die piketberger apr 2016

32
Jaargang 23 Nr. 3 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R5,00 April 2016 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] Atlete na SA’s Hierdie drie Laerskool atlete van Piketberg het op 11 en 12 Maart deelgeneem aan die SA Skole Atletiek- kampioenskappe in Port Elizabeth. Janke van Schalkwyk, links, het op 19 en 20 Maart deelgeneem aan die SA Hoërskole Atletiekkampioenskappe in Bloemfontein. Om te kwalifiseer vir hierdie byeenkomste, moes die atlete skitterend gevaar het by die Wes-Kaap kampioenskappe waar die bestes uit die onderskeie streke meegeding het. Op die foto bo, staan twee atlete van Steynville Primêre Skool op Piketberg, Ruwaldo Erasmus (links) en Keishan van Rooy (middel), en regs is Ruvan van der Westhuizen van Hoërskool Piketberg. Hulle items was onderskeidelik hoogspring S10, 150mH S12 en 80m S10. Ruvan kon 'n goue medalje huis toe bring wat hy saam met sy aflosspan behaal het. Foto bo: Jakob van der Westhuizen Dokters en Doktor...p3 Doopfoto’s...p4 Troufoto’s...p6 Pampoenkompetisie...p12 Stories uit die Omgewing...p19 CareerClub by PHS...p21 Kolsvlei MTB...p26 Steynville Primêr se twee- linge...p28 SA Atletiek Aksiefoto’s...p29 PCS Athletes...p30

Upload: piketberg-tourism

Post on 27-Jul-2016

338 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

 

TRANSCRIPT

1

Jaargang 23 Nr. 3 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R5,00 April 2016

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

022 913 1939 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

Atlete na SA’s

Hierdie drie Laerskool atlete van Piketberg het op 11 en 12 Maart deelgeneem aan die SA Skole Atletiek-

kampioenskappe in Port Elizabeth. Janke van Schalkwyk, links, het op 19 en 20 Maart deelgeneem aan die SA

Hoërskole Atletiekkampioenskappe in Bloemfontein. Om te kwalifiseer vir hierdie byeenkomste, moes die atlete

skitterend gevaar het by die Wes-Kaap kampioenskappe waar die bestes uit die onderskeie streke meegeding het. Op die foto bo, staan twee atlete van Steynville Primêre

Skool op Piketberg, Ruwaldo Erasmus (links) en Keishan van Rooy (middel), en regs is Ruvan van der

Westhuizen van Hoërskool Piketberg. Hulle items was onderskeidelik hoogspring S10, 150mH S12 en 80m S10. Ruvan kon 'n goue medalje huis toe bring wat hy saam

met sy aflosspan behaal het. Foto bo: Jakob van der Westhuizen

Dokters en Doktor...p3 Doopfoto’s...p4 Troufoto’s...p6 Pampoenkompetisie...p12 Stories uit die Omgewing...p19 CareerClub by PHS...p21 Kolsvlei MTB...p26 Steynville Primêr se twee-linge...p28 SA Atletiek Aksiefoto’s...p29 PCS Athletes...p30

2

Redaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R110 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Redaksie ([email protected])

Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796

Advertensies:

[email protected]

of sms 079 496 2719

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur

Dr. Herold Truter

022 913 1630 / 022 913 2925

Volblad: R465 Halfblad: R320 Kwartblad: R215 Agsteblad: R150

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Liefde Marietha

Briewe van ons lesers...

Het u geweet dat u Die Piketberger kan lees in kleur

op die internet. www.piketbergtourism.co.za

Cora van der Westhuizen skryf... Nadat ek sopas weer ‘n vorige eksemplaar van Die Piket-berger met groot vreugde gelees het, is dit ‘n behoefte van my hart om vir Marietha Goosen en Barbie Breunis-sen hartlik geluk te wens met ons koerant. Ek het so baie inwoners van ons dorp deur die koerant leer ken...ek lees wie die skoolhoof is, wie die dokters is wat my gesond kan hou. Ek lees van die leraars wat my op die smal weg sal hou. En dan lees ek ook van die man van wie Ludwig Visser in die Tyger Burger vir ons in sy artikel oor sy kospad vertel het. Op Piketberg is daar Wol-fie wat sê hy maak die heerlikste Boerewors, ek ken hom nou ook. En dan op die agterblad my Vrydag Spar vriende se foto’s. Baie dankie met waardering. Mag hulle twee van krag tot krag gaan met Jesus aan hulle sy.

Tops en Tags vir Rolstoele Vir elke 50 000 “tops”, dit is

enige plastiese botteldop-pies en/of vir elke 50 000 broodsakkie “tags” kan Piketberg ‘n verskil maak aan ‘n individu wat ‘n rol-stoel nodig het. Lewer asseblief af by die kerkkan-toor of biblioteek of skakel Teresa by 083 539 5048 om af te haal. Dankie Piketberg!

In die beginjare van my onderwysloop-baan, het ons dikwels gespot met: "Werk jy of hou jy skool?" Die twee is eintlik sinoniem, "werk" en "skoolhou".

So kry jy mense wat boer, skilder, skryf, afrig, preek, koop en verkoop, saag en slag, sing, duik, kosmaak, opereer, bou, vlieg, bak, organiseer, tik, stik, boekhou......en alles is "werk". Onlangs een oggend, staan ek reeds om 7:30 aangetree vir 'n afspraak - met my kamera om my nek, gereed vir 'n fotosessie soos gereël. Sal iemand dan nie verbystap en vra: "Werk jy nie dié jaar nie?" Wat kan ek sê? My afleiding is dat ek my werk lekker laat lyk. PHS doen baanbrekerswerk met die stig van 'n Career Club. Ons kinders is bevoorreg om meer leiding te kry oor "werke" as ooit tevore. Lees meer hieroor op p21 en intussen - Woon en Werk jy rustig voort.......

Wanneer is werk wérk?

Skaapkop Ete te Piketberg

Kwagga Jag en Avontuur bied weer die jaarlikse skaapkop ete aan in

Piketberg op Donderdagaand 28 April 2016

Navrae kan gedoen word by

Midas – Motolek Tel 022 913 1939

‘n Leser skryf... My selfoon is Dinsdag 9 Februarie in die sakekern gesteel. Na my sim-kaart swop, verskyn vier selfoon-nommers wat onbekend aan my was. Ek stuur na elk ‘n boodskap om te verneem of hul weet van iemand wat ‘n Blackberry het vanaf 9 Februarie. Groot was my verbas-ing dat ‘n ene Terence van Mont Piquet my sms dat hy my na die man sal neem wat so ‘n foon het. Ek meld dit aan by Piketberg Polisiestasie by mnr Mbana. Mnr Mbana skakel mnr Terence. Die polisie gaan kry toe my foon en geheuekaart. Wel, na vele papierwerk en oproepe het ek my foon terug. Groot dank aan die weldoener, mnr Terence en Mnr Mbana van SAPD Piketberg vir sy flinke diens en hulpvaardigheid. Wenke: 1. Sorg dat jou selfoon altyd op ’n veilige plek gebêre word. 2. Dames, sorg dat jou handsak altyd toe is. 3. Hou IMEI reeksnommer van selfoon in veilige bewar-ing, dit verskyn onder jou foon se battery en op die houer (boksie) waarin jou foon gekoop is. 4. Hou foon se kon-trak in veilige bewaring waar jy dit maklik kan kry.

3

Winkel 022-913 2418

022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787

082 921 1977

Nuwe Wintervoorraad

Beskikbaar

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters

en Ouditeure

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800

[email protected] Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Sandveld Elektries CC Geregistreerde Master Elektrisiën

Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111

* Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Neville Watson 083 255 9917 Piketberg Omgewing

PHS klasmaats word Dokters

Anize Truter, links en Cheryl Lynn Faro, regs twee klasmaats van PHS wat in 2008 gematrikuleer het, het

albei hul MBChb-graad verwerf by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe by Stel-

lenbosch Universiteit. Hulle is tans besig met hul tweejaar lange internskap as algemene praktisyne.

