nn 06 03 15 issuu

12
MOKOPANE: 112 Thabo Mbeki Dr., Unit 5, Mokopane, 0600 Tel: 015 491 3082 Fax: 086 614 6209 Email: [email protected] LEPHALALE: Shop E, Onverwacht Business Centre, 0557 Tel: 014 763 5132 www.noordnuus.co.za Find us on Facebook! OORDELIKE UUS ORTHERN EWS N N Die waarheid sonder voorbehoud! The truth without prejudice! 06 Maart 2015 Distribution: 8 000 www.noordnuus.co.za FREE / GRATIS SWARTWATER - Skaars ’n jaar nadat hy sy seun in ’n vliegtuigongeluk verloor het, is Dr. Louis-John Botha (64) se liggaam Maandagoggend op sy plaas Gwelo naby Swartwater gevind. Hy is vermoedelik reeds Saterdag vermoor. Die Spoorsnyers, ‘n groep polisie reser- viste wat in die ondersoek van plaasmoorde spesialiseer, het die week saam met die polisie die area gefynkam en teen druktyd was hulle nog op soek na vier verdagtes. Volgens die polisie was Botha glo die naweek alleen op die plaas terwyl sy vrien- din in Pretoria was. Sy het bekommerd geraak toe sy nie met hom in verbinding kon tree nie en het die bure gevra om ondersoek in te stel. Die huis was oop, maar van Botha was daar geen teken nie. Die kluis het oopge- staan en daar was volgens getuies bloed in Plaasmoord ruk Bosveld die huis en op die stoep. Botha se liggaam is in ’n waterkuil 200m van die huis af, gevind. Dit is nie seker of Bo- tha se liggaam by die waterkuil gestort is en of hy daar gesterf het of dalk soontoe gevlug het tydens die aanval nie. Dit is nog onduidelik wat uit die kluis gebuit is. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Botha, ‘n mediese dokter wat 15 jaar ter- ug nog op Swartwater gepraktiseer het, boer sedert 2000 met wild. Hy laat twee dogters agter. Sy seun, Louis-John jr. het verlede jaar April sy lewe verloor in ’n vliegtuigongeluk op die ouderdom van 36. Botha is die tweede boer wat hierdie jaar in die Bosveld-omgewing vermoor is. Susan Kotze is in Januarie op ‘n plaas naby Afguns buite Lephalale vermoedelik met ’n draad- hanger verwurg. Philip Kgoantha (22), ’n werker op die plaas, is gearresteer in verband met die moord. Noordelike Nuus dra ons innige simpatie aan Botha se familie en vriende oor. Die Swartwater gemeenskap is geruk deur die plaasmoord op Dr Louis-John Botha. BAKENBERG - A Grade 5 learner at a school in Bakenberg, Mokopane, has fall- en into a pit toilet, the Democratic Alliance (DA) reports. This is the second such incident in Limpopo – in January a Grade 0 learner died after falling into a pit toilet at a school outside Seshego, Polokwane. Luckily this time the learner could be treated at a mobile clinic, says the DA's Stephen Mbedzi. He added that the incident follows an oversight visit to the school by the party. The DA has reportedly written to the Another learner falls into a pit toilet acting Limpopo MEC for education, Jerry Ndou, to demand a thorough investigation into the state of sanitation at the school. “It is unacceptable that learners are forced to use hazardous ablution facilities, with risk of injury or serious infection,” he said, adding that the school involved had only four toilets for boys and four for girls, yet it had 530 learners. This is a serious problem across Lim- popo where 48,6% of school learners use pit-latrines during their school days. This unfortunate incident follows Pre- mier Stan Mathabatha’s commitment in his State of the Province Address last week that government will eradicate inappro- priate sanitation facilities and unsafe school infrastructure.

Upload: helena-raats

Post on 08-Apr-2016

280 views

Category:

Documents


14 download

DESCRIPTION

Limpopo-based newspaper for Mokopane & Lephalale

TRANSCRIPT

Page 1: Nn 06 03 15 issuu

MOKOPANE: 112 Thabo Mbeki Dr., Unit 5, Mokopane, 0600 Tel: 015 491 3082 Fax: 086 614 6209 Email: [email protected] LEPHALALE: Shop E, Onverwacht Business Centre, 0557 Tel: 014 763 5132 www.noordnuus.co.za Find us on Facebook!

oordelike uus orthern ewsN NDie waarheid sonder voorbehoud! The truth without prejudice!

06 Maart 2015 Distribution: 8 000 www.noordnuus.co.za FREE / GRATIS

SWARTWATER - Skaars ’n jaar nadat hy sy seun in ’n vliegtuigongeluk verloor het, is Dr. Louis-John Botha (64) se liggaam Maandagoggend op sy plaas Gwelo naby Swartwater gevind. Hy is vermoedelik reeds Saterdag vermoor.

Die Spoorsnyers, ‘n groep polisie reser-viste wat in die ondersoek van plaasmoorde spesialiseer, het die week saam met die polisie die area gefynkam en teen druktyd was hulle nog op soek na vier verdagtes.

Volgens die polisie was Botha glo die naweek alleen op die plaas terwyl sy vrien-din in Pretoria was. Sy het bekommerd geraak toe sy nie met hom in verbinding kon tree nie en het die bure gevra om ondersoek in te stel.

