koekeloer januarie 2019 - zambeziaftree.co.za
TRANSCRIPT
1
KOEKELOER JANUARIE 2019
DIE INTOG IN DIE NUWE JAAR
Januarie is vir my altyd soos ʼn skoen wat druk. ʼn
Mens kom net nie lekker oor die weg met hom
nie. Dit gaan knyp-knyp, hink-pink deur die eerste
weke, en ʼn mens wonder hoe jy ooit daaraan
gewoond gaan raak. Want Januarie is nie ʼn skoen
wat jy kan omruil of verkwansel of agter in jou
kas kan bêre nie. Jy kan nie anders nie; jy moet maar daarmee loop.
Maar daar is darem dié troos; as jy net genoeg volharding het, is die
skoen tot jou heimlike verligting teen die Paasvakansie
uitgetrap. Dan vergeet jy van die knyp en jy stap deur die
res van die jaar met die selfvertroue van ʼn mens wie se
skoene nie skaaf nie.
Die eerste ding wat my in die nuwe jaar ontuis laat voel, is die
veranderde jaartal. Daar is vir my iets aanmatigends in daardie nuwe
jaartal, iets meedoënloos en onafwendbaar. Ek kan my nie losmaak van
die ou jaartal nie. Ek is nou maar so: ek neem swaar afskeid, veral van
dié dinge en dié mense wat vir my oor ʼn lang tydperk ʼn besondere
waarde gehad het. Ek sien swaar af van ʼn ou motor
waarmee ons lank en ver gery het, van ʼn ou bed
waarop ons jare lank geslaap het en van ʼn swart
kaggelmatjie wat deel was van ons wintersaande
voor die vuur. Ek kan nie dadelik gulhartig wees
teenoor hulle opvolgers of plaasvervangers nie. Daarom is ek wrewilrig
vir Januariemaand, al is die groenmielies hoe geil en die waatlemoen
hoe rooi. Ek bly bewus van verraad teenoor die jaar wat verby is.
Audrey Blignaut Met Ligter Tred
2
NUUS UIT DIE OORD
HUWELIKSHERDENKINGS
7 Januarie Andries en Maggie Adendorff 53 jaar
14 Januarie Piet en Willie Bruwer
Babs Bouwer (347)
63 jaar
Liewe Oordgenote
Ook van my kant af
baie dankie vir julle
vriendelike ontvangs
in julle huise.
Weens my ligte
beroerte in November
kon ek nie by almal
uitkom nie, maar is
dankbaar vir die
mooi bedrag van
R6 200.00 wat ek
kon oorbetaal.
Groetnis
Gerrie Brouwer (59)
3
SOSIALE KLUB VIR 2019
Op die onlangse jaarvergadering van die Sosiale Klub is die bestuur
soos volg saamgestel:
Lunien Claassens Voorsitster
Annatjie van Niekerk Ondervoorsitster
Olga Alberts Sekretaresse
Martie Nagel
Marieta Danhauser
Estelle Roux
Estelle van der Hoff
Ons eerste funksie vir 2019 is die braai op 17 Januarie 2019!!!
Namens die Sosiale Klub wil ons alle inwoners ʼn
wonderlike nuwe jaar toewens. Ons wens vir julle is
hope gesondheid en baie liefde en genade.
WIE MAAK WAT HEEL
Volgens die Deeltitelwet is die Regspersoon verantwoordelik vir
onderhoud op gemeenskaplike terrein.
Die eienaar is verantwoordelik vir onderhoud binne die eenheid, bv
verf van binnemure en -plafonne, krane, toilette,
dreinering binne die eenheid,
onderhoud van geisers
(termostaat/element/druk
veiligheidsklep), slytasie van motors
van garagedeure.
Die Regspersoon is verant-woordelik vir die buitekant van
wooneenhede, bv die skoonmaak van geute en valleie van dakke,
dreine, pype en krane op gemeenskaplike eiendom, onderhoud van
hekkies, buitekant van vensterrame en deure.
4
VERSEKERING
Die huidige polis word onderskryf deur Santam Versekeringsmaat-
skappy Beperk, Middel & Vennote tree op as die versekeringsmakelaar.
Die individuele eenhede is verseker teen R9 000 per vierkante meter.
