piketberger apr 2015

32
Jaargang 22 Nr. 3 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R5,00 April 2015 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] Twee Oliviers Trou Gert Olivier, seun van Bertus en Wilmien Olivier van Piketberg en Léta Moolman, dogter van Pieter-Willem en Annalene Moolman van Port Elizabeth, is getroud op 9 Januarie 2015. Die seremonie was by Slot van die Paarl en die onthaal by Kronenburg. Foto: Gustav Klotz Roderick van Rijn en Sumien Olivier is op 7 Maart getroud. Die seremonie en onthaal het plaasgevind by Sumien se ouers, Bertus en Wilmien Olivier, se huis in Piketberg. Met harde werk en baie kreatiwiteit is die werf swierig getooi vir die 80 gaste. Roderick se ouers is Rob en Corrie van Rijn van Naarden, Nederland. Foto: Edó Photography Open CLOSED Close TOE Open 07:30 Close 19:00 Open 07:30 Close 14:00 Open 07:30 Close 20:00 Friday 3 April Saturday 4 April Sunday 5 April Monday 6 April Terme & voorwaardes geld. Aanbod geldig solank voorraad hou. Marais Tweeling gedoop...p4 Diamond Anniversary...p6 VLV-Nuus...pp6,22 Tuinbou...pp12,13,16 Reuse pampoen...p14 Fonteinfees...p20 Biblioteekweek...p22 Mnr en Mej PHS...p25 Janke en Elske na SA’s...p27 Wes-Boland Krieket...p28 Tennis Nuus...p30 Swemmers Presteer...p30

Upload: piketberg-tourism

Post on 21-Jul-2016

299 views

Category:

Documents


19 download

DESCRIPTION

 

TRANSCRIPT

Page 1: Piketberger apr 2015

1

Jaargang 22 Nr. 3 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R5,00 April 2015

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

022 913 1939 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

Twee Oliviers Trou

Gert Olivier, seun van Bertus en Wilmien Olivier van Piketberg en Léta Moolman, dogter van Pieter-Willem en Annalene

Moolman van Port Elizabeth, is getroud op 9 Januarie 2015. Die seremonie was by

Slot van die Paarl en die onthaal by Kronenburg.

Foto: Gustav Klotz

Roderick van Rijn en Sumien Olivier is op 7 Maart getroud. Die seremonie en onthaal het plaasgevind by Sumien se

ouers, Bertus en Wilmien Olivier, se huis in Piketberg. Met harde werk en baie

kreatiwiteit is die werf swierig getooi vir die 80 gaste. Roderick se ouers is Rob

en Corrie van Rijn van Naarden, Nederland. Foto: Edó Photography

Open CLOSED Close TOE

Open 07:30 Close 19:00

Open 07:30 Close 14:00

Open 07:30 Close 20:00

Friday 3 April

Saturday 4 April

Sunday 5 April

Monday 6 April Terme & voorwaardes geld. Aanbod geldig solank voorraad hou.

Marais Tweeling gedoop...p4 Diamond Anniversary...p6 VLV-Nuus...pp6,22 Tuinbou...pp12,13,16 Reuse pampoen...p14 Fonteinfees...p20 Biblioteekweek...p22 Mnr en Mej PHS...p25 Janke en Elske na SA’s...p27 Wes-Boland Krieket...p28 Tennis Nuus...p30 Swemmers Presteer...p30

Page 2: Piketberger apr 2015

2

Redaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R110 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Redaksie ([email protected])

Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796

Advertensies:

[email protected]

of sms 079 496 2719

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R460 Halfblad: R315 Kwartblad: R210 Agsteblad: R145

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Liefde Marietha

Die volgende Piketberger verskyn op 23 April 2015.

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 14 April.

Stuur na: [email protected]

Briewe van ons lesers... Marianne Kitshoff skryf... Ek en Michiel was Februarie op ons jaarlikse visvang vakansie in Namibië. Ons het eers Etosha besoek voor ons Hentiesbaai toe is. Al die pad op, het hy baie ver-sigtig en met groot sorg die gevriesde aas in ‘n koelhouer vertroetel. Elke aand ysblokkies gekoop en die gesmeltes vervang, want my een vereiste was: GEEN aas tussen my vleis in die vrieskas nie! Die eerste oggend op Henties was ek besig met die

toebroodjies en hy die visgerei. Hy spog nog dat die

mossels so goed gehou het in die roomysbak - geen sou-

sie of klank, maar gou was die wind uit sy seile toe hy die

gevriesde mossels oopmaak en besef dat hy per ongeluk

my gevriede appelkose ingepak het.

Hierdie storie het die Redaksie se ore bereik en ons het

vir Marianne gevra om dit met al die lesers te deel - Red.

Bertus en Wilmien Olivier skryf...

Ons wil almal wat gehelp het met Sumien se troue op

Piketberg, hartlik bedank. Dit was ‘n heuglike dag, alles

was pragtig en ‘n groot sukses. Ons familie, Eddie en

Magdalena, Edo en Duan Mostert en vriende Piet Jor-

daan en André de Witt het vir weke lank gehelp met die

vooraf beplanning en ook tydens die geleentheid hard

gewerk om die verrigtinge te laat vlot. Sanet van Schalk-

wyk van Salon Sanet het net die regte atmosfeer geskep

in die salon om al die dames op hulle mooiste te laat lyk.

Dankie aan almal wat iets uit hulle huise geleen het en

aan ons bure vir julle liefde. Dankie aan ds Martin vir die

seremonie en ook vir die pad wat jy met Roderick en

Sumien gestap het. Piketberg, ons dankie kom diep uit

die hart.

Sien foto van Sumien op die voorblad - Red.

Huis AJL sê dankie Nadat ons verlede jaar twee inbrake by Anneks Woonstelle gehad het, het Paul Burger en sy span werkers goedgunstiglik die terrein agter die woonstelle kom skoonmaak. Hoewel hulle deur bye gepak is, het dit hulle nie afgeskrik nie en het hulle al die bome wat moontlik as oorklimplekke gebruik kan word, afgekap en weggery. Paul, baie hartlik dankie! Ons inwoners is nou baie meer gerus.

Netbalspelers gesoek vir Reünie Maryna Vermeulen was saam met Leona in die netbal-span wat na Engeland getoer het in 1965. Sy soek vir haar en ook vir Wilma Jordaan en Somaria van der Merwe wat in die WP skolespan was. Leona se pa was ‘n onderwyser op Piketberg. As u vir Maryna kan help sal sy baie dankbaar wees, want dit is nou 50 jaar later en voel soos gister! Skakel Maryna by 083 2554 748.