Die huis was oop, maar van Botha was daar geen teken nie. Die kluis het oopge-staan en daar was volgens getuies bloed in

Plaasmoord ruk Bosveld

die huis en op die stoep.Botha se liggaam is in ’n waterkuil 200m

van die huis af, gevind. Dit is nie seker of Bo-tha se liggaam by die waterkuil gestort is en

of hy daar gesterf het of dalk soontoe gevlug het tydens die aanval nie.

Dit is nog onduidelik wat uit die kluis gebuit is. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Botha, ‘n mediese dokter wat 15 jaar ter-ug nog op Swartwater gepraktiseer het, boer sedert 2000 met wild. Hy laat twee dogters agter. Sy seun, Louis-John jr. het verlede jaar April sy lewe verloor in ’n vliegtuigongeluk op die ouderdom van 36.

Botha is die tweede boer wat hierdie jaar in die Bosveld-omgewing vermoor is. Susan Kotze is in Januarie op ‘n plaas naby Afguns buite Lephalale vermoedelik met ’n draad-hanger verwurg. Philip Kgoantha (22), ’n werker op die plaas, is gearresteer in verband met die moord.

Noordelike Nuus dra ons innige simpatie aan Botha se familie en vriende oor.

Die Swartwater gemeenskap is geruk deur die plaasmoord op Dr Louis-John Botha.

BAKENBERG - A Grade 5 learner at a school in Bakenberg, Mokopane, has fall-en into a pit toilet, the Democratic Alliance (DA) reports.

This is the second such incident in Limpopo – in January a Grade 0 learner died after falling into a pit toilet at a school outside Seshego, Polokwane.

Luckily this time the learner could be treated at a mobile clinic, says the DA's Stephen Mbedzi. He added that the incident follows an oversight visit to the school by the party.

The DA has reportedly written to the

Another learner falls into a pit toiletacting Limpopo MEC for education, Jerry Ndou, to demand a thorough investigation into the state of sanitation at the school.

“It is unacceptable that learners are forced to use hazardous ablution facilities, with risk of injury or serious infection,” he said, adding that the school involved had only four toilets for boys and four for girls, yet it had 530 learners.

This is a serious problem across Lim-popo where 48,6% of school learners use pit-latrines during their school days.

This unfortunate incident follows Pre-mier Stan Mathabatha’s commitment in his

State of the Province Address last week that government will eradicate inappro-priate sanitation facilities and unsafe school infrastructure.

Page 2: Nn 06 03 15 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 6 MARCH 20152

MOKOPANE - Philip Keet, 'n 39-jarige boer van Mokopane het Sondagmiddag ’n noue ontkom-ing gehad toe hy deur ’n groep onbekende mans op sy plaas oorval en ontvoer is.

Keet is na berig word Sondagmiddag by sy tuinhek deur twee mans geroep wat kwansuis beeste wou koop. Hy het die mans vêrder op die plaaswerf vergesel en etlike meter van die plaas-huis is hy deur ’n groot groep mans in ’n VW-bakkie en swart Audi oorval en rondgestamp.

Keet se vrou, Robyne wat gesien wat gebeur het, kon daarin slaag om waarskuwingskote van die huis af te vuur. Sy het ook onmiddellike hulp ontbied na sy gesien het hoe die mans haar man agterop die bakkie gooi en wegjaag.

’n Aankomende voertuig was Keet se enigste hoop. Hy het beduie hy benodig hulp waarop die bestuurder, ’n boer van die omgewing, tot Keet se redding gekom het. Die boer het omgedraai en in Keet se ontvoerders se rigting gery en hulle van die pad afgetrek. Keet kon daarin slaag om van die bakkie af te spring.

Die ontvoerders het Keet beskuldig dat hy ’n medepligtige was in ’n veediefstal waar beeste betrokke was. Na ’n woordewisseling het die ontvoerders ingestem om Keet by ’n naaste polisiekantoor te ontmoet vir die polisie om die saak te hanteer. Die ontvoerders het egter op pad na die polisiekantoor kop uitgetrek en in ’n ander rigting gery.

Keet is nie ernstig in die voorval beseer nie. Hy het ’n saak van ontvoering by die polisie aanhangig gemaak.

Die Keet-egpaar het na die voorval gesê hulle is innig dankbaar vir familie en vriende en het ook hulle dank uitgespreek teenoor hulle Hemelse Vader vir Sy groot genade.

Martie Pretorius ([email protected])

Conrad Meyer, ‘n bekende boomkapper van Mokopane, is in ‘n bedenklike toe-stand in die Mokopane Hospitaal se in-tensiewe sorgeenheid na 'n weerligstraal tydens verlede Vrydag se donderstorm deur ‘n weerligstraal geaffekteer is.

Meyer, in sy veertigs, was volgens ‘n familielid besorg oor sy diere op sy klein-hoewe buite die dorp en wou hulle teen die hael beskerm toe ‘n weerligstraal direk langs hom die grond tref. Meyer het op die grond geval.

Sy vrou, Elna het hulp ontbied deur met die plaaslike buurtwag in verbinding te tree deur middel van ‘n twee rigting radio. Buurtwag lede was kort ná die voorval op die toneel, gevolg deur paramedici wat hom gestabiliseer en na dr V. Els se spreekkamer gehaas het.

