die piketberger jul 2016

32
Jaargang 23 Nr. 6 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R5,00 Julie 2016 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] Juffrou Sanet Trou Rico Coetzee en Sanet Ackermann is op 18 Junie in die huwelik bevestig by Het Vlok Kasteel in Riebeek Kasteel. Sanet is ‘n wiskunde onderwyseres by Hoër- skool Piketberg en Rico ‘n boer, professionele jagter en gekwalifiseerde veld- gids. Hoewel hulle van Paarl en Wellington is en saam by Hoërskool Labori was, was Piketberg die plek van ontmoeting. Sanet is ‘n gereelde verskaffer van foto’s vir Die Piketberger. –Red Nog troufoto’s op p7 Rico en Sanet Coetzee. Foto: Juné Joubert Photography Launch of Proudly Porterville Produce Route pp 20, 21 Lindenkoor besoek Piketberg...p3 Dok Hendrik tem Pink Lady...4 Troufoto’s...p7 Proudly Porterville Produce Route...pp19,20 Snoek- en Patatfees...pp20,21 Stawelklip se Uitblinkers...p24 VRL Dinee...p24 Ballerina skitter...p27 Boland sportmanne….p28

Upload: piketberg-tourism

Post on 04-Aug-2016

334 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

 

TRANSCRIPT

Page 1: Die Piketberger Jul 2016

1

Jaargang 23 Nr. 6 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R5,00 Julie 2016

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

022 913 1939 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

Juffrou Sanet Trou Rico Coetzee en Sanet Ackermann is op 18 Junie in die huwelik bevestig by Het Vlok Kasteel in Riebeek Kasteel. Sanet is ‘n wiskunde onderwyseres by Hoër-skool Piketberg en Rico ‘n boer, professionele jagter en gekwalifiseerde veld-gids. Hoewel hulle van Paarl en Wellington is en saam by Hoërskool Labori was, was Piketberg die plek van ontmoeting. Sanet is ‘n gereelde verskaffer van foto’s vir Die Piketberger. –Red

Nog troufoto’s op p7

Rico en Sanet Coetzee. Foto: Juné Joubert Photography

Launch of Proudly

Porterville Produce

Route pp 20, 21

Lindenkoor besoek Piketberg...p3 Dok Hendrik tem Pink Lady...4 Troufoto’s...p7 Proudly Porterville Produce Route...pp19,20 Snoek- en Patatfees...pp20,21 Stawelklip se Uitblinkers...p24 VRL Dinee...p24 Ballerina skitter...p27 Boland sportmanne….p28

Page 2: Die Piketberger Jul 2016

2

Redaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R110 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Redaksie ([email protected])

Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796

Advertensies:

[email protected]

of sms 079 496 2719

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur

Dr. Herold Truter

022 913 1630 / 022 913 2925

Volblad: R465 Halfblad: R320 Kwartblad: R215 Agsteblad: R150

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Liefde Marietha

Apostel Mark N Lintnaar, GPF Piketberg, skryf... Ons wil ons gemeenskap inlig oor die afgelope paar weke se vlaag van huisbrake wat plaasgevind het. Die Polisie vermoed sterk dat die verdagtes nie plaaslik is nie. Ons vra dat die gemeenskap enige verdagte voertuie of per-sone onmiddellik aan die Polisie sal rapporteer. Ons wil ook graag ons buurtwag vergroot en indien daar enige belangstellendes is, kan hulle vir my, die voorsitter van die GPF, Apostel Mark Lintnaar kontak by 084 556 1890 of epos: [email protected] Ons het ’n di-lemma van ‘n erge tekort aan Polisielede en wil ons ge-meenskap vra om verantwoordelikheid te neem sodat ons saam ons dorp veiliger kan hou. Die plaaslike Polisie stasie se telefoonnommer is 022 913 8800.

Briewe van ons lesers...

Katinka Morrison skryf... Ek is op soek na hondehokke, as daar êrens een in jou pad staan of jy een tweedehands wil verkoop, kontak my, Katinka 082 829 6918. Op die manier kan ons aan honde en babahondjies ‘n waterdigte hok bied wat hulle sal be-skerm teen die winterkoue. Ou komberse en kussings is ook baie welkom.

Babahondjies beskut teen die winterkoue.

Sterilisasies van Honde en Katte Woensdag 20 Julie 2016

Vooraf bespreking noodsaaklik

Billike Tariewe: Teefhond R400, Reunhond R300, Wyfiekat R300,

Mannetjieskat R240. As iemand bereid is om ‘n troeteldier te borg kan Katinka gekontak word. Kom ons werk saam om te verhoed dat daar

ongewensde hondjies en katjies in die wêreld kom en uiteindelik sterf as gevolg van ondervoeding

of mishandeling.

Kontak Katinka Morrison 082 829 6918

So lyk ‘n uitgeteerde ma van agt kleintjies,

vasgemaak aan ‘n tou. Kom ons werk saam en

steriliseer die diere.

Borg ‘n sterilisasie.

Die gedagte aan kaste regpak kan 'n mens se moed breek. Wat nog te sê van minder maak, leeg maak en besluit waarnatoe

met wat. Die moeilikste tree om te gee is die eerste een......en die manier om enigiets klaar te maak, is om 'n begin te maak. Hier volg 'n paar stappe: Maak die kasdeur oop, haal die inhoud uit en besluit wat jy hou, wat jy weggee, wat jy herwin en wat jy weg-gooi. Indien jy iets hou, beteken dit jy gebruik dit, indien jy iemand se hart wil bly maak, gee dit weg, indien jy 'n ou ding nuwe lewe kan gee, herwin dit en indien niks van die bogenoemde van toepassing is nie, gooi weg. Hierdie stappe geld ook vir werk-kamers, pakkamers, kelders en motorhuise. As jy Die Piketberger fyn lees, sien jy gereeld items wat weggegee en herwin word. Jou ou goed kan iemand anders se lewe ophelder. Trek die bakkie nader vir die wegry en aflaai, kry deurskynende herwinsakke vir die uitsit...... en begin. Dit wat in 'n swartsak beland, is mini-maal. En só help ons mekaar.

Maak leeg, verwerk of gooi weg!

Page 3: Die Piketberger Jul 2016

3

Winkel 022-913 2418

022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787

082 921 1977

Nuwe Wintervoorraad

Skoene en Klerasie Beskikbaar

Raadslid word Raadsheer

Die Uitvoerende Burgemeester van Bergrivier Muni-sipaliteit, Raadslid Evert B Manuel, is onlangs vereer as 'n raadsheer. Hy het 'n oorkonde ontvang en word hier gelukgewens deur die ander drie raadshere in die

Raad van Bergrivier. Op die foto is Raadsheer Ray van Rooy, Raadsheer Evert Manuel, Raadsheer Johan

Raats (Speaker) en Raadsheer Riaan de Vries. 'n Raadslid word ‘n raadsheer/raadsdame wanneer hulle voldoende punte verdien het oor baie jare van diens aan die gemeenskap in terme van die Verordening.

Foto verskaf

Lindenkoor, die jeugkoor van Hoërskool Linden in Johan-nesburg besoek vanjaar die Boland, Swartland en Wes-kus vanaf 24 Junie tot 5 Julie en verskeie uitvoerings gaan in Paarl, Wellington, Riebeeck-Kasteel, Darling en Malmesbury gegee word. Saterdag 2 Julie kom Piketberg aan die beurt met 'n etensuurkonsert om 13:00 in hul NG Kerk. Lindenkoor beskik oor ‘n uitgebreide repertorium van hoogstaande gehalte. Die gehoor kan enigiets te wagte wees as hulle wegval en sing – van Leonard Cohen se Alleluya tot die Gloria van Vivaldi. Gunstelinge uit bekende musiekblyspele soos Les Mirabeles, Afrikaanse volksliedjies en ballades en selfs Bohemian Rhapsody word gereeld met groot welslae vertolk. Tans bestaan die koor uit 118 lede, waarvan meer as die helfte seuns is! Hul staan onder die bekwame leiding van Duncan Fourie en word deur Gert Potgieter begelei. Oor die afgelope 23 jaar het die koor vele gesogte nasio-nale en provinsiale pryse gewen en ook in die buiteland hul staal gewys. Verlede jaar was hul die enigste koor wat tot in die finaal van die National Eisteddfod Association gevorder het. In 2012 en 2007 het Lindenkoor goue en silwermedaljes verower in internasionale kompetisies in Preveza, Griekeland en Praag, Tsjeggiese Republiek. Hul musiektalent was ook al te sien op televisiepro-gramme soos Geraas, Villa Rosa en die gewilde joernaalprogram, Pasella. Voorts het die koor al 15 CD’s opgeneem.

