4 piketberger may 2015

28
Jaargang 22 Nr. 4 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R5,00 Mei 2015 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] Terence Afrika Kampioen Terence Brown het pas verneem dat die 2000m hindernis rekord wat hy by die Westelike Provinsie Meesters kampioenskappe opge- stel het op 21 Maart vanjaar, nie net ‘n Suid- Afrikaanse rekord is nie, maar ook ‘n Afrika- rekord. Dit is ook die vinnigste tyd in die mans 60+ oor daardie afstand vir 2015. Kyk op p20 by Die Piket- berger 20 jaar gelede dat Terence toe ook die voor- blad gehaal het, as nuwe intrekker, WP-rekordhouer en vir Springbokkleure verwerf. Foto: Soreen Gouws the green tree café Join our Loyalty Club TODAY! Buy 9 Cups of your favourite coffee and get the 10th one FREE! Terme & voorwaardes geld. Aanbod geldig solank voorraad hou. Doopfoto’s...p3 Graadfoto’s...p4 Toekennings vir Leon...p4 Troufoto’s pp 6 en 8 Huis AJL...p10 Aurora VLV...p12 Trippe Trappe Sportdag...p22 Atletiek...p24 Rugby...p25 Kaskarpret...p26 Gholf Kampioenskap Wenners...p26

Upload: piketberg-tourism

Post on 21-Jul-2016

287 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

 

TRANSCRIPT

Page 1: 4 piketberger may 2015

1

Jaargang 22 Nr. 4 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R5,00 Mei 2015

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

022 913 1939 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

Terence Afrika Kampioen

Terence Brown het pas verneem dat die 2000m hindernis rekord wat hy by die Westelike Provinsie Meesters kampioenskappe opge-stel het op 21 Maart vanjaar, nie net ‘n Suid-Afrikaanse rekord is nie, maar ook ‘n Afrika-rekord. Dit is ook die vinnigste tyd in die mans 60+ oor daardie afstand vir 2015. Kyk op p20 by Die Piket-berger 20 jaar gelede dat Terence toe ook die voor-blad gehaal het, as nuwe intrekker, WP-rekordhouer en vir Springbokkleure verwerf.

Foto: Soreen Gouws

the green tree café

Join our Loyalty Club

TODAY! Buy 9 Cups of your favourite coffee and

get the 10th one FREE!

Terme & voorwaardes geld. Aanbod geldig solank voorraad hou.

Doopfoto’s...p3 Graadfoto’s...p4 Toekennings vir Leon...p4 Troufoto’s pp 6 en 8 Huis AJL...p10 Aurora VLV...p12 Trippe Trappe Sportdag...p22 Atletiek...p24 Rugby...p25 Kaskarpret...p26 Gholf Kampioenskap Wenners...p26

Page 2: 4 piketberger may 2015

2

Redaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R110 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Redaksie ([email protected])

Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796

Advertensies:

[email protected]

of sms 079 496 2719

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R460 Halfblad: R315 Kwartblad: R210 Agsteblad: R145

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Liefde Marietha

Briewe van ons lesers... André Kennedy skryf... Graag wil ek ons SAPD Piketberg bedank vir hul goeie diens tydens Paasnaweek. Hierdie mense lewer elke dag ‘n diens aan die publiek sonder dat ons besef hoe on-dankbaar hul werk soms kan wees. Midas se alarm het die Saterdag onverwags afgegaan en ek was doenig met huiswerk buite sodat ek nie die oproep betyds kon neem om te reageer op die alarm se oproep. Die alarm het in-tussen ‘n SMS boodskap gestuur en ook die SAPD in kennis gestel. Die SAPD het vinnig opgetree en het saam met my by my onderneming opgedaag vir ondersoek, net om uit te vind dat alles wel in orde is. By navraag het ek gevind dat dit die A-Skof was wat aan diens was en wil hul graag bedank vir goeie diens en flin-ke optrede. Julle maak dat ons meer van ons dorp en mense hou.

Shelly van der Nest skryf… My vriendin is in Israel en in hierdie tyd van nood het sy groothartig genooi, “kom bly in my huis” hier in Piketberg. In September verlede jaar is ek met borskanker gediag-noseer, te midde van matriekeksamens van ons twee seuns, die HK (Primaria) verkiesing van Harmonie op US, nuwe verblyf en graad vir ons oudste kind in Kaapstad en ‘n jong tienerdogter wie se perd elke keer voor die pale vassteek sodat sy elke liewe keer geëlimineer word! Een van my matriekseuns het wiskunde bo alle verwagting gedop en moes helaas uit die koshuis trek toe klasse begin. My senuwees was rou, my liggaam geskend deur ‘n masektomie, my vel laat my lyk asof ek melaats is en ek het elke dag ‘n “bad hair day”. Ek kan nie bid nie, ek kan nie dink nie, ek kan nie voel nie. Maar, daarom my skrywe liewe Piketberg. Hier in die eenvoud en oopvlaktes en veiligheid kon ek weer die Here se stem hoor. Hier op Piketberg waar dit nog veilig is, en tjoepstil is in die aand, het ek rus gevind. Die stap en ry op julle Taxi-vrye paaie, met GEEN rush hour traffic nie, het ure aan my dae hier gevoeg en my senuwees gesalf. Ek wil dankie sê aan elke Piketberger wat bydra tot Piketberg soos ek dit ervaar het. Dankie aan my vriendin, Hanlie wie gesê het kom Piketberg toe, kom bly in my huis. Dankie aan die munisipale bestuurder wat ‘n ongelooflike werk doen dat die dorp so skoon en so net-jies en so versorg is. Ook dat alles hier “werk”. Dankie aan elke vriendelike, ordentlike deel van julle gemeen-skap wat my weer vertroue gegee het in die goedheid van mense. Die vrou van Spar wat “famous” is vir haar Sushi en die vrou by die broodrolletjies wat vir my die kleinste paninis ingepak het. In die poskantoor het die dame met innemendheid my versoek aan agt seëls (wat R3 maak) om ‘n koevert aan my seun of Universiteit te stuur gehelp. My eksplorasie na Velddrif en omgewing is met vriendelike bekwaamheid moontlik gemaak by Piket-berg se Toerismekantoor. Vir elkeen dankie wat my op straat as vreemdeling gegroet het. Piketberg, julle gees is mooi. Alles wat goed en reg en opbouend is het ek hier ervaar. Ek wil ook aan Oom Piet Liebenberg sê dankie dat ek elke dag ‘n lang ent op sy plaaspad kon stap. Hier het ek ervaar hoe die Here as my Herder my hierheen gelei het. Ek was nog nooit hier nie en ken hierdie wêreld glad nie. Hier op Piketberg het Hy my na groen weivelde en waters waar daar rus is gelei. En hier op Piketberg het ek deur julle en alles wat Piketberg is, ‘n vonkie hoop gekry “that everything is going to be okay in the end and, if it’s not okay, it’s not the end.” Piketberg is dié plek te midde van die storms van my lewe waar ek rus kon vind en ‘n ware openbaring van Ps 23:3. My beker loop oor soos wat ek Pretoria toe terugkeer. Nogmaals dankie Piketberg en well done!