Die gemeenskaplike eiendom is afsonderlik onder die polis verseker.
• Indien ʼn eienaar/inwoner enige opgraderings/verbeterings by die eenheid
doen, is die bykomende versekering t.o.v. opgraderings die eienaar se
verantwoordelikheid en as sodanig betaalbaar. Besonderhede is by die
Kantoor beskikbaar.
• Enige skade aan die struktuur en vaste toebehore van geboue as
gevolg van ʼn skielike en onvoorsiene gebeurtenis, bv. weerlig, storm,
wind, en brandskade, word gedek.
• Inwoners is self verantwoordelik vir die inhoud (los items) van hulle
wonings.
•
DIE MEES ALGEMENE ITEMS WAT NIE GEDEK
WORD NIE:
• Skade wat plaasvind oor ʼn tydperk van tyd, bv klam
muur.
• Skade as gevolg van insakking en grondverskuiwing.
• Skade wat direk verband hou met swak onderhoud, bv
lekkende badkrane, foutiewe stort-waterdigting of badseëlaar, wortels
in afvoerpype, geute en afvoerpype geblokkeer deur blare.
• Skade direk gekoppel aan enige gebrekkige ontwerp of vakmanskap.
• ʼn Verroeste/verswakte pyp met ʼn baie stadige lek – geen
versekeringseis.
• ‘n Verroeste/verswakte pyp met ʼn skielike bars – geen eis vir die
herstel van die pyp of gebied waar die pyp geleë is nie.
• Slytasie op motors van motorhuisdeure.
ITEMS WAT GEDEK WORD
• Gebarste waterpyp
ʼn Pyp in ʼn redelike toestand wat bars weens ʼn skielike en onvoorsiene
gebeurtenis – beide die herstel van die pyp en enige gevolglike skade sal
5
gedek wees. Gevolglike skade van ʼn verroeste/verswakte pyp wat gebars
het sal gedek word.
• Warmwatertoestel (Geyser)
1 Indien u enige probleem met u warmwatertoestel (geyser) ondervind,
kontak onmiddellik die kantoor. Daar is ʼn spesifieke prosedure wat
gevolg moet word met betrekking tot die versekering en die herstel
daarvan. Noodnommers vir buite kantoorure is by die kantoor
beskikbaar.
2 Prosedure in geval van ʼn eis:
✓ Gedurende kantoorure: Meld die eis by die kantoor aan.
✓ Noodgevalle na kantoorure: ʼn Nood-eis het slegs betrekking op gevalle
waar daar ʼn gebarste toestel of daklek met gepaardgaande skade is. Alle
ander eise moet tydens kantoorure afgehandel word. In so ʼn noodgeval,
skakel met die Trustee verantwoordelik vir Instandhouding (tans Niek
Smith – ook die Voorsitter) of die persoon wat in sy afwesigheid instaan
(tans Gerhard Stander).
3 ʼn Maksimum van R6 600 is vir die vervanging van warmwatersilinders
onderhandel en indien ʼn hoër fooi gehef word, is die verskil deur uself
direk aan die kontrakteur betaalbaar. Dit sluit die bybetaling van R2 500
in, wat die eienaar direk aan die kontrakteur moet betaal.
4 Alle eise moet binne 30 dae vanaf die gebeurtenis by die makelaar
aange-meld word of die versekerde sal self vir die eis verantwoordelik
wees.
5 Eienaar bly verantwoordelik vir die onderhoud van die warmwater-
silinder, d.w.s ten opsigte van die termostaat, element en
drukverligtingsklep.
Die volgende word nie gedek nie:
o Verlies of skade wat regstreeks of onregstreeks veroorsaak word deur
of bygedra het tot of wat voortspruit uit foutiewe of gebrekkige
ontwerp of nie-geakkrediteerde geiserinstallering per SABS 10254.
o Verlies of skade wat direk of indirek veroorsaak is deur of bygedra
het tot of wat voortspruit uit die mislukking van en/of die
doelbewuste weerhouding en/of ʼn gebrek aan voorrade vir water, gas,
elektrisiteit of brandstof.