Lindenkoor in die Boland en Swartland

Page 4: Die Piketberger Jul 2016

4

Huishulp benodig. Kook, geen was en stryk.

Ure 8h00 – 15h00 Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

Betrekking Aangebied

Heerlike A-graad Beesbiltong te koop R210.00 per kg, heel of gekerf,

net ‘n half kg en meer. Koedoebiltong R230.00 per kg. Bees maalvleis R65.00 per kg

Skakel Nellis Louw 083 441 4032

Te Koop

Dok Hendrik tem die Pink Lady ‘n Leser ontdek hierdie foto

(links) op Facebook waar Jusua (Kaleb) Engelbrecht en Gert Coetzee verskyn as die grootste en kleinste seun in

PHS. Die onderskrif lui: Jusua (Kaleb) Engelbrecht van die Hoërskool Piketberg sê hy is

Kaapland (en dalk Suid-Afrika) se langste heelagter. Hy is 6vt 6dm lank. Hy was vanjaar in matriek en het in

die skool se eerste span gespeel. Langs hom staan die skool se kleinste kosganger, Gert Coetzee, wat sowat 3vt

8dm lank is.

Hendrik Botha neem op 18 en 19 Junie deel aan die Pink La-dy kano marathon oor 54km met dag 1 vanaf Gouda tot by Bridge-town en dag 2 vanaf Daljosafat tot by Bot-mansdrif. Hierdie sto-rie het ’n verrassende einde. Hoewel Hendrik uit-stekende voorberei-ding getref het vir die marathon en baie daarna uitgesien het, was dit nie 'n maklike roei nie en het weers-omstandighede en teenspoed sake verder bemoeilik. Hy beskryf sy ervaring as vol vreugde en hartseer. By die eerste stroomversnelling, die Black rock, tref sy kano 'n rots wat groot skade aanrig. Vir 30km sukkel hy met water wat lek en probeer die kano lap met duck tape, maar dit help nie veel nie. Met baie gebed en baie genade sukkel hy voort met die ekstra 15kg as gevolg van 'n konstante poel water wat opdam in die kano. Hy bereik die einde van dag 1 nr 87 uit 103, baie baie moeg..... Pa word gebel wat intussen glasvesel en resin koop en vir 90 minute word daar gewerskaf om die kano weer in 'n werkende toestand te kry - Hendrik is vasberade om dag 2 te voltooi. Dwarsdeur die nag slaap die kano binne die huis voor die verwarmer om droog te word. Op dag 2, na een uur se roei, kom die reën en die

wind en raak die 33km van dag 2 'n uithou ses-sie. Hy bereik die eind-punt baie moeg en ver-lig, dankbaar vir sy ondersteuningsnetwerk wat die koue trotseer om hom aan te moedig en by te staan. Hy eindig 29ste op dag 2 en die hoogtepunt..........by die prysuitdeling word sy nommer in die gelukkige trekking getrek en wen hy sowaar 'n splinter-nuwe kano, links. Waar sien jy vir God, vra ons mekaar gereeld né?

Gert Coetzee, die kleintjie, soos hy

vandag lyk - heelwat groter as jare gelede.

Gert woon op Robertson.

Foto Facebook

Wie weet waar Jusua is?

Groot en Klein by PHS

Page 5: Die Piketberger Jul 2016

5

Page 6: Die Piketberger Jul 2016

6

Neem Kennis!!

Die Piket Uitdaag Saterdag 27 Augustus Hoe goed ken jy jou dorp,

besighede en boerdery omgewing?

Maak ‘n bakkie- of bergfietsspan op (2-4 lede), ry ons

uitdaagroete en kyk hoeveel punte kan jul

verdien.

Navrae: Annelle Vercuiel

073 031 4922 of epos:

[email protected]

The Two Tenors

Piketberg Christian School recently hosted an evening with “Due Voci” - The Two Tenors. Bernd

Ruckemesser and Tom Bickford both have years of experience and are well known and loved in the

Swartland area. They were accompanied by Louise Visser whose musical talents left us in awe. Petro van

der Westhuizen, from Porterville, also contributed with a flute solo. A special word of thanks to our entertainers, sponsors, Winkelshoek and Boland

Superspar and everyone who came to support us. Photo supplied

Farmhouse Pub & Grill Live Music

Saturday 2 July

Page 7: Die Piketberger Jul 2016

7

Sandveld Elektries CC Geregistreerde Master Elektrisiën

Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111

* Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Neville Watson 083 255 9917 Piketberg Omgewing

Heinrich Delport en Charlene du Toit is op 21 Mei te Moorreesburg getroud. Foto: Andrew Coetzee

Glen Jeftha and Odile Allies-Jeftha got married in a small intimate breakfast wedding ceremony which

took place on 4 June 2016 at De Berge Guest House in Piketberg. The Ceremony was led by Reverend

Charles Goliath, and we would like to thank all our family, friends and colleagues for their sup-

port with the planning of the wedding and look for-ward to spending our lives together.

Glen was born in Worcester, and has been working as a Police Official at South African Police Services based in Piketberg for the past 11 years. Odile Allies was born in Cape Town and has recently relocated to

Piketberg where she is actively involved in the Community and started an organisation called

Ebenezar Community Outreach. Together they serve the community of Piketberg and hope to make a difference in the lives of individuals and families

towards a healthy community. Photo supplied.

Francois en Hendrea Conradie is op 12 Maart getroud te Laatson, Porterville. Francois is die seun van Bennie en Suzette Conradie van Dwarskersbos.

Hendrea is die dogter van Francois Kellerman van Moorreesburg en Mariana Kellerman van Swellen-

dam. Die paartjie het op Dwarkersbos ontmoet. Hendrea het voorheen by Radie Kotze hospitaal

gewerk en Francois het op De Hoek grootgeword. Hulle woon tans naby Mafikeng by PPC se Slurry

aanleg. Foto: Chantall Marshall

Die Jefthas

Die Delports

Die Conradies

Page 8: Die Piketberger Jul 2016

8

Tops en Tags Versamel asseblief alle plastiekdoppies van sap- en melkhouers asook broodtags vir ‘n

rolstoelprojek.

Kontak Teresa van Niekerk 083 539 5048

Skitterselwers op Redelinghuys

Tops en Tags

Danksy Victor, wat 17kg doppies opgetel het, kan ons 19kg by die vorige 20 kg voeg. Baie dankie,

Victor, en almal wat help. Dit word waardeer! Lesers word aangemoedig om 'n houer in jou kombuis te hou, elke plastiekdoppie daarin te gooi en op dié

manier deel te word van 'n wonderlike projek.

Ringsvroue kom op Redelinghuys bymekaar met die tema: Wees jou skitterende self.

Voor sit Marieta Nel en Nicoline Brown en agter is Christina Smit, Marina Grobbelaar, Ester Thiart,

Jacoba Basson, Jackie Ferguson, Alettha Rust en Lenie Olivier. Foto verskaf

Baie dankie aan Die Piketberger se vouspan en uitryspan wat elke maande op hulle pos is.