Paramedici is aangesê om die pasiënt na Mokopane hospitaal te vervoer. Die erg

Noue ontkoming vir boer

LEPHALALE - Eskom announced that the first power was produced out of Medupi’s Unit 6 earlier this week, making it the first of Medupi power station’s six units to be synchronised.

Synchronisation, or first power, is the process whereby the generator in the unit is electrically connected to the national power grid, in such a way that its power is perfectly aligned with all the other generators to gener-ate and deliver electricity into the national power grid.

According to Eskom CE Tshediso Matona, this is the final stage marking an exciting

Weerlig laat man kritiek

beseerde Meyer is Dinsdag per helikopter na ‘n hospitaal in Polokwane oorgeplaas omdat dokters vermoed het hy het bloeding op die brein. Laasgenoemde kon egter nie bepaal word nie en Meyer is intussen weer terug na Mokopane hospitaal waar hy verder behandel word. Hy is steeds kritiek.

"Hy is regtig bemin in Mokopane," sê Elna. Sy bedank almal wat die gesin bystaan.

The Lephalale police arrested a man for raping his three-year-old daughter. The man appeared in the Lephalale Magistrate's court on Monday. However, the mother

has since indicated that she wants to withdraw the case.According to warrant officer Frans Makoena indications are that the girl was raped more

than once before the child's mother took her to the doctor. The docter suspected foul play and upon investigation confirmed that the girl had been raped.

The case is being investigated.

Father arrested for child rape

First power generated from Medupimilestone towards full commercial power. “The electricity flowing into the grid marks a new beginning. Within the next three months, SA will see Medupi unit 6’s full po-tential of 794MW being fed into the South African national grid.”

In anticipation of commercial operation, a power station manager has been appointed. “While Unit 6 is the first of Medupi’s six units, it should be noted that all required auxiliary services for the entire power station are ready to ensure that Medupi’s total out-put of 4 764MW is fully synchronised to the power grid,” Matona added.

Page 3: Nn 06 03 15 issuu

6 MAART 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 3

Advertise in Northern News: call Alta 076 495 8813 (Mokopane) or Engela Cilliers 083 309 4506 (Lephalale)

Martie Pretorius ([email protected])

Die 17-jarige seun wat die Kiesling-egpaar verlede jaar op hulle plaas naby die Zanzi-bar grenspos koelbloedig doodgeskiet het, is verlede Donderdag in die Mokopane streek-hof 32 jaar tronkstraf opgelê.

Die seun wat 16 was toe hy die moorde gepleeg en die egpaar se bakkie en vuur-wapen gesteel het, is deur landdros Gerhard Pretorius gevonnis. Hy is 12 jaar vir elke moord opgelê en ’n verdere agt jaar vir die af-sonderlike diefstalle. Hy sal effektief 12 jaar tronkstraf uitdien het Pretorius gesê en word tot 18-jarige ouderdom intussen in die jeug gevangenis in Polokwane aangehou.

Ofskoon die seun vir maande lank gesê het dat hy onskuldig is, het hy in Oktober skuldig gepleit en gesê dit is omdat hy moeg is.

Sielkundige verslae aan die hof het getoon die seun het psigopatiese neigings. ’n Definitiewe bevinding kan egter nie gemaak word nie aangesien die seun nog minderjarig is.

Erg omgekrapte familielede van die ver-moorde egpaar wat tydens die vonnis by die hof teenwoordig was, het beduie hoe onge-lukkig hulle is. “Ek sidder om te weet wat deur my ouers se gedagtes gegaan het voor die geweer afgevuur is,” het een van die dog-ters huilend buite die hof gesê. ’n Familielid het die vonnis as “belaglik” uitgekryt.

Tiener kry 12 jaar vir Kiesling-moord

Die familie is dit eens dat die vrae met betrekking tot die seun se moord motief aan-houdend in hul koppe bly maal.

“Ons ouers was net goed vir hom en het dit beslis nie verdien om só wreed vermoor te word nie.”

Will en Anje Kiesling.

Jagter deur leeu aangevalVAALWATER – ‘n Bekende inwoner van Vaal-water en eienaar van Kwalata Wilderness buite dié dorp, Reinhard Heuser (34), is in ‘n stabiele toestand in MediClinic in Bloemfontein nadat hy verlede Woensdag tydens ‘n jagtog naby Bray in die Noordwesdeur ‘n leeumannetjie aangeval is.

Heuser is ’n professionele jagter wat sy oors-ese kliënte uitgeneem het na die betrokke plaas in die Kalahari om ondermeer buffels te jag.

Jacques Spamer het Heuser bygestaan en die jagter het juis die buffels se spoor gevolg toe hulle op die leeu afkom.

“Ek het geweet van die leeus in die area en ons was dus gewapen,” verduidelik Spamer. “Ons het besluit om die buffels se spore te los en in ‘n sirkel weg te loop van waar ons die spore gesien het en dit is juis toe wat ons in die leeu vasloop het waar hy onder ‘n bos so 20m van ons af gelê het.”

“Voor ons kon terugbeweeg het die leeu ons gestorm,” sê hy. “Ons het dadelik geskiet maar ons kon nie die leeu plattrek nie – die volgende oomblik het hy vir Reinhard in die hande gekry en ons kon nie weer skiet totdat hulle op die grond geval het nie.”