Anize werk by die New Somerset Hospitaal in Groen-punt en Cheryl by Groote Schuur. Cheryl het haar

skoolloopbaan begin by Stawelklip Primêr en daarna Steynville Primêr en toe Hoërskool Piketberg en sy

wil graag alle positiewe individue, onderwysers inkluis, bedank vir die wonderlike manier waarop hulle haar ondersteun en bygestaan het. Cheryl

beoog om in die nabye toekoms in chirurgie (oor, neus en keel) te spesialiseer.

Foto’s verskaf

Sonja van Staden (Van Niekerk) hoofmeisie van

PHS in 2005, het in Desember 2015 haar

doktorsgraad in Publieke Reg (LLD) aan die

Universiteit van Stellen-bosch verwerf. Sonja doen

tans vryskut regswerk en sal vanaf Julie 2016 by die Universiteit van Stellen-bosch klasse aanbied in

Bewysreg.

Foto verskaf

Doktorsgraad vir Sonja

4

Elfde Geslag AJF De Waal

Klein Arend Johan Frederik de Waal is op Sondag 20 Maart in die NG Kerk op Piketberg gedoop. By hom is sy ouers Arend en Nadine en sussie Kathy-Ann en sy

grootouers Arend en Anita, almal de Waals. Foto: Marietha Goosen

By baba Francois Johannes van Lill is oupa en ouma Johannes en Corrie Joubert, sy ouers Johan en

Hendrien van Lill, ouma Zelda van Lill en ousus Lylani.

Foto: Reino Engelbrecht

FJ (Le Roux-Joubert) Van Lill

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours

022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075

Maak reg vir die winter griep en

verkoues. Griep-

inspuitings beskikbaar

5

6

Villiers en Marilie Morrison is op 12 Desember 2015 te Hebron, Piket-Bo-Berg getroud.

Foto: Edó Photography

Eben van der Merwe En Bianka Mostert is op 19 Maart getroud. Die seremonie en die onthaal was

op Nieuwedrift familieplaas.

Foto: Charlotte Treurnicht Photography

Tim en Chantel Frankfort is op 12 Maart te Fynbos Estate getroud. Chantel is die dogter van Charlie en Dolla Clarys van Koringberg en Tim is ‘n seun van

Rob en Marion Frankfort van Purmerend, Nederland. Chantel het Tim ontmoet in Amsterdam waar sy as

Au Pair gewerk het. Foto: Edó Photography

Gerrit en Chanelle Heyneke is op 19 Maart by De Tuin buite Porterville getroud. Chanelle is ‘n dogter van

Tony en Elsabé Kankowski. Foto: Edó Photography

Brendan van der Merwe en Mariska Hunt is op 5 Desember 2015 in die NG Kerk Piketberg getroud. Die onthaal was by die De Hoek Ontspanningsaal.

Foto: Vanessa de Villiers

Gee mekaar die Regterhand

7

8

Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder...

Hanlie Linde

NB nommers van die Munisipaliteit

Piketberg Kliëntediens Beampte vir aanmeld van alle klagtes:

Jackie van Huyssteen 022 913 6005

Brandweer: 083 272 3714 / 10177 (na-ure)

Waterpypbreuke:

083 272 3850 (na-ure)

Aanmeld van diefstal en bedrog: Interne Ouditeur 022 913 6002

Wanneer hierdie Piketberger die strate tref, is Paasnaweek pas verby. Ek glo dat die ware boodskap van Christus se liefde u opnuut geraak het in hierdie tyd. Ons is voorwaar niks daarsonder nie en kan met hoop lewe omdat ons weet dat ons verlos is deur Jesus se bloed. Dit is vir my baie lekker om in ‘n Munisipaliteit te werk waar ons Christelike waardes het en waar ons elke dag en meeste vergaderings open met gebed en die Here innooi na ons werksaamhede toe. Dit is ‘n voorreg wat ek en al ons werkers opreg waardeer, want dit gaan nie so in alle Munisipaliteite nie. Hierdie maand het ons baie goeie nuus om met ons pub-liek te deel. Die meeste van u weet dit reeds. Bergrivier Munisipaliteit is gedurende Maart 2016 aangewys as die derde beste Munisipaliteit in Suid-Afrika. Die evaluering is gedoen deur Good Governance Africa. Hulle doel is om betroubare en feit-gebaseerde inligting te genereer oor die status van Plaaslike Regering in Afrika. Hierdie studie het hulle spesiaal gedoen met die oog op die Plaaslike Verkiesings in Suid-Afrika later in 2016. Hulle was so geskok deur die uitslae dat hulle dit laat oudit het deur KPMG. Nege van die top tien (en 15 uit die top 20) Muni-sipaliteite in Suid-Afrika is in die Wes-Kaap, met ons bure Swartland Munisipaliteit in die vierde plek en Saldanha-baai Munisipaliteit in die agtste plek. Die volle verslag beslaan 49 bladsye. Maar die verslag bevat ook skokkende uitslae oor die res van Suid-Afrika se munisi-paliteite en die dringende behoefte aan ‘n aansienlike verbetering in die kwaliteit van administrasie en diens-lewering. 234 uit die 257 Munisipaliteite was ingesluit by hierdie omvattende studie. Good Governance Africa vier die prestasies van die beste Munisipaliteite en ontbloot die swakstes sodat daar verbetering kan kom. Die volle verslag is beskikbaar by my kantoor vir insae. By Bergrivier Munisipaliteit is ons baie trots op hierdie prestasie, maar ook diep dankbaar vir groot Genade. Elke huishouding in Bergrivier, wat ‘n munisipale rekening ontvang, sal saam met hul volgende rekening ‘n brief ontvang van my en ons Uitvoerende Burgemeester, Rdl Evert Manuel, waarin ons elke lid van ons publiek hartlik bedank vir die rol wat hulle speel om van Bergrivier Muni-sipaliteit ‘n baie goeie Munisipaliteit te maak. Aan al ons mense: Baie geluk en baie dankie! Nou is ons op die podium! Nou kan ons saam nog harder werk aan ons blink en volhoubare toekoms.

Katinka Morrison is besig om te reël vir die sterilisasies van troeteldiere in ons laer inkom-ste-gebiede teen 'n spesiale prys. Ten spyte van die dras-tiese prysvermindering is dit nog steeds onbekostigbaar vir baie mense. Sy doen ‘n beroep op diereliefhebbers om asseblief donasies te gee vir hierdie projek. Katinka het die afgelope jaar betrokke geraak by die troeteldiere in die gebiede en sê dit was regtig 'n ver-rykende ervaring om te sien hoe hulle en hulle eienaars hierdie aandag en hulp waardeer. Die liefde en dankbaar-heid wat sy uit hierdie betrokkenheid kry, maak die opoffering waarmee 'n mens se betrokkenheid gepaard- gaan die moeite werd. Die probleem waarmee ons te kampe het, is die onbeheerde toename van getalle onder die diere. 'n Veearts in diens van die dierebeskermingsvereniging kom op 29 April na Piketberg. Indien sy ‘n minimum van 25 diere bymekaar kan kry kan die projek voortgaan. Almal wat betrokke wil raak of 'n finansiële bydrae wil maak, enigeen wat ’n R10, R20, R50, R100 of meer vir hierdie projek wil gee, kontak Katinka by 082 829 6918 of stuur ‘n epos na [email protected]. Let wel: Die sterilisasies van honde op 29 April is SLEGS vir “rondloperhonde” en honde met base wat hierdie operasies nie kan bekostig nie. Dis ‘n poging om die aan-teel van siek en verwaarloosde honde stop te sit.

