piketberger jun part 1

12
Jaargang 20 Nr. 5 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R2,00 Junie 2013 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] Skoon dorp droom...p12 Passiespele...p12 Emenick word 6...p16 René word 21...p22 Bergrivierkoor na VSA...p23 Oud-PHS’ers vang graad...p24 Projek R5 000...p26 Eisteddfod wen- ners...pp27 en 34 Kinderpinkster...p28 Kansa-stap...p31 Skolesport...p33 1, 2, 3…Stoops PHS se eerste rugbyspan hou spanpraatjie ty- dens die FNB Classic Clashes op 18 Mei te Malmesbury. Stephan Breunissen, losskakel aan boord van die Wit Skip (PHS se 1ste rugbyspan), het in die afgelope seisoen gevorder van nr 8 op die Tony Stoops Top 100- puntemakerslys tot afwisselend nr 3, 1 en 2. Dit is, afgesien van sy akkurate skoppe, danksy die briljante spel van die span en die talle drieë wat gedruk word. JJ Stander, vleuel, is nr 47 en die kaptein van die skip, Barno van der Westhuizen, nr 57. Die lys word na elke wedstryd opdateer en alle posisies word in berekening gebring by skole in die WP A en B liga, Boland en SWD se eerste span uitslae. Kyk gerus op www.stoopstats.co.za Tian Nel, wat ook tans meeding om die eerste posisie, is ‘n Laerskool produk van PHS en op die oomblik ‘n leerder aan Boland Landbouskool. Sportfoto's: Elsabé Kankowski

Upload: piketberg-tourism

Post on 23-Mar-2016

288 views

Category:

Documents


12 download

DESCRIPTION

Local Newpaper

TRANSCRIPT

Page 1: Piketberger Jun Part 1

1

Jaargang 20 Nr. 5 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R2,00 Junie 2013

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

022 913 1939 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

Skoon dorp droom...p12 Passiespele...p12 Emenick word 6...p16 René word 21...p22 Bergrivierkoor na VSA...p23 Oud-PHS’ers vang graad...p24 Projek R5 000...p26 Eisteddfod wen-ners...pp27 en 34 Kinderpinkster...p28 Kansa-stap...p31 Skolesport...p33

1, 2, 3…Stoops

PHS se eerste rugbyspan hou spanpraatjie ty-dens die FNB Classic Clashes op 18 Mei te

Malmesbury.

Stephan Breunissen, losskakel aan boord van die Wit Skip (PHS se 1ste rugbyspan), het in die afgelope seisoen gevorder van nr 8 op die Tony Stoops Top 100-puntemakerslys tot afwisselend nr 3, 1 en 2. Dit is, afgesien van sy akkurate skoppe, danksy die briljante spel van die span en die talle drieë wat gedruk word. JJ Stander, vleuel, is nr 47 en die kaptein van die skip, Barno van der Westhuizen, nr 57. Die lys word na elke wedstryd opdateer en alle posisies word in berekening gebring by

skole in die WP A en B liga, Boland en SWD se eerste span uitslae. Kyk gerus op www.stoopstats.co.za Tian Nel, wat ook tans meeding om die eerste posisie, is ‘n Laerskool produk van PHS en op die oomblik ‘n leerder aan Boland Landbouskool.

Sportfoto's: Elsabé Kankowski

Page 2: Piketberger Jun Part 1

2

Redaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R95 vir 11 uitgawes per pos in RSA.

Lees op www.piketberg.com

Redaksie

([email protected]) Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796;

Advertensies:

[email protected] of sms 079 496 2719

Uitleg:

Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R450 Halfblad: R300

Kwartblad: R200 Agsteblad: R140

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Woonhuis te huur met vier slaapkamers op klein-hoewe naby Redelinghuys. Krag is betaalbaar.

Kontak 084 247 2307

Huise/woonstelle te huur

Benodig Vrywilligers! Asook Skenkings van

tweedehandse komberse, handdoeke, leibande en

hondehokke of … borg ‘n sterilisasie!

