piketberger sep 2015

36
Jaargang 22 Nr. 8 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R5,00 September 2015 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] Collect your Rewards card in store Nicola Maak ‘n Verskil Nicola Coetzee Foto: Karin Coetzee Nicola Coetzee, gr 10-leerder by PHS en kunsstudent by Die Coetzee Ateljee is as Streekswen- ner aangewys in die Woolworths “Making The Differ- ence Through Design” Ontwerp- kompetisie vir skole. Haar ontwerp dring dus deur na Nasionale vlak. Sy het ‘n bordspel ont- werp wat alkohol mis- bruik teiken. Die opdrag was om ‘n plaaslike probleem te identifiseer en dit met kreatiewe ontwerp op te los. Nicola neem kuns as vak. Die Coetzee Ateljee het weer hierdie jaar aan die Cape Leopard Trust se kunskompetisie deelge- neem, asook aan die Santam Kinderkunskom- petisie. Lees op p33 oor Die Coetzee Ateljee se prestasies by hierdie twee kompetisies. Dennis 30jr by Ambulans- diens...p3 Hendrik se “Makeover”...p4 Piketbergers in woestyn...p6 Vrouedag Vieringe...pp7,8 Goedverwacht vier Erfenis...p12 PHS Interskole...pp18,19 PHS Kultuuraand...p30 Trippe Trappe...p32 Ruiters in WP-span...p34 Steynville sportsterre...p34 ‘Every child is an artist, the problem is how to remain an artist when you grow up.’ - Pablo Picasso

Upload: piketberg-tourism

Post on 23-Jul-2016

344 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

 

TRANSCRIPT

Page 1: Piketberger Sep 2015

1

Jaargang 22 Nr. 8 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R5,00 September 2015

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

022 913 1939 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

Collect your Rewards card in store

Nicola Maak ‘n Verskil

Nicola Coetzee Foto: Karin Coetzee

Nicola Coetzee, gr 10-leerder by PHS en kunsstudent by Die Coetzee Ateljee is as Streekswen-ner aangewys in die Woolworths “Making The Differ-ence Through Design” Ontwerp-kompetisie vir skole. Haar ontwerp dring dus deur na Nasionale vlak. Sy het ‘n bordspel ont-werp wat alkohol mis-bruik teiken. Die opdrag was om ‘n plaaslike probleem te identifiseer en dit met kreatiewe ontwerp op te los. Nicola neem kuns as vak. Die Coetzee Ateljee het weer hierdie jaar aan die Cape Leopard Trust se kunskompetisie deelge-neem, asook aan die Santam Kinderkunskom-petisie. Lees op p33 oor Die Coetzee Ateljee se prestasies by hierdie twee kompetisies.

Dennis 30jr by Ambulans-diens...p3 Hendrik se “Makeover”...p4 Piketbergers in woestyn...p6 Vrouedag Vieringe...pp7,8 Goedverwacht vier Erfenis...p12 PHS Interskole...pp18,19 PHS Kultuuraand...p30 Trippe Trappe...p32 Ruiters in WP-span...p34 Steynville sportsterre...p34

‘Every child is an artist, the problem is how to remain an artist when you grow up.’ - Pablo Picasso

Page 2: Piketberger Sep 2015

2

Redaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R110 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Redaksie ([email protected])

Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796

Advertensies:

[email protected]

of sms 079 496 2719

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R460 Halfblad: R315 Kwartblad: R210 Agsteblad: R145

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Liefde Marietha

Die volgende Piketberger verskyn op 1 Oktober 2015.

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 22 September.

Stuur na: [email protected]

Briewe van ons lesers...

Minette 079 249 1535

Hierdie advertensie word geborg deur Sam en Berenice Scheepers

Dis ons September uitgawe en 22 jaar sedert die eerste uitgawe in September 1993 verskyn het. In elkeen van die 22 jaar het 11 maandelikse uitgawes verskyn wat hierdie een die 242ste een maak. Ek is nie so mal oor

Wiskunde soos wat ek mal is oor mooi getalle nie en ek dink nogal 22 maal 11 wat 242 maak, is vir my heel mooi. Wat vir my nog mooier is, is die goeie nuus wat elke maand verskyn. Nog mooier is die gesindheid waarmee Piketbergers van oral oor meedoen om elke maand 'n puik produk te lewer. Jan Braai se advertensie speel op die televisie en dit val my op, as Jan kan sing: "Jan Braai vir Erfenis", kan ons seker sing: "Ons skryf vir Erfenis". Wanneer ek agterkom ons is besig met erfenis, is wan-neer ek die 20 jaar gelede rubriek lees en weer onthou van soms vergete mense. Terwyl daai persoon op Piket-berg was, het hulle help skryf aan Piketberg se verhaal van mense en hulle wel en weë. Jak de Priester bied die program Reis na Gister aan en Bravo kuier by hom en neem hom op sy reis na gister - na die Vrystaatse dorp, Parys, waar sy wortels lê. En dié baie bekende kun-stenaar, binne en buite die grense van ons mooi land, probeer in woorde uitdruk hoe belangrik jou wortels is en hoe belangrik dit is om te onthou waar jy vandaan kom. Hy is nie die enigste een wat dit al ooit gesê het nie, almal wat iets uitmaak van die lewe, sal dié kosbare boodskap uitleef. Piketberg lewer fenomenale mense op. Ons sien hulle elke maand in ons koerant. Mag almal altyd onthou waar-vandaan hulle kom. Gelukkige Erfenismaand!

Twee en Twintig jaar se Erfenis

Piketberg Animal Welfare komiteelid skryf... Piketberg Animal Welfare ervaar toenemend voorvalle waar ongewenste honde en katte afgelaai word by per-sone wat dit dikwels ook nie breed het nie. Geen voor-siening word gemaak vir die dier se voortgesette welstand nie en eindig hulle dikwels op straat, honger en verwaarloos en word dit ’n gemeenskapspro-bleem. Skakel ons eerder betyds sodat ons saam ‘n oplossing kan vind. Baie dankie egter aan diegene wat uit hulle eie, sonder om erkenning te vra, stilweg hulle deel doen om die lewe makliker te maak vir die talle diere in nood.

Vacancies for Police Trainees : South African Police Service

The South African Police Service invites applications from all races and gender for Enlistment in the Basic Police Development Learning Programme from young, energetic, intelligent, physically and mentally fit indivi-duals, dedicated to serving their country by pursuing a career in policing. Selected applicants shall participate in a programme for 24 months which consists of three phases: Ten months training at a designated SAPS Academy; Twelve months training at a designated Field Police De-velopment Police Station; Two months assessment at a designated SAPS Academy.

Application forms available at your local

police station as well as the SAPS website.

Enquiries: 021 467 8492

Page 3: Piketberger Sep 2015

3

Dennis sê Dankie na Dertig jaar Dennis Afrika was op 12 Au-gustus dertig jaar verbonde aan die Ambu-lansdienste, waarvan vier en 'n half jaar by die Weskus Distriks-raad in Moor-reesburg was, 23 jaar as hoof van Piketberg Ambulans-dienste en vir die afgelope twee jaar as hoof op Porter-ville. Volgens hierdie Saron-ner, soos die boorlinge van Saron na hulle-self verwys, is sy

lewe terugskouend een van dankbaarheid. Hy is dank-baar teenoor die Here vir elke geleentheid wat op die regte tyd en plek oor sy pad gekom het, vir elke mens wat die potensiaal in hom raak gesien het en vir die gesondheid en fiksheid wat hy oor die jare geniet. Die hoogtepunt van sy lewe is beslis die aanstelling wat hy op 12 Augustus 1985 gekry het by die Weskus Distriksraad. Teen alle verwagting in, word hy as plaaswerker van Porterville, met nie 'n noemenswaardige skoolloopbaan nie, aangestel in 'n betrekking wat vir hom meer as 'n werk geword het - 'n loopbaan van diens aan die gemeenskap en 'n plek waar hy tot vervulling kom en met 'n lied in sy hart elke dag se taak aanpak. Hy dink met dankbaarheid terug aan 'n boer wat hy voel hy in die steek gelaat het, maar wat hom die geleentheid gegun het, sy vriend wat hom geadviseer het om aansoek te doen, sy vrou wat hom aangemoedig het, sy skitterende werkgewers, Neville van Rensburg, hoof, en Jan Visser, distrikshoof, (Neville is steeds op Moorrees-burg en Jan is afgetree op Saldanha), sy lojale kollegas oor die 30 jaar en allerbelangrik die Here, vir Sy genade elke dag. Om met Dennis te gesels, is soos om in 'n fliek te sit waar 'n drama van lief en leed, lag en huil afspeel. Hy is geseën met woorde en met 'n joviale geaardheid en na 'n gesprek met hom, voel dit of jy saam was op elke hulpverlenings "operasie", saam trauma beleef het, saam lewens help red het, paraat gewag het saam met die makkers, met trots saam die gemeenskap se vertroue gewen het, ander mense se behoeftes eerste gestel het, saam by die Here krag ontvang het om te verwerk wat nie altyd menslik moontlik blyk te wees nie........ Onlangs kry 'n Tandheelkunde Zuma-jaar student, wat op Porterville werksaam is, saam met Dennis 'n geleentheid na Piketberg. Luigi Campbell was tydens sy skooldae in een van Dennis se Noodhulpklasse en haal steeds die ABC-beginsel aan wat Dennis hulle geleer het - Airway, Breathing, Sirculation. Dennis het vir jare die Noodhulp by PHS hanteer en is trots om te sê hy was die eerste bruinman wat as skeidsregter by PHS uitgedraf het. Dit was van 1990 - 2012. Hoewel hy nie meer self skeidsreg-ter is nie, dien hy as ondervoorsitter op die Boland skeidregtersvereniging en is hy evalueerder van skeidsregters.