Page 9: Die Piketberger Jul 2016

9

Page 10: Die Piketberger Jul 2016

10

20 Jaar Gelede - Julie 1996

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075

Groete uit Nederland Elzaan Trautman skryf… Die vyfde Junie het ek na Amsterdam Kookt in Oosterpark gegaan. Daar was 'n groot verskeidenheid van 'food trucks' om van te kies. Ek het 'frozen yoghurt' probeer met karamelsous, sjokolade stuk-kies en natuurlik ook stroopwafels daarby, 'n interessante kombinasie maar baie smaaklik. Ek het daardie naweek besef dat dit nie so vreesaanjaend is om alleen te reis nie en dat dit eintlik noodsaaklik is om ook tyd vir jouself te maak. Op 16 Junie het ek my 19de verjaarsdag gevier. Wat 'n wonderlike ervaring om jou verjaarsdag in 'n ander land te kan vier! Die dag het sommer vrolik begin met bal-lonne oral in die huis. Die twee dogtertjies het my vroegoggend bederf met sjokolade, 'n kaartjie en 'n tipiese Nederlandse verjaarsdagliedjie. Vir ontbyt het ek 'n aarbei en slagroom tertjie gekry en daar is weer vir my gesing. Later die middag het familielede ook kom geluk sê

asook saam 'taart', ofte-wel koek, kom eet en nog bederfies saamgebring. Dit was 'n heerlike dag en die familie het baie moeite gedoen om my spesiaal te laat voel op my verjaars-dag. Ek het die Woens-dagaand saam met nuwe vriende uitgegaan en het vir die eerste keer 'bitterballen' probeer. Hulle het dit baie geniet toe ek vir hulle Afrikaanse musiek gespeel het. Dit was 'n heerlike dag.

Elzaan se verjaardagtaart (koek) op haar 19de

verjaarsdag in Nederland.

Hou jou immuniteit sterk die

winter om so griep en

verkoue vry te spring.

Kom vra ons gerus vir raad.

Piketberg Animal Welfare (PAW) het ‘n Jeugdag uitreik gehou na die Trajektekamp.

Daar is kindertjies se harte bly gemaak. PAW bedank Boland Superspar vir hulle

borgskap.

Foto: Beryl-Ann du Plessis

VOORBLAD: Onderwys in Piketberg staan voor krisis. In die Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys is ooreengekom dat in die jaar 2000 in elke Primêre skool veertig leerlinge vir elke onderwyser en in die Hoërskool vyf en dertig leer-linge vir elke onderwyser moet wees. Leerlinge uit een gesin presteer - Melanie, Jacobus en Sybil Eksteen het al drie op een dag gehoor dat hulle tot Provinsiale sportspanne verkies is. Hulle is die kinders van André en Marina Eksteen. Sherlock Fortuin, oud-leerling van Steynville Sekon-dêre Skool asook Hanneke Basson, oud-leerling van Piketberg Hoër vertrek op 27 Junie saam met die Universiteitskoor van die US op ‘n uitgebreide Europese toer. Piketberg Museum verhuis na die huis van Gert de Beer en ou Sinagoge : Die strewe om ‘n Kultuurhistoriese Museum so na as moontlik aan die kern van die dorp in te rig is verwesenlik toe die Raad aan die einde van 1995 die woning van Gert de Beer in Kerkstraat aangekoop het. Steynville Primêr het weereens bewys dat die skool omgee vir Piketberg en ook vir die omgewing, deur-dat die leerlinge op 5 Junie deelgeneem het aan “Operasie Skoonmaak”. ADVERTENSIE - Die vroeg môre aflewering van “Die Burger” is GRATIS!! En u betaal minder as die omslag-prys. Maandae tot Vrydae R1.55 en Saterdag R1.70.

PAW reik uit na Jeug

Page 11: Die Piketberger Jul 2016

11

Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder...

Hanlie Linde

Die volgende Piketberger verskyn op 28 Julie 2016

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 19 Julie 2016

Stuur na: [email protected]

Die een ding wat soos ‘n paal bo water staan en wat ek hier op Piketberg kom leer het, is dat almal in ‘n beter bui is as dit gereën het. Selfs die wat gewoonlik in ‘n goeie bui is, sit die perk net nog ‘n bietjie hoër. En het die reën nie geval nie! ‘n Antwoord op soveel gebede en groot genade. En amper onmid-dellik reageer die veld en is alles groen. Water bring voorwaar lewe. Maar Juniemaand was ook die maand wat Piketberg op die TV-kassie gesit het. Ek hoop almal kon die twee epi-sodes van Mooiloop kyk en waardeer. Dit was pragtig. Baie geluk aan elke tv-ster wat ons dorp so getrou gead-verteer het. Ek het albei episodes opgeneem en wys dit tydig en ontydig vir almal wat my besoek uit die Kaap uit. Verlede naweek het ek Jackie se patat-gereg en Eliza-beth se piesangbroodjie gemaak en met trots voorgesit as Piketberg-resepte. En ja, ek stem saam met Jan, Eliz-abeth, Retha, Malcolm, Georgia, Lucill en Elsie wat almal getuig dat Piketberg goed is vir ‘n mens se ligaam, siel en gees. In hierdie week vra iemand vir my waarvoor Bergrivier Munisipaliteit se wapen staan. Veral die son met strale, die koninklike kasteel, die helm, die spies en byl, die vasgebinde koringare, die druiwetros, twee gekruisde visse, fraaiings om die logo en die leuse: Deus Est Vita. Uit my Latyn 2 op Universiteit weet ek dat Deus Est Vita beteken In God is daar Lewe. Die res moes ek gaan navors en soos altyd is daar net een persoon in die Muni-sipaliteit na wie toe ek altyd eerste hardloop as dit oor geskiedenis gaan en dit is Wessel Rheeder. Wessel het gou al die inligting bymekaar gekry en ek deel dit graag met julle. Ons wapen is in Desember 2003 geregistreer by die Buro vir Heraldrie. Die ontwerp het bestaande sim-bole in die geregistreerde wapen van die drie grootste dorpe in ons gebied saamgevat, naamlik Piketberg, Por-terville en Velddrif. Dit dui daarop dat ons nie ons verlede moet vergeet of gering ag nie, maar dat die positiewe uit die verlede geneem moet word en daarop gebou word vir die toekoms. Die wapen is verdeel in twee gedeeltes wat

‘n duidelike onder-skeid maak tussen die geskiedenis van die verlede en die droom van die toekoms van voor-uitgang. Die son bo die helm sim-boliseer die roos-kleurige toekoms van ons gebied en is sterk verbind met die leuse IN GOD IS DAAR LEWE. Die wa-pens in die boon-ste gedeelte van die skild verwys na ons verdeelde ver-lede en die oorloë in die gebied, ook

teen ons plaaslike Khoisan mense. Die wapens is neergelê en die klipkuns eer ons voorsate. Die vloeiende blou gedeelte in die middel van die wapen verteen-woordig die Bergrivier en is ‘n simbool van water wat ook ‘n bron van lewe is. Die afhanklikheid van water vorm ‘n groot, natuurlike en die mees algemene kenmerk van ons hele gebied. Die protea, koringgerwe, tros druiwe en bokkoms is produkte wat ons streek verteenwoordig en wat ook afhanklik is van water wat lewe gee en die Water wat die stroom van Lewende Water is. Die protea word bo-aan geplaas en verteenwoordig Piketberg wat die hoofdorp in ons streek is. Die protea is die simbool wat uit die vorige Piketberg wapen geneem is. Daar het ons dit nou! Dit was vir my so wonderlik om dit raak te lees en te besef dat dit wat mense op Mooiloop oor ons dorp getuig, was ‘n droom en ‘n wens wat uitgespreek is oor ons dorp jare terug, wat besig is om waar te word. Kom ons leef hierdie droom elke dag. Kom ons maak van Piketberg die kroon van God se skepping wat dit is!