Kontakbesonderhede: Minette: 079 249 1535

Beryl-Ann: 071 828 7952 [email protected]

Hierdie advertensie word geborg deur Sam en Berenice

Scheepers

Tweeslaapkamer woonstel met onderdak parkering in veiligheidskompleks te huur op Stellenbosch-kampus vanaf Junie 2013. R6 300,00 per maand.

Kontak Bregda Mostert 083 597 0091 of 022 423 8153

Koringberg: Tweeslaapkamer woonstel volledig gemeubileer. Water en elektrisiteit ingesluit.

R3 500,00 per maand onderhandelbaar. Skakel 022 423 8015 of 076 740 6395

Sanyo Dynamic Flatscreen (not plasma) TV with remote. Excellent condition. No longer required.

Perfect for kids’ room. R450 cash only. Phone 022 914 5367

Betrekking Aangebied Betroubare Huishulp / Kinderoppasser Beskikbaar 2 Dae per week in Piketberg - uitstekende verwysings.

Kontak Elzanne Richter op 072 1302 936 vir verdere inligting.

For Sale

Recharging 'n Paar jaar gelede nooi Boland Superspar 'n motiveringspreker na Piketberg en maak seker dit word bygewoon deur verteenwoordigers van alle organisasies en instansies in die dorp. Ek was daar - jippie! Robin Banks het 'n onomkeerbare indruk op my gemaak deur sy posi-tiewe uitkyk op die lewe. Ek ver-

moed ek herinner myself daagliks aan grepe uit sy praat-jie. En die wonderlike is, dat mens dit wat jy hoor, oor tyd jou eie maak - dit haak stukkie vir stukkie aan jou en vul jou manier van doen aan. Dit, tesame met jou geaard-heid, persoonlikheid, gawes en geloof groei en groei en maak jou uiteindelik 'n mens wat die lewe begin agter-kom. Een van sy kosbare wenke was om liewer te sê jy "recharge" as dat jy sê jy's moeg. "Moeg" se sê maak jou net nog moeër, maar "recharge" se sê maak jou eintlik beter voel, meer energiek en reg vir die volgende aksie. Probeer dit gerus - jy sal aangenaam verras wees. Ek raak heeltemal verstrengel in drade, konneksies, krag-punte en toestelle wat ge"recharge" moet word. In 'n huis met manne wat dié dinge heeltemal onder die knie het en na hartelus die koppelinge verskuif en verander, voel ek dikwels mismoedig. Hoekom moet alles ge"charge" word - ons fone, die kinders se bedliggies, die kamera battery, die boor, die muskietslaner, die tweerigting radio's en en en ..... Hoekom nie? Ons almal het "recharging" nodig. Daarom, dink positief, doen goeie dinge, slaap genoeg, vier jou hoogtepunte, geniet God se genade, lag 'n slag en lees Die Piketberger! Marietha

Samsung 40cm kleur rekenaar skerm te koop.

R200,00 Kontak 079 496 2719

Huisvesting te huur in Eendekuil. Skakel 072 347 2069

Silwergrys kat met lang hare het op 8 Mei weg-geraak. Sy het ‘n pienk bandjie om haar nek en haar naam is Ashes. As iemand weet waar sy is

kontak asseblief Katinka Morrison by 082 829 6918.

Kat Vermis

Page 3: Piketberger Jun Part 1

3

uit te vind hoe u

Page 4: Piketberger Jun Part 1

4

Klere vir die vrou met eksklusiewe

smaak

Winkel 022-913 2418

022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787 082 921 1977

10ml paprika 4 tiemietakkies Sout en peper 30ml olie 1kg hoenderstukke 4 aartappels, in wîe gesny Voorverhit oond tot 200°C. Meng die paprika, tiemieblare, sout, peper en olie. Verf van die mengsel oor die hoenderstukke. Bak vir 30 minute in die oond. Meng intussen die aart-appels deur die oorblywende paprika-mengsel. Gooi op ‘n bakpan uit. Voeg dit ná 10 minute by die hoender en bak die laaste 20 minute saam met die hoender. Sit die hoender met die aartappelwiegies voor. Genoeg vir 6 mense

