oktober 2014 piketberger

36
Jaargang 21 Nr. 9 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R5,00 Oktober 2014 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] the green tree café Join our Loyalty Club TODAY! Buy 9 Cups of your favourite coffee and get the 10th one FREE! Johan presteer...p4 Posbusse na 67min...p6 Coetzee Ateljee presteer groot...p10 Kook saam met Quentin...p12 Org de Rac wenners...p16 Matriekafskeid foto’s… pp20,22,24 Eisteddfod...pp26,28 Sportmanne presteer… p30 Mnr en Mej Steynville Primêr...p32 Cum Laude vir Kerkkoor Die NG Kerkkoor het on- langs Cum Laude by die Wes-Boland Eisteddfod behaal. Van agter is Johan de Lange, Johan Myburgh, Johanna Olivier, Annerie Coetzee, Leandra Loubser, Helma Kotze, Levona Roberts, Ilse Bruwer, Jacoba Basson, Christina Smit, Roline Kotze, Suzette Fouché, Komien van der Westhuizen (begeleier), Alison Müller (koorleier), Retha van Deventer, op foto onder, regs voor en afwesig Cobis Wilson. Foto links: Marietha Goosen Foto onder: Jan Fouché

Upload: piketberg-tourism

Post on 03-Apr-2016

291 views

Category:

Documents


9 download

DESCRIPTION

 

TRANSCRIPT

Page 1: Oktober 2014 piketberger

1

Jaargang 21 Nr. 9 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R5,00 Oktober 2014

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

022 913 1939 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

the green tree café

Join our Loyalty Club

TODAY! Buy 9 Cups of your favourite coffee and

get the 10th one FREE!

Johan presteer...p4 Posbusse na 67min...p6 Coetzee Ateljee presteer groot...p10 Kook saam met Quentin...p12 Org de Rac wenners...p16 Matriekafskeid foto’s…pp20,22,24 Eisteddfod...pp26,28 Sportmanne presteer…p30 Mnr en Mej Steynville Primêr...p32

Cum Laude vir Kerkkoor Die NG Kerkkoor het on-langs Cum Laude by die Wes-Boland Eisteddfod

behaal. Van agter is Johan de Lange, Johan

Myburgh, Johanna Olivier, Annerie Coetzee, Leandra Loubser, Helma Kotze, Levona Roberts,

Ilse Bruwer, Jacoba Basson, Christina Smit, Roline Kotze, Suzette

Fouché, Komien van der Westhuizen (begeleier),

Alison Müller (koorleier), Retha van Deventer, op foto onder, regs voor en afwesig Cobis Wilson.

Foto links: Marietha Goosen Foto onder: Jan Fouché

Page 2: Oktober 2014 piketberger

2

Redaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R100 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Redaksie ([email protected])

Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796

Advertensies:

[email protected]

of sms 079 496 2719

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R450 Halfblad: R300 Kwartblad: R200 Agsteblad: R140

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Briewe van ons lesers...

Liefde Marietha

Die volgende Piketberger verskyn op 23 Oktober

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 14 Oktober

Stuur na: [email protected]

Johan en Marlien Smit skryf… Baie dankie aan elkeen wat ons na ons ma en skoonma se afsterwe op watter manier ookal ondersteun het. Ons waardeer die liefde, omgee en begrip vir ons in daardie moeilke tyd. Ons koester mooi herinneringe.

Francois Erik van Niekerk 05.06.1962 - 18.10.2012

Twee jaar van wens ons kon jou net een keer weer sien. Twee jaar van “sê nou maar,” “wat as” en “miskien”.

Weet dan maar ons mis jou en verlang. En niks of niemand sal jou ooit kan vervang nie.

Ons bly oneindig lief vir jou. Ouers en broer

Waarskuwing oor ongeregistreerde plaagbeheer operateurs in Piketberg en

omliggende area Vir die afgelope paar maande is daar persone in die omgewing wat van huis tot huis beweeg en hulle voordoen as plaagbeheer operateurs. Hulle is ongekwalifiseerd en NIE geregistreerd soos wat die wet vereis nie (by Departement Landbou onder Artikel 36 van 1947). Volgens getuies word ouer persone asook dames, geteiken. Hulle stel gewoonlik behandelings voor en vat nie sommer nee vir ’n antwoord nie. Volgens getuies word onwettige kwitansies uitgeskryf onder ander geregistreerde maatskappye se name. Indien u nie self ’n maatskappy genader het vir plaagbeheer nie, moenie toelaat dat enige iemand plaagbeheer toepas nie, buiten dat dit onnodig u sak gaan skud kan dit lewensgevaarlik wees, want ’n onwettige persoon kan u maklik vergiftig deur onkunde. Met behulp van die Departement Landbou en die plaaslike polisie is een van die persone vasgetrek en hy is skuldig gevind aan ’n misdryf. Volgens inligting is daar nog ander persone wat aanhou met sulke onwettige plaagbeheer behandelings. Elke persoon wat plaagbeheer toepas moet ‘n geldige ‘P’ registrasie nommer hê om gemagtig te wees om plaagbeheer toe te pas. Elke kliënt het die volste reg om ’n afskrif van die persoon se registrasie dokument aan te vra om sy wetlikheid te bevestig. So ’n dokument word uitgereik deur die Departement van Landbou en die volgende inligting verskyn daarop wat betrekking het op die betrokke plaagbeheer operateur:

Sy voorletters en van en adres.

Sy registrasie nommer wat begin met ‘P’.

Sy identiteitsnommer (gaan dit na deur sy ID nommer te vra).

Die velde in plaagbeheer waarin die persoon geregistreer is.

Die datum tot wanneer die registrasie geldig is en datum van uitreiking.

Die sertifikaat is onderteken deur die REGISTRATEUR onder Wet 36 van 1947.

Dit is in die belang van u en u gesin se veiligheid om oplettend te wees hieroor en seker te maak dat u van die dienste gebruik maak van gekwalifiseerde en geregistreerde plaagbeheer operateurs. Indien enige verdagte persone u nader vir sulke behandelings kontak gerus die naaste polisiestasie, Departement van Landbou of plaagbeheer spesialiste in die Weskus.

Solis vir Christus Zana Vorster, PHS-leerder is gekies as finalis vir die Hoërskool Afdeling se “Solis vir Christus” op

Kyknet kanaal 146 wat in Oktober uitgesaai word. Zana verskyn op p 28 saam met die Klavier

leerders. Ons hou duimvas -Red.

Die Jeug van vandag bly verras

Die afgelope naweek, die een net voor ons koerant verskyn, het oud-PHS-onderwysers uit alle oorde na Piketberg gekom om reünie te hou. ‘n Taamlike gesellige

storie…….en die een iets wat hulle in gemeen het, is die opvoeding van kinders oor baie jare. Dis te danke aan opvoeders en afrigters soos hulle, tesame met ouers se insette en ondersteuning, dat kinders heeltyd ons verbeelding aangryp, presteer en ons trots maak. Oktober se uitgawe is weer propvol foto’s van mooi kinders wat uitblink op vele terreine en ander wat sommer net mooi vertoon in hulle jeugdigheid. Blaai rustig deur en glimlag saam oor al die pragtige Eisteddfod uitslae, die fikses in fietsry, krieket, rugby, atletiek, netbal en skopboks, die mooies by die Mnr en Mej Steynville Primêr en die matriekafskeid en die kunstiges……...en terwyl jy saam opgewonde is oor die jeug, dink aan ander jeugdiges vir wie jy kan help dmv die Skoenboksprojek, die Zoeloebybelprojek en die Beertjie breiprojek.

Page 3: Oktober 2014 piketberger

3

Cash for Scrap Steeds vinnige, vriendelike en eerlike diens

vir kontant in die sak

Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oor die treinbrug, oorkant stasie

Nou ook oop in

Porterville Jakkalskloofstraat

Kom besoek ons of skakel

Johan Louw - 076 538 2909 (vir nog beter pryse nou!)

en by ons is dit steeds

Beste prys oor en oor bewys!