Ondersteun ons Adverteerders Hulle maak

Die Piketberger moontlik

'n Paar Saterdae gelede lees ek in Die Burger 50 jaar gelede die berig-gie: "Mev S Robinson van Ceres is tuis na 'n operasie. Sy sal van

Maandag af weer kan regop sit.” Ek kon nie glo dat so-iets die koerant haal nie. (Sou dit haar rug, blindederm of stuitjie wees?) Hier is ons, 50 jaar later, en kan nie byhou met ons vriende en familie se kom en gaan, operasies, behandelings, ondersoeke, werks-aansoeke, nuwe betrekkings, prestasies, toekennings, verlowings, troues, kinders en kleinkinders se geboortes, oorsese vakansies en sakereise...... wat nog te sê van iets so "onbenulligs" soos regop sit? Tye het verander, die wêreld het omvangryk geword, facebook hou sy aan-hangers op datum van Piet, Koos en Klaas se besoeke aan die Spur, hulle troeteldiere se geite en die restourasieplanne aan hulle huise.....so ons dink ons weet alles van almal....Maar Mev Robinson se 'regop sit' het my laat dink of ek die dinge wat saakmaak, weet. En elke mens se 'saakmaak'-dinge lyk anders - gaan maak voor-raad opname en besin oor wie vir jou saakmaak. In Die Piketberger probeer ons elke maand berig oor wonderlike gebeurtenisse in ons dorp en onmiddellike omgewing. Na 21 jaar is dit steeds die 'regop-sit' nuus wat vir dié wat 'saakmaak', interesseer. NS: 'Robinson' en 'Ceres' is nie die werklike name nie - die koerant is herwin, voor ek kon keer.

Mev Robinson se regop sit laat my dink

Page 3: Piketberger apr 2015

3

Page 4: Piketberger apr 2015

4

Winkel 022-913 2418

022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787

082 921 1977

WINTERKLERE IN VOORRAAD

Katoendraad beskikbaar vir hekel en brei

Stuur advertensies, berigte en foto’s na

[email protected]

Marais Tweeling Gedoop

Etienne en Eleanor (Müller) Marais se tweeling, Nicola

en Marcelle is op 14 Maart gedoop in die NG Kerk op

Clanwilliam, waar die Marais gesin woon. Op die foto

sit Eleanor met Nicola en Etienne met Marcelle.

Foto: Ivan Marais

Vier geslagte vroue byeen

Hier verskyn klein Jané le Riche saam met mamma, Nadia le Riche (nee Brown), ouma Nicoline Brown en

oumagrootjie Bettie le Roux. Nadia en Jacques met klein Jané het in Februarie

haar ouers, Terence en Nicoline Brown, op Piketberg gekuier. Nadia-hulle is tans woonagtig in

Swakopmund, Namibië. Foto: Terence Brown

Gert de Beer se klok tik flink op 91

Op 91 is oud-horlosiemaker, Gert de Beer, steeds besig met die herstel van muurhorlosies en

kaggelhorlosies. Foto: Marietha Goosen

Page 5: Piketberger apr 2015

5

Page 6: Piketberger apr 2015

6

Chris and Shirley Isaac and their daughter Biddy Langenhoven. Photo: Thea Cooper

On 23 February Chris and Shirley Isaac celebrated their 60th wedding anniversary. They were married in 1955 (photo) in Benoni but had already known each other for many years. They think they met in 1930 when Chris was three years old and Shirley five. They both lived on Modder East Mine, went to the same school and played to-gether as children as Shirley was friends with Chris's sister and Chris with her brother! At their wedding Shirley’s dad said to Chris's dad, "well Fred we've always been good friends, now we can be good family". And they certainly were! Shirley and Chris have five children, eight grandchildren and four great grandchildren.

Diamond Anniversary

Jacques Kriel en Wilene Visser is op 7 Februarie te Elandsbaai Hotel getroud. Wilene is van Eendekuil en Jacques van die Paarl. Hulle vestig hulle op Piketberg

waar Wilene Monrose Hair Design bedryf. Foto: Adele Joubert Photography

Jacques en Wilene Trou

VLV-Uitstappie

Tydens die Landbou-uitstappie van Piketberg-VLV het die lede die Winkelshoek Wynkelder op

Schenkfontein (Eendekuil) besoek. Hendrik Hanekom was die toergids en Marianne

Hanekom het die dames vergesel. Dit was ‘n heerlike, ontspanne en interessante uitstappie.

Hulle het die proses beleef vanwaar die druiwe arriveer tot waar die heerlike wyn en druiwesap

geproe word.

Marlize Rossouw (Landbou-sameroeper), Hendrik Hanekom en Marianne Hanekom.

Foto’s: Nicoline Brown

Page 7: Piketberger apr 2015

7

Page 8: Piketberger apr 2015

8

GCBBV sê Dankie Deur Marietjie Valentine

Daar het op Dinsdag 3 Maart ’n wegholveldbrand uitge-breek buite Porterville op die gasteplaas Laatson. Die brand het vinnig versprei teen die hange van die Win-terhoekberg, wat talle eiendomme bo-op die berg bedreig het. Die Weskus Distrikmunisipaliteit (WKDM), die Groter Cederberg Brandbeskermingsvereniging (GCBBV) met ’n Working on Fire (WoF) span, en Cape Nature was gou op die toneel in ’n poging om die brand te keer. Die WKDM het ook dadelik lugondersteuning ingebring wat op daardie tyd redelik skaars was weens die brande in die Kaap. Die brand is uiteindelik teen Donderdag 5 Maart grotendeels onder beheer gebring. Vuurlyne wat steeds opvlam as gevolg van winderige weersomstandighede en die ouderdom van die veld het genoodsaak dat die vuurlyn dag en nag opgepas moes word deur die GCBBV, Cape Nature en WoF spanne. Brandbestrydings- hulpbronne was die afgelope week onder swaar druk weens talle ander brande wat terselfdertyd in verskeie plekke in die Wes-Kaap gewoed het. Die GCBBV wil graag die volgende instansies en persone bedank vir hul ondersteuning: Porterville Hotel, Kwaggas Take-Aways, Johan Loubser, Porterville Spar, Porterville USave, Christelle Griffiths, Minette Burger, die gemeen-skap van Porterville en die grondeienaars in die Porter-ville distrik vir hulle bystand met waterkarre, bakkie-sakkies en personeel. Spesiale dank ook aan die Riebeek Vallei gemeenskap, Riebeek-Wes Spar, Ute Krumbok, Jaco van der Merwe, Danie Joubert, Liezel Olivier, Francie Kruger, asook Kobus Lotter en die eienaars van Mama Cucina vir die vervoer en aflewering van die kos, water en koeldrank. “Die ondersteuning van die publiek is van onmeetbare waarde in tye soos dié”, sê Rudolf Andrag, GCBBV voor-sitter. “Ons waardeer die bystand en donasies.”