Help Honde met Sterilisasie

Foto’s: Katinka Morrison

9

10

Groete uit Nederland

Elzaan Trautman skryf… Hallo Piketbergers...Ek is 'n Au Pair in Nederland en hierdie is my eerste maand. Ek bly in Ootmarsum wat in 1324 as 'n stad verklaar is. Dit is in die Ooste van Neder-land en baie naby aan die grens van Duitsland. My familie bestaan uit twee ouers en twee dogtertjies (ouderdom 1 jaar en 4 maande en 3 jaar oud). Ek begin die oggend 8uur werk (7uur by julle) en maak die middag 4uur klaar as een van die ouers tuis is. Ek vat elke Maandag en Donderdag die oudste dogtertjie skool toe, wat so vier minute se stap is. Dit is baie veilig hier en dis pragtig. Ek geniet sover elke oomblik en dit voel steeds onwerklik dat ek hier woon. Die ouers behandel my asof ek deel is van hul fam-ilie. Ons bly bo 'n winkel, maar die huise is groot en daar is trappe vir Afrika! Ek het baie privaatheid en kan naweke gaan verken omdat ek dan nie werk nie. Die treine en busse waarmee ek al gery het is alles presies op tyd. Jy kan 'n 'app' aflaai op jou slimfoon en dit sê presies vir jou hoe om jou bestemming te bereik. Hier is 'n Rien Schulten Bakkerij naby ons - die 'grote croissant' kos 0.95 euro en 'n halwe bruin brood kos 1.15 euro. Ek het ook al 'n 'tosti' (geroosterde ham en kaas broodjie) gekoop vir 3 euro. Alhoewel die kos vreemd is, is dit heerlik, maar ek mis steeds my ma se kos. Hulle noem 'potato fries' patat of frite en hoender is 'kip'. 'n Paar nuwe woorde: Lemoen - 'Sinusappel'; Pynappel - 'Ananas'; Bok - 'Geitje'; Koei - 'Koe'. Groete tot volgende keer.

My eerste dag in Nederland voor een van die vele kuns-

galerye in Ootmarsum.

Sit-'n-Rukkie by De Berge Vanaf 1 April kan jy uitsien daarna dat Anneli Stofberg se

Sit-'n-Rukkie oorskuif na De Berge Gastehuis.

Anneli gaan voort met haar gewilde gekookte

etes daagliks, smaaklike en gerieflike gevriesde

disse en heerlike gebak. Kontak Anneli gerus by

083 767 6251 (ook op whatsapp) om meer uit te

vind.

Anneli Stofberg Foto: Marietha Goosen

Piketberg Somer Mark Die tweede Piketberg Somer Mark het op 20 Februarie op die Piketberg Museumterrein plaasgevind en vanjaar ‘n definitiewe plaasatmosfeer geskep. Soos verlede jaar was daar volop vrugte (waatlemoen, spanspek, druiwe, pruime, pere en appels) van die omgewing om aan te proe en teen goedkoop pryse te bekom. Die Veteraan Trekker Vereniging het ses van hulle spog trekkers vir die dag op die terrein geparkeer sodat belangstellendes dit van naby kon beskou. ‘n Ander hoogtepunt was die mobiele koringmeultjie wat deur Apie Richter en Hugo Ehlers beman is, en besoekers kon vars gemaalde koringpakkies koop. Ander uitstallers het handwerkprodukte soos kussings, kinderpakkies, kunswerke van afvalmateriaal, kitskos en tuisgebak ingesluit. Besoekergetalle was meer as die vorige jaar wat dui op ‘n bestendige groei van die mark. ‘n Besondere woord van dank aan ons vrugte verskaffers: Karstens Boerdery, Duikerfontein, Tertius Smit, Môrester Boerdery, Heimat Boerdery, Achtervlei Boerdery en Org de Rac vir die rose. Baie dankie ook aan die Piketberg Komiteelede, Piketberg Museum, Bergrivier Munisipaliteit, Veteraan Trekker Klub en al die besoekers vir die ondersteuning van die dag. Die datum van die Piketberg Somer Mark 2017 sal later vanjaar bekend gemaak word.

NG Kerk Eendekuil Ons leef vir Jesus Christus en Sy Koninkryk

Gemeentefees en “Fun Ride” 9 April 2016 - 8:00 tot 13:00

Ons nooi almal om deel te wees van ons fees in die Perdesportsaal

Skop die oggend af met ‘n heerlike plaasontbyt. Die res van die dag kan jy smul aan pannekoek, boereworsrolle, hamburgers, braaivleis of dalk

potjiekos. Daar is ‘n broodtafel met lekker plaasbrood, rooster-

brood, ens. Natuurlik is daar ‘n koektafel met allerhande gebak en ‘n

poedingtafel met regte “basaarpoeding”. As jou bene moeg raak, kom ontspan in ons teetuin.

As jy dors raak, is daar behalwe die gewone water en koeldrank, ook tuisgemaakte rooibos-ystee, gemmerbier

en suurlemoenstroop! Die produktetafel sal sorg vir ‘n verskeidenheid

verrassings! En die kinders? Daar is ‘n tafel net vir hulle!!!

‘n Verskeidenheid aktiwiteite sal hulle onder jou voete uithou. Die groter kinders (tussen 20 en 90) sal die

aktiwiteite net so geniet. Die “fun ride” spog met lieflike roetes op plaaspaaie en daar is ‘n afstand om elkeen te pas: 66km (vir die fikses en flukses); 37 km; 16km en 6km vir die kinders (ook vir

die luies en die lammes). Inskrywings op die terrein vanaf 7:00 of vanaf 1 Maart by Richard Botes 084 549 4908

Kom trap daai fietse! Daar is wonderlike pryse om te wen!

Navrae: Kerkkantoor: 022 942 1898 of 084 458 1167

Pastorie: 022 942 1606 of 083 417 8323 U kan ook u eie stalletjie oprig

(geen kosverkope nie). Kontak Marié Grobbelaar

by 022 942 1731 of 082 595 1210

11

Werkswinkel vir Tuinboulede

Die tuinboulede wat die werkswinkel vir die maak van sementpotte bygewoon het is agter van links na regs,

Marina Grobbelaar, Biddy Langenhoven, Moira van der Westhuizen, JC Thesnaar, Carina Kennedy en

Jackie Ferguson, wat die werkswinkel aangebied het. Voor is Katinka Morrison en Anne-Marie van Wyk.

Foto verskaf

Die volgende vergadering word op Woensdag 13 April saam met die VLV gehou in die Biblioteeksaal. Tee en verversings word bedien vanaf 09:00 en die vergadering begin om 09:30. Die spreker is Cokes Geldenhuys van Koringberg, hy het ‘n gastehuis en kwekery op Parys in die Vrystaat besit, maar het onlangs na Koringberg ver-huis. Sy onderwerp en bespreking is “Die uitlê van tuine en algemene foute wat met die uitleg gemaak word”. Daar sal ook geleentheid wees om vrae te vra. Besoekers welkom - R30 donasie. Kontakpersoon - Katinka Morrison 082 829 6918

Zana wen Merieteprys

Zana Vorster wen die Hennie Joubert Merieteprys van Unisa. Zana was een van die twee hoogste presteer-

ders in Suid-Afrika in Gr III Teorie (100%). Foto verskaf

12

20 Jaar Gelede - April 1996

Spesiale Feesuitgawe Hoërskool Piketberg is 150 jaar oud. In 1846 het L H Fick ‘n skool op Piketberg begin. Nou 150 jaar later vier ons fees. Hierdie spesiale feesuitgawe het besonderhede oor die fees. Program vir die naweek: Saalbyeenkoms; Braaivleis; Rugby; Netbal; Kermis; Besoek aan Skoolgeboue en Besienswaardighede; Dans; Dinee; Sokkie; Kerkdiens. PHS Reünie Rugbyspanne: Oudskoliere XV - 15 Dirk Lategan, 11 Frans van der Merwe, 12 Pierre du Toit, 13 Johan Gotzé, 14 Hein Coetzee, 10 Johan Hagen, 9 Dirk-Martin van Dyk, 1 Ettienne Roux, 2 Derrick Robertson, 3 JP Visser, 6 Johan Kotze, 4 Van Wyk Liebenberg, 5 Gert Visser, 7 Riaan van der Spuy, 8 Jacobus Liebenberg. Bestuurder André van Ellewee. Reserwes Altus Car-stens, Hendri van Zyl. PHS Uitnodiging XV - 15 Pieter Kotze, 11 André Dippenaar, 12 NW Hanekom, 13 Charl Smit, 14 Petre Smit, 10 Jacques Lambrechts, 9 Pine Kotze, 1 Jan Hanekom, 2 Joseph Richter, 3 Chris Rich-ter, 6 Peet Myburgh, 4 Pieter Burger, 5 Kobus Boshoff, 7 Rufus Vermeulen, 8 Gerrit Visser. Bestuurder Ds J Smit. Reserwes André van Onselen, Jacques Schenk. Afrigter Bata Rabie. Skeidsregter A van Breda. Naomi Bruwer het in 1993 ‘n tweede plek landswyd behaal in die Rooi Rose se Toptienerkok Kompetisie. In 1994 was sy weer een van die tien finaliste.

