upingtonbulletinub 20140924

20
Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop 25 SEPTEMBER 2014 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS Upington DIE koor van die Voorbereidingskool Fanie Malan is die beste junior koor in die land. Dié koor is die nasionale wenner van die ATKV-Applouskoorkompetisie se junior koorafdeling. Die junior koorafdeling bestaan uit kore waarvan die koorlede in gr. 1 tot gr. 3 is en 35 junior kore het vanjaar aan die kompetisie deelgeneem. Fanie Malan se koor was in 2013 vyfde in die land en in 2012 vierde in die land. Hier is die koor saam met Elizma Theron (links, die begeleier), Deon Scheun (skoolhoof) en Christi Engelbrecht (regs, die koorleier). Foto: Lizette Slabber Voor in die koor in Applous Voor in die koor in Applous

Upload: kalaharibulletin

Post on 04-Apr-2016

295 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Upingtonbulletinub 20140924

TRANSCRIPT

Page 1: Upingtonbulletinub 20140924

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop25 SEPTEMBER 2014 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS

Upington

DIE koor van die Voorbereidingskool Fanie Malan is die beste junior koor in die land. Dié koor is die nasionale wenner van die ATKV-Applouskoorkompetisie se junior koorafdeling. Die juniorkoorafdeling bestaan uit kore waarvan die koorlede in gr. 1 tot gr. 3 is en 35 junior kore het vanjaar aan die kompetisie deelgeneem. Fanie Malan se koor was in 2013 vyfde in die land enin 2012 vierde in die land. Hier is die koor saam met Elizma Theron (links, die begeleier), Deon Scheun (skoolhoof) en Christi Engelbrecht (regs, die koorleier). Foto: Lizette Slabber

Voor in die koor in ApplousVoor in die koor in Applous

Page 2: Upingtonbulletinub 20140924

2 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

Charles Smith

INDIEN jy na veilige aftreeplekkiesin Suid-Afrika soek, onthouBoetsap en Noenieput in dieNoord-Kaap. Dit is dalk net dieplekke met die minste misdaad indie land.

In Boetsap is net 15 misdade diehele jaar van April 2013 tot Maartvanjaar aangemeld.

Hier was twee klagte vanseksmisdrywe, een gewone aanran-ding en vier klagte van veediefstal.En net twee klagte van diefstal.

In die kusdorp Kleinsee is ooknet 15 misdade aangemeld. Ditmoet die rustigste plek in die landwees, want hier was geen klagteoor enige vorm van geweld nie.

Noenieput het net een klagte elkvan diefstal uit huise en onderne-mings. Maar hier is weer ’nprobleem met mense wat skinderen skel. Die drie klagte van crimeninjuria is die naashoogste misdaadná veediefstal (4).

Dié plekke is net-net veiliger asBelmont waar 24 klagte vanjaaringedien is.

Hier is vee onveiliger as mense,want die tien klagte van veediefstalkan as ’n epidemie beskryf wordwanneer die gebrek aan andermisdrywe in ag geneem word.

Loeriesfontein aan die anderkant se drie moorde het diemoordsyfer met 200% laat styg.

Marydale se vier moorde is 300%meer as in 2012.

In Middelpos is ’n dwelmpro-bleem met 13 sulke sake teenoornet drie die vorige jaar. In die heleNoord-Kaap is 438 moorde, 26 meeras die vorige jaar.

Aanranding met die doel omernstig te beseer is die ergstegeweldsmisdaad in die provinsie.Altesaam 8 734 sulke misdade én4 791 gewone aanrandings isaangemeld. Ook is 6 027 klagte vandiefstal uit huise aangemeld en7 088 klagte van ander diefstal.

In Daniëlskuil was daar netsoveel moorde (5) as handelsmisda-de. Dit is een meer as klagte vandwelmverwante misdade.

Douglas is met tien moorde eenvan die kleiner dorpe met ’n hoëmoordsyfer. Die afgelope drie jaaris hier 35 mense vermoor.

Die meeste moorde (37) is inGaleshewe buite Kimberley gepleeg.

Prieska se 16 moorde van 13 dievorige jaar laat ook gevaarligteflikker. Hier styg geweldsmisdaadse syfers jaarliks.

In Groblershoop het die moordsy-fer dramaties tot 16 opgeskiet vannege die vorige jaar en sewe in2011. Keimoes se 12 moorde is ookmeer as die nege en tien die vorigetwee jaar.

In Upington (12 moorde teenoor15 in 2013) daal die geweldsmis-daadsyfer weer.

WÊRELDTOERISMEDAGword vanjaar deur dienasionale departement vantoerisme in die Kalaharigevier.

Van vandag tot Saterdagword Toerismedag met dietema The Desert ComesAlive in Upington en opHakskeenpan gevier.

Die feesviering beginreeds vanaand met ’nverwelkomingsrit op Sakkiese Arkie.

Derek Hanekom, nasiona-le minister van toerisme,bied Vrydag ’n sakeontbytin Upington aan waarna aldie feesgangers plaaslikekuns-en-handwerkprojektegaan besoek om te sien hoetoerisme die streek beïn-vloed.

Hierna vertrek diefeesgangers óf na dieKgalagadi-oorgrenspark, ófna Hakskeenpan waar diemeeste van die bedrywighe-de gaan plaasvind.

Die toer is daarop ingestelom besoekers aan diewoestyn en al sy interes-santhede bekend te stel.

Besoekers gaan ook dieKhomani-san-dorpie en diehuis van David Kruiperbesoek.

Die feesviering opHakskeenpan sluit ’nlugvertoning, musiek envermaak, kameelritte enpan-ski in.

Daar gaan ’n pyl-en-boog-skietkompetisie aangebiedword en ’n Mnr. en Mej.Hakskeenpan gaan gekroonword.

Hier kan jygerus aftree

DIE Militêre Veterane vergadervandag 08:00 by 8 SAI in Uping-

ton. Rig navrae aan DennisDuiker by 071-640-1590.

Veterane vergader

Toerismesó gevier

ORAL in Upington word bome met pienk lap vir die Pienk bome vir Pauline-projek versier. Pienk lap word teen R20 per meter verkoop om bome meete versier om só bewusmaking vir kanker te kweek en geld vir plaaslike kan-kerpasiënte in te samel. Die mooiste boom op die oomblik staan langs dieNG kerk Upington-Noord. Kry nou jou pienk lap by die Greenwise-tuinsen-trum, Hanne met Planne, Lap-a-Loola, Miglio, Pick n Pay, Plastic Packaging,PostNet, Pro Packaging, Salon Anel, Salon Kitty, Salon Madalene, Shockwa-ves, Spar Kalahari Mall, Spar Keimoes, The Cutting Edge en Wakaberry.Van links is Tumelo Sotho, Fransie van Niekerk en Nation Lekwene.