Annette van Tonder skryf… Die woorde van Steve Hofmeyer se lied “Engele om ons” het my maar weereens soos ‘n swaar blokhamer getref, hierdie keer nie tussen die oë nie, maar reg horisontaal onder my ken, met ‘n paar chirurgiese steke in! Ons wil nie op die Paasnaweek-paaie gaan nie, daar gebeur te veel ongelukke, maar só kan ‘n ongeluk selfs in jou eie blomtuin gebeur, al bly jy ook tuis. Baie dankie aan my dierbare bure, Marius Carstens en sy ma, Hettie, se hulp asook my buurvrou Kitty, sowel as Cobis Wilson wat my hospitaal toe geneem het toe ek Paas Maandagoggend by die Hospitaal Ongevalle beland het. Die suster en verpleegster daar aan diens het my weereens laat besef hoe bevoorreg ons is om elke dag dierbare omgee-engele om ons te kan hê - ons moet hul net meer dikwels raaksien, want omgee-bure is on-vervangbaar. Hulle vinger afdrukke is orals om my. Nogmaals baie dankie vir almal se hulp.

Die volgende Piketberger verskyn op 28 Mei 2015. Berigte en advertensies moet ons bereik teen 19 Mei.

Stuur na: [email protected]

Dis óf die tee óf Die Piketberger

óf albei Ek lag nog as ek dink aan Hettie wat nou in Nelspruit is. Sy het 'n standaard antwoord gehad as iemand kla dat hulle dié en daai nie ken nie, of voel dat

almal op Piketberg deesdae vreemd is. "Dis oor jy nie tee drink by die kerk nie", het sy doodluiters en uit ondervinding die oplossing gegee. Ek stem heelhartig met Hettie saam en ek kan uit ondervinding byvoeg: "Lees Die Piketberger". "Gaan en gaan groot!", sal Dick sê en vir albei gaan - die tee én Die Piketberger.

Page 3: 4 piketberger may 2015

3

Vier geslagte bymekaar

Op Sondag, 5 April is Sonica Terblanche se seuntjie, Johan se doop saam met familie gevier. Op die foto is

Jan Mouton, saam met sy dogter, Sonica en sy ma, Mirrie Mouton. Op Sonica se skoot sit Janry

Oumagrootjie Mirrie hou Johan vas. Jan Mouton is op 16 April skielik oorlede. Foto: Leticia van Dalen

Frederich die 10de

Die eerste Strauss (George Friedrich) het in 1724 in Suid-Afrika aangekom. Hy was ‘n Duitser. Op die foto is Friedrich, gebore 9 April, saam met oupa Frikkie en pa Derik. Friedrich is die 10de generasie van Strausse in Suid-Afrika en die 5de Frederik Johannes in ‘n ry.

Foto: Leana Strauss

Hanna is gedoop

WG en Danél Treurnicht van Windhoek met ousus Lija en baba Hanna, wat op 22 Maart in Piketberg

gedoop is. Op die foto onder is WG se skoolvriende en hulle gades en kinders. Foto’s: Vanessa de Villiers

Villiers Morrison, Jan-Abraham (Kabous) Fouché, Coenrad Swart, WG Treurnicht en Erik van Zyl met

Mareli, Marlise, Marizca, Danél, LIze en ag kindertjies.

Page 4: 4 piketberger may 2015

4

Juné Wildcat Summer Princess

'n Landwye kompetisie is geloods deur WILD-CAT op soek na 'n am-bassadeur vir hul uiters gesogte klerereeks. Eers is tien finaliste uit hon-derde foto's gekies, daarna is slegs vier fina-liste gekies wat 'n dag lank in die pragtige Kampsbaai 'n fotosessie met WILDCAT gehad het. Daar is hard gewerk van vroeg tot laat die aand, videos is ook van elke finalis gemaak en uiteindelik na al die foto's en video's deeglik bestudeer is, is Juné van der Westhuizen (tans 'n Matie-student) as die WILD-CAT Summer Princess aangewys. Sy was die enigste Wes-Kaap finalis en is baie trots om nou 'n WILDCAT ambas-sadeur te wees en dra hul klere met trots! Baie dankie aan die twee borge, FakeBake vir fantastiese sonproduk-te vir die jaar asook die groot borgskap van WILDCAT-klere. "Overwhelmed with happiness!! Thank you so much, I am so proud to be an ambassador for this amazing brand! Thanks for everyone who believed in me and sup-ported me. I send all my love to you...thank you Wildcat for this amazing opportunity. I will make you proud!”

Slimme Dames

Karlita Morrison ontvang die nagraadse kwalifikasie, Sielkunde

Honneurs met onderskeiding aan die

Universiteit van Rhodes.

Foto verskaf

Kristen Coetzee, regs met haar ma, Adrie Pretorius,

het haar graad Baccalaureus Educationis in Economic and Management Science Cum Laude ontvang. Die plegtigheid is gehou by

CPUT se Bellville kampus. Die geleentheid was ook iets

besonders met Kristen en Juanita van der Merwe wat "saam" graad gevang het (sien foto onder). Juanita

was Kristen se pre-primêre juffrou.

Foto: Soreen Gouws

Juanita van der Merwe het die B.Ed honneurs in Grondslag-

fase : Vroeë Kind Ontwikkeling verwerf.

Elmarie Coetzee het ‘n Gevorderde Sertifikaat

in Opvoedkunde vir multi-graad onderwys

ontvang.

Inze Visser studeer ND Surface Design. Sy het ook verlede jaar 'n toekening vir die beste Derde jaar student gekry. Sy doen vanjaar haar

BTech in Surface Design.

Het u onlangs

graad gevang?

Stuur gerus u foto en kort

beskrywing en ons plaas dit

graag.

Stuur na

[email protected]

Prestige Toekennings vir Leon Leon van der Westhuizen, oud PHS'er, tans besig met sy Meesters in Argitektuur by NMMU, het weer twee prestige toekennings van die universiteit ontvang vir "Best Student in Urban Studies" asook "The Student who pro-gressed into Thesis Year having achieved the highest level of competence in Architecture in Design, Construction and Profes-sional Practice." Hy wil nie te veel oor sy tesis vertel nie, maar sê dit han-del oor die rehabilitering van besoedelde areas in die stedelike gebied van Port Elizabeth, Happy Valley waar hy ook 'n "Aquatic Research Centre" ontwerp waarby die Wetenskap Departement van NMMU ook in die toekoms betrek sal word. Hy is baie dankbaar vir wonderlike geleenthede en pryse wat hy die afgelope vyf jaar by NMMU ontvang het wat twee oorsese reise, 'n week saam met top argitekte in Durban en wonderlike kontantpryse insluit.

