die piketberger

28
Jaargang 20 Nr. 2 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Lees binne Boodskap van Munisipale Bestuurder...p6 Piketberg Museum Beste in Wes-Kaap...p9 UNISA mobiele biblio- teek...p11 Bo 90’s in Huis AJL...p14 David skenk 152ste pint...p15 Steynville se Gr R’s...p22 PHS Atletiek Trofeewen- ners...pp24, 25, 26 www.piketberg.com R2,00 Maart 2013 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] Rekord spat na 33 jaar Bendert Smit met die trofees wat hy gewen het by PHS se kleure atletiek. Hy is ook die Hoërskool Victor Ludorum vir 2013. Hy is die nuwe rekordhouer in die 400m S15 en het by die Hoërskool Platteland byeenkoms die 100m hekkies S15 rekord verbeter. Foto: Marietha Goosen Bendert Smit het geskiedenis ge- maak toe hy ‘n nuwe rekord in die 400m S15 opgestel het. Vir die af- gelope 33 jaar staan die naam van Archie Steyn in die rekordboeke. Archie, voormalige hoofseun van PHS en tans sakeman in die Kaap, was aan- genaam verras toe Die Piketberger hom inlig oor sy jarelange rekord wat pas verbeter is. Hy het nie besef dit het so lank gestaan nie. Die 400m is nie eintlik Bendert se item nie, hy het dit “sommer vir die lekker” gedoen. Archie Steyn, sedert 1980 die 400m S15 rekordhouer. Foto verskaf

Upload: piketberg-tourism

Post on 10-Mar-2016

349 views

Category:

Documents


10 download

DESCRIPTION

Community Newspaper

TRANSCRIPT

Page 1: Die Piketberger

1

Jaargang 20 Nr. 2 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

Lees binne Boodskap van Munisipale Bestuurder...p6 Piketberg Museum Beste in Wes-Kaap...p9 UNISA mobiele biblio-teek...p11 Bo 90’s in Huis AJL...p14 David skenk 152ste pint...p15 Steynville se Gr R’s...p22 PHS Atletiek Trofeewen-ners...pp24, 25, 26

www.piketberg.com

R2,00 Maart 2013

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

022 913 1939 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

Rekord spat na 33 jaar

Bendert Smit met die trofees wat hy gewen het by PHS se kleure atletiek. Hy is ook die

Hoërskool Victor Ludorum vir 2013. Hy is die nuwe rekordhouer in die 400m S15 en het by

die Hoërskool Platteland byeenkoms die 100m hekkies S15 rekord verbeter.

Foto: Marietha Goosen

Bendert Smit het geskiedenis ge-maak toe hy ‘n nuwe rekord in die 400m S15 opgestel het. Vir die af-gelope 33 jaar staan die naam van Archie Steyn in die rekordboeke. Archie, voormalige hoofseun van PHS en tans sakeman in die Kaap, was aan-genaam verras toe Die Piketberger hom inlig oor sy jarelange rekord wat pas verbeter is. Hy het nie besef dit het so lank gestaan nie. Die 400m is nie eintlik Bendert se item nie, hy het dit “sommer vir die lekker” gedoen.

Archie Steyn, sedert 1980 die 400m S15 rekordhouer.

Foto verskaf

Page 2: Die Piketberger

2

Redaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R95 vir 11 uitgawes (Mei tot April) per pos in RSA en R145 per jaar vir 11

uitgawes na die buiteland. (Nuwe intekentariewe vanaf April.)

Redaksie ([email protected])

Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796;

Advertensies: [email protected] of sms 079 496 2719

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R435 Halfblad: R295

Kwartblad: R195 Agsteblad: R130

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Slaap en Opstaan ‘n Kleurryke karakter in Piketberg, met wie ek graag gesels as ons mekaar raakloop, het so ‘n lekker sê. Hy sê: “Ek is nie ‘particular’ oor waar ek aan die slaap raak nie, maar ek’s ‘particular’ oor waar ek wakker word!” Daarop wil ek nou sê: “Vatso, want dit sê so baie”.

Mense sê graag, ag slaap sommer oor. My pragmatiese brein wonder dadelik hoe privaat ek gaan wees, hoe hewig sal die badkamer verkeer wees, het ek ‘n haardroeër tot my beskikking en hoe werk die oggend ritueel? Dis nou in die geval van onbeplande oorslape. Met verloop van tyd het ek so lief geraak vir my eie bed dat onbeplande oorslape nie juis gebeur nie. Ons is ook, vanweë ons werksprogram, geprogrammeer om huis toe te kom, of dit nou is ná ‘n troue, ná ‘n vertoning, ná ‘n kuier of wat ook al — huis het “hawe” geword en eie bed ‘n ‘veilige vesting’. Hierdie praktiese tema van ‘gaan slaap’ en ‘opstaan’ word gebruik in Deut 6 waar Moses die volk leer oor hulle gehoorsaamheid aan God se ge-booie — in vers 7…”jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.” Altyd wanneer ek dit lees of daaroor nadink sien ek die prentjie van ‘huis’ en ‘veilig wees’. Met my hele hart wens ek vir elkeen ‘n ‘veilige vesting’ waar dit ‘n goeie plek raak om oor God se gebooie te praat (leef, wys, demonstreer) as jy gaan slaap en as jy opstaan. En die Woord belowe dat dit by die kinders sal bly...selfs in die tye tot en met hulle “uitfigure” waaroor hulle ‘particular’ is. Marietha

Betrekking Aangebied Iemand gesoek om na twee bejaarde persone op

Piketberg om te sien sowel as om ligte huistakies te ver-rig, gedurende die dag en nag.

Meer volledige omskrywing van pligte asook salaris sal tydens ‘n onderhoud bespreek word.

Ondervinding nie ‘n vereiste nie. Verblyf en alle etes ingesluit.

Persone wat belangstel kan hul CV of kontak-besonderhede faks na 086 619 7287.

Halfdag huishulp, 3 dae per week. Moet kan stryk en kook.

Geen naweke. Kontak asb 082 780 8698

Te Koop

Bank wat oopvou tot dubbelbed te koop R2 500,00 onderhandelbaar

Elsabe Louw 022 913 1629 of 084 205 7171

Huishulp soek werk vir een dag in die week. Baie goeie verwysings. Skakel 072 9546 564

Water koeler te koop Convair (vervaardig in Australië)

Prys R800,00 (nuut R3 500,00) Skakel 072 9546 564

Betrekkings Aangebied

BETREKKING: ONDERWYSER/ES

Piketberg Christian School beskik oor ‘n

betrekking vir ‘n Gr 4-9 gekwalifiseerde onderwyser/es.

Stuur asb CV na [email protected] of kontak Deidre Swart (8vm—1nm) by

022 913 1886.

Viool en Fluit by Plaasmark Baroque, klassiek en jazz sal die lug vul by die volgende plaasmark op Kruistementvlei, Piket-Bo-Berg wanneer twee musikante van die orkes Keys & Strings hul talente op die verhoog langs die hoenderhok kom vertoon. Die mark is Saterdag 23 Februarie van 09:00 tot 12:00. Benewens goeie musiek is daar ook die belofte van goeie geselskap en interessante verkope om in elkeen se smaak en sak te pas. Kom geniet ‘n oggend onder die akkerbome en verfris jou sintuie. Toegang is gratis. Vir meer inligting kontak Riëtte Bryant by 022-914 5652.