Piketberg Somer Mark Ten spyte van gure weer het Piketberg Toerisme ‘n baie suksesvolle eerste Somer Mark op 21 Februarie aangebied. Veertien toegewyde stalletjiehouers het die koue, winderige toestande getrotseer en eetgoed, naaldwerk, juweliersware, tuisgemaakte handwerk, konfyt en skilderye uitgestal. Een stalletjie wat veral aftrek gekry het, was die Piketberg Toerisme stalletjie wat waatlemoen, spanspek en druiwe te koop en proe aangebied het. Teen spotgoedkoop pryse kon almal deel aan die vrugte van die omgewing en sommer op die koop toe soveel proe as wat hulle wou. ‘n Besondere woord van dank aan al ons skenkers wat dit inderdaad moontlik gemaak het vir markgangers om die ‘somer te proe’. Ons vrugte borge was: Heimat Boerdery, Môrester Boerdery, Erfdeel, Chris van Niekerk, Winkelshoek, Piet Karstens Boerdery en Wolwekuil wat hooibale aan ons verskaf het. Besoekergetalle was minder as wat verwag is, maar ‘n deurlopende vloei het beide stalletjiehouers en organiseerders oortuig dat die Somer Mark baie potensiaal het en definitief weer aangebied sal word. Die gedagte dat produkte te proe aangebied word, is ook ‘n groot trekpleister wat baie meer uitgebrei sal word. Dankie aan die Piketberg Komiteelede, Bergrivier Munisipaliteit en al die besoekers vir die ondersteuning van die eerste poging! Bakkers, brouers en bouers van alle dinge soet, klein en groot – merk die datum, want die Piketberg Somermark sal volgende jaar op 20 Februarie 2016 plaasvind.

Poste Beskikbaar

GERBER MEUBELS (PIKETBERG)

KABINETMAKER Ondervinding met ingeboude kaste ‘n noodsaaklikheid

SPRAYPAINTER Spuit van hout meubels

Stuur CV met kontakbare

verwysings na [email protected]

of faks 086 731 8199

Page 9: Piketberger apr 2015

9

Tydens die Desember 2014-gradeplegtigheid van Universiteit Stellenbosch het Brian Lindner en Bertus Eksteen, wat beide in 2008 aan Hoërskool Piketberg

gematrikuleer het, hul meestersgrade tydens die-selfde plegtigheid ontvang. Brian het die graad M Ing

ontvang en is tans werksaam aan die universiteit. Bertus ontvang die graad MSc Agric in Agronomie en boer van vanjaar af saam met sy pa, Francois. Hy het sy intrek op die plaas, Die Helfte,

geneem. Berig en foto: Nolie Eksteen

PHS-klasmaats vang graad MEDIESE

PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours

022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Page 10: Piketberger apr 2015

10

Die SKA1 (Square Kilometre Array) projek is die eerste fase van ‘n internasionale astronomie projek wat die wêreld se grootste radio teleskoop gaan bou vanaf 2018 tot 2023. Die projek het 11 lidlande wat saamwerk in verskeie konsortiums wat dele van die teleskoop ontwerp. Die Teleskoop gaan in Suid-Afrika en Australië gebou word. Die projek se hoofkantoor is in Manchester Engeland. Die Suid-Afrikaanse hoofkantoor is in Pinelands, Kaapstad. Charl en Jean werk saam by EMSS Antennas in Techno Park (Stellenbosch) en het beide Elektroniese Ingenieurs-wese by die Universiteit van Stellebosch studeer. Charl is die sagteware ingenieur en Jean die projek bestuurder van die SKA-projek. Charl werk merendeels op die MeerKAT-projek wat tans in produksie is en in Carnarvon gebou word en help om die SKA-projek se ontwerp te doen. Hulle werk saam met akademici en ingenieurs van Swede, Portugal, Spanje, Kanada, Italië en China om die ontwerpe te doen en reis 21 – 25 Maart 2015 na Swede om saam met hulle spanlede in Gothenburgh Swede voort te gaan met die gedetailleerde ontwerpe van hul radio teleskoop ontvanger. Piketberg is saam met Marie van Niekerk en Roline Kotze trots op hulle seuns - Red.

Charl van Niekerk en Jean Kotze by die EMSS Antennas UHF horing antenna wat op die MeerKAT

radio teleskoop gebruik word. Charl en Jean is oud-PHS’ers wat gedurende Maart na Swede is vir

die SKA-projek. Foto verskaf

Oud-PHS’ers na Swede vir SKA

Allecea Swarts, werknemer by Tsebo Cleaning Services, by die ABSA OTM waar sy 'n kliënt se

selfoon gekry het. Allecea, wat reeds oor die vier jaar by ABSA as skoonmaker werk, eers in diens van

Bidvest Prestige en nou Tsebo Cleaning Services, was oppad om die OTM skoon te maak, toe sy die

selfoon sien. Danksy haar vinnige optrede, terwyl die volgende kliënte reeds oppad was na die OTM, het

Cathy Rossouw haar foon teruggekry. Foto: Marietha Goosen

Selfoon Gevind

Kook saam

met Quentin

Heerlike maklike appel resep vir die komende

koue aande

Apple Crumble 4 x groen appels 25ml suiker 250ml water 400ml graanvlokkies 125ml klapper 60ml bruinsuiker 1 blikkie kondensmelk Metode Plaas die appels, suiker en water in n kastrol. Bedek en kook tot sag. Skep in oondvaste bak. Meng die res van die bestanddele en sprinkel dit oor die appels. Bak vir 20min teen 180°C. Bedien met vla of room as ‘n heerlike nagereg vir die winter aande by die kaggel.

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere

Professioneel 50jr Ondervinding

Alle Areas

Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276

Page 11: Piketberger apr 2015

11

Ons is oop Maandae tot Saterdae: Kombuis 3nm tot 10nm en Kroeg 3nm tot laat

Sondae gesluit

Pierre & Anzel Coetzer 084 296 2670

[email protected]

18 April 2015 vanaf 20:00 Kaartjies R120 snacks ingesluit. Kontantkroeg beskikbaar.

Bespreek nou. Kaartjies te koop by Potbelly Restaurant. Beperkte hoeveelheid beskikbaar

Page 12: Piketberger apr 2015

12

Piket-Bo-Berg Tuinboukompetisie 2014

Die jaarlikse tuinboukompetisie op die berg het destyds begin as ‘n groentetuinkompetisie, maar het in later jare ook ‘n blomtuinbeen bygekry. Verlede jaar het die eerste reuse pampoen kompetisie bygekom geborg deur Bo-land Superspar. Kaap Agri het gesorg dat die groente– en blomtuine goed wegspring met die voorsiening van

saad asook ‘n hele paar klein geskenke en ‘n gasspreker van Efekto, Francois van Tonder te reël. Kontantpryse is geborg deur Piket-bo-berg Inwonersvereniging en gereedskap deur Kaap Agri.

In die Blomtuinkompetisie het Willem Booysen van Heldervue, links, eerste plek behaal, Getruida Abrahams van Harmonie, middel, tweede plek en Mariana Kasper van Tamarak, die derde plek.