Kekkel & Kraai

Langstraat 79, Piketberg 022 913 2297

Nuwe Wintersvoorraad

beskikbaar

deur Jannie Lategan

Volgens statistieke leef die mens nou langer as 40 – 50 jaar gelede. Die aktuarisse in die versekering- en beleg-gingsomgewing moes haastig alternatiewe berekeninge maak om hoegenaamd te probeer voorsien vir die lewe na-aftrede, wat nou veel langer is. Is dit beter gesondheidsbewustheid, mediese versorging, of is dit straks 'n buitengewone verknogtheid aan die lewe waaraan hierdie verlengde lewensverwagting te danke is? Dalk 'n buitengewone wil en begeerte om ten alle koste langer te bly leef? Is die lewe straks makliker as vyf dekades gelede? Het goeie geestelike versorging iets hiermee te make? Wie sê nie dat die vinnige en besige lewensritmes, waarskynlik 'n positiewe uitwerking het om mense eenvoudig aan te por om te bly leef om net nog “dit” of “dat” aan te pak of te belewe nie. “As ek maar net kon bly leef tot my kleinkinders af-gestudeer het of as ek eers my kinders suksesvol geves-tig in hulle onderskeie beroepe gesien het”, bly maar 'n versugting van talle. Dit is ongelukkig so dat hartseer ver-hale afspeel as 'n onvoorspelbare gesondheidstoestand ontstaan wat mooi ideale kortwiek en 'n onsettende ver-lammende uitwerking het wat sò negatief op familie en vriende impakteer. Almal sal egter bly leef totdat die laaste asemteug nie meer daar is nie, maar onwillekeurig kan daar gevra word of die klem nie op “lewe” geplaas moet word nie, want soms is daar nog lewe, maar die sprankel ontbreek! 'n Gesonde gees wat in 'n ou of nuwe liggaam gevestig is, verrig waarskynlik wondere om die lewensspan te ver-leng. ‘n Opgeruimde gees is net so aansteeklik soos 'n neerslagtige een en die somtotaal is welliswaar om om-ring te wees met positiewe geesvervulde en entoesias-tiese mense om die lewenspad te verleng. Dis soms hart-seer om te dink dat daar waarskynlik baie kennis, er-varing, breë insig en geletterdheid agter die deure van huise van bejaardes en aftreeoorde toegesluit is. Totaal en al verwyderd van die werklikheid en die samelewing, terwyl daar eintlik ‘n bestel daar buite is wat hunker na ervaring en intelek. Vernuftige aftreebeplanning kan voorsiening maak vir haas moontlik die meeste behoeftes, maar kan nie die grendels van institusies vir die senior burger ontsluit nie. Bekwane medici, wetenskaplikes en sakeleiers bevind hulle in die wêreld van afsondering waar hulle onderskeie beroepskwaliteite vermuf en vervaag. Mag ons nooit die kennis van die Senior Burger onder-skat of sy raad en insig van die hand wys of ignoreer nie. Die mag van kennis in ons land, is geleë in die verstand van talle afgetredenes.

Ode aan die Senior Burger Vinnige Hoender en Tjips

BETREKKING AANGEBIED: Huiswerker / kinderoppasser op ‘n plaas 10km buite die dorp. Volweek & 1 naweek per maand.

Maaltye & privaat behuising word verskaf. Slegs nie–drinkers en –rokers met vaste

Christelike beginsels hoef aansoek te doen. Kontak asb 072 1302 936 vir inligting.

Page 5: Piketberger Jun Part 1

5

Page 6: Piketberger Jun Part 1

6 Uit die kantoor

van die Munisipale

Bestuurder...