Dennis Afrika Foto: Marietha Goosen

Klein Cecil Helm van Wyk is op 2 Augustus in die NG Kerk Piketberg gedoop. Cecil se ouers is Christoff en Elani van Wyk van Durbanville. Sy groot ouers is Cecil en Coreen van Wyk van Piketberg en Leopold en Riana

van Huyssteen van die Strand. Cecil se grootjies is Helene (Helm) van Wyk van Calvinia en Tollies en

Beatrice Engelbreght van Stellenbosch. Die doop is waargeneem deur oupa ds Leopoldt. Lg se pa,

ds Sollie van Huyssteen het meer as vyf dekades gelede vir Cecil gedoop op Calvinia.

(Moenie bekommer as jy weer moet lees nie - die families is ingeweef in mekaar). Foto verskaf

Baba van Wyk Gedoop

Page 4: Piketberger Sep 2015

4

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours

022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Plaaslike kunstenaars in Top 40

Annelie Venter en Clare Menck het portrette ingeskryf vir die SANLAM portret kompetisie by Rust-en-Vrede galery in Durbanville. Dit is 'n nasionale kompetisie.

Hulle het elkeen een portret in die 100 finaliste en een portret in die eerste 40. Die algehele wenner word uit

die 40 gekies en op 27 Augustus by die gala geleentheid aangekondig.

Foto verskaf

“Makeover” vir Hendrik

Hendrik Donkerman, alias Master, is ‘n bekende figuur in Piketberg. Hy het ‘n paar weke gelede ‘n

gedaante verwisseling ondergaan danksy die dierbare personeel van CornerStone Café. Deesdae loop ‘n splinternuwe Hendrik in die dorp. Hendrik

was ‘n gereelde besoeker vir ‘n stukkie kos, het later begin om in ruil vir die kos, die stoep te vee. Met Hendrik se toestemming is ‘n lekker bad van die

plaas laat kom, vol warm water getap en besorgde hande help met die wassery. Sy baard is geskeer en

sy hare in ‘n netjiese styl geknip. Klere is by Pep Stores gekoop en Hendrik is ‘n ander mens! Sy klere word ook deur die weldoeners gewas en twee maal

per week vind die badsessie plaas.

Foto’s verskaf deur CornerStone Café

Van p3…. Oor die jare het Dennis voortdurend sy kennis uitgebrei dmv kursusse, homself fiks gehou en hom in die Here geanker. Vir die gemeenskap het hy sy kennis te-ruggeploeg deur praatjies te hou by skole, organisasies en veral vir pensioenarisse. Wat het Dennis Afrika gedoen as hy binne 3 minute, nadat die ambulans ontbied is, gereed moes wees om te vertrek na 'n donker, afgeleë plaas voor die dae van GPS'e? Nog 'n sterk punt van dié leier in die gemeen-skap, is sy rigtingvastheid, sy vermoë om te onthou en sy fassinasie met plekname en naamborde. Piketberg salueer Afrika -Red.

Page 5: Piketberger Sep 2015

5

s

Page 6: Piketberger Sep 2015

6

Piketbergers in die Namib Woestyn

Drie pa’s met elk hul seun, het die Namib ekspedisie meegemaak. Carel en Hennie van Niekerk met hul Triton bakkie, Wolf en Van Wyk Liebenberg met hul FJ Cruiser, Pieter en Danie Fox met hul Landcruiser bakkie.

Net eens ons dank aan ons Vader wat dit vir ons moontlik gemaak het en ons veilig teruggebring het. Ons vertrek op 4 Julie vanaf Piketberg en arriveer Maandagmiddag by Solitaire en slaap by Solitaire Gaste-plaas, waar ons die res van die geselskap ontmoet het. Met voertuie vol brandstof, ekstra kanne met brandstof, hout en water vertrek ons die woestyn binne. Saam met die toerleier en gidse is ons 43 mense in 14 voertuie. Soos ons vorder is die toerleier se reëls in ons gedagtes. Reël nommer een - bly in die spoor. Reël nommer twee en drie - bly in die spoor. Reël nommer vier - smeer sonbrandroom aan. Die woestynson speel nie. Soos ons die duine deurkruis, raak die plantegroei al minder, maar die troppe Gemsbokke raak nie minder. Ongelooflik hoe hulle aanpas.

Die toerleier, Eben en sy vrou Maretha, ken die woestyn en Eben het ons laat soek na die Makierie Bokkie. ‘n Bok-kie wat aangepas is om teen die duine te wei. Altyd aan die skadukant maw sy linker beentjies is langer as die regter beentjies en sy oë is ook aangepas. Die regter ogie soek vir kos teen die duin. Die linker ogie kyk veraf teen die duin om te kyk waar die roofdiere is. Al 14 voer-tuie is in radio verbinding met mekaar, dus almal soek die bokkie. Een van die groot oomblikke was toe ons ‘n 80 meter duin moes af tot in die Kuisebrivier, ‘n oasis in die woestyn. Ons het ver afgery in die Kuiseb. Die rivier waar die karakters van “Vlug in die Namib” tydens die tweede wêreld oorlog weggekruip het tot na die oorlog. Ons is met die Uri Pas kruip-kruip uit die rivier tot op ‘n plato waar ons die welwitschia plante van duisende jare

Carel en Hennie van Niekerk, Van Wyk Liebenberg, Pieter Fox, Wolf Liebenberg en Danie Fox.

Die Piketbergers saam met hul toerleier, Eben en sy vrou, Maretha.

gaan besigtig het. Saans is kamp opgeslaan. Ons Piketbergers naby me-kaar, want ons het gestort langs die Cruiser, natuurlik in ons geboortepakkies. Ons wou nie die dames se mans skaam maak nie! Ons het gevorder tot teen die see. Die Namib van oos na wes deurkruis en glo my die prente in die “Wegry” met hoë duine, is eg. Een duin waarteen ons afgery het, was 100 meter hoog. Skrikwekkend as jy teen die brullende duin afkom. Al langs die see kom jy af op skeepswrakke met hul eie stories, rob kolonies, jakkalse en strandwolwe. Saterdagmiddag kom ons in Walvisbaai aan, nog steeds soek die manne die Makierie bokkie. Met die laaste ete wat die toergeselskap ons in ‘n restau-rant trakteer het, en na al die bedankings, word vertel dat die Makierie bokkie nie bestaan nie. Natuurlik is Eben geboe. Hierdie toer of ekspedisie is vir almal wat al van die Namib gehoor of gelees het. Doen dit gerus

Berig en foto’s: Pieter Fox

Page 7: Piketberger Sep 2015

7

Winkel 022-913 2418

022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787

082 921 1977

Winter Uitverkoping

en Somer Voorraad

op hande

Vrouedag Vieringe

Die dames van PPC De Hoek het op Vrydag, 7 Augustus almal 'n breek gevat en is deur PPC

bederf met 'n heerlike middagete en saamkuier by die gastehuis ter viering van Nasionale Vrouedag 2015. Hier is Elize Pieterson, Shawné Esau en Sanita Uys

(PPC De Hoek Vroue Forum Komiteelede).

Hierdie groep vroue van PPC De Hoek kuier lekker saam. Agter is Shawné Esau, Marion Bagus, Elize

Pieterson, Antonia Lesch en Shoki Manenzhe en voor is Tasneem Farmer, Charlene Erasmus, Lushca

Hendricks, Kaylee Goliath en Tania Appollis. Foto’s verskaf

Page 8: Piketberger Sep 2015

8

Nog Vrouedag Vieringe

Ray van Rooy, OVK, Departement Gesondheid en De-partement Justisie het hande geneem om saam vroue-dagvieringe vir vroue van Piketberg aan te bied. Tweehonderd vroue het byeengekom in die gemeen-skapsaal en is getrakteer deur sprekers en kunstenaars. Pastoor Anton Bredell het ‘n boodskap uit die Bybel gebring en suster Elzet Dietrich het met vroue oor hul gesondheid gepraat. Voorberg Band het musiek verskaf en Judith Muna met Johnie Magic was die gaskun-stenaars. Sofia Joemat van Brainwaves Projects het vroue bemagtig met die maak van goedere uit herwinbare projekte en Elgar Julius het vroue hul regte verduidelik. Almal het ’n heerlike warm ete, koekies met tee en seep met ‘n tydskrif ontvang. Die OVK het gehelp om vroue te regis-treer vir volgende jaar se verkiesing, Bergrivier Mo-tivated Woman (BMW) het vroue se bloed en suikervlakke gemeet. Lavern Sheldon en Chan-tel Stevens het die vroue gepamperlang en ook hul naels versorg. Verskeie vroue het pryse gewen met die mikrogolfoond wat as hoofprys op die spel was.

Berig en foto’s: Ray van Rooy

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075

Maak seker jy bly een stap voor die winter verkoues!