Op die foto links is die wenners wat gesament-

lik ‘n eerste plek behaal het in die Groente-tuinkompetisie, Jan Andrew van Achtervlei en

Jan Bezuidenhout van Dennegeur. Foto’s verskaf

Plaasmark Piket-bo-Berg

Saterdag 28 Maart

Page 13: Piketberger apr 2015

13

Nog inskrywings in die Piket-Bo-Berg Tuinboukompetisie

Page 14: Piketberger apr 2015

14

Hanlie Linde

OUT OF THE OFFICE OF THE MUNICIPAL MANAGER The month of March is a very busy time at Bergrivier Munici-pality as we approve our Draft Budget, Draft Integrated Devel-opment Plan (IDP) and Draft Service Delivery Budget Im-plementation Plan (SDBIP). These documents will be made available for the public to provide input on before being finally approved by the Mu-nicipal Council on 26 May 2015. I would like to take this opportunity to tell you about the importance of these doc-uments and the process associated with their develop-ment. I also want to invite you to provide your inputs on these documents and will tell you how to do so. The IDP is the Municipality’s five year strategic plan. The IDP is reviewed every year to align to the changing needs of the community and the review process starts in Sep-tember every year with a series of public meetings aimed at determining what your most pressing service delivery needs are and what projects should be implemented to address these needs. Unfortunately we will always have more needs than what we have funds so we have to un-dertake a process of prioritising these needs. The Draft IDP will tell you what projects we are able to do over the next three years within the funds available to us. The Budget shows how our funds are allocated to the service delivery needs and projects as identified in the IDP, but this is not all. The budget also sets out the new tariffs that the Municipality will be levying for services in-cluding water, electricity, waste removal and sanitation from 1 July 2015. It also sets out the property rates that will be payable from this date. We also use this opportuni-ty to review all our budget related policies. The SDBIP shows how the budget will be implemented over the financial year and also reflects the key perfor-mance indicators against which we will measure our per-formance. We will be holding public meetings in each town during April 2015 to present the draft documents and have scheduled meetings as follows:

We will also be holding IDP Representative Forum meet-ings in Piketberg and Velddrif on 29 April 2015, which are open to representatives of organisations. You are wel-come to register your organisations interest in attending this meeting with Mrs Jessica Carstens at Tel 022-9136000 or email: [email protected] The documents will be available on the Municipal Web-site www.bergmun.org.za from 1 April 2015. The closing date for input is by close of business on 30 April 2015. We at Bergrivier Municipality look forward to seeing you at these meetings and hearing from you!

Uit die kantoor van die

Munisipale Bestuurder...

DATE DAY TOWN VENUE TIME

13 Monday Porterville Porterville Library Hall 19:00

14 Tuesday Piketberg Allan Boesak Community Hall 19:00

15 Wednesday Eendekuil Eendekuil Community Hall 19:00

15 Wednesday Aurora Aurora Community Hall 19:00

16 Thursday Goedver-wacht Goedverwacht Community Hall 19:00

16 Thursday Redelinghuys Redelinghuys Community Hall 19:00

20 Monday Dwarskersbos Caravan Park Hall 16:00

20 Monday Velddrif Noordhoek Community Hall 19:00

Paasdienste NG Kerk Piketberg Donderdag 2 April - Nagmaal om 19:00 - Kerkgebou

Vrydag 3 April - Nagmaal om 09:30 - Huis AJ Liebenberg Sondag 5 April - Opstandingsdiens om 09:30 - Kerkgebou

Badisa wil vir PPC baie dankie sê vir die skenk van plate en sement

vir die afdak vir hul bakkie. Foto: Hannie Visser

Reuse pampoen weeg 53kg

Tanya Jankielsohn wens Burnette Marcus van Bu-gler’s Post geluk met sy eerste plek vir sy reuse

pampoen, ‘n bielie van 53kg. Die pampoenkompetisie word gereël deur die Piket-bo-berg Inwonersvereni-ging. Dit is die eerste jaar wat die kompetisie gereël word. Boland Superspar het alles geborg en het ook

die reuse pampoensaad in die hande gekry. Daar was aanvanklik 19 inskrywings, maar net 8 pampoene het

goeie grootte bereik. Sien ook pp 12 en 13. Foto verskaf

Badisa spog met afdak

Page 15: Piketberger apr 2015

15

Page 16: Piketberger apr 2015

16

Biddy Langenhoven, Joop Visser van Little Village kwekery en Elmien Uys by die Tuinbouvergadering

waar Joop die vergadering ingelig het oor nuwe plante op die mark en wenke oor tuinbou. 'n Aantal

van die lede het ook interessante plante uit hulle tuine gebring en hulle tuinbouwenke met die

vergadering gedeel. Foto’s verskaf

Tuinboudames Moira van der Westhuizen, Katinka Morrison en Jackie Ferguson het op

21 en 23 Februarie 'n demonstrasie en werkswinkel bygewoon deur ’n baie bekende blomkunstenaar,

Neels Scott (links op die foto) van Zimbabwe. Die klem is gelê op die gebruik van meganika in die blommekuns. Plantmateriaal soos palmskedes word

gekleur en gesny en gemanipuleer om maksimum inpak te gee.

Moenie die volgende tuinbouvergadering op 15 April misloop nie. ‘n Kenner op die

gebied van plaag- en swambestryding sowel as voeding van plante, Jan Tolken, besoek Piketberg en gaan die Piketberg Blom- en

Tuinblouklub saam met die VLV in die Molsaal toespreek.

Tee word bedien vanaf 09:00 en die vergadering begin om 09:30.

Besoekers betaal R25 besoekersfooi. Almal welkom.

Tuinbouklub Nuus Wat sê die Woord?

Deur Pastoor Tjaart Olivier

Wat is jou definisie van die ewige lewe? Meeste van ons het groot-geraak met daardie swaar woorde-boek in die Afrikaanse klas. Ons het kort-kort definisies opgesoek vir woorde wat ons nie ken nie - so het ons ons kennis verbreed en geleer wat woorde beteken. Weet jy wat die

ewige lewe beteken? God se Woord is ’n kommentaar op homself en dien dieselfde doel as ’n woordeboek. God se Woord gee vir ons die definisie van die ewige lewe. Jy is dalk vertroud met die vers in Johannes 3:16 wat sê: “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” Is jou definisie van die ewige lewe dat wanneer jy sterf, jy eendag saam met Jesus verewig gaan lewe? Dit is reg, maar dit is net die helfte van die definisie. As jy mooi daaroor gaan dink, gaan almal verewig lewe af-hangende van die besluit wat ons hier op aarde maak: of verewig in die hel, of verewig in die hemel. Jesus, wat saam met God die Skepper van die heelal is (Gen. 1:26), gee vir ons die definisie van die ewige lewe in Johannes 17:3: “En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.” Met ander woorde, die ewige lewe is om God en Jesus Christus te ken. Wat beteken dit om iemand te ken? Dit is om in ’n verhouding met die per-soon te wees. Lees weer Johannes 3:16 met die definisie van die ewige lewe: Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar ’n verhouding met Hom (die ewige lewe) kan hê. Jesus het nie net gekom om vir ons sondes te kom sterf en vir ons die ewige lewe eendag te gee as ons doodgaan nie. Hy het gekom sodat ons nou al in ver-houding met ons liefdevolle Vader kan wees. Wanneer begin hierdie ewige lewe? 1 Johannes 5:11-12 gee vir ons die antwoord. Dit lees soos volg: “En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.” Wanneer jy die Seun het, het jy die lewe. So Vriend, jou ewige lewe - jou verhouding met God - begin nie eendag as jy doodgaan nie. Dit begin nou as jy die Seun het, want die een wat die Seun het, het die lewe. Het jy al die Seun, Jesus, ontvang? Gaan lees Romeine 10:9-10 en neem die stap om jou ewige verhouding met God te begin.