Page 4: Oktober 2014 piketberger

4

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours

022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Johan presteer in snaar instrumente

Johan du Toit, gr 7-leerder by PHS het by die Wes-Boland Eisteddfod skoonskip gemaak met

snaarinstrumente. Sy uitslae was as volg: Viool - 2 x goud vir solo’s, goud en cum laude vir duette, goud en cum laude vir sy ensemble en goud en 2 x cum

laude vir sy West Coast Youth Orchestra orkes optredes. Johan neem musiek by Duma - die Dirkie

Uys Musiek Akademie. Foto verskaf

Die pas afgelope Mountain Bike Cycle Challenge wat gehou is op Piket-Bo-Berg, was 'n groot sukses met

384 fietsry inskrywings en 'n verdere klompie inskry-wings vir die 16 km hardloop, het 'n totale deelname

van meer as 400 opgelewer. Dis aangebied deur die inwonersvereniging op die berg tesame met die steun van groot borge, soos Nexus, Boland Super-spar, Bierman Grobbelaar, Fit4you, Coca Cola, PPC Cement, PSG Konsult, Western Rethink Insurance, Life Health Care, Weskus Privaat Hospitaal, Crazy Store, Mpact, die Courant en African Bank. Eswé

Visagie van Nexus het 'n span seuns van PHS geborg en hulle het weer 'n span van Hoërskool Porterville uitgedaag. Porterville se span is geborg deur Kaap Agri. Op die foto is Eswé in die middel met die wen-span van PHS, Christof Smith, Ricardo de Villiers,

Harry Roux, Herbst van der Merwe en Chris Lausberg.

Foto:

Marietha Goosen

Nexus borg PHS-span

Page 5: Oktober 2014 piketberger

5

Page 6: Oktober 2014 piketberger

6

Winkel 022-913 2418

022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787

082 921 1977

Nuwe Somer Voorraad

Beskikbaar

022-913 2646

Baie dankie vir jul voortdurende ondersteuning en baie welkom aan alle nuwe kliënte

Klere vir die

vrou met eksklusiewe smaak

R70 Special 7 ou dvd’s vir 7 dae lank

Twee van ons plaaslike posmanne, Christo Wagenstroom en Pieter Dirks het vir hul 67 minute besluit om posbusse te maak vir kliënte wat nie ‘n bus kan bekostig nie. Die Poskantoor belowe: ‘We deliver whatever it takes’ en om dit uit te leef, het

Christo en Pieter ‘n plan gemaak. Berig en foto: Martie Gilchrist

Kommunikasie-afdeling: SA Poskantoor Hierdie projek het beslis meer as 67minute geneem en is

ook 'n voortdurende projek. Enige persoon wat kan help

met afval yster en 750g koffieblikke, kan dit afgee by die

poskantoor in Hoofstraat. Anti-roesmiddel en verf is ook

welkom. -Red.

FruitLips het hulle nuwe webtuiste en Facebook blad twee weke gelede begin. Hulle webtuiste se adres

is: http://fruitlips.co.za/ en die Facebook link is: https://www.facebook.com/fruitlips?ref=hl.

Die FruitLips fabriek is oop vir besoeke en sluit `n proe sessie in asook `n toer deur die fabriek. Toere

moet 24 uur voor die tyd bespreek word. Alle produkte is by die fabriek beskikbaar om te

koop. Die foto hierbo word gebruik op hulle webtuiste en Facebook-blad.

Foto verskaf

FruitLips op www en fb

Posbusse na 67 minute

Page 7: Oktober 2014 piketberger

7

Page 8: Oktober 2014 piketberger

8

Uit die kantoor van die

Munisipale Bestuurder...

Hanlie Linde

Gistermiddag ry ons terug Piketberg toe uit die Biedouw-vallei waar ek saam met ons gemeente gaan kamp het. Op-pad terug staan daar ‘n hele toeriste bus by C Louis Leipoldt se graf in die Pakhuispas voor Clanwilliam. Ek dink aan die nalatenskap wat hy gelaat het vir Afrikaans en lees weer gisteraand sy bekendste gedig: “Dit is die maand Oktober! Ek dink die mense vier vir ewig in die hemel Oktobermaand soos hier! Wat wens jy meer as blomme, as helder dag en nag? Wat kan jy beter, mooier of heerliker verwag? Wat gee ek om vir die winter? Wat praat jy nou van Mei? Wat skeel dit as ons later weer donker dae kry? Ek is nou in Oktober, die mooiste, mooiste maand, met elke dag so helder, so pragtig elke aand!” Kom ons maak werklik van Oktober die mooiste, mooiste maand! Sal dit nie lekker wees as ons in Oktober in Piket-berg feesvier asof dit reeds die hemel is nie? Teen die tyd dat hierdie Piketberger ons strate tref be-hoort ons dorp al plek-plek in pienk getooi te wees. “Wat se lawwigheid?” vra u. “Speel saam!” vra ons. Die law-wigheid is vir ‘n baie goeie doel. Die Munisipaliteit het kragte saamgespan met PHS en die VLV om vanaf 15 September 2014 tot 15 November 2014 die dorp pienk te maak ter ondersteuning van Pink Trees en KANSA. As jy wonder waar jou bure die mooi helder pienk lap gekry het waarmee hul bome toegedraai is, bel vir Nicoline Brown by 082 4770 665. Oktober is ook die maand waarin die Munisipaliteit goeie en slegte nuus kan aankondig. Die slegte nuus is dat Piketberg dorp R17,5 miljoen aan die Munisipaliteit skuld. Dit is die tweede hoogste in die hele Bergrivier Muni-

sipale gebied. Piketberg is so vinnig om in kompetisie te wees met Porterville. Met skuld is Piketberg ongelukkig ver agter. Porterville skuld slegs in totaal R6 miljoen aan die Munisipaliteit. My eerste reaksie toe ek dit sien, was onwillekeurig: “Swak Piketberg swak!” Hoe kan die Muni-sipaliteit sy werk doen op die vlak wat ons graag wil, as ons kliënte nie betaal nie? Dit is onnodig en ek daag elke inwoner uit om vir sy bure ‘n voorbeeld hierin te wees. Die goeie nuus is dat rekeningbetalings nou met ‘n krediet-kaart sowel as ‘n debietkaart gedoen kan word by al ons kantore, dat jy jou rekening per e-pos kan ontvang, dat jy jou elektrisiteit nou via die internet kan aankoop (via jou bank se webwerf), dat jy jou munisipale rekening met ‘n elektroniese aftrekking kan betaal en dat al ons betaal-punte gedurende middagetes oop is. Makliker kan ons dit nie maak nie! Ons invorderingskoers in Piketberg het af-geneem en is slegs 86,8%. Dit is laer as die gemiddeld vir Bergrivier en nie ‘n pluimpie vir Piketberg nie. Mag Oktober nie net die mooiste, mooiste maand vir ons wees nie, maar ook die maand waarin elke trotse Piket-berger sy/haar munisipale rekening ten volle betaal.

Dinette Lochner, Marlize Rossouw en Nicoline Brown van VLV knip en versprei pienk lappe.