Foto verskaf

Page 5: 4 piketberger may 2015

5

Winkel 022-913 2418

022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787

082 921 1977

Nuwe Winterklere beskikbaar Asook Froggie,

Tsonga en Green Cross skoene

MODERNE HUIS TE REDELINGHUYS TE KOOP

Ligging: Naby skool 2 Slaapkamers / 1½ badkamer / oopplan kom-buis en leefarea. Mooi tuintjie plus Wendy huis

Slegs R395,000-00

‘n Winskopie wat nie misgeloop moet word nie.

Skakel Alleenmandaat Agent Jannie Lategan 082 453 8305

Besoek gerus die web om die huis te kan sien: www.jannie-lategan-eiendomme.co.za

Verwys: J31-03-15

BAIE-BAIE LUUKSE HUIS IN BO DORP VAN PIKETBERG TE KOOP Imposante en stylvolle woning, geleë op hoekerf.

5 Slaapkamers met talle ingeboue kaste(Hoofslaapkamer en-suite)

2 Gaste Badkamers. Groot en luuks toegeruste kombuis met opwas gedeelte.

Oopplan Binnebraai met aanliggende Eet- en Woonkamer. Aanliggende kantoor (3 vertrekke - mini-kombuis, toilet, was-

bak en stoorkamer)… wat maklik in woonstel omskep kan word. Dubbel motorhuis met stoorkamer.

Swembad en braai area – baie privaat geleë. 6 Lugversorgers

Ek nooi u uit om hierdie besondere eiendom te kom besigtig... hierdie tipe eiendom kom selde op die mark.

Skakel : Jannie Lategan 082 453 8305 Besoek my web om foto’s van eiendom te sien:

www.jannie-lategan-eiendomme.co.za Kode: J11-03-15

Tuinbouklub en VLV kuier saam Piketberg Blom– en Tuinbouklub en die VLV vergader saam by die molsaal by Kaap Agri. Jan Tolken spreek die vergadering toe oor die voorbereiding van wintertuine. Hy stel produkte bekend wat in die tuin en in en om die huis gebruik kan word vir die bekamping van plae en siektes. Produkte vir die voeding van plante word ook breedvoerig bespreek. Die Tuinbouklub en VLV neem ook afskeid van ‘n geliefde lid, Frannie Botha, wat Stilbaai toe trek. Baie dankie aan die bestuurder van Kaap Agri wat saam met die verteenwoordiger van Pro Tek die vergadering moontlik gemaak het.

Nicoline Brown, voorsitter van Piketberg VLV, Jan Tolken (verteenwoordiger vir Pro Tek en spreker),

Katinka Morrison, voorsitter van Piketberg Blom- en Tuinnbouklub en Cyril du Toit, bestuurder van Kaap

Agri. Foto verskaf

Piketberg Blom– en Tuinbouklub se volgende verga-dering word gehou op Woensdag 6 Mei in die biblio-teeksaal, tee en verversings word bedien vanaf 9:00. Die vergadering begin om 9:30. ‘n Ikebana demonstrasie word gegee deur Edith Rule. Sy is ‘n demonstrateur en onderwyser in die kuns van Ikeno-bo. Besoekers welkom, besoekersfooi R25.00

Page 6: 4 piketberger may 2015

6

Hanno Burger en Frances Young is op 14 Maart in die NG Moederkerk op Wellington getroud. Die onthaal

was by Kronenburg buite die Paarl. Hanno is ‘n seun van Paul en Madelie Burger van Piketberg en Frances

is van Somerset-Wes. Foto: Marli Koen

Johannes Jakobus Burger en Janeen du Plessis is op 28 Maart te Elandsbaai getroud. Die seremonie was in

‘n tent aan die seefront voor die Elansbaai Hotel en die onthaal in die hotel. Jakobus is die seun van

Christo en Wilma Burger van Eendekuil en Janeen is die dogter van Japie en Doreen du Plessis van

Piketberg. Foto: Bret Nattrass

Heino de Villiers en Jani Hougaard is op 28 Maart in die NG Kerk, Koringberg getroud en die onthaal is by

Misverstand Dam gehou. Heino is ’n seun van Abraham en Allette de Villiers en Jani is ’n dogter

van Carel en Anet Hougaard. Foto: Moira West Photography

Hanno, Heino, Jakobus en Hans Vat Vrou

Hans Burger en Louwna Steenkamp is op 28 Maart te Laatson, Porterville getroud. Hans is van Sutherland en Louwna van Calvinia en op Piketberg het die twee

liefde gevind. Foto: Danelia

Page 7: 4 piketberger may 2015

7

Page 8: 4 piketberger may 2015

8

A fundraiser for a boy born on Mother’s Day - Oscar.

His mother, Anna Rocher, from Aurora writes... Oscar was born on Mother’s Day, 10 May 2009, the hap-piest day of our lives. A beautiful, sweet little boy from day one, everything was fine until he was about 3 years old, he didn’t really speak much, he was just repeat-ing what we said all the time, had difficulty communicating and understanding the world around him. Then on his 4

th birthday, someone told me “he has Autism” and my life

as mother was turned upside down in an instant. Autism is a neurological disorder causing development delays in speech, socialisation, reasoning and pro-cessing. Children with autism are not intellectually dis-abled, they are just differently abled. "HOPE IS THE ONLY THING STRONGER THAN FEAR" Please join us as at our dance and auction on Saturday, 2 May at 18:00 at Aurora Community Hall. Please invite all your family and friends. Enjoy nice food, dancing, wine and a special auction and help us to give Oscar a future. Donations are welcome, Gifts/Vouchers for Auctions. Thank you. Tickets R150 per person (price includes food and wine). Cash Bar Available. (Kids Free under 12 years or R50). All profits will be used for Oscar's therapies amounting to more than R12 000 per month. It is very important that Oscar receives intensive Speech Therapy/Occupation Therapy until he is seven years of age. Get your tickets at: Piketberg Drukkers (Ora or Vivian), Anna Rocher 021 976 0046 or 022 952 1767 or 078 586 7654, email: [email protected] for EFT transfer, Elna Rocher 022 952 1734 or 073 238 2814.

Please support Oscar

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours

022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Die liefde blom

Anthony Maarman en Lavern Julius is op 1 November 2014 in die huwelik bevestig in die Morawiese Kerk te

Goedverwacht. Foto: Adrian Solomons

Kix Piketberg sê dankie In die voorwoord van die nuwe Kix.Kom (Kix se kwartaallikse

begeleidingsboekie) word terugvoer gegee oor 2014 se "Vertel

Vertel!"-projek se R51 490,70 waarmee 900 Bybels aangekoop

is vir Msinga en Makathini. Hulle maak spesiaal melding van

Piketberg Kix se R15 000 oorbetaal en 250 van die 900 Vertel

Vertel Bybels geskenk. Kix Piketberg bedank elke kind en ouer

van PHS wat getrou bydraes gemaak het, asook elke individu

uit die dorp wat deel geraak het van die wonderlike projek.