Gee jou immuniteit die hupstoot wat dit

nodig het met Biobalance

Immunova +

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters

en Ouditeure

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800

[email protected]

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële

state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW

opgawes by SAID Opstel van testamente

Page 9: Piketberger Sep 2015

9

Page 10: Piketberger Sep 2015

10

Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder...

Hanlie Linde

Lente is in die lug! Die afgelope naweek het ek die voorreg gehad om saam met goeie vriende bietjie rond te ry in ons area en blomme te kyk. Ons het eers die heerlikste beesstert-bredie gaan eet by Kardoesie en toe is ons Paleis-heuwelpad om verby Koningskop en Paleisheuwelstasie agterom Eendekuil en terug. En het ons nie die mooiste blomme gesien nie! Sjoe, ons bly in ‘n baie mooi plek. Maar lente is ook sinoniem met huis skoonmaak en uit-gooi. Ek deel graag ‘n spesiale versoek wat ek gekry het van die Departement van Onderwys (Sanet van Niekerk) om tog aan die skole in ons omgewing te dink as ons kaste leeg maak hierdie lente. Indien u enige iets het wat ‘n skool kan gebruik, laai dit asb af by die WKOD se kan-toor in Piketberg (Landbouhuis, Kerkstraat). Sanet se kontaknommer is 081 477 5442. Veral herwinde papier (A4), kleurkryte, ander skryfbehoeftes, ou skoolklere, papier en plastiek waarmee boeke oorgetrek kan word, ou skooltasse en enigiets wat nog bruikbaar kan wees vir ‘n skoolkind. Sanet-hulle soek ook mense wat hoërskool-leerders kan help met hul huiswerk in die middae. Soveel kinders het nie die voorreg om ‘n geskoolde ouer te hê wat kan help met mondelinge, take en rekenaartoegang nie. Kom ons help almal waar ons kan. Terwyl ek van herwinning praat, daag ek graag die Piket-bergers uit om nog meer te herwin. Hendrik Kröhn, Direkteur Tegniese Dienste, bevestig dat ons in Piketberg slegs 4,25% in gewig kon uithaal uit die afvalstroom in die 2014/2015 finansiële jaar. Piketberg kan baie beter doen as dit. ‘n Dorp soos Velddrif het reeds 23,84% herwin in dieselfde tydperk. Elke ding wat herwin kan word, hoef nie vervoer te word na Malmesbury se stortingsterrein nie. Dit dra direk daartoe by dat die Raad die tariewe vir vaste afval op slegs 6% kon hou. Daar is steeds inwoners van Piketberg wat nog nie herwin nie. Kom ons versprei die boodskap en help gesinne wat nog nie herwin nie om dit te kan doen.

Tydens September 2015 is daar weer geleentheid vir publieke deelname waar die Munisipaliteit tydens wykskomiteevergaderings en publieke vergaderings na die publiek luister. Piketberg se publieke vergadering sal plaasvind op Dinsdag 8 September 2015, Eendekuil se vergadering is op Woensdag 9 September 2015, Goedverwacht en Wittewater se vergadering vind plaas op Maandag 14 September 2015 en Redelinghuys se vergadering volg op Dinsdag 15 September 2015. Alle vergaderings sal plaasvind om 19:00 in die plaaslike gemeenskapsale.

Leaders of Tomorrow Youth Expo

Berg River Municipality facilitates the Leaders of Tomorrow Youth Expo annually. The expo is aimed at

Grade 10 to 12 learners - from schools in the Berg River Municipal area. (± 2000 learners visited the ex-po in Porterville). The aim of the expo is to provide career guidance and possible job opportunities at

different companies and state institutions. Exposure to educational requirements for different careers also

featured. PPC De Hoek gave financial support and also had a booth where exposure to PPC and career guidance was provided. Above with some students are Jan

Vorster, Marion Bagus and Sanita Uys. Photo: Lorraine Lourens

NEAT & EASY MOTORBAKHERSTELLERS

Ons stel al ons huidige en toekomstige kliënte

in kennis dat ons werkplek geskuif het.

Ons was geleë by HOOPSTRAAT 4

maar nou werk ons by MOOIPLAAS,

Net buite Piketberg, op die Elandsbaaipad.

Let op vir ons Kennisgewingborde

083 384 8547 Voldag huishulp benodig in Piketberg.

Geen rook en drink. Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

Betrekking Aangebied

Die Munisipaliteit loods ‘n kompetisie vir alle lesers van Die Piketberger: Ons soek bruikbare artikels wat gemaak kan word uit herwinningsmateriaal. Ek het byvoorbeeld vir my ‘n strandsak gebrei uit swart- en groen vullissakke. Lees meer hieroor in die ad-vertensie op bladsy 32.

Page 11: Piketberger Sep 2015

11

Page 12: Piketberger Sep 2015

12

Goedverwacht vier Erfenis ATKV GOG (ATKV Goedverwacht ondersteunersgroep) reël op 24 September Erfenisvieringe op Goedverwacht. Die tema vir vanjaar sal wees die verering van ons erelede in die gemeenskap wat 'n besondere betekenis tot die opbou van ons gemeenskap gelewer het. Ons gaan begin met 'n tuin van Herinneringe vir die Goedver-wacht se gemeenskap. Die kranslegging seremonie vind plaas by die slawe-begrafplaas, waar die basuine en die Juniorkoor van Goedverwacht sal optree. Ons wil graag die drie persone wat 90jr en ouer is en vandag nog leef vir hierdie jaar vereer. Daar sal ook 'n oorsig wees oor die geskiedenis van Goedverwacht en die Ekoklub berei hulle voor vir 'n praatjie oor die gebruike van Kruie. Die kinders sal kultuur-speletjies speel, lepel en eier, touspring ens. Aangesien dit nasionale braaidag is, nooi ons die families uit om die piekniekmandjie te pak en op die Toerisme Buro se terrein middagete voor te berei. Ons wil graag soveel as moontlik van die plaaslike kinders betrokke maak, want dit is immers hulle wat die kultuur moet aan-neem en uitleef in die toekoms. Goedverwacht se erfenisfees op Donderdag 24 Septem-ber 2015 by die Toerisme Buro se terrein. Die verrigtinge begin om 9:30 tot 11:00 vm by die Slawe begrafplaas en daarna op die Toerisme Buro se terrein.

Tuinbou besoek Proteaplas

Tuinbou se volgende vergadering is op Woensdag 2 September. Ons besoek die Proteaplaas van Mary Duncan. Ons vertrek vanaf die biblioteek om 09:00. Besoekers welkom. Donasie van R25 vir tee en verversings betaalbaar deur nie-lede. Gaste moet asseblief net vir Katinka Morrison laat weet indien hulle wil saamgaan 082 829 6918.

Tuinbou Nuus Die tuinbouklub

besoek die inheemse tuin

van Colin en Pam, waar Corné

Pretorius, van Riebeek Kasteel

Kwekery ons gewys het hoe hy die tuin beplan en

beplant het.

Foto: Katinka Morrison

Colin Tedder, Corné Pretorius en Pam Struthers.

Hoendermis te koop, afgelewer.

Skakel 022 912 4983

Te Koop

Page 13: Piketberger Sep 2015

13

Finansiële / Boekhouding Dienste

Ek is beskikbaar om die volgende dienste aan u boerdery / besighed te verskaf:

Krediteure invoer en Debiteure fak-tureer en state rekonsilieer BTW indien en navrae hanteer Begrotings opstel en rekon met werklike uitgawes / Statistieke Algemene finansiële admin.

Ek het reeds 20 jaar ondervinding in finansies en wil graag vir u van diens wees.

Referente is beskikbaar by navraag.

Skakel my gerus indien u belangstel om vryskut alle dienste of sommige van my

dienste op u perseel of vanaf my kantoor (te Broodkraal) vir u te

behartig.

Linda Calitz 082 738 9841

Siphenkosi

Protection Services

Your security Our priority

Now in Piketberg (behind Rangers)

Psira 2409406

Providers of 24 hours security guards for industrial, commercial, farm properties, special events & access control. Contact for free quote.