Foto verskaf

Pink Trees vir KANSA

Page 9: Oktober 2014 piketberger

9

Dit is met groot trots dat ons vanjaar vanaf 01 – 04 Oktober ons 141ste landbouskou aanbied. Tulbagh Skou het ’n ongeëwenaarde rekord deurdat ons die oudste aaneenlopende skou in Suid-Afrika is. Soos in die verlede sal die skou landbou georiënteerd wees met ons hooffokus die perdekampioenskappe. Perde kampioenskappe wat tydens die skou te sien sal wees sluit in die Saalperd Streek kampioenskappe, die Friesperd Streek kampioenskappe, Hackney perde kampioenskappe, Walliese Ponie kampioenskappe asook die Hackney Ponie kampioenskappe. Die Veldblomtentoonstelling het geen bekendstelling nodig nie en dit word vanjaar aangevul met verskeie wyn-, olyf en ander lekkerny proe stalletjies in dieselfde lokaal. ’n Pluimvee skou word ook aangebied en verskeie hoender, watervoëls, vliegduiwe en sierduiwe word ten toon gestel. Bekende musiek kunstenaars tree ook tydens die skou op en Pieter Mohr sal die gaste vermaak tydens Donderdagaand (2 Oktober) se steakaand. Kaartjies is beskikbaar teen R100.00 per persoon by die skoukantoor. Desmond Wells sal die voete Vrydagaand laat jeuk en Saterdagaand sal Louis Becker die skou week afsluit. Met meer as 90 stalletjies wat aan elke skouganger se behoeftes sal voorsien is hierdie ’n skou wat nie misgeloop moet word nie. Uitstallers van landbou implimente, kos stalletjies, kindervermaak en die weermag sal aan ’n ieder en ’n elk se behoeftes voorsien. ’n Verdere hoogtepunt van die skou vind Saterdagmidddag plaas wanneer ’n besoekende Duitse Volkspele groep wat tans in die land toer saam met die WP Volkspele groep ’n vertoning in die hoofarena sal lewer. Toegang beloop R40.00 vir volwassenes per dag en R10.00 per kind. Kom geniet ’n tradisionele plattelandse skou met heerlike braaigeregte, afval, kerrie, waterblommetjie bredies en vele meer.

Page 10: Oktober 2014 piketberger

10

Uitnodiging aan die gemeenskap om aan te

sluit en ‘n verskil te maak Die Nuwe Piketberg Lionsklub is op soek na gemeenskapsbewuste, diensgerigte mans en vroue met die behoefte om ‘n verskil in die gemeenskap te maak. ’n Inligtingsessie om meer oor die klub se doen en late te verduidelik, sal aangebied word op 18 September 2014. Die Lions verskaf aan lede die geleentheid om leiers in die gemeenskap te word terwyl hulle saam met vriende dien en verdienstelike sake bevorder. Die Lionsklub beteken baie vir hul lede, maar soveel meer vir die mense in wie se lewens hulle ‘n verskil maak. Die Lions het oor jare heen, soos gemeenskapsbehoeftes gegroei het, hulle fokus ten opsigte van humanitêre kwessies verbreed. Ellke Lionsklub is onafhanklik en kan daarom projekte en gepaardgaande aktiwiteite kies wat by die leefstyl en voorkeur van hul lede aanpas, sowel as die grootste impak op die gemeenskap het. Die Lions se slagspreuk is “Ons Dien” en Lions dwarsdeur die streek dien die gemeenskap sedert 1957. Lions Club International is die grootste diensklub-organisasie ter wêreld. Wêreldwyd dien 1.35 miljoen lede van 46 0000 klubs gemeenskappe in 207 lande en geografiese streke. Die Lions ondersteun sedert 1917 die blindes en mense met siggebreke, hul versterk gemeenskappe deur aktiewe diens en humanitêre projekte en hul bevorder jeug-inisiatiewe. Verdere inligting oor die Lions Club International is beskikbaar op hulle webwerf www.lionsclubs.org of http://lionsdist 410a. org.za vir inligting oor ons distrik. ‘n Inligtingsessie sal op 18 September in die Biblioteek-saal, op Piketberg vanaf 18:30 aangebied word. Verversings sal na afloop bedien word. Lion Paula Lang, (Distriksvoorsitter, lidmaatskap) nooi inwoners van Piketberg en omgewing om die sessie by te woon en daardeur meer oor die Lions se doen en late te leer. Ter Inligting: [email protected] of 079 583 8439

Die Coetzee Ateljee presteer GROOT

Die Coetzee Ateljee het weer deelgeneem aan die jaar-likse Santam kinderkunskompetisie. Vanjaar se Santam kinderkuns kompetisie het oor kinder-regte gegaan. Daar was altesaam 4100 inskrywings dwarsoor die hele land. Santam het dit goedgedink om hierdie jaar 311 werke te laat wen, of te kies vir Santam se aanlyn kinderkuns kunsuitstalling. Sewe van hierdie 311 gekeurde werke landwyd kom uit Die Coetzee Ateljee. Die kinders wie se werke gekies is, is: Nina De Villiers, 6jr van die Piketberg Christenskool, Simon Bouwer, 14jr, PG Bruwer, 11 jr, Nolan Somers, 12jr, Nico Blanckenberg, 11jr, Dries van der Westhuizen, 11jr, en Faizel Swarts, 12jr. Al hierdie seuns is van Hoër-skool Piketberg. Wat nog uitsonderlik is, is dat Simon Bouwer se kunswerk die enigste een is wat gekies is in sy kategorie, 14 jaar. Met hierdie gekeurde werke wen Die Coetzee Ateljee hierdie jaar drie van die vyf kategorie, nl. 1) Meer as vyf gekeurde werke, 2) Meeste gekeurde werke in kategorie 11jr – 12 jr en 3) Mees gekeurde werke in kategorie 14 jr. Weereens baie geluk aan hierdie Piketberg-kinders.

Kix 2014-Projek “Vertel Vertel!”

“’n Bybeltjie vir ‘n Zoeloe-kindjie” - dis die waarde wat R60 in ‘n koevertjie kan toevoeg tot

iemand se lewe in Msinga en Makathini. Kix het reeds 184 Bybels

Nico Blanckenberg, Faizel Swarts, Dries van

der Westhuizen, PG Bruwer, Nolan

Somers en voor Simon Bouwer. Regs, Nina de

Villiers.

Foto’s: Coetzee Ateljee

EIENDOM TE KOOP Uitnodiging om tenders aan te bied vir die

koop van ‘n woonhuis te Piketberg Slegs tenders van Suid-Afrikaanse burgers en persone wat nie voorheen of tans eienaars is/was van onroerende eiendom sal aanvaar word.

Anderson, Nel & Kie Prokureurs is gemagtig om namens die boedel van sy kliënt belangstellendes uit te nooi om tenders in te dien vir die aankoop van die volgende eiendom:

Erf 4226 Piketberg, in die Munisipaliteit Bergrivier, Afdeling Piketberg, Provinsie Wes-Kaap Groot: 216 vierkante meter Geleë te Asblomstraat 49, Piketberg Belangstellendes moet hul tenders inhandig by die kan-tore van Anderson, Nel & Kie, Hoofstraat 38, Piketberg of pos aan Posbus 41, Piketberg, 7320. Toegeplakte koeverte moet gemerk word “Tender”. Tenders kan ook per epos gestuur word na: [email protected]

Tenders sluit om 15:00 op Dinsdag 30 September 2014 Anderson, Nel & Kie Prokureurs behou die reg voor om nie enige/hoogste tender te aanvaar nie en sal die beskikbaarheid van finansies om aan enige tender te voldoen en die transportkostes te betaal en die omvang van enige tender in vergelyking met die waarde van die eiendom oorwegende rolle speel.

Skakel 022 913 1132 (Mnr G Kruger) vir navrae.

Anderson, Nel & Kie Prokureurs, Piketberg.

Page 11: Oktober 2014 piketberger

11

‘n

Die prys was ‘n koopbewys ter waarde van R5000-00.

Met R5000-00 bewys het sy vir haar ‘n netjiese

Aan ons kliënte sê ons weereens dankie vir U getroue ondersteuning en die geleentheid

Kom maak gerus ‘n draai vir die komende somerprodukte en vele meer.