Piket-bo-Berg Reuse Pampoenkompetisie

Moutonsvallei se manne het hierdie jaar weggestap met die drie grootste pampoene! Verlede jaar se wenpampoen was 53kg. Die wenner hierdie jaar was Takemore Mukweni, met ‘n reuse pam-poen van 82kg! Hierdie pampoen het die deelnemers laat sweet om dit op die skaal te kry. In die tweede plek was Brian Pasiyawo, met ‘n pampoen van 66kg. Brian sê hy gaan 200 mense kos gee met sy pampoen. Gert van Wyk se 37kg pampoen was derde. Baie geluk. Selfs die droogte toestande van hierdie jaar kon hulle nie terughou nie. Paul Goliath van Bugler’s Post het die prys gewen vir die mooiste pampoen en Bernard le Fleur van Eagles Pride was die wenner van die gelukkige trekking. Hierdie kompetisie is die afgelope twee jaar geborg deur Boland Superspar. Egte reuse pampoensaad is ingevoer uit Amerika en kontantpryse is uitgedeel. Baie, baie dankie. Sonder Boland Superspar was daar nie ‘n kom-petisie nie. Volgende jaar is om die draai. Begin solank kompos maak en grondvoorbereiding doen vir daai tamaai pam-poen. Wie weet, dalk is jy in 2017 een van die wenners.

Takemore Mukweni met sy wenpampoen van 86kg. Berig en foto’s: Marika Ince

Links, Paul Goliath van Bugler’s Post

ontvang die prys vir die mooiste pam-poen van Tanya Jankielsohn van

Boland Superspar. Onder, Brian

Pasiyawo met die tweede swaarste

pampoen.

13

- shop nou oop

Hoofstraat Piketberg 022 913 2385

Maandae - Donderdae 6vm - 9nm

Vrydae - Sondae 6vm - 10nm

U een-stop gerieflikheidswinkel nou in Piketberg by Van Zyls Garage

Ons verkoop

* Koeldranke * Sigarette * Roomys * Kruideniersware

* Lekkers * Motor Olies * Lugtyd * Elektrisiteit

* Ys * Hout

14

Strategiese Belasting-beplanning

In ‘n vorige uitgawe van Die Piketberger het ons geskryf dat daar tussen drie tipes belastingbeplanning onderskei kan word, naamlik strategiese, taktiese en reaktiewe beplan-ning. In die Februarie-uitgawe is taktiese belasting-beplanning bespreek en in hierdie artikel word strategiese belasting-beplanning baie oorsigtelik gedek. Waar taktiese beplanning van korttermyn aard is, is strategiese beplanning op die bereiking van langtermyn strategiese doelwitte gerig. Die ondergenoemde vier sleutel-elemente kan as deel van die beplanningsproses geïdentifiseer word: Optimale strukturering Die struktuur waarbinne ‘n onderneming bedryf word, is bepalend vir sy belasbaarheid, want die belastingreëls en –koerse is verskillend vir verskillende ondernemings- vorme. Die keuse van ondernemingsvorme sal, benewens die belastingbedeling wat daarop van toepassing is, bepaal word deur die aard en omvang van die onderneming wat bedryf word en die persoonlike omstandighede van die ondernemer self, veral sover dit sy bateposisie en sy gesinsopset betref. ‘n Trust word byvoorbeeld teen die hoogste koers (41%) belas, maar vanweë sy veelsydigheid en soepelheid bied dit die geleentheid tot minimalisering van die belastinglas. Vooruitprojektering Tydige aksie is van deurslaggewende belang by strategiese belastingbeplanning. Indien meer optimale ondernemingstrukture byvoorbeeld oorweeg word, moet die proses van die vorming daarvan so gou moontlik aan die gang kom, want dit neem somtyds lank om nuwe strukture op te rig, met mekaar te sinkroniseer en operasioneel te kry. Begrotings vorm ook ‘n integrale deel van die belastingbeplan-ningsproses. Vindingryke kontraktering Die wyse waarop kontrakte opgestel word, kan beduidende belastinggevolge hê, veral as dit kom by die koop en verkoop van inkomste-genererende bates waarop die opbrengs òf aan inkomstebelasting òf kapitaalwinsbelasting onderhewig kan wees. As belas-tingkundiges nie by die opstel van kontrakte betrokke is nie, kan dit raadsaam wees om advies in te win voor kontrakte geteken word. Gereelde monitering Belastingbeplanning is nie iets wat eenmalig gedoen word en dan weggebêre word nie. Ondernemings is dinamiese entiteite en opereer binne ‘n omgewing wat voortdurend verander en die nodige aanpassings verg. Dit geld ook vir die belastingbeplanningsproses van ‘n onderneming. ‘n Belegging in ‘n goeie belastingbeplanningsoperasie is beslis een van die beste beleggings wat enige ondernemer kan doen. Daar is bykans geen risiko van kapitaalverlies nie en die opbrengs kan veelvoudig wees, selfs tot honderdvoudig oor verskillende jare. Daarby is die uitgawe verbonde daaraan nog aftrekbaar vir belastingdoeleindes ook!

VLV Sirkel Weskus Konferensie Die 84ste VLV Sirkel Weskus Konferensie het op 2 Maart in Citrusdal NG Kerk plaasgevind. Die tema was Droom, Glo en Leef! Rina Brink, Opvoedkundige Sielkundige het die lede gemotiveer om in hul drome te glo en om dit prakties uit te leef. Piketberg-tak was een van die vier takke wat ‘n Ver-dienstelikheidsertifikaat vir betrokkenheid en sigbaarheid in die gemeenskap verower het. Hierdie tak het ook aan die kompetisies vir gebak deelgeneem en Alta Vos het ‘n derdeplek vir haar Joep-Joep lekkers ontvang. Carin Rossouw het ‘n gehekelde poncho ingeskryf en Elmarie Cumpsty het die dadelringkoek, kerriebeetblatjang en teeskons ingeskryf.

Lede van die Piketberg-tak wat die konferensie bygewoon het, is Alta Vos, Elmarie Cumpsty, Rosa

Lategan, Dinette Lochner en Nicoline Brown.

Regs is Alta Vos, links saam met

een van die beoordelaars,

Elizabeth Cloete (wat ook by Koekedoor

betrokke was).

Foto’s verskaf

Volgende Vergadering Die volgende VLV-vergadering word op 13 April saam met Piketberg Tuinbouklub gehou. Cokes Geldenhuys

van Porterville (nuwe intrekker, kranige tuinier en tuinontwerper) kom gesels oor DIE FOUTE WAT ONS

IN TUINE MAAK, UITLê VAN TUINE’. U is welkom om ook vrae te vra en sommer net heerlik

saam te gesels oor tuine. TYD: 09h00 vir 09h30 PLEK: Biblioteeksaal

KOSTE: Besoekersfooi - R30 Almal welkom.

