuur en familie dit regkry om volhoubaar te kan boer. Gog van der Colff is ons jongboer wat vanjaar stof in die oë van deelnemers regoor die land geskop het toe hy as Agri SA en Toyota SA se Nasionale Jongboer van die Jaar aangewys is.

@agri is trots op sy tweede uitgawe en wil alle lesers nooi om betrokke te raak en te laat weet as daar enigiets nuuswaardigs in jul area gebeur. Ons sal graag ons streek se mense se stories wil vertel. Nuuswaardige foto's en datums is ook baie welkom. Hierdie tydskrif is juis sodat ons kan spog met ons skole en kinders se prestasies, ons vroue, ons landbouers en ons dorpe.

Gaan loer ook na ons nuwe webwerf wat ons begin het. Hier sal

ons alle uitgawes van @agri in argiewe bêre, belangrike datums kan deur die maand opgedateer word en dan ook ons koop en verkoop-afdeling waar landboutoerusting en –implemente te koop aangebied sal word.

Ons beplan nog baie opwindende dinge vir die tydskrif, maar soos die jaar vorder, sal ons dit aan ons lesers bekendstel.

Baie dankie vir elke vriendelike boodskap wat ons ontvang het met die eerste uitgawe. Dit is verblydend om te hoor dat ons lesers van die idee hou wat beteken ons is op die regte pad. Stuur asseblief ook die e-pos met die tydskrif aan sodat ons die lesertal op só maklike manier kan verhoog.

Vir eers is dit totsiens. Mag elkeen van u 'n Geseënde Kersfees saam met u gesinne en vriende vier. 'n Wonderlike en Voorspoedige Nuwe Jaar word u toegewens.

Kersgroete tot ons weer op 1 Februariegesels wanneer @agri verskyn.

Clivé

www.leesagri.spmdesigns.co.za

Die opinies wat deur persone in hierdie publikasie geopper word, is persoonlik en weerspieël nie noodwendig dié van die redaksie of medewerkers nie. Des 2011 | Jan 20122

Page 5: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

Dorpe in die Noord-Kaap en Suid-Vrystaat word versoek om asseblief alle belangrike datums aan @agri deur te gee vir plasing. Stuur die inligting

na [email protected].

Sluitingsdatum vir die Februarie 2012-uitgawe van @agri vir kopie, foto's en advertensiemateriaal: 25 Januarie 2012.

Januarie:16 – 19: Grondwetenskapvereniging van Suid-Afrika se kongres in Potchefstroom.

Stuur 'n e-pos na Charmaine Sullivan by .

20 – 21: Richmond Skou. Skakel 072 195 9596 of 082 445 4111 vir stalletjies.

Stuur e-pos na .

27 – 28: De Aar Skou. SA Saalperd streekkampioenskappe: Charl Marais 082 416 4717;

Merino-veldskou: Reynardt Kock 082 373 5546;

Dorperstoet- en kudde: Willie Smith 082 572 5796;

Stalletjies: Rassie Greyling 083 288 6996.

Februarie:9 – 11: Victoria-Wes Skou. Vir verdere navrae skakel 082 940 8231 en vir

stalletjies 071 675 8878 of stuur 'n e-pos na .

9 – 10: Willowmore Skou. Skakel Andries Greeff by 044 923 1887 of

Kobus Lötter by 044 956 1009.

Maart:1 – 3: Carnarvon Skou. Dorper en Wit Dorper, Merino en melk- en vleisbok, saal- en

boerperd, slaglamkompetisie, jeugskou. Skakel Hennie Jordaan by 082 796 3805 of

Annetjie du Plessis by 082 771 8108. Stuur 'n e-pos na .

6 – 9: Agri Mega Groep en Agrifica landboutoer na Argentinië. Plek vir 15 persone.

Bespreek voor 24 Februarie. Vir verdere inligting skakel 012 804 9729.

18 – 23: Agrifica en Africa Lead landboubesigheidtoer na Kenia. Bespreek voor 2 Maart.

Stuur 'n e-pos aan Marianna du Plessis by .

April:19 – 21: Bienne Donné Agri-week by Simondium, Wes-Kaap.

26 – 5: Bloemskou. Vir enige verdere navrae skakel Elmarie Prinsloo by 051 448 2092,

086 659 6584 of stuur e-pos na .

[email protected]

[email protected]

[email protected]

[email protected]

[email protected]

[email protected]

Des 2011 | Jan 2012 3Graan SA nou in PretoriaGraan SA se hoofkantoor verskuif vanaf Bothaville na Pretoria. Die nuwe nommer vir Graan SA is 08600 472 46.

Page 6: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

Jesus se soortKersfees

Jesus se soortKersfees

Lees Lukas 2

Miskien het jy al die verhaaltjie gehoor van die kindertjies wat by hulle kerk 'n Kersspel opgevoer het. Die outjie wat die herbergier moes speel wat vir Josef-hulle moes sê daar's nie plek in sy herberg nie, het swaar gekry om dit te doen. Die Sondagskooljuffrou het voet by stuk gehou: hy moes vir “Josef en Maria” wegstuur. Die aand tydens die opvoering toe Josef en Maria by die herbergier aankom, het hy verstar gestaan. Uiteindelik sê hy: “Die herberg is vol.” Toe Josef en Maria hangskouers van hom af wegstap, roep hy uit: “Wag, julle kan my slaapkamer kry. Ek sal in my ma-hulle se kamer op die mat slaap!”

Nodeloos om te sê, die hele toneel was ontwrig. Die juffrou was kwaad, en die ander akteurtjies het nie mooi geweet hoe verder nie. Maar miskien was dit een van die beste Kersopvoerings nog, want die outjie wat die herbergier gespeel het, het iets van Jesus se soort Kersfees gesnap. Hy het besef dat Kersfees regtig oor iets anders, oor Iemand anders gaan. Jesus is die Een wat Kersfees met nuwe inhoud vul. Jesus se presente is nie met helder papier toegedraai nie. Hy bring ook nie sakke vol goedkoop geluk na ons toe nie. Hy verander mense. Hy maak dat selfs die kindertjies hulle kamer wil afstaan aan mense wat nie 'n dak oor hulle kop het nie.

Kersfees is 'n ander soort fees vir mense wat Jesus navolg. Ja, sy mense gee ook presente weg aan diegene wat naby aan hulle is, maar hulle doen meer as dit. Hulle gee ook iets van hulleself weg. Kerstyd is 'n tyd van deernis. Dis 'n tyd wanneer Jesus se volgelinge mense raaksien wat nie kos op hulle tafel het nie en niemand om vir hulle goed te wees nie. Dis die tyd dat sy kinders 'n kruk word vir diegene wat deur die lewe mank geslaan is. Kerstyd is omgeetyd, trane-afdroogtyd, selfgeetyd. Jesus se soort Kersfees maak van sy volgelinge ligte in die donker wêreld. Dit verander God se kinders in noodhulpwerkers wat stukkies genadebrood – en regte brood – kwistig rondom hulle uitdeel.

Here Jesus, maak ons oë in hierdie Kerstyd oop sodat ons ook die nood van ander sal raaksien en sal voorsien soos U elke dag aan ons voorsien. Amen

(Uit: Aan my Vader se Voete – Stephan Joubert)

Geseënde Kersfees!

Tegnologie is 'n wonderlike ding. Kyk dan nou net... hier

lees u 'n tydskrif propvol nuus en gebeure sommer op die

internet. Daagliks kry ek die mooiste e-posse wat ek

eenkant bêre met die gedagte om dit weer “eendag” te

lees. Ek het besluit dat dit nou die ideale geleentheid is om

dit te gaan “uitkrap” en maandeliks een (of dalk twee!) vir

ons lesers te plaas. Hierdie stukkies is dikwels vroeg

soggens as ek voor die rekenaar inskuif my Bybelstukkie en

gebed vir die dag. Dankie aan die (gewoonlik) anonieme

skrywers vir die pragtige pitkos!

The Mayonnaise Jar

When things in your life seem almost too much to handle, When 24 hours in a day is not enough; remember the mayonnaise jar and 2 cups of coffee.

A professor stood before his philosophy class and had some items in front of him. When the class began, wordlessly he picked up a very large and empty mayonnaise jar and start to fill it with golf balls.

He asked the students if the jar was full. They agreed that it was.

The professor then picked up a box of pebbles and poured it into the jar. He shook the jar lightly.

The pebbles rolled into the open areas between the golf balls.

He then asked the students again if the jar was full. They agreed it was.

The professor next picked up a box of sand and poured it into the jar. Of course, the sand filled up everything else. He asked once more if the jar was full. The students responded with an unanimous “yes”.

The professor then produced two cups of coffee from under the table and poured the entire contents into the jar, effectively filling the empty space between the sand. The students laughed.

“Now,” said the professor as the laughter subsided, “I want you to recognize that this jar represents your life. The golf balls are the important things - God, family, children, health, friends and favourite passions. Things that if everything else was lost and only they remained, your life would still be full.

“The pebbles are the things that matter like your job, house and car. The sand is everything else – the small stuff.

“If you put the sand into the jar first,” he continued, “there is no room for the pebbles or the golf balls. The same goes for life. If you spend all your time and energy on the small stuff, you will never have room for the things that are important to you.”

So...

Pay attention to the things that are critical to your happiness.Know your God.Play with your children. Take time to get medical checkups. Take your partner out to dinner. There will always be time to clean the house and fix the dripping tap.

Take care of the golf balls first - the things that really matter. Set your priorities. The rest is just sand.

One of the students raised her hand and inquired what the coffee represented.

The professor smiled.

“I'm glad you asked. It just goes to show you that no matter how full your life may seem, there's always room for a couple of cups of coffee with a friend.”

(Gestuur deur Samantha Swart)

Des 2011 | Jan 2012 4

Page 7: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

Valid until 6 January 2012

Valid until6 January 2012

Page 8: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

Hoë koringopbrengstelaat produsente glimlagHoë koringopbrengste

laat produsente glimlagVickie, by Douglas boer, het gesê vanjaar se opbrengste op die plase, Picton en De Bad, is 20% hoër as verlede jaar. “Die kwaliteit van die koring is goed en ons het min siektes gehad.”

Hulle het altesaam 1 200ha koring geplant, waarvan 80% B1-graad was en 20% B2. Sodra 'n land klaar gestroop is, word dit voor-berei en word daar die volgende dag weer mielies geplant. Hulle gaan sowat 900ha mielies aanplant en 330ha saadsonneblom. In Januarie word ook sowat 50ha aartappels geplant.

Hul ander broer, Hannes, wat by Hopetown boer, het op een van sy sirkels 9,75 ton/ha gestroop en op die helfte van 'n ander sirkel

Des 2011 | Jan 20126

oere in ons streek het 'n welkome Kersge-Bskenk gekry.

Die meeste koringprodu-sente het in Desember begin stroop en oral is hulle dit eens – die oesopbreng-ste is bo verwagting goed.

'n Paar produsente met wie @agri gesels het, sê hulle is baie tevrede met die op-brengste tot dusver. Die opbrengste per hektaar wissel tussen enigiets van 8 tot 11 ton/ha. Soos iemand opgemerk het: “selfs die ouens wie se koring nie so waffers gelyk het nie, het goeie tonne gestroop”.

Johan Jacobs van Douglas het gesê hy beleef die beste koringoes nog ooit op sy plaas. “Ek het sirkels wat

9 ton/ha gegee het, en ek voorspel dat die gemiddeld v i r d ie p laas rondom 8 ton/ha gaan wees.”

Produsente reken dat die koeler temperature meestal tot die hoër opbrengste by-gedra het.

Johan het gesê die feit dat koeler temperature onder-vind is en dat die winter baie koud was 'n groot rol ge-speel het. Hy het 700ha onder koring geplant en behoort nog voor Kersfees klaar mielies te geplant het.

D ie Bruwer -b roers van Hopetown en Douglas het dit ook bevestig – hierdie was 'n uitsonderlike jaar en die opbrengste is belowend. Die oudste, Gerhard, wat saam met sy jongste broer,

Page 9: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

voere teen dieselfde tempo aangaan, kan ons moontlik later met 'n voorraadpro-bleem sit.”

Op 'n vraag of produsente aangeraai word om pryse vas te maak, het Prinsloo gesê die mark kan enigiets doen. Die prys het d ie potensiaal om met R300 te groei of dit kan met só veel val.

Indien die mielie-oes groot gaan wees en weerpatrone is goed, kan daar moontlik weer probleme kom met swakker pryse. Die huidige situasie lyk egter positief wat prys betref.

Prinsloo se aanbeveling is dat produsente 30% vas-maak en die res op vloer-pryse insit.

Des 2011 | Jan 2012 7

10,7 ton/ha. “Ons het nog nie 'n gemiddeld nie, maar dit gaan minstens 1 ton/ha meer wees as wat ons verlede jaar gestroop het. Die 530ha koring wat hy plant, maak nou plek vir mielie-aanplantings.