Page 12: Oktober 2014 piketberger

12

20 Jaar Gelede — Oktober 1994

VOORBLAD: Simone Jansen, st 7-leerling aan Steynville Sekondêr is vanjaar as mej Steynville aangewys. By die onlangse Landbouskou op Piket-berg is sy as eerste prinses aangewys tydens die skoonheidskompetisie. Op 2 September 1994 het twee Sub A leerlinge van PHS, René Pretorius en Luke Matthews saam met mev A Cruywagen Nasionale Boomplantdag op die Parade in Kaapstad bygewoon. Daar het hulle ‘n geelhoutboom ontvang. Die boom is op die skoolterrein geplant. Leana Loxton is die eerste vrou wat as senior ad-ministratiewe beampte en wel as fakulteitsekretaris van Lettere en Wysbegeerte aangestel is. Sy werk reeds vier jaar in die administrasie en het BA Be-dryfsielkunde aan die US studeer. Sy het bo nie minder as 117 aansoeke uitgestyg. Sy is ‘n boorling van Piketberg waar sy gematrikuleer het. Matriekafskeid 1994 se tema was Lost Paradise. Landlopers Carlo Stuurman, Henry Engelbrecht en Stanton Booys almal Steynville leerders, is met Bo-landkleure vereer. ‘n Groep Piketbergers het op Saterdag 22 Oktober die SANLAM 100 fietsprettrap aangedurf. Onder die 50km deelnemers was Okkie en Christine Coetzee, Nico Viljoen, Wolf Liebenberg, Johan Smit, Le Roux en San-dra van Wyk, Paul Watson, Anke Lambrechts, Frans van der Merwe en 100km, Marietjie, Willem en Hein Coetzee. Advertensies: Opel Kadett. Motor van die Jaar 1994. Gesoek - Goeie huis vir haas.

Yskas, Vrieskas &

Lugverkoeling (voertuig en residensieël)

Herstel,

Installasie en Hergas

Kontak

Henk Pieters 071 583 6164

Kook saam met

Quentin

Kook saam met Quentin is ‘n

nuwe rubriek wat beloof om

vernuwing in jou spyskaart

idees te bring. Quentin Som-

ers het in 2006 gematrikuleer

te Steynville Sekondêre Skool. In 2007 het hy begin

studeer by Capsicum Culinary Studio in Pinelands as

professionele chef. Hy het sy sertifikaat en diploma

verwerf. Hy begin in 2008 by Townhouse Hotel te

werk as Commi chef en sedert 2010 is hy by Romney

Park All Suite Hotel en Spa in Groenpunt. Hy is tans

die uitvoerende sous chef wat beteken hy is tweede

in bevel van die kombuis naas die uitvoerende chef.

Hy het al baie geleenthede gehad om saam met

bekendes te werk en vir hulle te kook. Kosmaak was

en sal altyd sy passie bly.

Somer is alweer in ons midde en kos maak is altyd ‘n

kopseer veral as jy uit idees is. Probeer gerus hierdie

maklike pasta dis.

-Linguine of tagliatelle

pasta gekook

-2 hoender borsies in

repies gesny

-10 kersie tamaties gehalveer -1 brandrissie -dhania vir geur (opgekap) -sout en peper -olie -3 sprietuie opgekap -suurlemoensap van een hele suurlemoen Verhit die pan met olie. Roerbraai die hoender gegeur met hoenderspeserye en droë roosmaryn tot bruin. Plaas die tamaties, rissies en sprietuie saam in die pan en meng deeglik. Sprinkel die suurlemoensap oor die mengsel en geur met sout en peper. Roerbraai die mengsel tot gaar en meng die pasta en dhania saam. Bedien met roket en gerasperde pekorino kaas. *Vir meer geur in enige dis gebruik Knorr vegetable stock granules in plaas van sout.

Koswenk: Voeg ‘n avokadopeer by ‘n bredie net voordat u dit

opskep, dit gee die bredie ‘n heerlike smaak.

Page 13: Oktober 2014 piketberger

13

Page 14: Oktober 2014 piketberger

14

Kekkel & Kraai

Langstraat 79, Piketberg

022 913 2297

Biblioteek Kennisgewing

Aan alle lede en voornemende lede. Bergrivier Munisipaliteit se biblioteke is in die proses om te rekenariseer. As u nog nie 'n nuwe aansluit-ingsvorm voltooi het nie, maak asseblief so, so

gou moontlik. Almal gaan nou 'n nuwe strepiekode biblioteekkaart ontvang.

Satellite

Solutions DSTV

Herstelwerk en Installasies

Skuif van Rekenaarkabels en

Telefoonlyne

Skakel KOBUS

072 371 9139 (Advanced

Satellite Training) Elna Calitz en Marinda Engelbrecht afgeneem na

afloop van die verhoogstuk, Voorskoot en Lipstiek waarin Marinda gespeel het. Die Lenteaand met heer-like sop en brood is aangebied deur die NG Kerk se

Vrouediens. Gaste was dit eens dat ons eie Elna Calitz Marinda se dubbelganger is.

Foto: Coreen van Wyk

Voorskoot en Lipstiek

Kekkel en Kraai oor die Kole

Hoenderstukke Groot ui, fyn gekap 250ml koekmeelblom 5ml geursout Knippie fyn naeltjies Knippie paprika Sout en peper na smaak 125ml botter, gesmelt 10ml vars gekapte pietersielie Kook hoenderstukke en ui totdat die hoender net gaar is. Dreineer goed. Meng die res van die bestanddele behalwe botter en pietersielie. Strooi die mengsel oor die hoenderstukke. Braai oor die kole oor lae hitte en smeer met die botter en pietersielie mengsel. Draai gereeld om.

Nasionale Braaidag 24 September

Nasionale Braaidag word jaarliks op 24 September op erfenisdag gevier. Alle Suid-Afrikaners wêreldwyd word aangemoedig om op dié dag hulle vure aan te steek en iets te rooster. Die dag gedenk Suid-Afrika se ryk erfenis en sy unieke tydverdryf, die braai. Mense van alle demo-grafiese groepe en godsdienste neem hieraan deel. Braaidag is vir die eerste keer in 2005 deur die Mzansi Braai-instituut georganiseer en sedert 2008 word dit onder die vaandel van Braai vir Erfenis (Braai4Heritage), ‘n nie-winsbejag inisiatief bemark. Op 5 September 2007 word aartsbiskop Desmond Tutu as die beskermheer van die dag aangestel. Die inisiatief ontvang in 2008 die amptelike goedkeuring van Suid-Afrika se Nasionale Er-fenisraad. - Wikipedia

Page 15: Oktober 2014 piketberger

15

♥ GESKENKE ♥ DEKOR ♥ MEUBELS ♥ STOFFERING ♥ Christo en Linda van Schalkwyk 022 913 3326 Langstraat 59, Piketberg (Reg oorkant Agrimark)

"Save the

Date" Huis AJ Liebenberg,

VLEISMARK

27 September 2014

09:00

Aandag –

Mans tussen 20 en 80. Saam met die Vleismark gaan ons ook

koeke versier en verkoop. Skryf in vir ons

koekversier kompetisie by Boland Superspar

en staan ‘n kans om GROOT PRYSE te

wen!!!

Kom kuier die dag saam met ons ouer

persone op die

grasperk van die

Tehuis en kom

koop u maand se

voorraad vleis –

rou en gaar.