Email: [email protected]

Phone: 022 913 1128 Cell: 062 286 9583

Die Piketberger se Datums vir 2015

Berigte/Advertensie IN 22 September

20 Oktober 17 November

VERSKYN 1 Oktober 29 Oktober

26 November

Page 14: Piketberger Sep 2015

14

Soprane met ‘n missie Bergrivierkoorlede keer terug na die VSA

met ‘n boodskap van hoop Tydens ons oorsese toer in Desember 2014 was daar telkemale belangstellende vrae vanaf die Amerikaners en Belge aangaande die uitdagings en probleme in ons omgewing en land en hoe daar te werk gegaan word om strategiese oplossings te vind, asook watter bydrae ons as koor daartoe kan lewer. Versigtigerig, dog amikaal, wou hulle ons opinie hoor rakende watter koers die regering met sosio-politiese en ekonomiese oorwegings inslaan. Anders as voor anderhalf dekade toe koorsang die uitsluitlike fokus was, raak kore deesdae wêreldwyd toenemend betrokke by sosiale- en kulturele aktivisme en oorbrug sodoende met welslae sosio-kulturele-politiese grense. Kore en die skeppende kunste (veral in die VSA en Europa) vind aanklank met ‘n multi-funksionele visie wat nuut en oorspronklik is, inteendeel met diè van ‘n politiese bestel wat inwoners by toeneming met verdiskonteerbaarheid en arglis betrag. Toe die Bergrivierkoor desbetreffend genader was om ‘n projek saam te stel vir gehore in die VSA, moes ek sekere keuses neem. Òf die neutrale middeweg tussen die aktuele radikale brandpunte in ons land, òf die reguit en kritiese weg, òf die stilswygende passiewe weg waar die fokus uitsluitlik op die musiek behoue bly. My keuse het geval om die uitdagende weg in te slaan juis omdat ek daarvan oortuig is dat daar te lank stilswye was oor temas soos byvoorbeeld verkragting, plaasmoorde, sosiale agteruitgang en die vernietigende gevolge van stereotipe en geykte kultuur-spesifieke sienswyses byvoorbeeld rondom die vroulike liggaam. Die lewe bied aan ons dinamiese uitdagings en onderwerp ons aan konstante veranderinge. Nogtans kan ons nie ontsnap van die daaglikse realiteit en diskoers oor die toenemende wêreldwye onsekere sosio-ekonomiese vooruitsigte. Diplomatieke neutraliteit en hoflikheid veroorsaak soms dat brandpunte selde gedetermineer en openlik bespreek word, ‘n aspek wat daarin resulteer dat daar by tye ‘n ongemaklike stilswye heers oor byvoorbeeld misdaadsyfers; of, wanneer skrikwekkende gebeurtenisse internasionale opslae maak, tree die politieke verdedigingsmeganismes oombliklik in werking met ‘n “vee eers voor jou eie deur”-houding; sodat sekere temas willekeurig in die kiem gesmoor word, want jy praat nie “uit die huis uit” nie. Gevolglik laat dit ‘n gevoel van frustrasie en magteloosheid by jou publiek. Nuusflitse, koerantberigte, en sosiale webwerwe getuig nie net van die ontevredenheid oor die vergrype en kommerwekkende stagnering, maar aksentueer ook die inherente leemte en verbystering by menige landsburgers oor die huidige stand van sake. Soos Walter Benjamin dit stel, “to focus on the positive is good, but to refrain addressing the negative, curbs progression.” [uit Duits vertaal] Hierdie kommer sorg tans vir ‘n hoogbloei van nuwe produksies op verhoë nie net deur kunstenaars en veteraanakteurs, maar ook deur lede van die Bergrivierkoor met ‘n eie produksie. Na weke en maande (gepaardgaande met menige slapelose nagte) se opleeswerk, konsultasie en soms frustrasie, is “17 Seconds – I am standing with one foot in my grave” gebore:- ‘n interdissiplinêre opvoering wat sang, narratiewe vertolking en orrelspel kombineer. Die titel is ontleen van Bach se Kantate BWV 156 ‘Ich steh mit einem Fuß im Grabe’ en die 17 sekondes vergestalt die skrikwekkende idee dat elke 17 sekondes iewers in Suid-Afrika iemand verkrag word. Die projek vervleg en

Vervolg op p17...

20 Jaar Gelede — September 1995

VOORBLAD: Skoukoningin Natasja Conradie; Simone Jansen, eerste prinses en Elmarie Scheün, tweede prinses. PRESTASIE OP DIE SPORTVELD: Die Kotze-tweeling, Charl en Gerhard, oud-leerlinge van PHS is tans werksaam as instrukteurs in die weermag te Potchefstroom. Hulle speel rugby vir die Weermag Rugbyklub wat dan ook die gesogte Presidentsbeker in Wes-Transvaal in 1994 verower het. Charl en Gerhard is ook opgeneem in die span wat na die Britse Eilande toer in September. NUWE STADSTESOURIER VIR PIKETBERG: Kobus van Niekerk is vanaf 1 Augustus 1995 die nuwe stadstesourier van Piketberg. Hy was voorheen ad-junk tesourier op Beacon Baai. NUWE INTREKKERS: Phillip en Lila van Coller is die nuwe eienaars van Piket Braaihuis. Hulle was vroeër in Grabouw woonagtig. KELLOGS ADVERTENSIE: Die alreeds bekende Kellogs Corn Flakes advertensie is gedurende die Julie-vakansie op die plaas Langvlei van mnr Angie Kitshoff in die Piketberg-distrik, gemaak. BOOMPLANTDAG: Met Boomplantdag het die Piket-berg Tuinbou– en Blommeklub R500,00 geskenk aan PHS. KLEIN ADVERTENSIE: Te Koop - Helder geel Biggie Best kombuisgordyne met wit blommetjies, val en wegbinders. Prys R100,00.

022-913 2646

Raak DSTV nou te duur vir jou?

Neem n DVD kontrak uit

en spaar!!!

25 EENHEDE R400.00 20 EENHEDE R320.00

Nog meer om uit te kies

Page 15: Piketberger Sep 2015

15

Van p16 tematiseer ook die onverbiddelike en verpletterende impak van plaasmoorde, korrektiewe verkragting asook sosio-kulturele depresiasie in ons gemeenskappe en desbetreffend kan die multi-dimensionele storielyn beskryf word as ‘n proses van bepeinsing, herdefinisie en rekonstruksie rondom die leitmotiv verkragting. Bowenal illustreer dit hoe musiek op sosio-kulturele vlak betekenisvol kan funksioneer deur ‘n diskussie oor die onverstaanbare gruweldade te ontlont waarmee ons samelewing daagliks mee gekonfronteer word. Die kunsskilder en akademikus Paul Klee argumenteer in sy filosofiese artikels dat binne ‘n post-moderne diskoers die tematisering van ‘n “ongemaklike” of verwronge onderwerp nie volstrek tot die konsepsionele verklaring daarvan beperk is om dit te verstaan, maar eerder deur die individuele ervaring gedetermineer word. Pas jy Klee se teorie op verkragting toe, bevorder dit, deur oor die traumatiese gebeurtenis te praat, kommunikasie oor diè onderwerp, en bring dit terselfdertyd ook hoop en aanmoediging vir slagoffers om na vore te kom. “17 Seconds – I am standing with one foot in my grave” is gededuseer uit die feite rondom die lot van Anene Booysen, Rienie Swanepoel, Sizakele Sigasa en Baba Tshepang. Hulle leed word hervertolk saam met toonsettings van Bach wat by tye vervleg word met eietydse Afrika-melodieë. Interessantheidshalwe het my keuse op die orrel met sy uiteenlopende klankregisters as instrument geval, want enersyds kan die magtige klanke angs en onsekerheid vertolk, andersyds beskik orrelklanke ook oor ‘n kalmerende klankeffek wat deur die siel resoneer en sodoende ‘n neutraliserende effek op die gewigtige tema het. Nadat ek die propedeuse weergawe vir proeflees en amendemente na die VSA versend het, was die terugvoering oorweldig positief. Vanuit verskeie geledere het aanbiedinge gekom om hulp te verleen asook om ons in kontak te bring met persone, organisasies of instansies in die VSA wat daagliks met soortgelyke probleme te doen het en graag betrokke wil raak. Almal is daarmee eens dat dit tyd is om die stilswye te breek en dat die diplomatie silencieuse geignoreer mog word. Hannah Arendt verwoord dit uiters korrek met haar uitgangspunt dat wanneer ‘n samelewing wegskram en die negatiewe waarmee dit omring word onderdruk, daar ‘n leemte geskep word om werkdadige oplossings te vind hoe om probleme te bekamp. Die produksie is ‘n geweldige uitdaging vir die sangers en word opgevoer deur die volgende lede van die koor: Karen Boshoff, Margaret Julius, Alison Müller, Elizabeth Paulsen en Retha van Deventer en hulle word begelei deur die Stellenbosse orrelis, Arno Jones. Optredes, vind ondermeer in Boston en omgewing asook in Portsmouth, New Hamsphire plaas en die onderwerp bied ons ook ‘n podium vir diskussies en ryklik toegang tot die Amerikaanse media. Hoewel die inhoud van hierdie produksie aanvanklik neerslagtig voorkom, is ons missie om hoop te bring. Hoop, veral aan die verskeie slagoffers en hoop in die sin dat hulle lot met wêreldgehore gedeel kan word sodat daar ‘n bewusmaking kan plaasvind van aktuele gebeurtenisse.

Bo is Sherlock Fortuin, Retha van Deventer, Elizabeth Paulsen en onder Alison Müller, Arno Jones, Karen

Boshoff en Margaret Julius.

1915 tot 2015

E-Pos: [email protected]

Page 16: Piketberger Sep 2015

16

Page 17: Piketberger Sep 2015

17

Huis AJL inwoners word bederf

Die dames van Piketberg SAPD het op 7 Augustus vir Vrouedag al die dames van Huis AJ Liebenberg lekker

bederf deur elkeen ‘n fynbos ruiker tesame met ‘n smul-

lekker muffin te gee. Die dames van die Tehuis was

baie verras en het die kuiertjie baie geniet. Regs, Henriëtte

Olivier het vir Anna Lambrechts besoek.

Foto’s verskaf

Bewaarders van Voorberg Gevangenis het 67 minute van goeddoen spandeer deur toiletware wat hulle uit hul eie sakke gekoop het aan die inwoners van Huis

AJ Liebenberg uit te deel - die inwoners sê baie dankie.