“Ander jare het ons koring na die einde toe letterlik doodgebrand vanweë die uiterste warm temperature. Di t is h ierd ie jaar baie koeler. Ons het 'n paar dae hoë temperature en dan is dit sommer weer koeler.”

Wimpie Swanepoel van Dasram Boerdery by Ja-cobsdal is baie tevrede met hul opbrengste op die 500ha koring wat hulle geplant het. Sy opbrengste op verskillen-de spilpunte wissel tussen 9 en 11 ton/ha.

“Ons gaan seker eers ná Kersfees klaar gestroop wees. Intussen word 240ha mie l ies aangeplant wat saam met die vroeë mielies hul totaal op 600ha te staan

br ing. Verder word ook 200ha sojabone geplant.

Ederich Prinsloo, verhande-lingsbestuurder van GWK in Douglas, het bevestig dat die mielieprys vir die eerste keer in sowat 10 jaar in die tweede week van Desember duurder was as die koring-prys. Dit was R2 690 vir mielies teenoor R2 670 vir koring.

“Dit gebeur nie sommer nie. Die rede daarvoor is omdat die vraag na geelmielies heelwat hoër was en omdat Suid-Afrika meer uitgevoer het as wat hy moes. Die binnelandse verbruik het hiertoe aanleiding gegee. 'n Persepsie het ontstaan dat daar nie genoeg voorraad sou wees nie en dit het tot dié hoë prys gelei.

“Die aanplantings en die grootte van die huidige mie-lieseisoen sal deurslagge-wend wees rakende voor-raad. Sou die verbruik toe-neem en die tempo van uit-

• Lees ook die artikel oor die finale nasionale oesskatting vir somer-gewasse in hierdie uit-gawe.

Regter Fikile Bam, Regter-President van die Grondeisehof is op 18 Desember oorlede. Hy het hierdie posisie beklee sedert 1995.

Hy is op 74-jarige ouderdom in die Park Lane-kliniek in Johannesburg oorlede. Johannes Möller, president van Agri SA, het

Regter Bam beskryf as 'n man van integriteit, iemand wat werklik sy land tot d iens was en wie a l tyd waardig en beginselvas opgetree het.

“Hy was besonders geïnteresseerd in die sensitiewe gronddebat en het 'n reuse bydrae gemaak deur sy insette, begrip en die uitsprake wat hy gelewer het. Hy was baie toeganklik en hy sal gemis word,” het Möller gesê.

Regter-President vanGrondeisehof sterf

Page 10: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

ie grootte van die kommersiële mielie-oes soos bepaal deur die oesskattingskomitee in DSeptember was sowat 2,3% met 248 400 ton

meer as die finale produksiesyfers wat vroeg in Desember bekendgemaak is. Dié syfer is nou 10,360 miljoen ton. Wit- en geelmielies was onderskeidelik met 2,1% en 2,7% oorskat.

Luidens 'n verklaring van die nasionale oesskattings-komitee is die rede vir die oorskatting juis hierdie jaar se weerpatrone.

In sommige areas was daar lang tye van droogte wat gevolg is deur reënperiodes. Dit het bygedra tot

Mielie-oessyferswas effe oorskat

opbrengsverliese vir meeste van die gewasse en het ook probleme tydens oesprosesse veroorsaak.

Die oesskattingskomitee bedank graag alle rolspelers in die bedryf vir die inligting wat hulle op 'n gereelde basis deurgee ten einde 'n korrekte oesskatting te kan maak. Produsente wat egter nog nie deelneem aan die departement van landbou se maandelikse opnames nie, word weer eens versoek om hul bydrae tot die oesskattingsproses te maak.

Hier onder is 'n samevatting van die areas geplant en oesproduksiesyfers vir kommersiële somergewasse vir 2011.

Finale oppervlakte geplant en produksie van kommersiële somergewasse vir 2011

GEWAS

FINALE OPPERVLAKTE

BEPLANT

2011

HA

(A)

FINALE OES

2011

TON

(B)

KOMITEE

OPPERVLAKTE BEPLANT

2011

HA

(C)

KOMITEE

FINALE SKATTING1)

2011

TON

(D)

FINALE OES

vs

FINALE SKATTING

%

(B) ÷ (D)

Witmielies

1 418 300 6 052 000 1 418 300 6 181 900 -2,1

Geelmielies

954 000 4 308 000 954 000 4 426 500 -2,7

Totaal Mielies

2 372 300 10 360 000 2 372 300 10 608 400 -2,3

Sonneblomsaad 642 700 860 000 642 700 861 770 -0,2

Sojabone 418 000 710 000 418 000 708 750 +0,2

Grondbone

55 150 64 250 55 150 68 295 -5,9

Sorghum 69 200 155 000 69 200 155 430 -0,3

1)

Soos op 27 September 2011

Des 2011 | Jan 20128

Page 11: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

Kommersiële grondbone en sorghum

GEWAS

Totaal

Ton

Produsentelewerings soos gerapporteer deur

SAGIS2)

(Mrt-Okt 2011)

Ton

Geprojekteerde produsentelewerings3)

(Nov 2011 - Feb 2012)

Ton

Terughoudings op plaas/plase vir eie

gebruik/direkte verkope, ens.

Ton

Grondbone 64 250 57 294 1 696 5 260

Sorghum

155 000 148 996 2 260 3 744

2)

SAGIS produsentelewerings verwys na die pas afgelope seisoen se oes. 3)

Geprojekteerde produsentelewerings word gebaseer op historiese tendense van produsentelewerings, soos gemonitor deur SAGIS.

Des 2011 | Jan 2012 9

Kommersiële sonneblomsaad en sojabone

GEWAS

Totaal

Ton

Produsentelewerings soos gerapporteer deur

SAGIS2)

(Jan-Okt 2011)

Ton

Geprojekteerde produsentelewerings3)

(Nov 2011 - Des 2012)

Ton

Terughoudings op plaas/plase vir eie

gebruik/direkte verkope, ens.

Ton

Sonneblomsaad 860 000 858 550 1 450 -

Sojabone 710 000 676 117 1 883 32 000

Kommersiële mielies

GEWAS

Totaal

Ton

Produsentelewerings soos gerapporteer deur

SAGIS2)

(Mrt-Okt 2011)

Ton

Geprojekteerde produsentelewerings3)

(Nov 2011 - Feb 2012)

Ton

Terughoudings op plaas/plase vir eie

gebruik/saad

Tons

Witmielies

6 052 000 5 808 101 143 587 100 312

Geelmielies

4 308 000 3 827 097 107 139 373 764

Totaal Mielies

10 360 000 9 635 198 250 726 474 076

Page 12: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

Goeie bestuur en samewerkingis die sleutel tot sukses

het Willem Ehlers as plaasbestuurder vir Johannes begin werk. Hy boer dus al 13 jaar op die plaas. Johannes se een seun, Wilco, het in 2001 op die plaas begin werk en help met die oorhoofse bestuur van die boerdery en hanteer ook die administrasie daarvan.

Die Fouries se dogter, Marike, en haar man, Schalk van der Merwe, het vanjaar ook deel van die uitgebreide plaas-familie geword. Marike help haar ma, Marietjie, in die kantoor met die boekhouding van die boerdery en begin nou ook stelselmatig die adminis-tratiewe gedeelte by Wilco oorneem. Die jongste Fourie-seun, Johan, is 'n landboukundige by GWK in Douglas, maar sal ook waarskynlik later in die toekoms hom by die boerdery-onderneming aansluit.

Johannes glo in sy bestuur en werkers en daarom sorg hy dat elkeen

Clivé Burger, redakteur

ohannes is vanjaar as Noord-Kaap se Boer van die Jaar deur die Landbou-Jskrywersvereniging van die sentrale

streek aangewys.

Hy het die provinsie ook in November op die nasionale kompetisie saam met sy bemagtigingsvennoot, Willem Block, en hul vrouens in die Paarl verteen-woordig. Die twee boere het gesorg vir geskiedenis, want Block is ook as die Noord-Kaap se Beginnerboer van die Jaar aangewys.

Johannes se wortels lê diep begrawe by Groblershoop, want dit was ook hier waar hy gematrikuleer het. Ná skool het hy aan die Neudam Kollege in die des-tydse Suidwes-Afrika gaan studeer. Die jaar ná skool in 1973 het sy pa, Willie, 'n veeboer, twee besproeiingspersele (Opwag) langs die rivier gekoop. Dit is hier waar die Fouries vandag nog steeds boer. Wingerd is op hierdie grond aange-

plant en stelselmatig is nog persele bygekoop en is die wingerdaanplantings uitgebrei.

Sanddraai was die oorspronklike vee-plaas van sy pa. Dit is geleë aan die noordelike oewer van die Oranjerivier. In die vroeë sewentigerjare het sy pa die onontwikkelde besproeiingsgedeeltes van die plaas verkoop, maar in 1987 het Johannes die eerste deel van dié besproeiingsgrond weer teruggekoop. Toe was daar nog geen wingerd geplant nie, vertel hy.

Oor die volgende nege jaar is 48ha wingerd aangepant. “Ek het 'n groot passie vir wingerd en veral vir die maak van rosyne.” Verlede jaar het Johannes die laaste gedeelte van Sanddraai se besproeiingsgrond teruggekoop.

In die laat negentigerjare het hy ook die veeplaas by sy pa oorgekoop. In 1998

Noord-Kaapse Boer van die Jaar

Des 2011 | Jan 201210

“As die Here die huis nie bou nie, werk dié wat daaraan bou tevergeefs.” (Ps.127). Dit is juis met hierdie vers uit die Bybel as rigtingwyser wat Johannes Fourie van die plaas Sanddraai in die

Groblershoop-distrik sy hele boerdery-onderneming lei en bestuur.

Marietjie en Johannes met hul kleinkind, Stephan Fourie.

Page 13: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

Willem is die bestuurder van die be-sproeiingsgrond op Sanddraai en help ook met die bestuur van die bemag-tigingsplaas, Sanddraai Arbeidsgenot. Schalk het in die kort tydjie op die plaas hom goed vergewis as menslike hulp-bronbestuurder asook bestuurder van die besproeiingsgrond op Opwag.

Johannes (Olyn) is die bestuurder van die veeplaas, Sanddraai, asook van die beeste wat op die aangeplante weiding loop. Hy help egter ook vir Willem op die besproeiingsgedeelte. Die pekan-neutboerdery is relatief nuut en met die hulp van Johannes se kennersoog word dit deur Wilco bestuur. Die twee vrouens in die kantoor verseker dat Johannes só veel moontlik van sy tyd in die lande kan deurbring. Hy lei Wilco nou op om die oorhoofse bestuur mettertyd by hom oor te neem.

“Arbeid is ons belangrikste bate in die boerdery. Sonder arbeid sal die wingerd-bedryf, en veral die rosyntjies, baie moeilik voortbestaan. Ek het reeds vroeg besef dat ek sal moet belê in arbeid. Dit is egter 'n baie lang proses met baie slaggate in die pad.”

In 2002 het hy 'n stuk grond saam met 'n groep van sy werkers gekoop – met hulp van regeringskant. Sowat 50 perma-nente werkers is op al die plase werk-saam. Gedurende die stiller tye is daar sowat 70 werkers op die plaas, maar dit vermeerder na sowat 100 gedurende snoeityd en in oestyd vanaf Januarie tot Maart werk daar meer as 200 mense op die onderskeie plase.

Johannes is elke jaar deel van 'n afvaar-diging wat die droëvrugtekonferensie bywoon waar betrokke lande vergader om die bedryf te bespreek. Vanjaar is dit in Chili gehou.

“Ons besoek aan Chili was om saam met sewe ander lande (Amerika, Turkye, Iran, Argentinië, Chili, Peru Australië en Griekeland) inligting oor wêreldvoorrade te kry en uit te ruil en om op hoogte te bly met die nuutste marknavorsing oor die voedings- en gesondheidswaarde van ons produk. Besprekings is ook gevoer oor nuwe, verbeterde kultivars, geskikte onderstokke, en oplei- en besproeiingsmetodes. Daar is ook be-spreek hoe vloede, oorstromings, onty-dige rypskade en ander klimaats-veranderinge ons produksie benadeel en dat ons die nodige voorkomings-maatreëls daarteen moet probeer tref. “Dit is elke jaar 'n groot voorreg om

eienaarskap van sy eie take neem. Johannes Olyn het hom sowat vyf jaar gelede by die bestuur van die boerdery aangesluit. “Hy is baie bekwaam met die bestuur van die bees- en skaapboerdery, lê goeie inisiatief aan die dag en het 'n baie goeie aanvoeling om met diere te werk. Mannetjie het 'n span onder hom en is 'n mentor vir al die jong manne wat saam met hom werk.”