Page 12: Die Piketberger Jul 2016

12

deur Jannie Lategan

Om in die ry by ‘n Supermark te staan, jy is haastig en wil net enkele goedjies be-

taal. Voor in die ry staan egter ‘n ou omie. Hy is besig om geldjies in sy sakke en uiteindelik in ‘n plastiese sak te soek. Hy lyk verleë en is maar te bewus daarvan dat hy die ry agter hom vertraag. Uiteindelik haal hy ‘n pakkie rooi worsies uit en plaas dit terug en laat dit by die kasregister. Net tè min geldjies by hom. Op sy gesigsuitdrukking kon ‘n mens sien dat hy lief is vir Weense worsies en dat hy dit baie graag wou hê…straks sy middagkos. Ek voel magteloos en wil tussen die tien stuks waens vebybeur om by hom te kom en die worsies vir hom te betaal. Met my gesukkel om verby “ontevrede” mense met waentjies te kom, voel ek dat ek dit nie gaan maak nie. Toe ek weer kyk, is hierdie man weg. Ek maak ‘n vaste voorneme en skaf ‘n groot sak Weense worsies aan en probeer ‘n tydjie kry wat ek kan afknyp om dit vir hom te gaan wegbring. Dit gebeur toe nooit..die worsies word egter veilig in die yskas gehou. ‘n Paar dae later, slaan ek die koerant oop en hierdie man is oorlede. Onverwags biggel trane oor my wange. Ek is hartseer en teleurgesteld in myself. Wat kos ‘n paar rooi worsies im-mers as ek veral iemand daarmee gelukkig kon maak. Skielik onthou ek sy naarstigtelike soeke in al sy sakke. Ek onthou sy teleurstellende uitdrukking en ek onthou sy verleentheid. Ek staan agter in ‘n ry en het die paar rand om vir die worsies te betaal. Mag hierdie verhaaltjie as waarskuwing dien, dat spyt altyd te laat kom. Maak nog vandag tyd vir die nood-lydende, vir die behoeftige. Hy moes letterlik tuiskom en waarskynlik sy droë brood eet. Tyd is ‘n faktor waarmee ‘n mens voortdurend rekening moet hou. Goeie dade kan so maklik deur ons vingers glip en as jy dit eers laat verby gaan het, is dit tè laat. By sy begrafnis vee ek ‘n traan af en is hartseer oor ie-mand wat ek in die steek gelaat het. Hy het nie eens geweet van my goeie bedoelings nie…maar feit is, ek was laat, ja, tè laat! Wees waaksaam, die tyd gaan so gou verby!

Spyt Kom Te Laat

VLV Werksoggend 11 Augustus om 09:00

Biblioteeksaal Indien u enige ou T-hemde in u kas het, gee

asseblief by kerkkantoor/biblioteek/of Voortrekkerstraat 76 (Nicoline Brown) af.

Ons beoog om soortgelyke serpe te sny en te verwerk soos in die “Lig” van Junie

2016-uitgawe bl. 68. Bring sommer ‘n skêr en masjien saam indien moontlik, anders is jy welkom om net te kom

help werk!

ALMAL WELKOM!

NAVRAE : Nicoline Brown 082 477 0665

VLV sprekers Karin Coetzee en Moira van der Westhuizen, links en regs met wenners van ‘n Annie

Sloan verfpakkie in die middel, Magda le Roux en Marieke Visser.

Karin Coetzee spreek VLV toe oor die belangrikheid

van Kuns in die ontwikkeling van die

brein.

Moira van der Westhuizen doen 'n Annie Sloan verf

demonstrasie. Foto’s: Marietha Goosen

Kunspraatjies by VLV

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere

Professioneel 50jr Ondervinding

Alle Areas

Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276

Lindenkoor in NG Kerk Saterdag 2 Julie om 13:00

Gratis

Page 13: Die Piketberger Jul 2016

13

Page 14: Die Piketberger Jul 2016

14

Wat sê die Woord?

Deur Pastoor Tjaart Olivier

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters

en Ouditeure

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800

[email protected] Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Is God goed of is Hy sleg? Jy mag dalk onmiddellik dink: “Hoe kan jy eers so iets vra?” Die meeste mense sal antwoord dat God goed is, maar as jy luister na dit wat hulle oor die algemeen van God sê, dan is dit duidelik dat Hy vir hulle goed én sleg is. Hulle sal goed sê soos: “Die Here het hierdie siekte oor my pad laat kom om my iets te leer”. “Die Here praat nie op die oomblik met my nie, want ek het my tyd met Hom afgeskeep die laaste ruk,” en “God het Sy beste blom kom pluk.” 1 Johannes 4:8 sê: “Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.” Die laaste deel van die vers sê dat God liefde is. God is nie naasten-by soos liefde nie. Hy is nie amper liefde of streef om soos liefde te wees nie. God IS liefde. God is gelyk aan liefde. Elke keer wanneer jy in aanraking met God kom, kom jy in aanraking met liefde. In Galasiërs 5:22 staan: “Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.” Die “Gees” in hierdie vers verwys na die Heilige Gees en ons weet dat God, Jesus en die Heilige Gees almal een is (1 Joh. 5:7). Die bogenoemde eienskappe is dus die eienskappe van God. Weereens is Hy liefde. Min mense sien God as ’n God van blydskap, omdat hulle voel dat Hy hul vir hul sonde moet straf, of omdat hul dink dat God ongelukkig is met hulle. As hierdie jou gedagtes is, het jy ‘n verkeerde prentjie van God, want die straf vir jou sonde is rééds op Jesus geplaas. God is nie meer kwaad vir jou nie. Hy is in blydskap en vrede oor jou lewe. As jy na die res van die eienskappe in Galasiërs 5:22 kyk, sal jy sien dat alles net positief is. Johannes 10:10 sê: “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.” Die “dief” in hierdie vers praat van die duiwel. Die duiwel se plan is slegs om te steel en te slag en te verwoes. Hierdie is nie die eienskappe of planne van God nie, maar van die duiwel. God is nie die bron van jou probleme, siekte, depressie, ongelukkigheid, of swaarkry nie - daardie is die duiwel se speelveld. Ons sien die hart van God in die tweede deel van die vers wat sê dat Jesus gekom het om vir ons lewe te gee en dit in oorvloed. Satan saai dood, maar God gee lewe. Die dui-wel en God is teenstrydig met mekaar. Onder geen om-standighede sal God Homself verraai en saam met die duiwel werk om iets daaruit te bewerkstellig nie! (Efesiërs 6:11-13). Handelinge 10:38 sê: “Met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die dui-wel was, omdat God met Hom was.” Wat het Jesus ge-doen? Hy het almal genees wat onder die mag van die duiwel was. God het nie die mense onderdruk nie. Die duiwel het. Jesus het nie verby een persoon geloop en gesê: “Jy kan maar eers jou siekte nog so bietjie hou totdat ek weer hier omkom om jou te genees,” nie. God is nie die bron van sleg of siekte nie - die duiwel is. God is ’n goeie God. Hy is nét goed en wil net die beste vir jou hê. Daar mag dalk nou ‘n paar vrae in jou hart opkom: “Hoe kan jy sê dat God nie slegte dinge met ons laat gebeur sodat ons iets daaruit kan leer nie? Hoekom het daar dan soveel goeie goed uit my slegte en pynlike situasies gekom?” en “Wat van Job?” Ek beantwoord graag hierdie vrae in die volgende Piketberger uitgawes. Verdere studie: Johannes 8:44; 1 Korintiërs 13:1-8 (Lees die verse met die gedagte dat dit God se tipe liefde aan ons is. God sal nie iets van ons verwag wat Hy nie self is nie); Jakobus 1:13-14. (Alle skrif-aanhalings is uit die 1933/53 vertaling geneem)

Page 15: Die Piketberger Jul 2016

15

Ansie’s Homeshed Oop Vrydae en Saterdae

Boerbeskuit R25-R40 Anysbeskuit R25-R40 Gesondheidsbeskuit R25-R40 Verskeidenheid klein koekies R20 Verskeidenheid konfyte R30-R65 Sop en broodjie R5-R10 Jaffles R12 (kerriemaalvleis en groente/hoender mayonnaise)

Geroosterde ontbyttoebroodjie R20 (2 gebakte eiers, 2 repies spekvleis, tamatie)

Pannekoek R5 Handwerk - drasakke, omgehekelde waslappe ens

Alles is tuisgemaak

Wees verseker van hoogste gehalte en ruim porsies.

U vra, Ansie voorsien!