Die volgende Piketberger verskyn op 21 Junie. Berigte en advertensies

moet ons bereik teen Dinsdag 11 Junie om 17:00

Huldeblyk aan Crena Krige

Crena Krige, gebore Snyman, is gebore op 18 April 1934 te Laingsburg. Nadat sy haar skoolopleiding voltooi het, het sy haar as onderwyseres gaan bekwaam aan die destydse opleidingskollege te Wellington. Daarna het sy gaan onderwys gee in Laingsburg en daarna in Karatara in die Suid-Kaap. Sy beland in die Swartland en gee on-derwys aan die VGK Primêre Skool Pools, die Laerskool Pools asook Middeldeurvlei Primêr. Sy was 'n voorslag onderwyseres. Sy was getroud met Danie Krige en hulle het op Elandsvlei naby Pools geboer. Uit die huwelik is twee kinders gebore, Pierr-André en Marinda. Crena het geen bedrog in haar gehad nie. Altyd omgesien na die "voëltjies" met die af vlerke. Nooit ooit het sy van iemand kwaad gepraat nie, want sy het altyd gesê in almal van ons is iets goeds en iets slegs. Vir Crena kon 'n mens altyd deur 'n ring trek. Sy was baie lief vir grimering en mooi juwele. Sy het gevolglik ook baie mooi aangetrek. So was daar van die kinders wat haar "tannie juwele" genoem het - Flossie Kitshoff was baie klein en het gepraat van "tannie muvele". So kuier Ounie by Mariëtte en verspot soos hulle was, het hulle iets oor Crena gesê. Toe draf Flossie gou na Marianne toe en sê: "Mamma moet kom hoor, Ounie en Mariëtte skinder op tannie Muvele se rug!"

Crena was baie betrokke by haar kerk en het Kinderkrans gegee. Die dag was die kinders weer uit hul nate en om hulle aandag te kry, het sy vir hulle vertel dat sy 'n miskruier in oom Danie se sokkie gekry het. Toe hulle by die huis kom, sê Mariëtte: "Mamma, Mamma, tannie Crena het 'n miskraam in oom Danie se sokkie gekry." Dié twee insidente het haar laat kraai van die lag - dit was Crena. Dankie vir die wonderlike juffrou, vriendin en maat wat jy vir ons en ons kinders was. Ons salueer jou vir wie en wat jy was. Dié seder het nie geval nie, dit is net verplant. Baie sterkte aan die kinders en kleinkinders. God sal julle vertroos. Van al jou Pools Pelle

Hanlie Linde

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (voertuig en residensieël)

Herstel, Installasie en Hergas

Kontak:

Henk Pieters 071 583 6164 E.mail [email protected]

So, wat gaan jy hierdie jaar doen vir Mandeladag? Madiba verjaar 18 Julie en die gebruik het in 2008 ontstaan dat elkeen wat kan 67 minute van hul tyd gee om die gemeenskap te dien ter viering van die 67 jaar wat Nelson Mandela van sy lewe gegee het in die stryd vir menseregte. As jy nog nie jou eie projek het nie, nooi ek graag al die Piketbergers om betrokke te raak by Piketberg dorp se projek. Ons beplan om van die groot oop sloot in Wyk 4 ‘n ordentlike park te maak. Dis ‘n gesamentlike projek van alle gemeenskappe in Piketberg en ons wil op 18 Julie 2013 almal se kragte bymekaar gooi om ‘n groot verskil te maak. Ons het reeds 50 olyfbome geskenk gekry, Cobis Wilson het aangebied om vir ons die park te ontwerp, die wyksraadsheer, Ray van Rooy en sy wykskomitee is betrokke. Ons is ook be-sig om verdere borgskappe te bekom. Maar ons soek hande. Jou hande! Die Munisipaliteit nooi graag alle or-ganisasies om betrokke te raak. Kom ons daag in ons honderde op en maak ‘n sigbare verskil. Ons gaan die area skoonmaak (hiermee kan beide skole ons help), bome plant, die vleiland herstel, bankies en asblikke insit en die gemeenskap betrek om na die tyd eienaarskap van die park te vat. Die Munisipaliteit gaan geld, mense-krag en hope energie hier instoot om ‘n blywende verskil te maak. Ons nooi die skole, landbouverenigings, banke, kerke, besighede, polisie, gevangenisdiens en enige or-ganisasie om hul gewig en energie hierby in te gooi. Dit gaan nie net ‘n groot verskil in ons gemeenskap maak nie, maar dit gaan ook heerlik wees om mekaar beter te leer ken en saam te werk! Skakel asb my kantoor by 022 913 6011/2 voor 10 Junie 2013 om deel te wees hiervan of skakel vir Cobis Wilson by 083 2844 684 as jy enige materiaal, bome, klippe of masjinerie kan borg. Ons sal die projek so bestuur dat elke organisasie hul korporatiewe drag kan dra, erken-ning kan kry en genoeg foto’s kan neem om die dag on-vergeetlik te maak. Daar is meer inligting oor Mandeladag by www.mandeladay.com. Ek sien uit om van u te hoor! Kom maak ‘n verskil. Jy kan!