Die boerdery bestaan hoofsaaklik uit wingerd - 71ha vir produksie van rosyne en 35ha vir die produksie van sap en wyn. Die druiwe vir sap en wyn word aan Oranjerivier Wynkelders gelewer. “Wingerd is 'n geweldige arbeidsinten-siewe bedryf en skep baie werksgeleent-hede. Pekanneute is op 'n verdere 20ha geplant. Johannes glo hoewel die mees-te bome nog jonk is, dit 'n baie belowen-de bedryf is wat min arbeid vereis en op 'n ander stadium as die wingerd geoes word wat weer voordele van sy eie inhou. Tans is daar ook 30ha lusern geplant. Dit word as voer gebruik op die veeplaas sowel as by Agri Feeds, 'n verwerkingsaanleg in Groblershoop, gelewer. Die veeplaas is sowat 5 500ha groot en daar word hoofsaaklik met skape en beeste geboer.

Johannes het 'n paar jaar gelede 'n bemagtigingsprojek, Sanddraai Arbeids-genot (90ha), begin. Die Fouries besit 'n minderheidsaandeel in die plaas, maar help met die bestuur daarvan. Ook hier is wingerd, pekanneute en lusern geplant.

Johannes vertel sy bestuurstyl is nie om mense op te pas terwyl hulle werk nie. “Ek moedig altyd inisiatief aan en soek

na manne wat na vore wil tree om meer verantwoordelikheid te aanvaar.” Dié wyse van bestuur strek reeds 'n paar dekades terug toe Johanens as 'n direk-sielid van SAD (Suid-Afrikaanse Droë-vrugte Koöperasie) verkies is. Destyds was dit nog 'n boerekoöperasie, vertel hy.

Hy was soms van die plaas af weg en omdat hy en Marietjie toe nog alleen geboer het, was dit belangrik dat hy mense op die plaas gehad het wat verantwoordelik kon aangaan en na die boerdery omsien. Hierdie bestuurstyl word vandag nog toegepas, alhoewel daar 'n heelwat groter bestuur is. “Om-dat ons aan baie invloede van die natuur soos hael, ryp, droogtes, reën en vloede (ook gedurende oestyd) onderhewig is, leer ons al hoe meer van ons afhank-likeid van die natuur en ons Skepper. Die topbestuur kom gereeld bymekaar om saam te bid en die Here se wil vir die boerdery te soek,” sê hy. Een van sy gunsteling stellings is dat "die boer se voetspore die kunsmis vir die grond is".

Oor die jare het hy 'n baie fyn waar-nemingsvermoë ontwikkel om betyds raak te sien waar veranderinge moet plaasvind of regstellings gemaak moet word. “Ons besef dat vir baie jare is ons werknemers se ware potensiaal nie na regte benut nie, daarom moedig ons mense aan om inisiatief te neem en glo ons aan opleiding en om mense te bemagtig om eienaarskap te neem,” vertel hy trots.

Hoewel almal op die plaas alles moet kan doen, het elke bestuurder tog sy eie afdeling waarvoor hy verantwoordelik is.

Johannes op die plaas.

Des 2011 | Jan 2012 11

Page 14: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

proses in boerdery en die opheffing van mense moet bestuur, vertel hy.

“Gedurende 1933 met die vorige depressie en die bou van die Boegoe-bergdam het hier 'n proses afgespeel waaruit ons moet leer. Boere het die dam gebou, die kanaal gegrawe en elkeen het 'n klein perseel gekry om te bewerk. Diegene wat suksesvol was het dit gekry en diegene wat nie hul deel gedoen het nie het hul gedeelte verloor.

“Ons het nou weer só 'n geleentheid in die sultanabedryf. Ons het begin met Projek 1 000 - om 1 000ha sultanas aan te plant en werk te skep vir 6 000 men-se. Die mark sowel as die produkprys is in ons guns. Ons wil hande vat met die regering sodat hulle ook hul insette kan lewer.

“Die oorgrote meerderheid mense soek net 'n goeie huis en werk en bekostig-bare voedsel asook die geleentheid om te kan werk in 'n demokratiese omge-wing. Ons moet wegbeweeg van “social grants” want dit vernietig mense se self-beeld. Op korttermyn was dit geregver-dig maar op die langer termyn moet ons elkeen leer om die vis te vang. Ons wil graag deel wees van daardie groep en proses,” sê Johannes.

Johannes en sy span het baie ysters in die vuur, maar hulle sorg dat hulle dit goed bestuur en 'n sukses daarvan maak.

Elkeen erken sy afhanklikheid van 'n ander en sorg dat hulle as 'n span saamwerk tot 'n gemeenskaplike doel. Juis hieroor is dit duidelik waarom hy as Boer van die Jaar aangewys is.

namens die droëvrugtebedryf deel te neem aan die konferensie om ons Suid-Afrikaanse produsente betyds te kan inlig oor die al laer wordende voorraad-vlakke wêreldwyd sodat hulle betyds kan investeer in die aanplant van nuwe kultivars om die voordeel van hoër rosynepryse te kan benut.” Volgende jaar word die konferensie vir die tweede keer in Suid-Afrika aangebied.

Dit is egter nie hier waar Johannes se betrokkenheid by organisasies en rade stop nie. Hy is voorsitter van DTD (Droëvrugte Tegniese Dienste) sowel as van die Oranjerivier produsente-vereniging. Hy was ook vanjaar die ondervoorsitter van die Internasionale Rosyntjiekonferensie.

“Georganiseerde landbou is ons landbouers se mondstuk wat namens ons moet beding en onderhandel. Ons is 'n minderheidsgroep waarom die hele ekonomie van die platteland draai. Die verskillende produsentebedrywe soos rooivleis, graan, neute, aartappels, rosy-ne en wyn het verenigings wat sitting het binne georganiseerde landbou. Saam met die Landboubesigheidskamer het ons 'n goed georganiseerde bedryf wat maak dat die Suid-Afrikaanse voed-selprodusent se kommunikasie en inlig-ting op 'n baie hoë standaard is. Dit is egter belangrik dat ons navorsing, wat sedert 1994 agter begin raak het, weer sal herstel.”

Johannes is baie nederig oor sy aanwysing as Noord-Kaapse Boer van die Jaar deur die Landbouskrywersvereniging van die sentrale streek. “Dit was só 'n voorreg om die gesel-ligheid by te woon en te luister na elke streek se wenner, die nuwe en beginner-boere en die verskillende navorsers en voorligters se insette. Landbouskrywers vervul 'n baie groot rol om 'n positiewe beeld oor landbou in die media bekend te stel. Ons het mekaar se bydrae en aan-moediging baie nodig want in hierdie land moet ons woon en werk en ons kinders en kleinkinders grootmaak.

“Dit was ook 'n goeie geleentheid om dit saam met Willem Block van ons bemag-tigingsboerdery by te woon en vir hom en sy vrou die Kaap te kon wys.”

Die suksesse wat Johannes in sy boerde-ry tot dusver behaal het, dui net op een ding: die gesonde samewerking van sy personeel en familie. Die pad tot hier was egter nie altyd baie maklik en glad nie. “Elke keer voor 'n groot vloed (in 1973 en 1987) het ons die meeste grond bygekoop. Deur die vloed se nadele het

ons ook geleer dat dit ten goede vir ons uitwerk as ons gelowig die uitkomste en veranderinge wat daaarin is, probeer bestuur tot voordeel van die plaas en sy mense. Deur die jare het ons geleer om saam met ons Skepper en die natuur gebruik te maak van al die bates wat reeds bestaan in ons gebied. Bates soos kompos, dekgewasse, natuurlike hel-lings, die sonskyn vir die maak van die beste goue sultanas, regte gewasse wat pas by die grond wat daarvoor geskik is en Meatmaster-skape vir meer vrug-baarheid kon ons gebruik om die heel beste van die boerdery te maak.

Johannes meen dat transformasie in die landbou onafwendbaar is. “Ons is nou vir 10 jaar lank al besig om op 'n buur-plaas 46 aandeelhouers prakties te leer hoe veranderinge bestuur moet word. Ons leer egter nog elke dag. Daar is baie goeie dinge wat ons kan leer uit die verlede, maar daar is ook aspekte wat reggestel moet word. Ons het al 'n lang pad gestap ten einde veranderings aan te bring om te verseker dat plaaswerkers eienaarskap aanvaar en bemeester.

Hy is ook betrokke by Amos om 'n trans-formasieproses te bestuur. Die afgelope jaar het 14 jongmense intensiewe oplei-ding ondergaan en hulle het weer opge-tree as mentors van 50 ander jeugdiges.

Op vele terreine soos opleiding by die watergebruikersverening, die boere-vereniging, skole, kerk en polisie is ons besig om begrip vir mekaar te ontwikkel en verhoudings te bou. Die ekonomiese reëls van besigheid (boerdery) het nie en sal nie verander nie. Ons moet net saam met die regering en die politieke partye leer hoe ons die transformasie-

Des 2011 | Jan 201212

Hier tydens die konferensie in Chili is van links Kobus Hanekom, produsent van Keimoes en vise-voorsitter van Droëvrugte Tegniese Dienste (DTD), Dappie Smit, bestuurder van DTD in Wellington, en

Johannes Fourie van Groblershoop, voorsitter van die DTD.

Page 15: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

á die vloede wat die land getref het hierdie jaar, is daar vroeër tydens die Nmediumtermyn begrotingstoespraak

van die minister van finansies, Pravin Gordhan, bekendgemaak dat bykans R150 miljoen vir die finansiële jaar tot 31 Maart 2012 as vloedhulp bewillig is.

Die provinsies het as volg ontvang:

! Noord-Kaap – R131, 862 miljoen! Vrystaat – R4,736 miljoen! Oos-Kaap – R997 000! Gauteng – R1,745 miljoen! Limpopo – R8,475 miljoen ! Noordwes – R1,745 miljoen

Tydens 'n vergadering van die nasionale raadgewende forum oor rampbestuur, waar-van Agri SA 'n lid is, is besluit ten einde behoorlike bestuur oor die fondse te verse-ker, twee oorsigkomitees, op nasionale sowel as provinsiale vlak, tesame met die nasionale oorsigkomitee sal toesien dat die geld reg aangewend word, het Koos van Zyl van Agri SA gesê.

Daar bestaan egter kommer of die werk afgehandel sal wees teen die einde van Maart volgende jaar. Die geld sal hoof-saaklik gebruik word om noodwalle te herstel.

'n Vergadering is in Desember deur die Noord-Kaapse departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling in Upington belê om met verteenwoordigers van Agri SA, Agri Noord-Kaap, die departe-ment van watersake, die Oranjerivier

Landbou-unie, asook die Eksteenskuil Landboukoöperasie gehou om te bespreek hoe die vloedhulpskema geïmplementeer moet word.

'n Volledige oorsig oor die vloedskade en die herstelprogram is gegee. Sommige boere het reeds self skade aan vloed- en noodwalle herstel. Die fondse in die skema is egter nie genoeg nie, want sommige van die noodwalle se koste om te herstel is meer as die waarde van sommige plase. Kundige kontrakteurs sal die herstelwerk moet doen.

Van Zyl het gesê hoewel hulle groot dankbaarheid vir die regering se hulp, is daar op die vergadering besluit dat die geld eerste aangewend moet word om besker-mingswalle langs die vloedarea te herstel. Indien dit nie gedoen word nie, sal baie boere nie in die finansiële posisie wees om die herstelwerk te doen op hul eie eiendom nie. Dit sal beteken baie van hierdie walle sal nie teen toekomstige vloede weerstand kan bied nie.

Later sal kanale, plaaspaaie en grondbe-waring en -herstelwerk aandag kry. Verteen-woordigers van georganiseerde landbou het aangedui dat hulle beheermaatreëls sal ondersteun en daarom sal Agri Noord-Kaap op provinsiale vlak en Agri SA op nasionale vlak op die koördineringskomitee dien.

Tenders vir herstelwerk sal ook buite die provinsie adverteer word aangesien die plaaslike kontrakteurs alleen nie die werk sal kan hanteer nie.

Ramphulp is toegeken aan provinsiesRamphulp is toegeken aan provinsiesRamphulp is toegeken aan provinsies

Des 2011 | Jan 2012 13

Page 16: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

Katoenproduksie neem plaasliktoe, maar wêreldwyd af

InternasionaalNadat katoenpryse rekordhoogtes in 2010/11 bereik het, het dit in die huidige seisoen skerp gedaal. Dit het tot 'n afname in boere se inkomste gelei en vir die eerste keer in drie jaar het katoen se aantreklikheid teenoor mededingende somergewasse begin afneem. Die International Cotton Advisory Committee (ICAC) beraam daarom dat wêreldkatoenproduksie in 2012/13 met 6% sal afneem tot 25,1 miljoen ton. Indien katoenpryse oor die volgende paar maande verder sou afneem, voorspel die ICAC dat 'n verdere afname in wêreldkatoenproduksie vir 2012/13 moontlik is, lui 'n verklaring deur Katoen SA.

Katoenproduksie sal na verwagting in 2012/13 in die meeste groot katoenprodusende lande soos China, Indië, Pakistan en Brasilië afneem, met die uitsondering van die VSA en Australië waar toenames in produksie verwag word.