Foto: Lizette Slabber

Page 3: Upingtonbulletinub 20140924

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014 3

Skryf haar gou inMadelein Venter

INSKRYWINGS vir vanjaar se Bloemnuus-Roosknoppie-kompetisie kom flink in.As jy nog nie ’n inskryfvorm het nie, kry

dit op www.kalaharibulletin.co.za.Opskud, want die kompetisie sluit reeds

Maandag om 12:00 en geen laat inskrywingssal aanvaar word nie.Foto’s van deelnemers sal in die Kalahari

Bulletin en sy susterspublikasies, Kroon-nuus, Maluti, Bloemnuus, Vista en Noord-kaap, geplaas word, afhangend van waardie meisietjie bly.

Die wenner van die kompetisie vir fraai,jong meisietjies van drie en vier jaar oudword op 25 Oktober op die Rosefees in dieLoch Logan-waterfront in Bloemfonteinaangewys.Die 30 semi-finaliste moet ook op Vrydag

24 Oktober beskikbaar wees om aan ’nuitdunronde deel te neem, waarna die tientopfinaliste aangewys sal word. Die semi-fi-

naliste word deur leserstemme en dieorganiseerders bepaal.Lesers sal ná die sluitingsdatum van die

kompetisie ’n geleentheid kry om aanlynvir hul gunstelinge te stem. Die topdertigsal bestaan uit die toptwintig onder dieleserstemme en tien finaliste wat deur dieorganiseerders gekies word.Die organiseerders se besluit is finaal en

geen korrespondensie sal hieroor gevoerword nie.Die inskryfgeld van R30 word aan

Volksblad en sy plaaslike koerante se Onsgee om-fonds (voorheen die Volksblad-Kers-fonds) geskenk.Ouers word versoek om hulle van die

reëls op die inskryfvorm te vergewis endaarby te hou.Jy kan jou inskrywing pos of by Volks-

blad se kantoor inhandig.) Rig alle navrae aan Madelein Venter deur’n e-pos te stuur na [email protected].

‘Die kompetisie sluit reedsMaandag om 12:00 en geen

laat inskrywings salaanvaar word nie.’

Page 4: Upingtonbulletinub 20140924

4 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

tor vasry.Na dié gesukkel sien die

vragmotorbestuurder hy gaan ditnie maak nie. Hy trap toe rem,omdat daar ’n voertuig van vooraf aankom en hy noodgedwongeweer agter die vragmotor metsement moes inskuif.

Toe hy wel weer die geleent-heid kry, steek hy verby, dié keerdarem veilig.

Martha Bartlett, LUR virvervoer, veiligheid en skakeling,het onlangs gesê Oktober isPadveiligheidsmaand.

Dit is nou wanneer almal weerbewus gemaak word van diepadreëls en hoe teen motoristewat die padreëls oortree, opgetreegaan word.

Maar padveiligheid moet eintlik’n daaglikse ingesteldheid wees.Almal moet te alle tye verant-woordelik bestuur en respek virmedemotoriste hê. ’n Bietjiegeduld kan ’n mens se lewe eniemand ander s’n red.

Dit kan ’n mens selfs onnodigeuitgawes bespaar.

En terwyl ek nog so sit endink, besef ek dit. Ek kon my oëamper nie glo. Die bestuurdervan die vragmotor met sy groot,leë, onvaste bak gaan sowaar dieander vragmotor met sementprobeer verbysteek.

Ek ry stadiger net vir ingevaldie vragmotor die ander een nievinnig genoeg verbygaan nie.

Sowat twee kilometer of meerprobeer hy om die vragmotorverby te steek, maar hy sukkel.

Hy sukkel hom stokflou, lykskoon soos wanneer iemand ’nmarathon hardloop, die wenstreepsien, sy tong op die grond sleepen hy net nie sy teenstander kanverbysteek nie.

Die vragmotor word so deur diewind op die pad rondgerukwanneer daar ’n rukwind waaidat hy byna in die ander vragmo-

Lecrecia Prins

PADVEILIGHEID is mos elkemotoris se verantwoordelikheid.Elke motoris moet vir sy eieveiligheid verantwoordelik wees,maar ook vir die ander padge-bruiker kan dink.

Vir iemand wat maar net ’npaar jaar ’n rybewys het, moes ekdit vinnig leer.

Ek ry agter ’n vragmotor – baiestadig, want ek probeer nogagterkom wat sy storie is. Ekbesef toe sy groot bak is leeg endie wind waai nogal sterk op dieR31 na Kuruman.

Die vragmotorbestuurderbesluit toe hy wil ’n vragmotor(vol sement) op die redelik smalpad verbysteek.

Die vragmotor is nie baie vasop die pad nie, want die winddruk hom sommer nou en danvan die pad af. Ek probeer self inmy motor agterkom of die bandeglad is, of dit reën (al skyn dieson) en of ek duiselig raak soosdie wind my ronddwarrel.

Noord-Kaapdie veiligsteIN ’n onlangse bekendmaking vanmisdaadsyfers vir die Noord-Kaapen Vrystaat was dit duidelik datdie Noord-Kaap ’n baie goeie plekis om in te woon.

Noenieput is uitgewys aswaarskynlik die veiligste plek indie Noord-Kaap en Vrystaat.

In Noenieput is net vier gevallevan veediefstal aangemeld, drieklagte van crimen injura en tweeklagte van diefstal.

In die Vrystaat en in dieNoord-Kaap het misdaadsyferstoegeneem en die aantal gewelds-misdade ook, behalwe in Uping-ton.

In Upington het geweldsmis-daad afgeneem.

Nog ’n rede om trots te wees opdié dorp.

Die nasionale departement vantoerisme het ook besluit omvanjaar Wêreldtoerismedag in

Upington en in die Kalahari tevier.

Gaste van oor Suid-Afrika heenword bederf met dié dingewaaraan Upingtonners al tegewoond geraak het.

’n Rit op Sakkie se Arkie, ’naand op ’n pan, kaskar ry endraadkar bou, unieke kos enunieke vermaak en natuurlik vandie lekkerste wyn in Suid-Afrika.

Die res van die land begin diéwêreld se geheime uitvind.

Hulle begin besef watter juweleal die jare in die Noord-Kaapweggesteek is.

Skoon lug, min misdaad,uitsonderlike natuurskoon en ’nwêreld wat bekend is vir syvriendelikheid, gasvryheid enlekker Afrikaans praat.

Die Kalahari maak ’n menstrots Suid-Afrikaans en trotsNoord-Kaaps.