Met Paastyd gedenk ons Christus se kruisiging en opstanding uit die dood. Mag elke leser opnuut besef dat alles vir JOU gedoen is omdat

God jou innig liefhet.

- Redaksie

Page 17: Piketberger apr 2015

17

Woonstel te Huur Ruim 1-slaapkamer woonstel met studeerkamer beskikbaar vanaf

1 Mei 2015 net onder PHS skoolsaal.

Onderdak parkering, Internet-toegang en DSTV kan by pakket

ingesluit word.

Kontak Herman of Ria 022 913 3908 of 083 657 7752

Braai wood Black Wattle (R800 vir 1000pc), Wingerd (R900 vir 1000pc) en

Rooikrans (R1000 vir 1000pc) braaihout te koop. Ook beskikbaar in sakke. Met al die kragvoorsienings

probleme deur Eskom is dit jou oplossing. Geensins nodig om te loop of ry na ‘n winkel, ons

lewer af op jou voorstoep.

Skakel Daniel by 078 055 0935

Te Huur

TE HUUR in PIKETBERG

TWEESLAAPKAMER KOTHUIS

BESKIKBAAR VANAF MEI

R4 000 / MAAND

EENSLAAPKAMER WOONSTEL

GEMEUBILEERD , LUGVERSORGER

R3 000 / MAAND

SKAKEL 084 624 0963

Perseel te Huur Ou Nederberg Hotel. Perseel van 49m²

met straataansig/-toegang. ± R 2500 per maand

Kontak Elzanne Richter 072 130 2936

[email protected]

Page 18: Piketberger apr 2015

18

HOUSE SITTER / PET SITTER I am available for house-sitting / pet-sitting as

well as farm sitting in the Bergrivier region. Please contact Heike on 084 372 3326

or [email protected]

Services Offered

Halfdag huishulp benodig. Maandae tot Vrydae. Geen rook en drink.

Kontak asseblief 082 780 8698

Betrekking Aangebied

Beesbiltong R175,00 per kg Maalvleis R55,00 per kg

Skakel Nellis 083 441 4032

Te Koop

deur Jannie Lategan

Knip uit en bêre

Die Piketberger se Datums vir 2015

Berigte/Advertensie IN 14 April 19 Mei

16 Junie 21 Julie

18 Augustus 22 September

20 Oktober 17 November

VERSKYN 23 April 28 Mei

25 Junie 30 Julie

27 Augustus 1 Oktober 29 Oktober

26 November

US Woordfees Half onbepland, besluit ons op die ingewing van die oomblik om die dag by die Woordfees te Stellenbosch te gaan deurbring. Wat ‘n heerlike ervaring om

by die Plataankafee te gaan terugsit en ‘n heerlike ontbyt te geniet, terwyl ons meeluister hoe twee professore by die RSG-verhoog koppe skuur oor die onderwerp: “Die Toekoms van Sake-opleiding: Kennis/ervaring teenoor kritiese denke. Wat het Suid-Afrika nodig.” Dit was eenvoudig verstommend hoe heethoofdiges en klaarblyklik ou Professore en Akademici hierdie gesprek uit verskillende hoeke belig het. “Die Regering sê te min nuwe gegradueerdes word jaarliks by die werksmag ge-voeg. Maar het ons gekwalifiseerde mense nodig, of het die land in werklikheid eerder ‘n behoefte aan praktiese opleiding? Is grade en diplomas oorbodig wanneer leerd-ers se vermoë om probleme krities en analities te benad-er beter ontwikkel word?” Om tot jou eie slotsom te kom, is dat daar beslis ‘n plek vir elke opleidingsvaardigheid is. Dit was egter ongelooflik om te sien hoeveel senior bel-angstelling daar uit vorige eras was en hulle vurige gespreksdeelname. Uiteraard kon ons nie nalaat om ons eie Sandra Hanekom se solo uitstalling in die visuele kunste in die PJ Olivier Kunssentrum te gaan beskou nie. Om in die woorde van Sandra Hanekom te skryf: “Die Museum Van Been en As, is Sandra Hanekom se eerste solo-uitstalling na drie jaar gewy aan die kuratorskap van die ABSA KKNK. Dit is ‘n visuele synopsis van die brose en ver-houding tussen skoonheid en verganklikheid. Die weer-lose verskrikking van die hede en die verlede voor die kil gelaat van been en as, is die emotiewe beweegrede daarvoor. Die Museum, gebore uit vlees en drome – is bloot verteenwoordigend van ons ydel vergeefsheid teen die vraatsugtige kou en sluk van tyd.” So fyn en sorgvul-dig soos hierdie kunstenaar van formaat kan omgaan met die kwas en penseel, so is sy ook goed “gebek” met die gebruik van letterkundige taal van formaat. Piketberg en sy mense kan trots wees dat ons so ‘n befaamde kun-stenaar kan huisves. Baie geluk Sandra. Dit was ‘n fees om na die kwaliteit van jou werke (wat ons nie altyd kan verstaan nie) tog kan bewonder en dieper as die opper-vlakkige kuns te kan kyk. Voor ons vaarwel roep aan net een plek, soos Stellen-bosch, kan ons nie anders as om by die Kunsstegies met sy eksklusiewe winkeltjies in te loer nie. By Porchi se ateljee moes ons ook inloer waar hy doenig is met die volle palet. Dit was ‘n moeite werd dag....ten spyte daarvan dat ons nie ‘n produksie kon inpas wat ons geval het nie!

022-913 2646

Kom Kyk Hoe Lyk Ons Nou!!!

2 x Groter!!!

2 x Meer DVD’S!!!

Page 19: Piketberger apr 2015

19

ALTERNATORS ENJIN ONDERDELE (Overhaul Kit)

KOPPELAARS (Clutches)

KNORMOERE (Starters)

022 913 1939 37 Die Trek Piketberg

Page 20: Piketberger apr 2015

20

Fonteinfees

Foto’s: Marietha Goosen en Nadine de Waal

Page 21: Piketberger apr 2015

21

Wat sê die Reg?

Jacques Ehlers

‘n Hofsaak wat die Wêreld verander het

Die Mensdom (?) vs Jesus van Nasaret

Hierdie artikel is geskryf deur Mnr. Igna Klynsmith van die program Regsake op RSG en wat gepubliseer is in sy boek Wat sê die Prokureur? Regsake wat jou raak. My dank en waardering gaan aan Mnr. Klynsmith vir sy toestemming en goedkeuring om hierdie artikel in Die Piketberger te publiseer. Dit word verbatim hierin aangehaal. (DEEL 2) “Koningsmerkers: Volgens Joodse tradisie was daar twee duidelike merkers in Jesus se optog:

Die berg van konings: die optog se begin is van die Olyfberg – as die berg van konings beskou. Volgens tradisie het pasgekroonde konings dikwels hierdie roete gevolg: van die Olyfberg na Jerusalem toe.

Die rydier: die profesie (Sagaria 9:9) het die verwagting gewek van ‘n koning wat op ‘n donkie kom, die nederige heerser.