Nadat dit vir twee jaar geen groei getoon het nie, verwag die ICAC dat wêreldkatoenverbruik weer sal begin toeneem en word 'n styging van 3% in katoenverbruik vir 2012/13 voorsien wat na raming op 25 miljoen ton te staan sal kom. Volgens die ICAC kan die verwagte hoër katoenverbruik en laer katoenpryse aanleiding gee tot 'n verbetering in wêreldkatoenhandel wat na raming in 2012/13 met 9% tot 8,4 miljoen ton kan styg. Chinese

Gemiddelde Cotlook A-indeks (wat 'n aanwyser van wêreldkatoenveselpryse is) en die ooreenstemmende Suid-Afrikaanse “prys”:

A INDEKS RSA "PRYS"Gem. VSAc/lb Gem. SA c/kg

Week 28/11/11 - 02/12/11 98.82 1824.06November 2011 104.68 1899.91

Op 02/12/11 98.25 1770.16

Oktober 2011 110.61 1956.77Op 02/12/10 150.75 2335.17Op 02/12/09 74.55 1214.22

katoeninvoere sal na verwagting met 11% tot 3,6 miljoen ton toeneem weens die groter gaping tussen produksie en verbruik.

Omdat wêreld katoenproduksie en -verbruik min of meer in balans is, verwag die ICAC dat wêreldkatoenvoorrade nie veel sal toeneem nie.

Plaaslike vooruitskouingWat die plaaslike vooruitskouing betref, dui die finale skatting vir die 2010/11-produksiejaar op 'n totale katoenoes van 90 006 bale vesel wat 'n styging van 1% teenoor die vorige maand se skatting toon en 'n styging van 112% teenoor die oes van die vorige seisoen verteenwoordig en ook die eerste toename in plaaslike katoenproduksie in sewe jaar is. Die huidige oesskatting is 14% laer as die eerste skatting vroeër die jaar hoofsaaklik weens swakker opbrengste weens vloede en ongunstige klimaatstoestande. Na beraming sal 85 746 bale vesel geproduseer word van Suid-Afrikaanse geproduseerde katoenpluksel, 'n toename van 123% teenoor die vorige seisoen. Die balans van 4 260 bale vesel het betrekking op verwagte Swaziland geproduseerde katoen wat deur die Swaziland pluismeule gepluis word. Voorlopige aanduidings vir die 2011/12-produksieseisoen is dat die Suid-Afrikaanse geproduseerde katoenoes min of meer dieselfde as dié van die huidige seisoen sal wees.

Des 2011 | Jan 201214

Page 17: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

Katoen-oesverslag – finale skatting 2010/11-produksiejaar 02/12/11 Opbrengs Opbrengs %%

Besproeiing Droëland Produksie OES % VAN OES

Produksiegebied Hektare Hektare kg katoen kg katoen 200kg bale Hand- SOVER

SOVER

Besproeiing

Droëland pluksel/ha pluksel/ha katoenvesel pluk GEPLUIS

GEPLUIS

Limpopo Loskop 2350 0 4200 0 17164 10%

100%

Noord- en suidvlakte 63 292 3900 1200 1043 10%

100%

Dwaalboom/Thabazimbi 80 0 4150 0 581 10%

100%

Weipe 1422 0 4600 0 12710 0% 100% Noord-Kaap Vaalharts 2269 0 3051 0 12596 0% 98%

Benede-Oranjerivier 400 0 4000 0 2960 50%

100%

Res van Noord-Kaap

4596 0 4070 0 34607 1% 79% Noordwes Stella/Setlagoli 0 20 0 1000 37 0% 100%

Taung 460 0 3334 0 2760 0% 100% KwaZulu-Natal

0 490 0 450 400 100%

100% Mpumalanga 0 703 0 690 888 100%

100% Oos-Kaap 0 0 0 0 0 0% 0%

RSA TOTAAL

11640 1505 3931 715 85746 6% 91%

Swaziland*

0 4000 0 550 4260 100%

100%

Botswana* 0 0 0 0 0 0% 0%

Namibië*

0 0 0 0 0

Zimbabwe* 0 0 0 0 0

Mosambiek* 0 0 0 0 0

Groottotaal

11640 5505 3931 595 90006 10%

92%

* Besonderhede het betrekking op verwagte aankope van katoenpluksel deur RSA & Swaziland pluismeulens vanaf hierdie lande.

Vir enige navrae skakel Hennie Bruwer, hoof- uitvoerende beampte van Katoen SA, by 012 804 1462 – 7.Besoek ook of stuur 'n e-pos na .www.cottonsa.org.za [email protected]

Page 18: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

Des 2011 | Jan 201216

rof. Herman van Schalkwyk, rektor van die Noordwes Universiteit (NWU) se Potchef-Pstroom-kampus, is vanjaar deur die Landbou-

skrywersvereniging van Suid-Afrika as Landbou-kundige van die Jaar aangewys. Hy is een van die land se mees vooraanstaande landbou-ekonome wat hom al op verskeie gebiede onderskei het.

As besturende direkteur van Aginfo (handeldrywend as AMT) koördineer hy 'n groep individue wat daarna streef om betroubare markinligting aan kliënte te verskaf. AMT verskaf al langer as 12 jaar markinligting oor die meeste kommoditeite aan kliënte en bied ook al vir 11 jaar die jaarlikse landbou-vooruitskouings-konferensie aan. Van Schalkwyk het sowat 70 artikels in wetenskaplike tydskrifte en 117 navorsings- en projekverslae gepubliseer.

Rektor van NWU isLandboukundige

van die Jaar

Hy het ook 75 referate op plaaslike konferensies en 38 op internasionale konferensies gelewer. Voorts was hy promotor en/of medepromotor vir 24 dokto-rale studente en studieleier of mede-studieleier vir 32 meestersgraadstudente.

Hy is in 2007 deur die Minister van Landbou as lid van die Nasionale Landboubemarkingsraad aangestel en in 2008 as die ondervoorsitter van die raad van die Landbank. Van Schalkwyk is 'n konsultant vir die Wêreldbank asook 'n spesialis in landbou- en verwan-te hofsake. Hy is 'n gewilde spreker en gas op landboukongresse. Hy lewer ook die afgelope jaar 'n weeklikse bydrae op OFM met Pieter Möller oor aktuele sake in die land-bou.

Van links is Rélyne van Schalkwyk, haar man, prof. Herman van Schalkwyk, rektor van die Potchefstroom-kampus van die Noordwes Universiteit, Hein Mienie, bestuurder: groothandel-besigheidsontwikkeling van John Deere Financial, en dr. Pieter Mulder, adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye. Prof. Van Schalkwyk is as Landboukundige van die

Jaar op 'n geselligheid van die Landbouskrywersvereniging van Suid-Afrika in die Paarl aangewys.

Page 19: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

Vir enige verdere navrae oor die webwerf of @agri, skakel Clivé Burger by083 708 3974 of 053 591 0761, stuur 'n faks na 086 502 3941

of 'n e-pos na [email protected].

Besoek @agri se nuwe webwerf!

www.leesagri.spmdesigns.co.zaOns het 'n splinternuwe webwerf wat u kan besoek – en sommer @agri daar gaan aflaai op u rekenaar sodat u dit enige tyd in die maand kan gaan lees sonder om weer aanlyn te gaan.

Dit is nou ook maklik om 'n spesifieke blad of artikel te druk.

Die webwerf is nog onder konstruksie, maar ons beplan hope nuwe dinge!

Vandeesmaand begin ons ook 'n nuwe afdeling vir die koop en verkoop van landbou-implemente en -toerusting. Kliek op die betrokke balk op die webwerf vir meer inligting.

Ons wil ook graag 'n kalender byhou van alle belangrike datums wat in die streek plaasvind. Stuur dit asseblief vir ons per e-pos sodat ons dit kan byvoeg.

Indien u graag u besigheid/dien-ste/produkte in @agri wil adverteer, is daar 'n vorm wat u kan aflaai, invul en terugstuur. Die sperdatum van alle advertensies is die 28ste van 'n maand. Die tariewe is ook daarop beskikbaar.

Besighede kan ook op die webwerf in blokvorm adverteer. Verskillende pakkette is beskikbaar. Net 'n kliek op die advertensie en dit sal die leser neem na u eie webwerf of 'ne-pos aan u stuur vir verdere inligting.

Des 2011 | Jan 2012 17

Page 20: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

Des 2011 | Jan 201218

ie ontginning van skaliegas in die Karoo bly steeds 'n brandpunt en DAgri SA het sy besorgdheid oor die

moontlike invloed daarvan op volhoubare landbouproduksie uitgespreek.

Die moontlike besoedeling van die onder-grondse waterhulpbronne en die omgewing met behulp van splytkliewing (fracking) is onseker, het Nic Opperman, direkteur: natuurlike hulpbronne van Agri SA, gesê.

“Agri SA se standpunt is dat 'n nasionale protokol op skaliegasontginning ontwikkel moet word, in lyn met internasionale stan-daarde en dat die moratorium op skalie-gasontginning gehandhaaf word totdat die protokol vrygestel is.”

Hy het genoem dat daar by die departement van minerale hulpbronne navraag gedoen gaan word oor die samestelling van die minister se taakspan wat aangestel is om navorsing te doen oor die proses van splyt-kliewing vir doeleindes van skaliegas-ontginning asook oor hul werkswyse.

Agri SA beoog ook om kommunikasie met kundiges op hierdie terrein uit te brei vir raad en moontlike samewerking.

Die kwessie van die beskikbaarheid van tantieme ten behoewe van grondeienaars teen die agtergrond van Regulasie 82A van die MPRDA sal ondersoek word, in die geval waar skaliegasontwikkelings deur die regering toegelaat sou word, aldus Opper-man.

Die algemene raad van Agri SA het ook sy kommer uitgespreek oor die negatiewe invloed van mynbou (veral steenkool) op die landbou.

Dit is tydens Agri SA se jaarkongres onlangs bespreek en die opdragte aan kongres was:

! Dat die minister van landbou, bosbou en visserye versoek word om as kampvegter op te tree vir die beskerming van landbou-grond en ander hulpbronne waarvan die bedryf afhanklik is en in die besonder om 'n gelykwaardige waardering van landbou se aanspraak op natuurlike hulpbronne teenoor dié van mynbou-ontwikkeling te beding;

! lede van die betrokke portefeuljekomitees in die parlement en die nasionale beplan-ningskommissie ingelig moet word van die leemtes in die betrokke wetgewing, die gebrek aan toepassing daarvan en moontlike oplossings moet aangebied word;

! Agri SA se strategie daarop gerig moet wees om omgewingsbelangegroepe asook openbare figure se begrip; ondersteuning en samewerking vir gekoördineerde bewa-ringsgerigte praktyke te verkry (nasionaal en internasionaal);

! volgehoue druk oor omgewingskwessies wat landbouhulpbronne benadeel in die media gehandhaaf moet word; en

! affiliasies en grondvlaklede deur middel van werkswinkels ingelig moet word oor hul regte teenoor die regte van mineraal-reghouers.

Agri SA se kommer oor die invloed van die mynbou op die landbou is reeds met die minister bespreek en 'n konferensie om die wisselwerking tussen die mynbou en die landbou te bespreek, word vir 2012 beplan.

Sou dit nodig wees, sal die dienste van die openbare beskermer gebruik word en regs-optrede kan nie uitgesluit word nie, het Opperman bygevoeg.

Invloed van mynbouwek kommer

Page 21: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

gri SA se landelike beveiligings-komitee het onlangs op 'n verga-Adering onder meer die arrestasies en

aanhouding van 'n beskuldigde bespreek.

Die doel van 'n arrestasie is tog om toe te sien dat 'n beskuldigde 'n verskyning in die hof maak waar dit andersins nie moontlik sou wees nie.

Kobus Visser, direkteur: korporatiewe skakeling van Agri SA, het na afloop van die vergadering gesê die landbougemeenskap het ervaring van onwettige arrestasies en die komitee het kennis geneem van 'n onlangse instruksie deur die nasionale kommissaris waarin daar opdrag gegee word aan pol isiebeamptes dat sulke prosedure onmiddellik gestaak word.

Die komi tee tesame met d ie Jo ints Prioriteitskomitee ondersoek tans ook die herinstelling van 'n prosedure waardeur arrestasies oor naweke aan die polisie hoofkantoor gerapporteer moet word met 'n motivering hoekom 'n aanhouding oor 'n naweek nodig sou wees.

Ná die bekendstelling van die landelike beveiligingstrategie word inligtingsessies deur die polisie vir die onderskeie provinsies beplan. Die eerste sessie word in Bloem-fontein gehou en provinsiale landbou-unies word versoek om te reël dat die sessies goed bygewoon word sodat die nodige

uitklarings verkry en onduidelikhede uitge-stryk kan word. Agri SA sal die besonder-hede van die onderskeie sessies bekom en dit aan provinsiale organisasies voorsien, het Visser bygevoeg.

“'n Mate van onrustigheid bestaan oor uitsprake wat oor grondbesettings gemaak word. Vir die doel het Agri SA 'n inligtings-dokument saamgestel wat inligting bevat wat vir boere van belang is, met voorge-stelde optrede wanneer hulle die teiken van 'n grondbesetting sou raak. Die komitee het enkele wysigings aan die dokument gemaak wat nou weer aan affiliasies voorsien sal word. Die komitee doen 'n beroep op boereverenigings om pro-aktief met hulle plaaslike polisiekantoor te skakel en prose-durereëlings uit te klaar oor die hantering van voorvalle van grondbesettings.”