Enige navrae: Nicoline Brown - 082 477 0665

Frikkie Strauss

15

16

deur Jannie Lategan

Die Somer met sy hitte is verby. Die tyd om in die see te baljaar, het ongemerk

verby gevlieg. Sommer heel skielik moes die Somer wyk en Herfs het heel parmantig sy buiging gemaak. Hy maak gou huisskoon vir die Winter wat wag. Die blare val af en daar word ‘n vaal tyd beleef, maar ons besef dat die gang van die natuur, soos die eb en vloed gety van die see, die seisoene bring en weer laat gaan. Dit het tyd geword om weer soos die gediggie lees: “Red in the morning is the shepherd’s warning; red at night, is the shepherd’s delight!” Ons kan nou begin uitkyk na die môrestond met sy goud in die mond. Ons leef aan die voet van die goed gewortelde Piketberg en ons weet waar ons krag vandaan kom. Die Berg met sy kroon wat getooi is met die mooiste vrugteplase en aan die voetheuwels van die berg lê die tabbert van Piketberg uitgestrek met sy grasgroen druiwe blokke. Ons sien hoe vrugte ook hulle blare moet afwerp, maar tog voortgaan om wortelgroei te laat bevorder…reeds vir ‘n volgende seisoen. Nou is dit Winter wat nadersluip en die aandkoelte laat almal na iets warms gryp. Die kaggelhout is reeds aangedra. Ons kyk net vinnig terug na ‘n jaar 2015 wat ons nie goed behandel het nie en ons was suinig uitge-deel met die reëns. Goeie boerdery praktyke ten spyt, moes ons ademloos op ons knieë na die hemelboog staar. Straks het dit alles ons baie nader aan mekaar ge-bring, want droogte spreek tot elkeen. Gelukkig dat almal positief is oor die reënseisoen van 2016. Ons wens is dat die reën op sy goeie tyd in regte hoeveelhede sal kom, sodat die natuur en elkeen wat van die aarde afhanklik is, weer opnuut kan juig. Mag ons binnekort die rooi in die oggend aan die hemeltrans in die ooste sien en dan met geloof weet dat die reën op pad is. Rooi in die aand, laat straks die skaapwagter verlig, want sy skape is nie in gevaar nie …..maar diep in die hart van elke skaapwagter/boer word onverbiddelik geglo dat die natuur ons nie in 2016 teleur sal stel nie. Ons is tewens geleë aan die voet van die majestueuse berge wat met sy grootsheid oor ons die wag hou en waarnatoe ons ons oë kan opslaan in die geloof. Mag ons weer leer om laag te buig en te kniel in nederige er-kentlikheid en afhanklikheid. Kyk gerus uit in die oggende na die ooste en onthou: “Red in the morning is the shep-herd’s warning!”

Siphenkosi

Protection Services

Your security Our priority

Now in Piketberg (Next to DA offices)

Psira 2409406

Providers of 24 hours security guards for

industrial, commercial, farm properties, special events & access control.

Alarm installations.

Contact for free quote.

Email: [email protected]

Phone: 022 913 1128 Cell: 076 321 5434

Your security Our priority

Yskas, Vrieskas &

Lugverkoeling (voertuig en residensieël)

Herstel,

Installasie en Hergas

Kontak

Henk Pieters 071 583 6164

Die Kom en Gaan van Seisoene

Boksies vir Buksies Doreen Louw, Joan Cloete en Heslien

Malgas is fluks besig met Badisa se

“Boksies vir Buk-sies"-projek. Die projek behels 'n tuisprogram vir

basiese skoolgereed-making vir kleuters.

Foto:

Marietha Goosen

17

18

Recon Cylinder heads (Skim & P/test) Resleeve engines Rebore engines Grind & Polish Crankshafts Assemble Engines Service & Repair on all makes and mod-

els Aluminium and Stainless Steel and

Cast Iron Welding Diagnostics on all Vehicles Bearing Press

And many more!!! We are RMI, SA Warranties, Motorite, AMP, Hol-

lard approved and many more!!

14 Voortrekker Street, Piketberg

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane.

Enige modelle: 1916 tot 2016

Onmiddellike betaling

Skakel Jakes by

083 384 8547 en/of Epos:

[email protected]

Wat sê die Woord?

Deur Pastoor Tjaart Olivier

Hoe kan God lief wees vir my? Hoe kan Hy vir my omgee? Ek doen nie wat ek moet doen nie. Ek doen dan so baie dinge verkeerd. Ek voel of my lewe baie keer teen God gaan. Ek is seker elkeen van ons worstel met hierdie vrae. Hoe kan só ‘n heilige God belangstel in só ‘n sondige mens. Ek het vir jou goeie nuus. Hy doen! Hoe kan God lief wees vir my as ek nie doen wat ek moet doen nie? Romeine 5:6 sê: “Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe.” Dit beteken dat toe ons nie iets gehad het om vir God te bied nie, het hy ons steeds liefgehad. Dit is nogal ’n radikale gedagte. Ons mense verhoudings werk nie altyd so nie. Dit is meestal ’n vat en gee verhouding. As jy dit doen dan sal ek dat doen; as jy nie dit doen nie dan gaan ek ook nie dat doen nie. God het ons liefgehad nog voor-dat ons iets kon doen om Sy guns te wen. Hoe kan God lief wees vir my as ek ’n sondaar is? Romeine 5:8 sê: “Maar God bewys Sy liefde tot ons daar-in dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.” God het gekies om jou lief te hê toe jy ’n sondaar was. Hy het gekies om jou lief te hê en jy kan niks doen om dit te verander nie. Hy is lief vir jou net soos wat jy is. Hoe kan God lief wees vir my as ek voel ek werk teen God? Romeine 5:10 sê: “Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur Sy lewe gered word noudat ons versoen is.” God het jou liefgehad toe jy gedoen het wat die duiwel wou hê jy moes doen en so te sê ‘n vyand van God was. God het jou liefgehad selfs al het jy teen Hom gewerk. So waar los dit ons? Ten spyte van ons foute, ons sonde en ons wat as Sy vyande opgetree het, het Hy ons steeds lief. Dit is onvoorwaardelike liefde. Die punt wat Paulus oordra in hierdie tekste is dat dit nie saakmaak waar ons onsself bevind nie. God is lief vir jou (PUNT!). Wanneer jy Jesus aanvaar, sal jy gered word en in staat wees om veel meer te lewe. Verhouding met God is nie gebaseer op werke nie, maar op geloof in Jesus. Jou werke sal verander soos jy God leer ken. Dit wat jy glo, lei tot jou aksies. Verander éérs dit wat jy glo - en dit wat jy doen, sal verander. Begin glo dat God jou lief het net soos wat jy is en dat Hy jou aanvaar net soos wat jy is. Jy is goed genoeg vir Hom. God se liefde is nooit ’n verskoning vir ons om te doen wat ons wil nie, maar reeds die krag wat ons vrymaak om reg te kan lewe! Dit maak nie saak waar jy jouself op hierdie oomblik bevind nie. Dit maak nie saak hoe jou verlede lyk nie. Dit maak nie saak wat jy gister of selfs vanoggend verkeerd gedoen het nie. Gee God ’n kans. Jy het dalk al alles in jou lewe probeer: drank, dwelms, seks... Het jy al vir God ’n kans gegee om vir jou lewe te gee? Hy wil. Wil jy? Verdere studie: Johannes 3:16; 1 Johannes 4:7-10; Romeine 8:38-39; Lukas 15:11-32 (Alle skrif-aanhalings is uit die 1933/53 vertaling geneem)

Plaasmark Piket-bo-Berg

Saterdag 30 April

19

Stories uit die Omgewing : ‘n Mondelinge Geskiedenis

Anroux Marais, Minister van Sport en Kultuur in die Wes-Kaap en Gerna Croeser, Hoof: biblioteke/kuns

en kultuur in die Bergrivier Munisipale streek, regs op die foto, oorhandig 'n stel DVD's aan die biblio-

tekaresses in die Bergrivierstreek: Charmaine van Rensburg van Goedverwacht, Ronel Kritzinger van

Velddrif en Elsie Basson van LB Wernich op Piketberg.

Foto’s: Marietha Goosen

Die persone uit die Bergrivierstreek wie se stories op DVD opgeneem is om behoue te bly vir die nageslag is Maria Afrikaner van Goedverwacht, Nettie Owies

van Piketberg, Elsa Hermanus, vierde van links, van Velddrif, Francois du Bois van Porterville en Gawie Richter van Piketberg. Heel regs is Gerna Croeser, bibliotekaresse van Piketberg en derde van links

Anroux Marais, Minister van Sport en Kultuur in die Wes-Kaap.

Burgemeester Evert Manuel, Anroux Marais, Minister van Sport en Kultuur in die Wes-Kaap, Gawie Richter, storieverteller van Piketberg en Lorraine Botha, Lid

van die Provinsiale Parlement vir Bergrivier, afgeneem tydens die bekendstelling van die

"Mondelinge Geskiedenis"-projek wat bestaan uit stories uit die Bergrivierstreek, vertel deur inwoners van die Bergrivierstreek. Gawie se boek, Die Koring-

bedryf in die Piketberg omgewing, is ook aan die minister oorhandig.