Hoor Sy stem; Godwilmet jou praat

Pastoor Gert Kriel

MATTEUS 4:4: Die mens sal nievan brood alleen lewe nie, maarvan elke woord wat deur die mondvan God uitgaan.

Wanneer God met my praat enek Hom gehoorsaam, bring dit virmy lewenskrag en seën in mylewe. God wil met ons praat. Hywil met jóú praat. Maar hoe hoorons Sy stem?

Ek dink ons hoor God baie meeras wat ons besef, maar slaan niealtyd ag daarop nie, omdat ons niealtyd seker is dit is God wat metons praat nie. Ek deel graagkortliks ’n paar eenvoudige“maniere” hoe ek ervaar God metmy kommunikeer:) Vrede-skeidsregter (Kol. 3:15).God gee vir ons ’n innerlike vredewat ons lei. Dit is ’n “ja/nee”-skeidsregter.As jy nie God se vrede oor ’nspesifieke saak beleef nie, bly wegdaarvan.) Innerlike getuie (Rom. 9:1).Die Heilige Gees lei my deur mygewete. Dit is nie net ’n gevoelnie, maar ook ’n opdrag. Gewoon-lik waarskuwend in my gedagtes,bv. “Nee, moenie”.) Stil, sagte stem (Hand. 8:29).God praat met jou gees en jy“hoor” dit as ’n gedagte, nie metjou ore nie.Die stem (gedagte) dra gesag engee duidelike/regstreekse instruk-sies. Dit verg tyd om die stem teleer onderskei.) Hoorbare stem (Joh. 12:28-30).Ek hoor God met my ore. Dit isduidelik en laat geen ruimte virtwyfel nie.) Skrif (Ps. 119:105).

Soms, wanneer jy Bybel lees, isdit asof ’n vers of twee vir jou“uitstaan”. Ons moet die beginselsvan die Bybel gehoorsaam, maarsoms voel dit asof iets spesifieksvir jou bedoel is.Die Heilige Gees gee openbaringoor geskrewe woord. Hy herinnerjou ook aan wat jy voorheengelees het of wanneer jy in ’nspesifieke omstandighede wysheidnodig het. Wanneer jy ’n antwoordnodig het, vra God vir skrif uit SyWoord (boek, hoofstuk en vers).) Visioene, drome (Hand. 9:10).God wys vir ons gesigte ofprentjies wanneer ons wakker is.Indien jy nie weet wat die beeldwat jy gesien het, beteken nie, vraGod vrae daaroor. God gee ookaan ons drome wanneer ons slaap(Josef gee uitleg aan Farao sedroom). (Job 33:14-16). Nie alledrome is van God nie. Ná ’nGoddelike droom word ’n mensgewoonlik wakker met ’n sterkindruk om verder daaroor te bid –Gen. 41:8. God laat ons ook somstoe om in die geestesryk te sien(2 Kon. 6:17).) Ander Mense (1 Kor. 12:7-10).Die Heilige Gees gee gawes aangelowiges om mense mee tebedien.

Toets altyd wat jy hoor teen diebeginsels van die Bybel en vra’n geestelike leier om jou te helpom ’n profetiese woord te onder-skei.

Mag ons almal groei in diegenade om God se stem te hoor.

IN die Kumba Iron Ore Cycling Challenge het plaaslike skaatsplankryers die kans gehad om hul talent tewys. Die jong ryers het in die gewilde kompetisie die kans gestaan om splinternuwe skaatsplanke te wen.

Foto: Benneli Olivier Van der Walt

Padveiligheid elkeen severantwoordelikheid

Wag om gewen te word

10/299/2711/3210/3011/3012/3310/2912/3012/33

Page 5: Upingtonbulletinub 20140924

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014 5

Lecrecia Prins

DIE Afrikaanse ChristelikeVrouevereniging (ACVV) het sy110de verjaardag gevier en dievroue in Kuruman het weerbewys hoekom hulle doen wathulle doen.Die ACVV-Kuruman het op sy

verjaardag verskillende kleuter-skole in die dorp besoek.Die kinders van die Bambi-

kleuterskool is met kolwyntjiesen stokkielekkers bederf.Al die ander kleuters van

Kinderland, die Preprimêre SkoolKuruman, Preprimêre SkoolSeodin en die Maja-kleuterskoolwas maar te bly vir die onderbre-king en die beloning van ’n stok-kielekker ná heerlike sang enspeletjies.Die kleuterskool Wrenchville-

voetspoortjies het ’n rekenaar as

deel van die welwillendheid vandie ACVV ontvang.Die ACVV is ’n welsynsinstan-

sie wat in 1904 in Cradock gestigis deur ’n groep vrywillige vrouewat ’n passie vir hul naastegehad het.Die instansie het oor die jare

heen baie uitgebrei en verskillen-de takke is in die Oos-, Wes- enNoord-Kaap, sowel as in Noord-wes, geopen.Die ACVV spog vandag met

verskeie professionele personeel-lede, onder meer maatskaplike

werkers, maatskaplike hulpwer-kers en verpleegpersoneellede wathul dienste aan die gemeenskapverskaf.Die vrywilligers wat die taak

van werkgewers en die bestuurvervul, is ’n kosbare hulpbronvan die ACVV.Die ACVV Kuruman is dank-

baar teenoor die gemeenskap virjare se ondersteuning en betrok-kenheid.

ACVV se passie is sy naasteDie ACVV is ’n welsynsinstansiewat in 1904 in Cradock gestig isdeur ’n groep vrywillige vroue

wat ’n passie vir hul naaste gehadhet.

Page 6: Upingtonbulletinub 20140924

6 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

Lizette Slabber

DIE blomfotokompetisie sluit vandag enmense kan nou hul mooiste foto’s vanstrukture na die Kalahari Bulletin stuur.Die nuwe tema is Strukture en dit kan

enige mensgemaakte struktuur wees: vangeboue, treine en treinspore tot murasies,brûe en torings.Die fotograaf van elke wenfoto wen

daardie maand ’n prys van Wakaberry indie Kalahari Mall en die fotograaf van diefoto wat die meeste likes op Facebook kry,wen ’n geskenkpak van die Orange RiverCellars.Die 12 wenners van die jaar gaan ’n kans

staan om ’n naweek weg te wen.Die fotograaf van die wenfoto van die

jaar, wat uit die 12 maand-wenfoto’s gekiesword, gaan ’n naweek vir vier mense in eenvan die NC Famous Lodges wen.Uit die 12 wenners gaan die foto wat die

meeste likes op Facebook kry ’n naweek virtwee mense in een van die NC FamousLodges wen.Die foto’s moet groter as 500 KB en

300 dpi wees en moet in jpeg-formaat aandie e-pos geheg wees.Inskrywings kan na lizette.slabber@volks-

blad.com gestuur word.Verskaf ’n kontaknommer, asook inligting

oor waar en deur wie die foto geneem is, enwaar die fotograaf woon. Net amateurfoto-grawe mag hulle inskryf.Daar is geen beperking op die aantal

inskrywings van foto’s per fotograaf nie enfoto’s van oor die land heen mag ingeskryfword, maar net inwoners van die Noord-Kaap mag hulle vir die kompetisie inskryf.