Page 3: Die Piketberger

3

Vriendelike diens gewaarborg

Kerkstraat 45 Piketberg

022 913 3903

Lux 100g

Sweets Mania

R16-80

R9-45

Zoom koeldrank 200ml x 12

R9-49 Fyn sout 500g

R4-99

Sunlight liquid 400ml

R7-99

Ilovo Suiker 1kg

Smoothies 72’s

R9-99 R1-20

Strawberry Koekies 150g

R3-60

Cresta Rys 500g Terwyl voorraad hou

Page 4: Die Piketberger

4

Klere vir die vrou met eksklusiewe

smaak

Winkel 022-913 2418

022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787 082 921 1977

Hoender met noedels en spinasie

1 heel hoender 500ml rou noedels 300g-pak spinasie 15ml kookolie 125g swoerdlose streepspekvleis, gekap 250ml gerasperde cheddarkaas 250ml vars room Voorverhit die oond tot 180°C. Kook die hoender tot gaar, ontbeen en sny in kleiner stukkies. Kook die noedels tot sag en dreineer goed. Sny die spinasie in kleiner stukkies en kook tot sag. Dreineer en hou eenkant. Verhit die olie in ‘n swaarboompan en soteer die spekvleis liggies. Meng die hoender, noedels, spinasie en spekvleis in ‘n groot, oondvaste bak en sprinkel die kaas en room bo-oor. Bak 30-40 minute lank. Sit voor met vars slaai. Lewer 4 — 6 porsies.

Kekkel & Kraai

Langstraat 79, Piketberg

022 913 2297

Uitverkoping op somersklere en skoene.

Nuwe voorraad handsakke en

juwele beskikbaar!

VLIEG! Met 'n baie swaar hart, klomp trane en twee seuntjies het ek en my bagasie Julie 2004 in die huis-aan-die-berg-se-voet ingetrek. Ontredderd tussen al die bokse en geel-en-groen mure, het die huis gou-gou 'n blou huis geword waar net liefde en vrede, en baie musiek tussen die mure rond dartel, en Piketberg het sy hart en arms vir ons oop-gemaak, ons styf vasgedruk om ons nooit te laat los nie. Deur kanker en egskeiding,

trane, kinders grootmaak, konserte hou en musiek/drama/sang/kitaar klasse gee, het Piketberg se mense lojaal en liefdevol gebly en hul huise en harte altyd oop vir ons drietjies. Maar daar kom mos 'n tyd wat die klein voëltjies die nes begin verlaat, en vlieg na ander plekke, en dis mos ook soos dit hoort. So het eers die een, en toe die ander een deur PHS gegaan en die wêreld in. En nou is dit die ma se beurt om te vlieg. Ek moet eers vir BLOU-HUIS groet, en ek weet BLOU-HUIS gaan baie trane hê, so fluister maar 'n troos-woordjie as jy verby ry, maar ek weet ook hier kom weer mense bly met baie liefde in hul harte, so BLOU-HUIS sal weer gelukkig raak. Vriendskappe verloor mens mos nooit - dit bly, al woon jy ook waar. En die omgee en liefde wat ek, Jacques en Juan hier in Piketberg gekry het, en met elke kuier hier weer sal kry, sal ons altyd in ons harte saamdra. Ons spore gaan hier bly lê, so gaan ook al die kinders wat ek bevoorreg was om te onderrig, se liefde en vriendelikheid in my gedagtes bly lê. Dankie , Piketbergers, vir so baie - my woorde is te min. God se genade is groot.

Magdaleen en haar seuns, Jacques en Juan.

Liewe Magdaleen, in die nege jaar op Piketberg het jy talle mense se lewens aangeraak, verander, verryk en verruim met jou gawes en talente wat jy so mildelik gedeel het. Jy het gesing, gespeel en geskryf en ons elke keer verwonderd gelaat! Jou jarelange rubriek in Die Piketberger het die lesers die geleentheid gegee om deur jou positiewe bril na die lewe te kyk. “Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart.” - Red.

Page 5: Die Piketberger

5

Page 6: Die Piketberger

6

Klavierstemmer

Stem, herstel, koop, verkoop en restoureer klaviere.

‘n Klavier moet minstens 1 keer per jaar gestem word.

Kontak Wessel de Beer 023 232 0422 of 082 704 3276

Opgelei te Worcester.

Die Munisipaliteit wil graag meer effektief kommunikeer met die gemeenskap in Bergrivier en be-dank Die Piketberger vir hierdie geleentheid om dit maandeliks in hierdie kolom te kan doen. Maar ons wil nie net praat nie, maar ook luister en saam dink en beplan. Ons is tans hard besig om die begroting vir 2013/2014 voor te berei en die Raad sal ‘n konsep begroting goedkeur aan die einde van Maart 2013 wat oop is vir publieke deelname tydens April. Die publiek word aangemoedig en uitgenooi om van hulle te laat hoor. Kry ‘n afskrif van die begroting in jou naaste biblioteek of op ons webtuiste (www.bergmun.org.za) en laat ons hoor wat jy voorstel. Dit raak ons almal immers direk. ‘n Munisipaliteit bestaan uit drie gelyke vennote naamlik die Raad, die Administrasie en die Publiek. Vir Bergrivier Munisipaliteit om 100% te funksioneer moet al drie hierdie vennote hul rol ten volle vervul. My waarneming is dat die publiek in Bergrivier nog ‘n bietjie stil is en nie ten volle deelneem aan Munisipale aangeleenthede nie. Daarom bedank ons graag die 138 organisasies en individue wat reeds geregistreer het vir ons sektorale gesprekke. Dit is hier waar ons netwerke gaan bou, gesamentlike beplan-ning gaan doen en saam ons toekoms bepaal. As jy nog nie geregistreer het nie, doen dit so gou as moontlik. Kry ‘n registrasievorm op ons webtuiste, of stuur ‘n e-pos aan [email protected] of kontak ons by 022-913 6011. Tydens die waterkrisis in Piketberg van 21 – 25 Januarie 2013 het ons besef hoe belangrik dit is dat ons met die hele dorp effektief moet kan kommunikeer. Indien jy nie sms’e van die Munisipaliteit ontvang het nie, is jy nie geregistreer op ons sms databasis nie. Stuur asb jou sel-foonnommer per e-pos aan ons na [email protected] of kom loer in by my kantoor in Kerk-straat. Soek ons ook op Facebook as “Bergrivier Munici-

pality” en ons blad om meer inligting te kan kry oor alles wat in die Munisipale area aangaan. Laastens bedank ek graag weer elke inwoner vir hul geduld en positiewe hantering van die waterkrisis in Piketberg. Dit is nou ten volle opgelos en ek het ‘n onafhanklike ondersoek laat doen deur Provinsiale Regering oor die oorsake. ‘n Senior Ingenieur het op 4 Februarie 2013 begin met die ondersoek. Sodra die verslag beskikbaar is, sal dit gepubliseer word.

Uit die kantoor van die

Munisipale Bestuurder...

Tuinbouklub Nuus Die Tuinbouklub het die organiese tuin van Garry Frasca tussen Piketberg en Koringberg besoek. Hulle het geproe aan die heerlike produkte wat hy en sy vennoot, Nicky, van chillies maak, asook die verskillende Khoisan handgeoeste seesout en ander speserymengsels. Hulle het ook geruik aan aromatiese olies, en elke lid het ‘n geskenkpakkie van Vichy skoonheidsprodukte ontvang. Hulle kon ook die teddiebere en laslappiedekens besigtig wat Nicky Robberts maak.

Garry Frasca, Jackie Ferguson, wat verantwoordelik was vir die reël van die uitstappie en Nicky Robberts.