6
o Enige item wat deel vorm van die eis en aanhangsels gedek deur ʼn
waarborg.
o Die uitroepkoste om aandag te gee aan
(i) frekwensie sensitiewe relê,
(ii) foutiewe stroombreker,
(iii) uitgeklinkte isolasieskakelaar,
(iv) uitgeklinkte aardlekkasie,
(v) uitgeklinkte warmwaterskakelaar,
(vi) foutiewe tydskakelaar.
(vii) enige herstel of vervanging van ʼn item wat nie hierbo
genoem word en enige bedrag bo die limiet, sal direk aan
die kontrakteur deur die eienaar betaalbaar wees.
6 Alle warmwatersilinder-installering moet voldoen aan SABS 10254
standaarde, ’n warmwatersilinder onder waarborg word nie gedek onder
hierdie polis nie.
7 Inwoners word aangeraai om die voorafgaande saam met die Oord se
Bestuursreëls te lees.
Die seuntjie het nie baie goed gedoen op skool nie. Eendag kom staan hy langs sy
juffrou en sê: “Ek wil Juffrou nou nie bang maak nie, maar my pa het gesê as my
punte nie verbeter nie, gaan iemand ʼn groot pak slae kry.”
VOORSPOEDIGE 2019 AAN AL DIE
INWONERS VAN ZAMBEZI AFTREE
OORD!
7
W A R N I N G!!!
When I am an old woman I shall wear
purple
With a red hat which doesn’t go, and doesn’t suit me.
And I shall spend my pension on brandy and summer gloves
And satin sandals, and say we’ve no money for butter.
I shall sit down on the pavement when I’m tired
And gobble up samples in shops and press alarm bells
And run my stick along the public railings
And make up for the sobriety of my youth.
I shall go out in my slippers in the rain
And pick the flowers in other people’s gardens
And learn to spit.
You can wear terrible shirts and grow more fat
And eat three pounds of sausages at a go
Or only bread and pickle for a week
And hoard pens and pencils and beer mats and things in boxes.
But now we must have clothes that keep us dry
And pay our rent and not swear in the street
And set a good example for the children.
We must have friends to dinner and read the papers.
But maybe I ought to practise a little now?
So people who know me are not too shocked and
surprised
When suddenly I am old, and start to wear purple.
Jenny Joseph 1992
8
JANUARIE 2019 Kliniek 24 uur telefoonnommer: 083 276 0546
Sondag Maandag Dinsdag
30 31 1 NUWEJAARSDAG
6
7
8 Voetsorg Christilde Kliniek - 082 563 9012 -13h00
Teetuin - Sorgsentrum - 15h00
13
14
15 Dokterspraatjie - Eetsaal - 10h00
Voetsorg - Christilde Kliniek - 13h00
20 Aanddiens
Saal 18h00
21 22 Voetsorg - Christilde Kliniek - 13h00
Sorgsentrum verjaardagpartytjie – Eetsaal - 15h00
27 28 29 Voetsorg - Christilde Kliniek - 13h00
Teetuin - Sorgsentrum - 15h00 Elke week
Kiewiete - Saal - 08h00
Kliniek- 09h00 - dan tuisbesoeke
Stap – Voorportaal - 11h00
Brug - Sitkamer - 10h00-12h00
Dr Frans Erasmus - 14h00-16h00
Brei/hekelgroep –Sitkamer-14h30
Jukskei - 15h15
Kroukie - 15h00
Elke week
Haarsalon - 08h30 – 15h00
Marthie 083 347 7638
Kliniek - 09h00, daarna tuisbesoeke
Dr Frans Erasmus - 10h00-12h00
Stap – Voorportaal - 11h00
Administratiewe kantoortelefoonnommer: 084 549 6505
Aktiwiteite in sitkamer vind by Sorgsentrum plaas
Legkaarte in die bibloteek om op u eie tyd te bou (Ander by Ontvangs beskikbaar)