Foto’s van strukture ingewag

ALFRED THORPE het die pragtige foto van hom ingeskryf.

CHRISSIE LOTTERING het die spierwit blom gekiek.

MICHELLE VISAGIE (links) van Wakaberry indie Kalahari Mall in Upington oorhandig Abrievan Niekerk se geskenkbewys aan Retha-Ma-rie Hall van die Kalahari Bulletin.

Foto: Phidelia Abrahams

ODETTE KRUGER (links) ontvang haar ge-skenkpak van Jorine vanNiekerk van dieOran-ge River Cellars. Foto: Lizette Slabber

JACOLINE VAN ROOYEN het die besonderse foto geneem.

TONY SCOTT het ’n foto van dié pragtige bloeisels geneem en gestuur.

FOTOKOMPETISIE

Besoek Kalahari Bulletin seFaceboek-blad by KalahariBulletin en gaan kyk na aldie foto-inskrywings.

Page 7: Upingtonbulletinub 20140924

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014 7

Page 8: Upingtonbulletinub 20140924

8 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

Lecrecia Prins

’n PLAASLIKE dokter van Kurumanis moedeloos en teleurgesteld ooralles wat sy in ’n huisbraak verloorhet en sy sê dit lyk nie asof diepolisie veel doen om die oortredersvas te trek nie.Sy en haar kêrel was voorverlede

naweek uitstedig toe na beweringby hul huurhuis ingebreek is.Die vermeende inbrekers het

vermoedelik Vrydagaand reedstoegeslaan.Die eienaar by wie hulle die huis

huur, het gebel om hulle van dieinbraak te vertel.Die huis se deur was oop en die

badkamervenster se diefwering wasgebreek.Hulle vermoed die oortreders het

onderdeur die elektriese heininggekruip, omdat die heining opgeligis.Sy sê die huis was ook gevandali-

seer.“Die klere in die kaste was op die

vloer gesmyt, in die kaste wasbokse met goed daarin en dit is ookuitgesmyt. My juwele het ookrondgelê.“Hulle het die alarm se sensors

van die mure afgehaal, in die plafongeklim en die luidsprekers van diealarm uitgehaal sodat dit nie geraaskan maak nie.“Die oortreders het ook in ons

badkamer ontlas en nie die toiletgespoel nie. Dit is nou ’n teken vanminagting.“Al die klere en skoene wat

handelsname het, is eenkant op ’nhopie gesit – dit lyk asof hulle laterdaarvoor wou teruggaan. Daar wasook klippe in die huis.”Sy sê die besittings wat gesteel is,

het baie sentimentele waarde en ditis artikels wat nie vervang kan

word nie.“Die skootrekenaar wat gesteel is,

het ek vir my 21ste verjaardaggekry.“My gradeplegtigheidsfoto’s en

verjaardagfoto’s van my mondigwor-ding is daar op, asook musiekversa-meling wat oor jare heen opgebouis. Dit kan nie vervang word nie.”’n Plasma-TV-stel is gesteel, asook

twee Playstation 3’s, twee selfone enDVD’s.Sy vermoed die oortreders was

met ’n voertuig daar, omdat syband- en verskeie voetspore langsdie heining gekry het. Daar is ook’n voetspoor op een van die huis semure.Sy het verskeie probleme onder-

vind toe sy die saak by die polisieaangemeld het.Volgens lt. Donald Mdhluli,

polisiewoordvoerder, is die waardevan die gesteelde goedere ’n geraam-de R41 000.Die polisie ondersoek ’n klag van

huisbraak.Enigeen met meer inligting kan

Lionel Human by 084-742-0455 bel.) Die naam van die dokter word terbeskerming van haar nie bekendgemaak nie.

NIEL STEMMET, be-kende skrywer enoud-Upingtonner, hetop 11 September bydie Hoërskool Uping-ton gekuier.In ’n informele ge-

selsuur in die Ger-hard Beukes-kultuur-sentrum het hy aanvriende en boeklief-hebbers ’n kykie ge-gee in sy derde boek,’n Blik op Calvinismeen politiek, wat binne-kort uitgereik word.Upingtonners ken

Stemmet as die eie-naar van LeMust watas een van die toptienplattelandse restau-rante aangewys is.Hy is ook die eie-

naar van gastehuisein Upington, ’n bin-nenshuise ontwerperen die agterbladskry-wer van die tydskrifTuis.Stemmet het voor-

lesings gedoen uit sytweede boek, Ag-ter+Blad, wat pas diemiljoen-kerf inverko-pe verbygesteek het.Hy sê hy glo aan

eenvoud en eerlik-heid en bepleit ’naardse, heilsame le-wenstyl waarin men-se stilte en vrede inhulself kan vind.Hy het almal op die

voorlesing gemoti-veer om te luister nawat in jou aangaan.Mense moet dit dan

op skrif stel en aanhul geliefdes nalaat,want dit maak niesaak hoe eenvoudig’n mens se storie isnie, jounageslag gaandit waardevol vind.

Nielpraatboeke

NIEL STEMMETdoen ’n voorlesing indie Gerhard Beukes­kultuursentrum vandie Hoërskool Uping­ton. Foto: Verskaf

Arts in sak en as ná inbraak

DIT is hoe een van die kamers gelykhet nadat by die huis van ’n plaaslikedokter ingebreek is. Die waarde vandie besittings wat weg is, is sowatR41 000. Foto: Verskaf

‘Hulle het die alarm sesensors van die mureafgehaal, in die plafongeklim en die luidspre-kers van die alarm uit-gehaal sodat dit nie ge-raas kan maak nie.’

Derde in skynhofDIE span van die Hoërskool SaulDamon in Upington was derde indie provinsiale ronde van dieSuid­Afrikaanse skole­skynhof­kompetisie. Hulle het na die nasi­onale ronde deurgedring wat van10 tot 11 Oktober in Pretoriaplaasvind. Van links is VeroniqueKlaasen, Candice Bezuidenhouten Ann­Frochayda Abrahams.