Page 16: Oktober 2014 piketberger

16

deur Jannie Lategan

Die Toonvenster van Piketberg en sy mense so sito-sito geleidelik

gebreek Piketberg se uitstal venster is stukkend. Geen plek meer waar die boer sy stoet, skaap, bees, bok of perd kan kom uitstal nie. Die gemeenskap spog met talle handvlyt werk-ers, maar die toonvenster waar hierdie produk van vaar-dige hande en vingers uitgestal kon word, is skielik net weg. Die blommekunstenaar moet maar net die kop laat sak soos die veldblom in die aand. Alles het tot niks gekom. Daar waar eens ‘n blommesaal was met swaarverdiende pogings daargestel en gebou is, het tot niks gekom. Eens was daar die Berg Piketberg in die kleine met sy fynbos en watervalle. ‘n Attraksie wat talle bewonderaars in vervoering gehad het. Mense het van heinde en ver gekom om die skouspel van kleur te aanskou en daar was selfs plesierbusse wat vanaf Kaapstad hierheen ge-reis het. Die Namakwalandse blommekyker van ver, het kom inloer. Formidabele mense het jaarliks die skou kom “open”, waaronder Prof Chris Barnard en talle ander mense wat hulle merk in die lewe gemaak het. Die pawiljoen is leeg, die hekke tot die skougronde lê oop. “Geen ruit wat blink in vriendelik awendglorie….staan blad en twyg in roere-lose rou!” Die enigste hoop is nou dat daar uit hierdie slegte ding iets baie goed gebore gaan word. Iets wat die totale ge-meenskap gaan raak en positief gaan beïnvloed. Mag daar van dieselfde hande wees wat eens die heer-likse kos op die tafel geplaas het en die boer wat sy pronkdiere kom vertoon het, beskikbaar wees om weereens hande te vat met die totale gemeenskap en ‘n nuwe mooi uitdaging uit te daag om iets tot stand te bring waarby almal gaan baat. Piketbergers gaan nie in sak en as lê nie...ons stu voren-toe om ‘n nuwe doelwit te vervolmaak.

Werkers van die Jaar aangewys Org de Rac blink uit

Gerald Swartz (tweede naaswenner) van Org de Rac, Edwil Hector (wenner) van Org de Rac en Jerobean

Jansen (naaswenner) van Kloovenburg in die Algemene Werkerafdeling.

Tommy Kruger (naaswenner), van Kloovenburg, Jerieve Lambrechts (wenner) van Franki’s Vineyards en Arrie Fortuin (tweede naaswenner) van Org de Rac

in die Trekkerdrywer-afdeling. Foto’s verskaf

Wenners by Modeparade

Grace Dippenaar, Elsa Truter en Madré van Zyl is almal wenners van bootritte op die Langebaan

Lagoon. Hierdie pryse was gelukkige trekkings by die PHS Matriekafskeid Modeparade. Die pryse is ges-

kenk deur Club Mykonos. Foto: Sanri Joubert

Tuinboulede en gaste met hul ontwerpe gemaak uit

plantmateriaal wat aan hulle verskaf is. Die eind-

resultaat was baie mooi en die maak van die

ontwerpe groot pret.

Foto verskaf

Die Volgende Tuinbouklub vergadering vind plaas in die biblioteeksaal op Woensdag 1 Oktober. Tee en verver- sings word bedien vanaf 9:00. Die vergadering begin 9:30. Die spreker is Jan Tolken, hy gaan gesels oor die voeding van plante en die bestryding en beheer van peste en plae in die tuin. Cobis Wilson gaan ook verdere inligting gee oor Piketberg se Tuinboukompetisie. Besoekers welkom, ‘n donasie van R20 is betaalbaar.

Blom- en Tuinbouklub Nuus

Page 17: Oktober 2014 piketberger

17

Page 18: Oktober 2014 piketberger

18

Brei ‘n teddie vir ‘n goeie doel Kom brei saam. Hierdie is 'n projek wat reeds 14 jaar aan

die gang is om teddiebere te lewer aan die kinderhospi-

tale in die Wes-Kaap. Die bere word gebruik om getrau-

matiseerde kinders mee te versorg.

Lewer klaar gebreide en klaar toegewerkte bere af by

Hanlie Linde by die Munisipaliteit of by Stasiestraat 2,

Piketberg. Is daar dalk iemand wat lus is om as

koördineerder op te tree om die bere op te stop? Die

koördineerder in Stellenbosch sal kom om opleiding te

verskaf.

piketberg mediese sentrum

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)

Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)

Dr Bibi Werle (Sonar)

Ilse Bruwer (Spraakterapeut)

Merina de Waal (Dieetkundige)

Tel: 022 913 1146

Ma - Vry: 08h00 - 17h30

Sat: 08h00 - 13h00

Op die rakke van die Biblioteek

Bespreking deur dr. Margaret Mollett

Daar is seker min mense wat nie in hierdie boek sal belangstel nie: Platsakwenke – 600 wenke om jou beursie te rek (LAPA uitge-wers) deur Carla van der Spuy. In die voorwoord skryf Ina Wilken: “Wat wil ek, as verbruikersaktivis nou eintlik sê? Net dit: ons geld voel al hoe minder, die adverten-

sies spreek al sterker, die ‘moet hê’s' voel myle verwy-derd van die “het reeds. Soos Carla dink aan haar ma wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog in Nederland “bitter swaargekry en honger gely het” skryf sy: “Die geskiedenis het homself intussen herhaal en ons beleef weereens moeilike ekonomiese tye.” Carla onthou hoe haar ma nooit met kos gemors het nie. Ertjies gemeng met broodkrummels kan tog heel smaaklik wees, klink dit vir ’n vriendin van haar. Maar die boek gaan nie net oor goedkoop eet nie. Die 600 wenke wat spruit uit deeglike navorsing strek oor alle moontlike maniere van hoe om die beursie te rek – vir dié wat net-net op, of bokant, die broodlyn lewe en dié wat wil keer dat hulle ook daar beland. Die eerste hoofstuk heet Sakpastroues, met die byskrif: “Met meer verbeelding as geld kan troue hou steeds stylvol wees. Daarna volg 10 hoofstukke, met ’n raaksê opskrif: Platsak vakansies; Mooi vir ’n appel en ‘n ei; Silwerskoon huis – spaar so; ’n Mooi tuin en plante – nie ’n plaas se geld nie; Eet goed-koop voedsaam en lekker; Onthaal hoef nie die bank te breek nie; Bakhandkind? So kan hy sakgeld verdien; Goedkoop gesond en fiks; Water en Geldsake – draai elke sent om. Die nut van hierdie boek is ook dat dit ’n mens opnuut laat nadink oor die kontraste, selfs grys areas, tussen die oormatige en die suinige; wat duurder, maar meer duur-saam is, wat goedkoper, maar minderwaardig is en op lange duur ’n mors van geld is. Hierdie kwessies kan ook pitkos wees vir besprekingsgroepe wat die boek gelees het. Ina Wilken sluit die Voorwoord af met, "Mag ons almal mekaar in ’n splinternuwe verbruikersomgewing raakloop en bevestig dat selfdoen en ander doen ’n rand terugsit op my rekeningstaat!” Van die skrywer in haar inleiding: “My boodskap aan lesers is dat al gaan dit broekskeur kan ons nog lekker leef. Daag net jou verbeelding uit en lag saam as jou gesin vrees dat al hulle kos voortaan verby herkenning hergebruik kan word."

Leeskring 15 Oktober “Tolbos” deur Irma Joubert

Bespreking: Marié Grobbelaar

Biblioteeksaal 09:30. Almal welkom.

Page 19: Oktober 2014 piketberger

19

Page 20: Oktober 2014 piketberger

20

Alan Willemse en Whelan Julius.

Foto: Edó Photography

TC Bindeman en sy metgesel Marike Koch.

Foto: Edó Photography

Erich Kankowski en sy metgesel Jean-Mari Slabbert.

Foto: Edó Photography

Karla Conradie en Herbst van der Merwe. Foto: Chantelle van Dyk

Madré van Zyl en haar metgesel Johan Stephan.

Foto: Edó Photography

Megan Turner en haar metgesel Marvin Benjamin.

Foto: Tasha Jagers

Hoërskool Piketberg hou Matriekafskeid

Foto regs: Maria Visser en haar metgesel Jean-Pierre

Burger. Foto: Edó Photography

Page 21: Oktober 2014 piketberger

21

AANDAG ALLE DAMES:

Agent vir Watkins-

valeur skoonheids produkte in Piketberg. Agent for Watkins-

valeur beauty products in Piketberg.