9
Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag
2 3
4 5
9 Bybelstudie - Saal - 09h00
10
11 Kind2Hearing
Kliniek - 09h00-11h00
12
16 Bybelstudie - Saal - 09h00
17 Braai - 17h30 vir 18h00 18
19
23 Bybelstudie - Saal - 09h00
24 25 26
30 Bybelstudie - Saal - 09h00
31 Sing saam Sitkamer 15h30 1 2
Elke week
Haarsalon - 08h30-15h00
Elsabé 083 757 7454
Kliniek 09h00, dan tuisbesoeke
Bybelstudie - Geref Kerk
Sitkamer - 09h00
Stap - Voorportaal - 11h00
Dr Frans Erasmus 14h00-16h00
Bussie na Kolonnade - 10h00
Bordspel - Sitkamer - 14h00
Kroukie - 15h30
Biduur – Saal - 16h30
Elke week
Haarsalon - 08h30 – 13h00
Elsabé 083 757 7454
Kiewiete Saal 08h00 vanaf10/01
Duiwe-oefengroep vanaf 10/01
Sitkamer 09h30
Kliniek - 09h00, daarna
tuisbesoeke
Dr Frans Erasmus 10h00-12h00
Kreatiwiteit vanaf 10/01
14h30 Sitkamer
Stap - Voorportaal - 11h00
Jukskei 15h00
Elke week
Haarsalon 08h30 – 13h00
Avril 082 577 7449
Kliniek 09h00, dan
tuisbesoeke
Dr Frans Erasmus
10h00-12h00
Bussie na Kolonnade
10h00
Stap Voorportaal 11h00
Elke week
Haarsalon
07h00-13h00
Avril
082 577 7449
10
ZAMBEZI AFTREE-OORD - SPYSKAART – JANUARIE 2019
VIR BESTELLINGS KONTAK: 074 176 1570
Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag 1 Jan
Murgpampoen-
tjiesop
Kerrievis OF
Beesblokkies
Bruin rys
Pampoentertjies
Groenboontjies
Griekse slaai
2 Jan Aartappelsop
Herderspastei OF
Hoender Breyani
Gemengde
groenteslaai
Blomkoolkoekies
Roomspinasie
Jellie en vla
3 Jan Tamatiesop
Hoender- &
broccoligereg OF
Soetsuur-
beesrepies
Rys
Suikermielies
Gebakte
pampoen
Vrug van dag
4 Jan Groentesop
Gebakte vis OF
Soet beenlose
varkribbetjie
Gegeurde rys
Wortelslaai
Uie- &
tamatieslaai
Yskastert
5 Jan Bonesop
Beesburger OF
Worsbroodjie
Aartappelskyfies
Groenslaai
Botterskorsieslaai
Beetslaai
6 Jan Spinasiesop
Beestong OF
Geroosterde
hoender
Gebakte
aartappels met
rys
Gebakte broccoli
Wortels met
aartappels en uie
Franse slaai
Koekstruif
7 Jan Geelwortelsop
Gekrummelde
vark OF
Kerriemaalvleis
Geelrys
Lemoen-
pampoentjie
Ertjies
Vrug van dag
8 Jan Lensiesop
Hoenderkerrie
OF Bees-&
Tamatiebredie
Stampmielies
Soetwortels
Spinasie
Beetslaai
9 Jan Selderysop
Hoenderlasagne
OF Hoender-&
Feta Pasta
Tuisgebakte
broodrolletjie
Groenbone met
roosmaryn
Pampoen met
kaneel
Koolslaai
Aarbeimousse
10 Jan Boontjiesop
Varkfrikkadelle
OF
Hoenderpastei
Kapokaartappels
Dadelpatats
Ertjies
Vrug van dag
11 Jan Sap
Gebakte vis OF
Braaihoender
Aartappel-
wiggies
Wortelring
Franse slaai
Melkskommel
12 Jan Sap
Tuisgemaakte
Pizza OF
Maalvleispanne-
koek
Komkommer en
pynappel
Aartappelslaai
Griekse slaai
11
13 Jan Tamatiesop
Gammon OF
Geroosterde
hoender
Groenboontjies
Wortels met
soetsuursous
Beetslaai
Malvapoeding
14 Jan Botterskorsiesop
Beeslewer OF
Viskoekies
Bruin rys
Beetkoekie
Ertjies
Vrug van dag
15 Jan Koringsop
Boerewors OF
Hoender
Schnitzel
Kapokaartappels
Geroosterde -
groente
Soetpatats
Wortelslaai
16 Jan Ertjiesop
Soetsuur bees-
OF Soetsuur
hoenderrepies
Eiernoedels
Soetmielies
Fetakaas &
Botterskorsie
Melktert
17 Jan Patatsop
Maalvleisrol OF
Spek- &