Dus het die optog op die oog af vir die leiers wel politieke ondertone gehad, was nie onskuldig nie en wel uitdagend. Die leiers van die tempel het natuurlik reeds geweet van Jesus se swerftogte in Judea en ook dat sy bedienings groot skares gelok het. Die tempelowerheid het waarskynlik bedreig gevoel – hulle het nie uitdagende simboliek van die koning op die donkie misgekyk nie. Hulle was uiteraard nie tevrede dat Jesus ook uitstekende antwoorde gegee het op talle vrae en twisgesprekke tydens sy besoek aan die tempel nie. Jesus het veral vyande van die leiers van die tempel gemaak toe hy die geldwisselaars en handelaars wat offerdiere verkoop, verdryf het. ‘n Mens kan aanvaar dat Kajafas se boodskappers Jesus se bewegings gemonitor het. Dit was die goewerneur se taak om ander moeilikheidmakers, of mense wat die vrede in sy gebied versteur, te laat arresteer. Dit moes geskied voordat dit nodig sou word vir die Romeinse weermag om in te gryp. Die ongelukkigheid van die tempelowerheid en die beroering wat Jesus veroorsaak het, het na my mening tot Jesus se arres gelei. Die inhegtenisname: Enige arres by die tempel sou probleme veroorsaak het weens die gearresteerde se gewildheid. Gelukkig vir Kajafas het die ontnugterde separatistiese dissipel, Judas Iskariot, teen betaling van 30 sikkels silwer die soldate na die tuin van Getsemane begelei. Daar is Jesus sonder enige teenstand in hegtenis geneem.

Die verhoor Wanneer ‘n mens Jesus se verhoor ondersoek, vind jy dit het in fases plaasgevind. Eerstens is Hy geneem na ‘n groep priesters van die Sanhedrin onder voorsitterskap van Kajafas. Daar is Jesus ondervra, onder andere deur Annas, die skoonvader van Kajafas, in ‘n poging om gronde te probeer vasstel waarvoor hulle Hom aan die Romeinse owerheid moet uitlewer. Die Sanhedrin het Jesus reeds tydens sy verskyning voor hulle aan godslastering skuldig bevind.

Volgens die Joodse reg het so ‘n skuldigbevinding die doodstraf deur steniging regverdig. Markus vertel dat Jesus reeds daar tot die dood veroordeel is, maar Lukas

berig niks van ‘n uitspraak of ‘n vonnis nie. Dit lyk in elk geval nie of die Sanhedrin sulke bevoegdhede gehad het nie. Soos reeds daarop gewys, het slegs die Romeinse goewerneur hierdie reg gehad.

Romeinse gesag Die laaste deel van die verhoor vind voor Pontius Pilatus plaas. Hier kan ‘n mens die ondervraging volg soos dit in die Bybel uiteengesit word. Let veral op die poging tot kruisverhoor en die briljante manier waarop Jesus die vrae hanteer. Dit is ook belangrik om te onthou: In daardie stadium was Barabbas (‘n veroordeelde moordenaar), ‘n gevangene van Pontius Pilatus. Pilatus bevind as regter geen fout of oortreding by Jesus nie. Hier is ‘n goeie voorbeeld van ‘n regspreker was sy verantwoordelikheid ontduik weens druk deur die gemeenskap. Pilatus besluit om aan die vervolgers opsies voor te hou: tussen die vrylating van Barabbas of die vrylating van Jesus. Pilatus was waarskynlik ook bang om Jesus vry te laat, want hy het besef watter moontlike bedreiging (soos ‘n Joodse opstand) Jesus vir die Romeinse Ryk inhou. Die Joodse skare vra, soos ‘n mens sou kon verwag, vir die vrylating van Barabbas. Uitslag: Pontius Pilatus was sy hande seremonieel in kamtige onskuld en oorhandig Jesus aan die tempelowerheid vir teregstelling, nadat hy Hom ter dood veroordeel het. Hulle vonnis Hom dus tot die dood op die klag van hoogverraad en die vonnis word deur kruisiging voltrek.

Onafhanklike regbank Hierdie verhoor wys ook hoe onhoudbaar ‘n regstelsel is waar die regbank nie onafhanklik van die staat is nie, of waar die politieke leier ook terselfdertyd as die Appèlhof optree. In Suid-Afrika is ons geseën met ‘n goeie, werkbare Grondwet wat ‘n uitstekende waarborg is vir die onafhanklikheid van die regbank. Vandag nog het hierdie hofsaak ‘n duidelike invloed op die lewe van miljoene mense op aarde. Gelukkig, soos alle Christene glo, was daar ‘n verrassende einde aan hierdie vonnis. Ongehoord! Drie dae ná die kruisiging is die tereggestelde Beskuldigde nie net vry nie. Hy het opgestaan uit die dood – om die mensdom se eindbestemming voor ‘n ander Regbank te verseker.” 1 Klynsmith I Wat sê die Prokureur? Regsake wat jou raak. 1ste Uitgawe

(Naledi 2014)

Yskas, Vrieskas &

Lugverkoeling (voertuig en residensieël)

Herstel,

Installasie en Hergas

Kontak

Henk Pieters 071 583 6164

E.mail [email protected]

Loslit Dag 2014 het R28 miljoen ingesamel vir persone met gestremdhede.

Page 22: Piketberger apr 2015

22

Op die rakke van die Biblioteek

Bespreking deur Sandra van Wyk

Ons is nie almal so nie

deur Jeanne Goosen Ons het hier te doen met ‘n verhaal wat ontroer! Dit speel af in die vroeë vyftigerjare en word verwoord, soos gesien deur die oë van Gertie, ‘n jong meisietjie, wat die leser deur haar vertellings saamneem op ‘n woordreis wat jou denke en verstaan van ander mense verruim.