Plaas bestellings by Ansie Maré 084 205 7900

of per e-pos [email protected]

PAW Sterilisasiedag Woensdag 20 Julie

Kom ons gesels Bewarings Bewustheid

saam met Cobis Wilson

Erf 207, Langstraat 69 Wie van ons was nog nie in ’n gesprek wat gegaan het oor oumas, oupas, grootjies en erfgoed nie? Erfgoed is kosbaar, en ons kry dit net as ons omgee vir die dinge wat bewaar kan word. Een daarvan is ’n dorp se geskiedenis – óns dorp se geskiedenis. Piketberg het al juwele verloor weens onkunde en ’n traak-my-nie-agtige houding oor die dinge wat vir die nageslag bewaar kon gebly het. En onthou, bewaring beteken nie dat ’n mens vooruitgang wil kelder nie. Dit beteken bloot dat die oue nie sneuwel as die nuwe arriveer nie. Die waarde van bewaargoed vorm as’t ware die fondament van ons wese en kan baie vir volgende generasies beteken. Een van my kliënte, advokaat Willie Duminy van Kaapstad, vertel met trots van die lang tafel in Dezehoek se plaashuis waar sy ouma grootgeword het. Dis ʼn stukkie geskiedenis wat hom altyd byval. Johan Eksteen, wat nou op Dezehoek boer, vertel my dat sy ouma-hulle ’n bondel van 22 kinders was, stiefkinders darem ingesluit. Dié soort geskiedenis sal verlore gaan as ons nie almal begin kennis neem, saamstaan en waarde heg aan bewaring nie. Kom ons kyk na die bewaringsmoontlikhede van ons ou geboue en inkorporeer hulle in ons ontwikkelings. As ons deur ’n dorp soos Stellenbosch ry, sal ons sien daar is met insig ontwikkel, met respek vir die oue en ʼn

bewaringsbewustheid wat die dorp ʼn sieraad en toeriste-attraksie maak. In die Eikestad skakel die oue baie goed by die nuwe in. Slim ontwerpe en goeie argitekte met ʼn voorliefde vir bewaring het ʼn dorp met ʼn ongekende skoonheid geskep wat vir ons nageslag ’n kosbare geskiedenis gaan nalaat. Daar is geen rede waarom Piketberg nie hierdie voorbeeld kan navolg nie. Daar is al ʼn fotorekord van die meeste van die geboue met bewaringsbelang beskikbaar, en daar word deurlopend nog geboue bygevoeg om so die geskiedenis van die dorp na te vors. Spesifiek met betrekking tot die gebou op erf 207, Langstraat 69, stel die erfenispraktisyn en geskiedkundige argeoloog Hennie Vos voor: “Ek beveel aan dat die gebou gerehabiliteer word as ’n bepaalde erfenisgebou uit daardie periode, en van plaaslike belang in Langstraat. Met die korrekte vensters, nuwe vloere en plafonne, en selfs met die afbreek van binnemure indien nodig, kan dit gerehabiliteer word. Die dorp sal verryk word omdat ’n pragtige Piketbergse huis behoue sal bly en omdat bewaring pleks van aftakeling bevorder sal word. Die moderne trap aan die agterkant en aanbouings kan afgebreek word indien vereis. Selfs die agterste buitegebou kan afgebreek word as ’n toegewingsgebaar. Die groter ruimte in die agterplaas sal die eienaar meer beweegruimte vir toekomstige beplanning gee, met die hulp van ’n goeie bewaringsargitek. Die onbeboude gedeelte van Erf 207 kan oorweeg word vir ontwikkeling met lae residensiële of kommersiële geboue, terwyl die huis self behou en gerestoureer word.” Dis iets om op trots te wees as daar mense is wat graag die geskiedenis van die dorp wil bewaar.

Page 16: Die Piketberger Jul 2016

16

Leeskring Die volgende boekbespreking is:

20 Julie Love, Life and Elephants deur Daphne Sheldrick

Op die rakke van die Biblioteek

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours

022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Biegbrief en Ander deur Esta Steyn

Bespreking deur Sandra van Wyk As jy lus is vir lekker winter-leesstof, maar gou vaak raak onder die warm komberse en sodoende die draad verloor in ‘n boeiende roman, is Biegbrief die boek wat jy nou moet nader trek. Die verhale is deurweef met menslike intriges, pragtige taalgebruik, onvoorspel-bare gebeure wat jou deurgaans boei - en deurentyd is ‘n mens bewus van die trefkrag wat in min woorde lê. In ANT LIEFIE SE SPOOK verras die “spookstorie” waarmee sy ander wou afskrik haarself – en sorg die on-verwagte wending vir groot genoegdoening as Ant Liefie self effens kriewelrig begin voel in haar bekende omgewing. BIEGBRIEF het die mooiste beskrywende dele. Hoor hoe word Josephine beskryf, dat ‘n mens haar onmiskenbaar voor jou kan sien: “Daar was ‘n oordadigheid aan haar – te veel maskara, te veel lyf, te veel juwele, te veel van alles”. BEDEVAART NA DIE BANK is ‘n aangrypende verhaal van ‘n weduwee in nood, omdat voorsiening vir kontant nie betyds gemaak is nie. Sy maak ‘n plan – en die ver-haal sluit met die woorde: “Niemand sal ooit weet dat sy ‘n halfuurtjie by sy lewe bylap nie. Want hoe moes sy weet dat die dood, selfs ná so lank se wag, haar so sonder kontant sou vang?” In VIERDE VROU vind ‘n mens gou uit dat “drome beter

is as enige werklikheid”. DAGREIS laat ‘n mens met ‘n soort seer waaroor net sommige ongelukkige mense kan praat. Melia se dank-bare oë “wat meer as woorde praat” spreek ‘n mens aan – nét soveel soos die wete dat “Jasmyn se pienk skoent-jies tussen plakkerhutte sal huppel”. DIE BOODSKAPPER bring op ‘n vreemde manier troos vir ‘n vrou wat alleen agterbly, na die skielike dood van haar man en laat ‘n vreugde in haar opspring, “soos Martiens se arms rondom haar”. In DIE GRAFLAP ervaar Eva “’n skrik erger as die dood self”, wat maak dat sy voor die kunstenaarsvrou staan “soos ‘n stomme – die ene tanne sonder tong”. Watter ongekende vreugde en vrede vind sy nie, as die waar-heid ná haar dogter Sylvie se dood, aan haar bekend word nie. DIE ROK – getuig van ‘n soort liefde en opoffering wat net ‘n ma se hart ken. Dit gaan oor ‘n aller-pragtige rok waarvan “die koningsblou skyn tot in haar oë” – en oor die onbaatsugtige vrou wat dit oneindig graag wou dra. WATERSKEIDING leer vir ons van magiese realisme, die bo-natuurlike – wat ‘n sterk boodskap dra. Lees dit gerus – dis ‘n verhaal wat jou ietwat laat rondtrap. Dit begin op “die uur wanneer die gloed soos goud deur die dun spleet van die gordyn dring en binne-in die spiel we-er-kaats”. In LANCASTER TOWN SE TREIN lees ons van ont-spoorde mense, ‘n vrou wat “waansinnig wou lag van ongeloof”, omdat die onafwendbare haar getref het. Maar sy kom terug op die spoor en land uiteindelik op ‘n “nuwe stasie”. Die onskuld in MEJUFFROU MAGDA VILJEE SE ONE-NIGHT STAND, teenoor die wreedheid waarmee mense met ander se gevoelens omgaan, is diep-treffend. Saam met Vossie Malherbe met die “onbeskryflike hartseer in sy oë”, wil ‘n mens diegene wat slagoffers is van onreg, styf vashou en beskerm. In SKOTTELS VOL GEBEDE wys Esta Steyn weer hoe ‘n slim wending in die verhaal lesers verras – en iets to-taal anders as wat ‘n mens verwag, ‘n pragtige slot vorm. Tien uit tien vir Esta Steyn – hoop sy maak nog baie sto-ries bymekaar en skryf dit vir ons neer. Dit is waarlik met genoegdoening wat ‘n mens die boek toeslaan – en weer wil oopmaak.

Page 17: Die Piketberger Jul 2016

17

Page 18: Die Piketberger Jul 2016

18

Siphenkosi

Protection Services

Your security Our priority

Now in Piketberg (Next to DA offices)

Psira 2409406

Providers of 24 hours security guards for

industrial, commercial, farm properties, special events & access control.

Alarm installations.

Contact for free quote.