Kennis is geneem van die vonnisoplegging van twee verdagtes deur die hoë hof in Pietermaritzburg weens poging tot moord en huisbraak op 'n plaas in die Richmond-omgewing van KwaZulu-Natal. Beide die verdagtes is tot 35 jaar tronkstraf gevonnis.

Die swaar straf het gevolg nadat 'n verteen-woordiger van Kwanalu ter strafverswarend in die hof getuig het. “Ons doen 'n beroep op boereverenigings om hulself beskikbaar te stel in gevalle van verhore van plaasmis-dade om ter strafverswarend te getuig,” het hy gevra.

Landelike veiligheidword voorop gestel

[email protected]

Page 22: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

anneer 'n lid van 'n ges in op en ige Wmanier in 'n onge-

luk betrokke is, of in 'n mis-daadvoorval aangeval word, is die gevolge nie net trau-maties nie, maar kan dit ook 'n swaar las op die gesin se finansies plaas. Dit is veral wanneer die broodwinner sterf of beseer word wan-neer die res van die gesin erge finansiële probleme ervaar.

D i e G e s i n s b e s k e r m e r (voorheen genoem Agri Securitas Traumaverseke-ring) is spesifiek ontwikkel om aan die gesin se be-hoeftes in die geval van trauma te voldoen.

Die produk word deur T&E FinOps bemark met wie Agri SA reeds 'n jarelange werks-verhouding het.

Kobus Visser, direkteur: kor-poratiewe skakeling van Agri SA, sê alle bestaande Agri Securitas Traumaver-sekeringslede word outoma-t ies oorgeplaas na d ie skema en deel in die ver-hoogde/addisionele voorde-le teen dieselfde premie as voorheen. Die Gesinsbeskermer word sedert 1 Oktober 2011 on-derskryf deur ACE Insu-

rance Limited, een van die wêreld se grootste verskaf-fers van versekering.

Van die uitsonderlike voor-dele van die skema is die volgende:! Traumavoordeel van

R10 000 per insident/per lid van die gesin tydens 'n traumatiese gebeurtenis.

! Die Gesinsbeskermer bied nou dekking aan die boere vir die “hele lewensduur” waar dit voorheen op ouderdom 80 gestaak het. Net arbeidsongeskiktheids-voordele verval op ouderdom 80 jaar. Let wel: lede wat ouer as 80 jaar oud is en lid was van die Agri Securitas Traumaskema kan weer aansluit.

! Ongeskiktheidsdekking vir kinders.

! Gewaarborgde hospitaaltoelating van tot R20 000 per persoon in geval van 'n ongeluk*.

! Mediese ondersteuning en noodafvoer per pad of lug.

! Met betrekking tot boere geniet hulle ten volle dekking tydens “passiewe oorlogvoering”, dit is optrede met die oog daarop om misdaad-verwante gebeure te voorkom of stop te sit.

Gesinsbeskermervoldoen in die helegesin se behoeftes

Liggaamlike beserings/dood voortspruitend uit optrede in samewerking met die kommando, as polisie-reservis en/of boerewag/plaaswag word ten volle gedek.

! Beserings weens gevaarlike sportsoorte word gedek.

! Die hospitaalkontantplan betaal uit ongeag hoeveel u mediese skema uitbetaal.

! Die “C5 HIV prevention plan” is beskikbaar aan alle lede.

! 25 kritieke siektes vir die hele gesin is addisioneel beskikbaar (onderhewig aan ouderdomsbeperkings).

! Die Gesinsbeskermer vul al die leemtes wat aanwesig is by 'n gesin se versekeringsportefeulje.

Premies wissel vanaf R240 per gesin per maand tot so laag as R75 na gelang van die voordeleplan wat gekies word.

Vir meer besonderhede kan T&E FinOps, wat 'n

gemagtigde diensverskaffer is,gekontak word by

0861 440 666,faks 0866 109 170of stuur e-pos na

[email protected].

Des 2011 | Jan 201220

Page 23: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

Ÿ CLAAS 570 LEXION (2007) 1500 enjinure, “straw chopper”, “chaff spreader”, GPS – R1 596 000.

Ÿ CLAAS C900 koringtafel – R228 000.Ÿ GERINGHOFF 8-ry, 75 plukkerkop – R456 000.

Skakel Wimpie Swanepoel by Jacobsdal by 082 373 2178.

*TE KOOP*

(Pryse sluit BTW in.)

Advertensies in die “Koop en Verkoop”-afdeling kos R100.Dit word ook op @agri se webwerf geplaas. Stuur u inligting en foto na [email protected]

FOTON 704 2008 model trekker 4wd @ R79 800 inkl. Meganies baie goed. Skakel Frans in Hopetown by

082 822 5084 of 082 920 4419.

FOTON 824 Titan 4wd 2009 model trekker met kajuit @ R171 000 inkl. Skakel Frans in Hopetown

by 082 822 5084 of 082 920 4419.

KOMATSU W120 laaigraaf met ekstra stootlem.Meganies goed en baie ekstra onderdele

@ R136 800 inkl. Skakel Frans in Hopetown by082 822 5084 of 082 920 4419.

JOHN DEERE 568 Multicrop-baler 2009 model. Baie goeie toestand. R199 500 inkl. Skakel Frans in

Hopetown by 082 822 5084 of 082 920 4419.

WELGER AP630D baler @ R34 200 inkl. Meganies goed. Skakel Frans in Hopetown by

082 822 5084 of 082 920 4419.

KROHNE KR160 ronde baler. Volledig om as onderdele afgetakel te word. R17 100 inkl. Skakel

Frans in Hopetown by 082 822 5084 of 082 920 4419.

Fc202 R KUHN snyer-kneuser @ R57 000 inkl. Goeie toestand. Skakel Frans in Hopetown by

082 822 5084 of 082 920 4419.

CLAYSON i520 stroper @ R22 800 inkl. Mooi toestand. Skakel Frans in Hopetown

by 082 822 5084 of 082 920 4419.

WELGER AP630D baler @ R34 200 inkl. Meganies goed. Skakel Frans in Hopetown by

082 822 5084 of 082 920 4419.

CLAAS 570 LEXION (2007) 1500 enjinure, “straw chopper”, “chaff spreader”, GPS – R1 596 000.

CLAAS C900 koringtafel – R228 000.GERINGHOFF 8-ry, 75 plukkerkop – R456 000.

(Pryse sluit BTW in.) Skakel Wimpie Swanepoel by Jacobsdal by 082 373 2178.

Koop en Verkoop

Page 24: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

Des 2011 | Jan 201222

Jongboer van Upington se sukseslê in rosyntjies en druiwe

Clivé Burger, redakteur

Nasionale Jongboer van die Jaar

Een van Noord-Kaap se jongboere, Gog van der Colff van Upington, het die provinsie trots gemaak toe hy onlangs as Agri SA en Toyota SA se Jongboer van die Jaar vir 2011 in Suid-Afrika aangewys is.

baie goed. “Suid-Afrika produ-seer van die beste kwaliteit produkte en het ook 'n goeie reputasie wat betroubaarheid en voedsel- veiligheid betref. Vergeleke met ander lande produseer ons ons produkte

og is reeds die derde geslag Van der Colffs Gwat naby Upington met

druiwe en rosyntjies boer. Hy was in Kanoneiland op laerskool maar sy hoërskoolloopbaan het hy by die Hoërskool Upington voortgesit. Hierna het hy 'n graad in B.Comm Landbou-ekonomie aan die Universiteit van Stellenbosch gevolg.

Die Carpe Diem Landgoed is in die Straussburg-distrik sowat 10km oos van Upington. Op die plaas word met 50ha tafel-druiwe, 30ha pekanneute en 120ha rosyntjiedruiwe geboer.

Die landboubesigheid het drie moderne Eurogap geakkredi-teerde pakhuise waar in piektye 'n totaal van tot 12 000 karton-ne (4,5kg) produkte per dag verpak word.

Voedselveiligheid is van groot belang en daarom word ook die beste toerusting gebruik om te verseker dat die produkte vanuit die wingerd en boorde tot by die kliënt aan streng vereistes voldoen.

Ten einde te kan uitvoer, moet daar aan internasionale stan-daarde soos HACCP, BRC and Global Gap voldoen word. Die

rosyntjieprodukte wat verpak word, is Golden, Thompsons en sultanas. Organiese rosyntjies word ook geprosesseer.

Gog sê die vooruitsigte vir al die produkte wat hulle verbou, lyk

Die Van der Colff-gesin. Hier is Melissa met Kara (2), Gog, en onder staan Migael (4).

Page 25: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

nog relatief goedkoop en dit gaan nog baie vir ons in die toekoms beteken.

“Die meeste van die produkte word uitgevoer na lande soos Engeland, Duitsland, Holland, Frankryk, Denemark, Switser-land, Kanada, Australië, Nieu-Seeland, Verre Ooste en die Midde Ooste. Die grootste risiko met die uitvoere is die wissel-koers wat jou produk se prys baie nadelig kan beïnvloed.”

Gog sê die werkers op die plaas is die sleutel tot hul sukses. Dit is daarom belangrik dat ons werkers goed behandel word en hulle behoeftes ook aangehoor word.

Hy is betrokke by georganiseer-de landbou en is 'n direkteur van Orpa (Oranjerivier Produ-sente Alliansie - die tafedruiwe-bedryf se bedryfsorganisasie) en dien in die Straussburg Besproeiingsraad.

Oor die toekenning as Nasionale Jongboer van die Jaar, sê hy dit is lekker om erkenning te kry vir harde werk en dit laat 'n mens

weer met ander oë na jou besigheid kyk en sien hoe jy verder die besigheid kan uitbou en verbeter.

“Landbou in Suid-Afrika het 'n blink toekoms. Alle rolspelers moet dit net besef dat ons saam die landbou in Suid-Afrika verder kan neem”, is sy mening.

Hy en Melissa, 'n opgeleide sjef, het twee kinders, Migael (4) en Kara (2). Melissa het sowat twee jaar gelede 'n bewaarskool op die plaas begin.

Dit het nou 20 kinders. Hier kry die kinders drie etes per dag en

Die ingang na Carpe Diem Landgoed.

Melissa by mandjies vol verskillende druifkultivars.

Des 2011 | Jan 2012 23

Topkwaliteit produkte word na verskillende lande uitgevoer.

Page 26: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

Druiwe in kratte tydens die oesproses.

Op die plaas word organiese kompos gemaak waarvan erdwurms 'n groot deel vorm. Hier wys

Gog die organiese kompos.

word boonop nog sommer gebad ook voordat hulle huis toe gaan!

Melissa sorg ook vir verskeie projekte en kompetisies onder

die werkers. Tans is daar 'n tuinkompetisie waar sy die saad en bome verskaf.

Die beste tuin kan dan op die ou end groot pryse wen.

Een maal per jaar is dit bietjie tyd vir 'n lekker wegbreek see toe. Tydens die April-vakansie gaan hulle graag Hartenbos toe, maar korter wegbreke is ge-woonlik Kalahari toe.

Gog (regs) saam met sy pa, Johan, in die wingerd.Des 2011 | Jan 201224

Page 27: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

Giste en swamme inkuilvoer nou só hokgeslaan

word, wat groot finansiële verl iese vir 'n boer kan beteken,” waarsku Fourie.

Die voorvereiste vir die be-waring van goeie kuilvoer is die gebruik van hoë gehalte seile met 'n minimum dikte van 150 mikron.

Afgesien van die nuwe pre-serveermiddel bemark Add-con ook 'n unieke kuilvoer-seil bekend as Polydress met 'n UV-beskerming ge-waarborg vir 12 maande. Die seil bestaan uit drie verskil-lende komponente - een wit, een swart en een laag her-winde plastiek - wat in die middel tussen die wit en swart seile vasgesmelt is om 'n drie-in-een digte, sterk seil te vorm.

“Dit waarborg die belangrike ondeurdringbaarheid van gasse wanneer die kuilvoer-g a t t o e g e m a a k i s , ” s ê Fourie.

Die gebruik van die seile se wit kant na bo is baie gewild in Suid-Afrika weens die feit dat dit die son se hitte baie doeltreffend weerkaats en 'n koeler kuilvoergat tot gevolg het.

Hans Lombard Skakeldienste

iste en swamme wat in kuilvoer ontstaan Gsodra dit aan suur-

stof blootgestel word wan-neer die “bunker” oopge-maak word en waardevolle voedingstowwe vernietig, kan nou hokgeslaan word met 'n nuwe kuilvoer-preser-veermiddel, Kofasil Duo, wat deur die Duitse maatskappy Addcon vervaardig en be-mark word.

Die nuwe produk is 'n same-voeging van twee bestaande hetero- en homofermenteer-ders uit die Addcon-stal.