Met kleurryke karakters en realistiese dialoog stel Jeanne Goosen ons bekend aan ‘n tydgleuf in die geskiedenis toe ons te make gehad het met die arm Afri-kaner, die instelling van apartheidswette en mense se soeke na ontvlugting uit ‘n bepaalde situasie. Die boek is deurweef met humor en ironie. Lanklaas het ek ‘n teks gelees waarin daar terselfdertyd hardop gelag kon word, net om jou deur gelykmatige hartseer momen-te na die harde werklikheid terug te roep. Ons ontmoet Gertie se ma, Doris en haar vriendin Mavis wat saam met haar “usherette” is by die ”bioscope” en uncle Tank wat sy voet in die oorlog in die noorde verloor het, asook haar pa, Piet. Piet se vriende is old Cole en old Fight, wat saam met hom op die spoorweë gewerk het. Mavis en Tank se vriend Barnie, met die goue tand, wat hy graag blootlê deur met sy bolip “opgetrek” te lag, speel algaande ‘n bepalende rol in Mavis se lewe. Eerder as om te veel van die verhaal te verklap, nooi ons julle deur enkele aanhalings om self die besonderse boek te lees: “Daardie Boxing Day het hulle baie kiekies geneem op die stasie – van die enjindrywer en my pa en van die min-ister en ander mense wat daar was wat ek nie nou kan onthou nie. Hulle het ook ‘n kiekie van my pa voor by die stoomenjin geneem. Hy staan met sy een voet op die trap, met sy hand in sy sy en sy ander hand op die enjin se deur. Dit is regtig ‘n mooi kiekie en daarop kan ek sien my pa was ‘n mooi man toe hy nog met my ma uitgegaan het. My pa het ‘n vergroting van die kiekie laat maak en dit laat raam. Dit hang in ons gang oorkant die ronde spieël sodat jy my pa en sy enjin twee maal kan sien as jy by die voordeur inkom.” “Hoekom sê Pa uncle Tank is ‘n kommunis?” My ma lag weer. “Dis die oorlog wat hom so gemaak het.” “Maar wat is ‘n kommunis?” “Soos uncle Tank.” My ma vat die lap en vee die sink droog. “Hy glo al die mense – wit en bruin en swart – is gelyk in die oë van die Here.” My ma gaan sit by die kombuistafel en steek ‘n Cavalla aan. “Come to think of it,” sê sy, “die kommuniste het ‘n punt beet daar…” “Ek het somehow geweet dat my ma en pa weer die dag vriendelik sal wees met mekaar as die inkkol op my pa se gesig in die gang eers afgevee is.” “Ek het my pa baie jammer gekry op die stasie en ek dink my ma ook. Voor die trein trek, het my pa nog sy hand in sy sak gesit en vir my ‘n tiekie gegee.”

Connect @ your library Skakel in @ jou Biblioteek

MAART 2015 BIBLIOTEEKWEEK

Maart is boetevrye maand so bring al daardie laat

boeke in asseblief

Gaan kyk op ons Facebook blad “Piketberg Biblio-teek” vir foto’s en meer inligting

Gaan maak ‘n draai by jou naaste Biblioteek en kyk wat ons jou bied:

Tydskrifte en boeke om uit te neem; Boeke vir naslaanwerk; Verniet internet

Biblioteekweek 16 - 20 Maart

Viyouneffer Simpson, Crazentia Strauss en Carmen

van Wyk van Piketberg Openbare Biblioteek, af-

geneem by Piquetberg Mall tydens Biblioteekweek.

Foto: Gerna Croeser

VLV-konferensie - Aurora

Christa Burger, links het by die 83ste VLV-Konferensie te Aurora 'n 3de prys met haar piouter-

kruis in die Handvlyt-afdeling behaal. Myrtle Steenkamp, regs het met haar inskrywing van

suurdeegbrood by gebak ook 'n 3de prys behaal. Nicoline Brown, voorsitter VLV

Piketberg, oorhandig die prys aan Myrtle.

Foto’s: Riana Richter

Page 23: Piketberger apr 2015

23

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075

Ons sê welkom aan Sr Vercuiel

wat Maandae en Vrydae beskikbaar is vir cholesterol- en urienetoetse, gesinsbeplaning, kinder immunisasie, griep- en vit B-inspuitings en nog vele

meer. Kom besoek haar gerus.

1915 tot 2015

E-Pos: [email protected]

Page 24: Piketberger apr 2015

24

Page 25: Piketberger apr 2015

25

Mnr en Mej PHS is by ‘n swierige geleentheid gekroon. Benna van der Westhuizen en Marike Koch, middel is Mnr en Mej PHS 2015.

E’lmarco Visagie, 1ste prins en Lizé-Mari Engelbrecht 1ste prinses, regs en links Jandré de Witt, 2de prins en Ané Nelson 2de prinses.

Foto’s: Die Courant

Mnr en Mej PHS word gekroon

Page 26: Piketberger apr 2015

26

Kix 2015-Projek

Zim ABC wat die Woord gee

Kix se "Zim ABC wat die Woord gee"-projek vorder uitstekend. Grade 7A, 5B, 2U, 1-3E, 3S, 4A is op 27 Feb-ruarie afgeneem met nuwe woorde en sinne wat hulle

gebou het teen R5 per letter. Foto’s: Marietha Goosen

Zim ABC wat die Woord gee

piketberg mediese sentrum

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)

Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)

Dr Bibi Werle (Sonar)

Ilse Bruwer (Spraakterapeut)

Merina de Waal (Dieetkundige)

Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017

Ma - Vry: 08h00 - 17h30

Sat: 08h00 - 13h00

Page 27: Piketberger apr 2015

27

20 Jaar Gelede — April 1995

PHS leerlinge blink uit op verskillende gebiede: Frank Scheun is gekies vir die Bolandatletiekspan vir S o.19 driesprong; Adri Conradie is op 25 Februarie 1995 gekroon as tweede prinses op die Kaapse Skou; Schalk Burger is gekies vir die WP-span vir Gimkana; Isa Ek-steen is gekies vir die Boland Atletiekspan. Shani Coet-zee (toe st. 7) en Johannie Liebenberg (toe st. 8) was twee van slegs 42 kandidate landwyd wat die 1994 Taalbond-eksamen met lof geslaag het; Alwyn Vorster, Oud-leerder van PHS het aan ‘n raakrugby-kompetisie deelgeneem in Durban. Alwyn wat vir die WP speel was aangewys as “Beste Speler van die Dag”. Hy het daarmee saam sy Springbokkleure verwerf. Met die kleure-atletiekbyeenkoms gehou op 3 Februarie 1995 was Bennie Grobler die Victor Ludorum en Sybil Ek-steen die Victrix Ludorum van die sekondêre afdeling. Sandra Kitshoff en Alexander Smit was die Victrix en Victor Ludorums van die primêre afdeling. Hoërskool Piketberg se skoolkoerant, die Kanon het goed gevaar in ‘n landwye kompetisie vir skoolkoerante. Die Kanon het sesde plek behaal in die kategorie “Beste Afgerolde Koerant”. Steynville Sekondêr se krieketspan is vanjaar onoorwonne. Henry van Wyk, een van die spelers, het ook verlede jaar die Bolandspan by SASSA-toernooi aangevoer. ADVERTENSIE: Onthou Rooineusdag!!!! Saterdag 1 April. Maak ‘n kinderhartjie bly - koop ‘n rooi neus.

Anderson Nel Eiendomme

Ons verkoop en verhuur alle tipe eiendomme te Piketberg en omliggende dorpe.

Kontak ons vir u eiendomsbehoeftes!!

Ons kommissie is baie redelik en onderhandelbaar.

Hoofstraat 38, Piketberg Tel. 022 913 1132 Faks. 022 9132366

[email protected] Jan Nel

083 225 3810 Gerhard Kruger

083 270 6714 Estie Clarys 084 823 7911

Janke en Elske na SA’s

By die Wes-kaap byeenkoms is Janke van Schalkwyk, links die kampioen in die 300mH en 200m en het ook ‘n tweede plek in verspring m14

behaal. Elske Pieters, regs, is tweede in die 1500m m17.

Hoewel Elske kwalifiseer vir SA’s, het sy besluit om nie te gaan nie.

Baie geluk julle twee en sterkte met SA’s, Janke - Red.