Email: [email protected]

Phone: 022 913 1128 Cell: 076 321 5434

Your security Our priority

Frikkie Strauss

Re-Aktiewe Belasting-beplanning

Die Laaste Vesting teen die Fiskale Aanslag

In vorige uitgawes van Die Piketberger het ons geskryf dat daar tussen drie vorms van belastingbeplanning onderskei kan word, naamlik strategiese beplanning, taktiese beplan-ning en re-aktiewe beplanning. In die Februarie en April uitgawes het ons oor die eerste twee vorms van belasting-beplanning geskryf. Strategiese belastingbeplanning is langtermyn-beplanning. Dit is nie net gerig op belastingbesparing in ‘n spesifieke jaar nie, maar het fundamentele, strukturele veranderinge ten doel wat belastingbesparings oor die leeftyd van ‘n onderneming kan skep. Taktiese belastingbeplanning is van korttermynaard en is gerig op belastingbesparings in ‘n spesifieke belasting-jaar. Dit wentel hoofsaaklik om tydsberekeningsaksies en beteken dat aksie vóór die einde van die belastingjaar geneem moet word. Hierdie artikel handel oor re-aktiewe belastingbeplanning. Dit vind gewoonlik ná die einde van die belastingjaar plaas en is daarop gerig om die belasbare inkomste deur rekeningkundige aansuiwerings te verminder. Wanneer ‘n onderneming se finansiële jaareinde verby is, kan daar geen operasionele aksies meer geneem word om belastingpligtigheid te verminder nie. Deur die doen van sekere rekeningkundige aansuiwerings kan beduidende belastingverminderings egter teweeg gebring word. Dit sal hoofsaaklik uit ‘n oorweging van die waarde van balansstaatitems voortvloei. Voorbeelde daarvan is die volgende: Vaste bates Depresiasie op vaste bates kan afgeskryf word indien dit nog nie gedoen is nie. Indien dit wel gebeur het, moet seker gemaak word dat die maksimum toelaatbare afskrywings gedoen is. Handelsvoorraad Voorraadlyste kan deurgewerk word om te kyk vir onverkoopbare, beskadigde of verouderde voorraad en die nodige afskrywings kan gedoen word. Debiteure Debiteurelyste kan deurgekyk word vir oninbare en potensieël oninbare skulde en die gepaste afskrywings en voorsienings gedoen word. Langtermynlenings en afbetalingsverkoopooreen-komste Rekonsiliasies moet gedoen word om te verseker dat alle rentes en kostes wat belas is, wel in die boeke opgeneem is. Krediteure en agterstallige uitgawes Daar moet seker gemaak word dat alle uitgawes wat voor die jaareinde aangegaan is, maar eers na die jaareinde betaal is, in die boeke opgeneem word. Deur goeie re-aktiewe belastingbeplanning kan baie belasting bespaar word. Die beweegruimte is egter beperk en baie meer belasting kan bespaar word deur pro-aktiewe, langtermyn strategiese beplanning, aangevul deur taktiese en re-aktiewe beplanning. Vir die dienste wat FJS Finansiële Dienste in hierdie opsig lewer, kan u ons skakel by 022 913 2391 of 082 493 3785.

Doen die Annie Ding

Marietha Goosen, links op die foto, is die eerste student by Oregon en More wat met die Annie Sloan

verf geeksperimenteer het. By haar is Lynette Ackhurst wat die Annie Sloan kursus gedoen het en

al die fynere kunsies met studente kan deel. Marietha en Lynette hou die raampies vas wat geverf is -

hierdie goue rame kry weer nuwe lewe na 20 jaar. Enige persoon wat klein selfdoen projekte het, kan vir Linda van Schalkwyk by Oregon en More kontak vir

hulp. Foto: Ghanie de Wee

Page 19: Die Piketberger Jul 2016

19

Launch of the Proudly Porterville Produce Route

Die Proudly Porterville Produce Route is ‘n nuwe toe-rismeproduk wat met trots op 20 Junie in Porterville bekendgestel is. Bergrivier Toerisme het die inisiatief geneem en die boeregemeenskap genader om hierdie “Produce Route” aan die gang te sit. Gaan kyk gerus op www.portervilletourism.co.za 1. Andante Extra Virgin Olive Oil Is made from olives grown on the Wêreldsgeluk Olive Estate near Porterville. It is a family-owned and run busi-ness, born of a dream to make great olive oil. Owner Wil-lie Duminy and manager Han-Hendrik Basson, planted their first trees in 2006, and now have 3189 hectares under cultivation in an intensive system, with 34 000 trees of seven cultivars. Its a flagship brand, Andante, is made solely with olives from Wêreldsgeluk and has earned national and international accolodaes. 2. Indie Ale Bernard Kruger and wife Susan have bravely pioneered the growing craft beer industry and introduced their own unique range of beer as brewed on the farm KleineLiefde, just outside of Porterville. Indie Ale is a family owned micro-brewery with the ambition of later becoming a spirit distillery. The name Indie, resonates their independence from the mainstream trends, as revealed in their first three beers, aptly named for local heritage: the 24-River Blonde Ale, the Cochoqua Red Ale and the Porter’ville Porter. Visit the Indie Ale tasting room for tasting and a short tour of the brewery. Its attractive décor and shaded outdoor seating, makes it an ideal lunch stop over week-ends. Light lunches include pizza and other homemade dishes.

3. Tulbagh Wine Cellar Porterville Cellar - The Porterville Cellar forms part of the Tulbagh Wine Cellar, which after its merger in 2006 be-came one of the largest cellars in the country. Porterville is rated among the top 27 of 388 wine farms, producing almost 12 million litres of wine annually. Wine connois-seurs should pop in at the Porterville Cellar for a taste of the Porter Mill Station range of export wine, recently branded as one of Porterville Tourism’s trademark pro-ducts. 4. Magic, micro greens An increased emphasis on healthy living has led to the revolution of the standard garden salad and today most grocery store shelves boast a variety of gourmet greens. Award winning farmer Steve Botha, started his 0.7ha gar-den more than 10 years ago. This ‘backyard-garden’ has since literally grown to such an extent that he now culti-vates an additional 1.2ha farm outside of town which sup-plies micro herbs, baby salads and veggies and edible flowers to close on 120 restaurants in Cape Town, as well as to an established grocery chain. Join Steve on a stroll through his garden in the heart of town and learn about the medicinal properties of common garden species and see how micro greens cultivation takes place. 5. Delicious Situated in the centre of town, on the main street, Deli-cious is now the official point of sale and a tasting station of local Porterville produce. Lizelle Wentzel has recently moved to Porterville and immediately grabbed the oppor-tunity to promote the area’s rich harvest of fruits and products. Freshly baked breads, infused with local olives; fig preserves and locally produced soap and olive oil are

Continued on p20

Page 20: Die Piketberger Jul 2016

20

Goedverwacht se Snoek– en Patatfees

from p19 amongst the products on sale and available for tasting. A local artists also provide handcrafts and artworks to exhibit in the shop. This makes Delicious the ideal stop for gifts and souvenirs. 6. Figfun Is the brainchild of Karin and her mother-in-law, the late Petro Knoetzen, to deal with figs on their farm Eikenhof, not destined for the export market. Husband, Hanro, planted the first fig trees in 2007 and today produces Parisian and Ronde de Bordeaux figs for overseas mar-kets. Figfun produces a range of products and preserves, jams, chutney, salad dressing and dried fruit and fruit rolls. Granadillas, also grown on the farm, are added to some fig products as the flavours complement each other. All products are individually handled and no pre-servatives added, not even sulphur in the dried products. 7. Exotic fruits and home brews Houdconstant Farm is home to garagiste Fan Olivier. A wide variety of produce is harvested on the farm including grapes, pomegranates, citrus and vegetables. The farm is also a processing plant for the power fruits, pomegran-ates and dragon fruit. The fruit is sourced from the area and the pips and juice exported to the USA and UK. Fan’s latest addition to his crops is lemon grass – an in-creasingly popular ingredient of modern dietary prefer-ences. Figs and other seasonal vegetables from the sur-rounding farms are also packaged on the farm. The farm also specialises in producing barrels of fermented wine. During harvesting season (February) visitors can see how barrel fermented wine is produced according to the old ways with a vintage winepress. 8. Berghoff Proteas Three kilometres from town, the winding Dasklip Pass leads the way to Porterville-on-the-Mountain. This route offers a spectacular panorama of the area and as one steadily climbs higher ‘fynbos’ fragrances fill the air. On reaching the summit a gravel road takes one to Berghoff, an export, cut flower farm and home to the endemic Proteamagnifica. Owners Margot and Marius Huysamer have been farming with cut flowers since 2009. Join Mar-got for a drive through the fields of Barbis, Ice Queens and Snow Princesses. The packing shed will enchant all flower lovers. Here deft hands clean the proteas of ex-cess leaves and the perfect flower heads are carefully placed in tissue clad boxes for their overseas journey. Visitors are welcome to arrange a short tour of the farm and packing sheds. Flower season is June to December. 9. Disas in the Groot WinterhoekWilderness Area The winding Dasklip Pass takes one up the mountain and to the Groot Winterhoek Wilderness Area. The Reserve comprises of 30 608 hectares and include rare, threat-ened and endemic vegetation species. During the sum-mer months of January and February the area offers a spectacular display of nature, as the DisaUniflora (the red disa), blooms along the streams in the Reserve. It is the only place in South Africa where one can see fields of these flowers in nature. There’s plenty to do in ‘Groot Winterhoek’ besides taking photographs of flowers. The Reserve itself has accommodation available and surrounding farms also offer a variety of facilities.