Zim ABC wat die Woord gee

Ons werk vir Kategese materiaal vir Zimbabwe in Sjona

Page 9: 4 piketberger may 2015

9

Page 10: 4 piketberger may 2015

10

30 Jaar diens by Huis AJL

Die Beheerraad van Huis AJ Liebenberg wil verpleegster Sandra Fredericks en Miempie Dirks

gelukwens met hul 30 jaar diens aan hierdie fasiliteit vir Ouer Persone. Baie dankie vir jul lojaliteit, geduld en liefde aan ons bejaardes oor al die jare. Dit dien

vermeld te word dat Miempie oor die afgelope 10 jaar slegs vyf dae afwesig was en Sandra slegs een dag!

Foto: Marie de Villiers

Blomme vir Anker Rekenaar Kliniek Die Bestuur van Huis AJ Liebenberg wil graag blomme gee aan Anker Rekenaar Kliniek. Herman, baie hartlik dankie dat jy altyd bereid is om ons te help met vriendelikheid en geduld. Ons sal jou nooit kan vergoed vir wat jy vir Huis AJ Liebenberg beteken nie. Wees verseker van ons Opregte Dankbaarheid. - Marie de Villiers, Hoof

ACVV bedank Hanna Schreuder en Anna Burger opreg

vir die pragtige handgebreide

kindertruitjies wat hulle aan ACVV

geskenk het vir die winter.

Foto verskaf

ACVV sê Dankie

‘n Heerlike "April Fool" dag is aange-

bied vir die in-woners van Huis AJL en Rus-’n-

Bietjie Klub waar hulle ‘n prys kon

losdans! Dankie aan Carine Hougaard, Annatjie Hougaard

en Helene Smuts vir jul bydraes en hulp. Foto’s: Marie de Villiers

“April Fool” Dag

Kiekies se Baba en Peuter Foto Kompetisie Wenners

Inez Meiring (2 jaar oud), links en Liam Smit (1 jaar oud), regs, is die twee wenners in Kiekies Piketberg

se Baba– en Peuter fotokompetisie. (Sien advertensie op p11)

Gilbert & Sullivan kom Swartland toe ... in Afrikaans! Dis nie almal wat opera goed verteer nie, en dan praat ons nie net van vandag se mense nie. Dit was selfs al waar in die tweede helfte van die 1800’s. Daarom het die Britse komponis W.S. Gilbert en die librettoskrywer Ar-thur Sullivan destyds al die draak begin steek met die kultuur van wroegende operas. Hulle het eerder komiese operas of operettes geskryf, onder meer bekende werke soos The Pirates of Penzance en The Mikado. Soos destyds, is hul musiekblyspele nog vandag wêreld-wyd gewild. Dit word gereeld uitgevoer, en die liedere sal vir iedere een bekend klink. Hul werk was natuurlik Engels, maar binnekort het Piketbergers die voorreg om een van hul eerste spanpogings, Trial by Jury, in Afri-kaans te geniet. Magriet Deysel het dit vertaal met die tong-in-die-kies titel Akte op die vlakte! “Akte” verwys na ’n hofgeskil tussen ʼn bruid en haar amper-bruidegom wat haar voor die kansel laat staan het. Die trousku bruidegom moet bontspring om hom van sy belofte kwytgeskeld te kry, maar word uiteindelik uit sy dilemma gered deur ʼn verrassende ontwikkeling in die hof. Kom kyk gerus self om te sien wie of wat tot sy redding kom. Die operette het een bedryf van sowat 45 minute. Die tweede helfte van die vertoning is ‘n konsert deur individuele sangers uit die groep. Die konsert bestaan uit ligte liedere wat die gehoor sal ken en wat mense som-mer spontaan sal laat saam neurie en voete tik. Dié genoeglike kultuurkuier word om 16:30 op Saterdag 9 Mei in Piketberg se VG Kerk aangebied. Dit kos R50 vir volwassenes en slegs R30 vir senior burgers en skoliere. Die kaartjiegeld word aangewend as ’n fondsinsameling vir Badisa. Baie dankie by voorbaat aan Cobis Wilson van die Biosfeer en die groepie talentvolle Kapenaars wat hul tyd só vir ’n goeie doel aanwend. Navrae: Cobis Wilson [email protected] of 022 913 1368 / 083 284 4684.

Drie (3) opregte wit Bulterriër hondjies, 10 weke oud, 2 tefies en 1 reun. KUSA geregistreer, ingeënt, ontwurm en

gechip. R4 500 elk. Kontak na ure: 023 004 0056 of 071 676 8750

Bulterriërs Te Koop

Page 11: 4 piketberger may 2015

11

Page 12: 4 piketberger may 2015

12

Aurora VLV hou Konferensie

'n Baie geslaagde VLV Konferensie (Weskussirkel) is op 4 Maart te Aurora aangebied. Estelle du Plessis, Sirkelpresidente; Louwna Hoving, Argivaris VLV-Kaap, vorige Sirkelpresidente; Erika Lubbe vorige

Presidente VLV-Kaap en Rosa Lategan Oud Sirkel-presidente.

Marian Coetzee,

Sameroepster Gesond-heid en Susan van Geems, Voorsitster

VLV-Aurora.

Foto’s: Marinda Mostert

Tydens ‘n onlangse VLV-vergadering het Mignon Cumpsty, dogter van Elmarie Cumpsty, beide

VLV-lede van Piketberg-tak, ‘n beurstrekking gewen. Die beurs word jaarliks getrek en toegeken aan

studente van VLV-lede wat besig is om te studeer. Mignon is tans besig met haar BEd Intermediêre en

Senior Fase by UNISA. Nicoline Brown, voorsitter van VLV-Piketberg oorhandig die beursgeld aan Mignon

Cumpsty. Die volgende VLV-vergadering is op 14 Mei om 09h30 by die Biblioteeksaal – ons gasspreker is Hanlie Lindie, munisipale bestuurder en Hendrik Krohn, stadsinge-nieur. Almal welkom – navrae Nicoline Brown 082 477 0665