Die personeel van Eskom het ook die Tehuis besoek en nie met leë hande

gekom nie. Hulle het

koekies en toiletware ge-bring wat deur die personeel ingesamel is. Die inwoners se harte is vol van dankbaar-

heid. Foto’s: Marie de Villiers

Page 18: Piketberger Sep 2015

18

Foto’s: Marietha Goosen

Interskole 2015

Page 19: Piketberger Sep 2015

19

Interskole 2015

Page 20: Piketberger Sep 2015

20

Wat sê die Woord?

Deur Pastoor Tjaart Olivier

Ons doen daagliks dinge wat suksesvol is en dinge wat nie so suksesvol is nie. As ons nie versigtig is nie, kan dit wat ons doen, bepaal wie ons is of nie is nie. Wat vorm jou iden-titeit of wat het die laaste ruk jou iden-titeit gevorm? Was jy dalk onsuksesvol

in ’n paar areas van jou lewe en voel jy dat jy nie meer goed genoeg is nie? Het jou slegte verhoudings of geen verhouding met jou man/vrou/pa/ma/kinders/familie jou identiteit bepaal? Jou identiteit is nie in wat jy doen nie, maar in wie jy is. So wie is jy? As jy Jesus aangeneem en wedergebore geraak het, is jy heeltemal nuutgemaak en skoongewas. Die ou dinge (jou verlede) is verby en die nuwe het gekom. 2 Korinthiërs 5:17 sê: “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.” Volgens die Woord het ons ‘n nuwe identiteit gekry. Dit is nie iets wat ons nog moet najaag nie. Dit kom saam met Jesus. As jy Jesus aangeneem het, het jy saam met Hom ook ‘n nuwe identiteit ontvang. So baie van ons is nie bewus van hierdie identiteit nie. Ons probeer nog ‘n nuwe mens ‘word’, in plaas daarvan om te besef dat ons reeds nuutgemaak is en nou net moet ontdek wat reeds binne-in ons is. Die Woord noem hierdie ontdekking, “die vernuwing” van jou gedagtes (Rom. 12:2). Verander (vernuwe) hoe jy na jouself kyk. Begin jouself sien soos God jou sien. Dink oor jouself soos God oor jou dink. Hier is ‘n paar kenmerke van jou nuwe identiteit in Christus

(dit is alles reeds joune): Jy is vrygemaak van die mag van die sonde (Kol. 1:13; Rom. 6:14). Jy is geseënd en het alles wat jy nodig het vir die lewe (Ef. 1:3; 2 Pet.1:3). Jy is aanvaar deur God (Ef. 1:5). Jy staan geregverdig voor Hom (Rom. 3:24; Rom. 5:1; 2 Kor. 5:21). Daar is vrede tussen jou en God (Rom. 5:1). Jy is geseël met die Heilige Gees van belofte (Ef. 1:13). Jy is in besit van die ewige lewe (Joh. 3:16; 1 Joh. 5:11-12). Jy is gevul met liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing (Gal. 5:22). God se volheid is tot jou beskikking (Kol. 2:9-10). Dit is wat God vir en binne-in jou kom doen het. Jy is nie meer die ou mens nie. Jy het nuut geword. Ons kyk te veel na ons tekortkominge, in plaas daarvan om onsself en ons situasies te sien soos God dit sien. God is lief vir jou net soos jy is en aanvaar jou net soos jy is. Jy hoef nie vir God te presteer om aanvaar te word nie. Jou nuwe identiteit is dat jy aanvaar is deur God. Voordat ek waarlik verstaan het wie Jesus is en wat Hy vir my kom doen het, het ek baie met my identiteit gewor-stel. Ek het leeg en skuldig gevoel en gedink ek kan die gat deur drank, sigarette, die regte vriende, TV-programme, geld, ensovoorts vul. My identiteit was ge-vorm deur wat ander mense van my gesê en dink het. Ek onthou op universiteit het twee verskillende mense vir my gevra of ek van 7de Laan hou. Omdat ek geweet het dat die een nie daarvan hou nie, het ek gesê dat ek nie daar-van hou nie en omdat ek geweet het dat die volgende persoon weer daarvan hou, het ek gesê dat ek daarvan hou. My lewe was vol van pretensie. Ek het nie geweet dat ek vry van so lewe kan wees nie, totdat ek waarlik ontdek het wat Jesus se genade vir my kom doen het. Prys die Here dat ek nou vry is van alles wat ek gedoen het om myself te vul en dat ek vry is van die skuldgevoel, omdat Jesus my skuld kom dra het. Soos ek my identiteit meer ontdek en ek my gedagtes daar rondom bou, kom ek agter hoe my hele lewe outomaties dit begin te weer-spieël wat die Woord van my sê. Sonder dat ek eers self probeer, leef ek nou outomaties meer die kenmerke van ‘n Gods-kind as ooit tevore - dit kom net uit! Hoe goed is Sy genade nie? My God is so groot - ek kyk nooit weer terug nie! Voel jy leeg? Jesus is die Bron van lewe en die enigste plek waar jy die leë gat sal kan volmaak. Jy gaan moet begin ontdek wat Jesus vir jou gedoen het. Voel jy skul-dig? Jesus het jou veroordeling op Homself geneem, so-dat jy waarlik vry kan wees (Romeine 8:1). Weet dat daar niks is wat jou van God se liefde kan skei nie (Romeine 8:38-39). Alle skrif-aanhalings is uit die 1933/53 vertaling geneem.

Page 21: Piketberger Sep 2015

21

Page 22: Piketberger Sep 2015

22

deur Jannie Lategan

Plaas daardie skitterblink kandelaar in jou strandhuis langs die kus en wees toeskouer hoe die vog van die see dit tydsaam erodeer. Straks, ongemerk, maar tydsaam, oefen die see sy meedoënlose mag uit om hierdie prag-stuk terug te bring aarde toe. Soos die luukse glorieryke passasierskip wat eens waardig en met swier die blou waters aangedurf het hom op die rotse te pletter geloop het en vandag ‘n geroeste seewrak is in die “kelders van die see”. Die eens pragtige weerkaatsende lig van die kersvlam op die blink kandelaar, het stadig maar seker ‘n al dowwer beeld uitgestraal. Die glans van ‘n tyd gelede, is besig om te vervaag. Eers half ontkennend, maar later slegs ‘n verwronge beeld van ‘n kerslig. Soos die glans van die oog wat mettertyd sy skerpheid en helderheid met die kom van die jare verloor het. Alles word ingespan om die sig te verbeter en te behou, maar helaas moet daar soms bes gegee word as die aanslag van die jare sy wortels begin inslaan. Soos met die kandelaar, kan selfs die poets daarvan met die beste chemikalieë, nie meer die bekruiping van die roeslug van die see keer nie. Dis tyd dat die reënboogspel van kleur wat in die blink ornament nog helder weerkaats, geniet word en met vreugde beleef word. Met uitbundigheid moet daar geleef en die dag gegryp word. Daar moet met ‘n sprankel wat in liefde gedoop is, met oorgawe en entoesiasme uitge-deel word. Al die kosbare gawes waarmee die kers mee bedeel is, moet lig bring in ‘n donker en yskoue wêreld. Al is die hitte min, maak al die kerse saam ‘n heerlike ge-maklike seisoen in ‘n kil omgewing wat andersins ongenaakbaar sou gewees het. Dit bring warmte aan die mismoedige en noodlydende. Dit deel kosteloos en met hartlikheid uit! Geniet die kersvlam terwyl dit nog helder weerkaats...maar laat on-nadenkend toe dat die helder blink staander met waar-digheid sy glans verloor, begin roes en statig deel word van die gelykmakingsproses. Die natuur het maar sy eiesoortige karakter en geen kers of sy staander word onaangeraak gelaat nie. Uiteindelik verwelk die vlam en word uitgedoof. Niks maak saak nie, solank die flikkering van die kers oral sy merk gemaak het in liefde en in harmonie! Nee, hierdie geskrewe stukkie kan nie so mismoedig ein-dig nie...die lewe moet, terwyl jy kan, met totale oorgawe, sprankel en opregtheid GELEEF word! Vaar on-verskrokke, soos die groot ridders van die see, die blou waters tegemoet en laat maar toe dat die vaartuig stylvol met roes tot stilstand geroep word.