Page 28: Piketberger apr 2015

28

Vyf van PHS se oud leerders was Dinsdag, 11 Maart deel van Huis Marais se 1ste rugbyspan wat Huis Visser, in hul jaarlikse voor-seisoen derby met 21-0 gewen het. Danie Cillié, stut, Stephan Breunissen, losskakel, JJ Stander, vleuel en Beuton Nero en Wynand Smit as impakspelers. Die wedstryd het in tipiese koshuisrugby gees plaasgevind met ruim “ontsenu” aanmerkings van toeskouers op hul teenstanders se spelpeil en voorkoms. Huis Marais het ‘n baie trotse rugbygeskiedenis en is van die koshuise wat die klipharde koshuisliga al die meeste gewen het. Vir jare was Huis Marais met sy 115 Huismanne die kleinste manskoshuis op Stellenbosch en menige groot koshuis se achillies-hiel in vele koshuis kompetisies wat strek van rugby tot bloed skenk. Huis Marais is in 2014 aansienlik vergroot met ‘n nuwe vleuel wat die koshuis se inwonertal bykans verdubbel het. Huis Marais se verbintenis met Piketberg strek ver terug met Deon van Dyk en Carel van Niekerk wat in die sestiger jare begin vorm het aan die ryke tradisie van Huisman wees. Wynand Smit was ook deel van Huis Marais se Krieketspan wat die Weekliga gewen het, Wynand het 41 lopies aangeteken in die finale wedstryd.

Berig en foto: Danie Cillié, self ‘n Huisman van die tagtigerjare

Ons hoor graag van ander Huismanne - Red.

Vyf PHS oud-leerders in koshuisspan

Danie Cillié, Beuton Nero, Stephan Breunissen, Wynand Smit en JJ Stander.

Wes-Boland Krieket

Steynville Primêr se krieketspelers het die Wes-Bolandspan verteenwoordig in verskil-lende ouderdomsgroepe. Ernwill Afrika en

Marswin Dars in die O/11 span.

Ju-Wayne Fortuin en Samrique Kayster ver-teenwoordig die O/12 span.

Pethrin Owies,

regs het die O/13 span verteen-

woordig en was ook die kaptein van die span.

Foto’s:

Elzanne Boshoff

PHS-krieketspelers ook in Wes-Bolandspanne

Die volgende leerders is opgeneem in Wes-Boland krieketspanne: Matthew Somers en Lyll Booys O/13-span; Armand Erasmus O/15-span; Alex Ratilainen en Nicky van der Westhuizen O/17-span en E’lmarco Visagie, Driaan van Wyk en Marvin Pieters O/19-span.

Met die Boland Jukskei afsluiting het drie van Piketberg se Jukskeispelers hul slag gewys. Bertus Rossouw is bevorder tot die B-afdeling, Wimpie van der Merwe is gekies om Wes-Kaap

te verteenwoordig op Kroonstad en Johan de Lange wen ‘n silwer medalje in die C-afdeling. Foto verskaf

Jukskei sluit af

Page 29: Piketberger apr 2015

29

Cash for Scrap Steeds vinnige, vriendelike en eerlike diens

vir kontant in die sak

Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oor die treinbrug, oorkant stasie

Nou ook oop in

Porterville Jakkalskloofstraat

Kom besoek ons of skakel

Johan Louw - 076 538 2909 (vir nog beter pryse nou!)

en by ons is dit steeds

Beste prys oor en oor bewys!

Page 30: Piketberger apr 2015

30

PHS swemmers presteer in Galas

By die Hopefield gala behaal Jahnco Mouton

silwer vir 50m Vryslag en 50m Borsslag. By die

Vredenburg gala behaal hy silwer vir Vryslag en

Vlinderslag asook ‘n vierde plek vir borsslag.

Foto: Awiëtte Mouton

Ruan Brand wen goue medaljes by die

Vredenburg gala vir Vlinderslag, Rugslag en

Vryslag.

Carina Brandt (foto) behaal by die Hopefield Gala ‘n silwer medalje vir 50m

Borsslag en 50m Vryslag. By die Vredenburg Gala

behaal sy ‘n brons medalje vir Borsslag en was sy 4de

in Rugslag. Zana Vorster het ‘n

bronsmedalje gewen vir Rugslag en CP van Zyl was 4de in Rugslag en

Borsslag. Berig en foto’s: Alta Nieuwoudt

Die laerskool swemmers het op Citrusdal deel-

geneem waar Jana Truter (foto) bronsmedaljes

gewen het vir 33m Vry-slag, Rugslag en

Borsslag. Jana het ook gekwalifiseer vir die WP

kampioenskappe. Adriaan Louw behaal

silwer vir 33m Borsslag en brons vir 33m

Rugslag.

Tennisspelers het beste gees

PHS se 1ste Tennisspan het die “Roger Federer-trofee” gewen vir die beste spangees en gedrag by die onlangse tennistoernooi op Bredasdorp. Agter

staan Bendert Smit, Barend Smit, Harry Roux, Lourens Laing en Malechai Burden. Voor, Hanri van

Zyl, Suzanne Bassett, Thana Stephan, Anke Schreuder en Marelize Myburgh.

Foto verskaf

Marc Poggenpoel van PHS en Mathys Louw van Laer-

skool Olifantsvallei is dubbelspel maats vir die

Boland O/12B-Tennisspan. Foto: Sumarna Louw

Boland Tennis

Carli Bassett is op-geneem in die Boland A-

span wat vanaf 26 - 31 Maart deelneem aan die

Synergy Cup in Kimberley.

Foto: Karien Bassett

Nog Tennisnuus Op 21 Februarie het Boland Platteland teen ‘n volwaar- dige SWD-skolespan gespeel. Twee van PHS se leer-ders was in aksie, Bendert Smit, nr 1 seuns 17 en Suzanne Bassett, nr 2 meisies 15. Albei het hulle enkels gewen. Die seuns 17 het SWD geklop en die meisies het naelskraap verloor. Dit is die eerste keer in vier jaar dat Boland ‘n ouderdomsgroep wedstryd teen SWD wen.

Stuur u sportnuus en foto’s na [email protected]

Page 31: Piketberger apr 2015

31

Page 32: Piketberger apr 2015

32

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) Rede-linghuys en Eendekuil, bied elke jaar ‘n KANSA stap aan ten bate van die Kankervereniging. Toni Smuts

het ‘n koopbewys aan Annatjie Smit oorhandig.

Kansa Stap Scheppie Saus Moutonshoek

VLV Aurora Sirkelkonferensie

VLV Aurora-tak is 35 jaar oud met ‘n ledetal van

agtien. Toni Smuts (Skakelbeampmte) oorhandig ‘n

koopbewys aan Mariaan Coetzee.

Piketberg Rugbyklub kry nuwe Truie

Boland SUPERSPAR en PPC het saam die tweede span van Piketberg Rugbyklub (Rhinos) se nuwe truie geborg vir die nuwe seisoen. Die ontwerp is gedoen deur een van die spelers. Toni Smuts (Skakelbeampte van Boland SUPERSPAR) en Jan

Vorster van PPC het die truie oorhandig. Ons vertrou dat daar sommer baie drieë vanjaar in die truie gedruk gaan word.