Kook saam met Quentin Tradisionele Maleise Bobotie

Bobotie is een van Suid-Afrika se eg Afrikaanse disse. Die dis se oorsprong is Hollands/Oos-Indies en is ge-maak op die basis van Bobotok. Bobotok is ‘n dis wat gemaak is met maalvleis en vars klapper vleis, wat op-gerol is in ‘n piesang blaar. Die Kaapse Maleise invloede was verantwoordelik vir ons Bobotie om meer die Kerrie en Borrie geure in te kry. Bestanddele: Olie 1 ui, fyn opgesny 10ml knoffel 5ml gemmer 10ml Kerriepoeier 5ml borrie 5ml koljander opgekap 5ml komyn 500g maalvleis Sout en peper droë vrugte opgesny 15ml blatjang 2 lourier blare Boonste lagie: 250ml melk, 2 eiers, sout en peper Metode: 1. Braai die ui, knoffel en gemmer met ‘n bietjie olie in ‘n swaarboom pot. 2. Voeg al die speserye by en braai vir 1 minuut. 3. Voeg die maalvleis by, braai totdat dit ’n gryskleur kry, maar probeer om dit nie bruin te braai nie. Geur met sout en peper. 4. Voeg die blatjang en droë vrugte by. Roer goed, bedek en laat dit op ‘n lae hitte prut vir 20-25 minute. Die mengsel brand vinnig, so kyk elke 5 minute en skraap die bodem van die pot met ‘n hout lepel om te voorkom dat dit aanbrand. Skakel die oond aan na 180°C. 5. Verwyder van die hitte, verplaas die mengsel na ‘n oondvaste bak en maak die oppervlakte gelyk. Plaas die lourier blare in die mengsel. 6. Meng die eiers en die melk in ‘n aparte bak, en geur liggies met sout en peper. Gooi die eiermengsel oor die maalvleis. 7. Bak in die oond vir 40 minute, of totdat die boonste lagie ferm (gestol) en goudbruin is. Laat dit vir 5 minute staan voordat jy dit opdien. 8. Bedien bobotie met geel rys, addisionele blatjang, klapper, opgesnyde piesangs of mango salsa.

VLV-Beurswenner

Page 13: 4 piketberger may 2015

13

Page 14: 4 piketberger may 2015

14

deur Jannie Lategan

Murasie Dit het nie ‘n lang soektog geneem om hierdie murasie in die middedorp van Piketberg te kon vind en ‘n foto te neem nie. Skielik is daar ‘n klomp onbeant-

woorde vrae wat opkom. Hoe oud is hierde bouval, wie het intertyd hier gewoon en wie is almal hier gebore en het hier opgegroei. Straks is daar mense iewers in die land of in die wêreld in bestuurs- of uitvoerende posisies wat hier hulle eerste treë gegee het. Hoeveel gedagtes huiwer in jou geheue. Murasies word al minder en minder, hulle moes plek maak vir die indus-trie en die nywerheid. Eintlik is so ‘n murasie nog ‘n lew-ende monument en getuie uit vervloë se dae en wonder ‘n mens onwillekeurig….hoe kom so ‘n gebou in so ‘n ver-valle toestand. Dis heel waarskynlik, maar die erosie van tyd en ‘n sorgsame hand wat afwesig was. Hoeveel goed kon so ‘n plek nie nog beteken het vir die hawelose nie. Nou ná die verval, is dit haas nie meer haalbaar om so ‘n gebou te herstel of te restoureer nie. Dit is nouliks niks meer as net ‘n struktuur wat moeg ge-raak het vir die aanslae van tyd, wind en weer. Het die nou geleerde heer of gesiene mens wat hier sy eerste lewenslig aanskou het, nie die behoefte om terug te keer na sy wor-tels nie. Murasie/Historiese Monument...albei dieselfde…die een deur wind en weer geërodeer…die ander met verf be-smeer.

022-913 2646

Halfdag pos beskikbaar

Kom kyk!!!!! 46 nuwe Playstation

Speletjies Drs Smit en Morrison neem afskeid van Amanda Theron na 25 jaar diens. Agter staan Dr Morrison,

Anne-Marie Smith, Dr Smit, Amanda Theron en Berendina Basson en voor Barbara Abjurahman,

Theresa Adams en Ingrid Titties. Alle sterkte en voor-spoed word haar toegewens met haar en Julian se

verhuising na Malmesbury. Foto verskaf

Praktyk groet Amanda

TEL: 022 931 2681 CELL: 083 564 3018 CONTACT: Suretha Mouton

EMAIL: [email protected] WEB: www.athomeworld.co.za ADDRESS: Voorterkkerstr 51, Porterville

EIENDOMS AGENTE BENODIG Kandidate met die volgende eienskappe:

Bekendbheid met die omliggende omgewing

Hardwerkend

Eerlikheid

Eie inisiatief

Hou daarvan om met mense te werk

Eie vervoer

AREA DEKKING: Riebeek Wes, Riebeek Kasteel, Moorreesburg, Piketberg, Porterville, Tulbagh. Vir verdere navrae skakel asb 083 564 3018

Page 15: 4 piketberger may 2015

15

Links is ‘n foto waar burgemeester Evert Manuel, Alida Lintnaar, Dave en Jackie Ferguson, verlede jaar pakkies by die Total vul-stasie langs die N7 uitgedeel het.

Page 16: 4 piketberger may 2015

16

Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder...

Wanneer hierdie Piketberger die strate haal, het die publiek nog twee weke oor om kommentaar en insette te lewer wat die Raad in ag sal neem voordat hulle die 2015/2016 begroting oorweeg in Mei 2015. Bergrivier Munisipaliteit het hierdie jaar alle moontlike pogings aangewend om die tariefverhogings so laag as moontlik te hou. Dit het ure en ure se samesprekings en onderhandelings geverg waar die Begrotingsloodskomitee (wat bestaan uit raadslede van alle politieke partye en senior bestuurslede van die Muni-sipaliteit) ‘n konsepbegroting saamgestel het om aan die Burgemeesterskomitee voor te lê vir oorweging en aanbeveling aan die volle Raad. Die Raad het die kon-sepbegroting op 26 Maart 2015 oorweeg en dit in be-ginsel goedgekeur sodat dit vir publieke deelname gead-verteer kan word. Dit is hierdie begroting wat tans oop is vir bespreking en ek nooi graag alle lede van ons publiek om betrokke te raak en insette te lewer. Alle skriftelike insette word aan die Raad voorgelê vir oorweging. U in-sette kan ‘n verskil maak. Ek gee graag die hoofpunte hier vinnig deur as ‘n lokaas om u te versoek om die konsepbegroting te gaan lees op ons webwerf (www.bergmun.org.za) of in ons biblioteke op elke dorp in ons gebied. Die voorstel in die konsepbegroting is dat die koers op residensiële eiendomsbelasting styg met 6% vanaf 0.9 sent tot 0.97 sent. Vullisverwydering styg met 5,74% en riool met 6,36%. Die voorstel is dat die tarief op water styg met ‘n gemiddelde van 6%. Oor die verhoging in die kragtarief het die Munisipaliteit nie beheer nie en dit sal afhang van die verhoging wat die Nasionale Energie Reg-uleerder van SA (NERSA) aan ESKOM toestaan. Tans is die riglyn van NERSA ‘n 12,2% verhoging, maar dit is onderhewig aan hulle finale goedkeuring. Die totale be-groting van Bergrivier Munisipaliteit beloop R323 358 miljoen waarvan R251 569 miljoen die bedryfsbegroting uitmaak en R71 789 miljoen die kapitaalbegroting is. Om die armste mense in ons gemeenskappe finansieël te help, het die Raad die kwalifiseringsbedrag vir deernisge-valle verhoog na R4 000 (vanaf R3 000) per maand totale huishoudelike inkomste. Dit sal verseker dat meer gesinne kan kwalifiseer vir finansiële kortings op muni-sipale dienste. Vanaf 1 Julie 2015 sal geregistreerde deernisgevalle ook ‘n 50% afslag kan kry op die tarief vir ‘n graf. Lede van die publiek wat graag wil aansoek doen om as deernisgesinne te kwalifiseer kan kom aansoek doen by die kassiere in die Piketbergkantore (Kerkstraat). Vanaf 13 – 29 April 2015 hou Bergrivier Munisipaliteit publieke vergaderings in elkeen van ons dorpe (agt in totaal), sewe wykskomitee vergaderings en twee GOP forum vergaderings (waar die sektorale leierskap in ons gemeenskappe teenwoordig is) om die konsepbegroting in detail met die gemeenskap te bespreek en vrae te beantwoord. Kom gesels asseblief saam. Die publieke vergadering in Piketberg is reeds op 14 April 2015 gehou, maar enige lid van die publiek wat dit gemis het, is ook welkom om te kom luister na die begroting tydens die GOP Forum vergadering op 29 April 2015 om 09:00 in die Biblioteeksaal, Kerkstraat, Piketberg. Tydens die publieke vergaderings sal ‘n tarieflys uitgedeel word en ook meer inligting gegee word oor die kapitaalprojekte wat goedgekeur is vir die volgende drie jaar. Kom en maak ‘n verskil vir ons gemeenskap.