Page 7: Piketberger Jun Part 1

7

Heerlike “chicken strips” vir slegs R20.95 Elke dag beskikbaar

Onthou Maandae ons Busta burger “special”.

Koop een kry een gratis.

Maak nie saak wanneer u honger raak nie, ons is hier 24 uur per dag.

Total Winkelshoek Tel 022 913 8006

Page 8: Piketberger Jun Part 1

8

022-913 2646

WEN ELKE DAG PRYSE

10 EENHEID KONTRAK

5 EENHEID KONTRAK

MAANDELIKS ETE BY SPUR

DANKIE VIR U VOLGEHOUE ONDERSTEUNING

Kontakpersoon: Nico Basson 022 912 4969 of 078 311 6034

of [email protected]

Lugballondroom verwesenlik Na ‘n lang wag van meer as ‘n jaar kon ons, Milda Lam-brechts, Helma Kotze, Mercia Cronje en Maatjé Coetzee uiteindelik op Saterdag 20 April ons droom verwesenlik en vir een uur en tien minute ‘n lagballonvaart geniet en wat ‘n ervaring was dit nie. Toe ons ongeveer 06:30 by ‘n kaal land op die plaas Die-merskraal, tussen Paarl en Malmesbury, aankom was dit nog donker en kon ons mekaar skaars herken, maar ge-leidelik het dit ligter geword en kon ons die son sien op-kom toe ons alreeds in die lug was. Deel van die ervaring was om te help om die ballon van 22m lank vlieggereed te kry en agterna weer te help om dit op te vou en te verpak, wat ‘n werk! Tussendeur is ons ook ingelig oor die tegniese aspekte en dat daar vier ton lug in die ballon is met opstyging en dat die mandjie alleen 85kg weeg. Op ‘n maksimum hoogte van 700m lyk Zebraskop som-mer baie naby en Tafelberg onbeskryflik mooi. Om egter ongeveer 1m bokant ‘n plaasdam se watervlak te sweef en ‘n klomp flaminke te sien wat soos ‘n groep trompop-pies in gelid marsjeer, bly ‘n onvergeetlike voorreg. Deel van die ballonvaart tradisie is ‘n sjampanje-ontbyt agterna. Ons het ons s’n by die Grande Roche in die Paarl geniet.

Hierdie vier dames, Helma Kotze, Maatjé Coetzee, Milda Lambrechts en Mercia Cronje kon toe uiteinde-

lik nommer een op hul ‘Bucket List’ afmerk toe hul droom van ‘n lugballonvaart verwesenlik is. Perfekte

weersomstandighede na meer as ‘n jaar se wag, goeie geselskap en siedaar, ‘n dag om diep binne in

hul harte te bêre. Foto’s: verskaf

Page 9: Piketberger Jun Part 1

9

Onthou die datum 12 Oktober Zebrafees

Changing Lives besoek Piketberg Museum

Op 24 April het 'n vrolike Changing Lives groep onder leiding van Lucille Domburg, die Piketberg Museum besoek. Saam is daar lekker gesels en staaltjies oor

mense en plekke uit die dorp se ge-skiedenis uit-geruil. Tussendeur is daar 'n verjaarsdag gevier en is