HEALTH, BEAUTY, FRAGRANCE, COLOUR AND SKIN-CARE FOR EVERY SKIN TYPE. WE ALSO HAVE GENTS TOILETRIES. WIDE VARIETY OF HOMECARE

(FRESH AND CLEAN) PRODUCTS.

RONEL 083 301 7236 /

022 913 1232 A/H

Kom bederf jouself by 'n Bevorderde Bio

Sculpture nael-terapeut en laat gel jou

naels en sommer jou toonnaels ook vir die

somer! French, kleur en nail-art wat jou hart

begeer. Binnekort ook na-ure

beskikbaar. Ek nou elke dag beskikbaar vir

afsprake nie meer net Maandae en Vrydae

nie!

Bel nou om 'n afspraak te maak: Esna Brand 082 830 6110

Geskenkbewyse ook beskikbaar!

Pienk Bome vir KANSA

James E Faust het gesê “A grateful heart is a beginning of greatness. It is an expression of humility. It is a founda-tion for the development of such virtues as prayer, faith, courage, contentment, happiness, love and well-being.” Elke persoon betrokke by die Pienk Bome vir Pauline inisiatief gedurende 2013 sal getuig van ‘n oorweldigende gevoel van dankbaarheid…dankbaar om kankergemeen-skappe regoor Suid-Afrika en Namibië te kan help…dit is voorwaar ‘n verootmoedigende belewenis. Dit is met hierdie gevoel van dankbaarheid nog steeds in ons harte wat Pienk Bome vir Pauline 2014 gereed maak vir die nasionale feesvieringe wat op 17 Oktober 2014 plaasvind. Die sukses van Pienk Bome vir Pauline 2013 is nie net gemeet aan die bykans 70km materiaal waarin bome regoor ons land toegedraai is nie, of die feit dat 55 dorpe deelgeneem het aan die inisiatief nie. Die sukses van die projek was duidelik uit die feit dat verskeie geregistreerde kankerorganisasies saamgewerk het tot die voordeel van hul plaaslike kankergemeenskappe en hul families wat daardeur geraak word. Die geregistreerde kankerorgani-sasies wat by die projek gebaat het was onder meer Kan-sa, Cancervive, Hospice, Reik na Herstel en Graaff-Reinet Kankerorganisasie en Distrikte. En die projek het verseker nie geëindig met die afhaal van die materiaal nie! Materiaal is geskenk aan liefdadigheidsorganisasies en sommige dorpe het selfs addisionele fondse gegenereer deur produkte soos handsakke, hoede en plekmatjies van die materiaal te maak en dit te verkoop. Pienk Bome vir Pauline 2014 het die jaar weggespring met ‘n substansiële borgskap van die Protea Hospitality Group. Dit is altyd roerend om sulke vrygewigheid vanuit die besigheidsektor te beleef. Tot op hede het reeds 96 dorpe hulself verbind om aan die 2014 projek deel te neem en dit is bemoedigend om te hoor hoeveel skole betrokke raak! Mens weet net dat ‘n blink toekoms op ons wag wanneer kinders onselfsugtig omgee vir ander. Besighede, organisasies en die publiek is vinnig besig om klaar te speel met die bykans 70km materiaal wat hierdie jaar beskibaar is vir die projek. Die opgewonden-heid van die deelnemende dorpe is aansteeklik en dorpe daag mekaar selfs uit om te sien watter dorp se inisiatief samel die meeste fondse in! Pienk Bome vir Pauline se doel is om mense bewus te maak van kanker, om gemeenskappe te verenig en om fondse in te samel om toegang tot kankerbehandeling vir alle mense wat geaffekteer word deur alle soorte kanker te verseker. 2014 is jou kans om deel te wees van iets groot...help ons om ‘n groot verskil te maak. Besoek www.pinktrees.co.za vir meer inligting en vir daaglikse nuus besoek Pink Trees for Pauline Facebook blad. Indien jy met Adri van Niewenhuizen wil gesels kon-tak haar op 082 460 6386 of epos [email protected].

Page 22: Oktober 2014 piketberger

22

Dorinda Smit en haar metgesel Jandré de Witt.

Foto: Edó Photography

Tiaan van Rooyen en sy metgesel Diané Ungerer.

Foto: Amanda Brink

Andrew Coetzee en sy metgesel Elzaan Trautman.

Foto: Lynne Liebenberg

Danie Visser en Jakobi Burger.

Foto: Sonja de Jongh

Timotheé Luyt en sy metgesel Anri van Niekerk.

Foto: Margaret Weideman

Johannes Mostert en sy metgesel Jeanne Nel.

Foto: Coetzer Cooke Photography

Foto regs: Gysbert

Dippenaar en sy metgesel Dané

van Niekerk. Foto: Edó

Photography

Page 23: Oktober 2014 piketberger

23

HOUSE SITTER / PET SITTER I am available for house-sitting / pet-sitting as well as

farm sitting in the Bergrivier region. Please contact Heike on 084 372 3326

or [email protected]

Services Offered

Halfdag huishulp benodig. Maandae tot Vrydae. Geen rook en drink.

Kontak asb. 082 780 8698.

Betrekkings Aangebied

Ek is op soek na 'n tweedehandse tiksterstoel in goeie toestand.

Skakel Elsabé Louw by 022 913 1629 of 084 205 7171

Gesoek

Dit gebeur nie dikwels dat vyf leerders in een graadgroep die bloedjies van onderwysers is nie.

Vanjaar het PHS vyf matrikulante wie se ouers onderwysers is aan PHS. Vier van hulle het saam

hulle skoolloopbaan aan Hoërskool Piketberg begin en een het in graad 6 aangesluit. Hier op die voor-

aand van die September eksamen is Grace Dippenaar met Gysbert, Vanessa Luyt met Timotheé, Chris van

der Merwe met Christie, Alta Nelson met CP en sedert 2007 Amandi Ungerer met Divan.

Foto: Marietha Goosen

Gesoek vir Lekkerlap, Malmesbury. Naaldwerkster met

kennis van materiaal, herstelwerk en verstellings.

Kontak Renée Rossouw 083 766 3811

Onderwyserkinders groet PHS

Te Huur

Winkelperseel te Huur te Voortrekkerstraat. Skakel Anderson, Nel & Kie

022 913 1132 of 083 225 3810

Ruim 2 slaapkamer woonstel te huur naby PHS met veilige parkeergeriewe. Beskikbaar vanaf 1 Oktober vir

R2 950 per maand met voorafbetaalde krag. Reëls en voorwaardes van toepassing.

Kontak Herman by 083 657 7752.

Vacant Position

Piketberg PowerTools is looking for a person to work in there

workshop. Mechanical experience a must.

Electrical experience preferable.

Contact Chris 022 913 3957

or send CV to PiketbergPowerTools@ afrihost.co.za

Piketberg Powertools Kloof Str. 36 Piketberg

Tel : 022 913 3957 Email : [email protected]

HALFDAG POS BESKIKBAAR (Ure onderhandelbaar)

DIE VOLGENDE KWALITEITE WORD VERLANG:

Rekenaarvaardigheid Tik

Boekhou-ondervinding/agtergrond Administratiewe ondervinding

FJS FINANSIËLE DIENSTE

Stuur asseblief CV’s na [email protected]

faks 022 - 913 1482 of

Lewer af by Voortrekkerstraat 97

Piketberg

Page 24: Oktober 2014 piketberger

24

Hanno Groenewald en Landi Brink. Foto: Sharn Keyter

Ricardo de Villiers en sy metgesel Lida Kotze. Foto: Edó Photography

Atel Truter en Christie van der Merwe. Foto: Coetzer Cooke Photography

Karli Truter en haar metgesel Peet Smit. Foto: Coetzer Cooke Photography

CP Nelson en sy metgesel Carli Burger.