Onder is die Tuinboulede wat Garry en Nicky besoek het. Foto’s verskaf

Die volgende Tuinbouklub vergadering is op Woensdag 6 Maart in die biblioteeksaal. Tee word bedien vanaf 09:00 en die vergadering begin om 09:30. Gaste welkom, hulle moet egter voor die tyd met Katinka Morrison, 082 829 6918 reël aangesien die vergadering die vorm van ‘n werkswinkel aanneem en daar sekere artikels benodig word. Die Tuinbouklub sal dit voorsien, daarom is getalle belangrik. Lede wat in Oktober 2012 die SAFU kongres bygewoon het, demonstreer aan die vergadering wat hulle by die werkswinkels geleer het. Die lede gaan ook die geleentheid kry om ‘n ontwerp te maak wat hulle kan saamneem huis toe.

Page 7: Die Piketberger

7

Page 8: Die Piketberger

8

Stuur jou troufoto’s na diepiketber-ger@gmail.

com

Ons plaas dit graag!

David en Myrtle Steenkamp het op 2 Februarie 1963 getrou en vier vanjaar hul 50ste huweliksherdenking. “50 jaar gelede beloof om saam opdraend te trek en

gelykpad saam te draf—nou rem ons afdraend saam.” Alle eer aan ons Hemelse Vader en die liefde en by-

stand van ons kinders. Foto verskaf

50ste Huweliksherdenking

Nuwe Sekretaresse by Huis AJL

Esmé Steenkamp is pas aangestel as sekretaresse by Huis AJ Liebenberg. Sy is oorspronklik van die Kaap, maar woon tans op Porterville. Esmé geniet haar werk terdeë, aange-sien sy ‘n liefde vir die ouer persone het en met haar goed ontwikkelde humorsin kan sy die wysheid en kwinkslae van die grysheid waardeer

Huis AJ Liebenberg Beheerraad

Voor is Ezette Mouton, Elsabé Liebenberg (voorsitter) en Ina Kotzé. Agter is Japie le Roux, Angeline Engel-

brecht, Alida Lintnaar en Hannes Lambrechts. Afwesig Attie van Breda. Foto: Marietha Goosen

Jaco Louw van

Piketberg en Elvira

McDonald het ewige trou aan mekaar beloof op 19 Januarie

te Laatson, Porterville.

Foto:

Phillip Crous Photography

Somer Troues

Esmé Steenkamp Foto: Marietha Goosen

Nadine Kankowski van Piketberg en Kobus Jacobs van Mariental is op 15 Desember te Org de Rac

getroud. Die paartjie het hulle gevestig op Windhoek, waar Kobus ‘n ingenieur by Burmeister is en Nadine

‘n grondslagfase onderwyseres by Pionier Park. Foto: Vanessa de Villiers

Stap vir KANSA Walk of Life — 23 Maart — Scheppie Saus

Inskrywings vanaf 07:00. R60,00 per persoon - potjiekos ete, tuisgebakte brood en konfyt, koffie, tee en sap in-

gesluit. Trekker en wa rit beskikbaar vir die wat nie kans sien vir die stap nie. Spreker: Jessica Vermaak

Kontak: Danie Smit 083 233 7772 Annatje Smit 083 460 4051 of 022-942 1848,

Ina Janse van Rensburg 082 823 0393 of 022-962 1781

Page 9: Die Piketberger

9

Minimax Vervoer

Ons vervoer enigiets van trekkers, implemente, beams, bins, palette, stene, kafbale, meubels, sement,

losmaat asook bourommel en vullisverwydering.

Te huur vir bestuursoefenlesse en uitpassering (kode10 /C1)

Deelvragte ook beskikbaar

1x 8 ton trok en Ligter voertuig met sleepwa

André Yardley 079 994 5435

022-913 2646

WEN ELKE DAG PRYSE

10 EENHEID KONTRAK

5 EENHEID KONTRAK

MAANDELIKS ETE BY SPUR

DANKIE VIR U VOLGEHOUE ONDERSTEUNING

Piketberg Museum Wes-Kaap se Beste

Piketberg Museum is op 11 Februarie in Kaapstad aangewys as Wes-Kaap se Beste Museum 2012/13. Dié gesogte toekenning is deur Andrew Hall : Direkteur Er-fenis Wes-Kaap aan Elizabeth Coetzee oorhandig. Die toekenning is uitgereik deur die Wes-Kaapse Departe-ment van Sport en Kultuur. Met dié spogtoekenning het hulle die ander twee genomineerdes uitgestof. Dit kon nie maklik gewees het nie, aangesien Piketberg Museum te staan gekom het teen die Drostdy Museum op Swellen-dam en die Togryers Museum op Ceres. Presies hoe en deur wie die evaluering plaasgevind het, is nie bekend nie, want sê Elizabeth Coetzee, kuratrise: “Dit kon eni-geen van die baie daaglikse besoekers aan die Museum wees wat ‘n ogie kom gooi het en wat soos elke ander besoeker ontvang is…” Wat veral in die Museum se guns tel, is die interessante permanente uitstalling in die Sinagoge met die verduide-likende boekie daarmee saam wat in 2012 bekendgestel is. Dit is die produk van uiters harde werk deur Pieter Schonees, die teksskrywer en Linda Bester, die grafiese ontwerper. Hierdie kleurvolle, maklik-lees-boekie is in 2012 vereer met ‘n SAMA-toekenning en is by die Mu-seum te besigtig en te koop. ‘n Verdere aspek om op trots te wees is dat beide die uitstalling en die Museumkomitee verteenwoordigend is van die hele Piketberg gemeen-skap. Roché du Toit, Sannie Klaase en Elizabeth Coetzee be-dank almal wat oor baie jare die Museum sigbaar, tas-baar, interessant en relevant gemaak het by wyse van

Elizabeth Coetzee, museumbestuurder, Sannie Klaase, voorsitter Piketberg Museumkomitee en

Roché du Toit, voormalige kuratrise en tans onder-voorsitter Piketberg Museumkomitee, by die

gesogte trofee. Foto: Elsabé Kankowski

stories, artikels, foto’s, items en skenkings (materieel en finansieel). Die gemeenskap van Piketberg en omgewing is onoortreflik. Ook ‘n spesiale dankie aan elkeen wat ‘n termyn of meer op die komitee gedien het—julle tyd, liefde en insette word opreg waardeer en werp vrugte af. ‘n Opregte dank aan Bergrivier Munisipaliteit vir die emosionele en finansiële ondersteuning. Roché en Eliza-beth dink ook steeds in liefde en met deernis en waarde-ring aan diegene wat nie meer met ons is nie, maar wat ‘n verskil gemaak het.

Page 10: Die Piketberger

10

FJS Finansiële Dienste

se kantoor het aan die begin van Januarie verskuif van Langstraat 101 na

Voortrekkerstraat 97, Piketberg. Benewens gewone rekenmeestersdienste en die voltooiing en indiening van BTW– en be-lastingopgawes lewer FJS Finansiële Dienste ‘n wye reeks dienste op die gebied van korpo-ratiewe en persoonlike finansiële beplanning. Dit sluit in: Belasting– en beleggingsbeplan– ning, boedelbeplanning en boedelbereddering. FJS Finansiële Dienste lewer ook ‘n profes-sionele eiendomsbeplanningsdiens wat die waardasie van vaste eiendomme insluit. Vir enige navrae kan Frikkie Strauss gekontak

word by: Tel. 022-913 2391 of Sel 082 493 3785 of ge-epos word na [email protected]

Volledige besonderhede van FJS Finansiële Dienste se dienste verskyn

by WWW.WAARDESKEPPER.CO.ZA

Mnr en Mej Valentyn

Op Valentynsdag by PHS is Chris Smith en

Macey Naidoo gek-roon as Mnr en Mej

Senior Valentyn (foto links) en PJ Rauten-

bach en Pamela Booys as Mnr en Mej

Junior Valentyn. Foto’s: Marietha

Goosen

PHS se VRL Huishulp Tee

Leah Pedro, Anna Mentoor, Martha Dirks en ‘n vriendin by PHS se VRL Huishulp Tee.