“Ek het net geweet ek moet die leeu sodra moontlik van Reinhard af wegkry en toe storm ek op hulle af en skree vir die leeu,” verduidelik Spamer.

“Die volgende oomblik het die leeu vir Rein-hard gelos en reguit op my afgestorm – ek het hom toe doodgeskiet met die .416-jaggeweer.”

Spamer en die ander jagters het die bloeding in Reinhard se linkerskouer probeer stop en daar-na is hulle met hom na die dorpie Bray toe. “Hy is in die plaaslike dokter se Cessna 210 gelaai het waar na hulle hom Bloemfontein Mediclinic toe gevlieg het.”

Reinhard is stabiel en is behandel vir byt en krapmerke op sy skouer en rug. Hy word tans behandel om infeksie te voorkom.

“Reinhard het meestal net vleiswonde. Daar is 'n groot gat onder sy armholte en lelike tand-merke op sy skouer. Gelukkig het die leeu se tande regdeur sy arm gebyt en net vleiswonde veroorsaak,” het sy vrou, Caroline, gesê.

Volgens Caroline sal Reinhard vir ten minste nog twee weke in die hospitaal moet aansterk.

Heuser het op 'n 4000 ha plaas in die Noord-wes-provinsie gejag, Die leeus loop vrylik rond en word nie gevoer nie, het Caroline gesê.- LiN Nuus Die Pos/Noordelike Nuus

Page 4: Nn 06 03 15 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 6 MARCH 20154

’n Nuwe bemarker, Alta Pitzer, het op 1 Maart by die gemeenskap se gunsteling koerant, Noordelike Nuus, in Mokopane aangesluit.

Alta wat verlede week agter haar less-enaar by die Noordelike Nuus kantoor ingeskuif het, sê sy sien uit daarna om adverteerders te help om hul ondernemings te bemark. Sy het ’n liefde vir grafiese ont-werp en geniet dit om met mense te werk.

Alta is bekend vir haar deernis met die gemeenskap gedurende jare se diens by be-grafnisondernemings. Sy het ook voorheen haar eie besigheid suksesvol bestuur.

Sy gaan nou op menseverhoudinge konsentreer en nooi adverteerders om haar te kontak by 076 495 8813 of te epos by [email protected].

Alta neem oor by Cindy Pretorius wat na drie jaar Noordelike Nuus verlaat om in die motorbedryf te gaan werk.

Mariska Ehlers ([email protected])

LEPHALALE - A recent survey by News24 rated Lephalale as the most expensive town to live in South Africa, with the average rent for a three-bedroom house amounting to R15 000 per month.

Residents and estate agents attribute these exorbitant prices to the sudden de-mand for contractor accommodation that hit the town when construction commenced on the Medupi Power Station in 2007/8.

With the capital injection of a R140-bil-lion building project came huge demands for accommodation and it quickly became clear that Lephalale was not ready for the develop-ment and the influx of people.

Contracting companies paid whatever they had to secure accommodation for their workers and many residential properties ended up with far more occupants than they were designed for.

Lephalale went from a small mining town where everyone knew each other to a city-like boomtown overnight. New buildings popped up on every corner as developers raced to cash in on the lucrative rental mar-ket.

Now as construction work at Medupi winds down, rental income has followed suite, but according to Renette le Grange of Remax Lephalale, the value of property in this town is still much higher than anywhere else in South Africa.

For many long-time residents, life has changed irrevocably. It has become neces-

Rental market bleeds tenants drysary for both parents in a household to work with one family in Onverwacht. They told Northern News they had to let their gardener and housekeeper go as their rent just kept escalating.

“All our expenses are going up but our income stays the same. It seems like soon average income-families will have to start sharing houses to get through each month,” a concerned resident said. At the other end of the spectrum are property owners, cashing in on the high demand.

Margie Geyser from Remax says many owners get irritated when the rent don’t reflect in their accounts on the first of the month. “This process takes a few days and it is not always possible to pay the owner his or her rent by the first day of the new month as some people and large companies renting properties only pay after the first. The money takes a day or two to reflect in the rental agent’s account and only then can the rent be transferred to the owner of the property,” says Geyser. She recommends that people who live off their rental income, structure their debit orders accordingly.

Eavesdropping on copsLEPHALALE - A local towing company’s vehicle was confiscated after police found out that it was fitted with a police radio. According to police spokesperson,Warrant Officer Frans Mokoena, the driver could hear all the communication between

police vehicles and the sta-tion. “That is probably how they managed to always be at accident scenes first,” Mokoena says.

Martie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE - “Daar is ’n tyd om te kom en ‘n tyd om te gaan,” het Dr. Ferdi Bingle, die welbekende en ge-liefde veearts van Potgietersrus Dier-ekliniek verlede week aan Noordelike Nuus gesê. Dr. Bingle lê ná 46 jaar in die veeartseny en na 40 jaar as ‘n Mokopane veearts, uiteindelik die tuig neer om te gaan aftree.Dr. Bingle is by baie diere-eienaars ’n eerste keuse as dit kom by hul troeteldiere se gesondheid. Hy vertel hy het ’n ingebore liefde vir diere en wou sedert hy in die laerskool was ‘n veearts word. “Ek het elke oomblik van my loopbaan terdeë geniet,” sê Bingle. Hy vertel hoeveel nagte hy wakker gebel is om mense se diere wat in nood verkeer het te help. Dit was nie vir hom moeite nie want hy gee om vir diere en sou met min slaap oor die weg kom as dit sou beteken hy kan ’n dier se lewe red.