Indien iemand ‘n BondiBlu leesbril verloor het, laat weet asseblief vir Marietha Goosen.

Gevind

20

‘n Huis vir Ester deur Carol Campbell

’n Huis vir Ester is ‘n spannings-roman en vertel die verhaal van arm mense se behuisings-probleme en korrupte staats-amptenare. Die verhaal begin met Katjie se “hok” wat afbrand as gevolg van die “elektriek wat besig is om te short”. Katjie red haar twee kleindogters, maar kon nie haar dogter, Shireen,

red nie. Ester gee vir Katjie en haar kleinkinders blyplek. Ester is moedeloos vir die gesukkel. Nadat hulle name al twintig jaar op die waglys vir regeringsbehuising is, hoor hul by die munisipaliteit hul name is nie meer op die waglys nie en hul moet van voor af aansoek doen. Korrupte staatsamptenare manipuleer die behuisings-waglys en gee voorkeur aan diegene wat hulle met geld of seksuele gunste omkoop. Ester-hulle is desperaat en hulle besluit om twee halfklaar munisipale huise onwettig te beset. Hieroor sê Ester later in die boek: “Wanneer mens ‘n huis vat, ontketen jy ‘n verskriklike ding.” Vir die nuwe huise moes die mense ‘n hoë prys betaal. Apie, ‘n babaseuntjie sterf as gevolg van verwaarlosing, die uitkykanties kyk nie meer na die jonger mense se kinders nie en Neville, Ester se man, word deur Robert, seun van mister Louis, die korrupte amptenaar van die munisipaliteit, vermoor. Ester word deur mister Louis aangeval en beland in die hospitaal. Inspekteur Wind-vogel, ‘n speurder, besoek Ester in die hospitaal en sy vertel hom alles wat sy weet van Neville se dood en die korrupsie Mister Louis bring vir die mense ‘n uitsettingsbevel. Die jong mense kom in opstand teen die “eviction” en mister Louis word in sy kar doodgebrand. Joyce Mpaliso van die openbare beskermer se kantoor kom Oudtshoorn toe en laat die burgemeester in hegtenis neem. Sy gaan vir Ester en Katjie help om wettige huise te kry. Ester en Liedjie, haar dogter, is baie opgewonde oor die nuwe huis met sy binnetoilet en elektrisiteit. Ester mag nie in die ou huis aanbly nie – dis toegewys aan iemand anders. Een troos vir Ester is “daar is nie bloed in die grond van G48 in Melkplaas nie”. ‘n Huis vir Ester is ’n Suid-Afrikaanse verhaal van armoede, gierigheid, moord en leuens wat oorkom kan word wanneer goeie mense vassteek en veg vir wat reg is. Dis 'n boek wat elkeen behoort te lees, want dit spreek 'n probleem aan wat elkeen in hierdie land raak. Die roman beskryf die frustrasies en die swaarkry van gewone mense.

Uit die boek van ons Nasionale wette haal ek die volgende aan; “Heritage resources have lasting value in their own right and provide evidence of the origins of South African society and as they are valuable, finite, non-renewable and irreplaceable they must be carefully managed to ensure their survival” Ek onthou nog ʼn perseel in Bloemfontein wat, elke keer as ons daar verby gery het, iemand dit uitgewys as die plek waar my Ouma gebore was. Dit was ʼn kaal erf oorgroei met duwweltjies en allerlei onkruid, besaai met papier, bottels en bourommel. Ek was hartseer, want is my ouma dan nie ook in ʼn Hospitaal gebore nie? Eers toe ek later die rype ouderdom bereik het wanneer ‘kinders’ wel mag praat in grootmens geselskap, sou ek leer, was daar ʼn tehuis waar moeders gekram het. Ons het in Piketberg en distrik, die mooiste ou geboue, baie van hulle met historiese waarde, as ʼn mens begin luister na die geskiedenis van Piketberg. Dit is amper asof ons net die Kerk sien as geskiedenis. Regom dié gebou is daar geskiedenis van ou Piketberg. Wat ek veral mis is die watertroë reg langs waar die Munisipaliteit nou staan, waar die osse, muile en perde water kom drink het as hulle swaar vragte en mense dorp toe moes bring, vir smous en of Nagmaal of groot optogte in Nasionale belang. Nou wonder ek of iemand nog sulke foto’s het, dan skryf ons van en gesels lekker oor die ou dae. Kom laat ons chat oor die geboue in Piketberg en sy omgewing en ontrafel so sy eie geskiedenis, wat ons kan vertel deur ‘lewende’ voorbeelde, die Argitektuur in ons omgewing.

piketberg mediese sentrum

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)

Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)

Dr Bibi Werle (Sonar)

Ilse Bruwer (Spraakterapeut)

Merina de Waal (Dieetkundige)

Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017

Ma - Vry: 08h00 - 17h30

Sat: 08h00 - 13h00

Op die rakke van die Biblioteek

Bespreking deur Marié Grobbelaar

Kom ons gesels Bewarings Bewustheid

saam met Cobis Wilson

Leeskring Die volgende boekbespreking

is op 20 April Ikarus deur Deon Opperman

21

CareerClub vir PHS-leerders Die eerste volwaardige CareerClub vir leerders in die land…hier by PHS! Meer as 70 hoërskoolleerders het ‘n unieke geleentheid aangegryp en eienaarskap van hul eie toekoms geneem deur as lede by die PHS CareerClub te registreer. Wat is die CareerClub en waar het alles begin? In aanloop tot en tydens ‘n leerder se matriekjaar val die fokus meestal op hoe goed matriek geslaag moet word, maar minder klem word gelê op wat daarná moet gebeur. Die akademiese sy van matriek is die fokuspunt, terwyl die belangrike aspek van verdere studie en beroepskeuse die meeste van die tyd afgeskeep word. ‘n Beroepskeuse is een van die belangrikste besluite wat ‘n leerder in sy/haar lewe sal maak. Dit het ‘n enorme impak op elkeen se lewe. Die Akademiese Komitee van die Beheerliggaam het met hierdie in gedagte reeds aan die begin van 2015 onder-soek ingestel en navorsing gedoen oor ‘n alles-in-een-fasiliteit wat PHS se leerders ‘n voorsprong sal gee ten opsigte van beplanning en voorbereiding vir die lewe na matriek. Wat moet wanneer, waar en hoe elke jaar tot en met die matriekeindeksamen in plek wees? Amanda van der Vyver, opvoedkundige sielkundige van Careerprep en ook verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch, is genader en na lang gesprekke het die idee van ‘n Career-Club ontstaan. Die PHS CareerClub bied aan leerders toegang tot krities belangrike inligting vir toekomstige loopbaanbesinning in die vorm van ‘n Careerprep webwerf en PHS bronne-sentrum waar alle relevante loopbaaninligting deur die gebruik van ‘n unieke wagwoord gevind kan word. Of ‘n leerder verder aan ‘n tersiêre instelling wil gaan studeer, ‘n gapjaar wil neem of onmiddellik die arbeidsmark wil betree, hierdie bronnesentrum bied aan almal volledige ondersteuning. Lede van die CareerClub het verder toegang tot ‘n data-basis van loopbaan-skadugeleenthede binne die Piket-berggemeenskap, ondersteuning van ‘n databasis van oud-PHS’ers wat tans studeer of hulself reeds in beroepe bevind, asook ‘n PHS gemeenskapsprojek (Charity begins at Home) waarby leerders vanaf Gr 8 kan inskakel – laasgenoemde nie net ter verstewiging van hul aansoeke tot tersiêre instellings en die arbeidsmark nie, maar veral ook die vestiging van ‘n lewenslange ingesteldheid van “ek kan en MOET ‘n verskil maak”. Lede ontvang ook ‘n CareerClub loopbaangids waarin spesifieke temas vir die spesifieke jaargroep uiteengesit is en wat inskakel by inligting op die webwerf. CareerClub fasiliteerders (PHS ouers Berenice Scheepers, Reinet Jonker, Juanita Joubert, Christa Vorster en Liesl Koegelenberg, asook onderwysers Grace Dippenaar en Alta Nelson) is in 2015 opgelei om leerders te ondersteun. Die skoolhoof, mnr Marius Scholtz, het die fasiliteerderskursus as beskermheer van die projek voltooi. Vrywillige leerders word in April as CareerCaptains op-gelei om op voetsoolvlak leiding vir mede-leerders te gee en ook ten opsigte van loopbaanondersteuning met ander skole op Piketberg te skakel en kennis te deel. PHS is baie opgewonde oor hierdie projek en beplan ook motiveringsessies, netwerkgeleenthede, uitstappies en inskakeling by nasionale projekte wat leerders se verwysingsraamwerk ten opsigte van loopbaan-geleenthede kan verbreed. Vir verdere inligting of indien u betrokke wil raak, kontak vir Berenice Scheepers by 083 667 7643.