Links: Vir so ‘n bietjie

meer as ‘n uur kon huishulpe, uitgevat

en opgedollie, terugsit vir ‘n heer-like tee by PHS en ‘n interessante en

vermaaklike program.

Foto’s: Sanet Ackermann

Page 11: Die Piketberger

11

Unisa Mobiele Biblioteek

UNISA het ‘n pragtige UNISA biblioteek bus wat elke maand ‘n hele roete ry om ‘n diens aan sy studente te verskaf. Een keer ‘n maand stop die bus hier in Piketberg, op die parkeerterrein van L.B. Wernich biblioteek (langs die kliniek). Alle UNISA studente kan boeke kom uitneem en dit dan weer die volgende maand teruggee. Boeke kan ook voor die tyd aangevra word by die UNISA biblioteek en ook bespreek word vir jou. Daar is baie gawe bibliote-karisse op die bus om jou te help. Hierdie is ‘n wonderlike diens tot by jou voordeur, maak gebruik van hierdie ge-leenthede en dit sal verseker jou studies help. Die bus sal Piketberg besoek op die volgende dae hierdie jaar: 19 Maart, 16 April, 21 Mei, 18 Junie, 16 Julie, 20 Augustus, 17 September, 22 Oktober en 19 November. Op daardie dag moet alle boeke ingegee word. Vir enige navrae kontak UNISA by 021-936 4179.

UITNODIGING VAN

PIKETBERG LIONSKLUB

PIKETBERG, PORTERVILLE en EENDEKUIL

TELEFOONGIDS [6e (en laaste) Versie]

Die afsny-datum vir advertensies, sowel as nuwe / veranderde inskrywings, is 28 Februarie 2013, aangesien ons glad nie kan begin met die

samestelling van die Gids totdat ons nie alle advertensies en ander inligting reg het nie.

Indien u nog ‘n advertensie wil plaas, kontak ons asseblief, verkieslik per e-pos of faks, of anders per telefoon, voor bogenoemde datum. Soos voorheen genoem, werk ons van die 2011/2012 Telkom Gids as ‘n basis. Indien u besonderhede daarin foutief is (en daar is baie foute), of as u net ‘n selfoon het en die nommer in ons Gids wil hê, kontak ons asb., verkieslik per e-pos of faks, of anders per telefoon. Dankie aan almal wat al laat weet het van veranderinge of nuwe inskrywings wat gedoen moet word. Kontakbesonderhede: E-pos: [email protected] Faks: 086 518 7078 Selfoon: Johan: 083 236 7556 Joan: 084 466 4269

Page 12: Die Piketberger

12

Toe het Piketberg geen water... Adene Koch skryf…

Wat nou gemaak? Stelselmatig soos die toedrag van son-der-water-wees in jou kop ontvou raak die uitdaging al groter rondom: hoe nou met die wasgoed, skottelgoed, stort, tuine, maar veral die toilet? Dit was vir my ‘n beson-dere belewenis om te sien hoe ‘n gemeenskap (en veral my eie) se ingesteldheid en keuses begin verander het. Elke bietjie water waarmee jy gewas het, word gehou om later in die toiletbak te gooi. Elke aand het ons op ‘n meer kreatiewe manier planne beraam oor hoe daar vanaand “gestort” gaan word wat die minste water gaan neem en het dan binne ‘n kommetjie gestaan wat weer daardie geliefde plantjie kon lawe. Selfs wanneer ons gepos-jeerde eiers gemaak het is die water onder in die panne-tjie weer in die kommetjie gegooi vir latere gebruik. Almal het elke kan of hol ding gaan uitgrawe en gaan toustaan by die vragmotor. Daar het mense met mekaar geselsies aangeknoop wat nog nooit voorheen eers ‘n woord vir mekaar te sê gehad het nie. Mans het vir die dames hulle swaar kanne aangedra na hul voertuie, die man wat die waterkraan beheer het is vriendelik en met groot waar-dering hanteer, daar is besef dat ‘n groot populasie in ons land ook elke dag hul water moet gaan haal iewers op ‘n plek...! Elkeen was so beleefd en vriendelik terwyl ons saamdrom om daardie vragmotor en elkeen het met ‘n glimlag op die gesig daar weggegaan – een van dank-baarheid. Glo dit of nie…dit was ‘n wonderlike drie dae vir my. Wonderlik ja, maar beslis nie sonder uitdagings nie. My man het betrokke geraak by die huishouding en het die spreekwoordelike “water gaan haal uit die put” sodat dinge by die huis kan vlot, ek het weer kans gehad om my 16-jarige te help om haar hare te was, ‘n besef gekry met hoe min water ons eintlik oor die weg kan kom in ons huishoudings en hoe ons eintlik daagliks kan bespaar soos wat ons omgaan met hierdie lewegewende kom-moditeit wat ons as vanselfsprekend aanvaar. In hierdie tyd het ek ‘n baie duur bondel wasgoed in Porterville gaan was by familie en dit was heerlik om weer uit ie-mand se mond te hoor: “dit is mos waarvoor ons vir mekaar daar is...in tye van nood ook...dit is mos hoe Koninkryk werk”. Dus geen skuldgevoel dat ek inbreuk maak op ander se privaattyd of toerusting nie – bloot net ‘n dankbaarheid dat daar met blymoedigheid vir my hulp beskikbaar was. Alles het my aan die dink gesit. Ek nooi elkeen om saam met my in ‘n groter bewustheid te begin leef sodat ons elke keer as ons daardie krane so lekker groot oopdraai en vir ‘n halfuur onder die stort staan en die tuinsproeiers aan vergeet of wanneer ons die kraan laat loop terwyl ons tande borsel, sal terugdink aan ons drie-dae-beproewing toe water spaarsamig gebruik is. Dit sal ons almal laat deel voel van die groter oplossing waarna ons planeet smag.

Baie, baie dankie ook aan elke munisipale werker of helper wat ons met soveel vriendelikheid gehelp het in hierdie tyd – julle was wonderlik! Dankie aan ons Munisi-paliteit wat hierdie kwessie moes hanteer en sterkte vir die bestuur daarvan. Dankie ook aan elke persoon op ons dorp wat dalk vir ‘n ouer of siek persoon water geneem het of vir iemand ‘n kan gedra het of iemand ‘n plekkie voor jou in die tou gegee het omdat sy haastig was...dit is die dinamika wat elke dorp nodig het...dit het ewigheids-waarde…geluk Piketberg! Ek hoop hierdie storie bly lank op almal se lippe.

Foto’s : Marietha Goosen en Beryl-Ann du Plessis

Annette van Tonder skryf… Baie dankie aan die munisipaliteit en hulle taakspan wat onverpoos gewerk het om die dorp se waterpompe weer inwerking te kry, asook die werkers wat elke oggend em-mers water tot by ons voordeur gebring het. Wees verse-ker dat dit opreg waardeer word, want elke druppel het getel. Ook by die strategiese watertap plekke waarvoor die munisipaliteit gesorg het, het ek weereens my uiterste respek vir ‘n waterkraan met lopende water gekry. Nogmaals baie dankie aan almal!

Page 13: Die Piketberger

13

Page 14: Die Piketberger

14

Bo 90’s in Huis AJ Liebenberg

Johannes Paulse, Lena de Witt en Mina Hagen.

Maria Wiese

Winnie Grobbelaar

Sarah Pietersen

Sannie Huysamen, Natie Rossouw, Lettie le Roux, Ria Burger, Carel Liebenberg en Enna Bester.