Die homofermenteerder Kofa Lac, wat fermentasie in kuilvoergewasse aanhelp, veral in hawer, gars en gras-gewasse, het geen uitwer-king op giste en swamme in kuilvoer waar sekondêre fer-mentasie ontstaan wanneer die kui lvoer oopgemaak word nie.

Die heterofermenteerder Kofa S is hoofsaaklik vir gebruik op mielies en beheer giste en swamme sodra die kuilvoer aan suurstof bloot-gestel word vir minstens sewe dae. Dit affekteer egter geensins die fermentasie-proses nie.

“Met die kombinasie van die twee groepe fermenteerders lewer die positiewe eien-skappe van albei groepe uit-

stekende resultate. Dit is veral voordelig wanneer kuil-voer met 'n hoër droëmate-riaal-inhoud gekuil word om swamme en giste te beheer en terselfdertyd 'n beter fer-mentasieproses te bewerk-stellig. Die kombinasie van die twee fermenteerders, Kofa Duo, kan nou as een produk met een toediening aangewend word, en spreek dan beide die fermentasie-proses asook die aërobiese stabiliteit in die “bunker” teen giste en swamme aan,” al-dus Dawie Fourie van Add-con.

Kuilvoer, volgens Fourie, is steeds een van die doeltref-fendste maniere om voer, veral vir melkerye en voer-krale, op te berg.

Mielies is ongetwyfeld die gewildste gewas. Wanneer die inkuil van mielies ver-traag word deur langer op die lande te staan, bevat dit 'n hoër persentasie droë-materiaal wat die fermenta-sieproses nadelig kan beïn-vloed.

“Indien geen heterofermen-teerder inokulant gebruik word nie, floreer die giste en swamme as gevolg van die blootstelling aan suurstof en word die voedingstowwe wat vir diere bedoel is, vernietig. Die kuilvoer word warm en is dan besig om kompos te

Vir enige verdere navraeof besonderhede kontak

Dawie Fourie by082 651 9024.

Des 2011 | Jan 2012 25

Page 28: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

Des 2011 | Jan 201226

Kan 'n ooikudde se lampersentasie verhoog word?Dit is moontlik om 'n ooikudde se lampersentasie te verhoog indien die kudde nog nie sy genetiese limiet bereik het nie. Die ovu-lasietempo (aantal eierselle per hittesiklus afgeskei) van 'n ooi bepaal die boonste limiet van haar fekunditeit (meerlinggeboortes) en word geneties beheer (Dow-ning & Scaramuzzi, 1991). Die mate waarin 'n ooi haar genetiese reproduksiepotensiaal bereik, is afhanklik van omgewingsfaktore waarvan voeding die belangrikste is (Rowe & Atkins, 2005).

Indien 'n ooikudde se vrugbaar-heidspotensiaalindeks (VPI), dit is die gemiddelde lampersentasie van die ooikudde gedeel deur die gemiddelde paringsmassa minder as 2.5 (Farquharson, 2011) tot 2.8 (McLaren, 2002) is, is daar waar-skynlik 'n goeie kans om die lam-persentasie deur korrekte voeding en goeie bestuurspraktyke te verhoog.

Hoe kan die toekomstige lampersentasie van 'n ooikudde verhoog word?Die seleksie van vervangingsooie en teelramme op grond van hulle BLUP-teelwaarde vir TWW (totale massa lam gespeen) kan as 'n strategiese seleksiehulpmiddel gebruik word om vir hoër repro-duksietempo te selekteer. Daar moet egter nie net vir een eien-skap geselekteer word nie (Olivier, 2008), maar daar moet gesorg word dat die teelwaardes vir al die ander eienskappe in balans is.

Indien teelwaardes nie beskikbaar is nie, moet vervangingsooie en veral teelramme geselekteer word wat uit hoogs vrugbare moeders (d.i. ooie wat meerlinge speen) gebore is of meer belangrik uit hoogs vrugbare moederlyne (hoogs vrugbare voorgeslagte) kom.

VervangingsooieOm vrugbaarheid en tweeling-geboortes by jong ooie te maksi-meer, moet toegesien word dat jong ooie hul kritieke parings-massa bereik, d.i. 80% van vol-wasse massa (Fogarty et al., 2007; Graaf, 2010) met paring op 12 maande en jonger en 90% as hulle ouer as 12 maande is.

Ooilammers mag geen massa van speen tot eerste lam verloor nie en

Hoë lampersentasie isdie eerste stap vir

winsgewende skaapboerdery

moet vanaf speen tot eerste paring 'n kragvoeraanvulling (700kg gemaalde mielies of garspitte + 200kg Voermol SS 200 + 50kg Voermol Procon + 40kg Voermol Melassemeel) teen só 'n peil ontvang dat hulle hul teiken-paringsmassa met eerste paring bereik.

Paar jong ooie in 'n aparte trop (Hunt, 2010) met 4% ervare ramme. Jong ooie wat oorslaan, moet bemark word. Indien hulle nog 'n kans gegun word, moet hulle na die kruisteeltrop geskuif word en nie verder vir suiwer-teling gebruik word nie.

TeelrammeSpuit ramme drie maande vóór die paarseisoen met Multimin asook Vitamien A en E.

Dr. Jasper Coetzee, tegniese direkteur: Voermol Voere

'n Voorbeeld van 'n hoogs vrugbare ooi wat met natuurlike paring in drie jaar reeds 13 lammers geproduseer het, wat twee stelle vierlinge

in sewe maande insluit. (Piet Meyer, Vredefort)

Page 29: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

Voer teelramme vanaf twee maande vóór die paarseisoen hoë vlakke deurvloeiproteïen om testisgroei en spermproduksie te maksimeer en ramme in 'n uitstekende kondisie te kry. Voer teelramme Voermol Superlam-korrels of 'n SS 200-gebaseerde aanvulling (575kg gemaalde mielies of garspitte + 200kg Voermol SS 200 + 150kg Voermol Procon + 75kg Voermol Melasse-meel) teen 500 tot 1 500g per ram/dag op voldoende weiding of saam met ad lib. lusernhooi. Doseer ramme twee tot drie keer per week 25ml koringkiemolie.

Vermy die gebruik van oorvet en onfikse ramme deur hulle vanaf twee maande vóór die paarseisoen te oefen. Laat hulle daagliks vir 60 minute vinnig stap om hulle topfiks te kry. Deur teelramme te oefen het tot 21% meer ooie gelam in vergelyking met onge-oefende ramme se ooie (Combrink & Schoeman, 1993).

Toets teelramme ses weke vóór die paarseisoen vir vrugbaarheid, geslagsiektes en dekbehendigheid. Doseer hulle terselfdertyd met 'n doeltreffende doseermiddel en ent hulle met 'n multiklostridiale entstof. Alle lewende entstowwe wat koors veroorsaak, moet ná die paarseisoen toegedien word.

Die toekenning van te veel ooie aan 'n ram kan tot 'n verlaging van die getal tweelinge aanleiding gee. Waar drie ramme per 100 ooie gebruik is, was die speen-persentasie 8% hoër as waar net twee ramme/100 ooie gebruik is.

Die ideale wollengte met die aanvang van die paarseisoen is drie tot vier maande wolgroei (Graaf, 2010). Jong en ou (ervare) ramme moenie saam in dieselfde paringstrop gebruik word nie.

TeelooiePrul alle droë ooie asook dié wat lam maar nie 'n lam speen nie. Dié met lae OPI-syfers moet ook

uitgeskot word (Brynard, 2010). Om die hoogste lampersentasie te verseker, moet teelooie in 'n uitstekende kondisie (minstens 3.5 kondisiepunt) wees asook in massa toeneem met die aanvang van die paarseisoen.

Die kondisie van die ooie met die aanvang van die paarseisoen is die belangrikste bepalende faktor van reproduksietempo van ooie (Hunt, 2010). Energie (oftewel vetheid) "dryf" reproduksie (Adams et al., 2005), met ander woorde hoe beter die kondisie van die teelooie met paring, hoe hoër is die lam-persentasie (Ferguson et al., 2007). Soos die kondisiepunt van teelooie van 2.7 na 3.3 verbeter het, het die skandeerpersentasie van 103% na 130% toegeneem (AWI, 2009).

Swaarder ooie het 'n hoër lamper-sentasie as ligter ooie. Ooie wat 55kg met paring geweeg het, het 'n 45% hoër ovulasietempo gehad as dié wat 40kg geweeg het terwyl dit met nog 11% kan toeneem indien hierdie ooie in massa toeneem met die aanvang van die paarseisoen (Rowe, 2003). Vir elke 1kg wat 'n ooi swaarder met paring is, neem die lampersentasie met sowat 1.5 tot 2.5% toe (Downing & Scaramuzzi, 1991).

Optimale voeding van die teelooi is die heel belangrikste faktor wat 'n hoë lampersentasie verseker (Hunt, 2010). Meer as 70% van 'n skaapkudde se reproduksie-prestasie word deur voeding bepaal (Rowe, 2005). Teelooie moet dus vier weke vóór paring na spaarkampe met die beste beskikbare weiding geskuif word (Rattray et al., 1980). Nuutste navorsing toon dat dit altyd ekonomies geregverdig is om alle ooie wat die vorige lamseisoen tweelinge gelam het, ongeag hulle kondisie - gehalte, hoeveelheid en tipe weiding - vanaf drie weke vóór die paarseisoen vir minstens ses weke prikkelvoeding te gee.

Dit is verder hoogs aan te beveel om alle jong ooie sowel as ooie wat as een van 'n tweeling gebore is, prikkelvoeding te gee. Die res van die teelooie word net prikkel-voeding gegee indien hulle skraal (kondisiepunt van minder as 3) of die weiding onvoldoende is. Die beste prikkellek (300 tot 400g per ooi/dag) is Voermol Winslekkor-rels en Maxiwol Produksiekorrels, maar die ander Maxiwolprodukte gee ook goeie resultate.

Voorkom enige vorm van stres (bv. hitte, koue, oormatige hantering soos skeer, dip, ent dosering, siektes, en voedings-tekorte) vanaf vier weke, maar veral 14 dae vóór die aanvang van die paarseisoen deur skaduwee en skuiling te voorsien; teen heer-sende siektes te ent en alle han-tering vanaf vier weke voor paring te staak (Doney et al., 1976).

Spuit ooie sowat vier weke vóór die paarseisoen met Multimin asook Vitamien A en E en Ensoötiese Aborsie-entstof; doseer met 'n doeltreffende doseermiddel en ent met 'n multiklostridiale entstof (indien enting net een maal per jaar geskied, moet dit in laatdrag-tigheid gedoen word).

Hoër spoorelementvlakke moet vóór die paarseisoen gevoer word omdat naas kondisie en massa die spoorelementstatus van diere dié belangrikste voedingsfaktor is wat die reproduksiepotensiaal wat skape beïnvloed (Hansen, 2011). Hierdie ekstra spoorelemente moet via inspuitings (Multimin) aangevul word (Hansen, 2011).

Om embrionale resorpsie en fetale afsterwing te voorkom, moet teelooie nie gehanteer of aan enige vorm van stres blootgestel word vir die eerste maand nadat die ramme uitgehaal is nie.

KoggelrammeDeur die teelooie vir nege dae

Des 2011 | Jan 2012 27

Page 30: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

Des 2011 | Jan 201228

vóór die paarseisoen met 3% hoë libido-koggelramme (bv. Afrika-ners, Afrino's, ensovoorts) te koggel, kan die meerling-geboortes betekenisvol verhoog word omdat hulle die ooie tot hoër ovulasietempo stimuleer.

Waar Merino-ooie in die lente vóór die paarseisoen met Afrikaner-koggelramme gekoggel is, is die meerlinggeboortes met gemiddeld 19 tot 21% (King et al., 1989) verhoog en wanneer hulle in die herfs gekoggel is, was die verhoging 14.4% (King, 1994).

Ooie moet geen kontak byvoor-beeld aanraking, sien, hoor en reuk (meer as 1km geskei) met enige manlike diere (ramme, ramlammers, koggel- en bok-ramme) vanaf vier, maar verkies-lik agt weke vóór paring hê nie, want dit verlaag besetting. Kog-gelramme moet vir geslagsiektes getoets word.

TeelseisoenDie geslagsaktiwiteit van ooie is die hoogste gedurende die maan-de Maart en April (Hunt 2010) en daarom word die hoogste besetting en meeste meerling-geboortes verkry indien ooie gedurende hierdie maande gepaar word.

Wanneer ooie gedurende ander maande van die jaar gepaar word, kan steeds 'n hoë lampersentasie verkry word indien beide koggelramme en prikkelvoeding gebruik word. Die gelyktydige gebruik van beide prikkelvoeding en koggelramme, afgesien van die tyd van die jaar, verseker 'n konstante hoë lampersentasie.

Het voeding van lakterende ooie 'n invloed op lampersentasie?Volgens Fletcher (1974) is daar 'n betekenisvolle verskil tussen die ovulasietempo (aantal eierselle afgeskei) van ooie wat ses maande vóór die paarseisoen 'n voedingsbeperking ondergaan het

en dié wat voldoende voeding ontvang het. Dit blyk dat goeie voeding gedurende laktasie 'n oordrageffek het wat die daarop-volgende lampersentasie verhoog (Jefferies, 1984).