Foto: Verskaf

Page 9: Upingtonbulletinub 20140924

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014 9

ANDRIËTTE NORMAN tree vanaand om 19:00 op die Eiland-hoofverhoog op.WICUS VAN DER MERWE tree vanaand om 20:00 op die Eiland-hoofverhoog op. Heel bo:Adam Tas tree vanaandom 21:00 op die Eiland-hoofverhoog op. Foto’s: verskaf

VANDAG word alle pensioentrek-kers genooi om op die Kalahari-kuierfees te kom kuier.

Net vir vandag kan allepensioentrekkers die kuierfeesgratis besoek en daar is baie omte sien.

Die stalletjies sal van 12:00 afoop wees en om 16:00 vind dieSteyn-sweepdemonstrasie plaas.

Van 17:30 af begin die sangersop die Eiland-hoofverhoog sing enbekende sangers soos AndriëtteNorman, Wicus van der Merween Adam Tas sal wonderlike

besoek.Vrydag kos ’n kaartjie R70 vir

volwassenes en R40 per kind enSaterdag sal ’n toegangskaartjieR80 per volwassene en R40 perkind wees.

Om in die Oranjerivier-kuier-tent te kuier kos vandag R110 pervolwassene en R60 per kind.Vrydag kos ’n toegangskaartjieR120 per volwassene en R60 perkind en op Saterdag kos ’ntoegangskaartjie vir die kuiertentR130 per volwassene en R60 perkind.

vermaak verskaf.Die toegangsgeld is vanjaar R60

vir volwassenes en R40 virkinders om die fees vandag te

Fees wil oues ook nooi

Page 10: Upingtonbulletinub 20140924

10 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

Groet weer met ’n knalDIE Kalahari-kuierfees se vuurwerkvertoning vind Saterdag om 23:00 plaas. Dié hoogtepunt waarmeedie fees elke jaar eindig, gaan 20 minute duur en weer asemrowende oomblikke verskaf. Indien jybekommerd oor jou troeteldiere se veiligheid is, lees hier langsaan hoe jy voorkomend kan optree.

Foto: Verskaf

DIE Kalahari-kuierfees watvanjaar van 25 tot 27September plaasvind, wordoudergewoonte met ’nasemrowende vuurwerkver-toning afgesluit.Saterdag om 23:00 gaan

die lug bo Upington ontplof.Volgens die Kuierfees

duur die vertoning net 20minute.

Onthoudiere

DIE lawaai van die Kalahari-kuierfees se vuurwerkverto-ning kan honde en katte ont-stel. Lees hier hoe jy pro-aktiefkan optree om die vuurwerk-vertoning vir jou troeteldiermakliker te maak. Foto: Verskaf

DIE volgende riglyne kangevolg word om seker te maakdie lawaai van die vuurwerk-vertoning is nie te traumatiesvir troeteldiere nie.) Gee jou hond of kat ’n voorge-skrewe kalmeermiddel ongeveertwee uur voor die vertoning.) Hou jou hond of kat in die huisen skakel die televisie of radio aan.Indien jy bang is jou hond vernieljou huis kan jy hom eerder in diebadkamer toemaak.) Hou die gordyne toegetrek endie ligte aan sodat die flitse van dievuurwerk nie die dier ontstel nie.)Maak seker jou dier kan nie uitdie erf kom nie. Maak seker hy kanhom nie kan beseer wanneer hyoor palissade-heinings probeerspring nie.

Page 11: Upingtonbulletinub 20140924

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014 11

DIE Kalahari-kuierfees se Vis-pa-meubels-hengelkompetisievindSaterdag van 07:00 tot 13:00by Sakkie se Arkie plaas.Toegangsgeld is R150 per per-

soon en dit sluit die dagkaartjiein.Groot pryse kan vanjaar ge-

wen word.Die hengelaar wat die groot-

ste karp, baber, geelvis en on-derbek uittrek, wen elkeenR750.Die hengelaar met die swaar-

ste sak wen R750, die tweedeswaarste sak wen R500 en diederde swaarste sak R300.Daar is ook R300 op die spel

vir die hengelaar wat dieskaarsste spesie uittrek en diemooiste stalletjie wen ’n ge-skenkpak.Die hengelaars neem weer

deel in ’n mans-, vroue- of juni-or kategorie.Vir verdere inligting kontak

Pieter Oberholster by 079-309-2656.

Hengelaars kan nader staan

DIE Vispa-meubels-hengelkom-petisie Saterdag om 07:00plaas. Foto: verskaf

DIE Kalahari-kuierfees segewilde Homeline Buil-ding-armdrukkompetisievind Saterdag om 11:00 indie Eiland se hoofarenaplaas.Vanjaar kan al die sterk

manne eers in die arm-

drukkompetisie komspiere wys en daarna indie gewigoptel van lig naswaar gewigte hul staaltoon.Vir inskrywing en meer

inligting kontak Gys Smitby 082-302-0393.

Manne bult spierein kompetisie

DIE Homeline Building-armdrukkompetisie vind Saterdag indie Eiland se hoofarena plaas. Foto: Verskaf

Page 12: Upingtonbulletinub 20140924

12 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

Meer as genoeg viroud en jonk op fees

BLACKBYRD tree Saterdag om 19:00 op die Eiland-hoofverhoogop.

EMO ADAMS tree Saterdag om 22:00 op dieEiland-hoofverhoog op. Foto’s: verskaf

HEINZ WINCKLER tree Vrydag om 19:30 opdie Eiland-hoofverhoog op.

Page 13: Upingtonbulletinub 20140924

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014 13

Danie Keet

SOVEEL dinge ge-beur deesdae in dievirtuele omgewingdat jy soms oor al diemoontlikhede verby-ster staan.

Volgens prof. TomPark, uitvoerendehoof en direkteur vanThe Virtual LearningPlatform (TVLP), kanvirtuele mobiliteitkortliks omskryfword as die benuttingvan inligtings- enkommunikasietegno-logie (IKT) om die be-perkings wat deurplek en tyd op produk-tiwiteit geplaas word,uit die weg te ruim.

“Virtuele mobili-teit het ’n groot ver-skil gemaak in diemanier waarop onsbanksake doen, reis-reëlings tref en kaart-jies vir vertonings be-spreek. Al die aktiwi-teite kan nou enigetyd van enige plekdeur internetgekop-pelde toerusting ge-doen word.

“Dit is dus ondenk-baar dat IKT nie ookop vaardigheidsont-wikkeling ’n transfor-merende uitwerkingsal hê nie,” verduide-lik hy.

Volgens Park is tra-disionele vaardig-heidsontwikkelings-programme aanbie-dergegrond. Ditgeskied wanneer dieaanbieder beskikbaaris, terwyl die keusevan leerinhoude endie tempo van aanbie-ding ook deur die aan-bieder bepaal word.