Laat toe dat jou blinkgoed stylvol roes

piketberg mediese sentrum

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)

Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)

Dr Bibi Werle (Sonar)

Ilse Bruwer (Spraakterapeut)

Merina de Waal (Dieetkundige)

Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017

Ma - Vry: 08h00 - 17h30

Sat: 08h00 - 13h00

ACVV Vroueoggend

Karen Smit, spreker by die ACVV se Vroueoggend, by Esther Thiart, ACVV-lid en Alettha Rust met René Rust voor. Karen is die stigter van WAND (Women's

Achievement Network for Disability). René het 'n besonderse finansiële skenking tot die oggend

gemaak deurdat sy van haar skilderye verkoop het. Foto: Marietha Goosen

Beesbiltong R180,00 per kg Koedoe droëwors R200,00 per kg

Maalvleis R55,00 per kg

Skakel Nellis 083 441 4032

Te Koop

Page 23: Piketberger Sep 2015

23

Kulkunstenaar Johnny Fredericks het opgetree by Huis AJ Liebenberg op 1 Augustus. Die afgetredenes het 'n lieflike oggend geniet saam met Johnny en sy kultoertjies. Johnny was een van die finaliste by SABC 2 se Showville se talentsoek kompetisie. Die oggend was die initiatief van Lizanne Lourens en Vivian Felix. Die oggend is geborg deur Jacques en Lizanne Lourens van JLC HandiWorx en melkterte is geskenk deur Boland Superspar. Foto’s: Con-Li Halvorsen

Kulkunstenaar by Huis AJL

Saterdag, 19 September 2015 om 08:00 op

grasperk van Huis AJ Liebenberg

Vir navrae kontak - Erika Gentle 022 913 1228

Page 24: Piketberger Sep 2015

24

Op die rakke van die Biblioteek

Kamphoer deur Francois Smith

Die verhaal, gebaseer op `n ware verhaal van die agtienjarige Susan Nell, speel af vanaf 1902 tot in die vroeë 1950’s. Die verhaal neem die leser op `n emosionele, geskiedkun-dige en traumatise reis via Ermelo, Heilbron, Winburg, Bloemfontein, Kaapstad, Dodrecht in Nederland en Devon in Engeland. Die verhaal is die lewensverhaal van Susan Nell se wreedaardige verkrag-ting in die konsentrasiekamp in Win-burg deur twee Engelse offisiere en `n joiner, Chrisjan Schutte. Sy word vir dood met die lyke op `n wa gelaai, haar liggaam val van die wa af en twee Sotho’s, Tiisetso en Mamello, tel haar op en neem haar na `n grot in die Winburg distrik. Haar besering is lewensbedreigend en sy is geestelik en liggaamlik ver-woes. Met tradisionele metodes neem hul vir Susan op `n geestelike reis van genesing en selfbewussyn met soveel deernis en in liefde. Wat lyk na toeval is sy voorbestem om versorgers op haar lewenspad te ontmoet wat haar help tot sy by Marie Koopmans-De Wet in Kaapstad ein-dig. Daar word sy versorg na liggaam en gees en die geleentheid gebied om na Nederland te reis vir verdere studie. Deur Mnr Perry, `n fotograaf wat sy op die trein ontmoet, raak sy bekend met die sielkunde en gaan stu-deer sy as `n psigiatriese verpleegster. Vanuit die Anglo-Boereoorlog na die Eerste Wêreldoorlog word sy `n verpleegster wat eers burgerlikes verpleeg, maar eindig sy in Devon, Engeland. Daar verpleeg sy soldate wat ly aan erge trauma en bomskok en kwalifiseer haar later as psigoterapeut. Dit is dan waar sy haar verkragter ontmoet en hom uitken aan sy halwe oor wat sy tydens die verkragting afgebyt het. Die verhaal kom tot vertelling deurdat `n sakeman, Nico Moolman in Afrikaans in Bangkok, `n opmerking maak teenoor `n Javaanse dame in `n hysbak. Die dame verstaan die Afrikaanse opmerking. Die dame, Lucille van Ubon, vra aan die sakemanne of sy hul kan ontmoet om die verhaal van haar aangenome moeder van Suid-Afrika te vertel. Die daaropvolgende dag vertel sy dan die ver-haal van Susan Nell, wat Francois Smith ter boek staaf in die Kamphoer. Die verhaal is `n persoonlike verhaal van `n slagoffer wat wil aangaan ten spyte van haar trauma. Dit is die verhaal van `n land se trauma en die impak daarvan op die landgenote se psiges. Dit is verder `n verhaal wat wys dat deernis en liefde genesing bring ten spyte van kultuur- en opvoedings verskille en dat waardes van mense hul onderskei as óf verpleegsters óf soldate – óf brekers óf bouers. Beslis `n boek wat aanbeveel word vir lesers wat hou van geskiedenis, insig het in die genesing van die psige en ons land beter wil verstaan. Die treffendste aanhaling: “die vermoorde verander dan in `n voëltjie wat al om die moordenaar se kop hang”. (p128)

Volgende Leeskring 23 September om 09:30

Labirint van Chanette Paul bespreking deur Marié Grobbelaar

Haal uit en wys jou plakker! Loslitdag vind vanjaar op Vrydag 4 September plaas. Wees waaghalsig, wees slim, gebruik jou verbeelding wanneer jy jou uitrusting vir vanjaar se Loslitdag kies. Die tema is “Loslit innie Lente”. Die jaar se amptelike kleur is liggroen. Plakkers is nou verkrygbaar vir ‘n do-nasie van R10 vanaf alle Edcon-winkels, Shoprite, Checkers, Absatakke, en deelnemende organisasies. Hierdie is ‘n fondsinsamelingsgeleentheid vir persone met gestremdheid.

Bespreking deur Deidré Eigelaar

Belastingbeplanning

‘n Baie Winsgewende Belegging deur FJS Finansiële Dienste

Belasting en belastingbeplanning kan vanuit verskeie hoeke beskou word, onder andere vanuit ‘n beleg-gingshoek. Vir die deursnee salaristrekker is daar nie veel beleggingsopsies nie, maar in ‘n vryemark-omgewing is daar vir die vrye ondernemer (boer/sakeman/professionele persoon) twee beleggingsopsies, elkeen met sy eie besondere eienskappe. Die ondernemer kan die belasting betaal wat van hom geëis word sonder om enige aksies te neem om dit te verminder. Vir die gemiddelde ondernemer in Suid-Afrika het dié tipe belegging die volgende eienskappe: Al die kapitaal is verlore binne sekondes na die aanslag betaal is en die opbrengs is dus 100% negatief. Boonop is dit glad nie aftrekbaar teen enige vorm van belasting nie. Die ondernemer het gelukkig ook ‘n ander opsie. Hy kan deur pro-aktiewe beplanning aksies neem om sy belastinglas te verminder. Hierdie soort belegging het op sy beurt ook weer sekere eienskappe. Al sy kapitaal wat hy in die belastingbeplanning belê het, kan binne ‘n jaar, of selfs vroeër terug wees in sy bankrekening. Die op-brengs op die kapitaal kan veelvuldig wees, selfs hon-derdvoudig en die kapitale uitleg is boonop aftrekbaar vir belastingdoeleindes. Niemand sal normaalweg ‘n belegging soos die eerste een maak nie; tog word dit jaarliks deur ten minste 80% van alle vrye ondernemers in Suid-Afrika gedoen. Hulle doen dit óf uit onkunde óf uit vrees. Dit is ongelukkig so dat alle regerings alles inspan om alle moontlike belastings in te vorder. Die bekende 18de eeuse Britse ekonoom, Adam Smith het gesê dat daar een kuns is wat een regering baie gou van ‘n ander een leer en dit is om geld uit die sakke van hulle onderdane te suig. Elke ondernemer het egter die reg om sy sake so te reël dat hy, binne die tersaaklike wetlike raamwerk, die minimum belasting betaal. ‘n Ander Engelsman, ene regter Tomlin, het dit tydens ‘n belastingsaak só gestel: “Every man is entitled, if he can, to so order his affairs so that the tax attaching under the appropriate Acts is less than it would otherwise be. If he succeeds in ordering them so as to secure this result, then, however unappreciative the Com-missoner of Inland Revenue or his fellow taxpayers may be of his ingenuity, he cannot be compelled to pay an increased tax. Die belastingvermindering waarna die regter verwys het, sal egter net moontlik wees deur pro-aktiewe, profes-sionele en geniale belastingbeplanning. Dit sal die onderwerp van verdere artikels in Die Piketberger vorm.

Page 25: Piketberger Sep 2015

25

Page 26: Piketberger Sep 2015

26

Hannes vang

Graad

Hannes Rust, seun van Johan en Alettha Rust

van PPC De Hoek het onlangs sy BSc Rekenaar-

wetenskap by CTI verwerf. Hy is

tans werksaam by Sintrex, Kaapstad.

Foto verskaf

VLV NUUS Die volgende VLV ledevergadering is DV op 19 Septem-ber om 09h00 vir 09h30 by die Biblioteeksaal. Me Julie Valentyn van Porterville kom deel haar kennis oor perde as middel tot terapie. Hierdie spesiale terapie het al vir baie mense wondere verrig. Me Valentyn gee perdryklasse en is ‘n kundige op hierdie gebied. Die VLV beoog ook ‘n vinnige demonstrasie oor die maak van ‘n maklike bloesie met rekstof materiaal. Almal is baie welkom om saam te kom kuier en te leer. Besoekers : Teegeld R25 Navrae : Nicoline Brown 082 477 0665 ‘n Steak-ete word vir Donderdagaand, 1 Oktober by De Berge-gastehuis beplan, teken solank in u dagboek aan. Hou die pers en kennisgewingborde dop vir latere besonderhede.

Van die VLV-lede het vir ‘n mond-higiëne-projek tandeborsels en tandepasta aan die leerders by

Groenvlei Primêr gaan uitdeel. Suster Vercuiel het ‘n kort lessie aangebied oor die

waarde en noodsaaklikheid van mond-higiëne. Verder is ou tydskrifte saamgeneem om hulle te help met die

uitvoering van hul take. Dit word baie waardeer en indien enigiemand boeke of tydskrifte wil skenk, kan

u die VLV gerus kontak.

Hierdie leerders kyk opgewonde na die mandjies vol tandeborsels en tandepasta.

Foto’s verskaf

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere

Professioneel 50jr Ondervinding

Alle Areas

Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276

Moenie Wonder Nie…

Skakel ACVV 022 913 1525 of BADISA 022 913 2545 indien jy iets wil

skenk of iets wil doen.