Onvoldoende voeding van lakterende ooie gedurende die eerste twee maande ná lam wat meer as 10% liggaamsmassa-verlies tot gevolg het, is waar-skynlik een van die belangrikste redes vir 'n lae lampersentasie in Suid-Afrikaanse skaapkuddes.

Volgens Curnow (1987) begin 'n ooi se hittesiklus die volgende teelseisoen al hoe later hoe meer massa sy ná lam, veral die eerste ses weke van laktasie, verloor. Navorsing toon dat goeie voeding ses maande vóór paring (d.i. vroeë laktasie) die daaropvolgende lam-persentasie met 25% (Nowers, 1994) tot 28% (Brand, 2000) verhoog het.

Kunsmatige verhoging van lampersentasie (endokrinologiese prikkel)Die lampersentasie van ooie kan dramaties verhoog word deur die ooie met vaginale sponse te sinchroniseer en dan DMSG met sponsonttrekking te spuit.

Aangesien te hoë dosisse DMSG tot ongewenste getalle drie-, vier- en selfs vyflinge aanleiding kan gee, moet dit met omsigtigheid gedoen word en moet die dienste van 'n kundige veearts gebruik word.

Waar sponse en DMSG gebruik word, gaan die ooie oor 'n baie kort tyd (3 tot 5 dae) op hitte kom. Die beste is om hierdie ooie kunsmatig te insemineer of indien genoeg ramme beskikbaar is, kan handdekking gedoen word.

Indien natuurlike paring egter toegepas word, moet nie meer as ses tot agt ooie aan 'n ram toege-ken word nie. Waar ooie kuns-matig met sponse gesinchroniseer

word, gaan die ooie binne drie tot vyf dae lam en daarom moet van lamhokke gebruik gemaak word.

Die verhoging in lampersentasie wat met sponse en DMSG bewerkstellig word, is nie permanent nie, met ander woorde dit moet elke paarseisoen gedoen word anders keer dit weer terug na die vlak waar dit was.

AlgemeenLampersentasie is waarskynlik die grootste enkele faktor wat die winsgewendheid van skaap-boerdery beïnvloed. Daar is verskeie strategiese en praktiese riglyne wat skaapprodusente kan volg om 'n hoë lampersentasie volgende lamseisoen te verseker (Hunt, 2010).

Indien die lampersentasie drasties verhoog word, moet 'n hoë bestuur- en voedingspeil te alle tye gehandhaaf word en is dit hoogs aan te beveel om lamhokke te gebruik. Indien die ooie die eerste maand nadat die ramme uitgehaal is nie hulle massa handhaaf nie, moet 'n produk-sielek verskaf word.

Indien die besetting van die ooie minder as 90% is, moet ondersoek onverwyld na moontlike vrug-baarheidsprobleme ingestel word (Hunt, 2010). Met die speen van die lammers moet ooie op grond van hulle kondisie in twee groepe (skraal en goed) verdeel word.

Die skraler ooie (kondisiepunt van minder as 3) moet in 'n aparte trop op beter gehalte weiding geplaas word om te verseker dat hulle in 'n goeie kondisie (minstens 3) met paring is (Hunt, 2010).

Vir enige verdere navrae kan dr. Jasper Coetzee by

083 386 8382 of [email protected]

gekontak word.

Page 31: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

@agri wil graag in die Februarie-uitgawe 'n fotoblad maak van foto's wat deur ons lesers geneem is gedurende die Desembervakansie. Of jy nou by die huis vakansie gehou het of elders in Suid-Afrika, stuur jou gunsteling vakansiefoto na

.

Net een foto per leser sal toegelaat word. Gee jou foto

[email protected]

Vakansie... by die see...of by die huis?

Vakansie... by die see...of by die huis?

Stuur jul vakansiefoto's vir ons sodat ons kan sien hoe hou ons lesers in die Noord-Kaap en Suid-Vrystaat vakansie!

'n onderwerp/onderskrif, sê waar dit geneem is, en stuur jou naam, adres en kontakbesonderhede saam. Foto's moet asseblief groter as 200kb en kleiner as 2MB wees. Die foto's moet ons bereik op die laatste 25 Januarie 2012.

Miskien wag daar nog vir die leser met die beste foto 'n verrassing!!!

Des 2011 | Jan 2012 29

Page 32: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

Des 2011 | Jan 201230

ie Noord-Kaap Landbouwerkgroep betrokke by die SKA-projek (Square Kilometre Array DTelescope) naby Carnarvon in die Karoo, is ná

bykans twee jaar se konsultasies nog nie tevrede met die vorde-ring wat daar gemaak is rakende kommunikasie-probleme nie.

Wessel van der Merwe, voorsitter van die landbouwerk-groep, sê alhoewel die privaat diensverskaffers wat op die SKA Forum verteenwoordig is, geweldig baie werk van hul kant gedoen het, kon die persone wat hul selfoonseine verloor het nie voldoende deur die SKA gehelp word nie.

SKA het onderneem om met die diensverskaffers te onderhandel om die status quo te behou soos dit was voordat SKA in die gebied betrokke geraak het.

“Die SKA-projek het 'n impak op die omgewing rondom die kern van die projek en die konsultasieproses wat die afgelope twee jaar gevolg was, het nie die gewensde resultate gelewer nie. Die departement van wetenskap en tegnolgie het nou voorwaardelik 'n konsultasiemodel, soos voorgestel deur die landbou-werkgroep, aanvaar.

Van der Merwe sê die model maak voorsiening vir verdere stappe indien daar nie tot 'n ooreenkoms gekom kan word ten opsigte van 'n oplossing oor spesifieke probleme nie. “Die projek sal 'n direkte invloed hê op die waarde van eiendom in die omgewing van die kern asook die welstand van die landbouers en hul werkers in die afgekondigde reservaat. Tans word hierdie invloed nie binne 'n wetlike openbare konsultasleproses hanteer nie.”

Hoewel die bod ingedien is en daar 'n invloed op die inwoners in die afgekondige AGA-gebied (astronomy geographic area) is, is die inwoners van die gebied nie ten volle bewus van wat die invloed van die bod op die betrokke gebied sal wees nie.

Weens die sensitiwiteit van die inhoud van die bodaan-soek is sodanige inligting nog nie beskikbaar vir open-bare deelname nie en derhalwe skep dit frustrasie en vrese rondom die projek.

“Die landbouwerkgroep bly verbind tot samewerking om oplossings te vind vir hul probleme as gevolg van die projek en ondersteun Suid-Afrika se internasianale bod ten volle om die SKA-projek te verkry.”

Kommunikasieprobleme tydensSKA-bodprojek duur steeds voort

Jongman van Douglas presteer in landloopSamuel Saul is 'n mannetjie wat moeilik gevang word. En dit is presies wat hy elke jaar bewys wanneer hy provinsiaal en nasionaal aan landloopkampioenskappe deelneem.

Samuel is van Douglas het reeds as 7-jarige aan landloop en atletiek begin deelneem. Hy konsentreer egter hoofsaaklik op middel- en langafstande. Aangesien hy nie 'n afrigter het nie, moet hy baie hard werk en kos dit baie deursettingsvermoë. Die langpad is maar meestal sy “oefenmaat” aangesien hy nie die fondse het om in 'n gimnasium te oefen nie.

Maar aanhouer wen is die beste motto wat Samuel kan hê, want hierdie jongman met die skaam glimlag, gaan nie sommer net tou opgooi nie. En hy wys keer op keer dat wanneer 'n mens in 'n droom glo, jy niks in jou pad moet laat staan nie. Hy is lid van die Griekwaland-Wes Landloopspan wat in September vanjaar in Bloemfontein aan die nasionale

landloopkampioenskappe deelgeneem het. Altesaam 320 atlete het aan die o.21, o.23 en senior mans wedlope deelgeneem en uit die hele groep was hy 66ste. Hy het boonop 'n 21ste plek in die o.23-afdeling verwerf. Gesien in die lig van sy omstandighede, is hierdie 'n reuse prestasie.

In Augustus vanjaar het hy ook uitstekend gevaar toe hy aan die interprovinsiale landloopkampioenskappe in George deelgeneem het. Hy het 2de in die 4km-wedloop geëindig met 'n tyd van 12 min 46 sek en was een van net twee atlete van Griekwas wat 'n medalje verower het.

Hy het ook vroeër vanjaar eerste plekke op byeenkomste in onder meer Kimberley en Jan Kempdorp behaal.

Aangesien enige sportsoort uitgawes het, moet Samuel dikwels na wedlope ryloop omdat hy nie die nodige fondse het om per bus of geleentheid daar te kom nie.

“God het vir my hierdie talent gegee, en daarom moet ek ook die geleenthede wat oor my pad kom gebruik om Sy naam te verkondig,” is sy nederige reaksie op al sy prestasies.

Enigeen wat moontlik Samuel kan help met borgskappe, is welkom om 'n e-pos te stuur na [email protected]

Reach for the moon,

because if you fall, you

land between the stars...

Page 33: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

anover is eintlik 'n klein, stillerige dorpie, maar waar die N1 en N10-paaie kruis, kry jy die winkel, Agora HCrafts. In Grieks beteken Agora “byeenkomsplek”. En

dit is presies wat hier by Agora gebeur – mense stop graag hier om asem te skep, bene te rek en ietsie koels vir die keel te kry. Agora is 'n oase in die Karoo – vol interessante kleure en geure.

Die winkel is in 1988 deur 14 plaasvrouens gestig, nadat dr. George Craven die saadjie geplant het. Dit was aanvanklik gehuisves in 'n ou motorhawegebou. Deesdae is daar vyf lede wat bygestaan word deur die bekwame winkelassistente, Lettie van Zyl en Lizzy Bosman. Van die oorspronklike lede is net twee – Aneen Maskell en Sarie Viljoen – steeds by Agora betrokke.

Agora is nou op die perseel van die Exel Garage. Vrouens (en hul mans!) kan gou inloer terwyl brandstof ingegooi word.

Agora verkoop artikels van hoogstaande gehalte, wat elkeen

Die beste getuigskrif vir Agora kom egter uit die besoekersboek.

“Unusual find in the Karoo. A very special shop. Very

creative and tastefully done, selection for everybody.

Well done!!!”- Jonathan & Sharon Deal, Kaapstad

“Wat 'n innerlike volmaakte belewenis,

tussen al die mooi!”

- Elsabé Ross, Postmasburg

As jy een keer in Agora was, sal jy beslis weer 'n draai wil maak!

se sak en smaak pas. Die sybokhaarkomberse en Angora-haasprodukte is baie gewild. Die skaapwolpantoffels, wat plaaslik gemaak word, is 'n groot gunsteling onder toeriste, veral as hulle die Karoo se koue winters moet trotseer. Sommige het al sommer met hul nuwe aankope aan hul voete uitgestap! Daarbenewens is daar ander produkte soos keramiekware, tuisgemaakte konfyte en gebak, om nie eens te praat van die alombekende “peanut brittle” nie.

Die restaurant bedien die heerlikste tuisgemaakte disse, soos wildspastei, Karoobredie en appeltert. Wat kan dan nou lekkerder wees as om 'n beker boeretroos te drink terwyl jy die vars Karoolug inasem?

Plaaslike Karoo-kunstenaars se kunswerke kan ook by Agora gekoop word.

Wat Agora so besonders maak, is dat geen twee besoeke eenders is nie. Elke keer wat 'n mens die winkel besoek, is daar iets nuuts wat die aandag trek.

Stop by – 'n oase in die Karoo

Skakel Agora Crafts by 053 643 0224 of vir Aneen Maskell by 053 643 0035.

Page 34: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

Waak teen die sonse dodelike strale

beskikbaar in pers, blou en pienk vir kinders en volwas-senes. Dit kos R30 en is verkrygbaar by enige Kan-sa-kantore.

My vierjarige seuntjie dra dit met groot trots en vertel vir almal dit is sy “kanker-bandjie”. En dan altyd die waarskuwing by: “mens gaan dood van kanker”.

Kansa het vanjaar weer eens 'n beroep gedoen op al le Suid-Afr ikaners om verantwoordelik te wees wanneer hulle met vakansie is.

'n Veldtog is ook geloods saam met Clicks en Nivea om mense bewus te maak van die SunSmart-veldtog.

Velkanker kan voorkom word deur altyd sonveilig te w e e s , m a a r v a k a n s i e -gangers word veral gewaar-sku om gedurende Desem-ber en Januarie versigtig te wees wanneer die son se strale baie gevaarlik is.

Net twee blase van die son voor die ouderdom van 18 jaar kan 'n mens se kanse om kanker later jare te kry, dramaties verhoog, het Sue Janse van Rensburg, Kansa se hoof- uitvoerende be-stuurder, gesê.