alles met 'n tee afgesluit. Foto: Elizabeth Coetzee

PIKETBERG LIONSKLUB

PIKETBERG, PORTERVILLE en EENDEKUIL

TELEFOONGIDS Hiermee weereens net ‘n kort opdatering oor die vordering met die Lions Telefoongids, en ‘n dringende versoek aan ons adverteerders. Ons het onlangs ‘n “draft’’ van die nuwe voorblaaie in volkleur laat druk en was aangenaam verras - dit lyk baie mooi en nogal ................wel, kleurvol! Ons is in die proses om die 200 plus advertensies deur die adverteerders goedgekeur te kry en die fakture daarvoor uit te stuur. Ons wil graag ‘n beroep doen op al ons adverteerders om asseblief so gou as moontlik op ons e-posse en fakse te reageer, en om die nodige oorbetaling so gou as moontlik te doen. Dit veroorsaak net onnodige vertragings as ons die boodskappe vir ‘n tweede of derde keer moet uitstuur. Baie dankie aan almal wat reeds hulle advertensies goedgekeur en betaal het, en weereens dankie aan almal vir julle ondersteuning. Kontakbesonderhede: E-pos: [email protected]

Faks: 086 518 7078

Selfoon: Johan: 083 236 7556 Joan: 084 466 4269

Page 10: Piketberger Jun Part 1

10

Minimax Vervoer

Ons vervoer enigiets van trekkers, implemente, beams, bins, palette, stene, kafbale, meubels, sement,

losmaat asook bourommel en vullisverwydering.

Te huur vir bestuursoefenlesse en uitpassering (kode10 /C1)

Deelvragte ook beskikbaar

1x 8 ton trok en Ligter voertuig met sleepwa

André Yardley 079 994 5435

Gedurende die negentiende eeu was daar geen banke in Piketberg nie. Eers in 1904 is 'n tak van die ABC-Bank geopen met mnr Louw as bestuurder. Dit het later Stan-dard Bank geword. Ongeveer dieselfde tyd het 'n Trust-maatskappy tot stand gekom, die sogenaamde "Orphan Chamber" of Weeskamer. Piet Olthoff was die bestuur-der. Dit het later die Eksekuteurskamer geword en nog later Boland Bank. In 1920 het nog 'n handelsbank, die Nasionale Bank, tot stand gekom, met mnr Bosch as bes-tuurder. Dit het later deel van Barclays Bank geword. Nedbank Piketberg het op 2 Mei sy deure geopen in 'n splinternuwe gebou in die Piquetberg Mall in Langstraat.

Die splinternuwe Nedbank gebou in die Piquet Mall.

Die eienaars van die Piquetberg Mall, Dean en Tanya Jankielsohn, by Anton Paterson, Streeksverkoop-

bestuurder van Nedbank en Mienie Scholtz, Takbestuurder van Nedbank Piketberg.

Mienie Scholtz knip die lint. Foto’s: Marietha Goosen

Die personeel van Nedbank Piketberg is agter Margaret Beukes, Anthea Grace, Gaynor du Toit,

Hendrie Fourie, Erika Bredenkamp en Mariaan Smit. Voor is Gert Dietrich, Alita Hanekom en Mienie

Scholtz, met Kobus Lubbe, Takbestuurder op Vreden-burg, by hulle. Kobus het die Areabestuurder, Amina

Saliem, verteenwoordig.

Klavierstemmer

Stem, herstel, koop, verkoop en restoureer klaviere.

‘n Klavier moet minstens 1 keer per jaar gestem word.

Kontak Wessel de Beer 023 232 0422 of 082 704 3276

Opgelei te Worcester.

Nedbank open in Piquetberg Mall

Page 11: Piketberger Jun Part 1

11

produkte is die volgende:

pasiënte

Moenie afgegooi word deur ons nuwe lae-lae pryse nie!

Promosies: Kry gratis multifokale (wit lense) met aankoop van multifokale

Transitions bril. Hierdie tweede bril is oordraagbaar aan volgende persoon en kan ook ‘n gratis tint op kry.