Dié nederige dokter is reeds 68 jaar oud. Hy en sy eggenote, Hester, het hulle pragtige

Passievolle diere-arts lê die tuig neereiendom en sy praktyk in Thabo Mbekistraat prysgegee vir hul nuwe nessie by Die Oog Aftree-oord. Hy be-dank al sy jare-lange kliënte vir hulle ge-troue onder-steuning en sê dit was vir hom ’n

voorreg om deel van die gemeenskap te kon wees.

Drs. Antoinette Hamman en Sanja Coe-tzee het op 1 Maart amptelik die leisels by dr Bingle oorgeneem en sê hulle is opgewonde om tot diereliefhebbers se diens te wees. Dr. Bingle het die nuwe dokters voorspoed toegewens en versoek die gemeenskap vrien-delik om hulle ook te ondersteun.

Nuwe bemarker vir Noordelike Nuus

Frik Scholtz van Mokopane is op die ou-derdom van 75 jaar op 23 Februarie aan ’n kort siekbed oorlede. Sy familie en vriende betreur sy heengaan. Hulle is ook dankbaar vir die mooi herin-neringe. Frik is op Vrydag 27 Februarie deur ds. Peet Ven-ter vanuit die NG-Oos kerk begrawe.

Die familie het hul dank uitgespreek teenoor almal vir hulle onder-steuning en medelye.

Familie betreur Frik se afsterwe

Page 5: Nn 06 03 15 issuu

6 MAART 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za

MAHWELERENG – Ngoako Alex Malaka-laka’s polish manu-facturing business won the R24 000 third prize in the Citi Micro-Entrepreneur-ship Awards.

The 24-year-old Mahwelereng resident started Alexi Laks in 2012 and has built the business to a level of R8 000 in monthly sales revenue and em-ploying three people.

The innovative operation involves manual mixing of industrial detergents with paraffin and cooking the combination to producing a fine finished product. While he sets prices at an affordable level, Malakalaka’s product is of the highest quality and very popular in the surrounding communities where he delivers to people’s doorsteps.

“I wish young people like me can think positively about their lives,” he says. “There are so many different opportunities that one can grab to create jobs and generate income.

“We are able to generate a good profit producing something that the community needs all the time and we are looking to expand into other areas,” he says.

Launched in 2005, the Citi Micro-entrepreneurship Awards programme is a signa-ture initiative of the Citi Foundation aimed at raising awareness about the importance of micro-entrepreneurship and microfinance in supporting the financial inclusion and eco-nomic empowerment of low-income individuals.

5

LEPHALALE – Die Bosveld Interhoër 2015 in Moko-pane sal lank onthou word vir die puik organisasie van Hoërskool Piet Potgieter. Ellisras Hoërskool (EHS) was een van sewe skole wat deelgeneem het.

Die Rassies was besonder beïndruk met Ettienne Potgieter se weergawe van ‘You raise me up,’ die veld kommentator wat ’n interessante en lewendige uitsend-ing gegee het en die groot skerm wat atletiek uit die boonste rakke asook geesdriftige sangers gebeeldsend het.

“Die Rassies wens amptelik vir Piet Pot geluk met al hulle prestasies,” sê EHS se Fransa de Beer. “Om die hele dag te wen, beide die atletiek en die sangbeker is voorwaar ’n prestasie.”

Die Rassie atlete het ook nie leë hande tuisgekom nie.

Archi Dinale s o/19 wen goud in 110m hekkies, driesprong en ‘n silwer vir verspring. Charné Vosloo d o/15 wen drie goue medaljes vir die 100m, 200m, aflos en ‘n silwer vir die 400m. Larissa Nel d o/16 wen goud vir 100m hekkies, 400m hekkies en ‘n silwer vir die 200m. Fanie Modimola s o/14 wen twee goue medaljes vir verspring, aflos en twee silwer vir 100m en 200m. Loutjie Steenekamp s o/16 wen goud in die 400m hek-kies en silwer vir die 200m. Hy het ongelukkig geval in sy 110m hekkie item en was gefokus om die rekord te breek toe hy val! “Hy het egter soos ‘n man sy teleurstel-ling verwerk en met mening verder deelgeneem!” beaam De Beer. “Ons is baie trots op hierdie deursettings-vermoë.”

Nelia Grobler o/15 wen goud in diskus en sil-wer vir gewigstoot. Cliffie Els s o/17 wen goud in hoogspring en brons in spiesgooi. Anelia du Ples-sis d o/15 wen goud vir aflos en silwer vir 90m hekkies. Anina van Schalwyk d o/17 wen goud vir hoogspring.

Die volgende atlete het silwer medaljes gewen: Johan Pitout s o/19 vir hoogspring, Brenda Coetzee d o/17 verspring, Divan Gildenhuys s o/14 spies-gooi, Mariet Jordaan d o/19 400 hekkies, Bernice Moller d o/14 300m hekkies en brons vir 90m hek-kies. Bettie Schoeman d o/14 silwer 400m hekkies en brons 200m. Rianza Gouws d o/14 gewigstoot silwer en die dogters onder 14 aflos wen ook silwer.