Des 2011 | Jan 201232

omer bring son, en son bring goudbruin Slywe. Vra maar enige

man, wat is nou mooier as 'n songebrande bruin lyf op die strand (en as sy nog 'n klein, fyn bikini aanhet, nog te beter né?).

Of wat praat ek dames? Wanneer daardie manlike spiere bult in die branders en die lywe is goudbruin – dan maak dit nie saak of die eienaar van die bruinge-brande lyf 16 of 45 is nie! Mooi bly mooi.

En veral ons vrouens glo mos die sonbruin k leur verbloem dikwels die ergste ekstra gewig. Of sommer soos party prontuit erken: “bruin vet is darem baie beter as wit vet”.

Maar ongelukkig oordoen ons dit soms. Veral by die see wanneer ons lekker saamkuier en in die bran-ders baljaar. As daar boonop 'n l igte seebriesie waai, besef ons nie hoe warm die son eintlik is nie en is dit eers wanneer ons namiddag by die huis kom en in die spieël kyk...

Natuurlik vergeet ons dik-wels ook om wanneer ons klaar in die see geswem het, weer sonbrandroom aan te

smeer. Ons redeneer mos “maar ek het al”. Op die ou end van die dag is die tannie wat met haar kappie en haar bene toegegooi met 'n hand-doek onder 'n sonsambreel baie beter en veiliger af as die sonsoekers!

Suid-Afrika is bekend vir sy onverbiddelike son wat fel neerbrand en veral in ons streek kan die son mos voel of dit stilstaan. In strooptyd is mans bykans permanent buite in die son – dikwels sonder hoed of nog belang-riker die buisie sonroom.

Dit is boonop nie die lekker-ste ding om sonbrandroom aan jou gesig te smeer en dan in stowwerige lande te gaan werk nie, maar miskien is dié ongemaklikheid se prys zero teen wat die ge-volge s'n kan wees.

Ons moet ons mans aan-moedig om soggens ná die laaste koppie koffie te sorg dat veral hul gesigte en arms gesmeer is. En dat die buisie maar saamgaan bak-kie toe!

Vanjaar het Kansa oulike, plastiese “UV-Smart” arm-bandjies bekendgestel wat mens dra om ander bewus te maak van die son wat kanker veroorsaak. Dit is

Clivé Burger, redakteur

Page 35: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

moes trotseer, kan jy ge-rus jou hare afspoel met 'n koppie groentee nadat dit gewas is. Dit verlig die seer en maak boonop die hare mooi blink.

Des 2011 | Jan 2012 33

Velkanker is die tipe kanker wat die meeste in Suid-Afrika voorkom met sowat 20 000 gevalle wat jaarliks aangemeld word en sowat 700 sterftes wat daarop volg.

Baie mense dink hulle wil nie sonroom aansmeer nie, want dan gaan hulle nie mooi bruin brand nie.

Volgens Kansa sal sowat 20 minute in die son met 'n SPF 15 jou 'n ligte bruin kleur gee oor 'n tydperk van 'n maand. Boonop beteken dit dat jy jou daaglikse kwota Vitamien D ook inkry.

Hier volg 'n paar nuttige wenke:! Onthou om sonroom aan

te sit nadat jy geswem het. Hoewel talle produkte verseker dat dit in water steeds aanbly, is dit wys om eerder weer aan te smeer.

! 'n Mens kry deesdae “wetwipes” wat jy kan gebruik om die sonroom aan te wend. Dit werk veral lekker met babas en kleiner kinders. Jy kan die he le ly f in 'n jap t rap smeer.

! Puisies kan donkerder word van die son en dit is daarom wys om dit eerder nie aan die son bloot te stel nie aangesien dit dan soms ook merke laat.

Twee rate vir kreef-lywe as die son se strale dit behoor-lik bygekom het:

! Koue Bulgaarse joghurt kan aangewend word om die ergste seer te vermin-der. Wend dit mildelik aan

en spoel dit na 5 minute weer af.

! Dra 'n hoed want 'n seer kopvel is minder lekker. Wanneer jou kopvel egter wel die son se strale

Page 36: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

God se genade is groot...

bestuurder of iets. Gert is ook al getroud en werk blykbaar as 'n mechanic op een of ander ryk ou se plaas in Mpumalanga. As hy dit reg het, is daar al vier of vyf kleinkinders.

Hy het nog net Mariet se oudste seun, Christof, gesien, maar dit was sowat drie jaar gelede. Hy is seker al yslik groot.

Die sweet tap Jacobus af. Sy vel lyk soos leer. Sy blou oë lyk nog blouer in die bruingebrande gesig. Hy staan en skop met sy een voet teen die trollie se wiel.

Hy het so gehoop hy kan hierdie Kersfees vir hom 'n paar nuwe tekkies koop en vir ou Marie 'n lekkerruik dingetjie. Maar die geld is maar skraps. Hulle moet nou eers die belangrike goed betaal. Hy moet maar vasbyt en sy staan staan hier by die winkelkompleks waar hy as karwag werk, want Marie se rug kan ook nie die gestanery elke dag hou nie. Sy kla elke nag van pyn in die lae rug.Dan vryf hy maar so bietjie samboksalf in. Dit help darem.

Jacobus was 10 jaar gelede 'n elektrisiën by die Spoorweë. 'n Goeie salaris gekry. Hy kon sy gesin die nodige gee. Maar die treine het opgehou loop...

En hy kon nie weer werk kry nie. Niemand het meer belanggestel in 'n ou man wat naby aftree-ouderdom was nie. Die jonges het meer krag in hulle.

'n Ou tannie loop verby en hou haar hand uit na hom. Sy sit 'n R50-noot in sy hand. Hy wil nog iets sê. “Dankie Meneer. Ek sien my motor is nog hier.” Sy glimlag.

Des 2011 | Jan 201234

annie Alida loer op die stoep uit. “Suné, wil jy nie Tgou kom en vir ons die

glase op die tafels kom uitpak nie asseblief?”

“Ek kom ma. Ek wil net gou vir klein Adriaan 'n skoon doek aansit.” Buite op die groot grasperk hardloop die klomp kleinkinders uitbundig rond. Hulle is behoorlik uit hul velle uit. Dit is Kersdag en gisteraand het Kersvader in sy rooi klere sommer met die ou plaasbakkie daar aangekom. Met sakke vol geskenke.

Eers was die verbasing groot en op sommige gesiggies die vrees en onsekerheid duidelik sigbaar, maar toe Kersvader gemoedelik uit sy maag lag en vir hulle vertel sy bokke rus bietjie daar by die lang laning bome, het die ogies begin ophelder. Dit was regtig Kersvader en hy het baie presente saamgebring.

Gustav kom aangehardloop. Hy is nou vyf. “Mamma, my vlieër wil nie vlieg nie,” kla hy moedeloos. “Gustav, vir 'n vlieër om te kan vlieg het jy wind nodig. Hier is nie eens 'n ligte windjie wat waai nie. Jy sal maar moet wag dat die wind opsteek voordat jou vlieër in die lug sal bly”, verduidelik Suné.

Die teleurstelling staan groot geskryf oor Gustav se gesiggie. “Ag toemaar man. Gaan haal vir jou daai mooi vierwielaange-drewe bakkie wat tannie Hannelie en oom Kobus vir jou gekoop het. Speel solank met dit,” troos sy ma.

Stoffel Cilliers staan stil en kyk na sy kleinkinders. 'n Mens is so bevoorreg om jou kinders en kleinkinders en ander familie by

'n mens te kan hê vir Kersfees. Hy voel waarlik ryk – skatryk. Die seuns staan en gesels oor die stropery en die vleispryse wat darem nou met Kerstyd heel goed was. Sy broer, Kobus, vra Lientjie se verloofde uit oor Australië.

Sy jongste dogter en Alwyn is verlede jaar oor die water waar sy aanstaande skoonseun 'n baie goeie ingenieurspos by 'n groot maatskappy in Brisbane aanvaar het. Die planne is darem nie om vir altyd daar te woon nie.

Hy is net bly hy kan al sy vier kinders en hul gesinne bietjie by hom en Alida op Genadedal hê vir Kersfees. Hy is voorwaar geseënd.

***

Jacobus leun teen 'n trollie. Die son brand fel neer. Vandag is die hitte weer ondraaglik.

Sy gedagtes gaan terug na 'n dekade gelede.

Hy en Marie was nooit ryk mense nie, maar hy kon darem in hul basiese behoeftes voorsien. En dan was daar soms 'n ekstra geldjie vir 'n braaivleis en 'n koue bier saam met Koot en Ans van langsaan.

Ja nee, dit was eintlik goeie dae. Die kinders is almal deur die skool en Neels het nog verder gaan leer ook. Wat presies, weet hy nou ook nie meer nie. Hulle het lanklaas van hom gehoor. Hy het glo 'n goeie werk iewers in Pretoria.

Die ander twee kinders sien hulle so nou en dan. Mariet werk in Shoprite en is darem al 'n

Clivé Burger, redakteur

(lees verder op bladsy 36)

Page 37: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

Hierdie kersstaander gemaak uit die ringe en hout

van 'n ou wynvat is net die regte geskenk om te

sorg vir 'n spesiale atmosfeer. Wat is Kersfees

sonder kerse? Prys: R380 (met kerse)

Geblomde kussings gemaak

van hessian-sakke. Prys: R320

(medium) en R350 (groot)

Vir enige van hierdie geskenke en vele meer, kontak Rika Oberholzer van Ma-Rieks

Geskenkwinkel in Jacobsdal by082 823 8198. Geskenke kan gepos word.

Snuffel rond

vir 'n spesiale

Kersgeskenk...(spesiaal vir die

laatslapers!)

Duursame glashouers – vir bêre of sommer net vir die mooiheid. Prys: R380 (stel)

Pewter-

kleurige

hoenders

maak enige

kas of

kaggel

interessant.

Prys: R235

(klein) en

R245

(groot)

Praktiese houthouers vir alles en nog wat.

Prys: R130 (stel)

Verby dié

pragtige

beertjies – groot

en klein – kan

mens net nie

verbyloop nie.

Prys: Tussen

R85 en R145

Page 38: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

hoenderborsies en -vlerkies, skaap- en beesvleis. Koue slaaie. En dan natuurlik die trifle wat wag.

Stoffel maak keel skoon. “Kom ons bid saam. Dankie Hemelse Vader vir U groot genade...”

***

Jacobus en Marie sit op 'n ou kombers by die rivier. Die voëltjies sing vrolik. Hy sit sy hand saggies op Marie s'n. “Kom ons sê dankie...”

“Geseënde Kersfees vir jou en jou gesin Meneer.” Sy kyk hom in die oë.

Jacobus se oë skiet vol trane. “Dankie Mevrou, die Here seën jou.”

Nou het hy darem so amper R100. Dit is Kersdag. Hy gaan nou vir hom en Marie 'n lekker hoendertjie gaan koop. En 'n paar vars broodrolletjies. En 'n 2 liter Coke.

***

Op Genadedal sit die Cilliers-familie die ou groot eikehout-eetkamertafel vol. Dit is 'n groot vrolikheid. Gekleurde Kershoed-jies op almal se koppe, klappers wat getrek word met klein “geskenkies” wat uitspring.

“Dit is myne”, stry die kinders oor wie die baas van die geheime inhoud van die klapper mag word.

Die tafel is mooi gedek in rooi, wit en silwer. Kerse brand. Soutvleis, varkvleis,

Des 2011 | Jan 201236

Bestanddele 5 liter vanilla roomys

Pakkie Romany Creams

Karamel

Peppermint Crisp sjokolade

Krummel die Romany Creams en sit 'n laag onder in 'n tertbak.Sit 'n laag roomys bo-op.Sit 'n laag karamel op.Sit nog 'n laag roomys op.Krummel die Pepperment Crisp oor.Enigiets lekkers kan eintlik by hierdie bestanddele gevoeg word soos glasierde kersies, pekanneute of malvalekkers.

Lip-aflek-lekker!

Roomystert-poedingHierdie is 'n heerlike en vinnige poeding ideaal vir 'n warm Kersdag.

Waarskuwing: Maak maar 'n ekstra bak – net vir ingeval...

Page 39: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

Horisontale Banner(19 x 5,4cm)

1 maand: R575 elk2 maande: R550 elk

Tydskrifaanlyn

nuwe

Tariewe vir advertensies

Jou no.1aanlyn-tydskrif

Volblad(21 x 29,7cm)

1 maand: R1 950 elk2 maande: R1 850 elk

BTW nie betaalbaar.

Ontwerpkoste is ingesluit by prys.

R100

“Koop en Verkoop”-afdeling(word ook op webwerf geplaas)

(9 x 3,0cm) sluit ‘n foto in

Page 40: @agri Desember 2011 • Januarie 2012

Volblad (21 x 29,7cm)

Smalls (9 x 2,0cm)

1/4 Blad(9 x 13,4cm)

1 maand: R595 elk2 maande: R550 elk

1/8 Blad(9 x 6,3cm)

1 maand: R425 elk2 maande: R400 elk

R60 vir 5 reëls

“Dit en Dat”-afdeling

SMALLSslegs R60