VLV Kongres Gehou te Cradock

Dit was die 86ste VLV Kongres wat vanjaar in Cradock gehou was. Hier verskyn al die Afgevaar-

digdes van die 15 takke in die Weskus Sirkel - Estelle du Plessis (middel) Sirkelpresident.

Foto verskaf

Page 27: Piketberger Sep 2015

27

Cash for Scrap Steeds vinnige, vriendelike en eerlike diens

vir kontant in die sak

Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oor die treinbrug, oorkant stasie

Nou ook oop in

Porterville Jakkalskloofstraat

Kom besoek ons of skakel

Johan Louw - 076 538 2909 (vir nog beter pryse nou!)

en by ons is dit steeds

Beste prys oor en oor bewys!

Page 28: Piketberger Sep 2015

28

Hoërskool Piketberg se Noodhulp het gekwalifiseer vir vlak 1 noodhulp en hul sertifikate ontvang. Agter staan Soné Coetzee, Elzaan Trautman, Melanie Bas-son en Ruan Erasmus. Middel Sonja van der Merwe, Zoë Pieters, Anicka Truter, Carina Smit en Daniele

Coetzee. Voor is Emerett Truter en Helana Rossouw. Die Noodhulpspan staan olv Yolandé van der Merwe

en het getrou diens gedoen tydens sportgeleenthede. Baie baie dankie.

Foto: Venessa Diedericks

Pienk Bome vir Pauline Projek Piketberg beoog om weer aan die pienk-veldtog deel

te neem – Pienk Lap sal BINNEKORT weer by “Kristins” Tweedehandse-winkel in Voortrekker-

straat te koop wees. U kan solank bestellings plaas.

Indien u enige navrae wil rig, kan u vir Nicoline Brown 082 477 0665 skakel.

Noodhulp Staatmakers

Wat sê die Reg?

Hoe lank duur die Oordragproses

Met byna alle transporttransaksies (waar ‘n eiendom verkoop word en van die Verkoper na die Koper se naam oorgedra word) wat ek hanteer, vra óf die Verkoper óf die Koper of albei die vraag: “Hoe lank neem dit voordat die transaksie in die Akteskantoor registreer?” Die kort antwoord is: Nie ek, of enige ander Aktebesorger kan presies sê nie – die redes volg hieronder. Die oordragproses begin waar die verkoopooreenkoms gestuur word aan ‘n prokureur wat ‘n gekwalifiseerde aktebesorger is. ‘n Aktebesorger is ‘n prokureur, toegelaat tot ‘n hooggeregshof, wat gekwalifiseer is om die oordragproses te hanteer. Prokureurs wat nie aktebesorgers is nie kan ook die oordragproses hanteer, maar die oordragdokumente wat deur hulle opgestel word, moet deur ‘n aktebesorger mede-onderteken word. Die aktebesorger sal dan aandag gee aan die proses om die eienaarskap van die eiendom van die verkoper na die koper oor te dra. ‘n Betroubare aktebesorger sal by ontvangs van die verkoopooreenkoms verskeie take verrig om onnodige vertragings te voorkom. Die aktebesorger sal: Met die partye skakel en die inligting en dokumentasie versoek wat vereis word om die oordragdokumente op te stel; Die verkoopooreenkoms deurlees, van belangrike datums en klousules kennis neem en enige kwessies aanspreek wat die geldigheid van die ooreenkoms kan beïnvloed; Die databasis van die Aktekantoor nagaan om te bepaal of daar potensiële probleme met die eiendom of die partye is; ‘n Belastingklaringsbedrag van die munisipaliteit of klaringsvereistes ten opsigte van heffings van die beheerliggaam aanvra; en die bank versoek om die vereistes vir kansellasie van ‘n verband en die titelakte te verskaf indien die eiendom met ‘n verband beswaar is. By ontvangs van al die bovermelde inligting en dokumentasie, en mits al die opskortende voorwaardes nagekom is, stel die aktebesorger die oordragdokumente op. Die aktebesorger versoek ook dat die partye wat vir sodanige koste verantwoordelik is (gewoonlik die koper) die oordragkoste betaal. By die ondertekening van die oordragdokumente en die betaling van die oordragkoste betaal die aktebesorger die uitstaande belasting of heffings en die hereregte. Die aktebesorger wag dan vir die belastingklaringsertifikaat of heffingklaringsertifikaat en die bewys van die here-regtebetaling. Die aktebesorger wag ook vir waarborge van die verbandprokureurs om sekuriteit vir die koopprys te verskaf. By ontvangs van die sertifikate, bewys van hereregtebetaling, waarborge, en mits daar geen uitstaande kwessies is nie, stuur die aktebesorger die oordragdokumente vir indiening Kaapstad toe. Daar kan drie stelle dokumente vir indiening onder toesig van drie groepe prokureurs wees – een wat die oordrag hanteer, een wat die verbandregistrasie hanteer en nog een wat die kansellasie van die verband hanteer. Al hierdie dokumente moet gelyktydig ingedien en geregistreer word. ‘n Fout in enige van hierdie dokumente sal die registrasie van die oordrag vertraag. By indiening gaan die Aktekantoor die dokumente na vir foute en vir enige rede waarom die oordrag nie mag voortgaan nie. Hierdie proses neem gewoonlik 10 (tien)

Jacques Ehlers

werksdae maar kan langer neem. Wanneer die Aktekantoor tevrede is dat die oordrag kan voortgaan, kom die oordrag vir registrasie “aan die beurt”. Op hierdie stadium maak die aktebesorgers weer seker dat registrasie kan voortgaan. Indien daar geen probleme is nie, sal hulle hul dokumente die volgende dag indien om die registrasie van oordrag in werking te laat tree. Die verkoper word gewoonlik die volgende dag betaal. Die proses neem gewoonlik ongeveer 8 (agt) weke, maar daar is verskeie faktore wat hierdie proses kan vertraag. Die algemeenste faktore is: ‘n vertraging in die verbandkansellasiefyers of die titelakte; ‘n vertraging in die bewys van hereregtebetaling; ‘n vertraging in die ontvangs van die belastingklaringsertifikaat of heffing-klaringsertifikaat; ‘n vertraging in die koper se betaling van die koopprys of die verskaffing van waarborge daarvoor; ‘n vertraging in die voldoening aan enige opskortende voorwaardes; ‘n ooreenkoms tussen die partye om die registrasie van oordrag te vertraag; Indien enige van die partye nie die oordragdokumentasie onderteken wanneer hulle versoek word om dit te doen nie; en ‘n koper wat nie oordragkoste betaal wanneer hy/sy versoek word nie. Uit die bovermelde is dit duidelik dat daar verskeie redes is waarom ‘n transporttransaksie vertraag kan word. Enige aktebesorger wat egter sy sout werd is, sal alles in sy vermoë doen om die transaksie so spoedig doenlik te registreer.

Page 29: Piketberger Sep 2015

29

Alison Müller met die sangstudente wat uitstekend gevaar het by die Wes-Boland Eisteddfod: Van voor

kloksgewys is Melcolm van der Merwe (Solo Goud en Duet Goud), Aimee Philander (Solo Goud en Duet

Silwer), Nicola Coetzee (Solo Goud en Duet Silwer), Adriana Visser (Solo Goud en Cum Laude en twee Duette albei Goud), Levona Roberts (Solo Goud en

Duet Goud) en Melissa Beck (Solo Goud). Hierdie foto is tydens Interskoleweek geneem, vandaar

die variasie in skooldrag.

Alison Müller met die musiekleerders wat UNISA Teorie uitslae ontvang het: Diané Ungerer (Gr 6 Eervolle vermelding), Adriana Visser (Gr 5 Lof),

Levona Roberts (Gr 4 Lof), Harry Roux (Gr 3 Lof) en Shanda Whitfield (Gr 3 Lof). Levona (92%) en Harry (97%) se name is op die Ererol van UNISA geplaas

nav hulle uitmuntende prestasies. Foto’s: Marietha Goosen

Sangstudente Presteer Musiekleerders Presteer

Langstraat, Piketberg

Verskeie konfyte Gebottelde produkte

Vars gebakte jaffels en sop

Sien u daar! Ansie Maré

Page 30: Piketberger Sep 2015

30

PHS Kultuuraand

Junior Spreekkoor

Laerskoolkoor

olv Komien van der Westhuizen

Laerskool Senior Spreekkoor

Avonture van Tristan en Doloros

olv Bianca van Blerk

Africa’s got Talent

Olv Vanessa Luyt en Jackie Thirion

Page 31: Piketberger Sep 2015

31

Piketberg Hoërskool VRL se bydrae tot Mandeladag was 'n reuse sukses. Hulle het onder leiding van Ané Nelson 'n projek geloods waar elke graad in die Hoërskool roomysbakke moes versier en produkte koop om dit te vul. Die klas met die meeste roomysbakke en produkte het ook 'n prys gewen vir hul bydrae. Hierdie roomysbakke is met allerhande produkte soos skryfbehoeftes, nie-bederfbare lekkergoed, waslappies, seep, haarrek-kies, sagte speelgoed, en-sovoorts gevul. Die VRL-lede het die geskenke so ingedeel dat altesaam 20 roomysbakke vir dogters en 20 roomysbakke vir seuns gevul is. Hierdie roomysbakke is na Huis Elka-na in Malmesbury geneem waar daar dan elke keer as 'n kind verjaar, vir hom/haar so 'n geskenkbak gegee word.