Bespreking deur Margaret Mollett “Party dae as ek opstaan, het ek die behoefte om te ont-hou wat was, waar ek vandaan kom, hoe dinge gelyk en gewerk het. Hier is drie boeke wat my so ’n bietjie met heimwee laat terugdink het.” Die drie boeke wat hierdie leser op die rakke van die plaaslike biblioteek gevind het, behoort alle lesers wat dieselfde behoefte het, te bevredig. In Uit die waaisand in die kalkklippe verbeeld Betsie Rood, befaamde kos- en wynkenner van weleer, haar grootwordjare in die Vre-denburg-Saldanha-streek aan die Weskus. Sy dra haar boek op aan “tydgenote wat deel in my herinneringe aan ’n era toe die worsstopper en die karring van die wonder-wêreld van die tegnologie verteenwoordig het – én vir die nageslag wat nie eens weet dat daar ’n tyd was toe kits-kos, die internet en selfone nie ’n vanselfsprekende alle-daagsheid was nie”. Met Stella Branca se Die Leeu van die Noordweste: Lewensverhaal van ‘Ou Dokter’ W.P. Steenkamp be-tree ons onstuimige jare in die Suid-Afrikaanse politiek – van die Kaap tot in Transvaal. Te midde van intense in-trige en verraad, het dr. Willem Steenkamp (1879-1956), Namakwalandse NG predikant en later medikus, skreiende ontberinge ondergaan in sy stryd vir die ophef-fing en bevryding van gebroke en verarmde Afrikaners ná die Boereoorlog. Stella Branca se vertelling slaag uitmun-tend daarin om harde politieke geskiedenis by die wel en weë van die Namakwalanders, veral dié van die Steen-kamp-gesin, in te weef. Lammie: Moeder van Laurens van der Post deur Hélène de Kok is ’n moet-lees vir die liefhebbers van memoirs – en wie sal een versmaai as dit gaan oor “’n fyn dame” wat op 79 ’n plaas ontwikkel, in ’n tent woon, voor sonop in ’n dam bad en by kerslig lees en skryf, en boonop “’n Klein Napoleon” genoem word? Lammie van der Post (1867-1954) se herinneringe, verwerk deur haar kleindogter en aangevul met oorvloedige geskiedkundige agtergrond, word in haar eie woorde opgesom: “Ek hoop dit sal verskoon word as ek myself af en toe op die toneel moet laat verskyn. Ek maak ’n stukkie uit van dié ge-skiedenis. Ek kan myself daarvan nie onttrek nie.”

Op die rakke van die Biblioteek

Foto’s : Marietha Goosen

ACVV “Survivor Kamp” te Bridgetown

Jaendri Smith, maatskaplike werker van die ACVV, het 8 — 10 Februarie ‘n suksesvolle kamp te Bridgetown aangebied vir kinders tussen die ouderdom van 9—12 jaar. Buiten die opvoedkundige programme, kon hul ook heerlik in die water baljaar en ‘n nagstap meemaak. Dit was vir hulle ‘n belewenis en die ACVV wens die vol-gende borge hartlik te bedank vir hul bydraes om die kamp moontlik te maak: Annake Bester, Boland Super-spar, Cliffie Julius, Fluffy Toiletpapier, Hanique Hande-laars, Huis AJ Liebenberg, Ina Kotze, Jackie Ferguson, Liebco Vleishandelaars, Piketberg Cash en Carry, SAPD en Sweets Mania. ‘n Spesiale dank aan die SAPD vir die vervoer van die kinders en bagasie asook Konst. Gershwin Muller, Elgar Julius, Jana Booysen en Elzane Baadjies wat as leiers opgetree het.

Die volgende Piketberger verskyn 22 Maart—berigte en advertensies moet in wees voor 17:00 op 12 Maart

Huis AJ Liebenberg spog tans met twaalf inwoners bo die ouderdom van 90 jaar. Oor die al-gemeen geniet dié geseëndes goeie gesondheid en skort daar niks met hulle sin vir humor nie!

Page 15: Die Piketberger

15

David skenk 152ste pint Sedert David Steenkamp sy intrek op Piketberg gemaak het in 1977, het hy reeds 152 pinte bloed geskenk. Maak jou sommetjies — dit beteken hy moes 152 keer skenk in die 35 jaar, wat jou bring by vier keer per jaar. Dis ‘n pres-tasie en boonop ‘n navolgenswaardige voorbeeld wat hy stel om op 72-jarige ouderdom op dié manier sy mede-mens te dien. In die jare 1959 — 1977, toe David op Na-babeep gewoon het, het hy gereeld by die hospitaal ge-skenk waar hulle dit nie aangeteken het nie

David Steenkamp toe hy op 25 Januarie bloed geskenk het saam met Wilna Niemand, Skenker

Assistent en Suster Geraldine Williams. Foto: Marietha Goosen

Deurlopend in 2013 sal geleenthede aangebied word om die 50-jarige bestaan van Huis AJ Liebenberg te vier. Ons beplan ‘n GROOT funksie vir 20 Maart 2013 – iets wat Piketberg nog nooit beleef het nie...HOU DIE SPASIE DOP !!!

Page 16: Die Piketberger

16

Fietse benodig vir Fietsprojek Enige fietse, in watter toestand ookal, en fietsparte, word dringend benodig vir die fietsprojek op Piket-Bo-Berg. Die projek wat reeds meer as vyf jaar aan die gang is, het beslis daarin geslaag om die gemeenskap op die berg weer met nuwe ywer te laat fietsry. Jeremy Bryant het die meeste van die voorraad voorsien uit sy versameling van ou fietse en fietsparte wat hy deur die jare bymekaar ge-maak het. Hierdie voorraad is egter nou uitgeput en fietse moet nou aangekoop word. Ongelukkig is daar ‘n groot behoefte aan bekostigbare fietse en is dit onmoontlik om voor te bly om in die aanvraag te voorsien. ‘n Onlangse aankoop is gedeeltelik gefinansier deur die Lionsklub van Piketberg toe ses fietse kort voor Kersfees aan kinders geskenk is. Een van die deelnemers aan die Piket-Bo-Berg fietstoer het ‘n skenkiing van 20 klein fiet-sies deur die Bicycle Empowerment Network (BEN) gereël. Die fietse het reeds hul plek in die gemeenskap gevind. ‘n Skenking van die Trapkragvereniging van Suid-Afrika het die aankoop van ‘n vraghouer, wat as werkswinkel kan dien, en verskeie gereedskap, moontlik gemaak. Tot dusver is die projek uit ‘n werkswinkel op Kruistementvlei bedryf, maar ‘n meer toegewyde spasie was nodig toe die aanloop en aanvraag toeneem. James Mtshengu, ‘n werker op Kruistementvlei, hanteer nou die onderhoud en toewysing van die fietse vanuit die houer-werkswinkel. Fietse is op meriete aan kinders voorsien wat deel was van die fietsryprojek op voor-waarde dat hulle op ‘n gereelde basis hul fietse moes bring vir onderhoud. Danksy ‘n skenking van Viking Plas-tics vir binnebandbeskerming, word elke wiel voorsien van ‘n binnelaag wat dit beskerm teen duwweltjies.

Indien u enige fietse het wat nie in gebruik is nie, kan u ons skakel sodat ons u ‘n aanbod kan maak om moontlik die fietse aan te koop vir die projek. Skakel 022-914 5652 indien u enige fietse beskikbaar het of vir meer inligting.

Page 17: Die Piketberger

17

4U VERVOER

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel …

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

Nou beskikbaar: Tuinsand en plaas-

mis teen billike pryse

Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik.

Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie 082 660 2470 022-913 3984

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE EK KAN SPOG MET DIE WORS

Digger Loader werk

Uitgrawe van grond en sand

Skakel Adam 078 148 1771 of Fourie Lötz 082 660 2470

022-913 3984

Ons verwerk ook vleis en wild wat by ‘n goedgekeurde

abattoir geslag is

Swartland Honey Farm

Kloofstraat Piketberg Vrugte boere, vir u bestuiwings behoeftes, is ons tot u diens.

Skakel Kolie Lötz by 082 921 4697

Plofstof bied aan Mnr en Mej PHS Plofstof hou ‘n fondsinsameling op 26 Februarie in PHS se skoolsaal om ‘n Mnr en Mej PHS te kies. Twintig fina-liste is gekies en hulle tree op in verskillende “scenes”. Vier buite beoordelaars gaan die wenners kies en daar is baie pryse op die spel. Die finaliste is hard aan die oefen en dit beloof om ‘n “awesome show” te wees met baie pret. Kaartjies @ R40,00 is beskikbaar by Sanet Ackermann by PHS 022-913 1134.

ACVV uitreik na Goedverwacht Dienssentrum

Die ACVV-tak Piketberg het met hul kwartaallikse Al-gemene Vergadering uitgereik na Goedverwacht Diens-sentrum. Tee en verversings is by die plaaslike “Coffee Shop” geniet waar hulle deur die Toerismebeampte ingelig is oor Goedverwacht se geskiedenis. ACVV lede het aan elkeen ‘n pakkie vars vrugte oor-handig en hulle het teruggekeer met heerlike vars groente en warm tuisgebakte soetsuurdeegbrood wat te koop aangebied is.

Herwin Herwin Herwin

Onthou om herwinbare artikels in die deurskynende plastieksakke te plaas.

Page 18: Die Piketberger

18

JAARLIKSE VERLOF Elke permanente werknemer is geregtig op 21 agtereen-volgende dae verlof in ‘n 12 maande siklus (let wel, nie werksdae nie). Kraamverlof word nie hierdeur geaffekteer nie, en andersom. Die vraag ontstaan nou – wat gebeur indien die werkgewer besluit die kantoor moet sluit oor kerstyd, maar jy as werknemer is nog nie geregtig op ver-lof nie omdat jy nuut aangestel is (en dus nog nie ‘n 12 maande siklus voltooi het nie)? In so ‘n geval sal die verlof slegs van jou jaarlikse verlof afgetrek word by voltooiing van die 12 maande siklus in diens van die werkgewer. Met ander woorde, indien jy bedank voor die 12 maande verby is, het die werkgewer geen absolute reg om hierdie verlof as onbetaald van jou uitbetaling af te trek nie. Daar is eg-ter ‘n uitsondering, naamlik waar die werkgewer en werknemer ‘n aparte ooreenkoms vooraf gesluit het wat bepaal dat die verlof as onbetaald beskou sal word indien die werknemer sy dienskontrak beëindig voor die 12 maande verby is. Hierdie siening is in 2012 deur die Ar-beidshof bevestig. Werkgewers wees maar versigtig! SIEKVERLOF ‘n Werknemer ontvang 21 werksdae siekverlof oor ‘n 36 maande siklus. Dit word gewoonlik deur die werkgewer pro rata aangewend op ‘n jaarlikse basis. Wanneer is ‘n siek-tesertifikaat van toepassing? ‘n Werknemer moet ‘n siek-tesertifikaat voorsien indien hy die 3de dag in ‘n ry van die werk af siek is. Die reël is egter nie van toepassing waar die siekdag voor of na vakansie dae, en/of ‘n naweek val nie. In so ‘n geval sal die werknemer vir daardie enkele dag ‘n siektesertifikaat moet inhandig. Dis natuurlik om te verhoed dat werknemers siekverlof uitbuit om langnaweke te vat. Daar is gevalle waar ‘n werknemer byvoorbeeld die Maandag en Dinsdag siek is, en die Woensdag die dokter besoek en hom versoek om ‘n siektesertifikaat uit te reik, omdat hy byvoorbeeld die afgelope paar dae griep het. In so ‘n geval, kan die dokter nie altyd verifieer dat die werknemer wel inderdaad siek was nie, en kan net weer-gee wat die pasiënt hom meegedeel het. Werkgewers kan in sulke gevalle die siektesertifikaat verwerp en dit beskou as onbetaalde verlof. ‘n Briefie van die kliniek (of ‘n gek-walifiseerde suster) is nie ‘n siekte-sertifikaat nie en die werkgewer kan in sulke gevalle ook dit beskou as onbe-taalde verlof. Werknemers maak maar seker dat jou siek-briefie reg is anders kan jy geld verloor! UITBETALING VAN BONUSSE ‘n Bonus is gewoonlik binne die uitsluitlike diskresie van die werkgewer, tensy die dienskontrak uitdruklik anders bepaal. Werkgewers kan self besluit of sy bedryf ‘n bonus kan bekostig of nie, en daar is geen verpligting op werk-gewers om bonusse uit te betaal nie. Werkgewers moet egter versigtig wees om nie ‘n verwagting te skep nie, en indien dit blyk dat ‘n bonus onbekostigbaar is vir die eerste keer in jare, behoort werknemers vroegtydig ingelig te word.

VLV Eendekuil begin romanties Die Vroue Landbou-vereniging van Eendekuil het 2013 begin met ‘n ro-mantiese vergadering op Saterdag 9 Februarie te Perdesportsaal, Eendekuil. Terwyl die vroue vergader, het hul wederhelftes om die braaivleisvure gesellig verkeer. Rooi materiaal-hartjies en draadharte het bygedra om die maand van liefde duidelik uit te beeld. Die tak nooi alle nie VLV-lede uit na hul ver-gaderings wat elke tweede Woensdag van ‘n maand in die NG Kerksaal gehou word. VLV tema vir die jaar: My Droom My Inspirasie. Die Bestuur en lede be-dank LIEBCO vir die borg van hul programboekie vir 2013. “Elke groot DROOM begin met ‘n DROMER”

Die Bestuur vir 2013 is voor Sandra van Zyl (sekretaresse/sameroeper Kunste & Handvlyt),

Elmarie Cumpsty (voorsitter) en Ilse Hanekom (vise-voorsitter/sameroeper Leefstyl). Agter is Mariechen

Oppel (tesourier) en Nellie Mouton (Sameroeper Landbou & Tuinbou).

Foto’s verskaf

Wat sê die reg? ARBEIDSKWESSIES

Na vele versoeke, het ons in-gestem om ‘n stukkie te skryf oor die Arbeidsreg. Ons kan egter net raak-raak aan ‘n paar onderwerpe omdat dit so ‘n wye veld is, en sal probeer om in die toekoms weer iets in hierdie veld te plaas. Die volgende onderwerpe is algemeen van aard, maar wel op versoek. Christelle de Villiers

BETALING OP VAKANSIEDAE Die vraag na dubbele betaling op vakansiedae het nie ‘n direkte antwoord nie aangesien dit afhang van die spesi-fieke bedryf. Daar word onder andere gekyk na die tipe bedryf, of dit byvoorbeeld oop is 7 dae ‘n week (soos ‘n vulstasie) ensovoorts. Maar, as algemene riglyn kan aan-vaar word dat daar wel ekstra betaling ter sprake is vir werknemers wat op vakansiedae werk en moontlik hul basiese ure oorskry. Elke werknemer kan hierdie inligting by sy vakbond uitvind. Vir enige Arbeidsnavrae, kontak Dave Ferguson by PRAKTIKA, Tel 022-913 2933. Tot volgende keer.