PHS-ouers en -leerders wat die bekendstelling van CareerClub bygewoon het.

Opvoedkundige Sielkundige Amanda van der Vyver van CareerPrep, waaronder PHS se CareerClub

funksioneer, is hier voor in die middel met Berenice Scheepers links agter, Beheerliggaam voorsitter en

inisieerder van die projek. Die res van die CareerClub-span is kloksgewys Reinet Jonker, Grace Dippenaar,

Christa Vorster, Alta Nelson en Juanita Joubert. Afwesig: Liesl Koegelenberg. Foto’s: Marietha Goosen

22

Dankie aan al die borge: Boland Superspar Bonthuys Bicycles

Coca Cola Crown National

De Berge Gastehuis Deli Spice

Dr Scheepers Dunlop

Efficient Advise Exim

Freddy Hirsch Jannie Lategan Eiendomme

Kaap Agri Ladismith Kaas

Liebco Vleishandelaars Nexus

PC Tech Piketberg Apteek

Praktika Steeltech T’Mooi

Winkelshoek Yola Design

Asook Terence Brown en Soreen Gouws - organiseerders van die Pretdraf en

–stap. Foto’s: Marietha Goosen

Fonteinfees

DJ Saxie van Goedverwacht, wat tydens die Fonteinfees musiek

gemaak het, is hier afgeneem saam met die sanger, Chris Else.

23

Heerlike A-graad Beesbiltong te koop R210.00 per kg, heel of gekerf,

net ‘n half kg en meer.

Bees maalvleis te koop R65.00 per kg

Skakel Nellis Louw 083 441 4032

Riaan Visser het gedurende Februarie

aan ‘n Sterkman-kompetisie in Lambertsbaai

deelgeneem. Dit het o.a ingesluit: 80 kg “tyre flip” asook ‘n

bakkie met ‘n harnas trek oor ‘n sekere

afstand, “dead-lift”, “bench press”. Hy het 1ste gekom in alle afdelings in sy

gewigsgroep. Hy het ‘n 1ste plek behaal

en ook nog ‘n spesiale prys

ontvang omdat hy swaarder as gewoon-lik ge-“bench press” het. Almal was ver-baas oor sy krag en

het hom “Superman” genoem.

Foto’s verskaf

Riaan wen Sterkmankompetisie

VACANCY: PIKETBERG CHRISTIAN SCHOOL

We currently have a position in our Senior Class

The ideal candidate will need to meet the following criteria

● Language Qualification: E ● The candidate must be prepared to go for training ● Must be a Spirit-filled Christian ● Be discreet and a great team player ● Able to take initiative ● Majors preferably in Maths and Science

Hours: 7:15am - 15:15pm Remuneration will be discussed at the interview.

Please send your CV to: [email protected] Only successful candidates will be contacted.

Halfdag huishulp.

Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

Betrekkings Aangebied

Tulbagh Plant Hire (boumasjinerie bv concrete mixers,

compactors, generators, ens.) is op soek na 'n bekwame en betroubare

hardwerkende persoon om 'n tak in Piketberg te bestuur. Moet met mense kan werk. Kode 08 lisensie hê. 'n Tegniese aanleg hê. Kennis van

boumasjinerie sal tot u voordeel wees. Vertroud wees met dorp en omgewing.

Epos aansoek met CV en drie referente, asook

kontaknommer van vorige werkgewer na Epos aan: [email protected]

Erf Te Koop Te Kersbosstrand,

Dwarskersbos 802m²

R380 000 ohb

Skakel

Anderson Nel Eiendomme

022 913 1132 / 083 270 6714

24

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere

Professioneel 50jr Ondervinding

Alle Areas

Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276

Ebenezar Community Outreach is a new organization op-erating within the Bergrivier Municipality area focusing on Early Childhood Development; Youth Development; Fami-ly relationship building; Health and Welfare of Senior Citi-zens and Re-integration of parolees back into the commu-nity. As part of our Human Rights day activities, tying in with our child protection services, Ebenezar Community out-reach in Piketberg held a session on Children's Rights and their responsibilities at the Achtervlei Farm ECD Cen-tre. The children were made aware of their basic rights as children in South Africa, through song, dance an illustra-tions. They were also served with warm sweet refresh-ments afterwards.

Children’s Rights Outreach

Odile Allies CEO and Founder, Ebenezar Community Outreach and ECD Practitioner, Magrieta far right.

Children attending the outreach held at Achtervlei Farm ECD Centre, Piket-Bo-Berg on 22

March.

Photos and article provided.

White Chocolate

Brownies 125g white chocolate 125g unsalted butter 2 large eggs 200g castor sugar 1 tsp vanilla extract 75g plain flour pinch of salt 200g cream cheese 23cm square tin, 4cm deep, greased and lined Preheat oven to 180°C/gas 4 Melt the chocolate and butter over low heat in a heavy based pan. Beat the eggs with the sugar and vanilla. Measure the flour into another bowl and add the salt. When the chocolate has all but completely melted, take the pan off the heat – the residual heat in the mixture will finish it off. Leave for a bit to cool slightly before beating in the eggs and sugar. Finally add the flour, and beat until smooth. Pour half the mixture into the tin, slice the cream cheese as thinly as you can and put it on the mixture in the tin, pour the remaining mixture over the top. Smooth the mixture so that all the cream cheese is covered. Bake for about 20 minutes – the top should be slightly paled and dry, but a skewer should reveal a slightly sticky cen-tre. Cool for about 10 minutes before cutting into little squares. Serve with a berry coulis and vanilla ice cream as a dessert.

Cooking with Quentin

Hoofstraat, Piketberg (Langs Van Zyls Garage)

076 433 8944

Ligte Etes ook nou

beskikbaar

25

26

Kolsvlei MTB 100km Challenge

Die Kolsvlei MTB 100km Challenge is gehou op 21 Maart op Kolsvlei, Piketberg. Daar was 68 bergfiets deelnemers en

22 persone wat aan die pretdraf deelgeneem het. Eerste plekke is behaal deur die volgende persone in die onderskeie

afdelings: 25km - Clifton Hartnick; 50km - Jan Ochsmann; 75km - Richard Botes; 100km - Johann Stephan.

Pretdraf : 4km - Elishia Drotsky; 10km - Herbst van der Merwe. Die borge van die dag: Boland Superspar; Perdeberg Motors; Bont-huys Bicycles; Druiwetros Drankwinkel; Kaap Agri Piketberg; Hi-Tec; Dup Meubels; Omnico; Liebco Vleishandelaars; Nieuwedrift Wyne,

Max Wax, Carel van Niekerk Ingenieurswerke en Klipdrift.

Foto’s: Marietha Goosen

27

Die volgende Piketberger verskyn op 12 Mei

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 3 Mei

Stuur na: [email protected]

Hoërskool Piketberg leerders, Nicola Coetzee, Aerin Kotzee en Kristin Lochner wat deelgeneem het aan

die ATKV Redenaars 2016 - eerste Rondte. Dit het by Parel Vallei Hoërskool te Somerset-Wes plaasgevind.

Foto: Dinette Lochner

Steynville Sekondêre Skool (SSS) op Piketberg se atlete wat Wes-Bolandspan gehaal het, is hier afge-neem saam met Christian Booys, spanbestuurder links. Hulle is Christophia Booise 1ste in 3000m

(Rekord), 1500m en 800m S17, Shamile Booys 3de in 400m S19, Sheldon Slimmert 1ste in Hoogspring S15,

Aslynne Hollloway 3de in 1500m M14, Samanthia Cloete 2de in 800m en 1500m, Deaunin Swarts 1ste in

800m en 2de in 1500m S19 en Alida Beukes 1ste in 200m en 400m en 2de in 100m M19. Afwesig: Chrisna

Claase 2de in 3000m M19.