Hanlie Linde

Die Hoofkantoor personeel van Andrag is agter Alfred

Andrag, Andries Jung, Rousseau Visser, Ivan du

Plooi, Abhinav Metha van Shakti Dompelpompe en

voor Abrie Visser, Gustav Enderstein en

Franco Snyman.

Foto’s: Marietha Goosen

Dirk Meiring, Elizna Visser en Gilbert Theron van Andrag Piketberg.

Andrag groter en beter

Kom kyk gerus hoe lyk die nuwe Andrag van binne.

Page 17: 4 piketberger may 2015

17

HOUSE SITTER / PET SITTER I am available for house-sitting / pet-sitting as

well as farm sitting in the Bergrivier region. Please contact Heike on 084 372 3326

or [email protected]

Services Offered

Halfdag huishulp benodig. Maandae tot Vrydae. Geen rook en drink.

Kontak asseblief 082 780 8698

Betrekking Aangebied

Beesbiltong R175,00 per kg Maalvleis R55,00 per kg

Skakel Nellis 083 441 4032

Te Koop

1915 tot 2015

E-Pos: [email protected]

Page 18: 4 piketberger may 2015

18

Page 19: 4 piketberger may 2015

19

♥ GESKENKE ♥ DEKOR ♥ MEUBELS ♥ STOFFERING ♥ Christo en Linda van Schalkwyk 022 913 3326 Langstraat 59, Piketberg (Reg oorkant Agrimark)

VLV groet Frannie

VLV lede het afskeid geneem van Frannie Botha, ‘n voormalige voorsitter en bestuurslid van Piketberg tak. Haar VLV lidmaatskap is in 2002 vanaf die Paarl na Piketberg oorgeplaas. Lede het hul waardering uitgespreek teenoor die kwaliteit van haar leiding,

diensbaarheid, vriendskap en omgee, en haar bedank vir die beskeie maar waardige wyse waarop sy haar gawes en vaardighede met ander gedeel het. Sy en haar man, Jan, vertrek binnekort na Stilbaai. Frannie

verskyn in die middelste ry, vierde van links.

Foto verskaf

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075

Bederf Mamma

die Moedersdag!

Geskenkpakke

vanaf R59.90 en

Parfuum vanaf R135

Ons kry vars gebakte bederfies in vanaf 4 Mei.

Kom loer gerus!

Page 20: 4 piketberger may 2015

20

Op die rakke van die Biblioteek

bespreking deur Cecileen Olsen

Meer as een Grens deur Connie Luyt

HUMAN & ROUSSEAU In die liefdesroman glo Ben dat hy en Alexa die ideale verhouding het: Nie een vra uit oor die ander se verlede nie. Ben en Alexa gaan vir ‘n paar dae weg na ‘n hotel in die Drakensberge saam met goeie vriende, Isobel en Stefan

Wentzel en Phil en Emma Fourie. Terwyl almal een aand daar saam kuier, daag Janus Malherbe, ‘n ou weermagkennis van Ben, Phil en Stefan, onverwags op. Alexa verdwyn sonder enige waar-skuwing en niemand weet waarheen of hoekom sy weg is nie. Ben, met die hulp van Phil, ‘n kaptein in militêre intelligensie, begin dadelik na Alexa soek. Het Janus die aand daar toevallig opgedaag? En wat het hy met Alexa se verdwyning te doen? Die pas van die verhaal is stewig. Die hele verhaal speel af binne drie en ‘n halwe dae. Die storielyn word afgewissel met terugblikke op die hoofkarakters se lewens. Ben was 20 jaar gelede be-trokke by die Grensoorlog in Angola en hy sukkel om sy ervaringe uit dié periode te verwerk. Sy hegte vriend-skappe met Phil en Stefan dateer uit hul tyd op die grens saam. Alexa is ‘n skoolvriendin van Isobel en blik terug op haar kinderjare en gebeure uit dié tyd, veral die moord op haar invloedryke oupa en ouma toe sy 11 jaar oud was. Tydens haar eerste jaar op universiteit word sy gewerf as agent vir Nasionale Intelligensie. Haar werk neem haar telkemale oorsee na verskillende lande. Tydens ‘n vakansie in Suid-Afrika, stel Isobel haar voor aan Ben en ‘n romanse begin. Ben is mal oor Alexa en besef gou dat sy die een vir hom is. Hy weet eintlik baie min van haar, maar dit pla hom nie. Sy vertel dat sy vir Buitelandse Sake werk en dit verklaar waarom sy so baie oorsee moet reis. Wanneer sy verdwyn, besef Ben hoe min hy werklik van haar weet. Een aand in sy woonstel, vind hy toevallig ‘n klein swart boekie onder die bank. Hy begin daarin lees en besef dat dit een van Alexa se dagboekies is waarin sy altyd haar diepste geheime opgeskryf het. Meer as een Grens ondersoek die nadraai van die Grensoorlog en die skaduwêreld van militêre intelligen-sie. Die boek is enigsins voorspelbaar soos dit te wagte is in die genre, maar neersit voor die einde? Aikona!