Brons medajes is gewen deur: Anthony Williams s o/14 gewigstoot. Steyn van Staden s o/15 wen twee brons medaljes vir 100 en 300m hekkies. Brons gaan ook aan John Mogohloane s o/19 400m, Kobus vd Berg s o/19 100m, Johan J van Niewenhuizen s o/14 spiesgooi, Gerrie Blom s o/15 hoogspring, Revel de Bruin o/14 verspring en goud vir aflos, AJ vd Walt s o/19 400m hekkies, Renata Thselana d o/15 300m hekkies en en goud vir aflos en Beleney Burger d o/15 diskus.

As mens na die ASA tabel kyk, is die Rassies se top atleet Nelia Grobler d o/15 diskus met ‘n wenafstand van 29.5m. By die seuns is dit Lou-wtjie Steenekamp s o/16 400 hekkies met wentyd van 0.57.00 wat 810 ASA werd is.

Goeie Interhoër vir Rassies

Mahwelereng resident scoops award

Page 6: Nn 06 03 15 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 6 MARCH 20156

Page 7: Nn 06 03 15 issuu

6 MAART 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 7

Page 8: Nn 06 03 15 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 6 MARCH 20158

LEPHALALE - The u/11 rugby team of Laerskool Bosveld Primary was challenged to a rugby match by a combined team from Botswana consisting of the “Maun Puppies” and a team from Phikwe last Saturday. What initially seemed like a normal u/11 match, turned out to be an exceptionally exciting game. Both teams were out to dominate, with the team from Botswana having the last say after scoring their third try in the last minutes of the match. The visitors won 15 – 12. The combined team from Botswana also played matches against Laerskool Ellisras and Laerskool Unitas before returning home. - Mr. G. Pepler (u/11 coach)

LEPHALALE - Students of King’s College recently attended the South African Christian Sports Association (SACSA) Invitational swimming gala in Boksburg. The simmers held the School’s name high and brought back lots of medals. Petro Barnard achieved two gold and two bronze medals, Kayla Bosser brought home one Silver and one Bronze medal. These swimmers will take part in the National Champion-ships in March. Good luck to these two girls, you make King's College proud.

Klein Rassies skrik nie vir reënLEPHALALE - Verlede Vrydag het die o/11 rugbyspan van Laerskool Ellisras as wenners van die veld afgestap nadat hulle met 25 punte gewen het teen ‘n gekombineerde span van Francistown in Botswana. Reënweer het die wedstryd vir ‘n rukkie onderbreek en die spelers het op die pawiljoen gesit en wag vir die reën om op te klaar voor die Rassies die besoekers op hul neuse laat kyk het.

MOKOPANE - Leoné de Kok, ’n leerder van die Potgietersrus CVO Skool spog met ’n eerste plek na haar deelname aan die 80km perde uithourit wat die afgelope naweek op Vryburg gehou is.  Dié ruiter het ook die prys vir die beste versorgde perd opgeraap.

Exciting rugby against Botswana team CVO ruiter presteer

King’s College students swim like fish

Die jaarlikse Interprovinsiale Skole swem-gala op 26 Februarie is vanjaar op eie bo-dem gehou.

Die munisipale swembad van die Mo-galakwena Munisipaliteit in Mokopane is pragtig opgeknap vir dié prestige byeenkoms wat dit vir 150 swemmers van verskeie Laer- en Hoërskole moontlik gemaak het om aan 76 items deel te neem.

Adrie Booysen, voorsitter van Limpopo Skole Swem het gesê die Limpopo Skole Swem-komitee is trots om met ‘n byeen-koms soos dié geassosieer te word. Booysen het die TUKS Mokopane swemklub afrigter, Awie Hattingh en ouers bedank vir die moe-ite wat gedoen is vir dié byeenkoms.

Die TUKS Mokopane swemklub het die opknappingswerk gedoen ná hulle genader is om die prestige byeenkoms aan te bied aangesien daar opgradering gedoen word by die Polokwane munisipale swembad waar die galas gewoonlik gehou word.

Awie Hattingh bedank elkeen wat bygedra het tot ‘n baie suksesvolle gala byeenkoms. Anglo Platinum Mogalakwena Myn word op hulle beurt bedank vir die fondse wat beskikbaar gestel is vir die no-dige opknappingswerk.

Swem byeenkoms op eie bodem

Regs: Die Mokopane munisipale swembad voor hy opgeknap is.Bo: Só lyk die swembad na daar hard gewerk is om as fasiliteit vir die jaarlikse Interprovinsiale Skole Swemgala te gebruik.

Martie Pretorius ([email protected])

MAPELA - Podile Primary School in Mape-la outside Mokopane boasts a brand new kitchen container and is now empowered to prepare meals for more than 900 learn-ers thanks to Masscash.

Masscash, a wholesale FMCG business, recently committed to deploy 15 Econo Kitchens to schools in different provinces.

Wholesaler lends a hand to feeding learnersPodile Primary School was identified in Limpopo Province and benefited from this donation. The Econo Kitchen is a CSI ini-tiative driven by Masscash and is part of Masscash’s commitment to support schools feeding projects. Econo sponsored a meal at the handover on 25 February. The pur-pose includes reassuring communities of Masscash’s statement, “we partner with retailers for communities to live better.”