Page 21: Die Piketberger Jul 2016

21

Goedverwacht se Snoek- en Patatfees Foto’s Marietha Goosen

Page 22: Die Piketberger Jul 2016

22

Page 23: Die Piketberger Jul 2016

23

Tel. 022 913 1101

PIKETBERG

Groot Winter

Malligheid

Op Fiets Dienste 50% afslag vir

Julie-maand op ‘n standaard diens

(gewone prys R285, slegs arbeid)

EN

10% Afslag op Alle Winteklere en Handskoene

Ons verskaf nou die

First Ascent Reeks

Stel u belang in fietsryklasse?

Almal wat belangstel in fietsryklasse, na skool, een keer per week, kontak ons

asseblief by 022 913 1101

Julie Specials Maandae: Pork Schnitzel R90.00 Dinsdae: Pizza Large R75.00 (met 2 toppings) Woensdae: Burger en Chips R45.00 (150g patty)

Donderdae: Sole met Thermidor sous en Chips R85.00 Vrydae: Steak en Chips R95.00 (350g)

Kerrie Afval op Rys R65.00 Sondae: Set Menu R120.00 (3-course meal) Bespreek voor die Saterdag

Vrydag en Saterdag aande oop vir sokkie danse. Saterdag 2 Julie Live musiek vanaf 21H00

Funksies kan ook gereël word op navrae

Enige navrae skakel Frans by 071 460 8944

Nou oop elke dag van die week vanaf 10H00

Dié groep dames het pragtige blomontwerpe geskep tydens die tuinbouvergadering van 1 Junie. Van links is Marinda Mostert, Katinka Morrison, Hester Truter,

Nicoline Brown, Delina Fox, Sabetha Albertyn, Jackie Ferguson, Micky Visser, Lenie Otto, J C Thesnaar,

Sonja de Jongh, Moira van der Westhuizen en Annet-jie Smit. Voor sit Carina Kennedy en Elmien Uys. Op die tafel is van die blomontwerpe deur hulle gemaak.

Foto verskaf

Volgende Vergadering

Die volgende tuinbouvergadering is op Woensdag 10 Augustus. Hulle besoek ‘n plaas by Citrusdal waar Serruria Florida (blushing brides) gekweek word.

Vir verdere inligting skakel Katinka Morrison 082 829 6918

Ons verskaf ook onder andere:

Birzman, Hope, WTB, Sigma, Cat-eye, Ryder Produkte, Camelbak,

Maxxis, Michelin, Kenda, IXS, Bell, Parktool, Giro, Olympic, Fox

Shocks, Rock Shocks, Fox clothing, Shimano, Shram en vele, vele meer.

Blom- en Tuinbouklub Nuus

Page 24: Die Piketberger Jul 2016

24

Stawelklip se Uitblinkers Op die oomblik is daar 'n paar jongmense met 'n verbintenis tot Stawelklip Primêr op Piket-Bo-Berg wat uitblink. Die Piketberger het navraag gedoen oor waar hulle hulle bevind. Brayn Stephens is in gr 12 en is van voorneme om in 2017 aan die Elsenburg Landboukollege te studeer. Alex Monk is gedurende die Julie vakansie op 'n opvoedkundige toer deur Duitsland. Roberto Danster woon gedurende Julie vakansie 'n Wes-Kaap Sportskool by. Anthea Jagers is 'n onderwysstudent in haar eerste jaar by die Bellville kampus. Muré Pickard is by die WP Rugby Akademie. Morden Benjamin doen Inligtings-tegnologie (IT). Quintin van Wyk is 'n kranige kun-stenaar. Lindzy Engelbrecht is 'n Sekretariële student aan die Citrusdal kollege. Baie geluk aan Stawelklip met die vorming van hierdie jongmense oor die jare. Foto’s verskaf

Brayn Stephens Alex Monk Roberto Danster

Muré Pickard Morden Benjamin

Lindzy Engelbrecht

VRL-dinee vir Matrieks Die jaarlikse VRL-dinee van Hoërskool Piketberg is hierdie jaar vir die eerste keer vir die matriekklas

aangebied. Die gasspreker was Dr Gillian Arendse.

Lourens Laing, hoofseun en Ané Nelson, hoofdogter saam met Dr Gillian Arendse. Foto’s: Alta Nelson

Koos en sy ma was baie geheg aan mekaar, toe skryf sy

ma vir hom 'n brief.

Liewe Koos Ek skryf maar stadig, want ek weet jy kan nie vinnig lees nie. Hier was 'n vreeslike ontploffing, die waterstelsel het gebars, al die goed is deur die dak, ek en jou pa ook, die eerste keer na 'n land tyd wat ons weer saam uitgaan. Ek stuur jou jas met die pos, maar omdat ek dink die pak-kie sal te swaar wees, sny ek die knope af en sit dit in die boonste jassak. Jammer dat ek nie die R1-00 wat ek be-lowe het, stuur nie, maar die koevert is reeds toegeplak. Groete, Ma

Lag ‘n Slag

INTERSKOLE 20 Augustus

PHS se sportgronde

Page 25: Die Piketberger Jul 2016

25

Page 26: Die Piketberger Jul 2016

26

PHS kultuur van uitstaande gehalte

Gr 4-7 English Poetry Cum Laude: Vanessa Luyt with Carma Rossouw (Prose), Pieter Bruwer (Poetry and Prose) and Janke Conradie at the back and in front, Cassidy Daniels, Dayle Julius, Annika Steyn and An-nette Bruwer. Pieter het ook op 28 Mei deelgeneem

aan die semi-finale rondte van die ATKV Redenaars-kompetisie by Hoërskool Paarl Vallei in Somerset-

Wes.

Gr 4-7 Afrikaans Poësie Cum Laude: Jackie Thirion met agter Ilanri van Rossum, Ruan Stassen, Elné

Burger, Mika van der Merwe en voor GP Rossouw, Hugo de Waal, Nina Ellis en Annette Bruwer. Nina en Annette het ook op 28 Mei deelgeneem aan die semi-finale rondte van die ATKV Redenaarskompetisie by

Hoërskool Paarl Vallei in Somerset-Wes. Nina het deurgedring na die finaal.

Gr 4-7 English Poetry Gold: Vanessa Luyt with Jay-Will Swart and Kacey Wessels in front and at the back

Elsje Basson, Carma Rossouw, Rénay Esau and Renate Coetzee.

Gr 4-7 Afrikaans Poësie Goud: Jackie Thirion met agter Anika Jordaan, Carli Basset, Caylen Turner, Nicole Steyn (Prosa), Louise Smit en voor Niketha

Booys, Helouise van Sittert, De Waal Visagie en Gerhard Brand.

Foto’s: Marietha Goosen

Seane Kotze, Fisiese Weten-skap Opvoeder by Steynville Sekondêr het onlangs die

graad Honneurs BEd Specialisation

Natural Sciences/Physical

Sciences, verwerf aan

Unisa.