Foto: Alta Nelson

Dawida Voges en haar metgesel Ferdi Bothma. Foto: Almarie Voges

Matriekafskeid Steynville Sêkonder

Vrydag 26 September

Stuur u foto’s na [email protected] en ons plaas dit graag.

Page 25: Oktober 2014 piketberger

25

Hoofstraat 21, Piketberg

Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075

Het GEMS kontrak gekry vir chroniese medisyne

met lae of geen bybetaling!

PIKETBERG ANIMAL WELFARE

DIPDAG / INLIGTINGSDAG

WOENSDAG 24 SEPTEMBER 2014

ALLAN BOESAK-GEMEENSKAPSAAL

VANAF 09:00

HONDE AAN LEIBANDE/KATTE IN KATMANDJIES

BRING HANDDOEKE SAAM

Page 26: Oktober 2014 piketberger

26

PHS se Wes-Boland Eisteddfod presteerders

(Goud en Cum Laude)

Grondslagfase leerders is agter die gr 3's Mika van der Merwe (Afr Goud), Annette Bruwer (Afr en Eng

Cum Laude), Henco Kruger (Afr Cum Laude), Lehan-dri Kotzé (Afr en Eng Goud), Whitney Pienaar (Afr

Goud) en Jaywill Swarts (Eng Goud). In die middel is die gr 2's Gabrie Loubser (Afr en Eng Goud), Barend Butler (Afr Goud), De Waal Visagie (Afr Goud), Henro Brand (Eng Goud), Dwight Esau (Afr en Eng Goud) en

voor in die middel Lené Kruger (Afr en Eng Cum Laude), Annika Steyn (Eng Cum Laude) en Dayle Julius (Afr en Eng Goud). Die gr 1's is links voor

Mardie Muller (Afr Goud) en regs voor Roux Basson (Afr Goud) en Wilhelm Jacobs (Afr Goud).

Vanessa Luyt met die Intermediêre groep wat vir Engelse Voordrag en Onvoorbereide Lees Goud (G) en Cum Laude (CL) verwerf het. Agter is die gr 7's Albert

Grobler (G), Lea de Vries (G), Thomas Grobler (G), Ravell Frans (G), Ciara Lintnaar (CL) en afwesig vir die

foto Aldo Olivier (CL). In die middel is die gr 5's Bea Pieters (CL), Carma Rossouw (CL), Pieter Bruwer (CL),

Carli Bassett (CL), Ilanri van Rossum (CL), Caylen Turner (G) en voor regs is Vernelle van Zyl (G). Voor in

die middel is die gr 4's Kacey Wessels (G) en Mari Gerber (G).

Foto’s: Marietha Goosen

Jackie Thirion met die Intermediêre groep wat Goud (G) en Cum Laude (CL) vir Afrikaanse Voordrag en

Onvoorbereide Lees verwerf het. Agter is Erica Mbendeni (G), Anika Jordaan (G), Janke van Schalk-

wyk (CL), Ilanri van Rossum (G) en Pieter Bruwer (2xCL). In die middel is Elné de Klerk (G), Elné Burger (CL), Kaydee Claasen (G), Nicole Steyn (CL) en voor Renate Coetzee (G), Mari Gerber (G), Leoni Coetzee (G), Marlize Crous (G), Simoné van Deventer (CL) en

Renay Esau (2xG).

Marili Hanekom met al die gr R's wat deelgeneem het: Die Silwer wenners is agter Marli Coetzee, Anandri Pretorius, Heiley Ockhuis, Daniël Fox en voor regs

Gustav Olsen. Voor is Lise Bruwer met 2x Cum Laude, Emma Gerber met Goud en Dayron Swart met

Goud.

Gr R is cool!

Marli Coetzee Foto: Marili Hanekom

KiX Speletjiesaand 24 Oktober

SUSSIE SOEK HUIS

Sussie is drie jaar oud, gesteriliseer en baie liefdevol.

Kontak gerus 071 828 7952

Page 27: Oktober 2014 piketberger

27

Page 28: Oktober 2014 piketberger

28

PHS Wes-Boland Sang, Klavier en Blokfluit

By Alison Müller is die Sangleerders agter Melcolm van der Merwe (Goud), Nicola Coetzee (2xGoud),

Maria Visser (Goud en Cum Laude), Adriana Visser (3xGoud en 2xCum Laude), Izandro Claassen (Goud)

en voor Levona Roberts (2xGoud), Melissa Beck (2xGoud) en Anina Bester (4xGoud en 1xCum Laude).

Afwesig: Lizelle Rademan (2xGoud).

By Alison Müller is die Klavier leerders agter Zana Vorster (Goud vir Solo A), Nicola Coetzee (Goud vir Solo A), Maria Visser (4xGoud vir Konsertprogram), Diané Ungerer (Goud vir Solo A en Silwer vir Solo B)

en voor Marié Steyn (Goud vir Solo A), Levona Roberts (Goud vir Solo A, Silwer vir Solo B, Cum

Laude vir Trio), Jade Wilson (Cum Laude vir Solo A en Goud vir Solo B) en Shanda Whitfield (Goud vir

Duet A, Cum Laude vir Duet B, Cum Laude vir Trio). Afwesig: Harry Roux (Goud vir Duet A, Cum Laude vir

Duet B, Cum Laude vir Trio). Marié en Jade neem privaat Musiek.

Foto’s: Marietha Goosen

Die Blokfluit Ensemble by Komien van der Westhuizen is kloksgewys van agter Letjé Burger,

Magdaleen Grundlingh, Adriana Visser, Alan Willemse, Willem Wiggens, Maria Visser, Christine van der Merwe (privaat) en afwesig, Timotheé Luyt.

Die Ensemble verwerf Goud - 88%.

Komien van der Westhuizen by die Blokfluit leerders. Agter is Hughen Esau, Daniël Brand, Albert Grobler,

Willem Wiggens (Hulle verwerf Goud vir Kwartet - Daniël en Albert ook Goud individueel en Willem Cum Laude), Henri van der Westhuizen en Matthew Somers voor hom (Goud vir Duet). Die meisies voor is Kaydee Claasen (Goud), Niketha Booys (Cum Laude en Cum

Laude vir Duet), Anelma Grobler (Goud en Cum Laude vir Duet) en Renay Esau (Goud). Afwesig: Hugo de Waal (Goud).

Die opvoeders van Steynville Primêr het 5 September bietjie gees gevang met Loslitdag se "Boss of Bling"

tema. Foto verskaf deur Elzanne Boshoff, links voor

Onnies Skitter

Page 29: Oktober 2014 piketberger

29

Hoofstraat 58 (Van Zyl’s Garage)

Die Glas Kasteel se deure is nou oop !!!

Al ons getroue kliënte van Gee-C-eS kan nou weer jul voorraad hier kom aankoop

Die Glas Kasteel bied die volgende:

- CD’s – al die nuutste cd’s op die mark

- Speelgoed – gee jou kind ‘n voorsprong met ons

reeks opvoedkundige speelgoed

- Wol – vir al ons getroue wolvriende

- Sporttoerusting – muurbal, veerpyltjies, balle, ens.

- Swembaddens vir die heerlike somerdae

Tydelike kontaknommer 072 1720 008

Page 30: Oktober 2014 piketberger

30

Skopboks tot in Italië

PHS vereer sportmanne en -vroue

Janke van Schalkwyk en Stass Nel is Hoërskool Piketberg se junior sportvrou en sportman. Saam met

hulle is die gasspreker, Ansurie Liebenberg.

Hoërskool Piketberg se senior Sportman en Sportvrou vir 2014 is Benna van der Westhuizen en

Anke Schreuder. In die middel is Ansurie Liebenberg. Foto’s: Sanet Ackermann

Wickus Bronkhorst,

Gr 11-leerder by PHS is deel van die Protea Skopboks-span en neem tans deel aan die Junior Wêreldkampioen-skappe in Rimini,

Italië. Foto:

Driekie Bronkhorst

Boland vir Piketbergers

Lyle Booys is gekies as skrumskakel vir die

Boland O/12-rugbyspan. Hulle het die naweek van

13-15 September 'n oefenkamp.