Podile Primary School’s brand new kitchen container from Masscash supporting school feeding projects. From the left, Lina Moabelo, Margareth Sebogwane, principal of Podile Primary School ML Nkoko, Johanna Molekana, Aletta Ledwaba and L.S Matjie, kitchen supervisor.

Page 9: Nn 06 03 15 issuu

6 MAART 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za

9

MOKOPANE – While 2014 proved to be a year filled with achievements for the Marshall Gymnastics Academy (MGA), it is ready for the challenges of 2015. MGA trains gymnasts ranging from pre-school up to senior levels.

“Along with our name change from Mo-kopane Gymnastics Club to Marshalls Gym-nastics Academy comes a renewed focus on providing the best possible training,” says coach Richard Marshall.

“Gymnastics is a sport requiring physical strength, flexibility, power, agility, coordina-tion, grace and balance,” he explains, adding that gymnastics improve motoring skills and benefit the overall development of children and young adults.

MGA has a solid track-record and the achievements of its gymnasts certainly prove this.

Top achievements last year include eight gymnasts participating in the SA Gymnastics Games in Cape Town. Mokopane gymnasts performed will with Chanelle Hamilton finish-ing 19th overall in the Rhythmic Gymnastics Level 6 competition. In the women acrobatic gymnastics section Lize Janse van Rensburg finished 25th overall for level 5 and secured an eight place for her floor series, while Shani Dreyer finished 25th overall as well.

In the mens section, Louis Boshoff fin-ished tenth overall for level 4 (2nd on floor, 3rd on rings), 5th on vault), Johann Strauss was fourth overall in level 4 (3rd on pommel

Deur Jas Hansen

Dit is met groot dankbaarheid dat ek vandag terugdink aan Bosveld Inter-hoër 2015. Dankbaarheid teenoor ons Skepper vir mildelike seën, talente en geleenthede.

Die Bosveld Interhoër 2015 se beplanning het reeds meer as ‘n jaar gelede begin en alles het mooi in plek geval op 28 Februarie 2015.”

Baie dankie aan Jaco van der Wateren (voorsitter van die reëlingskomi-tee) en al die lede wat alles so mooi haarfyn beplan het. Baie dankie aan al die borge. Sonder geld en bystand sou so iets nie kon plaasvind nie. U is staatmakers en planmakers.

Dankie aan elke ouer en vriende wat hard gewerk het om hierdie dag ‘n sukses te maak. U lojaliteit en ondersteuning word opreg waardeer.

Dankie aan die pers vir u goeie beriggewing en ons atlete, sangers en helpers vir julle lojaliteit.Dit word opreg waardeer.

Ons kinders. Julle was sterre en het ons baie lekker laat kry. Julle het hierdie dag ‘n onvergeetlike belewenis gemaak.Julle bly my blinkoog-kinders.

My personeel en afrigters, dames en here: U was ysters! U passie en entoesiasme was aansteeklik. Vir enige skoolhoof is u ‘n droom. U het raak-gevat en u optrede was meesterlik. Interhoër 2015 sal ek nooit vergeet nie!

Skool groet vir Solly KekanaMOKOPANE - Hoërskool Piet Potgieter het Woens-dagoggend hulde gebring aan die skool se hekwag, Solly Kekana wat Dinsdagaand aan skielik aan ’n hartaanval beswyk het. Kekana was sedert 1996 in diens van die skool.. Hy sal onthou word vir sy pligsbesef en verantwoordelikheid by die skoolhek. “Solly het diep spore getrap by die skool en ons simpatie gaan uit na sy familie”, het die skool se hoof, Jas Hansen gesê.

MOKOPANE - Die Potties Stoeiklub in Mo-kopane gee om vir diere en daag sportklubs en ondernemings in die dorp uit om hulle maandelikse R100 borg vir een jaar aan die Percy Fyfe Dierebeskermingsvereniging (DBV) te verbeter of ewenaar.

Die klub het Dinsdag ook begin met ‘n lojaliteitsprogram. Stoeiers by die klub word voortaan maandeliks vereer vir harde werk en lojaliteit. Januarie tot Februarie se stoeiers is Dinsdagaand vereer (sien foto’s).

HPP hoof sê dankie

MGA ready for 2015

horse, 2nd on vault, 4th on rings), Juandré Ruytenberg finished 5th overall for level 4 (5th on floor, 4th on rings, 4th on high bar), Samuel van der Merwe finished seventh overall for level 5 (9th on vault, 5th on rings, 2nd on vault, 4th on parallel bars) and Kurt Kruger finished ninth for level 5 (6th on pommel horse, 4th on vault, 9th on parallel bars).

MGA is offering parents a free evaluation lesson on Tuesdays 14:00 at the RET Centre on the corner of Geyser and Fourie Street. Call MGA on 079 217 8410 for information of find them on Facebook (search for Moko-pane Gymnastics Club).

Lize Janse van Rensburg in action.

Stoeiers gee ook om vir diere

Laerskool stoeier van die maand, Zander Benedict. Marcelle Maritz van die DBV wens hom geluk. Agter, stoeiafrigter Danie Venter Venter en klubbestuurder en sekretaris, Ronel Venter.Regs: Dewald Beukes ontvang sy trofee as die stoei persoonlikheid van die maand.