Foto’s: Alta Nelson

PHS VRL dra by tot Mandeladag

Hier is die Gr 1-klas met "Tinomunyengetereria" in Sjona wat beteken "Ons bid vir julle".

Die ander Gr 1-klas verkondig die volgende boodskap: "Jesus loves me, Jesus loves you, Jesus

loves us all". Foto’s: Marietha Goosen

Graad 1’s bou Sjona woorde

Matrieks 2015

Stuur asseblief jou matriekafskeid foto’s na [email protected]

Ons plaas dit GRATIS vir jou.

Page 32: Piketberger Sep 2015

32

Trippe Trappe skenk ruim

Gedurende Julie Maand het die ouers en kleuters van Trippe Trappe, met die woorde van Nelson Mandela, “It is in your hands to create a better world for all who live in it”, skryfbehoeftes bymekaar gemaak en geskenk aan ons “suster-skooltjie” op Erfdeel, foto’s bo. Baie dankie aan almal se bydraes. Die kleuters daar is baie opgewonde oor al die skêre, klei, kryte, gom en nog vele meer en kan nou met hartelus ook hul kreatiewe werkies aanpak.

Trippe Trappe maatjies het ook ‘n besoek aan die brand-weer gedoen en dit was groot opwinding vir elkeen van hulle. Die Brandweermanne het hulle gewys hoe hul klere lyk, hoe om vure te blus en die hoogtepunt natuurlik was die rit in die groot rooi brandweerwa. Dankie aan al die brandweermanne vir jul harde werk en die belangrike inligting wat julle met ons gedeel het.

Trippe Trappe besoek Brandweer

Foto’s verskaf

Gr R hou Beroepedag

Oor minder as 20 jaar sal hierdie Gr R’s van PHS hulle gemeenskap dien as verpleegsters, dokters,

polisiemanne, brandweermanne, onderwysers, sakemanne en tuisteskeppers.

Foto verskaf

KOMPETISIE Die Munisipaliteit loods ‘n kompetisie vir alle lesers van Die Piketberger: Ons

soek bruikbare artikels wat gemaak kan word uit

herwinningsmateriaal.

Items moet ingehandig word by die kantoor van

die Munisipale Bestuurder, Piketberg.

Sluitingsdatum

30 September 2015 ‘n Voorbeeld van ‘n sak gemaak uit vullissakke.

Page 33: Piketberger Sep 2015

33

Wetenskap Slimmies

Die Coetzee Ateljee het weer hierdie jaar aan

die Cape Leopard Trust se kunskompetisie

deelgeneem. Hierdie jaar is 14 wenners ge-kies en vier daarvan kom uit die Coetzee

Ateljee. Die kompetisie word geloods onder al die skole in die Wes-kaap distrik. Renate

Coetzee, Lara Visser, Josua Jordaan en

Elsabé Fox (inlas saam met Karin Coetzee), was die wenners uit die Coetzee

Ateljee.

Daar is vanjaar 3500 inskrywings ontvang vir die Na-sionale Santam kinderkunskompetisie waarvan

sowat 150 wenners gekies is. Hierdie wenners se werk vorm deel van die Santam kinderkuns uitstalling

en verteenwoordig Suid-Afrika se jong kunstalent. Die Coetzee Ateljee lewer vyf wenners vir die kompe-

tisie. Hulle is Annika Steyn, Josua Jordaan, Craig Duncan, Annette Bruwer en voor is Tammy Boys.

Foto’s verskaf

Coetzee Ateljee Presteer Groot

Wickus Bronkhorst (gr 12), Ané Nelson (gr 11) en Harry Roux (gr 10) het op 7 Augustus aan die Wetenskap

Kompetisie in Moorreesburg deelgeneem. Hierdie jaar was daar 21 skole uit die distrik wat deelgeneem het en Dinaledi-skole kon ook deelneem. Dit was die derde jaar dat Hoërskool Piketberg se leerders met die eersteprys

wegstap. Foto: Alta Nelson

Musikante tree op in NG Aurora

Die kinders het Sondag in Aurora se kerk kitaar gespeel en is begelei deur Komien van der

Westhuizen op die klavier. Bregda Mostert het die kitaar en Teubes Mostert die tamboeryn gespeel.

Daniel Brand en Henri van der Westhuizen het blokfluit gespeel. Hierdie vier kitaarspelers is Minette

van den Berg, Marina Hanekom, Kayla Brand en Jac Brand.

Foto’s: Mariaan Brand

Wilkommen Zurück Andrea

Andrea Visser returned from her recent visit to Blankenburg, Germany as part of a group cho-sen by the Berg River Munici-pality. The programme, which is a collaboration between Berg River Municipality and `Lan-deserband kinder-und Jungen-derholungzentrin’ is aimed to teach students leadership skills, to expand their vision and to en-courage tolerance between cul-tures. We’re all proud of you - from everyone at Piketberg Christian School.

‘I dream my painting and then I paint my dream.’

- Vincent van Gogh

Page 34: Piketberger Sep 2015

34

Ruiters in WP-span SANESA het ruitersport as 'n skolesport geregistreer by DBE (Departement Basic Education) wat verskillende dissiplines insluit. Dit is 'n maklike intreevlak vir kinders om aan die sport blootgestel te word en ‘n meer bekostigbare platform te skep vir deelname sodat ontwikkeling plaasvind aan ruitersport. Ruiters neem in distrik verband deel om die provinsiale spanne te haal vir deelname aan die jaarlikse nasionale kampioenskappe in hul spesifieke dissipline. Kristin Lochner, Helette Kotze en Aleit Stander van Hoër-skool Piketberg het in verskillende dissiplines en verskillen-de ouderdomsgroepe deelgeneem. Kristin en Helette is in die Westelike Provinsie span op-geneem wat aan die Nasionale Kampioenskappe op 24 Oktober in Prins Albert gaan plaasvind.

Kristin Lochner saam met die beoordelaar Willie Buys.

Aleit Stander, links en Helette Kotze, regs saam met Willie Buys, die beoordelaar.

Foto’s: Dinette Lochner

Hierdie twee seuns van Steynville Primêr op Piket-berg is onlangs in die Wes-Boland 0/12 Rugbyspan

opgeneem. Hulle neem op 28 en 29 Augustus aan die finale Bolandproewe op Wellington deel.

Links staan Samrique Kayster (heelagter) en regs is Damian Markus (senter). Damian het ook al Boland-

kleure in atletiek verwerf vroeër die jaar en Samrique het Boland-kleure in krieket verwerf.

Foto: Elzanne Boshoff

Steynville se Sportsterre

Gimnaste skitter

Ritmiese Gimnaste van Reach Gimnastiekklub wat deelgeneem het aan die kompetisie wat by PPC De Hoek aangebied is. Kloksgewys van agter is Jané Eksteen, Shanda Whitfield, Milah Baard, Marianna

van der Merwe, Nicole Steyn en Jade Wilson. Hierdie gimnaste wod afgerig deur Tina Piek van Lill.

Foto: Marietha Goosen

Modeparade PHS Matrieks 2015 Kom deel in die glans en swier van PHS se matrieks. Maandag 31 Augustus om 19:00, PHS Skoolsaal

R40 per persoon, verversings ingesluit. R10 vir skoliere, sonder verversings.

Kaartjies by skoolkantoor beskikbaar.

Page 35: Piketberger Sep 2015

35

Hoërskool Aurora hou Sportdag

Steynville Sekondêr kry rugby truie

Gemeenskap sny kinders se hare

Op 1 Augustus het Johny Fredericks, ‘n kulkunstenaar, die bejaardes by huis AJ Liebenberg vermaak. Boland

Superspar het die bejaardes bederf met lekker melkterte tydens die vertoning.

Hoërskool Aurora het op 25 Julie ‘n Sportdag gehou te Aurora. Skole van die omgewing het rugby en netbal teen mekaar gespeel. Boland Superspar het die snoepie ondersteun deur

hulle van worsrolletjies te voorsien om gedurende die dag te verkoop.

Steynville Sekondêr hou op 22 Augustus hul interskole op Saron. Boland Superspar het gesorg dat die eerste rugbyspan spoggerig lyk

in hul nuwe rugbytruie. Hier oorhandig Hester Hagen en Marietjie Pedro (Bestuurders) die truie aan die eerste rugbyspan van Steynville Sekondêr. Die manne was omtrent opgewonde. Nou hoop ons almal

vir ’n wen.

Johny Fredericks kul die bejaardes

Lede van die gemeenskap het dit op hul hande geneem om na

elke skool vakansie die

kinders se hare mooi en reg te kry

vir die nuwe kwartaal. Boland Superspar het

sjampoe en opknapper vir hulle gegee.

Page 36: Piketberger Sep 2015

36

Dit was onlangs die jaarlikse SPAR Top: “Rise to the Top Ladder of Success” prysuitdeling. Met trots kan ons sê dat Boland Superspar die Top 20 gemaak het. Die bestuur wil net baie dankie sê aan die puik personeellede wat dit moontlik

gemaak het. Hierbo vier ons as personeel die prestasie.

Piket-Bo-Berg Cycle Challenge

Boland Superspar in TOP 20 winkels