Matthew Somers het die Boland O/12-krieketspan

gehaal.

Stass Nel is gekies vir die Boland O/13-Sewes

Oefengroep wat Woensdag 17 September

die uitslae hoor. Foto’s: Marietha Goosen

Pethrin Owies, Gr.6-leerder by Steynville

Primêr, is opgeneem in die Boland Krieketspan

se B-span. Foto: Elzanne Boshoff

Jukskei Uitnodiging Hiermee doen ek graag ‘n beroep op enige persone oud en jonk in en rondom Piketberg wat moontlik belangstel om Jukskei te wil begin speel, aangesien daar planne is om ‘n nuwe klub op die been te bring. PPC is ten gunste dat ons ge-bruik kan maak van hulle bane op De Hoek en verwelkom die idee om weer hierdie eg tradisionele sport te bevorder. Belangstellendes en selfs per-sone wat meer te wete wil kom van hierdie wonderlike families-port kan my gerus kontak. Johan de Lange, 084 608 3118 of kom maak ‘n draai by Fat Catz Cafe in Hoogstraat, Piketberg.

Page 31: Oktober 2014 piketberger

31

PIKETBERG CHRISTIAN SCHOOL

APPLICATIONS PER APPOINTMENT FOR 2015 NOW OPEN:

PLAY GROUP (3 – 5 YEARS), GRADE R & GRADES 1-5

PARENTS ARE WELCOME TO COME AND MEET OUR DEDICATED STAFF, TAKE A PERSONAL TOUR OF OUR FACILITIES AND ASK QUESTIONS ABOUT THE A.C.E. CURRICULUM.

** To set up an appointment, please contact the school office between 08h00 - 14h00 on 022 913 1886 **

We currently have a vacancy for a School Secretary for 2015

Requirements:

● Computer Literate ● Fully bilingual ● The candidate must be prepared to go for training in Cape Town ● Spirit-filled Christian ● Must be discreet and a great team player ● Able to take initiative

Hours: 7am - 3pm. Remuneration will be discussed at the interview.

Please send your CV to: [email protected] Only successful candidates will be contacted.

Gr R-Nuus

Gr R-leerders was reg vir Slagoffer-dag gedurende Interskole week.

Een hele Saterdag het die ouers van die Gr R-leerders ingespring en noodsaaklike onderhoud aan die speelapparaat gedoen. Na die werkery is

heerlik gebraai en bande gesmee. Foto’s: Marili Hanekom

Page 32: Oktober 2014 piketberger

32

Die wenners in die junior afdeling is Caitlin Mitchell, 1ste prinses, die wenner Zay-Lee Vercuil en Tameron

Adams, 2de prinses.

Steynville Primêr kroon Mnr en Mej Steynville

Die wenners in die senior fase is 1ste prinses, Kiechaan Smit, die wenner Rekecha-lee Brink en

Elisque Nthane 2de prinses.

Die wenners in die junior afdeling is Glendell Basson, 1ste prins, Jeandré Adams die wenner en Jaco van

Wiese die 2de prins.

Brandon Afrika, 1ste prins en die wenner Nolan Adams van die senior fase.

Die wenners van die Grondslagfase is Carlishia Fortuin 1ste Prinses, Chrisney Witbooi die wenner en

Roché Hector, 2de prinses. Foto’s: Elzanne Boshoff

Richie Ludick, 1ste prins, Jadewin Le Fleur die wenner en D-Marco Basson is die wenners van die

Grondslagfase seuns.

Steynville Primêr wil graag die volgende borge be-dank wat bygedra het tot die sukses van die twee

funksies: Franschhoek Fine Chocolates, Boland Superspar, Liebco Vleishandelaars, Piketberg Linnehuis, Jet Stores, Mr Price, Foschini en 2 Acre Hardeware.

Vakansietyd - Skole sluit 3 Oktober

Page 33: Oktober 2014 piketberger

33

Street

Page 34: Oktober 2014 piketberger

34

Verkeersdept besoek Graad 2’s Bergrivier Verkeers-departement het Steynville Primêr se Graad 2 leerders besoek. Die tema van Lewensvaar-digheid was Padveiligheid en Angelique Carstens het hulle bietjie kom touwys maak.

Elouise Lord is aangewys as die Verkeers-beampte van

die dag.

Hoe om 'n voetoorgang korrek oor te steek.

Leerders moet die foute soek wat algemeen oortree word. Die leerders het dit baie leersaam gevind en sal

die reëls en liedjie beslis toepas en onthou!

Foto’s: Elzanne Boshoff

PHS hou Lentetee Maandag 8 September het PHS-leerders hul oupas en ou-mas bederf met 'n heerlike lente-tee waartydens hulle bederf is met voordrag, sang-items, die optrede van die Laerskool koor en die gr 4 en 5 spreekkoor. Daarna is hulle bederf met iets te drinke en heerlike eetgoed.

Foto’s: Alta Nelson

Sean Parr, Sentrumbestuurder by MKB op Moravia, skenk olyfbome aan PHS met die oog op Erfenisdag/Boomplantdag. Hier ontvang Dorinda Smit en Sanet

Ackermann van Plofstof, PHS se ATKV-jeugtak, die bome.

Foto: Marietha Goosen

Bome vir Plofstof

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere

Professioneel 50jr Ondervinding

Alle Areas Skakel Wessel de Beer

0232 320422 of 082 704 3276

Ondersteun Bergrivierkoor Koorlede van die Bergrivierkoor tree as kelners

op by die Mountain Creek Spur op Dinsdag 4 November om geld in te samel vir hul toer.

Page 35: Oktober 2014 piketberger

35

Why Shop around Wenners!

Baie geluk aan die wenners in die Boland Superspar “Why Shop Around” kompetisie. Monica Fivaz, Lidia

Engelbrecht en Jorina Brand.

Dankie aan Burgemeester Evert Manual, Munisipale Bestuurder Hanlie Linde en Raadslid Ray van Rooy wat die trekking vir ons gedoen het en die dag saam

met ons geniet het.

Page 36: Oktober 2014 piketberger

36

Die kersboompie met die spesiale kersgeskenk versoeke is weer beskikbaar by Boland Superspar. Hierdie boompie is

propvol name van minderbevoorregte kinders wat hul nederige Kersfeeswense neergeskryf het. Ons doen weereens ‘n beroep op die gemeenskap om hierdie projek te ondersteun sodat ons net kan bou op die sukses van verlede jaar. So

voeg asseblief een van die naampies by u kersgeskenkinkopielysie en maak hierdie kersfees vir ‘n minderbevoorregte kind spesiaal. Alle geskenke moet asseblief voor 19 Desember by Boland Superspar ingehandig word.

WAENTJIE VOL WENSE

Friday 5 September was a big day for us at Boland Superspar. We had an entertaining line-up of events for our National Store of the Year judging. Johan van Lill from the traffic depart-ment escorted Roelf Venter (Spar Guild Director), Eugene Ronné, Craig Fannin and Conway Nesbitt to our store for the judging. Our ’Originals’ (Corrie Windell, Magda Swarts and Henna Fredericks) presented them with protea crests. The events included Nella Boois’ Steynville Sekondêr dance group’s performance and a staff singing group with an African theme. The festivities ended off with the leadership team and the owner, Dean Jankielsohn taking on the ALS Ice bucket Challenge plus donating to the J9 Foundation, and Challenging Indlovu, Montana, Five Star, Starwood and Nicks Food KWT Superspars to do the same. Thank you to everyone involved who made this such a special day!

Boland Superspar judged in National Store of the Year