Hoërskool stoeier van die maand, Nolene Jonker. Marcelle Maritz wens haar geluk. Agter, stoeiafrigter Danie Venter Venter en klub bestuurder en sekretaris, Ronel Venter .

Links: Ralie Somo en Monique Venter het afsonderlik ’n derde en tweede plek by verlede naweek se SA grader-ings toernooi in Noord-Gauteng verower. Bo: Marie Oosthuizen het ’n eerste plek behaal in die toernooi. Ralie Somo ontvang ook ‘n trofee as meester stoeier van die maand.

9

Page 10: Nn 06 03 15 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 6 MARCH 201510

Page 11: Nn 06 03 15 issuu

6 MAART 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za

MOKOPANE - “We are giving back to a community in need and hope to invest in the developing of young minds.”The humble words of Sanlam Polokwane’ s manager, Calvin Matjiu after handing over five computers to Mapinpana Daycare and Pre-school in Mokopane on Monday morning. Chrisna Vosser, principal and owner of Mapinpana Daycare and Pre-School was smiling from ear-to-ear and said the kids will without a doubt be benefiting from the donation. She pointed to the school’s computer educator, Lucia Legodi who will be showing them the ropes while receiving free computer classes once a week.

Right: A firm handshake from Sanlam’s Calvin Matjiu for sponsoring computers to Chrisna Vosser, principal and owner of Mapinpana Daycare and Pre-School. Lucia Legodi, the school’s computer educator joins them.

Sanlam invests in education11

LEPHALALE - Die talentvolle Rassie redenaarsspan het Dinsdag saam met me. Anita Erasmus in haar klaskamer bymekaar gekom en wenke uitgeruil oor die redenaarsaand wat op 10 Maart by dié skool gaan plaasvind. Hierdie deelnemers het elkeen ‘n beurt gekry om hulle toesprake, elkeen met ‘n ander onderwerp, vir die res van die groep voor te lê. Só maak hierdie span gereed vir die groot aand.

Rassie redenaars reg vir aksie!

Page 12: Nn 06 03 15 issuu

oordelike uus orthern ewsN NAitblinkerschievers

UMartie Pretorius ([email protected])

Die algehele Interhoër beker behoort aan niemand anders as Hoërskool Piet Potgieter (HPP).

Dié gasheer skool het Saterdag, die 52ste Bosveld Interhoër loshande teen sy 6 mededingers in die provinsie gewen en spog met ‘n groottotaal van 660 punte.

HPP se harde werk op die pawiljoen en atletiekveld- en baan het sonder twyfel goeie vrugte afgewerp en besorg ook aan hulle ‘n indrukwekkende 101 medaljes waarvan 31 goud, 42 silwer en 30 bronsmedaljes. Die gesogte sang beker is ook deur HPP verdien.

Die volgende trofeë pronk nadese van-jaar in HPP se vertoonkas:Groottotaal; Sang beker; Seuns Aflos; Junior Dogters; Senior Dogters; Senior Seuns; Dogters Totaal; en Beste Baanatleet.

HPP se top tien atlete het by die Inter-hoër geskitter en hul uitslae is as volg:

Marnus Uys het sy ondersteuners se ver-wagtinge oortref. Hierdie blitsatleet het een rekord verbeter en ‘n ander geëwenaar. Uys is ook as die beste baanatleet by die byeen-koms aangewys. Die 100m vir seuns o/17 het hy verbeter. Sy tyd is 10.60 sekondes en die 200m vir seuns o/17 wat hy geëwenaar het met ‘n rekord van 1970 staan op 21.80 sekondes. Luzaan Taljaard het in spiesgooi vir dogters o/15, ‘n afstand van 11.95m vêr gegooi.

Mirieck Greissel teken ‘n nuwe rekord aan in spiesgooi vir dogters o/19. Sy het

HPP maak skoonskip by interhoër

1990 se rekord verbeter en ‘n skitterende 12.40m vêr gegooi.

William Mohlaloga verbeter 2013 se 110m hekkies vir seuns o/14. Sy tyd was 14.30 sek.

Mohlaloga het ook die 300m hekkies vir seuns o/14 verbeter. Sy tyd was 42.90 sek. Soretha Kurger het ‘n afstand van 35.46m in diskus vir dogters o/19 gegooi. Johnty Dar-

vall het soos blits oor die 110m hekkies vir seuns o/19 beweeg. Sy tyd was 15.00 sek. Ashley Coleman het ‘n afstand van 11.25m behaal met spiesgooi vir seuns o/17.

Sello Nyawene is nóg ‘n gunsteling op die atletiekbaan. Hy het die 3 000m vir seuns o/17 in 9:22.60 afgelê. Peter Tau se onder-steuners het hom behoorlik toegejuig op die baan. Tau het die 1 500m vir seuns o/19

in ‘n tyd van 04:07.90 afgelê en Pontsho Ngobeni beïndruk met ‘n tyd van 09:09.60 sekondes in die 3 000m vir seuns o/19.

Die skool het elkeen wat bygedra het tot die interhoër se sukses bedank. ‘n Spesiale dank aan Jan Kruger van HPP vir sy harde werk ten opsigte van verskillende luukshede wat die byeenkoms onvergeetlik gemaak het. Stephan Kruger word ook bedank.

Nog foto's op bladsy 9