Foto verskaf

Honneurs vir Seane

Die Piketberger se Datums vir 2016 Knip uit en bêre

Berigte/Advertensie IN

19 Julie 23 Augustus

20 September 18 Oktober

22 November

VERSKYN 28 Julie

1 September 29 September

27 Oktober 1 Desember

Advertensiekoste Volblad: R465 Halfblad: R320

Kwartblad: R215 Agsteblad: R150

Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: [email protected]

Page 27: Die Piketberger Jul 2016

27

piketberg mediese sentrum

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)

Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)

Dr Bibi Werle (Sonar)

Ilse Bruwer (Spraakterapeut)

Merina de Waal (Dieetkundige)

Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017

Ma - Vry: 08h00 - 17h30

Sat: 08h00 - 13h00

Op 'n baie koue Vrydagaand, 10 Junie, het Driaan Pretorius, jeugwerker by die NG Kerk op Piketberg, 'n

groep jongmense op 'n uitreik na Straatwerk in die Kaap geneem. Agter is Matteus Vorster, Chrizanne

Stephan, Annetia Calitz, Lize-Mari Engelbrecht, Liana Prins, Louwrens Laing, Harry Roux, Jac Goosen en voor Nicola Coetzee, Carla O'Connell, Ané Nelson, Diana Vorster, Elize Visser, Kurt Dietrich en Driaan

Pretorius. Riaan Visser en Jaco Claassen is nog twee volwassenes wat die uitreik meegemaak het.

Foto: Marietha Goosen

Straatwerk Ballerina Skitter

Trizhe Scholtz het die volgende uitstaande prestasies by die Jaarlikse Paarl Vallei Ballet

Eisteddfod behaal: Cum Laude vir Gr 5 Novice Solodans, Polka Treat : 11-12 Groepdans en 9-10 jaar Trio Dans : Candy Canes.

Trizhe ontvang ook die trofee vir die beste 10jaar Novice Solodans

asook die trofee vir die beste 9-10jaar Triodans Candy Canes. Trizhe is ‘n leerling by die Bianca

School of Ballet in Wellington. Sy is sedert Januarie ‘n leerder

by PHS. Foto bo: Lindie Jordaan

Foto regs verskaf

Nazeem Afrika, lid van Swartland

Atletiekklub, het vanjaar aan sy 5de

Comrades Marathon deelgeneem. Nazeem wil graag vir Jacobus Liebenberg van Lieb-co Vleishandelaars en Dirkie van Seder

Begrafnisdienste be-dank vir die borg van sy hardloopskoene

en Total Winkelshoek vir die borg van sy

vliegtuigkaartjies en verblyf.

Foto:

Barbie Breunissen

Nazeem se 5de Comrades

Page 28: Die Piketberger Jul 2016

28

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane.

Enige modelle: 1916 tot 2016

Onmiddellike betaling

Skakel Jakes by

083 384 8547 en/of Epos:

[email protected]

Damian Markus van Hoërskool Piketberg is gekies as senter vir

die o/13 Cravenweekspan. Foto: Alta Nelson

Samrique Kayster van Steynville Primêr is opgeneem in die 0/13

Cravenweekspan. Hy is ook hierdie jaar die hoofseun van die skool. Die gemeenskap is ongelooflik trots op

sy prestasie. Foto: Elzanne Boshoff

Ethan Lord van Steynville Primêr is in die 0/13-Boland Gholfspan

opgeneem. Foto: Elzanne Boshoff

Trotse Boland Spelers

Silwer vir Violis

Johan du Toit van PHS het vir sy Vioolsolo 'n

Silwer toekenning ontvang in die Stellen-bosch Kunswedstryd. Die Weskus Jeugorkes

het Goud behaal vir beide hul Klassieke- en Jazz Program. Johan is

lid van die orkes as eerste viool.

Foto: Alta Nelson

Die Jas Pas

Jacques Lambrechts, gr 5-leerder by PHS, pas perfek in sy ma, Carmen (Wiese) Lambrechts se

matriekbaadjie. Vanaf vanjaar is PHS se

amptelike winterdrag baadjies vir gr 4 - 12.

Foto:

Marietha Goosen

Page 29: Die Piketberger Jul 2016

29

Die personeel was ‘n bietjie laf op Jeugdag om te wys hulle het nog gees. Van links na regs: Corrie, Sofimia,

Cindy, Shirene en Charlene. Voor is Veronica en Hansley.

Almal het dit vreeslik geniet om hul ekstra Angry Birds uit te ruil met mekaar. Die meeste kon hul

versamel albums vol maak. Die dag is geniet deur die jonger geslag sowel as die jongeres van gees!

‘n Stampvol Boland SUPERSPAR op Jeugdag 2016. Dit was heerlik om elkeen betrokke te hê op dié dag.

Dankie vir jul wonderlike ondersteuning!

Angry Birds versamelaars konsentreer hard om die regte Angry Birds uit te ruil op “Swap Day”.

Terwyl die ruiling plaasgevind het is die kinders se gesiggies

geverf! Kyk net hoe spoggerig lyk Cizario.

Page 30: Die Piketberger Jul 2016

30

Deel van die

Gemeenskap

In diens

van die

Gemeenskap

Carl Schreve Morawiese Primêr het ‘n fondsinsameling gehou. Boland SUPERSPAR

het produkte geskenk vir die noedelslaai. Op die foto is Martinet Engelbrecht en Charlene Fortuin (Boland SUPESPAR).

Unique Ministries Gospel of South Africa het ‘n Gospel Konferensie gehou waarby Boland

SUPERSPAR ‘n bydrae gelewer het deur vetkoeke en Muffin mix te skenk vir die geleentheid. Op die foto is

Chadrick Fortuin en Marietjie Pedro (Boland SUPERSPAR).

Boland SUPESPAR ondersteun die 90 DAE VAN HOOP projek deur RAY VAN ROOY. Indien julle

enige nie-bederfbare voedsel, wintersklere, skoene of beddegoed wil skenk, maar gerus so in ons

trollie by die deur of skakel vir:

Ray van Rooy by 083 657 9615

Trots

Piketberg

Proudly

Piketberg

Piketberg Christen Skool het ‘n fondsinsameling funksie gehou waar hulle ‘n kaas en wyn aangebied

het. Boland SUPERSPAR het rolletjies sowel as R500 se kaas geskenk vir die geleentheid. Op die foto is

Shameel Davids (Boland SUPESPAR) wat die skenking oorhandig het.

Boland SUPERSPAR ondersteun PAW se projek deur honde- en katkos in te samel. Baie dankie

aan al ons kliënte wat bygedra het om die diere te voed. Op die foto is Beryl-Ann du Plessis en

Hansley de Klerk (Boland SUPERSPAR).

Page 31: Die Piketberger Jul 2016

31

Sofimia (Fiempie) staan gereed om MY SPAR REWARDS aan jou te verduidelik! Ons eie Mej Rewards!

MY REWARDS afslagborde is regdeur die winkel geplaas

by promosie produkte.

MY REWARDS afslag pamflette is by die

kasregisters geplaas vir ons kliënte se gerief.

Darryl Losper en Netta Liebenberg

Boland SUPERSPAR bied ‘n My Rewards Program aan waar jy sekere produkte maandeliks teen ‘n baie goedkoper prys as

normaalweg ontvang. Dit is nie al nie, jy kan ‘n kans staan om jou inkopies Mahala (GRATIS) te ontvang. Besoek vandag nog Boland SUPERSPAR as jy nog nie geregistreer is nie. Ons vriendelike span staan gereed om jou inkopie ervaring nog beter te maak by Boland

SUPERSPAR. Hou gereeld ons Facebook bladsy dop (Boland SUPERSPAR) om te sien watter produkte dit is of loer in

die winkel. Besoek gerus ook die ‘My Spar REWARDS’ web bladsy (me.spar.co.za) of laai die My Spar Rewards program op jou selfoon

af om te sien hoeveel jy al gespaar het!

Page 32: Die Piketberger Jul 2016

32

Last Sithole en Hugo Ehlers

Mev Jaars met Marlin Swartz

Christie en Marlene Erasmus met Zenda Sass

Mev Mentoor en Christell Mathews

Mary-Ann Pistoor en Mev Adriaanse

Baie geluk aan al ons wenners!

Hier is net ‘n paar van hulle. Dankie dat julle Boland SUPER-SPAR kies as jul bestemming vir inkopies doen! Klante kan ook onthou dat al het hulle nie hul

MY SPAR REWARDS kaartjie by hulle nie, kan hul steeds hul

selfoon nommers gee om in aan-merking te kom vir die wen van

inkopies of om die afslag te ontvang!