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere

Professioneel 50jr Ondervinding

Alle Areas

Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276

20 Jaar Gelede — Mei 1995

VOORBLAD: Piketberg Senior Atleet Presteer. Terence Brown is weer terug in die Wes-Kaap. Die Browns het die afgelope 5½ jaar in Pretoria gewoon en het gedurende die April skoolvakansie na Piket-berg verhuis. Terence het die naweek van 21/22 April by die Bellville stadion aan die SA Atletiekkam-pioenskap (Veteraan baanbyeenkoms) deelgeneem en so sy Nasionale/Springbokkleure verwerf. Hy het in die 1500m, 800m en 400m WP-rekordtye opgestel. Daarmee kwalifiseer hy om tydens die Wêreldspele in Buffalo (New York) in Julie 1995 deel te neem. Die vyfjarige Daniela Liebenberg het in ‘n fratsongeluk kalk in haar linkeroog gekry terwyl daar konfyt gekook is. Die oogspesialis het gesê dat sy slegs ‘n geringe kans het om haar sig in die oog te herwin omdat die kalk in haar ooglid vasgebrand het en haar kornea ook beskadig het. Sy het egter wonderbaarlik herstel. Die Raad het 70 glaslampskerms aan die Munisipali-teit van Kaapstad verkoop en uit die opbrengs is daar 13 nuwe ligte vir Langstraat aangekoop. Die matrieks van PHS het ‘n geslaagde opvoedkundige toer deur Namibië onderneem. Mnr en mev Van Ellewee het as toerleiers opgetree. Die standerd neges het vir ‘n fondsinsameling ‘n Son-dagmiddagete in die NG Kerksaal aangebied. Kaartjies vir die aansit– of wegneemetes is teen R15,00 vir vol-wassenes en R10,00 vir kinders, verkoop. Ongeveer 370 kaartjies is verkoop.

Page 21: 4 piketberger may 2015

21

Page 22: 4 piketberger may 2015

22

Trippe Trappe Sportdag Met groot opwinding het al die Trippe Trappe leerdertjies Menseregtedag geniet saam met hul ouers, grootouers en vriende in die vorm van ‘n heerlike Sportdag wat op die PPC sportgronde gehou was. Ons het hard geoefen aan spanbou-liedjies, hardloop, sakspring en allerhande ander kaskenades. Almal het die dag heerlik geniet en met oorgawe deelgeneem aan al die aktiwiteite. Dankie aan al die mammas wat ook hul “sporttalente” gewys het en die ouers wat by verkope betrokke was. Ons bedank ons borge, PPC, Liebco Vleishandelaars, Winkelshoek en ouers. Sonder u ondersteuning sou die dag nie so ‘n groot sukses gewees het nie.

Foto’s: Nadine de Waal

piketberg mediese sentrum

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)

Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)

Dr Bibi Werle (Sonar)

Ilse Bruwer (Spraakterapeut)

Merina de Waal (Dieetkundige)

Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017

Ma - Vry: 08h00 - 17h30

Sat: 08h00 - 13h00

Steynville Primêr se Proefstudente

Hierdie groep studente van CPUT (Wellington-

kampus) doen tans hul praktiese onderwys by Steyn-

ville Primêr op Piketberg. Lylani van Lill, Mariska

Wolfaardt, Belinda Smit, Lizane Wessels en Annika

Vlok. Foto: Elzanne Boshoff

WISKUNDE WINTERSKOOL 2015

MAANDAG 29 JUNIE TOT

VRYDAG 17 JULIE

Mev Marieke Visser bied in samewerking met PHS ‘n Wiskunde Winterskool

vir gr. 4– tot gr. 11-leerders gedurende die Julievakansie aan.

Dit gaan individuele lesse wees en is hoofsaaklik ten doel om gapings van die eerste twee kwartale te vul en te help met spesifieke

afdelings waarmee leerders sukkel. Dit sal ook ‘n goeie hulpmiddel vir punte-verbetering wees.

Meer inligting is beskikbaar op

PHS se School Communicator. Die inskrywingsvorm (waarop al die inligting verskyn) is

gelaai onder BRONNE. Dit moet asb voor 1 Junie ge-epos word na [email protected]

of by mev Lindie Jordaan by die skool ingehandig word. U is ook welkom om mev. Visser soggens te kontak by

084 582 2423 of te e-pos by [email protected]

Page 23: 4 piketberger may 2015

23

Cash for Scrap Steeds vinnige, vriendelike en eerlike diens

vir kontant in die sak

Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oor die treinbrug, oorkant stasie

Nou ook oop in

Porterville Jakkalskloofstraat

Kom besoek ons of skakel

Johan Louw - 076 538 2909 (vir nog beter pryse nou!)

en by ons is dit steeds

Beste prys oor en oor bewys!

Page 24: 4 piketberger may 2015

24

Impi Challenge vir fikses

Die groep Marijke West, Martin Gouws, Soreen

Gouws, Elmarie Coetzee en Hugo Kriegler en regs, ma (Soreen Gouws) en seun

(Martin), lekker vuil na die tyd.

Foto’s: Tinus Gouws

Die Impi Challenge word jaarliks, in April en ook in Ok-tober, aangebied by die Lievland wine Estate tussen Paarl en Stellenbosch. Weens die gewildheid daarvan word dit nou ookal in Gauteng en Natal aangebied. Die Impi Challenge is 'n hindernis wedren met water, modder, plekke om af te spring en oor te klim. Die roete word jaar-liks afgewissel en volgens Soreen Gouws wat vir die vierde keer deelneem was hierdie jaar gewis die taaiste hardloop pad wat sy nog gedoen het met baie, baie op-draendes deur die wingerde. Die Challenge sluit 12km en 17 hindernisse in. Daar is ook ‘n Elite race wat net vir die taaistes en fikstes is wat 20km en baie meer hindernisse behels. Daar is prysgeld vir die wenners, maar elke deelnemer moet elke uitdaging self voltooi, sonder hulp. By die Chal-lenge neem jy in spanne deel en is die idee dat span-maats mekaar oor die hindernisse help en baie dankbaar is vir arms wat kan help optrek en opstoot teen die hoë hindernisse! Die Challenge is groot pret vir enigeen wat van avontuur hou. Jy moet ook nie te veel gril vir stink-ende modder en hoogtes nie. Vir die Challenge moet jy 16 jaar en ouer wees. Daar is deesdae ook ‘n Impi Dash waaraan jong kinders kan deelneem. Daar is ook ‘n prys vir die besgekledes. Soreen en haar span is daarvoor afgeneem deur die Impi organiseerders. Google Impi Challenge vir meer inligting.

In Suid-Afrika neem dames vanaf ouderdom 30 en mans vanaf ouderdom 35 as meesters aan baan atletiek deel. Daar is jaarliks vyf Leo Benning meesters atletiek byeenkomste in die Westelike Provinsie. Dit vind almal in Bellville of Parow plaas, beginnende Oktober en die laaste byeenkoms in April. Die baanseisoen het dus Sa-terdag geëindig met die 5de byeenkoms en is op die Parow-baan gehou. Na baie oefen op Piketberg se gras-baan is dit heerlik om op tartan te kan hardloop! Nou vat ons ‘n breek van die baan en begin met ons winter oefen-program, met die oog op die volgende baanseisoen wat weer in Oktober begin. Elkeen se program word bepaal deur die item waaraan hy wil deelneem. Terence Brown werk die program vir elke atleet uit volgens sy behoeftes en vermoëns. Deur die winterseisoen neem ons aan padwedlope deel en soms ook aan Landloop.