Twee atlete van Steynville Sekondêre Skool (SSS) op Piketberg is opgeneem in die Bolandspan wat op 11

en 12 Maart aan die Wes-Kaap kampioenskappe deelgeneem het. Christophia Booise is die Boland-kampioen in die 3000m S17 en Alida Beukes behaal

'n 3de plek in die 400m M19. By hulle is die spanbestuurder, Christian Booys.

Foto’s: Marietha Goosen

Ballerinas dans vir Dowes

Toe ons in Oktober begin oefen het vir ‘n konsert was daar heeltyd ‘n gedagte agter in my kop - wat as ons al die moeite en onkoste aangaan en niemand wil kom kyk nie.....behalwe n handjievol ouers? Wat ‘n wonderlike verrassing! Toe die gordyne oopmaak was die saal propvol. Dit was ‘n wonderlike ervaring vir die kinders en die gehoor was net so vol waar-dering vir die trippel van die kleintjies en die ingewik-kelde kombinasies van die groter meisies. As gevolg van die besonderse ondersteuning kon ons R6500 stuur vir Die Instituut vir Dowes op Worcester. Ek en al die ballerinas sê vir elkeen wat die spesiale aand met ons gedeel het "BAIE DANKIE". Agter is Chris-tine van der Merwe, Jané Eksteen, Andrea Visser. Middel: Nicole Coetzee, Biddy Langenhoven en Anina

Eksteen. Voor: Lené Nortje, Carina Smit en Carla van Wyk.

Foto: Marietha Goosen

Tennis Uitblinkers Bendert Smit het onlangs deelgeneem aan Tennis Suid-Afrika se WP Mini 1 Toernooi. Op pad na die eindrondte het Bendert al die gekeurdes afgestof en die eerste gekeurde in die finaal uitgeskakel om as nommer een gekroon te word. Hy het ook deelgeneem aan Tennis Suid-Afrika se WP Mini 2 Toernooi en in die finaal geëindig met sy dubbels. Carli Basset is gekies vir die Boland dogters O/13 tennis-span. Sy speel in die Synergy Cup Toernooi teen SWD, Noord-Kaap en WP in die vakansie. Marc Poggenpoel neem deel aan die Boland Skoleweek Toernooi te Bloemfontein in die vakansie.

PHS se Redenaars SSS se Uitblinker Atlete

28

Steynville Primêr spog met nege pare tweelinge

Steynville Primêre Skool spog vanjaar met nege pare tweelinge. Anike en Henike Afrikaner (Gr 3); Justine en Jordan Swarts (Gr 3); Enric en Eric Cedras (Gr 5); Jarred en Jude George (Gr 5); Jayden en Joshua Booys (Gr 2);

Wanica en Herneeshe Dietrich (Gr R); Jaden en Jayde Klaase (Gr R); Tyron en Tanya Galant (Gr R) en Veronique en Tyrique Felix (Gr 7).

Foto: Elzanne Boshoff

Kansa Shavathon Die Piketberger se Datums vir 2016

Knip uit en bêre

Berigte/Advertensie

IN 3 Mei

23 Mei 21 Junie 19 Julie

23 Augustus 20 September

18 Oktober 22 November

VERSKYN 12 Mei 2 Junie

30 Junie 28 Julie

1 September 29 September

27 Oktober 1 Desember

Advertensiekoste Volblad: R465 Halfblad: R320

Kwartblad: R215 Agsteblad: R150

Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word

gratis geplaas. Stuur na:

[email protected]

PHS se ATKV-jeugtak, Plofstof, het deelgeneem aan die Kansa Shavathon. Foto’s: Sanet Ackermann

29

Leer speel-speel en

ontwikkel in totaliteit

Ontwikkelingsareas

Taalvaardigheid

Lewensvaardigheid

Syfervaardigheid

Sel: 072 399 5447 Eikelaan 11, Piketberg

Ons bied ‘n volledige program om die

kind in totaliteit te ontwikkel. Die skool

bied halfdag of voldag vir 0-5jariges.

Die dagprogram bied ‘n verskeidenheid

aktiwiteite. Onderwysers met baie

liefde en energie vir kinders.

Besige Bytjies

[email protected] Skoolure: 07:20 - 17:30

Ruwaldo Erasmus, leerder by Steynville Primêre Skool, neem deel

aan hoogspring S10 by die SA Skole Atletiekkampioenskappe in

Port Elizabeth.

Ruvan van der Westhuizen, leerder van Hoërskool Piketberg in aksie

tydens die 80m S10 by die kampioenskappe.

Foto’s: www.onsiteimage.co.za

Keishan van Rooy, leerder by Steyn-ville Primêre Skool seil oor die hekkies, 150mH S12 tydens die

kampioenskappe.

Wes-Kaap Atletiek

Ravell Frans Elske Pieters

Hierdie atlete het deelgeneem

aan die Wes-Kaap Atletiek-byeenkoms.

Ravell en Elske is leerders by

PHS en Alida en Christophia by Steynville Sek-ondêre Skool.

Foto’s verskaf

Alida Beukes en Christophia Booise

Van volgende maand af, sal Die Piketberger net elke drie maande verskyn.

(Aprilgrappie)

30

PCS Athletes

Samrique Kayster van

Steynville Primêr op Piketberg is

opgeneem in die 0/13 Wes-Boland

krieketspan. Hy is ook die

kaptein van die span.

Foto’s:

Elzanne Boshoff

Die twee spanne wat dit uitgespook het in die senior finaal van Hoërskool Piketberg se VRL-Netbaldag, is

die Rascal Rebels en die Jelly Beans. Die Rebels seëvier na 'n naelbyt stryd.

Foto: Marietha Goosen

Rascal Rebels en Jelly Beans

Volunteer of the Year

Elserine Schutte wen die titel Volunteer of the Year - Western

Cape by die Wes-Kaap Sports Awards. Die

nasionale kompetisie lê nog voor - ons hou

duimvas. -Red.

Foto verskaf

Krieket Uitblinkers

Hierdie twee krieketspelers van Steynville Primêr is opgeneem in die Wes-Boland o/11 krieketspan.

Links is Reaquen Lesch en regs is Ernwill Afrika. Beide was 14 Maart by die finale Boland-proewe.

Piketberg Christian Schools’ Athletes performed very well at the Annual “Champions of Champions” Event for Private Christian Schools in Cape Town on Friday

11 March. Back row: Nathan Richter (1st in 60m and 80m);

Steph Richter (3rd in 80m); Juri-ann de Waal (2nd in Turbo

Javelin); Megan de Villiers (3rd in 60m and 80m). Front row: Niel

Cooper (3rd in Turbo Javelin); Juan van Zyl (participant); Jana de Waal (1st Javelin, 2nd Long Jump, 3rd 100m); Tiaan Cooper (1st Javelin, 2nd shotput) and Alexis Pate (2nd shot-put, 2nd

long jump). Well done champions!

Nessie Engelbrecht, left, who also participated in the

“Champions of Champions” came 2nd in the 80m event.

Photos provided

31

Ons geliefde

32

Die Christen Gemeentes het ‘n Valentynsete gehou in Eendekuil om fondse in te samel vir die uitbreiding van

die kerkgebou. Boland Superspar het sap vir die ete geskenk.

Die African Methodist Episcopal Church het ‘n Oesfees gehad op 13 Maart 2016 vir ‘n fondsinsameling vir ‘n projek

in hul kerk. Boland Superspar het brood geskenk.

Boland Superspar in samewerking met Nedbank Piketberg het op 19 Februarie 2016 ‘n besoek afgelê aan Karookop Primêr so ongeveer 56km buite Piketberg. Die kinders het ons met ope arms verwelkom en sommer gehelp om

produkte wat ons aan hulle geskenk het, te help uitlaai. Karookop Primêr het baie spontane en hulpvaardige leerders. Met warm hartjies is lekker drukkies uitgedeel met die ontvangs van eet bederfies.