2013 Bestuur — VLV Eendekuil

Page 19: Die Piketberger

19

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (voertuig en residensieël)

Herstel, Installasie en Hergas

Kontak:

Henk Pieters 071 583 6164 E.mail [email protected]

Benodig Vrywilligers! asook

Skenkings van hondekos, katkos, speelgoed

of ...borg ‘n sterilisasie! Kontakbesonderhede: Minette: 079 249 1535

Beryl-Ann: 071 828 7952 [email protected]

NEDBank Piketberg SPAAR Rek: 2004892374

Hierdie advertensie word geborg deur Sam en Berenice

Scheepers

Dis Immergroen

Immergroen Raamwinkel het in Januarie haar koel, groen voordeur met vreugde oopge-gooi vir Piketberg en sy om-gewing. Riana Wium nooi almal om haar kreatiewe spasie met haar te deel — of jy nou iets wil raam, ‘n klaargemaakte raam of kunswerk wil koop of sommer net wil inloer vir ‘n

koffie of ‘n vinnige uitruik van die lekkerste groen seën-inge. “Ek wil my liefde vir kuns, mooi dinge en die won-derwerke van die lewe met almal deel wat by Immergroen instap. Ek is opgewonde oor hierdie nuwe fase in my lewe, en sien uit na elke stukkie werk wat ek hier gaan doen en elke raam wat ek hier gaan maak,” sê sy. Waar die liefde groot is, is daar niks wat klein is nie en waar liefde en talent saamwerk, so het John Ruskin gesê, kan jy ‘n meesterstuk verwag. Immergroen Raamwinkel het alreeds begin sny aan die raam hiervoor.

Go Green-projek PAW en Badisa het saam die Go Green-projek begin. Hannie Visser van Badisa gaan ‘n vetplantjie in elke ge-bruikte kollekte bussie met PAW-etikette op plant en onder kinders uitdeel waar daar min groenigheid is, soos by die Trajektekamp. Saam met elke blikkie sal ’n suig-stokkie en ’n pamflet uitgedeel word oor hoe om na jou troeteldier om te sien.

Vanessa de Villiers, links, het haar raamwerk winkel verkoop aan Riana Wium. Foto verskaf

Riana Wium 084 2453 922 [email protected] Kerkstraat 33 Piketberg

Page 20: Die Piketberger

20

PHS toer na Frankryk ‘n Vol en opwindende opvoedkundige toer na Frankryk wag op PHS wanneer ‘n droom bewaarheid word vir die 22 spelers en die groep van ondersteuners en be-stuurslede. Wat ‘n wonderlike voorreg! Hulle vertrek Dins-dag 26 Maart om 18:10 vanaf Kaapstad via Dubai en kry hulle eerste sien van Parys Woensdagmiddag om 12:25 (SA tyd). Van daardie oomblik af wag daar ‘n vol en op-windende program op die groep wat ook rugbyoefeninge en drie wedstryde insluit. Dag 1: 27 Maart Besoek besienswaardighede in Parys, die Notre Dame Katedraal, L’arc de Triomphe, Sacre Couer, Louvre Art Museum, Champs Eylesses. Geniet ‘n bustoer: “Paris by Night”-bustoer. Dag 2: 28 Maart Besoek Eiffeltoring – tot boonste ver-dieping en kyk oor die hele Parys. Reis met TGV (spoedtrein – teen 340km per uur) tot in die Suide – na Lourdes. Dag 3: 29 Maart Dag en oornag van ski-plesier by Bareges ski-oord. Dag 4: 30 Maart Besoek die stad Lourdes. Aand: Eerste wedstryd teen Tarbes o/19-span. Dag 5: 31 Maart Dagbesoek aan Spanje en daarna ver-trek na Marmande (Suid van Bordeaux). Dag 6: 1 April Dagbesoek aan die Dune du Pillay (hoogste natuurlike sandduin in Europa). Dag 7: 2 April Dagbesoek aan St Emillion en die om-gewing. Aand: Tweede wedstryd teen St Foy le Grande o/19-span. Dag 8: 3 April Dagbesoek aan Bordeaux. Egte Franse aandete – paddaboudjies en al! Dag 9: 4 April Dagbesoek deur Marmande.Aand: Derde wedstryd teen Marmande o/19-span. Dag 10: 5 April Oggend besoek aan Toulouse. Besoek Airbus-fabriek om te sien hoe word die “reuse van die lug” aanmekaar gesit. Aand: Vertrek na Suid-Afrika. Dag 11: 6 April 16:25 Arriveer in Kaapstad (met hope herinneringe).

Biddag vir Vroue Vrydag 1 Maart om 07:00 in die

NG Kerk Piketberg

Piket Glas en Kaste nou ook Hoenderman

Met Gideon van de Vyver van Piket Glas en Kaste se week-likse Kaap toe ganery het hy op “die lekkerste hoender” denkbaar afgekom en met die eienaar gaan praat...Hierdie hoender moes Piketberg toe kom! Hy het die eienaar sover gekry om met hom ‘n vennoot-skap aan te gaan en so het Piket Express Chicken begin.

Gaan kyk gerus hoe lyk hierdie splinternuwe wegneem ete

plek langs Knight’s Supermark. Gebruik die deur aan die noordekant (parkeerterrein). Express beteken vinnig — bel en bestel en gaan haal. Sien volledige spyskaart in kleur op die strooibiljet in Die Piketberger en in die pos-busse. Sien die elke-dag-spyskaart op p21.Gideon het steeds sy Glas & Kaste besigheid.

Gideon van de Vyver Foto’s: Marietha Goosen

Franse Rugbytoer 2013

Wynbottel etikette is ontwerp deur Wian Koch. Beperkte aantal hiervan is te koop by PHS.

Page 21: Die Piketberger

21

Monday Madness (from 6pm to 10pm)

Chicken Burger Meal (2 burgers, 1 regular chips

and sauce) OR

R39,90

Fish Parcel Meal (2 pieces of fish, 1 regular

chips and can of coke)

Groovy Tuesday (from 6pm to 10pm)

Chip Roll Meal

(1 x chip roll, 1 x piece of chicken and can of coke) OR

R39,90

Chicken Gatsby Meal (1 chicken gatsby, 1,5 litre

coke and sauce)

Bonanza Wednesday (from 6pm to 10pm)

Strips + Chips Meal (3 strips and chips, 1 piece of chicken and can of coke)

OR

R39,90 Strips + Chips Meal (3 strips and chips, 1 piece of chicken, can of coke and

sauce)

Sunday all day

Family Sunday Meal

R69,90

Same as Thursday All Day

Monday—Thursday (until 6pm)

Poorman’s friend R15,00

1 breast of chicken, tiny chips

and 2 slices of bread

OR 1 piece of snoek, tiny chips

and 2 slices of bread

Fabulous Thursday (from 6pm to 10pm)

Family Meal (6 pieces of chicken, 1,5 litre

coke and coleslaw) OR

R69,90

Family Meal (6 pieces of chicken, 1,5 litre

coke and extra piece of chicken)

Page 22: Die Piketberger

22

Steynville Primêr se Graad R’s

Gerty Esau by Graad R(a)

Marianne Fortuin by Graad R(b)

Elmarie Abrahams by Graad R(c)

Eloise Julius by die Graad R(d)-klas

Lynette Williams by Graad R(e) Foto’s: Elzanne Boshoff

Steynville Primêr spog vanjaar met 175 Graad R-leerders. Daar is 35 leerders per klas.

Biblioteekweek 16 tot 23 Maart Kom besoek ons biblioteke in hierdie week en dalk wag

daar ‘n verrassing. Bring al daardie baie laat boeke terug in hierdie BOETEVRYE WEEK.