Kry gratis Guess beursie met die aankoop van Guess raam. Spesiale afslag vir groepe en pensioenarisse. Kry gratis enkelvisie bril met die aankoop van jaar se voorraad

kontaklense.

Alle mediese fondse en weermaglede welkom. Alle bank-, Edgars– en Jetkaarte word aanvaar.

Tel. 022 913 1747

Dr. Neels Hattingh René vd Westhuizen Dr. Christa Joubert Madelene Nelson Gerty Coetzee

PIKETBERG SEDERT JANUARIE 2006

HATTINGH OOGKUNDIGES

PIKETBERG

HATTINGH OOGKUNDIGES - nog altyd vriendelik en tot u diens. Dankie vir u getroue ondersteuning.

Page 12: Piketberger Jun Part 1

12

Passiespel in dorpstrate opgevoer Sowat 600 mense het die eerste openbare Passiespel op Piketberg meegemaak. Alida Lintnaar, ‘n inwoner van die dorp, vertel dat sy drie jaar gelede besef het “die Here het ‘n droom in my hart geplaas”, naamlik om die Passiespel te hou. Twee jaar lank is dit in hul Kerk aangebied tot Alida besef het sy wil dit graag na die strate van Piketberg neem om die “boodskap van Jesus meer dinamies uit te dra”. “Alles het net reg verkoop,” vertel sy. Toe sy die kerk-leiers kontak, het mense se harte oopgegaan en sewe kerke het ingestem om deel te neem. Die organiseerders het ook ‘n massakoor van sowat 70 lede saamgesel wat baie lekker gesing het. Hulle het befondsing nodig gehad, maar het intussen vol vertroue voortgegaan. Die groot Nagmaalsete is deur Winkelshoek en Spar moontlik gemaak. Die gemeenskap het ingespring en gehelp baniere verf en klere maak. “Ons is dankbaar teenoor almal en beoog om dit ‘n jaar-likse instelling te maak met die ondersteuning van die plaaslike toerismeburo en organisasies. Dit was ‘n godde-like oomblik en die Here het ons dorp besoek,” het ‘n be-geesterde Alida gesê. Die organiseerders is ook bereid om die Passiespel op ander dorpe op te voer. Belangstellendes kan Alida Lint-naar skakel by 082 266 6499.

Alida Lintnaar wat haar droom van ‘n Passiespel vir die hele dorp tot uit-

voer gebring het.

Die vrou wat aan bloedvloeiing gelei het.

Die vermeerdering van die brode.

Foto’s: Marietha Goosen

Die droom om Piketberg 'n skoon dorp te maak, het pas vlam gevat toe 'n inwoner van Asterstraat, Ora Turner, die inisiatief geneem het om al die inwoners van Asterstraat te betrek by die projek. Ora het vier groot be-sems by die Bergrivier Munisipaliteit gaan vra en die kinders in die straat sal op 'n weeklikse basis roteer om die straat en sypaadjie te vee. Ora onderneem om elkeen 'n kans te gee om op dié manier 'n sakgeldjie te verdien - iets wat sy uit haar eie sak gee. Die inwoners van Aster-straat sal binnekort blom oor hulle skoon omgewing

Skoon dorp droom

Op die foto is agter Ora Turner, wat die inisiatief neem in Asterstraat en Hendrik Krohn en Jakkie Strümpher van die Bergrivier Munisipaliteit. Die

kinders is Danika van Wyk, Mishé Baadjies, Keanu George, Britino Dreyer, Clayton van Wyk, Nathan Joubert, Bronwen Davids, Requal Cloete, Wiohné

Turner en Eduwaan Swarts. Foto: Marietha Goosen

VACANCY INTERMED. / SENIOR

TEACHER Teaching experience essential. Please forward

a concise CV with relevant informa-tion reflecting recent experience and activities. The applicant should be of Christian faith, devoted to the calling of teaching and be qualified in either Maths, English or Science.

Please email CV to: [email protected] or contact

Deidre Swart (8vm-1nm) on 022 913 1886.