“Die opleiding kanweens tyd en plek se-kere mense uitsluitwat weens besigewerkprogramme ofgeografiese verwy-derdheid nie op diespesifieke datum bydie plek van aanbie-ding kan wees nie.Hoewel die aanbie-der-gegronde ontwik-kelingsprogrammeook by wyse van sin-chrone (intydse) teg-nologiegesteundeleer, byvoorbeeld“webinaars” (’n web-seminaar), onder-

neem kan word, blydie leertempo, leerin-houdkeuse en tyd vanaanbieding vir dieleerling grootliks on-onderhandelbaar,” sêhy.

Park glo aangesienasinchrone aanlyn-leergeleenthede dievirtuele mobiliteitvan mense verhoog,word opleiding inklu-siewer, omdat tyd enplek geen rol speelnie.

“ ’n Verskeiden-heid van hoëgehalte-aanlynkursusse deurerkende top- interna-sionale en nasionalevakkundiges kandeur mense wat op diemees afgeleë plekkein ’n verskeidenheidvan tydsones woon,met behulp van per-soonlike rekenaars,skootrekenaars, ta-bletrekenaars en diemeeste selfone teenhul eie tempo gevolgword sonder om diewerkplek te verlaat.Dit maak nie net pro-fessionele ontwikke-ling meer tyd-ekono-mies nie, maar lei ooktot groot besparingsop reis- en verblyfkos-te wat aanlynkursus-se ’n toenemend aan-

treklike keusemaak,” sê Park.

“Aangesien aan-vanklike en selfs ge-vorderde kwalifika-sies nie ’n werknemervolledig op die voort-durend veranderendeberoepseise kan voor-berei nie, het lewens-lange leer deel van ’nsuksesvolle professio-nele loopbaan ge-word.

“Die kompleksiteiten eiesoortigheid vanprobleemomstandig-hede wat dikwels indie professionelewerkomgewing on-dervind word, maakgeleenthede vir self-bestuurde leer (self-paced learning) enleer op aanvraag (le-arning on demand)toenemend belang-rik.

“Aanlynkursussebied die voordeeldeelnemers kan ge-paste opleidingsge-leenthede met huldagboeke sinchroni-seer en dus ontwikke-lingsgeleenthede vol-gens persoonlikeloopbaanbehoefteskies pleks daarvanom aan ekstern geko-se ontwikkelingspro-gramme deel te

neem,” sê prof. Bar-ney Jordaan van Ma-serumule Consulting.

“Virtuele leerplat-forms wat toegang totverskeie relevantekursusse bied, vol-doen ál meer aan diebehoeftes. Leer kandus plaasvind wan-neer ’n behoefte aaninligting voorkom ennie eers wanneer dievolgende kursus oppunt A aangebiedword nie,” verduide-lik Jordaan.

Park glo dat toe-gang tot aanlynkur-susse nie deur dieaantal beskikbarestoele in die oplei-dingslokaal bepaalword nie, bied ’n vol-houbare oplossing virdie groter wordendewanbalans tussen dietoenemende vraag nahoëgehalte- gevorder-de onderwysgeleent-hede en die huidigebeperkte beskikbaar-heid van vak- kundigeopleiers en geskiktefisieke opleidingsge-riewe binne ’n redeli-ke afstand van diewerkplek.

“Aanlyn-leer is nienet die verpakkingvan bestaande aan-biedergegronde kur-

susse in digitale for-maat nie. Dit vereisnuwe denke oor watdoeltreffende leer is.Die jongste leerbe-stuurstelselsagtewa-re (LBS) op virtueleleerplatforms biedaan kursusaanbie-ders die geleentheidom weg te beweeg van

net die verspreidingvan inligting na dieskep van ’n ryk leer-omgewing.

“Aanlynkursusseword saamgestel uitverskillende leerakti-witeite en bronne. Fo-rums word geskep virdeurlopende gesprek-voering met die aan-

bieder en medekur-susgangers. Die kur-susgangers het dievolle duur van diekursus toegang tot diekursusaanbiederdeur e-kommunika-sie.

“Omdat dit ’n dina-miese leeromgewingis, leer deelnemers

ook uit die kundig-heid en ervaring vanmedekursusgangers.

“Soos breëband-in-ternetdienste ál be-kostigbaarder en be-skikbaarder word,word virtuele leer ’nál aantrekliker keu-se,” is Jordaan se me-ning.

Aanlynleer biedmeermoontlikhede

Page 14: Upingtonbulletinub 20140924

14 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

Cyclerace asuccessLEFT: Many cyclists participated inthe Kumba Iron Ore CyclingChallenge in Kathu at the week­end. The two days saw manyfeats of perserverence during thefour respective races. CharlesMathewson won the first annual25 km mountain bike race.

BAREND COETZEE, a well­knownhand­propelled cyclist from Kathu,participated in the 105 km road race.

Photos: Benneli Olivier Van der Walt

CYCLISTS from several companies,mines and towns participated in thefirst annual mountain bike race du­ring the Kumba Iron Ore CyclingChallenge. Johan Peens and EliznaBadenhorst completed the tough25 km mountain bike trail.

LEFT: The winning tandem bicycleteam from Kathu. From the left areChristo Matthee, Pretorius Bezui­denhout (acting general manager ofKumba Iron Ore) and Hennie Mat­thee. Photo: Leon Van der Walt

Page 15: Upingtonbulletinub 20140924

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014 15

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

BEGRAFNIS-DIENSTE

1025

PERSOONLIKEDIENSTE

GESONDHEID &SKOONHEID

1430

NUWE 2014 *Selluliet-, vetvries-en smelttegnologie. *Noord Apteek,Boschstraat, Kuruman. 082 559 9455.Geen naalde of chirurgie! Saamwer-kende 'dieet' ook beskikbaar.NEW 2014 * Cellulite and FatFreeze and Melting Technology.*Noord Pharmacy, Boschstreet,Kuruman. 082 559 9455. No needlesor surgery! Diet combo available.

PERSOONLIK

1460

HIERMEE GEE R & S MEUBELSkennis dat alle persone wat goedereingebring het om te verkoop of omte herstel en dit nog nie afgehaal hetnie, 30 dae het vanaf 12/09/2014 omdie goedere te verwyder, anders saldie goedere verkoop word omsodanige koste te verhaal.

TE KOOP

KLERASIE

1615

AANDAG: ALLE GROOT MANS!Groot nommers in winkel beskikbaar.Kontantafslag gewaarborg. The Nu-Shop, Palm Gate-sentrum, Kuruman.Tel. 053 712 1264.