Nuwe opvoeders by Steynville

Venrico Booys, Graad 6, Carron Booyse, Graad 2 en Cisco Strauss Graad 5. Foto: Elzanne Boshoff

Die volgende Piketberger verskyn op 22 Maart. Berigte en advertensies moet ons

bereik teen Dinsdag 12 Maart om 17:00

Page 23: Die Piketberger

23

Piketberg Christian School bied hierdie jaar ‘n nasorg fasiliteit

vir skoolkinders tussen die ouderdomme van 5-16 jaar. Veilige, omheinde area met fasiliteite vir huiswerk asook ‘n

groot speelarea. Tye: 12h00 - 17h30, Maandag - Vrydag

Koste: R30 per kind, per dag of R500 per maand. Vir meer inligting of om te bespreek, kontak asb vir Deidre Swart by

022-913 1886 (8vm-1nm) of [email protected] Beperkte spasie

Ouers verantwoordelik vir etes.

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours 022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Swem Jannie Swem Vanaf vanjaar het PHS weer ‘n voltydse swemafrigter, Alta Nieuwoudt, en kan die ou tradisie van skoolswem weer voortgesit word. Hier verskyn Alta saam met twee van die swemgroepe. Foto’s: Marietha Goosen

Manie van The Living Ball besoek PHS. Hier is hy by Adriaan Lubbe en Rob Whitfield.

Foto: Martin Goosen

The Living Ball

Page 24: Die Piketberger

24

Kontak Margaret 022 913 1777

Die trofeewenners by PHS se kleuresport

Janét Stander is die Hoërskool Victrix Ludorum vir 2013.

Anke Schreuder, Laerskool Victrix Ludorum vir 2013.

Stass Nel, Laerskool Victor Ludorum vir 2013.

Adrian Marcus, Naellope Beste Senior Seun.

Landrick Hendricks, Spronge Senior seun.

Benna van der Westhuizen, Worpe Senior seun.

Rekords verbeter by Platteland byeenkomste

Nicol van Schalkwyk het die spiesgooi S14 rekord ver-beter by die Platteland Hoërskool byeenkoms en Anke Schreuder verbeter die skyfwerp en gewigstoot M13 rekord by die Platteland Laerskool byeenkoms.

Springkastele, Ball Pond, Waterwurm

en Gladiator te huur

Page 25: Die Piketberger

25

Kerkstraat 45, Piketberg (Bokant Sweets Mania)

022 913 3212 Annelize Myburgh

Geskenke - Cd’s - Speelgoed

Mrs Bean Coffee Shop OPEN BINNEKORT

Hou die

advertensiebord dop

Suzaan Visser ontvang die trofee vir Beste Junior

in die 1200m.

Janke van Schalkwyk, Hekkies Junior Meisie.

By die Platteland Laerskool byeenkoms was Janke 1ste in al vyf haar items. Sy het rekords verbeter in die 75m hekkies, 150m hekkies en 150m. Sy het eerste geëin-

dig in die 100m en ver-spring M12.

JJ Stander, Langafstand

Senior Seun. JJ het die verspring rekord S19

verbeter by die Platteland Hoërskool

byeenkoms.

Marike Koch, Spronge Senior meisie.

Freddie Visser, Veld Junior seun. Freddie het die rekord vir spiesgooi

S13 verbeter by die Platteland Laerskool

byeenkoms.

Maandag - Donderdag: 08:30 - 13:00 en 14:00 - 17:00 Vrydag: 08:30 - 13:00 en 14:00 - 15:30

Stap vir KANSA 2 Maart

Relay for Life Malmesbury

9 Maart Relay for Life Moorreesburg

23 Maart Kankerstap

Scheppie Saus

Page 26: Die Piketberger

26

PHS hou Kleuresport in Bloedige Hitte

Die Blou Span se leiers Janeske Rademan en JJ Stander ontvang die trofees vir die Hoërskool afdeling en

ook die algehele Wentrofee.

Louis Bester en Suzanne Basset ontvang die Laerskool afdeling se

Wentrofee vir die Rooispan. Geelspan se leiers, Adam January en

Kaylen de Klerk ontvang die Sang-beker.

Twee broers, Pieter-Hugo en Jacques Wium was deel van die Rooi-span se leiers. Pieter-

Hugo is vanjaar in Graad 12 en Jacques het pas sy skoolloop-

baan by Graad R begin.

Broers JJ en Aleit Stander en sussies Janeske

Rademan en Behane Spreeth, was almal deel

van die Blouspan se leiers by PHS se Kleuresport.

Atletiekfoto’s: Marietha Goosen

Die Piketberger se datums vir 2013 Sluitingsdatum vir Die Piketberger advertensies en berigte verskyn 12 Maart 22 Maart 16 April 25 April 14 Mei 23 Mei 11 Junie 21 Junie 16 Julie 25 Julie 14 Augustus 22 Augustus 11 September 19 September 15 Oktober 24 Oktober 12 November 21 November

Kriekettoer na Graaff-Reinet

Die o/19-Krieketspan van Hoërskool Piketberg het na Graaff-Reinet getoer van 8 — 10 Februarie. Hul eerste wedstryd onder spreiligte, ‘n eerste vir PHS, ‘n Pro 25-wedstryd teen Hoër Volkskool het hulle verloor met 23 lopies. Die Saterdag het hulle teen Union High 2 gespeel en met 8 paaltjies gewen. Wat dit besonders gemaak het, was dat hulle op ‘n krieketveld in die Asanta Sana-wildreservaat gespeel het, ‘n veld wat deur provinsiale en internasionale spanne gebruik word vir opwarming. Die span wil baie dankie sê aan hulle borge wat die toer vir hulle moontlik gemaak het, naamlik Winkelshoek Wynkelder, CP Smit, Gerrit van der Merwe, Frikkie en Renielda Engelbrecht en Anita Viola. Dankie ook aan Jacques Schreuder en Bernard Pieters vir hulle bereidwil-ligheid om die toer te reël.

Bernard Pieters en Jacques Schreuder, afrigter saam met PHS se o/19 Krieketspan. Foto: Riana Smit

Aletiekfoto’s beskikbaar by Foto First

Page 27: Die Piketberger

27

the green tree café

Zandam Bocconcini Kaas

Beer bread Mix

Modderdam Frieskruidrepenkoek

Die nuwe reeks produkte is beskikbaar by Boland Superspar.

Haselinos koekies

Cretamel Soft Nougat

De Ruiter reuse Speculaas

Page 28: Die Piketberger

28

PAW het Saterdag 9 Februarie ‘n “road trip” gedoen in Piketberg as deel van ons bewusmakingsveldtog. Hier is ‘n paar foto’s waar ons die honde- en katpille wat in Boland Superspar se “Food drive” trollie geplaas is, uitgedeel het. Die groot pakke honde- en katpille is in kleiner sakkies opgemaak met ‘n inligtingspamflet oor die versorging van jou troeteldier. Ons is oral verwelkom en ons bedank graag die gemeenskap vir hulle skenkings. Die veldtog gaan nog voort en ons sal alle donasies waardeer. (Beryl- Ann du Plessis)

ROLBALKLUB & VRUGTEFEES

Boland Superspar het as Hoofborg by Piketberg Rolbalklub opgetree en dit was ‘n reuse sukses. Daar was baie spanne van Aurora, Clanwilliam asook Ceres. Die weer was maar nat, maar dit was ‘n eer om die Spar Hampers te oorhandig aan die wenspan van Ceres.

KLEURESPORT EN PLATTELAND ATLETIEK.. Ek het Hoendervleis gekry van al die gees! Dit was ‘n eer vir Boland Superspar om betrokke te wees by PHS se sportdae. Baie geluk aan elke atleet wat deelgeneem het.