kaaspastei
Aartappelwiggies
Wortels
Lemoenpam-
poentjie
Vrug van dag
18 Jan Lensiesop
Gebraaide vis OF
Soet beenlose
varkribbetjie
Aartappelskyfies
Appel-&
selderyslaai
Beetslaai
Spinasieslaai
Perske & vla
19 Jan Mieliesop
Romerige
Frikadelle OF
Hoenderrepies
Gegeurde rys
Murgpampoentjie
Kool
Tamatie- &
uieslaai
20 Jan Aartappelsop
Beesskywe OF
Hoenderpot
Rys,Spinasie
Wortels &
aartappels
Groenslaai
Asynpoeding &
vla
21 Jan Blomkoolsop
Chicken á la
King OF
Soetsuur bees
Rys
Groenbone
Wortels
Vrug van dag
22 Jan Wintersop
Spaghetti
Bolognaise OF
Vispastei
Ertjies & mielies
Geroosterde beet
Griekse slaai
23 Jan Beetsop
Bobotie OF
Hoenderlewer
Rys
Blomkool
Spinasietertjie
Komkommer &
pynappel
Jellie & vla
24 Jan Bonesop
Vetkoek &
Kerriemaalvleis
OF
Spek-& kaas
macaroni
Murgpampoentjie
Botterskorsie
Vrug van dag
25 Jan Sap
Gebraaide vis
OF
Hoendersosatie
Gegeurde rys
Groenslaai
Wortelslaai
Wafel & roomys
26 Jan Bruin uiesop
Hoenderburger
OF
Maalvleis wrap
Aartappelskyfies
Franse slaai
Beetslaai
27 Jan Tamatiesop
Lamspastei OF
Roosterhoender
Aartappelskyfies
& rys
Groenbone
Pampoentertjie
Groenslaai
Vrugtepoeding
28 Jan Rooi lensiesop
Gekrummelde
beesrepies OF
Viskoekies
Kapokaartappels
Ertjies
Lemoenpam-
poentjie
Vrug van dag
29 Jan Aartappelsop
Hoenderkerrie
OF Vark Stew
Potbrood
Wortels
Spinasie
Tamatie & Uie
Sambal
30 Jan Stampmieliesop
Pastagebak
met maalvleis
OF Herderspastei
Gemengde
groente
Komkommer &
tamatie
Jogurttert
31 Jan Geelwortelsop
Romerige
Beesrepies OF
Hoendergebak
Rys
Botterskorsie
Soetsuur broccoli
Vrug van dag
12
AGAPANTHUS AFRICANUS and AGAPANTHUS
PRAECOX (African Lily) (Kobie Coetzee (Life is a Garden)
The name Agapanthus is derived from
the Greek = agape, meaning love, and
anthos, meaning flower. There is no
clear reason for this derivation,
although it could be interpreted as
‘lovely flower’. Agapanthus is a
flowering plant from the genus
Agapanthus and is native to the area of Cape
of Good Hope in South Africa. Agapanthus
africanus is more difficult to grow than the Agapanthus Praecox.
Agapanthus was originally called the African Hyacinth or African Lily.
In Europe it is also called African lily, or even Lily of the Nile. There
are six different species of Agapanthus. Agapanthus species are
variable, and many subspecies and cultivars are recognised. Agapanthus
also hybridise freely, resulting in many hybrids.
Agapanthus praecox ‘Zambezi’ brings a whole new dimension to
these ‘love flowers’ with their striking broad variegated leaves and
violet flower heads. They enjoy full sun or semi shade where they
should be planted in well drained soil. It grows to about 40 cm in height.
Violet flowers from December to March and their best feature is dark
green leaves which are streaked with a cream yellow variegation and
broad golden yellow margin. In traditional medicine, Agapanthus is
believed to be both medicinal and magical, and it is the plant of fertility
and pregnancy. It is also used to treat heart disease, paralysis, coughs,
etc. Agapanthus are easy to grow and are rewarding garden plants.