ALGEMENE &HUISDIENSTE

SKOONMAAK-DIENSTE

1805

VAKANSIE& REIS

AKKOMMODASIE

2635

Vakansieverblyf: Stellen-bosch. Billike dubbel- enenkelkamers beskikbaar ingoedgeruste koshuis vanaf8 Des. 2014 tot 3 Jan.2015. Sentraal geleë.Skakel 021 887 1583.

VOERTUIE

TOEBEHORE & ONDERDELE& MODIFIKASIES

3001

CANOPY FOR NISSAN 1400 forsale: R1 500. Phone 083 388 0565 or083 684 4009.

EIENDOMME

TE HUUR

3205

TE KOOP

3201

HUISE TE KOOP

3275

EIENDOMME GESOEKOM TE HUUR

3305

KAMERS TE HUUR

3315

ROOMS TO LET IN KURUMAN.Fully furnished. R3 200 p.m. Waterand electricity included. Phone 084923 8685 or 074 346 0205.

BETREKKINGS

3600

IT/REKENAARS

3695

RiNico®computerkidsbenodig die dienste van verkieslik 'ngekwalifiseerde onderwyser/esof 'n persoon, wat lief is om met kin-ders te werk, om rekenaarklasse virte gee in Kathu, Kuruman, Blackrock,Olifantshoek en omliggende areas.Persoon moet onmiddellik kan beginwerk.Vereistes: Rekenaarvaardig en eievervoer.Skakel Johan Erasmus by 082 8942508 of faks CV na 086 585 8174 ofe-pos na: [email protected]: 3 Oktober 2014.

BOEDELKENNIS-GEWINGS

BOEDELS:KREDITEURE EN

DEBITEURE4201

RB Gasebonwe

In die boedel van wyle RichardBokaeng Gasebonwe, identiteits-nommer 440928 5477 088, met nage-late eggenote Kebonyetsala GladysGasebonwe, identiteitsnommer510425 0290 082, in lewe van Huisno. 180, Kopanongstraat, Maruping,distrik Kuruman.

Boedelnommer: 022487/2014Skuldeisers en skuldenaars in boge-melde boedel word versoek om hulvordering in te lewer en hul skuldete betaal by die kantore van onderge-noemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf26 September 2014.DUVENHAGE & VAN DER MERWEPosbus 63Kuruman8460

BOEDELS:LIKWIDASIE ENDISTRIBUSIE

4205

KD Bosiamang

In die boedel van wyle KgakololoDavid Bosiamang, identiteitsnommer590725 5732 084, getroud binnegemeenskap van goedere met nage-late eggenote Lolo Lorain Bosia-mang, identiteitsnommer 7004090878 088, wat woonagtig was byHuis 1434, Maruping, Kuruman, boe-delnommer 003356/2013.Kennis geskied hiermee dat die eer-ste en finale likwidasie- en distribu-sierekening in bogenoemde boedelter insae lê by die kantoor van dieMeester van die Hooggeregshof,Mahikeng, en 'n afskrif daarvan bydie Landdroskantoor, Mothibistad,vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWIN-TIG) dae vanaf 26 September 2014.DUVENHAGE & VAN DER MERWEPosbus 63Kuruman8460

SOEK, KOOP, VERKOOP VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

Page 16: Upingtonbulletinub 20140924

16 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

KENNISGEWINGS

B

E

T

R

E

K

K

I

N

G

S

B

E

T

R

E

K

K

I

N

G

S

Page 17: Upingtonbulletinub 20140924

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014 17

VEILINGS TENDERS

SOEK, KOOP, VERKOOP VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

Page 18: Upingtonbulletinub 20140924

18 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

PICKING OUTPERFORMANCEWemake a point of recognising success.

www.humanjobs.co.za Human Communications 111437

SENIOR SPECIALIST: BUSINESS PROCESS FRAMEWORK,KUMBA IRON ORE, KOLOMELA MINE, NORTHERN CAPE

BAND 6Kumba Iron Ore is a world leader in the mining and supply of the highest quality ironore to the global steel industry. With haematite reserves of more than a billion tonnes,we’re a growing South African company and the fourth largest supplier of seaborneiron ore in the world. A part of Anglo American, we are helping to build the leadingglobal mining company.

Kolomela embarked on implementing the Business Process Framework (BPF), anextensive work management system that aims at reducing variations and providingclarity through ensuring that the right work is performed at the right time and in theright way to deliver the required performance. The BPF theory states that whenwork is planned, scheduled and properly resourced ahead of execution, the desiredoutcome will be achieved more consistently and at lower cost. The BPF is furtherunderpinned by the belief that an engaged workforce will be the most productive.

You will be responsible for supporting the implementation of the BPF at the site in linewith the approved implementation schedule, provide advice and coach the operationsstaff on the use of the BPF tools to support the execution of the site BPF strategy andaddress gaps in BPF implementation. Furthermore, you will implement improvementsin the application of the BPF at the site, monitor the understanding and use of BPF,and intervene where departmental practices are not aligned with BPF methodology.

To be successful, you must be in possession of a technical degree (Mechanical,Electrical, Industrial, Mining, Metallurgical, Chemical, Geology), experience in theimplementation of operating models at a mine and practical experience in the miningindustry (preferably open pit mining). Relevant project management experience andholistic knowledge of open pit iron ore mining, processing and logistics are essential,along with experience in identifying and implementing business improvementopportunities and projects at mines. An in-depth understanding of statistical tools,TOC principles and analysis would be advantageous. Ref: K710287

Grow your career with Kumba Iron Ore Ltd by visitingwww.angloamerican.com/careers before 6 October 2014 andfollowing the links to tools/vacancies/job search, entering the above referencenumber/job title and continuing. Internal applicants can apply online via Eureka.

Appointment will be made in line with Employment Equity considerations.

If you do not receive feedback from us within 6 weeks of the closing date, pleaseconsider your application unsuccessful.

Elsona Steyn

OUPAS en oumas is vreem-de gedaantes. Hulle laatkinders toe om op die tafelte klim en lekker in diesand met ouma se artikelste speel.

Sodra Ma of Pa raas, treedie ouma tussenbeide.Sommige oumas wens daarwas kleinkinders voordat daar kinderswas. Oumas is gewoonlik vet, maar niete vet om haar kleinkinders se skoenve-ters vas te maak nie. Hulle dra bril enkan hul tande en tandvleise uithaal.

Wanneer hulle stories lees, slaanhulle nooit dele oor nie en hulle saldieselfde storie oor en oor lees en alhul kleinkinders se vrae beantwoord.

’n Oupa is ’n oom-ouma. Hy gaan stapgraag saam met sy kleinseuns en danpraat hulle oor hengel en sulke goeters.