By Saterdag se byeenkoms het Terence weereens die SA 1500m rekord verbeter na 4.46 met ‘n skitterende wedloop. Die res van die span het elk die seisoen afgesluit met hul beste tye in hul onderskeie afstande vir die seisoen. Dus groet ons nou eers die baan met ‘n tevrede, blye glimlag! Nou kan die winter maar kom met oefensessies in koeler en soms natter om-standighede.

Atletiek vir Meesters

Terence Brown

Soreen Gouws

Marijke West en Elmarie Coetzee

Johan Myburgh Knip uit en bêre

Die Piketberger se Datums vir 2015

Berigte/Advertensie IN 19 Mei

16 Junie 21 Julie

18 Augustus 22 September

20 Oktober 17 November

VERSKYN 28 Mei

25 Junie 30 Julie

27 Augustus 1 Oktober 29 Oktober

26 November

Page 25: 4 piketberger may 2015

25

Skoolvakansie propvol rugby vir PHS se Eerstespan

Foto’s: Sanet Ackermann

Page 26: 4 piketberger may 2015

26

PHS se VRL hou prettige en geslaagde Netbaldag

Foto’s: Marietha Goosen

15 Gemengde seuns– en dogterspanne het deelgeneem

Kampioenskap Wenners

Op Saterdag 11 April het De Hoek Gholfklub hul jaar-likse klubkampioenskappe gehou. Dit het behels dat spelers 'n totaal van 36 putjies speel met houespel as formaat. Daar word in drie afdelings gekompeteer, A,

B en C wat voorgee 0-9, 10-19 en 20-36 insluit. 'n Totaal van 23 spelers het om die verskeie afdelings meegeding. Die wenners is Deon Coetzee, middel in Afdeling A, George van Rooyen, links in Afdeling B

en Floors van Zyl, regs in Afdeling C. Baie geluk aan die wenners en baie dankie vir almal

se deelname. Foto: Nadine de Waal

Kaskarpret vir Kultuur Op 31 Maart het Hoërskool Piketberg se kultuurafdeling weereens ‘n genotvolle kaskarpretdag aangebied. Spanne vol gees het deelgeneem. Gr.2S CLOWNS, Gr. 6B SUPERHEROES en Gr.8 MY NAME IS JEFF het pryse vir hulle wonderlike gees gewen. Gr.3S COOL RUNNERS, Gr. 7B DIE A TEAM en die MATRIEKSPAN het die meeste rondtes in die verskillende afdelings aangeteken. Die middag was ‘n reuse sukses. Baie dankie aan al ons borge wat dit moontlik gemaak het: Anonieme borge, Step Ahead Tennis Academy, PPC, Piketberg Mediese Sentrum, Piketberg Apteek, Langberg Farm, Winkelshoek, Mountain Creek Spur, Die Huis-vriend, Salon Sanet, Liebco Vleishandelaars, Dup Meubels, Kochelmanders, Spectra, Boland Superspar en Time Freight Depot.

Foto’s: Sanet Ackermann

Page 27: 4 piketberger may 2015

27

Monique Coetzee het by ons PRO/Admin

span aangesluit. Sy het haar BComm-graad (Bestuursrek) aan die Universiteit

van Stellenbosch voltooi in 2010. Sy het haar artikels in Malmesbury en Stellen-

bosch voltooi en in 2014 haar SAIPA

kwalifikasie gekry. Sy het onlangs met Izak Coetzee getrou en woon in Aurora.

Ons sien baie uit daarna om haar as deel van ons Boland Superspar Familie te hê.

Die Piketberg Sport Ontwikkeling Stigting o.l.v. Morshwin Moore het tydens

die April Skoolvakansie ‘n program aangebied. Die Stigting het op ‘n kreatiewe wyse jeugdiges uit die Piketberg/Porterville omgewing blootgestel

aan sportsoorte soos sokker, rugby, netbal en skaak. Boland Superspar was met trots betrokke by hierdie geleentheid en het water en vrugte as versnap-

perings geborg. Hier oorhandig Marietjie Pedro (Bestuurder) die produkte

aan Morshwin Moore.

NUWE SPANLID by BOLAND SUPERSPAR

PIKETBERG SPORT ONTWIKKELING VAKANSIE PROGRAM

Die Praise Kidz Creché het op 28 Maart 2015 ‘n Fondsinsameling gehou vir

die bou van hul nuwe Creché. Mnr Linnerd Cloete (Sekretaris) ontvang hier die bydrae van wors van Marietjie Pedro (Bestuurder) namens Boland Super-

spar.

PRAISE KIDZ CRECHÉ SAMEL FONDSE IN

Page 28: 4 piketberger may 2015

28

Piketberg Krieketklub hou prysuitdeling

GOEDVERWACHT PRIMêR HOU HOENDERBRAAI

Goedverwacht Primêr het op Vrydag, 27 Maart 2015, ‘n hoenderbraai gehou. Boland Superspar het die brood-rolletjies geskenk as bydrae tot hierdie funksie. Hier oor-handig Santie van den Bergh (Spanleier) die rolletjies aan Pauline Erasmus (Verteenwoordiger van Goedverwacht Primêr).

Die Piketberg Krieket Klub is al met trots 20 jaar aktief in die Piketberg omgewing. Die Klub het op Vrydag, 27 Maart 2015 hul jaarlikse prysuitdeling gehou om erkenning te gee aan lede wat pres-teer het in die afgelope krieketseisoen. Foto links: Baie geluk aan Ernie Diederich vir Speler van die Jaar en Carlo Adams wat die toekenning ontvang het vir die Sportman van die Jaar. In die middel is Ray van Rooy, voorsitter van die Piketberg Krieketklub. Foto bo: Die spelers met hul toekennings ontvang tydens die jaarlikse prysuitdeling. Hulle is as volg: Agter: Lorenzo Adams (mees belowende speler), Ernie Diederich (Speler van die Jaar), Ray van Rooy (Voorsitter van Piketberg Krieketklub), Car-lo Adams (Sportman van die jaar). Middel: Ketarie Maarman (beste bouler van die tweede Pro20 span), Seppie September (beste bouler van die eerste Pro20 span), Danfred Ste-vens (beste kolwer van die eerste Pro20 span), Leathon Fredrick (beste kolwer van die tweede Pro20 span) Heelvoor: Jeff Markus (beste bouler in eendag kompetisies)

Boland Superspar was met trots betrokke by

hierdie geleentheid en het koeldrank en eetgoed geborg.