Both evergreen and deciduous varieties do best in sunny position, but
also do well in semi shade. They do best in areas with dry winters and
moist summers. Thrives in fertile, well-drained, but moisture-retentive
soil in full sun/semi-shade. Agapanthus colours vary from dark purple
to white.
13
MY KOLON BLOEI!
Dokters word geleer dat enige bloed in ʼn pasiënt se ontlasting kanker is,
tot anders bewys. Gelukkig is die meerderheid gevalle nie kanker nie en
die dokter is saam met die pasiënt bly dat die bloed ʼn ander oorsaak het.
Die rede vir dié denkpatroon is dat kanker die vernaamste oorsaak is,
maar by verre nie die algemeenste nie. Daarom moet die moontlikheid
van kanker eers uitgeskakel word.
Aambeie is verreweg die algemeenste oorsaak van
rektale bloeding. Aambeie is baie soos spatare op die
bene, maar kom slegs om die anale opening voor.
Kenmerkend is dat daar strepies bloed lengtewaarts
om die ontlasting gesien kan word, maar nie gemeng
met ontlasting is nie. Dikwels sien die pasiënt
bloedspatsels om die binnerand van die toilet.
Hardlywigheid lei dikwels tot klein skeurtjies van die
rekatale knypspier. Dan sien mens meestal boed op die toiletpapier.
Langdurige hardlywig-heid lei dikwels tot DIVERTIKULOSE van die
dikderm: In die dikderm se wand
is daar talle slymkliertjies om te
help met gemaklike lediging van
die kolon. Met volgehoue
hardlywigheid verstop die
ontlasting soms die uitlaatbuisies
van die slym-kliertjies. Dan
vergroot die slym-kliere omdat
hulle nie kan ledig nie. Later volg
ontsteking van die uitgesette slymkliere en dit staan bekend as
DIVERTIKULITIS. Dit kan onderbuikpyn veroorsaak, sowel as bloed
gemeng met die ontlasting. Behandeling is meestal om gereelde
ontlasting te verseker. As ʼn divertikel baie groot word en bars, beteken
dit ʼn geperforeerde kolon, wat onmiddellik geopereer moet word.
14
Ulseratiewe kolitis is ʼn lastige siekte wat die hele derm kan aantas,
maar gelukkig meestal net die onderste gedeelte. Die oorsaak is
onbekend, maar omdat dit reageer op immuunonderdrukkende middels,
aanvaar dokters dat dit veroorsaak word omdat die liggaam verkeerdelik
teenliggame teen eie dermweefsel maak. Gewoonlik is daar baie slym
en bloed in die ont-lasting. Die ongelukkige mense moet soms tot 15
keer per dag die toilet besoek.
Polipose - ʼn Poliep in die derm is omtrent soos ʼn moesie aan ʼn steeltjie
op die vel. Poliepe kan oor jare maklik so groot soos pruimedante word.
Met normale peristaltiese beweging van die derm gebeur dit dikwels dat
die poliep se steeltjie seerkry en bloeding in die ontlasting veroorsaak.
Die poliepe kan meesal gedurende ʼn kolonoskopie verwyder word.
Derm-poliepe is soms ʼn oorerflike toestand wat altyd tot dermkanker
lei. Daarom is dit wenslik dat mense wat familiële polipose geërf het,
vroeg-tydig hul kolon moet laat verwyder. Die nadeel van ʼn verwyderde
kolon is waterige stoelgange want die kolon is waar soute en water
geherabsorbeer word vir hergebruik in die liggaam.
Kolonkanker - Dit is ʼn stadiggroeiende kanker wat baie effektief met
chirurgie hanteer word. Die kanker word ewe goed met chemoterapie
behandel. Kolonkanker versprei gewoonlik redelik laat eers.
Omtrent 95% gevalle word permanent genees. Rektale bloed-
verlies is tipies by mense met kolonkanker. Bloed afkomstig
uit die boonste deel van die dermkanaal word chemies in die
derm verander en dit lyk glad nie soos bloed in die ontlasting
nie. Dit maak die stoelgange pikswart en taai, soos teer. Die geleerde
naam hiervoor is Melena. Dit het ʼn baie tipiese onaangename reuk. As
ʼn ervare dokter in ʼn hospitaal instap, kan hy gewoonlik binne sekondes
sê: “Daar is iemand in die saal wat aktief uit die boonste deel van sy
ingewande bloei”.