Hy leer hulle kettie skiet en sal uremet hulle op die trekker rondry, albrand die son warm op sy kaal kop. ’nOupa sal sy veldhoed vir sy kleinkindleen en stuilhou wanneer hulle na mooiblare of wurms wil kyk.

In die veld sal ’n oupa voorloop enmet sy skoene spore uitskop sodat sykleinkind nie in die dorings trap nie.

’n Oupa sal nooit vir sy kleinkind“Maak gou” sê nie. Soos wat hulleaanstap, vertel hy hulle van loof eneers wanneer hulle begryp dit is groengoed en nie kerkliedjies nie, dan vertelhy hulle van aalwyne en allerhandeander veldblomme en noem hulle opgrootmens-name.

Oupas gaan hurk met hul kleinkin-ders by poele, hou hul lyfies styf vas enlaat hulle laag afbuk om die padda metdie riet te terg.

Oupas kerf vir kinders dun skyfies

vet beesbiltong met ’nknipmes. Oupa sê hy hetdit by sy oupa geërf enskerp messe is nie speel-goed vir kinders nie.

Kleinkinders mag duskyk, maar mag nie vatnie.

Oupas en oumas is oud.Hulle mag nie hardloop ofwoeste speletjies speel nie.

Dit is goed genoeg wanneer hulle hulkleinkinders na die winkel toe kanbring waar die speel-speel-perdjie is enhulle baie geld met hulle saambring.

Oupas en oumas is slimmer as Googleen al het hulle nie iPads en Blackber-ries nie, kan hulle al hul kleinkindersse vrae beantwoord.

Hulle weet ook nie lekker hoe om ’nSMS te stuur nie, maar hulle kan hulfone antwoord wanneer die kleinkindersplaas toe bel.

’n Mens moet net hard praat viringeval die sein nie goed is nie.

Oumas brei slaapsokkies en mussiesen leer haar kleindogters hekel ennaaldwerk doen.

Ouma en haar kleinkinders eetskelmpies Rolo en Smarties agter dietoe kamerdeur en dit terwyl almalreeds tande geborsel het.

Netnou al het ouma die matrassielangs haar en oupa se bed gegooi, groot,vet kussings langs die kante gepaksodat haar kleinkind nie afval nie.

En as ouma dan later self bed toegaan, plak sy sommer nog ’n soentjieop die slapende gesiggie van purelekkerte en van pure blydskap.

Wat enige kind, enige plek in diewêreld soek, is agting, deel-wees vanliefde en aandag.

En dít is presies ook wat oupas enoumas mild wil uitdeel.

Vreemde goedwatoupas, oumas doenV

E

I

L

I

N

G

S

V

E

I

L

I

N

G

S

Page 19: Upingtonbulletinub 20140924

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014 19

DIE Intermediêre Skool Keidebees inUpington het as ’n geldinsamelingspro-jek ’n Mnr. en Mej. Keidebees in dieTol Speelman-gemeenskapsaal in Pro-gress aangebied.Dié geleentheid het tot goeie interak-

sie tussen die ouers, onderwysers enleerlinge gelei en die finale beslissingsis deur ’n onafhanklike groep beoorde-laars gedoen.

Fraaistes gekroon

BO: Van links is Priscilla Hinana (eerste prinses), StephanieCloete (Mej. Keidebees gr. 1 tot gr. 3) en CloëWillemse (twee-de prinses). Foto’s: Lenore Diergaardt

BO: Van links is Abigail van Staden (eerste prinses), Elizabeth Konyn (Mej. Kei-debees gr. 4 tot gr. 6) en Kimberley Botha (tweede prinses).

BO: Van links is Rudi Swartz (eerste prinses), Lekgadi Lerato(Mej. Keidebees gr. 7 tot gr. 8) en Melodine Oor (tweedeprinses).

VAN links is Calvin Esel (eerste prins), Lazario Moleleki (Mnr. Sjarmant) enLyle Koopman (tweede prins).

Page 20: Upingtonbulletinub 20140924

20 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

VYF skuts van die LaerskoolOranje-Noord is in die Suid-Afri-kaanse skietspan ingesluit.Die span gaan van 4 tot 10

Oktober in Krugersdorp aan ’n

skietkampioenskapsbyeenkomsdeelneem.Steph Boshoff en Adriaan van

Blerk is vir die o.14A-veergeweer-span gekies.

Francois du Plessis is vir dieo.14A-sporterspan gekies enStephanie Boshoff en Tersia vanSittert vir die o.14B- individuelespan.

Skuts na SA’s

VAN links is Gert Rupping, CobusWiese en Marcel van der West-huizen van die Hoërskool Upington wat in die Griekwaland-Wes-sewesrugbyspan (o.18) ingesluit. Hulle gaan op 6 en 7 Oktoberaan die Saru- nasionale sewestoernooi in Krugersdorp deelneem.

Foto: Verskaf

VAN links is, voor: Stephanie Boshoff, Minnet vanNiekerk (afrigter) en Tersia van Sittert; agter: Adriaan van Blerk, Francoisdu Plesss en Steph Boshoff. Foto: Verskaf

IS jy sportief – of weetjy van iemand in jouskool wat goed opsportgebied vaar? Kryjy jong mense in jouskool, gemeenskap ofgimnasium sport-aktief?Ons wil graag van jou hoor.SuperSport en Let’s Play bied

in samewerking met KalahariBulletin die SuperSport-Let’sPlay-sportster van die maand-kompetisie aan. Die maandelik-se wenner van die kompetisieontvang ’n Let’s Play-geskenk-pakkie en word dan ook op dieLet’s Play-webwerf geplaas.Van die inskrywings wat per

maand ontvang word, word eeninskrywing as die sportster vandie maand gekies. Teen die ein-de van die jaar word een alge-hele wenner uit die maandwen-

ners as die SuperSport-Let’s Play-sportster vandie jaar gekies.Stuur jou benoeming

vandag (benoemingsontvang voor die 20stevan die maand sal

ingesluit word by daardiespesifieke maand se benoe-mings. Benoemings wat ná die20ste ontvang word, sal oorge-dra word na die volgendemaand). Die maandwennersword van Februarie tot Novem-ber gekies. ’n Benoeming moetinsluit: ’n Paragraaf (minder as200 woorde) van wat op sportge-bied bereik is, asook kontakbe-sonderhede. Stuur dit per e-posna [email protected] of faksdit na 086-552-4922. Rig navraeaan Lynne Landman of JuanréViviers by 051-522-9574.

Sportsterre vereer

Het jy vorige uitgawes misgeloop?Gaan dan na www.kalaharibulletin.co.za en gaan

blaai deur die digitale weergawes.