Wenk/waarskuwing: Bloed in die ontlasting moet nooit geïgnoreer
word nie. Besoek jou dokter sodat die oorsaak bepaal en dan
dienooreenkomstig hanteer kan word. Klinikus
15
BEATITUTES FOR FRIENDS OF THE AGED was written in 1958
by my mother Esther Mary Walker. She was the caregiver for my
grand’-father at the time, and hoped it would elicit better understanding
from other caregivers. As she approached her 94th birthday, my brother
and I realized we were now “living the Beatitudes.” I republish her
“Beatitudes” periodically in the hope that those of you who may be
sharing similar experiences will read and understand the dilemmas of
aging through her words. She passed away on March 21, 2005.
Curtis M. Walker
Friends of the Aged
Blessed are they who understand
my faltering steps and shaky hand.
Blessed are they, who know my ears today
must strain to catch the things they say.
Blessed are they who seem to know
my eyes are dim and my thoughts are slow
Blessed are they who looked away
when coffee was spilled at dinner today.
Blessed are they, who with cheery smile
stop and chat for a little while.
Blessed are they who never say
“You’ve told that story twice today”.
Blessed are they who know the ways
to bring back memories of yesterdays.
Blessed are they who make it known
I’m loved, respected and not alone.
Blessed are they who ease the days
of my journey home in loving ways.
Esther Mary Walker.
16
Dink ’n bietjie
Toe die tweetjies ontmoet het, was een van hulle die helfte van die
ander een se ouderdom + 7 jaar. Tien jaar
later, op hulle troudag, was die bruid dertig,
maar hierdie keer was een van hulle 9/10 die
ouderdom van die ander een. Hoe oud was
die bruidegom op sy troudag? (gee die heel
getal)?
As an antique dealer located, of course, in Puzzleland, you are used to
taking a loss now and then. The genuine Louis XIV TV set you bought
has proved difficult to sell. You priced it
originally at R100. Then you marked it down to
R80. Then you marked it down to R64.
Following your same rules, how much will its
price be after the next markdown? (You realise
of course, that Louis XIV TV sets are hard to
sell, they aren’t state of the art…)
NAALDWERK
Vir vinnige herstel-
en verstelwerk teen
bekostigbare pryse,
kontak Cornia
(012 524
3151/083 793 5428
of eenheid 296).
17
18
19
• Persoonlike Inkomstebelasting HEIN KLOKOW
Praktiserende Prokureur (LLB) Lid van Fidusiêre Instituut van Suid-
Afrika 084 581 8146 012 543 1806
The Fiduciary Institute of Southern Africa
20
Antwoorde:
Dink ʼn Slag: Antwoord: Bruidegom was 27 jaar op sy troudag.
Answer: R51.20 (You’ve marked it down 20% each time).
HERSTEL-VERSTELWERK
Benodig jy hulp met herstel- of
verstelwerk aan klere? Ek kan help!
Rina Niemand,
eenheid 56,
082 858 3409).
VAKANSIE!!!
Luukse, ruim selfsorgwoonstel naby
Winkelspruit. Pragtige see-uitsig, 3
slaapkamers en 2 badkamers. Naby groot
winkelsentrums.Veilige sekuriteits-
beheerde onderdakparkering. Billike
tariewe, Buiteseisoen. Spesiale tariewe
vir bejaardes. Petro (082 412 0999 of
082 550 3385)
Versorgersdiens Versorgersopleiding
Ons lewer meer as ʼn versorgers-
diens. Ons stuur ʼn versorger wat
omgee en verstaan.
Spesiale prys (kontak kantoor)
Persoonlike higiene: bedwas, bad,
versorging van hare, mond- en
wondsorg.
Opleidinghandboek word voorsien.
Voorbereiding van maaltye, toe-
diening van vloeistof en voedsel.
Praktiese en teoretiese opleiding.
Massering van stywe gewrigte.
Tydelike plasings na operasies. Geldige sertifikaat met voltooing
Vele meer dienste beskikbaar. van opleiding.